22
1 Inligtingsdokument vir lidmate van gemeentes in Wes-Transvaal oor die stem vir die voorgestelde wysiging van die Artikel 1 van die Kerkorde Hierdie stemproses is juis so dat elke lidmaat wat deel is van die geloofsfamilie van die NG Kerk, geleentheid kry om deel te neem aan die proses. ’n Demokratiese reg uit te oefen. Hul stem in die Kerk te laat hoor! Baie mense vra hoekom moet ek as lidmaat stem? Die appèl-uitspraak van 27 November 1998 in die Koppies- hofsaak tussen die NGKA en VGKSA genoodsaak dit dat lidmate moet stem. Dáár is beslis dat geen meerdere vergadering eiemagtig die Belydenisgrondslag en/of Kerkorde kan wysig sonder dat ’n tweederdemeerderheid van die plaaslike gemeentes daartoe ingestem het nie. Artikel 1 van die Kerkorde handel oor die NG Kerk se belydenisgrondslag. Dit verduidelik wat die boustene van ons geloofsleer is. Dit is waarop ons antwoord by: Die doop van ons kinders; wanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word (belydenisaflegging); wanneer kerkraadslede bevestig word en Bedienaars van die Woord gelegitimeer en/of bevestig word.

vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

  • Upload
    vuhanh

  • View
    227

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

1

Inligtingsdokument vir lidmate van gemeentes in Wes-Transvaal oor die stem vir die voorgestelde wysiging

van die Artikel 1 van die Kerkorde

Hierdie stemproses is juis so dat elke lidmaat wat deel is van die geloofsfamilie van die NG Kerk, geleentheid kry om deel te neem aan die proses. ’n Demokratiese reg uit te oefen. Hul stem in die Kerk te laat hoor!

Baie mense vra hoekom moet ek as lidmaat stem? Die appèl-uitspraak van 27 November 1998 in die Koppies-hofsaak tussen die NGKA en VGKSA genoodsaak dit dat lidmate moet stem. Dáár is beslis dat geen meerdere vergadering eiemagtig die Belydenisgrondslag en/of Kerkorde kan wysig sonder dat ’n tweederdemeerderheid van die plaaslike gemeentes daartoe ingestem het nie.

Artikel 1 van die Kerkorde handel oor die NG Kerk se belydenisgrondslag. Dit verduidelik wat die boustene van ons geloofsleer is. Dit is waarop ons antwoord by:

Die doop van ons kinders; wanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word (belydenisaflegging); wanneer kerkraadslede bevestig word en Bedienaars van die Woord gelegitimeer en/of bevestig word.

Hierdie proses oor Artikel 1 van die Kerkorde het reeds by die Algemene Sinode van 2011 begin toe die Algemene Sinode besluit het om die Belydenis van Belhar op kerkordelike wyse deel van die NG kerk se belydenisgrondslag te maak en dit aan die Moderamen opgedra het om die nodige kerkordelike prosesse hiervoor in werking te stel. By die Algemene Sinode se vergadering van Oktober 2013 is die besluit geneem vir hierdie proses wat u ook nou uitgenooi word om saam deel te neem en jou stem uit te bring.

JY AS LIDMAAT WORD UITGENOOI OM TE STEM…

Page 2: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

2

Artikel 1 van die Kerkorde waaroor dit gaan:

Die Huidige Artikel 1 van die Kerkorde wat reeds sedert 1962 deel van die Kerkorde is:

Die Nederduits-Gereformeerde Kerk staan gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, staan uitgedruk in die Formuliere van Eenheid soos vasgestel op die Sinode van Dordrecht in 1618-1619, naamlik die sewe en dertig artikels van die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en vyf Dordtse Leerreëls

(Later in hierdie inligtingstuk sal u meer hoor van die Sinode van Dordrecht 1618-1619 en die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die vyf Dordtse Leerreëls.)

Die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde (besluit van die Algemene Sinode Oktober 2013):

1 Die Nederduitse Gereformeerde Kerk is gegrond op die Bybel as die heilige en onfeilbare Woord van God. 2.1 Die leer wat die Kerk in ooreenstemming met die Woord van God bely, word verwoord in 2.1.1 die ekumeniese belydenisse, naamlik die Apostoliese Geloofsbelydenis, die Geloofsbelydenis van Nicea en die Geloofsbelydenis van Athanasius; en 2.1.2 die Drie Formuliere van Eenheid, naamlik die Nederlandse Geloofsbelydenis, die Heidelbergse Kategismus en die Dordtse Leerreëls. 2.2 Die Belydenis van Belhar is deel van die belydenisgrondslag van die Kerk, op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie. 3 Die Kerk aanvaar dat haar roeping om haar geloof te bely, altyd geld en dat ʼn uitbreiding van haar belydenisgrondslag sonder dwang geskied.

