Wanneer Gebed Harde Werk Is
Kolossense 4:12 (NV)
Paulus skryf, 'Epafras, ...bid altyd ernstig vir julle.' Soms voel dit na harde werk om vir
ander te bid. Wanneer jy dit eers begryp en aanvaar, kan jy glimlag en vir jouself sê,
'Dit is hoe die Bybel sê dit soms sal wees.' G. Campbell Morgan het gesê, ''n Mens
kan 'n pragtige gebed bid, vol smeekbedes wat jou agterna met genoegdoening
vervul, maar wat dan dikwels nie opreg is nie..' Wat het hy bedoel? Bloot dit: die doel
van gebed is nie om goed te voel oor die feit dat jy gebid het nie Let op:
1.Gebed is 'n plig. Dit is soos om werk toe te gaan. Jy doen dit omdat dit 'n verbintenis
is en weens die belonings wat dit meebring.
2.Gebed is 'n dissipline. Die oumense het altyd van 'bid deur' gepraat. Deur wat? Deur
dwalende gedagtes, deur vermoeidheid, deur vrese, en elke ander vorm van
weerstand en afleiding. Wanneer jy die 'gebedsone' betree, sal satan jou om elke
hoek en draai beveg. Maar wanneer jy in die naam van Jesus staan, sal die magte
van die duisternis terugval en jy sal oorwin (Johannes 14:13-14).
3.Gebed is 'n genot. Dit sal nie elke keer gebeur nie maar indien jy getrou bid, sal
daar tye wees wanneer jou hele wese bewus sal wees dat God teenwoordig is, dat hy
jou gebed beantwoord en vir jou leiding gee. En selfs wanneer die antwoord nie
heeltemal duidelik is nie, sal jy sy teenwoordigheid agterlaat en sê, 'Nou het ek vrede
daaroor.'
Jakobus 4:8 (NV)
Ons wil almal hê wat suksesvolle mense het; ons is net nie altyd bereid om die prys te
betaal nie. Wanneer jy iemand met 'n goed ontwikkelde en 'n pragtige fikse liggaam sien,
het hy of sy waarskynlik tyd in 'n gimnasium deurgebring. Daar is 'n rede waarom Paulus
van 'ernstig bid' praat (Kolossense 4:12 NV). Wanneer jy bid, moet jy passievol,
volhardend en positief wees en goeie dinge van God verwag. Jy moet jou hart daarop sit
en glo dat God sal doen wat hy belowe het.
Dit is nie maklik om ongesteurd op Hom te konsentreer nie. Moenie verwag dat jou
vleeslike aard sal saamwerk nie. En moenie verwag dat jou intellek jou sal aanspoor nie;
jou selfgenoegsame aard sal gebed altyd as 'n laaste uitweg kies. Maar God sal jou
aanpor en jou in sy teenwoordigheid intrek. 'As jy nader aan my kom, sal Ek nader aan
jou kom.'
'n Onbekende digter het geskryf: 'I got up early one morning, and rushed right into the
day. I had so much to accomplish, I didn't have time to pray. Troubles tumbled about me,
and heavier came each task; "Why doesn't God help me?" I wondered. He answered,
"You didn't ask."...I woke up early this morning, and paused before entering the day. I had
so much to accomplish that I had to take time to pray.'
Vele probleme kan opgelos word of heeltemal vermy word wanneer jy tyd neem om te bid
en God in elke deel van jou dag insluit. 'Oh what peace we often forfeit; oh what needless
pain we bear; All because we do not carry everything to God in prayer (Joseph M.
Scriven: 1855).
ALGEMENE JAARVERGADERING 2015
Ek en Ilana het hierdie maand die maandblad teruggehou met die doel om oor die
algemene jaarvergadering verslag te kan doen wat op Saterdag 7 Maart 2015 by my huis
plaasgevind het. Die bond se jaar eindig elke jaar op die einde van Februarie wat beteken
die die algemene jaarvergadering so gou moontlik gehou moet word. Hierdie vergadering
het twee belangrike aspekte: die kies van ‘n nuwe bestuur en moontlike voorstelle vir
wysigings aan die grondwet.
Verkiesing van nuwe bestuur.
