VANOGGEND SE DANKOFFERDIENS DS MICHIEL DE KOCK SOLI DEO GLORIA - AAN GOD ALLEEN DIE EER (ESEG 47:1-12)
Ons vier vandag ons dankfees. Ons is dubbeld dankbaar om deur God se genade
deel te kan wees van ‘n Hervorming, ‘n totale omkeer in die kerk van God wat deur
Sy Heilige Gees gewerk is in die harte van gehoorsame kinders van Hom. Mense
soos Johannes Hus, wat op ‘n brandstapel gesterf het omdat hy die Woord van
God suiwer gebring het, deur dit vir die gewone mense in gewone taal te sê dat
Jesus Christus ons enigste Heer en Verlosser van Sonde is, deur Sy genade al-
leen. Dit was in die jaar 1415 en dit het die weg voorberei vir Hervormingsdag
meer as ‘n 100 jaar later. Vandag, nog 500 jaar later vier ons die Hervorming
met sy 5 Solas wat vir ons steeds so kosbaar is en kosbaar sal bly. Ons is ook
baie dankbaar vir die pad van Hervorming of vernuwing wat die Here God nog
steeds met Sy kerk stap ... ook met Onrusgemeente. Dis ‘n pad waarop ons een
begeerte het nl. om altyd nader aan God se hartklop te kom. Om deur die genade
van God alleen Sy stem uit Sy Woord saam te hoor en deur die leiding van Sy
Gees Hom te verheerlik en Hom alleen. Om Jesus Christus as ons enigste Heer
en Verlosser te eer en SY Koninkryk uit te bou en eerste te stel in alles wat ons
doen en droom om te doen. Ons dank God vir Sy pad met ons gemeente. Daarom
lees ons weer hierdie teks vandag. Dis die storie van ons Vader met ons. Alles
begin by God self en vanuit Sy Heilige teenwoordigheid leef ons, dien ons, loof
ons en gaan ons as Sy gestuurdes met Sy liefde na Sy gemeente, gemeenskap en
wêreld. Ons almal saam in diens van Jesus Christus, oral altyd en in alles, sodat
verlore mense gered kan word, gebroke mense genees kan word en kinders van
God gehoorsame dissipels van Jesus kan wees. Amen!
Ons almal saam in diens van
JESUS CHRISTUS
oral, altyd en in alles
Hartklop
29 OKTOBER 2017
HARTLIK WELKOM!
Oktober is ons Feesmaand en vandag is ‘n Dankdag. Hoe kan ons dan nie só saam bid en saam sing nie:
Dank. Vader, dank vir u genade – Dis onverdiende guns alleen! Beoordeel U na reg my dade,
Waar sal ek skuil, waar vlug ek heen? Meer nee, ek mag, ek wil nie vrees nie,
U spreek my vry om Jesus bloed; Ek sal nie meer bekommerd wees nie -
In Hom is rus vir my gemoed. (Lied #563v3)
En as ons vorentoe kyk, sing ons:
Ek weet aan wie’k my toevertrou het Al wissel dan ook dag en nag;
Ek ken die Rots op wie’k gebou het Van wie ek al my heil verwag ......
(Lied #563v4)
Wees LIG!
AANDDIENS @ 18:00 (Teentrixgroepe na die diens)
NG GEMEENTE ONRUSRIVIER
SE STORIE
“SPORE VAN SEËN” is beskikbaar vanaf hierdie Sondag. Ds Clifford het vir
ons ‘n versameling van verhale bymekaar gesit. R150 donasie sal baie waardeer word en ons vra mooi of u asb met kontant
kan betaal. Geniet dit!
