13

Vleissentraal SA Stamboek · 2018-04-22 · [email protected] / [email protected] / 082 777 0616 / 014 576 1792 Die Rosan Romagnola-stoet van die plaas Rosengarten in die

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

31Issue 44 ▪ April - June 2016

Vleissentraal SA Stamboek 2016 Elite Bulgroeitoetsklas

SWART ANGUS: FG140245, Fredericksburg Travel RightStoet: Fredericksburg Angus-stoetEienaar: Stefan Terblanche (Kuddebestuur)Kontakbesonderhede: [email protected] / 082 557 5519 / 021 874 9090

Die Fredericksburg Angus-stoet word besit deur Johann Rupert. Hy teel met swart Angus asook Wagyu-beeste. Die stoet- en kommersiële kuddes bestaan uit sowat 700 beeste wat bestuur word op twee afsonderlike plase. Die beeste word bestuur op aangeplante weidings sowel as koring- en hawerreste.

Koeie word volgens ’n teelseisoen natuurlik gedek, kunsmatig geïnsemineer, en embrio-oorplasings word ook gedoen. Uitgesoekte speenbulletjies word onderwerp aan ’n groeitoets waar die seleksiekriteria geïdentifiseer word. Eienskappe van Travel Right is bogemiddelde indekse op meeste van sy BLUP-syfers.

Die ras beskik oor besonderse bespiering, lengte van lyf, beweeglikheid en marmering wat Travel Right ’n aanwins sal maak vir ander kuddes. Die bul is geteel uit een van die top-reproduserende koeie van Fredericksburg, Macy die tweede, met ’n TKP van 364 dae oor ses kalwers wat jaarliks besonderse diere teel.

ROOI ANGUS: LPA140021, MalbourneStoet: Lusan Premium AngusEienaar: Rudi Buys (Kuddebestuur)Kontakbesonderhede: [email protected] / 083 448 9657 / 021 884 4416

Die Lusan Premium Angusstoet in Stellenbosch behoort aan Lusan Premium Wines en is in 2012 gevestig ten einde die kommersiële kudde uit te brei en aan te vul, veral met die teel van bulle. Weidings bestaan hoofsaaklik uit kikoejoegras waarvan gedeeltes in die somer besproei word. Verder word hawer- en koroghooi geproduseer en in die somer saam met ’n lek as aanvulling gegee.

Die ras is bekend vir sy hoë vrugbaarheid, goeie temperament, geboortegemak en vleisgehalte met goeie marmering. Die bul LPA140021 is ‘n laatryp-tipe met besonderse lengte, ’n mooi manlike kop, sterk bene en ’n baie mooi toplyn. Hy sal beslis ’n aanwins wees in enige kudde.

31Issue 44 ▪ April - June 2016

32

BRAUNVIEH: N130083, Eduan Jafta’s NescaféStoet: Eduan BoerderyEienaars: Gawie en Willem NaudéKontakbesonderhede: [email protected] / [email protected] / 082 897 9555 / 045 971 0498

Nescafé is die seun van Eduan Rilo se Jafta, wat die ras in 2011 in dieselfde kompetisie verteenwoordig het. Nescafé is geteel uit die bekende Eduan Braunvieh-stoet wat vanjaar 80 jaar oud is.

Die Eduan-kudde loop op die plaas Buttermead in die Barkly-Oos-distrik, alombekend as die Switserland van Suid-Afrika. Die plaas is ongeveer 1 850m bo seevlak met baie koue en lang winters (tot -16˚C). Die Braunvieh leen hom uitstekend tot hierdie omstandighede, omdat die ras van die hoë Alpe in Switserland afkomstig is.

Die Eduan-kudde bestaan uit ongeveer 200 teelkoeie en hulle maak slegs van die beste prestasiegetoetste bulle tot hul beskikking gebruik, hetsy dit eie bulle of van ander telers is. Hulle selekteer vir ’n mediumraam-tipe bees wat aangepas is vir die harde en koue toestande van die Oos-Kaap.

