14
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 4 5 - 12 Februarie 2016 PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons Skool aangestel is. Ons hoop hy sal ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre skool hê. SKOOLGELD: Aansoeke vir kwytskelding van skoolfonds sal nog op Maandag, 8 Februarie ontvang word, aangesien 7 Februarie op ‘n Sondag val. SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER 13 – 17 MAART 2016: [AFSKEURSTROKIE] Spelers wat vir die netbal- en rugbytoerspan gekies is, se name word in die nuusbrief bekend geplaas. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om te bevestig of u kind gaan toer en op Maandag, 8 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Kostes beloop ongeveer R2000,00 per kind. (Kan verander afhangende van donasies, asook die huur van ‘n bus) Leerders wat in die rugby- en netbalspan is, se toer T-hemp is by die toerprys ingesluit. Let wel: Ouers moet kennis neem dat enige graad 7- leerder ook mag gaan toer indien daar genoeg plek is. Graad 7- leerder wat gaan toer kan ‘n toerhempie @ R120 ekstra bestel. (Ook op afskeurstrokie) NB: ‘n Vergadering vir alle toerouers (Rugby/Netbal/Gr 7’s) vind op Vrydag, 12 Februarie om 12:00 in die skoolsaal plaas. REDENAARS: Die (ATKV) onderwerpe vir ons eerste Redenaarskompetisie is as volg: GRAAD 4 EN 5: Bloed kruip waar dit nie loop nie Die pap dik aanmaak Die oggendstond het goud in die mond GRAAD 6 EN 7: Iemand se Achilleshiel Haastige hond verbrand sy mond Elke bobbejaan het sy krans Hierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling in die klas te praat. JEUGSKOU: [INLIGTINGSTUK] Ons skool bied weer hierdie jaar van 7 tot 11 Maart ons Jeugskou aan. Ons sluit ‘n inligtingstuk by die nuusbrief in waarop alles uiteengesit is. Inskrywingsgeld beloop R5 per afdeling waaarvoor leerder wil inskryf. Ons wil graag hê dat al ons leerders van gr R tot 7 aan soveel moontlik afdelings moet deelneem. Hierdie aktiwiteite ontwikkel leerders se kreatiwiteit en vorm ‘n belangrike deel van u kind se vaardigheidsontwikkeling. Ons wil hierdie jaar vir die eerste 3 plekke in elke ouderdomsgroep sommer ‘n lekker geldprysie gee en het kontant vir 40 eerste-, tweede- en derdeplekke nodig. Kontantskenkings baie welkom! Op elke Vrydag tydens saalperiode sal leerders om die beurt ingelig word oor die Jeugskou se verskillende afdelings. Nuttige wenke sal deurgegee word. Op Vrydag, 11 Maart is alles wat deur leerders gemaak is, in die saal beskikbaar vir ouerbesigtiging. Ons ondersoek die moontlikheid om ‘n afdeling vir pa en ma ook in te stel. Onafhanklike beoordelaars sal gebruik word. PANNAR EKTRAVAGANZA: [AFSKEURSTROKIE]

jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 4 5 - 12 Februarie 2016PERSONEEL:Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons Skool aangestel is. Ons hoop hy sal ‘n lang en aangename verbintenis met Jacobsdal Primêre skool hê.

SKOOLGELD:Aansoeke vir kwytskelding van skoolfonds sal nog op Maandag, 8 Februarie ontvang word, aangesien 7 Februarie op ‘n Sondag val.

SPORT- EN OPVOEDKUNDIGE TOER 13 – 17 MAART 2016: [AFSKEURSTROKIE]Spelers wat vir die netbal- en rugbytoerspan gekies is, se name word in die nuusbrief bekend geplaas. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om te bevestig of u kind gaan toer en op Maandag, 8 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Kostes beloop ongeveer R2000,00 per kind. (Kan verander afhangende van donasies, asook die huur van ‘n bus) Leerders wat in die rugby- en netbalspan is, se toer T-hemp is by die toerprys ingesluit.Let wel: Ouers moet kennis neem dat enige graad 7-leerder ook mag gaan toer indien daar genoeg plek is. Graad 7- leerder wat gaan toer kan ‘n toerhempie @ R120 ekstra bestel. (Ook op afskeurstrokie)NB: ‘n Vergadering vir alle toerouers (Rugby/Netbal/Gr 7’s) vind op Vrydag, 12 Februarie om 12:00 in die skoolsaal plaas.

