25
VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke 4 Akademie 5-6 Kultuur 6-7 Sport 8-15 Sosiaal 16-18 Durbie-ondersteunersdrag 19 Ander: Advertensies, skenkings, borgskappe 20-24 Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 25 In hierdie uitgawe ... Ons stel bekend: NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE Die skool waar elkeen iemand is! www.durbanvillehs.co.za TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected] Belangrik: Moet asseblief nie “reply” op sms’e wat u van die skool ontvang nie. Kontak die persoon wat betrokke is vir die spesifieke kode. Dankie!

VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014

INHOUDSOPGAWE

Brief van die hoof 2

Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3

Departementele handboeke 4

Akademie 5-6

Kultuur 6-7

Sport 8-15

Sosiaal 16-18

Durbie-ondersteunersdrag 19

Ander: Advertensies, skenkings, borgskappe 20-24

Kwartaalprogram en kontakbesonderhede 25

In hierdie uitgawe ... Ons stel bekend:

NUUSBRIEF VAN DIE HOËRSKOOL DURBANVILLE

Die skool waar elkeen iemand is!

www.durbanvillehs.co.za

ber 2012

TEL: 021 976 3188 / FAKS: 021 976 3189 [email protected]

Belangrik: Moet asseblief nie

“reply” op sms’e wat u van die

skool ontvang nie. Kontak die

persoon wat betrokke is vir die

spesifieke kode. Dankie!

Page 2: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

BRIEF VAN DIE HOOF

Geagte ouers

Skielik is die ons by die middel van 2014.

Hierdie was akademies gesproke ’n baie moeilike kwartaal met die talle

onderbrekings wat deur vakansiesdae, verkiesings en wat nog veroorsaak is.

Ons personeel moes regtig hard swoeg en fyn beplan om by al die vak-

voorskrifte uit te kom. Ons weet dat die leerders self ook baie ekstra moes

insit om hulle doelwitte te bereik. Ons hoop regtig dat die beplanners by die

verskillende nasionale departemente in die toekoms hierdie soort ding sal

ondervang.

Dit sal dalk nodig wees dat leerders in die vakansie tyd opsy sal sit om aandag te gee aan vakke

waarin dit dalk nie so goed gegaan het nie.

Ons herinner u ook aan die oueraande aan die begin van die derde kwartaal. Besprekingsbriefies sal

oudergewoonte by die rapporte ingesluit word en u is baie welkom om met u kind se onderwyser(s)

in gesprek te tree. U is ook welkom om op die betrokke aand met u kind se graadhoof ‘n afspraak te

maak. Die betrokke aande is: graad 8 en 12 op 30 Julie en grade 9, 10 en 11 op 6 Augustus.

Ek noem net gou weer die graadhoofde vir u gerief :

Graad 8: Me Adams en Mnr Van Deventer

Graad 9: Me Joubert

Graad 10: Me Steenkamp

Graad 11: Me Van Wyk

Graad 12: Me Mantel-Böhr en Me Minnie.

Baie geluk aan al ons sportspelers wat provinsiale kleure verwerf het. Ons hoop dat julle goeie

toernooie sal hê en elke oomblik sal geniet en terugkom met waardevolle ondervinding om met julle

spanmaats te deel.

Ons toneelspelers is ook hard aan die werk en hulle seisoen begin in die derde kwartaal in alle erns

met ’n klomp kompetisies waaraan hulle gaan deelneem. By voorbaat voorspoed aan dié groepie –

ons sien weer uit na julle optredes.

Die koor en die orkes het die kwartaal ook besonders presteer en gewys dat daar nie

plaasvervangers is vir harde werk en entoesiasme nie. Baie geluk – julle het ons trots gemaak.

Ons sportspanne het die laaste paar Saterdae met wisselende sukses deelgeneem. Partykeer was die

verlore naelskraap en kon die skoen net sowel aan die ander voet gewees het. Ons spelers het egter

deur die bank veggees en goeie sportmanskap geopenbaar.

Baie dankie aan almal wat so getrou langs die sportvelde en in die skoolsale is om ons leerders aan

te moedig. Ek dink dat indien daar ’n kompetisie vir getroue en entoesiastiese ondersteuners was,

Durbanville beslis sou gewen het.

Onthou dat die rapporte op Vrydag 25 Julie beskikbaar sal wees. (Die skool begin weer op Maandag

21 Julie.)

Geniet die vakansie. Indien u op reis gaan: ry veilig.

