1
Beste Private Bankdienste-kliënt Welkom by die Oktober-uitgawe van Private Connect, waar ons poog om u inhoud te bied wat insiggewend en wetenswaardig is. In hierdie uitgawe kyk ons na oplossings om u welvaart te beskerm soos professionele skadeloosstellingsdekking, krediettekortversekering en die onderskrywing van risikobeoordelings. Ek vertrou dat u hierdie uitgawe sal geniet. Bongiwe Tindleni Hoof: Absa Private Bankdienste Die wetenskap agter uitstellery Die Amerikaanse sosioloog en skrywer Larry Kerstein het glo gesê: "Harde werk is dikwels na 'n rukkie lonend, maar luiheid is nou lonend." Mnr Kerstein het beslis ʼn punt beetgehad. Ekonome bestudeer al sedert die vroeë 20ste eeu die term “intertemporale keuse”, wat in wese daarop neerkom dat mense ʼn voorkeur het met betrekking tot wanneer uitkomste ontvang word. As mense druk ons ons voorkeure deur middel van ʼn “diskontokoers” uit, wat gewoonlik nou saamhang met die markrentekoers. Dit is bloot weens die feit dat die markrentekoers die geleentheidskoste van verbruik verteenwoordig (bestee nou teenoor spaar). Met ʼn diskontokoers wat hoër as markrentekoerse is, lyk die huidige waarde van toekomstige ekonomiese voordele (aftrede, opvoedingsbeplanning of iets vir die kwade dag opsy sit) minder vergeleke met die voordele van onmiddellike verbruik. Eenvoudig gestel, die voordele van beter gesondheid deur gimnasium toe te gaan, lyk minder vergeleke daarmee om nou ʼn hamburger te eet. Die rasionele wese moet oor tyd ʼn konstante diskontokoers hê; dit moet ons nie skeel om nou R100 te ontvang, oor ʼn jaar R110 of oor twee jaar R121 indien markrentekoerse 10% is nie. Dit is omdat ons die kontantvloei eksponensieel met (1 + 10%)1 en (1 + 10%)2 en so meer moet verdiskonteer. Die feit dat eksponensiële verdiskontering nie beleggergedrag weerspieël nie, het gedragswetenskaplikes en ekonome se aandag getrek. Ons diskontokoerse is nie staties nie en sal oor tyd verskil, verduidelik deur ʼn fenomeen wat as hiperboliese verdiskontering (Herrnstein, 1961) bekendstaan. Dit verduidelik ook baie ander selfverydelende gedrag waarmee ons maar alte goed vertroud is. Navorsers het getoon dat voorkeure tussen twee uitgestelde belonings ten gunste van die naaste beloning sal omswaai namate die tyd korter word (Roelofsma en Keren, 1995). Die volgende keuses is aan proefpersone gestel: • A. Jy kan oor 26 weke £100 kry of oor 30 weke £110, wat verkies jy? • B. Jy kan vandag £100 kry of oor vier weke £110, wat verkies jy? By vraag A het die meerderheid die uitgestelde beloning gekies (63%) en by vraag B het die oorgrote meerderheid onmiddellike uitbetaling gekies (82%). Ons neem die tydsduur derhalwe verskillend waar na gelang van wanneer dit plaasvind (dit is in albei gevalle vier weke uitgestel en met ʼn 10%-opbrengs beloon). In wese sê ons dat ons bereid is om vir ʼn beloning van £10 te wag solank dit oor ʼn paar maande is. Ons verkies die teenoorgestelde as ons nou dadelik moet wag. ʼn Ander studie (Thaler, 1981) het proefpersone gevra watter bedrag geld hulle op toekomstige tydstippe (1 maand, 1 jaar en 10 jaar) sal moet ontvang sodat dit hulle nie sal skeel om nou $15 te kry nie. Die antwoorde het onderskeidelik ʼn diskontokoers van 345%, 120% en 19% aangedui en bevestig dat ons diskontokoerse met tyd sielkundig afneem (ons verkies grootliks onmiddellike verbruik). In wese bevestig die navorsing dat wanneer jy ʼn keuse gestel word tussen vrugte of koek oor ʼn week, jy waarskynlik die vrugte sal kies. Namate die tyd egter korter word, tot die tydstip waar die koek en vrugte na ete aangebied word, sal jy weens hiperboliese verdiskontering (jy verdiskonteer die toekomstige voordele van beter gesondheid grootliks) statisties bes moontlik die koek kies. Die hoër diskontokoers swaai jou voorkeur na onmiddellike verbruik en skep ʼn illusie van nou verbruik. Vanuit ʼn persoonlike finansiële perspektief, het ʼn voorgestelde model vir verbruiksgedrag (Harris & Laibson, 2001) getoon dat sogenaamde hiperboliese verbruikers lae vlakke van likiede bates (kontant, effekte en aandele) besit, en meer deur illikiede bates (soos eiendom), hoë vlakke van kredietkaartskuld (diskontokoerse bo selfs kredietkaartkoerse) en geen formele aftreeplanne nie spaar. Die motorhuis is steeds ʼn plek waar oefenfietse en kragskudders na ʼn wegneemete tot niet gaan; ons troos ons daaraan terwyl ons onsself gerusstel dat “ek Maandag sal begin dieet”, weer eens vasberade maar met ʼn paar dae oor voor die onvermydelike voorkeuromswaaiing. Walter Mischel van Stanford Universiteit het in die 1960’s en 1970’s die bekende malvalekker-eksperimente gedoen waar hy kinders die keuse gegee het om ʼn lekkerny onmiddellik te eet of ʼn paar minute te wag (in welke geval die getal lekkernye verdubbel het). Party het geen poging tot selfbeheersing aangewend nie (en die klokkie vinnig gelui en die beloning geëet), ander het gretig daarna gestaar tot hulle ʼn minuut of wat later opgegee het terwyl ʼn paar met toenemende ongemak gewriemel het tot hulle geslaag het. Wat nog fassinerender is, is die onthullings namate Mischel dié kinders deur hoërskool, kollege en tot volwassenheid gevolg het. Die kinders wat daarin kon slaag om hulle begeerte na korttermynbeloning te oorkom, het begryp hoe om hulself te “fop” om te doen wat vir hulle die beste was. Deur na die muur te staar (in plaas van die kos), hulle voete te swaai (in plaas daarvan om die lekkernye te ruik), kon hulle bloot hulle swak wilskrag omseil. Jare later is die korrelasie tussen die kinders wat gewag het en SAT- tellings, hantering van stresvolle situasies, suksesvolle verhoudings en selfs oplettendheid verstommend. Vanuit ʼn persoonlike finansiële beplanningstandpunt is die les duidelik, moenie uitstel nie aangesien jy die “toekomstige jy” nie kan vertrou nie. Moenie beplan om volgende maand of volgende jaar by jou aftreespaargeld, opvoedingsfonds of diskresionêre spaargeld by te voeg nie, die “toekomstige jy” leef in ʼn plek van verbreekte beloftes, teleurstelling en spyt. Om die stryd tussen “wil” en “moet” te begryp en oorkom, gee ons blykbaar die krag om bietjie meer