15
Uitgawe 176 20 Junie 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms VEILIGE HAWE VIR DIERE Deur Ronel Theart Diere speel so ‘n groot rol in die lewens van mense dat hulle selfs in standbeelde erken word. Ons kan dink aan die perde en donkies wat getrou aan hulle hanteerders en soldate was. In Kimberley is die standbeeld van Cecil John Rhodes op sy perd, in Upington is die kameel, in Bloemfontein is genl. De Wet op sy perd en so kan ons die lysie na hartelus aanvul. In die VSA was daar egter ‘n groep vroue wat ‘n belangrike rol in die verbetering van die lewensomstandighede van perde gespeel het. Hulle het vas geglo in hulle poging. In 1869, onder die leiding van Caroline Earl White, het 30 vrouens hulle beywer om die mishandeling van karperde aan te spreek. Gedurende hierdie vroeë tye, 1800, is perde nog nie as troeteldiere beskou nie, maar bloot as ‘n vervoermiddel. Hierdie vroue kon nie langer toekyk hoe die regte van hierdie diere misgekyk word nie. Fondsinsamelings is gehou en hulle was instaat om 35 fonteine wat kan dien as drinkplekke vir perde sowel as kleiner diere in Philadelphia te laat aanbring. Spoedig sou daar dus gratis waterpunte vir alle werkende perde wees. ‘n Jaar nadat die vroue die watergeriewe van die perde aangespreek het, het hulle die eerste “animal shelter” in die VSA gestig. Hierdie groep vroue het geglo dat die beste wapen teen die mishandeling van diere is om die eienaars op te lei in die versorging van hulle diere, wat bekend was as “The Band of Mercy”. “The Women’s Branch of the Pennsylvania Society for the Prevention of Cruelty to Animals” is in Philadelphia gestig en het ‘n veilige hawe gebied aan verwaarloosde diere. Op 24 April 2019 is die 150ste bestaansjaar van die Women’s Animal Centre gevier.

VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

ao

Uitgawe 176 20 Junie 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

VEILIGE HAWE VIR DIERE Deur Ronel Theart

Diere speel so ‘n groot rol in die lewens van mense dat hulle selfs in standbeelde erken word. Ons kan dink aan die perde en donkies wat getrou aan hulle hanteerders en soldate was. In Kimberley is die standbeeld van Cecil John Rhodes op sy perd, in Upington is die kameel, in Bloemfontein is genl. De Wet op sy perd en so kan ons die lysie na hartelus aanvul.

In die VSA was daar egter ‘n groep vroue wat ‘n belangrike rol in die verbetering van die lewensomstandighede van perde gespeel het. Hulle het vas geglo in hulle poging. In 1869, onder die leiding van Caroline Earl White, het 30 vrouens hulle beywer om die mishandeling van karperde aan te spreek. Gedurende hierdie vroeë tye, 1800, is perde nog nie as troeteldiere beskou nie, maar bloot as ‘n vervoermiddel. Hierdie vroue kon nie langer toekyk hoe die regte van hierdie diere misgekyk word nie. Fondsinsamelings is gehou en hulle was instaat om 35 fonteine wat kan dien as drinkplekke vir perde sowel as kleiner diere in Philadelphia te laat aanbring. Spoedig sou daar dus gratis waterpunte vir alle werkende perde wees.

‘n Jaar nadat die vroue die watergeriewe van die perde aangespreek het, het hulle die eerste “animal shelter” in die VSA gestig. Hierdie groep vroue het geglo dat die beste wapen teen die mishandeling van diere is om die eienaars op te lei in die versorging van hulle diere, wat bekend was as “The Band of Mercy”. “The Women’s Branch of the Pennsylvania Society for the Prevention of Cruelty to Animals” is in Philadelphia gestig en het ‘n veilige hawe gebied aan verwaarloosde diere.

Op 24 April 2019 is die 150ste bestaansjaar van die Women’s Animal Centre gevier.

Page 2: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Blackie Swart

Mooipan Veilingfees 29 Junie

R80 vir dag / R40 – Kinders Kontantkroeg

Kontak Esmarie 073 600 5927

Page 3: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Kontak Rianes de Klerk

vir slag van bees by

Excelsior Abattoir, Kuruman.

Page 4: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

iNiSkuur Kuruman 21 Junie 7pm

Vir Kaartjies kontak: Francie 0732233445

Page 5: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Baie welkom by UNIKUM BROKKIES

JOU GEDAGTES IS ‘N MAGNEET...

Wat ander mense oor ons en vir ons sê het beslis die potensiaal om ons af te breek of op te bou, MAAR meer as

dit het ons eie woorde krag oor onsself! Dit is baie belangrik dat jy sal besef hoeveel krag daar in jou gedagtes en

woorde is. Onthou dat jou gedagtes jou aksies bepaal, jou aksies bepaal jou gesindheid en jou gesindheid bepaal jou

selfbeeld.

