OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
1
HOËRSKOOL OUTENIQUA ONTWERP GRAAD 11
PRAKTIESE ASSESSERINGSTAAK 2
NAAM VAN LEERDER: _____________________________________________ GRAAD: __________
GRAAD 11 ONTWERP PRAKTIES VISUELE KOMMUNIKASIE
KWARTAAL 2
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
2
Opdrag:
Skep bemarkingsmateriaal vir jou splinternuwe, unieke restaurant/ eetplekkie of
koskaravaan.
Vir hierdie opdrag gaan jy inspirasie soek en navorsing doen oor jou herkoms. Jou eie
unieke geskiedenis en herkoms/ heritage is die inspirasie vir jou eie splinternuwe restaurant/
eetplekkie/ koskaravaan. Om hierdie nuwe besigheid te laat werk moet jy ‘n sterk
handelsmerk vestig en daarvoor het jy jou eie unieke ontwerpe nodig.
Wat is ‘n handelsmerk?
Voorbeelde van bemarkingsmateriaal
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
3
JOU TEMA: MY HERKOMS
Inspirasie
Jy gaan navorsing doen oor waar jy vandaan kom, wie jou familie was, wat hulle gedoen het, waarmee hulle gery het, wat hulle aangetrek het en wat hul belangstellings was. M.a.w wat het jou voorvaders/ ouers/ familie gedefinieer.
Dit is ontsettend belangrik vandag om die mark te betree met iets nuuts en iets anders. Die enigste manier hoe mens dit regkry is om jou eie storie te vertel. Maar jy gaan hierdie inspirasie gebruik om ‘n nuwe ‘funky, functional and fantastic’ handelsmerk te vestig.
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
4
Maak prente, foto’s en stories bymekaar van jou herkoms. Dit kan enigiets
wees bv. argitektuur, karre, klere, diere, plante, insekte, handwerk wees. Dit kan ook tipies Suid-Afrikaans wees.
Skryf ‘n opstel waarin jy wonderlike en interessante ontdekkings oor jou familie
beskryf. Verduidelik wat en hoe jy dit gaan gebruik as inspirasie vir jou besigheid. Dit wys ook hoe jy jou herkoms inspirasie gaan verwerk of nuutmaak. 5 punte
Maak ‘n breinkaart om al jou idees en beplanning van jou besigheid te wys.
Beskryf hoe die styl van die interieur gaan lyk, watter kosse bedien gaan word, wie die
voorbereiding en bediening gaan doen. Watter ure die besigheid gaan oop wees. In
watter area jy die besigheid gaan oopmaak. Wie jou moontlike teikenmark is. 5 punte
Bou ‘n collage om jou storie uit te beeld. 10 punte
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
5
Sketse van jou inspirasie: Doen kontoersketse en tonale sketse in pen/potlood/ink of houtskool
van dit wat jou ontwerp inspireer. Doen ‘n volle bladsy. 10 punte
Ontwikkeling van produkte, oppervlakke, patrone en visuele beelde wat gebruik kan word in jou ontwerpe. (Potloodsketse)
Skep ten minste vier verskillende patrone wat geskik sal wees vir
oppervlakke soos: tafeldoeke, oortreksels, kussings, ‘coasters’, voorskote, muurpapier asook vir logo ontwerpe en verpakkingsmateriaal.
Doen die beste een in kleur. 1bl. 10 punte
Ontwikkel jou tipografie
Doen ontwikkelingsketse van geskikte tipografie vir jou handelsmerk.
1bl. 10 punte
Ontwikkel jou logo 1bl 10 punte
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
6
Skep/ ontwikkel jou verskillende produkte/ oppervlakke waarop jy
jou handelsmerk gaan gebruik. Dit moet spesifiek by jou besigheid pas.
1bl. 10 punte
Ondersoek geskikte materiale en kleure vir jou produkte en oppervlakke.
Instruksies: 1. Toets en eksperimenteer met verskillende materiale vir jou ontwerpe. 1 bl. 5 punte 2. Sny klein ‘samples’ of gebruik ‘swatches’ van verskillende materiale. 3. Rangskik en integreer jou sketse (dit wat jy beplan om te maak) met toetsmateriale,
kleure en teksture. 4. Dui aan watter van jou toetse/eksperimente jy gaan aanwend in jou vervaardiging.
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
7
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
8
Vervaardigingsproses: 1. Skep die bemarkingsmateriaal en/ of oppervlakke: Jy het nou ‘n wye verskeidenheid media en materiale wat jy kan gebruik vir die vervaardiging van jou bemarkingsmateriaal ondersoek.
Maak seker dat jy nuwe en interessante oppervlakke en ontwerpe skep wat funksioneel vir jou besigheid is.
Jy kan jou patrone en oppervlakke wat jy ontwikkel het scan of afneem en ‘print’ en dan produkte daaruit skep. Jy kan ook gedeeltes daarvan gebruik.
Beplan eers voordat jy wegspring. Goeie beplannning spaar tyd.
Kyk asb. na die goeie gebruik van weggooimateriale n die voorbeelde hieronder.
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
9
Ontwerpproses: GRAAD 11 VISUELE KOMMUNIKASIE KWT2 Naam:
1. Opstel 5
2. Breinkaart 5
3. Collage 5
4. Kontoersketse 10
5. Tonale sketse 10
6. Komposisies/patroon 10
7. Tipografie 10
8. logo 10
9. Sketse van ontwerpe 10
10. Ondersoek materiale 5
11. Tydsbestuur 20
TOTAAL 100
Kommentaar :
Vervaardigingsproses: Onderwerp 2 Bemarkingsmateriaal
1. Kreatiwiteit en oorspronklikheid 25
2. Tegniek en vakmanskap 25
3. Afwerking en netheid van oppervlak en produkte
20
4. Geskiktheid van bemarkingsmateriaal vir spesifieke besigheid.
20
5. Tydsbestuur 10
TOTAAL 100
Kommentaar:
OHS Ontwerp
Pat 2 Gr11
2020
10
Nog voorbeelde van bemarkingsmateriaal van eetplekke: