167
 Afrikaans Verwysingsgids 1 Afrikaans Verwysingsgids UGO-Plus Intermediêre Fase Graad 4 - 6

Afrikaans Verwysingsgids

  • Upload
    hanna

  • View
    611

  • Download
    9

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 1/167

Afrikaans Verwysingsgids 1

Afrikaans

Verwysingsgids

UGO-Plus

Intermediêre Fase

Graad 4 - 6

Page 2: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 2/167

Afrikaans Verwysingsgids 2

INHOUDSOPGAWE

Afdeling A: Taalstruktuur en -gebruik (LU 6)

Deel 1: Uitspraak en SpellingA Uitspraak en beklemtoning

B Vokale, konsonante en tweeklanke C Lettergrepe

D Alfabetisering

E Hoofletters

F Skryftekens

1 kappie

2 deelteken

3 koppelteken

4 afkappingsteken

5 aksenttekenG Leestekens

1 punt

2 komma

3 kommapunt

4 dubbelpunt

5 vraagteken

6 uitroepteken

7 aanhalingstekens

H Afkortings en akronieme

1 afkortings

2 akronieme

3 lys van algemene afkortings en akronieme

Deel 2: Uitbreiding van woordeskatA Woordeboeke

B Woordfamilies en woorde uit ander leerareas

C Dele van die woord: stam en voegsels 1 die stam en morfeme van ‘n woord

2 samestellings 3 afleidings

4 samestellende afleidings5 klankverandering

D Herkoms van woorde

1 erfgoed

2 leengoed/leenwoorde

3 eiegoed

4 nuutskeppinge

E Woordeskat

1 sinonieme

2 antonieme

3 homonieme

4 homofone

Page 3: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 3/167

Afrikaans Verwysingsgids 3

Deel 3: WoordsoorteA Selfstandige naamwoord

1 getal (enkelvoud en meervoud)

2 verkleining 3 geslag

B Adjektiewe (byvoeglike naamwoord)1 verbuiging: attributiewe en predikatiewe gebruik

2 letterlike en figuurlike betekenis

3 trappe van vergelyking 4 intensiewe vorme

C Werkwoorde

1 hoofwerkwoorde (skeibaar en onskeibaar)

2 hulpwerkwoord

3 deelwoorde 4 die infinitief

D Bywoorde

1 bywoord van tyd 2 bywoord van plek

3 bywoord van wyse

4 bywoord van graad

E Voornaamwoorde

1 persoonlike voornaamwoorde

2 besitlike voornaamwoorde

3 betreklike voornaamwoorde

4 vraende voornaamwoorde

5 onbepaalde voornaamwoorde

6 onpersoonlike voornaamwoord

7 aanwysende voornaamwoorde

8 wederkerende voornaamwoorde

9 wederkerige voornaamwoorde

F Voegwoorde

1 “stilstaan-voegwoorde” (neweskikkende voegwoorde)

2 “vorentoe-voegwoorde” (voegwoordelike bywoorde)

3 “agtertoe-voegwoorde” (onderskikkende voegwoorde)

G Lidwoorde

H Voorsetsels

I Telwoorde

1 hooftelwoorde2 rangtelwoorde

Deel 4: SinneA Enkelvoudige sinne

1 dele van die enkelvoudige sin: gesegde, voorwerp, onderwerp

2 woordorde in stelsinne

B Sinstipes

1 stelsinne2 vraagsinne

Page 4: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 4/167

Afrikaans Verwysingsgids 4

3 bevelsinne

4 wenssinne

C Samegestelde sinne

D Veelvoudige sinne E Sinsuitbreiding

1 byvoeging van adjektiewe en bywoorde2 byvoeging van bepalings en sinsnedes

3 byvoeging van bysinne

F Ontkennende vorm

1 ontkenning in ‘n stelsin

2 ontkenning by ‘n vraagsin en bevelsin

3 ander vorme

4 betekenis in die ontkennende vorm

G Tydsvorme (verlede, teenwoordige, toekomende)

1 verlede

2 teenwoordige

3 toekomendeH Aktiewe (bedrywende) en passiewe (lydende) vorm

I Direkte en indirekte rede

Deel 5: TaalgebruikA Algemene wenke vir goeie taal en styl

1 maniere waarop ‘n sin begin

2 lengte van sinne

3 soorte sinne

4 woordorde en sinsaksent

5 gebruik van idiomatiese uitdrukkings

Deel 6: Idiomatiese taal, beeldspraak en stylfigureA Idiome en idiomatiese uitdrukkings

B Beeldspraak

1 vergelyking

2 metafoor

3 personifikasie

Afdeling B: Luister (LU 1) en Praat (LU 2)

Deel 1: LuistervaardighedeA Hoe om aktief te luister B Luister vir inligting

C Sosiale, morele en kulturele waardes, houdings en veronderstelings

Deel 2: Die mag van taalA Taalregister en taalgroepe B Taal en houdings

1 hoe taal die spreker se houding en verhouding met die luisteraar

beïnvloedC Emotiewe taal: stereotipering en vooroordeel

Page 5: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 5/167

Afrikaans Verwysingsgids 5

D Onsensitiewe en diskriminerende taalgebruik

Deel 3: GroepwerkA Die belangrikheid van groepwerk B Organisasie van ‘n groep: rolle en take

1 groepsrolle 2 groepsreëls

3 groepsinteraksie en konflikhantering

4 duidelikheid oor die opdrag

5 tydsbestuur

Deel 4: Mondelinge kommunikasieA Struikelblokke

B Effektiewe kommunikasie 1 asembeheer en ontspanning

2 stemgebruik

3 liggaamstaal 4 eienskappe van ‘n goeie spreker

5 aanbiedingsvaardighede

6 gehoorkontak

7 gebruik van notas en visuele hulpmiddels

Page 6: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 6/167

Page 7: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 7/167

Afrikaans Verwysingsgids 7

C Skryf mediatekste 1 plakkate

2 advertensies

Deel 5: Funksionele skryfwerk

1 agenda

Deel 6: Gebruik van taal om te dink en te redeneerA Oorsaak en gevolg B Skatting oor bekende inligting

C Voor- en nadele D Bevraagteken en kontrasteer verskillende perspektiewe

E Geldigheid van konteks en skrywer se houding op inligting

F Lug mening en staaf dit met bewyse

Deel 7: Gebruik taal om te ondersoek

A Formuleer en stel vrae om rigting aan inligtingsoektog te gee B Kritiese vrae wat alternatiewe verduidelikings soek

C Opvolgvrae vir dieper antwoorde D Bespreek geldigheid van inligting: vergelyk met ander bronne

E Onderhoude as manier om inligting te versamel

Deel 8: Verwerk inligtingA Kategoriseer en klassifiseer inligting B Onderskei algemene en spesifieke inligting

C Organiseer inligting onder verskillende hofies D Orden reeks stappe of gebeurtenisse op logiese manier

E Organiseer inligting in tabel, paragraaf, tydlyn, diagram en grafiese

voorstellings

F Evalueer en maak gevolgtrekkings

Deel 9: Die skryfprosesA Keuse van onderwerp

B Dinkskrum: kopkaarte, vloeidiagramme, lyste, roosters

Deel 10: Kreatiewe skryfkuns

Deel 11: Visuele geletterdheidA Hoekom visuele geletterdheid belangrik is B Foto’s

C Tekenprente

Afdeling D: Woordlyste

Page 8: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 8/167

Afrikaans Verwysingsgids 8

INLEIDING

Hierdie verwysingsgids kan deur onderwysers gebruik word vir al drie vlakke van

Afrikaans Taal (Huistaal, 1ste Addisionele Taal en 2de Addisionele Taal).

Hierdie gids moet egter nie na willekeur aan leerders verskaf word nie. Leerders sal

nie hierdie gids op hul eie kan gebruik nie. Onderwysers moet leerders dus ondersteun

in die gebruik van die gids.

‘n Groot gedeelte van die Leeruitkomstes en Assesseringstandaarde is in hierdie gids

aangespreek. Indien u voel dat u ekstra inligting wil bywerk uit ander bronne is u

welkom.

Page 9: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 9/167

Afrikaans Verwysingsgids 9

Afdeling ATaalstruktuur en –gebruik (LU6)

Deel 1

Uitspraak en Spelling

A Uitspraak en beklemtoning

Uitspraak

Afrikaans is ‘n fonetiese taal. Daar is sekere spelreëls, maar ons skryf die

woord baie dieselfde as wat dit klink. Afrikaans is ‘n taal met ‘n “harde”

klank (soos Duits) en dit is hoekom Engelssprekendes soms sukkel met sekere

woorde of klanke, soos die sagte g .

Die j word feitlik altyd jee uitgespreek en nie dj nie - ons sê jaar en nie djaar

nie.

Die g is dikwels sag, soos in goud , geel , Gert , maar kan ook ‘n harde klank hê

soos in berge.

Sekere letters soos ch, x, q en z word baie selde in Afrikaans gebruik. Dit

word egter wel in byvoorbeeld die volgende woorde gebruik:

ch - Christus, chaos

x - Xhosa

z - Zoeloe

Vir Engelssprekendes is die uitspraak van woorde wat f en v in het, soms

moeilik. Die Afrikaanse v (bv. vriendin) word dikwels uitgespreek soos die

Engelse f soos in die woord “friend”. Die Afrikaanse w (bv. wêreld ) word

uitgespreek soos die Engelse v (soos in “very”) en word nie as ‘n wh uitgespreek nie.

Page 10: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 10/167

Afrikaans Verwysingsgids

10

Beklemtoning

(a) Beklemtoning in woorde

‘n Sekere deel van ‘n woord word gewoonlik harder gesê as die res van diewoord. As ‘n mens die verkeerde deel van die woord beklemtoon, klink dit

asof jy nie Afrikaanssprekend is nie. Kyk na die volgende voorbeeld: Die

woord minister het dieselfde spelling in Afrikaans en in Engels. In Engels sê

‘n mens mini ster. Die regte Afrikaanse beklemtoning is egter minister.

Hier is ‘n paar woorde wat dikwels verkeerd beklemtoon word. Die

vetgedrukte deel is die beklemtoonde deel van die woord.

ekonomie katalogus telegram aspek kontrak definitieffotograaf

(b) Beklemtoning in sinne

Sekere woorde word harder as ander woorde gesê wanneer ons praat of iets

lees, met ander woorde hierdie woorde word beklemtoon. Die woord of

woorde wat jy beklemtoon is vir jou die belangrikste, en dikwels verander die

betekenis as ‘n mens die klem verander. Kyk na die volgende voorbeelde. Die

vetgedrukte woorde is beklemtoon:

Jy moet jou tande elke dag na ete borsel.

(Daar word spesifiek met jou gepraat; nie met iemand anders nie.)

Jy moet jou tande elke dag na ete borsel .(Dit is belangrik dat jy dit daagliks moet doen en nie ‘n dag moet oorslaan

nie.)

B Vokale, konsonante en tweeklanke

Watter spraakklanke kry ‘n mens?

Afrikaanse spraakklanke word in drie groepe verdeel:

vokale (klinkers)• konsonante (medeklinkers)

• tweeklanke (diftonge)

(a) Vokale (klinkers)

Die volgende letters is vokale: a, e, i, o, u. As ‘n mens ‘n vokaal sê, kan jy

die letter aanhou sê solank as wat jy asem het. Die lug beweeg oor jou

stembande en ‘n mens kan altyd ‘n vokaal duidelik hoor. Kyk na die verskil

wat die vokaal i in die volgende woord maak: sis. As ‘n mens die vokaal i uit

die woord haal en net die twee konsonante los, kan jy die woord nie so

duidelik hoor nie.

Page 11: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 11/167

Afrikaans Verwysingsgids

11

(b) Konsonante (medeklinkers)

Die volgende letters is konsonante: b,c,d,f,g,h,j,k,l,m,n,p,q,r,s,t,v,w,x,z. As ‘n

mens ‘n konsonant sê, kan dit ‘n plofgeluid maak (soos t, b), of ‘n skuurgeluid

(soos f, w) of tril (soos r ) of jy kan dit deur jou neus sê (soos n, m) of dit kanamper soos ‘n vokaal klink (soos l ).

(c) Tweeklanke (diftonge)

Tweeklanke word gevorm wanneer twee of meer vokale langs mekaar staan

en dit word as een klank uitgespreek. Hier volg ‘n lys van die belangrikste

tweeklanke en ‘n voorbeeld waar die tweeklank in ‘n woord gebruik word:

ai - baie, aitsa

aai - r aai, saai

ei (y) - r eis, r yseu - deur, steur

eeu - meeu, leeu

ou - k oud, oud

oi - goiing, toiings

ooi - r ooi, mooi oei - k oei, r oei

ui - huil, r uil

Wanneer gebruik ‘n mens dubbele vokale of konsonante?

(a) Verdubbeling van vokale

‘n Mens kan ‘n woord in lettergrepe verdeel. As ‘n lettergreep eindig op ‘n

konsonant, noem jy dit ‘n geslote lettergreep (bv. boom - klim). As dit eindig

op ‘n vokaal, is dit ‘n oop lettergreep (bv. sko - le).

‘n Vokaal met ‘n lang klank in ‘n geslote lettergreep word altyd dubbeld

geskryf. Wanneer ‘n lang vokaal in ‘n oop lettergreep is, word dit enkel

geskryf.

Kyk na hierdie voorbeeld: boom. Die o is ‘n lang klank en die lettergreepwaarin die o verskyn, eindig met ‘n konsonant (‘n geslote lettergreep). Die

lang klank word dus gewys deur ‘n dubbelvokaal, oo. Wanneer ‘n mens egter

die meervoud maak, kry die woord ‘n e aan die einde en word dit nou in twee

lettergrepe verdeel: bo - me. Die lang klank, o, is nou in ‘n oop lettergreep (die

lettergreep eindig met die vokaal o) en dan word die lang klank net deur een

vokaal gewys.

As ‘n mens dus iets aan die einde van ‘n woord met ‘n dubbelvokaal voeg, val

die een vokaal weg as dit ‘n oop lettergreep is (bv. mu - re). As die

lettergreep geslote is, behou jy die dubbelvokaal (bv. muur - prop).

(b) Verdubbeling van konsonante

Page 12: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 12/167

Afrikaans Verwysingsgids

12

Wanneer ‘n mens die woord bom se meervoud skryf, word dit bomme.

Hoekom word dit nie bome nie? Dit kan jou baie deurmekaar maak as jy nie

onthou dat die betekenis verskil en dat die twee woorde in die enkelvoud

verskillende klanke het nie.

Die enkelvoud van bomme is bom. Die enkelvoud van bome is boom.

Natuurlik verskil die betekenis van bom en boom, maar die belangrikste is dat

die klank verskil. Die woord bom het ‘n kort klank, en die woord boom het ‘n

lang klank. Albei is in geslote lettergrepe. Die kort klank kry net een o en die

lang klank kry twee oo’s.

Wanneer ‘n mens die meervoud van hierdie woorde vorm, kry albei ‘n -e aan

die einde. Om die klank van die woord bom kort te hou, moet ons seker maak

dat dit in ‘n geslote lettergreep bly en dus verdubbel ons die m.

Die reël is dus eenvoudig: as dit ‘n kort klank is, en jy voeg iets agteraan diewoord, maak seker dat die klank kort bly deur die konsonant te verdubbel.

Nog voorbeelde hiervan is: somme, rokke, pille.

C Lettergrepe

Wat is ‘n lettergreep?

As ʼn mens aan die einde van ʼn reël kom, moet jy weet waar om die woord te

breek. Jy kan woorde nie sommer op enige plek breek waar jy wil nie! Jy

moet breek waar die lettergreep eindig.

Ons onderskei tussen klankgrepe (wat ons hoor) en lettergrepe (wat ons

skryf). ’n Lettergreep is ’n paar letters (of net een letter) wat as ’n eenheid

uitgespreek word. Dit kan ’n woord wees (soos kat ) of dit kan ’n deel van ’n

woord wees, soos -fant in olifant .

Elke lettergreep moet een of meer klinkers bevat. Elke woord het dus ten

minste een lettergreep (bv. boer ) en dikwels meer as een lettergreep (bv. boe -

re).

Watter soort lettergrepe is daar?

• Oop lettergrepe eindig op ‘n vokaal, bv. sko - le

• Geslote lettergrepe eindig op ‘n konsonant, bv. hans - wors

Waar word woorde geskei?

• waar net een konsonant tussen twee vokale staan, die skeiding vóór die

konsonant: e - pi - de - mie

waar twee konsonante tussen vokale staan, val die skeiding meestal tussen dietwee konsonante: bos - sie

Page 13: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 13/167

Afrikaans Verwysingsgids

13

• ʼn uitsondering op die reël om tussen twee konsonante te skei, is waar die

tweede letter l of r is en die klem daarna val: ba - klei

• as daar ‘n tweeklank is, word die skeiding direk ná die tweeklank gedoen:

koei - e

• as daar ‘n deelteken is, word die skeiding voor die deelteken gemaak (wanneer

die woord verdeel is, val die deelteken weg, want die doel van die deelteken isom te wys waar die woord verdeel word): moe - er

• skeiding vind altyd tussen n en g plaas: hon - ger

• s en j word nie geskei as hulle een klank voorstel nie: ma - sjien

• s en j word wel geskei waar hulle aparte klanke voorstel: plaas - ja - pie

• as ‘n woord op ‘n d of t eindig en die verkleining word deur -jie gevorm, word

die woord voor die -jie geskei: beeld - jie

• as die woord nie op ‘n d of ‘n t eindig nie, en die verkleining word deur -tjie

gevorm, word die woord voor die -tjie geskei: haan - tjie

D Alfabetisering

Wanneer ‘n mens ‘n alfabetiese lys moet maak, of woorde in ‘n woordeboek moet

opsoek, is dit belangrik dat jy weet hoe alfabetisering werk. Natuurlik gebruik ons die

volgorde van die letters in die alfabet om die woorde mee te alfabetiseer.

