Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
1
Alternatiewe laekostebehuisingstelsels
met mediumdigtheid
JOHAN ROOS
15406148
KONSTRUKSIE-INGENIEURSWESE EN BESTUUR
DEPARTEMENT SIVIELE INGENIEURSWESE
NOVEMBER 2014
© 2014 Fakulteit Ingenieurswese, Universiteit Stellenbosch
© 2014 Faculty of Engineering, Stellenbosch University
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
i
Alternatiewe laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid
J. Roos
Studente nommer: 15406148
Werkstuk ingelewer ter gedeeltelike voldoening aan die vereistes vir die graad
Magister in Konstruksie-ingenieurswese en Bestuur aan die
Universiteit van Stellenbosch.
Studieleier: Professor Jan Andries Wium
Departement Ingenieurswese: Konstruksie-ingenieurswese en Bestuur
Universiteit van Stellenbosch
November 2014
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
ii
KOPIEREG & BEPERKINGS OP GEBRUIK
Die kopiereg van hierdie werkstuk lê by die skrywer. Die afskrifte van die werkstuk word verskaf op
die voorwaarde dat enige persoon wat dit raadpleeg, verstaan dat die kopiereg by die skrywer lê en
dat geen aanhaling uit die werkstuk en geen inligting daaruit afgelei gepubliseer mag word sonder
skriftelike toestemming van die skrywer nie.
Hierdie werkstuk mag beskikbaar gemaak word vir raadpleging in die Universiteitsbiblioteek en die
werkstuk, of afskrifte daarvan, mag slegs vir die doel van raadpleging aan ander biblioteke geleen
word.
_____________________________
J. Roos
Kopiereg© 2014 Stellenbosch Universiteit
Alle regte voorbehou
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
iii
VERKLARING VAN VRYWARING
Ek, die ondergetekende, verklaar hiermee dat die werk in hierdie werkstuk vervat my eie
oorspronklike werk is, wat nog nie vantevore in die geheel of gedeeltelik by enige ander universiteit
ter verkryging van ’n graad voorgelê is nie.
_____________________________ _______________________
J. Roos Datum
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
iv
ERKENNINGS
Ek wil graag die volgende persone en instellings bedank vir hulle aanmoediging, leiding en
ondersteuning gedurende hierdie projek:
Stellenbosch Universiteit se departement Siviele Ingenieurswese en spesifiek die afdeling
Konstruksie-ingenieurswese en Bestuur gedurende my nagraadse studies.
Johan Keuler, dr. Hennie de Clercq en Pieter Prinsloo vir hulle tyd.
Salome Coertze en prof. Jan Wium vir die proeflees van die dokument.
Al my vriende en familie.
Ek bedank graag die Atterbury Trust en Aurecon Raadgewende Ingenieurs vir emosionele en
finansiële ondersteuning, want sonder hulle insette en ondersteuning sou dit nie moontlik gewees
het nie.
En laastens, maar nie die minste nie, wil ek my studieleier, prof. Jan Wium, bedank vir sy geduld,
leiding, ondersteuning en spoedige terugvoering te alle tye.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
v
OPSOMMING
Suid-Afrika het tans ’n groot agterstand in die voorsiening van behuising en dit is belangrik om
alternatiewe konstruksiemetodes vir ’n effektiewe oplossing vir laekostebehuising met
mediumdigtheid te ondersoek. Daar word drie verskillende konstruksiemetodes vir
laekostebehuising met mediumdigtheid in hierdie projek ondersoek. Verskeie faktore beïnvloed die
keuse van konstruksiemetode en elke alternatief word bespreek om te bepaal wat die voor- en
nadele van elkeen is. ’n Modulêre konstruksieontwerp, bekend as die “Informal Grid” sisteem, word
bespreek om die kwessie van gemeenskapsaanvaarding, verstedeliking en beskikbare grond in
stadsgebiede aan te spreek.
Die drie alternatiewe konstruksiemetodes wat bespreek word, is ’n ligtestaalraamkonstruksie, ‘n
voorafvervaardigde betonkonstruksie en ’n tradisionele messelwerkgebou. Die tradisionele
messelwerkkonstruksie is geëvalueer om as ’n basis te dien vir die vir vergelyking met en
kwantifisering van die ander twee metodes, en om om te bepaal of die alternatiewe metodes
voordele inhou.
Daar is bevind dat ligtestaalraamkonstruksie ’n relatief nuwe konstruksiemetode in Suid-Afrika is en
nog nie ten volle deur gemeenskappe aanvaar word nie, omdat dit ’n nuwe metode is en nie die
konvensionele voorkoms en gevoel het nie. Ander bevindinge is dat dit is egter ’n volhoubare
konstruksiemetode in terme van materiale, vervaardiging en oprigting. Dié metode het ook die
potensiaal vir vinnige konstruksie, koste-effektiwiteit en meer produksiekapasiteit as tradisionele
messelwerkgeboue. Verder word werkskepping en opleiding op ’n hoër vlak deur hierdie metode
bevorder. Alhoewel hierdie konstruksiemetode baie potensiële voordele inhou, het dit nie by een
van die besluitnemingsfaktore die beste gevaar nie. Dit word aanbeveel dat gemeenskappe en
organisasies ingelig word en dat die Ligtestaalraambehuising konstruksiemetode op grootskaal
geïmplementeer word sodat die gemeenskappe daaraan gewoond kan raak en dit kan aanvaar.
Daar is ook gevind dat voorafvervaardigde beton behuising nog nie so gereeld in Suid-Afrika opgerig
word nie, maar eerder vir groter strukture soos industriële fabrieke, ens. Dit het dieselfde voorkoms
van tradisionele behuising en is dus ’n konstruksiemetode wat vir die gemeenskap aanvaarbaar is.
Nog bevindinge is dat dié metode ’n volhoubare konstruksiemetode is in terme van oprigting.
Minder arbeid word op terrein benodig, wat dit ’n veiliger konstruksiemetode maak.
Voorafvervaardigde betonkonstruksies het die potensiaal vir vinnige konstruksie en meer
produksiekapasiteit en het ook die beste gevaar in hierdie afdelings, maar is alleenlik koste-effektief
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
vi
indien daar herhaling van panele is en massabehuising gebou word. Hierdie metode bevorder
werkskepping en opleiding op ’n hoër vlak. Meer arbeid word in fabrieke en aanlegte vir
vervaardiging benodig, eerder as vir die konstruksie van die geboue op terrein.
Die ondersoek toon dat tradisionele messelwerkgeboue die bekendste en algemeenste
konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf is. Dit is nog steeds die eerste keuse vir baie
persone en gemeenskappe omdat hulle gewoond is daaraan en omdat baie mense huiwerig is vir
verandering. Verdere bevindinge is dat dié konstruksiemetode is nie volhoubaar in terme van
konstruksiemetode nie maar wel in die operationelefase in vergelyking met die ander metodes. Dit is
’n arbeidsintensiewe en ’n nat konstruksiemetode wat lei tot minder produksiekapasiteit, wat nie
voordelig is nie aangesien daar reeds ’n groot agterstand in die land is. Die materiale en arbeid is wel
goedkoper, wat dit ’n goedkoper konstruksiemetode maak. Werkskepping op ’n lae vlak word
bevorder, maar min ontwikkeling en die aanleer van vaardighede word met hierdie metode
bewerkstellig. Hierdie konstruksiemetode word tans aanbeveel indien die regering of ontwikkelaar
op die volgende eienskappe fokus:
nodige kundigheid is beskikbaar;
arbeid is beskikbaarheid;
boumateriale en hul beskikbaarheid is volop;
goedkoop konstruksiekoste;
volhoubare konstruksiemetode;
skep werksgeleenthede op ’n lae vlak; en
is aanvaarbaar deur gemeenskappe.
Die modulêre konstruksieontwerp, bekend as die “Informal Grid” sisteem, is ’n aanpasbare en
buigsame ontwerp. Die ontwerp bied ’n effektiewe en estetiese ontwerp wat ’n hoër digtheid in die
verhouding van persoon tot gebied bied as wat met losstaande eenhede die geval is. Die
konstruksiemetodes onder bespreking kan volgens hierdie modulêre ontwerp gebou word omdat dit
so ’n aanpasbare en buigsame ontwerp is.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
vii
SUMMARY
Currently, South Africa has a huge backlog with regard to the provision of housing and it is necessary
to investigate alternative construction methods towards an efficient solution for low cost medium
density housing. Three alternative construction methods are discussed in this document. There are
many factors affecting the choice of construction method and they are discussed for each
construction method to determine which method will be most effective. A modular construction
design, known as the “Informal Grid” system, has been identified to address issues, such as
community acceptance, urbanisation and available open spaces for development close to the city.
The three alternative construction methods under discussion are: light steel frame housing, precast
concrete housing and traditional brick/masonary housing. The evaluation of traditional masonry
housing is used as a basis to compare and quantify the other two construction methods.
It was found that light steel frame housing is a relatively new construction method in South Africa
and still not fully accepted by the community because it is a new system and the look and feel of the
structure is not the same as conventional housing. It is a sustainable construction method in terms
of materials, manufacturing and construction. This method has the potential for rapid construction,
cost-effectiveness and a higher production capacity than traditional housing. Job creation and
training at a higher level is enhanced by this method. Although this construction method poses many
potential benefits, it wasn’t the best performer in any of the decision-making factors. It is
recommended that communities and organizations be exposed to this construction method and that
it is implemented on a large scale so that communities can get used to the method.
The study determined that precast concrete construction is generally implemented in larger
industrial structures such as warehouses, etc. although precast concrete housing has been
constructed in South Africa. It has the appearance of traditional brick/masonary housing and is
therefore considered by the community as an acceptable construction method. It is also a
sustainable construction method in terms of the construction phase in comparison with traditional
brick/masonary housing. Less labour is required on site, and can thus potentially be a safer
construction method. Precast concrete construction has the potential for rapid construction, a high
production capacity and was the best competitor in those sections, but it is only cost-effective if
there is a repetition of panels and mass housing construction is done. Job creation and training at a
higher level is enhanced by this method. More labour is needed in factories and plants for
manufacturing rather than for the physical construction on site.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
viii
It was found that traditional housing is the best known and most common method in the South
African construction industry. It is still the preferred alternative for many people and communities as
they are comfortable with the infrastructure and often afraid of change. The construction method is
not sustainable in terms of the construction phase, but is sustainable in the operational phase in
comparison with the other methods. It is labour intensive and the wet construction method leads to
a low production capacity. This aspect is therefore not beneficial because there is already a huge
housing backlog. The materials and labour are cheaper; therefore the construction method is
cheaper as well. Job creation happens at a low level and the method does not promote development
and learning skills. This construction method is recommended for when the government or
developer focuses on the following attributes:
• necessary expertise is available;
• labour is available;
• building materials are available;
• cost-effective construction method;
• sustainable construction method;
• create job opportunities; and
• is acceptable by communities.
The modular construction design, known as the “Informal Grid” system is an adaptable and a flexible
design. The design offers an effective and esthetical design that has a better density than
freestanding housing. The construction methods under discussion can be used for a modular design
because of the design’s adaptability and flexibility.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
ix
INHOUDSOPGAWE
KOPIEREG & BEPERKINGS OP GEBRUIK .................................................................................................. ii
VERKLARING VAN VRYWARING ............................................................................................................. iii
ERKENNINGS .......................................................................................................................................... iv
OPSOMMING .......................................................................................................................................... v
SUMMARY ............................................................................................................................................. vii
LYS VAN FIGURE ....................................................................................................................................xiv
LYS VAN TABELLE .................................................................................................................................. xv
1. INLEIDING ........................................................................................................................................ 1
1.1. Agtergrond .............................................................................................................................. 1
1.2. Doel van Projek ....................................................................................................................... 2
1.3. Omvang ................................................................................................................................... 3
1.4. Beperkings ............................................................................................................................... 4
1.5. Metodiek ................................................................................................................................. 4
1.6. Struktuur van Projek ............................................................................................................... 6
1.6.1. Grafiese Uiteensetting van Projek .................................................................................. 6
1.6.2 Opsomming van Hoofstukke ........................................................................................... 7
2. LITERATUUROORSIG ....................................................................................................................... 8
2.1. Agtergrond oor Laekostebehuising ......................................................................................... 8
2.2. Agtergrond oor Mediumdigtheidbehuising ............................................................................ 9
2.3. Groeiende Kwessie van Verstedeliking ................................................................................. 11
2.4. Behoefte vir Alternatiewe Laekostebehuising met mediumdigtheid ................................... 11
2.5. Alternatiewe Moontlikhede vir Laekostebehuising met mediumdigtheid ........................... 12
2.6. Besluitnemingsfaktore vir Alternatiewe Behuisingstelsels ................................................... 13
2.6.1. Konstruksiemetodes ..................................................................................................... 13
2.6.2. Kundigheid Benodig ...................................................................................................... 15
2.6.3. Beskikbaarheid van Arbeid ........................................................................................... 15
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
x
2.6.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid ............................................................................ 15
2.6.5. Konstruksietyd .............................................................................................................. 16
2.6.6. Produksiekapasiteit ....................................................................................................... 16
2.6.7. Koste ............................................................................................................................. 17
2.6.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling ......................................................................... 19
2.6.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling ................................................. 21
2.7. Sintese ................................................................................................................................... 21
3. GEMEENSKAPSAANVAARDING ..................................................................................................... 23
3.1. Inleiding ................................................................................................................................. 23
3.2. Maatskaplike en Menslike Ontwikkeling, Leierskap en Inwonerdeelname ......................... 23
3.3. Sosio-kulturele Kwessies ....................................................................................................... 24
3.4. Sosio-ekonomiese Aanwysers ............................................................................................... 25
3.5. Aanvaarding van Nuwe Alternatiewe ................................................................................... 26
3.6. Sintese ................................................................................................................................... 27
4. LIGTESTAALRAAMBEHUISING ....................................................................................................... 28
4.1. Inleiding ................................................................................................................................. 28
4.2. Voordele van die Stelsel ........................................................................................................ 28
4.3. Nadele van die Stelsel ........................................................................................................... 29
4.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore .................................................................................. 30
4.4.1. Konstruksiemetode ....................................................................................................... 30
4.4.2. Kundigheid Benodig ...................................................................................................... 33
4.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid ........................................................................................... 34
4.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid ............................................................................ 34
4.4.5. Konstruksietyd .............................................................................................................. 37
4.4.6. Produksiekapasiteit ....................................................................................................... 37
4.4.7. Koste ............................................................................................................................. 38
4.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling ......................................................................... 40
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
xi
4.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling ................................................. 41
4.5. Gemeenskapsaanvaarding .................................................................................................... 42
4.6. Sintese ................................................................................................................................... 43
5. VOORAFVERVAARDIGDE BETONBEHUISING ................................................................................. 45
5.1. Inleiding ................................................................................................................................. 45
5.2. Voordele van Stelsel.............................................................................................................. 46
5.3. Nadele van Stelsel ................................................................................................................. 47
5.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore .................................................................................. 47
5.4.1. Konstruksiemetode ....................................................................................................... 47
5.4.2. Kundigheid Benodig ...................................................................................................... 48
5.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid ........................................................................................... 49
5.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid ............................................................................ 50
5.4.5. Konstruksietyd .............................................................................................................. 50
5.4.6. Produksiekapasiteit ....................................................................................................... 51
5.4.7. Koste ............................................................................................................................. 51
5.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling ......................................................................... 53
5.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling ................................................. 54
5.5. Gemeenskapsaanvaarding .................................................................................................... 55
5.6. Sintese ................................................................................................................................... 55
6. TRADISIONELE BEHUISING ............................................................................................................ 58
6.1. Inleiding ................................................................................................................................. 58
6.2. Voordele van Stelsel.............................................................................................................. 58
6.3. Nadele van Stelsel ................................................................................................................. 59
6.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore .................................................................................. 60
6.4.1. Konstruksiemetode ....................................................................................................... 60
6.4.2. Kundigheid Benodig ...................................................................................................... 61
6.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid ........................................................................................... 61
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
xii
6.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid ............................................................................ 61
6.4.5. Konstruksietyd .............................................................................................................. 62
6.4.6. Produksiekapasiteit ....................................................................................................... 62
6.4.7. Koste ............................................................................................................................. 62
6.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling ......................................................................... 65
6.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling ................................................. 66
6.5. Gemeenskapsaanvaarding .................................................................................................... 66
6.6. Sintese ................................................................................................................................... 66
7. DIE ”INFORMAL GRID”- STELSEL ................................................................................................... 68
7.1. Doel van Stelsel ..................................................................................................................... 68
7.2. Konsep ................................................................................................................................... 69
7.3. Uitleg en Buigsaamheid ........................................................................................................ 69
7.4. Aanpasbaarheid .................................................................................................................... 70
7.5. Sintese ................................................................................................................................... 71
8. VERGELYKING VAN ALTERNATIEWE METODES ............................................................................. 72
8.1. Voordele van die Metodes .................................................................................................... 72
8.2. Nadele van die Metodes ....................................................................................................... 73
8.3. Konstruksiemetode ............................................................................................................... 73
8.4. Kundigheid benodig .............................................................................................................. 74
8.5. Beskikbaarheid van Arbeid ................................................................................................... 75
8.6. Boumateriale en hul Beskikbaarheid .................................................................................... 76
8.7. Konstruksietyd ...................................................................................................................... 77
8.8. Produksiekapasiteit ............................................................................................................... 77
8.9. Koste ..................................................................................................................................... 78
8.10. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling ............................................................................. 79
8.11. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling ..................................................... 81
8.12. Gemeenskapsaanvaarding ................................................................................................ 82
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
xiii
8.13. Sintese ............................................................................................................................... 83
8.13.1. Ligtestaalraambehuising ............................................................................................... 83
8.13.2. Voorafvervaardigde Betonbehuising ............................................................................ 84
8.13.3. Tradisionele Behuising .................................................................................................. 86
9. GEVOLGTREKKING EN VERDERE STUDIES ..................................................................................... 88
9.1. Gevolgtrekking ...................................................................................................................... 88
9.2. Verdere Studies ..................................................................................................................... 90
BRONNELYS ........................................................................................................................................... 91
ADDENDUM A: ”INFORMAL GRID”- STELSEL ........................................................................................ 97
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
xiv
LYS VAN FIGURE
Figuur 1: Vloeidiagram: Illustrasie van Projek ........................................................................................ 6
Figuur 2: Faktore wat digtheid beïnvloed & implikasies van digtheid (Tonkin, 2008) ......................... 10
Figuur 3: 9m x 4,5m Struktuur (Outeur, 2014) ..................................................................................... 18
Figuur 4: Vlotfondasie met Bodemspoor en Muurpanele (Modular Building Solutions, 2014) ........... 31
Figuur 5: Multiverdiepinghuis (Modular Building Solutions, 2014) ...................................................... 33
Figuur 6: Vervaardiging van elemente (Scottsdale, 2011) .................................................................... 35
Figuur 7: Ligte Staalraam (Chen, 2014) ................................................................................................. 35
Figuur 8: Tipiese voorbeeld van muurpaneel (Advanced Building, 2014) ............................................ 36
Figuur 9: Ligtestaalraamhuis met Bekleding en Dakkappe (Outeur, 2014) .......................................... 38
Figuur 10: Stutting van Panele (Ischebeck, 2010) ................................................................................. 48
Figuur 11: Voorafvervaardigde Betonhuis en Dakkappe (Outeur, 2014) ............................................. 51
Figuur 12: Tradisionele Huis met Bekleding en Dakkappe (Outeur, 2014) ........................................... 63
Figuur 13: Tipiese Uitleg van die "Informal Grid"-stelsel (Zurcher, 2012) ............................................ 70
Figuur 14: Koolstofvoetspoor van die Konstruksie en Operasionele Verhittingsenergie van 'n Laekostehuis oor 40 jaar (Gray, Oxtoby, & Braune, 2010) ................................................................... 81
Figuur 15: "Informal Grid"- stelsel (Zurcher, 2012) .............................................................................. 98
Figuur 16: Kernmodules (Zurcher, 2012) .............................................................................................. 99
Figuur 17: Moontlike Kombinasie 1 (Zurcher, 2012) .......................................................................... 100
Figuur 18: Moontlike Kombinasie 2 (Zurcher, 2012) .......................................................................... 100
Figuur 19: Moontlike Kombinasie 3 (Zurcher, 2012) .......................................................................... 100
Figuur 20: Moontlike Kombinasie 4 (Zurcher, 2012) .......................................................................... 100
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
xv
LYS VAN TABELLE
Tabel 1: Materiaalkoste vir ’n 40m2 -ligte staalraamhuis ..................................................................... 39
Tabel 2: Arbeidskoste vir ’n 40m2-ligtestaalraamhuis .......................................................................... 39
Tabel 3: Toerustingskoste vir ’n 40m2-ligtestaalraamhuis .................................................................... 40
Tabel 4: Ligtestaalraamkonstruksiekoste vir ’n 40m2-huis ................................................................... 40
Tabel 5: Panele Vervaardigingskoste-uiteensetting ............................................................................. 52
Tabel 6: Dakmateriaalkoste .................................................................................................................. 52
Tabel 7: Arbeidskoste-uiteensetting ..................................................................................................... 53
Tabel 8: Oprigtingskoste-uiteensetting................................................................................................. 53
Tabel 9: Voorafvervaardige 40m2-betonhuis ........................................................................................ 53
Tabel 10: Materiaalkoste-uiteensetting................................................................................................ 63
Tabel 11: Arbeidskoste-uiteensetting ................................................................................................... 64
Tabel 12: Toerustingkoste-uiteensetting .............................................................................................. 64
Tabel 13: Tradisionele Behuisingkoste ................................................................................................. 64
Tabel 14: Voordele van die Metodes .................................................................................................... 72
Tabel 15: Nadele van die Metodes ....................................................................................................... 73
Tabel 16: Konstruksiemetodes van die Metodes .................................................................................. 73
Tabel 17: Kundigheid Benodig vir die Metodes .................................................................................... 74
Tabel 18: Arbeid benodig vir die Metodes ............................................................................................ 75
Tabel 19: Boumateriale en Beskikbaarheid vir die Metodes ................................................................ 76
Tabel 20: Konstruksietyd vir die Metodes ............................................................................................ 77
Tabel 21: Produksiekapasiteit vir die Metodes ..................................................................................... 78
Tabel 22: Koste vir die Metodes ........................................................................................................... 79
Tabel 23: Volhoubaarheid vir die Metodes .......................................................................................... 79
Tabel 24: Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling vir die Metodes ............................... 81
Tabel 25: Gemeenskapsaanvaarding van die Metodes ........................................................................ 83
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
1
1. INLEIDING
1.1. Agtergrond
Artikel 26 van die Handves van Menseregte in die Grondwet sê, onder andere, dat almal die reg op
toegang tot voldoende behuising het. Voldoende behuising moet toegang tot basiese dienste soos
water en sanitasie, noodsaaklik vir gesondheid, voorsien. ’n Vorm van binneshuise waterstelsels en
watergedrewe sanitasie kan beskou word as ’n minimum vereiste in die meeste stedelike gebiede
(SA-Housing, 2010).
In 1994 was daar ’n behuisingsagterstand van 1,2 miljoen huise vir die swart bevolking, terwyl daar
83 000 oortollige wit behuisingseenhede was. In die laat 1990’s was daar ’n duidelike groei in die
aantal plakkershutte en plakkerskampe in stede in Suid-Afrika. Die agterstand en aanvraag het vereis
dat daar in die laaste jare van die twintigste eeu 250 000 wooneenhede per jaar gebou moes word.
Daar is egter ongeveer een tiende van die voorgemelde syfer (25 000 wooneenhede) per jaar gebou.
Dit laat Suid-Afrika steeds met ’n enorme behuisingstekort (SA-Housing, 2010). Die voortdurende
behuisingsagterstand vereis dus dat daar na alternatiewe behuisingsmetodes of -stelsels gekyk moet
word wat wooneenhede makliker en vinniger, teen lae pryse, kan oprig.
Die meeste laekostenedersettings het ook ’n gebrek aan die basiese infrastruktuur en dienste soos
water, riool en elektrisiteit. Met die pogings om Suid-Afrika se behuisingsprobleme op te los, moet
daar nie alleen op die konstruksie van huise gefokus word nie, maar ook om bestaande en
voornemende terreine van paaie, elektrisiteit, sanitasiedienste en water te voorsien. Daar word
beraam dat in 2010 66% van Suid-Afrika se bevolking geen toegang tot elektrisiteit gehad het nie en
in die meeste laekostewoongebiede is daar net een waterkraan wat aan ’n paar duisend inwoners
moet voorsien (SA-Housing, 2010).
Die woonbuurt waarin ‘n behuisingsuitbreiding geleë is, speel ’n baie belangrike rol. Die
lewenskwaliteit van mense in residensiële omgewings is afhanklik van die beskikbaarheid en
toeganklikheid van fasiliteite en geriewe soos skole, klinieke, polisiestasies, sportfasiliteite, ens. Die
verwantskap tussen die tipe behuising en inwoner-inkomste is ’n belangrike faktor. Die waarde van
“ligging” word bepaal deur die beskikbaarheid van dienste en fasiliteite in stedelike gebiede, soos
hospitale, tersiêre instellings, plekke waar kuns en kultuur beoefen word en werksgeleenthede.
Tesame met die ligging is vervoer noodsaaklik (Charlton, 2004). Daar moet dus nie net gefokus word
op die spesifieke behuisingsmetode nie, maar ook op die ontwerp en beplanning van die
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
2
woongebiede of gemeenskappe. Bogenoemde fasiliteite moet deel van die beplanning vorm. Daar
moet dus gefokus word op die ontwikkeling van volhoubare woongebiede in plaas daarvan om net
op ’n volhoubare behuisingsmetode te konsentreer.
1.2. Doel van Projek
Dit is ’n algemene verskynsel dat daar ‘n vrees vir verandering by die mens bestaan; nie net in die
konstruksiebedryf nie, maar ook in die besigheidswêreld en selfs in persoonlike verhoudings. Daar is
altyd die moontlikheid vir mislukking, laer produksie en swakker kwaliteit (Reh, 2014). Dit is
waarskynlik een van die redes waarom nuwe konstruksiemetodes of behuisingstelsels nie maklik
geïmplementeer word nie.
Die doel van die projek is om drie alternatiewe behuisingstelsels te identifiseer en dan vergelyk met
die oog daarop om te bepaal of alternatiewe metodes die huidige behuisingsagterstand kan
aanspreek.
Daar bestaan tans ’n groot agterstand met die voorsiening van behuising aan lae-inkomstegroepe.
Ontwikkelingsgebiede is baie beperk en verstedeliking raak ’n probleem in die land. Die benadering
wat hier gevolg word om die alternatiewe metodes of stelsels te vergelyk, en die struikelblokke soos
verstedeliking en beperkte grond aan te spreek, behels die volgende:
Identifiseer drie alternatiewe behuisingstelsels.
Bepaal die konstruksietyd en gemak van oprigting van elke stelsel; dit moet effektief wees
om die huidige behuisingsagterstand uit te wis. Verskeie faktore beïnvloed die
konstruksietyd en gemak van oprigting en word as deel van die projek geïdentifiseer en
ondersoek.
Ondersoek alternatiewe materiale, die beskikbaarheid daarvan en konstruksiemetodes om
kostes te verlaag.
Vergelyk die geïdentifiseerde alternatiewe metodes of stelsels se eienskappe om te bepaal
wanneer ’n bepaalde alternatief effektief sal wees.
Gebruik ’n innoverende ontwerp vir laekoste mediumdigtheidbehuising; met ander woorde,
verhoog die verhouding van persoon tot area.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
3
1.3. Omvang
Die omvang van die projek is om drie alternatiewe behuisingstelsels te ondersoek deur na faktore,
wat ’n rol tydens konstruksie speel, te kyk. Hierdie alternatiewe sal krities ondersoek word om te
bepaal watter metode of stelsel voordelig, prakties en bekostigbaar in sekere omstandighede en
gebiede sal wees.
Verskeie faktore word ondersoek om te bepaal wat elke faktor se impak op die drie metodes is en
sluit in:
konstruksiemetodes;
die kundigheid wat benodig word;
die beskikbaarheid van arbeid;
boumateriale en hul beskikbaarheid;
konstruksietyd;
produksiekapasiteit;
kostes;
volhoubare konstruksie;
werkskepping en plaaslike ekonomiese ontwikkeling; en
gemeenskapsaanvaarding.
Daar word gebruik gemaak van ’n innoverende argitektoniese konstruksieontwerp, die “Informal
Grid” sisteem, waarvolgens elk van die drie konstruksiestelsels gebruik kan word om ruimte te
bespaar. Hierdie ontwerp is gedoen deur ’n argitekstudent met die oog op die faktore wat hierbo
geïdentifiseer is. Die ontwerp verwys na die uitleg van ’n laekoste mediumdigtheidontwikkeling. Die
ontwerp is ekonomies, prakties, esteties en sal vir die gemeenskap aanvaarbaar wees.
Die doel van hierdie projek is nie om ’n gedetailleerde ontwerp van die verskillende alternatiewe te
verskaf nie, maar eerder om die alternatiewe te ondersoek en faktore te identifiseer wat ’n stelsel as
alternatiewe behuising moontlik maak. Die evaluering van die faktore by elke stelsel kan dus aandui
waarop gefokus moet word om om die stelsels te verbeter.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
4
1.4. Beperkings
Die mening van gemeenskappe oor die alternatiewe konstruksiemetodes of stelsels en die invloed
van verskillende kulture en hul leefstyle op behuisingsprojekte, word nie in diepte in hierdie projek
ondersoek nie. Opnames en studies oor die menings van verskillende kulture in Suid-Afrika oor die
spesifieke alternatiewe is beperk. Opnames met akkurate, omvattende en volledige inligting is dus
nie beskikbaar nie en kan eerder deel van ’n toekomstige studie vorm.
Daar word wel ‘n oppervlakkige afleiding gemaak van die beskikbare bronne om te bepaal of die
alternatiewe aanvaar behoort te word deur die gemeenskappe.
1.5. Metodiek
Daar is verskeie metodes gebruik en hulpbronne geraadpleeg om die nodige inligting te bekom. ’n
Agtergrondstudie oor die stand van lae-koste behuising in Suid-Afrika is gedoen om die behoeftes te
bepaal. Die studie is gedoen deur gebruik te maak van die internet en relevante literatuur.
Verder is navorsing gedoen oor beskikbare materiale, metodes en ontwerpe om te bepaal wat geskik
sal wees vir Suid-Afrika se kulture en klimaat. Stellenbosch Universiteit se databasis van vorige
navorsing oor verskillende kulture se voorkeure en leefstyle is geraadpleeg. Gepubliseerde literatuur
is gebruik vir projekvoorbeelde om sodoende ’n vergelyking tussen die metodes te tref.
Tradisionele messelwerk behuising is geïdentifiseer om te dien as basis om die ander alternatiewe
konstruksiemetodes mee te vergelyk. Deur ’n verdere literatuurstudie oor alternatiewe
konstruksiestelsels is nog twee relatiewe nuwe behuising konstruksiemetodes geïdentifiseer wat
met die tradisionele messelwerk behuisingstelsel vergelyk kan word. Die metodes is geïdentifiseer
om die huidige behuisingskwessies aan te spreek. Hierdeur word bepaal of daar ’n mark of
potensiaal is vir alternatiewe laekostebehuisingstelsels.
