10
Direktoraat: Kurrikulum VOO VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 12 KW 3 Week 1 ONDERWERP Leesbegrip DOEL VAN LES Onderrig en oefen die vertolking en beantwoording van leesbegripvrae BRON Digitale bron Vind hieronder die skakel na die boekie Graad 12 Afrikaans Huistaal Telematiese materiaal 2019 waarin jy meer inligting en verdere oefening oor Leesbegrip kan kry: https://wcedeportal.co.za/eresource/113481 INLEIDING Ongelukkig sukkel heelwat leerders met Leesbegripoefeninge en -toetse omdat hulle nie die teks regtig verstaan, omdat hulle nie die vrae verstaan nie of omdat hulle nie die antwoorde reg formuleer nie. In hierdie les gaan jy leer dat alle vrae in ’n leesbegriptoets nie dieselfde is nie. Dit sal jou beslis help om beter punte in Leesbegriptoetse te behaal. INHOUD (KONSEPTE EN VAARDIGHEDE) Leesbegripvrae toets gewoonlik die volgende aspekte: Identifiseer direkte inligting Verbandlegging Die maak van afleidings Verwoord eie opinie Herorganiseer Woordgebruik in die teks Ons gaan die onderstaande leesbegripoefening gebruik om hierdie

online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

  • Upload
    others

  • View
    14

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 12KW 3 Week 1ONDERWERP LeesbegripDOEL VAN LES Onderrig en oefen die vertolking en beantwoording van

leesbegripvrae BRON Digitale bron

Vind hieronder die skakel na die boekie Graad 12 Afrikaans Huistaal Telematiese materiaal 2019 waarin jy meer inligting en verdere oefening oor Leesbegrip kan kry: https://wcedeportal.co.za/eresource/113481

INLEIDING Ongelukkig sukkel heelwat leerders met Leesbegripoefeninge en -toetse omdat hulle nie die teks regtig verstaan, omdat hulle nie die vrae verstaan nie of omdat hulle nie die antwoorde reg formuleer nie.

In hierdie les gaan jy leer dat alle vrae in ’n leesbegriptoets nie dieselfde is nie. Dit sal jou beslis help om beter punte in Leesbegriptoetse te behaal.

INHOUD (KONSEPTE EN VAARDIGHEDE)

Leesbegripvrae toets gewoonlik die volgende aspekte: Identifiseer direkte inligting Verbandlegging Die maak van afleidings Verwoord eie opinie Herorganiseer Woordgebruik in die teks

Ons gaan die onderstaande leesbegripoefening gebruik om hierdie soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf die eerste tot die laaste paragraaf) nie. Dit is onder verskillende vraagsoorte gerangskik.

Lees en kyk die onderstaande tekste asook die verduideliking van die vrae wat daarna volg. Die moontlike antwoorde van sommige vrae word tussen hakies aangetoon.

Page 2: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

TEKS A

1

2

3

4

5

6

7

8

9

Nataniël sê …

Daar is mense wat nie geskenke gee nie. Weens suinigheid, luiheid, onsmaaklikheid, ook weens gebrek aan verbeelding of fondse. Sommige is bloot deel van 'n kultuur, geloof of familie waarbinne hierdie gewoonte nooit gekweek is nie. Die geskiedenis en sielkunde van geskenke is omvattend en eeue oud. Historici, skrywers en filosowe het almal verskillende idees oor die ontstaan van hierdie gebruik, ook die vele redes hoekom hierdie ritueel van die vroegste tye tot nou steeds plaasvind.

Daar is uitgedeel aan armes, nie net om te help nie, maar om goed te vertoon of liefderyk voor te kom. Van konings tot pouse het dit as 'n politieke of diplomatiese wapen gebruik: verbloem die ware planne, vertoon vrygewig en wen die lojaliteit van volgelinge of onderdane.

Romantiese liefde is verklaar met geskenke soos gedigte of liedere, later met eksotiese vrugte en arms vol vars blomme, nog later sjokolade, sjampanje en selfs troeteldiere. Uiteindelik het dinge handuit geruk met juwele, ontwerpersklere, sportmotors, wêreldreise en woonhuise waarvan die meeste sterflinge net kan droom.

Kersfees en die uiteenlopende maniere waarop dit in verskillende lande gevier word, was en is verantwoordelik vir die gee van godsdienstige voorwerpe, spesiale tuisgebak, handgemaakte kledingstukke en speelgoed. Deesdae versmoor ons onder berge fabrieksbog, voorwerpe wat vir 'n oomblik snaaks of amper mooi is.

