Upload
others
View
6
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1��
Week 2
Dag 1
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Klankkaart: ou (Apparaat)
Dubbelklankstorie: ou (bl. 9)
Assosiasieprent “ou vir ouma” (bl. 200)
Letterkaartjies
Prent: “Etenstyd” (bl. 201)
Kleurpotlode
Leesboek 4 bl. 5 en 6
Werkboek 4 bl. 19-21
Natrekvel “ou” (bl. 202)
Plastiese koeverte
Witbordmerkers
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Die onderwyser stel klank vir die week bekend: ou. Die onderwyser sit die
klankkaart van ou (Apparaat) teen die bord.
Vertel die storie van ou uit die Dubbelklankstories op bl. 9 van hierdie
handleiding.
Sit die vergrote Assosiasieprent “ou vir ouma” teen die bord.
Die onderwyser lees die rympie op die Assosiasieprent vir die leerlinge.
Vra een leerling om die ou-klanke in die rympie op die bord met vetkryt te
omkring.
Leerlinge sê ou-woorde en die onderwyser bou dit met letterkaartjies op die
bord.
Leerlinge bou hulle eie ou-woorde met letterkaartjies op tafels.
8� ������
������
� ������
��
Week 2
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees
Die onderwyser vergroot die prent “Etenstyd” (bl. 201) tot A3 en sit dit op
teen die swartbord.
Leerlinge bespreek die prent.
Vra die volgende vrae aan die leerlinge: 1. Hoeveel kinders is in die gesin? 2. Wie dek die tafel? 3. Wat doen pappa? 4. Dink julle die kinders mors baie?
Vra nog van jou eie vrae om aan die leerlinge te vra.
Fotostateer die prent vir elke leerling sodat leerlinge die prent kan inkleur.
Aktiwiteit 4: Groeplees
Groepe 1 en 2 kry geleentheid om bl. 5 en 6 uit Leesboek 4 te lees onder be-geleiding van die onderwyser.
Praat oor prente of illustrasies en wys belangrike inligting uit.
Stel vrae oor moontlike verloop en begrip.
Bespreek nuwe en moeilike woorde voordat die leerlinge die teks self lees.
Die onderwyser beweeg van leerling tot leerling en luister na ’n kort
teksgedeelte wat hardop gelees word.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:Leerlinge vul die regte woord by die regte prent in op bl. 19 van Werkboek 4.
Leerlinge kleur die prentjies in.
Leerlinge kleur die blomme met die ou-klank met blou in op bl. 20 van Werk-
boek 4.
Leerlinge knip ou-woorde uit tydskrifte en plak dit op bl. 21 van Werkboek 4.
3� ������
�� ������
���
Week 2
Aktiwiteit 5: Handskrif
Doen vingeroefeninge:
1. Raak met jou duim aan elke vinger van jou hand. Doen oefening met linker- en regterhand.
2. Speel klavier: Maak jou hand in die vorm van ’n voëltjie se nessie. Speel met jou vingers 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande.
3. Maak ’n vuis met jou hand en los die vingers een vir een 1, 2, 3, 4, 5. Doen dit met beide hande.
4. Maak ’n vuis en skiet al die vingers gelyk los. Herhaal.5. Loop soos ’n spinnekop met jou vingers op jou tafeltjie.
Die onderwyser wys weer die ou-klank en wys beginpunte en skryfrigting van
beide letters.
Leerlinge oefen op hulle tafels.
Deel vir elke leerling Natrekvel “ou” uit. Leerlinge trek die ou-klank na op
die plasiek koevert met witbordmerkers.
�� �����
200
ouma
koud oupagou
houtsoutoud
rou
mou
bou
201
202
oupa
kous mou
2!"
Week 2
Dag 2
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Leesboek 4 bl. 5 en 6
Werkboek 4 bl. 22-24
Kleurpotlode
Natrekoefening: ou (bl. 205)
Plastiese koeverte
Witbordmerkers
Skrifboek bl. 81
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant en die leerling teken daarby.
Aktiwiteit 2: Groeplees
Groep 3 en 4 lees vandag bl. 5 en 6 van Leesboek 4.
Aktiwiteite word vir die twee groepe herhaal.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leesaktiwiteit 1:
Leerlinge soek en omkring die ou-klanke op bl. 22 van Werkboek 4.
Leerlinge skryf ses ou-woorde neer op bl. 22.
Leesaktiwiteit 2:
Leerlinge skryf die regte woord in die blokkie wat pas op bl. 23 van Werk-
boek 4.
#$ %&'()*
+, %&'()*
-$ %&'()*
./0
Week 2
Aktiwiteit 3: Klanke
Die onderwyser deel vir elke leerling Natrekoefening: ou uit.
Leerlinge trek die ou-klank en woorde na met witbordmerkers.
Leerlinge kleur die prentjies in.
Aktiwiteit 4: Handskrif
Leerlinge oefen die ou-klank in groepies op die swartbord in die klas en op
hulle witborde.
Lê weer klem op beginpunte en skryfrigting.
Leerlinge skryf strokie 22 op bl. 81 in die Skrifboek:
ou tou mou pou vou
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge skryf die regte woord langs die regte prent op bl. 24 van Werk-
boek 4.