REDENAARS:Die (ATKV) onderwerpe vir ons eerste Redenaarskompetisie is as volg:GRAAD 4 EN 5: Bloed kruip waar dit nie loop nieDie pap dik aanmaakDie oggendstond het goud in die mond GRAAD 6 EN 7:Iemand se AchilleshielHaastige hond verbrand sy mondElke bobbejaan het sy kransHierdie onderwerpe word deur al die leerders van gr 4 – 7 gebruik om mondeling in die klas te praat.

JEUGSKOU: [INLIGTINGSTUK]Ons skool bied weer hierdie jaar van 7 tot 11 Maart ons Jeugskou aan. Ons sluit ‘n inligtingstuk by die nuusbrief in waarop alles uiteengesit is. Inskrywingsgeld beloop R5 per afdeling waaarvoor leerder wil inskryf.

Ons wil graag hê dat al ons leerders van gr R tot 7 aan soveel moontlik afdelings moet deelneem.Hierdie aktiwiteite ontwikkel leerders se kreatiwiteit en vorm ‘n belangrike deel van u kind se vaardigheidsontwikkeling.Ons wil hierdie jaar vir die eerste 3 plekke in elke ouderdomsgroep sommer ‘n lekker geldprysie gee en het kontant vir 40 eerste-, tweede- en derdeplekke nodig. Kontantskenkings baie welkom!Op elke Vrydag tydens saalperiode sal leerders om die beurt ingelig word oor die Jeugskou se verskillende afdelings. Nuttige wenke sal deurgegee word.Op Vrydag, 11 Maart is alles wat deur leerders gemaak is, in die saal beskikbaar vir ouerbesigtiging. Ons ondersoek die moontlikheid om ‘n afdeling vir pa en ma ook in te stel. Onafhanklike beoordelaars sal gebruik word.

PANNAR EKTRAVAGANZA: [AFSKEURSTROKIE]Op Donderdag,11 Februarie het ons skool ‘n groot fondsinsameling by die Pannar Ekstravaganza. Ons benodig ouers om te help vanaf 7:00 tot 17:00. Daar word ook manne benodig om te help braai. Dit vind op die plaas, Soetmelksvlei (langs Holpan skool) plaas.Vul asseblief die afskeurstrokie in as u op daardie dag kan kom help. Ons het u hulp werklik dringend nodig. Kontakpersoon: Charmainé van Niekerk - 0720677995

SOETDORING LEIERSKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Leiers wat ‘n Soetdoring CD wil bestel kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 8 Februarie by die klasonderwysers inhandig. Koste: R20

PRIVAAT MUSIEKLESSE:Indien u van iemand weet wat privaat musieklesse in die middae by ons skool kan aanbied, kan u met ons Skoolhoof kontak maak.

HAARSTYLE – SEUNS:Op ‘n Ouervergadering gehou op 1 Februarie 2016 is besluit om geen “Comb-over”-haarstyl, of enige ander moderne haarstyl wat tans ‘n modegier is, (vir seuns) by ons skool toe te laat nie. Ons sluit ‘n foto by die nuusbrief in. Inspeksie van seuns se hare sal volgende week plaasvind.

SMS-STELSEL:Ouers wat nog nie teen Maandag, 8 Februarie die SMS-briefie en R60 per selfoonnommer ingehandig het nie, sal outomaties met een selfoonnommer by die stelsel geregistreer word en u R60 sal op die skoolrekening gelaai word. Aansluiting by die stelsel is verpligtend vir alle ouers.

Page 2: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

KLEREWINKEL:WINTERSKLEREBESTELLING: [BESTELVORM]Daar word slegs een bestelling vir 2016 geplaas. Ouers het tot Vrydag, 26 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Kostes is as volg:

ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R400,00 34 - 44 R450,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R280,00 34 - 44 R320,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R170,00 34 - 44 R200,00

Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is.

LEERDERDEELNAME:INTERSKOLE GALA: Ons Interskolegala vind op Maandag, 8 Februarie om 13:00 plaas en sewe ander skole kom hier deelneem. Die skool verdaag vir alle leerders om 12:30 en geen buitemuurs sal daardie middag plaasvind nie.Swemmers wat eerste en tweede plekke met die Kleurgala behaal het, word vir die Interskolegala ingeskryf. (ook 0/7 en 0/8 swemmers. ) Indien daar ‘oop bane beskikbaar is, word derde plekke ook ingeskryf. ‘n Lys van name word by die nuusbrief ingesluit. Kyk asb. mooi na die inskrywings.NB: Ouers moet kennis neem van die volgende:

Swemmers neem in ons amptelike skoolswemdrag deel: Swart/groen swembroek met ‘n geel Jakkie swempet. Geen ander kleure!

