24
Standard Jou vallei - Jou nuus Jou vallei - Jou nuus Donderdag, 7 Augustus 2014 Prys: R5.00 Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | [email protected] | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na-ure Nuuslyn 082 570 0906 KLOPJAGTE: DWELMS EN WAPENS GEKONFISKEER Polisie op ’n missie Polisie op ’n missie JOLINE VAN DER MERWE Die Worcester-polisie is op ’n missie om die strate weer dwelmvry te maak. Die afgelope week alleen is daar beslag gelê op dwelms met ’n straatwaarde van omtrent R90 000 in ’n agterplaas in Ysselstraat en ’n vuurwapen, tik en petrolbomme is Donderdagoggend gedurende ’n klopjag in die Riverview-woonstelle gevind. VOLLEDIGE BERIG OP BLADSY 3.

Worcester standard 07 08 2014

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Worcester standard 07 08 2014

Citation preview

Page 1: Worcester standard 07 08 2014

StandardJou vallei - Jou nuusJou vallei - Jou nuus

Donderdag, 7 Augustus 2014 Prys: R5.00 Hoogstraat 116, Posbus 31, Worcester, 6849 | Tel 023 347 0968 | Faks 023 347 3639 | [email protected] | www.worcesterstandard.com | wstandard.mobi | Na­ure Nuuslyn 082 570 0906

KLOPJAGTE:DWELMS ENWAPENSGEKONFISKEER

Polisieop ’nmissiePolisieop ’nmissie

JOLINE VAN DER MERWE

Die Worcester-polisie is op ’n missie om die strate weer dwelmvry te maak. Die afgelope week alleen is daar beslag gelê opdwelms met ’n straatwaarde van omtrent R90 000 in ’n agterplaas in Ysselstraat en ’n vuurwapen, tik en petrolbomme isDonderdagoggend gedurende ’n klopjag in die Riverview-woonstelle gevind. VOLLEDIGE BERIG OP BLADSY 3.

Page 2: Worcester standard 07 08 2014

2 Standard7 Augustus, 2014

NuusNews

Amper200 titelaktesvir Stofland-huiseoorhandig“Ek is baie trots, tevrede en ge-lukkig oor die huis wat ek ont-vang het. Vir vyf jaar het ek enmy twee kinders in ’n hok inGG-Kamp (Sandhills) gebly onderbaie moeilike omstandighede,maar lewe nou baie meer gerief-lik.”

Só het ’n trotse Corrie Oliphantaan die Standard gesê nadat sy on-langs haar splinternuwe huis inStofland vanaf die Breedevallei-mu-nisipaliteit (BVM) ontvang het.

Oliphant en 198 ander begunstig-des het titelaktes ontvang en is nouvolwaardige eienaars van die eien-dom. Die oorhandiging vorm deelvan die BVM se Stofland Fase 1 Be-huisingsprojek.

Die uitvoerende onderburge-meester by die BVM, rdl. John Le-

vendal,hetdieoorhandigingvandie199 titelaktes waargeneem.

Volgens die portefeuljehouer virbehuising, rdl. Eileen Sheldon, hetdie Breedevallei-munisipaliteit totop datum 964 titelaktes van projek-behuising oorhandig.

Sheldon het aan die Standard be-vestig dat die spesifieke projek inStofland in ses fases opgedeel word,waarvan200huiseper fasegebouenoorhandig word. “Daar sal ’n totaalvan 1 400 huise gedurende hierdieStofland-behuisingsprojek gebouword,” het Sheldon gesê.

ToedieStandardhaarvrahoeveelmense nog op die waglys is, het sygereageer deur te sê “daar is nog25 000 mense wat op die waglys is.”

Sheldonhetdievoordelevanhuis-eienaarskap aan die begunstigdesverduidelik, maar het terselfdertyd

gesê dat daar ook verantwoordelik-hede is.

Oliphant het aan die Standardverduidelik dat haar man sedert1992 op die waglys was. “My man isnet voor die oorhandigingsprosesoorlede. Ek wil net baie dankie aandie Breedevallei-munisipaliteit sêdat hulle dit moontlik gemaak hetdat ek en my twee kinders in ’n huiskan bly,” het Oliphant gesê.

Elke huis het twee slaapkamers,’n sitkamer, ’nkombuis en ’nbadka-mer.

Nuwe eienaars word ook aange-moedig om die eiendom te versekeren ’n testament in plek te kry.

Sheldonhetbygevoegdatalles ge-doen word om die proses te versnelsodatanderbegunstigdesooksogouasmoontlikdievreugdevanhuiseie-naarskap kan smaak.

Hier (van links) staan die onderburgemeester by die Breedevallei­muni­sipaliteit, rdl. John Levendal, Corrie Oliphant (huis­eienaar) en rdl. Ei­leen Sheldon.

Dagga found in Pine ValleyTwo police officers from the Wolse-ley police station recently seizeddaggawith a street value ofR100 000in an informal settlement in PineValley.

The officers received a tip-offfrommembers in the communityonSaturday 2 August, who directedthem to a shack in Pine Valley.

SergeantPJGeldenhuysand Con-stable Heinrich September reactedswiftly at around 23:50 and cameacross big quantities of dagga.

The officers confiscated a bigblack plastic basin and two big hes-sian bags full of dagga. The totalweight of the dagga seized is51,28 kg.

One woman was arrested for be-ing in possession of dagga and the

case has been postponed until today(Thursday 7 August). She remainsin custody.

According toWolseleySAPScom-munications officer, Sergeant Me-ryll Africa, it is important that thiskind of cooperation between the po-lice and the community remains in-tact in their mission of rooting outthe cancer of drug-trafficking andtrading in the area.

Africa encourages the communi-ty to report to the police when drug-related activities occur in their ar-ea. They can call Sergeant PatrickVisser (Sector Commander urbanarea) on 082 522 3127 orSergeantAn-ton Bester (Sector Commander ru-ral area) on 082 411 3057 with any in-formation.

Here Constable Heinrich September poses with the 51,28 kg of dagga thathe and his colleague, sergeant PJ Geldenhuys, confiscated in Pine Valleylast Saturday.

ANC VROUELIGA GEE67 MINUTE AAN MIN-DERBEVOORREGTES: Asdeel van die ANC Vroueliga(Worcester­tak) se 67 minutevir Madiba­dag het diegroep besluit om sop in Rus­sel­skema aan die minder­bevoorregtes uit te deel. Dievroueliga het ook worsrolle­tjies uitgedeel en het verskil­lende sport­aktiwiteite soosrugby en domino’s vir diekinders aangebied. Sowat200 kinders en 40 volwas­senes het die geleentheidbygewoon. Hier oorhandigMagrieta sop aan Marie vanEeden. In die middel is Al­ma Schroeder.

VALS R200-NOTE: ’nSwart tas met 83 ofR16 600 se vervalste R200­note is Vrydag onder diebed in ’n huis in New Man­dela Square, Zweletembagevind. Die polisie is ont­bied nadat leerders by ’nskool met die vervalste noteopgedaag het. Een van dieleerders het tydens die on­dervragingsproses erken hyhet dit by ’n vriend gekry,wat die polisie na die tasgelei het. Volgens die 15­ja­rige seun het hy glo die tasmet die vervalste note op­getel. Konstt. Lesedi Modis­adife en Natasha Wentzelis die ondersoekbeamptes.FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Page 3: Worcester standard 07 08 2014

3Standard7 Augustus, 2014

NuusNews

R90000sedwelmsgevindJOLINE VAN DER MERWE

’n Vuurwapen, tikstrooitjies,geld en petrolbomme is Donder-dag omstreeks 11:00 by die E- enF-blok van die Riverview-woon-stelle gevind tydens ’n klopjagdeur die Worcester-polisie.

Die klopjag kom ná verskeieskietvoorvalle die afgelope tyd indie woonstelle. Volgens kapt. Ha-roldJosephs,hoofvandiepolisiesebendetaakspan, is Woensdagaand(30 Julie) ook petrolbomme na mo-tors in die straat gegooi.

Volgens Josephs het die polisielasbriewebekomomagtwoningsindie E- en F-woonstelblokke te deur-soek in ’n gesamentlike pogingdeur lede van die polisie se bende-eenheid, speurtak, operasie Com-bat en die honde-eenheid.

Drie mans is tydens die klopjagin hegtenis geneem en ’n jong vrouis vir ondervraging in hegtenis ge-

neem.Chaos het uitgebreek toe poli-

siebeamptesdiejongvroudietrap-pe af begelei het. Woedende inwo-nershetnadie jongmagegryp ter-wyl sy na die polisiewa geloop het– die vrou het glo ’n pasgebore ba-ba en inwoners was bekommerdoor waar die baba gaan bly. ’n Fa-milielid het na die baba omgesien.

Talle nuuskierige inwoners hetnadergestaan toehullediepolisie-beamptes sien vertrek. Daar wasgemengde gevoelens onder die in-woners van Riverview. Een per-soonhetgesê,“diewoonstelleraaknou so gevaarlik hy kan nie eerswaag omsyma te gaankuier nie”.

’nAnder inwonermeendiepoli-sie het onregverdig opgetree om-dat hulle almal wat ten tyde vandie klopjag tussen die woonstellewas, op die grond laat lê en deur-soek het.

)In ’n afsonderlike voorval hetdie polisie se honde-eenheid Vry-

dag beslag gelê op sowat 600 man-drax-tablette, 41 patrone, 200 g tik-kristalle en ’n onbekende dwelmwatdiepolisievermoed ecstacykanwees. Die dwelms is omstreeks08:00 in ’nagterplaas inYsselstraat,Riverview gevind.

Diepolisiehetop ’nwenkvandiegemeenskapreageer. ’nMan(19), ’nleerder van die Hoërskool Breëri-vier, is vir die besit van dwelms inhegtenis geneem.

Kol. Willis Smith van die Worce-ster-polisiesêdaaris ’ntendensomleerders te gebruik om dwelms testoor. Smith maan die jeug om niebetrokke te raak by dwelm-aktiwi-teite nie omdat hulle vervolg salword. Die straatwaarde van diedwelms is sowat R90 000.

Inwoners van die E­ en F­woonstelblokke in Riverview moet omtrent daagliks koes wanneer bendelede opmekaar skiet. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Tydens die klopjag het die polisieop die vuurwapen, tikstrooitjies,geld wat in ’n paar skoene weg­gesteek is en tuisgemaakte petrol­bomme beslag gelê.

Motoriste is glo mettuisgemaakte petrol­bomme gegooi.

Mandrax­tablette, tik­kristalle, ’n onbeken­de dwelm en 41 patrone is in Ysselstraatgevind.

TON VOSLOO AWARD: This award is for the business unit withthe best financial performance over a period of one to three years.This year Boland Media of which Breede Valley Media (Standardand Breederivier Gazette) form part, received the Ton Vosloo Awardat the annual Media24 Teamspeak. Here Barrie de Beer, generalmanager of Boland Media (left), and Theresa Olivier, publisher ofBreede Valley Media, receive the award from Fergus Sampson,Chief Executive Officer of Media24 News.

Worcester’s newpolice chiefdeclares war on gangsJOLINE VAN DER MERWE

“Gangsters arenot role-models andgangs must be eliminated.”

This is the goal of Worcester’snew Station Commander, Briga-dier Vuyani Mdimbaza.

Mdimbaza was appointed inJune this year and officially tookup office on 8 July.

With 28 years’ experience, Mas-ter’s Degree in Policing and PublicManagement and his involvementin training of police officers theBrigadier ismorethanqualified forthe challenge. Mdimbaza was alsothe former Station Commander ofPhillipi East police station.

Dan Plato, Western Cape Minis-ter of Community Safety, last weeksaid, “Worcester was the top con-tributor to drug-related crimes lastyearfortownsoutsideof theMetro”.Plato was attending the PolicingNeeds and Priorities meeting inRobertson on 26 July.

Mdimbaza says he wants aWorcester where the communityandthepoliceworktogethertoelim-inate gangsters.