Groete

George Germishuys

Page 3: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ONS STEL BEKEND: Die CWC Durbie Dash

Hoërskool Durbanville se prettrap is elke jaar ’n groot gebeurtenis op die skoolkalender. Verlede jaar

s’n was weer ’n reuse sukses, soos bewys deur die feit dat ons sopas die Pedal Power Association se

“Most Consistent Funride”-toekenning vir die afgelope vyf jaar gewen het. (Sien foto van toekenning

regs onder.)

Vanjaar trek ons boonop ’n nuwe baadjie aan met Chris Willemse Cycles wat as naamborg optree en

die naam wat verander is om lekker op die tong te val, daarom dus die Chris Willemse Cycles Durbie

Dash! Dit plaas ons in ’n heel nuwe klas, aangesien Chris Willemse Cycles se webwerf die grootste

aanlynfietswinkel in SA is.

Die CWC Durbie Dash vind plaas op Saterdag 25 Oktober 2014. Deelnemers kan kies tussen 2

padwedrenne (90 km en 46 km) en 3 bergfietswedrenne (54 km, 36 km en 12 km). Boonop is daar

ook ’n pretloop/-draf wat in samewerking met Run/Walk for Life aangebied word.

Een van die groot trekpleisters van die dag is die fantastiese pryse wat op die spel is: ’n padfiets én ’n

bergfiets (geborg deur CWC), ’n familienaweek op ’n privaat wildplaas en Girokopter-vlugte om net

’n paar te noem. Vir die fietsryers sal die CWC Durbie Dash ’n unieke ervaring wees met innoverende

ervarings en besondere gees en opgewondenheid.

Boonop wil ons die deelnemers se familie en vriende ook betrek. Daar sal dus deurentyd

opwindende gebeure op die skoolterrein wees: ’n “Battle of the bands”-skoolkompetisie, stalletjies

(arts&crafts), ’n “dog agility”-kompetisie, ’n pretpark, buitelugaktiwiteite, kos, koeldrank en vele

meer!

’n Bykomende nuwe element is die sogenaamde

“Eliminator Race” wat op die Vrydagmiddag tydens

registrasie by Chris Willemse Cycles gehou word.

U kan dus aflei dat daar op alle vlakke verskeie

innoverende aktiwiteite gaan wees om ’n atmosfeer

te skep waardeur die prettrap daadwerklik sal groei

om die mees gesogte prettrap in die Wes-Kaap te word.

Ouers wat op enige manier betrokke wil raak,

kan gerus die bemarkingskantoor kontak.

Page 4: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ALGEMEEN: Departementele handboeke

BELEID TEN OPSIGTE VAN DEPARTEMENTELE HANDBOEKE (WKOD):

GRADE 8 - 12

Die Wes-Kaapse Onderwys Departement (WKOD) voorsien jaarliks handboeke aan leerders in Grade

10 – 12. Vanaf 2014 word WKOD-boeke vanaf grade 8-12 voorsien.

Hierdie boeke bly die eiendom van die WKOD en die Skool. Alle WKOD-handboeke moet aan die

einde van die jaar aan die skool terugbesorg word.

Elke leerder het die verantwoordelikheid om aan die einde van elke jaar hierdie boeke aan die skool terug te gee. Indien ‘n leerder nalaat om dit te doen of indien die boeke in ‘n baie swak toestand is, sal ouers verantwoordelik gehou word vir die betaling van die vervanging van die boeke.

Indien ‘n leerder op enige stadium die skool verlaat, MOET hierdie boeke aan die skool terugbesorg word. Indien ‘n leerder nie die boeke terugbesorg nie, sal ouers ‘n rekening ontvang vir die vervangingsbedrag van die boeke. Terselfdertyd sal ‘n leerder ook nie ‘n oorplasingsvorm ontvang indien die WKOD-boeke uitstaande is nie.

Indien enige WKOD-boeke uitstaande is aan die begin van ‘n nuwe jaar, sal ‘n leerder nie WKOD-handboeke ontvang voordat die uitstaande boeke nie terugbesorg is en/of die vervangingswaarde aan die skool betaal is nie.

Wanneer graad 12-leerders aan die einde van hul skoolloopbaan die eindeksamen voltooi het, moet alle WKOD-boeke aan die skool terugbesorg word. Indien nagelaat word om hierdie ooreenkoms na te kom, sal die skool nie die matrieksertifikate voorsien aan die leerders wie se boeke nie volledig terugbesorg is nie.