Sit groepies woorde bymekaar

Hoe sou jy hierdie lys woorde in alfabetiese volgorde rangskik? seun, seën,

seunskool, ster, tier, botter, brood, boos

Begin eers deur na die eerste letter van elke woord te kyk. Sit die woorde watmet dieselfde letter begin, in dieselfde groepies:

seunskool, seën, seun, ster

tier

botter, brood, boos

Kyk nou na die twee letter in elke groepie en gebruik dit om die woorde in die

regte alfabetiese volgorde te plaas:

seunskool, seën, seun, ster

tier

botter, boos, brood

Kyk nou na die derde letter in elke groepie en rangskik die woorde volgens

daardie letter:

seën, seunskool, seun, ster

tier

boos, botter, brood

Kyk elke keer na ‘n volgende letter tot die woorde in die groepies in die regte

volgorde geplaas is:

seën, seun, seunskool, ster

tier

boos, botter, brood

Page 14: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 14/167

Afrikaans Verwysingsgids

14

Groepies in alfabetiese volgorde

Sit nou die groepies in die regte alfabetiese volgorde agtermekaar. Nou is jou

lys reg!

boos, botter, brood, seën, seun, seunskool, ster, tier

E Hoofletters

Waar gebruik ‘n mens hoofletters?

(a) In ‘n sin

‘n Hoofletter word aan die begin van ‘n sin gebruik: Die skool begin môre.

Wanneer die sin met ‘n begin, word die woord direk ná die ‘n met ‘n

hoofletter gespel: ‘n S eun sal die pakkie oplaai. (As die sin met ‘n syfer of

simbool begin, word ‘n hoofletter nie gebruik nie: 30 seuns het op toer gegaan.)

(b) By name en vanne

• Alle eiename begin met ‘n hoofletter: Maria, Simphiwe, Anna-Marie, Jan-

Chris

• As ‘n van uit een woord bestaan, word dit met ‘n hoofletter geskryf: Koos

Venter

• As ‘n van uit twee of meer woorde bestaan, word die eerste en laaste deel met

‘n hoofletter geskryf: De Klerk, Van der Merwe. As daar ‘n naam ofvoorletters voor die van staan, word die laaste deel met ‘n hoofletter gespel:

Riaan de Klerk, G.J. van der Merwe. As daar ‘n titel voor so ‘n van staan,

word dit met ‘n hoofletter gespel: mnr. De Klerk, mej. G.J. van der Merwe

• Byname begin met ‘n hoofletter: Doodgooi Dlamini, Vleis van Zyl, Piet

Grootlieg, Rooi-Koos

• Name van sekere historiese figure: Modjadji die Reënkoningin, Alexander

die Grote, Hägar die Verskriklike

• Spotname en byname van groepe: Amabhokobhoko, Proteas, Springbokke,

Yankee, Bafana-Bafana, die Gauteng-Leeus

(c) By aanspreekvorme

• Aanhefvorme by ‘n brief: Liewe Ma, Liewe oom Piet, Geagte Meneer

• As ‘n mens direk met iemand praat: Pa, hier is Pa se boeke. Kan ek u

potlood leen, Meneer? Sal Juffrou my asseblief verskoon?

(c) Bevolkingsgroepe

• Die name van bevolkingsgroepe word met hoofletters geskryf: die Afrikaner,

die Griekwa, die San, die Sotho’s, Amerikaners, Vendas, Xhosalegende,

Maleierkoor

Page 15: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 15/167

Afrikaans Verwysingsgids

15

• Name wat verwys na die velkleur van die groep word nie met ‘n hoofletter

geskryf nie: blankes, bruines, gekleurdes, swartes, wittes

(d) Eerbiedsname

Godsdienstige eername word met ‘n hoofletter geskryf: Christus, God, Allah, Boeddha, Mohammed, die Verlosser, die Drie-eenheid, die Skepper

• Wanneer daar met of van God gepraat word, word persoonlike

voornaamwoorde met ‘n hoofletter geskryf, maar nie besitlike

voornaamwoorde nie: God vra dat ons Hom moet aanroep en vra vir sy

genade. Here, U is wonderlik en u genade is groot.

(e) Saakname

• Name van godsdienstige boeke word met ‘n hoofletter geskryf: die Bybel,

Genesis, Nuwe Testament, Baghavad-Gita, Koran, Talmoed, Kinderbybel

Name van geboue, skole ens., word met ‘n hoofletter geskryf: Uniegebou,

Rhodes-universiteit, Afrikaanse Hoër Seunskool, Rietpoortse Laerskool

• Name van oorloë en veldslae word met hoofletters geskryf: die Slag van

Waterloo, die Tweede Wêreldoorlog, die Anglo-Boereoorlog

• Name van politieke partye word met hoofletters geskryf: African National

Congress, Demokratiese Party

(f) Name van plekke en tale

• Taalname word met ‘n hoofletter geskryf: Afrikaans, Engels, Tswana, Suid-

Sotho, isiXhosa, Frans, Kaaps-Hollands, Griekwa-Afrikaans• Name van berge, riviere, damme, eilande, oseane, valleie ens., word met

hoofletters geskryf: Tafelberg, Drie Susters, Gariepdam, Howick-waterval,

Stille Oseaan, Middellandse See, Vaalrivier, Robbeneiland, Vallei van

Duisend Heuwels

• Name van kontinente, lande, landstreke, provinsies, streke, stede, dorpe en

strate word met ‘n hoofletter geskryf: Afrika, Australië, Kanada, Derdepoort,

Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga, Jan Maraisstraat, Pretoriaweg,

Nelson Mandelarylaan, Van der Merwesingel

• Name van plekname met koppeltekens word met ‘n hoofletter geskryf:

Schweizer-Reneke, Klein-Karoo, Saoedi-Arabië, Midde-Ooste, Aliwal-

Noord, Suid-Afrika, Wes-Australië

(g) Ander woorde wat ook hoofletters kry

• Die name van die dae van die week, die maande, feesdae en sekere tydperkekry ook hoofletters: Maandag, Junie, Nuwejaarsdag, Goeie Vrydag,

Middeleeue, Nasionale Hartweek, Ystertydperk

• Eiename in idiomatiese uitdrukkings kry ook hoofletters: Jan Rap en sy

maat, die ware Jakob, Maljan onder die hoenders

Page 16: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 16/167

Afrikaans Verwysingsgids

16

F Skryftekens

1kappie

1.1 Waarvoor word ‘n kappie gebruik?

‘n Kappie word hoofsaaklik gebruik om ‘n klank in ‘n oop lettergreep lank te

maak. Dit verander die klank van die woord: se > sê

1.2 Watter woorde kry kappies?

Jy moet die volgende woorde goed leer ken:

affêre, bêre, nêrens, wêreld, sê, hê (“have”), wîe (die meervoud van wig),môre, aikôna, brûe, rûe, miljoenêr, skêr, sekondêr

1.3 Watter woorde kry nie kappies nie?

Die volgende woorde klink of hulle kappies behoort te kry, maar hulle kry nie

kappies nie: boikot, goiing, toiings

2

deelteken

2.1 Waarvoor word ‘n deelteken gebruik?

Die deelteken word gebruik om seker te maak dat ‘n mens twee of meer letters

as twee klanke uitspreek, en nie net as een nie. Baie keer verskil die betekenis

van ‘n woord met of sonder ‘n deelteken: Die voël vlieg in die lug. Ek voel

siek.

2.2 Watter woorde kry deeltekens?

• Gebruik ‘n deelteken wanneer ‘n mens wil keer dat jy nie die woord verkeerduitspreek nie en wil wys waar daar ‘n breuk in die woord moet wees:

hoërskool, priële, reünie, beïnvloed, geïnteresseerd, Australië, geïgnoreer

• ‘n Deelteken word gebruik by die volgende woorde: reën, koeël, spieël,

reëling (“arrangement”), seën, teël (“tile”), diëte, finansiële

• Partykeer kan ‘n woord met of sonder ‘n deelteken gespel word, maar dan

verskil die betekenis van die woord: leer > leër, gereelde > gereëlde, hoe >

hoë, oe > oë

• Woorde met ae wat van Griekse woorde af kom, kry ‘n deelteken: aërobies

Meervoude van sekere woorde kry ook ‘n deelteken: feë, seë, genieë, knieë

Page 17: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 17/167

Afrikaans Verwysingsgids

17

• Party woorde kan ‘n deelteken of ‘n koppelteken kry: koöperasie of ko-

operasie, reïnkarnasie of re-inkarnasie

2.3 Watter woorde kry nie deeltekens nie?

Woorde met ea en eo kry nie deeltekens nie: beantwoord, geadresseer,boereorkes

• Afrikaanse woorde met ae kry nie deeltekens nie: dae, hael, maer, swaer

• Onthou dat hierdie woorde nie deeltekens kry nie: dieet, finansieel, maar hulle

meervoude wel.

3koppelteken

3.1 Waarvoor word ‘n koppelteken gebruik?

Die woord “koppel” beteken om aan mekaar vas te maak. Koppeltekens

verbind dikwels woorde of help ‘n mens om ‘n woord makliker te lees.

3.2 Watter woorde kry koppeltekens?

• ‘n Koppelteken word dikwels gebruik om te wys dat ‘n groep woorde saam

een ding beteken: mond-tot-mond-asemhaling

• Dit word gereeld gebruik waar baie vokale langs mekaar staan en waar die

woord moeilik sal wees om te lees: twee-uur, drie-uur, sewe-uur, nege-uur,buite-uitsending, senu-ineenstorting, taxi-oorlog

• Party woorde kan met of sonder ‘n koppelteken gespel word, maar die

volgende woorde se betekenis verskil as hulle met of sonder ‘n koppelteken

gespel word: bo-sluis > bosluis, pronk-ertjie > pronkertjie, ru-gare >

rugare, sand-aal > sandaal

• In Afrikaans kan ‘n saamgestelde woord soms baie lank word, en dan word ‘nkoppelteken gebruik om dit makliker te maak om te lees. Dis egter belangrik

om die koppelteken op die regte plek te sit, sonder om die betekenis van die

woord te verander: ekonomieseklas-passasier, woonstelblok-parkeerterrein

• Afkortings, syfers, getalle, letters en simbole wat aan selfstandigenaamwoorde gekoppel word, kry ‘n koppelteken: 70c-seël, R50-noot, o.15A-

span, 14-jarige, Ω-simbool, 10 kg-sakke, 100 m-wedloop, VIGS-pasiënt,

BTW-syfers

• Die koppelteken word vir verdubbelings gebruik: kort-kort, lag-lag, gou-gou,

toi-toiery, so-so, plek-plek, ‘m-‘m, ‘n-‘n

• Verdubbelings met -hulle word met ‘n koppelteken geskryf: Ons gaan saam

met Pa-hulle stad toe. (In Engels word dit “my dad and them” vertaal).

• ‘n Koppelteken word gebruik vir ‘n woordgroep wat iets anders beteken as

wat die woorde op hul eie beteken: klem-in-die-kaak (‘n soort siekte), hen-

en-kuikens (‘n soort plant), een-twee-drie (vinnig)

Koppeltekens word gebruik vir samestellings en woordgroepe soos dievolgende: mond-tot-mond-asemhaling, tref-en-trap-ongeluk, kaas-en-wyn-

Page 18: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 18/167

Afrikaans Verwysingsgids

18

onthaal, kop-aan-kop-botsing, dag-vir-dag-roetine, huis-tot-huis-verkope,

traak-my-nieagtig, jy-en-jouerig, heen-en-weertjie

• Telwoorde en breukname waarin en voorkom, kan los of met koppeltekens

geskryf word: drie-en-veertig of drie en veertig, een-en-twintigste of een en

twintigste.

Geografiese name wat bestaan uit ‘n eienaam plus byvoeglike naamwoorde of bywoorde of voorsetsels word met koppeltekens geskryf: Aliwal-Noord,

Beaufort-Wes, Groot-Brittanje, Klein-Karoo, Midde-Ooste, Nieu-Seeland,

Noord-Kaap, Oos-Londen, Riebeek-Wes, Noord-Amerika, Verre-Ooste

• Koppeltekens word gebruik as weglaatteken en dit wys waar ‘n deel van ‘n

woord weggelaat is. Die gebruik van spasies is baie belangrik wanneer jy die

koppelteken op hierdie manier gebruik: krieketspelers en -afrigters, kort- en

langafstandatlet, Moeders- en Vadersdag

• Eienaamsverbindings kan op vier verskillende maniere geskryf word: (a) vas,

sonder ‘n koppelteken vas: die Bloemfonteinmuseum; (b) vas, met ‘n

koppelteken, met ‘n hoofletter ná die koppelteken: die Bloemfontein-

Museum; (c) vas, met ‘n koppelteken, met ‘n kleinletter ná die koppelteken:

die Bloemfontein-museum; (d) los, met elke deel met ‘n hoofletter: die

Bloemfontein Museum

3.3 Watter woorde kry nie koppeltekens nie?

• Die volgende plekname kry nie ‘n koppelteken nie: Harrismith, Hoëveld,

Boland, Noordsee, Suidkus

• Samestellings met adjunk, assistent, hoof, mede, onder en vise aan die begin

van die woord word nie met ‘n koppelteken geskryf nie: adjunkhoof,

assistentredakteur, hoofseun, hoofbestuurder, medewerker, medeleerder,onderhoof, onderhoofmeisie, visehoof

4afkappingsteken

4.1 Watter woorde kry afkappingstekens?

• Die afkappingsteken word gebruik by meervouds- en verkleiningsvorme van

woorde wat op ‘n i, o, u en ‘n beklemtoonde (lang) a eindig: taxi’s, hoera’s,

pa’s, pa’tjie, kombi’tjie, rabbi’s, Israeli’tjie, farao’s, foto’tjie, radio’tjie,

video’s, individu’tjie, Lulu’tjie, skadu’s, ja’tjie, karba’tjie, ma’s, ma’tjie,

Van Breda’s

• Die afkappingsteken word gebruik by die meervoud en verkleining van

eiename wat eindig op e, rs of s wat nie uitgespreek word nie: Terblanche’ie,

Cecile’s, Cilliers’s, Du Plessis’tjie, Louis’tjie

• Die meervoud en verkleining van afkortings waarvan die letters afsonderlikuitgespreek word en afkortings van grade en diplomas, kry ‘n

afkappingsteken: HOD’tjie, OTM’e of OTM’s, TV’s, TV’tjie, B.Ed.’s of

BEd’s

Page 19: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 19/167

Afrikaans Verwysingsgids

19

• Die afkappingsteken word gebruik by die meervoud en verkleining van letters,

syfers en getalle: a’tjie, M’etjie, l’e of l’s, 9’s, 10’tjie, 747’s, gr. 6’e

• Die afkappingsteken word soms gebruik om te wys dat klanke in sekerewoorde nie uitgespreek word nie: g’n, ‘k weet nie, hy’s, hy’t, aan’t werk of aan ‘t werk, hy’s hier, as ‘t ware of as’t ware, daar’s

Die afkappingsteken word by sekere tussenwerpsels (geluidwoorde) gebruik:b’r, h’n-‘n, ‘m, ‘m-‘m, ‘n-‘n

• Woorde van vreemde herkoms behou die afkappingsteken soos hulle

oorspronklik gespel is: Kidd’s Beach, St. Michael’s, c’est la vie, hors

d’oeuvre

4.3 Watter woorde kry nie afkappingstekens nie?

• ‘n Afkappingsteken word nie gebruik as die meervoud of verkleining van ‘n

woord eindig op i of u waar die i of u deel is van ‘n tweeklank nie: fooitjie,

koeitjie, leeus, miaautjie, vleitjie, koutjie

Die afkappingsteken word nie gebruik by meervoude op -s en verkleining vannaamwoorde wat op -oo, -uu of -ee eindig nie: Naidoos, Voslootjie, kafees,

kafeetjie, komitees

• Die afkappingsteken word nie gebruik by meervoude op -s en verkleining vannaamwoorde wat eindig op -y of -ie nie: Garys, cowboytjie, Roytjie, hierjytjie

• Woorde wat eindig op ‘n a wat nie beklemtoon word nie, kry nie ‘n

afkappingsteken nie: dramas, oupatjie, temas, oumas

• ‘n Afkappingsteken word nie gebruik in die meervoud en verkleining van

eiename wat eindig op t, x of z wat nie uitgespreek word nie: Du Toits, Le

Rouxtjie, Du Preezs

5aksentteken

5.1 Watter soorte aksenttekens kry ‘n mens?

Daar is twee soorte aksenttekens in Afrikaans: die akuutaksent en die

gravisaksent.

5.2 Watter woorde kry akuutaksenttekens?

• Die akuutaksent word gebruik om beklemtoning aan te dui: Ek roep jóú, nie

jou sussie nie!

• Die akuutaksent word gebruik leenwoorde en eiename van vreemde herkoms:

attaché, cliché, Cronjé, André

• Die akuutaksent word soms gebruik om ‘n verskil in betekenis aan te dui: Ek

het ná skool na die winkel gegaan. Dié man skep vir my baie probleme.

Die akuutaksent word by sekere voegwoorde gebruik: óf ... óf en nóg ... nóg : Ek sal óf pap óf vleis eet.

Page 20: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 20/167

Afrikaans Verwysingsgids

20

5.3 Watter woorde kry gravisaksenttekens?

• Die gravisaksent word op die volgende woorde gebruik om die uitspraak van

die letter waarop dit is, te verander: appèl, dè, hè, nè

Die gravisaksent word op leenwoorde van vreemde herkoms gebruik: crèche, première

• Die gravisaksent word gebruik in sommige eiename van vreemde herkoms:

Adèle, Eugène, Pièta

• Soms word ‘n kombinasie van gravis- en akuutaksenttekens gebruik: Hélène,

Thérèse

G Leestekens

1

punt

1.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n punt?