Verjaardae en troues word toenemend slaggate wat sorg dat soveel mense – dié wat moet ontvang – in monsters verander, vol verwagtinge, voorskrifte, belaglike begeertes en eise.

Vir my (een van vele wat die uitdink, opspoor en gee van 'n geskenk baie meer geniet as die ontvang daarvan) gaan dit oor een ding: die moontlikheid van 'n verrassing. Goeie nuus en goeie dade is raar, die grootste pyn, verveligste dag, aakligste vrees, wreedste twyfel of swaarste gemoed word verlig deur 'n onverwagte pakkie. Die gedagte, die aksie en die verrassing oortref dikwels die inhoud. Die feit dat iemand onthou is, dat 'n siel moeite verdien, die wete dat jy – gewoon soos jy mag wees – geliefd genoeg is, verskaf groter verligting as die berg pille in enige handsak.

Ek is gereeld verstom wanneer ’n publikasie vooraf vra vir foto's uit 'n verhoogproduksie of 'n toneel uit 'n televisiereeks. Is jy gek? wil ek skree. Dis mos 'n verrassing, die hoofbestanddeel van enige goeie vermaak. Is jy gek? wil ek skree wanneer ek ’n barbaar ’n telefoon in ’n teater sien lig. Die oomblik van 'n onthulling of ’n verskyning behoort aan die kunstenaar of die ontwerper, nie aan die selfsugtige enkeling wat vir seker duisende gaan beroof van hulle kans op 'n verrassing nie!

Deesdae kom ek agter hoe my gewoontes verander. Pragtige onpraktiese voorwerpe word vervang deur dit wat beslis gebruik gaan word. Is dit omdat ek ouer word? Is dit oor die verskriklike skade wat ons kopery reeds die planeet aangedoen het? Is dit omdat ek

Page 3: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

10

11

uiteindelik van alles wat ná jare steeds in die verpakking skuil, ontslae raak? Omdat my sentiment nie meer 'n rede vir opgaar is nie? Of omdat my vriende se vreugdes verander het?

Weg is swaar koffietafelboeke, skitterende kristal, antieke serpe en eksentrieke porselein. Ek gee nou goeie seep, kraakvars kussingslope, handgeskrewe resepte, lap wat gestik gaan word, kerse wat brand tot onder, parfuum wat lank gaan hou.

Genotvol (altyd ’n moet) en prakties (tot onlangs ’n vloekwoord). Dalk word ek nou eers groot. Of uiteindelik 'n vriend wat oplettendheid aanleer.

[Bron: Kaalkop, Sarie, April 2020]

EN

TEKS B

Page 4: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

1. Vrae wat vereis dat jy direkte inligting moet identifiseer:

Hierdie vrae handel oor inligting wat direk in die teks staan. Dit is gewoonlik vrae

oor wie, wat, watter, waar en wanneer. As jy noukeurig lees en notas in die

kantlyn by die teks geskryf het, behoort jy hierdie soort vrae maklik baas te raak.

1.1. Oor watter kwessies verskil historici en filosowe volgens paragraaf 2? (2)(Moontlike antwoord: Hulle verskil oor die ontstaan van geskenke en oor die redes

waarom geskenke gegee word.)

1.2. Op watter twee maniere is geskenke as politieke of diplomatiese wapens gebruik? (2)1.3. Noem twee voorbeelde van liefdesgeskenke wat volgens die skrywer oordrewe

was. [Moontlike antwoord: juwele, ontwerpersklere, sportmotors, private vliegtuie, wêreldreise en woonhuise. (Enige twee)] (2)

2. Vrae wat vereis dat jy verbande moet aantoon en verduidelik:

By hierdie soort vrae moet jy die ooreenkomste of verskille tussen teksgedeeltes/tekste aantoon, of die oorsaak en gevolg verduidelik. Jy kan ook gevra word

Page 5: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

om inligting wat in die teks staan uit te brei, te verduidelik of om voorbeelde te gee. ’n Goeie wenk om die verbande in ’n teks aan te dui, is om lyne te trek tussen dele/woorde wat ooreenkomste, verskille, verduidelikings, oorsake en gevolge aandui. Ja, jy mag maar op die leesteks skryf en krap!