Vergelykings-faktore is geïdentifiseer uit die alternatiewe behuisingstelsels. Die faktore is
geïdentifiseer met die oog daarop om te bepaal wat elke stelsel voordelig maak asook om die
gemeenskap se behoeftes te bevredig. Verskeie faktore van rampbehuisingkonstruksiemetodes is
ook ondersoek. Die rede waarom daar na die eienskappe van rampbehuising gekyk word, is oor die
voordele wat dit bied. Dit sluit in die spoed van oprigting, ligte elemente, hanteerbaarheid, tipe
materiaal wat gebruik word omdat dit vrylik beskikbaar moet wees en natuurlik die eenvoud van
oprigting. Deur elke stelsel met dieselfde faktore te vergelyk, kan bepaal word waar ’n sekere
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
5
alternatief verbeter kan word. Daar kan selfs gekyk word na ’n kombinasie van die alternatiewe in
die toekoms.
Onderhoude in plaas van vraelyste is gebruik om inligting in te win en te vergelyk en daar is met
ervare persone, wat kundiges op die gebied van die konstruksiemetodes is, gepraat. Goeie
kommentaar is tydens die onderhoude gelewer, wat nie noodwendig uit die antwoorde in vraelyste
na vore sou kom nie. Daar is met drie deskundiges in die praktyk onderhoude gevoer om hulle
ervaring en kommentaar met die literatuur te vergelyk en as bevestiging van die literatuur te dien.
Die besluitnemingsfaktore was hoofsaaklik bespreek in die onderhoude. Afleidings is uit die
literatuurstudie en uit die korrespondensie met deskundiges gemaak, waaruit die gevolgtrekking en
aanbevelings vir die projek gevolg het.
Inligting is ingewin oor tyd en kostes van die konstruksiemetodes. Onlangse markverwante tarriewe
uit tenderdokumente is gebruik om kostes te verifieer. Verder is die drie alternatiewe
konstruksiemetodes met mekaar vergelyk om te bepaal watter eienskappe die alternatief laat
uitstaan.
Die “Informal-Grid”-stelsel word ook bespreek as ‘n opsie vir die uitleg/ontwerp van
mediumdigtheidbehuising. Hierdie metode is gekies as ’n modulêre konstruksieontwerp omdat dit
aanpasbaar is met die geïdentifiseerde konstruksiestelsels en die ontwerp neem ook die
besluitnemingsfaktore in ag aangesien die argitekstudent wat die “Informal-Grid” sisteem ontwerp
het, ook die faktore beskou het in sy ontwerp.
Laastens word die gevolgtrekkings en aanbevelings van die projek gemaak. Hier word bepaal watter
alternatief die beste is in ’n sekere afdeling en dan word daar ook aanbeveel wanneer sal dit
effektief wees om ’n sekere konstruksiestelsel te gebruik.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
6
1.6. Struktuur van Projek
1.6.1. Grafiese Uiteensetting van Projek
Figuur 1: Vloeidiagram: Illustrasie van Projek
Alternatiewe laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid.
Agtergrond oor die onderwerp, behoefte vir
alternatiewe en gemeenskapsaanvaarding.
Identifiseer drie alternatiewe/stelsels wat
ondersoek gaan word.
Ligte staalraam- behuising. Voorafvervaardigde
behuising.
Bespreek faktore vir elke alternatief.
Aanvaarding van alternatiefwe deur die gemeenskap.
Argitektoniese ontwerp: "Informal Grid"-stelsel.
Vergelyking, gevolgtrekking en aanbevelings.
Tradisionele messelwerk/blok-behuising.
Identifiseer faktore wat 'n invloed het op die keuse van 'n gekose alternatief/stelsel.
Konstruksiemetode
Kundigheid benodig
Beskikbaarheid van arbeid
Boumateriale en hul beskikbaarheid
Konstruksietyd
Produksiekapasiteit
Koste
Volhoubare konstruksie/ontwikkeling
Werkskepping en plaaslike ekonomiese ontwikkeling
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
7
1.6.2 Opsomming van Hoofstukke
Hoofstuk 1: Inleiding
In hierdie hoofstuk word daar uitgebrei oor wat die projek behels en die doel van die projek word
genoem en bespreek.
Hoofstuk 2: Literatuuroorsig
Hoofstuk 2 beskryf wat laekoste mediumdigtheidbehuising is en hoe dit geklassifiseer word. Die
noodsaaklikheid vir die oprigting van laekoste mediumdigtheidbehuising word bespreek, asook die
konsep van verstedeliking. Drie alternatiewe moontlikhede vir behuising word geïdentifiseer en die
faktore waarteen elke alternatief opgeweeg gaan word.
Hoofstuk 3: Gemeenskapsaanvaarding
In Suid-Afrika het ons te doen met baie verskillende gemeenskappe wat anders dink oor sake,
verskillende leefstyle het en nie noodwendig van dieselfde tipe behuising hou nie. Gemeenskappe
moet betrokke wees by projekte om ’n volhoubare gemeenskap te skep. Hoofstuk 3 se fokus is om
te bepaal hoe om gemeenskappe by behuisingsprojekte betrokke te kry en hoekom dit belangrik is.
Hoofstuk 4, 5 & 6: Ligte staalraam-behuising, voorafvervaardigde behuising en tradisionele behuising
Die faktore wat in Hoofstuk 2 as besluitnemingsfaktore geïdentifiseer is, gaan in die Hoofstuk 4, 5 en
vir 6 elkeen van die drie alternatiewe metodes ontleed word om te bepaal watter alternatief die
beste blyk te wees.
Hoofstuk 7: Die ”Informal Grid”-sisteem
Die ”Informal Grid”-sisteem word in Hoofstuk 7 bespreek om ’n effektiewe ontwerp en samestelling,
waarvolgens die alternatiewe behuising gebou kan word, te identifiseer om die kwessie van
beperkte ontwikkelingsgebiede aan te spreek.
Hoofstuk 8 en 9: Vergelyking, gevolgtrekking en aanbevelings
In Hoofstukke 8 en 9 word ’n vergelyking tussen die alternatiewe getref en gekwantifiseer om tot ’n
finale gevolgtrekking te kom. Daar word aanbeveel watter tipe behuisingsalternatief meer effektief
in sekere situasies sal wees. Die aanbevelings word op die besluitnemingsfaktore van elke alternatief
gegrond.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
8
2. LITERATUUROORSIG
Hierdie hoofstuk verskaf agtergrond oor laekostebehuising met mediumdigtheid, verstedeliking,
behoefte aan alternatiewe en die verskillende faktore waarvolgens die stelsels vergelyk en
geëvalueer word. Konstruksiemetodes, die kundigheid benodig, die beskikbaarheid van arbeid,
boumateriale en beskikbaarheid, konstruksietyd, produksiekapasiteit, koste, volhoubare
konstruksie/ontwikkeling, werkskepping en plaaslike, ekonomiese ontwikkeling is die faktore wat
geïdentifiseer is om ‘n vergelyking te tref tussen stelsels. Die drie alternatiewe of stelsels word ook
beskryf.
2.1. Agtergrond oor Laekostebehuising
Laekostebehuising word gedefinieer as behuising vir persone wat ’n gekombineerde huishoudelike
maandelikse inkomste van minder as R3 500 verdien (Western Cape Government: Individual Housing
Subsidies, 2014). Laekostebehuising word gewoonlik op die buitewyke van stede gebou, waar groot
gebiede grond teen ’n laer koste beskikbaar is. Dit veroorsaak ’n probleem vir die vervoer na
werksplekke en skole, asook na mediese fasiliteite en winkelsentrums.
Sedert 2004, het die Departement van Behuising ’n nuwe behuisingsbeleid geïmplementeer, wat as
”Breaking New Ground” bekend staan. Die beleid lê klem op’n reeks ingrypings met die oog op die
skepping van geïntegreerde menslike nedersettings eerder as gemarginaliseerde agterbuurtes
(Burger & Mark, 2010).
Die Omvattende Behuisingsplan vir die Ontwikkeling van Geïntegreerde Volhoubare Menslike
Nedersettings (oftewel ”Breaking New Ground”), soos in September 2004 deur die minster van
behuising, dr. Lindiwe Sisulu bekend gemaak, voorsien nie net vir die ontwikkeling van
laekosteverblyf vir mediumdigtheid en huurbehuising nie, maar bevorder ook die residensiële
eiendomsmark deur sterker vennootskappe met die privaatsektor, sosiale infrastruktuur, en geriewe
te sluit om die prestasievlak van ’n nie-rassige, geïntegreerde gemeenskap te bevorder (Burger &
Mark, 2010).
Die huidige laekostebehuisingstelsel vir mediumdigtheid se benadering vereis dat daar voorsiening
gemaak moet word vir ’n minimum van 40m2 bruto oppervlak, twee slaapkamers, ‘n aparte
badkamer met ’n toilet, ‘n stort en wasbak, ’n gekombineerde kombuis/leefarea,
elektrisiteitstoevoer en die eenhede moet aan die NHBRC se tegniese spesifikasies voldoen (Burger
& Mark, 2010).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
9
2.2. Agtergrond oor Mediumdigtheidbehuising
Suid-Afrikaanse stede het van die laagste stedelike digthede in die wêreld en die lae digtheid van die
hedendaagse stede staan in die weg om goeie stadskwaliteit, integrasie, volhoubaarheid en
gelykheid te bereik (Tonkin, 2008). Die behuisingsregte van armes word in gedrang gebring deur
laedigtheidnedersettings en ’n tekort aan bekostigbare behuisingsgeleenthede in sentraalgeleë
areas. Sodoende word hulle na die buitewyke van die stadsgebiede uitgeskuif. Gemeenskappe wat in
hierdie buitewyke woon, moet na hul werksplekke, in goed-geleë areas, reis teen hoë koste vir
hulself, die regering, die omgewing en die Suid-Afrikaanse gemeenskap (Tonkin, 2008).
Die toenemende bewusmaking van die ekologiese impak op ons stede vereis dat die ekologiese
voetspoor van die stedelike gebiede verminder moet word deur die grond optimaal te benut en om
elke individu te ondersteun; dit sluit die grond vir behuisingsdoeleindes in. Deur die stedelike
digthede te verhoog, verlaag dit die stadspreiding en lei tot laer grondgebruiksvereistes. Studies het
gevind dat waar residensiële digthede verdubbel het, die publieke vervoer met soveel as 20-30%
verminder word (Tonkin, 2008).
Die voorsiening van mediumdigtheidbehuising bied geleenthede vir effektiewe gebruik van grond (’n
skaars hulpbron) en die strategiese plasing van mediumdigtheidbehuising in gebiede met goeie
geleenthede, sal help om die probleem van gelykheid en volhoubaarheid aanspreek.
Mediumdigtheidbehuising (wooneenhede per hektaar (du/ha)) word geskat as 40-100 du/ha (bruto).
Hierdie tipe behuising verwys gewoonlik na semi-losstaande behuising, ry-behuising en
drieverdiepingwoonstelle (Tonkin, 2008). Hierdie konsep en ’n voorstel word in Hoofstuk 7 uitgebrei.
Die voorsiening van mediumdigtheidbehuising sal meer volhoubare nedersettings, asook lewendige,
gemengde omgewings naby vars-geproduseerde produkte en ander klein markte, hoofroetes en
vermaak skep. Verskeie faktore beïnvloed digtheid en daar is implikasies wat daarmee gepaard gaan,
kyk Figuur 2.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
10
Figuur 2: Faktore wat digtheid beïnvloed & implikasies van digtheid (Tonkin, 2008)
Die aanvraag na meer effektiewe, volhoubare en bekostigbare stedelike omgewings, waar grond
meer intensief gebruik word, waar infrastruktuur geskep word en finansiële uitgawes meer
oordeelkundig spandeer word, waar natuurlike hulpbronne meer volhoubaar gebruik word en
menslike hulpbronne meer sorgvuldig beskou word (veral hulpbronne beskikbaar vir die armer
inwoners van die stad), raak al hoe groter en sal alleenlik bereik word deur die digtheid van die
stadsgebiede te verhoog (Tonkin, 2008).
Gemeenskappe wat in mediumdigtheidbehuisingsomgewings woon, is ’n gemeenskap by wyse van
gemeenskaplike gronde, nabygeleë behuisingseenhede en ander gemeenskaplike faktore en is
gebind deur hierdie. Dit is dikwels ’n bron van konflik, maar as die nodige aandag gegee word aan
die ontwerpbesonderhede en deeglike beplanning, is daar potensiaal vir ’n hoë vlak van
gemeenskapsamehorigheid en eienaarskap van die gedeelde behuisingsomgewing (Tonkin, 2008).
Arm gemeenskappe word gewoonlik na die buitewyke van die stadsgebied uitgeskuif, weg van
noodsaaklike fasiliteite en werksgeleenthede. Vir volhoubare ontwikkeling is dit dus noodsaaklik om
uitbreidings of ontwikkelings nader aan die stadsgebiede te bring (Tonkin, 2008). Dit sal alleenlik
moontlik wees deur weg te beweeg van laedigtheidbehuising in stadsgebiede na
mediumdigtheidontwikkelings. Mediumdigtheidbehuising mag dalk ook nadele inhou, maar kan deur
goeie beplanning en ontwerpe oorkom word.
INVLOED OP
DIGTHEID
• Kulturele persepsies
• Sone-regulasies
• Beplannings- en boustandaarde
• Behuisingsaanvraag
• Ligging
• Landkoste
• Boukoste
• Bekostigbaarheid vir die eindgebruiker
• Beleid oor omgewing en beleidsinstrumente
• Gebou-ontwerp, plotuitleg & plotgrootte
• Publieke vervoerstelsel
BEÏNVLOED DEUR
DIGTHEID
• Koste van dienste
• Voorsiening en verspreiding van fasiliteite in terme van standaarde
• Sosiale dinamika (oorbevolking, sosiale interaksie, veiligheid, gesondheid)
• Skepping van drumpels vir publieke vervoer
• Skepping van drumpels vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling
• Bouvorm en behuisingsuitleg.
DIGTHEID
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
11
2.3. Groeiende Kwessie van Verstedeliking
Terwyl verstedeliking talle voordele inhou vir die bevolking, vermeerder dit ook die regering se las
om sosiale dienste soos behuising, lopende water en sanitasie te voorsien. Onlangse navorsing deur
die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge toon dat die proporsie van mense wat in stedelike
gebiede woon, van 52% in 1990 tot 62% in 2012 verhoog het. Volgens Statistiek Suid-Afrika, het die
aantal huishoudings in informele nedersettings van 52,9% in 2002 tot 54,2% in 2012 verhoog
(Engage, 2013).
Hill, Pienaar, Bowen, Krusel & Kuiper (2002) beskryf Suid-Afrikaanse nedersettings en stede as
oneffektief en ruimtelik verwronge met laedigtheid stadspreiding, as monofunksionele areas wat die
armes en nuwe stadsinwoners in groot disfunksionele dorpsgebiede in die buitewyke van die stad
vasvang. Die grondpatroon lei tot oneffektiewe, energieverterende en duur vervoermaatreëls,
duurder stadsadministrasie, uitsluiting vir gemeenskappe van maklike toegang tot ekonomiese
geleenthede en fasiliteite, en die vernietiging van waardevolle ekologiese en landbou grond (Hill,
Pienaar, Bowen, Krusel, & Kuiper, 2002). Dit veroorsaak druk op die regering vir korttermyn lewering
van behuising en dienste en ’n krisisgedrewe soektog vir grond deur die plaaslike owerhede om
stedelike uitbreidings te akkommodeer (Dewar, 1991).
Behuisingsprojekte naby gemeenskaplike geriewe en plaaslike vervoerstelsels dra by tot die
tevredenheid van die inwoners in hulle woonbuurte (Tonkin, 2008). As gevolg van die tekort aan
grondgebied vir behuisingsprojekte naby die stadsgebiede, is dit dus noodsaaklik om op
mediumdigtheidbehuising, in plaas van losstaande huise, te fokus. Deur die ontwerp en beplanning
van mediumdigtheidbehuising op ’n funksionele wyse, sal meer inwoners in kleiner gebiede
gehuisves kan word.
2.4. Behoefte vir Alternatiewe Laekostebehuising met
mediumdigtheid
Behuising bly een van die mees noodsaaklike infrastruktuurtekortkominge in Suid-Afrika. Die
ontwikkelingskwessie word vererger deur toenemende verstedeliking wat na vinnige groei van
agterbuurtes en onwettige nedersettings, oorbevolking en verwaarlosing van die omgewing lei (Du
Plessis, Adebayo, Agopyan, Beyers, Chambuya, Ebohon, Giyamah, Irurah, John, Hassan, Laul,
Marulanda, Napier, Ofori, Pinto de Arruda, Rwelamila, Sara, Sattler, Shafii, Shah, 2002).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
12
Omdat meer mense na stede kom en die ontwikkelingsgebiede naby die stad reeds beperk is, is dit
noodsaaklik om te fokus op mediumdigtheidbehuising. Die konsep van Zurcher (2012) in Hoofstuk 7
spreek hierdie kwessie met ʼn innoverende konsep en ontwerp aan.
In die ontwikkelende wêreld is dit egter nie algemene praktyk om die behuisingstekort deur
volhoubare konstruksiepraktyke en nuwe metodes aan te spreek nie (Du Plessis, et al., 2002).
Volhoubare konstruksiepraktyke verwys na die gebruik van herwinbare materiale, meer effektiewe
boumetodes en om die gemeenskap by projekte vir voortdurende ontwikkeling betrokke te maak.
Die behoefte aan volhoubare ingrypings in die bou-omgewing is noodsaaklik vir die mensdom se
oorlewing weens die aansienlik groot finansiële en natuurlike hulpbronneverbruik, asook
beduidende besoedeling wat deur die boubedryf gegenereer word (Hodgson, 2002). Suid-Afrika is in
’n uitstekende posisie om toekomstige behuisingsprojekte op die beginsels van volhoubare
konstruksie te baseer en daardeur die negatiewe omgewings-, maatskaplike en ekonomiese impakte
te versag (Du Plessis, et al., 2002).
Die behoefte na nuwe konstruksiemetodes en die gebruik van herwinbare materiale vir die bou van
laekostebehuising met mediumdigtheid is van groot belang. Eerstens, om die huidige
behuisingsagterstand in te haal en tweedens, vir volhoubare ontwikkeling en beskerming van die
omgewing. Verskeie faktore soos, onder andere, beperkte ontwikkelingsgebiede en verstedeliking
moet in ag geneem word wanneer verskillende alternatiewe geëvalueer word. Die hooffokus moet
egter op konstruksietyd en koste geplaas word. Ander faktore het ’n indirekte impak op die koste en
kan geëlimineer word deur innoverende ontwerpe, goeie bestuur en beplanning.
2.5. Alternatiewe Moontlikhede vir Laekostebehuising met
mediumdigtheid
Daar is tans baie struikelblokke in die oprigting van laekostebehuising met mediumdigtheid (Majavu,
2012), naamlik finansies, beskikbare grond en die tekort aan die nodige beplanning, om ‘n aantal
voorbeelde te noem. Daar is verskeie faktore, soos gelys in Afdeling 1.3, wat ’n invloed het op die
keuse van die opringtingsmetode vir die konstruksie van laekostebehuising met mediumdigtheid. Die
faktore word bespreek in Afdeling 2.6. In hierdie projek word daar gefokus op drie alternatiewe
stelsels vir laekostebehuising met mediumdigtheid, naamlik:
Ligtestaalraambehuising (LSRB)
Voorafvervaardigde betonbehuising
Tradisionele messelwerk of blokbehuising
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
13
Ligtestaalraambehuising is ’n relatief nuwe konsep vir behuising in Suid-Afrika (Barnard J. , 2011). Dit
word al vir dekades lank suksesvol in die VSA, Europa, Australië en New Seeland geïmplementeer
(SASFA, 2014). As gevolg van die eenvoudige stelsel en vinnige konstruksietyd, is dit ’n goeie stelsel
om as alternatief tot messelwerkhuise te oorweeg.
Voorafvervaardigde betonbehuising is ideaal vir vinnige oprigting en verminder ook die arbeid.
(Prefab Building Technology, 2014). Dit bied ’n vinnige oplossing met hoë kwaliteit as ’n
plaasvervanger vir konvensionele messelwerkbehuising. Daar is nadele aan die swaar toerusting en
minder arbeid verbonde, maar dit het genoeg meriete om dit met ander stelsels te vergelyk.
Konvensionele messelwerk of blokbehuising is so bekend in die Suid-Afrikaanse boubedryf, dat dit
ook geëvalueer word om as ’n maatstaf vir die vergelyking met ander stelsels te dien. Die stelsel is
die algemeenste metode vir behuisingskonstruksie in Suid-Afrika (Ritchie, 2009).
Modulêre konstruksie kan vir al drie konstruksiemetodes aangewend word. Die ”informal grid”-
sisteem word in Hoofstuk 7 bespreek. Dit is ’n konsep wat deur Zurcher (2012) ontwerp is en spreek
die behoefte aan mediumdigtheidbehuising aan.
In sekere omstandighede mag dit wees dat een alternatief ’n beter opsie/stelsel sal wees vir die
konstruksie van laekostebehuising met mediumdigtheid as wat ’n ander blyk te wees. Verskeie
faktore, soos bespreek in die volgende afdeling, sal in ag geneem moet word.
2.6. Besluitnemingsfaktore vir Alternatiewe Behuisingstelsels
In hierdie afdeling word die geïdentifiseerde faktore, wat ’n invloed sal hê op die keuse van die tipe
konstruksiemetode/stelsel, bespreek en ’n algemene beskrywing gegee wat elke faktor behels.
Hiervolgens gaan die drie stelsels vergelyk word om elkeen se voor-en nadele te identifiseer. Die
faktore sal ook later spesifiek op elke alternatief/stelsel gemik word. In hoofstuk 8 sal hierdie faktore
vir elke alternatief gekwantifiseer word om te bepaal waar ’n alternatief goed vaar.
2.6.1. Konstruksiemetodes
Daar is toenemende druk op die boubedryf om alternatiewe konstruksiemetodes te oorweeg, goed
te keur, en te implementeer soos stedelike migrasie toenemende druk op die hulpbronne plaas
(Terblanche, 2002).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
14
Die boubedryf gebruik na raming 50% van die wêreld se nie-herwinbare energiebronne en daarom is
dit nodig om alternatiewe metodes te oorweeg wat minder energie verbruik, meer volhoubaar is en
nie ’n nadelige impak op die omgewing het nie (Terblanche, 2002).
Daar is tans baie nuwe alternatiewe konstruksiemetodes beskikbaar, maar daar word steeds meestal
van tradisionele konstruksiemetodes gebruik gemaak en die voor- en nadele wat tot hierdie besluit
lei sluit die volgende in:
Voordele:
a) Die gebruik van plaaslik beskikbare materiale.
b) Plaaslike spesialisvaardighede is beskikbaar.
c) Hoë vervoerkoste word verlaag.
d) Die metode is deel van die gemeenskap se kultuur en tradisie.
e) Die metode is volhoubaar volgens die gemeenskap omdat hulle gewoond is daaraan.
f) Die metode is omgewingsvriendelik omdat die gebruik daarvan nie so ’n groot impak
op die omgewing het nie.
Nadele:
a) Die kwaliteit van die struktuur van tradisionele behuising is nie noodwendig so goed
soos die nuwe tegnologie nie.
b) Individuele vaardighede en goeie vakmanskap om die behuising op te rig, is besig
om uit te sterf. (Terblanche, 2002)
Konstruksiemetodes het ’n groot invloed op die konstruksietyd van ’n projek, wat ook ’n direkte
invloed gaan hê op die koste van die projek. Daar moet gekyk word na die beskikbare hulpbronne in
terme van toerusting en vakmanskap, asook die materiale wat gebruik gaan word.
Werkskepping speel ’n belangrike rol in die tipe metode wat gebruik word. Die gemeenskap moet
betrokke raak by projekte vir volhoubare ontwikkeling, asook vir finansiële ondersteuning in die
gemeenskap. Indien daar van swaar voorafvervaardigde panele gebruik gemaak word, gaan dit dalk
die konstruksietyd verminder, maar minder arbeiders word dan benodig omdat daar gebruik gemaak
word van swaar toerusting.
Indien daar van ligte materiale en eenvoudige handbeheerde hyskraanstelsels gebruik gemaak word
om materiale op te lig en te verskuif, maak dit die projekte weer meer arbeidsintensief wat beter is
vir die bevordering van die gemeenskap. Beskikbare toerusting, materiale, vakmanskap en
betrokkenheid van die gemeenskap sal die besluitnemingsfaktor in die verband wees.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
15
2.6.2. Kundigheid Benodig
Baie nuwe alternatiewe konstruksiemetodes is onbekend aan ontwerpers en kontrakteurs. Die
verandering of die gebruik van nuwe konsepte is een van die groot struikelblokke in die boubedryf as
gevolg van die betrokke risiko’s (Built Environment, 2014). Die rolspelers in behuisingsprojekte bly
normaalweg by die metodes wat aan hulle bekend is omdat hulle daarmee vertroud is.
Die moeilikheidsgraad van die ontwerpe sal oorweeg moet word om te bepaal of daar die nodige
plaaslike kundigheid beskikbaar is en of dit ’n koste-effektiewe opsie gaan wees. Indien die
kundigheid nie plaaslik beskikbaar is nie, sal daar implikasie wees in terme van opleiding of die
invoer van geskikte ambagsmanne. ’n Goeie ontwerp dien geen doel indien daar nie ’n bekwame
kontrakteur is om dit te bou nie.
2.6.3. Beskikbaarheid van Arbeid
Sekere projekte vereis spesialiskennis en -vaardighede, waar ander net van ongeskoolde arbeiders
gebruik maak. Geskoolde arbeiders, veral op sekere projekte, mag dalk nie plaaslik in sekere gebiede
beskikbaar wees nie. Dit mag ook veroorsaak dat die metode ‘n duurder opsie raak. Ongeskoolde
arbeiders is gewoonlik vrylik beskikbaar en werk teen ’n laer tarief. Dit mag lei tot die besluit op ’n
eenvoudige konstruksiemetode.
2.6.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid
Daar is ’n wye verskeidenheid boumateriale beskikbaar vir die konstruksie van huise en ander
strukture. Die keuse van boumateriale vir ’n spesifieke projek kan die oorspronklike koste,
instandhouding, gemak van skoonmaak, duursaamheid en die voorkoms beïnvloed. Die keuse van
materiale vir ’n projek word beïnvloed deur verskeie faktore, naamlik (Geoffrey, Lawrence,
Hakgamalang, & Januarius, 2011):
Die tipe en funksie van die gebou (behuising in hierdie geval) en die spesifieke
karaktereienskappe wat verlang word van die materiaal soos sterkte, waterweerstand,
aantreklike voorkoms, ens.
Ekonomiese aspekte van die gebou in terme van die oorspronklike belegging en jaarlikse
koste om die gebou te onderhou.
Beskikbaarheid van die materiale in die area.
Beskikbaarheid van geskoolde arbeiders om sekere tipe materiale te installeer.
Die kwaliteit en duursaamheid van verskillende materiale.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
16
Vervoerkoste.
Keuse van materiale met aanpasbare eienskappe, dimensies en metode van installasie.
Kulturele aanvaarbaarheid of persoonlike voorkeur.
Verder worstel die materiaalverskaffers, bou- en siviele sektor met ingrypende beperkings. Die Suid-
Afrikaanse boubedryf en boumateriaalverskaffers is onlangs deur ’n ekonomiese resessie en
produksie-insinking (Singh, 2012). Kapasiteit in die bedryf sal weer gebou moet word om te verseker
dat genoegsame materiale vir die behuisingsaanvraag voorsien kan word.
2.6.5. Konstruksietyd
Vroeër in die projek is daar gefokus op die huidige behuisingsagterstand in Suid-Afrika (SA-Housing,
2010). Met die agterstand in gedagte, moet daar gepoog word om effektiewe produksielyne in
werking te kry om die agterstand in te haal. Konstruksiemetodes wat die konstruksietyd sal verkort,
moet ernstig oorweeg word.
Verskeie faktore soos die tipe arbeid benodig, tipe materiaal en beskikbare vakmanskap het ’n groot
invloed op die konstruksietyd van ’n projek. Arbeiders word normaalweg per dag betaal en indien
die konstruksietyd so veel as moontlik verkort kan word deur effektiewe sisteme en beplanning, sal
dit die koste ten opsigte van arbeid verlaag.
Die drie alternatiewe opsies wat bespreek gaan word verskil ten opsigte van konstruksietyd as
gevolg van die volgende faktore:
materiale wat gebruik word;
die tipe arbeid wat benodig word (arbeidsintensief of toerusting);
beskikbare kundige arbeiders en vakmanskap; asook
die konstruksiemetode wat gebruik word.
As gevolg van die behuisingsagterstand in Suid-Afrika, is konstruksietyd dus een van die belangrikste
faktore om so gou as moontlik voldoende behuising aan almal te verskaf.
2.6.6. Produksiekapasiteit
’n Relatief klein formele behuisingsvoorraad, lae en afnemende koerse van formele en informele
behuisingslewering in Suid-Afrika, het gelei `tot die toename in huishoudings wat verblyf vind in
informele nedersettings, agterplaashutte en oorbevolkte gebiede in bestaande formele behuising
(White Paper: A New Housing Policy and Strategy for South Africa, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
17
Met die inagneming van die huidige agterstand en produksiekapasiteit van nuwe wooneenhede, is
dit belangrik om ontwerpe en konstruksiemetodes te oorweeg wat in grootmaat opgerig kan word in
’n relatief kort tyd. Die aspek is belangrik om die behuisingsagterstand en gebrek aan die voorsiening
van voldoende behuising in te haal.
2.6.7. Koste
Laekostebehuising moet vir die gemeenskappe bekostigbaar wees, aangesien huishoudings wat
kwalifiseer vir die ontvangs van laekostebehuising van die regering, minder as R 3 500 per maand
per huishouding verdien (Western Cape Government: Individual Housing Subsidies, 2014). Dit moet
ook bekostigbaar wees vir die regering, wat verantwoordelik is vir die voorsiening van behuising en
infrastruktuur (elektrisiteit, water, riolering en paaie) asook die instandhouding daarvan.
Die regering voorsien subsidies vir lae-inkomstehuishoudings wanneer die kandidaat ’n residensiële
eiendom vir die eerste keer wil koop. Die subsidie kan gebruik word om ’n bestaande huis te koop –
insluitend die erf waarop die huis staan. Dit kan ook gebruik word om ’n huis te koop op ’n plot-en-
plan basis of om ’n onvoltooide huis klaar te bou. Indien die huishouding se inkomste minder as
R3 500 per maand is, kwalifiseer hulle vir ’n subsidie van R160 573 sonder enige terugbetaling
(Western Cape Government: Individual Housing Subsidies, 2014). Die koste van die eenhede moet
dus verkieslik onder R 160 573 wees sodat dit bekostigbaar vir die gemeenskap en regering kan
wees.
Die koste van behuising is nie net afhanklik van die tipe materiale wat gebruik word nie, maar ook
van die konstruksiemetode wat gebruik word. Die tipe arbeid, toerusting en die konstruksietyd is
items wat weer afhanklik is van die metode wat gebruik word. ’n Goeie produksiekapasiteit mag ’n
projek meer koste-effektief maak omdat meer eenhede in ’n korter tyd gebou word, maar die
kwaliteit mag dalk in die proses afgeskeep word.
Die koste van elke alternatief/stelsel is afhanklik van die voorafgaande faktore, nl.
konstruksiemetode, kundigheid benodig, beskikbaarheid van arbeid, boumateriale en
beskikbaarheid, konstruksietyd en produksiekapasiteit. Om hier ’n vergelyking tussen die drie
stelsels te tref, sal die faktore met ’n invloed op die koste vergelyk word om te bepaal watter stelsel
die mees koste-effektiewe een sal wees.
