4
Voorwoord A s samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan die skryf van hierdie bundel my opnuut oortuig van die besondere aanslag wat vroue openbaar. Elke dagstuk- kie getuig van ’n fyn aanvoeling vir waarmee God besig is in die lewe van gelowiges en waartoe die Heilige Gees sy kinders roep. Dit is ’n heerlike voorreg om as samesteller van hierdie reeks gedagtes op te tree. Ek is baie bewus van die trefkrag van elke dagstuk en weet dat dit betekenisvol gaan bydra tot die geeste- like vorming van elke leser. Ek het meermale die verrassende ervaring dat dagstukkies relevant en absoluut van toepassing op my konteks na my toe kom. Die vraag kom noodwendig by my op: Hoe op aarde kon die skrywer geweet het? En dan ook: Is God nie oneindig groot nie? Ek is daarvan oortuig dat dit jou daaglikse ervaring saam met en in die teenwoordigheid van die Heilige Gees gaan wees. Die evangelie is inderdaad Goeie Nuus. Wie toelaat dat die boodskap van God se wonderbare verlossing in Jesus Christus hom of haar oorweldig, ontdek ’n rykdom wat ongeëwenaar is. Baie dankie aan Christelike Uitgewersmaatskappy vir die vennootskaplike betrokkenheid in die saak van die Koninkryk. Dit is ’n voorreg. ~ Jannie Pelser

Voorwoord - CUM Books · 2018-06-28 · Voorwoord As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Voorwoord - CUM Books · 2018-06-28 · Voorwoord As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan

Voorwoord

As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat

deel het aan die skryf van hierdie bundel my opnuut oortuig van die besondere aanslag wat vroue openbaar. Elke dagstuk-kie getuig van ’n fyn aanvoeling vir waarmee God besig is in die lewe van gelowiges en waartoe die Heilige Gees sy kinders roep.

Dit is ’n heerlike voorreg om as samesteller van hierdie reeks gedagtes op te tree. Ek is baie bewus van die trefkrag van el ke dagstuk en weet dat dit betekenisvol gaan bydra tot die gees te-like vorming van elke leser.

Ek het meermale die verrassende ervaring dat dagstukkies relevant en absoluut van toepassing op my konteks na my toe kom. Die vraag kom noodwendig by my op: Hoe op aarde kon die skry wer geweet het? En dan ook: Is God nie oneindig groot nie?

Ek is daarvan oortuig dat dit jou daaglikse ervaring saam met en in die teenwoordigheid van die Heilige Gees gaan wees.

Die evangelie is inderdaad Goeie Nuus. Wie toelaat dat die boodskap van God se wonderbare verlossing in Jesus Christus hom of haar oorweldig, ontdek ’n rykdom wat ongeëwenaar is.

Baie dankie aan Christelike Uitgewersmaatskappy vir die ven nootskaplike betrokkenheid in die saak van die Konink ryk. Dit is ’n voorreg.

~ Jannie Pelser

978-1-4316-2072-2.indd 5978-1-4316-2072-2.indd 5 2018/06/28 16:45:252018/06/28 16:45:25

Page 2: Voorwoord - CUM Books · 2018-06-28 · Voorwoord As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan

Januarie

978-1-4316-2072-2.indd 7978-1-4316-2072-2.indd 7 2018/05/07 13:52:372018/05/07 13:52:37

Page 3: Voorwoord - CUM Books · 2018-06-28 · Voorwoord As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan

1 J

anuar

ie

Vanuit die toekoms

word die hede gerig

Die Here het my laat bly lewe soos Hy 45 jaar terug vir Moses be loof het. Ek is vandag ’n man van 85. Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Gee vir my asseblief die heu-welgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het.

Josua 14:10-12, NLV

Toe Kaleb op 85-jarige ouderdom die heuwels rondom He-bron verower, was dit met die sekerheid van ’n man wat

nooit vergeet het wat God lank terug aan hom geopenbaar het nie. Godgeïnspireerde visie vervaag nie met tyd nie. Die oor-tuiging dat hy uiteindelik gaan kry wat God vantevore vir hom gewys het, het Kaleb bemagtig om die oorwinning vreesloos te behaal.