Wat die verkiesing van die nuwe bestuur betref kondig ek die volgende verkose lede aan:
Voorsitter: Willie Fouchè (herverkies)
Ondervoorsitter: Dicks Dietrichsen
Sekretaris: Martin Loubser (herverkies)
Tessourier: Sean Clayton (herverkies)
Kommunikasie en Koördinasie: Henk van Heerden (van waarnemend na permanent)
Addisionele lid: Elnic Steenkamp
Addisionele lid: Robbie Cooke
Alle lede van die bestuur is eenparig en onbestrede verkies.
UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARIS
Wysigings aan die grondwet.
Daar was verskeie voorstelle ter tafel gelê wat ‘n verandering aan ons grondwet tot gevolg
gaan hê, hierdie voorstelle is met ‘n meerderheid deur die vergadering goedgekeur maar
ingevolge ons grondwet moet sulke besluite deur ‘n meerderheid van die HELE Bond
goedgekeur word voordat die grondwet gewysig mag word.
U word dus vriendelik versoek om u e-posse dop te hou en u stemme so gou as moontlik
uit te bring.
HERNUWING VAN LIDMAATSKAP
Ons gaan saam met die maandblad “n lys van lede aanheg wie se lidmaatskap opbetaald is
vir die nuwe bondjaar. Indien u naam nie op die lys verskyn nie, betaal asseblief u
lidmaatskap, ons wil u nie verloor nie!
Ons sal die situasie monitor en teen die einde van die maand vir elkeen wat nog weglam ‘n
e-pos stuur.
WERWING VAN NUWE LEDE EN ONDERSTEUNERS.
Almal word vriendelik versoek om nuwe lede vir die Bond te werf, bring die mense wat u
weet kwalifiseer aan boord sodat ons ons agtergrond en geskiedenis kan deel.
Ek het ook persoonlik onderneem om die ondersteunersgroep se werwing te hanteer
aangesien ek agtergekom het dat dit baie stadig groei.
Ek wil namens beide die uitgaande sowel as die nuwe bestuur elke lid bedank vir die
volgehoue ondersteuning en entoesiasme, sonder julle bestan ons Bond nie!
VORDERING EN STATISTIEKE
Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 482
Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 94
Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 82
Lede wat lidmaatskap vir 2015 hernu het:- 47
Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5
DIE STERKTE VAN DIE BOND
Die totale sterkte van die bond is tans 67 na die draai van die TIN jaar en aansienlik
minder as voor einde Februarie. Dit word soos volg saamgestel:-
Bestuurslede 7
Erelede 4
Lede 47
Ondersteuners 9
Groete
Martin Loubser
Lede wat die AJV bygewoon het.
Sittende, voor, van links na regs is
Willie Fouchè (voorsitter), Genl Johan Viktor en Ds
Jan du Preez (kapelaan).
VERSOEK VAN DIE REDAKTRISE
Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit en julle
bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die maandblad sal niks anders as ‘n
inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede maandeliks plaas nie. As jy nie ‘n
skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en taalkonstruksies nie, die
regisseur (Martin Loubser), klap ‘n storie vinnig reg.
Vriendelike groete
Ilana Loubser
LUITENANT DOODSSWEET
Elnic Steenkamp
OPVOLG – Elnic Steenkamp – opgedra aan Tiny Nortje
Ek plaas hierdie stukkie soos wat dit in my destydse 18 jarige seunsverstand ingeprent was tydens
die gebeure en soos wat ek dit onthou. As ek dalk n fout of twee maak met sekere gebeure of
name, skryf dit maar toe aan my geheue.
Zambesi valley, Noord-Oos Rhodesië, laat 1973 of vroeg 1974. Dit was alreeds redelik laat in die
middag toe ons verkleinde seksie, in stick grootte, onder bevel van Sersant Snorre Grovè per radio
laat weet word om ons gereed te maak vir ‘n opvolg van ‘n groot groep terroriste. As ek reg onthou,
was ons slegs vyf blanke SAP lede met twee RAR (Rodesian African Rifles) spoorsnyers: ek,
Sersant Grovè en konstabels Theuns Buys, Jan Nagel en Richard Daneel.
‘n Chopper het ons kort daarna stuk stuk kom optel en na ‘n kraal met die naam “Caetano se kraal”
gebring. Volgens inligting is die kraal hoofman ‘n dag vantevore ontvoer deur terroriste. Hy het
egter ontsnap en het pas teruggekeer na sy kraal toe met sy tong wat uitgepluk is met ‘n tang
omdat hy blykbaar inligting van terroriste beweging aan die veiligheidsmagte oorgedra het.