Meer oor Belydenisse en Belydenisskrifte:

Page 3: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

3

Terwyl ons oor die belydenisse van ons kerk praat, is dit goed om net weer te sê wat ‘n belydenis is, hoe dit tot stand kom en wat die gesag daarvan is. Belydenisse word gebore vanuit die konflik van teenstrydige uitkomste in die vraag na die betekenis van die Evangelie.So ‘n belydenissituasie kom nie oornag tot stand nie, om die waarheid te sê, dit is die laaste aksie in ‘n verstaanskonflik – ‘n daad van belydenis. In so ‘n belydenis tref jy nie vryblywende opinies aan nie, maar verbindelike uitsprake waarin die geloofsverstaan en identiteit van ‘n belydende gemeenskap op die spel is: hulle sê by wyse van spreke dat hulle ontrou teenoor God en teenoor hulleself/mekaar sal wees as hulle sou swyg terwyl ‘n afwykende leer verkondig word en mense in ooreenstemming daarmee begin lewe. In die reël word so ‘n belydenis op skrif gestel. ‘n Belydenis word ‘n belydenisskrif as ‘n geloofsgemeenskap dit amptelik (gesamentlik en publiek) ‘omhels’ en aanneem as uitdrukking van die eie geloofsverstaan. Dit kan uiteraard net sin maak as die ‘inhoude’ van hierdie belydenis binne hierdie geloofsgemeenskap in die prediking, kategese en lewenswandel aanwesig is, m.a.w. as hierdie belydenisinhoude die identiteit van die geloofsgemeenskap mede-bepaal.Wat is die gesag en status van belydenisse/belydenisskrifte? Die belydenisskrifte se gesag is toegekende gesag deur ‘n geloofsgemeenskap. Hierdie toekenning of toesegging van gesag geskied op grond van die vaste oortuiging dat die belydenis die waarheid van die Woord betroubaar vertolk. Dit beteken egter ook dat belydenisse nie ewig-geldende, onveranderlike dekrete is nie, maar mensewerk wat in beginsel hersienbaar is en ook aangevul kan word in nuwe situasies wat mag ontstaan.Omdat geloofsverstaan verdiep en verruim kan word, insig in en kennis van die Skrif kan toeneem, kan ‘geloofsantwoorde’ aan die orde kom wat nie voorheen so verwoord is nie. Omdat toegekende gesag afgeleide gesag is, (geen belydenis of belydenisskrif kan bo die Bybel geag word nie) moet die ‘lewenssirkel’ tussen gelowige lees en luister na die Skrif én die gelowige (belydenismatige) antwoord in woord en daad daarop, voortgaande lewenspraktyk word. Die ideaal is dat ons nie net ‘n ‘belydeniskerk’ is nie, maar in die volste sin van die woord ‘n belydende kerk sal wees en al meer sal word.

Net om u geheue te verfris, ’n paar woorde oor ons huidige ses belydenisskrifte:

Page 4: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

4

2.1.1 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die Ekumeniese belydenisse (nie genoem in die huidige Artikel 1 van die Kerkorde nie, die Apostoliese Geloofsbelydenis of Twaalf Artikels word wel in die Heidelbergse Kategismus behandel):

Apostoliese Geloofsbelydenis:Ontstaan: 150 n.C. – vyfde eeu

Samestellers:Dit is nie deur die apostels self opgestel soos ’n ou legende dit wil hê nie. Mense wat in die vroeë kerk gedoop is, of ouers wat hulle kinders wou doop, moes ’n eenvoudige belydenis van geloof aflê. In 150 n.C. was die basiese vorm hiervan reeds in Rome bekend. Hierdie belydenis is algaande uitgebrei totdat dit sy huidige vorm in die vyfde eeu gekry het.

Inhoud:Die hoofsaak van die evangelie word kernagtig in twaalf hoofpunte saamgevat. Hierin word bely wat die hoofwerk van elkeen van die drie Persone van God, naamlik die Vader, die Seun en die Heilige Gees is.

Ek glo in God die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde;En in Jesus Christus, sy eniggebore Seun, ons Here;wat ontvang is van die Heilige Gees, gebore uit die maagd Maria;wat gely het onder Pontius Pilatus, gekruisig is, gesterf het en begrawe is en ter helle neergedaal het;wat op die derde dag opgestaan het uit die dood;opgevaar het na die hemel en sit aan die regterhand van God, die almagtige Vader, waarvandaan hy sal kom om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het. Ek glo in die Heilige Gees;Ek glo aan 'n heilige, algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges;Die vergewing van sondes;Die opstanding van die vleesEn 'n ewige lewe.

