22
Direktoraat: Kurrikulum VOO VAK EN GRAAD BESIGHEIDSTUDIES GRAAD 12 KWARTAAL 1 WEEK 2 4 URE ONDERWERP ONLANGSE WETGEWINGS_DEEL 2

online.htseden.co.za€¦  · Web viewBaie verbruikers het die instelling van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) en die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Direktoraat: Kurrikulum VOO

12

VAK EN GRAAD

BESIGHEIDSTUDIES

GRAAD 12

KWARTAAL 1

WEEK 2

4 URE

ONDERWERP

ONLANGSE WETGEWINGS_DEEL 2

DOELWITTE VAN DIE LES

Aan die einde van die les moet jy instaat wees om die volgende vrae te beantwoord:

BBSEB; NKW; WVB

Beskryf kortliks/Beskryf/Verduidelik/Bespreek die doel van die wet.

Bespreek/Verduidelik/ Evalueer die impak van die wet op besighede:

•Voordele

•Nadele

Beskryf kortliks/Verduidelik/ bespreek optrede wat as diskriminerend beskou word.

Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek strafmaatreëls/gevolge vir nie- nakoming.

Stel voor/Beveel maniere aan hoe besighede die wet kan nakom.

BBSEB

Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging en die Wet op BBSEB

Bespreek/Verduidelik die implikasies van die hersiende VYF pilare van BBSEB op

besighede.

Stel voor/Beveel aan maniere hoe besighede die hersiende VYF pilare van die BBSEB

in die werksplek kan toepas.

NKW

Verduidelik die regte van die verbruikers ingevolge die NKW

WVB

Verduidelik die regte van die verbruikers ingevolge die WVB

HULPBRONNE

PAPIERGEBASEERDE HULPBRONNE

DIGITALE HULPBRONNE

· WKOD graad 12 Besigheidstudies Kernaantekeninge (2020):

Bl. 16 - 24

· BSTD-hersiening vir die finale eksamenwerkboek (2019): Omgewings

· Almal verstaan Besigheidstudies Graad 12 Leerdersboek

· Oxford Suksesvolle Besigheidstudies Graad 12 Leerdersboek

· Verken Besigheidstudies Graad 12 Leerdersboek

· Via Afrika Bedryfstudies Graad 12 Leerdersboek

· Kern Notas

https://wcedeportal.co.za/eresource/131611

https://wcedeportal.co.za/eresource/132216

· 2016 - 2019 NSS Eksamen vraestelle en Memoranda

https://wcedeportal.co.za/past-papers

INLEIDING

Die wette is ingestel om die wanbalanse, van die verlede, reg te stel in die ekonomie . Die wette het ten doel gehad om

te verseker dat transformasie in die ekonomie plaasvind.

Fokus op die volgende VYF aspekte, naamlik: wie, wat, waarom, hoe werk dit en aanbevelings as jy deur hierdie les werk.

KONSEPTE EN VAARDIGHEDE

Daar word van jou verwag om die begrippe en die betekenis daarvan te ken om 'n beter begrip van die inhoud van Onlangse Wetgewings te verkry.

KONSEPTE: AFKORTINGS EN DOEL VAN WETGEWINGS

AFKORTING

WET

DOEL

BBSEB

BREËBASIS SWART EKONOMIESE BEMAGTIGING

Skep 'n platform aan regering om billike verspreiding van

welvaart te doen

NKW

NASIONALE KREDIETWET

Bevorder die sosiale en finansiële belang van verbruikers.

WVB

WET OP VERBRUIKERSBESKERMING

Bevorder en beskerm die ekonomiese belange van verbruikers

deur toegang tot inligting te bied.

