23
Openbaring 5:11-14 – Derde Sondag van Paastyd – 14 April 2013 1 Oorsig..........................................................1 1.1 Ander tekste................................................ 2 1.2 Fokusteks: Openbaring 5:11-14...............................5 1.3 Vorige riglyne.............................................. 6 1.4 Eksegetiese opmerkings......................................6 2 Erediens........................................................6 2.1 Tema........................................................ 6 2.2 PowerPoint agtergrond.......................................6 2.3 Liturgie.................................................... 6 3 God nooi ons uit en ons kom tot rus.............................6 3.1 Rus......................................................... 6 3.2 Liedere..................................................... 8 4 God praat met ons en ons luister...............................13 4.1 Familie-oomblik............................................ 13 4.2 Preekriglyn................................................ 13 5 God stuur ons om te leef.......................................16 6 Volgende erediens..............................................17 1 Oorsig 1

 · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Openbaring 5:11-14 – Derde Sondag van Paastyd – 14 April 20131 Oorsig.............................................................................................................................................1

1.1 Ander tekste...........................................................................................................................2

1.2 Fokusteks: Openbaring 5:11-14..............................................................................................5

1.3 Vorige riglyne..........................................................................................................................6

1.4 Eksegetiese opmerkings.........................................................................................................6

2 Erediens..........................................................................................................................................6

2.1 Tema.......................................................................................................................................6

2.2 PowerPoint agtergrond..........................................................................................................6

2.3 Liturgie....................................................................................................................................6

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus..............................................................................................6

3.1 Rus..........................................................................................................................................6

3.2 Liedere....................................................................................................................................8

4 God praat met ons en ons luister.................................................................................................13

4.1 Familie-oomblik....................................................................................................................13

4.2 Preekriglyn............................................................................................................................13

5 God stuur ons om te leef..............................................................................................................16

6 Volgende erediens........................................................................................................................17

1 Oorsig’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te verkondig. In Psalm 30 loof die psalmskrywer die Here omdat Hy hom uit die doderyk gered het, en in Openbaring 5 word die opgestane en verheerlikte Jesus aanbid as die Lam wat geslag is.

1

Page 2:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

1.1 Ander teksteHandelinge 9:1-6

Saulus se bekering(Vgl Hand 22:6–16; 26:12–18)

9 Intussen het Saulus soos ’n besetene voortgegaan om die volgelinge van die Here met die dood te dreig. Hy het na die hoëpriester toe gegaan 2en van hom bekendstellingsbriewe aan die sinagoges in Damaskus gevra. Sy doel was om al die aanhangers van die leer van die Here wat hy daar kry, mans sowel as vrouens, gevange te neem en na Jerusalem toe te bring.

3Toe hy op reis naby Damaskus kom, het daar skielik ’n lig uit die hemel op hom gestraal. 4Hy het op die grond neergeval en ’n stem vir hom hoor sê: “Saul, Saul, waarom vervolg jy My?”

5“Wie is U, Here?” vra hy toe.“Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg. 6Maar staan op en gaan na die stad toe.

Daar sal vir jou gesê word wat jy moet doen.”

Handelinge 9:7-207Die mense wat saam met hom op pad was, het sprakeloos gestaan. Hulle het die stem gehoor

maar niemand gesien nie. 8Toe Saulus van die grond af opstaan en sy oë oopmaak, kon hy nie sien nie. Hulle het sy hand gevat en hom na Damaskus toe gelei. 9Drie dae lank kon hy nie sien nie en het hy niks geëet of gedrink nie.

10In Damaskus was daar ’n sekere volgeling van Jesus met die Naam Ananias. Die Here het hom in ’n gesig geroep: “Ananias!”

“Hier is ek, Here,” het hy geantwoord.11En die Here sê vir hom: “Gaan dadelik na Reguitstraat toe en vra by Judas se huis na ’n man van

Tarsus met die naam Saulus. Hy is besig om te bid 12en hy het in ’n gesig ’n man met die naam Ananias sien inkom wat hom die hande oplê sodat hy weer kan sien.”

13Maar Ananias sê: “Here, ek het al by baie mense van hierdie man gehoor en van al die kwaad wat hy die mense wat in U glo, in Jerusalem aangedoen het. 14En nou is hy hier met volmag van die priesterhoofde om almal gevange te neem wat u Naam aanroep.”

15Toe sê die Here vir hom: “Gaan daarheen, want Ek het hom gekies as my werktuig om my Naam uit te dra onder die heidennasies en hulle konings en ook onder Israel. 16Ek self sal vir hom wys hoeveel hy vir my Naam moet ly.”