Die Eduan-kudde is uitstekend aangepas en oorwinter met ’n proteïen lek. Die kudde handhaaf die laaste tien jaar ʼn kalfpersentasie van ver bo 90% met speenmassas van 50% plus van die moedermassa. Prestasietoetsing vorm ’n integrale deel van die seleksieproses en bulle vaar uitstekend in die Fase C-toetse.

CHAROLAIS: WDC140058Stoet se naam: Riccor BoerderyEienaar: Corrie VosKontakbesonderhede: [email protected] / 082 388 3008

Riccor gebruik slegs die beste plaaslike genetika om topgehalte diere te produseer. Hulle gebruik ook top Franse en Engelse genetika om op die voorpunt van die stoetbedryf te bly. Riccor het al verskeie kere die hoogste gemiddelde prys vir bulle behaal tydens die nasionale veiling in Kroonstad, en verteenwoordig die ras hierdie jaar vir die vierde keer by die kompetisie.

Die Charolais is vanjaar 50 jaar in Suid-Afrika en die ras het perfek aangepas onder Suid-Afrikaanse toestande en presteer regoor Suid-Afrika asook in Namibië en Botswana. Corrie is die president van die Charolais-genootskap.

Riccor Boerdery bedryf reeds sedert 1997 ‘n gemengde Boerdery wat mielies, sojabone, suikerbone en oulandsgrasbale insluit. Saam met die Charolais-stoet bedryf Ricco ook ‘n Hereford-stoet asook kommersiële koeie vir speenkalfproduksie. Die SA Vleismerino’s vir slaglamproduksie voltooi die veevertakking.

32

33

WHAT'S UP?

Issue 44 ▪ April - June 2016

DEXTER: JD 140007, Zandu YsterStoet: JJ Daffue & SeunEienaars: Johan en Pieter DaffueKontakbesonderhede: [email protected] / 082 338 5319 / 051 443 8719

Johan Daffue en sy seun, Pieter, is woonagtig op ’n hoewe aan die suidekant van Bloemfontein.

Hulle teel al ’n geruime tyd met Dexters en doen dit as ’n stokperdjie. Die laaste drie jaar het hulle egter besluit om ook met prestasietoetsing te begin. Hulle het ook verlede jaar ’n Elite Koei-toekenning ontvang vir ’n Dexter-koei met ’n TKP van 320 dae. Die koei is tien jaar oud en het haar tiende kalf in Februarie gehad. Die kudde se gemiddelde TKP is 342 dae, soos deur SA Stamboek bevestig.

Dexters het ’n uitstekende temperament en is maklik om mee te werk. Dit is ’n dubbeldoel-ras en hul vleis se marmering is baie goed en heerlik sappig. Die Daffues melk ook ’n paar beeste vir eie gebruik. Hulle is oortuig dat die Dexters glad nie hoef terug te staan vir enige ander ras nie, soos die bul Zandu Yster dan ook toon. Dit is die ideale bees vir boere wat nie groot gronde besit nie.

DRAKENSBERGER: GR130073, Ros 214Stoet: Rouvus DrakensbergerEienaar: GW RouxKontakbesonderhede: [email protected] / [email protected] / 083 264 5487 / 057 651 4797

Rouvus Drakensberger word bestuur deur Gawie en Frik Roux in die Ventersburg-distrik op die plase Kalkfontein en Rondebossie. Die stoet loop op natuurlike semi-soet weidings. Hulle bulkalwers ondergaan ’n vergelykingstoets by die Rouvus Fase C-toetssentrum. Omdat voeromsetverhouding (VOV) van soveel ekonomiese waarde is, maak hulle gebruik van ’n vyfpuntplan.

Moeders moet elke jaar kalf en moet goeie TKPs hê. Speen is ook vir hulle belangrik want dit plaas geld in die sak. Rouvus-bulle moet ook VOV-seleksie asook seleksie vir dekbehendigheid en konstitusie slaag.

