1 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
LEWENSWETENSKAP
JUNIE EKSAMEN
JUNIE 2015
GRAAD 10
PUNTE: 150 TYD: 2½ URE
Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye
2 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 INSTRUKSIES EN INLIGTING Lees die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vrae beantwoord word. 1. 2. 3. 4.
Beantwoord AL die vrae. Skryf AL die antwoorde in die ANTWOORDBOEK. Begin ELKE vraag se antwoord op ‘n NUWE bladsy. Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringsisteem wat in die vraestel gebruik word.
5. 6. 7. 8.
Bied jou antwoorde volgens die instruksies by elke vraag aan. Maak ALLE tekeninge met ‘n potlood en die byskrifte met blou of swart ink. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer daarvoor gevra word. Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken nie.
9. 10. 11.
Moet NIE grafiekpapier gebruik nie. Jy moet ‘n nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik waar nodig. Skryf netjies en leesbaar.
3 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie moontlike antwoorde word verskaf vir elke vraag. Dui die korrekte antwoord
aan deur slegs die letter van jou keuse langs die toepaslike vraagnommer (1.1.1 tot
1.1.7) neer te skryf in jou ANTWOORDBOEK, byvoorbeeld 1.1.8 C.
1.1.1 Hoeveel chromosome word aangetoon in die onderstaande
diagram?
A 8 B 4 C 2 D 16 1.1.2 Watter van die volgende word gebruik wanneer daar vir stysel
getoets word?
A Benedict se oplossing B Millon se reagens C Eter D Jodiumoplossing
4 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 1.1.3 Watter van die volgende epiteelweefsels bevat bekerselle?
1. Kolomepiteelweefsel
2. Plaveiselepiteelweefsel
3. Kubusepiteelweefsel
4. Gesilieerde epiteelweefsel
A 1, 2 en 4 B 2, 3 en 4 C 1 en 4 D 2 en 3 1.1.4 Die siekte wat veroorsaak word deur abnormale selverdeling in die
liggaam.
A Kanker B Skeurbuik C Ragitis D Goiter 1.1.5 Watter van die volgende is NIE ‘n korrekte eienskap van ensieme
nie?
A Hulle is biologiese katalisators B Hulle word opgebruik tydens ‘n reaksie C Hulle word nie opgebruik tydens ‘n reaksie nie D Hulle kan denatureer 1.1.6 Dit heg spiere aan been. A Kraakbeen B Ligamente C Spiere D Tendons
5 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 1.1.7 Die siekte wat pyn en swelling in die gewrigte veroorsaak. A Artritis B Ragitis C Osteoporose D Aterosklerose 7 X 2 (14)
1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elkeen van die volgende beskrywings. Skryf slegs die korrekte term langs die toepaslike vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) neer.
1.2.1 Die membraan wat die vakuool omring. 1.2.2 Die twee selle wat die oop en toemaak van die huidmondjies in ‘n
blaar beheer.
1.2.3 Die tipe xileemselle waarvan die punte oorvleuel. 1.2.4 Die klein stukkie glas waarop monsters gemonteer word vir studie
met ‘n ligmikroskoop.
1.2.5 Die selle wat die funksies van die sifvate in plante beheer. 1.2.6 Die beweging van deeltjies vanuit streke met ‘n hoë konsentrasie na
‘n laer konsentrasie.
1.2.7 Die verdikking van stingels en wortels van dikotiele plante soos wat
hulle groei.
1.2.8 Die instrument wat gebruik word om die transpirasietempo te
bepaal.
1.2.9 Die veselagtige verbindingsweefsel wat bene in ‘n gewrig bymekaar
hou.
9x1 (9)
6 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op SLEGS A, SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.9) in die ANTWOORDEBOEK neer.
KOLOM I KOLOM II 1.3.1 Die basiese eenheid van die senuweestelsel. A. Neuron
B. Nukleotied
1.3.2 Die selle in hierdie tipe plantweefsel is dood. A. Xileem
B. Floeëm
1.3.3 ‘n Tipe kankeragtige tumor. A. Goedaardig
B. Kwaadaardig
1.3.4 ‘n Wasagtige laag wat die epidermis van die
blaar bedek.