Geen veranderinge aan items of ekstra inskrywings gaan by die Interskolegala toegelaat word nie.

“DQ’s” gaan beslis plaasvind. Swemmers wat gediskwalifiseer word, sal nie medaljes ontvang nie.

Ouers of boeties en sussies mag nie langs die swembad op en af beweeg om swemmers aan te moedig nie. Daar is eenvoudig nie plek nie.

Ons swemspan moet op hulle aangeduide plek op die paviljoen sit. Ouers is welkom om vir hulle gazebo’s/sambrele op die gras op te slaan.

‘n Beamptelys word by die nuusbrief ingesluit. Laat weet asb. vir Alfred Hodgson by 0823236675 indien daar ‘n verandering is.

Heerlike verversings sal te koop aangebied word.VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE – 16 & 17 FEBRUARIE:

Die swemspan wat vir die Vrystaat Swemkampioenskappe gekies is, word by die nuusbrief ingesluit. Swemmers moes ‘n ASA-punt van 500 behaal om in die span te kom. Ekstra items is op meriete aan swemmers toegeken. Ouers moet asseblief op die lys self deelname bevestig en die lys op Maandag, 8 Februarie terugstuur na die klasonderwysers. ‘n Vergadering van hierdie span se ouers vind op Maandag, 8 Februarie om 7:30 in die skoolsaal plaas. Alle inligting en voorskrifte oor die gala sal dan beskikbaar wees.

ATLETIEK: MOTHEO/XHARIEP: [AFSKEURSTROKIE]Atlete wat op Saterdag, 13 Februarie aan die Motheo/Xhariep Atletiekkampioenskappe deelneem moet asseblief die afskeurstrokie invul en op Maandag, 8 Februarie na die klasonderwysers terugstuur. (Lys van name op nuusbrief 3) Inskrywingsgeld van R15 is betaalbaar. Atlete sal programme ontvang. Oefening op tartanbaan, Donderdag, 11/2 om 15:00.

EUREKA ATLETIEKBYEENKOMS:UITSLAE:

Oud: Naam: Items:0/7 Carlené Masuret 5de plek 60m

Enrico Scholtz 4de plek 60m, 4de plek 80m0/8 Jannes Krause 4de plek 60m, 4de plek 80m

Rohandri Masuret 3de plek 60m, 3de plek 80m0/10 Marlien Smith 2de plek HS

Hanru Krause 1ste plek 1200mMarius Etzebeth 3de plek VS, 5de plek 80m

0/11 Wessel v Niekerk 2de plek VS, 1ste plek 100mNico Geldenhuys 4de plek VS, 6de plek GSJuhan Swanepoel 6de plek VS, 4de plek 80mChristopher Beyleveldt 2de plek HSRian Steenkamp 5de plek GS

0/12 Louwtjie Krüger 1ste plek DGJanus Kriek 2de plek HS, 6de plek VS, 5de plek 100mJan-Adriaan Venter 4de plek 1500m

BAIE GELUK!

TWEEKAMP: [AFSKEURSTROKIE]Tweekampatlete kan al vir die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe inskryf wat op Dinsdag, 23 Februarie in Bloemfontein plaasvind. Vul asseblief die afskeurstrokie in en stuur op Maandag, 8 Februarie saam met jou inskrywingsgeld van R80 na die klasonderwysers.

Page 3: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

Sluitingsdatum vir inskrywings: Maandag, 15 Februarie. Geen laatinskrywings gaan aanvaar word nie. Busgeld van R50 is vooraf betaalbaar.

RUGBYKLINIEK:INVESTEC bied vanaf Donderdag, 11 tot Saterdag, 13 ‘n rugbykliniek in Kimberley aan (twee middae en een oggend). Koste: R700. 0/13 en 0/14 Rugbyspelers wat belangstel om dit by te woon kan die afskeurstrokie invul en op Maandag, 8 Februarie by mnr Alfred inhandig. Ollie le Roux, Braam van Straaten en Ian Macintosh gaan die afrigters by die kliniek wees.