17Ananias het toe gegaan en in daardie huis gekom. Hy het Saulus die hande opgelê en gesê: “Saul, broer, die Here Jesus wat aan jou verskyn het toe jy op pad hierheen was, het my na jou toe gestuur sodat jy weer kan sien en met die Heilige Gees vervul kan word.”

18Onmiddellik het daar iets soos skille van Saulus se oë afgeval en kon hy weer sien. Toe het hy opgestaan en hy is gedoop; 19en hy het geëet en sy kragte herwin.

Saulus preek in Damaskus

Saulus het ’n paar dae daar by die gelowiges in Damaskus gebly 20en dadelik in die sinagoges begin verkondig dat Jesus die Seun van God is.

21Almal wat dit gehoor het, was verbaas en het gesê: “Is dit nie die man wat in Jerusalem die mense wat hierdie Naam aanroep, wou uitroei nie? En het hy nie ook hierheen gekom om hulle gevange te neem en voor die priesterhoofde te bring nie?”

22Maar Saulus het al hoe kragtiger gepreek en die Jode wat in Damaskus woon, in die war gebring deur te bewys dat Jesus die Christus is.

2

Page 3:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

23Na verloop van tyd het die Jode saamgesweer om Saulus te vermoor, 24maar hy het van hulle plan te hore gekom. Dag en nag was hulle by die stad se poorte op die uitkyk om hom dood te maak.

25Maar sy medegelowiges het hom een nag geneem en in ’n mandjie laat afsak deur ’n opening in die stadsmuur.

Psalm 30Vir altyd sal ek U loof

30 ’n Psalm. ’n Lied vir die inwydingvan die tempel. Van Dawid.2Ek wil u lof verkondig, Here,

want U het my gereden my vyande nie laat bly wees

oor my nie.3Here my God, ek het

na U geroep om hulpen U het my gesond gemaak.4Here, U het my gered

van die doderyk,my aan die lewe gehou toe ek

al op pad was na die dood toe.5Sing tot eer van die Here,

julle wat Hom getrou dien,loof sy heilige Naam!6Waarlik, sy toorn duur net ’n oomblik,maar sy goedheid lewenslank.Gisteraand was daar nog traneen vanmôre lag ek al weer.7Toe dit goed gegaan het,

het ek wel gesê:“Niks sal my ooit laat wankel nie.”8Deur u goedheid het U my

op ’n veilige berg laat staan, Here.Maar toe U U aan my onttrek het,het ek baie bang geword.9Ek het na U geroep, Here.Ek het U om genade gesmeek:10“Watter voordeel is daar

in my ondergangas ek die graf moet ingaan?Kan stof U loof?Kan dit u trou verkondig?11Luister, Here, en wees my genadig!Help my, Here!”12Ek was in die rou,maar U het my van vreugde laat dans.U het my rouklere uitgetreken vir my feesklere aangetrek.13Daarom sal ek sing tot u eer;ek sal nie stilbly nie.Here my God, vir altyd sal ek U loof!

3

Page 4:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Johannes 21:1-19

Jesus verskyn nog ’n keer aan sy dissipels

21 Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur:2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van

Sebedeus en nog twee ander dissipels was daar saam. 3Simon Petrus sê toe vir hulle: “Ek gaan visvang.”

“Ons gaan ook saam met jou,” sê hulle vir hom.Hulle het gegaan en in die skuit geklim, maar daardie nag het hulle niks gevang nie.4Toe dit al lig was, het Jesus daar op die strand gestaan, maar die dissipels het nie geweet dat dit

Hy is nie. 5Jesus vra toe vir hulle: “Mense, het julle nie iets gevang om te eet nie?”“Nee,” antwoord hulle Hom.6Hy sê toe vir hulle: “Gooi die net aan die regterkant van die skuit uit, dan sal julle iets kry.”Hulle het die net toe daar uitgegooi, en vanweë die groot klomp vis kon hulle hom nie weer

intrek nie.7Die dissipel vir wie Jesus baie lief was, sê toe vir Petrus: “Dit is die Here!”Toe Simon Petrus hoor dat dit die Here is, het hy sy hemp aangetrek—want sy bolyf was kaal—en

in die water gespring. 8Hulle was nie ver van die land af nie, net omtrent honderd tree. Die ander dissipels het met die skuitjie gekom en die net met die visse gesleep. 9Toe hulle aan land kom, sien hulle ’n vuur brand en ’n stuk vis daarop lê. Daar was brood ook. 10Jesus sê toe vir hulle: “Bring van die vis wat julle nou net gevang het.”

