4
Missie: Effektiewe Woordbediening sodat die eerste liefde na binne en buite leef. Visie: Om ‘n eerste-liefde gemeente van Christus te wees. Ds. CA Jansen: Sel: 082 859 1499 Tel/faks: 017 634 2454 Epos: [email protected] Admin/Koster: Marléne vd Walt Sel: 082 823 9827 Tel/faks: 017 634 2081 Epos: [email protected] Oggenddiens: 1 Desember 2019 TEMA: Verwyte en ondankbaarheid pas nie by gelowiges nie. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 147:1 & 3 Belydenis van geloof Instemming—Amen VEROOTMOEDIGING EN VERSOENINGSDIENS Wet van die Here Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS Gebed Liefdegawes Sing Psalm 103:1,2 Seën Amen Aanddiens: 1 Desember 2019 TEMA: Tot beskikking van die Here. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 105:1 & 2 WOORDDIENS Gebed Sing Skrifb 2-4:1 & 2 Skriflesing Lukas 1:26 - 38 Fokus Lukas 1:38 Prediking ANTWOORDDIENS Gebed Liefdegawes Sing Psalm 45:9 & 10 Seën Amen Magaliesburgse Aandlied—L 566

WOORDDIENS - GK Secunda · Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed ANTWOORDDIENS Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: WOORDDIENS - GK Secunda · Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed ANTWOORDDIENS Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS

Missie: Effektiewe Woordbediening sodat die eerste liefde na binne en buite leef.

Visie: Om ‘n eerste-liefde gemeente van Christus te wees.

Ds. CA Jansen:

Sel: 082 859 1499

Tel/faks: 017 634 2454

Epos: [email protected]

Admin/Koster: Marléne vd Walt

Sel: 082 823 9827

Tel/faks: 017 634 2081

Epos: [email protected]

Oggenddiens: 1 Desember 2019

TEMA: Verwyte en ondankbaarheid pas nie by gelowiges nie. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 147:1 & 3 Belydenis van geloof Instemming—Amen VEROOTMOEDIGING EN VERSOENINGSDIENS Wet van die Here Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS Gebed Liefdegawes Sing Psalm 103:1,2 Seën Amen

Aanddiens: 1 Desember 2019 TEMA: Tot beskikking van die Here. ONTMOETINGSDIENS Votum Groetseën Lofsang Psalm 105:1 & 2 WOORDDIENS Gebed Sing Skrifb 2-4:1 & 2 Skriflesing Lukas 1:26 - 38 Fokus Lukas 1:38 Prediking ANTWOORDDIENS Gebed Liefdegawes Sing Psalm 45:9 & 10 Seën Amen Magaliesburgse Aandlied—L 566

Page 2: WOORDDIENS - GK Secunda · Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed ANTWOORDDIENS Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS

Diensbeurte vir:

SONDAG 1 DESEMBER 2019 OUDERLING: Koos Cronje & Emile Blaauw DIAKENS: Riandi De Vos &

Reinette Blaauw SONDAG 8 DESEMBER 2019

OUDERLING: Johan van Der walt & Len van Leeuwen DIAKENS: Lunell Reyneke

Kollektes:

SONDAG 1 DESEMBER 2019 Onder die diens is vir die Diakonie

BY DIE DEURE STREEK SUSTENTASIE

SONDAG 8 DESEMBER 2019 Onder die diens is vir die Diakonie

BY DIE DEURE THUSOFONDS

Afkondigings:

Verjaarsdae in ons Gemeente:

1 Des DJ Loock, (84) Ella Van Zyl

2 Des Maritza Graham 082 854 8765

3 Des Gerhard Mynhardt 082 554 2809

5 Des Carmen Neethling 071 363 5712, George Nelson 082 464 1652

6 Des Ashley Wentzel (082 564 1779

7 Des Mareike Myburgh 082 824 6682, Gertus Van Tonder

Ons sing vir die wat verjaar: Die dooplidmate is kursief gedruk

Bankbesonderhede

Kerk SE REKENING: ABSA Secunda tak 632005

Rekening 151 0340 023 Gereformeerde Kerk Secunda

Diakonie se rekening:

ABSA 151 034 0465 Gereformeerde Kerk Secunda

Diakonie

Die GDA se rekening: ABSA 151 0340 317

Gereformeerde Susters Secunda-Oos

Maak asb. seker dat u by die regte rekening inbetaal en dat u verwysing

korrek is.

Omgewingspitkos (vervolg)

Dr S: U Owerste, ek kan sien u voel misken en bedreig. Maar …..