“I want to make sure our peopleare feeling safe and fight drugs. Ourchildren are being killed by drugs,”he said.

Mdimbaza says he will achievehis goal by putting proper struc-tures inplace.Andalso by targetingdrug lords and gang leaders. Thenew Head of Police aims to alsochange thecommunity’sperceptionof the police.

Mdimbaza added that he does notbelieve that the police are corrupt.“I challengeanymemberof thecom-munity,who says the police are cor-rupt tomakeastatementunderoathand say who the officers are.”

Brigadier Vuyani Mdimbaza is thenew Station Commander of theWorcester police Ssation.PHOTO: JO­LINE VAN DER MERWE

Page 4: Worcester standard 07 08 2014

4 Standard7 Augustus, 2014

NuusNews

Mosaic vierVrouedagJOLINE VAN DER MERWE

Die nieregeringsorganisasie Mo-saic het Dinsdag hul Vrouedag-vieringe in die Worcester-stad-saal gehou.

“Mosaic is die voorlopers virvoorkoming van geslagsgebaseerdemisdaad. Die organisasie help ookvroue om ’n beskermingsbevel tekry, voedveral vroueopoorhul reg-te,” vertel Dawn Fish van Mosaic.Afgevaardiges van die depart-

ment van justisie, sosiale ontwikke-ling,korrektiewediensteengesond-heid asook Legal Aid SA en dieSAPD het die geleentheid byge-woon.Mosaic bedryf die Worcester

Thuthuzela Care Centre (TCC) watby die provinsiale hospitaal geves-tig is. Die TCC werk met verkrag-tingslagoffers van Worcester, Raw-sonville, Touwsrivier en die DeDoorns-omgewing.Die TCC ondersteun slagoffers

van verkragtingsaanvalle van alleouderdommebydie 24-uur-sentrumvan die Worcester-hospitaal.DieTCCis totstandgebringonder

leiding van die eenheid van Seksue-le Misdrywe en Gemeenskapsake-(SOCA-) van die Nasionale Vervol-gingsgesag en lewer sedert Oktober2010diensaandieplaaslikegemeen-skap. Die Nasionale Vervolgingsge-sag is verantwoordelik vir die koör-dinering van dienslewering by dieTCC wat plaasvind in vennootskapmet verskeie staatsdepartemente,

insluitend die departement van ge-sondheid en dié van maatskaplikeontwikkeling en die SAPD asookverskeie niewinsgewende en niere-geringsorganisasies soos Mosaic.Al die rolspelers betrokke by die

TCC speel ’n belangrike rol in dievoorkoming van en reaksie op sek-suele misdrywe, asook die onder-steuning van slagoffers. Mosaic-vrywilligers beman die TCC en isverantwoordelik vir traumabera-ding.Dr. Mary-Ann Plaatjies van Huf-

fel van die Universiteit Stellen-bosch en die Afrika-verteenwoordi-ger vir die Wêreldraad van Kerke,was die gasspreker. Plaatjies het ophaar beurt gesê vroue in Suid-Afri-ka word nog onderdruk en verkeernognieopgelykevoetmetmansnie. Hier word die vrywilligers van die Worcester TCC aan die gaste bekend gestel. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Afgevaardiges van verskeie regeringsdepartemente het die funksie bygewoon.Dr. Mary­Ann Plaatjies van Huffelvan die Universiteit Stellenbosch endie Afrika­verteenwoordiger by dieWêreldraad van Kerke, het dievroue toegespreek.

OUMA SE LIEFDE:Tannie Bettie du Plessis(89), ’n inwoner vandie Nuwerus Tehuis virBejaardes, spog metdie kombersie wat syvir haar agteragter­kleinkind se geboortegebrei het. Dit het tan­nie Bettie sowat drieweke geneem om diepragtige kombers tebrei. FOTO: JOLINE VANDER MERWE

Page 5: Worcester standard 07 08 2014

5Standard7 Augustus, 2014

NuusNews

Correctional Services rewards loyaltyMATTHEW SHELDON

“We appreciate and recognise all yourhard work, dedication and loyalty thatyouhaveshowntheDepartmentofCorrec-tionalServices thus farduringyour thirtyyears of service.”

These were the words that Cecil Pietersen,Area-Commissionerat theBreedeRiverMan-agement Area (BRMA) uttered at the Depart-

mentofCorrectionalServices’annualLongService Recognition Awards ceremony.

The ceremony was held at the West CoastManagement Area in Malmesbury lastweek.

Pietersen and the Regional Commission-er, Delekile Klaas, handed over the certifi-cates to 13 officials from BRMA who havebeen with the department for the past threedecades.

A total of four officials from Robertson,

two from Warmbokkeveld and seven fromWorcester Correctional Centre were the recipi-ents of the awards.

“It is averyrareoccurrence thesedayswhereyou find employees staying at an institution/workplace for so long. So we feel honoured atthe Department of Correctional Services tohave loyal officials who have stayed with useven through our transformation period,” saidPietersen.

Inapress release fromtheBRMA,Klaasquot-ed the following words from Collin Powel in hisspeech: “It is success for an official to work forthe number of years they have worked. Successis the result of perfection, hard work, learning

fromfailure, loyaltyandpersistence. It isonlypeople that put in the hard work and thosewho learned from their failures, those withloyalty and persistence who are able to stayso long.”

Klaas told the officials to keep up with thesterling work within the department and tobuild on the successes of the past.

“Thank you to all the officials who havereached this milestone within the depart-ment. Keep up the high standards and qualityserviceyouprovide. Iwouldalso like to thankthe families of the officials, because theyhaveplayed a massive role in the lives of these offi-cials,” concluded Pietersen.

Here (from left) are Daniel Michaels, Adam Stryers, Marthinus Joseph, Ntobeko Shoco,Coenraad Van Zyl, Leonard Steyn. Behind are Harry Esau, Robert Wickham, MervynJacobs, Kobus Du Plessis, Cornelis Hugo, Pieter Stofberg, Christopher Manus.

Page 6: Worcester standard 07 08 2014

6 Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Worcester se junior stadsraad ingehuldig

JOLINE VAN DER MERWE

Worcester het sy agste juniorstadsraad Donderdagaand in dieHTS Drostdy-skoolsaal ingehul-dig.

Die junior stadsraad is in 2007deur Charles Beukes gestig as ’njeugleierskapprojek van Chiprosgemeenskapsbemagtiging en al diehoërskole in Worcester en Rawson-ville is deel hiervan.“Die feit dat baiemense (ook jong-

mense) hul lewens gegee het terwil-le van demokrasie het my geïnspi-reer om so ’n raad vir Worcester opdie been te bring,” vertel Beukes.Volgens Beukes is die hoofdoel-

witte van die raad om leierskap bydie skoolgaande jeug te bevorderasookrespekvirdiewaardesvande-mokrasie, aangesien die jeug dik-wels sowel naïef as sinies is oor diedemokrasie en nie die groot verant-woordelikheid besef wat hulle hetom ons jong demokrasie te help op-bou nie.Verteenwoordigers van die Bree-

devallei-munisipaliteit (BVM), dieWorcester Besigheidsforum,streekhof, projekbestuurders vandie junior stadsraad, Chipros (dieraad se moederliggaam) en die ou-ers van die leerders het die geleent-heid bygewoon.Dit is ook die derde keer dat die

Raylene Hitchcock Memorial-le-

sing gelewer is. “Ingrid Beets (21)van Atlantis het die nuwe raad aan-gemoedig om nie net te droom niemaar hulle drome te leef. Beets hetverlede maand uit Amerika terug-gekeer waar sy onder die top tien indie internasionale ARTS talent-kompetisie in Florida geëindig heten twee studiebeurse aan die NewYork film-akademie en New YorkConservatory for Dramatic Arts ge-kry het,” vertel Beukes.Die raad word erken deur die

BVMmaar is apolities ennie gekop-pel aan enige politieke groeperingnie.Dieoriënteringenbeplannings-vergadering vandie raadword jaar-liks deur die ATKVGoudini Spa ge-borg en vind in Oktober plaas.

Die lede van die nuwe junior stadsraad. Dit is die eerste keer dat ’n leer­der van HTS Drostdy as junior burgemeester verkies is. Corné le Roux (sit­tend) is ook die eerste manspersoon wat die pos beklee.

Lede van die nuwe junior stadsraad word deur landdros Theresa Theroningehuldig. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Die uittredende junior stadsraad haal vir oulaas hul ampskleed af.

Jongman loop 5 000 kmomprostese vir gestremdes te kan finansierJOLINE VAN DER MERWEEN MATTHEW SHELDON

Die 27-jarige Paul Steyn hetonlangs, as deel van sy geldin-samelingspoging vir mensewat prostese nodig het, inWorcester ’n draai geloop.Sy 5 000 km-staptog het in

LambertsbaaiaandieWeskusbegin en eindig in Gordons-baai. Steyn het in dorpe soosClanwilliam, Porterville, Pi-ketberg, Veldrift, Langebaan,Saldanha, Darling, Malmes-bury, Wellington oor dieBainskloofpas tot in Worce-ster, Rawsonville, Paarl, Stellen-bosch en uiteindelik Gordonsbaaigaan draai.“Hierdie fondsinsameling is spe-

sifiek om geld in te samel vir CraigOpperman (8), Sheldon Phillips (19)en Suzette Olivier (52),” vertelSteyn. Prostese kan die pasiënt tus-sen R40 000 en R60 000 uit die sak

jaag en vir baie is dit ’n bedrag wathulle nie kan bekom nie.Steynwat self as tiener ’namputa-

sie moes kry ná ’n ongeluk, het ditsy missie gemaak om persone metgestremdhede en dié wat ’n lede-maat verloor het, te ondersteun.Steyn,wat destyds byBolandKol-

lege op Worcester studeer het, het

sy eie fonds gestig om gestrem-des te help met die aankoop vanprostese en ander toekomstigeprojekte soos studiebeurse. DiePaul Steyn Foundation bestaansedert 2012.“Die doel van die stigting is

om mense bewus te maak vandie koste vanprostese, fondse inte samel en om ander te help.”Met sy besoek in Worcester

het Steyn die Sean Kelly GroupHome besoek en ook ’n praatjiegedoen by HTS Drostdy. “Onswil baie dankie sê aan die Wor-cester-polisie, onderandere ao.Stephan Stander, wil hul onder-

steuning tydens hul besoek.Steyn beplan om volgende jaar

vanaf Kaapstad na Durban te loopom geld in te samel.“Ekwil graag vir gestremdeswys

dat hulle enige iets kan doen.Besoek www.paulsteynfoundati-

on.org.za. SMS-bydraes deur“HELP” na 48900. Die SMS kos R10.

Paul Steyn het ’n motivering­praatjie vir leerders van HTS Drostdy gehou.FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Proefonderwysers by die skool Jean­PierreMatthee en Coenie du Plessis het die pad naRawsonville saam met Steyn aangevat omhul ondersteuning vir sy stigting te wys.