Geloofsbelydenis van NiceaOntstaan:325/381 n.C.

Samestellers:Verwarrende opvattings oor die verhouding van die drie Persone van die Godheid tot mekaar en oor die verhouding tussen die Godheid en mensheid van Jesus het vroeg in die vierde eeu ontstaan. By die Sinode van Nicea in 325 n.C. (die eerste ekumeniese konsilie) het hulle nie letterlik die belydenis opgestel nie, eers na 362 n.C. het dit ontstaan en dit is verder uitgebrei op die tweede ekumeniese konsilie te Konstantinopel 381 n.C., terwyl nog later “en die Seun” [by die

Page 5: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

5

uitgaan van die Heilige Gees] daaraan toegevoeg is. Dit word daarom ook die “Niceno- Constantinopolitanum” genoem. Inhoud:Hierdie belydenis is, net soos die Twaalf Artikels, ’n kernagtige samevatting van die hoofpunte van die evangelie. Die volgende punte is bygevoeg:

’n Kort uiteensetting van die verhouding van Jesus tot die Vader en ’n Kort uiteensetting van die verhouding van die Heilige Gees tot die Vader en die Seun.

Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sienlike en onsienlike dinge;en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye;(God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, verwek, nie gemaak nie, een in wese met die Vader;deur wie alle dinge ontstaan het;wat ter wille van ons, die mens, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria, en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is onder Pontius Pilatus, gely het en begrawe is;en op die derde dag opgestaan het volgens die Skrifte; wat opgevaar het na die hemel, en wat sit aan die regterhand van die Vader;wat weer sal kom met heerlikheid om te oordeel die wat nog lewe en die wat reeds gesterf het, wie se koningsheerskappy geen einde sal hê nie;en in die Heilige Gees, die Heer en Lewendmaker, wat van die Vader en die Seun uitgaan, wat saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik moet word, wat gespreek het deur die heilige profete.Ons glo aan een heilige, algemene kerk, gegrond op die leer van die apostels.Ons bely een doop tot vergifnis van sondes;ons verwag die opstanding van die ontslapenes, en die lewe van die toekomstige eeu. Amen. Geloofsbelydenis van Atanasius:Ontstaan:Vierde eeu n.C.

Samestellers:Hierdie belydenis reageer op die dwalings van daardie tyd. Dit handel veral oor die verhouding van die drie Persone van die Godheid tot mekaar en oor die manier waarop Jesus mens geword het. Die belydenis word aan die kerkvader Atanasius toegeskryf wat in die vierde eeu n.C. geleef het. Na alle waarskynlikheid het hy dit nie opgestel nie. Dit stam waarskynlik omstreeks 500 uit Spanje of Suid-Frankryk. Vir sover bekend is dit in die 13de eeu met die ander twee ekumeniese belydenisskrifte gelykgestel. Dit word ook die “Symbolum Quicumque - na die eerste woorde - genoem.

Inhoud:Die inhoud bestaan uit:

’n Breedvoerige beskrywing van die verhouding van die drie Persone van die Drie-eenheid tot mekaar. Alles draai om die eenheid in die Drieheid en die Drieheid in die eenheid.

’n Verduideliking van die manier waarop Jesus mens geword het en wat die verhouding tussen sy Goddelike en menslike natuur is.