• ‘n Punt dui die einde van ‘n sin aan: Ek gaan stad toe.

• ‘n Punt word gebruik by afkortings: Sy groet mnr. Botha.

2komma

2.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n komma?

• Gebruik ‘n komma wanneer jy ‘n lys naamwoorde opnoem (maar moenie ‘n

komma voor die en gebruik nie): Ek moet brood, eiers, botter en kaas koop.

• Wanneer jy iemand aanspreek, gebruik ‘n mens ‘n komma: Piet, jou ma soek

jou. Meneer, kan Meneer my gou help? Ek weet, Sanet, hoe jy voel.

• Gebruik ‘n komma voor en na bystellings (dit is wanneer ‘n mens ‘n

woordgroep gebruik om ‘n woord verder te beskryf): My neef, Pieter Cilliers,

kom kuier vandag. Vanmiddag gaan ek die meisie, teen wie ek altyd verloor,

in die skaakwedstryd wen.• Wanneer jy ja en nee aan die begin van 'n sin gebruik, word die komma direk

na die ja of nee gebruik: Ja, ek gaan ook swem. Nee, ek kry nie warm nie.

• Gebruik ‘n komma tussen twee gesegdes in dieselfde sin: dit gebeur wanneer

twee sinne aanmekaargelas word en die twee gesegdes langs mekaar land: As

jy dink dat jy gaan wen, is jy verkeerd. Toe ek weer sien, staan die meisie

voor my.

• As jy meer as een voegwoord langs mekaar gebruik, moet jy ‘n komma

gebruik: Ek weet dat, as ek die werk leer, ek goed sal vaar. (Probeer eerder

hierdie sinne vermy deur die woordorde te verander: Ek weet dat ek goed sal

vaar as ek die werk leer.)

Page 21: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 21/167

Afrikaans Verwysingsgids

21

• Gebruik ‘n komma wanneer die volgende voegwoorde in ‘n sin voorkom:

maar, dog, want, al, dan, toe: Ek is siek, dog ek gaan skool toe.

• Gebruik die komma as jy sinne op die volgende manier gebruik: Toe maar,

ek sal jou help. Ag, nou ja, so gaan dit maar! Pas op, hier kom ‘n groot

gemors! Terloops, wie was die man met wie jy gepraat het?

Gebruik ‘n komma voor bv. en o.a. soos in die volgende sinne: Daar is baiediere by die DBV, bv. katte, honde en selfs ‘n meerkat. Sy geniet ‘n hele

aantal kossoorte, o.a. pizza, kaaskoek en piesangbrood.

• Gebruik ‘n komma by die direkte rede as die sinne op die volgende manier

geskryf is: “Karel,” vra Peter, “moet ek jou nou help of nie?” “Ek sal jou

bitter graag wil help, maar ek moet gaan,” het my vriend gesê.

2.2 Waar gebruik ‘n mens nie ‘n komma nie?

• ‘n Mens gebruik nie ‘n komma waar woorde (veral voornaamwoorde)toevallig herhaal word nie: Gaan vra of hulle hulle boeke gebring het. Toe

sy by die deur verbystap, sien sy sy boek op die bed lê. Waar moet ons ons

maats ontmoet?

• ‘n Mens gebruik nie ‘n komma by enige ander voegwoorde as dié wat by 2.1

genoem is nie: Ek gaan huis toe omdat ek siek voel. Die meisie wil weet of jy

die prys gewen het. Jy moet luister wanneer die onderwyser met jou praat.

3kommapunt

3.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n kommapunt?

• ‘n Kommapunt word gebruik by die volgende voegwoorde: dus, trouens,

inteendeel, daarom, derhalwe, tog, anders, gevolglik, verder, buitendien,

daarna, nietemin, nogtans, bowendien, intussen: Ek eet my kos; daarom is

ek nie honger nie.

• Gebruik ‘n kommapunt waar ‘n voegwoord weggelaat is: Dit gaan nie goed

met hom nie; hy lyk maar sleg. Moenie altyd so bekommerd wees nie; alles

sal regkom.

4dubbelpunt

4.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n dubbelpunt?

• Gebruik ‘n dubbelpunt voor direkte aanhalings of voor iemand se direkte

woorde: Sy het gesê: “Bring jou bal skool toe.” Lees die vierde reël van die

gedig versigtig deur: “Soet soos die aandwind.”

Page 22: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 22/167

Afrikaans Verwysingsgids

22

• Wanneer ‘n mens dinge opnoem in die vorm van ‘n lys, gebruik jy ‘n

dubbelpunt: Die arme vrou het alles in die brand verloor: haar klere, bed,

kaste en stoof.

5vraagteken

5.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n vraagteken?

• ‘n Vraagteken word altyd gebruik wanneer jy ‘n direkte vraag vra: Hou jy

van die see? Hy vra my: “Waar is die botter?”

6uitroepteken

6.1 Waar gebruik ‘n mens ‘n uitroepteken?

• Gebruik ‘n uitroepteken vir ‘n bevel of ‘n opdrag: Hou op met jou nonsens!

Die onderwyser het geskree: “Stilte in die klaskamer!”

• ‘n Uitroepteken word ook gebruik om sterk gevoel in ‘n uitroepsin aan te dui:

Dis mooi, meisies! Pragtig! Dis hoe ‘n mens dit doen! Wie gee jou die reg

om dit te doen! “Hoera!” skree die kinders. “Eina!” skree Jannie toe hy sy

toon stamp. Wat ‘n lawwe idee!• Dit is gebruiklik om ‘n komma na ‘n tussenwerpsel te plaas en eers aan die

einde van die gedagte die uitroepteken. Ag, het hy maar eers geskakel!

6.2 Waar gebruik ‘n mens nie ‘n uitroepteken nie?

• Moenie die uitroepteken te veel gebruik nie. Kyk hoe irriterend raak dit: Ek

kon dit nie glo nie! Dit was te erg! Ek wou sterf! Dit was vreeslik! Besluit

waar jy ‘n uitroepteken wil gebruik en hou daarby. Moenie in elke sinnetjie

een gebruik nie, selfs al voel jy sterk oor ‘n saak, want dan is die uitroepteken

nie meer effektief nie.

Moet nooit meer as een uitroepteken na mekaar gebruik nie. Dit is heeltemalverkeerd om die volgende te doen: As sy net wou help!! Ek was alleen!!!! Onthou dat jou woorde die gevoel moet oordra, nie die leestekens nie.

7aanhalingstekens

7.1 Waar gebruik ‘n mens aanhalingstekens?

Page 23: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 23/167

Afrikaans Verwysingsgids

23

• Aanhalingstekens word gebruik as ‘n mens iemand se woorde in die direkte

rede skryf of as jy iets uit ‘n boek of ‘n fliek aanhaal: Hy sê: “Help my,

asseblief.”

• Onthou: As jy gevra word om iets uit die teks aan te haal of as die vraag lees:

“Watter twee woorde in die stuk wys dat dit tyd is om huis toe te gaan?” moet

jy aanhalingstekens gebruik, bv. “laaste klok”.

7.2 Wenke oor aanhalingstekens

• Waar daar eers direk aangehaal word en daarna iets in ‘n sin bygevoeg word,

word die aanhaling gewoonlik met ‘n komma afgesluit as daar nie ‘n ander

leesteken in die aanhaling voorkom nie: “Dit is presies wat ek voorspel het,”

het sy gesê.

• Aanhalingstekens kom bo aan die begin en einde van die aanhaling: “Help

my” vra hy.

• As ‘n mens ‘n aanhaling binne ‘n aanhaling maak, gebruik jyenkelaanhalingstekens binne-in die dubbelaanhalingstekens: My onderwyser

sê: “Lees waar die skrywer sê: ‘eet die vrug voor rypheid’ in versreël 41.”

H Afkortings en akronieme

1afkortings

1.1 Wat is die doel van ‘n afkorting?

ʼn Afkorting is die verkorte vorm van ʼn woord of ʼn paar woorde. ‘n Mens gebruik

afkortings omdat sommige woorde baie herhaal word, dit jou help om vinniger te

skryf en om plek te bespaar. Jy mag net erkende afkortings gebruik - kyk in die

Afrikaanse Woordelys en Spelreëls 2002-uitgawe as jy nie seker is of dit korrek is nie.

1.2 Wenke ten opsigte van die gebruik van afkortings

• As dit een woord is wat ‘n mens wil afkort, kry dit net een punt: asseblief -

asb.

As daar twee woorde is, gebruik ‘n mens twee punte: onder andere - o.a. • As daar drie woorde is, gebruik kry ‘n mens drie punte: kontant by

aflewering – k.b.a.

• As die afkorting met net een punt ‘n verkeerde indruk kan skep, kom daar nog‘n punt: eersgenoemde – e.g. (anders kan jy dalk aan die implement dink wat

‘n boer gebruik!)

• By simbole van SI-eenhede word ook geen punte geskryf nie: gram - g

1.3 Wanneer word afkortings nie gebruik nie?

• Beperk die gebruik van afkortings. Kan jy sien dat hierdie sin moeilik is om te

lees? Die s.nw. en die ww. is bv. verkeerd, o.a. in die 3e sin. Die korrekte sinsou lees: Die selfstandige naamwoord en die werkwoord is byvoorbeeld

Page 24: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 24/167

Afrikaans Verwysingsgids

24

verkeerd, onder andere in die derde sin. Wanneer jy sinne gebruik, is dit

veiliger om nie afkortings te gebruik nie. Dit is verkeerd om te sê: Kan mnr.

en mev. asb. môre of Sat. Jhb. toe gaan? Die regte sin sou wees: Kan Meneer

en Mevrou asseblief môre of Saterdag Johannesburg toe gaan?

• Moet nooit ‘n afkorting van ‘n titel gebruik as dit nie gevolg word deur ‘n

persoon se naam nie. Dit is verkeerd om te sê: Kan mnr. vir dr. vra om tehelp? Die korrekte sin sou wees: Kan Meneer vir Dokter vra om te help?

• Wanneer ‘n titel saam met ‘n persoon se van gebruik word, moet die titelafgekort word en nie uitgeskryf word nie. Die volgende sin is korrek: Kan

mnr. De Lange asseblief vir dr. Du Preez ontmoet?

2akronieme

2.1 Wat is ‘n akroniem?

ʼn Akroniem is die eerste letters van ʼn groep woorde wat saam ʼn nuwe woord vorm.

Daar is baie sulke woorde in Afrikaans en ʼn mens weet nie eers altyd dat dit eintlik ʼn

tipe afkorting is nie: SASOL, SABC, BTW, VIGS, Sanlam

3Lys van algemene afkortings en akronieme

Afkorting Betekenis Afkorting Betekenisa.g.v. as gevolg van m meter

antw. antwoord m.a.w. met ander woorde

asb. asseblief m.i. myns insiens

AWS Afrikaanse woordelys en

spelreëls

Ma. Maandag

me. of

me

titel vir ‘n vrou

B.A. of

BA

Baccalaureus Artium mej. mejuffrou

b.o. blaai om mev. mevrou

bl. bladsy ml milliliter b.nw. byvoeglike naamwoord mm millimeter

BTW belasting op toegevoegde

waarde

mnr. meneer

bv. byvoorbeeld mv. meervoud

bw. of

byw.

bywoord

nas. nasionaal

C Celsius n.a.v. na aanleiding van

c sent NB nota bene

CD kompakskyf (“compact disc”) n.C. na Christuscm sentimeter nl. naamlik

Page 25: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 25/167

Afrikaans Verwysingsgids

25

nm. namiddag

d.i. dit is nr. of

no.

nommer

d.w.s. dit wil sê Ns. of

NS

naskrif

DBV Dierebeskermingsvereniging n.u. na uredept. departement

Di. Dinsdag o.a. onder andere

Do. Donderdag

dr. dokter / doktor p.a. per adres

ds. dominee p.p. per persoon

par. paragraaf

e.a. en andere

ekv. enkelvoud R rand

Eng. Engeland of Engels(e) red. redakteur

ens. ensovoorts RSA Republiek van Suid-AfrikaEVKOM Elektrisiteitsvoorsienings-

kommissie

s.nw. selfstandige naamwoord

Feb. of

Febr.

Februarie Sa. Saterdag

fig. figuurlik SABS Suid-Afrikaans Buro vir

Standaarde

Fr. Frankryk of Frans(e) So. Sondag

sr. senior

g gram st. standerd

geb. gebore str. straatgenl. generaal

gr. graad t.o.v. ten opsigte van

tel. telefoon

h.v. hoek van

HAT Handwoordeboek van die

Afrikaanse Taal

UNISA

of Unisa

Universiteit van Suid-Afrika

hulpww.

of hww.

hulpwerkwoord univ. universiteit

int. internasionaal v.C. voor Christusi.p.v. in plaas van verl. verlede

i.v.m. in verband met vgl. vergelyk

IK intelligensiekwosiënt VIGS of

vigs

verworwe

immuniteitsgebrek-

sindroom

VK Verenigde Koninkryk

Jan. Januarie vm. voormiddag

Jhb. Johannesburg

jr. junior UNISA

of Unisa

Universiteit van Suid-Afrika

Jul. Julie univ. universiteitJun. Junie

Page 26: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 26/167

Afrikaans Verwysingsgids

26

k.b.a. of

KBA

kontant by aflewering

kg kilogram

km kilometer

km/h kilometer per uur

l liter

LW Let wel

lg. laasgenoemde

lw. lidwoord

Page 27: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 27/167

Afrikaans Verwysingsgids

27

Deel 2

Uitbreiding van woordeskat

A Woordeboeke

Soorte woordeboeke

Daar is twee soorte woordeboeke wat julle baie sal gebruik: die verklarende

woordeboek en die tweetalige woordeboek.

• As ʼn mens nie weet wat ʼn woord beteken nie, kan jy dit in ʼn verklarendewoordeboek naslaan.

• As ʼn mens nie weet wat die woord in Afrikaans is nie, kan jy dit in ʼn

tweetalige woordeboek naslaan.

Wat is in ‘n woordeboek?

‘n Goeie woordeboek is ‘n uitstekende bron van informasie en bevat veel meer

as net spelling en die betekenisse van woorde.

Die volgende inligting is dikwels in ‘n woordeboek:

• Alfabetiese volgorde

• Gidswoord

• Hoofwoord

Uitspraak (fonetiese spelling)

• Woordsoorte (woordklas)

• Definisie

• Idiome

• Herkoms (etimologie)

Hoe kan ‘n woordeboek my help?

• As jy ‘n woord nie ken nie, probeer raai wat die woord beteken deur na die res

van die sin te kyk.

• Soek dan die woord in jou woordeboek op.

Skryf die woord en die betekenis of vertaling van die woord in jou persoonlikewoordeboek neer.

• Onthou dat woorde in ‘n woordeboek alfabeties gerangskik is.

Page 28: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 28/167

Afrikaans Verwysingsgids

28

B Woordfamilies, en woorde uit ander leerareas

• Daar is verskeie tipes woordfamilies. ‘n Woord kan verskillende vorms en

gebruike hê, bv. as ‘n werkwoord, ‘n selfstandige naamwoord, ‘n bywoord,ens. Hierdie is een tipe woordfamilie.

• ‘n Mens kry ook groepe woorde wat op ‘n sekere onderwerp van toepassing is.

Hierdie is weer ‘n ander tipe woordfamilie.

• Elke leerarea het woorde wat algemeen in daardie spesifieke leerarea gebruikword en nie eintlik in ander nie. Hierdie woorde kan ook as ‘n woordfamilie

gesien word.

• Dit is belangrik dat ‘n mens weet hoe om hierdie woorde van spesifieke

leerareas reg te spel en te gebruik.

• ‘n Persoonlike woordeboek is nie net handig om ‘n Afrikaanse woord- enspellys te hou nie, maar ook ‘n lys van woordeskat (en betekenisse) van

leerareas soos Sosiale Wetenskappe, EBW, Natuurwetenskappe, ens.

C Dele van die woord: stam en voegsels

1die stam en morfeme van ‘n woord

1.1 Dele van ‘n woord

(a) Die stam/basisvorm van die woord

'n Woord se kleinste betekenisvolle eenheid word die basisvorm of stam

genoem. In die woord tafeltjie is die lettergrepe ta-fel-tjie, maar nie een van

die dele (ta / fel / tjie) beteken iets op sy eie nie. Wanneer ‘n mens egter die

woord in sy woorddele verdeel, is tafel die stam en -tjie dui op die

verkleiningsvorm.

Page 29: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 29/167

Afrikaans Verwysingsgids

29

(b) Morfeme

‘n Morfeem (affiks) is ‘n stukkie van ‘n woord (‘n taalbousel) wat nie op sy

eie iets beteken nie. Wanneer ons die morfeem aan ‘n stam heg, word ‘n nuwe

woord gevorm. Kyk na hierdie voorbeeld: die woord been is ‘n stam. Die

morfeem ont beteken niks op sy eie nie, maar as ons dit aan die stam hetontbeen word ‘n nuwe woord gevorm.

Daar is twee soorte morfeme, nl. premorfeme en postmorfeme. As jy gevra

word om ‘n woord te verander sodat dit ‘n nuwe woord vorm, probeer gerus

hierdie morfeme om te kyk of dit nie voor- of agteraan die woord gebruik kan

word om ‘n nuwe woord te vorm nie: drink: verdrink, dronk, dronkaard

(i) Premorfeme (voorvoegsels/prefikse)

‘n Premorfeem word voor aan ‘n woord geheg om ‘n nuwe woord te vorm.

Voorbeelde van premorfeme is: aarts-, af-, ant-, wan-, be-, mors-, in-, her-,ont-, ver-, ge-, mis-, oer-, on-. Kyk hoe kan een woord, loer, gebruik word om

verskillende woorde mee te vorm: afloer, beloer, geloer

(ii) Postmorfeme (agtervoegsels/suffikse)

‘n Postmorfeem word agter aan ‘n woord geheg om ‘n nuwe woord te vorm.