Page 7: Worcester standard 07 08 2014

7Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Vyfde Kansa Relay ForLife vanjaar gehouDie vyfde Kansa Relay for Life vind op 18en 19 Oktober by HTS Drostdy-skoolgrondeplaas.Die organiseerder nooi graag almal in die

Worcester-omgewing en buurdorpe; besig-hede, skole, wynkelders, gastehuise, kerke,fabrieke,stapgroepe, familiesenvriendeomsaam te kom stap.DieRelaybeginom18:00Saterdag18Okto-

ber en duur tot 06:00 Sondagoggend.“Daar is nog steeds mense wat nie bewus

is van die Kansa Relay for Life wat elke jaarin Worcester aangebied word nie. Daar iskankeroorwinnaarswatnieweetdatonsvirhulle heerlik wil bederf en huldig nie en dathulle die belangrike persone is waar om dieRelay draai,” sê Elsa Everson, voorsittervan die Relay for Life.Dit behels ’n deurnagaflos deur deelne-

mende spanne uit die gemeenskap. Daarword ook aktiwiteite gereël en plaaslikekunstenaars tree op om die lang nag korterte maak.Everson voer aan, die relay is nie ’n wed-

loopnie,maar ’noornaggeleentheidvol fees-vieringe vir die oorwinnaars van kanker,sowel as vir die wat steeds die stryd stry.“Dit is ook ’n bewuskmakingsgeleentheid

om die publiek in te lig hoe om kanker tebeveg en ’n gesonde leefstyl te handhaaf,”sêEverson.Relay is die grootste geldinsamelingspro-

jek vir kanker in 20 lande wêreldwyd en isook een van die grootste bewusmakings-initiatiewe vir die Kankervereniging vanSuid Afrika (Kansa).Spanneverkoop eet- en drinkgoed endaar

word erg gewedywer om die meeste geld inte samel.Die Relay hou geen grense vir deelname

in nie. Elke sent wat ingesamel word, helpKansa om te sorg vir dienste aan kanker pa-siënte, navorsing en vroeë opsporing vankanker en om ’n gesonder leefstyl aan temoedig.Virverdere inligtingkontakElsaEverson

by 0082 774 7322 of per e-pos [email protected] of Christa Claassen by0023 342 7058 by [email protected] inligting oor registrasie van spanne

kontak Michelle by 0084 645 6292 of [email protected] inligting oor Luminaria-sakkies kon-

tak Obie by 0071 419 0052.

MountainMill soek ’n sterOefen solank jou sangstem want MountainMill Mall is opsoek na ’n sangster. Oudisiesvind plaas by Mountain Mill-inkopiesen-trum op 16, 17 sowel as 23 en 24 Augustus.Jy hoef nie ’n reeds-gevestigde naam in

diemusiekbedryf tewees om in te skryf nie,inskrywings is oop vir almal en laat inskry-wings sal op die dag van oudisie aanvaarword.Deelnemers kon vir die eerste keer ook

hierdie jaar aanlyn-oudisies doen maar dithet 1 Augustus gesluit.“Ons is ook trots om bekend te maak dat

Elvis Blue, die bekende sangsensasie enIdols-wenner, die aanbieder en gaskunste-naar salweesbydie senior finale op 25Okto-ber,” sê Sam Orton, sentrumbestuurder.Hierdie jaar het ons ’n fantastiese media

borgskap gekry van Boland Media asookHeart104.9fm .Elkeenvanhierdiegrootbor-ge sal bydra tot die reusesukses enblootstel-ling van hierdie kompetisie.Daar is R100 000 se pryse op die spel, so

jy mag nie hierdie geleentheid misloop nie.Die senior wenner stap weg met R30 000 inkontant, en die junior wenner met R5 000kontant!“Die kompetisie iswêreldklas en gee deel-

nemers nie net die geleentheid omvoor baiemenseoptetreenie,maarookomdeurplate-maatskappye gesien en gehoor te word.“Diekompetisiekan joubeslis ’nhupstoot

gee in die regte rigting – soos ons wennervan 2012, Charne Hugo, wat nou die nuwe“liefling” is saammet sangster Rudi Claase.(Soos onlangs berig in die Huisgenoot van12 Junie 2014).Die finaliste treeopby’nglansgeleentheid

saammet ’n lewendige orkes en agtergrond-sangers – elke kunstenaar se droom.Besoek gerus hul Facebook-blad by

www.facebook/westerncapestarsearch ofwww. mountainmill.co.za of bel JohanGroenewald by 082 772 4658 vir meer inlig-ting.

Page 8: Worcester standard 07 08 2014

8 Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Thinking about catching a movie? Here’s Nu MetroMountain Mill’s schedule for 8 to 14 August:• 3D: Step Up: All In (7-9 PGL)Friday 8 August to Thursday 14 August 12:00,17:00.• Step Up: All In (7-9 PGL)Friday 8 August, Sunday 10 August to Thursday 14August 14:30, 19:45.Saturday 9 August 10:00, 14:30, 19:45.• 3D: The Legend of Hercules (13V)Friday, Sunday to Thursday 12:00, 14:30, 17:00,20:00.Saturday 10:00, 12:00, 14:30, 17:00, 20:00.•Alles wat mal is (TBC)Friday, Sunday to Thursday 12:15, 14:45, 17:15,19:45.Saturday 10:00, 12:15, 14:45, 17:15, 19:45.•How to Train Your Dragon 2 (PGV)Friday, Sunday to Thursday 12:00, 14:30.Saturday 10:00, 12:00, 14:30.• Bad Neighbours (16DLS)Friday to Thursday 17:00, 19:45.•Guardians of the Galaxy (10-12 PGV)Friday, Sunday to Thursday 13:45, 16:45, 19:45.Saturday 10:45, 13:45, 16:45, 19:45.Visit the Nu Metro Mountain Mill ticket counter orwww.numetro.co.za for more information.Schedulesare subject to changewithout prior notice.Visit www.worcesterstandard.com and click on “tellyour story” to upload a review and stand a chanceto win two movie tickets.

Vrouedagvieringe in Roodewal gehouWomen of Strength, ’n nie-wins-gewende organisasie wat vrouebemagtig, het op 2 Augustus hulvrouedagvieringe gehou.Sowat 15 vroue van Roodewal

en Bonnievale, onder wie ookrdle. Antoinette Steyn, uitvoe-rende burgemeester van dieBreedevallei-munisipaliteit enJoyce Mei, burgemeesterkomi-teelidvirvroue, gestremdes,kin-dersenjeugdiges,hetdiegeleent-heidbygewoonbydieKibbutzEl-Shammah in Roodewal.Die temavir die dagwas,maak

’n regte keuse.

Dieorganisasiewerkveralmetvroue wat in dwelms en drankverval het en wat mishandelword.“Dit isbelangrikvironsoman-

der vroue op te bou en ’n verskilte maak in ’n vrou se lewe,” sêBeula Goliat, voorsitter van dieorganisasie.Die ledevanWomenof Strength, Helen Companie, Li-zette Martinus, Francin Booy-sen,Magdalene JohnsonenElsa-bé Joubert, het vroue na die ge-leentheid genooi met wie hullereeds “’n pad gestap het”, het Go-liat gesê.

Die lede van Women of Strength saam met Antoinette Steyn, uitvoe­rende burgemeester van die BVM (middel).

Langerugkampusvier30 jaarvanuitnemendheidNINA WIUM

Die geel-, blou- en maroenvlag-gies wat in die wind wapper soosjy by Langerugkampus inry, dienetjies en nuutgeverfde geboue,die pragtig versierde koeke en ’nuitstalling van leerders se spog-werk in die voorportaal, is joueerste kennismaking met dieLangerugkampus se verjaardag-vieringe.

Dié kampus, ’n afdeling van diePionierskool vir leergestremdeleerders, se geboue vier vanjaar sy30ste bestaansjaar op ’n feestelikenoot.Die verrigtinge het verlede

Woensdag by die Langerugkampusplaasgevind.Om die verrigtinge histories in te

leiwas ’n oud-kampushoof, IanPan-segrauw, die hoofspreker van diedag.Pansegrauw het uitgewei oor die

skool se geskiedenis. Hy het ondermeergenoemdiegrondewaaropdieskoolgeboue vandag staan eers dieou tronk was, wat reeds in 1834 ge-bou is en gerestoureer moes word.Die skoolgronde is aanvanklik

deur die Breedevallei Munisipali-teit (BVM) aan die LandbouVereni-ging verhuur, wat dit hoofsaaklikgebruik het om landbouskoue tehou.Met verloop van tyd het die skool

vir blindes die grond oorgekoop,met die doel om dit later in ’n skoolvirswaksiendes teomskep – wat toewel gerealiseer het.Die departement van nasionale

opvoedinghet toestemmingverleendat die bouwerk kon begin en goed-keuring vir R5 miljoen is verkry.Die bouers J. van der Sluys en

Seuns en Koenie Greyling die argi-tek, het die tender gekry om die ge-

boue op te rig, wat nog steeds ná 30jaarsoossteunpilarestewigtrotsge-anker staan.Die eerste fondament vir die eer-

ste fase is op 25 Januarie 1982 gegra-weendieopeningvandiegebouwasop 15 Junie 1984 en is deur die des-tydse eerste minister PW Bothawaargeneem.Ses koshuise is ook in die proses

opgerig. Die seunskoshuise is ver-noem na bome en die dogters s’n nablomme.Die verjaardagverrigtinge is op-

gevrolik met die sing van ’n ver-jaarsdaglied, gekomponeer en ge-toonset deur Ruben Lennox en leer-ders van gr. 1–11 het verjaar-dagwense aan die skool gelewer.’n Boom is deur Pansegrauw en

Kian Burger, ’n graad 1-leerder ge-plant, wat simbolies is vir groei envoorspoed vir die jare wat volg.Die skoolhoof, Paul Greyling, sê

die Langerugkampus is trots endankbaar vir ’n geseënde tydperkvan 30 jaar waar die skoolgebouespesialeopvoedingaanleerdersmetspesiale onderwysbehoeftes bied.“Vandag (Woensdag 30 Julie)

word die kampusgeboue slegs virleergeremde leerders wat leerstoor-nisse ervaar, benut.“Baie geluk Langerugkampus-

kompleks. Jy is nog lank nie oor diemuur nie en mag jy aanhou om ’nskoolkompleks te wees wat uitste-kendeopvoedkundigedienste leweraan die gemeenskap,” het Greylinggesê.

Hier poseer (van links) Cecile de Villiers (huidige kampushoof van Lange­rugkampus), Ian Pansegrauw (destydse kampushoof) en Paul Greyling(huidige skoolhoof). FOTO’S: VERSKAF

Hier is leerders met ’n versierde verjaardagkoek om die Langerugkampusse geboue se 30ste bestaansjaar (elke klas was verantwoordelik vir huleie koek) te vier.

Hier is ’n uitstalling van leerders sespogwerk wat hulle gemaak het.

Page 9: Worcester standard 07 08 2014

9Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Page 10: Worcester standard 07 08 2014

10 Standard7 Augustus, 2014

HoofartikelbladMain Article Page

Verrasdaardie juweelvrou in jou lewemet ’n spesialebederfSommige vroue gaan binne dievolgende maand twee bederfiesgeniet. Oormôre is NasionaleVrouedag enop 3SeptemberwordSekretaressedag wêreldwyd ge-vier.Saterdag bring ons hulde aan

dievrou.Distydomoptasbarewy-se dankie te sê en ons waarderinguit te spreek vir die vrou in onslewe.Vroue wat onbaatsugtig opof-

fer, sonder erkenning die gom iswaaraan die gesinslede vasklouen daarby die hoeksteen waaropdie huis se waardes gebou is. O ja,ook die onopgeëiste juwele, dievroue wat ongetroud is.Dis selfs die dag waarop jy jou

skoonma met ’n bossie blommekanbederf.Netomdankie te sêvirdie pragtige wyse waarop sy jouvrou grootgemaak het.Nasionale Vrouedag val onge-

lukkig vanjaar op ’nSaterdag. Dit gaandus geen verskilmaakaandiekassie-re,kelnerinneental-le ander vroue watdie ruggraat vanonsekonomie is nie.Dis juis hulle wat Saterdag ou-

dergewoonte vroeg gaan opstaan,ontbyt maak vir die ander gesins-lede en ná werk nog wasgoed wasen stryk voor hulle aandete voor-berei. Hulle gaan niemet ’n glasievonkelwyn in die hand saam metvriendinne sit en giggel terwylhulle geskenkies oopmaak nie.En weet jy wat is vir my die

mooistevandit alles?Hulleverrighul dagtaakmet liefde, toewydingen opoffering.Ek wil namens die vrou in jou

lewe ’n pleidooi lewer. Dit is joukans om haar te bederf en te ver-

ras. Jy hoef nie virhaar die blinkste dia-mantring of Merce-des-Benz te gee nie.’n Klein blyk van

waardering sal vol-doende wees. Al is dit’npaarblommeuitdie

bure se tuin (met toestemming ge-pluk) of ’n heerlike ete by ’n res-taurant.Moet nou net nie ’n room gaan

koop wat kwansuis die rimpelsverwyderof ’nnuweborsel omdietoilet mee skoon te maak nie. Dismoeilikheid soek.As die vrou in jou lewe ’n sekre-

taresse is, gaan die werkgewer op3 September ook vir haar ’n blykvanwaardering gee.Maar, luisterna die stem van ondervinding, ditgaan iets onpersoonliks wees.In Amerika, waar alles altyd

groter, beter en anders is, staan

die dag bekend as Administratie-we Beroepsdag ten einde erken-ning te gee aan administratieweassistente, ontvangsdames en an-der administratiewe ondersteu-ningspersoneel. Ons kan gerushul voorbeeld volg.Op Worcester kan kantoorper-

soneel op 3 September van 10:00 afinskakel by die Instituut vir Blin-des se “Out of Office”-dag saammet Jak de Priester en Tiaan Lan-genegger in die Danie Lückhoff-saal.Jak het geen bekendstelling no-

dignie. Tiaan is eenvandie eersteKokkedore – een van daai manswat ken van kosmaak. Net soosmy pel Piet kan hy ’n ete voorsitwat enige vrou spesiaal laat voel.Vandag se rubriek is opgedra

aan vroue oraloor – bemind, be-minlik, beroemd, beskeie en be-skermend.