O: Toemaar, Doktor, ons voel nie bedreig nie! Ons weet ons sal oorleef. Gelukkig is

daar mense wat anders as u dink ( of nie dink nie). Sulke mense is hulle waaroor die

joernalis in “30% van die wêreld se kos word vermors!” skryf: daardie “vermorste” kos

is ons kos: dit maak dat ons oorleef en floreer. In u “flits” oor die dreigende

mielieoesramp beskryf u mooi hoe mense se landboumetodes ons van genoeg kos

voorsien. Ons rietrotte kon eers suid in Afrika migreer toe mense sorghum, mielies en

veral suikerrriet daar begin plant het. Met verstedeliking het vullishope gekom – en dis

vol kos! Dus: ons voel nie bedreig deur mense nie - net beledig omdat julle ons nie

aanvaar as bondgenote en selfs redders nie! Die belange van die BBR is ook julle

belange! 9

Dr S: U Owerste, ek sien nou mense is die skeppers van „n rottehemel! Maar aan die

ander kant en met respek: rotte en muise is draers van kieme en bakterieë en virusse

wat mense doodmaak!

O: As dit so is: hoekom gaan ons nie dood nie?! U sien nou hopelik waarom ons „n

trotse nasie is: julle kan by ons leer hoe om te oorleef in plaas daarvan dat julle ons as

peste beskou en wil uitroei! Voordat julle nie by ons leer nie, sal julle altyd swak en

sieklik bly, want die kieme an bakterieë en virusse sal julle steeds bedreig al is ons

almal dood.

Dr S: U Owerste, u laat my dink! Ons as mense glo ons is geskep om die skepping te

bestuur tot eer van die Skepper en tot welsyn van almal en alles. Dit lyk my na „n

bomenslike taak!

O: Ek is bly as u begin dink! Ek hoop u kom tot besinning oor ons.

Op pad huistoe draai Dr Strooiprater se kop. Wie is te blameer? Wat is die oplossing?

Tog lyk dit vir hom asof mense se verantwoordelikheid al groter word. Na alles het die

Skepper hulle met die verstand bedeel om logies te dink, alle werklikhede te oorweeg,

oplossings te vind en verantwoordelikhede te aanvaar – in teenstelling met Die

Owerste wie se status berus op sy gewig, die lengte van sy tande en die intimiderende

aanwesigheid van sy lyfwag!

(Flits deur DC Coetsee)

Page 3: WOORDDIENS - GK Secunda · Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed ANTWOORDDIENS Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS

Omgewingspitkos

DIE ROTTEHEMEL: “30% VAN WêRELD SE KOS WORD VERMORS!”

Dr Henk Strooiprater, mondstuk van die GKSA se Deputate:Omgewing, se positiewe

interaksie met die Bestuur van ABDM (Assosiasie vir die Beskerming van Diere teen

Mense) (“Flits” nr 3) het oral instemmende reaksie ontlok - en veral eenstemmigheid

daaroor dat die mensdom deur hul getallegroei en lewenstyl self die grootste bedreiging

vir „n gesonde ekologie vorm. Selfs h joernaliste het „n hernude belangstelling daarin

begin toon en „n artikel wat opslae gemaak het, het as opskrif gehad: “30% VAN DIE

WêRELD SE KOS WORD VERMORS!”. Dr Strooiprater was dus uit die veld geslaan

toe hy „n oproep ontvang van die voorsitter van die “Beweging vir die Belange van

Rotte” (BBR) wat hom en die ABDM beskuldig van eensydigheid en totale

ongevoeligheid omtrent die oorlewing en welsyn van „n tiende van die wêreld se

soogdierbevolking: rotte en muise.

Omdat dr Strooiprater graag waarheidsgetrou en gebalanseerd wil wees - en so gesien

wil word – is „n samespreking gereël met Sy Edele, die Heer Rietrot, owerste van BBR.

Die Owerste het opgedaag vergesel van „n lyfwag {“vir veiligheidsredes”) van die

kapteins (gekies weens hulle skerp tande, ratsheid, vermoë om maksimum-beveiligde

persele binne te dring, aggressiewe geaardheid en onversadigbare eetlus) van die twee

mees algemene rotsoorte: bruin rotte en swart rotte.

Dr Strooiprater: Ek is werklik jammer, meneer, dat ek ongevoelig oorgekom het met

betrekking tot die welsyn van u spesie, maar ek is daarvan oortuig dat my eie spesie

deur ons ongebreidelde aanwas en verbruikersmentaliteit en -lewenstyl alle lewe op

aarde in gevaar stel – en alle lewe is kosbaar.