2.1. Watter verband is daar tussen “verbeelding” (paragraaf 1) en die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 7? (1)

(Moontlike antwoord: Verbeelding is nodig om geskenke uit te dink.)2.2. Wat is volgens TEKS A (paragraaf 7 en 8) die belangrikste element by die gee van

geskenke? Dink jy die geskenk wat die vrou in TEKS B ontvang het, bevat hierdie element? Motiveer jou antwoord. (2)2.3. In watter opsig weerspreek die skrywer se standpunt in paragraaf 10 van

TEKS A die teoloog Austin Phelps se uitspraak 3 in TEKS B? (2)(Oppas: Om hierdie vraag korrek te beantwoord moet jy weet wat weerspreek beteken.

Moontlike antwoord: In paragraaf 10 van TEKS A sê die skrywer dat hy nie meer

koffietafelboeke koop nie, terwyl Austin Phelps sê dat mense wel boeke moet koop. )

2.4. Watter bewys is daar dat die vrou in TEKS B NIE soos die “monsters” van TEKS A (paragraaf 6) gereageer het nie? (1)

3. Vrae wat vereis dat jy afleidings moet maak:Hierdie vrae vereis dat jy ’n opinie vorm op grond van inligting in die teks. Jy moet as’t ware "tussen die reëls" lees, want die antwoorde staan nie direk in die teks nie. Om hierdie vrae goed te beantwoord, moet jy vasstel watter leidrade daarin dieteks is en daardie leidrade verbind met wat jy alreeds weet of gelees het. (Lees bly maar belangrik, nè?). Onthou ook dat jy dikwels gevra word om jou afleidings te motiveer.

3.1. Na watter gewoonte verwys die onderstreepte woorde in paragraaf 1? (1)(Kan jy sien dat hierdie antwoord nie direk in die teks staan nie? Om hierdie vraag korrek te beantwoord, moet jy die onderstreepte woorde verbind aan wat jy in die eerste sin van die paragraaf gelees het; die woorde hierdie gewoonte verwys terug na die eerste sin. Moontlike antwoord: die gewoonte om geskenke te gee)

3.2. Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord (A, B, C of D) langs die vraagnommer neer.

Die leser kan uit die titel aflei dat die leesstuk…A. oor Nataniël en sy vriende handel.B. ’n objektiewe bespreking van sake voorhou.C. hoofsaaklik feite bevat.D. meestal subjektiewe menings weergee. (1)

Page 6: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

3.3. Wat is die skrywer se houding teenoor die kersgeskenke wat deesdae gegee word? Motiveer jou antwoord deur vyf agtereenvolgende woorde uit die teks aan te haal. (3)

(Moontlike antwoord: Die skrywer is van mening dat dit te veel is en nie waardevol is nie. “versmoor onder berge fabrieksbog.” )

3.4. Herlees paragraaf 9 en 11. Watter veranderinge het die skrywer en sy vriende moontlik die afgelope tyd ondergaan? (2)

3.5. Watter eienskap van boeke maak dit geskikte geskenke, volgens professor Elize Botha se uitspraak 4 in TEKS B? (1)

4. Vrae wat vereis dat jy jou eie opinie moet verwoord:

Hierdie soort vrae bevat woorde soos “Dink jy ...” en “Na jou mening ...”.Jy word gevra om standpunt in te neem en jou standpunt dan op gepaste wyse temotiveer. Hierdie vrae se antwoord bestaan gewoonlik uit twee dele: Jy skryf eers JA of NEE of EK STEM SAAM of EK STEM NIE SAAM NIE en daarna skryf jy die REDE(s) vir jou standpunt. Onthou: die motivering moet by jou standpunt pas. Jy kry nie punte vir die standpunt (bv. JA of NEE) nie, maar jy moet dit skryf sodat die nasiener kan vasstel of jou motivering daarby pas. Onthou ook: Alhoewel jy gevra word om jou mening te gee, moet jy altyd die konteks van die teks in ag neem – jy kan nie enige antwoord gee wat niks met die teks te doen het nie.

4.1. Wat is volgens TEKS A (paragraaf 7 en 8) die belangrikste element by die gee van geskenke? Dink jy die geskenk wat die vrou in TEKS B ontvang het, bevat hierdie element? Motiveer jou antwoord. (2)(Let op: In die eerste deel van hierdie vraag moet jy direkte inligting gee en in die tweede deel moet jy jou mening gee en dit motiveer. Moontlike antwoord: die verrassingselement. Ja. Die geskenk (om ’n nag in ’n boekwinkel deur te bring) is ongewoon en daarom is dit ’n verrassing.