In hierdie projek sal die koste vir elke stelsel volgens die konstruksie van ’n eenvoudige 9m x 4,5m-
struktuur bereken word. Figuur 3 toon ’n voorstelling van hoe so eenvoudige struktuur vir
vergelykingsdoeleindes lyk. Die koste vir items, wat dieselfde vir al die stelsels is, sal nie in
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
18
berekening gebring word nie. Dit sluit items in soos verf, deure, vensters, dakbedekking, kaste en
alle afwerkings. Die vergelyking fokus dus op die “dop” van die stelsel, wat die dakkappe insluit.
Fondasies is afhanklik van die geotegniese omstandighede en die las van die struktuur. As gevolg van
die onbekende grondkondisies gaan die koste van die fondasies nie in berekening geneem word nie.
Die hoeveelheid werk en materiaal wat vir fondasies benodig word, sal nie ’n beduidende verskil in
die koste-vergelyking maak nie (De Clercq, 2014). Grondkondisies/fondasies kan ’n groot impak op
die kostes hê maar behoort al drie opsies min of meer dieselfde te beïnvloed.
Figuur 3: 9m x 4,5m Struktuur (Outeur, 2014)
Die arbeid wat vir die verskillende stelsels benodig word, sal ’n kombinasie wees van spesialiste,
geskoolde arbeiders en ongeskoolde arbeiders en ’n tarief sal bepaal word om die hele struktuur op
te rig. Toerusting wat benodig word vir konstruksie is afhanklik van die tipe stelsels wat gebruik
word. Dit sal bepaal word volgens ’n gemiddelde, markverwante tarief vir toerusting wat benodig
word om die struktuur op te rig. Die aantal arbeiders en hoeveelheid toerusting wat gebruik word
om so ’n 9m x 4,5m struktuur op te rig, sal realisties bepaal word sodat die konstruksietyd van die
alternatiewe regverdig vergelyk kan word. Materiale vir die drie stelsels, wat die mure en dakkappe
insluit, sal as ’n enkelbedrag bereken word.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
19
2.6.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling
Volhoubare konstruksie word gesien as ’n holistiese benadering en fokus op die herstel van die
balans tussen die natuurlike en bou-omgewing. Dit is van toepassing op alle konstruksieaktiwiteite
wat strek van ontwerp, gedurende konstruksie, bedryf en onderhoud, en laastens die sloop van
geboue (Drager, 1996).
Volhoubare ontwikkeling word deur die Wêreldkommissie vir Omgewing en Ontwikkeling beskryf as
ontwikkeling wat die behoeftes van die huidige mensdom bevredig sonder om die vermoë van die
toekomstige generasies te belemmer om hulle eie behoeftes te bevredig. Dit hou twee
sleutelkonsepte in (Tonkin, 2008):
die konsep van “behoeftes”, meer spesifiek die noodsaaklike behoeftes van die wêreld se
armes, wat eerste prioriteit behoort te wees; en
die tegnologie wat gebruik word en die beperkinge op die omgewing se vermoë om aan die
huidige en toekomstige behoeftes te voldoen.
Sewe beginsels van volhoubare ontwikkeling, wat as noodsaaklik beskou word vir die beskerming
van die aarde se natuurlike hulpbronne, en wat gebruik moet word as ’n riglyn vir die boubedryf om
meer volhoubare geboue en nedersettings te bewerkstellig, is (Hill & Bowen, Sustainable
Construction: Principles and Framework for Attainment, 1997):
1. Verminder hulpbronverbruik.
2. Vermeerder hulpbronhergebruik.
3. Gebruik hernubare of herwinbare hulpbronne.
4. Beskerm die natuurlike omgewing.
5. Skep ’n gesonde, nie-giftige omgewing.
6. Streef na kwaliteit in die bou-omgewing.
7. Bevorder sosio-ekonomiese volhoubaarheid.
Om geklassifiseer te word as volhoubare behuising, moet laekostebehuising aan die bogenoemde
beginsels voldoen. Dit is belangrik om bewus te wees dat dit nie altyd moontlik sal wees om elke
beginsel te optimaliseer nie en dat daar kompromieë nodig mag wees (Hill & Bowen, Sustainable
Construction: Principles and Framework for Attainment, 1997).
Suid-Afrika moet wegbeweeg van die bestaande swak omgewings- en behuisingsomstandighede in
informele nedersettings en die behuisingsagterstand aanspreek deur die beginsels van volhoubare
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
20
konstruksie te oorweeg (Du Plessis, et al., 2002). Du Plessis et al., (2002) beskryf ook die Suid-
Afrikaanse ondervinding van laekostebehuisingskemas as ’n vertoning van “min verbetering vanaf
die plakkershut”. Die behuisingskemas het swak termiese en strukturele eienskappe, gebruik duur
en hoë verwerkte materiale en tegnologieë, het ’n kort ekonomiese lewensduur en daar is
onvoldoende gemeenskaps-/eienaardeelname (Du Plessis, et al., 2002).
Daar bestaan egter reeds goeie voorbeelde in die Suid-Afrikaanse boubedryf van volhoubare
konstruksie in lae inkomstegebiede. Dié voorbeelde voorsien waardevolle riglyne om die gaping
tussen Suid-Afrika se volhoubaarheidsbeleid en die huidige onvolhoubare konstruksiemetodes te
oorbrug. (Ross, Bowen, & Lincoln, 2010, p. 435).
Vir behuisingsprojekte om volhoubaar te wees, moet dit nie noodwendig net aan bogenoemde
kriteria voldoen nie, maar ook aan verskillende onderafdelings van volhoubare ontwikkeling. Daar is
vier onderafdelings naamlik (Terblanche, 2002):
1. Ekologiese volhoubaarheid
Ekologiese volhoubaarheid beteken dat die ontwikkelingsaktiwiteite nie meer besoedeling
en rommel produseer as wat die omgewing kan absorbeer nie. Die omgewing en die aarde
se hulpbronne (herwinbaar en nie-herwinbaar) moet bewaar en spaarsamig gebruik word.
2. Ekonomiese volhoubaarheid
Behuisingsprojekte moet vir die teikengroep bekostigbaar wees, asook vir die plaaslike
owerhede en privaat instansies wat verantwoordelik is vir subsidies en instandhouding van
dienste.
3. Sosiale volhoubaarheid
Die behuisingsomgewing moet ’n gevoel van gemeenskap en veiligheid kweek, asook bydra
tot die fisieke en sielkundige welstand van die inwoners. Behuising moet
gemeenskapsbetrokkenheid en verantwoordelikheid bewerkstellig.
4. Tegniese volhoubaarheid
Die ontwerp en konstruksiemetodes wat gebruik word moet gepas wees vir die spesifieke
omstandighede sodat die verbruikers betrokke kan wees by die implementeringsproses
asook met die instandhouding van die finale produk. Die tegnologie moet verder by die
omgewing pas.
Dit is uiters belangrik om die prosesse (beplan, ontwerp, konstruksie en onderhoud) van ’n
behuisingsprojek as ’n geïntegreerde proses te benader. Die bogenoemde vier onderafdelings van
volhoubare ontwikkeling moet in ag geneem word (Terblanche, 2002).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
21
Daar bestaan ’n groot behoefte om weg te breek van die huidige behuisingsomstandighede en die
agteruitgang van die natuur in informele nedersettings en plakkerskampe. Daar moet gestreef word
na behuisingsprojekte wat ’n meer leefbare omgewing skep en menslike ontwikkeling bevorder.
Deur ’n geïntegreerde benadering toe te pas, kan behuising as ’n belangrike ontwikkelingsagent
optree. ’n Verbetering in gemeenskappe se natuurlike omgewing en sosiale omstandighede sal die
lewenskwaliteit van die agtergeblewe gemeenskappe bevorder (Terblanche, 2002).
Daar moet verseker word dat al die bogenoemde eienskappe van volhoubare konstruksie in die drie
behuisingsalternatiewe geïnkorporeer word. Die alternatiewe wat ondersoek gaan word in die
projek gaan beter vaar in sekere kriteria as ander en andersom. Al die faktore sal opgeweeg en
vergelyk moet word om te bepaal wat die mees volhoubare opsie sal wees.
2.6.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
Werkloosheid, net soos behuising, is een van Suid-Afrika se grootste struikelblokke. ’n Groot
uitdaging van ’n behuisingsprojek is nie net om wooneenhede te voorsien nie, maar ook om die
gemeenskap nuwe vaardighede aan te leer wat gebruik kan word om hulself finansieel op te hef.
Werkskeppingsaktiwiteite soos arbeidsintensiewe konstruksiemetodes en die oprigting van
vervaardigingsfabrieke of werkswinkels sal ook die plaaslike ekonomie bevorder (Terblanche, 2002).
Plaaslike ekonomiese ontwikkelsgeleenthede kan geskep word deur die inwoners by
instandhouding, skoonmaak en vullisverwydering te betrek (Tonkin, 2008).
Opvoeding en opleiding word as fundamenteel tot die plaaslike ontwikkeling beskou. Daar is ’n
behoefte om in die gemeenskap en plaaslike owerhede die vaardighede, vertroue en kapasiteit om
saam te werk te skep en ook om die verantwoordelikheid vir die implementering, bestuur en
onderhoud van die dienste en behuising te aanvaar.
2.7. Sintese
Hierdie hoofstuk gee ’n agtergrond oor hoe laekostebehuising met mediumdigtheid gedefinieer
word en wat die huidige behoefte aan voldoende behuising is, asook die kwessie van verstedeliking.
Mense beweeg nader aan stede en die tekort aan behuising raak daagliks ’n groter probleem.
Gebiede naby stede vir ontwikkeling is beperk en daarom is dit nie moontlik om
laedigtheidbehuising te bou nie. In Hoofstuk 7 word ’n konsep bespreek wat die kwessie van
laedigtheid behuising aanspreek en ’n effektiewe oplossing word gebied.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
22
In hierdie projek word daar gefokus op drie alternatiewe konstruksiemetodes of -stelsels vir
laekostebehuising met mediumdigtheid, naamlik:
Ligtestaalraambehuising (LSRB)
Voorafvervaardigdebetonbehuising
Tradisionele messelwerk/blokbehuising
Faktore, wat ’n invloed sal hê op die keuse van die tipe konstruksiemetode/stelsel, is geïdentifiseer.
Die faktore is bespreek en ’n algemene beskrywing van elke faktor is verskaf. Hierna word die drie
stelsels vergelyk en gekwantifiseer. Die volgende faktore is geïdentifiseer en bespreek:
konstruksiemetode;
kundigheid benodig;
beskikbaarheid van arbeid;
boumateriale en beskikbaarheid;
konstruksietyd;
produksiekapasiteit;
koste;
volhoubare konstruksie en ontwikkeling;
werkskepping; en
plaaslike ekonomiese ontwikkeling.
Die faktore sal spesifiek op elke alternatief/stelsel geëvalueer word. In hoofstuk 8 sal hierdie faktore
gekwantifiseer vir elke alternatief om te bepaal waar ’n alternatief goed vaar.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
23
3. GEMEENSKAPSAANVAARDING
Mense pas soms moeilik aan by nuwe idees en omgewings en mense van verskillende kulture se
sienings, smake en gewoontes verskil. Hierdie hoofstuk handel oor die gemeenskap se
betrokkenheid, die identifisering van moontlike kulturele kwessies en die aanvaarding van nuwe
alternatiewe.
3.1. Inleiding
Daar moet gepoog word om die gemeenskap so veel as moontlik by projekte betrokke te maak om
konflik in die vroeër stadiums van projekte te voorkom. Die gemeenskap moet ingelig wees oor die
tipe konstruksiemetode wat gebruik gaan word sodat aanvaarding nie ’n probleem is nie. Daar is
geen doel om behuising te voorsien aan gemeenskappe waarin hulle nie wil of sal bly nie. Die
verskillende kulture se gewoontes moet in ag geneem word, veral in mediumdigtheid areas om
konflik te voorkom. Die behoeftes van kinders, vroue, die ouer generasie en mense met spesiale
behoeftes moet in die ontwerp geïnkorporeer word (Tonkin, 2008).
Veiligheid, stilte, bekostigbaarheid en goeie ligging maak ’n geweldige bydra tot die deelnemers se
tevredenheid met hulle behuisingsomgewing. Die afwesigheid van gemeenskapsdeelname en
oneffektiewe kommunikasie lei tot die afbreek van vertroue, ‘n tekort aan ’n sin van gemeenskap,
inwonertevredenheid en eienaarskap van die behuisingsomgewing (Tonkin, 2008).
3.2. Maatskaplike en Menslike Ontwikkeling, Leierskap en
Inwonerdeelname
Daar is ’n korrelasie tussen maatskaplike, menslike vooruitgangs- en ontwikkelingsuitkomste. Die
ontwikkeling van maatskaplike en menslike vooruitgang moet die spilpunt wees waarom
behuisingsprojekte draai. Dit sluit die betrokkenheid van die gemeenskap by elke fase in, vanaf die
beplanning, ontwerp, konstruksie tot die onderhoud daarvan. Die bestuur van hulpbronne op die
basis van vertroue, gemeenskaplike norms en konstruktiewe kommunikasie, tesame met die
prioritisering van inligtingsverspreiding, vaardigheidsopleiding en onderrig, sal help om netwerke te
vorm wat gemeenskapsdeelname, bemagtiging en volhoubaarheid bevorder (Tonkin, 2008).
Die kwaliteit en mate van leierskap en inwoners se deelname het ’n diepgaande impak op die
volhoubaarheid van ’n gemeenskap of behuisingsprojek. Deel van die grondwetlike reg op
voldoende behuising is die reg van deelname in die besluitnemingstrategieë en projekte. Die
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
24
regering moet die skepping van aktiewe en kundige leierskap ondersteun sodat arm gemeenskappe
toegang tot hulle regte en hulpbronne kan verkry. Op so ‘n wyse kan gesamentlike, deurlopende
deelname in die stedelike ontwikkelingsbeleidvorming en praktyk gekry word (Tonkin, 2008).
Deelname vereis tyd en hulpbronne. Die voorsiening van voldoende finansiële en menslike
hulpbronne vir betekenisvolle en volgehoue gemeenskapsdeelname en kapasiteitontwikkeling moet
deel vorm van die regering se strategieë en gesubsidieerdebehuisingsmeganisme. Dit sluit mens-
intensiewe betrokkenheid met die gemeenskappe in die beplanning en inkrementele fases van
implementering (voor, gedurende en na die tyd) in. Maatskaplike en menslike ontwikkeling is die
basis van volhoubare gemeenskappe – sonder investering in mense sal investering in geboue en
grond nutteloos wees (Tonkin, 2008).
3.3. Sosio-kulturele Kwessies
Sosio-kulturele kwessies kry nie altyd die nodige aandag in die beplanningsfase nie, wat lei tot
behuisingsontwikkelings waar die gemeenskappe ongelukkig is (Louw, 2011). Dit is moeilik om
presies vas te stel wat elke kultuur se sosiale en kulturele behoeftes is en dit verskil ook van elke
kultuurgroep. Dit is moontlik die hoofrede hoekom hierdie faktor afgeskeep word of nie heeltemal
verstaan word nie. Elke gemeenskap is uniek en hulle verwagtings en behoeftes verskil en die
gemeenskappe sal verskillend in verskillende omgewings reageer.
Behuisingsprojekte behoort tot die geluk van die betrokke gemeenskap te lei. Daar is ’n dieper
betekenis in behuising as net ’n dak oor die kop. Geluk kan beskryf word as die dieper gevoel van
veiligheid, welvaart, geestelike tevredenheid en die gevoel van “om iewers in te pas en betekenis te
hê” (CDC: Health-Related Quality of Life, 2013).
Die omgewing waarin ’n gemeenskap woon en werk, dra baie by tot hulle geestelike en sielkundige
gemoedstoestand wat direk eweredig is aan geluk (CDC: Health-Related Quality of Life, 2013).
Daarom is dit belangrik om die betrokke gemeenskap se vereistes, kulturele voorkeure, klimaat,
terreinkeuse en ekonomiese welstand by die ontwerp van nuwe alternatiewe
laekostebehuisingstelsels in ag te neem (Louw, 2011). Die een kultuur se behoeftes en voorkeure
mag hemelsbreed van die ander verskil.
Soos voorheen genoem, hang die gevoel van behuising grootliks af van die waardes en kultuur van
die gemeenskappe, maar die voorkoms van ’n nedersetting speel ook ’n belangrike rol. Daar moet
seker gemaak word dat ’n behuisingsontwikkeling nie “vaal” voorkom nie, maar eerder oor spesiale
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
25
en unieke natuurlike eienskappe besit. Behuisingsprojekte sal alleenlik suksesvol en aanvaarbaar
wees indien daar gelet word op die volgende (Terblanche, 2002):
’n unieke gevoel;
toegang tot hulpbronne en ekonomiese geleenthede;
voorsiening vir sosiale fasiliteite;
hulp vir selfhelpprogramme;
geleenthede vir publieke deelname; en
verbetering van die kwaliteit van die omgewing deur publieke en groen ruimtes.
Die “Informal Grid”-konsep wat in Hoofstuk 7 bespreek word, blyk ’n oplossing vir van die
bogenoemde faktore te wees. Dit skep ’n unieke gevoel as gevolg van die ontwerp wat genoeg
ruimte skep vir die gemeenskap om te lewe en nogsteeds mediumdigtheid behuising voorsien. Dit
sal ook ’n gevoel van eenheid in die gemeenskap bevorder.
3.4. Sosio-ekonomiese Aanwysers
Die sosiale, ekonomiese en kulturele kenmerke is net so belangrik soos die bewaring van die
natuurlike kenmerke van die omgewing. Daarom is dit noodsaaklik om die begunstigde gemeenskap
in die beplanningsfase te identifiseer, asook hulle behoeftes te verstaan (Snowman & Urquhart,
1998).
Die sosio-ekonomiese aanwysers wat ‘n invloed het op laekostebehuisingsprojekte word
hier gelys en kortliks bespreek. (Bosch, 2003):
Die gebruik van bestaande strukture en dienste: Indien daar gebruik gemaak kan word van
bestaande strukture en dienste, sal dit ’n geweldige impak hê op die koste van die projekte
in terme van materiale en energie wat gebruik moet word en ten alle tye tot die minimum
beperk moet word.
Toegang tot gemeenskaps-, gesondheids- en opvoedkundige fasiliteite: Indien die fasiliteite
nie deel vorm van die ontwikkelingsproses nie, moet dit maklik toeganklik wees vir die
gemeenskap.
Nabyheid van winkels en werksgeleenthede: Die ideal is dat laekostebehuising naby
stedelike en kommersiële gebiede geleë is om die moeite en vervoerkoste te beperk.
Toegang tot openbare vervoer: Openbare vervoer moet vir die gemeenskap toeganklik en
bekostigbaar wees om na en van werk te reis.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
26
Identifisering van geskikte terreine naby munisipale en ander dienste: Die dienste sluit
vullisverwydingsdienste, stormwaterkanale, elektrisiteit en telekommunikasiedienste in, wat
ook ’n groot invloed het op die koste van ’n behuisingsprojek.
Nabyheid van besoedelingsbronne: Indien ’n ontwikkeling te naby aan sulke bronne
(fabrieke, vullisgate, lughawens, ens.) geleë is, sal dit nie baie ideaal wees vir residensiële
ontwikkelings nie.
Grondgebruik en landskapskenmerke: Die tipe aktiwiteite van die omliggende terreine
bepaal die geskiktheid van ’n terrein.
Integrasie met bestaande residensiële gebiede: Die gemeenskappe in die omliggende
gebiede moet met mekaar kan integreer en by mekaar aanpas.
Al bogenoemde faktore moet in die ontwerp en beplanningsfase in ag geneem word om die
behoeftes van elke gemeenskap aan te spreek en te verseker dat hulle tevrede is met die
eindproduk. Dit sal ook die ekonomiese en gemeenskapsontwikkeling bevorder.
3.5. Aanvaarding van Nuwe Alternatiewe
Sosio-kultureel aanvaarbare behuising verbeter die lewenskwaliteit van die gemeenskap, dit kan
selfwaarde en kulturele diversiteit kweek, en die ontwikkeling sal ’n gevoel van waardigheid
aanmoedig. Die huise moet ook vir toekomstige opgradering en uitbreiding ontwerp wees. Die
ontwikkeling sal vaardighede aanleer en kapasiteitsbou bevorder, en dit behoort gelyke verspreiding
van sosiale koste en voordele van konstruksie nastreef (Terblanche, 2002).
Volgens Keuler (2013), wat in die behuisingspraktyk werk as ‘n stadsbeplanner by ‘n internasionale
raadgewende maatskappy, is dit duidelik dat een van die oorheersende redes waarom daar nie baie
van nuwe alternatiewe tegnologieë gebruik gemaak word nie, is die onwilligheid van die
begunstigdes om dit te aanvaar.
Daar word spesifiek in hierdie projek na drie alternatiewe en ’n aanpasbare ontwerp gekyk om
opsies aan gemeenskappe te bied.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
27
3.6. Sintese
Die klem van die hoofstuk is op die gemeenskap, hulle ontwikkeling asook hulle deelname aan die
projekte. Indien daar met ’n nuwe idee vorendag gekom word, is dit goed om die gemeenskap so
spoedig moontlik betrokke te maak. Hierdeur word die gemeenskappe ingelig en so kan hulle
vertroue gewen word.
Om die gemeenskappe se vertroue te wen, moet elke betrokke kultuur se waardes, gewoontes en
voorkeure in ag geneem en verstaan word. Verskillende kulture se leefstyl en bogenoemde
eienskappe verskil en moet in die ontwerp geïnkorporeer word (Louw, 2011).
Sosio-ekonomiese aanwysers moet in die beplanningsfase van laekostebehuising aandag geniet.
(Snowman & Urquhart, 1998). Die aanwysers wat in ag geneem moet word sluit die volgende in:
integrasie met bestaande residensiële gebiede;
grondgebruik en landskapskenmerke;
nabyheid van besoedelingsbronne;
identifisering van geskikte terreine naby munisipale en ander dienste;
nabyheid van winkels en werksgeleenthede;
die gebruik van bestaande strukture en dienste;
toegang tot gemeenskaps-, gesondheids- en opvoedkundige fasiliteite; en
toegang tot openbare vervoer.
(Bosch, 2003)
Die drie behuisingstelsels wat hier behandel word, maak voorsiening vir aanpasbaarheid en
buigsaamheid tot dit aan gemeenskappe se behoeftes voldoen. Dit laat ook ruimte toe vir nuwe
uitdagings, die bevordering van die gemeenskappe se vaardighede en persoonlike welstand.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
28
4. LIGTESTAALRAAMBEHUISING
Hierdie hoofstuk bevat die evaluering van die ligte staalraamstelsel as alternatief vir laekostehuising
met mediumdigtheid. Die besluitnemingsfaktore wat in Afdeling 2.6 geïdentifiseer en verduidelik is,
word nou spesifiek op die stelsel toegepas en geëvalueer. Die aanvaarbaarheid van die stelsel deur
die gemeenskap word ook hier onder die oog gebring. In Hoofstuk 8 word hierdie alternatief se
besluitnemingsfaktore relatief tot die faktore van die twee ander konstruksiestelsels gekwantifiseer.
4.1. Inleiding
Soos voorheen genoem is ligtestaalraambehuising ’n relatiewe nuwe en onbekende konsep in die
Suid-Afrikaanse boubedryf. Dit word egter al vir meer as 50 jaar in Australasië, die VSA en Europa
gebruik (SASFA, 2014). Die stelsel word gebruik om residensiële- en kantoorgeboue, skole en vele
ander tipe geboue te bou. Die stelsel kan basies vir enige tipe gebou aangewend word (Barnard D. ,
2011).
Die stelsel se vermoë om die ergste weerstoestande te weerstaan, is al oor en oor in die buiteland
bewys. Die feit dat hierdie stelsel hoogs effektief in orkaan-en aardbewinggebiede is, is dalk nie
relevant vir die plaaslike boubedryf nie, maar wel gerusstellend vir enige persoon wat bedenkinge
oor die sterkte en duursaamheid daarvan het (Woods, 2008).
Die stelsel bestaan uit strukturele mure en dakkappe wat van koudgevormde staalelemente gemaak
is. Die elemente word aanmekaargesit, gewoonlik in ‘n fabriek, deur gebruik te maak van klinknaels
of skroewe om strukturele mure of dakpanele te vorm. Hierdie panele word na die terrein vervoer
waar dit opgerig word op fondasies of vlotfandamente (Barnard D. , 2011).
Bekleding word gebruik om die mure intern en ekstern te bedek. Elektriese kabels en loodgieterpype
word in die holtes van die mure saam met die isolasiemateriaal geplaas. Daar is verskeie opsies vir
die bekleding en isolasie. Verskeie metodes of materiale kan vir die dakbedekking gebruik word
(Barnard D. , 2011).
4.2. Voordele van die Stelsel
Die ligtestaalraambehuisingstelsel bevat baie voordele wat die stelsel ’n voorsprong gee op
konvensionele konstruksiemetodes. Hier volg ’n lys van voordele waaroor die stelsel beskik (SASFA,
2014):
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
29
vinnige struktuurkonstruksie;
goeie isolasie-eienskappe;
fabrieksvervaardiging en presisie;
duursame materiale;
goedgekeur deur alle banke, munisipaliteite, die SABS en die regering;
min rommel en bou-afval op terrein;
kleiner koolstofvoetspoor (“carbon footprint”) by konstruksie;
ligter struktuur wat lei tot kleiner fondasies;
die materiale word plat verpak in die fabriek vir maklike vervoer;
die staal wat gebruik word vir die raam is herwinbaar;
die stelsel is maklik om te verander, by aan te bou en af te breek.
Die vinnige konstruksie van hierdie stelsel kan ’n persoon onder ’n wanindruk plaas as gevolg van die
verskaffers/verkoopspersone wat baie klem daarop lê en beweer dat dit een van die hoofvoordele
van hierdie stelsel is. Die konstruksietyd van hierdie stelsel is nie soveel vinniger as konvensionele
konstruksiemetodes nie. Dit is wel vinniger om die bo-struktuur (mure en dak) op te rig, maar daar
kan slegs ’n paar dae verskil in konstruksietyd wees in vergelyking met konvensionele metodes.
Indien die totale projekduurte beskou word, maak die paar dae wat ’n kontrakteur op die bo-
struktuur spaar nie ’n merkwaardige verskil nie. Die voorbereiding en afwerkings vir die stelsel is
min of meer dieselfde as vir die ander stelsels, indien nie langer nie, as gevolg van herstelwerk van
swak vakmanskap omdat dit nog ’n relatiewe onbekende en nuwe stelsel vir die kontrakteurs is
(Prinsloo, 2014).
Die ligter struktuur of panele veroorsaak dat kleiner fondasies of vlotfondasies gebruik kan word,
wat n koste- en tydbesparing tot gevolg het. Die ligte panele kan deur drie arbeiders gedra word en
daarom word geen swaar toerusting vir hierdie tipe konstruksie benodig nie. Al die materiale wat vir
hierdie stelsel gebruik word, is maklik hanteerbaar (Prinsloo, 2014).
4.3. Nadele van die Stelsel
In vergelyking met die VSA, Europa en Australasië, het Suid-Afrika min geskiedenis ten opsigte van
liggewig huiskonstruksie. Groot investering in opleiding in die industrie sal benodig word om die
nuwe tegnologie te implementeer (Barnard D. , 2011). Nadele wat die stelsel inhou:
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
30
die stelsel word as ’n bedreiging beskou vir die huidige boubedryf;
professionele onwilligheid;
bouers is nog onbekend met die stelsel;
projek finansiering;
gemeenskapsaanvaarding; en
administratiewe kwessies.
Gevestigde kontrakteurs en verskaffers vir die tradisionele behuisingsektor mag die nuwe tegnologie
as ’n bedreiging vir hulle besigheid beskou en daarteen skop (Barnard D. , 2011).
Omdat die stelsel ’n relatiewe nuwe konsep is, is baie ingenieurs, argitekte, ontwerpers en
ontwikkelaars nie bereid om die stelsel te oorweeg nie. Alhoewel die stelsels tans deur Suid-
Afrikaanse finansiële instellings aanvaar word, is hulle huiwerig om nuwe en onbekende stelsels te
finansier. Dit kan lei tot vertragings of beëindigings van projekte as alternatiewe befondsing nie
gevind word nie. Gemeenskappe vind dit ook gewoonlik moeilik om nuwe stelsels te aanvaar
(Prinsloo, 2014).
Bou-inspekteurs en plaaslike owerhede is nog onbekend met hierdie stelsel en dit kan lei tot
administratiewe vertragings om planne en dokumentasie goed te keur as gevolg van hulle
onkundigheid in die veld. Wanneer dit kom by inspeksies op terrein, het hulle nie noodwendig die
nodige kennis om te weet waarvoor om te kyk nie (De Clercq, 2014). Dit kan veroorsaak dat die
kwaliteit van die strukture afgeskeep word.
Die stelsel word beskou as ’n goeie idee, maar daar moet nog aandag gegee word aan die fyner
detail van die ontwerp. Die stelsels word nog nie 100% gesien as “projek-gereed” nie en daar is nog
nie voldoende kapasiteit beskikbaar vir die lewering van grootskaalse projekte nie. Omdat die stelsel
nog nie so goed gesteun word deur rolspelers in die bedryf nie, is daar nog nie baie fabrieke om
massamateriaal te produseer nie en dit veroorsaak dat hierdie stelsel tans duurder is as wat dit
veronderstel is om te wees (Prinsloo, 2014).
4.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore
4.4.1. Konstruksiemetode
Ligtestaalraambehuising is ’n ligte konstruksiemetode wat gewig betref en benodig nie swaar en
groot toerusting nie, selfs nie vir multiverdiepinggeboue nie. ’n Vurkhyser word benodig om die
materiaal van die vragmotors te laai, maar geen swaar toerusting is nodig vir die fisiese konstruksie
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
31
nie. Handearbeid word gebruik om die panele en elemente te hanteer en aanmekaar te sit (Prinsloo,
2014).
Die konstruksiemetode kan in sewe kategorieë geklassifiseer word, naamlik: fondasies, bodemspore
(dit is die element wat die panele aan die fondasie vashou, verwys na onderstaande figuur),
muurpanele, dak, eksterne afwerking, interne afwerking, elektriese en loodgieterswerk.
Vlotfondasies word normaalweg vir hierdie stelsel gebruik. Dit is kritiek dat die fondasie presies
volgens sy ontwerpgrootte gebou word. Dit moet ook waterpas gegooi word omdat ’n klein afwyking
in die begin kan veroorsaak dat die panele as gevolg van die stelsel se lae toleransie nie belyn nie.
Indien daar versakking op die vlotfondasie is, kan die struktuur, sonder enige strukturele defekte,
saam beweeg (Modular Building Solutions, 2014).
Figuur 4: Vlotfondasie met Bodemspoor en Muurpanele (Modular Building Solutions, 2014)
Die bodemspoor word op die rante van die vlotfondasie, bo-op ’n waterdigte strook geplaas om te
verseker dat water nie die gebou penetreer nie. Die bodemspoor word met ankerboute in die
betonvloer vasgemaak, sien Figuur 4 (Modular Building Solutions, 2014).
Die muurpanele kan maklik en vinnig deur middel van handearbeid opgerig word. Dit is hoekom
hierdie stelsel baie voordelig is in terme van konstruksietyd. Die mure vir ’n 40m2-huis kan in minder
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
32
as ’n dag opgerig word. Die isolasiemateriaal word binne die holte van die mure geplaas nadat die
dienstehulse geïnstalleer is (Modular Building Solutions, 2014).