uit die lewe te pers. Professionele skadeloosstellingsdekking Al hoe meer professionele persone identifiseer die behoefte om hulself teen moontlike verliese deur regsaksie te verseker. Volgens Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) beskerm professionele skadeloosstellings- (PS) versekering die versekerde persoon teen nalatige optrede deur die versekerde persoon in die uitvoering van sy of haar professionele pligte wat daartoe lei dat iemand verlies of skade ly en/of besering opdoen. In baie gevalle reël bedryfsliggame PS-dekking vir hulle lede, en dit is dikwels ʼn vereiste vir lidmaatskap. Die meeste groot handels- en nywerheidstransaksies vereis ook dat die kontrakterende professionele persoon PS-dekking het. Buiten die bogenoemde, wil al hoe meer professionele persone hulself dek omdat selfs die mees konsensieuse praktisyn ʼn fout kan begaan. PS-dekking gee ʼn professionele persoon die vryheid om met minder risiko te funksioneer. Daar was ʼn toename in hofsake teen professionele persone, ʼn tendens wat party bedryfskenners meen weens moeiliker ekonomiese toestande is wat daartoe lei dat kontantarm verbruikers na maniere soek om geld in die hande te kry. Hierdie tendens word vererger deur ʼn toename in regspraktisyns wat bereid is om op ʼn gebeurlikheidsgrondslag te werk. Die instelling van verbruikersvriendelike wetgewing, soos die Wet op Verbruikersbeskerming en die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, het verbruikers ook meer bewus gemaak van hulle regte en regsmiddele, en gemaak dat hulle al hoe minder geneë is om verliese en skade te aanvaar. AIC noem dat PS-dekking die skadevergoeding en regskoste in die geval van ʼn suksesvolle eis teen jou uitbetaal, asook jou vergoed vir regskoste as bewys word dat die saak teen jou ongegrond is. Hoewel kriminele oortreding nie by aanspreeklikheidspolisse ingesluit word nie, sal ʼn PS-polis regskoste betaal tot die versekerde skuld erken of skuldig bevind word. Wat is krediettekortversekering? Die oomblik wat jy met jou splinternuwe motor by die vertoonlokaal uitry, daal sy waarde met tussen 15% en 20%. Dit beteken dat jy jou finansieringsmaatskappy potensieel reeds meer skuld as wat jou voertuig werd is. Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) verduidelik dat jy moontlik ʼn tekort op jou voertuigfinansiering sal moet betaal op ’n motor wat jy nie meer het nie as teenspoed jou tref en jou motor word gesteel of afgeskryf na ʼn ongeluk. “ʼn Tekort ontstaan wanneer die uitstaande leningsbedrag hoër is as die waarde van die voertuig. Voertuigwaardes depresieer met tyd, en ʼn omvattende versekeringspolis betaal slegs die gedepresieerde waarde van die voertuig ten tye van die verlies uit. Krediettekortversekering verseker dat jy voldoende gedek is vir die verskil tussen die uitstaande saldo op jou finansiering en jou motor se kleinhandelswaarde.” Voorbeeld: Jy het op 1 Maart 2010 ʼn voertuig vir R160 000 deur ʼn finansiële instelling gefinansier. Die voertuig word op 1 Maart 2011 afgeskryf, met die totale uitstaande saldo op die kontrak synde R100 000. Die kleinhandelswaarde waarvoor die versekeraar jou eis sal uitbetaal, is R80 000, minus jou bybetaling, en jy sit met ʼn tekort van minstens R20 000. Krediettekortversekering sal die R20 000 vereffen wat jy die finansiële instelling nog skuld. Bykomende bybetalingdekking “Waar jy ʼn algehele verlies van jou voertuig gehad het en ons vergoed jou vir die krediettekort-gedeelte van die eis, sal hierdie voordeel tot die maksimum waarde van R10 000 of welke ook al die minste is bydra tot die bybetaling wat jy aan die versekeraar moet betaal,” sê AIC. AIC sluit af dat jy nie tekortdekking nodig sal hê as jy kontant koop nie, of as die waarde van die voertuig meer is as wat jy die finansieringshuis skuld. Waarom is risikobeoordeling belangrik? Versekeringsmaatskappye bestaan vir die tipe risiko waar die waarskynlikheid van 'n gebeurtenis klein, maar die potensiële verlies groot is. Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) verduidelik dat risikobeoordeling- (onderskrywing) riglyne deur versekeraars gebruik word om ʼn kliënt se risikoprofiel te evalueer en beoordeel ten einde sy/haar versekeringspremies korrek te prys. “Kliënte het verskillende en spesifieke versekeringsvereistes en -behoeftes. Risikobeoordeling help versekeraars om elke kliënt met die korrekte premie te onderskryf,” sê AIC. Die versekeringsbedryf verwys tipies na fisiese risiko, morele risiko en finansiële risiko as synde die verskillende risikokategorieë wat beoordeel moet word. Versekeringsmaatskappye het na risikogebaseerde prysingsmodelle beweeg waar elke individu volgens sy of haar eie risiko geprys word. “Elkeen van bogenoemde risiko’s kan verder in ʼn hoë risiko, medium risiko of lae risiko gekategoriseer word. Die prysingsmodel segmenteer kliënte in dié verskillende kategorieë volgens ʼn aantal faktore, wat deur verskeie vrae verkry word wanneer ʼn kwotasie bekom word,” verduidelik AIC. Die versekeraar verlang ook jou toestemming om ʼn kredietkontrole by ʼn kredietburo te doen. Versekeraars benodig gewoonlik die volgende inligting wanneer ʼn kliënt se risikoprofiel beoordeel word: • naam en van • ID-nommer • fisiese adres • vorige versekeringsgeskiedenis • vorige eise en verliese gely • enige kansellasies of weiering om ʼn polis te hernu • bestuurslisensiegeskiedenis en tipe • besonderhede van items wat verseker moet word Aangesien premies gebaseer is op die waarskynlikheid dat die versekerde ʼn eis sal indien, het risikobeoordeling ʼn belangrike invloed op die premies wat gehef word. Daar is ʼn aantal maatreëls wat kliënte kan tref om hulle risiko te verlaag, insluitende bykomende sekuriteitsmaatreëls om inhoud en voertuie te beveilig, en ʼn bykomende bybetalingstruktuur bo en behalwe die vereiste bedrag. Hibriede voertuie Terwyl beurtkrag en die koste van elektrisiteit elektriese motors van hulle glans beroof, raak hibriede voertuie al hoe gewilder. Vervaardigers verhoog toenemend die aantal modelle waaruit jy kan kies, en luukse motors het nie agterweë gebly in hierdie segment nie. Volgens Toyota