25
Lewensoriëntering Termyn 3: Jaar 1 Roodeparkskool COVID-19 Werkkaarte – DCAPS Lewensoriëntering - Week 6 + 7 Termyn 3: Jaar 1 Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!! Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud. 1. Verkeersreëls / Padtekens 2. Kindermishandeling en geweld INSTRUKSIES: 1

 · Web viewRy altyd agter mekaar. Moenie te naby aan ‘n sypaadjie ry nie, hou ‘n gemaklike afstand. Pasop vir motors wat uit stegies uitkom, hulle sien jou dalk nie. Moenie ander

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LewensoriënteringTermyn 3: Jaar 1

Roodeparkskool COVID-19 Werkkaarte – DCAPS

Lewensoriëntering - Week 6 + 7Termyn 3: Jaar 1

Welkom by COVID – 19 Tuisonderrig

Hoop almal is gesond en veilig. Mis julle ALMAL!!!!!

Liewe Leerders die werkkaart bevat die volgende leerinhoud.

1. Verkeersreëls / Padtekens

2. Kindermishandeling en geweld

INSTRUKSIES:

· Voltooi al die aktiwiteite op ‘n aparte papier of in jou huiswerkboek.

· Skryf die datum, opskrif en aktiwiteit nommer op elke werkkaart.

· Jou ouers/ voog mag jou help wanneer jy sukkel, maar jy moet die werk self voltooi.

· Bring asseblief alle voltooide werkkaarte saam wanneer die skool weer heropen.

· STERKTE en geniet dit!!!

Groete

Mev. S Booysen

1. Verkeersreëls / Padtekens

1.1. Verkeersreëls vir voetgangers:

· Volg altyd al die verkeersreëls en padtekens.

· Stop, Kyk links dan regs en weer links voor jy oor ‘n pad stap.

· Moet nooit in die straat hardloop nie, maak altyd gebruik van ‘n voetoorgang. Voor jy oor die voetoorgang gaan maak seker dat jy kyk of daar motors is wat wil draai voor jy oorgaan.

· Loop altyd op die sypaadjie, as daar nie ‘n sypaadjie nie loop in die rigting van aankomende verkeer.

· Maak oog kontak met stilstaande motors voor jy oor die pad loop.

1.2. Veiligheidswenke vir Fietsryers:

· Dra altyd ‘n helmet.

· Volg die verkeersreëls en padtekens ten alle tye.

· Kyk beide kante voor jy oor ‘n pad ry.

· Gebruik ‘n rugsak vir al jou skoolwerk.

· Maak seker jy dra helder kleure sodat jy sigbaar is.

· Maak seker jou fiets is in goeie kondisie voor jy ry.

· Sit ligte aan die voor en agterkant van jou fiets.

· Ry altyd saam met ‘n vriend of ouer.

· Maak seker jy sluit jou fiets as jy by die skool stop.

Reëls vir Fietsryers:

· Dra helder, sigbare klere, verkieslik met reflektiewe bande of kolle.

· Ry saam met die verkeersvloei nie teen die verkeer nie.

· Stop vir voetgangers en ander voertuie.

· Moet nooit in swak lig of donker toestande ry sonder voor en agter fietsligte of weerkaatsers nie.

· Moet nooit in die middel van die straat ry nie !! Ry altyd agter mekaar.

· Moenie te naby aan ‘n sypaadjie ry nie, hou ‘n gemaklike afstand.

· Pasop vir motors wat uit stegies uitkom, hulle sien jou dalk nie.

· Moenie ander fietsryers aan die regterkant verbysteek nie.

· Indien nodig, maak ‘n geraas, gebruik 'n klokkie of skree.

· Moenie tussen stilstaande karre deur vleg nie.

· Wees gereed om te briek. Hou jou hande op of naby jou brieke sodat jy vinnig kan stop.

· As daar vyf of meer motors agter jou is, trek af en laat hulle verby kom.

1.3. Goeie passasiersgedrag

· Maak altyd jou sitplekgordel vas voor ‘n motor beweeg en hou dit aan totdat die motor stop.

· Moet nooit ‘n sitplekgordel deel nie, twee of meer kinders moet nooit as ‘n paar vas gemaak word nie.

