42

World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dinsdag 4 Februarie is Wêreld Kankerdag en die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA) gebruik hierdie dag van bewustheid om die algemene mites oor kanker na vore te bring en dit aan te spreek. Sue Janse van Rensburg, KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, sê: “Elke jaar hoor 14 miljoen mense hulle het kanker en in SA word 1 uit 4 mense se lewe deur kanker geraak. Dit is die feite waaroor ons almal moet praat om protes aan te teken teen negatiewe oortuigings, standpunte, en gedragspatrone wat mites toelaat om te bly voortbestaan, vrees en stigma veroorsaak, mense verhoed om vroeë opsporingstoetse te laat doen en behandeling te ontvang en om inenting van die hand te wys.” Kanker ken geen vooroordele nie en raak mense van enige ouderdom, ras, geloof, geslag en ekonomiese status. Die magtigste wapen wanneer die mens met kanker gekonfronteer word, is opvoeding en kennis. KANSA fokus op vier algemene mites oor kanker en verskaf feite oor elkeen: - Dis nie vir ons nodig om oor kanker te praat nie. - Daar bestaan geen tekens of simptome wat op kanker dui nie. - Daar is niks wat ek oor kanker kan doen nie - Ek beskik nie oor die reg tot kankersorg nie. Lees meer: http://www.cansa.org.za/die-waarheid-oor-kanker-op-wereld-kankerdag-4-februarie-2014/

Citation preview

Page 1: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)
Page 2: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wêreld Kankerdag 2014

ONTMASKER DIE MITES

Page 3: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wêreld Kankerdag 2014 se veldtog geskied onder die

leuse ‘Ontmasker die Mites’ met ‘n fokus op vier algemene mites oor kanker

wat regoor die wêreld voorkom

Page 4: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

MITE NO 1

Ons hoef nie oor kankerte gesels nieWaarheidAlhoewel kanker ‘n moeilike onderwerp is om oor te gesels, veral onder sommige kulturele omstandighede, kan openlike gesprek oor die siekte verskeie verbeteringe op individuele-, gemeenskaps- en beleidsvlakke bewerkstellig.

Page 5: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)
Page 6: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Om oor kanker te praat, kan ook help om negatiewe oortuigings, houdings en gedrag wat voortbestaande mites versprei, vrees en stigma veroorsaak en verhoed dat mense vroeë opsporing en behandeling, sowel as dalende inenting uitsoek, uit te daag.

Page 7: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

‘n Skop in die testikels kan kanker veroorsaakWerklikheidAlhoewel dit baie seer sal wees, sal dit nie kanker veroorsaak nie. Testikulêre kanker veroorsaak swelsel van ‘n testikel, wat nie met ‘n ondersoek onderskei kan word van die testikel self nie. Testikulêre kanker kom meer algemeen voor onder jong mans tussen 15 en 39. Enige nuwe of abnormale knop in die skrotum behoort dringend aan ‘n geneesheer gerapporteer word

Wanopvatting oor testikulêre kanker

Page 8: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor manlike borskanker

Page 9: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor prostaatkankerSlegs ouer mans loop die risiko om prostaatkanker te kryWerklikheidProstaatkanker is minder algemeen by mans onder 40. Indien jy besorgd is, raadpleeg jou dokter of jy vroeër getoets hoef te word. Ouderdom is nie die enigste faktor nie.Indien jou pa of broer prostaatkanker gehad het, verdubbel of verdriedubbel jou risiko.Hoe meer verwante van jou die siekte het, hoe groter is jou kanse om dit te kry.

Page 10: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor ‘n verhoogde PSA telling‘n Verhoogde PSA telling beteken dat jy prostaatkanker hetWerklikheidOnwaar. Jou PSA telling kan hoog wees as gevolg van ‘n vergrote prostaat of inflammasie van die prostaat.Die PSA telling help die geneesheer om te besluit of verdere toetse nodig is om te kyk of jy prostaatkanker het. Die geneesheer stel belang in jou PSA telling oor ‘n tydperk om te sien of dit verhoog wat op ‘n probleem kan dui.Indien dit verlaag na kankerbehandeling, is dit ‘n goeie teken.