PROFESSIONELE TENNISAFRIGTING:Ruan Venter is op ‘n Woensdag- en Vrydagoggend vanaf 5:00 tot net voor skool beskikbaar om professionele tennislesse @ R180 per halfuur aan te bied. Kontak Alfred Hodgson vir meer inligting indien jy belangstel.

SKAAK:Sterkte aan Johandre vd Berg en Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende Skaaktoernooi in Bloemfontein gaan deelneem.

UNISA MUSIEK:Baie geluk aan die volgende leerders wat pragtig presteer het met hulle Unisa Musiekteorie-eksamen wat in 2015 plaasgevind het:Jomari Lübbe: Graad 1, 80% (met lof)Marlien Smith: Voorgraad 1, 91% (met lof)Anica Ueckermann: Voorgraad 1, 89% (met lof)Ons is baie trots op julle!

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Baie dankie graad 1-mammas wat heerlike eetgoed gestuur het met die klas se verkoping. ‘n Pragtige bedrag van R1 661.10 is ingesamel.

NUUSBRIEWE: [Beskikbaar by: www.jakkies.com] Bewaar asseblief al u nuusbriewe, aangesien sommige strokies en inligting slegs een maal geplaas word. Daar word terugverwys na reëlings wat op vorige nuusbriewe verskyn.

VALENTYNSGESKENKIES: Die Jakkies Opwaarts Sentrum hou op Vrydag, 12 Februarie ‘n Valentynsdagverkoping. Daar is ‘n groot verskeidenheid eetgoed en mooigoed te koop teen sakpaspryse met liefde gemaak deur die Sentrum se kinders.

Kom loer gerus en koop ietsie vir die spesiale persoon in jou lewe.

…………………. PW Tait SKOOLHOOF

AANVAARBARE HAARSTYL

GEBEDSLYS:Nic en Sarie Knoetse (kleinkind siek)

GELUKWENSING:Burgert en Marietjie Badenhorst

Dogters se troue

Page 4: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

JEUGSKOU 2016: INLIGTINGSTUK KUNS: SAAL Maandag 14:30 – 16:00AFDELINGS: ARTIKEL:

Benodigdhede watleerders moet

saambring:LEERKRAGTE:

R Huisie Vetkryt

Marisan JacobsNaomi van Eck

Marietjie Badenhorst

1 Myself Vetkryt2 Blomme Vetkryt3 Visse Vetkryt4 Hond Pastelle5 Kat Pastelle6 Voël Pastelle7 Perd Houtskool

Die Skool verskaf papier aan al die leerders.

PAPIERVOU (ORIGAMI): SAAL Dinsdag 14:30 – 16:00

AFDELINGS: ARTIKEL: Benodigdhede watleerders moet saambring: LEERKRAGTE:

R – 1 Spokie Skêr

Schalk MeintjesMaryna Scholtz

2 Kat Skêr en kleurpotlode

3 Blom (Dahlia)

Skêr, pritt en 3 gekleurde kartonne

4 Sambrero Skêr en een vel geskenkpapier5 Sampioen Skêr en kleurpotlode6 Uil Skêr en kleurpotlode

7 Fotoraam‘n Foto, een vel geskenkpapier en ‘n harde stukkie karton so

groot soos die fotoPapier sal aan gr R, 1, 2, 5 en 6 voorsien word.

WETENSKAP: SAAL Woensdag 14:30 – 16:00

AFDELINGS: ARTIKEL:

Benodigdhede watleerders moet

saambring:LEERKRAGTE:

Gr 4Gr 5Gr 6Gr 7

(Apart)

Die maak van ‘n projek.

Eie keuse!

Leerder verskaf alle benodigdhede.

(Volledige inligting sal aan alle leerders in klasse verskaf word.)

Tersia MostertDeandri v Vuuren

Matthew Hardenberg

Die hele artikel word by die huis klaar gemaak. Leerder kry geleentheid om ‘n voorlegging te doen oor dit wat hy/sy gemaak het.

BAK EN BROU: SKOOLSAAL Woensdag 14:30 – 16:00

AFDELINGS: ARTIKEL:Benodigdhede wat

leerders moet saambring:

LEERKRAGTE:

GR R - 1Versiering van ‘n “cup cake” Alles word aan

leerders voorsien

Delene Da Camara

Elizna HattinghMadeleine Koorzen

GR 2 – 3

GR 4 – 5

Dek van ‘n skinkbord

Tema: Skinkbord vir ‘n siek persoon

Bring eie skinkbord en alles wat jy nodig het vir dek.