Vir eers slaaponsbietjie rustiger

Klopjagte, die beslaglegging opdwelms, vuurwapens, petrolbom-meenvervalste geld, het tot gevolgdatdiegemeenskapvanWorcesterwat die afgelope ruk kwaai onderbendegeweld gebuk gegaan het,nou weer bietjie vrede ondervind.Die klopjagte het die gemeen-

skappe van Riverview, RoodewalenAvianparkweer hoop op ’n nor-male lewe sonder koeëls gegee.Dit is die rede waarom die ge-

regsdienaars van ons dorp ’n gouester verdien. Hul optrede het weerhoop gebring aan ’n gemeenskapwat eens hopeloos was. Daar moetnou net met die soort optrede vol-gehouword.Sodatbendesnieweermense se lewe bedreig nie.Dan moet die gemeenskap ook

meer na die polisie uitreik, sodathulle gesamentlik na oplossingsvir die probleem kan kyk.Maar vir eers is die gemeenskap

dankbaarvirdieklopjagteenworddaar gehoop dat die soort optredesal voortduur. Dat die nuwe bevel-voerder by die Worcester-polisie-kantoorsalsorgdatmisdaaduitge-roei sal word.

Hiermee wil ons net graag onsdank en waardering uitspreekteenoor rdl. JoyceMei,mnre.Bax-ter en Lionel by die BreedevalleiMunisipaliteitskantore in VanHuysteenlaan en al die ander per-soneelbetrokke,onderandereookLiezel vir die vervoer van Worce-ster na Chrysalis Academy in To-kai en terug, ingesluit 2Augustustoe ons kinders gehaal moes wordmet hul terugkeer huis toe.Ons bedank ook vir Clinton Da-

vids by Maatskaplike Ontwikke-ling.Julle het ons wonderlik onder-

steun in die verband. God se ryk-ste seën en doen so voort.MNR & ME CONNIE PRINSEN SEUN CON-LEE, ELIZA-BETH ADENDORF EN HAARSEUN ELDRICK ASOOK ALDIE OUERS WIE SE SEUNSOP CHRYSALIS ACADEMY

VIR 3 MAANDE WASWORCESTER

VEELKLEURIGHEID: Megann Goedeman het Saterdag 28 Julie hierdie foto waar die reënboog inal sy glorie duidelik te sien is, by die dam (agter Mountain Mill Mall) geneem.

Jesaja59:1-5Onssondesklaonsaan

Die arm van die Here is nie te kortom te help nieen syoor isnie te doof omtehoor

nie.Dit is julle oortredinge wat skei-

dinggebringhet tussen julleen jul-leGod, dit is julle sondeswatmaakdat Hy Hom nie aan julle steur nieen nie na julle wil luister nie.Julle hande is met bloed bevlek,

jullevingersmetonreg.Jullepraatnet leuens, julle bedink net onreg.Niemand stel sy saak eerlik nie,

geen uitspraak is betroubaar nie.Almal vertrou op leë woorde,

wat hulle sê is nie waar nie. Hulleis swanger van kwaad, hulle bringonreg voort.Hulle broei slangeiers uit, hulle

weef spinnerakke,

Hiermee wil Kindersorg SA Wor-cester baie dankie sê aan almalwat die Tekkie Tax-projek onder-steunhet.Julbereidwilligheidomte geemaak ’n verskil en word op-reg waardeer. ’n Spesiale dankaan die onderstaande partye watplakkers gekoophet, asookdie resvan die Worcester-gemeenskapwat gewys het waar hul harte lê.Ons hoop om volgende jaar selfs’n groter verskil te maak.

) Hexpark Primêr, Worcester

Sekondêre Skool, HoërskoolMontana, Breërivier SekondêreSkool, Avian Park Primêr, Victo-riaParkPrimêr,NarotamApteek,Vodacom Worcester, SportsceneWorcester, Mr Price Worcester,De Jagers (Dorp), Worcester-dag-hospitaal, Julie Naude-crèche seouers, Thutuzela-gemeenskap-sentrum en Worcester Brand-weer.

KINDERSORG SAWORCESTER

WelgedaanSAPD!Verlede week se klopjag in River-view, wat volg op die inhegtenis-nemingvandiesogenaamdeleiersvan ’n bendegroep wat die afgelo-pe ruk verwoesting in Worcestergesaai het, gee mens weer hoop.Dit is so goed om die polisieop-

trede teen misdaad en bendes tesien.Ditwysdatdiemanneinblouvir die gemeenskap omgee enmis-daad wil hok slaan.Die inhegtenisneming van die

bendeleiers het klaar ’n rustig-heid oor Worcester gebring.Die volgehoue druk opmisdadi-

gers sal net help dat inwoners vangebiede soos Roodewal en River-view weer rustig kan slaap.Dit sal ook help dat misdaad in

die dorp se sakekern afneem endat inwoners weer vrylik kanrondloop om inkopies te doen.Dieafname inmisdaad indie sa-

kekern sal dan ook help om soosvanouds,weervoetenadiemidde-dorp te lok.Die beveiliging van die dorp is

egter nie net die polisie se werknie. Dit is ook die werk van elkeinwoners van ons pragtige streeken dorp.As jy weet wie die misdadigers

isofwaarhullehulselfbevind, steldiepolisie inkennis.Sohelpjyookomdiedorpvir jouen jounageslagte beveilig. En so help jy beslis datdie dorp se ekonomie kan stabili-seer en meer mense in ons dorpkom belê.Welgedaan aan ons manne in

blou.MAGRIET MEYER

WORCESTER

Ceraj Ismael istops, baiedankie

Ek gee graag ’n klop op die skoueraan raadslid Ceraj Ismail. Dankievir wat jy vir ons in wyk 14 bete-ken en dat jy altyd - dag en nag -daar is om ons by te staan. Jy istops!

J. JANSEN EN J. TITUSWORCESTER

Hiermeewilekmydankuitspreekteenoordiemensewat sogoedwasvir my. Die Alberts-egpaar vanWorcester wat gesien het ek is instaat om beter te doen, en my ge-motiveer het om my skoolloop-baan te voltooi. So ook me. Kingwat die potensiaal in my raakge-sien het enmy genader het as dag-moeder by een van haar crèches.Min het ek geweet daarwag nog

’n leertjie vir my om te klim. Van-

dagwilekmydankuitspreekteen-oor die Viljoen-egpaar wat my ’nkans gegee het om verder te leer.TansisekbesigbyBolandKolle-

ge met ’n kursus en ontvang reke-naaropleiding by me. King. Daareindig ek toe op in mnr. Viljoensekantoor,wat ’nseën.Ekhetniksvandag om vir julle te gee nie,maar ek kan net baie dankie sê.

DEBRA MEYERSWORCESTER

Page 11: Worcester standard 07 08 2014

11Standard7 Augustus, 2014

MeningsOpinion

Is ditwettig, enwaaromgeenaksie?

Ekhetop23Julieagterhierdiebak-kie gery en gedag ek neem ’n fotoen stuur dit aan.Ek het van die stopstraat by die

NG kerk Worcester-Oos af agterhierdie bakkie aangery.Hyhet so ’n skuins poging aange-

wend om te stop en daar staan dieeerste verkeersmotor op die sy-paadjie met die beampte buite diemotor wat die verkeer dophou. Ekval toe agter die bakkie in.By die Robertson-pad draai ons

links. Drie voertuie agter die bak-kie ry verkeersmotor no. 2 mettwee beamptes in.By die Hoogstraat-verkeerslig

stop die verkeersmotor om links tedraai en die bakkie stop om regs

te draai. Ek staan toe weer agterdie bakkie om regs te draai. Toe dieverkeerslig groen slaan, ry ons entoe ek links kyk, is daar ’n derdeverkeersmotor wat by die ver-keerslig staan om regs te draai nadie verkeersafdeling se kant toe.Wat my platslaan, is dat hierdie

bakkie met die persoon agteropverby drie verkeersmotors geryhet sonder om voorgekeer te word.Ek kan nog onthou hoe ek voor-

gekeer is deur ’n verkeerskonsta-bel en moes stop omdat my vriendagteropmybakkieopdierandgesiten aan die rollbar vasgehou het.

FAFFAVIA WWW.WORCESTER-

STANDARD.COM

Noreaction to complaint about thumpingnoiseatgym

As a follow up to my article pub-lished 26/05/2014 (Thumping noiseunbearable), it is unfortunate tosay that still nothinghas beendoneabout the issue at hand.Asadvised todo, a complaintwas

lodged at Worcester Police Stationand statements were taken by avery helpful Captain who, besidesthe Standard, was eager to help us.The casewas handed over to the in-vestigating officer for investiga-tion. This occurred on the day dat-ed 30/05/2014. On the 15/06/2014, Iapproached the State Prosecutorconcerning this matter, after find-ing that the investigating officer

has gone on holiday, without somuch as logging the case numberor even consulting us with any in-formation concerning the investi-gation. Sowhat now? Do I lodge an-other complaint, get a new casenumber and wait again?The State Prosecutor asks for ev-

idence, which we have in our pos-session, of which the investigatingofficer should have taken fromus. . . yet nothing. Must we nowwait another year before our casemay be heard in court, when all theinvestigation has already beendone for him on our behalf. In themeanwhilewe still have to tolerate

the gym’s thumping noise until9pm every night, which we shoul-dn’t have to have been exposed toin the first place. Its also odd thatnoonehasbeenwilling tocomeandlisten to this noise themselves,even after making appointmentswithus to do so, so theymayunder-stand what we are constantly sub-jected to. Now to add to the fire, Iam getting threatening e-mailsfrom the owners . . .How longmust wewait for some-

thing to be done. Sick and tired ofbeing sick and tired of “bullies”.

MARK LEGGWORCESTER

Strange characters lead toa lifeof fear

Two incidents occurred in the lastweek.OnMonday14July,mysonandIweredriving inRouxParkandwerealmost hijacked on our way home.The second incident occurred on

Wednesday 16 July, when the samepersonwho tried to hijack us, waited

for us in front of our house when wecame home. I phoned the police im-mediately; theystillhavenotarrived.Iwant toknowwhat thepolicearedo-ing about these strange characters?

LIVING IN FEARROUX PARK

DankieaanBo-Ra-Wo-ambulansdiens

Die Nel-familie wil graag vir Guntervon Bentheim van Bo-Ra-Wo-ambu-lansdiens bedankvir die uitstekendedienswathulleVrydagaandenSater-dag met Johan se afsterwe gelewerhet.Hullehet opkortkennisgewingvir

ons twee suurstofkanneafgelewerenook gehelp met die verwydering vandie liggaam. Jul diens is ’n voorbeeldvan ware omgee en medemenslik-heid.