11Simon Petrus het toe in die skuit geklim en die net op die land getrek. Dit was vol groot visse, honderd drie en vyftig, en alhoewel daar so baie was, het die net nie geskeur nie.

12Toe sê Jesus vir hulle: “Kom eet.”Nie een van die dissipels het sover gekom om vir Hom te vra: “Wie is U?” nie. Hulle het geweet

dat dit die Here is. 13Jesus kom toe, neem die brood en gee dit vir hulle, en net so ook die vis.14Dit was al die derde keer dat Jesus aan sy dissipels verskyn het nadat Hy uit die dood opgewek

is.

Petrus kry opnuut sy opdrag

15Toe hulle klaar geëet het, vra Jesus vir Simon Petrus: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief, meer as hulle hier?”

“Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”Hy sê toe vir hom: “Laat my lammers wei.”16Jesus vra hom weer ’n tweede keer: “Simon seun van Johannes, het jy My baie lief?”“Ja, Here,” antwoord hy Hom, “U weet dat ek U liefhet.”Hy sê toe vir hom: “Pas my skape op.”17Jesus vra hom die derde keer: “Simon seun van Johannes, het jy My lief?”Petrus het bedroef geword omdat Jesus hom die derde keer gevra het: “Het jy My lief?”, en hy

antwoord Hom: “Here, U weet alles. U weet dat ek U liefhet.”Hy sê toe vir hom: “Laat my skape wei. 18Dit verseker Ek jou: Toe jy jonger was, het jy self jou

klere vasgemaak en gegaan waar jy wil; maar wanneer jy oud is, sal jy jou hande uitsteek, en iemand anders sal jou vasmaak en jou bring waar jy nie wil wees nie.”

19Dit het Jesus gesê en daarmee aangedui deur watter soort dood Petrus God sou verheerlik.Daarna sê Hy vir hom: “Volg My!”

4

Page 5:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

1.2 Fokusteks: Openbaring 5:11-14Die Lam is waardig om die boek oop te maak

5 In die regterhand van Hom wat op die troon sit, het ek ’n boekrol gesien wat aan die voor- en aan die agterkant vol geskrywe was en wat met sewe seëls goed verseël was. 2Toe het ek ’n sterk engel gesien wat met ’n harde stem uitroep: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”

3Maar niemand in die hemel of op die aarde of onder die aarde was in staat om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 4Ek het baie gehuil omdat daar niemand gekry is wat waardig was om die boek oop te maak en daarin te kyk nie. 5Toe sê een van die ouderlinge vir my: “Moenie huil nie. Kyk, die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, het die oorwinning behaal en kan die boek met die sewe seëls oopmaak.”

6Toe het ek voor die troon wat omring was deur die vier lewende wesens, tussen die troon en die ouderlinge, ’n Lam sien staan, die Een wat geslag was. Hy het sewe horings en sewe oë gehad. Die sewe oë is die sewe Geeste van God, wat oor die hele aarde uitgestuur is. 7Hy het toe gegaan en die boek ontvang uit die regterhand van Hom wat op die troon sit.

8Net toe die Lam die boek neem, het die vier lewende wesens en die vier en twintig ouderlinge voor Hom gekniel. Elkeen van hulle het ’n siter gehad en ’n goue bak vol wierook, die gebede van die gelowiges. 9Toe sing hulle ’n nuwe lied:

“U is waardig om die boek te neemen die seëls daarvan oop te maakomdat U geslag isen met u bloed mense vir Godlosgekoop hetuit elke stam en taalen volk en nasie.10U het hulle ’n koninkryken priesters vir ons God gemaaken hulle sal oor die aarde regeer.”

11Toe het ek rondom die troon en die lewende wesens en die ouderlinge ’n groot menigte engele gesien. Daar was duisende der duisende, ja, miljoene der miljoene. Ek het hulle hard hoor 12uitroep:

“Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.”

13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê:

“Aan Hom wat op die troon sit,

5

Page 6:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,tot in alle ewigheid.”14Die vier lewende wesens het gesê: “Amen!” En die ouderlinge het gekniel en God aanbid.