Page 11: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor die behandeling van prostaatkankerAlle prostaatkankers moet behandel wordWerklikheidJy en jou geneesheer mag saam besluit om nie jou prostaatkanker te behandel nieMoontlike redes:Jou kanker is in ‘n vroeë stadium en groei baie stadig.Jy is bejaard en het ander gesondheidsprobleme.Behandeling van jou prostaatkanker mag dalk nie jou lewensverwagting verhoog nie en mag die behandeling van ander probleme kompliseer.In sulke gevalle sal die geneesheer ‘wag-en-kyk’ voorstel. Dit beteken dat die geneesheer jou gereeld sal ondersoek en toetse laat doen om te verseker dat die kanker nie vererger nie.Indien die situasie verander, mag die geneesheer besluitom met behandeling te begin.

Page 12: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor Servikale KankerOm met servikale kanker gediagnoseer te word, beteken die doodWerklikheidKanse op oorlewing na servikale kanker wat in ‘n vroeë stadium opgespoor is, is 90 to 95%Indien in ‘n laat stadium gediagnoseer, is die oorlewing tussen 10 en 20%

Page 13: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor PapsmereIndien ‘n Papsmeer abnormaal is, beteken dit jy het kankerWerklikheidNie noodwendig nie. Jy sal heel moontlik opvolgtoetse soos ‘n MPV toets, ‘n inwendige ondersoek of ‘n keëlbiopsie moet ondergaan om te toets vir kankerselle.‘n Abnormale Paptoets kan op ‘n voorkanker toestand dui wat behandel kan word.Daarteenoor kan ‘n negatiewe Paptoets nie altyd beteken dat ‘n vrou kankervry is nie. Ongeveer 10% van alle Paptoetse mag ‘n valsnegatief uitslag hê wat beteken dat die toets nie ‘n probleem aangedui het nie.Indien jy probleme soos bloeding of pyn verduur, moet jy mediese hulp verkry al was jou laaste Paptoets normaal

Page 14: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor ‘n familiegeskiedenis van borskankerSlegs vroue met ‘n familiegeskiedenis van borskanker loop ‘n risikoWerklikheidOngeveer 20 tot 30% van vroue wat met borskanker gediagnoseer is, het ‘n familiegeskiedenis van die siekte.Indien ‘n naby familielid (‘n ouer, sib of kind) borskanker het of gehad het, verhoog jou risiko ongeveer tweevoudig.Om twee naby familielede met die siekte te hê, verhoog jou risiko self nog meer.‘n Familiegeskiedenis van baarmoeder- ovaria- of kolonkaner kan ook die risiko verhoog. Die meeste oorerflike gevalle van borskanker word geassosieer met twee abnormale gene BRCA1 en BRCA2.

Page 15: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor knoppe in ‘n borsDie meeste knoppe wat in ‘n bors voorkom is kankerWerklikheidOngeveer 80% knoppe in vrouens se borste word veroorsaak deur nie-kankeragtige veranderinge, kiste of ander toestande.Vrouens word aangemoedig om enige veranderinge aan te meld aangesien die vroeë diagnosering van borskanker voordelig is. Jou geneesheer mag ‘n mammogram, ultraklank of biopsie voorstel om te bepaal of die knop kankeragtig is.

Page 16: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor MammogrammeIndien die verslag oor my mammogram negatief is, is daar niks om oor bekommerd te wees nieWerklikheidAlhoewel dit gereken word as die mees effektiewe prosedure vir sifting en diagnose, faal ‘n mammogram somtyds om ongeveer 10 tot 20% van borskankers uit te wys. ‘n Ultraklank word dikwels bykomstig tot ‘n mammogrm begruik in pasiënte met digte borsweefsel.Gereelde kliniese borsondersoeke en self-borsondersoeke speel ‘n belangrike rol in die siftingsproses om veranderinge en abnormaliteite uit te wys.

Page 17: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Kanker het geen tekens of simptome nieWaarheidVir vele kankers is daar waarskuwingstekens en –simptome en die voordele van vroeë opsporing is onbetwisbaar.