Middel Orde Vraag

Middel Orde Vraag

1. Beskryf kortliks/Beskryf/Verduidelik/Bespreek die doel van die wet. [BBSEB; NKW; WVB]

2. Bespreek/Verduidelik/ Evalueer die impak van die wet op besighede: [[BBSEB; NKW; WVB]

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 18, 21 en 23

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 18, 21 en 23

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

Hoër Orde Vraag

Middel Orde Vraag

3. Stel voor/Beveel maniere aan hoe besighede die wet kan nakom [BBSEB; NKW; WVB]

4. Beskryf kortliks/Verduidelik/Bespreek strafmaatreëls/gevolge vir nie- nakoming. [BBSEB; NKW; WVB]

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 19, 22 en 24

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 18, 21 en 24

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

Middel Orde Vraag

Middel Orde Vraag

5. Beskryf kortliks/Verduidelik/ bespreek optrede wat as diskriminerend beskou word. [BBSEB; NKW; WVB]

6. Onderskei tussen Swart Ekonomiese Bemagtiging [SEB] en die Wet op BBSEB

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 18, 21 en 23

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

Neem kennis dat:

SEB: Bestaan uit twee bemagtigingselemente wat swart

deelname aan die ekonomie meet deur:

• aandel eienaarskap: en

• bestuursverteenwoordiging in ondernemings

BBSEB: is daarop gemik om die deelname van swart bevolking

in die ekonomie te versnel deur verandering in die volgende sleutelareas:

• Bestuursbeheer

• Vaardigheidsontwikkeling

• Eienaarskap

• ontwikkeling van ondernemings en verskaffers

• Sosio-ekonomiese ontwikkeling / sosiale verantwoordelikheid

Middel Orde Vraag

Hoër Orde Vraag

7. Bespreek/Verduidelik die implikasies van die hersiende VYF pilare van BBSEB op besighede.

8. Stel voor/Beveel aan maniere hoe besighede die hersiende pilare van die BBSEB in die werksplek kan toepas.

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 20

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

Let wel:

Die woord "implikasie" in hierdie konteks beteken "wat ondernemings moet doen om aan hierdie wet te voldoen en wat is die dinge wat hulle verhinder om hierdie wet te implementeer.

Bestuursbeheer

• Besighede moet toesien dat transformasie

op alle vlakke geïmplementeer word.

• Stel swart mense aan in senior uitvoerende poste.

• Betrek swart mense by die besluitnemings-prosesse.

Vaardigheids-

ontwikkeling

• Besighede moet swart werknemers betrek by vaardigheidsontwikkelings inisiatiewe.

• Voorsien leerlingskappe en leerprogramme aan swart werknemers.

• Besighede moet 1% van hul salaris staat bydra om die ontwikkeling van vaardighede te finansierprogram

Eienaarskap

· Besighede moet swart mense insluit by aandeelhouding

· Moedig swart swart beleggers aan om in groot maatskappye te belê en eienaarskap te deel.

• Meer geleenthede word geskep vir swart mense om eienaars / entrepreneurs te word.

Ontwikkeling van ondernemings en verskaffers

· Besighede moet werk skep, aangesien Verskaffer Ontwikkeling plaaslike vervaardiging bevorder.

· Identifiseer verskaffers in swart besit wat in staat is om goedere en dienste te lewer.

· Uitkontrakteer dienste aan verskaffers wat BBSEB-nakom

· Besighede word aangemoedig om KMMO's in swart besit te belê / ondersteun.

Middel Orde Vraag

Middel Orde Vraag

9. Verduidelik die regte van die verbruikers ingevolge die NKW

10. Verduidelik die regte van die verbruikers ingevolge die WVB

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 22

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

· Raadpleeg 2020 WKOD Gr 12 Besigheidstudies Kernnotas: Besigheidsomgewings, Bl. 24 & 25

· Raadpleeg die Gr 12 Besigheidstudies handboek wat aan jou uitgereik is.

PROBEER VERSKILLENDE STUDIEMETODES

Hierdie is 'n voorbeeld: gebruik prente om die feite te onthou:

Impak van die Wet op Verbruikersbeskerming

Positiewe / Voordele

· Besighede kan 'n goeie beeld bou as hulle verseker dat hulle nie verbruikersregte oortree nie.