Visie wat nie doelgerig in die praktyk uitgevoer word nie, het min waarde. Kaleb het nie met ’n droom in sy hart gesterf nie. Hy het die daad by die woord gevoeg en sy nageslag het vir eeue lank die voordeel van sy doelgerigte optrede geniet.

Jy moet ook nie met ’n droom in jou hart doodgaan nie. Gee doelgerig die eerste tree in die rigting van jou Godgegewe visie. Jou gehoorsaamheid kan vir verskeie generasies ná jou lewe en seën verseker.

Vra jou die volgende af en skryf dit in jou joernaal neer: � Wat is jou Godgeïnspireerde visie? � Kan jy dit al sien gebeur? Glo jy God kan dit moontlik maak? � Het jy ’n vertroueling? Vra hom/haar om saam met jou te bid en jou gereeld aan te moedig. Mag jou nuwe jaar gevul wees met onverwagte seëninge,

God gegewe verrassings en wonderlike uitdagings. Mag jy nooit ophou groei nie!

Here, my visie is . Suiwer my visie en rig dit. O Heilige Gees, lei my asseblief tree vir tree hierin. Amen.

Elza Meyer

978-1-4316-2072-2.indd 8978-1-4316-2072-2.indd 8 2018/05/07 13:52:382018/05/07 13:52:38

Page 4: Voorwoord - CUM Books · 2018-06-28 · Voorwoord As samesteller van hierdie dagboek vir vroue kan ek met absolute oortuiging sê dat die reis saam met die dames wat deel het aan

2 Jan

uarie

God is perfekte liefde

Jesus antwoord hom: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel” en met jou hele verstand. Dit is die groot-ste en die eerste gebod. En die tweede, wat hiermee gelyk staan, is: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.”

Matteus 22:37-39

As jy enigiemand vra wie God is, dan is daar gewoonlik een standaardantwoord: God is liefde. Maar dis net hier waar

mense dan vashaak ook, want as iets fout gaan, is dit die eerste ding wat mense met nyd voor jou smyt. “As God dan ’n God van liefde is, hoe kán Hy dít laat gebeur?!”

Maar het jy al ooit oorweeg dat my en jou idee van liefde totaal en al van die pad af kan wees? Is ons idee dalk ’n idilliese goed-gaan-goed-voel-tipe persepsie gevorm deur Hollywoodvlakheid en medialeuens?

Die probleem hiermee is dat ons ons huwelike, ons fami lies, ons vriendskappe, ons kerkverhoudings, ons uitreike … al les aan pak met ons verstaan van wat liefde is. As ons liefde op enige vlak selfbevrediging soek, gaan ons baie vinnig moed opgee as ons liefdesbehoeftes nie bevredig word nie.

Maar God se tipe liefde is heilig, dit is selfopofferend! Daar aan die kruis het Hy fi naal gewys hoe sy tipe liefde lyk. Hy was in doodspyn, geminag, kaal en totaal en al kwesbaar, maar verbete aan die liefhê tot die dood toe. Sy tipe liefde hou níks terug nie.

Verstaan jy sy tipe liefde? Dit gee alles, al word jou liefde ver-trap, al word jy vermoor. Dit het niks om te bewys nie. Dit verhef jou geliefdes en jou vyande bo jouself en beskerm selfs hulle eer. Dis rein, totaal en al getrou en dit het selfbeheersing, want dit sien wat min ander raaksien – ’n getroue Vader wat in sý heel-al met die mag van liefde heers. Nou dít is sy tipe liefde en dit slaan my asem weg.

Here, help my om ander mense lief te hê soos wat U my liefhet. Amen.

Janine van Niekerk

978-1-4316-2072-2.indd 9978-1-4316-2072-2.indd 9 2018/05/07 13:52:382018/05/07 13:52:38