A. Kutikula
B. Suberien
1.3.5 Organelle van waar energie vrygestel word
gedurende respirasie.
A. Ribosome
B. Mitochondrion
1.3.6 Die boublokke van ‘n lipiedmolekule. A. Aminosuur
B. Gliserol
1.3.7 Wanneer die bisep saamtrek en die trisep
ontspan.
A. Voorarm lig op
B. Voorarm laat sak
1.3.8 Die verdeling van sitoplasma. A. Mitose
B. Sitokinese
1.3.9 Losgepakte selle met min chloroplaste A. Palisade mesofil
B. Sponsagtige mesofil
9x2 18
7 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 1.4 Die onderstaande diagram toon sommige van die stadiums in die
selverdelingsproses. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae
wat volg.
1.4.1 Verskaf byskrifte vir die dele wat 3 en 4 genommer is. (2) 1.4.2 Gee EEN funksie van die deel wat 1 genommer is. (1) 1.4.3 Rangskik die fases hierbo in die regte volgorde. Maak slegs gebruik
van die letters. (3)
1.4.4 Verskaf DRIE redes waarom mitose biologies belangrik is. (3) (9) TOTAAL VRAAG 1 [50] TOTAAL AFDELING A: 50
8 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
AFDELING B VRAAG 2 2.1 Bestudeer die onderstaande diagram van ‘n vergrote Amoeba.
2.1.1 Bepaal die lengte van die Amoeba aangetoon, in mm. (1) 2.1.2 Bepaal die lengte van die lynskaal in mm. (1) 2.1.3 Bereken die werklike lengte van die Amoeba in µm deur gebruik te
maak van die formule.
( ) ( )
( )
(3)
(5)
2.2 Wortelhare is struktureel aangepas om waterabsorpsie vanuit die grond te fasiliteer.
2.2.1 Verduidelik TWEE maniere hoe ‘n wortelhaar struktureel aangepas
is om sy funksie te verrig.
(4) 2.2.2 Teken en benoem ‘n diagram wat die struktuur van die wortelhaar
aantoon.
(5)
4 μm
AMOEBA
9 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 (9)
2.3 Bestudeer die onderstaande diagram van ‘n sel en beantwoord die
vrae wat volg.
2.3.1 Identifiseer die tipe sel. (1) 2.3.2 Gee DRIE sigbare redes vir jou antwoord in vraag 2.3.1 hierbo. (3) 2.3.3 Stel ‘n funksie van dele genommer 1 en 2. (2) (6)
10 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
2.4 Die tabel hieronder toon die resultate van ‘n ondersoek om te bepaal
wat die effek is van ligintensiteit op die tempo van transpirasie.
Ligintensiteit (kilolux) Waterverlies (g/uur)
0 1
10 15
20 20
30 22
40 22
2.4.1 Stel ‘n moontlike hipotese vir hierdie eksperiment. (2) 2.4.2 Identifiseer TWEE vaste veranderlikes in die ondersoek. (2) 2.4.3 Plot ‘n lyngrafiek deur gebruik te maak van die data in die tabel. (9) (13)
11 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
2.5 Bestudeer die volgende dierweefsels en beantwoord die vrae wat volg.
2.5.1 Identifiseer die dierweefsel A, B en C. (3) 2.5.2 Skryf die LETTER van die weefsel neer wat mineraalsoute in die
dierlike liggaam berg.
(1) 2.5.3 Verskaf die byskrifte vir die strukture wat 1, 6 en 8 genommer is. (3) (7) TOTAAL VRAAG 2: [40]
12 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
VRAAG 3 3.1 Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen temperatuur en
ensiemaktiwiteit. Bestudeer die grafiek deeglik en beantwoord die vrae wat volg.
3.1.1 Wat is die optimum temperatuur vir hierdie ensiemaktiwiteit? (2) 3.1.2 Beskryf die verhouding tussen die temperatuur en die ensiemaktiwiteit
soos voorgestel deur die grafiek. between 0oC and 400C.