1.3 Vorige riglyneDaar is een vorige riglyn by Seisoen van Luister:

Openbaring 5:11-14 Powerpoint (966 KB) - Word (78 KB)

3de Sondag van Paastyd - 22 April 2007 (vgl ook 8 Oktober 2006)

Daar is een vorige riglyn by Leesrooster.co.za:

Openbaring 05_11-14.doc

1.4 Eksegetiese opmerkingsBybel-Media se Woord en fees - Preekstudies en liturgiese voorstelle gebaseer op die kerkjaar 2012-2013 bied uitstekende agtergrond oor teks en konteks. Bestel by www.bmedia.co.za.

In onderstaande preekskets word prof Jan A du Rand se boek, Die A-Z van Openbaring, uitgegee deur CUM (2007) deurgaans as ondersteunende bron gebruik.

2 Erediens

2.1 TemaSpanningvolle drama in die hemelse erediens

2.2 PowerPoint agtergrondBaie mooi Powerpoint agtergronde kan vir sowat $3 hier http://www.sermonspice.com/search?page=1&sort_by=popular&category_id=2 aangekoop word.

Titel: Praise Him, eiendom van Taston. Foto geneem op 6 Julie 2008 met ‘n Panasonic DMC-FZ7, beskikbaar by http://www.flickr.com/photos/taston/2791634961/.

Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing en redigering toe.

2.3 Liturgie

3 God nooi ons uit en ons kom tot rus

3.1 RusToetredeLied 195 vers 2 U, o God, wat ewig op die troon is of

6

Page 7:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

VONKK 119 Heilig, Heilig, Heilig Is Die Heer http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0119 Flam 1 Die Hemel Juig http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F001

Votum:Liturg: “Die Lam wat geslag was, is waardigom die mag en rykdom,die wysheid en sterkte,die eer, heerlikheid en lofte ontvang.”13Die hele skepping, alles in die hemel en op die aarde en onder die aarde en op die see, ja, alles wat daar is, het ek hoor sê:

Gemeente:“Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,behoort die lof en die eer,die heerlikheid en die krag,tot in alle ewigheid.”Liturg:Amen

SeëngroetL: Genade en vrede van God ons Vader,G: die Heerser oorlewe en dood.L: Genade en vrede van Christus wat uit die dood opgewek is,G: Eersteling van dié van wat gesterf het.L: Genade en vrede van die Heilige Gees,G: Ons Here en Lewendmaker.Almal: Amen.(Uit: Soos ’n Blom na die son draai deur Cas Wepener)

LofsangLied 202 Prys Hom, die HemelvorsVONKK 43 My Hart Roep Uit http://www.vonkk.co.za/Soek.asp?return=True&qs=0043 Flam 8 Al Die Lof, Aanbidding En Ere http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F008

VerootmoedigingO Heilige Gees van God,Kom na ons en beweeg tussen ons:Kom as wind en reinig ons;Kom as vuur en suiwer ons;Kom as dou en verfris ons:Oortuig en bekeer ons en wy ons hart en lewe aan U

7

Page 8:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Vir ons eie welsyn en tot u verheerliking.Ons vra dit in Jesus se Naam.(Eric Milner-White, aangehaal in Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle, Luk. Verbi.BM)

Toe-eieningIemand lees Psalm 30:1-6

Geloofsbelydenis

3.2 LiedereF124. Agnus Dei(RUBRIEK: Flam – lof en verwondering)Teks en musiek: Michael W Smith© 1990 Milene Music (met toestemming gebruik deur FMU)

Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja, hallelujawant die Heer God almagtig regeer.Halleluja.Heilig, heiligis U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam,U is heilig, heilig.Is U Heer God almagtigwaardig is die Lam,waardig is die Lam.Amen.

F21. In Die Hemel Is Die Heer(RUBRIEK: Kruisfuur – Lof / Verwondering)Teks en musiek: Tom HiemstraTeks: (strofes 3,4 onbekend)© 2001 MAR Gospel Music Publishers(vers 1 en 2 opgeneem op Louis Brittz se CD Ons Koning kom weer)

1. In die hemel is die Heeren sy glans is soos kristal.Hy’s die Heilige van Goden Hy heers oor die heelal.

Refrein: Daar is mag in sy Woord!Soos die waters druis sy stem.

8

Page 9:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Soos die son op die see se blou,so die rykdom van sy trou.Want aan U is die mag en die heerlikheid en krag.En aan U is die eer en die lof, want U regeer.