Terwyl die chopper nog op bystand staan, het die RAR spoorsnyers van die inwoners van die kraal
ondervra terwyl die erg beseerde hoofman aantekeninge op n stuk papier gemaak het en ook aan
hulle gegee het. Die kraal was in chaos en almal het gehuil en geskreeu. Die meeste van ons ken
die tong geluide wat die vrouens maak in sulke omstandighede en wat blykbaar oor die hele
suidelike Afrika gedoen word.
STORIES UIT DIE BOS
Een van ons ouens het so by ‘n skreeuende en huilende man en vrou verby geloop en soos dit
maar is, terug geskreeu in Afrikaans “Hou jou bek, ek slaan jou sommer met die geweer vrek!”,
waarop, tot ons almal se verbasing die man terug geantwoord het, “Ai my baas, ons harte is dan so
seer” Dit blyk toe dat hy vroeër op die myne aan die Oos Rand gewerk het. Na ‘n paar minute het
die RAR ons meegedeel dat die chopper ons sal vat na die plek waar die hoofman ontsnap het,
waar hy die terroriste die laaste keer gesien het en waarna die chopper die hoofman sou casevac
na Centenary of Mount Darwin.
Ons is weer stuk-stuk afgevoer na die spesifieke plek met amper katastrofiese gevolge toe ons
radioman, ‘no names no pack drill’, sy radio in die chopper vergeet. Die chopper kon nie land nie
as gevolg van die digtheid van die omgewing en ons moes ‘n regte “chopper drop” doen. Gelukkig
het die vlugingenieur die radio in die chopper raakgesien en sommer so by die deur uitgegooi
terwyl die chopper omtrent boomhoogte in die lug is. Gelukkig het die radio, ek dink was ‘n TR28,
niks oorgekom nie. Nodeloos om die woorde wat Sersant Snorre die arme man toegevoeg het te
herhaal. Na ‘n bietjie rondkyk het die twee spoorsnyers ons ingelig dat daar 15 terroriste was, dat
dit as gevolg van sagte deurdringende reën moeilik was om die ouderdom van die spore te bepaal
maar dat dit beslis nie ouer was as 8 ure nie. Die opvolg het in alle erns begin met omtrent twee
ure se lig nog oor.
Ons het van die begin af ‘n horisontale linie met die spore gevorm met die twee spoorsnyers in die
middel. Die spore het vir ‘n paar kilometer terugbeweeg in die rigting van Caetano kraal maar toe
weggeswaai in die rigting van die Mavuradonna gebergtes. Ons het goed gevorder tot donker toe
ons ‘n tydelike basis gestig het vir die nag, amper weer met katastrofiese gevolge.
Ons het die oggend almal omtrent saam wakker geraak sonder dat die wag wat laaste moes
wagstaan ons wakker gemaak het. Dit blyk toe dat een van ons wat gedurende die middel van die
nag moes wagstaan, aan die slaap geraak het en nooit die volgende ou wakker gemaak het nie.
Die manne het mekaar lelik beskuldig en Grovè was briesend, veral gesien in die lig van die groot
groep terrosriste wat betrokke was. Gelukkig het ons voor eerste lig wakker geword en toe die sig
so word dat ons kon sien, kon ons weer die spoor vat.
Op die tweede dag het die reën bedaar en was die spore duidelik sigbaar. Elke nou en dan
gedurende ‘n ruskans, het die spoorsnyers ons meegedeel dat die spoor al varser word en dat ons
goed inhaal op die terroriste. Wat dit ook makliker gemaak het was dat hulle naastenby reguit na
die Mavuradonnas toe koers gekry het sonder om draaie te loop. Dit het ook gelyk of hulle
onbewus is van die feit dat hulle agtervolg word. Nogtans was ons ‘n hinderlaag enige tyd te wagte
wat ons bietjie teruggehou het om werklik op die spoor te begin hardloop. Ons het ook ons opvolg
formasie nou gewysig na ‘n skerpioen formasie met die twee spoorsnyers op die voorstel flanke as
die knypers en enige een van ons in die middel by die kop omdat die spore so duidelik was en nie
sommer verloor kon word nie. Die tweede aand van die opvolg was sonder voorval en ons was nou
baie opgewonde omdat dit duidelik was dat ons met elke tree op die insypelaars inhaal. Min ouens
kon slaap die nag en vir alle praktiese doeleindes het almal die heel nag saam wag gestaan.