Daar moet ‘n “word gou gesond” kaartjie op die

skinkbord wees wat leerder self moet maak.

‘n Bordjie met iets om te eet is aanvaarbaar mits dit self in die saal gemaak word.

GR 6 – 7

RANGSKIKKING: SKOOLSAAL Donderdag 14:30 – 16:00

AFDELINGS: ARTIKEL:Benodigdhede wat

leerders moet saambring:

LEERKRAGTE:

GR R - 1 Roeskreatief

Elke kind bring sy/haar eie klein of

middelmatige geroeste blikkie.

Elke kind bring hul eie 5 (vyf) items om mee

te rangskik. (Bv. Blomme, klippe,

grasse)

Oases is vooraf by juffrou Rina @ R1 per

blikkie beskikbaar.

Rina van ZylKarin Page

Elza van Wyk

GR 2 – 3

GR 4 – 5

6 – 7

Beoordelaars kyk na die kreatiewe plasing van jou 5 items in of by die blikkie.

Page 5: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

AFSKEURSTROKIE: PANNAR EXTRAVAGANZA

NAAM EN VAN: __________________________________________

EK/ONS KAN MET DIE PANNAR EXTRAVAGANZA OP DONDERDAG, 11 FEBRUARIE BY DIE STALLETJIE HELP.

EK/ONS KAN IN DIE VOLGENDE TYDGLEUF HELP:

________ TOT _______

HANDTEKENING: _____________________

KONTAKNOMMER: ___________________

AFSKEURSTROKIE: SV TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE

NAAM VAN OUER: _________________________________________

NAAM VAN ATLEET: _____________________________________

GEBOORTEDATUM: ________________________

WIL INSKRYF VIR DIE SUID-VRYSTAAT TWEEKAMPKAMPIOENSKAPPE

OP DINSDAG, 23 FEBRUARIE.

INSKRYWINGSGELD VAN R _______ HIERBY INGESLUIT.

EK VERVOER SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

BUSGELD VAN R50 VOORAF BETAALBAAR

AFSKEURSTROKIE: MOTHEO/XHARIEP ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE NAAM VAN OUER: _________________________________________

NAAM VAN ATLEET: _____________________________________

SKRYF IN VIR DIE MOTHEO/XHARIEP KAMPIOENSKAPPE

EK VERVOER SELF MY KIND NA BLOEMFONTEIN:

EK BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN:

OUER SE HANDTEKENING: __________________________

BUSGELD VAN R50 IS VOORAF BETAALBAAR / INSKRYWINGSGELD: R15

JA / NEE

Gaan na www.schoolsthatrock.co.za en laat vir ‘n spesiale persoon ‘n Valentynsboodskappie.

SONDAG, 14 FEBRUARIEVALENTYNSDAG

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNommer van Sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNommer van Sweetpakbroek:

Bedrag: RTotale bedrag ingesluit:

R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________

Page 6: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

NETBAL- EN RUGBYTOERSPANNE 2016: RUGBY:

1 Andrew Nolan2 Herman Groenewald3 Hanroux Poolman4 Ru-Juan Martin5 Louis van der Westhuizen6 Bryan Da Camara7 Theunie van der Merwe8 Julian Range

9 Wynand Botha10 Vuyani Moore11 Wikus Wessels12 CJ Marx13 Jacques du Plooy14 Roux Delport15 Jaun Pretorius16 Jaco van Eeden17 Abré Strauss18 Willouw Vertue19 Abraham Visser

NETBAL:1 Chanel Niemann2 Mirelle Bekker3 Tiffiny Joubert4 Anri Meades5 Istelle Schutte6 Rianca Erasmus7 Jonelri Botha8 Elana le Roux9 Michela Steenkamp

10 Evita Kock11 Jeané Starke12 Juané Ludwick13 Miandi Steenkamp14 Elizma Lambrechts15 Cathrene van Heerden16 Jomari Lübbe

AFSKEURSTROKIE: TOER - 2016

NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN RUGBY-/NETBALSPELER: (Speler wat vir die rugby- of netbaltoerspan gekies is.)

______________________________________________

NAAM VAN GRAAD 7-LEERDER: (Nié ‘n gr 7-leerder wat reeds in die rugby- of netbaltoerspan is nie.)

______________________________________________

AFSKEURSTROKIE: SOETDORING LEIERSKAMP CD

OUER: __________________________________________

LEIER SE NAAM: _________________________________

WIL GRAAG ‘N SOETDORING LEIERSKAMP CD @ R20 BESTEL.