Wanneer ‘n leerder sy/haar boek(e) verloor, moet die boek(e) op eie onkoste vervang word. Boeke sal dan deur die boekekamer bestel en aangekoop word. Die skool kan in geen stadium verantwoordelik gehou word vir die voorsiening van addisionele boeke nie; die skool kan ook nie die risiko neem of voorraad dra as gevolg van gebeurlikhede buite die beheer van die skool nie. Indien ‘n verlore boek op enige stadium terug besorg word aan die skool, is daar geen terugbetaling van die uitgawes wat deur die skool aangegaan moes word nie.

Dr M Roos Mnr G L Germishuys

Boekekamer Skoolhoof

Page 5: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

AKADEMIE: Debat

Durbies weet hoe om te debateer! HSD se leerders het baie goed gevaar tydens Hoërskool DF Malan

se Dink of Sink-debatkompetisie: Ons senior span het as naaswenners uit die stryd getree (daar was

20 skole wat deelgeneem het) en een van ons seniors, Inge Odendaal, is as beste spreker aangewys.

Op die foto, van links na regs: Elmien Viljoen, Inge Odendaal en Estée van Tonder

AKADEMIE: Gesprekvoering op Bevonk

Tien van ons leerders het op Maandag 23 Junie deelgeneem aan ‘n opname vir die jeugprogram

Bevonk op RSG. Hier is hulle saam met die omroeper, Kailin Daniels. Die opnames word in twee

sarsies uitgesaai – een op Donderdag 26 Junie en die ander ongeveer twee weke daarna. Die

leerders is: Carla Smith, Elmien Viljoen, Jumaine Hansen, Inge Odendaal, Nel Ehlers, Estée van

Tonder, Janke Tolmay, Amber Aucamp, Nienke Geldenhuys en Cinae Swart.

Page 6: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

AKADEMIE: Graad 8’s se hoede

Kyk hoe kreatief is ons Graad 8’s! Vir hul praktiese eksamen moes hulle interessante hoede ontwerp

en maak. Hier pronk ‘n hele klompie van hulle met hul meesterstukke.

AKADEMIE: UK Wiskundekompetisie

Baie geluk aan Phillip Swart (links) in Graad 9 wat goud verwerf het in die Universiteit van Kaapstad

se Wiskundekompetisie! Hy beklee boonop die vyfde algehele posisie van alle Graad 9’s wat

deelgeneem het.

Geluk ook aan Tayla Nel (middel) en Nicole Snyman (regs) wat in die pare-afdeling deelgeneem het

en ook die vyfde algehele posisie van alle Graad 9-pare beklee.

Page 7: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

KULTUUR: Orkes wen Flashmob-kompetisie

In die vorige nuusbrief het ons berig dat ons blaasorkes aan Willowbridge Winkelsentrum se Flash Mob-kompetisie deelgeneem het. Die publiek kon op Facebook en Youtube stem en HSD het as wenner uit die stryd getree! Daarmee het die orkes dus die poegie van MotoMia gewen wat hulle nou vir fondsinsameling kan gebruik. Op die foto: Heinrich Annandale van Word4Word Marketing oorhandig die poegie van MotoMia namens Willowbridge Winkelsentrum aan HSD. Vlnr: Me Suretha Theron, Juan Barnard, Heinrich Annandale, Niel Theron en Kara Brink. Die leerders is almal lede van die blaasorkes.

KULTUUR: Koorprestasies

Ons koor het vanjaar vir die eerste keer aan die Tygerberg Eisteddfod, die Stellenbosch

Kunswedstryd en die ATKV Applouskompetisie deelgeneem en in ál drie goud behaal – wat ‘n

wonderlike prestasie! Ons het reeds in die vorige nuusbrief berig dat hulle 88,3% by die Tygerberg

Eisteddfod behaal het. By die Stellenbosch Kunswedstryd het hulle 89% (goud) behaal en by die

ATKV Applouskompetisie ook goud. Wel gedaan aan me Maria Rademan en haar leerders!

KULTUUR: Tygerberg Kinderkoor

Megan Myburg (Graad 8) is tans die enigste leerder in die skool wat in die Tygerberg Kinderkoor

sing. Sy toer gedurende die vakansie saam met hulle na Riga in Litaue toe om aan die

Wêreldkorespele te gaan deelneem. Dit is die grootste koorfees in die wêreld en slegs die beste

internasionale kore word genooi om daaraan deel te neem. In 2010 is die koor in Shaoxing, China

bekroon in beide die Volks- en Geestelike musiekafdelings. Dit was destyds die eerste keer in die

koor se 38-jarige bestaan dat hy twee afdelings in dieselfde kompetisie gewen het. Die feit dat die

koorlede almal tussen 10 en 14 jaar oud is,

en dat hierdie prestasie teen soveel ouer

kore behaal is, maak dit soveel meer

merkwaardig. Hierdie jaar neem 460

kore uit 73 lande vanuit 5 kontinente

daaraan deel.