· Mag verbruikers lojaliteit verkry as hulle aan WVB voldoen.

· Besighede kan beskerm word teen oneerlike mededingers.

Negatiewe / Nadele

· Vertroulike besigheidsinligting kan beskikbaar wees vir mededingers

· Hulle moet meer inligting oor hul produkte en prosesse / dienste openbaar

· Strawwe vir nie-nakoming kan baie hoog wees

Nasien (Maak seker dat jy twee punte ontvang wanneer daar met splitpunte gemerk word):

Voorbeelde:

Positief:

· Besighede kan 'n goeie beeld opbou✓ (hoe?), as hulle toesien dat hulle nie verbruikersregte skend nie✓

Negatief:

· Vertroulike besigheidsinligting kan beskikbaar word✓ (aan wie?) aan mededingers.✓

Onthou die impak van die Wet op Verbruikersbeskerming so:

VOORBEELDE VAN AFDELING B VRAE

1. Klassifiseer ELKE scenario volgens die relevante gewysigde pilare van die Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging

1.1.1 Msimango, die eienaar van Elim Hardware (Edms.) Bpk., het haar twee werknemers genooi om by die maatskappy aan te sluit.

1.1.2 Andrie Communications het Thembi en Rhendani aangestel as direkteure van die maatskappy.

1.1.3 Haenertsburg Chisanyama koop sy hoenders by Ntuli se nuut ontwikkelde pluimvee plaas.

1.1.4 Moagi-hardewarewinkel het 'n donasie van 50 sakke sement gegee vir die bou van 'n plaaslike kerk. (8)

2. Beskryf die doel van die Wet op Verbruikersbeskerming (6)

3. Lees die volgende stelling en beantwoord die vrae wat volg.

Die hoofdoel van die Wet op Breëbasis vir Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), is om die ekonomiese deelname van swart mense in die Suid-Afrikaanse ekonomie aan te spreek en te verbeter. Dit word bereik deur die volgende pilare te implementeer: eienaarskap, bestuur en beheer, vaardigheidsontwikkeling, ontwikkeling van ondernemings en verskaffers en sosio-ekonomiese ontwikkeling.

3.1 Haal die hoofdoel van die BBSEB-wet uit die bostaande verklaring aan. (1)

3.2 Identifiseer enige DRIE pilare van BBSEB wat in die verklaring hierbo genoem word. (3)

3.3 Regverdig die instelling van die BBSEB-wet. (4)

3.4 Evalueer die impak van die BBSEB-wet op ondernemings. (6)

4. Bespreek die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op ondernemings:

4.1 Eienaarskap (4)

4.2 Bestuur (4)

5. Lees die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg

MEAT MARKET BPK

Meat Market Bpk spesialiseer in die verskaffing van vars vleis aan klante. Die maatskappy het van sy aandele aan hul

voorheen benadeelde werknemers gegee. Hulle is ook leerlingskapprogramme aangebied.

5.1 Noem die wet wat Meat Market Bpk nakom in die scenario hierbo. (2)

5.2 Identifiseer TWEE pilare van die wet geïdentifiseer in VRAAG 5.1 wat Meat Market Bpk geïmplementeer het.

Motiveer jou antwoord deur uit die bostaande scenario aan te haal.

Gebruik die onderstaande tabel as 'n GIDS om VRAAG 5.2 te beantwoord

PILARE

MOTIVERING

1.

2.

Regverdig =

voordele

AKTIWITEITE / ASSESSERING

KONSOLIDASIE-AKTIWITEIT

AKTIWITEIT 2: GEBASEER OP 2019 NSS DIAGNOSTIESE VERSLAG

FOUTE WAT LEERDERS IN VORIGE VRAESTELLE GEMAAK HET

Maak seker dat jy die volgende korrek kan beantwoord volgens die 2020-eksamenriglyne:

2.1 WVB vs NKW: Wenke:

* Die verskil tussen WVB en die NKW moet duidelik uiteengesit word.

* Verbruikersregte is van toepassing op die WVB en NKW.