BEDRAG INGESLUIT: R______

HANDTEKENING VAN OUER: _______________________________

AFSKEURSTROKIE: RUGBYKLINIEK

OUER: __________________________________________

SPELER SE NAAM: _________________________________

STEL BELANG OM DIE INVESTEC RUGBYKLINIEK BY TE WOON.

HANDTEKENING VAN OUER: _______________________________

KONTAKNOMMER: ______________________________

Page 7: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

BEAMPTELYS: INTERSKOLEGALA 2016Afsetter: Mnr Pieter Tait

Afsittershulp: Lida Botha

Hoofskeidsregter: Lanie Steenkamp

Stylskeidsregter: Adelé Lübbe

Baanplasings: Karin Page

Spanbestuurders: Deandri van Vuuren

Elizna Hattingh

Aankondiger/Musiekfabriek: Tjoppie Botha

Rekenaar: Tersia Mostert

Rehetta Schoeman

HOOFTYDHOUER: Riaan JacobsTYDKOÖRDINEERDER: Marisan Jacobs

BAAN 1: Cheryl Lavarack en Naomi van Eck

BAAN 2: Maritha vd Merwe en Delene Da Camara

BAAN 3: Peet Steenkamp en Vera Steenkamp

BAAN 4: Charlene Zondagh en Lydia Coetzee

BAAN 5: Wilna Roelofse en Charmainé van Niekerk

BAAN 6: Sonja van Niekerk en Lizette Krause

Verversings: Maryna Scholtz & HelpersMedaljes: Maryka van Straaten en Madeleine KoorzenFoto’s: Elza van WykNoodhulp: Lizette Krause

ORGANISEERDER: Alfred Hodgson (0823236675 )

AFSKEURSTROKIE: TOER - 2016

NAAM VAN OUER: ____________________________________

NAAM VAN RUGBY-/NETBALSPELER: (Speler wat vir die rugby- of netbaltoerspan gekies is.)

______________________________________________

NAAM VAN GRAAD 7-LEERDER: (Nié ‘n gr 7-leerder wat reeds in die rugby- of netbaltoerspan is nie.)

______________________________________________

Elkeen, oud en jonk, kom en bederf jou geliefde en geniet ‘n heerlike aand saam met ons gaskunstenaar:

Datum: Vrydag, 12 FebruariePlek: Kanon Hotel

Page 8: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons
Page 9: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

‘n Heerlik “buffet” word aangebied op 28 Februarie 2016 te Moredou Padstal.

Ons bied aan:x1 Voorgereg, x2 Vleise, x1 Soet groete, x1 Sout groente,

x2 Stysels, Slaai, x1 Warm poeding, x1 Koue Poeding.

Koste: R 130.00 per persoonR 70.00 per kind, 10 jaar en jonger.GEEN eie drank word toegelaat nie,

en geen vergunnigs sal gemaak word op die dag nie!Moredou Padstal het sy eie lisensie en drankies sal te koop wees te Moredou

Padstal vir die aangeleentheid.Besprekings vir aansit sowel as wegneemetes moet asb geplaas word voor of op 24

Februarie 2016.Kontakpersoon: Odrie 073 231 4757

HOOP ONS SIEN JOU DAAR!!

MOREDOU PADSTAL HOU ETE!DATUM: 28 FEBRUARIE 2016TYD: 12:00PLEK: MOREDOU PADSTAL

Page 10: jakkies.comjakkies.com/Nuusvier16.docx · Web viewJACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL. NUUSBRIEF: 4. 5 - 12 Februarie 2016. PERSONEEL: Ons verwelkom mnr Gerhard Maritz wat as faktotum by ons

SOEK JY NA IETS WAT HEEL ANDERS IS AS DIE GEWONE!?

Moredou Padstal bied ‘n verrassingsboksie aan vir twee geliefdes, ideale vir ‘n piekniek of sommer saam met vriende.

Beskikbaar met Sjampanje of Vonkeldruiwesap, jou boksie jou keuse!

Kostes: R150.00 per boksie, en het alles en nog meer vir twee mense!

Bestel asb by Moredou Padstal voor of op 12 Februarie 2015

Kontak Odrie: 073 231 4757.Boksies word op 13 Februarie 2016,

enige tyd tussen 10:00 – 13:00 opgetel.

VALENTYNSDAG IS HIER!!