Suid-Afrika kombineer ʼn hibriede stelsel verskillende kragbronne om elke motor se sterkpunte te maksimaliseer, terwyl dit vir ander tekortkominge vergoed. ʼn Petrol-elektriese hibriede stelsel kombineer byvoorbeeld ʼn binnebrandenjin se hoëspoedkrag met die skoon doeltreffendheid en laespoedwringkrag van ʼn elektriese motor wat nooit ingeprop hoef te word nie. Hoewel hibriede voertuie meer brandstofdoeltreffend as hulle petroleumbrandstof-eweknieë is, is hulle weens ekstra batterye en elektronika duurder, en die premie op die koopprys word nog nie noodwendig in terme van brandstofbesparings goedgemaak nie. Indien Suid-Afrika egter koolstofbelasting instel, kan maatskappye en selfs individue wat hibriede motors gebruik dalk uit staatsubsidies en -kortings voordeel trek. As jy op soek is na ʼn luukse hibriede voertuig, is hier ʼn paar modelle waaruit jy kan kies: Die Infiniti Q50S Hybrid versnel van 0-100kph in minder as 5.5 sekondes, en het ʼn top spoed van 250kph, terwyl hy ongeveer 6.2 liter per 100km gebruik en minder as 145g/km CO2 uitlaat. Teen 4.1 liter per 100km het die Lexus CT200h een van die beste brandstofbesparingskoerse in sy segment, terwyl die indrukwekkende Porsche Cayenne S tot op 60kph geen uitlaatgasse en enjingeraas het nie. Die Volvo XC90 T8 Twin Engine, wat ʼn twee-liter-, vier-silinder-, superaangejaagde en turboaangejaagde petrolenjin met ʼn elektriese motor kombineer, bied ʼn ongeëwenaarde kombinasie van krag en skoon werking teen ongeveer 295kW en laat ongeveer 60 g/km CO2 uit (NEDC- bestuursiklus). Skakel aan en floreer met Absa Absa bied nou aan sy kliënte die geleentheid om 'n volledig pasgemaakte, hernieubare- energieoplossing te kies. Kliënte kan die optimale energieoplossing kies wat hul leefstyl en finansiële omstandighede pas en wat hulle sal toelaat om daardie eerste tree te gee om beheer te neem oor hul huishouding se daaglikse elektrisiteitsbehoeftes. Pierre Loubser, Hoofbestuurder: Absa Verbruikersbankdienste sê dat Absa se hele filosofie en besigheidsmodel daarop gemik is om die bank se kliënte die hartklop te maak van alles wat die bank doen. Hy sê dat dit vir die bank beteken dat hy op gepaste wyse op kliënte se behoeftes moet reageer op ’n tydstip waar almal toenemend daarvan bewus word dat ons medeverantwoordelik is om van die druk op ons nasionale elektrisiteitsnetwerk te help verlig. Die installering van energiedoeltreffende en omgewingsvriendelike kragrugsteun, fotovoltaïese (FV) kragopwekkingstelsels, sowel as sonkraggeisers in huise het ’n noodsaaklikheid geword gegewe die voortgesette energiebeperkings en skerp stygings in die koste van elektrisiteit in Suid-Afrika. Hoewel hierdie stelsels aanvanklik na ’n duur belegging mag lyk, sal huishoudings oor die lang termyn ’n beduidende bedrag aan elektrisiteitskoste bespaar en ook die ongerief van kragonderbrekings beperk. Wat hierdie aanbod van Absa so ’n oortuigende een maak, is die feit dat ’n Suid-Afrikaanse bank vir die eerste keer aan sy kliënte toegang sal bied tot fotovoltaïese en gehalte battery-rugsteunstelsels, sonkraggeisers en hittepompoplossings om hulle teen die impak van die huidige energiebeperkings te beskerm. Pierre sê dat dit ’n beter toekoms vir die bank se kliënte sal meebring. Deur afhanklikheid van die netwerk met oplossings soos FV-stelsels en sonkraghitte-geisers te verminder, sal ons almal bydra om die skaarste te bestuur in die jare wat voorlê. Pierre meen dat bykomend daartoe, sal energiedoeltreffende huise waarskynlik in die toekoms in aanvraag wees. Oor Eco Navitas Absa het ’n vennootskap met Eco Navitas, ’n spesialisverskaffer van bestuurde oplossings in die alternatiewe-energiesektor aangegaan, om ’n keuse van pasgemaakte groenenergie-oplossings aan sy kliënte te lewer. Pierre beklemtoon dat Eco Navitas as voorkeurverskaffer gekies is nadat streng verkrygingsprosesse gevolg is. Anna Craven-Sutton, Senior Programbestuurder by Eco Navitas sê in haar kommentaar oor die vennootskap met Absa dat hulle in Absa ’n vennoot gevind het wat hul visie deel en wat as ’n bank daartoe verbind is om vandag ’n volhoubare impak te maak wat skaarste in môre se wêreld vir hul kliënt sal bestuur. Deur ons samewerking met Absa hoop ons om die volle potensiaal van ’n energiedoeltreffende leefwyse met volhoubare oplossings vir hul kliënte te ontsluit, wat hulle sal help om in die toekoms selfs meer te floreer. Die aankoop van ’n rugsteunkragstelsel of FV-stelsel vir jou huis kan ’n groot belegging wees en een waarvan jy seker wil wees wel sal lewer wat jy daaruit wil hê. Die neksus is ’n balans tussen die hoogste gehalte teen die beste prys. Wanneer jy kragstelsels vir die huis vergelyk, is dit, soos met baie ander dinge uiters belangrik om soort met soort te vergelyk en dat jy uiteindelik ’n oplossing kies wat gepas is vir jou spesifieke behoeftes ten opsigte van rugsteunkrag of kragopwekking. Anna meen dat of jy nou ’n intreevlakoplossing vereis om ’n paar kragproppe tydens onderbrekings te dryf en of jy ’n behoefte daaraan het om geheel en al selfonderhoudend te raak deur op ’n volhoubare manier onafhanklikheid van die netwerk te verkry, Eco Navitas het die pasgemaakte oplossing vir jou. As meer Suid-Afrikaanse huishoudings hulself van die netwerk afhaal deur hernubare-energietegnologie te aanvaar, kan dit gedurende spitstye ’n beduidende verskil maak en ’n Eco Navitas-oplossing het die potensiaal om huise op die lange duur grotendeels energie-onafhanklik te maak. Spesiale afslag vir Absa-kliënte Absa bied aan sy kliënte wat van hierdie aanbod gebruik wil maak, ’n vooraf afslag van 10% op enige (of ’n kombinasie) van die volgende Eco Navitas-rugsteunbattery-, sonkrag-FV- en waterverhittingstelsels. Rugsteunbatterystelsels Batterye verskaf die laagste bedryfkoste-oplossing vir rugsteun-elektrisiteitsbehoeftes oor die lang termyn. Eco Navitas verskaf ’n uitgesoekte reeks hernubare-energieoplossings vir die huis wat toegang bied tot betroubare energiebronne wat afhanklikheid van die elektrisiteitsnetwerk verminder. Fotovoltaïese (FV) stelsels Hierdie dakstelsels wek elektrisiteit op wat gebruik kan word om in