* Let op die verskil tussen verbruikersregte en menseregte.

2.1.1 Beskryf die regte van die verbruikers in terme van die WVB. (10)

2.2 BBSEB: Wenke:

* Vergewis jou van die rasionaal agter die pilare: om volle

deelname van voorheen benadeelde mense aan die ekonomie van

die land te verseker.

* Jy kan brongebaseerde en indirekte vrae oor hierdie onderwerp verwag.

2.2.1 Beveel maniere aan waarop ondernemings die hersiene VYF pilare van BBSEB op die werkplek kan toepas. (10)

AKTIWITEIT 3 OPSTELVRAE

VRAAG 3.1: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWINGS)

Die Nasionale Kredietwet, 2005 (Wet 34 van 2005) (NKW) beskerm die verbruiker in die kredietmark en maak krediet- en bankdienste toegankliker. Die wet help om die beheer vir 'n beter en meer verantwoordelike kredietpraktyk en -bedryf te verbeter.

NKW

Met verwysing na die stelling hierbo:

· Bespreek die doel van die Nasionale Kredietwet

· Verduidelik die regte van verbruikers soos uiteengesit in hierdie Wet

· Analiseer die impak van hierdie wet op ondernemings

· Stel maniere voor waarop ondernemings aan hierdie wet kan voldoen [40]

Voorbeelde van inleiding:

-Baie verbruikers oorbestee as hulle op krediet koop. √

-Die Nasionale Kredietwet is ingestel om die skuld van albei te verbeter - besigheid en verbruikers. √

-Die wet verseker dat krediet op 'n manier gebruik word wat waarde tot klante se lewens toevoeg. √

Voorbeelde

Voorbeelde van oorspronklikheid:

- SERR Synergy help ondernemings om te voldoen aan die bepalings van die Nationale Krediet Wet en die Wet op Verbruikersbeskerming.

- Baie mense wat hul werk tydens COVID verloor het, het om krediet aansoek gedoen, maar kan aansoek doen vir skuldberading indien hulle oorval word deur skuld.

Voorbeelde van Slot:

-Verbruikers het die verantwoordelikheid om krediet eienaarskap te neem deur die betalings na te kom. √√

-Die Wet maak verantwoordelike lenings moontlik en skakel roekelose lenings uit. √√

VRAAG 3.2: BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWINGS)

WVB en NKW

Baie verbruikers het die instelling van die Wet op Verbruikersbeskerming (WVB), 2008 (Wet 68 van 2008) en die Nasionale Kredietwet (NKW), 2005 (Wet 34 van 2005) verwelkom omdat hulle hulle teen onbillike sakepraktyke beskerm. Sommige ondernemings meen dat die NKW hul markaandeel verminder, en daarom wil hulle nie hierdie wet nakom nie.

Jy is 'n kundige in verbruikerswetgewing. Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

• Omskryf die doel van die NKW.

• Bespreek die impak van die WVB op ondernemings.

• Dui maniere aan waarop ondernemings die volgende verbruikersregte kan bevorder, soos bepaal in die WVB:

oReg op privaatheid en vertroulikheid

oReg op inligting oor produkte en ooreenkomste

oReg op billike waarde / goeie gehalte en veiligheid

• Adviseer ondernemings oor boetes / gevolge wat opgelê kan word weens die nie-nakoming van die NKW [40]

Voorbeelde

Voorbeelde van inleiding

- Die WVB is ingestel om die ekonomiese ongelykhede in die verlede reg te stel√

- WVB bevorder die sosiale en ekonomiese welstand van verbruikers in Suid-Afrika.√

- Die WVB is van toepassing op die promosie / verkoop van alle goedere en dienste.√

- Die Nasionale Kredietwet handel hoofsaaklik oor die regulering van verbruikerskrediet√

Voorbeeld van oorspronklikheid:

- Twee van die mees algemene klagtes oor verbruikersregte wat van klante ontvang word, is die verkeerde of misleidende vertoning van die prys van die goedere op die rakke en die onredelike bepalings en voorwaardes van 'n kontrak.