TEKS VAN DIE WEEK 5 NOVEMBER 2017
Die Godheid van Jesus Hierdie week kyk ons na
verskillende Ou-Testamentiese tekste wat die koms van die Messias voorspel. Lees die
volgende profetiese voorspellings aan die hand van
U verstaan van Jesus van Nasaret en sien hoe duidelik dit is dat Jesus wel die seun
van God is:
Jesaja 9: 6 - 7 Jesaja 53: 4 - 11
Miga 5:2 Sagaria 12: 10
Daniel 7:13 - 14 Daniel 9: 24 - 27
Psalm 2: 1 - 12
Geseënde week van worstel! Anton
MAANDAG 30 OKTOBER GEBED: Ek bring U my lof, o Heilige God, my lof is ’n offer aan U!
13:00 - 14:00 GEBED IN DIE SENTRUM Ons kom oor middagete bymekaar. Ons lui die klokke. Ons raak stil en ons sug, "lament" en bid vir genade en oplossings. Ons land is stukkend. Moord en geweld vernietig ons stede, dorpe, plase en plat-teland. Ons vra opnuut wat dit beteken om Jesus te volg in die konteks. Kyrie Eleison (Heer wees ons genadig). Kom bid saam met ons!
MOSAÏEKGROEP BYEENKOMS Maandag 30 Oktober 2017 om 15h00 in Dienssentrum. Dit is ons laaste amptelike byeenkoms en almal is welkom om dit by te woon.
DINSDAG 31 OKTOBER GEBED: Kom dank nou almal God, met hart en mond en hande. Loof Hom wat wonders doen, tot in die verste lande.
SOPKOMBUIS
18:30 REFORMASIE - DIE VERHAAL VAN MARTIN LUTHER WELKOM!
WOENSDAG 1 NOVEMBER GEBED: O, Heer my God, as ek in eerbied wonder, en al U werke elke dag aanskou, dan moet ek juig my Redder en my God, hoe groot is u, hoe groot is u!
11:00 - 13:00 KLEREKAS 19:00 WYK 9 - WYKSBYEENKOMS aan huis van Charles & Mar-lene Oberholzer, 36 Hoofweg, Onrusrivier, almal baie welkom. DONDERDAG 2 NOVEMBER GEBED: Ons bring aan u Heer Jesus, ons lof en dank en eer!
VRYDAG 3 NOVEMBER GEBED: Grote God aan U die eer, heerlik is waar U regeer. Hemels is u majesteit. Amen.
SONDAG 5 NOVEMBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente. Kom bid asb saam! WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 25)
09:00 FAMILIEDIENS Ds Anton Duvenhage gaan voor. Kom juig saam met ons!
18:00 AANDDIENS (Teentrixgroepe na die diens)
WAARNA KAN ONS UITSIEN?
SPOELKLIPPE-AFSLUITING VRYDAG 17 NOV DV 17:30 in die Maalruimte Kaartjies @ R50 pp by Kerkkantoor. (Slegs beperkte hoeveelheid beskikbaar!) Broodtafel, gebakte vis en slaaie op 'n stokkie. Koffie/tee word verskaf. BRING SAAM: Eie drinkgoed, beker en eetgerei. OP VERSOEK WORD DIE DVD VAN VERLEDE JAAR "MUSIEK-POTPOURRI" DAARNA OM 19:00 IN DIE SENTRUM HERHAAL.
STAPGROEP Die volgende stap, SAT 4 NOV, beloof om baie interessant te wees! Almal kom 7:30 by Grottostrand bymekaar. Vir meer inligting kontak Sandri by 082 907 4060
19 NOVEMBER 2017 @ 18:00 Teentrix Afsluiting
26 NOVEMBER 2017 @ 18:00 Aandnagmaal
3 DESEMBER 2017 @ 09:00 Kerssangdiens
SONDAG 3 DES 2017 Gemeentekalenders beskikbaar
16 DESEMBER 2017 @ 16:00 Voedselfees
DIS SOLA GRATIA – AL DIE PAD VAN
31 OKT 1517 TOT 31 OKT 2017
OOK HIER IN ONRUSRIVIER
Stel jouself voor: ‘n Toegewyde priester en hoogs geleerde akademikus wat binne die kerk en met die Bybel voor hom oop, soek na God ...? Nog beter: Hy soek ‘n genadige God. Hy bid en hy vas en hy bely elke bekende sonde. Hy folter en pynig sy liggaam. Hy weerhou hom van elke menslike genot. Hy word ‘n askeet. Hy sien visioene. Maar alles tevergeefs. Hy kan hierdie genadige God nêrens vind nie.