Ros 214 het besonderse bogemiddelde teelwaardes en is baie na aan perfek binne die ras. Hy is ’n gebalanseerde Drakensberger-bul met besonderse vleiseienskappe. Ros se ouer broer is ’n kurweknakker met poena-gene. In die sterstelsel behaal Ros 214 vier sterre en sy halfbroer vyf. Albei bulle word in die kudde gebruik. Rouvus Drakensberger se leuse is “Wetenskaplik geëvalueer – om te meet is om te weet”.

Vleissentraal SA Stamboek 2016 Elite Bulgroeitoetsklas

33Issue 44 ▪ April - June 2016

34

35

WHAT'S UP?

Issue 44 ▪ April - June 2016 35Issue 44 ▪ April - June 2016

PINZGAUER: B130090, HeinzStoet: Bertie van Zyl Edms Bpk, H/a ZZ2 StoeteryEienaar: Paul Bester (Kuddebestuur) Kontakbesonderhede: [email protected] / 083 627 6899 / 015 395 8377

Hierdie voortreflike bul, Heinz, is geteel uit die bekende ZZ2 Stoetery wat in die Mooketsi-vallei op die plaas Grootboom in Limpopo geleë is. Die stoetery se betrokkenheid van 52 jaar in die stoetbedryf, bevestig die vermoë om die bedryf te kan voorsien van die beste teelmateriaal.

Heinz is ’n goed-gebalanseerde bul met besonderse lengte en breedte en baie goeie diepte. Hy beweeg gemaklik, toon goeie definisie van bespiering en het ’n baie sterk toplyn en uitstekende manlikheidseienskappe.

Met sy puik syfers en uitstaande genetiese teellyne, sal Heinz ’n geweldige impak op die Pinzgauer-stoetbedryf maak.

LIMOUSIN: SO130054, Sajama TaslavineStoet: Sajama Limousin-stoet, Oosthuizen BoerderyEienaar: Sas OosthuizenKontakbesonderhede: 082 373 6580 / [email protected]

Sajama Taslavine (SO1354) kom uit die Sajama Limousinstoet van Oosthuizen Boerdery op Sas en Marie Oosthuizen se plaas, Limietrivier, buite Wellington in die Wes-Kaap. Sajama Taslavine is ’n goed gebalanseerde bul met goeie syfers, uit ’n Franse bloedlyn wat nog min in Suid-Afrika gebruik is. Die bul bring vars genetika na die stoet, met bogemiddelde suidelike halfrond groepsyfers. Baie goeie groei en maklike kalwing is van sy sterk punte.

Die stoet bestaan sedert 2001 en het tans ongeveer 120 geregistreerde vroulike diere en gebruik ses teelbulle. Ons heg baie waarde aan vrugbaarheid, aanpasbaarheid, gehardheid, goeie bespiering en goeie moeders wat maklik kalf en baie melk produseer. Medium-raam diere en temperament speel ook ’n belangrike rol in seleksie van kuddediere.

37Issue 44 ▪ April - June 2016

PINZ²YL: PZ130229, ZeusStoet: Bertie van Zyl (Edms.) Bpk., H/a Mathomo PinZ²yl StoeteryEienaar: Paul Bester (Kuddebestuur)Kontakbesonderhede: [email protected] / 083 627 6899 / 015 395 8377

Die Elite bul, Zeus, is geteel uit die Mathomo PinZ²yl stoetery van die ZZ2-boerdery wat in die Mooketsi-vallei op die plaas Grootboom in Limpopo geleë is.

Die PinZ²yl-ras is uitstekend aangepas by die Suid-Afrikaanse en Afrika-omgewingstoestande. Zeus vertoon hierdie eienskappe met trots en is ’n groot aanwins vir die PinZ²yl-bedryf. Zeus is verteenwoordigend van die ideale teelbul vir ’n beesboer wat glo in lae onderhoudskoste asook hoë produksie- en reproduksiesyfers.

Zeus stap gemaklik, en is ’n bul met goeie kapasiteit en ’n sterk manlike voorkoms. Die bul spog met die ras se tipiese kleurpatroon en het ’n uitsonderlike haarkleed. Die bul toon goeie bespiering met uitstaande vleiseienskappe.