die gedeeltelike of volledige elektrisiteitsvereistes van ’n huis te voorsien. ’n Reeks sonkrag-FV-stelsels vir die dak is beskikbaar en verskeie konfigurasies kan volgens verlangde grootte en doel gemaak word, gebaseer op jou spesifieke vereistes. Sonkraggeisers en hittepompe Doeltreffende waterverhitting verwys na tegnologieë wat jou toelaat om met minder elektrisiteit water te verhit en gevolglik geld te bespaar op jou elektrisiteitsrekening en jou koolstofvoetspoor te verminder. Daar word geraam dat ’n sonkragwaterverwarmer gemiddeld ongeveer 200 kWh per maand kan bespaar van die 1 100 kWh wat ’n gemiddelde huis gebruik. Na raming sal die totale belegging drie jaar en langer neem om verhaal te word. • ’n Sonwaterverwarmer (SWV) word op die dak van jou huis geïnstalleer en gebruik die son se energie wat deur hoogs doeltreffende versamelaars gekanaliseer word om die son se hitte vir die verhitting van water vas te vang; • ’n Hittepomp (HP) is ’n doeltreffende bron van waterverhitting wat elektrisiteit gebruik, maar dit baie meer doeltreffend doen. Dit gebruik ongeveer ’n derde van die elektrisiteit wat ’n konvensionele elektrisiteitselement gebruik om water te verhit. ’n Reeks finansieringsopsies Om hul pasgemaakte groenenergie-oplossings te finansier, kan kliënte een van die volgende betalingsopsies kies wat die beste by hul individuele behoeftes pas: Kredietkaartbetaling: Tot 48 maande terugbetalingstermyne op hul kredietkaart se begrotingsfasiliteit, met die eerste 12 maande teen ’n prima rentekoers. Cowyk Fox, Hoofbestuurder: Absa Kaart sê dat kliënte wat geregistreer is om Absa Rewards te ontvang, as ’n bykomende bonus ook tot 1% kontant terug kan verdien as hulle hul kredietkaart gebruik om vir die aankoop te betaal. Kry toegang tot ekwiteit in jou huislening: Kliënte kan betaal deur die ekwiteit in hul eiendom of huislening te gebruik deur óf vir ’n hervoorskot aansoek te doen om toegang tot fondse te kry wat hulle reeds afbetaal het, óf deur die beskikbare FlexiReserwe-fasiliteit te gebruik. Doen aansoek om ’n persoonlike lening: Absa se persoonlike lenings is buigsaam: Kliënte kan vanaf R3 000 tot R250 000 leen met bekostigbare terugbetalingstermyne wat wissel van 12 tot 72 maande. Maak die krag weer jou eie Om die perfekte kragoplossing te vind is so vinnig soos ’n klik. Kliënte wat gretig is om hierdie aanbod te ondersoek, kan meer inligting via die volgende bykomende kanale bekom: • Kliënte kan die Eco Navitas Hulplessenaar (met ’n Live Web Chat-fasiliteit) by www.productsupport.eco-navitas.com kontak. • Kliënte kan die volgende kortkode "Eco" en hul naam, van (bv Eco Sonja Swart) per SMS na 35644 stuur – ’n inbelsentrumagent sal die kliënt kontak in reaksie op die SMS. ’n Eco Navitas- geakkrediteerde installeerder sal dan die kliënt kontak om ’n terreininspeksie te reël voordat ’n kwotasie aan die kliënt verskaf word. Die inspeksie is gratis en die Absa-kliënt is onder geen verpligting nie. • Kliënte kan ook die Absa-webwerf (www.absa.co.za) besoek vir meer gedetailleerde inligting en om die toepaslike bepalings en voorwaardes te besigtig. Die Absa Huiseienaar-app 'n Huissoekhulpmiddel in die palm van jou hand. Absa Huislenings het onlangs die 3de weergawe van die Absa Huiseienaar-app bekend gestel. Met die jongste weergawe van die Huiseienaar-app sal jy weer eens ervaar hoe ons jou uit die palm van jou hand huis toe lei. Die Absa Huiseienaar-app bied jou nou die volgende eienskappe: • Toegang tot die Absa Huiseienaar-app vanaf die Absa Bankdienste-app-navigasie • Besigtig ons ‘Guiding you home’ YouTube-video’s vanaf die app en vind meer uit oor ons fantastiese produkte en dienste • Kry maklik toegang tot Absa se HelpUSell-eiendomslyste • Filter op verkoopte/gereserveerde/verminderde/POA- (prys by aansoek) eiendom • Besigtig bykomende eiendomsbesonderhede (voorbeeld: koerse, heffings) Wat jy ook kry: • Ondersoek die eiendomsverkoop- en -huurmarkte • Filter jou ondersoek om die resultate volgens ligging, prys, eiendomtipe, ens te verfyn • Blaai deur eiendombesonderhede en besigtig foto’s van huise • Beoordeel die eiendomme waarvan jy hou en stoor dit op jou toestel • Reël afsprake vir die besigtiging van eiendomme en stoor die eiendomsagente se besonderhede • Gebruik berekenaars • Gebruik die ‘See if you qualify’-hulpmiddel om te sien of jy vir ʼn huislening van Absa kwalifiseer Laai die Huiseienaar-app op jou slimfoon of tablet af by Google play of die App Store en maak dit ʼn plesier om daardie perfekte eiendom te kry. Staan ʼn kans om fantastiese pryse te wen met die Absa Homeowner App House Hunt-kompetisie. Besigtig die kompetisiebesonderhede by www.absa.co.za of die Absa Facebook-bladsy en staan ʼn kans om groot pryse te wen. SureCheck Kliënte wat Absa Online, Selfoonbankdienste of die Absa App gebruik, sou verbeterde sekuriteitsmaatreëls opgemerk het. Ons het onlangs die sekuriteit oor die onderskeie digitale dienste opgegradeer deur die SMS- boodskappe met die LKN/TKN wat jy gewoonlik ontvang het deur ʼn nuwe diens genaamd SureCheck™ te vervang. SureCheck™ gee jou selfs meer beheer deur jou die transaksie direk van jou selfoon af te laat bekragtig. Hierdie opdatering is outomaties gedoen en jy hoef nie jou profiel of aantekenbesonderhede enigsins te verander om hierdie opgedateerde sekuriteitskenmerk te geniet nie. SureCheck™-boodskappe bevat inligting oor die spesifieke aksie of transaksie wat jy moet goedkeur. Lees die boodskap asseblief sorgvuldig voor jy die transaksie goedkeur om seker te maak dat al die besonderhede korrek is en dit ʼn transaksie is waarmee jy tans besig is. Besoek absa.co.za/securitycentre om uit te vind wat die nuutste maniere is om jouself teen die jongste skelmstreke te beskerm. Jou kleingeld het krag Jy sal verbaas wees hoe klein veranderinkies in jou lewe tot verstommende resultate kan lei. Soos spaar - al wat dit verg is toewyding en 'n doelwit. Deur klein te begin, kan jy in ʼn kits op jou spaarreis wees. Onthou, jou kleingeld het krag. Wat doen jy met joune? Besoek www.absa.co.za/Absacoza/Offers/Promotions/Small-Change vir meer inligting. Private Bankdienste