Voorbeelde van postmorfeme is: -aan, -aar, -te, -teit, -asie, -e, -agtig, -aries, -

aal, -eel, -neel, -ieel, -ioneel, -eer, -fiseer, -seer, - iseer, -ieer, -enaar, -

asie, -er, -ter, -der, -erd, -is, -sel, -dom, -heid, -ing, -isme, -nis, -s, -skap, -

erig, -loos. Kyk hoe kan die volgende woorde verander word: blom –

bloemis, Kaap - Kapenaar, berg - bergagtig, kontrole - kontroleer

(c) Tussenvoegsel/verbindingsklank

'n Tussenvoegsel (soms 'n verbindingsklank genoem) kom slegs in 'n

komplekse/gelede woord voor tussen bepaalde stamme of tussen 'n stam en 'n

morfeem/affiks:

Woorde met verbindingsklanke wat gereeld gebruik word, is: voetenent,

slapenstyd, hondekos, dennehout, tandepasta, hempsmou, hemelsblou,mansmens, heldedaad, sonsverduidstering, hemelsbreed, woordeboek,

sonneblom

1.2 Woordgroepe

Woorde kan volgens hulle bou in twee groepe verdeel word: ongelede woorde

(simplekse) en gelede woorde (komplekse).

(a) Ongelede woorde (simplekse)

Page 30: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 30/167

Afrikaans Verwysingsgids

30

Dit is ‘n woord wat slegs uit ‘n stam bestaan. ‘n Simpleks kan partykeer in

lettergrepe verdeel word, maar die deeltjies beteken nie iets op hul eie nie:

pampoen, blaar, botter, natuur, masjien, stad

(b) Gelede woorde (komplekse)

Dit is woorde wat verdeel kan word in ‘n stam en een of meer morfeme. Ten

minste een van die dele waarin so ‘n woord verdeel word, beteken iets op sy

eie: spreker = spreek + er, gewerk = ge + werk, bokmelk = bok + melk

2samestellings

2.1 Wat is ‘n samestelling

'n Samestelling bestaan uit twee of meer stamme wat met mekaar verbind

word om 'n nuwe woord te vorm: rugbywedstryd, sleeptong, koeldrank,

skoolhoof, watertand ‘n Samestelling het nie pre- of postmorfeme nie, maar kan ‘n verbindingsklank

hê. Dit vergemaklik die uitspraak van so 'n samestelling: kinderstorie,

wildsbok

2.2 Los- en vasskryf van woorde

Samestellings is een begrip en word dus vas geskryf.

• Saamgestelde werkwoorde word vas geskryf: agtervolg, proeflees, stortreën

• Saamgestelde naamwoorde word vas geskryf as dit een begrip is: tienkamp,

wildebee,s suurlemoen. Onthou: daar is ‘n verskil tussen suur lemoene

(“sour oranges) en suurlemoene (“lemons”) .

• Saamgestelde adjektiewe en bywoorde word vas geskryf: agtermekaar,

ineens, stofdig, meteens, pootuit , voluit . Die volgende woorde kan vas of los

geskryf word: weer eens/weereens, nogeens/nog eens

• Saamgestelde voorsetsels word vas geskryf: agterop, digby, tussenin,

onderaan

• ‘n Kompleks bestaande uit ‘n selfstandige naamwoord en ‘n basiese taalnaam

word vas geskryf: rugbyafrikaans, spreektaalafrikaans. • Bywoorde + toe word vas geskryf: agtertoe, binnetoe en buitentoe. Onthou:

As ‘n selfstandige naamwoord saam met toe gebruik word, word dit los

geskryf: skool toe, kerk toe, winkel toe

• ‘n Samestelling wat bestaan uit ‘n verbinding van twee of meer selfstandigenaamwoorde, word vas geskryf: tamatiekonfyt, weermagorkesdirigent

• Telwoorde word los of met koppeltekens geskryf: vier en dertig of vier-en-

dertig

• Bywoordelike uitdrukkings word los geskryf: laer af, ver agter, al weer, ook

al, nou al, lank reeds. Kyk na die volgende woorde wat vas geskryf word:

lankal, alreeds. Die volgende kan los of vas geskryf word: sopas of so pas.

Page 31: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 31/167

Afrikaans Verwysingsgids

31

3afleidings

3.1 Wat is ‘n afleiding?

‘n Afleiding is ‘n woord wat gevorm word deur ‘n stam en morfeme. Kyk na

die volgende voorbeelde van afleidings: huis + lik = huislik, ont + hoof =

onthoof

Lees weer die gedeelte oor pre- en postmorfeme vir voorbeelde van morfeme

wat ‘n mens kan gebruik om nuwe woorde mee te vorm.

4

samestellende afleidings

4.1 Wat is samestellende afleiding?

‘n Samestellende afleiding is wanneer ‘n nuwe woord gevorm word deur twee

of meer stamme wat saam met een of meer morfeem verbind word. Kyk na die

voorbeelde van woorde wat deur samestellende afleiding gevorm is: motor +

boot + e = motorbote,, boek + ver + koop + ing = boekverkoping

5klankverandering

5.1 Wat is klankverandering?

Klankverandering of klinkerwisseling is wanneer ‘n mens ‘n nuwe woord

vorm deur die klinker(s) te verander: drink - drank

5.2 Woorde wat deur klankverandering gevorm is

Hier is ‘n lys woorde wat gevorm is deur klankverandering. Daar is nog baie

ander, maar hierdie is ‘n paar van die woorde wat baie mense ken en gebruik.

bederf: bedorwe

bid: gebed

bied: bod, gebod, boodskap

bind: band, bondel, bundel, bende, verbond, verband

breek: brok, breuk

buig: boog, boeg

Page 32: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 32/167

Afrikaans Verwysingsgids

32

drink: drank, dronk

graaf: graf, groef, grag

gryp: begrip, greep

help: hulp

ruik: reuk

skiet: skut, skootskryf: skrif, geskrewe

sluit: slot, sleutel

sny: snit

spreek: spraak, gesprek, spreuk, sprokie

spring: sprong

stink: stank

vlieg: vlug

wreek: wraak, wrok

D Herkoms van woorde

1erfgoed

1.1 Wat is erfgoed?

Afrikaans het uit Nederlands as ‘n taal ontwikkel. Die meeste van ons woorde

het ons dus uit Nederlands geërf. Dit is hoekom dit vandag nog redelik maklik

is om bv. ‘n Nederlandse tydskrif te verstaan.

1.2 Voorbeelde van erfgoed

Die woorde wat ons in die gewone, alledaagse lewe die meeste gebruik, kom

byna almal uit Nederlands: huis, loop, op, agter, vandag, lelik, vrou, kind,

huis

Omdat baie van die eerste Nederlanders seevaarders was, het ons baie woorde

uit seemanstaal geërf: kombuis, klip, bottel, baadjie, baljaar, kombers,

lemoen, basaar

Afrikaans het ook baie woorde geërf uit die handelstaal wat in die sewentiendeeeu gepraat is: sambreel, mielie, pynappel, piesang, baklei

2leengoed/leenwoorde

2.1 Wat is ‘n leenwoord?

Afrikaans het hoofsaaklik uit Nederlands ontwikkel; dus is daar baie woorde

in Afrikaans wat uit Nederlands geleen is. Daar is egter ook leengoed uit ander

Page 33: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 33/167

Afrikaans Verwysingsgids

33

tale, soos Maleis, Portugees, Maleis-Portugees, Frans, Duits, Khoi- en,

Afrikatale en Engels.

2.2 Voorbeelde van leenwoorde

Leenwoorde uit die Khoitale sluit in: dagga, kierie, abba, eina, sies, ga, aitsa, gogga, Karoo

Leenwoorde uit die Afrikatale sluit in: donga, lobola, mamba, indaba,

maroela, pasella

Leenwoorde uit Engels sluit in: whisky, tjek, jellie, tennis, rugby, krieket,

kondensmelk, poeding, tronk, besigheid, motorfiets, hoofposkantoor

Leenwoorde uit Maleis sluit in: baie, piering, blatjang, sosatie, borrie,

baadjie

Leenwoorde uit Portugees sluit in: spens, tamaai, bottel, baljaar, kraal, tronk,

amper, laai, bredie

Leenwoorde uit Maleis-Portugees sluit in: tamaai, sambreel, tjalie

Leenwoorde uit Frans sluit in: restaurant, koerant, garage, affêre, appelkoos

Leenwoorde uit Duits sluit in: laer, aandag, sweis, skelm, vervlaks, niksnuts,

bolmakiesie

3eiegoed

3.1 Wat is eiegoed?

Afrikaans word gevorm deur woord wat ons geërf het uit die tale waaruit

Afrikaans ontwikkel het en ook deur woorde wat ons uit ander tale geleen het

en dan ons eie gemaak het. Omdat ‘n taal lewend is, het ons egter ook ons eie

woorde geskep wat nie met ander tale iets te make het nie.

3.2 Voorbeelde van eiegoed

Voorbeelde van eiegoed sluit die volgende in:

bokveld toe, biltong, koorsblaar, wegkruipertjie, agteros, verkleurmannetjie,

miskruier, pofadder, wag-‘n-bietjieboom, begrafnisrys, kleintongetjie

4nuutskeppinge

4.1 Wat is ‘n nuutskepping?

Page 34: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 34/167

Afrikaans Verwysingsgids

34

Afrikaans is ‘n redelike “jong” taal en elke dag kom ons in aanraking met

dinge waarvoor ons nie altyd woorde het nie. Nuwe woorde word dan gevorm,

partykeer deur samestellings (rondritskrag, kitskoffie, lokfilm, soenvaste

lipstiffie, luisterliedjie, roltrap, spookasem) of deur dit te vertaal uit ‘n ander

taal ( DVD-speler, Barbiepop, rekenaarmuis, aborsie, anoreksie)

4.2 Wie besluit wanneer is ‘n nuutskepping aanvaarbaar?

Nuutskeppings word gebruik tot dit aanvaar of verwerp word. Indien ‘n woord

aanvaar word, beteken dit dat dit algemeen in Afrikaans gebruik word, of in ‘n

woordeboek of in die AWS opgeneem is. Woorde wat voorheen nuutskeppings

was, maar wat nou algemeen gebruik word, sluit in: spoedlokval, traanrook,

motel, hartomleining, vryskutskrywer, snelweg, tuinslang

Woorde word dikwels nuutgeskep vir ‘n spesifieke vakgebied of area.

Rekenaars is nog nie lank in Suid-Afrika nie, en baie nuwe woorde word nogdaagliks geskep. Party van hierdie woorde sal behoue bly; ander nie.

Voorbeelde van sulke rekenaarwoorde is: webwerf, e-pos, rekenaargeletterd,

rekenaarvirus, skootrekenaar

Ander woorde wat op die oomblik as nuutskeppings beskou word, sluit in:

vlugflou, herwin, tranetrekker, foefies, strooikoerant, foonsnol, stoelpatat

E Woordeskat

1sinonieme

1.1 Wat is sinonieme?

Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het: pa, vader. Dit

is belangrik om nie net tevrede te wees met ‘n woord soos lekker as jy jou

woordeskat kan uitbrei deur woorde soos aangenaam, smaaklik of genotvol

kan gebruik nie. ‘n Woord se sinoniem sal nie altyd goed in die sin pas nie, en

jy moet ‘n “gevoel” vir die regte woord begin ontwikkel deur soveel moontlik

te lees.

Page 35: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 35/167

Afrikaans Verwysingsgids

35

1.2 Voorbeelde van sinonieme

hoflik, beleef verniet, gratis praat, gesels

doodloopstraat,

keerweer, cul-de-sac

eerlik, opreg bly, gelukkig, vrolik

treurig, hartseer,ongelukkig, droewig

ryk, welgesteld miskien, dalk

toestemming, verlof,

goedkeuring

huil, ween, tjank vuil, morsig, vieslik,

smerig

kontrei, streek,

gebied, landstreek

dadelik, nou,

onmiddellik

vet, dik, plomp,

oorgewig, lywig

vinnig, gou, blitsig,

snel

dom, onnosel,

dwaas

bang, bevrees, benoud

opdaag, aankom habitat, omgewing,

milieu, woonplek

mening, opinie,

siening

Page 36: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 36/167

Afrikaans Verwysingsgids

36

2antonieme

2.1 Wat is antonieme?

Antonieme is woorde wat min of meer teenoorgestelde betekenisse het: siek,

gesond.

2.2 Voorbeelde van antonieme

styg - daal jonk - oud jeug - ouderdom

letterlik - figuurlik erken - ontken eg - vals

modern - outyds aankoms - vertrek vra - antwoord

praat - stilbly moeilik - maklik algeheel - gedeeltelikdronk - nugter held - lafaard onskuldig - skuldig

dikwels - selde wen - verloor vinnig - stadig

swak - sterk slaag - druip skep - vernietig

rek - krimp versnel - vertraag bekend - onbekend

optel - neersit wins - verlies mooi - lelik

liefde - haat vroeg - laat beleef - onbeskof

skaars - volop bloedjonk - stokoud orals - nêrens

3

homonieme

3.1 Wat is homonieme?

Homonieme is woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar

waarvan die betekenis verskil. Hierdie woorde moet in sinne gebruik word

sodat ‘n mens kan sien watter betekenis van toepassing is.

3.2 ‘n Lys van algemene homonieme met hul betekenisse

leer Ek leer my les.My broer is in die leer en veg teen die vyand.

Die leer staan teen die muur sodat ons op die dak kan klim.

pos Hy het ‘n pos by die skool aanvaar en gee nou klas.

Die pos is vandag laat en ek wag ongeduldig vir die brief.

doel Die seun het ‘n doel in die sokkerwedstryd behaal.

Wat is die doel van hierdie werk? Hoekom moet ons dit leer?

deur Ek loop by die deur uit tot buite.

Loop sy deur die mielieland of om dit?

saai Die boer saai sonneblomsaad.

My lewe is baie vervelig, dis werklik saai.

plak Kan jy my help om hierdie papier vas te plak ?

Page 37: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 37/167

Afrikaans Verwysingsgids

37

Die werkloses plak langs die rivier in sinkplaathuisies.

ryp Is die perskes al ryp genoeg om te pluk?

Dit is vandag bitter koud: die ryp lê wit op die grasperk.

oes Die boer oes die mielies op die lande.

Het jy te min geslaap? Jy lyk maar oes.

prys Die onderwyser prys die seun vir ‘n pragtige opstel.Wat is die prys van die brood - is dit R5.00?

duur Hoe lank gaan hierdie vervelige rolprent nog duur ?

Ons kan nie oorsee gaan nie: dis te duur en ons geld is te min.

saal Die leerders vergader in die saal en luister na die skoolhoof.

Die perd se saal is stukkend en ‘n mens kan nie daarop sit nie.

bas Die seun wat bas sing in die skoolkoor is vandag afwesig.

Die boom se bas is stukkend waar die weerlig dit getref het.

hoek Kan jy die hoek van die vierhoek in jou wiskundeboek meet?

Die visserman sit aas aan die hoek sodat hy ‘n vis kan vang.

4homofone

4.1 Wat is homofone?

Homofone is woorde wat presies dieselfde klink, maar waarvan die spelling en

die betekenis verskil. Maak seker dat jy die betekenisse van hierdie homofone

goed ken en vul jou lys gereeld aan.

4.2 ‘n Lys van algemene homofone met hul betekenisse

vonds Die diamantring wat ek opgetel het, was ‘n groot vonds.

fonds Hoeveel geld het julle ingesamel vir die fonds vir armes?

vlei Hy vlei jou deur te sê dat jy soos die pragtige blomme wat in die

vlei groei, lyk

vly Die seun vly homself op die gras neer.

voed Daardie vrou voed haar baba.

voet My voet is seer, want ek het dit teen ‘n klip gestamp.

wei Die skape wei teen die rante.

wy Jy moet meer aandag aan jou studies wy.

maar Ek wil jou help, maar ek moet haar eers help.

maer Die skaap is te maer en moet meer voer kry.

brei My ma is besig om vir my ‘n trui te brei .

bry Die mense uit die Kaap bry en sê hulle “r” anders as ons.

end Ons kom uiteindelik aan die end van die reis.ent Hulle gaan stap ‘n ent langs die rivieroewer.

Page 38: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 38/167

Afrikaans Verwysingsgids

38

lei Die klaskaptein lei die klas na binne.

ly Die vrou ly aan ‘n ongeneeslike siekte.

dokter Wanneer ‘n mens siek is, besoek jy ‘n dokter.

doktor Hy is ‘n doktor , want hy het ‘n doktorsgraad in Engels verwerf.

swaar Daardie tafel is te swaar ; jy sal dit nie alleen kan oplig nie.

swaer My swaer is getroud met my suster.

relings Die stout seuntjie gly met die trap se relings af.

reëlings Watter reëlings het jy vir die partytjie getref?

leun Hy leun teen die muur en staan nie regop nie.

leuen Dit is ‘n leuen! Vertel eerder die waarheid.

peil Dit is moeilik om hom te verstaan: ek kan hom nie peil nie. pyl Ek skiet met ‘n pyl en boog.

haal Kan jy gou die boek vir my gaan haal ?

hael Die hael lê wit op die grasperk en die bome is beskadig.

steil Haar hare is steil en nie krullerig nie.

styl Die atleet hardloop baie vreemd: hy het ‘n vreemde styl .

wed Ek wed jou ‘n toffie dat Meneer vandag by die skool sal wees.

wet Dit is verkeerd om te vinnig te ry: jy oortree die wet.

eis Ná die diefstal het hulle ‘n eis by die versekering ingedien.

ys Dit is so koud buite dat die water ys.

viets Die meisie se lyfie is viets en fyn.

fiets My boetie ry orals op sy fiets rond.

