5
Geagte Ouer en Leerder Die volgende stelling is aan ons almal bekend: “Daar is slegs twee dinge wat ons aan ons kinders kan gee. Die een is wortels, die ander vleuels.” Wortels moet ons anker sodat stormwinde ons nie kan platvee of wegwaai nie, sodat ons staande kan bly. Vir ons as gelowige skoolgemeenskap is die penwortel ons Christelike geloof. Maar daar is ook nog ander wor- tels : 'n Liefdevolle ouerhuis waar ons geleer het om te waag; ‘n Afri- kaanse kultuurgemeenskap wat 'n ryke erfenis bied; ‘n skool met tradisies wat ons bind deur waardes van lojaliteit, integriteit, eerlikheid en hardwerkendheid. Op talle terreine kan jy die wortels wat loot skiet, sien. Ek dink on- willekeurig aan die twee jonge dames wat elke oggend reeds vroeg by die skool sit en leer. Klokslag sal hulle sonder uitsonde- ring elke oggend opstaan en my vriendelik groet as ek by die skool aankom. Die lewe is vir hulle 'n lied en hulle skool hulle trots en hulle wortels is gevestig en sterk. Ons leerders is besonder netjies en hulpvaardig. Ons leerderleiers het deur die kwartaal verskeie hoog- waardigheidsbekleërs en personeel van ander skole met vernuf en grasie ontvang. Die reaksie bevestig net my vermoede dat hierdie leiers se wortels reeds diep geanker is. Hierdie tradisies en waardes wil ons nog verder verstewig en uitbou. Daarom sal die skool geen steen onaangeraak laat om elke leerder wat gevestigde wortels het nie, te help om regop te staan te midde van die sterk winde van die lewe daarbuite. Hierdie skool het die personeel, fasiliteite en die wil om elke leerder te anker en gereed te maak vir die toekoms. Vleuels is om te waag. Daarvoor is ‘n goeie selfbeeld en selfvertroue nodig. Dit is om nuwe uitdagings te aanvaar; dit is om die geleenthede wat jou ouers en die skool jou bied, te benut; dit is om kreatief te wees. Met vleuels kan jy uitstyg bo die gemiddelde en 'n hoë ideaal najaag; ‘n verskil maak in die gemeenskap wat jy dien. Op akademiese gebied, olimpiades, ekspo’s en die Taalbond het ons leerders uitgestyg bo die gemiddeld. Met ons wintersporte het ons ongekende hoogtes bereik en het talle leerders wat WP-kleure ontvang het, gewys dat die leerders van die Hoërskool Bellville weier om gemiddeld te wees en het hulle vleuels gesprei sodat hulle kan uitstyg. Maar dit is die “gewone” leerder wat dag na dag die skool ondersteun het, wat bewys het dat ons almal hoog kan vlieg. Watter wonderlike gesig was dit nie tydens die inter- skole op die pawiljoene en velde nie. Die passie en geesdrif was duidelik sigbaar en dit beteken net dat ons uitstyg bo die gemiddeld en hoë ideale najaag. Aan die matrieks: Dennis Watley het gesê : “Success is almost to- tally dependent upon drive and per- sistence. The extra energy required to make another effort or try another approach is the secret of success.” Ons as skool het jou wortels geanker. Ons het vir jou talle geleenthede gebied om jou vleuels te sprei. Dit is nou die tyd van die jaar waar die laaste bietjie energie en deursettingsvermoë nodig is om jou ideale te bereik. Gebruik jou tyd in die vakansie nuttig! Werk ou vraestelle deur, woon lenteskole by en neem ‘n ruskans! Ek dra hierdie kwartaal op aan elke personeellid. Ware opvoeders, vry van eersug en magsdrif, met koersgewende denke en 'n stille invloed. Opvoeders wat leerders wortels en vleuels gegee het sodat elkeen van hulle gereed is vir die toekoms. Paratus ad Omnia (Gereed vir alles) Deon du Plessis SKOOLHOOF De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected] Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012

Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012 De La Hayelaan ...€¦ · moet ouers ook hulle kinders aanmoedig en bemoedig om te volhard in die strewe om hulle potensiaal te ... ders

  • Upload
    others

  • View
    9

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Geagte Ouer en Leerder

Die volgende stelling is aan ons

almal bekend: “Daar is slegs twee

dinge wat ons aan ons kinders kan

gee. Die een is wortels, die ander

vleuels.”

