3
1 Yzerfontein Hawe sedert 1948 In die laat veertigerjare is die maatskappy Atlantic Ocean Industries (Holdings) Limited, geborg deur die Transvaalse Myn- en Finansieringsmaatskappy, gestig met ʼn aandele-kapitaal van SA£300 000 en ʼn ambisieuse plan om ʼn hawe en visfabriek by Yzerfontein op te rig. Die oorspronklike breekwater is deur die maatskappy self gebou en was by voltooiing 185 meter lank met ondeurdagte ambisies om dit te verleng tot by Meeurots! Die aangrensende heuwel is uitgegrawe om klip vir die bou van die breekwater te verkry en terselfdertyd plek te maak vir ʼn fabriek vir die verwerking van haailewer en die produksie van vismeel en visolie. Bote is spesiaal uit Engeland bestel. Daar is nooit enige navorsing deur die maatskappy gedoen om die lewensvatbaarheid van die perseel as hawe te bepaal nie. Yzerfontein is dus nie ʼn natuurlike hawe nie. Die vasmeergebied wat geskep is, was egter onveilig en te vlak en die bote kon ook geen vis vind nie. Die grootste hoeveelheid vis wat die fabriek verwerk het, was op ʼn dag toe die fabriek 80 ton op vragmotors vanaf Velddrif ontvang het! Die fabriek is in Januarie 1950 in werking gestel maar ʼn jaar later onder likwidasie geplaas. Die murasies van die fabriek het nog vir jare daarna die gebied ontsier en as toilette aangewend omdat daar geen alternatief was nie. Die visverwerkingsfabriek in die hawe onder konstruksie in 1949 nader voltooiing. (Fotograaf onbekend)

Yzerfontein hawe sedert 1948

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die hawe in die ou dae

Citation preview

Page 1: Yzerfontein hawe sedert 1948

1

Yzerfontein Hawe sedert 1948

In die laat veertigerjare is die maatskappy Atlantic Ocean Industries (Holdings) Limited, geborg deur die Transvaalse Myn- en Finansieringsmaatskappy, gestig met ʼn aandele-kapitaal van SA£300 000 en ʼn ambisieuse plan om ʼn hawe en visfabriek by Yzerfontein op te rig. Die oorspronklike breekwater is deur die maatskappy self gebou en was by voltooiing 185 meter lank met ondeurdagte ambisies om dit te verleng tot by Meeurots! Die aangrensende heuwel is uitgegrawe om klip vir die bou van die breekwater te verkry en terselfdertyd plek te maak vir ʼn fabriek vir die verwerking van haailewer en die produksie van vismeel en visolie. Bote is spesiaal uit Engeland bestel. Daar is nooit enige navorsing deur die maatskappy gedoen om die lewensvatbaarheid van die perseel as hawe te bepaal nie. Yzerfontein is dus nie ʼn natuurlike hawe nie. Die vasmeergebied wat geskep is, was egter onveilig en te vlak en die bote kon ook geen vis vind nie. Die grootste hoeveelheid vis wat die fabriek verwerk het, was op ʼn dag toe die fabriek 80 ton op vragmotors vanaf Velddrif ontvang het! Die fabriek is in Januarie 1950 in werking gestel maar ʼn jaar later onder likwidasie geplaas. Die murasies van die fabriek het nog vir jare daarna die gebied ontsier en as toilette aangewend omdat daar geen alternatief was nie.

Die visverwerkingsfabriek in die hawe onder konstruksie in 1949 nader voltooiing.