MITE NO 2

Page 18: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Tekens en Simptome van Kanker by VolwassenesK Knop of verdikking in ‘n bors, testikel of eldersA Aanhoudende koors van onbekende oorsprongN Noemenswaardige en aanhoudende moegheidK Kleur of grootte van ‘n moesie of vrat wat veranderE Erge en aanhoudende hoofpynR Raaiselagtige heesheid en aanhoudende hoes W Wisselende pyne in skelet of ander liggaamsdeleA Aptyt wat afneemA Afskeidings wat ongewoon isR Resente verandering in werking van blaas of dermkanaalS Slegte spysvertering wat voortduurK Kneusplekke sonder gepaardgaande beseringsU Uitermatige en aanhoudende bleekheidW Wond wat nie wil genees nieI Infeksie of inflammasie wat nie opklaar nieN Naarheid en braking waarvoor daar nie ‘n verklaring is nieG Gewigsverlies wat nie verklaar kan word nie

Page 19: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Tekens en Simptome van KinderkankersK Koors van onbekende oorsprongI Infeksies wat herhalend voorkomN Naarheid met of sonder brakingD Dubbelvisie of wit kol agter pupilE Erge onverklaarbare moegheidR Raaiselagtige pyne in gewrigte, skelen, rug of bekken

K Knop of massa wat skielik ontwikkel in die buik, nek of ander liggaamsdeelA Afskeidings wat ongewoon isN Noemenswaardige bleekheid wat voortduurK Kneusplekke sonder gepaardgaande beseringsE Erge en aanhoudende hoofpynR Resente onverklaarbare gewigsverlies

Page 20: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Daar is niks wat ek oor kanker kan doen nieWaarheidDaar is baie wat op individuele-, gemeenskaps- en beleidsvlakke gedoen kan word en met die regte strategieë kan ‘n derde van die mees algemene kankers voorkom word.

MITE NO 3

Page 21: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Die bevordering van 'n gebalanseerdeleefstylDie omstandighede waaronder mense woon en werk, asook lewenstyl, beïnvloed hul gesondheid en kwaliteit van lewe.Bewyse: Organisasies van alle groottes kan omgewings wat die gesondheid van hul werknemers beskerm en bevordering skep, deur die verskaffing van:• 100% tabak en rook-vrye omgewings• Voorsiening van, en toegang tot, gesonde kos

opsies• Werksplek gesondheidsonderrig programme en ‘n

beleid wat bewustheid van die risiko van kanker faktore en die belangrikheid van vroeë opsporing skep

Page 22: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Volg ‘n Gesonde Dieet

Riglyne:Eet genoegsame groente en vars vrugte (in seisoen). Die dieet behoort uit vrugte, groente en ander plantaardige voedselsoorte te bestaan – soos heelgraan en peulgroente. Beperk vetinname - eet ligter en skraler deur minder hoëvet kossoorte, veral van dierlike afkoms te kies.Vermy of beperk alkoholinname - die risiko van verskeie tipes kanker, insluitend borskanker en kanker van die kolon, longe, niere en lewer verhoog met die hoeveelheid alkohol wat in-geneem word asook die tydsduur van gereelde alkoholinname

Goeie en gesonde besluite by die winkel en tydens maaltye kan help om kankerrisiko te verlaag

Page 23: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Verlaag Suiker InnameHoë inname van bygevoegde suiker dra by tot die voorkoms van gedragsprobleme by kinders, tandbederf en obesiteit wat aanleiding gee tot verhooge risiko vir nie-oordraagbare siektes soos tipe-2 diabetes, kardiovaskulêre siektes, hoë bloeddruk en verskeie kankers‘Bygevoegde suiker’ verwys na enige suiker wat by voedselsoorte gevoeg word tydens prosessering en sluit suiker, heuning, molasse, sukrose met molasse, gekleurde suiker, vrugtesapkonsentraat, ontgeurde en/of gedeioniseerde vrugtesap en konsentrate daarvan, hoë fruktose mieliestroop en mout in.Dit word aanbeveel dat bygevoegde suiker tot die dieët nie 100 kalorieë (25g) per dag vir vroue en 150 kalorieë (37,5g) vir mans oorskry nie.Dit is gelykstaande aan ongeveer 5-6% van daaglikse energie (E). Een blikkie suikerversoete koeldrank (350ml) bevat meer as 40g suiker (gelyk aan 6-7% van een dag se energie-inname) - 25g suiker is gelykstaandeaan 2 gehoopte eetlepels suiker.