Wortels moet ons anker sodat

stormwinde ons nie kan platvee of

wegwaai nie, sodat ons staande

kan bly. Vir ons as gelowige

skoolgemeenskap is die penwortel

ons Christelike geloof.

Maar daar is ook nog ander wor-

tels : 'n Liefdevolle ouerhuis waar

ons geleer het om te waag; ‘n Afri-

kaanse kultuurgemeenskap wat 'n

ryke erfenis bied; ‘n skool met

tradisies wat ons bind deur waardes

van lojaliteit, integriteit, eerlikheid en

hardwerkendheid.

Op talle terreine kan jy die wortels

wat loot skiet, sien. Ek dink on-

willekeurig aan die twee jonge

dames wat elke oggend reeds

vroeg by die skool sit en leer.

Klokslag sal hulle sonder uitsonde-

ring elke oggend opstaan en my

vriendelik groet as ek by die skool

aankom. Die lewe is vir hulle 'n lied

en hulle skool hulle trots en hulle

wortels is gevestig en sterk.

Ons leerders is besonder netjies en

hulpvaardig. Ons leerderleiers het

deur die kwartaal verskeie hoog-

waardigheidsbekleërs en personeel

van ander skole met vernuf en

grasie ontvang. Die reaksie

bevestig net my vermoede dat

hierdie leiers se wortels reeds diep

geanker is.

Hierdie tradisies en waardes wil ons

nog verder verstewig en uitbou.

Daarom sal die skool geen steen

onaangeraak laat om elke leerder

wat gevestigde wortels het nie, te

help om regop te staan te midde

van die sterk winde van die lewe

daarbuite.

Hierdie skool het die personeel,

fasiliteite en die wil om elke leerder

te anker en gereed te maak vir die

toekoms.

Vleuels is om te waag. Daarvoor is

‘n goeie selfbeeld en selfvertroue

nodig. Dit is om nuwe uitdagings te

aanvaar; dit is om die geleenthede

wat jou ouers en die skool jou bied,

te benut; dit is om kreatief te wees.

Met vleuels kan jy uitstyg bo die

gemiddelde en 'n hoë ideaal najaag;

‘n verskil maak in die gemeenskap

wat jy dien.

Op akademiese gebied, olimpiades,

ekspo’s en die Taalbond het ons

leerders uitgestyg bo die gemiddeld.

Met ons wintersporte het ons

ongekende hoogtes bereik en het

talle leerders wat WP-kleure

ontvang het, gewys dat die leerders

van die Hoërskool Bellville weier om

gemiddeld te wees en het hulle

vleuels gesprei sodat hulle kan

uitstyg.

Maar dit is die “gewone” leerder wat

dag na dag die skool ondersteun

het, wat bewys het dat ons almal

hoog kan vlieg. Watter wonderlike

gesig was dit nie tydens die inter-

skole op die pawiljoene en velde nie.

Die passie en geesdrif was duidelik

sigbaar en dit beteken net dat ons

uitstyg bo die gemiddeld en hoë

ideale najaag.

Aan die matrieks: Dennis Watley

het gesê : “Success is almost to-

tally dependent upon drive and per-

sistence. The extra energy required

to make another effort or try

another approach is the secret of

success.”

Ons as skool het jou wortels

geanker. Ons het vir jou talle

geleenthede gebied om jou vleuels

te sprei. Dit is nou die tyd van die

jaar waar die laaste bietjie energie

en deursettingsvermoë nodig is om

jou ideale te bereik. Gebruik jou

tyd in die vakansie nuttig! Werk ou

vraestelle deur, woon lenteskole by

en neem ‘n ruskans!

Ek dra hierdie kwartaal op aan elke

personeellid. Ware opvoeders, vry

van eersug en magsdrif, met

koersgewende denke en 'n stille

invloed. Opvoeders wat leerders

wortels en vleuels gegee het sodat

elkeen van hulle gereed is vir die

toekoms.