Page 39: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 39/167

Afrikaans Verwysingsgids

39

Deel 3

Woordsoorte

A Selfstandige naamwoord

Wat is ‘n selfstandige naamwoord?

‘n Selfstandige naamwoord is name van plekke, diere, dinge, mense, plante,

voëls, klippe, tydperke, gebeurtenisse, toestande, houdings, gevoelens, ens.

• ‘n Selfstandige naamwoord kan na ‘n lidwoord staan. (die seun, die

prysuitdeling )

• ‘n Selfstandige naamwoord kan die onderwerp of voorwerp van ‘n sin wees.

(Die meisie eet die appel .)• ‘n Selfstandige naamwoord het dikwels ‘n meervoud- of verkleiningsvorm.

(Die seuns bring die balletjie na die onderwyser .)

Watter soorte selfstandige naamwoorde kry ‘n mens?

(a) Soortname

Soortname is name van dinge, mense en diere, maar dis nie eiename (woorde

wat met ‘n hoofletter begin en ‘n naam van iets of iemand is) nie: boek, tafel,

meisie, hond

(b) Eiename

Eiename is die name van ‘n spesifieke persoon, plek, dier of ding. Dit is nie

die algemene naam van bv. ‘n mens nie en word altyd met ‘n hoofletter

gespel: Karel, Mpho, Suid-Afrika, Toyota, Junie, Fransman, Wollie

(c) Versamelname

Versamelname is die naam wat gegee word vir ‘n versameling of groep dinge,

diere of voorwerpe: trop, swerm, span, bundel, gemeente, bende (Die

versamelnaam staan voor ‘n ander selfstandige naamwoord: ‘n swerm bye)

(d) Stofname

Stofname is die naam wat gegee word vir ‘n stof, materiaal, mineraal, ens.:

yster, porselein, goud, koring, sand, wol (‘n Mens kan die woord “baie” of

“genoeg” voor hierdie soort selfstandige naamwoorde gebruik, maar nie “een”

nie. Stofname word ook massa name genoem.)

(e) Maatname

Page 40: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 40/167

Afrikaans Verwysingsgids

40

Maatname is woorde wat ‘n mens gebruik om ‘n hoeveelheid van iets wat jy

kan meet, aan te dui: ‘n emmer water, ‘n bottel melk, ‘n koppie tee

(f) Abstrakte selfstandige naamwoorde

Abstrakte (afgetrokke) selfstandige naamwoorde beskryf emosies engevoelens (fisiese voorwerpe wat jy nie met jou sintuie kan waarneem nie):

haat, liefde, jaloesie, trots, blydskap

1getal (enkelvoud en meervoud)

1.1 Wat is die meervoud en die enkelvoud?

Die enkelvoud word gebruik wanneer daar een van ‘n ding is, en die

meervoud word gebruik as daar meer as een van ‘n ding is.

1.2 Hoe word die meervoud gevorm?

Meervoude word gevorm deur agtervoegsels of suffikse.

(a) Die selfstandige naamwoord + e

• Selfstandige naamwoorde met een lettergreep: stoel - stoele

Selfstandige naamwoorde met meer as een lettergreep, maar met die aksent opdie laaste lettergreep: student - studente

• Na ‘n kort vokaal in die laaste lettergreep verdubbel die slotkonsonant en word

-e bygevoeg: dam - damme, heldin – heldinne, model - modelle

• As die laaste lettergreep ‘n dubbelvokaal bevat (aa, uu, oo, ee) en deur een

konsonant gevolg word, val een vokaal weg en ‘n -e word bygevoeg: meneer

- menere

• Aan woorde wat op ‘n beklemtoonde -ie eindig, word ‘n -e met ‘n deelteken bygevoeg: knie - knieë

• Die g aan die woordeinde val weg en ‘n -e word bygevoeg. ‘n Dubbelvokaal

voor die g verloor een vokaal in die meervoud: dag - dae, oorlog - oorloë,

boog - boë, boeg - boeë, laag - lae, vlag - vlae, vlieg - vlieë

• Woorde wat eindig op g kry soms ‘n kappie op die i, o, u in oop lettergrepe:

wig - wîe, brug - brûe, rug - rûe, sog - sôe, trog - trôe

• ‘n f aan die woordeinde verander na ‘n w voordat die -e aangevoeg word: brief

- briewe, sif - siwwe

(b) Die selfstandige naamwoord + s

• By meer as een lettergreep met geen aksent op die laaste lettergreep nie:

winkel - winkels • Verwantskapwoorde: vader - vaders, broer - broers

Page 41: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 41/167

Afrikaans Verwysingsgids

41

• Woorde wat eindig op ‘n -lm of -rm: arm - arms, palm - palms

• Woorde wat eindig op ‘n enkel i, o, u en ‘n beklemtoonde a, kry ‘n ’s: foto -

foto’s, Israeli’s, skadu’s, ma’s. Die onbeklemtoonde a kry slegs ‘n -s: padda

- paddas, oupa - oupas, baba - babas

• Letters van die alfabet: a - a’s, s - s’e

Eiename wat op ‘n -e of -(r)s eindig wat nie uitgespreek word nie kry ‘n ’s of’e Cilliers - Cilliers’s, Terblanche - Terblanche’e. Eiename wat eindig op

ander letters wat ook nie uitgespreek word nie, kry nie ‘n afkappingsteken nie:

Du Preez - Du Preezs, Le Roux - Le Rouxs

(c) Ander maniere waarop die meervoud gevorm word:

• Met -hede: waarheid - waarhede

• Met -ici en -a: politikus - politici/politikusse, sentrum - sentra/sentrums,

medikus - medici/medikusse

Met -lui : ambagsman - ambagslui/ambagsmanne, seeman - seemanne,seelui

• Met -(e)ns: gevoel - gevoelens, verlange - verlangens, hawe - hawens

• Met -de: voog - voogde, hemp - hemde, hoof - hoofde

• Met -te: vonds - vondste, amp - ampte, teks - tekste, tog - togte, resep -

resepte, seekus - seekuste, graf - grafte, motoris - motoriste

• Met -ere: volk - volkere, gelid - geledere, goed - goedere, lied - liedere

• Woorde op -ers: lam - lammers, kind - kinders, kalf - kalwers

(d) Belangrike meervoude/enkelvoude

• Die volgende meervoude word anders as normaalweg gevorm en jy moet dit

goed ken:

Enkelvoud Meervoud Enkelvoud Meervoudgenot genietinge werksman werksmense

aanbod aanbiedinge buurman bure

speelding speelgoed Engelsman Engelse

gat gate glas glase

lewe lewens eer eerbewyse

sekretaresse sekretaresses periode periodes

• Wanneer ‘n mens eenhede soos jaar, meter, kilometer, kilogram

enuur

direk

ná ‘n getal gebruik, word dit altyd in die enkelvoud gebruik: Ek sal jou oor

drie uur ontmoet. Dit kan wel vir beklemtoning in die meervoud gebruik

word: Waar was jy? Ek wag al drie ure lank vir jou!

• Die volgende woorde word altyd in die enkelvoud in Afrikaans gebruik (al

gebruik ‘n mens die meervoud in Engels): Uniegebou, Nuweland, Niagra-

waterval, skoolgrond, sportmotor, argief

Page 42: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 42/167

Afrikaans Verwysingsgids

42

(e) Woorde met meer as een meervoud (en betekenis)

skof skofte Die verpleegster werk drie skofte by die hospitaal

skowwe Die beeste dra jukke op hul skowwe.

saal saals Die perde se saals is bruin.sale Ons het na drie sale vir die funksie gaan kyk.

hoop hope Die hope grond voor die huis lyk sleg.

verwagtinge Ons koester hoë verwagtinge van hom.

doel doele My broer het drie doele in die wedstryd behaal.

doeleindes Vir watter doeleindes wil jy dit doen?

las lasse Die lasse in die tou gaan lostrek.

laste My ouma het sware laste in die oorlog gedra.

gas gasse Suurstof is een van die gasse in die lug.

gaste Ons nooi gaste oor na die partytjie.

leer lere Die drie lere wat teen die mure staan, moet weg.

leerstellings Wat is die leerstellings wat jou kerk aanhang?

leër leërs Die leërs van Amerika en Rusland het geveg.

bas basse Die basse in die koor sing vals.

baste Die bome se baste is bruin.

maat maats Ek gaan fliek saam met my maats.

mate Die mate van die kassie is 4 cm by 15 cm.

motor motors Die motors ry in die strate.

motore Die vliegtuig se motore het ingegee.

(f) Woorde met geen meervoud nie

Abstrakte selfstandige naamwoorde en baie stofname (en gewoonlik eiename)

het geen meervoude nie: toekoms, dood, goud, silwer, onkunde, griep, klei,

hoogmoed, verlede

Page 43: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 43/167

Afrikaans Verwysingsgids

43

(g) Woorde met geen enkelvoud nie

toiings hurke kruie

stuipe klere sinkings

harsings semels kwaaivriende

masels maanhare pokke

2verkleining

2.1 Wanneer gebruik ‘n mens die verkleiningsvorm?

• Die verkleining word gebruik om te wys dat iets klein en nie groot is nie. Die

seuntjie is baie kleiner as daardie groot seun.

Wanneer die woord klein gebruik word, moet dit altyd deur die verkleininggevolg word: Die klein mannetjie staan in die pad. Die klein man ... is

verkeerd .

• Die verkleining word dikwels in Afrikaans gebruik om ‘n sekere gevoel uit tedruk. Kyk na die volgende voorbeelde: My hartjie, ek is lief vir jou. (liefde),

Wie dink daardie ou prokureurtjie is hy! (minagting), Ag, wil jy nie hierdie

ou tjekkie vir liefdadigheid gee nie? (beskeidenheid), Hy is seker te bang sy

ou handjies word vuil. (spot)

2.2 Hoe word die verkleining gevorm?

Verkleining word deur agtervoegsels gevorm: -ie, -jie, -etjie, -kie, -pie, -tji.

• Stamwoord + ie: Woorde wat eindig op s, k, p, g, f kry -ie as suffiks: muis -

muisie, dorp - dorpie, huis - huisie

• Stamwoord + -etjie: stem - stemmetjie, ring - ringetjie, slang -

slangetjie, blom - blommetjie

• Stamwoord + pie: Woorde wat eindig op m: duim - duimpie, arm - armpie,

boom - boompie

• Stamwoord + -tjie: gogga - goggatjie, mamma - mammatjie

Woorde wat eindig op l, n, r en voorafgegaan word deur ‘n verswakte -e, ‘nlang vokaal, -ie, -oe of ‘n diftong -aai : raaisel - raaiseltjie, soen - soentjie,

trui - truitjie

• Stamwoord + -jie: Woorde wat eindig op ‘n d of ‘n t: koerant - koerantjie,

bad - badjie

• Woorde wat eindig op ‘n enkel i, o, u en ‘n beklemtoonde a, kry ‘n ’tjie: foto

- foto’tjie, Israeli’tjie, skadu’tjie, ma - ma’tjie. Die onbeklemtoonde a kry

slegs ‘n -tjie: padda - paddatjie, oupa - oupatjie, baba - babatjie

• Letters van die alfabet: a - a’tjie, s - s’etjie

• Eiename wat op ‘n -e of -(r)s eindig wat nie uitgespreek word nie: Cilliers -

Cilliers’tjie, Terblanche - Terblanche’ie. Eiename wat eindig op ander

letters wat ook nie uitgespreek word nie, kry nie ‘n afkappingsteken nie: Du Preez - Du Preeztjie, Le Roux - Le Rouxtjie

Page 44: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 44/167

Afrikaans Verwysingsgids

44

• Stamwoord + kie Meerlettergrepige woorde wat op ‘n -ng eindig: koning

- koninkie, beweging - beweginkie, rottang - rottankie, verhouding -

verhoudinkie. As die woord net een lettergreep het, kry dit ‘n -etjie aan die

einde: ring - ringetjie, kring - kringetjie

2.3 Belangrike verkleinwoorde

• Die volgende verkleinwoorde word anders as normaalweg gevorm en jy moetdit goed ken:

Woord Verkleining Woord Verkleiningertjie ertjietjie gesig gesiggie

vat vaatjie baadjie baadjietjie

mandjie mandjietjie glas glasie

pad paadjie skilpad skilpadjie

mossie mossietjie kappie kappietjie

hotel hotelletjie snor snorretjie

3geslag

3.1 Wat is geslag?

Geslag beteken die manlike of vroulike vorm van ‘n woord. As ‘n mens praat

van ‘n akteur , weet jy dis ‘n man, maar as jy praat van ‘n aktrise, weet jy ditis ‘n vrou. (Dit gebeur egter al hoe meer dat net een vorm vir albei geslagte

gebruik word. Leer die vorme egter goed, sodat jy nie dink dat aktrise dalk vir

‘n man gebruik kan word nie.)

3.2 Hoe lyk die manlike en vroulike vorm?

Manlik Metode Vroulik bibliotekaris + esse bibliotekaresse

sekretaris sekretaresse

moordenaar + es moordenareskunstenaar kunstenares

baron barones

prinsipaal + e prinsipale

eggenoot eggenote

joernalis + te joernaliste

pianis pianiste

akteur + trise aktrise

lektor lektriseinspekteur inspektrise

Page 45: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 45/167

Afrikaans Verwysingsgids

45

skrywer + ster skryfster

verpleër verpleegster

held + in heldin

slaaf slavinkoning koningin

hertog hertogin

graaf gravin

3.3 Belangrike vorme van die manlik en vroulik

• Die volgende manlike en vroulike woorde word anders as normaalweg gevorm

en jy moet dit goed ken:

Manlik Vroulik Manlik Vroulik

neef niggie gasheer gasvroustrooijonker strooimeisie oom tannie / tante

kleinseun kleindogter swaer skoonsuster

masseur masseuse waarsêer waarsegster

monnik non man vrou

skoonpa skoonma bruidegom bruid

oujongkêrel oujongnooi leier leidster

stiefseun stiefdogter tsaar tsarina

kleinseun kleindogter Christen Christin

wewenaar weduwee kêrel nooi

3.4. Manlike en vroulike vorme van diere

• Leer die maniere hoe die manlik en vroulik van diere gevorm word.

Manlik Vroulik

mannetjie wyfievolstruismannetjie volstruiswyfie

spreeumannetjie spreeuwyfie

bobbejaanmannetjie bobbejaanwyfie

tiermannetjie tierwyfie

ram ooispringbokram springbokooi

rooibokram rooibokooi

bul koeikoedoebul koedoekoei

kameelperdbul kameelperdkoei

renosterbul renosterkoei

olifantbul olifantkoei

Ander maniere om manlik en vroulik aan te dui beer (vark) sog

Page 46: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 46/167

Afrikaans Verwysingsgids

46

hings (perd) merrie

reun (hond) teef

haan (hoender) hen

bul (kalf) vers

leeu leeuin

wolf wolvinhingsvul merrievul

3.5 Woorde wat manlik of vroulik kan wees

• Die volgende woorde kan manlik of vroulik wees. (Al hoe meer woorde word

deesdae gemeenslagtig gebruik, ook ter wille van vroueregte.)

perd voël getuie dokter

misdadiger professor bok maat

kaptein kat tegnikus reisiger

kok bees hoender gadekenner vark skeidsregter kampioen

speler tweeling weeskind bestuurder

B Adjektiewe (byvoeglike naamwoord)

Wat is ‘n adjektief (byvoeglike naamwoord)?

Die ander naam vir ‘n adjektief is ‘n byvoeglike naamwoord. Die adjektief

beskryf die selfstandige naamwoord. Dit kan voor of ná die selfstandige

naamwoord gebruik word.

• Die adjektief kan getoets word deur vas te stel of dit trappe van vergelyking

het: mooi - mooier - mooiste

• Die adjektief het soms ook ‘n intensiewe vorm. gras - grasgroen

Watter soorte adjektiewe kry ‘n mens?

Twee adjektiewe word onderskei na gelang van die posisie in ‘n sin: die

predikatiewe en die attributiewe adjektief.

1verbuiging: attributiewe en predikatiewe gebruik

1.1 Attributiewe adjektief

Die adjektief staan voor die selfstandige naamwoord wat deur die adjektief

beskryf word: Die moeë man stap maar verder . Let wel: Die adjektief wat

attributief gebruik word, word dikwels verbuig.

1.2 Predikatiewe adjektief

Page 47: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 47/167

Afrikaans Verwysingsgids

47

Die adjektief staan na die selfstandige naamwoord wat deur die adjektief

beskryf word: Die man is moeg.

1.3 Hoe vorm ‘n mens die attributiewe adjektief?

Die volgende wenke sal jou help om die attributiewe adjektief te vorm, maar

die enigste manier om werklik al die verskillende vorme en uitsonderings

( jonk - ‘n jong man, lank - die lang man, nuut - ‘n nuwe hemp) te leer ken,

is om soveel moontlik te lees.

• die adjektief het ‘n kort vokaal: dol - ‘n dolle dag

• die adjektief het twee identiese vokale: eensaam - die eensame vrou

• die adjektief eindig met ‘n -ig of ‘n -lik of ‘n dubbel konsonant: koorsig - die

koorsige kind, moeilik - ‘n moeilike toets, hard - die harde klip

die adjektief eindig met ‘n kort vokaal en ‘n -g: lig - die ligte tas

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal en ‘n -g: hoog - die hoë kas, leeg -

die leë emmer, vroeg - ‘n vroeë oggend, laag - die lae trappie, droog - die

droë grond

• die adjektief eindig met ‘n kort vokaal en ‘n -f: grof - die growwe stem

• die adjektief eindig met ‘n dubbele vokaal en ‘n f: braaf - die brawe seun,

doof - die dowe man, lief - die liewe tannie

• die adjektief eindig met ‘n twee konsonante waarvan die laaste een ‘n f is:

half - ‘n halwe appel

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal en ‘n -d: koud - ‘n koue nag, oud -

die ou oom, goed - ‘n goeie plan, dood - die dooie man, wyd - ‘n wyedraai

Page 48: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 48/167

Afrikaans Verwysingsgids

48

2letterlike en figuurlike betekenis

2.1 Wat is die figuurlike vorm van die adjektief?

‘n Adjektief word dikwels verbuig as dit figuurlik gebruik word. As ‘n klip

swaar is, is dit regtig swaar. Ons sê dan: Die man tel die swaar klip op. As

iets egter nie regtig swaar is nie, dan bedoel ons dit figuurlik en verander die

woord se vorm baie keer, bv. Die vrou met die dronk man dra ‘n sware las.