ROMAGNOLA: AB130015, Rosan SavioStoet: Rosan RomagnolaEienaar: Armando Balocco, Rosengarten FarmsKontakbesonderhede: [email protected] / [email protected] / 082 777 0616 / 014 576 1792

Die Rosan Romagnola-stoet van die plaas Rosengarten in die Hekpoort-omgewing van Gauteng, is die stigter Romagnola-kudde van Suid-Afrika en bestaan sedert 1995. Rosengarten Farms is geleë in strawwe hartwater-, rooiwater- en galsiektegebied en beskik oor marginale veld wat aangevul word met ’n aangeplante Smutsvinger/Rhodes-grasmengsel asook kikoejoe en lusern.

Prestasietoetsing was nog altyd ’n belangrike deel van dié stoet se seleksieproses. Die bul Rosan Savio AB130015 het ’n GDT van 1 923g en ’n VOV van 5,28g. Hy het 486kg op 12 maande en 817kg op 18 maande geweeg, en weeg tans 1 025kg op 32 maande. Die bul het goeie bespiering en lengte van lyf met ’n sterk rug en agterkwart. Hy stap gemaklik en het uitstekende manlike eienskappe. Savio is die tipe bul wat met vertroue gebruik kan word.

Romagnolas met hulle aanpasbaarheid, kalwingsgemak en hoë speengewig kan ’n aanwins wees vir enige boer wat meer vleis wil produseer.

Vleissentraal SA Stamboek 2016 Elite Bulgroeitoetsklas

38

39

WHAT'S UP?

Issue 44 ▪ April - June 2016 39Issue 44 ▪ April - June 2016

SANTA GERTRUDIS: FR140002, FrikStoet: SanbachEienaar: Freddie RautenbachKontakbesonderhede: [email protected] / 082 775 2408

Freddie Rautenbach boer in Excelsior in die Oos-Vrystaat op soetveld-grastipe. Sy stoet, bekend as Sanbach, is by die Santa Gertrudis-rasgenootskap geregistreer.

Sy kudde loop in die somermaande op die veld, maar wei tydens die winter merendeels op oesreste. Die bul FR140002 het besonderse diepte. “Hy is ’n baie korrekte bul. Die bul is geteel uit ’n goeie vaderskap van mnr Hobson van Ladybrand, en sy moeder is uit my eie kudde geteel,” sê Rautenbach.

“Die bul het baie goeie syfers getoon, met ’n groei van 2,345kg en ’n voeromset van 4,93 wat getoets is op Glen. Die bul gaan baie bydrae om my voeromsetwinste op my kudde te verbeter.”

SIMMENTALER: UG13259, SALERIKA RASCA Stoet: Tendele Farms Trust, H/a Tendele SimmentalersEienaar: Willem BothaKontakbesonderhede: [email protected] / 082 782 3055 / 058 481 3719

Willem Botha boer in die Oos-Vrystaat met ‘n gemengde boerdery. Beeste benut mieliereste in die winter en natuurlike en aangeplante weidings in die somer. Hy selekteer vir die moderne Simmentaler wat ‘n vrugbare vroeër-ryp tipe is.

Net soos by mense bestaan daar nie ‘n perfekte bul nie, maar dit is belangrik om ‘n waardebepaling te maak oor watter eienskappe van ‘n bul vir jou tot voordeel gaan wees. Sou ons dan die waarde bepaal van Rasca, is hy korter op die been met breedte en goedgevulde binne- en buitedye, alles in balans. ‘n Sterk lende en goeie toplyn is van die eienskappe waarmee hy jou kudde kan verbeter. Met ‘n goeie voeromsetverhouding gaan jy meer kilogramme aansit met minder voer, wat juis belangrik is in die droogtetye wat ons tans beleef.

SUSSEX: CC130041, Advocate Summit 12thStoet: Advocate Sussex-stoetEienaar: Regter CB Cillié Kontakbesonderhede: [email protected] / 083 388 0830 / 057 406 8107

Regter Cillié en sy dogter, Erina, boer teen die Modderrivier 20km noord van Bloemfontein. Die veldtipe op die plaas is hoofsaaklik rooigras. Hulle is baie

gesteld daarop dat hulle diere, veral die bulle, veldaangepas moet wees. Witbuffelgras (tipe PUK 8) en tef word egter gebruik om die versies te speen. Die stoet bestaan uit ongeveer 180 vroulike diere.