Voor eerste lig die volgende oggend was ons weer op die spoor. Ons het nou klipperige gebied
binnegegaan wat meer geverg het van die spoorsnyers. Dit was ook duidelik dat ons nou baie naby
aan die terroriste was. Hulle het begin hardloop en so ook ons. Op een stadium het ons op ‘n plek
afgekom waar hulle skielik tussen die ruie bosse op ‘n donga afgekom en een van hulle gely en
geval het. Die gly- en val merke duidelik sigbaar met die merk wat sy geweer in die grond gemaak
het.
Die spanning was nou op almal se gesigte sigbaar want ons het aangeneem dat indien hulle sou
agterkom dat net sewe van ons hulle groep van vyftien agtervolg, hulle beslis ‘n hinderlaag sou lê.
Hierdie vermoede is versterk omdat hulle in ‘n groep bymekaar gebly het en ons het enige tyd
verwag dat van hulle sou begin “back tracking” doen om sodoende hul stoppers vir ‘n hinderlaag uit
te gooi.
Ek het nog al die jare slegs die hoogste agting vir die RAR gehad en het dit nog steeds maar dit het
nou ook begin duidelik word dat die een RAR “tracker” op die regterkantse knyper van ons
formasie, nie baie gediend was met die toedrag van sake nie want sodra die spore na regs uitswaai
en dit sy plig is om dit op die regterflank weer op te tel en te volg, kry hy dan nou kwansuis nie die
spoor nie en moes ons tyd verkwis om eers weer die spoor te soek, wat in elke geval redelik maklik
was om te volg behalwe waar dit erg klipperig is. Na die derde of vierde keer wat hy kamstig nie
die spoor kon optel nie het sersant Grovè my die werk gegee om die regter knyper te beman, glo
omdat ek nou kwansuis van die plaas af kom en ken van jag en spore vat. Die spoorsnyer se
posisie is toe gedelegeer na die basis van die skerpioen formasie by sersant Grovè en die
radioman. Nou wat? Ons is jonk en sonder enige vrese en ek het nogal geëerd gevoel om die ou
takie te verrig.
Ons was nou so naby, dat waar een terroris so in die draf water afgeslaan het, die stoom nog uit sy
nat kolle opgeslaan het. Skielik was dit sulke tyd! Die “tracker” op die linker knyper het ons skielik
tot stilstand gesein en toe met sy duim na onder die teken gegee dat ons by hulle is. Ons was nou
so gespanne dat ek tot vandag toe nog nie kan glo dat niemand van ons nie geskiet het toe ‘n man
in privaatklere, voor ons uit die bosse ons tegemoet stap nie. Dit was ook so dat ons nou in ‘n
sogenaamde “no-go area” was en daar nie veronderstel was om enige lede van die plaaslike
bevolking te wees nie. Almal het in vuur posisies gelê terwyl die RAR tracker die man ondervra en
toe rapporteer dat die man ‘n PB (lid van die plaaslike bevolking) is wat uit Umtali uit na sy stad
teruggekeer het en nie geweet het dat hy hom in ‘n “no-go area’ bevind nie.
Ons het maar langtand aan die storie gesluk want soos die gebruik was, het ons sy skouers en rug
ondersoek en volgens die skaafmerke op sy skouers en rug was dit duidelik dat hy vir lang ente en
vir geruime tyd ‘n rugsak of iets dergliks op sy rug of ‘n geweer oor sy skouer gedra het. Sy
verduideliking was dat dit sy klere en eiendom in ‘n rugsak was wat hy van Umtali af gedra het en
hy so ‘n paar kilometer verder by sy verlate stat gelos het.
Groot was ons teleurstelling nou want ons kon nie met die opvolg voortgaan met ons “gevangene”
by ons nie en is ons ‘n rukkie later uitgevlieg na Centenary toe terwyl twee RLI (Rhodesian Light
Infantry) en RAR (Rhodesian African Rifles) seksies met die opvolg voortgegaan het. Die twee
seksies het binne ‘n uur later deur middel van voorsny met choppers kontak met die terroriste
gemaak en wat toe as een van die grootste kontakte op daardie stadium beskou was, agt van hulle
doodgeskiet. Daar was ook berigte dat 14 van die 15 geskiet is maar dit is nooit bevestig nie. Toe
ons teruggevlieg is het ek wel gesien hoedat daar “chopper fuel” oor ‘n klomp liggame gegooi word,
dit aan die brand gesteek en later met ‘n stootskraper toegestoot word.