(2) 3.1.3 Gee ‘n rede vir die vorm van die grafiek na 40˚C. (2) 3.1.4 Verduidelik TWEE gebruike van ensieme in die alledaagse lewe. (4) (10) .
Ens
iem
aktiw
iteit
Temperatuur (˚C)
13 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
3.2. Die onderstaande diagram toon die effek van ouderdom op die
liggaam.
3.2.1 Stel TWEE sigbare effekte van ouderdom op die liggaam. (4) 3.2.2 Watter mineraalgebrek veroorsaak hierdie veranderinge? (1) 3.2.3 Stel TWEE effekte van die gebrek, wat jy in vraag 3.2.2 genoem het,
op beenweefsel.
(2) 3.2.4 Noem die siekte wat die veranderinge in die diagram veroorsaak
het.
(1) (8)
14 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
3.3.1 Identifiseer die menslike ledemaat. (1) 3.3.2 Verskaf byskrifte vir die dele genommer 1, 3, 4 ,5 en 8. (5) 3.3.3 Benoem die gewrig wat voorgestel word deur 9. (1) 3.3.4 Skryf die nommer en die naam neer van die langbeen in hierdie
ledemaat.
(2) 3.3.5 Lys DRIE funksies van bene. (3) (12)
3.2. Die onderstaande diagram is ‘n voorstelling van ‘n gedeelte van ‘n menslike
ledemaat. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat volg.
15 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015 3.4 Bestudeer die onderstaande diagram van die mikroskoop en
beantwoord die vrae wat volg.
3.4.1 Verskaf die byskrifte vir dele B , D en F. (3) 3.4.2 Noem die LETTER en NAAM van die deel wat gebruik word om:
(a) Deur te kyk na die beeld op die plaatjie. (b) Die plaatjie op te plaas.
(2) (2)
3.4.3 Noem TWEE instrumente wat deur wetenskaplikes gebruik is om
monsters te bekyk, voordat die mikroskoop ontwerp is.
(2)
3.4.4 Wie was die eerste persoon wat bakterieë geïdentifiseer en beskryf
het? (1)
(10) TOTAAL VRAAG 3 [40] TOTAAL VIR AFDELING B 80
16 Lewenswetenskap/Graad 10 NSS MOD/Junie 2015
Entstowwe, antibiotika en bloedoortappings is sommige voorbeelde van
mediese biotegnologiese produkte en prosesse wat gebruik is om
gesondheidsprobleme op te los en lewenskwaliteit te verbeter.
Wat is biotegnologie? Beskryf entstowwe, antibiotika en bloedoortappings en
die impak wat hulle het op menslike lewe.
LET WEL: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van
vloeidiagramme of diagramme nie.
Inhoud: (17) Sintese: (3) (20) TOTAAL AFDELING C: [20] GROOTTOTAAL: 150
AFDELING C VRAAG 4
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT
LEWENSWETENSKAP
JUNIE EKSAMEN 2015
MEMORANDUM GRAAD 10
Punte: 150
Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye
Lewenswetenskap/Graad 10 2 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
INSTRUKSIES EN BEGINSELS MET BETREKKING TOT NASIEN 1. Indien meer inligting as die puntetoekening gegee word – hou op merk
nadat die maksimum punte verkry is en trek „n kronkellyn en dui “maks” punte in die regterkantste kantlyn aan.
2. Indien, byvoorbeeld drie redes vereis en vyf word gegee – merk net die
eerste drie ongeag daarvan of almal of sommige korrek / nie korrek is nie.
3. Indien die hele proses beskryf word terwyl slegs ‘n deel vereis word -
lees alles en krediteer die relevante dele.
4. Indien vergelykings vereis, maar beskrywings word gegee – aanvaar
indien die verskille / ooreenkomste duidelik is.
5. Indien tabuleering vereis word en paragrawe word gegee – kandidate sal
punte verbeur indien nie getabuleer nie.
6. As geannoteerde diagramme aangebied in plaas van beskrywings wat
vereis word – kandidate sal punte verbeur.
7. Indien vloeidiagramme ipv beskrywings aangebied word – kandidate sal
punt verbeur.