Die attributiewe adjektief word dikwels figuurlik gebruik: Die seun het lang

vingers. Moenie dink aan die gryse verlede nie.

2.2 Voorbeelde van die letterlike en figuurlike gebruik van die adjektief

teer My vel is teer na die dag in

die son

Sy voel of haar tere gemoed niks

meer wil hanteer nie.

suur Die suur perske is nog nie

ryp nie.

Ons het baie geleer uit ons sure

ondervindinge.

naar Die naar kind gaan

badkamer toe.

Dit was ‘n nare ondervinding.

flou Ek sien ‘n flou liggie brand Dis sommer ‘n floue verskoning.

donker In die donker kamer is

geen lig nie.

Daar wag ‘n donkere toekoms op die

misdadiger.swaar Die swaar klip val op my

toon.

My oupa is gedurende die oorlog

deur sware beproewinge.

nou Ons ry deur die nou tonnel. Ons was amper dood; dit was ‘n noue

ontkoming!

lank Ná ‘n lang wag is ons in

die kantoor toegelaat.

Ons moet ons vakansieplanne maar

op die lange baan skuif nadat die

man met die lang vingers my pa se

beursie gesteel het.

los Die seun se los tand word

getrek.

Ek is jammer om te sê dat daardie

vrou losse sedes het.

duur Die duur klere het lankgehou.

Sy het ‘n dure les geleer toe sy hommet haar spaargeld vertrou het.

bitter Ek het die bitter koffie

weggegooi.

Sy huil oor die bittere afskeid tussen

hulle twee.

Page 49: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 49/167

Afrikaans Verwysingsgids

49

3trappe van vergelyking

3.1 Wat is trappe van vergelyking?

Wanneer ‘n mens dinge met mekaar wil vergelyk, gebruik ons dikwels trappe

van vergelyking. Trappe van vergelyking word baie keer gevorm deur ‘n –er

en daarna ‘n –ste by die adjektief te voeg: Hy is sterk . Sy broer is nog sterker ,

maar sy pa is die sterkste.

Wanneer trappe van vergelyking gevra word, moet ‘n mens kyk vir die

volgende woorde: as, soos hoe ... hoe (vir die vergelykende trap) en die (direk

voor die adjektief vir die oortreffende trap).

3.2 Hoe word trappe van vergelyking gewoonlik gevorm?

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal: kwaai - kwaaier - die kwaaiste

• die adjektief eindig met ‘n kort vokaal en ‘n f : laf - lawwer - die lafste

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal en ‘n f : doof - dower - die doofste

• die adjektief het ‘n dubbele konsonant: hard - harder - die hardste

• die adjektief eindig met twee konsonante waarvan die laaste een ‘n f is: skurf

- skurwer - die skurfste

• die adjektief eindig met ‘n -u: ru - ruwer - die ruuste

• die adjektief het ‘n kort vokaal: slim - slimmer - die slimste

die adjektief het ‘n dubbele vokaal of ‘n tweeklank: koel - koeler - diekoelste.

• die adjektief eindig met -lik of -ig : heerlik - heerliker - die heerlikste,

vinnig - vinniger - die vinnigste

• die adjektief eindig met ‘n -r : lekker - lekkerder - die lekkerste

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal of tweeklank gevolg deur ‘n -g: hoog

- hoër - die hoogste, moeg - moeër - die moegste, leeg - leër - die leegste

• die adjektief eindig met ‘n lang vokaal of tweeklank gevolg deur ‘n -d: koud

- kouer - die koudste, breed - breër - die breedste

• die adjektief eindig met ‘n -s: trots - trotser - die trotsste, boos - boser - die

boosste• die adjektief eindig met ‘n -de of -e en bestaan uit meer as een lettergreep:

opgewonde - meer opgewonde - die mees opgewonde, verleë - meer verleë -

die mees verleë

Page 50: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 50/167

Afrikaans Verwysingsgids

50

3.3 Trappe van vergelyking wat jy moet ken

Die stellende trap Die vergrotende trap Die oortreffende trap

baie meer die meeste

bietjie minder die minsteselde minder die minste

jonk jonger die jonkste

skor skorder die skorste

veraf verder af die verste af

goed beter die beste

kwaad kwater die kwaadste

tragies tragieser die tragiesste

4intensiewe vorme

4.1 Wat is die intensiewe vorm?

As ‘n mens wil sê iets is bv. baie, baie erg, kwaai, lank of kort, gebruik jy ‘n

intensiewe vorme. Leer die intensiewe vorme soos jy dit teëkom, want as jy

dit in jou skryfwerk gebruik, is die skryfwerk interessanter: “vreeslik baie

skoon” is silwerskoon.

‘n Adjektief kan meer as een intensiewe vorm hê en dikwels sal die gebruik

van ‘n intensiewe vorm afhang van die betekenis van die sin waarin jy dit wilgebruik. Die intensiewe vorm van skoon is beeldskoon en silwerskoon, maar

die korrekte gebruik van die intensiewe vorm hang van die sin af: Die meisie

met die pragtige lang hare is beeldskoon. Die tafelblad wat ek nou net gewas

het, is silwerskoon.

4.2 Intensiewe vorme wat jy moet leer ken

flou stokflou dik knuppeldik gerus houtgerus

jonk bloedjonk kwaad smoorkwaad droog kurkdroog

rooi bloedrooi

alleenstok(siel)alleen

wydwawyd

maer brandmaer warm vuurwarm eerlik doodeerlik

swart pikswart nat papnat fyn haarfyn

vet spekvet skoon silwerskoon klein piepklein

wit spierwit krom hoepelkrom groen grasgroen

gek stapelgek fris perdfris lelik skreeulelik

koud yskoud oud stokoud orent penorent

warm vuurwarm vreemd wildvreemd vet spekvet

helder kristalhelder snel blitssnel mak hondmak

tevrede doodtevrede arm brandarm geel goudgeel

Page 51: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 51/167

Afrikaans Verwysingsgids

51

C Werkwoorde

1.1 Wat doen die werkwoord?

Daar is verskillende soorte werkwoorde wat verskillende funksies het, maardie belangrikste werk van die werkwoord is om handeling te beskryf (iets wat

jy doen) bv. Die seun speel rugby, of om ‘n toestand aan te dui (om te sê hoe

iets is): Die man ontspan in die tuinstoel.

1.2 Watter soorte werkwoorde kry ‘n mens?

Daar is drie soorte werkwoorde:

(a) Hoofwerkwoorde (selfstandige werkwoorde): Die seun speel in die tuin.

(b) Hulpwerkwoorde: Die meisie het die seun geroep.

Jy gaan ook leer hoe die volgende werk:(c) Deelwoorde: Die huilende kind is ontsteld oor die gebreekte koppie.

(d) Die infinitief: Dit help nie om te stry nie.

1hoofwerkwoorde (skeibaar en onskeibaar)

1.1 Wat is ‘n hoofwerkwoord?

‘n Ander naam vir ‘n hoofwerkwoord is ‘n selfstandige werkwoord. Dit beteken dat hierdie soort werkwoorde op sy eie kan staan en betekenis het. Die

woord oefen beteken iets - dis ‘n hoofwerkwoord. Die woord het beteken nie

iets op sy eie nie - dis ‘n hulpwerkwoord.

1.2 Watter soorte hoofwerkwoorde kry ‘n mens?

Hoofwerkwoorde word in verskillende groepe ingedeel, o.a. oorganklik (Sy eet

‘n appel.), onoorganklik (Sy lag hard.), wederkerend (Ek skaam my vir jou.)

en onpersoonlik (Dit reën buite.) Die groepe wat vir julle belangrik is, is egter

die volgende drie:

(a) Skeibare werkwoorde (deeltjiewoorde)

(b) Onskeibare werkwoorde

(c) Koppelwerkwoorde

Page 52: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 52/167

Afrikaans Verwysingsgids

52

1.3 Skeibare en onskeibare hoofwerkwoorde

As die werkwoord meer as een deel het, kan dit ‘n skeibare of ‘n onskeibare

werkwoord wees. Dit beteken dat ‘n mens die woord net so gaan gebruik, of

dat jy hom soms in twee gaan deel. Kyk na die volgende voorbeelde soos dit

elke keer in die teenwoordige tyd, verlede tyd of toekomende tyd gebruikword:

(a) Skeibare werkwoorde (deeltjiewoorde)

Die skeibare werkwoord word in die teenwoordige tyd in twee dele gebreek,

in die verlede tyd verbind met ‘n ge in die middel en in die toekomende tyd

sonder iets in die middel.

• Teenwoordige tyd: Hy trek sy boek oor. Ek wens hom geluk .

• Verlede tyd: Hy het sy boek oorgetrek . Ek het hom gelukgewens.

• Toekomende tyd: Hy sal sy boek oortrek . Ek sal hom gelukwens.

(b) Onskeibare werkwoorde

Die klem val dikwels by onskeibare werkwoorde op die laaste deel van die

werkwoord. Gewoonlik bly onskeibare werkwoorde dieselfde in al drie tye:

• Teenwoordige tyd: Die polisie agtervolg die dief. Die seun omhels sy ma.

• Verlede tyd: Die polisie het die dief agtervolg . Die seun het sy ma omhels.

• Toekomende tyd: Die polisie sal die dief agtervolg . Die seun sal sy ma

omhels.

Party onskeibare werkwoorde kry ‘n ge- in die verlede tyd. Jy moet weetwatter woorde dit is. Hier is ‘n paar: rangskik, weerlig, glimlag, blinddoek,

baljaar, antwoord, hardloop, herberg, herkou, wanhoop, waarborg

• Teenwoordige tyd: Die winkel waarborg die yskas vir ‘n jaar.

• Verlede tyd: Die winkel het die yskas vir ‘n jaar gewaarborg .

• Toekomende tyd: Die winkel sal die yskas vir ‘n jaar waarborg .

1.4 Wat is ‘n koppelwerkwoord?

‘n Koppelwerkwoord “koppel” selfstandige naamwoorde en voornaamwoorde

met ander byvoeglike naamwoorde en ander selfstandige naamwoorde.

Hierdie werkwoord kan nie onafhanklik optree nie.

Die koppelwerkwoorde wat dikwels gebruik word, is: is, lyk, blyk, skyn, heet

voorkom, bly, klink. Sekere koppelwerkwoorde kan ook as selfstandige

werkwoorde gebruik word. Hier is egter voorbeelde waar hulle as

koppelwerkwoorde in sinne gebruik word: Hy is baie moeg. Andri lyk siek.

Hy skyn meer te weet as wat ‘n mens dink. Sy heet Antoinette. Hierdie storie

klink darem nie waar nie. Ek dink ook dat sy onskuldig voorkom. Hy blyk siek

te wees. Hy bly vies vir my.

Page 53: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 53/167

Afrikaans Verwysingsgids

53

1.5 Belangrike wenke oor hoofwerkwoorde

In die verlede tyd kry die hoofwerkwoord gewoonlik ‘n ge-. Woorde wat met

be-, ge-, er-, her-, ver- en ont- begin, kry nie ‘n ge- nie (behalwe vir die

woorde herkou en herberg wat wel ‘n ge- kry).• Sy het begin hardloop.

• Die kinders het hulle penne gebruik om mee te skryf.

• Die moordenaar het erken dat hy die vrou vermoor het.

• Almal het hulle werk voor die toets hersien.

• My sussie het ‘n baba verwag .

• Hulle het onthou om die boeke te bring.

• (Maar: Die koeie het geherkou. Ons het die mense in die tent geherberg .)

2

hulpwerkwoord

2.1 Wat is ‘n hulpwerkwoord?

‘n Ander naam vir ‘n medewerkwoord is ‘n hulpwerkwoord. Hierdie

werkwoord kan nie op sy eie staan nie, maar word saam met ‘n ander

werkwoord gebruik. Die seun sal jou met die werk help. Hulpwerkwoorde

help die selfstandige werkwoord om tyd, wyse of vorm uit te druk.

2.2 Watter soort hulpwerkwoorde is daar?

(a) Hulpwerkwoord van tyd:

Die hulpwerkwoord van tyd help om die verlede en toekomende tyd uit te

druk. Slegs twee hulpwerkwoorde van tyd word onderskei, naamlik het: Hy

het die kos geëet en sal: Hy sal die kos eet.

(b) Hulpwerkwoord van wyse/modale hulpwerkwoord:

Die hulpwerkwoord van wyse druk ‘n moontlikheid, wenslikheid, begeerte of

waarskynlikheid uit. Daar is ‘n hele paar hulpwerkwoorde van wyse naamlik

kan, wil, sal, mag, moet: Sy kan dalk kom. Ek wil ook deel hê aan die pret.

(c) Hulpwerkwoord van vorm:

Die hulpwerkwoord van vorm word gebruik om die passiewe vorm (lydende

vorm) uit te druk. Daar is twee hulpwerkwoorde van vorm, naamlik word en

is: Die boom word vandag gesnoei. Die boom is gister gesnoei.

Page 54: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 54/167

Afrikaans Verwysingsgids

54

2.3 Hoe word hulpwerkwoorde in die drie tydsvorme gebruik?

Hulpww. van

wyse

Verlede tyd Teenwoordige

tyd

Toekomende tyd

wil (“want to”) Ek wou huis toegaan.

Ek wil huis toegaan

Ek sal huis toe wil gaan.

sal (“shall / will”) Hulle sou huis toe

gaan.

---- Hulle sal huis toe

gaan.

moet Hulle moes huis

toe gaan.

Hulle moet huis

toe gaan.

Hulle sal huis toe

moet gaan. (“will

have to”)

mag Hulle mag huis

toe gegaan het .

Hulle mag huis

toe gaan.

Hulle sal huis toe

mag gaan.

kan Hulle kon huis toe

gaan.

Hulle kan huis toe

gaan.

Hulle sal huis toe

kan gaan. (“will

be able to”)

is/word Die boom is deur

die seun gesnoei.

Die boom word

deur die seun

gesnoei.

Die boom sal deur

die seun gesnoei

word.

3deelwoorde

3.1 Wat is ‘n deelwoord?

‘n Deelwoord is deels ‘n werkwoord en deels ‘n selfstandige naamwoord of ‘n

adjektief. In Engels is die teenwoordige deelwoord dikwels ‘n “ing” woord, en

dui aan dat iets nog aan die gang is: Die huilende (“crying”) seun hardloop

na sy ma. Die verlede deelwoord wys ‘n aksie wat reeds voltooi is: Hy huil oor

die gebreekte (“broken”) beker.

3.2 Watter soort deelwoorde is daar?

Daar is twee soorte deelwoorde: teenwoordige (onvoltooide) deelwoorde en

verlede (voltooide) deelwoorde. Verlede deelwoorde word in twee groepe

verdeel: sterk en swak verlede deelwoorde.

(a) Teenwoordige deelwoorde

Die teenwoordige deelwoord dui aan dat iets aan die gang is en word gevorm

deur -de of -end(e) aan die einde van ‘n werkwoord te plaas. ‘n Teenwoordige

deelwoord sê altyd dat iets nog aan die gang is en nog nie voltooi is nie.

Die teenwoordige deelwoord kan gebruik word as ‘n adjektief ( Die huilende

hardloop na sy ma.), of as ‘n selfstandige naamwoord ( Al die treurendes

ontmoet mekaar langs die graf.) of as ‘n bywoord ( Ek hou nie van die meisiewat so spottend lag nie.).

Page 55: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 55/167

Afrikaans Verwysingsgids

55

Kyk hoe word die volgende moeiliker deelwoorde gevorm:

sien Dra jy ‘n bril omdat jy

versiende is?liefhê Ek skryf ‘n brief aan my

liefhebbende tannie.

ly Die kinders was dielydende party in die

egskeiding.

vlei Die man het baie vleiende dinge vir die meisie gesê.

minag Ek hou niks van sy

minagtende woorde

nie.

gee Die man soek na

lewegewende water in die

woestyn.

sê Dit was darem ‘n

veelseggende kyk!kook Wees versigtig vir die

kokende water !

rus Ons het verontrustende

nuus oor die ongeluk

gehoor.

gaan Ons kyk by die venster uit na

die verbygaande verkeer.

bly Sal jy die oorblywende

kos weggooi?doen Daar was afdoende bewyse

dat hy skuldig was.

spoeg Ons staan ver weg van

die vuurspuwende

berg.

sag Die man was skuldig; daar

was geen versagtende

omstandighede nie.

bars Die soldate hardloop

weg van die barstende

bomme.

bly Die meisie was bekommerd,

maar nou het sy verblydende

nuus ontvang.

(b) Verlede deelwoorde

Hierdie deelwoorde kan in twee groepe verdeel word, naamlik: (i) swak

verlede deelwoorde en (ii) sterk verlede deelwoorde.

(i) Swak verlede deelwoordWord gevorm deur ge- vooraan (soms in die middel van) die woord te voeg, of

‘n -de of -te agteraan die woord te voeg: Die meisie lag oor die gebreekte

glas. (Vir die gebruik van die -ge: verwys na die afdeling oor Skeibare en

onskeibare werkwoorde.)