Wat is die gedagtes en woorde wat ek en jy oor onsself vir onsself sê?

As ek en jy ons gedagtes kon oopbreek en elke gedagte en woord kon bekyk, wat sou ons daar vind? As jy twee

emmers het, OPBOUEND en AFBREKEND, watter een gaan jou gedagtes en woorde die meeste vul? Uit die

emmer wat die volste is word ons emosies gevorm. Jou eie gedagtes bepaal dus hoe jy voel... oor jouself en ander.

Opbouende woorde en gedagtes vrywaar jou nie van slegte dinge wat met jou gebeur nie, maar dit verander die

manier hoe jy dit hanteer. Opbouende woorde en gedagtes het ‘n groot invloed op hoe jy voel. Hoe beter jy voel

hoe beter hanteer jy uitdagings. ‘n Goeie begin om opbouende woorde en gedagtes te kweek is om dankbaar te

wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar

te wees vir die klein dingetjies in jou lewe, binnekort sal jy besef hoeveel jy regtig het om voor dankbaar te wees en

jou gedagtes en woorde gaan baie meer opbouend klink.

As jy egter steeds sukkel met afbrekende woorde en gedagtes is dit dalk nodig om ondersoek in te stel waar kom dit

vandaan, sodat jy dit kan hanteer, kan genees en kan groei.

Never too old ~ too bad ~ too broken ~ too late ~ to make a new beginning

Jannine Bester

Berader BA(Hons) Tall Trees Fasiliteerder

Tel 082 902 3556, Epos [email protected]

Page 6: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

OPREGTE WORSHONDJIES TE KOOP

Kontak Ronel 082 490 3112

8 Oktober

Met Radio Kalahari Orkes, Dirk en die Repuliek, Jacobus Silwer, Mario Lategan en Thabo Hlangwane. Ter bewusmaking en nagedagtenis van die lewensverlies, van veral vroue en kinders in die Boere Oorlog “Early Bird Special vanaf R80pp)-Computicket.

Page 7: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,
Page 8: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

OPREGTE RIFRUGHONDJIES TE KOOP

Skakel Ronel 082 490 3112

Page 9: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Integrated Hygiene & Sanitation Solutions

087 230 7200 [email protected], [email protected], [email protected], [email protected]

Sanitech Kathu Branch

22 Frikkie Meyer, KATHU

SAND DU PLESSIS

TEATER

Dinsdag 30 Julie

Nuwe produksie MESSENGER. Besprekings kan reeds gedoen word by

PACOFS 0514477772 en kaartjies beloop R160, R200 en R260.

Die vertoning sal Nataniël se nuutste Afrikaanse en Engelse stories en vertellings insluit met bekende pop, blues en rock musiek. Daarbenewens is daar musiek uit sy eie pen. Nataniël deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en Juan Oosthuizen op kitaar. Hierdie viermanskap speel reeds etlike jare vir Nataniël. Nuwe kostuums deur modeontwerper Floris Louw sal die gehoor na hulle asems snak.

Hykie

Be

rg

NG Kerk Postmasburg

27 Julie

6pm

Hykie gesels bietjie oor Drome en

Dwelms Mishandel. Kaartjies beskikbaar by : Ronel 082 415 2646 Johan 066 292 2988 Skoolkinders : R50 Volw : R100

Page 10: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,
Page 11: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,
Page 12: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Hulde aan helde-reeks @ NALN

Aag Gee Visser ’n kans: Woordkuns uit die oudedoos! Aag gee Visser ‘n kans: woordkuns uit die oudedoos! is ‘n keur uit A.G. Visser se digkuns voorgelees deur Nico Luwes en Peter Taljaard. Die program wissel van sy speelse woordwaarhede, tot meer ernstige en veral sy romantiese gedigte waarmee Visser die harte van mense oor dekades geroer het. Soms onskuldig, soms skerp satiries maar altyd strelend op die oor en murgsag in die hart! Dis A.G. Visser! Met Nico Luwes, Pieter Taljaard Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 4 Julie, 18:00

Bloemfonteinse Taaltoer Die bekende en geliefde Bloemfonteinse skrywer en taalwetenskaplike, Prof J.C. Steyn, het in 2018 tagtig jaar oud geword. J.C. Steyn het as skrywer en digter reeds vroeg in sy loopbaan erkenning gekry. Hy het egter as taalhistorikus, vakwetenskaplike navorser en akademikus baanbrekerswerk vir Afrikaans en sy gebruikers gedoen, en is ook hiervoor met die gesogte Helgard Steynprys bekroon. Prof. Steyn gaan, saam met Leana Lategan, hoofvakkundige van NALN, ’n rondrit deur Bloemfontein onderneem, waartydens hulle verskeie belangrike, interessante en meestal onbekende feite oor die Afrikaanse taal-en verwante letterkundige gebeure met die gaste gaan deel. Met Jaap Steyn, Leana Lategan Taal Afrikaans Tydsduur ongeveer 180 minute Prys R150 Plek vertrek vanaf NALN Tyd 30 Junie, 14:00