RONEL NEL EN KINDERSWORCESTER

HMSWorcesterbeplan reünie

Die Hoër Meisieskool Worcester seklas van 1964 beplan ’n reünie ensoek dringend na drie van hul klas-maats.D. du Plessis, D.J.D. du Plessis en

S.E. van Zyl (hul nooiensvanne)word gevra omMarie (Pauw)Kilianby 0 021 559 4326/084 307 8720 ofElizna (Hugo) Strydom by0 023 626 5549/084 206 7453 te bel.

Page 12: Worcester standard 07 08 2014

12 Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Page 13: Worcester standard 07 08 2014

13Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Page 14: Worcester standard 07 08 2014

14 Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Lede van die Worcester SeniorsSportsklub het verlede maandonder die vaandel van Kleinbe-ginDienssentrumaandieGoldenGames deelgeneem en sommermet die intrapslag aan die kom-petisie, die medaljes ingeryg.

DieKaapseWynlandDistriksmu-nisipaliteit (KWDM) het die GoldenGames op Bolandpark inWorcesteraangebied.

In die 70+-afdeling het JoeySwartz ’nsilwermedalje indie100 mverwerf, terwyl Attie Speelman ’nbronsmedalje in die 500 mstap-itemlosgeloop het. In die 60-69 jaar-afde-ling was die ouens goed op dreef en

het nie minder nie as ses goue, ’nsilwer- en ’n bronsmedalje gewen.

In die 100 m was Allie Siljeur testerk vir sy teenstanders, terwylAl-verUysdie 200 mmaklik gewenhet.

AbeFortuinwasbaas indie 500 mstapitem, terwylJamesBaadjiesko-ning gekraai het in die 400 m.

John Cupido, afrigter vanWorce-ster Senior Sportsklub, het ’n sil-wermedalje in die rugbybal-gooi af-deling gewen terwyl Pieter Faroa ’nbronsmedalje in jukskei gewen het.Hiermee saam het die aflosspan be-staande uit Siljeur, Baadjies, Sala-modien Karriem en Sammy Claas-sen ook goud verower.

Omalles te kroon het Kosie Koop-

manvanKleinbegindie 800 m indieafdeling 60-69 jaar gewen terwyl Ed-gar Cloete dieselfde gedoen het indie 70-79 jaar 800m-afdeling.

Pierre Linnert het die 100 m-wed-loop vir 70-79 jaar deelnemers, asdeel van Kleinbegin se span gewen.

Meer as 1 000 deelnemers van 33dienssentra van regoor die Bolandhet deelgeneem.

Al die wenners in die onderskeieitemsdringoutomatiesedeurnadieWeskaap-kampioenskap aan dieeinde van Augustus in Kaapstadwaarna ’n span aangewys gaanword wat aan die nasionale kam-pioenskap in Oktober in Mpuma-langa gaan deelneem.

Hier pronk die wenners met hul medaljes na afloop van die GoldenGames. Voor is Allie Siljeur, Anslin Fisher (baanbeampte), John Cupido(afrigter), Beulah Vlok (deel van die reëlingskomitee en koördineerder vanKleinbegin en Alver Uys. Middel is Kosie Koopman, James Baadjies, PieterFaroa, Abe Fortuin en Pierre Linnert. Agter is Joey Swartz, Edgar Cloete,Sammy Claassen, Attie Speelman en Salamodien Karriem.

FOTO’S: MATTHEW SHELDON

Hier stap honderde senior burgers op Bolandpark­stadion se atletiekbaan gedurende verlede maand se GoldenGames. Die Spele is aangebied deur die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit.

Worcester seGoues rygmedaljes in

Page 15: Worcester standard 07 08 2014

15Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Kinderfondsontvang ruimskenkingsJOLINE VAN DERMERWE

Die Standard Kinder-fonds is steeds aan diewoeker en besig om teverseker dat kindersin die Vallei nie hon-gerofkoudgaanslaapnie.

Die leerders van La-erskool Worcester-Ooshet die afgelope weekweer klere aan die Avi-anpark Daycare oor-handig. Dié oorhandi-ging is deel van ’n inisi-atief van dieAvianpark-wykskomi-tee se gemeenskapspro-jek, onder leiding van wyksraads-lid, Torique Wehr.

“Die gemeenskapsprojek spesia-liseer indie insamelingvankos,kle-re en komberse en die verspreidingdaarvan dwarsdeur die hele Avian-park,” sê Wehr.

“Weereens dankie aan die onder-wysers, leerders en ouers van Laer-skool Worcester-Oos vir julle voort-durende ondersteuning aan die kin-derfonds,” sê Eddie Nortier,voorsitter van die Kinderfonds.

Piet en Jean Nel van Worcester-Wes het 75 paar pare bedsokkies virdie kinderfonds gebrei. Die Nel’s isgereelde bydraers tot die kinder-fonds. “Ons koop die wol aan teenons eie onkoste. Ek brei gewoonlikin die aand,” vertel Jean.

Indien jy ’n bydrae wil lewer kanjy warm klere, nie-bederfbare voed-sel en veral komberse by een van dievolgende punte aflewer:

)Standard se kantoor by Hoog-straat 116

)Nortier Motors by Brownstraat6

)Aïda Winelands by Kerkstraat22

)Dentzone by Fieldstraat 22)Inligtingskantoor van die

Mountain Mill Mall,)Lion’s Club)Golden Valley Casino)Laerskool Worcester-OosMense wat verkies om kontant te

skenk, kan dit by FNB inbetaal: re-kening: Gemeenskapskas Wes-Kaap Worcester Standard; reke-ningnommer: 62152031383; bankko-de: 261150; tak: Cape Town City.Faks ’n afskrif van die depositostro-kie na Joline van der Merwe by023 347 3639 of e-pos dit na [email protected] bydraes, kontant of andersins,sal in die Standard erken word.

Die gr. 3C­klas van Laerskool Worcester­OoWs oorhandig die klere aan verteenwoordigers van die die Avian­park­wykskomitee. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE

Jean en Piet Nel het 75 paar bedsokkies aandie kinderfonds geskenk.

Page 16: Worcester standard 07 08 2014

16 Standard7 Augustus, 2014

GemeenskapsnuusCommunity

Bruidspaarvandie jaarJOLINE VAN DER MERWE

Mountain Mill Mall (MM) het Saterdaghul Bruidspaar van jaar vir 2014 by ’nmodevertoningbydieFoodCourtvandieinkopiesentrum aangewys.

Jan-Willem en Marizan Palm is beloonmet die eerste plek, Jeandré en Judy-AnnHartman was tweede en Wilhelm enMichelleBassonhetdiederdeplekverower.Op die spel was R20 000 se pryse, wat ’n

twee-nag-bootrit met MSC Cruises – geborgdeur MM en Flight Centre – twee nagte severblyf by die Leipzig Country House metontbyt, wynproe by die Nuy- en Conradie-wynkelders en tweebottelswynvan elk vandiékelders, ’nolyfproebyWillowCreek-olyf-landgoed, asookmiddagete en een liter olyf-olie insluit.Ander pryse was ’n sonsambreel en piek-

niekmandjie geborg deur Absa (MM), eenA3-seildoekafdruk van Superfoto Kodak(MM) en vier NuMetro 3D-fliekkaartjies(MM). Daar is ook ’n fotosessiemet JacquesSmit Photography, twee nagte se verblyf byGoldenValleyCasinometontbytenpaartjie-massering,geborgdeurAfricanBank(MM).Vervoer na en vandieV&AWaterfront in

Kaapstad (vertrekpunt vir die bootritte)wordgeborgdeurWynlandShuttle, ’nmans-envrouehorlosieterwaardevanR1 700wordgeborg deur Galaxy (MM) en twee R400-koopbewyse van Cotton On (MM).Christi Panagio van 7de Laan-faam het

haar goed van haar taak as seremoniemees-ter gekwyt.Verskeie ontwerpers se trou-uit-rustings is ook by diemodeparade vertoon.Sam Orton, sentrumbestuurder sê die

kompetisie was ’n reuse-sukses. “Ons be-dank al die paartjies wat ingeskryf het.”Die Standard was die mediaborg.

Hier is die wenbruidspare (van links): Wilhelm en Michelle Basson, Jan­Willem en Mari­zan Palm, Jeandré en Judy­Ann Hartman met die beoordelaars Theresa Olivier (uitge­wer en redakteur van die Standard), Elzabé Morkel (uitvoerende hoof van die Worce­ster Wyn­en Olyfroete), Sam Orton (sentrumbestuurder) en Christi Panagio.

FOTO: JOLINE VAN DER MERWE

Steeds verlief ná 10 jaarEk en Edwardo het 10 jaar gelede ontmoet deur vriende en kon,as gevolg van werksomstandighede, nooit trou nie.Ons het uiteindelik op 14 September 2013 in die huwelik ge-

tree. Ons verhoudingword gekenmerk deur eerlikheid teenoormekaar, verdraagsaamheid, liefde en kommunikasie. Ons hu-weliksdag was ’n nostalgiese oomblik met klassieke elegansiedog modieus en ’n presiese weergawe van ons persoonlikhede,iets wat vir die res van ons lewens met ons sal bly.Ons is steeds so verlief soos die dag toe ons ontmoet het.

- Jodene Sharnel DickEdwardo en Jodene Dick

Ja, vir goeie en slegte tyeOns sprokiesverhaal het drie jaar gelede begin toe ons weerkontak gemaakhet navyf jaar.Onsvriendskaphet inkollege-jare reeds begin. Nooit in ons wildste drome het ons gedinkdat dit die begin van ons lewensverhaal saam sou wees nie.Regan het my enmy dogtertjie se lewe wonderbaarlik kom

verander in April 2011, alles het van die begin af net goedgevoel. Die eienskappe van ’n goeie man het duidelik na voregekom: respek, omgee vir symedemens, ’n sprankelende per-soonlikheid, vriendelikheid, nederigheid en ’nmanwat weetwat hy in die lewe wil hê.Op 13 Julie 2012 het hy die groot vraag gevra. beide van ons

was so opgewonde.Ons het op 21 September 2013, ’n pragtige koue lentedag met sneeubedekte berge in die

Nuyvallei in die huwelik getree. Ons troudag was ’n dag waarop ons kon getuig van die Herese liefde, genade, guns en goedheid. Dit was die mooiste dag in ons lewe en die begin vanons toekoms saam. En ons beloftes aan mekaar sal staan in goeie tye en slegte tye, en totdie dood ons skei - Gizela Van Wyk

Gizela en Regan van Wyk

Waar daar ’nwil is, is daar ’nweg“Ek het Cindy jare terug by ’nwynskou in dieMall raakgeloop.Ek, wat in daardie stadium al om die wêreld gereis het, wasvreeslik sosiaal en ’n rugbyspeler en Cindy was die lang-haarblonde meisie wat effens skaam en teruggetrokke is. Na velekoffie-afsprake vra ek haar die vraag, “sal jy mymeisie wees?”Ek aanvaar toe ’n pos by die Kruger Wildtuin en los Cindy

agter in die Kaap met die baie moeilike belofte dat ek na ’njaar sal terugkom, en toe word een jaar amper vyf.Seker die moeilikste vyf jaar van my lewe.Laasjaar op haar verjaarsdag bel ek haar en sê, ek kom terug