8. Indien die volgorde vaag en skakelings nie sin maak nie – krediteer waar
volgorde en skakelings korrek is. Waar volgorde en skakelings nie korrek is nie, moenie krediteer nie. As die volgorde weer korrek is, gaan voort om te krediteer.
9. Onherkenbare afkortings – aanvaar indien dit aan die begin van die
antwoord omskryf is. Indien dit nie omskryf is nie, moenie die onherkenbare afkorting krediteer nie, maar krediteer die res van die antwoord indien dit korrek is.
10. Verkeerd genommer – Indien die antwoorde die regte volgorde van die vrae
pas, is dit aanvaarbaar.
11. Indien die taal wat gebruik word die bedoelde betekenis verander –
moenie aanvaar nie.
12. Spelfoute – Aanvaar as dit herkenbaar is, met die voorbehoud dat dit nie iets
anders in Lewenswetenskappe beteken nie of as dit buite konteks is.
13. Indien gewone name gegee word in terminologie – aanvaar, indien dit by
die memobespreking aanvaar is.
14. Indien slegs die letter vereis word en slegs die naam word gegee (en
andersom) – geen krediet.
Lewenswetenskap/Graad 10 3 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
15. As eenhede van mate nie aangedui word – Memorandum sal afsonderlike
punte vir eenhede aandui, behalwe waar dit in vraag gegee is.
16. Wees sensitief vir die betekenis van die antwoord, wat soms op
verskillende maniere aangebied word.
17. Opskrif - Alle illustrasies (soos diagramme, tekeninge, grafieke, tabelle ens.)
moet van „n opskrif voorsien word, behalwe waar dit in „n vraag gegee word.
18. Vermening van amptelike tale (terme en konsepte) – Slegs „n enkele
woord of twee wat in enige ander amptelike taal anders as die leerder se assesseringstaal waarin die meeste van sy/haar antwoorde aangebied word moet gekrediteer word, indien dit korrek is. „n Nasiener wat in die relevante amptelike taal vaardig is behoort geraadpleeg te word. Dit geld vir alle amptelike tale.
Lewenswetenskap/Graad 10 4 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
AFDELING A VRAAG 1 1.1
1.1.1 B99
1.1.2 D99
1.1.3 C99
1.1.4 A99
1.1.5 B99
1.1.6 D99
1.1.7 A99 (14) 1.2 1.2.1 Tonoplast9
1.2.2 Sluitselle9
1.2.3 Trageïede9
1.2.4 Voorwerpglasie9
1.2.5 Begeleidende selle9
1.2.6 Diffusie9
1.2.7 Sekondêre groei9
1.2.8 Potometer9
1.2.9 Ligamente9 (9)
1.3 1.3.1 Slegs A99
1.3.2 Slegs A99
1.3.3 Beide A en B99
1.3.4 Slegs A99
1.3.5 Slegs B99
1.3.6 Beide A en B99
1.3.7 Slegs A99
1.3.8 Slegs B99
1.2.9 Slegs B99 (18)
Lewenswetenskap/Graad 10 5 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
1.4 1.4.1 3 – Sentriool9
4 – Spoelvesel9
(2) 1.4.2 Om erflikheidseienskappe van ouers na nakomelinge oor te dra 9 (1) 1.4.3 A9 ,C9, B9 (3) 1.4.4 - groei van liggaamsdele9
- ontwikkel organe9 - herstel beskadigde weefsel9 - vervang dooie selle9
Merk eerste DRIE
(3)
(9) TOTAAL VIR VRAAG 1 [50] TOTAAL VIR AFDELING A 50
AFDELING B
VRAAG 2
2.1 2.1.1 24mm9 (1) 2.1.2 15mm9 (1) 2.1.3
( ) ( )
( )
= 24 x 409 15
= 649um9
(3)
(5)
2.2 2.2.1 - hulle is verleng 9/ hulle is verleng om die oppervlak area 9 te
vergroot. - selwande is porieus 9 / het baie porieë waardeur water geabsorbeer 9word. - selwande is dun 9 bevorder vinnige diffusie 9 - die vakuool het „n hoë konsentrasie van soute 9 / oplosmiddel en lae waterpotensiaal fasiliteer osmose.9 - het „n groot vakuool 9 om water en mineraalsoute te stoor 9
Enige TWEE 2x2
(4)
Lewenswetenskap/Graad 10 6 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
2.2.2 Die wortelhaar
Titel9 Korrekte diagram9 Enige drie korrekte byskrifte999
(5)
(9)
2.3 2.3.1 Plantsel9 (1) 2.3.2 - dit het „n groot vakuool9
- dit het chloroplaste9 - dit het „n selwand9
(3)
2.3.3 1 – Handhaaf turgiditeit9 / bevat die selsap 2 – Beskerm 9 / omring die binneste dele van die sel
(2) (6)
2.4 2.4.1 - die waterverlies neem toe9 as die ligintensiteit toeneem.9
OF -die waterverlies neem af 9 as ligintensiteit toeneem.9
(2)
2.4.2 - temperatuur9/ humiditeit / windspoed moet nie verander nie.