2. Miljoene in gereedheid,is die eng’le om sy troon.Verbysterend sy sieraad en die weelde van sy kroon.

Refrein:

3. Drie maal heilig is die Heer,Hy wat was en is en kom.Hy’s die Alfa en Omega,almagtig en verhewe.

Refrein:

4. Aan Hom wat op die troon sit,en aan die Lam,die heerlikheid en lofvan nou af en vir ewig.

Refrein:

F9. Ons Redding Kom Van Ons God(RUBRIEK: Flam – Lof / Verwondering)Oorspronklike titel: Salvation belongs to our GodTeks en musiek: Adrian Howard en Pat TurnerAfrikaanse vertaling: 2005 Faani en Hanneke Engelbrecht© 1985 Restoration Music, Ltd.

1. Ons redding kom van ons Godwat heers vanaf Sy hemeltroon.Hy is die Lam. Wysheid, heerlikheid, sterkte en mag,lof, dank en eer net aan Hom.

Refrein: Hy is die Heer vir ewig en ewig,En Hy regeer vir ewig en ewig.

9

Page 10:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Hy is ons Heer vir ewig en ewig.Amen.

2. En ons, die verlostes, getuig,deur Woord en Gees lei Hy ons.En ons roep dit uit:Wysheid, heerlikheid, sterkte en mag,lof, dank en eer net aan Hom.

F8. Al Die Lof, Aanbidding En Ere(RUBRIEK: Kruisfuur – Verwondering)Oorspronklike titel: Be Unto Your NameTeks en musiek: Lynn de Shazo en Gary SadlerAfrikaanse vertaling: Jan de Wet© 1998 Integrity’s Hosanna Music(Opgeneem op Worship Him)

1. Ons is ’n oomblik;U is vir altyd,God van die eeue, God voor die tyd.Ons is ’n asem; U is vir ewig –U wat ons liefhet, altyd getrou.

Refrein: Heilig, heilig, Heer God, Almagtig!Waardig is die Lam wat regeer!Al die lof, aanbidding en erekom U toe, o Heer,kom U toe, o Heer!

2. Ons is gebroke; U die Geneser,Jesus, Verlosser, Redder en Vriend.Ons vra die vrae,U is die Antwoord.Ons die verdwaaldes,U is die Weg.

Refrein:

10

Page 11:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

F1. Die Hemel Juig(RUBRIEK: Flam – Lof / Verwondering)Oorspronklike titel: All heaven declaresTeks en musiek: Noel en Tricia RichardsAfrikaanse vertaling: 2005 Faani Engelbrecht en Jacques Louw © 1987, 1997 Thankyou Music

1. Die hemel juig, getuig van al u grootheid, Heer.Die skepping buig in aanbidding voor U neer.

Refrein:Ja, tot in ewigheid, sal ons u lof besing.Aan U, daar op die troon, ons hulde altyd bring.

2. Ons wil verklaar: U is die opgestane Heer;U is die Lamwat vir ewig sal regeer.

Refrein:

VONKK 43 My Hart Roep UitTeks: Tell out my soul (Luke 1) – Timothy Dudley-Smith 1961; Afrikaanse teks: Jacques Louw 2008 ©Musiek: WOODLANDS – Walter Greatorex 1916 (1877-1949)Kantoryverwerking: Albert Troskie 2009 (Pro Deo)© Teks: 1962 Oxford University Press. All rights reserved. Used with permission (Afrikaans text).© Musiek: Openbare besit.© Kantoryverwerking: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)RUBRIEK: Klassiek -- Lofprysing

1. My hart roep uit: Die Heer is groot en goed!Sy oorvloed seën laat my juig en sing;sy troue sorg bring rus in my gemoed.Aan Hom, my Redder, wil ek hulde bring!

2. My hart roep uit: Maak groot die Heer se Naam!Verkondig wyd en syd sy heerlikheid:Hy is die Heer, kom sing nou almal saam;kniel voor Hom neer, buig voor sy heiligheid.

3. My hart roep uit: Hoe groot is God se krag!Voor Hom moet heersers van die aarde buigen wêreldnasies stil word voor sy mag.

11

Page 12:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Oor al sy wonderdade wil ek juig!

4. My hart roep uit, in vreugde oor sy Woord!Dit gee my vastigheid en sekerheid:dat uit genade, ek aan Hom behoort.Aan Hom my lof en dank in ewigheid!