Kaap toe, na jou toe!Na sewe jaar saam vier ons op 29 Maart die mooiste dag van

ons lewe - ons troudag.So aanalmalwat glo langafstandverhoudingswerknie,waar

daar ’n wil is, is daar ’n weg!” -Henrico van Lill Cindy en Henrico van Lill

‘A crazy little thing called love’Onsreissaamhetbeginop ’n jeugkampwaaronsalbeigefasiliteerhet – slegs vriende in daardie stadium. Net ná die kamp het onssaam opgetree in ons kerk se musiekblyspel, A crazy little thingcalled love ... baie ironies.Ekhethalsoorkopverlief geraakopdiemanmet sy lawwedans-

passies. Eers ná sewe maande van saamkuiery het Jacques se oëoopgegaanenhyhetmyuiteindelikdiekysgevra.Onstydjiesaamas paartjiewas een van groei, pret, vreugde en baie liefde. Ná driemaande het ons geweet ons wil graag trou, maar omstandighedehet dit nog nie toegelaat nie. Ons het gewag op die Here se tyd

en Hom regtig gesoek in ons begeerte om te trou. Ná ’n jaar en ’n half kon Jacques my vraom te trou, een oggend om06:00 op Seinheuwel. Sewemaande later het ons opWorcester getrou,waarna ’n baie spesiale onthaal in Die Eike-saal gevolg het. Dit was eenvoudig, dog stylvol.Ons het alles self gemaak en gereël. Dit het alles soveelmeer spesiaal gemaak. Die hoogtepunt

was vir seker die seremonie. Ons was so bewus van die Here se teenwoordigheid en liefde virons;ekkonnieophouglimlagnie!Ekhetsoos’nprinsesgevoelinmyvintage-trourok.Uiteindelikhet die dag aangebreek waarvan ek so lank gedroom het. Rawsonville was die mooiste dorpievir hierdie ongelooflike nuwe reis wat ons saam asman en vrou begin het. – Sunelle Toerien

Sulene en Jacques Toerien

Troudag ‘nware feëverhaalDit het begin by ’n gevoel, as ’n skoolkys in 2004. Hy is ouer as ek,en na skool het hy na Londen gegaan.“Wat moet wees, sal wees,” het ons ouers gesê.Vyf jaar laterhet albeivanonsbesefdat teveelkosbare jareverlore

is, en dat ek steeds sy prinses is en hy die man van my drome. Op27Oktober2013,hetmyteddiebeer-liefiedieSondagaand– onverwags– op sy regterknie gesak, en my antwoord was, ja!Op15Maart2014wordonsgrootdroomwaar,hand-aan-handtussen

skulpies, see en sand.Ek haal graag aan wat gaste te sê gehad het oor ons twee op ons

trou-DVD: “Julle is sowaar vir mekaar uiteengesit en geen geld kan by julle liefde vir mekaarkom nie, julle sal kan survive op liefde en water, net solank jul mekaar het, ’n ware paartjie omna op te kyk.” Ons dag was een groot fairy tale.

Elizta en Jaco Smook

Trou náwonderlike verhoudingOp 21 Desember 2009 loop ek die oulike jongman raak in dieMall,hyhetvoorClicksgestaanenmygegroetmet’nglansen-deglimlag.Metmyverbyloopsêhymet ’nsagtestem,“pragti-gedame, jouhandsak isbesigomtebreek”.Onshetvandaar-die dag af kennis gemaak. Hy het my baie onkant gevang.Met die jare het hy my gevra om ’n verhouding met homte hê. Ek het nie gehuiwer om ja te sê nie want ek het geweetdis die man met wie ek die res van my lewe wil wees.Met diewonderlikeverhouding jarewat verbygegaanhet,

het ons op 21 April in Hartenbos verloof geraak. Dit het ons’n jaar en ses maande geneem om te beplan vir ons besteen mooiste troudag.Ons het op 21 Desember 2013 die knoop deur gehaak. My neef van Klawer het ons by Olivae,

buite Worcester getrou. Dit was ’n tuintroue en die onthaal was ook by dieselfde plek.Ek het gedog ek droom, maar toe my man my daardie soen gee het ek besef dis waar. Dit

was ’n groot eer om ’n belofte voor God, familie en vriende af te lê. Ons het besluit om vierkinders oor die jare te hê. Ons is baie gelukkig getrou en daar is liefde, vrede, vreugde en gelukin ons huwelik. – Velucia Michaels

Marco en Velucia Michaels

Als het net perfek in plek gevalEk en my man het mekaar nege jaar gelede by die kerk ontmoet.Met ons ontmoeting het hy gedink ek is Mej. Wêreld en ek het ooknie veel van hom gedink nie.Aan die einde van die aand het ons egter altwee ’n ander deuntjie

gesing. Ons het kort daarna begin uitgaan en van daar af was diekoeël deur die kerk. Hy het al vroeg besluit ek is die vrou vir homen selfs vir my pa lobola aangebied in die vorm van hoenders.Op 17 Desember 2011 het hy op sy knieë gegaan en my die groot

vraag gevramet ’n draadringwat hy inderhaas gemaak het. Tydensdie beplanning het alles so perfek in plek geval en ons kon duidelikdie Here se hand daarin sien.Ons het op ’n pragtige somersdag, 14 Desember 2013 getrou. Twee

jaar se gewag was uiteindelik verby. Wat dit vir ons meer spesiaalgemaak het was dat een van ons vriende ons getrou het en ons sangjuffrou die troumarsgespeel het. Die onthaal was ’n regte boeremakietie. - Minette Lingerfelder

Andries en Minette Lin­gerfelder

Ons bou ons huis op die RotsDithetbegin inOktober 2011.Ditmagklinksoos ’n sprokiesver-haal, maar dis ons storie. Ons het op Facebook ontmoet. Hy hetmy gesien op een van sy vriendinne se vriendelys enmy gevraom symaatjie te wees. Voor ek die vriendskapaanbod aanvaarhet, het ek haar eers genader om te hoor of sy hom ken anderssou ek die aanbod ignoreer.Voor ek weet is ek op pad na Hermanus waar hy woonagtig

was vir werk en vandag is ons gelukkig getroud.Tydens die Januarie 2012-vakansie byWarmwatersberg, vra

Lionel my om te trou.Lionelneemmynasykeusevanontvangs,Merwida.Onshet toenooit regtig ’ndatumvasgestel

en planne gemaak nie, Lionel het sy eie besigheid begin en dingewas dol. Boonop het ek swangergeword. Ons het uiteindelik op 30 Maart getrou.Oomblikke wat vir ons uitstaan was toe ek die gang afloop op die maat van, We’ll build our

house on the Rock.Die oomblik wat uitstaan vir my was die fotosessie.Lionel is nie vanselfsprekend affectionate nie, ek het nie verwag Lionel sal so baie fisiese liefde

kan wys en dit het my die versekering gegee dat hy myne is. - Entachio Kleinhans

Lionel en Entachio Kleinhans

Page 17: Worcester standard 07 08 2014

17Standard7 Augustus, 2014

SkoleSchools

Amerikawinkvir toutrek-sterMATTHEW SHELDON

“Dit is my droom om aan dieWê-reld Toutrek-kampioenskap inAmerika deel te neem.”

Só het ’n baie opgewonde gr. 12-leerder aandieHoërskoolMontana,Kasandra vandenHeever (18), gesê.

In dieselfde asem het sy ook metdieStandardhaarbekommernis ge-deel dat haar gesin se finansiële om-standighede dalk die rede kan weeswaarom sy nie haar droom sal kanverwesenlik nie.

DieWêreldbuitemuursevroueeno.23 toutrek-kampioenskap word inAmerika aangebied en vind plaasvanaf 25 Augustus tot 5 September.Sy gaan die vroue-, o.23-, en die ge-mengde span verteenwoordig.

Kasandra is ’nhardwerkendeper-soonmet ’ngroot liefde enpassievirtoutrek. Volgens haar is sy baiesportief en haar ma, Ria van denHeever, meen sy is ’n go-getter.

Vroeër vanjaar is Kasandra ge-kies vir Suid-Afrikaanse Toutrek-federasie (SATF) se senior vroue-span wat in die Junie-vakansie inPretoria aan die Afrika-toutrek-kampioenskap deelgeneem het.

Haar span het die 540 kg-afdelinggewen en sy is na afloop van diékampioenskap gekies vir dieSpringbok-vrouespan.

Die Albertyn Wisseltrofee is ookby die Goudini Senior Toutrekklubse jaareindfunksie verlede jaar aanKasandraoorhandigvirbestesport-mangees.

Kasandra, wat ook die kapteinvan die Hoërskool Montana se tou-trekspan is, het in 2010 aan die Wê-reldkampioenskap in Pretoria deel-geneem en die eerste plek losgetrekin die 480 kg-afdeling.

Toe die Standard vir haar vrawaar haar belangstelling in diésport vandaan kom het sy geant-woord: “My pa het in die weermag

tougetrek en toe Montana die sportaanbied wou ek ook toutrek uit-toets. Ek hou van alles probeer enas my pa dit gedoen het, wou ekook.”

Kasandra oefen vir ’n uur en ’nhalf elke dag en draf gereeld gedu-rende die week.

Kasandra semadoen ’nvriendeli-ke beroep op die Breedevallei-ge-meenskap om haar dogter finansi-eel te ondersteun.

Kasandra benodig R25 000 (ak-kommodasie, visum, vervoer, kos,vliegtuigkaartjie) voor 25Augustussodat sy haar plek op die vliegtuigkan bespreek en die kampioenskapin Amerika kan bywoon.

“Toe sy eendag huis toe kom envir my gesê sy het die Springbok-span gehaal het ek onmiddellik inmy kar geklim, gery en gehuil. Ekhet geweet dat sy oorsee vir ’n toer-nooi soumoes gaan en ekhet nie diefinansiesomalhaarkostetedeknie.Ek sorg vir my kinders alleen wanthulle pa is oorlede,” het Van denHeever gesê.

Kasandra is reeds aanvaar by dieUniversiteit Stellenbosch (US) vir’n graad in kliniese sielkunde.

Enige persoon ofmaatskappywatgraag vir Kasandra wil ondersteunkan haar ma, Ria van den Heever,by 079 553 2430 bel of e-pos [email protected].

Kasandra van den HeeverFOTO: MATTHEW SHELDON

SKAAK-KAMPIOENE: Hexvallei Sekondêr het onlangs skoon­skip gemaak tydens die Boland Top Skole Skaak­kampioenskap.Die skool het die o.18­meisies afdeling gemaklik gewen. Diegroep gaan gedurende September aan die Provinsiale Skaak­kampioenskap in Saldanha deelneem. Voor is Tonia Marone,Arnold Mei(afrigter) en Anthea Pretorius (kaptein). Agter isLionecia Nuwegeld, Lucille Oerson, Hellenique Pretorius en LizaanMaarman.

MONTIES STAP VIR LIEFDA-DIGHEID: Leerders van dieHoërskool Montana het Vrydag1 Augustus deur Hoogstraat inWorcester gestap as deel van ‘noptog ten bate van liefdadig­heid. Die inisiatief is deur dieskool se cheerleaders geneemom geld in te samel vir dieSwop Shop in Avianpark en ter­selfdertyd sommer ook gees tevang vir die dertigste interskole(23 Augustus) teen HoërskoolStellenbosch. Ongeveer 100leerders en onderwysers het metblikke en baniere die straat in­gevaar en die voetgangers gees­driftig aangemoedig om ’n by­drae te lewer.

DROSTDY-LEERDERS BEHAAL SUKSES IN MUSIEKEKSAMEN: Alte­saam 23 leerders van HTS Drostdy in Worcester het onderskeidelik dieUnisa­graad en VVA­musiekeksamens gedoen. Drie leerders het 90% enhoër behaal en Emcé Ras word ook op die ererol geplaas. Dit is voor­waar ’n uithaler­prestasie! Elf leerders spog met lof (80 – 89%) van wieses bo 85% behaal het. Hier staan die groep uitblinkers voor die skoolmet hul musiekinstrumente.

REGSTELLING: Die Stan-dard het verlede week indie berig getitel “Gimmies­hokkie” verkeerdelik berigdat die vyf hokkiekapteinealmal Worcester Gimnasiumse kapteine is. Die vyf leer­ders is eintlik Boland Shi­raz­hokkiekapteine. Voor isCathy­Anne Hugo (o. 14­on­derkaptein) en ChrisrieOosthuizen (o. 18­onder­kaptein). Agter is FrederichConradie (o. 16­kaptein),Jeanette Hofmeyr (o. 18­kaptein) en Hans Klüsmann(o. 14­kaptein). Die Stan-dard vra om verskoning virenige ongerief wat veroor­saak is.