500 Jaar gelede sit ‘n desperate Martin Luther in ‘n klein kamertjie in Wartburg, in die bergland van Thuringen. In sy soeke na ‘n genadige God bid hy Psalm 71 “Red my tog, o God. Here, kom my tog gou te hulp”.
Die Here verhoor sy gebed. Die Bybel gaan vir hom oop by Romeine 1v17. Luther lees dat die mens genadiglik vrygespreek word omdat hy glo, uit genade. Nie uit verdienste nie – sola gratia!
Dinsdagaand, DV die 31ste Oktober om 18:30 gaan Gert Claassen die verhaal van Martin Luther kom vertel. Gert het spesiaal Europa toe gereis om Luther se voetspore te volg. En met ‘n professionele data aanbieding kom Gert ons vertel hoe hierdie man van God sy genadige God gevind het en wat dit hom gekos het.
ONS IS ALMAL UITGENOOI OM DIE REFORMASIE TE KOM VIER. VRIENDE IS
WELKOM!
ONRUSGEMEENTE OUDITORIUM OM 18:30, 31 OKTOBER 2017.
KOM LUI SAAM MET ONS DIE KERKKLOK!
EEN GEBEDSWAG
1 NOV 2017
Onrusgemeente bid saam met die VGK Gemeentes van Hawston, Zwelihle en Mount
Pleasant. Bid asb saam met ons!
Vir enige navrae, kontak Annette op 072 903 9189.
KOM LOOF DIE HEER, ALLE KNEGTE VAN DIE HEER WAT SNAGS IN DIE HUIS VAN DIE HERE STAAN.
HEF OP JULLE HANDE NA DIE HEILIGDOM EN LOOF DIE HEER, EN LOOF DIE HEER!!!
ELKEEN 'N WAG MET 'N OPDRAG - LEES ASB ESEGIËL 33 : 1 – 20
“Mens, Ek het jou die wag vir Israel ( Onrus se mense, jou familie, jou kinders en almal waarmee jy in aanraking kom) gemaak. “Wanneer jy by My die opdrag ontvang, moet jy hulle namens My waarsku.” Jy as wag het 'n plig wat jy nie moet versuim nie. (Jak 5 : 19 – 20 “ My broers, as een van julle van die waarheid afdwaal en iemand sou hom terugbring, weet dan dat hy wat 'n sondaar van sy dwaalweg terugbring, hom uit die dood red en maak dat 'n menigte sondes vergewe word.” Waarsku jy hom nie sê die Here : “Ek sal jou veranwoordelik hou vir sy dood.” !! Die Here wil nie hê dat een mens in sonde moet sterf nie, maar “Ek wil hê hy moet van sy optrede afsien en lewe.” As ons nou verse 12 tot 16 lees dan sien ons daar is genade en regverdigheid.
Die Here self sê in vers 20 “Ek sal elke mens onder julle oordeel volgens sy doen en late.”
Die wag sien die vyand aankom en waarsku die mense – dit is sy plig – Vers 5 sê -- ” Dit is net dié wat op die waarskuwing ag slaan, wat hulle lewens red.” Die wat nie ag slaan nie sterf deur hulle eie sonde. MAAR as die wag nie die waarskuwing gee nie en hulle sterf in sonde DAN sê dit aan die end van vers 6 ...”maar Ek sal van die wag rekenskap eis vir hulle dood.”
Die Groot Opdrag is om aan almal te vertel wie Jesus is. -- Elkeen 'n wag met 'n opdrag. -- Besef ons hoe 'n groot verskil ons gehoorsaamheid kan maak. Efesiers 5 : 16 “Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in 'n goddelose tyd.”