VONKK 119 Heilig, Heilig, Heilig Is Die HeerNav Openbaring 4:8 en 11Teks: Holy, holy, holy is the Lord – onbekend; Afrikaanse weergawe: VONKK Werkgroep 2009.Melodie: Onbekende oorsprong.Orrelbegeleiding: Gerrit Jordaan 2010Kantoryverwerking: Gerrit Jordaan 2010Musikale verryking: Gerrit Jordaan 2010© Afrikaanse teks, orrelbegeleiding, kantoryverwerking en musikale verryking: 2010 VONKK Uitgewers (admin Bybel-Media)© Melodie: Openbare besitRUBRIEK: Meditatief – Toetrede en Aanroeping

1. Heilig, heilig, heilig is die Heer.Heilig is die Heer God Almagtig.Heilig, heilig, heilig is die Heer.Heilig is die Heer God Almagtig –wat was en is en weer sal kom.Heilig, heilig, heilig is die Heer.

2. Jesus, Jesus, Jesus is die Heer.Jesus is die Heer God Almagtig.Jesus, Jesus, Jesus is die Heer.Jesus is die Heer God Almagtig –wat was en is en weer sal kom.Jesus, Jesus, Jesus is die Heer.

3. Waardig, waardig, waardig is die Heer.Waardig is die Heer God Almagtig.Waardig, waardig, waardig is die Heer.Waardig is die Heer God Almagtig –wat was en is en weer sal kom.Waardig, waardig, waardig is die Heer.

4. Ere, ere, ere aan die Heer.Ere aan die Heer God Almagtig.Ere, ere, ere aan die Heer.Ere aan die Heer God Almagtig –

12

Page 13:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

wat was en is en weer sal kom.Ere, ere, ere aan die Heer.

4 God praat met ons en ons luisterLied 223 Aan Jesus, Koning, al die eerFlam 9 Ons Redding Kom Van Ons God http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F009

Gebed

SkriflesingOpenbaring 5:11-14

4.1 Familie-oomblikHoewel kinders die fyner nuanses van hierdie gedeelte nie maklik sal begryp nie, stel Carolyn Brown (Forbid Them Not) voor dat gepoog word om te verduidelik dat “Lam” ‘n kodewoord is vir Jesus en “die een wat op die troon sit” ‘n kodewoord vir God is. Só kan ons die Paasboodskap ontsyfer.

4.2 Preekriglyn[Nota: Hierdie preekriglyn veronderstel dat die hele Openbaring 5 in die erediens voorgelees en oordink word. Die preek sluit ook aan by die voorafgaande hoofstuk 4.]

Die aangrypende tonele wat Openbaring 5 in mens se geestesoog skep, maak elkeen van ons ʼn regte Steven Spielberg. Mens word geboei deur die visuele taal wat ʼn rolprent byna letterlik voor jou oë laat afspeel.

En nie sommer ʼn gewone rolprent nie. Openbaring 5 beeld die diepste moontlike vrae uit. Dit het te doen met wat werklik saak maak. Vrae en oplossings wat die ratte van die geskiedenis in beweging kan laat kom. Of nie.

Dramatiese oomblikke ontvou in die hemelruim. Ons staan in die troonsaal van die Koning van hemel en aarde. Die atmosfeer is met spanning gevul.

In die regterhand van Hom wat op die troon sit, is daar ʼn boekrol. Dit is God se plan vir die wêreld, van voor en van agter vol geskryf. Dit is goed met sewe seëls verseël Iemand wat waardig is, word gesoek om die seëls te breek en die boekrol oop te maak.

God se plan tot voordeel van die hele kosmos is gereed om te ontplooi. Daar kom egter ʼn sleuteldraer kort. Niemand kan gevind word wat waardig is om die boekrol oop te maak nie. Wat gaan gebeur?

Die kamera draal oor die gesigte van die aanwesiges. Wie dra die sleutels om God se plan vir die wêreld se geskiedenis te ontsluit? Terwyl die kamera op Johannes se gesig inspeel, rol die trane oor sy wange. Hy huil. Daar is niemand waardig nie. Stilte. Skaakmat.

13

Page 14:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Grafika:

Titel: Hebrew Torah Scroll 2, Dead Sea Scrolls Exhibition, eiendom van Steel Wool, foto geneem op 1 September 2009 met ‘n Canon PowerShot A650 IS.

Kopiereg gereël deur Creative Commons en laat plasing toe.

Karakters in die hemelse drama

Die hoofkarakters in hierdie hemelse drama het ons reeds in die vorige hoofstuk begin ontmoet. Soos wat die kamera in ons geestesoog tonele uit verskillende hoeke vasvang, val ons blik een na die ander op die verskillende rolspelers in die dramatiese vertelling. Ons maak gebruik van die beskrywing wat reeds in hoofstuk 4 begin:

Johannes, wat die getuienis van Jesus Christus neerskryf, word deur die Gees na die hemel meegevoer. Hy sien ʼn oorweldigende visioen in die hemelhof.