Baie voorspoed vir julle, Megan,

en geniet hierdie ondervinding

van ’n leeftyd!

Page 8: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Fietsry

HSD het op 7 Junie vir die eerste maal as skool aan die 2014 SPUR MTB-liga deelgeneem. ‘n Hele

paar leerders het goeie plekke behaal, soos hier onder gesien kan word.

Steven Olderwagen (Sub Junior Boys Team) 40ste

Ruhan Grobler (Youth Men A Team) 5de

Morné Greeff (Youth Men A Team) 17de

Miré Herbst (Junior Women Team) 2de

Wian Botma (Junior Men Team) 12de

Mihan Grobler (Junior Men Team) 38ste

Die volledige uitslae is beskikbaar op www.trailtag.co.za en inligting oor die SPUR reeks is beskikbaar

by http://www.spur.co.za/about-us/event/spur-mtb-league . Daar is 4 SPUR-byeenkomste in die

Wes-Kaap en ons posisie na die eerste rondte lyk as volg:

1 Montana Hoërskool - W-Cape 347

2 D F Malan High School 347

3 Parel Vallei High School 338

4 Paul Roos Gimnasium 335

5 Drostdy Hoër Tegniese Skool 108

6 Durbanville High School 74

7 Stellenberg High School 73

8 Springfield Covent School 51

9 Paarl Boys High School 45

10 S A C S 38

Die volgende drie byeenkomste vind op hierdie datums plaas:

19 Julie in die Paarl

9 Augustus in Somerset Wes

30 Augustus in Stellenbosch

Moedig gerus u kinders aan om ook aan die ander 3 byeenkomste deel te neem. Die eerste 5 spanne word na die nasionale byeenkoms op Magaliesburg toe opgevlieg.

Page 9: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Fietsry (vervolg)

Hiermee dan ook ‘n paar foto’s van 4 van die leerders wat aan die eerste SPUR-byeenkoms

deelgeneem het.

Mihan Grobler Miré Herbst

Ruhan Grobler Wian Botma

SPORT: Perdry

Genna van der Merwe (Graad 9) is opgeneem in die

SA Nasionale Perderuiters Skolevereniging se WP-span.

Hulle neem van 7 tot 10 Augustus aan die

Wes-Kaap-Finale in Stellenbosch deel.

Haar perd se naam is Seeis Baron

en sy is in die Hoërskoolvlak 1 (Prelim)

Dressering Klas 1 A- en Klas 2 A-span.

Baie geluk, Genna, en voorspoed!

Page 10: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Hokkie

Op 7 Mei het HSD se hokkiespanne ’n paar vriendskaplike wedstryde asook ’n bring-en-braai gehou. Die hoogtepunt van hierdie gesinsdag was die Old Boys en Old Girls wat teen die huidige O/19-seuns en -dogters gespeel het. Verder het HSD se O/14’s teen Laerskool Durbanville se O/14's gespeel – alles ’n goeie aanduiding van volgende jaar se inname, aangesien dit die dag ná die ope dag geskied het wat baie goed bygewoon is. Dit is weer eens ’n bewys dat die astrobaan ’n groot pluspunt vir die skool is. Die O/16’s het in gemengde spanne (seuns en dogters) teen mekaar gekompeteer. Dit was ’n jolige dag vol lag en gesels. Dit was veral spesiaal om die Old Boys en Girls daar te hê en hulle het dit duidelik baie geniet om op die skool se astro te kon speel. Almal was dit eens dat ons gou weer so moet maak!

Foto 1: Selfs afrigters hou van poeding – Ewan glo 2 is beter as 1! Dié dat die onder 16 seuns so

lekker speel! Hulle speel so lekker, want hulle eet so lekker! Hulle volg die voorbeeld van hul COACH!

Foto 2: Die bekommerde gesiggies op hierdie foto wonder of daar nog genoeg poeding is.

Foto 3: Kinders moenie in die water mors nie, die ou mense moet dit nog drink! Die spreekwoord

word omgedraai: A-nee-a, Mamma, sit neer die poeding, die kinders moet nog eet! Juffrou van Wyk

moet die spreekwoord maar regmerk in die hokkiespelers se Afrikaanse vraestelle!