GEBED: “DIE GEBED VAN 'N GELOWIGE HET 'N KRAGTIGE UITWERKING”
1. Vandag 1 November bid ons saam met die res van die wêreld vir Noord-Korea. Dit is die land waar Christene die meeste vervolg en doodgemaak word. Ons bid vir hulle, veral die wat in tronke en kampe lewenslank aangehou en ge-martel word. Die bevolking in Noord-Korea word gedwing om die Kim-familie te aanbid – ons bid dat hierdie familie die lewende God sal ontmoet en hulle harte verander sal word.
2. Ons bid vir al die leerders wat eksamen skryf, veral die Graad 12's. Ons bid vir hul gesondheid, vir tyd en plek om te studeer, vir ondersteuning deur ouers en ander huisgenote. Ons bid vir kalmte en helderheid wanneer vraestelle geskryf word.
3. Vanaf 25 November tot 10 Desember is die jaarlikse tyd van gebed teen Huishoudelike Geweld. Ons bid vir die slagoffers sowel as vir die skuldiges. Ons bid vir die beraaders en sielkundiges wat met hierdie mense werk. Ons bid dat in almal die liefde van Jesus die deurbrake sal bewerk.
4. Ons bid dat ons as deel van die Gesin van Christus, Hom sal verheerlik met opregte liefde en dankbaarheid. Dat ons onsself tot beskiking in Sy diens sal stel (as wagters) en dat ons ons mede gelowiges sal liefhê en aanvaar soos Jesus ons aanvaar en liefhet.
5. Ons bid vir al die leraars en hulle gesinne vir wysheid, gesondheid en beskerming teen aanvalle van die bose.
MAG - DIE HERE JOU SEËN EN BESKERM. MAG - DIE HERE JOU GEBEDE VERHOOR.
MAG - DIE HERE JOU VREDE GEE.
HAARKAPPER: Kontak Ester by 081 453 8130 om u hare mooi te maak, te sny, te kleur, te knip, rollers in te draai, te "perm". Sy maak mens baie mooi.
KLINIEK: Kontak vir sr. Calitz by 073 152 5623 indien u 'n afspraak wil maak vir bloeddruk, suiker, inspuitings toedien ensovoorts. JUKSKEI OM 9H45: Ons het weer begin met jukskei. Kom sluit aan by die vier mans wat tans speel. Hulle daag u uit om saam met hulle te kom speel. Kom ons kyk of ons nie 'n span kan volmaak nie. Wat van 'n vroue span? Dis lekker oefening, lekker gesels en som-mer net saam wees met mekaar. NAGEREG IN DIE SITKAMER OM 10h00: Kom geniet saam met ons poeding (nagereg) - net soveel as wat u kan eet. U moes bespreek het om hierdie lekker nagereg te kom saameet teen R10 vir lede (R20 vir nie lede).
TRIMGIM WOENSDAGMIDDAG IN DIE ONSTEATER OM 15h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R45pm vir lede (R60pm vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085.
VOETE- EN HANDE VERSORGING Voete- en hande versorging in die Dienssentrum vanaf 8h00. Kontak vir Marilyn by 082 532 6931 en maak 'n afspraak. Ons voete en hande is baie belangrik - Marilyn versorg dit baie mooi!
10H00 Kom speel saam Rummikub en ander speletjies. Dit is lekker om in te stap by die dienssentrum en die konsentrasie en pret op elke persoon se gesig te sien.
ONRUSRIVIER DIENSSENTRUM
Deur die genade van God
DIENSSENTRUMNOMMER
028 316 1745
KONTAK VIR JOAN OF HANNIE
(09H30 – 12H30)
DINSDAG 31 OKT
WOENSDAG 1 NOV
DONDERDAG 2 NOV
ONDERSTEUNINGSGROEP: Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie, Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie ly en hulle familielede na 'n onder-steuningsgroep wat op Dinsdag, 7 November, om elf uur tot twaalf uur in die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en kom gesels saam of sit net ag-teroor en luister na die res van die groep en kry weer motivering!