Die dakkappe word bo-op die muurpanele geposisioneer en vasgemaak. Die dakkappe bestaan ook
uit ligte staalelemente wat dit hanteerbaar maak. Enige tipe afwerking soos dakteëls of plate kan
gebruik word vir dakdekking (Modular Building Solutions, 2014).
Vir die interne en eksterne afwerking is daar verskeie opsies. Die keuse vir die afwerking is die kliënt
se besluit. Die afwerking het ’n tydsimplikasie en moet in ag geneem word. Indien dit gepleister
word, soos konvensionele metodes, gaan daar nie veel van ’n tydbesparing wees nie.
Muurbedekkings is beskikbaar wat eenvoudig net geverf kan word sonder enige ander behandeling
(Prinsloo, 2014).
Elektriese en loodgieterhulse word vooraf in die muurholtes geïnstalleer, voordat die
isolasiemateriaal in die muur geplaas word. Die bedrading word deur die hulse tot by die muur- en
ligproppe getrek (Modular Building Solutions, 2014).
Goeie beplanning en ontwerp moet in die beginfase gedoen word sodat die materiale gebruik kan
word sonder enige veranderings aangesien dit in standaardgroottes voorkom. Die metode is baie
akkuraat en presies, so indien dit nie akkuraat gebou word nie, veroorsaak dit moeite en dit is
tydsaam om aanpassings te maak (De Clercq, 2014).
Multiverdiepingbehuising is relatief eenvoudig en vinnig in vergelyking met konvensionele metodes.
Dit is nie nodig vir bekisting en ’n wagtydperk vir uitdroging van ’n betonblad nie. Die stelsel maak
gebruik van staalelemente wat bo-op die muurpaneel vasgemaak word en die volgende verdieping
se panele kan net weer daarop met ’n bodemspoor vasgemaak word, kyk Figuur 5 (Modular Building
Solutions, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
33
Figuur 5: Multiverdiepinghuis (Modular Building Solutions, 2014)
4.4.2. Kundigheid Benodig
Daar is tans net ’n paar spesialis ingenieurs wat vertroud is met hierdie stelsel in Suid-Afrika.
Ontwerpers en kontrakteurs is nog nie so vertroud met hierdie nuwe stelsel nie en selfs die bou-
inspekteurs is nog besig om aan te pas. Al die prosesse word baie vertraag as gevolg van die
ontwerpe en spesifikasies wat nagegaan moet word voor goedkeuring. Daar moet wel nog aandag
gegee word aan die ontwerp aangesien dit nog nie tot op die fynste detail ontwerp is nie. Met ander
woorde, daar is gedurig ontwerp verandering tydens konstruksie (Prinsloo, 2014).
Wat die kundigheid betref wat benodig word om hierdie stelsel op te rig, word daar definitief
opleiding benodig. Die rede hiervoor is dat dit nog ’n onbekende stelsel is en min persone het al
daarmee gewerk. Dit is ’n baie presiese stelsel soos voorheen genoem, so dit moet van die begin af
reg gebou word om verdere probleme te voorkom. In die geval van messelwerk, is daar baie
arbeiders beskikbaar en foute kan maklik en relatief goedkoop reggemaak word (De Clercq, 2014).
Die kwaliteitsbeheer vir hierdie stelsel moet dus streng toegepas word, aangesien die herstelwerk
nie so eenvoudig en goedkoop is soos vir konvensionele behuising nie (Prinsloo, 2014).
Volgens Prinsloo (2014), is daar ’n kontrakteur, wat tans op so ’n laekostebehuisingsprojek werk, in
Delft op die Kaapse Vlakte. Die konstruksiespanne werk in ’n groep van ses arbeiders per
wooneenheid. ’n Span bestaan uit vier ongeskoolde arbeiders en twee geskoolde arbeiders.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
34
4.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid
Opgeleide arbeiders word vir hierdie stelsel benodig, soos hierbo genoem, maar daar is steeds
ongeskoolde arbeiders by die konstruksieproses betrokke en hulle is gewoonlik vrylik beskikbaar,
veral in die gebiede waar dié tipe behuising gebou sal word. Die kundigheid wat benodig word, is nie
so gespesialiseerd vir die oprigting nie. Ongeskoolde arbeiders kan opgelei word om die werk te
doen. Daar is egter ’n tyds- en koste-implikasie vir die opleiding van die arbeiders. Die vakmanskap
van opgeleide arbeiders sal dus goed gemonitor moet word omdat hulle nog nie ondevinding het
met die oprigting van hierdie stelsel nie. (Prinsloo, 2014).
Dit is nie altyd eenvoudig om eksterne kontrakteurs aan te stel om ’n projek te versnel nie, omdat
opleiding nodig is indien hulle nie vertroud met die stelsel is nie. Onervare kontrakteurs en
subkontrakteurs vind dit moeilik om ‘n kosteberekening vir so ’n projek te maak en dit verhoog hulle
risiko’s wat ’n projek minder aanloklik maak. Hierdie faktore lei daartoe dat ervare kontrakteurs nie
vrylik beskikbaar is nie (Prinsloo, 2014).
4.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid
Die materiale vir ligtestaalraambehuising kan in vier primêre groepe gegroepeer word, naamlik die
fondasiemateriale, die staalraam, isolasie en bedekking vir die muur en die dakstelsel. Vir die doel
van ‘n kostevergelyking in hierdie projek, gaan materiale vir die fondasies nie in berekening gebring
word nie as gevolg van onbekende geotegniese eienskappe. Aangesien die dakbedekking, deure,
vensters, verf, kaste en afwerkings min of meer dieselfde gaan wees vir al drie stelsels, gaan dit ook
nie bespreek en geanaliseer word nie. Materiale vir die fondasies en afwerkings is redelik vrylik
beskikbaar so daar sal nie ‘n tyds- en koste-implikasie wees nie. Indien wel, sal dit dieselfde vir al die
stelsels wees. Derhalwe word daar gefokus op die materiale en beskikbaarheid wat benodig word vir
die bo-struktuur.
Die materiale wat vir die panele benodig word, word in fabrieke vervaardig en word op terrein
aanmekaar gesit. Figuur 6 toon tipies hoe die staalelemente vervaardig word wat
aanmekaargeskroef word om die muur en dakpanele te vorm. Fabrieke is tans besig om in Suid-
Afrika te vestig (De Clercq, 2014). Materiale word plaaslik vervaardig en kom tans hoofsaaklik van
Johannesburg af. In sekere gevalle word dit vir hoërkategoriebehuisingsprojekte ingevoer, maar sal
nie koste-effektief wees vir massalaekostebehuisingsprojekte nie. Massaproduksie van hierdie
materiale is nog nie in die Suid-Afrikaanse boubedryf beskikbaar nie (Prinsloo, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
35
Figuur 6: Vervaardiging van elemente (Scottsdale, 2011)
Die staalraam vir die mure en dak word van ligte staal vervaardig wat voldoen aan SANS 517. Die
staaldele bestaan uit koudgevormde gegalvaniseerde hoësterktestaal (SASFA, 2014). Kyk Figuur 7 vir
’n tipiese voorstelling van saamgestelde staalelemente vir die muur en dakpanele wat die huis se
raamstruktuur vorm.
Figuur 7: Ligte Staalraam (Chen, 2014)
Indien daar goed beplan word in die ontwerpstadium van die projek, sodat standaardgefabriseerde
panele gebruik kan word, sal daar baie min vermorsing of bourommel op terrein wees (De Clercq,
2014). Sodra daar aan standaardpanele gesny moet word om dit pasmaak te verander, is daar ’n
vermorsing van materiale en produksiekapasiteit. Die standaardpanele kom in hoogtes van 2,4m en
2,7m en wydtes van 1,2m (Modular Building Solutions, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
36
Daar is verskeie isolasie- en bekledingsmateriale in die mark beskikbaar, wat verskillende eienskappe
in terme van brandgradering, klankdigtheid en natuurlike temperatuur-isolasie bied. Figuur 8 is ’n
tipiese voorbeeld van die saemstelling van n muurpaneel (Advanced Building, 2014).
Figuur 8: Tipiese voorbeeld van muurpaneel (Advanced Building, 2014)
Die verwysings op die figuur toon wat algemeen as materiaal gebruik word. Die materiale is soos
volg (Advanced Building, 2014):
A. Veselsement panele/planke: Die eksterne oppervlak word van duursame veselsement,
bouplanke of panele vervaardig om die struktuur teen omgewingselemente te beskerm.
B. Membrane: Dit is vogbestande membrane wat die huis toelaat om ’asem te haal’ terwyl dit
verhoed dat vog in die muurpanele opbou.
C. Georiënteerde laaghout: Dit word van waterdigte kleefmiddels en stukke hout vervaardig
wat in lae gerangskik is. Die hout dien as ’n versterking vir die struktuur en as ’n termiese
versperring tussen die interne en eksterne temperature.
D. Glaswol-isolasie: Die wol voorsien uitstekende isolasie teen hitte, koue en geraas.
E. Gegalvaniseerde staalraam: Die staal word van koudgevormde staal vervaardig en voorsien
’n sterk liggewig raamstruktuur.
F. Interne bekleding: Dit is gewoonlik gipsbord wat ’n netjiese afwerking gee aan die interne
mure en plafonne. Dit kan gepleister word om dieselfde afwerking te kry as konvensionele
gepleisterde messelwerkmure.
Die dakkappe vir hierdie stelsel word van dieselfde staalelemente as die muurpanele gevorm. Enige
tipe dakbedekking, soos plate of dakteëls, kan vir die dakafwerking gebruik word (Prinsloo, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
37
4.4.5. Konstruksietyd
Die konstruksietyd vir ligtestaalraambehuising is korter as die konvensionele metodes indien die
beplanning en konstruksie reg gedoen word. Die installering van elektrisiteitkabels en
waterverspreiding is eenvoudig en word gedoen voor die dekkingspanele of borde opgesit word. In
konvensionele metodes word die muur eers klaar gebou en daarna oopgekap om die loodgieter en
elektriese werke te installeer, wat tydrowend is en die mure in ’n mate beskadig. Konstruksietyd sal
slegs vinniger wees indien die ambagsmanne met die tipe behuising vertroud is (De Clercq, 2014).
As die konstruksietyd van die struktuur beskou word (fondasies tot afwerkings), is daar nie ‘n groot
verskil in die totale konstruksietyd nie. Die fondasies en afwerkings duur ongeveer dieselfde tydperk
vir al die stelsels en is gewoonlik die items wat tydrowend is. Waar hierdie stelsel ’n
konstruksietydvoordeel het, is by die oprig van die bo-struktuur. Dit sluit hoofsaaklik die
muurkonstruksie in. Neem aan dat die konstruksietyd vir die hele struktuur (uitsluitend die bo-
struktuur) neem 30 dae vir beide konvensionele- en ligte staalraam metode. Indien die
konstruksietyd van ‘n konvensionele bo-struktuur van ‘n huis drie dae duur en die van ‘n ligte
staalraam huis een dag duur, sal die totale konstruksietyd van ‘n volledige konvensionele huis 33 dae
wees en ‘n volledige ligte staalraam huis sal 31 dae neem. Die stelsel sal wel voordelig wees as daar
massabehuising of groot strukture opgerig word (Prinsloo, 2014).
Die konstruksie vir ’n 40m2-huis se mure en dakraamwerk is ongeveer ’n dag en ’n half indien ’n
konstruksiespan van ses arbeiders gebruik word. Die arbeiders sluit vier ongeskoolde en twee
geskoolde arbeiders in. Die dakraamwerkkonstruksie sal ’n halwe dag neem om op te rig (Prinsloo,
2014).
4.4.6. Produksiekapasiteit
Fabrieke se kapasiteit vir die vervaardiging van hierdie stelsel is nog in die ontwikkelingstadium en
kan nie groot hoeveelhede lewer nie. Dit is duur om ’n fabriek vir die vervaardiging van die materiale
op te rig en min sakemanne is bereid om so ’n risiko in die vroeër stadium van ’n relatief nuwe
stelsel te neem. Materiale is ook net in sekere streke beskikbaar, wat beteken dat daar ’n
wagtydperk en vervoerkoste betrokke is (Prinsloo, 2014).
Indien die aanvraag na hierdie stelsel verhoog, sal meer fabrieke opgerig word, wat beteken dat daar
massavolumes materiale vervaardig kan word en so ook die koste van die materiaal verlaag. Tans is
dit nie die geval in die Suid-Afrikaanse boubedryf nie (Prinsloo, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
38
Nog ’n faktor wat die produksiekapasiteit beïnvloed, is dat die detail ontwerpe van die elemente nog
nie verfyn is nie. Daar is deurlopend klein veranderings en verbeterings wat die proses belemmer
(Prinsloo, 2014). Sodra die ontwerp “projek-gereed” is en die materiale in groot massa gelewer word
in al die streke, sal die produksiekapasiteit baie goed wees en koste sal noemenswaardig laer wees.
4.4.7. Koste
Die konstruksiekoste van die 9m x 4,5m (40m2) ligte staalraamhuis sal in hierdie afdeling bepaal
word om ’n kostevergelyking met die ander twee alternatiewe te doen. Die koste sal uit die oprig
van die bo-struktuur, wat die mure en dakraamwerk insluit, bestaan. Die mure sluit al die
verskillende interne lae in, asook die finale muurbedekking. Die konstruksietydfaktor het ook ’n
invloed op die koste en sal in ag geneem word. Faktore om met die konstruksie van die mure en dak
in gedagte gehou moet word, is: toerusting benodig, arbeid benodig en natuurlik die materiale wat
gebruik word. Figuur 9 toon ’n konsepvoorstelling van die finale produk.
Figuur 9: Ligtestaalraamhuis met Bekleding en Dakkappe (Outeur, 2014)
In Afdeling 4.4.2 is reeds genoem dat daar in spanne van ses arbeiders gewerk word om ’n 40m2-
struktuur op te rig; dit sluit vier ongeskoolde arbeiders en twee geskoolde arbeiders in. Die span
neem ongeveer ’n dag en ’n half om die bo-struktuur op te rig, wat die mure en dakraamwerk insluit.
Groot toerusting wat benodig word, is ’n vurkhyser om die panele vanaf die afleweringsvragmotor
tot by die bestaande fondasie te neem. Panele en dakkappe word per hand rondgedra tot hulle in
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
39
finale posisie geplaas word. Verder word kraggereedskap, lere, ens. benodig om die panele en
bedekking vas te skroef.
Tabel 1 toon die opsomming van die tariewe en hoeveelhede van die materiale wat benodig word vir
die oprigting van die 40m2-bo-struktuur. Let op na die tipe eenheid waarin die materiale gemeet is
om die kostes te bepaal in die tweede kolom. Al die onderstaande tariewe is markverwant en is
afkomstig van verskeie tenderdokumente in die tydperk 2012 tot 2014 (Prinsloo, 2014; Amandla,
2014, Exceo, 2014).
Tabel 1: Materiaalkoste vir ’n 40m2 -ligte staalraamhuis
Beskrywing Koste &
Eenheid
Hoeveelheid
per 40m2-huis
Totaal vir
40m2-huis
Muurmateriale
Volledige muurpanele insluitend verbindingsitems R 737,17/m 43,.66 R 32 182,38
Hoekbedekking R 1 216,97/no 0,33 R 405,66
Veselsementborde R 34,01/m 22,49 R 765,00
Messelwerk R 184,43/m2 1,08 R 199,18
Waterdigting R 13,61/m 128 R 1 742,08
Gipsborde R 35,40/m2 39,07 R 1 383,20
Isolasie R 29,98/m2 27,99 R 838,99
Dakmateriaal
Muurplate R 9,83/m 9,62 R 94,60
Volledige staaldakkape R 38,16/m2 43,26 R 1 651,06
Totaal: R 39 262,15
Tabel 2 som die totale arbeidskoste wat vir die konstruksie van die mure en dakraamwerk vir ’n
40m2–huis benodig word (Prinsloo, 2014).
Tabel 2: Arbeidskoste vir ’n 40m2-ligtestaalraamhuis
Arbeid
Beskrywing Koste/ Eenheid Hoeveelheid Totaal
Installasie van muurpanele R 65,49/m 43,66 R 2 859,08
Installasie van muurbekledingsisolasie R 190/no 1,0 R 190,00
Midfascia-bekleding R 130/no 1,0 R 130,00
Installasie van volledige dakraamwerk R 37,98/m2 43,26 R 1 643,05
Totaal: R 4 822,13
Daar word nie baie groot en duur toerusting vir hierdie konstruksiemetode benodig nie. Daar word
hoofsaaklik gebruik gemaak van handearbeid en handgereedskap. Daar word 7,7% (gemiddeld %
tarief verkry van drie kontrakteurs) van die totale materiaal en arbeidkoste toegelaat vir die koste
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
40
van die toerusting- en bokoste of administrasiekoste wat benodig word (Prinsloo, 2014; JVZ
Construction, 2014; Vakala Construction, 2014). Tabel 3 is ’n beraming van die toerustingskoste. `
Tabel 3: Toerustingskoste vir ’n 40m2-ligtestaalraamhuis
Toerusting
Beskrywing Koste Totale koste van Arbeid en Materiale Totaal
% van Totale koste 7,7% R 44 084,28 R 3 394,49
Die totale koste om die bo-struktuur (mure en dak) op te rig beloop R 3 394.49. Omdat die muur- en
dakkonstruksie apart opgesom word in Tabel 4, moet dit verdeel word tussen die twee items. Die
verhouding word bepaal deur die hoeveelheid dae wat elke item duur. Die toerusting vir die
dakraamwerkkonstruksie sal dan ’n faktor van
van die totale toerustingskoste wees. Tabel 4 is ’n
opsomming van die koste om die 40m2-bo-struktuur op te rig.
Tabel 4: Ligtestaalraamkonstruksiekoste vir ’n 40m2-huis
Item Dae Toerusting koste Arbeidskoste Materiaal-koste Totale koste
Muurkonstruksie 1 R 2 262,99 R 3 179,08 R 37 516,49 R 42 958,56
Dakkonstruksie 0,5 R 1 131,50 R 1 643,05 R 1 745,66 R 4 520,21
Totaal 1,5 R 3 394,49 R 4 822,13 R 39 262,15 R 47 478,77
Uit die bostaande tabel kan afgelei word dat dit 1,5 dae sal neem om die struktuur op te rig, teen ’n
koste van R 47 478.77. Die syfers sal gebruik word om ‘n vergelyking tussen die alternatiewe
konstruksiestelsels te tref.
4.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling
Die isolasie van hierdie tipe gebou is baie effektief in vergelyking met konvensionele boumetodes
(De Clercq, 2014). Volgens die Nasionale Bouregulasies Doeltreffendheidwet 10400 XA, wat in
November 2011 geïmplementeer is, is die minimum R-waarde vir die konstruksie van mure 0,35. Die
R-waarde is ’n produk/materiaal se vermoë om die geleiding van hitte te weerstaan. ’n Standaard
dubbel messelwerkmuur het ’n R-waarde van 0,26, terwyl die waarde van die eksterne mure van
hierdie stelsel tussen 1,1 – 5,3 wissel (Silverline, 2013).
In ’n onlangse studie deur die WNNR, is bevind dat ligte staalraamgeboue minder as die helfte van
die energie as ’n messelwerkgebou benodig om tot ’n gemaklike interne temperatuur te verhit of te
verkoel (Barnard J. , 2011).
Die massa van die mure is ongeveer tien maal minder as ’n gewone messelwerkmuur (Verduyn,
2014). Die materiaalmassa, kompakte verpakking om te vervoer, min afval in die
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
41
vervaardigingsproses en min bourommel op terrein het ’n groot voordeel in terme van die
koolstofvoetspoor. (De Clercq, 2014).
Ligtestaalraambehuising bied ontwerpers en gebou-eienaars die geleentheid om energievermorsing
gedurende die bouproses asook die gebou se leeftyd te verminder. Die staalbedryf het onlangs ’n
groot poging aangewend om hulle produksieprosesse te verbeter om die energie verbruik en
besoedeling te minimaliseer. Verder word ’n groot persentasie van skroot wat gegenereer word
hergebruik om nuwe staal te produseer. Dit het groot energiebesparings en vermindering in
besoedeling tot gevolg (Verduyn, 2014).
Die gebruik van materiale vir hierdie stelsel word ge-optimaliseer in die ontwerpe wat weer lei tot
besparings in die vervaardigingsproses. Al bogenoemde faktore maak ligtestaalraambehuising
energie-effektief en volhoubaar (Verduyn, 2014).
’n Studie is geloots om die koolstofvoetspoor van verskeie konstruksiemetodes te bepaal vir die
konstruksie- en operationele verhittingsfase vir ’n laekostehuis oor ’n tydperk van 40 jaar (Gray,
Oxtoby, & Braune, 2010). Daar is bevind dat ligtestaalraambehuising 9,3 ton CO2 lewer gedurende
die konstruksiefase en 46,5 ton CO2 gedurende die operationele verhittingsfase (Gray, Oxtoby, &
Braune, 2010). Hierdie waardes word in Hoofstuk 8 met die waardes van die ander twee
konstruksiemetodes vergelyk.
4.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
Minder ongeskoolde arbeid word benodig vir die konstruksiestelsel wat weer sy eie voor- en nadeel
inhou (De Clercq, 2014). Die nadeel is dat ongeskoolde arbeiders gewoonlik vrylik beskikbaar is, veral
in sommige plaaslike gebiede, maar daar word nie so baie gebruik nie. ’n Voordeel is dat
ongeskoolde arbeiders opgelei kan word om die spesialiswerk te doen en so hulle vaardighede
verbeter en selfs ’n kwalifikasie te verwerf (Prinsloo, 2014). Die stelsel skep werk op ’n hoër vlak met
beter betaling vir die arbeiders, wat goed is vir hulle vooruitgang (De Clercq, 2014).
Soos die ligtestaalraambedryf ontwikkel en die regering met grootskaalse projekte in Suid-Afrika
begin, sal fabrieke vir die vervaardiging van die materiale opgerig word, wat werksgeleenthede in die
plaaslike gemeenskappe sal skep (Prinsloo, 2014). Fabrieke skep ’n skoner en veiliger
werksomgewing as fisiese messelwerk konstruksie op terrein. Daar sal ook werksgeleenthede vir die
konstruksie van hierdie stelsel geskep word, wat dieselfde sal wees vir die ander alternatiewe, maar
dalk op ’n hoër vlak. Die mark is nog nie op daardie vlak nie, maar die potensiaal is daar (Prinsloo,
2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
42
4.5. Gemeenskapsaanvaarding
Tans word alternatiewe konstruksiemetodes hoofsaaklik vir gemeenskapsentrums, skole en ander
publieke geboue gebruik. Daar is al klein behuisingsprojekte geloods om die alternatief te toets en
die gemeenskap aan die nuwe stelsels gewoond te maak, maar daar is nog nie projekte op groot
skaal gedoen nie (Barnard D. , 2011).
Die belangrikste aspek in die ontwikkeling van laekostebehuising is om die gemeenskap se voorkeure
en opinies in ag te neem. Inwoners is nie bereid om nuwe konstruksiemetodes te aanvaar nie omdat
hulle graag in huise (konvensionele huise) wil woon waarin “vermoënde” mense bly. Daarom word
konvensionele messelwerkhuise steeds deur die meeste gemeenskappe verkies (Keuler, 2013; Lyons,
2009).
Dit is belangrik om die gemeenskappe by die beplanning van projekte betrokke te maak, want dit
bou vertroue tussen die ontwikkelaar en die gemeenskap. Deur die gemeenskap betrokke te maak,
kan hulle onderrig oor alternatiewe metodes ontvang en ingeligte besluite maak (Tonkin, 2008).
Volgens Prinsloo (2014), wat tans besig is met die konstruksie van ’n ligte staalraam
laekostebehuisingsprojek in Delft, Kaapstad, was daar groot oproer in die beginstadium van die
projek. Die gemeenskap was nie gewillig om in hierdie “nuwe” behuising te woon nie omdat dit nie
’n messelwerkstruktuur is nie. Met meer inligting oor die stelsel en met ’n voorstelling hoe die
eindproduk lyk, het die oproer kalmeer.
Ligtestaalraambehuisingsprojekte behoort op grootskaal aangewend te word vir laekostebehuising
met mediumdigtheid sodat die gemeenskappe gewoond kan raak aan die stelsel en dit aanvaar. In
hierdie stadium is dit nog ’n probleemarea (Prinsloo, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
43
4.6. Sintese
Ligtestaalraambehuising is ’n relatief nuwe en onbekende konsep in die Suid-Afrikaanse boubedryf.
Die konstruksiemetode kan basies vir enige tipe gebou of struktuur aangewend word. Die
hoofvoordele wat hierdie konstruksiemetode inhou, is die volgende:
vinnige struktuurkonstruksie;
goeie isolasie-eienskappe;
fabrieksvervaardiging en presisie;
duursame materiale;
goedgekeur deur alle banke, munisipaliteite, die SABS en die regering;
min materiaalrommelafval op terrein;
kleiner koolstofvoetspoor (“Carbon footprint”) by konstruksie;
ligter struktuur wat lei tot kleiner fondasies;
die materiale word plat verpak in die fabriek vir maklike vervoer;
die staal wat vir die raam gebruik word, is herwinbaar; en
die stelsel is maklik om te verander, aan te bou en af te breek.
Alternatiewe konstruksiemetodes word ondersoek om struikelblokke van tradisionele
behuisingsmetodes te oorkom. Die struikelblokke of nadele wat ligtestaalraambehuising inhou, word
hieronder gelys:
die stelsel word as ’n bedreiging beskou deur konkurrente van die stelsel;
professionele onwilligheid;
bouers is onbekend met die stelsel;
huiwering deur finansïele instellings vir projekfinansiering;
gemeenskapsaanvaarding; en
administratiewe kwessies.
Ligtestaalraambehuising is ’n liggewig konstruksiemetode en benodig nie swaar en groot toerusting
nie, selfs as daar gekyk word na multiverdieping geboue. Die konstruksiemetode kan in sewe
kategorieë geklassifiseer word, naamlik; fondasie, bodemspoor, muurpanele, dak, eksterne
afwerking, interne afwerking, elektriese- en loodgieterswerk. Ontwerpers en kontrakteurs is nog nie
so vertroud met hierdie relatief nuwe stelsel nie en selfs die bou-inspekteurs is nog besig om aan te
pas. Opleiding word benodig om hierdie konstruksiestelsel op te rig, aangesien dit ’n redelik nuwe en
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
44
presiese stelsel is. Daar is tans ook nie baie spesialiskontrakteurs in die mark nie, so dit veroorsaak
dat dit nog nie ’n kompeterende mark is nie.
Ligtestaalraambehuising is vinniger as die konvensionele konstruksiemetodes omdat daar nie gewag
hoef te word vir uitdroging, ens. nie. Die stelsel maak wel nie ’n groot verskil aan die konstruksietyd
van die hele projek nie, maar dit is vinnig om die bo-struktuur op te rig, terwyl die ander prosesse
min of meer dieselfde tydsduur het as vir konvensionele konstruksie. Die stelsel sal wel voordelig
wees as daar massabehuising of groot strukture opgerig word.
Die metode het die potensiaal om goeie produksiekapasiteit te lewer. Tans is daar nie baie
verskaffers beskikbaar nie, gevolglik is die lewering van materiale is nie so vinnig soos dit kan wees
nie. ’n Ander kwessie is dat die ontwerpe nog nie verfyn is nie. Daar is nog baie ontwerpveranderings
gedurende konstruksie, wat die produksiekapasiteit vertraag.
Die konstruksiekoste van hierdie metode is nie ʼn groot voordeel nie. Die rede hiervoor is dat dit nog
’n relatief nuwe konstruksiemetode is en dat daar nog nie ’n kompeterende mark beskikbaar is nie.
Kontrakteurs bereken die koste van hierdie konstruksiemetode hoog aangesien hulle ’n risiko dra
omdat hulle onbekend is met die stelsel. Materiale wat benodig word, word ook nog nie in
massaproduksie vervaardig nie, dus is die materiale duurder.
Die tipe materiale, hulle eienskappe en konstruksiemetode veroorsaak wel dat dit ’n volhoubare
stelsel is. Goeie isolasie, gebruik van herwinbare materiale en min vermorsing op terrein maak dit ’n
baie effektiewe stelsel.
Daar word minder ongeskoolde arbeiders benodig omdat dit ’n meer presiese konstruksiemetode is.
Arbeiders moet opgelei word en dit skep geleenthede vir opleiding en bevordering. Nuwe
vaardighede word aangeleer. Indien die konstruksiemetode meer in die boubedryf gebruik word, sal
fabrieke opgerig moet word vir die vervaardiging van materiale, wat werksgeleenthede tot gevolg
het.
Gemeenskappe is nog nie oorreed en bereid om nuwe konstruksiemetodes te aanvaar nie omdat
hulle graag in huise (konvensionele huise) wil woon waarin “vermoënde” mense bly.
Ligtestaalraambehuisingsprojekte moet op groot skaal aangewend word vir laekostebehuising met
mediumdigtheid sodat die gemeenskappe gewoond daaraan kan raak en dit aanvaar. In Hoofstuk 8
sal hierdie konstruksiemetode vergelyk en gekwantifiseer word, relatief tot die ander alternatiewe.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
45
5. VOORAFVERVAARDIGDE BETONBEHUISING
Hierdie hoofstuk bevat die evaluering van die voorafvervaardigde betonstelsel as alternatief vir
laekostebehuising met mediumdigtheid. Die besluitnemingsfaktore wat in Afdeling 2.6 geïdentifiseer
en verduidelik is, word nou spesifiek op die stelsel toegepas en geëvalueer. Die aanvaarbaarheid van
die stelsel deur die gemeenskap word ook hier aan die lig gebring. In Hoofstuk 8 word hierdie
alternatief se besluitnemingsfaktore relatief tot die faktore twee ander konstruksiestelsels
gekwantifiseer.
5.1. Inleiding
Voorafvervaardigde betonkonstruksies is al vir meer as 100 jaar wêreldwyd bekend. Die stelsel is
bekend vir die vermindering van arbeiders op die konstruksieterrein wat ’n direkte invloed op die
konstruksietyd en -koste het (Elliott, 2002).
Die konsep van voorafvervaardigde betonkonstruksie behels strukture waar die meerderheid van die
strukturele komponente gestandaardiseerd is en by aanlegte, weg van die terrein, vervaardig word
en na die terrein vervoer en daar opgerig word (DRM Investments, 2013).
In vorige studies is gevind dat die voorafvervaardigde mark in Suid-Afrika relatief klein is en dat daar
hoofsaaklik gefokus word op die vervaardiging van betonpype, randstene, ens. (Lombard, 2011).
Die konstruksie van hierdie stelsel kan in drie sleutelprosesse verdeel word. Dit bestaan uit die
vervaardiging, vervoer, en die oprigtings- of installasieprosesse (Brzev, 2012).