Page 6: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

6

1. Vir elkeen wat salig wil word, is dit in die eerste plek nodig dat hy die algemene geloof moet vashou.2. As iemand dit nie heeltemal en ongeskonde bewaar nie, sal hy sonder twyfel ewig verlore gaan.Die algemene geloof is: 3. Ons moet die één God in die Drievuldigheid en die Drievuldigheid in die Eenheid eer,4. sonder om die persone te vermeng of die substansie te deel.5. Want die persoon van die Vader is 'n ander, van die Seun is 'n ander (en) van die Heilige Gees is 'n ander.6. maar die Vader en die Seun en die Heilige Gees is één Godheid met gelyke eer en mede-ewige majesteit.7. Hoedanig die Vader is, sodanig is ook die Seun (en) sodanig is ook die Heilige Gees.8. Die Vader is ongeskape, die Seun is ongeskape (en) die Heilige Gees is ongeskape;9. die Vader is onmeetlik, die Seun is onmeetlik (en) die Heilige Gees is onmeetlik;10. die Vader is ewig, die Seun is ewig (en) die Heilige Gees is ewig.11. Nogtans is dit nie drie Ewiges nie, maar één Ewige,12. net soos ook nie drie Ongeskapenes of drie Oneindiges nie, maar één Ongeskapene en één Oneindige.13. net so is die Vader almagtig, die Seun almagtig (en) die Heilige Gees almagtig;14. en tog is daar nie drie Almagtiges nie, maar één Almagtige.15. So ook is God Vader, God is Seun en God is Heilige Gees;16. en tog is dit nie drie Gode nie, maar dit is één God.17. Net so is die Heer Vader,, die Heer Seun (en) die Heer Heilige Gees;18. en tog is dit nie drie Here nie, maar dit is één Heer.19. Want soos ons deur die Christelike waarheid gedwing word om elke Persoon afsonderlik God en ook Here te noem, so is dit ons ook deur die algemene geloof verbode om van drie Gode of Here te praat.20. Die Vader is deur niemand gemaak of geskep of verwek nie;21. die Seun is deur die Vader alleen, nie gemaak of geskep nie, maar verwek;22. die Heilige Gees is deur die Vader en die Seun, nie gemaak, geskep of verwek nie, maar Hy gaan van die Vader en die Seun uit.23. So is daar dan één Vader, nie drie Vaders nie; één Seun, nie drie Seuns nie; één Heilige Gees, nie drie Heilige Geeste nie.24. En in hierdie Drievuldigheid is niks eerder of later nie en is niks meer of minder nie, maar al drie persone is onderling mede-ewig en volkome aan mekaar gelyk. 25. só, dat in alle opsigte, soos alreeds hierbo gesê is, die eenheid in die Drievuldigheid en die Drievuldigheid in die eenheid geëer moet word.26. Daarom, wie dus salig wil word, moet só oor die Drievuldigheid voel. 27. Maar vir die ewige saligheid is dit nodig dat hy ook getrou aan die menswording van ons Here Jesus Christus moet glo.Die regte geloof is dan:28.dat ons glo en bely dat ons Here Jesus Christus, die Seun van God, tegelyk God én mens is.29. Hy is God uit die substansie van die Vader, voor alle tye verwek én mens uit die substansie van sy moeder, in die tyd gebore;30. volkome God, volkome mens met 'n redelike siel en menslike vlees,31. aan die Vader gelyk na sy Godheid, minder as die Vader na sy mensheid.32. En al hoewel Hy God is en mens, is Hy nogtans nie twee nie, maar één Christus.33. één nie deur verandering van die Godheid in die vlees nie, maar deur die aanneming van die mensheid in God.34. één, nie deur vermenging van die substansie nie, maar deur die eenheid van die Persoon.35. Want soos die redelike siel en die vlees een mens is, so is God en mens één Christus,

Page 7: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

7

36. wat gely het om ons saligheid ontwil, ter helle neergedaal het, op die derde dag weer opgestaan het uit die dode,37. opgevaar het na die hemel, aan die regterhand van die Vader sit en van daar sal kom om hulle wat nog lewe én hulle wat alreeds gesterf het te oordeel;38. by wie se koms alle mense weer sal opstaan wat die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; 39. hulle wat goed gedoen het, sal die ewige lewe ingaan, maar die wat kwaad gedoen het, in die ewige vuur.40. Dit dan is die algemene geloof: as iémand dit nie getrou en vas glo nie, sal hy nie salig word nie.

2.1.2 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die drie formuliere van eenheid (hierdie belydenisskrifte is te omvattend om hul volledig in hierdie inligtingsdokument te plaas. U kan gerus u leraar om die volledige bewoording vra of dit self op internet kry.)

Nederlandse GeloofsbelydenisOntstaan:1561

Skrywer:Guido de Brés

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:Spanje regeer oor groot dele van Europa. Die koning van Spanje is Rooms-Katoliek. Katolieke wil botsende sienings uitroei. De Bres se belydenis het ten doel om as 'n verduideliking van die gereformeerde geloof in Nederland teenoor koning Philip van Spanje te dien. Op 2 November 1561 word die belydenis met 'n brief wat aan die koning gerig is oor die poort van die kasteel gegooi. Die owerheid reageer skerp. Hulle brand De Bres se studeerkamer met alle kopieë van die belydenis daarin af en in 1566 word hy gevang en opgehang.