Page 24: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Beperk SoutinnameSout is noodsaaklik vir die menslike liggaam om normaal te funksioneer. ‘n Hoofbestanddeel van tafelsout (NaCl) is natrium.Die inname van sout van alle oorsprong behoort minder as 5g per dag te wees, waarvan natrium minder as 2 400mg behoort te wees (dit is gelykstaande aan een teelepel sout per dag).Die verhouding tussen natrium en kalium inname moet ten minste 1:1 wees.Dit word verder aanbeveel om geprosesseerde en kitskosse sowel as soutgepreserveerde, souterige of gesoute kosse te vermy. Ook om kosse sonder die byvoeg van sout te preserveer aangesien dit die risiko vir maag- en neuskeelkankers, verhoogde bloeddruk, hartsiektes en beroerte verhoog.

Page 25: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Sluit Bronne van Omega-3 in by jou Dieët

Page 26: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Sluit Bronne van Omega-3 in by jou Dieët

Page 27: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Handhaaf ‘n Gesonde Gewig en Wees Fisies Aktief

Die handhawing van ‘n gesonde gewig mag meehelp om die risiko vir verskeie kankers te verlaag, insluitend borskanker asook kanker van die prostaat, longe, kolon en niere. Fisiese aktiwiteit help ook. Bykomstig tot gewigshandhawing, help fisiese aktiwiteit op sy eie om die risiko vir borskanker en kolonkanker te verlaag

Page 29: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Maak Slim KeusesDie KANSA Seël van Erkenning moedig jou aan om produk-etikette na te gaan en ingeligte keuses te maak.

Page 30: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Vermy Riskante Gedrag‘n Effektiewe strategie om behulpsaam te wees om die risiko vir kanker te verlaag, is om riskante gedrag te vermy wat aanleiding kan gee tot infeksies wat kankerrisiko kan verhoog.Byvoorbeeld: Beoefen veilige seks. Beperk die aantal seksmaats en gebruik ‘n kondoom wanneer jy seks het. Hoe groter die aantal seksmaat, hoe groter is die kans dat iemand ‘n seksueel oordraagbare siekte soos MIV of MPV kan opdoen. Persone wat MIV of Vigs onder lede het, loop ‘n groter risiko om kanker van die anus, lewer of longe te ontwikkel. MPV word meestal geassosieer met servikale kanker maar dit mag ook die riskiko verhoog vir kanker van die anus, penis, keel, vulva en vagina.

Die deel van naalde met geïnfekteerde dwelm-gebruikers kan tot MIV sowel as Hepatitis B en C infeksies ly – dit verhoog ook die kanse vir lewer-kanker. Indien jy besorgd is oor dwelmgebruik of verslawing, verkry professionele hulp.

Page 31: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Vermy TabakprodukteOngeveer 4.5 miljoen mense sterf jaarliks as gevolg van tabak. Die rook van tabak gaan wêreldwyd verantwoordelik wees vir die dood van 6.5 miljoen mense teen 2015 en 8.3 miljoen mense teen 2030 met die grootste voorkoms in lae- en middel-inkomste lande.Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) sterf daar elke 6.5 sekondes ‘n huidige of vorige roker.Na beraming is daar tans 1.3 miljard rokers wêreld-wyd.Onbeteulde tabakverwante sterftes sal verhoog tot meer as 8 miljoen persone teen 2030 en 80% daarvan sal in die ontwikkelende wêreld voorkom.Tabakverwante siektes dood meer as 44 000 Suid-Afrikaners en 5.4 miljoen mense wêreldwyd elke jaar. Dit is een persoon elke 6 sekondes.