Foto 4: Die Old Boys en die O/19-seuns. Die telling? Vra maar die manne, ons praat nie uit nie! Dit

was vet pret – gaan kyk gerus op Hokkie se Facebookblad vir nog foto’s.

Foto 5: Goeie gees – 'n Durbie bly 'n Durbie!

Foto 6: Die laerskool se O/14-seuns warm op. Reg vir die vriendskaplike stryd teen HSD se O/14-seuns!

Page 11: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Hokkie (vervolg)

Foto 7: Old Boys-oorwinningsvreugde? Foto 8: Vreugde! Ons is dankbaar vir ons eie astrobaan en spelers wat hul sport geniet! Al was die Old Girls bekommerd hulle het dalk hul oemf verloor, het hulle vir seker nie hul Durbie-gees verloor nie!

Foto 9: Die Old Boys and Girls se logo agter op hul T-hemde.

Page 12: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Hokkie (vervolg)

UITSLAE

DOGTERSHOKKIE: Vrydag 16 en Saterdag 17 Mei 2014

o.19 A vs Bergvliet wen 2 – 0

o.19 B vs Elkanah ‘A’ verloor 0 – 4

o.19 C vs Bergvliet wen 1 – 0

o.16 A vs Bergvliet wen 2 – 0

o.16 B vs Bergvliet wen 3 – 1

o.16 C vs Bergvliet wen 1 – 0

o.14 A vs Bergvliet wen 3 – 0

o.14 B vs Bergvliet wen 3 – 0

SEUNSHOKKIE: Vrydag 16 en Saterdag 17 Mei 2014

o.19 A vs Reddam House gelykop 0 – 0

o.19 B vs Chesterhouse verloor 0 – 2

o.16 A vs Reddam House verloor 0 – 1

o.16 B vs Cannons Creek verloor 1 – 2

o.14 A vs Reddam House verloor 0 – 3

DOGTERSHOKKIE: vs Brackenfell – Vrydag 23 en Saterdag 24 Mei 2014

o.19 A verloor 0 – 2

o.19 A vs Tygerberg (14 Mei) verloor 0 - 3

o.19 B gelykop 1 – 1

o.19 D vs Muizenberg wen 1 – 0

o.16 A wen 2 – 0

o.16 B verloor 0 – 1

o.16 C gelykop 1 – 1

o.14 A wen 3 – 0

SEUNSHOKKIE: Vrydag 23 en Saterdag 24 Mei 2014

o.19 A vs Kampsbaai wen 9 – 0

o.19 B vs Jan van Riebeeck wen 6 – 0

o.16 A vs Kampsbaai wen 11 – 0

o.14 A vs Bergvliet verloor 1 – 2

Page 13: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Netbal

HSD is baie trots op die volgende dogters wat WP- of Wes-Kaapkleure in netbal verwerf het:

Agter, vlnr: Anri van Niekerk WP O/17, Nicola Smith WP O/14, Kay Baron Wes-Kaap-afrigter O/14

(sy is HSD se O16A- en B-afrigter:), Lara Mostert WP O/16, Cara van der Westhuizen Wes-Kaap O/14

Middel, vlnr: Brunick Bezuidenhout Wes-Kaap O/18, Marna Louwrens WP O/18,

Gillian Fortuin Wes-Kaap O/14, Robyn McIntyre WP O/14

Voor: Huibri Smith Wes-Kaap O/16, Megan Coetzee WP O/16

Boonop is Cara van der Westhuizen aangewys as die kaptein van die Wes-Kaap se O/14’s en

Gillian Fortuin as die onderkaptein van dieselfde span – wel gedaan, julle!

UITSLAE

NETBAL: vs DF Malan – Saterdag 17 Mei 2014

o.19 A verloor 12 – 39

o.19 B verloor 6 – 22

o.19 C verloor 2 – 28

o.17 A verloor 12 – 36

o.17 B verloor 7 – 15

o.16 A wen 16 – 9

o.16 B wen 18 – 7

o.16 C wen 21 – 3

o.15 A wen 16 – 12

o.15 B verloor 11 – 16

o.15 C verloor 4 – 17

o.14 A wen 22 – 9

o.14 B wen 14 – 13

o.14 C verloor 4 – 25

Inlas, vlnr:

Lalandie Esterhuysen, WP O/15

Rumay Strauss, WP O/17

Page 14: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Netbal (vervolg)