Indeling van die belydenisskrif:37 Artikels

Fyner indeling: God sy openbaring en sy Woord – Artikels 1-11 Die skepping, voorsienigheid, sondeval en verlossing – Artikels 12-17 Die verwerwing en toe-eiening van die heil (saligheid – Artikels 18-26 Die kerk: Artikels 27-37

Heidelbergse KategismusOntstaan:1563

Page 8: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

8

Skrywer:Ursinus en Olevianus

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:Nederland was onafhanklik van Spanje. Die kerk en die staat was een. Die keurvors van die Palts in Duitsland ('n gereformeerde) wou 'n leerboek hê om groter eenheid onder gereformeerdes te bewerk en om daaruit vir die kinders die evangelie te leer. Ursinus en Olevianus kry toe die opdrag om die kategismus (leerboek) op te stel. Hulle was van Duitsland. In 1563 is hierdie Kategismus van Heidelberg goedgekeur.

Indeling van die Belydenisskrif:129 vrae en antwoorde en drie dele: sonde; verlossing en dankbaarheid

Fyner indeling:Vier kernstukke word behandel:

Geloof (die Twaalf Artikels) Gebod (Die Tien Gebooie) Gebed (Die Onse Vader gebed) Genademiddels (Doop en Nagmaal)

Dordtse LeerreëlsOntstaan:1618-1619

Skrywer:Sinode van Dordrecht

Omstandighede wat lei tot die ontstaan van die Belydenisskrif:In die 16de en in die begin van die 17de eeu was daar in Nederland 'n groot stryd tussen twee gereformeerde groepe: die Remonstrante (mense wat meer klem lê op die mens se aandeel in geloof) en die Kontraremonstrante (dit is gereformeerdes wat meer klem lê op God se kant in die geloof). Die stryd het veral oor die uitverkiesing, die vrye wil van die mens, die weg van saligheid en volharding van die gelowiges gegaan. Prins Maurits het ingegryp en 'n sinode bymekaar-geroep. By die Sinode van Dordt (1618-1619) is die Remonstrante se standpunt op grond van die Bybel verwerp.

Indeling van die Belydenisskrif:Vier leerstukke in vyf hoofstukke

Fyner indeling: Die Goddelike uitverkiesing en verwerping Die dood van Christus en die verlossing van die mens deur sy dood Die mens se verdorwenheid en bekering tot God Die volharding van die heiliges.

Hierdie ses belydenisskrifte het u as lidmaat ook leer ken

tydens u kategetiese onderrig.

Page 9: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

9

2.2 van die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde praat van die Belydenis van Belhar (die insluiting van hierdie belydenis in die belydenisgrondslag van die NG Kerk is opsioneel: “op so ʼn wyse dat daar ruimte is vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit as in ooreenstemming met die Woord van God bely, sowel as vir lidmate, ampsdraers en vergaderinge wat dit nie as ʼn belydenisskrif onderskryf nie.”)

Belydenis van BelharOntstaan:Oktober 1982 wat finaal vasgestel is in April 1986

Samestellers:NG Sendingkerk (NGSK)

Inhoud:

Die oorspronklike teks soos dit in 1986 deur die sinode van die destydse NG Sendingkerk goedgekeur is:I

Ons glo in die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, wat deur sy Woord en Gees sy kerk versamel, beskerm en versorg van die begin van die wêreld af tot die einde toe.

20ns glo aan een heilige algemene Christelike kerk, die gemeenskap van die heiliges, geroepe uit die ganse menslike geslag. Ons glo dat die versoeningswerk van Christus sigbaar word in die kerk as geloofsgemeenskap van diegene wat met God en onderling met mekaar versoen is; Efesiërs 2:11-22

dat die eenheid van die kerk van Jesus Christus daarom gawe en opdrag is; dat dit 'n samebindende krag is deur die werking van Gods Gees, maar terselfdertyd 'n werklikheid is wat nagejaag en gesoek moet word en waartoe die volk van God voortdurend opgebou moet word;

Page 10: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

10

Efesiërs 4:1-16

dat hierdie eenheid sigbaar moet word sodat die wêreld kan glo dat geskeidenheid, vyandskap en haat tussen mense en mensegroepe sonde is wat reeds deur Christus oorwin is en dat alles wat die eenheid mag bedreig, gevolglik geen plek in die kerk van Christus mag hê nie, maar bestry moet word; Johannes 17:20-23

dat hierdie eenheid van die volk van God op 'n verskeidenheid van maniere sigbare gestalte moet kry en werksaam moet wees, daarin dat ons mekaar liefhet, gemeenskap met mekaar beleef, najaag en beoefen; Filippense 2:1-51 Korintiërs 12:4-31