Die beste tien bulkalwers word jaarliks geselekteer en na afloop van ‘n groeitoets as bulle bemark. Die res gaan na hul voerkraal en slag dan na 90 dae op sowat 260kg uit. Die Goue Meriete Elite-bul het in sy groeitoets by die Glen-toetsstasie uitsonderlike indekse van GDO 116, GDT 119 en VOV 117 behaal. Die bul het besonderse diepte en goeie bespiering.

40

SA Stamboek fokus op die lewering van verskeie produkte en dienste aan die landboubedryf. Ons fokus is om ‘n daadwerklike bydrae te maak tot die verbetering van die produksiedoeltreffendheid van plaasdiere in Suid-Afrika en internasionaal.

Dr Pierre van RooyenHoofbestuurder: SA Stamboek

[email protected]

Tel: 051 410 0900

Dr Bernice MostertPretoria

[email protected] 380 6401

Herman LabuschagneBestuurder: Datadienste

[email protected]

082 495 9764

Dr Japie van der WesthuizenBestuurder:

Produksie-aantekeningPretoria

[email protected] 331 9923

SA Stamboek lewer die volgende dienste aan die bedryf:• Diereregistrasie en produksie-aantekening.• Genetiese analises (BLUP) en genomiese dienste.• Tegniese, wetenskaplike en vakkundige adviesdienste

aan telersgenootskappe en hul lede deur ons kundige tegniese adviseurs en analiste.

• Kontrolering van in- en uitvoere van genetiese materiaal.• Bestuur die prosesse verbonde aan ouerskapverifikasie.• Behulpsaam met die saamstel van skou- en

veilingskatalogusse. • Inspeksies en verifiëring van prestasie- en diere-

aantekeningdata.

• Programmeringsdienste.• Data-onttrekking en -verwerking.• SA Stamboek-publikasies.• Voortdurende navorsing waarop ons advies baseer.• Opleiding oor doeltreffende prestasiemeting en produksie-

aantekening, asook die analise van data om boerderypraktyke optimaal te verbeter en te bevorder.

• Bestuur en instandhouding van Logix diere-aantekening databasis waarop telers se data aangeteken word en waarop verskeie verslae gegenereer word om boerderybestuursbesluite te fasiliteer en te rig (www.logix.org.za).

Petro LloydBestuurder: Finansies

[email protected] 410 0900

Nico de JagerIT-bestuurderBloemfontein

[email protected] 410 0900

Yvette SteynPretoria

[email protected] 203 5839

Dr Bobbie van der WesthuizenPretoria

[email protected] 802 6606

Dr Helena TheronPretoria

[email protected] 376 2483

4040

41Issue 44 ▪ April - June 2016

Sarah-Dane RobertsKwaZulu-Natal

[email protected] 724 7907

Dolf CloeteNoordwes en Noord-Kaap

(Vryburg)[email protected]

082 660 3266

Gerdus de KlerkVrystaat (Bloemfontein)

en [email protected]

072 691 3600

Andries RiekertGauteng, Limpopo,

Mpumalanga en Noordoos Vrystaat

[email protected] 465 0671

Isolde ViljoenOos-Kaap en [email protected]

079 407 2708

Thalia BrameloGauteng en Mpumalanga

[email protected] 493 1111

Siebert VermeulenVleisbeeste en kleinvee

Vrystaat-Wes, Natal-Middellande en Suid-Natal

[email protected] 548 4608

Rampie de WetVrystaat

[email protected] 631 6040

Chanelle SteenekampKaapstad

[email protected] 836 4108

Suretha FrancisPretoria

[email protected] 584 0814

Schalk GreylingPretoria

[email protected] 807 1544

Elsa van den BergBloemfontein

Epos: [email protected]: 051 410 0900

Skou- en veilingskatalogusseOuerskapsverifikasieGenomiese dienste

41Issue 44 ▪ April - June 2016