· Kinders jonger as 12 moet altyd agter in die kar sit want hulle kan ernstige beserings opdoen as die lugsak ontplooi.

· Bly Kalm en rustig. Kinders moet verstaan dat hulle nie kan rondspring agter in die kar nie, dit trek die bestuurder se aandag af en stel al die passasiers in gevaar.

1.4. Skoolbusse

Veiligheidsreëls vir busse:

· Wees betyds by die busstop.

· Wanneer die bus kom tree weg van die sypaadjie af.

· Wag totdat die bus heeltemal stop en die busbestuurder die deur oopmaak voordat jy enigsins ‘n poging aanwend om nader te staan om in te klim.

· Wees ekstra versigtig wanneer jy oor die straat moet loop om op die bus te klim.

Op die bus

· Luister altyd vir die busbestuurder.

· Bly op jou sitplek en moenie skree of raas nie.

· Moet nooit een van jou liggaamsdele by die venster uitsteek nie.

· Rapporteer enige afknouery of gevaarlike situasies op die bus.

Om van die bus af te klim

· Indien jy voor die bus moet verby loop sorg dat jy ten minste 5 groot tree weg van die bus is. Maak seker dat jy en die busbestuurder mekaar kan sien.

· As jy oor die straat moet loop, wag vir die busbestuurder om vir jou aan te dui dat dit veilig is. Kyk dan links, regs en weer links voordat jy oor die pad loop.

Skoolbus Reëls

· Geen bakleiery of name noem nie!

· Geen etery op bus nie!

· Geen disrespekvolle gedrag nie!

· Geen opstanery in die bus nie!

· Geen gestamp of stoot in bus nie!

· Geen foto’s of videos word op bus geneem nie!

· Geen rondgooi van papiere of voorwerpe nie!

· Geen arms by vensters uit nie!

· Geen voete in loopvlak nie!

· Geen geskreery of hard gepratery nie!

· Kyk slegs voor jou!

· Geen sprei van haarsprei, deodorant ens. Nie!

· Behandel ander soos wat jy behandel wil word!

Bus padtekens

1. Bus en minibus alleenlik2. Bus mag nie hier stop nie

3. Bus Parkering teken4. Bus Stop padteken

4. Busbaan padteken5. Gereserveer vir busse en minibusse

Aktiwiteit 1

Knip die ontbrekende prente uit en voltooi die opdrag:

Aktiwiteit 2

Benoem die volgende padtekens en simbole:

HuisbakToilet StopFietsry baanGeen regs draaiUitgang

Verkeerslig Bus stopDraai LinksGeen U -draaiRook VerbodeParkering

Aktiwiteit 3

Voltooi die volgende:

Padveiligheid

1. Wat noem jy die volgende teken? ______________________.

2. Wat beteken die volgende teken? (groen) _______________________.

3. Wat beteken dit? ______________________________.

4. Wat is die naam van die voorwerp. __________________________.

5. Vul die ontbrekende woorde in: Wanneer jy die pad oorsteek moet jy stop,

_____________ en luister.

6. Onderstreep die korrekte woord in hakkies. Jy moet nooit oor die straat (Loop,

hardloop) nie.

7. Kyk na die prentjie dink jy die persoon kan jou oor die pad help?

_________________________.

Aktiwiteit 4

Voltooi die volgende aktiwiteit oor padveiligheid:

1. Voltooi die sinne met die woorde in die woordbank:

HelmettekenhierdieregsStopfiets

sien ligversigtigrooi WanneerGeen

Toegang

Wees altyd ________________ wanneer jy met jou ______________ in die dorp ry.

Sit altyd jou _______________ op!! Wanneer jy die _____________ sien, draai

links. _________________ jy die teken sien, draai ___________ .

Wanneer jy die teken _________, beteken dit ___________ ____________.

Wanneer jy _____________ teken sien, STOP

Wanneer die _________ groen is, kan jy ry. Wanneer die lig ________ is,

________

2. Skryf die betekenis van elke padteken onder die prentjie:

2. Kindermishandeling

Definisie van Kindermishandeling:

Seksuele mishandeling

· Enige vroeteling met ‘n kind se geslagsdele, verkragting, sodomie, penetrasie, onsedelike ontbloting van geslagsdele, bloedskande en uitbuiting.