daarin dat ons skuldig is om onsself tot nut en saligheid van mekaar gewillig en met vreugde te gee; daarin dat ons een geloof deel, een roeping het, een van siel en een van sin is, een God en Vader het, van een Gees deurdrenk is; van een brood neem en uit een beker drink, met een doop gedoop is, een Naam bely, aan een Heer gehoorsaam is, vir een saak ywer, een hoop met mekaar deel; saam die hoogte en breedte en diepte van die liefde van Christus leer ken; saam opgebou word tot die gestalte van Christus, tot die nuwe mensheid; saam mekaar se laste ken en dra en so die wet van Christus vervul, mekaar nodig het en mekaar opbou, mekaar vermaan en mekaar vertroos, saam met mekaar ly vir die geregtigheid, saam bid, saam diensbaar is aan God in hierdie wêreld, saam stry teen alles wat hierdie eenheid mag belemmer of bedreig;Johannes 13:1-171 Korintiërs 1:10-13Efesiërs 4:1-6Efesiërs 3:14-201 Korintiërs 10:16-171 Korintiërs 11:17-34Galasiërs 6:22 Korintiërs 1:3-4

dat hierdie eenheid slegs in vryheid gestalte kan vind en nie onder dwang nie; dat die verskeidenheid van geestelike gawes, geleenthede, agtergronde, oortuigings, soos ook die verskeidenheid van taal en kultuur, vanweë die versoening in Christus geleenthede is tot wedersydse diens en verryking binne die een sigbare volk van God;Romeine 12:3-81 Korintiërs 12:1-11Efesiërs 4:7-13Galasiërs 3:27-28Jakobus 2:1-13

Page 11: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

11

dat die ware geloof in Jesus Christus die enigste voorwaarde vir lidmaatskap van hierdie kerk is.

Daarom verwerp ons enige leer wat óf die natuurlike verskeidenheid óf die sondige geskeidenheid so verabsoluteer dat hierdie verabsolutering die sigbare en werksame eenheid van die kerk belemmer of verbreek of selfs lei tot ‘n aparte kerkformasie;

wat voorgee dat hierdie geestelike eenheid werklik bewaar word deur die band van die vrede wanneer gelowiges met dieselfde belydenis van mekaar vervreem word ter wille van die verskeidenheid en vanweë die onderversoendheid;

wat ontken dat 'n weiering om hierdie sigbare eenheid as 'n kosbare gawe na te jaag sonde is;

wat uitgesproke of onuitgesproke voorgee dat afkoms of enige ander menslike of sosiale faktore medebepalend is vir lidmaatskap van die kerk.

3

0ns glo dat God aan sy kerk die boodskap van versoening in en deur Jesus Christus toevertrou het; dat die kerk geroep is om die sout van die aarde en die lig van die wêreld te wees; dat die kerk salig genoem word omdat hulle vredemakers is; dat die kerk deur woord en daad getuies is van die nuwe hemel en die nuwe aarde waarop geregtigheid woon;2 Korintiërs 5:17-21Matteus 5:13-16Matteus 5:92 Petrus 3:13Openbaring 21-22

dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees die magte van sonde en dood, en daarom ook van onversoendheid en haat, bitterheid en vyandskap, oorwin het; dat God deur sy leweskeppende Woord en Gees sy volk in staat stel om te leef in 'n nuwe gehoorsaamheid wat ook in die samelewing en wêreld nuwe lewensmoontlikhede kan bring; Efesiërs 4:17-6:23Romeine 6Kolossense 1:9-14Kolossense 2:13-19Kolossense 3:1 - 4:6

dat hierdie boodskap ongeloofwaardig gemaak word en dat die heilsame uitwerking daarvan in die weg gestaan word indien dit verkondig word in ‘n land wat op

Page 12: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

12

Christelikheid aanspraak maak, maar waarin die gedwonge skeiding van mense op rassegrondslag onderlinge vervreemding, haat en vyandskap bevorder en bestendig;

dat enige leer wat sodanige gedwonge skeiding vanuit die evangelie wil legitimeer en dit nie wil waag op die pad van gehoorsaamheid en versoening nie, maar uit vooroordeel, vrees, selfsug en ongeloof die versoenende krag van die evangelie by voorbaat verloën, ideologie en dwaalleer is.