Owerste: U kan my gerus maar aanspreek as “U Owerste”. Dis die gepaste

aanspreekvorm, want in ons spesie is ek onbetwisbaar die gewigtigste: 8 kilogram! My

voortande is 1 sentimeter lank en ek kan enige soort riet of plank binne 10 sekondes

afvreet! So is een hap genoeg om enige ander rot of muis wat ongedissiplineerd en

dom genoeg is om my teen te staan, tot besinning te bring. Ek sou u dus aanraai om

konsensus te soek en nie konflik nie - soos by voorbeeld in die eerste sogenaamde

“flits” wat u die wêreld ingestuur het: “Nasionale ramp dreig; 500 ton saadmielies

tekort!” – en dan ons rotte blameer en die uile ophemel as potensiële redders van die

mielieoes! Sien u hoe ongevoelig u is omtrent ons welsyn en die regte van rotte?

Lief & leed in ons Gemeente:

Sarel en Belinda Buys se eersteling (dogtertjie) is afgelope week

gebore. Saam met die dankbare blydskap tegelyk ook kommer: sy is in

die pediatriese intensiewe eenheid, agv van asemhalingprobleme,

omdat haar longetjies nie reg wil funksioneer nie.

Cora van Renssen was ook in Hoëveld Medi Clinic agv ‘n lelike

veluitslag, simptoom van ‘n baie hoë allergietelling.

Hospitaalbesoek:

Indien daar lidmate, kinders of familielede wat siek is of in die hospitaal opgeneem is, kontak asb kerkkantoor 017 634 2081 of sms

vir Marléne 082 823 9827.

Die kerkraad hou aan die gemeente ter

approbasie (kerklike goedkeuring) voor ,

vir die 3 de Sondag:

Vir die amp as diaken:

1. Br. Jean-pierre (jp) visser

2. Sr. Riana swart

Hiervoor het die kerkraad met erns besin oor die geskiktheid van ons

broers/susters, en Bevestiging vind plaas 8 Desember 2019,

Tydens DIE AANDEREDIENS

Page 4: WOORDDIENS - GK Secunda · Sing Psalm 94:6 WOORDDIENS Gebed ANTWOORDDIENS Sing Psalm 67:1,2,3 (NO) Skriflesing Numeri 11:1 – 20 en 31 - 35 Fokus Numeri 11:34 Prediking ANTWOORDDIENS

SKINKBEURTE:

NA ELKE OGGENDDIENS EN AANDDIENS:

Na erediens by die saal „n lekker koffietjie ... of tee, of rooibos. Dis “koinonia”- geleentheid: betrokkenheid by mekaar om mekaar te verryk. Kan ons „n “fooitjie-bakkie” by die tee/koffie plaas, sodat almal daardie ietsie

ekstra gee om die 100% suiwer koffie te kan aankoop. Almal wil saam „n heerlike koppie koffie of tee geniet en daarom wil ons dames graag die voor-raad van die kombuis aanvul. Ons vra of elke suster wat kan, maandeliks „n

voorafbepaalde item sal skenk.

SKINKBEURT: GDA Bestuur

Ons wil vra: help asb met die skenk van koffie& melk. Ons het nie ‘n aparte fonds hiervoor nie. Of gee asb donasie in

die bakkie op die bedieningstoonbank. Dan kan almal deelneem aan ons koffie en tee.

VREEMDELING?

Is u ‘n nuwe intrekker/lidmaat van wie ons nie weet nie? Dit gebeur dat ander kerke ons nie kontak oor mense wat hier intrek nie. Indien u dalk baie vreemd voel en niemand met u kontak maak nie, maak asb kontak

met die Kerkkantoor 017 643 2081—Marléne) wat dit mag wees dat ons geen inligting van u het nie. Of: as u van iemand weet, gee die

kontakbesonderhede.

MET SERTIFIKAAT AANGEKOM VANAF NG GEMEENTE GROBLERSDAL:

ANNA JACOBA BUÿS (Néé DU PREEZ) OPGENEEM IN ONS GEMEENTE:

ALETTA CATHARINA SWART

Bybelstudie sal weer hervat word in 2020. lekker uitrus almal!

ALMANAK 2020

Die bekende Bybelse Dagboek vir 2020, met al die kerke-inligting.

Baie goeie Bybelse dagstukkies, wat jou in jou geloof begelei.

Koste: R 86 elk.

BRING ASB DIE REGTE GELD, ONS HET NIE KLEINGELD NIE.

‘n Kosbaarheid wat u nie wil mis nie.

GELOFTEDIENS

16 Desember 2019, om 09:00 Hervormde Kerk Secunda

Gelei deur Ds Martin Meyer.

Tydens die diens word die gelofte gelees, die 4e strofe van Die Stem gesing. ‘n Deurkollekte word gehou vir Bybelverspreiding.

Na die diens ‘n videovertoning rakende die gebeure by Bloedrivier.