Paratus ad Omnia

(Gereed vir alles)

Deon du Plessis

SKOOLHOOF

De La Hayelaan, Bellville, Tel: 021 948 1801 /Faks: 021 948 4140 /E-pos: [email protected]

Volume 3, Uitgawe 03/12 28 September 2012

BLADSY 22 HOËRSKOOL BELLVILLE

Die Engelse skrywer, Samuel Johnson

skryf, “Groot take word nie deur krag

volbring nie, maar deur volharding.”

Wyse woorde wat direk verband hou

met prestasies op alle gebiede, ook

akademiese prestasies. Baie leerders

ken die vreugde van sukses wat bereik

is deur pligsgetroue, harde werk, ander

moet nog leer dat sukses volharding en

toewyding verg. Op akademiese gebied

moet ouers ook hulle kinders

aanmoedig en bemoedig om te volhard

in die strewe om hulle potensiaal te

bereik.

Die graad 12graad 12graad 12graad 12----leerdersleerdersleerdersleerders het hierdie

kwartaal proefrapporte ontvang wat ‘n

aanduiding gee van hoeveel tyd hulle in

die vakansie moet insit om in die eind-

eksamen suksesvol te wees. Die ure

wat tydens die vakansie aan akademie

gewy word, is van uiterste belang,

maar ook die feit dat leerders bietjie

moet ontspan voor die finale eksamen.

Dit is noodsaaklik dat graad 12-

leerders alle klasse in die eerste week

van die laaste kwartaal sal bywoon

waar noodsaaklike remediëring en

vaslegging geskied. ‘n Uitdeelstuk oor

‘n Lenteskool in Paarl is reeds aan

leerders oorhandig en ekstra

hersieningsklasse sal ook in sekere

vakke by die skool vir ons leerders

aangebied word. Detail sal op die In-

ligtingsaand deurgegee word.

‘n Paar belangrike datums vir graad 12-

leerders:

♦ 12 Oktober 12 Oktober 12 Oktober 12 Oktober

Laaste skooldag en uitdeel van ek-

samendokumente. Name van leer-

ders wat toekennings ontvang op

die Prysuitdeling, word ook bekend

gemaak.

♦ 16 Oktober 16 Oktober 16 Oktober 16 Oktober

Inligtingsaand oor reëlings tydens

die Eindeksamen. Alle Gr 12-leer-

ders en hulle ouers moet hierdie

geleentheid bywoon vanaf 18:00

tot 19:00 in die skoolsaal.

♦ 18 Oktober 18 Oktober 18 Oktober 18 Oktober : Prysuitdeling.

♦ 22 Oktober 22 Oktober 22 Oktober 22 Oktober : NSS-eksamen begin.

Rapporte vir leerders in Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11Gr. 8 tot 11

word in die eerste week van volgende

kwartaal aan die leerders uitgedeel.

Let asb. daarop dat jaarpunte 25%

van die leerder se finale bevorde-

ringspunt uitmaak en dat alle leerders

hard moet werk in die laaste kwartaal

om te sorg dat hulle sukses behaal.

Ouers se belangstelling, motivering en

kontrole speel ‘n belangrike rol ook in

die akademiese suksesse van leer-

ders. Skoolbywoning en daaglikse

huiswerk is van groot belang. Let ook

asb. daarop dat die finale graad 11-

punte bepalend is vir toelating tot ter-

siêre inrigtings.

Die eksamen begin vir graad 11-

leerders op Woensdag, 7 November

en vir graad 8 tot 10 op Maandag,

12 November, en duur tot 30 Novem-

ber. Die laaste skooldag is op

7 Desember wanneer rapporte aan

leerders oorhandig word.

Om die verkryging van handboeke te

vergemaklik, is daar besluit op ‘n

nuwe handboeksisteem waar leerders

al hulle handboeke (WKOD en ander

handboeke) op een punt kan afhaal

nadat hulle ‘n huurbedrag vir boeke,

wat in die verlede deur leerders

aangekoop is, by die finansiële kan-

toor inbetaal het. Boeke wat leerders

self aangekoop het vir 2012 sal

steeds soos voorheen teruggekoop

word vir krediet op die bedrag wat

betaal moet word vir die gebruik van

handboeke die volgende jaar.