Fisiese Mishandeling

· Enige fisiese aanranding bv. Skop, slaan, byt, wurg, brand, knyp, steek of enige ander kwaadwillige aanranding wat die kind fisies kan beseer.

Emosionele Mishandeling

· Enige gedragspatroon wat ‘n kind se waardigheid aantas, en sy emosionele ontwikkeling belemmer. Bv. Wanneer aanraking en liefde van hulle weerhou word.

Tekens van Mishandeling:

· Verwaarlosing van kinders

Fisiese Aanwysers

Gedragsaanwysers

· Swak Higiëne

· Verwaarlosing van mediese sorg (bv. Tandarts en Oogarts)

· Nie voldoende toesig.

· Bleek, lusteloos en onversorg

· Gereeld afwesig van skool.

· Onvanpaste kleredrag vir die weer en vuil klere.

· Bring gereeld nie kos skool toe nie.

· Fisiese Mishandeling

Fisiese Aanwysers

Gedragsaanwysers

· Beserings wat nie pas by die verduideliking nie.

· Die teenwoordigheid van verskeie beserings op verskillende stadiums.

· Gesigbeserings aan babas en voorskoolse kinders.

· Kan nie onthou hoe die besering plaasgevind het nie, of die verduideliking vir die besering is nie van pas nie.

· Versigtig/ Skrikkerig vir volwassenes.

· Kind koes of skrik wanneer jy onverwags aan hulle vat.

· Geweldig aggressief of teruggetrokke.

· Emosionele Mishandeling

Fisiese Aanwysers

Gedragsaanwysers

· Maak die bed nat sonder logiese mediese verklaring.

· Gereelde Psigosomatiese klagtes soos kopseer, naarheid, maagpyn.

· Kind floreer nie.

· Ernstige depressie

· Uiters aggressiewe gedrag of onttrek heeltemal.

· Of te streng of te goed gemanierd.

· Te skoon en netjies.

· Soek heeltyd aandag.

· Baie selfbewus wanneer met ander maats speel.

· Seksuele Mishandeling

Fisiese Aanwysers

Gedragsaanwysers

· Ongewone of oormatige gejeuk in of om geslagsdele en anus.

· Geskeurde, gevlekte of bebloede onderklere.

· Swangerskap

· Besering aan die geslagsdele en of anus (bv. Kneusing, swelling of infeksie).

· Seksuele oordraagbare siektes

· Speel op ‘n onvanpaste seksulele manier met speelgoed, self of ander.

· Maak onvanpaste seksuleel eksplisiete tekeninge of gee beskrywings daarvan.

· Gesofistikeerde of ongewone seksuele kennis.

· Verleidelike gedrag.

My 8 Veiligheidsreëls

Nommer 1

Ek sê altyd vir my ouer/ voog waarheen ek oppad is, hoe ek daar gaan kom, wie saam kom en wanneer ek sal terug wees.

Nommer 2

Ek vra eers toestemming voordat ek saam met iemand in ‘n motor klim, al is dit iemand wat ek ken. Ek maak eers seker met my ouers voordat ek enige planne verander of voordat ek enige verdowingsmiddels, geld of geskenke aanvaar sonder hulle kennis.

Nommer 3

Dit is altyd veiliger om in ‘n groep uit te gaan of met ‘n vriend buite te speel.

Nommer 4

Ek sê NEE wanneer iemand probeer om aan my te vat wat my bang, ongemaklik of deurmekaar laat voel. Vertel altyd ‘n volwassene of iemand wat jy vertrou wat gebeur het.

Nommer 5

Ek weet dat dit nie my skuld is as iemand op ‘n onvanpaste wyse aan my gevat het nie en ek hoef nie skuldig te voel of dit geheim te hou nie.

Nommer 6

Ek vertrou my eie gevoelens en praat met volwassenes oor probleme wat te groot is, om op my eie te hanteer. Daar is baie mense wat omgee en sal luister wat ek sê en my glo. EK IS NIE ALLEEN NIE.

Nommer 7

Dit is nooit te laat vir hulp nie, ek sal aanhou vra totdat ek die hulp kry wat ek nodig het.

Nommer 8

Ek is spesiaal en verdien om veilig te voel.