NICOLA SKIT-TER IN MUUR-BAL: ’n Leerdervan die LaerskoolWorcester­Oos,Nicola Theron, hetin die Junie­va­kansie Boland opdie muurbalbaanverteenwoordigen is beloon met’n toekenning virsportmanskap.Die o.13­spanwaarin sy gespeelhet, het vierdegeëindig.

Page 18: Worcester standard 07 08 2014

18 Standard7 Augustus, 2014

EiendommeProperty

BREEDE EIENDOMMEBREEDE EIENDOMMEOM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

OM HIER TE

ADVERTEER SKAKEL

023 347 0968

Eleganthomeready fornext family tomove inLuxury living with breathtak-ing views is what this exquisitehome has to offer.

This well-maintained property,situated in Fairway Heights,consists of a three-bedroom familyhomewith a separate one-bedroomapartment that is equipped as aself-catering unit.The pictures speak a thousand

words. This is a must-see forfastidious buyers.For viewing by appointment,

contact Grondbeurs PropertyAgents at 0 023 342 7890 or Ste-fanie Nagel at 079 697 8768.

Page 19: Worcester standard 07 08 2014

19Standard7 Augustus, 2014

GeklassifiseerdClassifieds

FAMILIE-

KENNISGEWINGS

STERFGEVALLE

1005

DESMOND HARMSE.Wat die Here doen is wel-gedaan, maar die seer isnogtaans daar. Ons gaanjou mis. Van Harmse fami-lie.

DESMOND HARMSE.Geb: 19/08/1955Gest: 02/08/2014Begrafnis vind plaasSaterdag 09 Augustus2014 om 09h00 by Novem-berstraat 38, 10h00 by dieOu Apostoliese kerk Esse-lenpark.

DESMOND HARMSE.U stem het stil geword.Rus in vrede Daddy enoupa ons is lief vir jou. Vanjou vrou Rina, kinders enkleinkinders.

JOHANNES JACOBUSNEL. Met hartseer neemons afskeid van ons Pappa,oupa, eggenoot en seun.Dit is ons wens dat dievryheid van pyn en lydingook troos in ons harte salbring. Dankie aan onsHemelse Vader vir die tydwat hy hom vir ons geleenhet. Ons sal jou vir altydlief hê. Van Ronel, Zelda,Lizette, Lizelle, mamma,pappa en Martin.

IN MEMORIAM

1015

FAUAAD LUKAS.3 Jaar is reeds verby. Jouglimlag en liefde sal altydin ons harte bly. Van jouvrou, kinders en kleinkin-ders.

MARCHILENE FORTUIN3 Years they say there is areason that time will healbut, neither time or reasonwill change the way wefeel. No one knows howmany times we have bro-ken down and cried. Yourso wonderful to think ofbut, so hard to be withoutyou Mom. Love Gurchwinand Mache.

MARCHILENE FORTUIN3 Years in our hearts wethought of you with lovetoday. We think of you insilence and often speakyour name. All that wehave is memories and yourpicture in a frame. Yourmemory is our keep sakewith which we will neverpart. God has you in hiskeeping, we have you inour hearts. Love mummy,Bazil, Sandra, Denise, Tre-vor and families.

FORTUIN (NÉÉ) TIMMMARCHILENE in lovingmemories of my dearsister today marks 3 yearsof passing your smile, yourlaugh, your kindness andwarmth, your strengh andmost of all your love.These are the things I willremember most, these arethe things I will boast. Iwill never beworlds apartbecause you will always bein my heart. You are dee-ply missed by brother BazilTimm.

ALICE JOHNSON (NEE)ERASMUS. Mamma van-dag is dit presies 13 jaardat jy weg is van ons. Diegemis is groot, maar onsberus in God se wil. Misdie geselsies. Van Erasmuskinders, skoondogters,skoonseuns en kleinkin-ders.

ALICE JOHNSON mettere herinnering dink onsaan 'n geliefde antie ophaar verjaarsdag. LiefdeLinda, Clifford McCloed engesin.

ALICE JOHNSON.My suster ons dink vandagmet verlange aan jou waarjy jou verjaarsdag in dieHemel vier. Liefde Jane,Prens, Juhaine en Lana.

ALICE JOHNSON mysuster die herinneringe blymy by. Ek mis jou steedsna 13 jaar. Van Dina, Sak-kie en kinders.

CONRADIE LEAKATRINA ELIZABETH.Mamma môre 08/08/2014is dit reeds 'n jaar watmamma weg is van ons,die gemis is groot, maarons berus in God se wil.Dink elke dag aan mamma.Baie liefde Nykie, Roland,Aubrey, Rose, Jane, Char-maine, Frank, Sharon,Chantel, kleinkinders enagterkleinkinders.

LOTTERING MARGA-RET. In our hearts yourmemory lingers, sweetlytender, fond and true.There is not a day dearMaksie that we do notthink of you. Your gentleface and patient smilewith sadness we recall.You had a kind word foreach and died loved by all.Kimaal, Amber and Ameer.

LOTTERING MARGA-RET. Mummy's 1st yearaway from us. God sawyou getting tired, so heput his arms around youand whispered "come withme". A golden heart stop-ped beating, hardworkinghands at rest. God brokeour hearts to prove to ushe only takes the best. Wemiss and love you greatly.Deidrè, Mishka and Jihan.

LOTTERING MARGA-RETGest: 04/08/2013'n Jaar is verby, met hart-seer koester ons mummyse nalatenskap, nederigegesindheid en brue wat Uvir ons gebou het. Dankievir mooi herinneringe endat U ons geleer het wat 'nvrou moet wees. Van kin-ders, kleinkinders enagter-kleinkind.

MAGDALENAPIETERSE.You were a gift to all theworld and brought joy toeveryone and life hasnever been the same ever-since you have been gone.From children and grand-children.

KAREL DAMPIES.Geb: 09/08/1993Gest: 27/03/2007Karel op 9 Augustus souons jou 21ste verjaarsdaggevier het, maar nou vierjy dit saam met Jesus endie engele. Ons sal nooitophou om jou te verlangnie. Jy sal altyd bly voort-leef in ons harte. Vanmamma, pappa, sussie,familie en vriende.

IN MEMORIAM

1015

Page 20: Worcester standard 07 08 2014

20 Standard7 Augustus, 2014

GeklassifiseerdClassifieds

AUDREY OLSEN. Dinkmet mooi herinneringe aanMummy op 05/08/2014.Jou 1ste jaar van ons weg,die gemis en verlange isgroot. Liefde van jou manEddie en kinders.

GEORGE DIRK on05/08/2014 it was 3 yearsyou left us behind with ahuge legacy, but we askGod grant us the serenityto accept the things wecannot change, courage tochange the things we canand wisdom to know thedifference. With fondmemories from your wife,children and grandchildren.

GELUKWENSINGS

1030

NOLINE HENDRIKS.Happy 50th birthdayMommy. May the Lordgrant you many moreyears. From Leana, Gerald,Mariette and family.

RAAI WIE IS 21? op 6Augustus. Geluk boeta.Van Mamma en familie.Geniet jou dag.

DEANDRE WILLEMSE.Happy birthday. Van Wil-lemse, Jacobs gesin enFarren.

ASHLEY ROSS09/08/2014.Baie geluk met jou 21steverjaarsdag, Ps 23. Vanouers, James, Charmaineen Charnè.

GUESS WHO'S 21???With love from Cynthia,Moneyline and CPS. Enjoyyour day our angel.

ALGEMENEKENNISGEWINGS

VERLORE/VERMIS

1225

HERKEN iemand hierdiefoto? SKAKEL: 073 8078129.

PERSOONLIKEDIENSTE

LENINGS

1445

CONSOLIDATION LOANOnline. Up to R230 000.Bad credit welcomeemail: [email protected]

LOANS: up to R200 000!Immediate approval.FIONA: 082 422 2271

LOANS for govermentworkers.Call Jacky 061 757 9088

TE KOOP

ALLERLEI

1655

GROOTMAAT DROËSNOEK TE KOOP teenbillike pryse vanaf R4.00tot R6.00 per stuk ooksnoek te koop.

2de Handse plate tekoop.Cell: 081 575 1810 / 082393 4749

SAKE

BELEGGINGS

2410

BENODIG AGENTE VIRnuwe, unieke produk.Aanvangsfooi: R15 000 –R20 000.Deon: 082 713 4000. Epos:[email protected].

DIENSTE

2420

MEUBELVERVOER. N.J.(Otto). 20 jaar ondervin-ding. Persoonlike toesig.Enige trek. 082 708 9447/023 342 0286

VOERTUIE

VOERTUIE GESOEKOM TE KOOP

3075

DADELIK kontant vir ubakkie of motor. Skakel,SMS of whatsup na 082561 3291. (Nie lopendebakkies en motors wel-kom).

EIENDOMME

TE KOOP

3201

HUIS IN WORCESTERTE KOOP vir R900. 0003 slaap kamers,2 badka-mers, dubble motorhuismet groot afdak, lekkerruim leef areas met velemeer. Kom besigtig metafspraak. Skakel: Johanby 082 099 8221.

PRIVAAT VERKOOP 3slaapkamer huis metomhuining, HexparkR430.000Kontak gerus: 081 0634013

BETREKKINGS

3600

ALGEMEEN

3680

AUTO ELEKTRISIëNASSISTENT gesoek teWorcester. E-pos CV metID foto en 3 kontakbareverwysings [email protected]

DANKBETUIGINGS1020

DANKBETUIGINGS1020

DIENSTE2420

IN MEMORIAM

1015

LENINGS

1445

Page 21: Worcester standard 07 08 2014

21Standard7 Augustus, 2014

GeklassifiseerdClassifieds

Page 22: Worcester standard 07 08 2014

22 Standard7 Augustus, 2014

GeklassifiseerdClassifieds

Page 23: Worcester standard 07 08 2014

23Standard7 Augustus, 2014

SportSport

Hopeclinch1-0victory

MATTHEW SHELDON

ViewofHope beatYoungChiefs1-0inaSafaCape Winelands Promotional Leaguematch on Sunday 2 August.

The match was played on Esselen Park Stadi-um in Worcester.

It was Chiefs from Slanghoek who managedtotakecontroloftheballpossessionwithinmin-utes after the kick-off. Their midfield playersmanagedto launchattackafterattack,butwereconstantly denied by a sturdy Hope goalkeeperSandro Jaftha.

Hope’s midfielders Iefrain de Bruin, Kir-wynn Rhode and Shafiek Adonis were at the

heart of every attack and were clinical whenlaying off passes towards their strikers.

According to Jerome Jones, coach of Hope,his team had a few easy chances at goal in thefirst half but could not place the ball behind thenets.Minutes before half-time Chiefs launchedan attack by using their wingers, who crosseda few balls into the box, but it was once againJaftha who blocked out their shots to keep aclean sheet.

The half-time score was 0-0.The second half began at a frantic pace with

both teams eager to take an early lead, in anattempt toclinchall threepoints. Itwasnot thateasyasbothHopeandChiefsstruggled tobreakthrough each other’s defence.

In the 60th minute Rhode received the ballfrom the midfield and ran past a few defendersbefore releasing a shot which went wide.

Chiefs managed to enjoy most of the ball pos-session in the first quarter of the second halfbut were unlucky in front of goal, missing a fewchances once again.

It was, however, in the last five minutes ofthe match when Hope’s captain Gurschwin Af-rica rose to the occasion and broke throughChiefs’ defence as he ran past three defenders.Africa then moved into the box and, with aquickshort-passtohisteam-mate,Rhodeplacedthe ball into the nets to give his side a well-de-served victory.

The match ended 1-0 in favour of Hope.

View of Hope beat Young Chiefs1­0 in a Safa Cape Winelands Pro­motional League match on Sunday.The match was held on EsselenPark’s A­field.