Die elemente word vervaardig deur die beton in herbruikbare bekisting te giet, gewoonlik in ’n
beheerde omgewing in ’n fabriek (Vutha, 2012). Die betonelemente is in baie vorms en groottes
beskikbaar en kan bewapen, ongewapen of gespan wees. Panele word hoofsaaklik in
geboukonstruksie gebruik en kan as ’n struktuur, bekleding, of albei dien. Die strukturele panele bied
’n koste-effektiewe oplossing om geboue toe te maak (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Strukturele panele kan enkel, dubbel of met ‘n hol kern wees. Die dubbelpanele is gewild omdat
hulle twee duursame vlakke verskaf wat met isolasiemateriaal gevul kan word. Die enkelpanele bied
een betonvlak en benodig addisionele isolasie en afwerking na oprigting. Die holkernpanele kan vir
mure gebruik word, maar is meer geskik vir vloere. Hulse kan in die holtes vir verwarming, ventilasie
en verkoeling geïnstalleer word (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
46
Die groot voordeel van die stelsel lê in massavervaardiging. Die vervaardigingsproses vergemaklik die
kwaliteitbeheer en ’n sterker betonmengsel word gewoonlik gebruik. Vormwerkkoste kan aansienlik
verminder word, aangesien die bekisting herhaaldelik gebruik word en dit strategies in die fabriek of
op terrein geplaas kan word (Merritt & Ricketts, 2001). Elemente soos deur- en vensterrame,
elektrisiteits- en waternetwerke kan ook in die panele gegiet word (Vutha, 2012).
Nadat die elemente of panele sy ontwerpsterkte bereik het, word dit met hyskrane op
platbakvragmotors gelaai en na die terrein vervoer waar die oprigting plaasvind. Die gietproses is nie
beperk tot ’n spesifieke grootte panele nie, maar aangesien die panele vervoer moet word en op die
terrein opgerig moet word, is daar ’n praktiese beperking op die groottes. Solank vragmotors die
panele kan akkommodeer en die toerusting dit kan oprig, is daar nie beperkings op die groottes nie
(PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Die oprigtingsproses behels die plasing van die elemente of panele in hulle regte posisie en die
aanmekaarhegting van die elemente (Vutha, 2012).
5.2. Voordele van Stelsel
Daar is verskillende metodes waarvolgens voorafvervaardigde betonstrukture opgerig kan word.
Elke metode het sy eie voor- en nadele en die keuse word beïnvloed deur terreintoegang,
beskikbaarheid van plaaslike vervaardigingsfasiliteite, afwerkingsvereistes en ook die
ontwerpbehoeftes. Voordele wat die stelsel inhou sluit die volgende in (Glass, 2000; Reardon, 2013)
spoed van konstruksie;
betroubare verskaffing – panele word vervaardig in doelmatige fabrieke en is nie afhanklik
nie;
hoëvlakprestasie in termiese gemak, duursaamheid, akoestiese verdeling en weerstand teen
brand en vloed;
buigsaamheid in vorm en beskikbaarheid van verskeie afwerkings;
die vermoë om dienste in voorafvervaardigde elemente te inkorporeer;
hoë strukturele doeltreffendheid en lae vermorsingskoerse op terrein;
minimale afval, omdat die meerderheid van die afval in die fabrieke herwin word;
veiliger terreine a.g.v. minder arbeiders en beweging;
die vermoë om afvalmateriaal soos vlieg-as te inkorporeer;
besit hoë termiese massa wat lei tot energiekostebesparings; en
eenvoudig ontwerp vir afbreek, hergebruik en herwinning.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
47
5.3. Nadele van Stelsel
Soos enige konstruksiemetode het voorafvervaardigde betonkonstruksies ook nadele, soos
hieronder gelys (Reardon, 2013):
paneelvariasie (spesifiek openings, stut-insetsels en opheffinginsetsels) benodig komplekse
en gespesialiseerde ingenieursontwerpe;
laasgenoemde is dikwels duurder as ander alternatiewe en kan gewoonlik geregverdig of
verminder word deur minder konstruksietyd, geboue kan vroeër betrek word en deur
vereenvoudigde afwerkings en dienste-installasies;
geboudienste (krag, water en gasuitlate, leipype, ens.) moet akkuraat in die panele gegiet
word aangesien dit moeilik is om die dienste later te installeer of te verander; dit verg
gedetailleerde beplanning en uitlegte in die ontwerpstadium wanneer die elektriese en
loodgieteringenieurs nog nie betrokke is nie;
die oprigtingsproses benodig gespesialiseerde toerusting en ambagte;
terreintoegang en beweegruimte is baie belangrik vir groot panele en hyskrane. Daar moet
geen hindernisse soos oorhoofse kabels of bome wees nie;
die paneelverbinding en uitleg vir laterale stutting benodig gedetailleerde ontwerpe;
tydelike stutte benodig vloer- en muur-insetsels wat later herstel moet word;
gedetailleerde akkurate ontwerpe en voor-gietplasing van geboudienste, dakverbindings en
insetsels is noodsaaklik, m.a.w. die toleransies is laag; en
dienste wat ingegiet is, is ontoeganklik en moeilik om op te gradeer.
’n Verdere moontlike struikelblok van hierdie metode is die afstand wat die vervaardigingsaanleg
moontlik van die terrein kan wees en wat hoë vervoerkoste oor lang afstande kan beteken (Blismas,
Pasquire, & Gibb, 2006). In Suid-Afrika is voorafvervaardigde betonaanlegte gewoonlik in
stadsgebiede geleë. Indien die elemente nie op terrein vervaardig word nie en die terrein ver van die
aanleg geleë is, is hierdie konstruksiemetode nie lewensvatbaar nie (Lombard, 2011).
5.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore
5.4.1. Konstruksiemetode
Die geboue of huise word ontwerp en die panele daarvolgens met inagneming dat die sisteem
effektief is indien daar baie van dieselfde panele is, soos voorheen bespreek. Sodra die panele na die
vervaardigingsproses op terrein kom, kan dit met hyskrane in posisie geplaas word.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
48
’n Dubbelpaneel van 6m x 3m x 0,2m (met ’n 75mm-gaping vir die isolasie) weeg meer as 6 ton.
Goeie kwaliteitsbeheer op die dimensies van die panele veroorsaak dat panele spoedig opgerig kan
word met die minimum terreinveranderings (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Die dubbelpanele word aan die fondasies of vloerpanele vasgebout en gedurende hierdie proses
moet die panele gestut word, soos in Figuur 10 getoon. Sodanige stutte word verwyder sodra die
struktuur voltooi is. Holkernpanele word aan die fondasies of vloerpanele met tappenne geanker en
dan word voegbry daarin gepomp om ’n kolom te vorm wat die muur struktureel aan die basis heg
(PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Figuur 10: Stutting van Panele (Ischebeck, 2010)
Geboute laste moet afgewerk word met ’n seëlmiddel om enige gapings te vul en ook om die
staalverbinding teen roes te beskerm (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Daar is verskeie afwerkings vir voorafvervaardigde betonkonstruksie beskikbaar, soos bv.
blootgestelde aggregaat. Alternatiewelik kan die panele met ’n patroon gegiet word en geverf word.
(PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Die binnemure kan met enige van bogenoemde alternatiewe afgewerk word na gelange van die
argitek se voorkeure ten opsigte van estitika.
5.4.2. Kundigheid Benodig
’n Hyskraanoperateur word benodig om die voorafvervaardigde panele op die terrein rond te
beweeg en hulle in die finale posisie te plaas. Die operateur is ’n opgeleide persoon en het ’n groot
invloed op die konstruksieproses en uitvoerbaarheid daarvan. Die operateur het verder ’n groot
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
49
verantwoordelikheid ten opsigte van veiligheid op die terrein en daarom is effektiewe kommunikasie
’n belangrike aspek. Die operateur moet in staat wees om bouplanne en diagramme te lees en te
interpreteer (AboutTrades: Precast concrete erector, 2012).
’n Persoon word op die grond benodig vir die koördinering met die hyskraanoperateur. Goeie
verbale en handkommunikasievaardighede word vereis, aangesien hy die panele moet lei en hanteer
tot by hulle finale posisie (Hylink & Snapper, 2012). Goeie opleiding vir hierdie persoon sal vereis
word omdat daar veiligheidsaspekte betrokke is.
’n Studie wat op die konstruksie van ’n fabriek in Suid-Afrika met hierdie metode gedoen is, het
bevind dat daar ’n tekort aan vaardighede op terrein was. Werkers wat nie bekend was met hierdie
boumetode nie het gesukkel en die hyskraanoperateur het probleme met die plasing van die
voorafvervaardigde elemente ervaar (Jurgens, 2008). Hierdie struikelblokke kan egter oorkom word
indien die metode meer dikwels gebruik word en ondervinding opgebou word (Lombard, 2011).
Algemene ongeskoolde arbeiders word vir die algemene take op die terrein benodig. M.a.w. die
arbeiders wat benodig word vir die oprigting van ’n 40m2 -struktuur sal bestaan uit ’n operateur, een
geskoolde arbeider en twee ongeskoolde arbeiders.
5.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid
Daar word minder arbeiders op terrein benodig, maar meer arbeiders word in die
vervaardigingsproses van die betonelemente benodig (Blismas, Pasquire, & Gibb, 2006). Die arbeid
wat benodig word vir die vervaardigingsproses van die materiale is nie in hierdie dokument ter
sprake nie omdat dit ingesluit is by die koste van die panele en nie ‘n invloed het op die konstruksie
nie.
Vanuit die vorige afdeling kan gesien word dat daar redelik min arbeiders op die terrein benodig
word. Die arbeiders wat vir die oprigting van voorafvervaardigde betonstrukture benodig word, sluit
hyskraanoperateurs, geskoolde arbeiders en ongeskoolde arbeiders in. Daar word relatief min van
elk benodig in vergelyking met ander konstruksiemetodes. Die hoeveelheid hang dus af van die skaal
van die projek.
Omdat die opleiding van operateurs en arbeiders gewoonlik intern gedoen word en daar nie baie
arbeiders verlang word nie, sal die beskikbaarheid van die nodige arbeiders nie ’n groot struikelblok
vir die metode wees nie. Op grootskaalse projekte mag die beskikbaarheid van operateurs moontlik
‘n probleem waas omdat hulle opleiding ‘n tydjie sal duur.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
50
5.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid
Fabrieke vir voorafvervaardigde elemente is nie goedkoop om te bedryf nie. In sekere gevalle is dit
meer ekonomies om ’n aanleg op terrein vir die vervaardiging van die betonelemente te bou. Die
rede hiervoor is die oorsprong van die materiaal om die elemente te maak en die vervoerkoste van
die finale produk (Elliott, 2002). Die aanleg se ligging moet oorweeg word in terme van vervoerkoste,
beskikbaarheid van arbeiders, beskikbaarheid van rou material, asook die grootte van die aanleg om
voldoende hoeveelhede te produseer en te stoor.
Die rou materiale wat benodig word om die panele te giet, bestaan uit staal, sand, klip en sement.
Hierdie materiale is redelik vrylik in die Suid-Afrikaanse boubedryf beskikbaar. Indien dit nie naby ’n
aanleg beskikbaar is nie, gaan daar addisionele vervoerkoste betrokke wees. In die meeste gebiede,
waar aanlegte opgerig is, behoort die beskikbaarheid nie ’n probleem te wees nie aangesien hulle
die aanlegte gewoonlik oprig waar rou materiale beskikbaar is (Elliott, 2002).
5.4.5. Konstruksietyd
Alhoewel die vervaardiging van die betonpanele of elemente ’n paar weke kan duur, is die
konstruksie daarvan redelik vinnig (Elliott, 2002). M.a.w. indien daar aangeneem word dat die
panele wat gebruik word reeds op die terrein gestoor is, is die plasing daarvan in die korrekte
posisies redelik vinnig. Die grootte van die panele het ’n invloed op die konstruksietyd. Die grootte
bepaal uit hoeveel panele ’n struktuur gebou gaan word en hoeveel panele geplaas en gebind moet
word. Die gewig en hanteerbaarheid moet ook in ag geneem word wanneer die grootte van die
panele ontwerp word. Vir die doeleindes van ’n 9m x 4,5m x 2,7m-huis, wat as voorbeeld vir
vergelykingsdoeleindes gebruik word, word aangeneem dat ’n paneel 4,5m x 2,7m is. Die paneel is ’n
hanteerbare grootte en massa en die huis sal dus uit ses panele bestaan.
Tipiese oprigtingstye word vir voorafvervaardigde betonelemente bepaal. Die tye en elemente wat
van toepassing is op die bou van ’n 40m2-huis, is die plasing van muurpanele en die bind daarvan.
Daar kan 15 muurpanele per dag geplaas word, m.a.w. dit gaan 3,5 uur neem om al ses panele te
plaas. Om die laste met voegbry op te vul, om die panele aanmekaar te bind, neem ongeveer een
uur (Transport and Erection, 2014). Die muurkonstruksie met voorafvervaardigde betonpanele neem
dus ongeveer ’n halwe dag.
Die dakkappe se raamwerkkonstruksie sal nie meer as ’n halwe dag neem nie (Prinsloo, 2014). Die
totale konstruksietyd vir die mure en dakraamwerk van ’n voorafvervaardigde betonhuis sal
derhalwe een dag duur.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
51
5.4.6. Produksiekapasiteit
Voorafvervaardigde betonkonstruksies is bekend vir die vinnige oprigting daarvan (Transport and
Erection, 2014; Glass, 2000). Omdat die panele voorafvervaardig is, is daar geen wagperiode vir die
beton om sy ontwerpsterkte te bereik nie en sodoende kan panele onmiddelik bo-op mekaar
geplaas word. Dit is nie die geval in messelwerk nie. Daar is ook nie ’n beperking op die hoeveelheid
elemente wat op ’n dag geplaas kan word nie. Indien dit ’n grootskaalse projek met ’n groot
konstruksiespan is, sal daar baie produksiekapasiteit wees.
5.4.7. Koste
Die konstruksiekoste van die 9m x 4,5m (40m2) voorafvervaardigde betonhuis sal in hierdie afdeling
bepaal word om ’n kostevergelyking met die ander twee alternatiewe te doen. Die koste sal bestaan
uit die oprig van die bo-struktuur wat die mure en dakraamwerk insluit. Die konstruksietydfaktor
het’n invloed op die koste en sal in ag geneem word. Faktore om met die konstruksie van die mure
en dak in gedagte gehou moet word, is: toerusting benodig, arbeid benodig en natuurlik die
materiale wat gebruik word. Figuur 11 is ’n konsepvoorstelling van die finale produk.
Voorafvervaardigde betonkonstruksies raak toenemend koste-effektief en ekonomies wanneer
herhaling in die proses ingebou is. Dit beteken dat dit ’n meer algemene konstruksiemetode is op
medium en groot geboue of projekte (PCA America's Cement Manufacturers, 2014; Bock, 2006).
Figuur 11: Voorafvervaardigde Betonhuis en Dakkappe (Outeur, 2014)
Die vervaardigingskoste vir die panele sal bereken word om die koste van materiale/panele te
bepaal. Die afmetings van die panele is 4,5m x 2,7m x 0,2m (lengte x hoogte x dikte) en ses word vir
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
52
die struktuur benodig. Tabel 5 toon ’n koste-uiteensetting vir die vervaardigingsproses van die
panele aan. Die koste van die panele sal die vervoerkoste na die terrein insluit. Addisionele
afleweringskoste sal van toepassing wees as die terrein vêr van die vervaardigingsaanleg geleë is,
maar word nie hier in ag geneem nie. Daar word toegelaat vir ‘n uur se vervoer, wat ± 50km is.
Addisionele koste sal vir die dakraamwerkmaterial bepaal word en word opgesom in Tabel 6.
Tarriewe is kruisverwys vanaf onlangse tenderdokumente om gemiddelde markverwante tariewe te
bekom (JVZ Construction, 2014; Exceo, 2014; Amandla, 2014).
Tabel 5: Panele Vervaardigingskoste-uiteensetting
Beskrywing Koste & Eenheid Hoeveelheid per 40m2-huis Totaal vir 40m2-huis
Muurpanele
Vormwerk R 100/m2 40 m
2 R 4000,00
Staal R 11 000/ton 1,603 ton R 17 635,20
Beton R 1500/m3 13,36 m
3 R 20 040,00
8-tonkraan (operateur
ingesluit)
R 920/uur 1 uur R 920,00
Arbeid R 30/uur 5 uur R 150 ,00
Vervoer
(Platbakvragmotor)
R 600/uur 1 uur R 600,00
Totaal: R 43 345,20
Tabel 6: Dakmateriaalkoste
Beskrywing Koste & Eenheid Hoeveelheid Benodig Totaal
Dakmateriale
Dakkappe R 400/kap 9 kappe R 3 600,00
Sparre & Spykers R 9,63/m 126m R 1 213,80
Totaal: R 4 813,80
In Afdeling 5.4.5 is bepaal hoe lank elke item in die konstruksieproses neem. Daar is bepaal dat die
plasing van die panele 0,5 dae sal neem en die dakkapkonstruksie 0,5 dae. ’n Volle werksdag is
aangeneem as 8,5 uur.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
53
Tabel 7 som die totale arbeidskoste op vir die konstruksie van die mure en dakraamwerk vir ’n 40m2-
huis.
Die muurkonstruksie benodig een geskoolde arbeider (hy werk saam met die kruinoperateur) en
twee ongeskoolde arbeiders vir die algemene werke. Die voorafgenoemde werk elke 4,5 uur. Vir die
dakkonstruksie word drie geskoolde en gewone arbeiders benodig wat elk 4,25 uur sal werk.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
54
Tabel 7: Arbeidskoste-uiteensetting
Arbeid
Beskrywing Koste/ Eenheid Aantal uur Totaal
1 x geskoolde arbeider (muur) R 40/uur 4,5 R 180,00
2 x arbeider (muur) R 20/uur 9,0 R 180,00
3 x geskoolde arbeider (dak) R 40/uur 12,75 R 510,00
3 x arbeider (dak) R 20/uur 12,75 R 255,00
Totaal: R 1 125,00
’n Hyskraan word benodig om die panele in posisie te plaas as gevolg van sy massa. Stutte word
benodig om die panele in plek te hou totdat almal aanmekaar gebind word (Vutha, 2012). Verder
word daar boute en voegbry (sement en sandmengsel) benodig om die panele aanmekaar te bind.
Tabel 8 is ’n opsomming van die toerusting en materiaalkoste vir die oprigting van die panele en
dakkappe.
Tabel 8: Oprigtingskoste-uiteensetting
Toerusting en Materiale vir Oprigting
Beskrywing Koste Aantal Benodig Totaal
Kraan (operateur ingesluit) R 920/uur 4,5 R 4 140,00
Materiale en Stutte R 200/paneel 6 R 1 200,00
Toerusting vir Dak R 218,48/som 1 R 218,48
Totaal: R 5 558,48
Tabel 9 is ’n opsomming van die betrokke koste om ’n voorafvervaardigde betonhuis van 40m2 op te
rig (dakraamwerk ingesluit).
Tabel 9: Voorafvervaardige 40m2-betonhuis
Item Dae Toerustingskoste Arbeidskoste Materiaalkoste Totale koste
Muurkonstruksie 0.5 R 5 340,00 R 360,00 R 43 345,20 R 49 045,20
Dakkonstruksie 0.5 R 218,48 R 765,00 R 4 813,80 R 5 797,28
Totaal 1.0 R 5 558,48 R 1 125,00 R 48 159,00 R 54 842,48
Uit die bostaande tabel kan afgelei word dat dit een dag sal neem om die struktuur teen ’n koste van
R 54 842 op te rig. Dié syfers sal gebruik word om ‘n vergelyking te tref tussen die alternatiewe
konstruksiestelsels.
5.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling
In terme van volhoubaarheid, het voorafvervaardigde beton iets om aan te bied as ’n materiaal en in
sy prestasie. Sy volhoubaarheid as ’n materiaal sluit die gebruik van herwinbare materiale in, soos
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
55
vlieg-as en bewapening wat bydra tot die groen graderingsisteme (PCA America's Cement
Manufacturers, 2014).
Uit ’n prestasieoogpunt, skep die stelsel ’n energiedoeltreffende struktuur. Die panele word op
terrein opgerig en aanmekaar gesit. Die groottes van die panele word voorgeskryf sodat gapings en
laste beperk word en sodoende geseëlde strukture vorm; dit verhoed ongewenste lugverliese. Dit is
algemeen om op verwarmings-, verkoelings- en ventilasietoerusting af te skaal en die meganiese
ventilasie in voorafvervaardigde geboue te verhoog (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
Geïsoleerde panele kan die energieverbruik in kleiner geboue met tussen 20 tot 30 persent
verminder. Die rede hiervoor is dat die panele so energie-effektief a.g.v. die kombinasie van isolasie
en termiese massa van beton is. Die R-waarde van ’n betonpaneel wissel tussen 2,0 – 2,9,
afhangende van die dikte en isolasiemateriaal wat gebruik word. ’n Verwante voordeel van die mure
is die klankdigtheid (PCA America's Cement Manufacturers, 2014).
’n Studie is geloots om die koolstofvoetspoor van verskeie konstruksiemetodes te bepaal vir die
konstruksie- en operationele verhittingsfase vir ’n laekostehuis oor ’n tydperk van 40 jaar (Gray,
Oxtoby, & Braune, 2010). Daar is bevind dat voorafvervaardigde betonbehuising 9,5 ton CO2 lewer
gedurende die konstruksiefase en 49,8 ton CO2 gedurende die operationele verhittingsfase (Gray,
Oxtoby, & Braune, 2010). Hierdie waardes word in Hoofstuk 8 met die waardes van die ander twee
konstruksiemetodes vergelyk.
5.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
Die Suid-Afrikaanse regering bevorder werkskepping (Ramutloa, 2011). Dit is ’n gebied waar
voorafvervaardigde betonkonstruksie nie so goed vaar nie omdat hierdie metode minder man-ure
op terrein as ander konstruksiemetodes benodig. Maar, vir hierdie konstruksiemetode moet daar nie
slegs op die arbeid wat op terrein benodig word gefokus word nie, maar ook op die aspekte soos
vervaardiging, vervoer en veiligheid (Lombard, 2011).
Die metode skep ’n veiliger werksomgewing omdat daar minder arbeiders op terrein rondbeweeg,
op hoogtes werk, en hulle is meer bewus van groot betonelemente wat in die lug rondbeweeg.
Die voorafvervaardigde betonbedryf bied ook menslike ontwikkeling. Arbeiders werk in fabrieke
waar die betonelemente vervaardig word, eerder as op terrein. Dit skep ’n veiliger, meer
standvastige werksomgewing vir die werkers en bevorder sosiale opheffing. Die metode vereis ook
hoërvlakvaardighede en bevorder so die arbeiders se lewensomstandighede omdat hulle opleiding
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
56
ontvang en hulleself kan kwalifiseer (Lombard, 2011; Labour-based Methods and Technologies for
Employment Intensive Construction Works, 2005)
In terme van werksekerheid, bied hierdie metode (of eerder die vervaardigingsproses) ‘n veiliger
opsie as vir gewone arbeiders op terrein. Die boubedryf is wisselvallig en verander saam met die
ekonomie. Daarom is dit ’n industrie waar arbeiders, veral ongeskoolde arbeiders, nie werksekerheid
het nie. ‘n Vervaardigings fabriek sal nie onmiddelik toemaak indien die ekonomie swaar kry nie,
daar is wel ander voorafvervaardigde beton produkte wat vervaardig kan word. ’n Fabriek kan ook
voorraad opbou en stoor. In die vervaardigingsomgewing is die sekerheid beter. Indien die
fabriekswerkers nie meer as gevolg van ekonomiese omstandighede benodig word nie, sal hulle
makliker ander werk kry omdat hulle beter opgelei is (Lombard, 2011).
5.5. Gemeenskapsaanvaarding
Behuising word vir gemeenskappe opgerig en daarom moet dit die gemeenskappe se behoeftes
aanspreek. Die gemeenskap sal ’n huis verkies wat gebou is met die minste ontwrigting en wat
langtermynvoordele bied. Dit vereis dat die behuisingsmetode deel van die omgewing moet vorm, ’n
aangename plek moet wees om in te woon en ook esteties aanvaarbaar moet wees (Lombard,
2011).
Voorafvervaardigde betonkonstruksies veroorsaak minder geraasbesoedeling en stof op terrein.
Daarom is steuring in die buurgemeenskappe minder as hierdie metode gebruik word (Little Green
Book of Concrete, 2008).
Beton is nie net funksioneel in terme van strukturele toepassings nie, maar word ook vir die
estetiese waarde erken. Met verskeie vorms, afwerkings en kleure bied beton vereskeie opsies vir
argitekte om ’n estetiese ontwerp te maak, wat deur die gemeenskappe aanvaar sal word.
(Freedman, 2001).
5.6. Sintese
Voorafvervaardigde betonkonstruksies word al vir meer as 100 jaar in die internasionale boubedryf
gebruik, maar is ’n relatief nuwe stelsel in Suid-Afrika se boubedryf. Die konstruksiemetode bestaan
uit voorafvervaardigde betonpanele wat met hyskrane in posisie geplaas word om ’n struktuur te
vorm. Die hoofvoordele wat hierdie konstruksiemetode inhou, is die volgende:
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
57
spoed van konstruksie;
betroubare verskaffing;
hoëvlakprestasie in verband met termiese gemak, duursaamheid, akoestiese verdeling en
weerstand teen brand en vloed;
buigsaamheid in vorm en verskeie beskikbare afwerkings;
die vermoë om dienste in voorafvervaardigde elemente te inkorporeer;
hoë strukturele doeltreffendheid en lae vermorsingskoerse op terrein;
minimale afval, omdat die meerderheid van die afval in fabrieke herwin word; en
veiliger terreine a.g.v. minder arbeiders en beweging op terrein.
Alternatiewe konstruksiemetodes word ondersoek om struikelblokke te oorkom. Die struikelblokke
of nadele wat voorafvervaardigde betonbehuising insluit, word hieronder gelys:
komplekse en gespesialiseerde ingenieursontwerpe;
laasgenoemde is dikwels duurder as ander alternatiewe;
geboudienste moet akkuraat in die panele gegiet word;
die oprigtingsproses benodig gespesialiseerde toerusting en ambagte;
terreintoegang en beweegruimte is baie belangrik vir groot panele en hyskrane;
die paneelverbindings en uitleg vir laterale stutting benodig gedetailleerde ontwerpe;
tydelike stutte benodig vloer- en muur-insetsels wat later herstel moet word;
gedetailleerde akkurate ontwerpe en voor-gietplasing van geboudienste, dakverbindings en
insetsels is noodsaaklik. m.a.w. die toleransie is laag;
dienste wat ingegiet is, is ontoeganklik en moeilik om op te gradeer.
Die voorafvervaardigde betonkonstruksiemetode is ’n relatiewe gekompliseerde en akkurate
konstruksiemetode en benodig gespesialiseerde kundigheid en toerusting. Hierdie metode is bekend
onder ingenieurs, argitekte en kontrakteurs in die Suid-Afrikaanse boubedryf maar dit word nie
dikwels gebruik nie. Uit ’n gevallestudie is bevind dat kontrakteurs met die oprigtingsproses sukkel,
maar dit kan oorkom word sodra daar meer ondervinding opgedoen word. Daar is nie
opleidingsprogramme beskikbaar om arbeiders op te lei nie en die nodige opleiding vind intern
plaas. Hierdie konstruksiemetode is nie arbeidsintensief nie, dus word min arbeiders benodig.
Die panele word in fabrieke vervaardig en na die terrein vervoer vir oprigting. Indien ’n konstante
lewering van panele moontlik is, is hierdie konstruksiemetode ’n relatiewe vinnige manier van
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
58
konstruksie. Die metode is baie effektief in die lewering van medium- tot grootskaalse projekte,
m.a.w. dit het baie produksiekapasiteit.
Hierdie konstruksiemetode raak slegs koste-effektief indien daar herhaling van dieselfde panele op
groot skaal gebruik word. Dit is ’n effektiewe konstruksiestelsel omdat daar herhaling is. Die panele
en toerusting is duur en min arbeid word benodig. Sekere faktore van die metode veroorsaak dat dit
’n volhoubare konstruksiemetode is. Materiale kan herwin word vir die vervaardiging van die panele.
Indien aanlegte nie op of naby die terrein is nie, kan vervoer ’n invloed hê op die volhoubaarheid en
koste. Die panele bied goeie termiese en klankweerstand en dit verminder die energie wat benodig
word vir verwarming en verkoeling.
Omdat die metode nie arbeidsintensief is nie, is daar nie groot potensiaal vir werkskepping in
plaaslike gemeenskappe nie. Hierdie metode benodig meer gespesialiseerde arbeid en
fabriekswerkers vir die vervaardigingsproses. Dit skep geleenthede vir opleiding en ’n hoër vlak van
vaardighede. Indien fabrieke opgerig moet word, skep dit meer standvastige werksgeleenthede.
Daar is ‘n behoefte aan ‘n volledige ondersoek wat sal bepaal tot watter mater voorafvervaardiging
beter werksgeleenthede en loopbaangeleenthede kan skep vir werkslui.
Die konstruksiemetode veroorsaak minimale ontwrigting en steuring in buurgemeenskappe. In
Hoofstuk 8 sal hierdie konstruksiemetode relatief tot die ander alternatiewe vergelyk en
gekwantifiseer word.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
59
6. TRADISIONELE BEHUISING
Hierdie hoofstuk bevat die evaluering van die tradisionele messelwerkstelsel as opsie vir
laekostebehuising met mediumdigtheid. Die besluitnemingsfaktore wat in Afdeling 2.6 geïdentifiseer
en verduidelik is, word nou spesifiek op hierdie stelsel toegepas en geëvalueer. Hier word ook
bepaal hoe aanvaarbaar die stelsel vir die betrokke gemeenskap is. In Hoofstuk 8 word hierdie
alternatief se besluitnemingsfaktore relatief tot die faktore van die twee ander konstruksiestelsels
gekwantifiseer.
6.1. Inleiding
Die tradisionele konstruksiemetode vir behuising in Suid-Afrika bestaan uit stene of sementblokke
(Ritchie, 2009). Vir vergelykingsdoeleindes van tradisionele behuising met die ander alternatiewe,
gaan die baksteen en messelwerk-metode beskou word. Sekere hedendaags laekoste behuising
word ook met sementblokke gebou en kan ondersoek word in verdere studies. Die
konstruksiemetode behels dat daar net op terrein gewerk word (Brick and Block Masonry
Construction, 2008).
Die messelwerkmetode is die bekendste en mees algemene konstruksiemetode in die Suid-
Afrikaanse boubedryf. Daar is’n oorvloed van ambagsmanne en materiaalverskaffers in die bedryf
(Ritchie, 2009).
Die konstruksiemetode begin met betonfondasies en eindig met die dak. Die mure bestaan uit ’n
binnelaag, ’n holte ’n en buitelaag. Die binne- en buitelaag word aanmekaar verbind met
staalversterking op elke derde of vierde laag terwyl die holte gevul kan word met ’n isolasiemateriaal
afhangende van die spesifikasies. Indien multiverdiepinggeboue opgerig word, word die vloere
gewoonlik met voorafvervaardigde betonblaaie gemaak. Nadat die mure klaar gebou is, word dit
met pleister afgewerk wat uit ’n sement en sand-mengsel bestaan (Brick and Block Masonry
Construction, 2008).
6.2. Voordele van Stelsel
Die tradisionele messelwerk konstruksiemetode word al vir eeue gebruik en is nog steeds een van
die mees gewilde konstruksiemetodes. Die redes waarom hierdie konstruksiemetode steeds populêr
is, kan in die volgende punte opgesom word en die beskrywing volg daarna (Brigden, 2013; Barnard,
2011);
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
60
stene is duursaam;
die geboue word in geheel op terrein gebou;
arbeiders en kundiges is vrylik beskikbaar;
stene het goeie natuurlike termiese eienskappe;
die konstruksie is brand- en klankbestand; en
materiale is vrylik in die mark beskikbaar.