NETBAL: vs Monument Park – Dinsdag 13 Mei 2014

o.19 A wen 35 – 16

o.19 B wen 22 – 9

o.19 C wen 14 – 11

o.17 A verloor 10 – 12

o.17 B verloor 12 – 13

o.16 A wen 25 – 5

o.16 B wen 25 – 2

o.16 C wen 24 – 0

o.15 A wen 26 – 8

o.15 B wen 9 – 2

o.15 C wen 14 – 2

o.14 A wen 34 – 4

o.14 B wen 40 – 1

o.14 C wen 8 – 1

SPORT: Rugby

UITSLAE

RUGBY: vs DF Malan – Saterdag 17 Mei 2014

o.19 A wen 23 – 12

o.19 B wen 35 – 12

o.19 C wen 26 – 3

o.19 D vs Settlers ‘B’ gelykop 10 – 10

o.16 A wen 17 – 7

o.16 B verloor 12 – 23

o.15 A verloor 10 – 13

o.15 B verloor 27 – 17

o.14 A wen 22 – 12

o.14 B wen 39 – 14

RUGBY: vs Brackenfell – Saterdag 24 Mei 2014

o.19 A wen 30 – 5

o.19 B wen 19 – 5

o.19 C verloor 0 – 27

o.16 A verloor 15 – 18

o.16 B wen 33 – 10

o.15 A verloor 5 – 47

o.15 B verloor 0 – 55

o.14 A verloor 12 – 20

o.14 B verloor 5 – 32

o.14 C wen 24 – 5

Page 15: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SPORT: Landloop

Die volgende leerders het aan landloopbyeenkomste deelgeneem:

SPORT: Skaak

UITSLAE

Vrydag 16 Mei 2014

O/19 vs DF Malan Gelykop 3 – 3

Vrydag 23 Mei 2014

O/19 vs Curro Durbanville Gelykop 3 – 3

O/15 vs Curro Durbanville Verloor 6 – 0

TYGERBERG: 16 APRIL 2014

MALIBU: 23 APRIL 2014

HTS: 6 MEI 2014

D 0/14

Louisa Roux 18de

Bea Van Huyssteen 31ste

D 0/15

Jansie Slabbert 4de 11de

D 0/16

Bertmari Kraay 8ste 6de 2de

D 0/17

Barbara Cronje 18de

Jean-Mari du Plessis 18de

D 0/19

Dominique Rocher 5de 10de 12de

Pascal Rocher 9de

S 0/14

Bernard Adendorf 14de

S 0/17

Lambert Brink 14de

Page 16: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SOSIAAL: Lucky Lucy Foundation

DURBIES SE HARTE KLOP WARM VIR DIERE IN NOOD

HSD se leerders sê graag hul harte klop “doef-doef-Durbie”. Wel, hierdie winter het hulle gewys hul

harte klop nie net doef-doef-Durbie nie, maar ook woef-woef vir diere in nood! ’n Gedeelte van die

fondse wat ingesamel is deur die Mnr & Me Durbie-kompetisie is onlangs aan die Lucky Lucy

Foundation oorhandig, en verder het die leerders van die skool hondekos, katkos, komberse en

speelgoed ingesamel wat toe ook aan die organisasie geskenk is.

Foto 1:

Agter, vlnr: Mev. Melanie Nell (onderwyseres verantwoordelik vir die skoolkoerant, Die Koeberger),

Tineke Woldfaardt en Jancke Laubscher (redaksielede van Die Koeberger)

Voor, vlnr: Mev. Amelia van Wyk (onderwyseres verantwoordelik vir Mnr & Me Durbie), Jumaine

Hansen (Mnr Durbie) en Sammy van Straaten (Me Durbie)

Foto 2:

Mnr. Luke Chitambi van die Lucky Lucy Foundation het die skenking in ontvangs geneem.

Vlnr: Jumaine Hansen, Mev. Melanie Nell, Mnr Luke Chitambi en Sammy van Straaten

Page 17: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SOSIAAL: Miles for Smiles

Die SR is vanjaar weer betrokke by die Miles for Smiles-projek, wat geld insamel om operasies

moontlik te maak vir kinders wat gebore is met gesplete verhemeltes of lippe. Die hele skool het

munte ingesamel waarmee daar toe ‘n muntlegging gedoen is (foto regs onder).