Ons vra u geduld met die oorskakel-

ing na ‘n nuwe sisteem en vertrou dat

u die nuwe stelsel meer verbrui-

kersvriendelik sal vind. Verdere be-

sonderhede sal volgende kwartaal

deurgegee word.

.

Vanaf Maandag 27 Augustus tot

Vrydag 7 September is die nuwe

Senior– en Graadleiers vir 2013 ge-

kies. Baie geluk aan al die nuwe

leiers. Die nuwe leiers word

ingehuldig tydens die Prysuitdeling

op Donderdag, 18 Oktober 2012.

Die inskrywings vir die Graad 8’s vir

2013 het gesluit en ons is baie op-

gewonde om in Januarie 2013 ons

nuwe Graad 8’s te ontvang.

Daar is tans 239 Graad 8’s ingeskryf

hoofsaaklik vanaf die Laerskole Bell-

park, Bellville-Noord, Bastion, Mikro

Brackenfell en 14 ander laerskole.

Dit is vir ons as skool wonderlik dat

daar so baie sterk kandidate vanaf

ons voederskole in 2013 by die

Hoërskool Bellville gaan aansluit.

Daar is te veel leerders wat afwesig

is sonder enige geldige rede. Daar is

ook te veel ouers wat leerders on-

tydig en vir ongeldige redes uitteken.

Baie akademiese tyd gaan verlore.

BLADSY 33 VOLUME 3, UITGAWE 03/12

Baie dankie aan Ons Hemelse Vader vir

Sy getrouheid en guns op ons skool se

VCSV.

Ons het al mooi aktiwiteite beleef soos

ons avontuurkamp vir meer as 70

Graad 8’s by Bonnievale, staptog tus-

sen Mc Gregor en Greyton, Leeukop-

klim, Oranjerivier “Riverrafting”, VCSV-

week, leerders wat gaan toer het in

Europa, BHS Got Talent, ongelooflike

sprekers soos Reggie van Miami, jeug-

groep vanaf Toronto, sendelinge van-

uit Vancouver en so kan ons aangaan.

Hierdie kwartaal se hoogtepunte was

veral ons uitreike by twee geleenthede

na Delft, insamelings vir Ruyterwacht,

ons gebedsgeleentheid vir alle sport-

spanne voor interskole, gesamentlike

interskole “praise and worship” saam

met DF en 'n gebedsweek na inter-

skole.

Een van ons graad 12-leerders, Esma-

ré Carstens wen die VCSV Wes-Kaap

se koekkompetisie. Die VCSV van

Suid-Afrika is vanjaar 116 jaar oud.

Alle eer aan Jesus!

Die twee-en-twintigste Johann Vos

Klavierkompetisie het vanjaar plaasge-

vind. Daar was 'n rekord aantal inskry-

wings van besonder hoë gehalte en die

beoordelaars was dit eens dat die

standaard besonder hoog was. Veral in

die junior afdeling was daar besondere

groot belangstelling.

Ons het ook vanjaar 'n nuwe afdeling,

genaamd die Piccolo afdeling, ingesluit

en dit is spesifiek gerig op leerders in

grade 6 en 7. Hulle mag op enige in-

strument deelneem en dit was lekker

om o.a. 'n fagot, 'n trompet en fluit as

deel van hierdie afdeling te kon hoor

tesame met die klavierdeelnemers.

Die wenner in die junior afdeling was

Leslie Wu en in die senior afdeling was

dit Yohan Chun.

Die beoordelaars vir die finale ronde

was Prof. Hubert van der Spuy,

mev. Rensche Janse van Rensburg en

mnr. Pieter Kooij.

Die dramavereniging het ‘n bedry-

wige kwartaal agter die rug. Sean

van Noordwyk, een van ons graad

12-leerders, se stuk Lied van die Lied van die Lied van die Lied van die

Kinders Kinders Kinders Kinders het by die toneelfees van die

Tygerberg Eisteddfod opgetree en

baie goed gedoen. Sean het ook ‘n

nominasie ontvang in die kategorie

vir beste teks. Die stuk het ook

tydens die aanddiens op 16 Septem-

ber by die Heidekoppie-gemeente in

Brackenfell opgetree.