Daarom verwerp ons enige leer wat in die naam van die evangelie of die wil van God die gedwonge skeiding van mense op grond van ras en kleur in so 'n situasie sanksioneer en daardeur die bediening en belewing van die versoening in Christus by voorbaat belemmer en van krag beroof. 4

Ons glo dat God Homself geopenbaar het as die Een wat geregtigheid en ware vrede onder mense wil bring; dat Hy in ’n wêreld vol onreg en vyandskap op ’n besondere wyse die God van die noodlydende, die arme en die veronregte is en dat Hy sy kerk roep om Hom hierin na te volg; dat Hy aan verdruktes reg laat geskied en brood aan die hongeriges gee; dat Hy die gevangenes bevry en blindes laat sien; dat Hy dié wat bedruk is, ondersteun, die vreemdelinge beskerm en weeskinders en weduwees help en die pad vir die goddelose versper; dat dit vir Hom reine en onbesmette godsdiens is om die wese en die weduwees in hulle verdrukking te besoek; dat Hy sy volk wil leer om goed te doen en die reg te soek;Deuteronomium 32:4Lukas 2:14Johannes 14:27Efesiërs 2:14Jesaja 1:16-17Jakobus 1:27Jakobus 5:1-6Lukas 1:46-55Lukas 6:20-26Lukas 7:22Lukas 16:19-31

dat die kerk daarom mense in enige vorm van lyding en nood moet bystaan, wat onder andere ook inhou dat die kerk sal getuig en stry teen enige vorm van ongeregtigheid sodat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom;Psalm 146Lukas 4:16-19Romeine 6:13-18Amos 5

Page 13: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

13

dat die kerk as eiendom van God moet staan waar Hy staan, naamlik teen die ongeregtigheid en by die verontregtes; dat die kerk as volgelinge van Christus moet getuig teenoor alle magtiges en bevoorregtes wat uit selfsug hulle eie belang soek en oor andere beskik en hulle benadeel.

Daarom verwerp ons enige ideologie wat vorme van veronregting legitimeer en enige leer wat nie bereid is om vanuit die evangelie so 'n ideologie te weerstaan nie.

5

0ns glo dat die kerk geroep word om dit alles te bely en te doen, in gehoorsaamheid aan Jesus Christus sy enigste Hoof, al sou ook die owerhede en verordeninge van mense daarteen wees en al sou straf en lyding daaraan verbonde wees.Efesiërs 4:15-16Handelinge 5:29-331 Petrus 2:18-251 Petrus 3:15-18

Jesus is die Heer.

Aan dié enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, kom toe eer en heerlikheid in ewigheid.

IETS MEER OOR JOU STEM VIR DIE VOORGESTELDE NUWE ARTIKEL 1 VAN DIE

KERKORDE:

U as ingeskrewe Belydende lidmaat van die NG Gemeente ………………….. gaan gevra word om te stem oor die volgende aanbeveling van die kerkraad:

Die Kerkraad van die gemeente het tydens ’n kerkraadsvergadering gehou op …………………… 2015 besluit om aan te beveel by die gemeente om vir (Ja) of teen (NEE) te stem vir die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde.”

Page 14: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

14

Dus u gaan geleentheid kry om of JA of NEE te stem vir die voorgestelde nuwe Artikel 1 van die Kerkorde.

Lees ook asseblief die volgende:

Belhar: Waaroor presies moet NG Kerk stem?

Dinsdag 30 September 2014 3:00 vm.Netwerk24Prof. Piet Strauss

Waaroor gaan die stemmery oor die Belhar-belydenis waaraan kerkrade en gemeentes van die NG Kerk moet deelneem? En waaroor gaan dit nie? Piet Strauss gee ’n uiteensetting.

Die kerkrade en gemeentes van die NG Kerk moet stem oor ’n nuwe artikel 1 van die Kerkorde soos voorgestel deur die Algemene Sinode. Hierdie artikel gaan oor die belydenisgrondslag of diepste identiteit van die NG Kerk.Die voorstel spruit daaruit dat die Belydenis van Belhar op aandrang van die Verenigende Gereformeerde Kerk nou langer as 20 jaar op die tafel van die NG Kerk lê. Vir die VGKSA as ’n jonger kerk in die NG familie is dit die uitdrukking van hul identiteit. En juis omdat die belydenisskrifte van die kerk as ’n reaksie op wat die Bybel oor sekere kernsake van ons verhouding met die Here sê, die lidmate bind, moet kerkrade en gemeentes ook in die saak geken word.Die Algemene Sinode van 2013 het die voorstel wat al van die sinode van Hartenbos in 2004 kom, opnuut gewysig en feitlik eenparig aanvaar.

Duidelikheidshalwe eers waaroor nié gestem word nie.