Die swak verlede deelwoord word gevorm met ‘n ge- en ‘n -te:

Wanneer die werkwoordstam eindig op -k, en -p: yk - geykte taal, krap - gekrapte meubelstuk

Die swak verlede deelwoord word gevorm met ‘n ge en ‘n -de:

• Werkwoorde wat op -l, -m, -n, -ng en -r en op ‘n vokaal of diftong eindig, kry

‘n -de: vertel - vertelde verhaal, roer - geroerde mengsel, wy - gewyde

atmosfeer

• Wanneer die werkwoordstam op -b of -d eindig, voorafgegaan word deur ‘n

kort vokaal (nie i of u nie), kry dit ‘n -de: rib - geribde

Die swak verlede deelwoord word gevorm deur ‘n ge- en ‘n -te of ‘n -de:

Page 56: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 56/167

Afrikaans Verwysingsgids

56

• Wanneer die werkwoordstam eindig op -f, -g of -s, kry die deelwoord ‘n -te of

‘n -de: inlê - ingelegde/ingelegte, ys - veryste/verysde, styf - gestyfde/gestyfte,

inlig: ingeligte/ingeligde

Die swak verlede deelwoord word gevorm deur ‘n be- of ge- en slegs ‘n -e:

Wanneer die werkwoordstam op -d eindig, voorafgegaan deur die vokaal i ofu of enige lang vokaal: bloed - bebloede, opvoed - opgevoede

(ii) Die sterk verlede deelwoord

Die sterk verlede deelwoord word gevorm deur die verandering van die

klinker van die stamwoord: bederf - Die bedorwe kinders kry raas. Die sterk

verlede deelwoord word dikwels figuurlik gebruik (bederf - die bedorwe

kinders), terwyl die swak verlede deelwoord dikwels letterlik gebruik word

(bederf - die bederfde vrugte).

Jy moet die sterk verlede deelwoord leer ken soos jy dit teëkom. Hier is ‘n paar voorbeelde van sterk verlede deelwoorde:

voorskryf die voorgeskrewe

boekery die berede polisieman

bederf die bedorwe kind help die man is geholpe

buig met geboë hoofde sluit ‘n geslote boek

gee ‘n gegewe perd in die

bek kykneem die aangenome seun

span met gespanne aandag besluit ‘n vasbeslote vrou

wys op die aangewese plek

skrik ‘n onverskrokke soldaat

doen dis gedane sake aflê ‘n afgeleë huisie

skend hy was ongeskonde vries bevrore groente

verbied ‘n verbode

verhoudingopwen die opgewonde kind

breek ‘n gebroke hart skryf geskrewe toets

spreek die gesproke taal swel ‘n geswolle hoof

Page 57: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 57/167

Page 58: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 58/167

Afrikaans Verwysingsgids

58

Daar is sewe soorte bywoorde: bywoord van tyd, plek, wyse, graad, oorsaak,

doel, modaliteit. Julle hoef tans slegs vier soorte bywoorde te ken en reg

gebruik.

1bywoord van tyd

1.1 Wat is die bywoord van tyd?

Die bywoord van tyd sê vir ‘n mens wanneer iets gebeur. Indien daar meer as

een so ‘n bywoord is, skryf ‘n mens eers die kortste tyd (meer spesifieke tyd)

en dan die langer tyd (meer algemene tyd): Ek sal jou om vieruur vanmiddag

ontmoet. Bywoorde van tyd wat dikwels gebruik word, sluit in: vandag, gister,

môre, vanaand, saans, snags, destyds, nou, later

2bywoord van plek

2.1 Wat is die bywoord van plek?

Die bywoord van plek sê waar iets gebeur waarheen iets of iemand op pad is.

Indien daar meer as een so ‘n bywoord (of frase) is, skryf ‘n mens eers die

naaste of vertrekpunt, en dan die verste plek of aankomspunt: Ek ry van

Johannesburg Durban toe. Die meisie bly langsaan die apteek in Seepunt in

Kaapstad. Bywoorde van plek wat dikwels gebruik word, sluit in: elders, tuis,orals, nêrens, buitentoe, waarvandaan, weg

3bywoord van wyse

3.1 Wat is die bywoord van wyse?

Die bywoord van wyse sê hoe iets gedoen word of gebeur. Indien daar meer as

een bywoord van wyse is, maak die volgorde nie saak nie en jy kan jou deur

jou taalgevoel laat lei. Die oom reis rustig per bus Kaap toe. Bywoorde van

wyse wat dikwels gebruik word, sluit in: vinnig, stadig, ernstig, vrolik,

onverwags, geleidelik, praat-praat

4bywoord van graad

4.1 Wat is die bywoord van graad?

Page 59: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 59/167

Afrikaans Verwysingsgids

59

Die bywoord van graad sê tot watter mate iets gebeur of gedoen word. Die

werk is taamlik goed gedoen. Algemene bywoorde van graad sluit die

volgende in: weinig, byna, taamlik, uiters, ontsettend, amper, genoeg, baie

E Voornaamwoorde

Wat is ‘n voornaamwoord?

Voornaamwoorde word in die plek van selfstandige naamwoorde gebruik. Dit

is minder spesifiek as ‘n selfstandige naamwoord, maar dis dikwels nodig om

voornaamwoorde te gebruik om die skryfstyl vlot te laat verloop. Dit is tog

beter om te sê: Sanet sal hom vra dat hy sy boek moet bring eerder as: Sanet

sal Pieter vra dat Pieter Pieter se boek moet bring.

Watter soort voornaamwoorde is daar?

Daar is nege soorte voornaamwoorde:

(a) Persoonlike voornaamwoorde: Sy wil hom iets vra.

(b) Besitlike voornaamwoorde: Karel bring sy boek klas toe.

(c) Betreklike voornaamwoorde: Die man wat daar sit, is my broer.

(d) Onbepaalde voornaamwoorde: Iemand het dit gedoen.

(e) Onpersoonlike voornaamwoorde: Dit reën heeltemal te min.

(f) Aanwysende voornaamwoorde: Hierdie dorp is redelik klein.

(g) Vraende voornaamwoorde: Watter fliek is die interessantste?

(h) Wederkerende voornaamwoorde: Ek het my bloediglik vir hom vererg.

(i) Wederkerige voornaamwoorde: Ons help mekaar met die werk.

1persoonlike voornaamwoorde

1.1 Wat is ‘n persoonlike voornaamwoord?

‘n Persoonlike voornaamwoord word gebruik in die plek van ‘n selfstandige

naamwoord (mense, diere, dinge). Die persoonlike voornaamwoord kan

gebruik word as die onderwerp van ‘n sin ( Sy het die boek gebring.) of as die

voorwerp van die sin (Sanet sal hom roep.).

1.2 Persoonlike voornaamwoorde in Afrikaans

Jy moet seker wees dat jy die persoonlike voornaamwoorde as onderwerp of

as voorwerp kan gebruik. Wees versigtig vir die manlike vorm!

Page 60: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 60/167

Afrikaans Verwysingsgids

60

(a) Persoonlike voornaamwoorde as die onderwerp van ‘n sin:

Enkelvoud Meervoudek “I” ons “we”

jy “you” julle “you (plural)”

hy “he” hulle “they”sy “she” hulle “they”

dit “it” hulle “they”

u “you (formal)” u “you (formal)”

(b) Persoonlike voornaamwoorde as die voorwerp van ‘n sin:

Enkelvoud Meervoudmy “me” ons “us”

jou “you” julle “you (plural)”

hom “him” hulle “them”

haar “her” hulle “them”dit “it” hulle “them”

u “you (formal)” u “you (formal)”

2besitlike voornaamwoorde

2.1 Wat is ‘n besitlike voornaamwoord?

‘n Besitlike voornaamwoord dui besitting aan. Die vraag “wie se?” of“watter?” kan gevra word om te toets of dit ‘n besitlike voornaamwoord is.

2.2 Besitlike voornaamwoorde in Afrikaans

Jy moet seker wees dat jy die besitlike voornaamwoorde korrek kan gebruik.

Wees versigtig vir die manlike vorm!

(a) Besitlike voornaamwoorde saam met ‘n selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoud

my “my” ons “our” jou “your” julle / jul “your (plural)”

sy “his” hulle / hul “their”

haar “her” hulle / hul “their”

sy “its” hulle / hul “their”

u “your (formal)” u “your (formal)”

(b) Besitlike voornaamwoorde sonder ‘n selfstandige naamwoord

Enkelvoud Meervoudmyne “mine” ons s’n “ours”

joune / joue

“yours” julle s’n “yours (plural)”

Page 61: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 61/167

Afrikaans Verwysingsgids

61

syne “his” hulle s’n “theirs”

hare “hers” hulle s’n “theirs”

syne “its” hulle s’n “theirs”

u s’n “yours (formal)” u s’n “yours (formal)”

3betreklike voornaamwoorde

3.1 Wat is die betreklike voornaamwoord?

Die betreklike voornaamwoord verwys na ‘n selfstandige naamwoord of

voornaamwoord in ‘n sin en dit tree dikwels as ‘n voegwoord op: Dit is die

meisie van wie ek gepraat het. Daardie stoel waarvan die poot af is, is baie

duur.

3.2 Hoe word betreklike voornaamwoorde gebruik?

(a) Betreklike voornaamwoorde kan met of sonder voorsetsels gebruik word

(i) Betreklike voornaamwoorde sonder ‘n voorsetsel

Wanneer ‘n betreklike voornaamwoord sonder ‘n voorsetsel vir mense, diere

of dinge gebruik word, word die woord wat gebruik (nie wie nie).

• Die man draf daar. Die man is ‘n atleet. → Die man wat daar draf, is ‘n

atleet.

Die kat is buite. Die kat is ‘n wyfie.→ Die kat wat buite is, is ‘n wyfie.• Die artikel is interessant. Ek lees die artikel. → Die artikel wat ek lees, is

interessant.

(ii) Betreklike voornaamwoorde met ‘n voorsetsel

‘n Betreklike voornaamwoord kan ook met ‘n voorsetsel gebruik word.

As die betreklike voornaamwoord vir mense gebruik word, is die vorm:

voorsetsel + wie:

• Dit is die seun. Ek praat van die seun.→ Dit is die seun van wie ek praat.

Daar loop die meisie. Ek het met die meisie gepraat. → Daar loop die meisiemet wie ek gepraat het.

• Kaila is die meisie. Ek het die persent vir Kaila gegee. → Kaila is die meisie

vir wie ek die present gegee het.

As die betreklike voornaamwoord vir diere of dinge gebruik word, is die

vorm: waar + voorsetsel (een woord; vorm verander soms):

• Die storm het die dorp getref. Hy het ons vertel van die storm. → Die storm

waarvan hy ons vertel het, het die dorp getref.

• Die hoek is skerp. Ons sit die wurm aan die hoek. → Die hoek waaraan ons

die wurm sit, is skerp.• Dit is die stoel. Hy staan op die stoel.→ Dit is die stoel waarop hy staan.

Page 62: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 62/167

Afrikaans Verwysingsgids

62

• Dit is die muur. Die leer staan teen die muur. → Dit is die muur waarteen die

leer staan.

• Gaan haal die koffie. ‘n Mens gooi melk by die koffie. → Gaan haal die koffie

waarby ‘n mens melk gooi.

• Daar ry die motor. Ek wag vir die motor. → Daar ry die motor waarvoor ek

wag. (NB: let daarop dat waar + vir = waarvoor) • Daardie trein is amper vol. Ek ry met die trein Kleinmond toe. → Daardie

trein waarmee ek Kleinmond toe ry, is amper vol. (NB: let daarop dat waar +

met = waarmee)

(b) Betreklike voornaamwoorde kan gebruik word om besitting aan te dui

(i) Betreklike voornaamwoorde kan besitting by mense aandui

Betreklike voornaamwoorde kan ook besitting aandui. Die Engelse “whose”

word hiervoor gebruik. Wanneer dit vir mense gebruik word, gebruik ‘n mens

altyd wie se:

• Dit is die seun. Sy boek is weg.→ Dit is die seun wie se boek weg is.

• Daar loop die vrou. Die vrou se hare is altyd netjies. → Daar loop die vrou

wie se hare altyd netjies is.

(ii) Betreklike voornaamwoorde kan besitting by diere of dinge aandui

Betreklike voornaamwoorde kan ook besitting by diere of dinge aandui. Die

Engelse “which” word dikwels hiervoor gebruik. Wanneer dit vir diere of

dinge gebruik word, gebruik ‘n mens altyd waarvan die (nie wat se nie!).• Dit is die perd. Die perd se been is beseer. → Dit is die perd waarvan die

been beseer is.

• Daar staan die motor. Sy petrol is op. → Daar staan die motor waarvan die

petrol op is.

3.3 Hoe verander die woordorde as ‘n betreklike voornaamwoord gebruikword?

(a) Jy het seker uit hierdie voorbeelde gesien dat die woordorde verander. As jy

gevra word om twee sinne te verbind deur middel van ‘n betreklike

voornaamwoord, kan jy ‘n paar eenvoudige stappe volg om jou te help.Veronderstel die volgende twee sinne word vir jou gegee: Die seun kry baie

raas. Die seun is baie stout.

(i) Lees die twee sinne en soek na dit wat dieselfde is. Onderstreep dit in albei

sinne: Die seun kry baie raas. Die seun is baie stout.

(ii) Jy gaan nou die deel wat in die tweede sin dieselfde is, vervang met ‘n

betreklike voornaamwoord (wie, wat, wie se of ‘n betreklike voornaamwoord

met ‘n voorsetsel as daar een voor die woorde gebruik is wat jy in die tweede

sin onderstreep het.). Besluit watter vorm jy gaan gebruik (lees weer die reëls

hierbo deur as jy onseker is): Die seun kry baie raas. wat is baie stout.

(iii) Skuif die eerste werkwoord in die tweede sin na die einde van die tweede sin:

Die seun kry baie raas. wat baie stout is.

Page 63: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 63/167

Afrikaans Verwysingsgids

63

(iv) Sit nou die hele tweede sin binne-in die eerste sin direk ná die woorde wat jy

in die eerste sin onderstreep het. Sit ‘n komma om die einde van die eerste sin

aan te dui. Die seun wat baie stout is, kry baie raas.

(b) Kyk hoe werk dieselfde stappe as daar ‘n voorsetsel voor die woord wat jy in

die tweede sin wil vervang, staan. Die twee sinne wat verbind moet word, is: Hier is die besem. Ek vee die kombuis met die besem uit.

(i) Hier is die besem. Ek vee die kombuis met die besem uit.

(ii) Hier is die besem. Ek vee die kombuis waarmee (onthou: met + wat =

waarmee) uit.

(iii) Hier is die besem. Ek die kombuis waarmee uitvee.

(iv) Hier is die besem waarmee ek die kombuis uitvee.

4vraende voornaamwoorde

4.1 Wat is ‘n vraende voornaamwoord?

‘n Vraende voornaamwoord word gebruik om ‘n vraag mee te begin. ‘n

Vraende voornaamwoord werk baie dieselfde as die betreklike

voornaamwoord.

4.2 Hoe word ‘n vraende voornaamwoord gevorm?

Net soos by die betreklike voornaamwoord, vervang die vraende

voornaamwoord sekere woorde in ‘n sin. Onthou ook dat ‘n vraagteken altydaan die einde van die sin gebruik moet word en dat die woordorde dikwels

verander.

(a) Vraende voornaamwoorde kan met of sonder voorsetsels gebruik word

(i) Vraende voornaamwoorde sonder ‘n voorsetsel

• Wanneer ‘n vraende voornaamwoord sonder ‘n voorsetsel vir mense gebruik

word, word die woord wie gebruik: Daar loop Susan.→ Wie loop daar?• Wanneer ‘n vraende voornaamwoord vir ‘n dier of ‘n ding gebruik word, word

die woord wat gebruik: Ek eet my toebroodjie.→ Wat eet ek?

(ii) Vraende voornaamwoorde met ‘n voorsetsel

‘n Vraende voornaamwoord kan ook met ‘n voorsetsel gebruik word.

As die vraende voornaamwoord vir mense gebruik word, is die vorm:

voorsetsel + wie:

• Ek gee die pakkie vir Susan.→ Vir wie gee ek die pakkie?

Page 64: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 64/167

Afrikaans Verwysingsgids

64

As die vraende voornaamwoord vir diere of dinge gebruik word, is die vorm:

waar + voorsetsel (een woord; vorm verander soms):

• Hy vertel ons van die storm.→ Waarvan vertel hy ons?

• Ons sit die wurm aan die hoek. → Waaraan sit ons die wurm?

• Hy staan op die stoel.→ Waarop staan hy?

Die leer staan teen die muur.→ Waarteen staan die leer?• ‘n Mens gooi melk by koffie. → Waarby gooi ‘n mens melk?

• Ek ry met die trein Kleinmond toe. → Waarmee ry ek Kleinmond toe? (NB:

let daarop dat waar + met = waarmee)

• Ek wag vir die motor.→ Waarvoor wag ek? (NB: let daarop dat waar + vir =waarvoor)

(b) Wanneer gebruik ‘n mens wie se en watter ?

(i) Die gebruik van wie se:

Vraende voornaamwoorde kan besitting aandui. Die Engelse “whose” word

hiervoor gebruik. Wanneer dit vir mense gebruik word, gebruik ‘n mens altyd

wie se:

• Sy boek is weg. → Wie se boek is weg?

• Die vrou se hare is altyd netjies.→ Wie se hare is altyd netjies?

(ii) Die gebruik van watter:

Die woord watter word dikwels in die plek van die Engelse “which” gebruik.

Dit vervang gewoonlik ‘n hele sinsdeel of frase wat ‘n mens, dier of ding in ‘nsin beskryf. Dit vervang ook aanwysende voornaamwoorde (hierdie, daardie

ens.) Daar is nie ‘n woord soos watse nie!

• Dit is die perd waarvan die been beseer is.→ Watter perd is dit?

• Daar loop die meisie wat die eerste prys gewen het. → Watter meisie loop

daar?