Messelwerk strukture wat eeue gelede gebou is, staan vandag nog. Die strukture kan swaar reën en
uiterse temperature weerstaan en indien die muurholte goed geïsoleer is, het die strukture ’n
relatief goeie R-waarde. Dit is een van die redes waarom 70% van bouers nog steeds hierdie metode
verkies (Brigden, 2013). Baie min onderhoud word vir hierdie konstruksiemetode vereis.
Omdat hierdie metode ’n algemeen welbekende en eenvoudige konstruksiemetode is, is ontwerpers
en messelaars vrylik beskikbaar. Indien daar probleme op terrein ondervind word, is dit gou en
maklik om dit op te los aangesien die betrokke partye goeie ondervinding het van die metode.
Dit is baie belangrik dat ’n struktuur goed geïsoleer moet wees om energie te bespaar. Stene het die
vermoë om interne hitte in die huis te reflekteer, wat beteken dat minder energie benodig word om
binnetemperature te reguleer. Ligter konstruksiemateriale benodig groot hoeveelhede
isolasiemateriaal om dieselfde doel te verrig.
Stene het die vermoë om hitte te weerstaan, daarom word skoorstene altyd van stene gebou,
ongeag die konstruksiemetode wat gebruik word. As gevolg van die digheid van stene en
messelwerk, beperk dit die klankbesoedeling van buite en van binne. Stene absorbeer en blok klank
uit veral as ’n holtemuur gebou word.
6.3. Nadele van Stelsel
Elke konstruksiemetode het sy nadele en daarom word daar na alternatiewe konstruksiestelsels
gekyk om hierdie struikelblokke te oorkom. Tradisionele messelwerk konstruksies het die volgende
nadele. Die beskrywing van elke nadeel volg daarna (Brigden, 2013).
die hoeveelheid isolasie in die muurholte is beperk;
konstruksie is stadig;
potensiële versakking en krake (afhangende van fondamentontwerp);
klimaatafhanklik; en
‘n onbeplande “brug” in muurholtes kan vogtigheid deurlaat.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
61
Terwyl spoumure geïsoleer kan word om ’n hoër R-waarde te kry, word dit ook beperk deur die
grootte van die holte tussen die twee mure. Om strukturele probleme te verhoed, moet die holte nie
meer as 100 mm wees nie.
Messelwerk is ’n vorm van nat konstruksie, wat beteken dat dit tyd benodig om droog te word
voordat die werk kan voortgaan. Dit beteken dat hierdie konstruksiemetode langer duur as ander
konstruksiemetodes.
Die individuele mure van ’n dubbelmuur is gewoonlik lank en dun, m.a.w. dit het ’n groot
slankheidswaarde. Indien fondamentontwerpe onvoldoende is, het hierdie mure die geneigdheid
om te sak en krake kan in die mure ontstaan. Daar moet aandag gegee word aan die detail by die
konstruksie van spoumure. Let wel dat spoumure nie in die binneland gebou word nie (Wium, 2014).
Messelwerk kan nie plaasvind wanneer dit swaar reën of as temperature tot vriespunt daal nie. Dit
sal veroorsaak dat die struktuur nie sy volle strukturele sterkte behaal nie. Soos hierbo bespreek, is
die metode ’n vorm van nat konstruksie en moet ‘n spesifieke sterkte behaal oor ‘n sekere tydperk.
Indien die mortel in die holte van die muur val gedurende konstruksie, kan dit ’n onbeplande brug
vorm wat vogtigheid na die binnemuur kan lei. Daar moet seker gemaak word dat die holte tydens
konstruksie skoon gehou word.
6.4. Evaluering van Besluitnemingsfaktore
6.4.1. Konstruksiemetode
Die konstruksieproses vir tradisionele behuising begin met die plasing van die fondasies wat die basis
van die struktuur vorm. Nadat die fondasies voldoende sterkte bereik het, kan die konstruksie van
die mure begin.
Voordat die mure gebou kan word, moet die hoekpunte van die struktuur waterpas en haaks
volgens die regte dimensies uitgesit wees. Daarna word ’n vogweringslaag geplaas waar die mure
gebou moet word om te verseker dat enige vog in die muur na buite kan dreineer (Ritchie, 2009).
Vir die konstruksie van die mure word stene in ’n spesifieke samestelling bo-op mekaar gepak met
mortel tussenin om die stene aanmekaar te bind en in plek te hou. ’n Goeie messelaar kan tussen
800 en 1 200 stene in ’n dag lê (Ritchie, 2009). Staalversterking kan in elke derde of vierde laag
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
62
tussen die stene geplaas word om die muur te versterk en ook om te verhoed dat krake in die mure
ontstaan (Ritchie, 2009).
Nadat die mure gebou is, kan dit op verskillende manier afgewerk word. Die mees algemene metode
wat vir laekostebehuising gebruik word, is om die mure met mortel te pleister en daarna te verf
(Ritchie, 2009).
Die dakkappe word eenvoudig in die mure vasgebou en die dakbedekking word daarop geplaas en
vasgemaak. Dieselfde prosedure vir die dak word gevolg as vir die voorafvervaardigde
betonkonstruksiemetode.
6.4.2. Kundigheid Benodig
Tradisionele behuising is ’n baie bekende konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf
(Brigden, 2013). Dit is ook ’n relatief eenvoudige konstruksiemetode wat nie baie kundigheid verg
nie. Ontwerpers, ingenieurs en kontrakteurs is vertroud met die konstruksiemetode en weet wat die
metode se eienskappe en vermoëns is.
6.4.3. Beskikbaarheid van Arbeid
Om dié tipe behuising op te rig, word messelaars, geskoolde en ongeskoolde arbeiders benodig.
Soos voorheen genoem, is dit ’n eenvoudige konstruksiemetode en daar word hoofsaaklik gebruik
gemaak van handearbeid. Hierdie kundigheid is vrylik in die boubedryf beskikbaar (Brigden, 2013).
6.4.4. Boumateriale en hul Beskikbaarheid
Tradisionele behuising word hoofsaaklik met stene en mortel (mengsel tussen sand, sement en
water) gebou. Daar is baie verskillende stene en baksteenverskaffers in die Suid-Afrikaanse mark.
Stene word normaalweg van klei vervaardig, wat teen hoë temperature gebak word en ’n
standaardgrootte van 230mm x 115mm x 85mm het (Ritchie, 2009).
Baksteenwerk word al jare gebruik en die duursaamheid is al bewys. Baksteenmure bied goeie
impak, water, klank- en hitteweerstand (Ritchie, 2009).
Stene, sand, sement, dakkappe en alle materiale wat vir die tradisionele konstruksiemetode gebruik
word, is vrylik beskikbaar by die meeste plaaslike verskaffers in Suid-Afrika.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
63
6.4.5. Konstruksietyd
’n Studie is gedoen op ’n konstruksieterrein waar ’n 6m x 2,7m-dubbelmuur gebou is om te bepaal
wat die konstruksietyd is (Ritchie, 2009). Die muur het ’n geskoolde messelaar en ’n arbeider
ongeveer agt en ‘n half uur geneem om te bou. Dit is gelykstaande aan ’n volle werksdag (Ritchie,
2009). M.a.w. dit neem ’n span van twee, een dag (8,5 uur) om 16,2m2 van ’n dubbelmuur te bou.
’n Huis van 40m2, soos in Figuur 12: Tradisionele Huis met Bekleding en Dakkappe aangedui, het ’n
buiteoppervlak van 66,8 m2. Om te verseker dat daar genoeg werkspasie rondom die struktuur is, sal
drie spanne van twee elk gebruik word om die huis te bou. Dit sal hulle ongeveer 1,5 dae (
)
neem om die mure te voltooi.
Nadat die muur voltooi is, moet dit eers 5 – 16 uur staan, as die weer dit toelaat, voordat dit
gepleister kan word (Egan, 2014). Die totale binne- en buiteoppervlakte van ’n 40m2-huis is ongeveer
133,6m2. Dit neem ’n span van drie arbeiders een uur om 5,5m2 te pleister. Indien daar twee spanne
van drie arbeiders elk gebruik word, sal dit ongeveer 1,5 dae (
) neem om die huis te pleister
(Egan, 2014).
Die dak se raamwerk sal nie meer as ’n halwe dag duur nie. M.a.w. die totale konstruksietyd vir die
mure en dakraamwerk van ’n tradisionele messelwerkhuis sal 3,5 dae duur.
6.4.6. Produksiekapasiteit
Daar is reeds genoem dat hierdie konstruksiemetode ’n vorm van nat konstruksie is. Konstruksie kan
nie vorder voordat die messelwerk sy sterkte bereik het nie (Brigden, 2013). Die konstruksietyd word
nie noodwendig deur die spoed van die messelaars beperk nie, maar eerder deur die tyd vir
uitdroging (Egan, 2014).
6.4.7. Koste
Die konstruksiekoste van die 9m x 4,5m (40m2) tradisionele huis, sal in hierdie afdeling bepaal word
om ’n kostevergelyking met die ander twee alternatiewe te doen. Die koste bestaan uit die oprig van
die bo-struktuur wat die mure en dakraamwerk insluit. Die mure sluit die dubbelmuur in, asook die
finale bedekking (pleister). Die konstruksietydfaktor het ’n invloed op die koste en sal in ag geneem
word. Faktore om met die konstruksie van die mure en dak in gedagte te hou, is: toerusting benodig,
arbeid benodig en natuurlik die materiale wat gebruik word. Figuur 12: Tradisionele Huis met
Bekleding en Dakkappe is ’n konsepvoorstelling van die finale produk.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
64
Figuur 12: Tradisionele Huis met Bekleding en Dakkappe (Outeur, 2014)
’n Koste per m2 sal vir die materiale wat benodig word uitgewerk word. Die per m2-tarief sal slegs die
koste vir die konstruksie van die mure (afgepleister) insluit en ’n addisionele koste sal bepaal word
vir die oprigting van die dakraamwerk. Die totale muuroppervlak van die 40m2-huis, soos in die
bostaande figuur, is as 66,8m2 bereken. Die totale area wat gepleister moet word, is 133,6m2.Die per
m2-tarief wat bepaal gaan word, sal daarmee vermenigvuldig moet word om die totale koste te
bepaal.
Tabel 10 toon die opsomming van die tariewe vir die materiale wat benodig word aan. ’n
Gemiddelde tarief van plaaslike verskaffers vir die materiale is vir die kosteberaming gebruik (Brights
Hardware, 2014; Built it, 2014; Builders Warehouse, 2014).
Tabel 10: Materiaalkoste-uiteensetting
Beskrywing Koste & Eenheid Hoeveelheid per
m2 (muur-area)
Totale koste
per m2
Totaal vir
40m2-huis
Muurmateriale
Sand (muur) R 300/m3 0,053 R 15,90 R 1 062,12
Sement (muur) R 90/ 50kg 0,357 R 32,13 R 2 146,28
Staalversterking R 1,46/m 3 R 4,38 R 292,58
Stene R 2,10/steen 100 R 210,00 R 14 028,00
Pleister R 19,72/m2 - R 19,72 R 2 634,59
Totaal: R 20 163,57
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
65
Beskrywing Koste & Eenheid Hoeveelheid Benodig Totaal
Dakmateriale
Dakkappe R 400/kap 9 kappe R 3 600,00
Sparre & Spykers R 9,63/m 126m R 1 213,80
Totaal: R 4 813,80
In Afdeling 6.4.5 is bepaal dat die bou van die dubbelmuur 1,5 dae sal neem, die pleister 1,5 dae en
die dakkapkonstruksie 0,5 dae. ’n Volle werksdag is as 8,5 uur geneem. Tabel 11 som die totale
arbeidskoste vir die konstruksie van die mure en dakraamwerk vir ’n 40m2-huis op.
Tabel 11: Arbeidskoste-uiteensetting
Arbeid
Beskrywing Koste/ Eenheid Aantal uur Totaal
Messelaar (muur) R 40/uur 89,25 R 3 570,00
Arbeider (muur) R 20/uur 63,72 R 1 274,40
Geskoolde arbeider (dak) R 40/uur 12,75 R 510,00
Arbeider (dak) R 20/uur 12,75 R 255,00
Totaal: R 5 609,40
Daar word nie groot en duur toerusting vir hierdie konstruksiemetode benodig nie, aangesien daar
hoofsaaklik van handearbeid en handgereedskap gebruik gemaak word. Daar word 5% van die totale
material- en arbeidskoste toegelaat vir die koste van die toerusting wat benodig word. Tabel 12 is ’n
beraming van die toerustingkoste. `
Tabel 12: Toerustingkoste-uiteensetting
Toerusting
Beskrywing Koste Totale koste van Arbeid en Materiale Totaal
% van Totale koste 5,0% R 30 586,77 R 1 529,34
Die toerusting- en arbeidskoste word deur ’n faktor van die dae wat dit neem om die muur en
dakkonstruksie te voltooi bepaal. Die toerusting vir die dakraamwerk se konstruksie sal ’n faktor van
van die totale toerustingkoste wees. Tabel 13 is ’n opsomming van die koste vir hierdie metode.
Tabel 13: Tradisionele Behuisingkoste
Item Dae Toerustingkoste Arbeidskoste Materiaalkoste Totale koste
Muurkonstruksie 3 R 1 310,86 R 4 844,40 R 20 163,57 R 26 318,83
Dakkonstruksie 0.5 R 218,48 R 765,00 R 4 813,80 R 5 797,28
Totaal 3.5 R 1 529,34 R 5 609,40 R 24 977,37 R 32 116,11
Uit die bostaande tabel kan afgelei word dat dit 3,5 dae sal neem om die struktuur teen ’n koste van
R32 116 op te rig. Dié syfers sal gebruik word om ‘n vergelyking met die alternatiewe
konstruksiestelsels te tref.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
66
6.4.8. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling
Mortel word gemaak van minerale wat volop beskikbaar is. Portland-sement en kalk is egter energie-
intensiewe produkte. Klei en skalie is die rou materiale wat gebruik word om stene te maak en is in
oorvloed beskikbaar. Kleistene kan bestaan uit herwinbare baksteenstof, industriële afval, soos vlieg-
as en ’n verskeidenheid ander afvalprodukte (Sustainability in Brick Masonry, 2012).
Baksteenvervaardigingsaanlegte is normaalweg naby aan die bronne van die rou materiaal geleë. Die
vervaardigingsproses produseer min afvalstowwe en die stene wat onbruikbaar is, kan herwin word
en weer in die produksieproses gebruik word (Sustainability in Brick Masonry, 2012).
Die energiebron vir baksteenoonde is natuurlike gas, olie en steenkool. Die uitdroging van stene stel
fluoor en chloor vry en ander tipe lugbesoedeling kan vrygestel word deur oonde wat nie effektief
gereguleer word nie. Die meeste stene wat plaaslik vervaardig word, word ook plaaslik verkoop en
verminder die energie wat vir vervoer benodig word (Sustainability in Brick Masonry, 2012).
Relatief min afval word gedurende konstruksie gegenereer en die afval word normaalweg op terrein
vir vulmaterial gebruik. Wanneer ’n messelwerkstruktuur afgebreek word, kan heel stene weer
gebruik word of die gebreekte stene kan vir die vervaardigingsproses herwin word (Sustainability in
Brick Masonry, 2012).
Die termiese massa-effek van stene kan ‘n nuttige komponent met die besparing op energie vir
verhitting en verkoeling wees. ’n Normale dubbel messelwerkmuur het ’n R-waarder van 0,26-0,66,
afhangende van die tipe isolasie wat gebruik word (Ritchie, 2009). Stene en messelwerk is ‘n
duursame produk wat relatief min instandhouding oor sy volle leeftyd benodig (Sustainability in
Brick Masonry, 2012).
’n Studie is geloots om die koolstofvoetspoor van verskeie konstruksiemetodes te bepaal vir die
konstruksie- en operationele verhittingsfase vir ’n laekostehuis oor ’n tydperk van 40 jaar (Gray,
Oxtoby, & Braune, 2010). Daar is bevind dat tradisionele kleisteenspoumuurbehuising 11.2 ton CO2
lewer gedurende die konstruksiefase en 38,9 ton CO2 gedurende die operationele verhittingsfase
(Gray, Oxtoby, & Braune, 2010). Hierdie waardes word in Hoofstuk 8 met die waardes van die ander
twee konstruksiemetodes vergelyk.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
67
6.4.9. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
Die tradisionele konstruksiemetode is ’n arbeidsintensiewe konstruksiemetode en maak hoofsaaklik
van handearbeid gebruik. Dié konstruksiemetode sal plaaslike werkskepping bevorder omdat daar
nie ’n hoë vlak van opleiding benodig word nie. Daar gewoonlik altyd plaaslike arbeiders beskikbaar
en op grootskaalse projekte sal daar baie werksgeleenthede, relatief tot die ander metodes, geskep
word.
In terme van menslike ontwikkeling en bevordering, word hierdie metode nie hoog geag nie. ’n Lae
vlak van arbeid en vaardighede word benodig en daar is min geleenthede om nuwe vaardighede aan
te leer. Verskaffers van die materiale is gevestig, dus is daar min geleentheid om nuwe aanlegte en
fabrieke op te rig.
6.5. Gemeenskapsaanvaarding
Tradisionele behuising word al jare gebruik en is nog steeds die voorkeuropsie konstruksiemetode
vir behuisingsdoeleindes (Brigden, 2013). Hieruit kan afgelei word dat die gemeenskappe die
metode aanvaar en dit verkies. Die konstruksiemetode is arbeidsintensief, dus skep dit meer
werksgeleenthede as die ander metodes en dit is een van die redes vir die voorkeuropsie van
gemeenskappe.
Volgens Keuler (2013), ’n stadsbeplanner van ’n internasionale raadgewende firma, is van mening
dat gemeenskappe in lae-inkomstegebiede in huise wil woon soos waarin die gemiddelde persone
woon. Gemeenskappe verkies hierdie konstruksiemetode omdat dit ’n bekende stelsel is en die
algemene konstruksiemetode in Suid-Afrika is (Keuler, 2013; Lyons, 2009)
6.6. Sintese
Tradisionele behuising word al vir eeue gebruik en is steeds een van die mees algemene
konstruksiemetodes in Suid-Afrika. Die konstruksiemetode bestaan uit spoumure wat gebou is met
stene en ’n mengsel van sement en sand. Die hoofvoordele wat hierdie konstruksiemetode inhou, is
die volgende:
stene is duursaam;
die geboue word in geheel op terrein gebou;
arbeiders en kundiges is vrylik beskikbaar;
stene het goeie natuurlike termiese eienskappe;
brand- en klankbestand; en
materiale is vrylik beskikbaar.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
68
Alternatiewe konstruksiemetodes word ondersoek om struikelblokke van tradisionele behuising te
oorkom. Die struikelblokke of nadele van tradisionele behuising word hieronder gelys:
die hoeveelheid isolasie in die muurholte is beperk;
konstruksie is stadig;
potensiele versakking en krake (afhangende van fondamentontwerp);
klimaat-afhanklik; en
‘n onbeplande “brug” in die muurholtes kan vogtigheid deurlaat.
Die tradisionele konstruksiemetode is ’n relatief eenvoudige konstruksiemetode en benodig nie
gespesialiseerde kundigheid nie. Dit is ook bekend onder ingenieurs, argitekte en kontrakteurs dus is
daar nie probleme om die nodige kundiges en arbeiders in die hande te kry nie. Omdat dit al vir eeue
as die voorkeurkonstruksiemetode gebruik word, is materiaalverskaffers en aanlegte al gevestig en
vrylik beskikbaar.
Die tipe konstruksie staan bekend as ’n nat konstruksie. Dit beteken dat die messelwerk moet
uitdroog om sy volle sterkte te bereik. Hierdie aspek het ’n invloed op die konstruksietyd van ’n
projek. Mure kan net tot ’n sekere hoogte gebou word voordat verdere gewig daarop geplaas kan
word. Die produksiekapasiteit word beïnvloed om dieselfde rede.
Dit is ’n koste-effektiewe konstruksiemetode omdat die materiale en arbeid relatief goedkoop is.
Sekere faktore van die metode maak dat dit ’n volhoubare konstruksiemetode is. Materiale kan
herwin word vir die vervaardiging van stene en daar is gewoonlik plaaslike materiaalaanlegte wat die
vervoerkoste en energie wat daarmee gepaard gaan tot ‘n minimum beperk. Spoumure bied redelik
goeie termiese en klankweerstand en dit verminder weer die energie wat benodig word vir
verwarming en verkoeling.
Omdat die metode arbeidsintensief is, is daar groot potensiaal vir werkskepping in plaaslike
gemeenskappe. Ongelukkig word min vaardighede benodig en is daar nie geleenthede vir
bevordering of die aanleer van nuwe vaardighede nie.
Gemeenskappe verkies om in hierdie tipe behuising te bly omdat dit ’n soliede struktuur is en dit is
die algemene konstruksiemetode in Suid-Afrika; die gemeenskappe is daaraan gewoond. In Hoofstuk
8 sal hierdie konstruksiemetode, relatief tot die ander alternatiewe, vergelyk en gekwantifiseer
word.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
69
7. DIE ”INFORMAL GRID”- STELSEL
Die “Informal Grid”-stelsel, wat deur ’n argitekstudent van Switserland ontwerp is, is ’n
modulekonfigurasie waarvolgens elk van die alternatiewe stelsels gebou kan word vir optimale
benutting van die beskikbare grond. Dit is ’n uitleg en ontwerp waar gemeenskappe in harmonie kan
saamlewe (Zurcher, 2012).
7.1. Doel van Stelsel
Die projek fokus spesifiek op laekostebehuising met mediumdigtheid. Deur na behuising vir
mediumdigtheid te kyk, spreek dit die probleem van verstedeliking aan. Daar is ’n tekort aan
beskikbare grond naby stede en die grond word nie tans optimaal gebruik nie (Hill, Pienaar, Bowen,
Krusel, & Kuiper, 2002).
In Hoofstuk 2 beskryf Hill, Pienaar, Bowen, Krusel & Kuiper (2002) Suid-Afrikaanse nedersettings en
stede as oneffektief en ruimtelik verwronge met laedigtheid stadspreiding, as monofunksionele
areas en vang die armes en nuwe stadsinwoners in groot disfunksionele dorpsgebiede in die
buitewyke van die stad vas.
Daar moet wegbeweeg van hierdie tipe ontwerpe/uitlegte en lewenswyse. Beskikbare grond moet
meer effektief gebruik word en hierdie stelsel laat toe dat daar ’n hoër digtheid van inwoners in
dieselfde area geplaas kan word in vergelyking met bestaande lae-inkomste gebiede (Zurcher, 2012).
Die ontwerp kan ’n hoër digtheid van mense huisves, maar daar is ook oop areas vir
gemeenskapsinteraksie en ontspanning. Laasgenoemde aspek maak die stelsel vir die gemeenskap
meer aanvaarbaar. Die stelsel laat ook toe vir verskeie kombinasies van drie-, dubbel- en
enkelverdieping eenhede wat die kwessie van eentonigheid uitskakel. Sien Addendum A vir die
verskillende kombinasies.
Daar word ook voorsiening gemaak vir kleinhandelwinkeltjies in die blok wooneenhede. Die stelsel
se hooffokus is om grond optimaal te gebruik deur ‘n innoverende ontwerp wat die gemeenskap of
inwoners se behoeftes aanspreek sodat die “nuwe stelsels” makliker deur gemeenskap aanvaar
word.
Hierdie konsep is gebaseer op modulêre konstruksie. Al drie konstruksiemetodes wat in hierdie
projek ondersoek is, is aanpasbaar en kan gebruik word vir modulêre konstruksie. Met ander
woorde, hierdie mediumdigtheidbehuising konsep kan die probleem van verstedeliking aanspreek.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
70
7.2. Konsep
Die konsep is gebaseer op ’n 1,5m x 1,5m-ruit (”grid”). Die stelsel laat ruimte vir buigsaamheid in die
ontwerp van multiverdiepingwooneenhede. In die stelsel word modules gebruik wat wissel van ’n
kombinasie van 3m x 3m en 4,5m x 4,5m, soos getoon in Figuur 15 in Addendum A. Die
modulegroottes is gekies volgens die beskikbare spasie en vir praktiese oorwegings (Zurcher, 2012).
7.3. Uitleg en Buigsaamheid
Elke wooneenheid begin met ’n kerndeel wat bestaan uit twee 3m x 3m-modules. Die modules
bestaan uit sanitasiedienste, lopende water en ’n kombuis. Die kernmodules definieer die posisie
van die water- en sanitasiepype. Die kernmodules word gegroepeer om die nat dienste bymekaar te
hou om sodoende die konstruksie en materiaal kostes tot die minimum te beperk. Addisionele
modules kan rondom die kern gebou word (Zurcher, 2012). Figuur 16 in Addendum A toon ’n tipiese
uitleg van die kernmodules .
’n Positiewe aspek van die stelsel is dat dit baie buigsaam is met vele moontlike uitlegte. Met die
opsie om die modules rond te beweeg en in verskillende formasies “te pak”, word daar estetiese
wooneenhede geskep wat nie net ’n duplisering van mekaar is nie (Zurcher, 2012).
Omdat die konsep vele moontlikhede skep, vereis dit goeie organisasie, beplanning en
kommunikasievaardighede by lede van die professionele span (Zurcher, 2012). Die uitlegte en
beskrywings van hoe die verskillende modulekonfigurasies lyk, word in Addendum A bespreek.
Soos voorheen bespreek, word die kernmodules van elke wooneenheid gegroepeer om die nat
dienste bymekaar te hou om sodoende kostes te bespaar. Om verder kostes te bespaar, word die
modules so bo-op mekaar “gepak” sodat die blok se dienste die kortste pad kan volg. Dit maak
konstruksie meer eenvoudig en het ’n beter voorkoms indien die dienste buite die geboue sigbaar is.
Daar word ook in die ontwerp voorsiening gemaak vir kommersiële modules vir klein besighede,
groentewinkels en kafees vir die gemeenskap (Zurcher, 2012).
Met ’n gevallestudie wat gedoen is deur Zurcher (2012), is bevind dat indien die “Informal Grid”-
stelsel gevolg word en dit in die onderstaande konfigurasie (Figuur 13) gebou word, dit tot dubbeld
die digtheid huishoudings kan huisves teenoor informele behuising op dieselfde stuk grond (Zurcher,
2012). Buiten die netheid en estetiese waarde van die ontwerp, is die mediumdigtheid ’n groot
voordeel ten opsigte van beperkte ontwikkelingsgebiede.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
71
Figuur 13: Tipiese Uitleg van die "Informal Grid"-stelsel (Zurcher, 2012)
7.4. Aanpasbaarheid
Die stelsel neem verskillende materiale en konstruksiemetodes in ag. Met ander woorde, die stelsel
of konsep is werkbaar vir al drie alternatiewe metodes wat in die vorige hoofstukke bespreek is. Dit
kom neer op ’n raamstruktuur, hetsy dit betonkolomme, staal of stene is, wat met verskillende
panele gevul word. Die panele kan uit voorafvervaardigde beton, stene of houtbekleding bestaan,
afhangend van die opsie wat vir konstruksie gekies word.
Soos daar vantevore in die projek genoem is, kom die Ligtestaalraambehuising panele in spesifieke
groottes. Die “Informal Grid” konsep is aanpasbaar vir watter grootte panele beskikbaar is.
Ligtestaalraambehuising is ook aanpasbaar vir multiverdieping behuising. Dieselfde geld ook vir
voorafvervaardigde beton panele. Panele se grootte kan ook aangepas word vir ’n spesifieke grootte
woning. Tradisionele messelwerk behuising is ’n baie aanpasbare konstruksiemetode en het min
beperkinge. Dit sal aanpasbaar wees by die “Informal Grid” konsep en die konsep sal op sy beurt ook
aanpasbaar wees vir messelwerk behuising.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
72
Die volledige ontwerp hoef nie noodwendig op een slag voltooi te word nie. Die volle ontwerp moet
wel in ag geneem word wanneer daar beplan word om net sekere dele of net die grondvloer eers op
te rig. Die fondasies, kolomkapasiteite en die gewig van die struktuur sal bepaal moet word om te
verseker dat dit voldoende is indien daar in die toekoms besluit sou word om ’n tweede of derde
verdieping by te voeg. Indien aanbouings moontlik is, moet dit aan die begin oorweeg word om te
verseker dat dit wel in die toekoms kan plaasvind.
7.5. Sintese
Hierdie hoofstuk verduidelik die konsep van die ”Informal Grid”-stelsel. Die stelsel werk met ’n
ruitstelsel waarvolgens modules vir wooneenhede gerangskik word. Dit bestaan uit ’n kerngedeelte,
wat die kombuis en badkamer insluit, en die ander modules word rondom uitgelê (Zurcher, 2012).
Die groot voordeel van die konsep is, is dat dit buigsaam is en ’n verskeidenheid kombinasies kan
met die modules in ’n redelike eenvoudige manier geskep word. Die kombinasies kan gereeld
verander sodat daar nie baie herhalings van dieselfde ontwerp is nie. Dit skep ’n meer estetiese
omgewing vir die gemeenskap (Zurcher, 2012).
’n Ander voordeel van die stelsel is sy aanpasbaarheid (Zurcher, 2012). Die konsep kan gebruik word
vir al drie alternatiewe vir laekostebehuising met mediumdigtheid, ongeag die materiaal en
konstruksiemetode wat gebruik word. Dit kan selfs ’n kombinasie van die alternatiewe stelsels wees.
Dit is dus ’n eenvoudige konsep wat buigsaam en aanpasbaar is.
Die stelsel spreek verder kwessies soos aanvaarding deur die gemeenskap, verstedeliking en
beskikbaarheid van ontwikkelingsgebiede naby stede aan. Dit verskaf hoërdigtheidwooneenhede,
maar daar is ook oop areas waar die gemeenskap kan leef.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
73
8. VERGELYKING VAN ALTERNATIEWE METODES
Hierdie hoofstuk vergelyk en kwantifiseer die besluitnemingsfaktore van elke konstruksiemetode
wat in Hoofstuk 4, 5 en 6 bespreek is. Nadat elkeen van die besluitnemingsfaktore bespreek en
vergelyk is vir die konstruksiemetodes, sal daar ‘n waarde (1, 2 en 3) toegeken word aan elke
alternatief in die spesifieke kategorie. Laasgenoemde toekenning word in die tabelle se regterkantse
kolom (#) aangetoon waar 1 die beste vaar en 3 die swakste.
8.1. Voordele van die Metodes
Tabel 14 is ’n opsomming van die drie konstruksiemetodes se voordele. Dit word later in die
hoofstuk gekwantifiseer wanneer die besluitnemingsfaktore bespreek word.
Tabel 14: Voordele van die Metodes
Ligte staalraam Voorafvervaardigde beton Tradisioneel
Vinnige struktuurkonstruksie Konstruksietempo Stene is duursaam
Goeie isolasie-eienskappe
Hoëvlak prestasie in termiese
gemak, duursaamheid, akoestiese
verdeling en weerstand teen
brand en vloed
Stene het goeie natuurlike
termiese eienskappe
Fabrieksvervaardiging en -
presisie Betroubare verskaffing
Arbeiders en kundiges is vrylik
beskikbaar
Duursame materiale Buigsaamheid in vorm en
beskikbaar in verskeie afwerkings Word as geheel op terrein gebou
Goedgekeur deur alle banke,
munisipaliteite, die SABS en
die regering
Die vermoë om dienste te
inkorporeer in
voorafvervaardigde elemente
Brand- en klankbestand
Min rommel en afval op
terrein
Minimale afval omdat die
meerderheid van die afval in die
fabrieke herwin word
Materiale is vrylik in die mark
beskikbaar
Kleiner koolstofvoetspoor
(“Carbon footprint”)
Hoë strukturele doeltreffendheid
en lae vermorsingskoerse op
terrein
Ligter struktuur wat lei tot
kleiner fondasies
Veiliger terreine a.g.v. minder
arbeiders en beweging op terrein
Die materiale word plat in die
fabriek verpak vir makliker
vervoer
Die staal wat gebruik word vir
die raam is herwinbaar
Die metode is maklik om te
verander, aan te bou en af te
breek
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
74
8.2. Nadele van die Metodes
Tabel 15 is ’n opsomming van die drie konstruksiemetodes se nadele.