Page 32: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)
Page 33: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Gaan vir Inenting

Kankervoorkoming sluit beskerming teen sekere virusinfeksies in. Praat met ‘n geneesheer oor immunisering. Hepatitis B en C virusse sowel as die Menslike Papilloom en Herpes-8 virusse asook andere veroorsaak tot 20% van kankers in Afrika.‘n Hepatitis B vaksien word tans wêreldwyd aanbeveel vir die primêre voorkoming van lewerkanker.Twee MPV vaksienes is onlangs ingestel vir die voorkoming van MPV wat hoofsaaklik verantwoordelik is vir servikale kanker sowel as ander kankers insluitend kop en nek kankers.

Page 34: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Gaan vir Gereelde Mediese Sorg en doenSelf-ondersoekeDoen gereeld self-ondersoeke en gaan vir siftingstoetse vir verskeie kankers – soos borskanker en kanker van die testikels, vel, kolon prostaat en serviks.Self-ondersoeke kan ‘n mens se kans op vroeë opsporing verhoog wanneer behandeling hoogs suksesvol kan wees.Vra ‘n geneesheer oor die beste siftingsprogram vir kanker wat jou sal pas.

Page 35: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

* Beskikbaar by sommige KANSA Sorgsentra

Page 36: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

MITE NO 4

Ek het nie die reg tot kankersorg nieWaarheidDie Grondwet van Suid-Afrika (Handves van Menseregte) waarborg die reg tot toegang van bewese en effektiewe kankerbehandeling asook dienste op gelyke terme sonder lyding as gevolg.

Page 37: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Wanopvatting oor die Staat se Verantwoordelikheid om te betaal vir Mediese SorgDie Staat moet al my mediese sorg en behandeling verskaf insluitend die meesresente terapieëWerklikheidDie Grondwetlike Hof het in 1997 bepaal dat die reg tot gesondheid en gesondheidsorg ‘n nie-gewaarborgde reg is nie, wat beteken dat die reg afhanklik is daarvan of die Staat sodanige terapie kan bekostig of nie

[Thiagraij Soobramoney (appellant) versus Minister van Gesondheid (KwaZulu-Natal)]

Page 38: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

PrivaatsektorMediese Hulpskemas bied spesiale bestuurde onkologie sorgprogramme aan lede.Privaathospitale kan onkologiedienste aanbied.Daar is ook privaat onkologie dienste wat deur die Suid-Afrikaanse Onkologie Konsortium (SAOC op Engels) en Onafhanklike Onkolgie Netwerk (ICON op Engels) gebied word.

Voorgeskrewe Minimumvoordele is ‘n stel van gedefinieerde voordele (in terme van die Wet op Mediese Skemas verseker dat all lede van mediese hulpskemas toegang het tot sekere minimum gesondheidsdiense en –terapieë, ongeag die gekose voordeelopsie om sodoende bekostigbare en toeganklike gesondheidsorg te verseker.KANSA AanbiedingeKANSA Sorgsentra landswyd bied omvattende voorkomende sorg en ondersteuningsprogramme vir kankeroorwinnaars, hul geliefdes en versorgers aan

Openbare SektorTersiêre Hospitale beskik oor gespesialiseerde onkologie eenhede, alhoewel kankerbehandeling ook by sekondêre hospitale beskikbaar is.Die Staat het Hepatitis B asook onlangs MPV inenting as deel van die Uitgebreide Immuniseringsprogram ingestel.

Page 39: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Ons KANSA Sorgsentra landswyd bied ‘n omvattende voorkoming-, sorg- en ondersteuningsprogram vir kankeroorwinnaars en versorgers. Ons werk saam met oorwinnaars om die beste sorg oplossing te vind en adviseer oor die bestuur van behandeling en verwante newe-effekte, of dit nou fisies, emosioneel en/of geestelik is.

Kontak jou naaste KANSA Sorgsentrum om uit te vind hoe ons jou kan help, of besoek http://www.cansa.org.za/cansa-care-centres/

Page 41: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)

Die Einde

Dankie

www.cansa.org.zaTolvry 0800 22 66 22

Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in, or accessed through, this presentation.

Page 42: World Cancer Day 2014 (Afrikaans)