My reëls is:

1. Vra altyd toestemming

2. Moet nooit alleen uit gaan nie.

3. Sê NEE, gaan en vertel.

4. Ek luister na my gevoelens / Praat met volwassenes oor probleme en bekommernisse.

Hoe om Kindermishandeling te hanteer

As ‘n kind jou van sy/ haar mishandeling vertel

MOETS

MOENIES

· Bly Kalm

· Glo die kind

· Laat die kind toe om te praat.

· Toon belangstelling en kommer.

· Stel gerus en ondersteun die kind.

· Neem aksie en rapporteer dit. Jy kan ‘n kind se lewe red!

· Moenie paniekerig raak en oorreageer nie.

· Moenie die kind dwing om te praat nie.

· Moenie enige iets belowe wat jy nie beheer oor het nie.

· Moenie die oortreder konfronteer nie.

· Moenie die kind blameer of sy gevoelens verkleineer nie.

· Moenie die kind oorweldig met vrae nie.

Waarskuwingstekens oor mishandeling

Wanneer ek onveilig voel weet my liggaam dit...

My hare staan regop.Begin huil

Kry hoendervleisHart klop vinniger

Handpalms begin sweetHol kol op my maag / voel naar

Moet toilet toe gaanBewerig

Bene voel lam

3. Hoe om geweld te stop

· Praat dinge uit, moenie geweldadig raak of wapens gebruik nie.

· Leer veilige staproetes ken in jou omgewing en weet waar om die regte hulp te kry.

· Rapporteer enige misdaad en verdagte optredes aan die regte owerhede.

· Moenie die deur vir enige iemand wat jy nie ken of vertrou oop maak nie.

· Moet nooit saam met iemand gaan wat jy nie ken of vertrou nie.

· As enige iemand jou probeer mishandel sê NEE en kom weg van die persoon af. Onthou dit is nie jou skuld nie.

· Moenie alkohol en dwelms misbruik nie en bly weg van mense en plekke wat daarmee geassosieër word.

· Verkeer saam met vriende wat ook teen dwelms en geweld is.

· Raak betrokke by projekte om skole veiliger te maak.

· Help die jonger geslag om te voorkom om nie deel van die misdaad statistiek te word nie.

Nood nommers vir Mishandeling en geweld

1. Childline Suid- Afrika

· Webtuiste: https://www.childlinesa.org.za

· Hulplyn: 0800 055 555

2. Child Welfare Suid- Afrika

· Webtuiste: http://childwelfaresa.org.za

· Hulplyn: 074 080 8315

3. The Trauma Centre

· Webtuiste: http://trauma.org.za

· Hulplyn: 021 465 7373

· Epos: [email protected]

Aktiwiteit 1

Voltooi die volgende aktiwiteit:

My Vrese

1. Noem ‘n paar dinge wat jou bang en angstig maak.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

2. Waaraan dink jy as jy bang en senuweeagtig raak?

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

3. Hoe voel jou liggaam wanneer jy bang en angstig raak? Kleur die gedeeltes waar jy dit voel op die prentjie in.

4. Noem iets wat jy kan doen om jouself beter te laat voel wanneer jy weer bang of angstig voel.

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

Aktiwiteit 2

Kring van veiligheid

Daar is baie mense wat omgee oor jou en jou veiligheid. Dit is mense na wie toe jy gaan vir hulp en met wie jy kan praat as iets gebeur.

Teken jouself in die middel van die bladsy en maak dan ‘n kring van veiligheid en skryf mense se name neer wat jou help om veilig te voel, jy kan ook hulle nommers by skryf.

Aktiwiteit 3

Beantwoord die volgende vrae om jou vlak van angstigheid te bepaal:

1. Wat laat jou angstig voel?

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

2. Watter ander gevoelens beleef jy tans?

_____________________________________________________

3. Hoe lank voel jy al so?

___________________________________________________________________

4. Wat doen jy om dit beter te maak?

___________________________________________________________________

___________________________________________________________________

5. Wat het dit erger gemaak?

___________________________________________________________________

6. Wat het jy op die oomblik nodig?

___________________________________________________________________

7. Wat kan jy doen om beter te voel?

a). ____________________________b). ___________________________

c). ____________________________d). ___________________________

18