Tabel 15: Nadele van die Metodes
Ligte staalraam Voorafvervaardigde beton Tradisioneel Die metode word as ’n
bedreiging beskou vir
kontrakteur van tradisionele
behuising
Benodig komplekse en
gespesialiseerde ingenieursontwerpe
Die hoeveelheid isolasie in die muurholte is
beperk
Professionele onwilligheid Die is dikwels duurder as ander
alternatiewe Konstruksie is stadig
Bouers is nog onbekend met die
metode
Gebouedienste moet akkuraat in die
panele gegiet word Versakking en krake
Projekfinansiering
Die oprigtingsproses benodig
gespesialiseerde toerusting en
ambagte
Klimaatafhanklik
Gemeenskapsaanvaarding
Terreintoegang en beweegruimte is
baie belangrik vir moontlike groot
panele en hyskrane
Die muurholtes kan vogtigheid deurlaat
Administratiewe kwessies
Die paneelverbindings en uitleg vir
laterale stutting benodig
gedetailleerde ontwerpe
`
Tydelike stutte benodig vloer- en
muurinsetsels wat later herstel moet
word
Min ruimte vir foute
Dienste wat ingegiet is, is ontoeganklik
en moeilik om op te gradeer
8.3. Konstruksiemetode
Tabel 16 is ’n kort opsomming en vergelyking van die drie konstruksiemetodes in die projek.
Tabel 16: Konstruksiemetodes van die Metodes
Metode Beskrywing
Ligtestaalrraam
Die metode bestaan uit strukturele mure en dakkappe wat gemaak is van
koudgevormde staalelemente. Elemente word aanmekaargesit, gewoonlik in
‘n fabriek, deur gebruik te maak van klinknaels of skroewe om strukturele
mure of dakpanele te vorm. Hierdie panele word na die terrein vervoer waar
dit op fondasies of vlotfandamente opgerig word. Bekleding word gebruik om
die muur-elemente intern en ekstern te bedek. Al die dienste soos elektriese
kabels en loodgietersdienste word in die holte van die mure saam met die
isolasiemateriaal geplaas.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
75
Voorafvervaardigde beton
Die konsep van voorafvervaardigde betonkonstruksie behels geboue waar die
meerderheid van die strukturele komponente standaardgroottes is en
vervaardig word by aanlegte weg van die terrein vervaardig word, na die
terrein vervoer word en daar opgerig word. Die oprigtingsproses behels die
plasing van die elemente of panele in hulle regte posisie en dan word die
panele gestut en aanmekaar geheg deur middel van boute en voegbry (sand
en sementmengsel).
Tradisioneel
Die mure bestaan uit ’n baksteenbinnelaag, ’n spou en ’n baksteenbuitelaag.
Die binne- en buite laag word aanmekaar verbind met staalversterking in elke
derde of vierde lag, terwyl die holte gevul kan word met ’n isolasiemateriaal,
afhangend van die spesifikasies. Nadat die mure klaar gebou is, word dit met
pleister afgewerk, wat bestaan uit ’n sement en sand-mengsel.
Ligtestaalraambehuising benodig nie swaar en groot toerusting vir die oprigtingsproses nie, selfs nie
vir multiverdieping geboue nie. Die panele kan met handearbeid hanteer word en kraggereedskap
word in die oprigting gebruik. Voorafvervaardigde betonbehuising maak gebruik van hyskrane en
min handearbeid vir die oprigtingsproses. Tradisionele behuising is ’n arbeidsintensiewe
konstruksiemetode en maak meestal gebruik van arbeiders en handgereedskap.
8.4. Kundigheid benodig
Sekere konstruksiemetodes is meer algemeen en bekend onder ingenieurs, argitekte en
kontrakteurs en hulle is meer vertroud met die ontwerpe en konstruksie daarvan. Die arbeid wat vir
konstruksie benodig word verskil van metode tot metode. In sekere gevalle word operateurs of
geskoolde arbeiders, in plaas van ongeskoolde arbeiders, benodig. Tabel 17 som die kundigheid, wat
vir die verskillende metodes benodig word, op.
Tabel 17: Kundigheid Benodig vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalraam
Daar is tans net ’n paar spesialis-ingenieurs wat vertroud is met hierdie
metode in Suid-Afrika. Ontwerpers en kontrakteurs is nog nie so vertroud
met hierdie nuwe metode nie en selfs die bou-inspekteurs is nog besig om
aan te pas. Kundige arbeiders en ongeskoolde arbeiders word benodig vir
hierdie konstruksiemetode. Dit is ’n baie presiese metode en daarom
moet arbeiders opgelei word om die struktuur op te rig.
3
Voorafvervaardigde beton
Voorafvervaardigde betonkonstruksies word al baie jare gebruik en
ingenieurs het kennis van die eienskappe wat gebruik word, dus is die
metode is redelik bekend aan die ontwerp-, konstruksie- en
vervaardigingspanne. Vir die konstruksie word min arbeiders benodig,
maar wel opgeleide persone. ’n Hyskraanoperateur word vir die plasing
van die panele benodig en ook ’n opgeleide persoon om dit op die grond
te koördineer. Ongeskoolde arbeiders word benodig om die algemene
werk op die terrein te doen.
2
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
76
Tradisioneel
Tradisionele behuising is ’n baie bekende konstruksiemetode in die Suid-
Afrikaanse boubedryf. Dit is ook ’n relatief eenvoudige konstruksiemetode
wat nie baie kundigheid benodig nie. Ontwerpers, ingenieurs en
kontrakteurs is vertroud met die konstruksiemetode en weet wat is die
metode se eienskappe en vermoëns. Messelaars en ongeskoolde
arbeiders word vir die konstruksieproses benodig.
1
Uit Tabel 17 kan afgelei word dat tradisionele behuising die minste kundigheid benodig. Die rede
hiervoor is dat dit die bekendste konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf is. Alhoewel
voorafvervaardigde betonkonstruksies nog nie dikwels vir behuisingsprojekte gebruik is nie, is dit
ook ’n relatief bekende konstruksiemetode wat meer kundigheid as vir die tradisionele metodes
benodig. Ligtestaalraambehuising is ’n nuwe konstruksiemetode wat in Suid-Afrika geïmplementeer
word en daar is nog nie baie ondervinding in die industrie beskikbaar nie. Dit metode het ‘n lae
toleransie vir foute; kundiges word vir effektiewe konstruksie benodig.
8.5. Beskikbaarheid van Arbeid
Die beskikbaarheid van arbeid vir ’n spesifieke konstruksiemetode is ’n kritieke aspek wat in ag
geneem moet word as alternatiewe oorweeg word. Indien die nodige arbeiders nie plaaslik vir ’n
konstruksiemetode beskikbaar is nie, sal dit nie sinvol wees om die metode te kies nie. Kontrakteurs
kan ekstra arbeid benodig en dan moet die nodige arbeid beskikbaar wees. Tabel 18 toon die arbeid
wat benodig word vir die verskillende konstruksiemetodes.
Tabel 18: Arbeid benodig vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalraam
Opgeleide arbeiders word vir hierdie metode benodig, maar daar is steeds
ongeskoolde arbeiders by die konstruksieproses betrokke en hulle is
gewoonlik vrylik beskikbaar, veral in die gebiede waar die tipe behuising
gebou sal word. Die kundigheid wat benodig word, is nie buitengewoon
gespesialiseerd vir die oprigting nie. Ongeskoolde arbeiders kan opgelei
word om hierdie taak te verrig. Daar is egter ’n tyds- en koste-implikasie
vir die opleiding van die arbeiders.
3
Voorafvervaardigde beton
Die arbeiders benodig vir die oprigting van voorafvervaardigde
betonstrukture sluit hyskraanoperateurs, geskoolde arbeiders en
ongeskoolde arbeiders in. Daar word relatief min van elk benodig in
vergelyking met ander konstruksiemetodes. Die arbeiders wat benodig
word vir die oprigting van ’n voorafvervaardigde betonstruktuur word
intern opgelei want daar geen bewyse van eksterne opleidingsprogramme
of kursusse in Suid-Afrika nie. Omdat die opleiding intern gedoen word en
daar nie baie arbeiders verlang word nie, sal die beskikbaarheid van die
benodigde arbeiders nie ’n groot struikelblok vir die metode wees nie.
2
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
77
Tradisioneel
Om die tipe behuising op te rig, word messelaars, geskoolde en
ongeskoolde arbeiders benodig. Soos voorheen genoem, is dit ’n
eenvoudige konstruksiemetode en daar word hoofsaaklik van
handearbeid gebruik gemaak. Hierdie kundigheid is vrylik in die boubedryf
beskikbaar.
1
Die arbeid se beskikbaarheid is direk afhanklik van hoe bekend die tipe konstruksiemetode is en
watter tipe arbeid benodig word. Soos in Par. 8.4 genoem, is tradisionele behuising baie bekend en
benodig nie gespesialiseerde arbeid nie, dus is die arbeid vrylik beskikbaar.
8.6. Boumateriale en hul Beskikbaarheid
Die tipe boumateriale wat gebruik word, het ’n groot invloed op die aanvaarding deur die
gemeenskappe en op volhoubare ontwikkeling. Daar word gepoog om die vervaardigingsproses so
omgewingsvriendelik as moontlik te maak en materiale deur herwinbare afval te vervaardig. Die
materiale moet op grootskaal beskikbaar wees aangesien laekostebehuising met mediumdigtheid
gewoonlik massabehuising is. Tabel 19 verskaf ’n opsomming van die boumateriale en
beskikbaarheid wat vir die alternatiewe metodes benodig word.
Tabel 19: Boumateriale en Beskikbaarheid vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalRaam
Die materiale vir ligtestaalraambehuising kan in vier primêre groepe
gegroepeer word, naamlik die fondasiemateriale, staalraam, isolasie en
bedekking vir die mure en die dak. Materiale vir die fondasies en
afwerkings is redelik vrylik beskikbaar. Die materiaal wat vir die panele
benodig word, word in fabrieke vervaardig. In hierdie stadium is die
fabrieke nog besig om in Suid-Afrika te vestig, dus is massaproduksie van
hierdie materiale nog nie orals plaaslik beskikbaar nie en moet dit van
elders bestel word. Isolasie en bekleding is redelik vrylik beskikbaar,
afhangend van die produk wat gebruik word.
3
Voorafvervaardigde beton
Die materiale wat benodig word om die betonpanele te giet, bestaan uit
staal, sand, klip en sement. Hierdie materiale is redelik vrylik beskikbaar in
die Suid-Afrikaanse boubedryf. Indien dit nie naby ’n aanleg beskikbaar is
nie, gaan daar addisionele vervoerkoste betrokke wees. In die meeste
gebiede waar vervaardigingsaanlegte opgerig is, behoort die
beskikbaarheid nie ’n probleem te wees nie aangesien hulle die aanlegte
gewoonlik oprig waar die materiale beskikbaar is.
2
Tradisioneel
Stene, sand, sement, dakkappe en alle materiale wat vir die tradisionele
konstruksiemetode gebruik word, is vrylik by die meeste plaaslike
verskaffers in Suid-Afrika beskikbaar.
1
Tradisionele en voorafvervaardigdebetonbehuising se materiale is vrylik beskikbaar en kan in
grootmaat in Suid-Afrika voorsien word. Alhoewel ligtestaalraambehuising se materiale nie tans
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
78
volop en oral beskikbaar is nie, sal dit in die toekoms wees en die vervaardiging daarvan is meer
volhoubaar as die ander twee konstruksiemetodes.
8.7. Konstruksietyd
Konstruksietyd is ’n belangrike faktor om in ag te neem omdat dit gewoonlik ’n invloed het op die
koste en met die huidige behuisingsagterstand is dit noodsaaklik om so veel as moontlik behuising in
’n kort tyd teen lae koste te voorsien. Die konstruksietyd van die voorgestelde 40m2-huis se bo-
struktuur en dakraamwerk van die alternatiewe metodes word in Tabel 20 opgesom en vergelyk.
Tabel 20: Konstruksietyd vir die Metodes
Metode Dae Beskrywing #
Ligte staalraam 1.5
Die konstruksie vir ’n 40m2-huis se mure neem ’n dag. Dit sluit die
installasie van die isolasiemateriaal en die muurafwerking in. Die
konstruksie van die dakraamwerk neem ’n halwe dag.
2
Voorafvervaardigde beton 1
Die muurkonstruksie (plasing en vasmaak) vir ’n 40m2-huis met
voorafvervaardigdebetonpanele neem ongeveer ’n halwe dag en
’n verdere halwe dag vir die dakraamwerk.
1
Tradisioneel 3.5
Die mure se konstruksie (bou en pleister) van die 40m2-huis neem
ongeveer 3 dae omdat daar wagperiodes is vir die uitdroging. Net
soos vir die vorige konstruksiemetodes, neem die dakraamwerk ’n
halwe dag.
3
Die konstruksie vir ’n 40m2-huis se mure en dakraamwerk deur die ligtestaalraamkonstruksiemetode
is 57% vinniger as die tradisionele konstruksiemetode en die voorafvervaardigde konstruksiemetode
is 71% vinniger. Die konstruksietyd van ’n volledige behuisingsprojek sal nie noodwendig dieselfde
persentasie tyd spaar nie, aangesien die waardes net bepaal is vir die konstruksie van die mure en
die dak se raamwerk. Die voorbereiding en afwerkings is ’n tydsame proses en sal min of meer
dieselfde wees vir elke metode. As gevolg van hierdie rede sal die konstruksietyd van ’n volledige
behuisingsprojek met die drie konstruksiemetodes nie met die bogenoemde persentasies verskil nie,
maar sal wel verskil.
8.8. Produksiekapasiteit
Mediumdigtheid laekostebeshuising word normaalweg beskou as massabehuising, daarom is die
produksiekapasiteit van die konstruksiemetodes ’n belangrike aspek. Die konstruksietyd het wel ’n
invloed op die produksiekapasiteit, maar daar is ander faktore wat ’n invloed het soos bv.
wagperiodes vir materiale, toerusting, ens. Die produksiekapasiteit van elke konstruksiemetode
word in Tabel 21 opgesom.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
79
Tabel 21: Produksiekapasiteit vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalraam
Fabrieke vir die vervaardiging van hierdie metode se materiale is nog in
die ontwikkelingstadium en kan nie groot hoveelhede lewer nie.
Materiale is ook net in sekere streke beskikbaar, wat beteken dat daar ’n
wagtydperk en vervoerkoste betrokke is. Nog ’n faktor wat die
produksiekapasiteit beïnvloed is die feit dat die ontwerpe van die
elemente nog nie in die fynste detail ontwerp word nie. Daar is
deurlopend klein veranderings en verbeterings wat die proses vertraag.
2
Voorafvervaardigde beton
Voorafvervaardigde betonkonstruksie is bekend vir vinnige oprigting. Daar
is geen wagperiode om voort te gaan met die konstruksie van die
strukture soos in die geval van messelwerk nie. Daar is nie ’n beperking op
die hoeveelheid elemente wat op ’n dag geplaas kan word nie. Indien dit
’n grootskaalse projek met ’n groot konstruksiespan is, sal daar baie goeie
produksiekapasiteit moet wees.
1
Tradisioneel
Konstruksie kan nie vorder voordat die messelwerk uitgedroog is en sy
sterkte bereik het nie. Die konstruksietyd is nie noodwendig beperk deur
die spoed waarteen die messelaars bou nie, maar is meer beperk deur die
wag vir die uitdroog van die messelwerk. Daarom het hierdie metode ‘n
swakker produksiekapasiteit as voorafvervaardigde beton en ligte
staalraam strukture.
3
Dit is duidelik dat voorafvervaardigde betonkonstruksies groter produksiekapasiteit op groot
projekte het omdat panele net geplaas kan word en daar nie wagperiodes nodig is nie (indien
materiale op terrein is). Ligtestaalraamkonstruksies het die potensiaal om ook groot
produksiekapasiteit te hê en die metode raak veral effektief op groot projekte. Die ontwerpe moet
verfyn word en materiaalproduksie moet verbeter om ‘n beter produksiekapasiteit te kry.
Tradisionele konstruksie is nat konstruksie en beperk die produksiekapasiteit omdat daar
wagperiodes vir uitdroging is.
8.9. Koste
Die koste van ’n projek is waarskynlik die hooffaktor wat in ag geneem word as daar gekyk word na
alternatiewe vir laekostebehuising met mediumdigtheid. Die koste is bepaal vir die oprigting van die
mure en dakraamwerk van ’n eenvoudige 40m2-huis. Aspekte wat ’n invloed het op die koste, is
materiaal, arbeid en toerusting. Dit is moontlik dat koste sal verminder indien massabehuising gebou
word, maar daar word aangeneem dat die konstruksiemetodes proporsioneel sal verminder as meer
eenhede gebou word.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
80
Tabel 22 som die toerusting, arbeid en materiaalkoste op.
Tabel 22: Koste vir die Metodes
Metode Toerusting Koste Arbeid Koste Materiaal
Koste
Totale
Koste
#
Ligte staalraam R 3 394.49 R 4 822.13 R 39 262.15 R 47 478.77 2
Voorafvervaardigde beton R 5 558.48 R 1 125.00 R 48 159.00 R 54 842.48 3
Tradisioneel R 1 529.34 R 5 609.40 R 24 977.37 R 32 116.11 1
Uit Tabel 22 kan afgelei word dat tradisionele behuising se totale koste die goedkoopste is om die
mure en dakraamwerk te bou. Die rede hiervoor is dat die bedryf hierdie metode al jare gebruik en
dit is ’n kompeterende mark in terme van arbeid, materiale en toerusting. Billike pryse en tariewe is
in die mark beskikbaar. Indien massabehuising gebou word op die tradisionele metode, sal hierdie
tarief nie noodwendig veel minder raak nie. Voorafvervaardigde betonkonstruksie raak weer meer
koste-effektief indien massaproduksie en herhaling plaasvind en so sal die koste verlaag. Sodra die
ligtestaalraamkonstruksiemetode in Suid-Afrika gevestig raak, sal daar ’n meer kompeterende mark
in terme van materiale en arbeidskostes wees. Fabrieke sal opgerig word en materiale sal in
massaproduksie vervaardig word wat weer die koste sal afbring. Kontrakteurs sal meer vertroud met
die konstruksieproses wees en ’n beter idee hê oor hoe om te tender (die risiko‘s sal verminder).
Daar kan afgelei word dat voorafvervaardigde betonkonstruksie nie arbeidsintensief is nie en dat die
koste van die toerusting wat gebruik word meer is. Die teenoorgestelde geld vir tradisionele
behuising.
8.10. Volhoubare Konstruksie/Ontwikkeling
Volhoubare konstruksie is ’n belangrike vereiste in die moderne boubedryf. Dit is belangrik om
energie in die vervaardigings- en konstruksieprosesse te bespaar en gebruik te maak van herwinbare
materiale. Die besoedeling en materiaalafval moet so veel as moontlik beperk word. Tabel 23 som
die volhoubaarheid van elke konstruksiemetode op.
Tabel 23: Volhoubaarheid vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalraam
Die isolasie van hierdie tipe gebou is baie goed in vergelyking met
konvensionele boumetodes. Hierdie metode het ’n goeie weerstand om
geleiding van hitte te weerstaan (R-waarde van 1.1-5.3).
Ligtestaalraamgeboue benodig minder as die helfte van die energie om te
verhit of te verkoel tot ’n gemaklike interne temperatuur as ’n
messelwerkgebou. Die materiaalmassa, kompakte verpakking om te
2
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
81
vervoer, min afval in die vervaardigingsproses en min bourommel op
terrein het ’n groot voordeel in terme van die die koolstofvoetspoor. ’n
Groot persentasie van skroot wat gegenereer word, word hergebruik om
nuwe staal te produseer. Die gebruik van materiale in hierdie metode
word in die ontwerpe geoptimaliseer, wat weer lei tot besparings in die
vervaardigingsproses.
Voorafvervaardigde beton
Voorafvervaardigdebeton se volhoubaarheid as ’n materiaal sluit die
gebruik van herwinbare materiale in soos vlieg-as en bewapening wat
bydra tot die groen graderingsisteme. Hierdie metode verseker geseëlde
strukture en verhoed ongewenste lugverliese. Dit is algemeen om op
verwarmings-, verkoelings- en ventilasietoerusting af te skaal en die
meganiese ventilasie in voorafvervaardigde geboue te verhoog. Die R-
waarde van ’n betonpaneel wissel tussen 2.0–2.9, afhangend van die dikte
en isolasiemateriaal wat gebruik word.
3
Tradisioneel
Kleistene kan bestaan uit herwinbare baksteenstof, industriële afval, soos
vlieg-as, en ’n verskeidenheid ander afvalprodukte. Die
vervaardigingsproses produseer min afvalstowwe en die stene wat
onbruikbaar is, kan herwin word en weer in die produksieproses gebruik
word. Relatief min afval word gedurende konstruksie gegenereer en die
afval word normaalweg vir vulmateriaal op terrein gebruik. Wanneer ’n
messelwerkstruktuur afgebreek word, kan heel stene weer gebruik word
of die gebreekte stene kan herwin word vir die vervaardigingsproses. ’n
Normale dubbel messelwerkmuur het ’n R-waarde van 0.26-0.66,
afhangend van die tipe isolasie wat gebruik word.
1
In terme van die struktuur se isolasie-eienskappe is ligtestaalraambehuising ’n baie effektiewe
alternatiefas gevolg van sy hoër R-waarde. Dit word ook grootliks bepaal deur die tipe isolasie
materiaal wat gebruik word. Al drie metodes maak gebruik van herwinbare materiale en die
materiale kan self herwin word indien die strukture afgebreek word. Ligtestaalraam- en
voorafvervaardigde betonbehuising het baie min vermorsing op terrein aangesien dit ‘n baie
presiese konstruksiemetode is.
Figuur 14 hieronder toon die koolstofvoetspoor van die drie alternatiewe konstruksiemetodes vir die
konstruksie en operasionele verhittings fase van ‘n laekoste huis oor ‘n tydperk van 40 jaar.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
82
Figuur 14: Koolstofvoetspoor van die Konstruksie en Operasionele Verhittingsenergie van 'n Laekostehuis oor 40 jaar (Gray, Oxtoby, & Braune, 2010)
Uit Figuur 14 hierbo kan afgelei word dat voorafvervaardigde betonkonstruksie die grootste koolstof
voetspoor het in die konstruksie- en operasionele fase oor 40 jaar. Verder toon dit dat
ligtestaalraamkonstruksie die tweede grootste koolstofvoetspoor het en tradisionele konstruksie die
kleinste koolstofvoetspoor het oor ‘n leeftyd van 40 jaar.
8.11. Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
Die ontwikkeling van gemeenskappe moet in konstruksieprojekte geïnkorporeer word. Daar moet
gebruik gemaak word van plaaslike arbeid en vooruitgang moet bevorder word. Tabel 24 beskryf
elke alternatief se werkskeppings- en ontwikkelingsvermoë.
Tabel 24: Werkskepping en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling vir die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalraam
Minder ongeskoolde arbeid word benodig vir die konstruksiemetode. Dit
hou sy eie voor- en nadele in. Die nadeel is dat ongeskoolde arbeiders
gewoonlik vrylik beskikbaar is, veral in sommige plaaslike gebiede, maar
word nie so baie gebruik nie. ’n Voordeel is dat ongeskoolde arbeiders
opgelei kan word om die meer spesialiswerk te doen en so hulle
vaardighede verbeter en hulle kan selfs ’n kwalifikasie kry. Die metode
skep werk op ’n hoër vlak met beter betaling vir die arbeiders wat goed is
vir hulle vooruitgang. Soos die ligtestaalboubedryf verbeter, sal meer
fabrieke opgerig word en dit sal ook verdere geleenthede skep.
2
Ligte Staal Beton Steen
Operasionele Fase 46.5 49.8 38.9
Konstruksiefase 9.3 9.5 11.2
0
10
20
30
40
50
60
70
Ton
ne
CO
2
Koolstofvoetspoor
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
83
Voorafvervaardigde beton
Dit is nie ’n arbeidsintensiewe konstruksiemetode nie, so daar is nie baie
werksgeleenthede gedurende konstruksie nie. Die metode skep wel ander
geleenthede op ’n hoër vlak. Die industrie van voorafvervaardigde beton
bied menslike ontwikkeling. Arbeiders werk in fabrieke waar die
betonelemente vervaardig word, eerder as op terrein. Dit skep ’n veiliger,
meer standvastige werksomgewing vir die werkers en bevorder sosiale
opheffing. Die metode vereis ook hoërvlak vaardighede en bevorder die
arbeiders se lewensomstandighede omdat hulle opleiding ontvang.
3
Tradisioneel
Die tradisionele konstruksiemetode is ’n arbeidsintensiewe
konstruksiemetode en maak hoofsaaklik van handearbeid gebruik. Die
konstruksiemetode sal plaaslike werkskepping bevorder omdat daar nie ’n
hoë vlak van opleiding benodig word nie. Daar is altyd plaaslike arbeiders
beskikbaar en op grootskaalse projekte sal daar baie werksgeleenthede
geskep word, relatief tot die ander metodes. ’n Lae vlak van arbeid en
vaardighede word gebruik en daar is min geleenthede om nuwe
vaardighede aan te leer
1
Tradisionele konstruksie is bekend vir die arbeidsintensiewe aard daarvan en skep werksgeleenthede
op ’n lae vlak. Ontwikkeling word nie bevorder deur die tradisionele konstruksiemetode nie.
Voorafvervaardigde betonkonstruksie is die teenoorgestelde in terme van arbeid en ontwikkeling.
Min arbeid word gebruik, maar werksgeleenthede word op ’n hoër vlak in vervaardigingsfabrieke
geskep. Minder geleenthede is beskikbaar, maar vaardighede word ontwikkel.
Ligtestaalraambehuising maak gebruik van handearbeid. Minder ongeskoolde arbeiders word
benodig, maar meer opgeleide arbeiders. Dit skep geleentheid vir opleiding en ontwikkeling. Verder
kan die alternatief, net soos voorafvervaardigde betonkonstruksie, geleenthede in fabrieke vir die
vervaardiging van die materiaal skep.
8.12. Gemeenskapsaanvaarding
Die keuse van konstruksiemetode word baie beïnvloed deur die betrokke gemeenskappe. Indien die
gemeenskap nie ’n konstruksiemetode aanvaar nie, is daar geen nut om dit vir behuising te oorweeg
nie. Gemeenskappe moet ingelig word oor die alternatiewe metodes sodat hulle die metodes kan
verstaan en moontlik dan sal aanvaar.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
84
Tabel 25 is ’n opsomming van aanvaarding van die verskillende metodes deur gemeenskappe.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
85
Tabel 25: Gemeenskapsaanvaarding van die Metodes
Metode Beskrywing #
Ligte staalaam
Gemeenskappe aanvaar nog nie hierdie konstruksiemetode nie. Hulle is
nie gewoond aan die metode nie en die mure het ’n hol klank.
Ligtestaalraambehuisingsprojekte moet op grootskaal aangewend word
vir laekostebehuising met mediumdigtheid sodat die gemeenskappe
gewoond kan raak aan die metode en dit aanvaar. In hierdie stadium is dit
nog ’n probleemarea.
3
Voorafvervaardigde beton
Hierdie tipe konstruksie veroorsaak minder geraasbesoedeling en stof op
terrein. Daarom is die steuring in die buurgemeenskappe minder as
hierdie metode gebruik word. Beton is nie net funksioneel in terme van
strukturele toepassings en die soliede aard daarvan nie, maar word ook
deesdae erken vir die estetiese waardes. Met verskeie vorms, afwerkings
en kleure bied beton vele opsies vir argitekte om estetiese ontwerpe te
doen wat deur die gemeenskappe aanvaar sal word.
2
Tradisioneel
Tradisionele behuising word al jare gebruik en is steeds die voorkeuropsie
wanneer dit by konstruksiemetodes kom. Hieruit kan afgelei word dat die
gemeenskappe die metode aanvaar en dit verkies. Die konstruksiemetode
is arbeidsintensief; dit skep meer werksgeleenthede as die ander metodes
en is daarom die voorkeuropsie vir gemeenskappe.
1
Gemeenskappe verkies strukture wat solied is en waaraan hulle gewoond is. Tradisionele en
voorafvervaardigde betonbehuising voldoen aan hierdie eienskappe, maar tradisionele behuising is
steeds die voorkeuropsie omdat dit so bekend en algemeen in die Suid-Afrikaanse boubedryf is.
Gemeenskappe moet nog gewoond raak aan die konsep van ligtestaalraambehuising voordat dit ten
volle aanvaar gaan word.
8.13. Sintese
8.13.1. Ligtestaalraambehuising
Ligtestaalraambehuising is ’n relatief nuwe konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf,
maar word al vir meer as 50 jaar in die buiteland gebruik. Hierdie metode is nog nie op ’n breë basis
in die Suid-Afrikaanse industrie geïmplementeer nie. Alhoewel dit nog nie baie as mediumdigtheid
laekostebehuising gebruik word nie, het dit baie potensiaal in terme van die voordele wat dit bied.
Hierdie konstruksiemetode het ‘n lae toleransievlak vir foute tydens konstruksie, aangesien die
elemente in fabrieke vervaardig word, na die terrein vervoer word en opgerig word; die metode
berus dus op spesifieke grootte elemente en kundiges word vir die oprigting benodig. Indien daar
foute gemaak word in die beginfase van die konstruksieproses, neem dit tyd en moeite om reg te
stel. Die standaardgroottes van panele moet in ag geneem word en met goeie ontwerpe en
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
86
beplanning het hierdie metode bykans geen afvalmateriaal nie. Opgeleide arbeiders moet gebruik
word vir die oprigting van hierdie metode.
Die materiale wat gebruik word vir ligtestaalraambehuising het goeie eienskappe en is volhoubaar.
Die vervaardigingsproses is skoon en omgewingsvriendelik. Daar is erger tans ’n tekort aan die
lewering van massahoeveelhede van die materiale aangesien daar nog nie ’n groot aanvraag is nie.
Die probleem sal oorkom word sodra hierdie metode meer gebruik word. Die materiale en elemente
is lig en maklik om op terrein sonder enige toerusting te hanteer. Die goeie isolasie-eienskappe
veroorsaak dat minder energie benodig word vir verhitting en verkoeling.
Dit is ’n relatief vinnige konstruksiemetode omdat die meeste van die panele reeds aanmekaar vas is
as dit op terrein kom. Geen wagtyd word vir uitdroging benodig sodat die struktuur sy sterkte kan
bereik nie. Met betrekking tot die totale projekduurte, maak dié konstruksiemetode nie ’n groot
verskil nie. Eerstens, omdat die konstruksie alleenlik bespoedig word met die oprigting van die mure,
is die ander aktiwiteite steeds ’n tydsame proses; min of meer dieselfde as vir die konvensionele
messelwerkmetode. Tweedens, die ontwerpe is nog nie tot in die fynste detail ontwerp nie. Daar is
gedurig veranderings en dit neem tyd om te herontwerp, wat die produksiekapasiteit belemmer. Die
struikelblokke kan egter oorkom word sodra daar meer ervaring met hierdie konstruksiemetode
opgedoen word.