4.2. Dink jy die geskenk wat die vrou volgens TEKS B ontvang het, voldoen aan die kriteria van genot en prakties soos in die slotparagraaf van Teks A genoem? Motiveer jou antwoord deur na elkeen van die kriteria te verwys. (2)

5. Vrae wat vereis dat jy inligting in die teks moet herorganiseer:

Om te herorganiseer, beteken dat jy inligting wat in die teks staan op ’n ander manier moet weergee. Gebruik die volgende tegnieke om jou met hierdie soort vrae te help: stel vas wat

die kernwoorde in die vraag is; beredeneer die vraag in jou eie woorde neer sodat jy verstaan wat jy

moet doen; stel vas na watter inligting in die leesstuk die vraag verwys.

Page 7: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

5.1. Watter eienskappe sal kersgeskenke hê wat NIE as fabrieksbog beskou word nie? (2)(Let op: Die kernwoorde in hierdie vraag is kersgeskenke en fabrieksbog. My beredenering van die vraag in my eie woorde: Sommige kersgeskenke is fabrieksbog en ander geskenke is nie fabrieksbog nie. Watter eienskappe het fabrieksbog? Kersgeskenke wat nie fabrieksbog is nie, het dus die teenoorgestelde eienskappe as fabrieksbog. Die vraag verwys na die inligting in par. 5 van Teks A: “fabrieksbog, voorwerpe wat vir 'n oomblik snaaks of amper mooi is.” Moontlike antwoord: Dit sal altyd snaaks en beslis mooi wees. )

6. Vrae oor die teksstruktuur en die skrywer/spreker se woordkeuse:

Om hierdie soort vrae goed te beantwoord, moet jy die teks aandagtig lees,

kantaantekeninge maak en vrae stel terwyl jy lees. Jy moet ook aandag gee aan hoe die teks

lyk (die struktuur van die teks): Is daar ’n subopskrif? Word sommige woorde/sinne tussen hakies geplaas? Watter tegnieke gebruik die skrywer?

6.1. Waarom is die retoriese vrae in paragraaf 9 funksioneel? (1)(Moontlike antwoord: Dit dui aan dat die skrywer onseker is oor die rede vir sy veranderde gewoontes. )

6.2. Skryf ’n woord uit paragraaf 5 neer wat met “fabrieksbog” kontrasteer. (1)6.3. Watter opskrif, dink jy, sal meer gepas wees om by die inhoud van TEKS A

aan te sluit as Nataniël sê … ? (1)

Assessering Beantwoord nou die vrae waarvan die moontlike antwoorde nie hierbo aangetoon is nie:

Vraagnommers:1.2; 2.2; 2.4; 3.2; 3.4; 3.5; 4.2; 6.2 en 6.3

Konsolidasie Ek glo jy besef nou dat alle vrae in ’n leesbegriptoets nie dieselfde is nie. Daarom moet dit op verskillende maniere benader en beantwoord word. Hoe meer jy oefen om die verskillende soorte leesbegripvrae elkeen op sy eie manier te beantwoord, hoe beter sal jy presteer.

Memorandum 1.2 Hulle het die ware planne verbloem en die lojaliteit van volgelinge en onderdane probeer wen.

Page 8: online.htseden.co.za  · Web view1 day ago · soorte vrae te verduidelik. Let Wel: Die vrae wat ná die tekste volg, is nie in die gewone volgorde van ’n leesbegriptoets (vanaf

Direktoraat: Kurrikulum VOO

2.2 die verrassingselement. Ja. Die geskenk (om ’n nag in ’n boekwinkel deur te bring) is

ongewoon en daarom is dit ’n verrassing.2.4 Sy het nie eise gestel nie, maar was baie bly oor haar

geskenk / sy sê dat dit hemel op aarde is om ’n nag in ’n boekwinkel deur te bring.

3.2 D/ meestal subjektiewe menings weergee3.4 Die skrywer het moontlik meer oplettend geraak en sy

vriende raak oor ander dinge bly./ het ander belangstellings aangeleer.

3.5 kosbaarheid (Boeke is kosbaar.) OF waardevolheid (Boeke is waardevol.) (Enige een)

4.2 Ja.genot: Sy het dit geniet om in die boekwinkel te wees, want sy sê dit is hemel op aarde. )prakties: Sy kon die geskenk “uitvoer” deur wel die nag in die boekwinkel deur te bring. )

6.2 “tuisgebak” OF “handgemaakte” (Enige een)

6.3 Jou eie mening; jou antwoord moet egter met geskenke verband

hou.Waardes Noukeurig lees en toewyding