Wat is krediettekortversekering?Die oomblik wat jy met jou splinternuwe motor by die vertoonlokaal uitry, daal sy waarde met tussen 15% en 20%. Dit beteken dat jy jou finansieringsmaatskappy

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wat is krediettekortversekering?Die oomblik wat jy met jou splinternuwe motor by die vertoonlokaal uitry, daal sy waarde met tussen 15% en 20%. Dit beteken dat jy jou finansieringsmaatskappy

Beste Private Bankdienste-kliënt

Welkom by die Oktober-uitgawe van Private Connect, waar ons poog om u inhoud te bied wat insiggewend en wetenswaardig is. In hierdie uitgawe kyk ons na oplossings om u welvaart te beskerm soos professionele skadeloosstellingsdekking, krediettekortversekering en die onderskrywing van risikobeoordelings.

Ek vertrou dat u hierdie uitgawe sal geniet.

Bongiwe TindleniHoof: Absa Private Bankdienste

Die wetenskap agter uitstellery

Die Amerikaanse sosioloog en skrywer Larry Kerstein het glo gesê: "Harde werk is dikwels

na 'n rukkie lonend, maar luiheid is nou lonend."

Mnr Kerstein het beslis ʼn punt beetgehad. Ekonome bestudeer al sedert die vroeë 20ste eeu die term “intertemporale keuse”, wat in wese daarop neerkom dat mense ʼn voorkeur het met betrekking tot wanneer uitkomste ontvang word. As mense druk ons ons voorkeure deur middel van ʼn “diskontokoers” uit, wat gewoonlik nou saamhang met die markrentekoers. Dit is bloot weens die feit dat die markrentekoers die geleentheidskoste van verbruik verteenwoordig (bestee nou teenoor spaar). Met ʼn diskontokoers wat hoër as markrentekoerse is, lyk die huidige waarde van toekomstige ekonomiese voordele (aftrede, opvoedingsbeplanning of iets vir die kwade dag opsy sit) minder vergeleke met die voordele van onmiddellike verbruik.

Eenvoudig gestel, die voordele van beter gesondheid deur gimnasium toe te gaan, lyk minder vergeleke daarmee om nou ʼn hamburger te eet. Die rasionele wese moet oor tyd ʼn konstante diskontokoers hê; dit moet ons nie skeel om nou R100 te ontvang, oor ʼn jaar R110 of oor twee jaar R121 indien markrentekoerse 10% is nie. Dit is omdat ons die kontantvloei eksponensieel met (1 + 10%)1 en (1 + 10%)2 en so meer moet verdiskonteer.

Die feit dat eksponensiële verdiskontering nie beleggergedrag weerspieël nie, het gedragswetenskaplikes en ekonome se aandag getrek. Ons diskontokoerse is nie staties nie en sal oor tyd verskil, verduidelik deur ʼn fenomeen wat as hiperboliese verdiskontering (Herrnstein, 1961) bekendstaan. Dit verduidelik ook baie ander selfverydelende gedrag waarmee ons maar alte goed vertroud is. Navorsers het getoon dat voorkeure tussen twee uitgestelde belonings ten gunste van die naaste beloning sal omswaai namate die tyd korter word (Roelofsma en Keren, 1995). Die volgende keuses is aan proefpersone gestel:

• A. Jy kan oor 26 weke £100 kry of oor 30 weke £110, wat verkies jy?

• B. Jy kan vandag £100 kry of oor vier weke £110, wat verkies jy?

By vraag A het die meerderheid die uitgestelde beloning gekies (63%) en by vraag B het die oorgrote meerderheid onmiddellike uitbetaling gekies (82%). Ons neem die tydsduur derhalwe verskillend waar na gelang van wanneer dit plaasvind (dit is in albei gevalle vier weke uitgestel en met ʼn 10%-opbrengs beloon). In wese sê ons dat ons bereid is om vir ʼn beloning van £10 te wag solank dit oor ʼn paar maande is. Ons verkies die teenoorgestelde as ons nou dadelik moet wag. ʼn Ander studie (Thaler, 1981) het proefpersone gevra watter bedrag geld hulle op toekomstige tydstippe (1 maand, 1 jaar en 10 jaar) sal moet ontvang sodat dit hulle nie sal skeel om nou $15 te kry nie. Die antwoorde het onderskeidelik ʼn diskontokoers van 345%, 120% en 19% aangedui en bevestig dat ons diskontokoerse met tyd sielkundig afneem (ons verkies grootliks onmiddellike verbruik).

In wese bevestig die navorsing dat wanneer jy ʼn keuse gestel word tussen vrugte of koek oor ʼn week, jy waarskynlik die vrugte sal kies. Namate die tyd egter korter word, tot die tydstip waar die koek en vrugte na ete aangebied word, sal jy weens hiperboliese verdiskontering (jy verdiskonteer die toekomstige voordele van beter gesondheid grootliks) statisties bes moontlik die koek kies. Die hoër diskontokoers swaai jou voorkeur na onmiddellike verbruik en skep ʼn illusie van nou verbruik. Vanuit ʼn persoonlike finansiële perspektief, het ʼn voorgestelde model vir verbruiksgedrag (Harris & Laibson, 2001) getoon dat sogenaamde hiperboliese verbruikers lae vlakke van likiede bates (kontant, effekte en aandele) besit, en meer deur illikiede bates (soos eiendom), hoë vlakke van kredietkaartskuld (diskontokoerse bo selfs kredietkaartkoerse) en geen formele aftreeplanne nie spaar.

Die motorhuis is steeds ʼn plek waar oefenfietse en kragskudders na ʼn wegneemete tot niet gaan; ons troos ons daaraan terwyl ons onsself gerusstel dat “ek Maandag sal begin dieet”, weer eens vasberade maar met ʼn paar dae oor voor die onvermydelike voorkeuromswaaiing. Walter Mischel van Stanford Universiteit het in die 1960’s en 1970’s die bekende malvalekker-eksperimente gedoen waar hy kinders die keuse gegee het om ʼn lekkerny onmiddellik te eet of ʼn paar minute te wag (in welke geval die getal lekkernye verdubbel het). Party het geen poging tot selfbeheersing aangewend nie (en die klokkie vinnig gelui en die beloning geëet), ander het gretig daarna gestaar tot hulle ʼn minuut of wat later opgegee het terwyl ʼn paar met toenemende ongemak gewriemel het tot hulle geslaag het. Wat nog fassinerender is, is die onthullings namate Mischel dié kinders deur hoërskool, kollege en tot volwassenheid gevolg het. Die kinders wat daarin kon slaag om hulle begeerte na korttermynbeloning te oorkom, het begryp hoe om hulself te “fop” om te doen wat vir hulle die beste was. Deur na die muur te staar (in plaas van die kos), hulle voete te swaai (in plaas daarvan om die lekkernye te ruik), kon hulle bloot hulle swak wilskrag omseil. Jare later is die korrelasie tussen die kinders wat gewag het en SAT-tellings, hantering van stresvolle situasies, suksesvolle verhoudings en selfs oplettendheid verstommend.

Vanuit ʼn persoonlike finansiële beplanningstandpunt is die les duidelik, moenie uitstel nie aangesien jy die “toekomstige jy” nie kan vertrou nie. Moenie beplan om volgende maand of volgende jaar by jou aftreespaargeld, opvoedingsfonds of diskresionêre spaargeld by te voeg nie, die “toekomstige jy” leef in ʼn plek van verbreekte beloftes, teleurstelling en spyt. Om die stryd tussen “wil” en “moet” te begryp en oorkom, gee ons blykbaar die krag om bietjie meer uit die lewe te pers.

Professionele skadeloosstellingsdekking

Al hoe meer professionele persone identifiseer die behoefte om hulself teen moontlike verliese deur regsaksie te verseker.

Volgens Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) beskerm professionele skadeloosstellings- (PS) versekering die versekerde persoon teen nalatige optrede deur die versekerde persoon in die uitvoering van sy of haar professionele pligte wat daartoe lei dat iemand verlies of skade ly en/of besering opdoen.

In baie gevalle reël bedryfsliggame PS-dekking vir hulle lede, en dit is dikwels ʼn vereiste vir lidmaatskap. Die meeste groot handels- en nywerheidstransaksies vereis ook dat die kontrakterende professionele persoon PS-dekking het.

Buiten die bogenoemde, wil al hoe meer professionele persone hulself dek omdat selfs die mees konsensieuse praktisyn ʼn fout kan begaan. PS-dekking gee ʼn professionele persoon die vryheid om met minder risiko te funksioneer.

Daar was ʼn toename in hofsake teen professionele persone, ʼn tendens wat party bedryfskenners meen weens moeiliker ekonomiese toestande is wat daartoe lei dat kontantarm verbruikers na maniere soek om geld in die hande te kry. Hierdie tendens word vererger deur ʼn toename in regspraktisyns wat bereid is om op ʼn gebeurlikheidsgrondslag te werk.