- Tydens die inperking koop baie mense produkte aanlyn en ondernemings moet toesien dat goedere volgens die verbruikersregte nie beskadig of foutief is nie.

Voorbeelde van Slot:

-Die WVB dwing besighede en verbruikers om verantwoordelik op te tree wanneer hulle sake doen.√√

-Die WVB is van toepassing op elke transaksie wat koop en verkoop van goedere en dienste insluit.√√

-Die NKW bevorder verantwoordelike lenings deur ondernemings toe en skakel roekelose lenings deur verbruikers uit.√√

VRAAG 3.3 BESIGHEIDSOMGEWINGS (WETGEWINGS)

Die Wet op Breëbasis Swart Ekonomiese Bemagtiging (BBSEB), 2003 (Wet 53 van 2003) (gewysig in 2013) is ingestel om die uitdagings van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) die hoof te bied. Besighede word nou verplig om aan hierdie wet te voldoen.

Jy spesialiseer in die begeleiding van besighede oor die implementering van BBSEB. Skryf 'n opstel oor die volgende aspekte:

BBSEB

• Onderskei tussen SEB en BBSEB.

• Evalueer die impak van BBSEB op ondernemings te bespreek.

• Bespreek die implikasies van die volgende BBSEB-pilare op ondernemings:

oBestuursbeheer

oEienaarskap

oVerskafferontwikkeling

• Adviseer sakeondernemings wat boetes opgelê word weens die nie-nakoming van die BBSEB. [40]

Voorbeelde

Voorbeelde van inleiding

-BBSEB is ingestel om die meerderheid Suid-Afrikaners in die hoofstroom van die ekonomie te bring.√

-BBSEB het die aantal swart mense wat die ekonomie bestuur / besit / beheer, verhoog.√

- Die BBSEB-pilare stel die regering in staat om welvaart oor alle bevolkingsgroepe te versprei. √

Voorbeeld van oorspronklikheid:

- Ondernemings probeer om vlak 4 op die telkaart te bereik, aangesien dit beskou word 100% voldoening.

Voorbeelde van gevolgtrekking:

-BBSEB spreek die ekonomiese deelname van voorheen benadeelde mense aan die Suid-Afrikaanse ekonomie aan en verbeter dit.√√

-Besighede sal geld moet spandeer in die dele wat deur die BBSEB-pilare gedek word om 'n goeie gradering te kry.√√

-‘n Telkaart word gebruik om die BBSEB-status van 'n onderneming te bepaal.√√

GEMEENSKAPLIKE FOUTE EN FOUTE WAT TYDENS OPSTELMERKING GEBEURT IS

· Begin nie die opstel met die woord "Inleiding" nie.

· Twee feite oor die onderwerp, word ni ein die inleiding verskaf nie

· Feite word nie in volsinne geskryf nie

· Die opstel word nie afgesluit met die woord "Slot" nie.

· Opsomming van die inhoud word ni ein die slot aangedui nie

KONSOLIDASIE

· Hierdie les het gehandel oor die Gr 12 Onlangse Wetgewing soos uiteengesit in die Gr 12- Eksamenriglyne.

· As jy die inhoud verstaan, kan jy die kennis en vaardighede toepas om vrae wat gebaseer is op die kurrikulum suksesvol te beantwoord, in alle formele assesseringstake.

WAARDES

· Sorg: Julle is ons belangrikste kliënte in die opvoedkundige landskap, daarom is dit belangrik dat ons julle van die nodige hulpbronne vir selfgerigte studie voorsien.

· Responsiwiteit: Dit is ons verantwoordelikheid om seker te maak dat die lesplanne van gehalte betyds ontwikkel word en aan julle gestuur word.

· Bevoegdheid: Deeglike studie van die lesplanne sal jou in staat stel om die vaardighede en kennis wat aangeleer is, te gebruik om die vereiste assesseringstake suksesvol te voltooi.