Dis maar nog net die begin van die projek; in die derde kwartaal is daar weer ‘n SR Miles for Smiles-

week waarin daar nog aktiwiteite gaan plaasvind. Die SR het ook ‘n Facebook-blad geskep waarop

leerder “selfies” kan laai op voorwaarde dat hulle ‘n bedrag skenk.

Foto links:

Agter, vlnr: Meghan Bredenkamp, Rian Laubscher, Ricarlo Loots, Louwrens Roux,

Stephan Mengel, Jehan Koegelenberg en Madri Maree

Voor, vlnr: Marné du Plussis, Pascal Rocher en Marna Louwrens

SOSIAAL: Durbie-Skouspel

Die Durbie-skouspel is een van die skool se jaarlikse gebeurtenisse, waartydens leerders die

geleentheid kry om hul talent op die verhoog te wys. Vanjaar s’n was soos gewoonlik ‘n groot sukses.

Hier is van die leerders wat deelgeneem het saam met Mnr Jan Burger en Me Amelia van Wyk.

Page 18: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

SOSIAAL: Besoek aan Engeland

By Hoërskool Durbanville het dit nou al ’n instelling geword dat Me Gina Mantel-Böhr leerders van

die skool op ’n toer na Engeland toe neem om hulle aan die ander land se kultuur bekend te stel.

Hierdie jaar is dit Tamarin Valentine in Graad 11 se voorreg. Hulle het op 25 Junie vertrek en sal op

18 Julie weer terug wees in Suid-Afrika. Tamarin sê sy het nog altyd gewens sy kan in ‘n vliegtuig

vlieg en nou is haar eerste keer sommer ’n oorsese reis! Sy is die eerste een in haar gesin wat die

geleentheid kry om oorsee te gaan. Wat dit baie spesiaal maak, is dat die hele Morningstar-

gemeenskap Tamarin ondersteun het deur fondse in te samel. Haar ma het byvoorbeeld

braaigeleenthede en modevertonings gehou. Toe die Heath-skool in Engeland verlede jaar SA

besoek het, kon hul Robbeneiland-besoek as gevolg van weersomstandighede nie plaasvind nie. Die

skool het die geld wat dit hulle sou kos, aan Laerskool Alpha geskenk en die skool het dit toe

goedgedink om dit aan Tamarin te bewillig vir haar oorsese reis. Tamarin sê sy sien onder meer uit

daarna om die London Eye, al die museums en die wagte by Buckingham Palace te sien. Tamarin

gaan by Mev. Mantel-Böhr se familie tuisgaan in Londen, Bedfordshire en Cambridgeshire, en sy

gaan ook ’n besoek bring aan Cardiff in Wallis.

Foto 1: Tamarin en me Mantel-Böhr.

Foto 2: Met Tamarin en me Mantel-Böhr se vertrek na Londen.

Vlnr – Me Sophia Valetine (Tamarin se ma), me Mantel-Böhr,

Tamarin Valentine en Mnr Abe Valentine (Tamarin se pa)

Page 19: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

DURBIE-ONDERSTEUNERSDRAG

Bestel so gou as

moontlik!

Wagtydperk: 5

werksweke

Page 20: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Page 21: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

33° 52' 1.92" S, 18° 38' 38.44" E

Career – GPS

Career Guidance through Psychometric Services

Verdwaal as dit kom by jou kind se toekomsplanne?

Wens jy kon ‘n GPS inspan?

Vind die weg tussen al jou kind se beroepsmoontlikhede met

Career – GPS

Wie of wat is “Career GPS” ?

Kwaliteit en holistiese psigometriese dienste wat bekostigbaar, gerieflik,

relevant en effektief is ten einde die kliënt te bemagtig om ‘n beter

ingeligde beroepsbesluit en/of vakkeuse te maak.

Alle toetse word deur HPCSA geregistreerde en geakkrediteerde

professionele persone uitgevoer. Toetse is gestandaardiseer en relevant

binne die Suid-Afrikaanse konteks.

Die volgende areas word gedek:

Aanleg, Persoonlikheidsvoorkeur, Belangstelling en Waardes.

Ons kombineer hierdie toetse met ‘n onmisbare individuele

beroepsgesprek en “coaching” sessie.

Bevindinge en aanbevelings word ook in ‘n assesseringsverslag

uiteengesit.

‘n Omvattende benadering met meer bevredigende resultate.

Wanneer vind die assesserings plaas?

Saterdag 28 Junie 2014 @ 08:00 – 15:00

Saterdag 26 Julie 2014 @ 08:00 – 15:00

Saterdag 23 Augustus 2014 @ 08:00 – 15:00

Wat kos dit?