Daar aanskou hy die hemelse troonsaal, met Iemand, God, wat op die troon sit. God het ʼn glansryke, heerlike voorkoms wat met kleurvolle, kosbare edelgesteentes en die reënboog vergelyk word. Weerligstrale, dreunings en donderslae kom van die troon af. Die troon simboliseer die heerskappy en oordeel van God as Koning.

Voor die troon is daar sewe vlammende fakkels, die sewe Geeste van God, wat die volmaakte (sewe) werk en teenwoordigheid van die Heilige Gees voorstel.

Rondom die troon is daar 24 ouderlinge wat op 24 trone sit. Hulle dra wit klere, het goue krone op hulle koppe. Die getal 24 is simbolies van die 12 stamme van Israel (die aartsvaders) en die 12 apostels. Hulle verteenwoordig die hele kerk of geloofsgemeenskap van alle tye. Hulle sit rondom God en aanbid Hom.

Naby die troon is daar ook vier lewende wesens. Hulle is vol oë van voor en van agter, en hulle elkeen het ses vlerke, aan die bokant en onderkant vol oë. Die funksie van hierdie beeldspraak (oë en vlerke) in Openbaring 4 is om die ratsheid, spoed en opmerksaamheid van die lewende wesens te beklemtoon (Du Rand). Die een lyk soos ʼn leeu, die volgende soos ʼn bul, dan ʼn gesig van ʼn mens, en die vierde lyk soos ʼn arend wat vlieg. Hierdie vier wesens verteenwoordig die hele skepping daar voor God se troon. In die Joodse Rabbiniese tradisie is die leeu die edelste, die bul die sterkste, die mens die slimste en die arend die vinnigste van alles wat lewe.

Die boekrol

In die openingskoot van hoofstuk 5 gaan die hemelse erediens wat in hoofstuk 4 begin het, voort. Daar is ʼn boekrol in God se regterhand, simbolies die hand van krag en gesag. ʼn Antieke boekrol was ʼn lang strook papirus (antieke papier) wat opgerol is. Dit is met sewe seëls verseël. Soos elke seël gebreek sou kon word, sou ʼn volgende stuk van die boekrol oopgerol en gelees kon word.

14

Page 15:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Hierdie hemelse boekrol is simbolies van God se plan om verlossing en oordeel in die toekoms te ontplooi. Dit was ʼn algemene simbool in die Joodse toekomsskrywing. Soos die boekrol oopgerol word, namate die seëls ontsluit word, sal God se plan van verlossing en oordeel ontvou.

Die dramatiese vraag van die sterk engel met ʼn harde stem klink op: "Wie is waardig om die seëls van die boekrol in God se hand oop te breek?" Almal wat leef op aarde kan hierdie vraag hoor. Die boekrol móét oopgemaak word, en dit kan slegs gebeur deur iemand wat waardig is om dit te doen.

Johannes begin huil, want niemand kan gevind word wat waardig is nie. Die koms en aanbreek van God se alleenheerskappy op aarde is in gedrang.

Een van die 24 ouderlinge kan die trane nie langer verduur nie. Hy vra Johannes om op te hou huil. Alles is nie verlore nie. Daar is Iemand wat op grond van sy optrede waardig is om die boekrol oop te maak. Dit is die Leeu uit die stam van Juda, die Afstammeling van Dawid, wat reeds oorwin het.

Leeu van Juda ...

Die leeufiguur, wat koninklike krag en mag uitbeeld, is in die Ou Testament ʼn besondere beeld van die verwagte Messias (Gesalfde). Die verwagte "koninklike Leeu" kom uit die stam van Juda as die Afstammeling van Dawid.

In die Joodse tradisie is verwag dat die Messias-Leeu die militêre oorwinning oor sy vyande sal behaal. Meer as een Jood het deur die eeue as beweerde Messias na vore getree. Hulle het almal gefokus op militêre aanslae teen die oorheersers van die Joodse volk.

In die hemelhof hoor Johannes dat die Leeu uit die Stam van Juda waardig is. Dan tree die Leeu na vore...

... ʼn Lam, een wat geslag was

Die Leeu is ʼn Lam! Hy behaal die oorwinning nie op ʼn militêre manier nie, maar deur geslag te word. Die oorwinning word nie op ʼn militêre slagveld behaal nie, maar op die slagplek deur God gekies: Golgota. Hy het nie gekom om ander te slag en te verslaan nie, maar om self geslag te word.