(Fotograaf onbekend)

Page 2: Yzerfontein hawe sedert 1948

2

Die oorspronklike sleephelling wat in die vroeë vyftiger jare, na die sliuting van die fabriek, deur ʼn klompie plaaslike inwoners met die hulp van omliggende boere gebou is, was gevaarlik en onvoldoende en soos die belangstelling van buitestaanders en profesionele boothengelaars toegeneem het, is druk op die Owerheid uitgeoefen vir beter fasiliteite. In 1978 is aan Viskor goedkeuring verleen vir die oprigting van die huidige sleephelling. Die sekondere breekwater van 100 meter is eers in 1981 afgehandel. Die verbeterde fasiliteite was ʼn lokaas vir booteienaars van oor die hele Skiereiland. Ook toeskouers het veral naweke op die hawe toegesak en handelaars (smouse) het ook hul sake in die hawe gedoen. Die oorlaai en vlek van snoek het strate tussen die hawe en die hoofstraat totaal versper en voertuie kon vir ure nie beweeg nie.

Die situasie het vir die inwoners ondraaglik geword, want groot getalle vissermanne het sonder enige geriewe in die hawe en in die omliggende bosse oornag. Wanneer vangste afneem, het huisinbrake toegeneem. Bakleiery en messtekery het gereeld voorgekom. Dagga- en drankgebruik was algemeen. Tot 120 bote met 800 bemanningslede het deurdag langs die hoofstraat vir toegang tougestaan tot by die ingang van die dorp. Op Saterdag 30 Mei het die Cape Argus die storie gedek met ʼn artikel oor die ‘snoekloop’ op bladsy 11 onder die opskrif “JUST SNOEKTOWN”! Negatiewe publisiteit, klagtes van inwoners aan die destydse Belastingbetalers Vereniging (huidige Inwonersvereniging) asook dreigemente van ʼn hofbevel het gedurende Februarie 1985 Mnr. JWE Wiley, destyds Minister van Omgewingsake en Toerisme genoop om opdrag te gee vir die opstel van ʼn verslag oor die probleme rondom die hawegebied.

Saterdag 11 Oktober 1987: Op hierdie dag het die hawe 145 bote plus sleepwaens en sleepvoertuie, 65 bakkies van

handelaars (smouse) asook voertuie van besoekers en bykans 1 500 vissermanne en hanelaars gehuisves. Na raming is 45 000 snoek op daardie dag gevang en in die hawe oorgelaai, verhandel en teen ongeveer R2.50 elk!

Let wel: Geen toilette, geen lopende water, geen wetstoepassing en geen hekgelde!

(Foto: ʼn Samestelling van 5 oorspronklike fotos waarvan afdrukke langs mekaar geplak is en daarna deur Prophoto Lab saamgestel en opgeknap is om hierdie ietwat abstrakte beeld van die dag se gebeure uit te beeld. Pietie Burger)

Page 3: Yzerfontein hawe sedert 1948

3

Die stryd om die situasie in Yzerfontein se hawe tot orde te roep is deur die Belastingbetalers Vereniging (die huidige Inwonersvereniging) voortgesit en op 15 September 1987 is ʼn ooreenkoms tussen die Swartland Afdelingsraad en die Dept. van Natuur- en Omgewingsbewaring geteken vir die finansiering, opgradering en bestuur van die hawe. Met die oorname van die bestuur van die hawe in 2000 deur die Swartland Munisipaliteit, het beplanning van die nuwe vismark begin en voltooi teen ʼn koste van R4 500 000. Die rekonstruksie van die hoofbreekwater is ook in 2009 voltooi na onderhandelings waarby die Yzerfontein Inwonersvereniging ten nouste betrokke was. Die verordeninge vir die bestuur van die hawe plaas onder andere ʼn totale verbod op die oorlaai, verhandeling en verwerking van vis binne die hawegebied. Vir hierdie aktiviteite word ruim voorsiening gemaak by die vismark buite die dorp.

Die goedgekeurde planne vir die perseel waar die vismark opgerig is, maak ook voorsiening vir ʼn vulstasie en sekuriteitsparkering vir bote, maar fondse ontbreek steeds.

Die huidige geriewe word alom deur vissermanne as die beste geriewe vir kleinboothengel in SA beskou en die Inwonersvereniging is trots op sy bydrae daartoe. Pietie Burger