Die man wat glimlag met ‘n mes onder sy jas Hy is vanjaar negentig jaar jonk. Hy is lank. Hy is regop. Hy is skerp. Hy is stout. Hy is ontstig. Hy is ‘n filosoof. Hy is ‘n teoloog. Hy is ‘n denker. Hy is ‘n bekroonde satirikus. Hy is ‘n dramaturg. Hy prikkel. Hy kielie. Hy amuseer. Hy maak die donder in. Hy glimlag inderdaad met ‘n mes onder sy jas. Hy is M.M. Walters. Johann Nel gesels oor Walters, kom gesels saam. Met Johann Nel Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 1 Julie, 18:00

Van toe tot nou: 'n Reis van twee stede Philip de Vos, wat op 16 Junie 80 geword het, praat, in ’n program met vertellings, versies en 'n liedjie of twee, oor sy grootwordjare in Bloemfontein en hoe hy later in sy Kaapstadjare bekend geword het as operasanger, skrywer, versiemaker, rymvertaler, fotograaf en skrywer en aanbieder van radioreekse oor klassieke komponiste. Kom deel in die genot! Met Philip de Vos Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 1 Julie, 19:00

Page 13: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Etienne Leroux: Sy betekenis vir vandag Etienne Leroux is vir baie lesers ’n haas-vergete skrywer. Wanneer daar egter na sy invloed op ’n nuwe geslag skrywers gekyk word, blyk die teenoorgestelde. Skrywers so uiteenlopend soos Andre P. Brink, Alexander Strachan, Ingrid Winterbach en Peet van Aardt is duidelik sterk beinvloed deur Leroux op stilistiese en tematiese vlak. Een van Leroux se romans wat seminaal in hierdie verband is, is 18-44 – wat ook in die buiteland hoë lof ingeoes het. Kom luister na hierdie boeiende gesprek tussen twee gesoute literatore. Met Heilna du Plooy, Hennie van Coller Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 3 Julie, 18:00

Karel Schoeman, sy laaste reis Die bykans ikoniese bydrae wat Karel Schoeman tot Afrikaans gelewer het, is nie te betwis nie. Die dood en die sterfproses is belangrike en wederkerende temas in sy uitgebreide literêre oeuvre. Tersefdertyd het hy ook die lewe gevier. Vanjaar, op 26 Oktober, sou hy 80 jaar oud word. Om hierdie dag, en die lewe van Karel Schoeman in herinnering te roep, word lesers en belangstellendes genooi om persoonlike gunsteling gedeeltes uit sy tekste (in enige genre) saam te bring om voor te lees. Daar sal ook ’n oorhandiging van Schoeman-personalia aan die Museum wees. Met Jackie Steyn, Leana Lategan, Wyno Simes, deelnemers uit die gehoor Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 (glas wyn ingesluit / glass of wine included) Plek NALN Tyd 2 Julie, 18:00

Dr Khotso Pieter David Maphalla – a most prolific Sesotho author We pay tribute to Dr K.P.D. Maphalla, perhaps the most prolific and proficient of contemporary Sesotho writers. This Bethlehem native’s creative oeuvre includes twenty-four Sesotho poetry books, five short story anthologies, two plays and sixteen novels. The tribute will include an overview of his life and work, readings from his literary legacy, as well as a display of his oeuvre and an audio-visual exhibition. Met Pule Lechesa and others Taal English, Sesotho Tydsduur 60 min Prys Free Plek Sesotho Literary Museum @NALN Tyd 4 July, 14:00

Page 14: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Literatuurgeskiedenisreeks @ NALN

Die storie van Afrikaans: Uit Europa en van Afrika – die biografie van ’n taal Die storie van Afrikaans kyk opnuut na Afrikaans se veelkantige herkoms: Die Europese geskiedenis van Afrikaans én veral Afrikaans se Afrika-herkoms – oor die opbouproses om Afrikaans in 1925 as amptelike taal erken te kry; Afrikaans se ontwikkeling as volwaardige standaardtaal in die 20ste eeu; en Afrikaans se ongelukkige apartheidsverlede en die bevrydings- en versoeningsprosesse wat hierna nodig was. Met Wannie Carstens, Angelique van Niekerk, Jolyn Phillips, Hennie van Coller (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 9:30