Christus word die Koning deur die offerande aan die kruis te word.

Die Lam wat na vore tree, het sewe horings (mag en heerskappy) en sewe oë, die sewe Geeste van God, wat dui op die Lam se alomteenwoordigheid. Die Lam is bewus van alles wat op aarde gebeur. Die Lam verstaan die nood van die wêreld. Daarom doen die Lam iets, neem aksie. Die Lam gee homself om geslag te word, sodat God se plan met die wêreld kan voortgaan.

Die Lam ontsluit die geskiedenis

Deur sy lewe, sterwe, opwekking en hemelvaart is die Lam waardig om die boekrol te neem. Die Lam ontsluit die wêreld se geskiedenis. God se heerlike plan wat verlossing vir mense, en oordeel oor boosheid, inhou kan nou in vervulling gaan. Die skaakmat is koudgesit.

Lofprysing en aanbidding

15

Page 16:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Die oomblik toe die Lam die boekrol neem, bars daar lofprysing en aanbidding los! Daar is drie kore wat die mooiste en aangrypendste lofliedere denkbaar sing:

Die 24 ouderlinge kniel voor die Lam en besing die waardigheid van die Lam omdat Hy geslag is, sy bloed gegee het, om mense los te koop uit die hele mensheid en hulle aangestel het as heersers en dienaars in God se koninkryk

ʼn Groot menigte engele besing die waardigheid van die Lam om mag en rykdom, wysheid en sterkte, eer, heerlikheid en lof te ontvang.

Die hele skepping besing die lof, heerlikheid en krag van God op die troon en die Lam daar in die middel van die hemelse troonsaal.

Teenwoordige tyd

Die vraag is wanneer hierdie lof- en aanbidding van Openbaring 4 en 5 plaasvind. Is dit iets wat in die toekoms gaan plaasvind? Moet dit nog kom? Of is hierdie hemelse erediens reeds aan die gang. Is dit waar dat die hele skepping tans reeds God se lof besing? Vanweë die magtige werk van die Lam wat geslag is, en God se trou teenoor alles wat gemaak is?

Natuurlik is hierdie hemelse erediens reeds aan die gang. Ons kan daaraan deelneem, saam met die res van die skepping. Mens hoef maar net na Louie Giglio se "Mashup of whales and stars" (of die verkorte weergawe) op Youtube te kyk om die ewige ritme van lof, aanbidding en danksegging te hoor. Ons neem in hierdie erediens, elke erediens daaraan deel.

Ons eie lof en aanbidding

Laat ons ook God loof en aanbid. Kom ons staan met verwondering voor die Een op die troon, en die Lam. Ons is deel van God se uitvoering van sy plan. Ons is getuies van die groot dinge wat God doen.

Kom ons sing nou drie liedere:

Saam met die kerk oor die hele wêreld en van alle tye;

Saam met die engele om die Lam wat geslag is te loof;

Saam met die hele skepping.

5 God stuur ons om te leefGebed

Dankoffer

SlotsangLied 591 Die boekrol in Gods regterhandFlam 21 In Die Hemel Is Die Heer http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F021

Seën

16

Page 17:  · Web view’n Vervolger (Saulus) en ’n verraaier (Petrus) ontmoet die opgestane Jesus. Hiermee word beide Paulus (Hand 9) en Petrus (Joh 21) geroep om Jesus te volg en Hom te

Mag die Here Jesus Christus by jou wees om jou te beskerm;Binne-in jou wees om jou te verfris;Rondom jou wees om jou te bewaar;Voor jou wees om jou te lei;Agter jou wees om mou te reverdig;Bo jou wees om jou te seen.Hy wat saam met die Vader en die Heilige Gees leef en regeer – God vir eweig en altyd.(10de eeuse seën aangehaal in Gebedeboek met Liturgiese Voorstelle, Lux Verbi.BM)

ResponsLied 223 RefreinFlam 124 Agnus Dei http://www.flam.co.za/Soek.asp?return=True&qs=F124 [Of sing dit as toetrede of lofsang – maar moenie die kans laat verby gaan om op hierdie Sondag dié lied te sing nie!]

6 Volgende erediensOpenbaring 7:9-17

Familie-oomblik en liturgie: Rethie van NiekerkPowerpoint: Wicus WaitPreekriglyn: Danie MoutonProsesbestuur en ekstra stof: Chris van Wyk

17