- Dieselfde plant9 moet gebruik word in al die verskillende ligintensiteit. - Dieselfde duur 9/ tyd moet gehandhaaf word vir al die verskillende ligintensiteit. - Die afstand 9 tussen die plant en die ligbron moet nie verander nie. - Die tipe 9lig vir alle eksperimente moet dieselfde wees.
any TWO
(2)
Selmembraan Selwand
Vakuool
Sitoplasma Nukleus
Lewenswetenskap/Graad 10 7 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
2.4.3
Rubriek vir toekenning van punte vir die grafiek Tipe grafiek 1 Titel van grafiek 1 Korrekte byskrif en eenheid vir X-as
1
Korrekte byskrif en een heid vir Y-as
1
Korrekte skaal vir X-as 1 Korrekte skaal vir Y-as 1 Plot van punte op die grafiek
Al 5 punte korrek - 3 4 punte korrek geplot – 2 2 punte korrek geplot -1
(9)
(13)
2.5 2.5.1 A- Been 9
B- Senuwee 9 C- Epiteel9
(3)
2.5.2 A9 (1) 2.5.3 1- Havers se kanaal9
6- Dendriet9 8- Cilia9
(3) (7)
TOTAAL VIR VRAAG 2 [40]
0
5
10
15
20
25
0 10 20 30 40 50
Wat
erve
rlies
(g/u
ur)
Ligintensiteit (kilolux)
Die effek van ligintensiteit op die tempo van transpirasie
Lewenswetenskap/Graad 10 8 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
VRAAG 3 3.1 3.1.1 Aanvaar die grense/wydte tussen 38 en 409˚C9 (2) 3.1.2 Die ensiemaktiwiteit neem toe 9 soos die temperatuur
toeneem9 totdat optimale temperatuur 9 bereik word en dan begin afneem. Any 2
(2)
3.1.3 - die ensieme denatureer 9en die ensiemaktiwiteit neem
af9
(2) 3.1.4 - dit word gebruik in waspoeiers 9 om vuilkolle te
verwyder 9 wat proteïenagtig is / ensieme verteer proteïene. - dit word gebruik in vleisversagmiddels 9 om vleis te versag 9 - dit word in brouerye 9 gebruik vir fermentasie 9 - dit word in die bakindustrie 9 gebruik om stysel te verteer 9 en koolstofdioksied te produseer wat verooraak dat die deeg rys. Enige TWEE 2x2
(4)
(10)
3.2 3.2.1 -die rug / ruggraat 9 is gekrom9
-lengte 9 neem af 9 / word korter (4)
3.2.2 Kalsium 9 (1) 3.2.3 - die beenweefsel raak porieus / dun
- die beenweefsel verloor digtheid 9/ beendigtheid neem af - die beenweefsel kan frakture vorm 9 / maklik breek ENIGE EERSTE TWEE
(2)
3.2.4 Osteoporose 9 (1) (8)
3.3 3.3.1 Onderste ledemaat9 (1) 3.3.2 1 – Pelvis9
3 – Patella9 4 – Tibia9 5 – Fibula9 8 – Falanges9
(5)
3.3.3 Skarniergewrig9 (1)
Lewenswetenskap/Graad 10 9 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
3.3.4 No 29- Femur9 (2) 3.3.5 - vorm die skelet 9/ endoskelet
- beskerm lewensbelangrike organe9 - berging van minerale9 - help met voortbeweging 9/ bewegings - dien as aanhegtingsplek vir spiere 9 - langbene vervaardig rooibloedselle 9
Merk eerste DRIE
(3)
(12) 3.4 3.4.1 B – Growwe stelskroef 9
D – Okulêre lens / oogstuk 9 F – Ligbron 9
(3)
3.4.2 (a) – A - Oogstuk9