Die produksie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie Bruidjie Dit en Bruidjie

Dot Dot Dot Dot het aan die Durvanville

Toneelfees, asook die ATKV Tiener-

toneelfees deelgeneem. In beide

kompetisies het hulle baie goed

gevaar. Des-Lee McKenzie, Sean

van Noordwyk en Athina Jansen het

verskeie toekennings ontvang. Des-

Lee is ook genomineer as beste

byspeelster tydens die Durbanville-

fees.

Daar is 7 graad 11-regisseurs wat

tans aan hulle produksies werk. Die

opvoerings vind op 1 November

plaas.

Op 28 September 18:10 vertrek

Marlize du Plessis, Barrinique Mor-

man, Carly van Wyk, Tiffany Abdol en

Gitte von Wielligh, saam met vyf

leerders van Isilimela High School, na

Seattle, VSA. Hulle gaan die Sep-

tembervakansie in Rooseveldt High

School deurbring as gaste van

Hands for a Bridge, Roosevelt. Ons

glo dat dit 'n wonderlike onder-

vinding vir hulle gaan wees.

Die koor het weer 'n baie besige

kwartaal gehad. Daar is aan die vol-

gend optredes deelgeneem:

8 Augustus

(Etensuurkonsert) - middaguur

konsert saam met die Pretoria Girls

High se orkes.

16 Augustus

Helderberg Eisteddfod in Somerset-

Wes (wen dié afdeling met ’n Cum

Laude-toekenning) en word uitgenooi

na die pryswennerskonsert.

19 Augustus

Interskole konsert saam met die

Hoërskool DF Malan.

30 Augustus

Koorafsluiting

Die Koor word aangewys as die al-

gehele wenners van die gemengde

kore in die Helderberg en Stellen-

bosch Eisteddfods. Hulle ontvang in

beide gevalle 'n Cum Laude-

toekenning (>90%).

Die orkes het 'n besige, maar baie

suksesvolle kwartaal agter die rug.

Met baie ure se toegewyde oefening

het die orkes sy grootste hoogtepunt

van die jaar bereik deur die ope-

afdeling by die Tygerberg Eisteddfod

met 95% te wen. Die beoordelaar se

terugvoer was veral baie positief. Die

interskole-konsert saam met DF Ma-

lan het vir 'n wonderlike afsluiting na

die jaarlikse interskole gesorg en die

"Ode to Joy" met die massakoor en -

orkes was 'n hoogtepunt.

"Metronym" en "Sinatra in Concert"

het die gehoor gaande gehad en

"Persis" is perfek uitgevoer. Die

orkes het ook Lentedag gevier met

'n orkesfees saam met die Duitse

orkes Stadtkapelle Fellbach, Durban-

ville en DF Malan. Die fees is met 'n

tipiese Duitse mars afgesluit, gespeel

deur 'n massa-orkes van meer as

200 spelers.

BLADSY 44 HOËRSKOOL BELLVILLE

‘n Vriendelike, dog baie ernstige,

versoek is dat u as ouer/voog sal

toesien dat u kind, se skooldrag en

voorkoms op die eerste dag van die

nuwe kwartaal, volgens die ge-

dragskode van die skool sal wees.

Ons gaan baie streng optree teenoor

leerders wat dit nie nakom nie. In-

dien 'n leerder nie op die eerste dag

volgens die gedragskode is nie, sal u

as ouer/voog gekontak en versoek

word om die leerder te kom haal.

U word asseblief versoek om weer

aanhangsel A op bladsy 23 – 26 in

die Paratus te gaan lees.

Somersdrag word gedra vanaf

8 Oktober 2012 (sien gedragskode

bl. 24-25 in die Paratus)

11 Okt : Orkes Gala-aand + RSG-

uitsending

15 Okt : Begrotingsverg. (19:00)

18 Okt : Prysuitdeling

19 Okt : Uitstapdag—Graad 12

22 Okt : NSS Eksamen begin

1 Nov. : Toneelaand : Graad 11-

regisseurs

9 Nov. : Krieket Oudskoliere

11 Nov. : 75 jr Kerkdiens-afsluiting

Ons kinders se veiligheid bly ‘n

uitdaging! Baie dankie aan al die

ouers wat ons alreeds so goed

ondersteun het met R550-bydraes

(of selfs meer). Ons sal julle op

hoogte hou van die vordering.

Ons het die afgelope kwartaal nog

steeds baie probleme gehad met

selfone in die skool. Let asseblief op

na die volgende:

♦ Daar word van leerders verwag

om sellulêre telefone en soortge-

lyke toestelle tydens skooltye,

binne die skoolgebou, buite sig

en afgeskakel te hou.

♦ Indien dit nodig sou raak om in `n

noodgeval van die telefoon ge-

bruik te maak kan die leerder by

die kantoor aanmeld en reëlings

tref.

♦ Die skool aanvaar geen verant-

woordelikheid vir die verlies van

sodanige toestelle nie.

♦ Indien ‘n leerder ‘n “sellulêre of

toestel“-oortreding begaan, sal

die toestel afgeneem word vir een

week addisioneel tot die straf-

maatreël. (Sellulêre telefoon sal in

‘n verseëlde koevert in die kluis

gebêre word vir die tydperk.)

♦ Tydens eksamens en toetse mag

die leerder glad nie ‘n selfoon op

hom/haar hê nie. Dit moet in sy/

haar tas, afgeskakel, voor in die

klaskamer geplaas word. Indien

dit op die leerder gevind word

tydens die eksamen of toets, kry

die leerder nul vir daardie vraestel

en die leerder verskyn voor die

dissiplinêre komitee waar ‘n ad-

disionele straf ook aan hom/haar

toegeken sal word.

Kom luister na ons blaasorkes, koor

en talentvolle oudskoliere op 11 Ok-11 Ok-11 Ok-11 Ok-

tober om 19:15 tober om 19:15 tober om 19:15 tober om 19:15 in die skoolsaal.

Kaartjies te koop @ R30 by me Den

Haan.

Ons is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerdOns is nog steeds baie bekommerd, dat

iemand nog baie seer gaan kry. Daar is

daagliks toenemende klagtes van leer-

ders wat na skool onverskillig/roekeloos

ry met hulle motors en motorfietse.

Padreëls word totaal en al verontag-

saam.

Leerders moet in besit wees van ‘n wet-

tige bestuurslisensie. Daar gaan in die

toekoms streng opgetree word deur die

verkeersdepartement.

Motorfietse moetmoetmoetmoet tydens skoolure in die

fietshok toegesluit word. Motorfietse wat

nie tydens skoolure daar geparkeer is

nie, sal gekonfiskeer word.

Geen leerder mag sy motor of motorfiets

tydens skoolure besoek nie.

Geen leerder mag op die skoolterrein ry

nie.

Middae tydens sport mag leerders slegs

by die sportgronde se hek in en uit gaan

en hulle motors/motorfietse parkeer by

die pawiljoen , kleedkamers en hokkie-

velde.

Onthou asb om u MAKRO kaart en My

School kaart te gebruik

BLADSY 56

Die rugby het die seisoen op ‘n baie hoë

noot afgesluit deur die Hoërskool DF Ma-

lan in die interskole ‘n goeie loesing te

gee. 8 uit die 10 spanne het gewen. Die

O/19A-span het ook die seisoen afgesluit

deur nie een wedstryd in die Noordelike

Voorstede te verloor nie. Baie geluk,

met ‘n puik seisoen. Die O/15A-span is

by die jaarlikse rugbyprysuitdeling

aangewys as die span van die jaar. Hulle

was die seisoen

onoorwonne die sei-

soen en het ‘n totaal

van 104 drieë ge-

druk. Ryan Muller en

Marco Joubert is ook

ingesluit in die WP

O/15-Elite-oefen-

groep. Baie geluk,

Seuns.