Die instelling van verbruikersvriendelike wetgewing, soos die Wet op Verbruikersbeskerming en die Wet op Finansiële Advies- en Tussengangerdienste, het verbruikers ook meer bewus gemaak van hulle regte en regsmiddele, en gemaak dat hulle al hoe minder geneë is om verliese en skade te aanvaar.

AIC noem dat PS-dekking die skadevergoeding en regskoste in die geval van ʼn suksesvolle eis teen jou uitbetaal, asook jou vergoed vir regskoste as bewys word dat die saak teen jou ongegrond is. Hoewel kriminele oortreding nie by aanspreeklikheidspolisse ingesluit word nie, sal ʼn PS-polis regskoste betaal tot die versekerde skuld erken of skuldig bevind word.

Wat is krediettekortversekering?

Die oomblik wat jy met jou splinternuwe motor by die vertoonlokaal uitry, daal sy waarde met tussen 15% en 20%.

Dit beteken dat jy jou finansieringsmaatskappy potensieel reeds meer skuld as wat jou voertuig werd is. Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) verduidelik dat jy moontlik ʼn tekort op jou voertuigfinansiering sal moet betaal op ’n motor wat jy nie meer het nie as teenspoed jou tref en jou motor word gesteel of afgeskryf na ʼn ongeluk.

“ʼn Tekort ontstaan wanneer die uitstaande leningsbedrag hoër is as die waarde van die voertuig. Voertuigwaardes depresieer met tyd, en ʼn omvattende versekeringspolis betaal slegs die gedepresieerde waarde van die voertuig ten tye van die verlies uit. Krediettekortversekering verseker dat jy voldoende gedek is vir die verskil tussen die uitstaande saldo op jou finansiering en jou motor se kleinhandelswaarde.”

Voorbeeld:Jy het op 1 Maart 2010 ʼn voertuig vir R160 000 deur ʼn finansiële instelling gefinansier. Die voertuig word op 1 Maart 2011 afgeskryf, met die totale uitstaande saldo op die kontrak synde R100 000. Die kleinhandelswaarde waarvoor die versekeraar jou eis sal uitbetaal, is R80 000, minus jou bybetaling, en jy sit met ʼn tekort van minstens R20 000. Krediettekortversekering sal die R20 000 vereffen wat jy die finansiële instelling nog skuld.

Bykomende bybetalingdekking“Waar jy ʼn algehele verlies van jou voertuig gehad het en ons vergoed jou vir die krediettekort-gedeelte van die eis, sal hierdie voordeel tot die maksimum waarde van R10 000 of welke ook al die minste is bydra tot die bybetaling wat jy aan die versekeraar moet betaal,” sê AIC.

AIC sluit af dat jy nie tekortdekking nodig sal hê as jy kontant koop nie, of as die waarde van die voertuig meer is as wat jy die finansieringshuis skuld.

Waarom is risikobeoordeling belangrik?

Versekeringsmaatskappye bestaan vir die tipe risiko waar die waarskynlikheid van 'n gebeurtenis klein, maar die potensiële verlies groot is.

Absa Versekeringsmaatskappy (AIC) verduidelik dat risikobeoordeling- (onderskrywing) riglyne deur versekeraars gebruik word om ʼn kliënt se risikoprofiel te evalueer en beoordeel ten einde sy/haar versekeringspremies korrek te prys.

“Kliënte het verskillende en spesifieke versekeringsvereistes en -behoeftes. Risikobeoordeling help versekeraars om elke kliënt met die korrekte premie te onderskryf,” sê AIC. Die versekeringsbedryf verwys tipies na fisiese risiko, morele risiko en finansiële risiko as synde die verskillende risikokategorieë wat beoordeel moet word.

Versekeringsmaatskappye het na risikogebaseerde prysingsmodelle beweeg waar elke individu volgens sy of haar eie risiko geprys word. “Elkeen van bogenoemde risiko’s kan verder in ʼn hoë risiko, medium risiko of lae risiko gekategoriseer word. Die prysingsmodel segmenteer kliënte in dié verskillende kategorieë volgens ʼn aantal faktore, wat deur verskeie vrae verkry word wanneer ʼn kwotasie bekom word,” verduidelik AIC. Die versekeraar verlang ook jou toestemming om ʼn kredietkontrole by ʼn kredietburo te doen.

Versekeraars benodig gewoonlik die volgende inligting wanneer ʼn kliënt se risikoprofiel beoordeel word:

• naam en van

• ID-nommer

• fisiese adres

• vorige versekeringsgeskiedenis

• vorige eise en verliese gely

• enige kansellasies of weiering om ʼn polis te hernu

• bestuurslisensiegeskiedenis en tipe

• besonderhede van items wat verseker moet word

Aangesien premies gebaseer is op die waarskynlikheid dat die versekerde ʼn eis sal indien, het risikobeoordeling ʼn belangrike invloed op die premies wat gehef word. Daar is ʼn aantal maatreëls wat kliënte kan tref om hulle risiko te verlaag, insluitende bykomende sekuriteitsmaatreëls om inhoud en voertuie te beveilig, en ʼn bykomende bybetalingstruktuur bo en behalwe die vereiste bedrag.

Hibriede voertuie

Terwyl beurtkrag en die koste van elektrisiteit elektriese motors van hulle glans beroof, raak hibriede voertuie al hoe gewilder.

Vervaardigers verhoog toenemend die aantal modelle waaruit jy kan kies, en luukse motors het nie agterweë gebly in hierdie segment nie.

Volgens Toyota Suid-Afrika kombineer ʼn hibriede stelsel verskillende kragbronne om elke motor se sterkpunte te maksimaliseer, terwyl dit vir ander tekortkominge vergoed. ʼn Petrol-elektriese hibriede stelsel kombineer byvoorbeeld ʼn binnebrandenjin se hoëspoedkrag met die skoon doeltreffendheid en laespoedwringkrag van ʼn elektriese motor wat nooit ingeprop hoef te word nie.

Hoewel hibriede voertuie meer brandstofdoeltreffend as hulle petroleumbrandstof-eweknieë is, is hulle weens ekstra batterye en elektronika duurder, en die premie op die koopprys word nog nie noodwendig in terme van brandstofbesparings goedgemaak nie. Indien Suid-Afrika egter koolstofbelasting instel, kan maatskappye en selfs individue wat hibriede motors gebruik dalk uit staatsubsidies en -kortings voordeel trek.

As jy op soek is na ʼn luukse hibriede voertuig, is hier ʼn paar modelle waaruit jy kan kies:Die Infiniti Q50S Hybrid versnel van 0-100kph in minder as 5.5 sekondes, en het ʼn top spoed van 250kph, terwyl hy ongeveer 6.2 liter per 100km gebruik en minder as 145g/km CO2 uitlaat.

Teen 4.1 liter per 100km het die Lexus CT200h een van die beste brandstofbesparingskoerse in sy segment, terwyl die indrukwekkende Porsche Cayenne S tot op 60kph geen uitlaatgasse en enjingeraas het nie.

Die Volvo XC90 T8 Twin Engine, wat ʼn twee-liter-, vier-silinder-, superaangejaagde en turboaangejaagde petrolenjin met ʼn elektriese motor kombineer, bied ʼn ongeëwenaarde kombinasie van krag en skoon werking teen ongeveer 295kW en laat ongeveer 60 g/km CO2 uit (NEDC-bestuursiklus).