(b) – E – Tafel / platvorm9
(2) 3.4.3 - Vergrootglas9
- Verkykers9 (1)
3.4.4 Anton Van Leeuwenhoek (1)
(10)
TOTAAL VIR VRAAG 3 40 TOTAAL VIR AFDELING B 80
Lewenswetenskap/Graad 10 10 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
AFDELING C VRAAG 4 Biotegnologie – dit is die gebruik van lewende organismes 9 en biologiese
prosesse 9om produkte te vervaardig wat nuttig is vir die mens 9 en die
omgewing. MAKS TWEE
(2)
Entstowwe - Word voorberei deur gebruik te maak van dooie 9of verswakte
organismes wat soortgelyk is aan patogene/siekte veroorsakende mikro-organismes 9.
- Biotegnoloë versamel proteïene 9 vanaf die patogene en berei dit voor vir die gebruik daarvan in die entstof. Hulle kan ook gebruik maak van toksiene/gifstowwe 9 wat deur die patogene gevorm word in die voorbereiding van die entstof.
- Die entstof word ingespuit 9in die liggaam van die persoon wat nodig het om teen siektes beskerm 9te word / siektes te voorkom.
MAKS DRIE Antibiotika - dit is chemikalieë wat vervaardig word deur sommige mikro-organismes /organismes -die chemikalieë vernietig bakterieë9 -die chemikalieë word gebruik om tablette/pille te vervaardig 9 -die tablette/pille word gewoonlik oraal geneem met water 9
MAKS DRIE Bloedoortappings Hierdie is die proses waartydens bloedprodukte ontvang word en intravenieus in die sirkulasiesisteem 9gepomp word. Dit word gedoen sodat verlore bloedkomponente vervang kan word 9 Mense wat teveel bloed 9 verloor bv in ongelukke 9 ontvang bloed vanaf skenkers. MAKS DRIE
(3) (3) (3)
Impak van entstowwe op lewe - Die entstof stimuleer 9 / verbeter die immuunsisteem van die persoon, sodat dit instaat is om die regte patogene onmiddelik te kan identifiseer 9 en te kan vernietig wanneer dit die menslike liggaam binnedring. - dit voorkom 9 dat die wat ingeënt is, die siekte opdoen 9 - entstowwe verbeter gesondheid 9/ lewenskwaliteit
MAKS DRIE
(3)
Lewenswetenskap/Graad 10 11 MOD/2015 NSS-MEMORANDUM
Impak van antibiotika op lewe - dit word gebruik om siektes te behandel 9/ genees wat deur bakterieë 9 veroorsaak word - dit verbeter gesondheid 9 / lewenskwaliteit MAKS TWEE Impak van bloedoortappings - Dit red lewens 9/ omdat bloedverlies die dood kan veroorsaak.
(2)
(1) (17)
Assessering van die opstel Kriteria Relevansie (R) Logiese volgorde
(L) Begrip (C)
Slegs inligting wat relevant is tot biotegnologie, die drie produkte en hul impak op menslike lewe is beskryf
Inligting oor biotegnologie, die drie produkte en hul impak op menslike lewe is in „n logiese manier verduidelik
Definisie van biotegnologie, TWEE feite oor die drie produkte en EEN impak van elk is beskryf
Punt 1 1 1
(3)
TOTAAL VIR VRAAG 4 TOTAAL VIR AFDELING C
GROOTTOTAAL
[20] [20] 150