Ons landloopatlete het die seisoen met

welslae aan verskeie byeenkomste deel-

geneem . Ons is baie trots op Zani Kru-

ger wat in die Wes-Kaapspan vir die SA

Kampioenskappe is wat in Rusten-

burg plaasvind vanaf 27 tot 29 Septem-

ber 2012 . Zani het 8 September in Dur-

ban aan die Federasie SA Kampioen-

skappe deelgeneem en het ‘n 5de plek

behaal. Welgedaan en sterkte vir Rusten-

burg!

Ons het hierdie kwartaal geen liga-

wedstryde gespeel nie, omdat ons ge-

kwalifiseer het om aan die Oosstreek

Topskoletoernooi deel te neem. Ons

vaar baie goed en dring deur om aan die

WP-Topskoletoernooi deel te neem waar

ons bronsmedaljes, 'n trofee en 'n wis-

seltrofee verwerf. Ons sluit die jaar op 'n

hoogtepunt af!!! Geluk aan al die

spelers!!!

Die dogtershokkie het die seisoen

uitstekend gevaar. Die o/19A-span het

die seisoen onoorwonne geëindig.

Hulle het ook die pragtige uitslag in

interskole behaal deur DF Malan die

eerste keer in die geskiedenis van inter-

skole in ‘n baie spannende wedstryd te

wen. Hulle het deur die seisoen teen

verskeie van die premierligaspanne

gespeel en gewen. Hulle het die sei-

soen altesaam 80 doele aangeteken en

staan slegs 3 doele af, wat ‘n

uitstekende prestasie is. Welgedaan,

dogters. Dogtershokkie speel dan van

volgende jaar af in die premier liga.

Die ander spanne het ook ‘n goeie sei-

soen beleef en dogtershokkie wen dan

1 en speel 2 wedstryde gelykop tydens

interskole.

Daar was ‘n ware brawe poging deur al

ons seunshokkiespelers. Al die spanne

het aansienlik beter gevaar as verlede

jaar en daar is ‘n duidelike opswaai in

seunshokkie by die Hoërskool Bellville

te bespeur. Ons is vol vertroue dat ons

volgende jaar nog beter sal vaar, veral

in die Interskole.

Dankie vir almal se veggees en fantas-

tiese gees! Welgedaan, manne.

Dit was ook die eerste keer in die inter-

skolegeskiedenis dat ons die eerstepan

rugby, eerstespan netbal en eerste-

span dogtershokkiewedstryde wen.

Welgedaan!

Tydens Interskole was dit vir ons ‘n

riem onder die hart om te sien hoeveel

leerders in skoolklere die interskole by-

gewoon het. Die feestelike atmosfeer

met die duisende toeskouers, drumline

en dirigente het bygedra tot ‘n uiterse

suksesvolle interskole. Ons was baie

trots toe ons leerders aan die einde van

die eerste rugbywedstryd soos een

man opstaan en die skoollied uit volle

bors gesing het.

Die netbal het die seisoen ook op ‘n

hoogtepunt afgesluit deurdat die

meeste van die spanne hul inter-

skole wedstryde gewen het. Ons

O/19E-span het in die uitspeel

wedstryde gespeel en ongelukkig

verloor. Welgedaan, dogters.

Die seisoen is die gholfspelers se

vaardighede regtig getoets deur die

nat winter wat ons beleef het. Niete -

min kan ons baie trots wees op Ian

Snyman wat gekies is om Suid Afri-

ka gedurende die Toyota Junior

Wêreldbeker te verteenwoordig.

Nathan Botha is uitgenooi om aan

die “WP Junior Matchplay Champion

-ships” deel te neem en Zilke Bal het

Boland verteenwoordig in Orkney.

Sy het 11de geëindig in die netto

kompetisie uit 30 deelnemers. Sy

het die prys gewen vir die beste net-

to telling in die 2de rondte.

Baie dankie aan al die afrigters vir

hul ure se opoffering, insae en tyd

wat julle die winterseisoen aan ons

leerders afgestaan het. Dankie aan

die ouers en vriende van die Hoër-

skool Bellville vir hul ondersteuning

deur die seisoen. Welgedaan Hoër-

skool Bellville!

BLADSY 55 VOLUME 3, UITGAWE 03/12