■ Die stemming gaan nie oor die inhoud van Belhar nie, maar oor hoe Belhar in die NG Kerk hanteer moet word; oor ’n praktiese maatreël om die sterk stemme in die kerk daarvoor en daarteen te hoor en formeel te erken; om aan albei ruimte te gee omdat albei ’n gerekende groep in die NG Kerk is.Die voorstel wil die huidige situasie in die NG Kerk met ’n artikel in die kerkorde wettig. Belhar moet nie die NG Kerk skeur nie. Dit sou in stryd met Belhar self oor die eenheid van die kerk wees.■ Die stemming verander niks aan die huidige 6 belydenisskrifte en die wyse van hul aanvaarding in die NG Kerk nie. Ons aanvaar hulle steeds as in ooreenstemming van die Bybel. Die argument dat as jy oor Belhar ’n keuse het of

Page 15: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

15

as dit opsioneel is, al die belydenisse van die NG Kerk opsioneel word, is nie waar nie. Lees die voorstel. Die hantering van die huidige 6 belydenisse is regtig nie op die tafel nie.■ Die argument dat Belhar deel van die belydenisgrondslag van die NG Kerk word, of jy nou daarvoor of daarteen is, hou ook nie rekening met die voorstel nie. Die voorstel lui dat Belhar in die belydenisgrondslag van die NG Kerk ingetrek word “op so ’n wyse” sodat dié wat wil, dit kan onderskryf en dié wat dit nie as belydenis onderskryf nie, die vryheid daartoe het. Vir hulle is dit nie ’n belydenis nie.“ BELHAR WORD OP SÓ ’N WYSE AANVAAR DAT DIÉ WAT DIT AS BELYDENIS AANVAAR, DIT KAN DOEN EN DIÉ WAT DIT NIE AS BELYDENIS AANVAAR NIE, DIT OOK KAN DOEN. ”Die voorstel wil help dat ons Belhar hanteer en vorentoe gaan. Die saak sal natuurlik met die NG familie uitgepraat moet word. Uit daardie oord het ons reeds van stemme verneem dat die huidige stemproses as ’n proses van die NG Kerk gerespekteer moet word. Die saak sal nie net met die VGKSA nie, maar ook met die NG Kerk in Afrika en die Reformed Church in Africa deurgepraat moet word.Die saak sal ook aan die ander Afrikaanse Kerke oorgedra moet word. Behalwe in die VGKSA, is Belhar nie in al hierdie kerke aanvaarbaar nie.

Waaroor stem die kerkrade en gemeentes?

Die stemming gaan oor die voorstel wat beteken:■ Die bestaande belydenisse word nie geraak nie.■ Belhar word op só ’n wyse aanvaar dat dié wat dit as belydenis aanvaar, dit kan doen en dié wat dit nie as belydenis aanvaar nie, dit ook kan doen.■ Die laaste puntjie in die voorstel lui dat daar by die aanvaarding van nuwe belydenisskrifte – anders as die huidige ses wat nie geraak word nie – geen dwang sal wees nie. Nie eens van my eie kerkraad of sinode nie.

Die Kerkraad van jou gemeente moet besluit watter van die volgende twee maniere hulle jou geleentheid gaan gee om te stem:

Page 16: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

16

A. Gemeentevergadering waartydens vir alle ingeskrewe lidmate stembriewe gegee gaan word om te stem. (Regl 24 2.1)

B. Stembriewe word twee Sondae na eredienste uitgedeel asook in die week by die kerkkantoor en u kry 14 dae om die stembriewe terug te besorg of kan ook dadelik na die ontvangs van die stembrief stem. (Regl. 24 2.2)

Betekenis van jou stem oor die voorgestelde Artikel 1

van die KerkordeWat beteken ’n JA of NEE stem ?

JA: Ek stem persoonlik saam met die Belhar Belydenis en gee aan ander ruimte wat dit nie wil bely nie.

JA: Ek stem nie persoonlik saam met die Belhar Belydenis nie, maar gee ruimte aan ander wat dit wel wil bely.

NEE: Ek stem nie persoonlik saam met die Belhar Belydenis nie en wil ook nie vir ander ruimte gee wat dit wel wil bely nie.

NEE: Ek stem persoonlik saam met die Belhar Belydenis en wil hê dat almal dit wel moet bely.

NEE: Ek wil graag hê dat die Artikel 1 van die Kerkorde moet bly soos dit tans verwoord word in die Kerkorde. (Status quo word gehandhaaf.)

Onthou Reglement 24 en Artikel 44.1 van die Kerkorde bepaal: Die wysiging van die Belydenis kan alleen geskied nadat elke sinode afsonderlik met ’n

Page 17: vir...  · Web viewwanneer ons belydende lidmate van die NG kerk word ... die liggaam betref en rekenskap sal gee van hulle eie werke; ... wat meer klem lê op God se kant in die

17

tweederdemeerderheid én twee-derdes van alle kerkrade elk met ’n tweederdemeerderheid ten gunste daarvan besluit het.