JAARGELD: Onthou om u jaargeld te betaal. R400 vir 'n enkelpersoon en R600 vir 'n egpaar. KOEKSISTERS KOEKSISTERS KOEKSISTERS: Die Dienssentrum het 'n persoon wat koeksisters bak en verkoop - ons kry 'n bedrag vir elke pakkie verkoop. Die persoon gaan twee weekliks op 'n Maandag bak. U kan bestel vir 30 Oktober. Die bestellings kan by Joan/Hannie of Erika (079 322 0998) geplaas word. Dit kos R30 per dosyn. Betaal asseblief by bestelling van die koeksisters. NAALDWERK: Rita kan nie meer die klere verstel nie. Ons soek dringend na iemand wat hierdie bediening (diens) aan die dienssentrum sal verskaf. U kry die werk en die dienssentrum vra slegs 10% van u inkomste. Indien u be-langstel om te kom help kontak asseblief vir Joan/Hannie/Erika by 028 316 1745. JAARVERGADERING: Die Dienssentrum se jaarvergadering vind plaas op Dinsdag, 28 November, om 10h00. Saam met die jaarvergadering het ons 'n baie bekende persoon as spreker. Prof. George Watermeyer gaan vir ons vertel van sy aftrede en wat hy doen om homself fisies, psigies en emosioneel goed te laat voel op sy ouderdom. Kom luister saam na alles wat die jaar gebeur het en wat u voel moet nog gebeur by die Dienssentrum en kom luister na prof. Watermeyer.
VRYDAG 3 NOVEMBER @ 09:30 - 11:30
Almal is meer as welkom om die lenteweer te kom geniet! Heerlike eetgoed om van te kus en te keur! Ons vrouens in die gemeente is regtig baasbaksters en hulle beskou dit as 'n voorreg om hulle passie en liefde nog so te kan uitleef en dit tot eer van ons Vader. Vir net R30 kry jy 'n warm koppie filterkoffie of tee saam met 'n heerlike eetding van jou
keuse. SIEN JULLE DAAR! GROEPBESPREKINGS: Kontak asb vir Marie so 2 weke voor die tyd om jou plek te bespreek op 028 316 4018.
BELANGRIKE VERSOEK!
Die program vir die KOLWYNTJIE vir 2018 word in NOVEMBER gefinaliseer. Sal die dames wat nie meer beskikbaar is vir 2018 asseblief vir Marie kontak by
028 316 4018 of stuur sms na 083 457 1896. Indien sy geen terugvoering gaan kry nie, neem sy
aan dat jy nog beskikbaar is vir 2018 se KOL-WYNTJIE. Indien daar nog dames is wat wil betrokke raak, moet hulle haar asseblief kontak. Dis die ideale manier om ander dames te ontmoet en so in te skakel by ons gemeente se bedrywighede. Kom beleef Jesus
se liefde elke Vrydag by die KOLWYNTJIE!
SPOELKLIPPE
‘n Groep van 36 Spoelklippe
het heerlik geëet en gesellig
verkeer by
DASSIESFONTEIN!
Baie dankie vir Hannetjie en
Marietjie wat al die reëlings
getref het.
Onthou ons afsluiting van
17 NOVEMBER DV.
Al die inligting is in die
HARTKLOP.
Baie welkom
aan die nuwe
Spoelklippe wat
ook nou by ons
groep aangesluit
het.
Indien u meer van
die Spoelklippe wil
weet, kontak gerus
vir Joep en Marie
op
028 316 4018.
Welkom!
DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)
083 468 8194 [email protected]
DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)
083 448 1651 [email protected]
DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185
DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895
VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl
082 339 9871 [email protected]
EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633
MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen
028 316 3115 (K) 079 322 0998
KOMMUNIKASIE BEAMPTE
Karin de Bruin 084 305 2086
ONTVANGS Mervian van der Merwe
084 875 7875 [email protected]
REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312
ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759
KOSTER Johan Symington
082 546 7415
Vir navrae en kommentaar op die Hartklop
[email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)
KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00
Tel (028) 316-2116 [email protected]
www.ngkonrusrivier.co.za
DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier
Bank: ABSA
Rek. 406 215 2718
SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer
Bank: ABSA
Rek. 916 9799 886
GEBED VIR NOOD EN SIEKTE
Groot dank en waardering vir ons Hartklop borg van die maand (‘n besigheid in ons
dorp wat verkies om nie genoem te word nie, maar dit net uit dankbaarheid te
doen). Ons eer God vir julle gehoorsaam-heid en liefde en bid Vader se seën oor jul
besigheid en gesinne.
CHEMO / BESTRALING / BEHANDELING Nonnie Blignaut, Piet Haumann, Sumien Warwick, Chantelle Theron, Eulogy Kroon, Sheila du Toit, Marius van der Watt
MEEGEVOEL MET die familie en vriende van Charles Hitge, met Maggie en kinders van Willie van Zyl, en Denize en Johan Theron met die heengaan van haar vader.
OPERASIE / HOSPITAAL Marietjie Kruger, Ruanda Brand, Flick du Toit, Theo Pegel, Alric Warmenhoven, Betsie Oelofsen
SIEKTE / SORGEENHEID / VERSWAK / AANSTERK Marietjie Pietersen, Suzette van Zijl, Francois Goosen, Johanna Groenewald, Cas van Rensburg, Hester Bekker, André Olivier, Carien Viljoen, Christa de Villiers, Jannie van der Westhuizen, Rina Fourie
ONS BID VIR al die matrieks wat eksamen skryf. Here, dankie vir energie, helderheid en sterkte.
SPESIALE GEBED VIR SUID-AFRIKA Here, ons staan in ‘n tyd waar dit maklik is om Moedeloos te wil voel, oorweldig en oorwin. Maar Dan kyk ons op en ons sien die son skyn en die Golwe van die see en ons voel die wind en ons WEET dat U die Almagtige God is, u is Skepper, Heerser en die Alomteenwoordige. Ons is op ons Kniee voor u vir ons ons pragtige land en bid vir Geregtigheid, vrede en dat U naam gehoor sal word.
KOSPAKKIES 13 NOV DV Margarien van 500g of 1 kg, Boeliebeef en Boontjies in tamatiesous is effens min. Baie dankie vir al die bestanddele al ontvang.
‘n Nie-winsgewende organisasie “help2read.org” is opsoek na vrywilligers (geen betaling) wat laerskool kinders in ons omgewing kan help om hul leesvermoë te verbeter. Huidiglik is daar ‘n program in wor-ding by Mount Pleasant Primary, Diepgat (Hemel & Aarde Vallei) en Die Bron (Stanford). Inligting is verkrygbaar by Hanna (Kerkkantoor.)
wees
BENJAMIN HEYS DANKFONDS
Die boek - Ubuntu, Africa Loves Me - is by die kerkkantoor beskikbaar
teen ‘n donasie van R100 of selfs meer. Ons gemeente het twee jaar gelede die
Heys Familie wonderlik ondersteun na ‘n kleinseun se ongeluk en gevolglike
breinbeserings. Nou wil ons weer hulp aanbied aan ‘n jong enkelmoeder met ‘n
tweeling. Die Benjamin Heys Dankfonds wil die moeder help met die
grootmaak van haar tweeling. Die babas word ook siek soos alle kinders, maar
die een outjie het ‘n hart defek wat addisionele mediese uitgawes besorg.
Ons wil weereens baie dankie sê vir u ondersteuning, asook die gebede en die bemoedigende
terugvoer op die boekie!
Die EFT Rekening: Hermanus Accounting, Standard Bank, Hermanus Takkode: 050-312 Rek nr: 201766655 Verw: Benjamin Heys Dankfonds