Skakel aan en floreer met Absa

Absa bied nou aan sy kliënte die geleentheid om 'n volledig pasgemaakte, hernieubare-energieoplossing te kies.

Kliënte kan die optimale energieoplossing kies wat hul leefstyl en finansiële omstandighede pas en wat hulle sal toelaat om daardie eerste tree te gee om beheer te neem oor hul huishouding se daaglikse elektrisiteitsbehoeftes.

Pierre Loubser, Hoofbestuurder: Absa Verbruikersbankdienste sê dat Absa se hele filosofie en besigheidsmodel daarop gemik is om die bank se kliënte die hartklop te maak van alles wat die bank doen. Hy sê dat dit vir die bank beteken dat hy op gepaste wyse op kliënte se behoeftes moet reageer op ’n tydstip waar almal toenemend daarvan bewus word dat ons medeverantwoordelik is om van die druk op ons nasionale elektrisiteitsnetwerk te help verlig.

Die installering van energiedoeltreffende en omgewingsvriendelike kragrugsteun, fotovoltaïese (FV) kragopwekkingstelsels, sowel as sonkraggeisers in huise het ’n noodsaaklikheid geword gegewe die voortgesette energiebeperkings en skerp stygings in die koste van elektrisiteit in Suid-Afrika.

Hoewel hierdie stelsels aanvanklik na ’n duur belegging mag lyk, sal huishoudings oor die lang termyn ’n beduidende bedrag aan elektrisiteitskoste bespaar en ook die ongerief van kragonderbrekings beperk.

Wat hierdie aanbod van Absa so ’n oortuigende een maak, is die feit dat ’n Suid-Afrikaanse bank vir die eerste keer aan sy kliënte toegang sal bied tot fotovoltaïese en gehalte battery-rugsteunstelsels, sonkraggeisers en hittepompoplossings om hulle teen die impak van die huidige energiebeperkings te beskerm.

Pierre sê dat dit ’n beter toekoms vir die bank se kliënte sal meebring. Deur afhanklikheid van die netwerk met oplossings soos FV-stelsels en sonkraghitte-geisers te verminder, sal ons almal bydra om die skaarste te bestuur in die jare wat voorlê. Pierre meen dat bykomend daartoe, sal energiedoeltreffende huise waarskynlik in die toekoms in aanvraag wees.

Oor Eco Navitas

Absa het ’n vennootskap met Eco Navitas, ’n spesialisverskaffer van bestuurde oplossings in die alternatiewe-energiesektor aangegaan, om ’n keuse van pasgemaakte groenenergie-oplossings aan sy kliënte te lewer. Pierre beklemtoon dat Eco Navitas as voorkeurverskaffer gekies is nadat streng verkrygingsprosesse gevolg is.

Anna Craven-Sutton, Senior Programbestuurder by Eco Navitas sê in haar kommentaar oor die vennootskap met Absa dat hulle in Absa ’n vennoot gevind het wat hul visie deel en wat as ’n bank daartoe verbind is om vandag ’n volhoubare impak te maak wat skaarste in môre se wêreld vir hul kliënt sal bestuur. Deur ons samewerking met Absa hoop ons om die volle potensiaal van ’n energiedoeltreffende leefwyse met volhoubare oplossings vir hul kliënte te ontsluit, wat hulle sal help om in die toekoms selfs meer te floreer.

Die aankoop van ’n rugsteunkragstelsel of FV-stelsel vir jou huis kan ’n groot belegging wees en een waarvan jy seker wil wees wel sal lewer wat jy daaruit wil hê. Die neksus is ’n balans tussen die hoogste gehalte teen die beste prys. Wanneer jy kragstelsels vir die huis vergelyk, is dit, soos met baie ander dinge uiters belangrik om soort met soort te vergelyk en dat jy uiteindelik ’n oplossing kies wat gepas is vir jou spesifieke behoeftes ten opsigte van rugsteunkrag of kragopwekking.

Anna meen dat of jy nou ’n intreevlakoplossing vereis om ’n paar kragproppe tydens onderbrekings te dryf en of jy ’n behoefte daaraan het om geheel en al selfonderhoudend te raak deur op ’n volhoubare manier onafhanklikheid van die netwerk te verkry, Eco Navitas het die pasgemaakte oplossing vir jou.

As meer Suid-Afrikaanse huishoudings hulself van die netwerk afhaal deur hernubare-energietegnologie te aanvaar, kan dit gedurende spitstye ’n beduidende verskil maak en ’n Eco Navitas-oplossing het die potensiaal om huise op die lange duur grotendeels energie-onafhanklik te maak.

Spesiale afslag vir Absa-kliënteAbsa bied aan sy kliënte wat van hierdie aanbod gebruik wil maak, ’n vooraf afslag van 10% op enige (of ’n kombinasie) van die volgende Eco Navitas-rugsteunbattery-, sonkrag-FV- en waterverhittingstelsels.

RugsteunbatterystelselsBatterye verskaf die laagste bedryfkoste-oplossing vir rugsteun-elektrisiteitsbehoeftes oor die lang termyn. Eco Navitas verskaf ’n uitgesoekte reeks hernubare-energieoplossings vir die huis wat toegang bied tot betroubare energiebronne wat afhanklikheid van die elektrisiteitsnetwerk verminder.

Fotovoltaïese (FV) stelsels

Hierdie dakstelsels wek elektrisiteit op wat gebruik kan word om in die gedeeltelike of volledige elektrisiteitsvereistes van ’n huis te voorsien. ’n Reeks sonkrag-FV-stelsels vir die dak is beskikbaar en verskeie konfigurasies kan volgens verlangde grootte en doel gemaak word, gebaseer op jou spesifieke vereistes.

Sonkraggeisers en hittepompeDoeltreffende waterverhitting verwys na tegnologieë wat jou toelaat om met minder elektrisiteit water te verhit en gevolglik geld te bespaar op jou elektrisiteitsrekening en jou koolstofvoetspoor te verminder. Daar word geraam dat ’n sonkragwaterverwarmer gemiddeld ongeveer 200 kWh per maand kan bespaar van die 1 100 kWh wat ’n gemiddelde huis gebruik. Na raming sal die totale belegging drie jaar en langer neem om verhaal te word.

• ’n Sonwaterverwarmer (SWV) word op die dak van jou huis geïnstalleer en gebruik die son se energie wat deur hoogs doeltreffende versamelaars gekanaliseer word om die son se hitte vir die verhitting van water vas te vang;

• ’n Hittepomp (HP) is ’n doeltreffende bron van waterverhitting wat elektrisiteit gebruik, maar dit baie meer doeltreffend doen. Dit gebruik ongeveer ’n derde van die elektrisiteit wat ’n konvensionele elektrisiteitselement gebruik om water te verhit.

’n Reeks finansieringsopsies

Om hul pasgemaakte groenenergie-oplossings te finansier, kan kliënte een van die volgende betalingsopsies kies wat die beste by hul individuele behoeftes pas:

• Kredietkaartbetaling: Tot 48 maande terugbetalingstermyne op hul kredietkaart se begrotingsfasiliteit, met die eerste 12 maande teen ’n prima rentekoers.

Cowyk Fox, Hoofbestuurder: Absa Kaart sê dat kliënte wat geregistreer is om Absa Rewards te ontvang, as ’n bykomende bonus ook tot 1% kontant terug kan verdien as hulle hul kredietkaart gebruik om vir die aankoop te betaal.