Die beste van alles was dat met ondervraging van die gevange in Centenary, dit aan die lig gekom
het dat die PB wat ons gevang het, in werklikheid een van die groep terroriste was en dat hulle hom
opgeoffer het om sodoende tyd te wen om weg te kom. Hulle het natuurlik besef ons sou nie kon
voortgaan met die opvolg as ons ‘n gevange by ons het nie.
Ek was die enigste van ons groep wat al voorheen in ‘n kontak was en na die voorval kon ek lekker
windgat by die ander spog oor wat hulle gemis het. Miskien, net miskien, was daar dalk van ons
seksie wat maar bly was dat dinge uitgewerk het soos dit uitgewerk het, wie weet?
Ek wonder vandag wat sou werklik gebeur het as die sewe van ons wel deur die groep van 15 in ‘n
hinderlaag gelei was, laat mens dink, nè? Ek mis vandag nog daardie “adrenaline rush” met sulke
voorvalle.
HOORSÊ STORIE
Henry Visagie
Ek wil graag 'n storie wat ek gehoor het wat die manne aanjaag, deel.
So met die deurblaai van my albums, sien ek die foto waar ons op die Angola grens kos gaan
aflaai het vir Savimbi se manne.
So oorreed ek die man dat ons ons gewere omruil vir die neem van die foto.
Na ‘n laaaaaaaang onderhandeling stem hy toe in.
So hoor ek toe een dag in die kantien dat dieselfde gebeur het by 'n brug tussen RSA en
Rhodesië. Die manne het ontmoet op die brug in niemandsland.
Die SAP man gee sy R1 aan die soldaat om te besigtig waarna hy dit weer teruggee.
Die lid sê toe dat dit nou sy beurt is om sy AK47 te bekyk.
Na so rukkie sê die lid vir die soldaat dat hy 'n stuk “k@k” geweer het en “moer” die AK oor die
brug in die rivier in en stap weg.
Blykbaar was daar 'n “moerse” bohaai daaroor en het vêr en hoog op gedraai.
Wat die manne nie sal aanvang vir 'n bietjie opwinding nie?
ONS SWEMBAD.
Henry Visagie
Soos ons almal weet is dit vrek warm in
Owamboland. Wel, boer maak 'n plan. Ons
kry by Jack ( die Duitser wat die skole bou)
'n blik sterk gom en die gat grouery begin.
So met die gegrou word twee 4x4 tente
gemeet, oormekaar gelas en word in die gat
gesit. Ek en Lt Pienaar tap die eerste water
in wat ons idee van ’n swembad is.
So het ons goeie pelle geword met Jack die
Duitse bouer en het hy belowe om vir ons
die swembad te kom vervang met stene.
So wraggies, ons eie steen geboude
swembad met 'n voetbad vir die sand
afspoel voor jy inklim.
Ons het lekker afgekoel.
HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE
MAART
2 Boet Meintjes
082 465 9992
9 Jan Jooste
082 465 9992
11 Werner Wassermann
072 665 6815
15 Sean Clayton
084 447 3487
18 Jan Croucamp
0828243174
21 Rudolph Smit (VSA)
HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE
PRYS BETAAL HET
MAART01 1974 Konstabel WJ Calitz
08 1974 Konstabel WJ Conradie
08 1974 Konstabel ZA Hough
25 1978 Adjudant Offisier EK Johannes
08 1974 Sersant JA Kuhn
01 1967 Sersant JA Nel
25 1983 Sersant JA Nell
30 1972 Sersant JF Riekert
04 1973 Konstabel LH Steenkamp
08 1974 Konstabel EF Strydom
08 1974 Konstabel RA Swart
STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE
LEDE
Dra van die seremoniele drag.
Soos vervat in die Grondwet Par 5.3
BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING
BESTUUR
Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]
Onder Voorsitter: Dicks Dietrichsen Sel: 082 875 0018 epos: [email protected]
Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]
Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]
Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]
Addisionele lede:
Elnic Steenkamp Sel: 072 184 7703 epos: [email protected]
Robbie Cooke Sel: 082 781 7571 epos: [email protected]
EREPRESIDENT
Johan Viktor (Genl) Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)
https://www.facebook.com/groups/535440839915941
http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/
Facebook Page
https://www.facebook.com/coinveteransleague
Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die
skrywer direk kontak by:
082 859 0764
(011) 803 6348
Die prys van die boek is R 350.00
VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND
Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings
na [email protected] voor die 25ste van
elke maand.
Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269
Regisseur – Martin Loubser
Recommended