R1650 per leerder - EFT; Kredietkaart en Debietkaart fasiliteite beskikbaar.

Kontak ons vir meer besonderhede.

Jeanne-Marié de Villiers Yvette van Zyl Educational Psychologist Registered Councellor and Career Coach

PS 0109525 PRC 0004367

082 859 2281 084 989 1210

[email protected] [email protected]

C GPS

Page 22: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Page 23: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Page 24: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

ANDER: Advertensies, skenkings, borgskappe

Kontak asb. die bemarkingskantoor indien u in die nuusbrief wil adverteer

REKLAMEMATERIAAL: VRYWARING

Let asb. op dat Hoërskool Durbanville nie

verantwoordelik gehou kan word vir die inhoud van

advertensies van ‘n derde party wat hul dienste en /

of produkte in die aanlyn-nuusbrief adverteer nie;

ook nie vir die geloofwaardigheid en / of korrektheid

van die geadverteerde diens en / of produk nie.

Die derde party adverteer sy / haar diens en / of

produk op eie risiko op die voorwaardes soos vervat

in die oorspronklike ooreenkoms en enige verbruiker

wat gebruik maak van die geadverteerde diens en /

of produk, doen dit op eie risiko.

Page 25: VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 · VYFDE UITGAWE VAN DIE JAAR: 27 JUNIE 2014 INHOUDSOPGAWE Brief van die hoof 2 Chris Willemse Cycles Durbie Dash 3 Departementele handboeke

KWARTAALPROGRAM (3) EN KONTAKBESONDERHEDE

JULIE Ma 21 Skool open

Di-Wo 22-23 Wintersportgroepfoto’s

Vr 25 Kunsuitstappie Graad 11, Rapporte beskikbaar

Sa 26 Sportdag vs Worcester Gimnasium (tuis)

Ma-Vr 28 Jul-1 Aug SR Smile week

Di 29 Bloedskenk

Wo 30 Oueraande Graad 8 en 12

Do-So 31 Jul-3 Aug Toneelfees Springbok

AUGUSTUS

Vr 1 Netbal: SASN Top Schools (Boksburg), Clanwilliam-toernooi Rekenaarolimpiade: Programmering

Di-So 5-9 Fraserburg & Klein Libertas Toneelfeeste

Wo 6 Oueraand Graad 9, 10 en 11

Sa 9 Vrouedag

Ma-Sa 11-16 HSD Toneelfees

Wo 13 Wiskundige Geletterdheid Olimpiade

Ma 18 Interskole Landloop, Tygerberg Eisteddfod (Orkes)

Wo 20 Interskole: Gholf, Skaak & Debat, Personeelfunksie en Algemene Kennis Vasvra

Do 21 Interskole SR-funksie

Vr-So 22-24 CSV Kringleierskamp

Vr 22 Rocking the Durbies-funksie (vir oud-Durbies)

Sa 23 Interskole: Rugby, Netbal, Hokkie

Sa 23 Interskole-opskop (slegs volwassenes)

Ma-Sa 25-30 ATKV Tienertoneel Wes-Kaap

Wo 27 Wiskunde Olimpiade Graad 8 en 9

Sa 30 Rugby: Die Burger-kompetisie

SEPTEMBER

Sa 6 O/14, O/15 en O/16 7’s

So 7 Kamerkonsert uitreik

Ma 8 Graad 12-eksamen begin

Di 9 Junior Afrikaanse Olimpiade

Wo 10 Algemene Kennis Olimpiade

Sa 13 Netbal: WP Hoërskole Finaal

Di 16 JNA-toetse (Gr. 9) begin

Wo 24 Erfenisdag

Sa 27 35ste Blaasorkes-reünie

OKTOBER

Wo 1 Matriekafskeid (Eureka)

Vr-Di 3-7 Krieket: O/19 (HS Punt) Toer

Vr-Ma 3-6 Orkes SA’s (Secunda)

Vr 3 Algemene Kennis Kompetisie: Intern

Vr 3 Skool sluit, Rapporte beskikbaar

Ma-Sa 6-11 ATKV Tienertoneel Finaal

KONTAKBESONDERHEDE

Tel / Faks: 021 976 3188 (t) / 021 976 3189 (f)

Algemeen: [email protected] Bemarking: [email protected]

Sport: [email protected] Alumni / Oudleerders: [email protected]

Kultuur: [email protected] Borge: [email protected]

Boekekamer: [email protected] Klerewinkel: [email protected]