45 679:;<
4= 679:;<
4= 679:;<
voutvoutvout
>?@
Week 2
Dag 3
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Werkboek 4 bl. 25-30
Gedig: “Liefde” (bl. 208)
Leesboek 4 bl. 7 en 8
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant.
Aktiwiteit 2: Klanke
Leerlinge lees en klank ou-woorde saam met die onderwyser op bl. 25 van
Werkboek 4. Leerlinge teken twee ou-woorde.
Aktiwiteit 3: Gedeelde lees/skryf
Die onderwyser vergroot die gedig “Liefde” van A.G Visser en lees dit vir die
leerlinge.
Werkboek 4.
Leerlinge doen die werkopdrag op bl. 27 van Werkboek 4. (Gedeelde skryf)
AB CDEFGH
IJ CDEFGH
IB CDEFGH
IB CDEFGH
KLM
NO PQRSTUVWXYZYX[YX \] ^_`[ab[[c
Groep 1 en 2 lees by die onderwyser uit Leesboek 4 bl. 7 en 8.
Die onderwyser bespreek nuwe en moeilike woorde.
Die onderwyser lees en leerlinge luister.
Leerlinge lees individueel.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge lees die raaisels op bl. 28 van Werkboek 4 vir mekaar. Leerlinge
kies die regte nommer van elke dier en skryf dit by die raaisel wat pas.
Leerlinge bou ou-woorde en skryf dit neer op bl. 29 van Werkboek 4
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge voltooi die woorde deur die ou-klank in te vul op bl. 30 van Werk-
boek 4.
Leerlinge voltooi die sinne onder op bl. 30.
15 minute
208
def
Week 2
Dag 4
Leermateriaal
Weerkaart
Klaskoerant
Leesboek 4 bl. 7 en 8
Werkboek 4 bl. 31-34
Kleurpotlode
Skrifboek bl. 81
Witborde
Witbordmerkers
Aktiwiteit 1: Luister en praat
Bespreek die weer en pas die Weerkaart aan.
Wens die leerlinge wat verjaar geluk.
Bespreek die spesiale geleenthede van die dag.
Voltooi die register.
Luister na ’n paar leerlinge se nuus. Skryf een leerling se nuus in die
Klaskoerant en die leerling teken daarby.
Aktiwiteit 2: Groeplees
Groep 3 en 4 lees by die onderwyser uit Leesboek 4 op bl. 7 en 8.
Dieselfde aktiwiteite word herhaal wat reeds met groep 1 en 2 gedoen is.
Aktiwiteite vir leerlinge wat nie deelneem aan groeplees nie:
Leerlinge lees die teks “Oupa se kous” op bl. 31 van Werkboek 4 en doen
die opdragte.
Leerlinge kyk hoeveel ou-woorde hulle kan bou met die letters op bl. 32 van
Werkboek 4.
gh ijklmn
op ijklmn
qh ijklmn
rst
Week 2
Aktiwiteit 3: Klanke
Leerlinge doen die volgende opdragte op bl. 33 van Werkboek 4:
Leerlinge vul die ou-klank in om die woord te voltooi.
Leerlinge bou ou-woorde.
Leerlinge kleur die woorde in wat rym.
Leerlinge lees die sinne en omkring al die ou-woorde.
Aktiwiteit 4: Handskrif
Leerlinge oefen die woorde op hulle witborde: boud, koud, goud, hout, sout,
fout.
Leerlinge skryf strokie 23 op bl. 81 in die Skrifboek:
boud koud goud oud hout sout fout
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge maak sinne op bl. 34 van Werkboek 4 met die woorde: tou, boud, sout en hout.
uv wxyz{|
u} wxyz{|
u} wxyz{|
~��
Week 2
Dag 5
Leermateriaal
Werkboek 4 bl. 35-36
Rympie: “Vingerrympie” (bl. 213)
Leesboek 4 bl. 5-8
Skrifboek bl. 82
A5 woordeboekie
Aktiwiteit 1: Klanke
Leerlinge bou ou-woorde met die vloeidiagram op bl. 35 van Werkboek 4.
Aktiwiteit 2: Gedeelde lees
Die onderwyser vergroot die rympie “Vingerrympie” en lees dit vir die leer-
linge vanaf swartbord.
Leerlinge soek rymwoorde.
Leerlinge probeer die rympie memoriseer.
Aktiwiteit 3: Groeplees
Elke groep kom lees ± 5 minute by die onderwyser uit Leesboek 4, bl. 5-8.
Gee geleentheid vir leerlinge wat individueel wil lees.
Leerlinge lees leesboeke uit leeshoekie.
Alle leesaktiwiteite word voltooi en afgerond in die tyd wat die groepe lees.
85 minute
�� ������
�� ������
�� ������
���
Week 2
Aktiwiteit 4: Handskrif
Leerlinge doen vingeroefeninge soos by Dag 1.
Leerlinge skryf strokie 24 op bl. 82 in die Skrifboek:
Otto bou ’n kouOupa en Ouma is oud
Aktiwiteit 5: Selfstandig skryf
Leerlinge maak sinne op bl. 36 van Werkboek 4 met die woorde: pou, woud,
oud en fout.
Leerlinge skryf drie ou-woorde in hulle woordeboekies.
�� ������
�� ������
213
���� ���flink en gou