• Kry toegang tot ekwiteit in jou huislening: Kliënte kan betaal deur die ekwiteit in hul eiendom of huislening te gebruik deur óf vir ’n hervoorskot aansoek te doen om toegang tot fondse te kry wat hulle reeds afbetaal het, óf deur die beskikbare FlexiReserwe-fasiliteit te gebruik.

• Doen aansoek om ’n persoonlike lening: Absa se persoonlike lenings is buigsaam: Kliënte kan vanaf R3 000 tot R250 000 leen met bekostigbare terugbetalingstermyne wat wissel van 12 tot 72 maande.

Maak die krag weer jou eieOm die perfekte kragoplossing te vind is so vinnig soos ’n klik. Kliënte wat gretig is om hierdie aanbod te ondersoek, kan meer inligting via die volgende bykomende kanale bekom:

• Kliënte kan die Eco Navitas Hulplessenaar (met ’n Live Web Chat-fasiliteit) by www.productsupport.eco-navitas.com kontak.

• Kliënte kan die volgende kortkode "Eco" en hul naam, van (bv Eco Sonja Swart) per SMS na 35644 stuur – ’n inbelsentrumagent sal die kliënt kontak in reaksie op die SMS. ’n Eco Navitas-geakkrediteerde installeerder sal dan die kliënt kontak om ’n terreininspeksie te reël voordat ’n kwotasie aan die kliënt verskaf word. Die inspeksie is gratis en die Absa-kliënt is onder geen verpligting nie.

• Kliënte kan ook die Absa-webwerf (www.absa.co.za) besoek vir meer gedetailleerde inligting en om die toepaslike bepalings en voorwaardes te besigtig.

Die Absa Huiseienaar-app

'n Huissoekhulpmiddel in die palm van jou hand. Absa Huislenings het onlangs die 3de weergawe van die Absa Huiseienaar-app bekend gestel.

Met die jongste weergawe van die Huiseienaar-app sal jy weer eens ervaar hoe ons jou uit die palm van jou hand huis toe lei.

Die Absa Huiseienaar-app bied jou nou die volgende eienskappe:

• Toegang tot die Absa Huiseienaar-app vanaf die Absa Bankdienste-app-navigasie

• Besigtig ons ‘Guiding you home’ YouTube-video’s vanaf die app en vind meer uit oor ons fantastiese produkte en dienste

• Kry maklik toegang tot Absa se HelpUSell-eiendomslyste

• Filter op verkoopte/gereserveerde/verminderde/POA- (prys by aansoek) eiendom

• Besigtig bykomende eiendomsbesonderhede (voorbeeld: koerse, heffings)

Wat jy ook kry:

• Ondersoek die eiendomsverkoop- en -huurmarkte

• Filter jou ondersoek om die resultate volgens ligging, prys, eiendomtipe, ens te verfyn

• Blaai deur eiendombesonderhede en besigtig foto’s van huise

• Beoordeel die eiendomme waarvan jy hou en stoor dit op jou toestel

• Reël afsprake vir die besigtiging van eiendomme en stoor die eiendomsagente se besonderhede

• Gebruik berekenaars

• Gebruik die ‘See if you qualify’-hulpmiddel om te sien of jy vir ʼn huislening van Absa kwalifiseer

Laai die Huiseienaar-app op jou slimfoon of tablet af by Google play of die App Store en maak dit ʼn plesier om daardie perfekte eiendom te kry.

Staan ʼn kans om fantastiese pryse te wen met die Absa Homeowner App House Hunt-kompetisie.

Besigtig die kompetisiebesonderhede by www.absa.co.za of die Absa Facebook-bladsy en staan ʼn kans om groot pryse te wen.

SureCheck

Kliënte wat Absa Online, Selfoonbankdienste of die Absa App gebruik, sou verbeterde sekuriteitsmaatreëls opgemerk het.

Ons het onlangs die sekuriteit oor die onderskeie digitale dienste opgegradeer deur die SMS-boodskappe met die LKN/TKN wat jy gewoonlik ontvang het deur ʼn nuwe diens genaamd SureCheck™ te vervang.

SureCheck™ gee jou selfs meer beheer deur jou die transaksie direk van jou selfoon af te laat bekragtig. Hierdie opdatering is outomaties gedoen en jy hoef nie jou profiel of aantekenbesonderhede enigsins te verander om hierdie opgedateerde sekuriteitskenmerk te geniet nie.

SureCheck™-boodskappe bevat inligting oor die spesifieke aksie of transaksie wat jy moet goedkeur. Lees die boodskap asseblief sorgvuldig voor jy die transaksie goedkeur om seker te maak dat al die besonderhede korrek is en dit ʼn transaksie is waarmee jy tans besig is.

Besoek absa.co.za/securitycentre om uit te vind wat die nuutste maniere is om jouself teen die jongste skelmstreke te beskerm.

Jou kleingeld het krag

Jy sal verbaas wees hoe klein veranderinkies in jou lewe tot verstommende resultate kan lei. Soos spaar - al wat dit verg is toewyding en 'n doelwit.

Deur klein te begin, kan jy in ʼn kits op jou spaarreis wees. Onthou, jou kleingeld het krag. Wat doen jy met joune?

Besoek www.absa.co.za/Absacoza/Offers/Promotions/Small-Change vir meer inligting.

Die wetenskap agter uitstellery

Die Amerikaanse sosioloog en skrywer Larry Kerstein het glo gesê: "Harde werk is dikwels na 'n

rukkie lonend, maar luiheid is nou lonend."

Read More

Professionele skadeloosstellingsdekking

Al hoe meer professionele persone identifiseer die behoefte om hulself teen moontlike verliese deur regsaksie te verseker.

Read More

Wat is krediettekortversekering?

Die oomblik wat jy met jou splinternuwe motor by die vertoonlokaal uitry, daal sy waarde met tussen 15% en 20%.

Read More

Waarom is risikobeoordeling belangrik?

Versekeringsmaatskappye bestaan vir die tipe risiko waar die waarskynlikheid van 'n gebeurtenis klein, maar die potensiële verlies groot is.

Read More

Hibriede voertuie

Terwyl beurtkrag en die koste van elektrisiteit elektriese motors van hulle glans beroof, raak hibriede voertuie al hoe gewilder.

Read More

Skakel aan en floreer met Absa

Absa bied nou aan sy kliënte die geleentheid om 'n volledig pasgemaakte, hernieubare-energieoplossing te kies.

Read More

Die Absa Huiseienaar-app

'n Huissoekhulpmiddel in die palm van jou hand. Absa Huislenings het onlangs die 3de weergawe van die Absa Huiseienaar-app bekend gestel.

Read More

SureCheck

Kliënte wat Absa Online, Selfoonbankdienste of die Absa App gebruik, sou verbeterde sekuriteitsmaatreëls opgemerk het.

Read More

Jou kleingeld het krag

Jy sal verbaas wees hoe klein veranderinkies in jou lewe tot verstommende resultate kan lei. Soos spaar - al wat dit verg is toewyding en 'n doelwit.

Read More

Laai PDF Kontak ons English

Private Bankdienste

Groei jou sukses. Floreer.

Absa Bank Beperk Reg-no 1986/004794/06, Gemagtigde Finansiëlediensteverskaffer Reg No NCRCP7

E-posvrywaring en maatskappy-inligting: Disclaimer

As U nie meer die e-pos wil ontvang nie, stuur 'n epos aan unsubscribe om van die lys afgehaal te word.© Absa 2015