PHOTO: JOLINE VAN DER MERWE

WORCESTER-ROLBALKLUB PRESTEER:Die Worcester­rolbalklub het met heelwat tro­feë in die afgelope Boland­rolbalseisoenweggeloop. Die trofeë is by die algemenejaarvergadering van Boland­rolbalunie oor­handig. ’n Lid van Worcester­rolbalklub, Ale­ta Saayman, het gedurende die afgelope rol­balseisoen goed presteer. Saayman het dievolgende toekennings verwerf: meestersope(gewen), senior enkel (gewen) en met haarspanne waarmee sy saam gespeel het, diesenior pare en die ope vier, het sy saam as’n span gewen. Die Worcester­rolbalklub siengeweldig uit na hul volgende toernooi, Two-Ball Trips, wat vanaf 6­7 September in Wor­cester plaasvind. Daar sal heelwat spannevan die Boland sowel as die Westelike Pro­vinsie verteenwoordig wees.

FOTO: DENISE SMITHIES

BOETIE HATTINGH

Global Force Worcester Perseverance hetdie afgelope Saterdag 2 Augustus daaringeslaag om Mountain Stars met 38-32 teklop.

Die wedstryd het in De Doorns plaasge-vind.

Indieeerstepaarminutehetbeidespan-ne hardlooprugby opgedis, maar Stars hetvroeg al laat blyk dat hy nie maklik op sytuisveld geklop sal word nie.

Stars het ook vanaf die afskop vir Per-sies onder geweldige druk geplaas en syverdediging getoets, maar dit was rotsvas.

Persies het nie terug gestaan nie en hetook gewys waartoe hulle in staat is. Diespan het aanval na aanval van stapel ge-stuur en sy voor- en agterspelers het mooigekombineer. Kort hierna het die drieëeen na die ander gekom. Persies het sy bo-nus punt in die eerste helfte aangeteken.Die rustydtelling was 24-3 in Persies seguns.

Met die begin van die tweede helfte wasdit ’n ander storie. Stars het met meningterug gekom en sy agterstand laat krimpmet sy aanvallende taktiek. Stars het uit-eindelik ook sy bonus punt gekry.

Vir die res van die tweede helfte moesPersies hul doellyn met al wat dit werdis verdedig om aan sy voorsprong te klou.

Die eindtelling is toe 38-32 in Persies seguns.

Puntemakers vir Persies was drieë deursenter Jaco Daniels (1), heelagter RolandDaniels (1), agsteman Chad Oosthuizen(1), vleuel Chantam Ceasar (1), senter EricGalant (1) en plaasvervanger-losskakelRegan Klink (1). Skrumskakel AlleyJohnson het sukses met drie doelskoppebehaal, terwyl Jaco Daniels met een doel-skop geslaag het. Persies se B- en C-span-ne het onderskeidelik met 18-10 en 10-8 ge-seëvier. Eerskomende Saterdag 9 Augus-tus speel Persies in die Esselenpark-stadion teen Young Good Hopes vanAshton.

Drieëfees tussen Persies en Stars

W.S.S KLOP EPH: Worcester Sekondêre Skool (W.S.S) het Woensdag 30 Julie in ’n Besigheid teen Misdaad­wedstryd op Esselenpark­stadion vir die Hoërskool Esselenpark met 10­6 geklop. FOTO: VERSKAF

Gholf:Boland-streekfinale:SanlamKanker-uitdaagreeks– Afd. A: R. Gooderson (Robertson) 39, D. Heyn(Clanwilliam) 39, H. Knoezen (Porterville) 36. Afd.B:R.Robinson(Paarl)38,G.Saayman(Wellington)37, R. Neethling (Worcester) 35. Afd. C: E. de Kock(Porterville) 36, D. O’Sullivan (Langebaan 36), M.Botha (Ceres) 35.Bonnievale(72):Enkel-Stableford–E.vanderBank45,B.Esterhuyse42,D.Hammersma40,H.Scheun36, N. van Zyl 35, M. Botha 32.Ceres (72): Enkel-syferplus: W. Rossouw +5,H. Laubscher +2, G. Gelderblom +2, H. Brown +2,W. Pharo +1, C. Mostert gelyk.Theewaterskloof (72): Samespel-stableford:G. van Rooyen en P. van Rooyen 42, P. Marx enW. Gellatly 41, B. Klindt en J. Lotter 39.Robertson (72): Enkel-Stableford – M. Swart 40,P. Winterbach 39, E. Deyzel 35.Worcester (72): Samespel-Stableford – S. le Rouxen G. Lourens 46, M. Smit en J. van der Merwe 46,B. Swanepoel enD. Botha 44, E. Spies enW.Storm43, F. van Zyl en A. Pretorius 43.

Rugby:Premierliga: Hawston 53, Robertson 49.Superliga-Oos: Ashton United 21, Young Hamil-tons 15.

Race one: CANSA Ass. of Work Riders’ MaidenPlate; 1 000 m; (13:10)1. Pente’s Daughter (5)2. Thrill Factor (2)3. Royal Foundation (1)4. Ideal Countess (7)

Race two: Happy National Women’s Day MaidenPlate; 1 200 m; (13:45)1. Heartland (6)2. Hidden Dragon (1)3. Millbrook (8)4. Without Permission (9)

Race three:Nina JRunwayMaidenPlate; 1 200 m;(14:20)1. Master’s Eye (8)2. Lessflashmorecash (1)3. Big Ed (2)4. Prince Of Eden (9)

Racefour:MauritzfontainStudHandicap(MR79);1 800 m; (14:55)1. Zingzilla (4)2. A Time To Kill (5)3. Silver Image (7)4. Vice Admiral (2)

Race five: Diamond Champagne Stakes (WFA)(Grade 3) )F & M) (R250 000); 1 200 m; (15:30)1. Priceless Jewel (1)2. Captainofmysoul (2)3. Als Bonanza (4)4. Knock ‘Em Out (5)5. The Which Doctor (3)

Race six: Julie Killias Events FM 83 Handicap);2 000 m; (16:05)1. Schism (1)2. Careful Hiker (4)3. London Theatre (5)4. Gallica Rose (2)

Race seven: Utopia Skin & Beauty Handicap (MR79); 1 400 m; (16:40)1. Chester’s Wish (11)2. Evening Storm (8)3. Stratocruiser (2)4. Musical Man (5)

Race eight: Jenny Morris Maiden Plate; 1 600 m;(17:20)1. Spectacular Jet (8)2. That Cowboy Kid (1)3. Waterways (4)4. Gris Cheval (3)

Place Accumulator:1,6,8 x 1,8 x 4,5,7 x 1 x 1,2,4,5 x 2,8,11 x 8.

Jackpot:1,2,4,5,7 x 1,2 x 1,2,3,4,5 x 2,3,5,8,11.

Pick 6 (10%):1,2,8,9 x 1,2,4,5,7 x 1,2 x 1,2,3,4,5 x 2,3,5,8,11 x1,3,8.

Page 24: Worcester standard 07 08 2014

7 Augustus 2014

Wolseley klop TouwparkWolseley het die afgelope Saterdag 2 Au-gustus op sy tuisveld vir Touwpark in ’nPresidents-Wynland rugbywedstryd met20-6 geklop.

Ditwas ’nwedstrydwatdeurgoeievoor-spelerspelgekenmerkwas.PuntevirWol-

seley is drieë deur Wetton Britz (1), DeanBoer (1) en ClarenceMalan (1).Wolsley seMario Andrews het met een doelskop en’n strafskop geslaag. Touwpark het tweestrafskoppe oorgeskop. Albei klubs seB- en C spanne se uitslae is uitstaande.

Rugby­uitslae vanHTSDrostdy

HTS Drostdy:Rugbyuitslae t.

Hoërskool Brac-kenfell:

o. 19 A wen 41-7o. 19 B wen 22-0o. 19 C wen 35-

10o. 16 A verloor

10-13o. 16 B verloor

14-0; o. 15 A wen15-13

o. 15 B verloor11-0; o. 14 A wen31-18

o. 14 B verloor14-0

IN ’N KLASVAN SY EIE:Elru Viljoen, ’nleerder vanKleinplasieRaceway, hethomself in diegeskiedenisboeke inge­skryf toe hydie jongsterenjaer om diemini klubkampioenskapvir die 2013­2014 seisoente wen, geword het. Hy het die trofee bydie klub se jaarlikse prysuitdeling verledemaand in Rawsonville ontvang. Elru het ookdie prys gekry vir die mees gevorderderenjaer in die mini klas­afdeling. Elru het syeerste wedren op sewejarige ouderdomvoltooi.

SUPERLIGA: YOUNGHAMILTONS SE DERDENEDERLAAG

BegeesterdeAshtonverrasHamiltonsYoungHamiltonsRVKhetdieafgelopeSa-terdag 2 Augustus in ’n Superliga-wed-stryd teen ’n begeesterde Ashton Unitedmet 21-15 vasgeval.

Dit is Hammies se derde nederlaag van dieseisoen.

Meer as 2 000 toeskouers op Esselenpark-stadion moes toesien hoe lusteloos hul gelief-de Hammies voorkom.

Hammies het wankelrig begin nadat Bet-ram Jacks nie die bal van die afskop af konbemeester nie.

Kort hierna het Ashton ’n skrum op diekwartlyngekry,maar ’nskrumoortredinghetdaartoe gelei dat Ashton ’n strafskop kry ensukses behaal het. Die telling is toe 3-0.

Oomblikke later het Hammies die een aan-val ná die ander van stapel gestuur enAshtonhet toe onder die druk gevou. Dit is toeHayneAnthonyoorgegaanhetvirdie eerstedrievandie wedstryd. Hammies se Ambrose Steynkon egter nie verdoel nie. Die telling is 5-3.

Hierna het Hammies ’n strafskop gekry enSteyn het oorgeskop. Die telling is 8-3.

Ashton het egter nooit paniekerig geraaknie enwordmet ’n strafskop beloon ná ’n oor-tredingdeurHammiesseRegardtValla,waar-

voor hy ’n geelkaart kry. Die strafskop wordaangeteken en die telling is 8-6.

Met ’n speler kort en groot gapings in dietuisspan se verdediging het Ashton die balwyd gespeel en is beloon toe hy onder die palegaan kuier om voor rustyd met 13-8 ná ’n ver-doelde drie te laat voorloop.

Met die aanvang van die tweede helfte is ditAshton wat die groot skare na hul asem laatsnak met aanvallende hardlooprugby teen ’nsterk wind. Goeie hand-tot-hand bewegingswaartydens die bal lustig rondgegooi is, hetHammies laat bontstaan soos lanklaas op Es-selenpark-stadion gesien is.

Ashton het aangehou om die druk op Ham-mies toe te pas en het weereens ’n strafskopreg voor die pale gekry om hom met 16-8 telaat voor loop.

Hammies het egter koelkop gebly en is korthiernamet ’n verdoelde drie beloon toe plaas-vervanger-vleuel Lusanda Mtsotshi gaandruk het om die telling op 16-15 te staan tebring. Die tuisspanwas nou behoorlik aange-vuur en het die een aanval na die ander optou gesit, maar Ashton se verdediging wasrotsvas.

Dit was egter Ashton wat laaste lag toe hyindiehoekoorgegaanhetmet12minutespeel-

tydooromdie tellingop21-15 te staan tebring.Ashton moes hierna omtrent wal gooi toe

Hammies alles na sy kant toe gooi om te wen.Elton Valla is ná die soveelste aanval oor

diedoellyn,maarskeidsregterLinstonManu-

el het beslis dat hy die bal in die doelgebiedverloor het.

Met duisende Hammies ondersteuners nogop hul voete het die eindfluitjie geblaas.

Die eindtelling is 21-15.

Young Hamiltons het die afgelope Saterdag 2 Augustus in ’n Superliga­wedstryd op Esselen­park­stadion teen Ashton United met 21­15 vasgeval. FOTO’S: JOLINE VAN DER MERWE