Gespreksgenote – Elize Botha & PG du Plessis Wyle prof. Elize Botha was nie net 'n 'n bekwame en bekende letterkundige en dosent nie, maar ook 'n ywerige korrespondent en sy het ook die meeeste van die briewe wat sy ontvang het, gebêre. In Gespreksgenoot. 'n Brieweboek is daar briefwisselings bymekaargebring wat oor verloop van 40 jaar geskryf is. PG du Plessis was 'n bekende skrywer en openbare figuur, geliefd maar ook omstrede. Sy huldigingsboek bevat, naas artikels en essays, ook ’n onderhoud met Heilna du Plooy wat twee maande voor PG se dood gevoer is en waarin hy openhartig oor sy lewe en sy werk gesels. Met Heilna du Plooy, Hennie van Coller (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 10:45

Verbintenis en venster: Die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede. Verbintenis en venster: die Nederlandse letterkunde van aanvang tot hede. 'n Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans is die eerste Nederlandse literatuurgeskiedenis in Afrikaans in 30 jaar. Die boek bestaan uit twee dele: Deel 1 is 'n oorsig van die Nederlandse letterkunde van die Middeleeeue tot 2015. Deel 2 bevat 46 hoofstukke oor belangrike moderne Nederlandse skrywers (dus van die Beweging van Tagtig af). In die gesprek sal gesels word oor die metodologie van literêre geskiedskrywing; eintlik die vraag: wat is literêre geskiedenis? Met Hennie van Coller, Anthea van Jaarsveld (gespreksleier) Taal Afrikaans Tydsduur 60 min Prys R25 Plek NALN Tyd 3 Julie, 12:00

Koop kaartjies regstreeks by Computicket: https://online.computicket.com/…/vrystaat_kunstef…/35854398… Literatuurfees @ NALN (30 Junie – 4 Julie 2019)

Parkering is na-ure beskikbaar langs die NALN-gebou vanuit Miriam Makebastraat.

Die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum is geleë op die h/v Pres. Brand- en Miriam Makebastraat, Bloemfontein.

Kontak NALN: [email protected] óf 051-405 4711

Page 15: VEILIGE HAWE VIR DIERE · wees. Spreek dankbaarheid hardop en in jou gedagtes uit en kyk hoe dit jou gemoed verander. Oefen om dankbaar te wees vir die klein dingetjies in jou lewe,

Kursus sal boekdele spreek oor herstelwerk

Taalmonument bied klasse oor boekherstel en -bindery

Jy is mal oor jou ou, verwaarloosde hardebandboeke, maar wens net jy kon die kuns bemeester om hulle met liefde reg te dokter? Dan is die boekherstelspesialis George Wentzel se kursusse by die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) in die Paarl die antwoord op jou drome. Wentzel, 'n gekwalifiseerde meesterboekbinder met meer as 45 jaar se ondervinding, bied 'n inleidende kursus oor die herstel van ou hardebandboeke vanaf Woensdag 31 Julie tot Vrydag 2 Augustus 2019 aan. Hierdie afgetredene het voorheen in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika se boekbewaringsafdeling gewerk. Sy passie is om hierdie skaars vaardigheid te onderrig en hy het al meer as 30 rampbestuur- en boekbindwerkwinkels oor die land aangebied. In Oktober vanjaar bied hy ook 'n gevorderde kursus by die ATM aan. Geen vooraf kennis is nodig vir die tweetalige driedagkursus nie. Deelnemers sal drie boeke maak en bladgoudwerk en basiese boekherstelwerk doen. Ingesluit is werksprosedures, 'n oorsig van die dele van 'n boek en die samestelling daarvan, asook demonstrasies van en praktiese oefeninge in skutblaaie, boekbindwerk, leerbindwerk, omhulsel afronding en bladrugsteun.

Die tweetalige kursus kos R1 750 per persoon wat ʼn sertifikaat van bywoning en ʼn stel basiese gereedskap insluit. Dit vind daagliks van 09:00 tot 15:30 in die Konferensielokaal in die Besoekersentrum by die Taalmonument plaas. Koffie en tee is ingesluit, maar deelnemers moet sorg vir hul eie middagete of van die Volksmond Koffiewinkel gebruik maak. 'n Gevorderde kursus in boekherstel – wat fokus op gevorderde goudblad- en herstel tegnieke asook die bou van Solanderbokse – word van 28 tot 30 Oktober 2019 aangebied. Die gevorderde kursus, ook R1 750 per persoon, is geskik vir deelnemers wat reeds die basiese beginsels van boek- en papierherstelwerk verwerf het, en elke persoon sal weer drie boeke skep. Vir besonderhede en besprekings, kontak Jeffrey Pietersen by 021 872 3441 of stuur ʼn e-pos na [email protected].