Daar is tans nie baie verskaffers van hierdie produkte nie, so daar is nie kompetisie en
massaproduksie nie en dit veroorsaak dat die materiale duur is. Kontrakteurs is nog onervare en
daarom word daar risikofaktors in hulle tenders ingebou om voorsiening te maak vir moontlike
probleme gedurende konstruksie. Die prys van hierdie metode sal oor tyd met ervaring en
massaproduksie verminder.
Die konstruksiemetode gebruik minder ongeskoolde arbeiders wat nie goed is vir plaaslike
werkskepping nie, maar daar is wel geleenthede vir opleiding en fabriekswerk wat ’n hoër vlak van
opleiding vir die gemeenskap tot gevolg het. Gemeenskappe verkies nog nie hierdie
konstruksiemetode nie omdat dit vir hulle nuut en onbekend is. Hulle verkies ’soliede’ strukture en
derhalwe moet gemeenskappe ingelig word om die waarde van die metode te verstaan.
8.13.2. Voorafvervaardigde Betonbehuising
Voorafvervaardigde betonbehuising is al vir Suid-Afrikaanse behuising gebruik, maar is beter bekend
vir die oprigting van groot strukture soos fabrieke en geboue. Alhoewel dit nog nie baie in
laekostebehuising met mediumdigtheid gebruik is nie, bied dit dieselfde voordeel vir byvoorbeeld
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
87
kleiner strukture soos huise omdat daar baie op konstruksietyd bespaar word; ‘n goeie kenmerk,
veral met die huidige behuisingsagterstand in die land.
Hierdie konstruksiemetode het ook ‘n lae toleransievlak tydens konstruksie, aangesien die elemente
in fabrieke vervaardig word, na die terrein vervoer word en opgerig word; die metode berus dus op
spesifieke grootte elemente. Die paneelgroottes moet effektief ontwerp word en met goeie ontwerp
en beplanning het hierdie metode bykans geen afvalmateriaal nie. Min, maar goed-opgeleide
arbeiders en hyskrane word vir die plasing van hierdie betonpanele gebruik.
Die materiale wat vir voorafvervaardigde betonpanele gebruik word, kan van herwinbare materiaal
vervaardig word. Hierdie materiale is vrylik in die bedryf beskikbaar. Dit neem wel tyd vir panele om
sterkte te win voordat dit na die terrein geneem kan word, maar daar is óf gevestigde aanlegte wat
gebruik kan word óf ’n aanleg kan op terrein gebou word; die lewering van panele behoort nie die
konstruksie te belemmer nie. Die betonpanele is swaar en word met hyskrane in posisie geplaas, dus
word minder arbeiders op terrein benodig wat dit ’n veiliger werksomgewing maak. Beton het goeie
isolasie-eienskappe en dit is algemeen om op verwarmings-, verkoelings- en ventilasietoerusting af
te skaal en die meganiese ventilasie in voorafvervaardigde geboue te verhoog, wat op sy beurt ’n
energiebesparing is.
Dit is ’n relatief vinnige konstruksiemetode, veral op grootskaalse projekte, omdat die panele óf op
terrein voorafvervaardig is óf na die terrein vervoer is. Geen wagtyd word vir uitdroging, sodat die
struktuur sy sterkte kan bereik, benodig nie. Die panele word eenvoudig met hyskrane in posisie
geplaas, gestut en dan aanmekaar gebind. Hierdie konstruksiemetode word veral effektief as
herhaling daarvan plaasvind; soveel as moontlik van die panele moet dieselfde wees. Dit is ’n relatief
duur konstruksiemetode as gevolg van die voorafvervaardigde betonpanele, maar
produksiekapasiteit verhoog en materiaalkoste kan verminder word deur herhaling van dieselfde
panele.
Die blyk dat die verskaffing van voorafvervaardigde panele nie ’n probleem is nie, maar daar is wel
probleme met die konstruksieproses. Daar is net interne opleiding beskikbaar vir hierdie
konstruksiemetode. Goeie kommunikasie is noodsaaklik tussen die kraanoperateur en persoon op
die grond om die panele te plaas. Daar is groot risiko’s in terme van veiligheid. Opleiding word
benodig vir effektiewe produksie op terrein en indien dit so is, sal dit goeie produksiekapasiteit tot
gevolg hê.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
88
Voorafvervaardigde materiaal gebruik min arbeiders op terrein, wat nie bevorderlik is vir plaaslike
werkskepping nie, maar daar is wel geleenthede vir opleiding en fabriekswerk wat ’n hoër vlak van
opleiding vir die gemeenskap tot gevolg het. Gemeenskappe aanvaar hierdie konstruksiemetode
aangesien dit min of meer dieselfde lyk as waaraan hulle gewoond is en ’n soliede struktuur is.
8.13.3. Tradisionele Behuising
Tradisionele behuising bestaan uit stene en messelwerk. Die baksteen en messelwerkmetode is die
bekendste en algemeenste konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf. Dit is nog steeds
die voorkeuralternatief vir baie persone en gemeenskappe omdat hulle gewoond is daaraan en
mense dikwels wegskram van verandering. Daar word egter na alternatiewe boumetodes vir
laekostebehuising met mediumdigtheid gesoek om sekere struikelblokke ten opsigte van die
tradisionele metode te oorkom.
Die tradisionele boumetode met stene en messelwerk is ’n redelik eenvoudige konstruksiemetode
en is goed aan kontrakteurs en arbeiders bekend. Die metode kan maklik op terrein sonder moeite
verander word; een aspek wat verskil van die vorige twee alternatiewe. Daar is meer afval en
vermorsing gedurende konstruksie as in die geval van ligtestaalraamhuise en voorafvervaardigde
betonhuise. Messelaars en ongeskoolde arbeiders word vir hierdie konstruksiemetode benodig en
hulle is tans vrylik in die bedryf beskikbaar.
Tradisionele behuising word hoofsaaklik met stene en mortel (mengsel tussen sand, sement en
water) gebou. Stene word van natuurlik materiale vervaardig en daar is ’n mate van besoedeling
gedurende die uitdroging van die stene. Die materiale en elemente is relatief lig en is maklik om op
terrein sonder enige groot toerusting te hanteer. Handearbeid word hoofsaaklik vir hierdie metode
gebruik aangesien dit ’n arbeidsintensiewe konstruksiemetode is. Stene het goeie natuurlike isolasie-
eienskappe en ekstra isolasie kan bygevoeg word wat dit effektief maak vir verhittings- en
verkoelingsdoeleindes.
Dit is ’n relatief stadige konstruksiemetode omdat dit ’n vorm van nat konstruksie is. Dit beteken dat
daar ’n wagtyd vir uitdroging is sodat die struktuur sy sterkte kan bereik voordat daar verder gebou
word. Hierdie aspek belemmer die produksiekapasiteit. Dit is moontlik een van die redes hoekom
daar na alternatiewe gekyk moet word vir vinniger konstruksie om behuisingsagterstand in te haal of
uit te wis.
Stene, sand, sement, dakkappe en alle materiaal, wat vir die tradisionele konstruksiemetode gebruik
word, is vrylik by die meeste plaaslike verskaffers beskikbaar, wat die mark kompeterend maak.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
89
Kontrakteurs, messelaars en arbeiders is vrylik teen lae tariewe beskikbaar. Die koste van materiale
en arbeid in ’n kompeterende mark veroorsaak dat dit ’n goedkoop konstruksiemetode is.
Dit is die voorkeurkonstruksiemetode vir die meeste gemeenskappe omdat dit ’n soliede struktuur is
en hulle gewoond daaraan is. Welgestelde mense woon in messelwerkhuise, dus wil meeste
gemeenskappe dié tipe behuising hê; ‘n tipe statussimbool. Verder verkies gemeenskappe hierdie
konstruksiemetode omdat dit werk in die plaaslike gemeenskappe skep. Dit is ’n arbeidsintensiewe
boumetode en vereis ‘n redelike hoeveelheid arbeiders. Ongelukkig is daar nie verdere ontwikkelling
wat die metode bied vir die gemeenskappe nie.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
90
9. GEVOLGTREKKING EN VERDERE STUDIES
In hierdie hoofstuk word al die gevolgtrekkings wat ten opsigte van die drie konstruksiemetodes
gemaak is, bespreek en daarna sal ’n aanbeveling gemaak word oor wanneer dit voordelig sal wees
om ’n spesifieke konstruksiemetode te gebruik. Verder word die “Informal Grid”- stelsel bespreek en
aanbevelings in dié verband word gemaak. Hier word ook onderwerpe genoem vir verdere/
toekomstige studies.
9.1. Gevolgtrekking
In hierdie projek was drie laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid beskou en is met verskeie
faktore geëvalueer en daarna is hulle vergelyk met mekaar. Daaruit is bepaal waar ’n sekere stelsel
meer toepaslik sal wees in ’n spesifieke gebied. Verder was daar ’n modulêre konstruksieontwerp,
bekend as die “Informal Grid” sisteem, beskryf om die kwessies van verstedeliking en beskikbare
ontwikkelingsgebied aan te spreek. Die drie stelsels is geëvalueer vir hulle toepassing in die
“Informal Grid” konsep.
Ligtestaalraambehuising is nog nie baie bekend in die Suid-Afrikaanse boubedryf nie, veral nie vir die
gebruik van laekostebehuisingstelsels nie. Hierdie behuisingstelsel is nie die voorkeur stelsel vir
enige van die besluitnemingsfaktore wanneer dit vergelyk word met die ander twee stelsels nie.
Omdat dit ’n relatiewe nuwe stelsel is in die Suid-Afrikaanse boubedryf, is die materiale duur, daar is
nie ’n kompeterende mark nie en die ontwerpers asook die gemeenskap is nie gewoond daaraan nie.
Met hierdie in ag geneem, is hierdie stelsel nie ’n goeie oplossing vir die huidige
behuisingsagterstand in Suid-Afrika nie.
Dit word aanbeveel dat gemeenskappe en organisasies ingelig word en dat die
Ligtestaalraambehuising konstruksiemetode op grootskaal geïmplementeer word sodat die
gemeenskappe daaraan gewoond kan raak en dit kan aanvaar. Dit is ’n potensiale volhoubare
konstruksiemetode en meer fabrieke moet gevestig word vir massaproduksie om die
produksiekapasiteit te verbeter. Daar moet aandag gegee word aan die ontwerpe en met tyd sal
kontrakteurs genoeg ervaring opdoen om sodoende meer effektief te werk en koste te bespaar. Dié
konstruksiemetode het baie potensiaal en moet oorweeg word as ’n alternatief vir mediumdigtheid
laekostebehuising in die toekoms.
Die Voorafvervaardigde beton konstruksiemetode is bekend in Suid-Afrika maar word meer
algemeen gebruik vir groot geboue soos fabrieke ens. Dit word nie so algemeen gebruik vir
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
91
laekostebehuisingstelsels nie, maar hierdie stelsel het die voorkoms van tradisionele messelwerk
geboue, so dit word aanvaar deur die gemeenskappe. Hierdie konstruksiestelsel vaar die beste van
die drie alternatiewe indien die konstruksietyd en produksiekapasiteit beskou word. Dit is baie
positief aangesien daar ’n beduidende behuisingsagterstand tans in Suid-Afrika is. Die
konstruksiekoste is wel die duurste maar kan verminder word deur herhaling van dieselfde panele
asook op die gebruik van grootskaalse projekte.
Die Voorafvervaardigde beton konstruksiemetode moet oorweeg word wanneer aanlegte naby aan
die terrein geleë is en waar massabehuising opgerig word. Dit verminder die vervoer- en
materiaalkoste wat dit ’n goedkoper opsie maak. As massaproduksie en vinnige konstruksie vir ’n
behuisingsprojek verlang word, sal hierdie konstruksiemetode aanbeveel word. Indien daar nie baie
arbeid beskikbaar is nie, sal dit ook ’n goeie opsie wees. Daar moet egter verseker word dat die
beskikbare arbeiders genoegsame opleiding het anders sal die oprigtingsproses vertraag word.
Tradisionele messelwerk behuising word nie vir geen rede al jare in die Suid-Afrikaanse boubedryf
gebruik nie. Dit is die mees bekende konstruksiemetode in die Suid-Afrikaanse boubedryf en almal is
gewoond daaraan. In hierdie projek is bevind dat tradisionele messelwerk die beste gevaar het in die
volgende afdelings:
kundigheid benodig;
beskikbaarheid van arbeid;
boumateriale en hul beskikbaarheid;
koste;
volhoubare konstruksie/ontwikkeling;
werkskepping en plaaslike ekonomiese ontwikkeling; en
gemeenskapsaanvaarding.
Indien die bogenoemde faktore belangrik en noodsaaklik is vir die regering of ’n ontwikkelaar, sal
tradisionele messelwerk tans die beste opsie wees vir laekostebehuising met mediumdigtheid.
Alhoewel gemeenskappe die tradisionele messelwerk konstruksiemetode verkies, moet daar na
alternatiewe konstruksiemetodes vir ’n meer volhoubare oplossing vir behuising gekyk word in die
toekoms. Die tradisionele konstruksiemetode is tydrowend en die agterstand gaan moeilik ingehaal
word as daar nie na ’n vinniger konstruksiemetode gekyk word nie. Hierdie metode skep wel
werkskepping vir laevlakarbeiders, maar daar is min of geen bevorderingsmoontlikhede nie.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
92
Deur na behuising vir mediumdigtheid te kyk, spreek dit die probleem van verstedeliking en
beskikbare ontwikkelingsgebiede aan. Daar is ’n tekort aan beskikbare grond naby stede en die
grond word nie tans optimaal gebruik nie. Suid-Afrikaanse nedersettings en stede word beskryf as
oneffektief en ruimtelik verwronge met laedigtheidstadspreiding as monofunksionele areas en vang
die armes en nuwe stadsinwoners in groot disfunksionele dorpsgebiede in die buitewyke van die
stad vas.
Die “Informal Grid”-stelsel is ’n effektiewe modulêre ontwerp. Dit bied voordele in terme van
buigsaamheid en aanpasbaarheid. Die ontwerp bied ’n effektiewe en estetiese ontwerp wat ’n hoër
digtheid in persoon tot area-verhouding as losstaande eenhede bied. Dit is ’n belangrike aspek om in
ag te neem aangesien beskikbare grond naby stadsgebiede beperk is. Die ontwerp skep ruim
eenhede en het gemeenskaplike oop areas waar gemeenskappe bymekaar kan kom om te ontspan.
Al die konstruksiemetodes onder bespreking kan volgens hierdie modulêre ontwerp toegepas word
omdat dit so ’n aanpasbare en buigsame ontwerp is. Die konstruksiemetodes kan
multiverdiepingsontwerpe akkommodeer.
9.2. Verdere Studies
Uit die navorsing en ondersoeke van hierdie projek het gevolg dat daar ander faktore of elemente
ondersoek kan word in toekomstige studies om meer akkurate en breedvoerige gevolgtrekkings te
verkry. Hier is voorstelle vir verdere studies wat uit hierdie projek gelei het:
Die fondamente kan deel vorm van die besluitnemingsfaktore aangesien daar met
verskillende tipe konstruksiemetodes te doen is. Ligte strukture het moontlik kleiner
fondamente nodig wat ’n invloed sal hê op die koste en konstruksietyd.
Beskou 190mm sementblokke as ’n alternatief vir kleibakstene vir tradisionele messelwerk
behuising. In die moderne konstruksiebedryf is sementblokke meer algemeen as
kleibakstene.
Beskou meervuldige eenhede (volledige blok woonstelle soos deur die “Informal Grid”
sisteem beskryf word) en nie net ’n enkele eenheid om ’n meer akkurate vergelyking te kry.
Omdat van die alternatiewe goedkoper raak deur herhaling en deur groter projekte, sal die
ondersoek ’n meer akkurate resultaat lewer.
Beskou die afwerkings van elke alternatief vir ’n meer akkurate koste en tyd vergelyking.
Ken geweegde faktore toe aan die besluitnemingsfaktore om ’n algehele indruk te kry van
die alternatiewe.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
93
BRONNELYS
AboutTrades: Precast concrete erector. (2012). Retrieved August 30, 2014, from
http://www.apprenticesearch.com/AboutTrades/GetTradeDetails?tradeId=104&TradeNa
Advanced Building. (2014). Retrieved Augustus 26, 2014, from http://www.advanced-
building.org/im-a-professional/
Barnard, D. (2011). Light steel construction and modular homes as alternative building methods in
South Africa. Unpublished research report, B.Sc Honours, University of Pretoria, Pretoria.
Barnard, J. (2011). Light Steel Frame Building on the up. Construction World, 32.
Blismas, N. G., Pasquire, C. L., & Gibb, A. G. (2006). Benefit Evaluation for Off-site Production in
Construction. Construction Management and Economics, 24(2), 121-130.
Bock, B. (2006). Precast Concrete Wall Panels. Naperville: PATH.
Bosch, J. (2003). Omgewingsvolhoubaarheid met Ontwikkeling. Ongepubliseerde tesis vir
Meestersgraad, Universiteit Stellenbosch, Stellenbosch.
Brick and Block Masonry Construction. (2008, May). Build It magazine.
Brigden, M. (2013, October 24). THE PROS AND CONS OF BRICK AND BLOCK CONSTRUCTION.
Retrieved from The Green Home: http://www.thegreenhome.co.uk/builing-products/brick-
and-block-construction/
Brzev, S. (2012). Precast concrete introduction. Retrieved from www.world-housing.net
Built Environment. (2014). Retrieved August 15, 2014, from https://www.innovateuk.org/built-
environment
Burger, J., & Mark, S. (2010). Cost Effectiveness Analysis of Low Income Housing. Analise, Universiteit
Stellenbosch, Stellenbosch.
Burger, S. (2013). Reductions All Round. Engineering News, 19(25), 36.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
94
Burgoyne, M. (2008). Factors affecting housing delivery in South Africa: A case study of the
Fisantekraal housing development project. Unpublished master's degree thesis, Stellenbosch
University, Stellenbosch..
CDC: Health-Related Quality of Life. (2013). Retrieved August 15, 2014, from
http://www.cdc.gov/hrqol/wellbeing.htm
Charlton, S. (2004). An Overview of the Housing Policy and Debates, particularly in relation to
Women (or Vulnerable Groupings). Centre for the Study of Violence and Reconciliation.
Chen, D. (2014). Deep Blue SmartHouse Co.,Ltd. Retrieved August 19, 2014, from
http://www.smarthousing.cn/china-
prefab_disaster_light_steel_frame_houses_light_weight_steel_framed_homes-
1995971.html
De Clercq, H. (2014). Persoonlike onderhoud. 18 Augustus, Stellenbosch.
Dewar, D. (1991). Cities under stress. In Restoring the Land: Environment and Change in Post-
Apartheid South Africa (pp. 91-102). London: Panos Publications LTD.
Drager, L. (1996). An Investigation nto the State of Sustainable Construction within the South African
Building Industry. Universiteit van Kaapstad. Departement van Omgewing en Geologiese
Wetenskappe.
DRM Investments. (2013). Retrieved August 29, 2014, from http://www.drmprefab.com/cement-
home
Du Plessis, C. (2001). Sustainablility and Sustainable Construction: The South African Context.
Building Research & Information, 29(5), 374-380.
Du Plessis, C., Adebayo, A., Agopyan, V., Beyers, C., Chambuya, S., Ebohon, J., Giyamah, O., Irurah,
D., John, V., Hassan, A., Laul, A., Marulanda, L., Napier, M., Ofori, G., Pinto de Arruda, M.,
Rwelamila, P.D., Sara, L., Sattler, M., Shafii, F., Shah, K. (2002). Agenda 21 for Sustainable
Construction in Developing Countries: A Discussion Document. Pretoria: CSIR Building and
contruction technology (Boutrek).
Edwards, B., & Turrent, D. (2000). Sustainable Housing: Principles & Practice (1 ed.). (B. Edwards, &
D. Turrent, Eds.) Great Britain: E & FN Spon.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
95
Egan, T. (2014). Trade of Plastering. Dublin: SOLAS.
Elliott, K. S. (2002). Precast Concrete Structures (First ed.). Great Britain: Elsevier Science.
Engage, K. (2013). Addressing the Housing Backlog in South Afrika, 1. Retrieved Desember 11, 2013,
from http://www.ngopulse.org/article/addressing-housing-backlog-south-africa
Freedman, S. (2001). Design Factors Influencing the Aesthetics of Architectural Precast Concrete. PCI
Journal, 2(2001), 44-60.
Geoffrey, C. M., Lawrence, O. G., Hakgamalang, J. C., & Januarius, O. A. (2011). Rural structures in the
tropics: Design and Development. Rome: FAO.
Glass, J. (2000). The Future for Precast Concrete in Low-Rise Housing. Leicester: British Precast
Concrete Federation.
Hill, R., & Bowen, P. (1997). Sustainable Construction: Principles and Framework for Attainment.
Construction Management and Economics, 15, 223-239.
Hill, R., Pienaar, J., Bowen, P., Krusel, K., & Kuiper, S. (2002). The transition to sustainability in the
planning, construction and management of the built environment in South Africa.
International Journal of Environmental Technology and Management, 2(1-3), 200-24.
Hodgson, S. (2002). Foreword, in du Plessis et al., Agenda 21 for Sustainable Construction in
Developing Countries: A Discussion Document:. Commissioned for the World Summit on
Sustainable Development, Johannesburg, p.i.
Hylink, R., & Snapper, G. (2012). Raising expectations. Retrieved August 30, 2014, from
http://precast.org/2010/05/raising-expectations/#more-1835
Ischebeck. (2010). Titan push-pull props. Retrieved August 24, 2014, from
http://www.ischebeck.es/en.home/encofrados/tornapuntas-es.html
Jurgens, C. J. (2008). An investigation into the feasibility of hybrid concrete construction in South
Africa. Unpublished thesis, Stellenbosch University, Stellenbosch.
Keuler, J. (2013), Personal interview. 5 August, Stellenbosch.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
96
Labour-based Methods and Technologies for Employment Intensive Construction Works.
(2005).South Africa: CIDB.
Little Green Book of Concrete. (2008). Carmel: NPCA.
Lombard, A. (2011). Decision making between Hybrid and In-situ Concrete Construction in South
Africa. Master's degree thesis, Stellenbosch University, Stellenbosch.
Louw, L. (2011). NGO Pulse: RDP houses. Retrieved August 15, 2014, from
http://www.ngopulse.org/article/convert-all-rdp-housing-full-and-unrestricted-freehold-title
Lyons, M. (2009). A Comparative analysis between steel, masonry and timber frame construction in
residential housing. Pretoria: University of Pretoria.
Majavu, A. (2012, December 13). South Africa's Non-Existent Affordable Housing Programme. The
South African Civil Society Information Service.
Merritt, F. S., & Ricketts, J. T. (2001). Building Design and Construction Handbook (6 ed.). McGraw-
Hill Professional.
Modular Building Solutions. (2014). Proposal, Vela Building Solutions, Cape Town.
National Infrastructure Mainteneance Stategy. (2006).Construction Industry Development Board:
CSIR. Republic of South Africa: Department of Public Works.
PCA America's Cement Manufacturers. (2014). Retrieved September 8, 2014, from
http://www.cement.org/think-harder-concrete-/homes/building-systems/pre-cast
Prefab Building Technology. (2014). Retrieved August 13, 2014, from http://prefabs.co.za/modular-
homes-and-buildings/
Prinsloo, P. (2014). Persoonlike onderhoud. 25 Augustus, Durbanville.
Promoting precast concrete usage - also for structural engineering. (2013). Civil Engineering:
Magazine of the South African Institution of Civil Engineering, 21(2), 48-50.
Ramutloa, L. (2011). Speech by the Minister of Labour, Mildred Nelisiwe Oliphant at the Annual
Labour Policy Conference. Retrieved September 16, 2014, from
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
97
http://www.labour.gov.za/DOL/media-desk/speeches/2011/speech-by-the-minister-of-
labour-mildred-nelisiwe-oliphant-at-the-annual-labour-policy-conference/
Reardon, C. (2013). Materials: Precast concrete. Retrieved September 9, 2014, from Your Home:
http://www.yourhome.gov.au/sites/yourhome.gov.au/files/pdf/YOURHOME-3-Materials-
10-PrecastConcrete-(4Dec13).pdf
Reh, F. J. (2014). Management & Leadership. Retrieved August 13, 2014, from
http://management.about.com/cs/people/a/MngChng092302.htm
Ritchie, D. (2009). A look at alternative wall construction systems and the appropriateness of these
wall systems in RDP housing. Pretoria: University of Pretoria.
Roofs, W. a. (2011). Light Steel Frame Building in South Africa.
Ross, N., Bowen, P., & Lincoln, D. (2010). Sustainable Housing for Low-Income Communities: Lessons
For South Africa in the Local an Developing World cases. Construction Management and
Economics (May 2010), 28, 433-449.
SA-Housing. (2010). South Africa-Housing. Retrieved May 23, 2013, from
http://www.nationsencyclopedia.com/Africa/South-Africa-HOUSING.html#ixzz2RHJcW3Ew
SASFA. (2014). Retrieved August 13, 2014, from http://sasfa.co.za/
Schrijver, N. (2008). The Evolution of Sustainable Development in International Law: Inception,
Meaning and Status (329 ed.). (N. Schrijver, Ed.) Recueil: Hague Academy of International
Law.
Silverline. (2013). Light Steel Frame construction & High Performance Alternative Building Solutions.
Cape Town.
Singh, S. (2012). The state of SA's construction industry. Retrieved August 15, 2014, from
http://www.moneyweb.co.za/moneyweb-soapbox/the-state-of-sas-construction-industry
Snowman, M., & Urquhart, P. (1998). A Place Called Home - Environmental Issues and Low-cost
Housing. Cape Town: University of Cape Town Press (Pty) Ltd.
Sustainability in Brick Masonry. (2012). Retrieved from The Constructor:
http://theconstructor.org/building/sustainability-in-brick-masonry/6574/
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
98
Terblanche, M. (2002). Die skep van Aanvaarbare Behuising binne die konteks van Volhoubare
Ontwikkeling. Universiteit Stellenbosch. Stellenbosch: Skool vir Openbare Bestuur en
Beplanning.
The Concrete Centre: Hybrid Concrete Construction. (2005). Retrieved August 29, 2014, from
http://www.concretecentre.com/default.aspx?page=1363
Tissington, K. (2011). A Resource Guide to Housing in South Africa 1994-2010: Legislation, Policy,
Programmes and Practice. South Africa: Socio-economic rights institute.
Tonkin, A. (2008). Sustainable medium-density housing: A resource book (1 ed.). (F. A. Karen Rutter,
Ed.) Cape Town: Development Action Group (DAG).
Transport and Erection. (2014, September 25). Retrieved from Sustainable Precast Concrete:
http://www.sustainableprecast.ca/transportation_erection/precast_sustainability/canada/i
ndex.do
Verduyn, M. (2014). Franchise Zone. Retrieved August 27, 2014, from
http://www.franchisezone.co.za/article/breaking-new-ground/
Vutha, T. (2012, January). 3 ECO CITY CONSTRUCTION. Retrieved September 8, 2014, from
http://www.3ecocity.com/?page=dt&ctype=article&id=86&lg=en
Western Cape Government: Individual Housing Subsidies. (2014). Retrieved August 14, 2014, from
http://www.westerncape.gov.za/services/individual-housing-subsidies
White Paper (2014). A New Housing Policy and Strategy for South Africa. Department of Housing.
Whiteman, J. (2000). The Sustainability Challenge for Southern Africa. New York: St. Martin's Press.
Woods, S. (2008, May). My home, my STEEL castle. Popular Mechanics, pp. 86-89.
Zurcher, L. (2012). The Informal Grid. Unpublished project report, ICOM. Swiss Federal Institude of
Technology, Lausanne.
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
99
ADDENDUM A: ”INFORMAL GRID”- STELSEL
(Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
100
Die ”Informal Grid”- stelsel is modules wat varieer tussen ’n kombinasie van 3m x 3m en 4.5m x
4.5m, soos aangedui in Figuur 15.
Figuur 15: "Informal Grid"- stelsel (Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
101
Figuur 16 hieronder vertoon ’n tipiese uitleg van die kernmodules waar rondom die wooneenhede
gebou gaan word (Zurcher, 2012).
Figuur 16: Kernmodules (Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
102
Figuur 17
Die wooneenheid links
stel een woonstel per
vloer voor.
Daar is verskillende
scenario’s waarvolgens
eienaarskap verdeel kan
word:
i) Die eienaar(s) besit
een of twee vloere en
huur die ander.
ii) Die eienaar(s) besit al
die vloere in die geval
van ’n groot familie.
iii) Een eienaar per vloer.
(Zurcher, 2012).
Die wooneenheid regs
stel twee klein huise
voor. Daar is verskillende
scenario’s waarvolgens
eienaarskap verdeel kan
word:
i) ’n Enkeleienaar met
die opsie om die
onderste kamer te
verhuur of in ’n
winkel te omskep.
ii) ’n Kamer kan in die
toekoms aangebou
word die mini-huis vir
die familie te ver-
groot, of om die
ekstra kamer te
verhuur.
(Zurcher, 2012)
Figuur 17: Moontlike Kombinasie 1 (Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
103
Figuur 18
Die wooneenheid links
stel een woonstel per
vloer voor. Daar is ver-
skillende scenario’s
waarvolgens eienaarskap
verdeel kan word:
i) Die eienaar(s) besit
een of twee vloere en
huur die ander.
ii) Die eienaar(s) besit al
die vloere, soos in die
geval van ’n groot
familie.
iii) Een eienaar per vloer.
(Zurcher, 2012)
Die wooneenheid regs
stel ’n woonstel op die
grondvloer en klein huise
op die boonste vloere
voor.
Daar is verskillende
scenario’s waarvolgens
eienaarskap verdeel kan
word in :
i) Die eienaar woon in
die woonstel of mini-
huis en verhuur die
ander dele.
ii) Die eienaar woon in
mini-huis en omskep
die grondvloer in ’n
kommersiële eenheid.
iii) Een eienaar per
eenheid.
(Zurcher, 2012)
Figuur 18: Moontlike Kombinasie 2 (Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
104
Figuur 19
Die wooneenheid links stel
’n drieverdieping mini-huis
voor.
Die voorgestelde scenario
waarvolgens eienaarskap
verdeel kan word, is dat
die huis deur een groot
familie gedeel word en ’n
kamer op die grondvloer
kan verhuur word of in ’n
kommersiële eenheid kan
omskep.
(Zurcher, 2012).
Die wooneenheid regs stel
’n woonstel op die grond-
vloer en klein huise op die
boonste vloere voor. Daar
is verskillende scenario’s
waarvolgens eienaarskap
verdeel kan word:
i) Die eienaar woon in die
woonstel of mini-huis
en verhuur die ander.
ii) Die eienaar woon in die
mini-huis en omskep
die grondvloer in ’n
kommersiële eenheid.
iii) Een eienaar per
eenheid.
(Zurcher, 2012).
Figuur 19: Moontlike Kombinasie 3 (Zurcher, 2012)
Laekostebehuisingstelsels met mediumdigtheid 2014
105
Figuur 20
Die volgende uitleg stel
twee of meer woon-
eenhede voor, wat deur
’n gemeenskaplike
binnehof verbind is.
Die voorgestelde
scenario waarvolgens
eienaarskap verdeel kan
word, is waar verskil-
lende families of naas-
bestaandes saam woon
en die gemeenskaplike
binnehof deel.
Die grondvloer, asook
die binnehof kan in ’n
kommersiële eenheid of
’n stalletjie omskep
word.
(Zurcher, 2012).
Figuur 20: Moontlike Kombinasie 4 (Zurcher, 2012)