• Daardie seun het die pakkie gebring.→ Watter seun het die pakkie gebring?

5onbepaalde voornaamwoorde

5.1 Wat is ‘n onbepaalde voornaamwoord?

‘n Onbepaalde voornaamwoord verwys nie na ‘n spesifieke mens, dier of ding

nie, maar na iets in die algemeen: Niks is verkeerd nie.

5.2 Voorbeelde van onbepaalde voornaamwoorde

Die volgende onbepaalde voornaamwoorde word redelik algemeen gebruik: ‘n

mens, iets, iemand, êrens, elkeen, almal, sommige. Hulle negatiewe vorme

word ook gebruik: niks, niemand, nêrens, geen, ens.

Page 65: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 65/167

Afrikaans Verwysingsgids

65

6onpersoonlike voornaamwoord

6.1 Wat is ‘n onpersoonlike voornaamwoord?

‘n Onpersoonlike voornaamwoord word dikwels gebruik vir natuurverskynsels

of algemene stellings.

6.2 Voorbeelde van onpersoonlike voornaamwoorde:

Daar is net twee onpersoonlike voornaamwoorde: dit en daar . Kyk hoe word

dit gebruik (let op hoe dit verskil van die Engelse gebruik):

• Dit reën.

Daar word gesê dat meisies slimmer as seuns is.• Daar was eendag ‘n meisie met ‘n lang neus.

7aanwysende voornaamwoorde

7.1 Wat is ‘n aanwysende voornaamwoord?

‘n Aanwysende voornaamwoord “wys na” ‘n spesifieke persoon, dier of ding.

Daardie meisie het baie aandag nodig. 7.2 Voorbeelde van aanwysende voornaamwoorde:

Aanwysende voornaamwoorde wat dikwels gebruik word, sluit in: hierdie,

daardie, dit, dié, sulke

8wederkerende voornaamwoorde

8.1 Wat is ‘n wederkerende voornaamwoord?

‘n Wederkerende voornaamwoord word gebruik wanneer die onderwerp en

die voorwerp van ‘n sin dieselfde mens of dier is: Hy bekommer hom baie oor

die uitslae.

8.2 Voorbeelde van wederkerende voornaamwoorde:

Wederkerende voornaamwoorde word dikwels saam met spesifieke

werkwoorde gebruik: Ek skaam my vir sy gedrag. Sy misgis haar met sy

uitslae. Wees versigtig dat jy nie die Engelse manier van skryf gebruik nie. Dit

is verkeerd om te sê: Ek skaam myself.

Page 66: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 66/167

Afrikaans Verwysingsgids

66

9wederkerige voornaamwoorde

9.1 Wat is ‘n wederkerige voornaamwoord?

‘n Wederkerige voornaamwoord word gebruik wanneer die handeling

wederkerig is: Hulle help mekaar met die werk.

9.2 Voorbeelde van wederkerige voornaamwoorde:

Die woord mekaar ( Die seuns het mekaar oor die werk uitgevra.) word die

meeste gebruik, maar soms word ander groepe voornaamwoorde ook gebruik:

Hulle het die een die ander gehelp.

Page 67: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 67/167

Afrikaans Verwysingsgids

67

F Voegwoorde

Wat is ‘n voegwoord?

‘n Voegwoord voeg twee sinne aanmekaar. Die voegwoord verbind dus sinne.

Ons gebruik dit baie om ons skryfstyl interessanter te maak of om ‘n oorsaak

en gevolg aan te dui.

Watter soorte voegwoorde kry ‘n mens?

As ‘n mens kyk na die manier hoe voegwoorde die woordorde van sinne

verander, kan drie groepe voegwoorde onderskei word. Die werklike naam vir

elke groep word telkens in hakies gegee, maar ook ‘n “opmaaknaam” wat dit

makliker sal maak om te onthou wat gebeur met die woordorde van sinne watdeur hierdie voegwoorde verbind word.

(a) “Stilstaan-voegwoorde” (neweskikkende voegwoorde)

(b) “Vorentoe-voegwoorde” (voegwoordelike bywoorde)

(c) “Agtertoe-voegwoorde” (onderskikkende voegwoorde)

Belangrike wenke in verband met voegwoorde:

1“stilstaan-voegwoorde” (neweskikkende voegwoorde)

1.1 Wat is ‘n “stilstaan-voegwoord” (neweskikkende voegwoord)?

“Stilstaan-voegwoorde” word gebruik om twee of meer hoofsinne te verbind.

Die woordorde in die tweede sin bly dieselfde. Die seun eet pap. Sy suster hou

van beskuit.→ Die seun eet pap , maar sy suster hou van beskuit.

1.2 Wat moet ek onthou t.o.v. “stilstaan-voegwoorde”?

• Die woordorde in die tweede sin verander glad nie.

Drie voegwoorde in hierdie groep kry ‘n komma voor die voegwoord:

,maar ,dog ,want

• Twee voegwoorde in hierdie groep kry ‘n kommapunt voor die voegwoord:

;trouens ;inteendeel

1.3 Voegwoorde in hierdie groep:

en maar dog want of (“or”) óf ... óf nóg ... nóg sowel ...

as trouens inteendeel

Page 68: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 68/167

Afrikaans Verwysingsgids

68

2“vorentoe-voegwoorde” (voegwoordelike bywoorde)

2.1 Wat is ‘n “vorentoe-voegwoord” (voegwoordelike bywoord)?

Hierdie woorde kan as voegwoorde ( Ek was siek; nogtans het ek goed

gevaar.) of as bywoorde ( Ek was siek, maar ek het nogtans goed gevaar.)

gebruik word. Ons bespreek hier bywoorde wat as voegwoorde gebruik word

(“vorentoe-voegwoorde”). “Vorentoe-voegwoorde” word gebruik om twee

hoofsinne te verbind en die voegwoord word dadelik gevolg deur die

werkwoord of hulpwerkwoord: Ek het met hom geraas. Hy wou my nie help

nie.→ Ek het met hom geraas; daarom wou hy my nie help nie.

2.2 Wat moet ek onthou t.o.v. “stilstaan-voegwoorde”?

• Drie voegwoorde in hierdie groep kry ‘n komma direk voor die voegwoord: ,al ,dan ,toe (‘then” in die verlede tyd)

• Alle ander voegwoorde in hierdie groep kry ‘n kommapunt direk voor die

voegwoord.

• Hierdie voegwoorde word direk gevolg deur ‘n werkwoord ofhulpwerkwoord. Die werkwoord of hulpwerkwoord in die tweede sin beweeg

dus vorentoe in die tweede sin sodat dit direk na die voegwoord staan.

2.3 Voegwoorde in hierdie groep:

;dus ;verder ;bowendien ;daarom ;derhalwe ;tog ;anders

;daarna ;gevolglik ;nogtans ;nietemin ,dan ,al ,toe (“then”)

3“agtertoe-voegwoorde” (onderskikkende voegwoorde)

3.1 Wat is ‘n “agtertoe-voegwoord” (onderskikkende voegwoorde)?

Die “agtertoe-voegwoord” word gebruik om bysinne en hoofsinne te verbind.Die werkwoord in die tweede sin beweeg na die einde van die sin. Jy praat

met hom. Jy sien hom weer. → Jy praat met hom sodra jy hom weer sien.

3.2 Wat moet ek onthou t.o.v. “agtertoe-voegwoorde”?

• Die woordorde verander: die eerste werkwoord of hulpwerkwoord in die

tweede sin beweeg na die einde van die tweede sin.

• Alle betreklike voornaamwoorde wat gebruik word om twee sinne te verbind,

val in hierdie groep.

Geen leestekens word voor hierdie voegwoorde gebruik nie.

Page 69: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 69/167

Afrikaans Verwysingsgids

69

• ‘n Sin kan begin met ‘n “agtertoe-voegwoord”. Let op na die komma in die

middel van die sin, die verandering in woordorde in albei sinne en maak seker

dat jy nie die tweede sin weglaat nie. Aangesien ek die brief gelees het, besef

ek wat die waarheid is.

• Moenie dubbele voegwoorde gebruik as jy nie die woordorde gaan bemeester

nie. Die volgende sin is verkeerd: Hy sê dat, as hy nie slaag nie, sal hy weer probeer. Die volgende sin is korrek : Hy sê dat, as hy nie slaag nie, hy weer

sal probeer. Die volgende sin beteken dieselfde, maar die sinskonstruksie is

baie makliker: Hy sê dat hy weer sal probeer as hy nie slaag nie.

3.3 Voegwoorde in hierdie groep:

dat totdat sodat nadat omdat deurdat hoekom waarom

voordat aangesien as of (“if”) indien sodra onderwyl asof

daar (“because”) hoewel alhoewel ofskoon nieteenstaande mits

(“provided that”) tensy (“unless”) wat wanneer terwyl sedert toe

+ alle betreklike voornaamwoorde wat as voegwoorde gebruik word

G Lidwoorde

Wat is ‘n lidwoord?

‘n Lidwoord word gewoonlik saam met die selfstandige naamwoord gebruik.

Daar is net twee lidwoorde, die en ‘n, en die keuse van die werkwoord

verander die betekenis van die sin. Dit is seker ‘n seun wat die kas gebreek

het. Dit is seker die seun wat die kas gebreek het.

Watter soorte lidwoorde is daar?

Daar is twee lidwoorde in Afrikaans: die bepaalde lidwoord die en die

onbepaalde lidwoorde ‘n. Afrikaans kom oorspronklik van Nederlands af, en

daar is heelwat ou vorme van die lidwoord wat nog in idiomatiese

uitdrukkings behoue gebly het. Die lidwoord sal vir jou min probleme gee,

maar Engelssprekendes vergeet dikwels om die lidwoord te gebruik. Die

volgende is almal reg met die lidwoord in die uitdrukking: in die toekoms, die

meeste kinders, in die openbaar, in die winter, in die moeilikheid, by die skool,

in die besonder, in die praktyk

Idiomatiese uitdrukkings met lidwoorde

Jy moet die volgende idiomatiese uitdrukkings leer ken. As jy nie seker is van

die betekenis nie, soek die woorde in jou woordeboek op.

in dier voege ten bate van wel ter tale

wat de ongeluk wat de joos aan ‘t praat

met dien verstande der dagen sat die sweet des aanskyns

Page 70: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 70/167

Afrikaans Verwysingsgids

70

H Voorsetsel

Wat is ‘n voorsetsel?

‘n Voorsetsel is ‘n verhoudingswoord. Dit beteken dat dit die verhouding

tussen verskillende dinge wys. As ‘n mens byvoorbeeld sê dat die kat op die

mat sit, dan sê die woord op wat die verhouding tussen die kat en die mat is

(met ander woorde, dit sê waar die kat is en waar die mat is).

Voorsetsels staan voor naamwoorde (oor die veld, op die stoof ) of voor

bywoorde (tot nou, het sy al ses bladsye vol geskryf ).

Party voorsetsels is altyd aan ander woorde of uitdrukkings verbind: getroud

met , verloof aan, verlief op , op aandag staan, onder arres

Soms word ‘n voorsetsel of lidwoord herhaal of weggelaat om die betekenis

van ‘n sin te verander. Kyk na die verskil tussen die volgende sinne: Hy

hardloop in die huis > Hy hardloop in die huis in , Ek gaan na die skool >

Ek wag vir jou na skool.

Daar is nie spesifieke reëls wat jou gaan help om voorsetsels onder die knie te

kry nie; daarom is dit baie belangrik dat ‘n Engelssprekende leerder baie

Afrikaans moet lees en luister, want dis al manier om voorsetsels te leer ken.

Vaste verbindings

Sekere voorsetsels word altyd op dieselfde manier gebruik. Hier is ‘n paar

verbindings wat jy moet leer ken. As jy onseker is oor die betekenis, soek die

voorsetsel, die werkwoord of die naamwoord in jou woordeboek op.

agter die waarheid kom tot oormaat van ramp verlief op

stap vir stap getroud met in kennis stel

verskil met iemand by iemand aan huis kom ly aan ‘n siekte

verloof aan per ongeluk/abuis na skool

stry oor op ‘n haar na sorg vir

in hegtenis neem loop by die deur uit teen daardie tyd

te voet/ perd kwaad vir iemand op skool wees

per bus/motor/vliegtuig bestaan uit van ganser harte

trots op aan die brand slaan smeek om genade

uitsien na iets teen my sin bestaan uit

mal oor iets studeer aan ‘n

universiteit

luister na

tot die tande gewapen skuldig aan op grond van

op soek na iets tot my spyt geheg aan iemand

soek na iets verlang na iemand kop aan kop

aan iemand te wyte ten minste behep wees met

ten spyte van hand aan hand kla oormet opset moeg vir aan iemand te danke

Page 71: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 71/167

Afrikaans Verwysingsgids

71

van môre af belangstel in kwart oor tien

glo aan geeste bang vir teen my sin

op verre na inteken op ‘n tydskrif met vakansie wees

iets van die hand sit trek my klere uit deelneem aan

‘n swak vir iets hê oor ‘n maand/dag/week versot op iets

op die been wees vra om hulp praat oor ontbloot van alle

waarheid

op die ou end smaak na

kwart voor nege in ‘n stadium bid tot God

bly by iemand van heinde en ver(re) aan die kant maak

I Telwoorde

Wat is ‘n telwoord?

‘n Telwoord sê vir ‘n mens hoeveel van iets daar is, of die hoeveelste iets is.

Ek sê vir die een meisie dat sy eerste gekom het.

Watter soort telwoorde kry ‘n mens?

Daar is twee groepe telwoorde: (a) hooftelwoorde en (b) rangtelwoorde. Elke

groep word onderverdeel in bepaalde en onbepaalde telwoorde.

Dinge om te onthou by telwoorde

Telwoorde wat met ‘n en verbind word, kan met of sonder koppeltekensgeskryf word: een-en-twintig of een en twintig, vyf-en-dertigste of vyf en

dertigste

• As eenhede soos meter, kilometer en uur direk ná ‘n hooftelwoord gebruik

word, word die enkelvoud gebruik: Ek staan drie uur voor die swembad en

wag vir my pa wat veertig kilometer per uur deur die stad ry. Ter wille van

beklemtoning kan dit in die meervoud gebruik word: Ek het honderde

kilometers ver gery nadat ek etlike ure moes wag.

• Eenhede soos minute en sekondes word egter altyd in die meervoud gebruik:

Dit het vyftien minute en vier en twintig sekondes geduur.

1hooftelwoorde

1.1 Wat is ‘n hooftelwoord?

‘n Hooftelwoord sê hoeveel daar van ‘n mens, dier of ding is.

1.2 Watter groepe hooftelwoorde is daar?

Page 72: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 72/167

Afrikaans Verwysingsgids

72

Daar is twee groepe hooftelwoorde: (a) bepaalde hooftelwoorde en (b)

onbepaalde hooftelwoorde.

(a) Bepaalde hooftelwoorde

‘n Bepaalde hooftelwoord word gebruik om ‘n bepaalde getal aan te dui: Daar

is een seun wat tagtig meter ver hardloop.

(b) Onbepaalde hooftelwoorde

Onbepaalde hooftelwoorde is algemene maat- of omvangswoorde: talle,

weinig, min, verskeie, heelwat, sommige, volop, party, veel, baie

2

rangtelwoorde

2.1 Wat is ‘n rangtelwoord?

‘n Rangtelwoord word gebruik om rang aan te dui (hoeveelste?).

2.2 Watter groepe rangtelwoorde is daar?

Daar is twee groepe rangtelwoorde: (a) bepaalde rangtelwoorde en (b)

onbepaalde rangtelwoorde.

(a) Bepaalde rangtelwoorde

Bepaalde rangtelwoorde dui ‘n spesifieke, bepaalbare rangorde aan: sesde,

veertigste, duisendste

(b) Onbepaalde rangtelwoorde

Onbepaalde rangtelwoorde dui volgorde aan, maar nie ‘n spesifieke volgorde

nie: hoeveelste, middelste, laaste, soveelste

Deel 4

Sinne

A Enkelvoudige sinne

1dele van die enkelvoudige sin: onderwerp, gesegde, voorwerp

1.1 Wat is ‘n enkelvoudige sin?

Page 73: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 73/167

Afrikaans Verwysingsgids

73

‘n Enkelvoudige sin het net een gesegde (werkwoordgroep): Sipho besoek die

dieretuin.

1.2 Uit watter dele bestaan ‘n enkelvoudige sin?

‘n Enkelvoudige sin bestaan uit die volgende dele: (a) onderwerp, (b) gesegde,

(c) voorwerp en dalk (d) een of meer bepalings.

(a) Die onderwerp

Die onderwerp vertel vir ons wie of wat iets doen.

Die onderwerp van ‘n sin is meestal ‘n selfstandige naamwoord of

voornaamwoord: Die meisie eet sjokoladekoek. Sy eet sjokoladekoek.

Die onderwerp staan dikwels, maar nie altyd nie, aan die begin van die sin. Die meisie eet sjokoladekoek. Eet die meisie sjokoladekoek?

Die onderwerp van die sin kan meer as een woord wees. My broer se vriendin

het by ons kom kuier.

Om die onderwerp van ‘n sin op te spoor, kan ‘n mens die volgende vraag vra:

Wie of wat + gesegde? Die seun het die boek gesteel. Vraag: Wie of wat het

gesteel? Antwoord: Die seun (= die onderwerp)

(b) Die gesegde

Die gesegde sê vir ons wat gebeur/gedoen word.

Die gesegde is die werkwoord of werkwoordgroep in die sin. Die meisie eet

sjokoladekoek. Het die meisie sjokoladekoek geëet?

Om die gesegde van ‘n sin op te spoor, kan ‘n mens gewoonlik die volgende

vraag vra: Wat doen die onderwerp? Die seun het die boek gesteel. Vraag:

Wat doen die seun? Antwoord: het gesteel (= die gesegde)

(c) Die voorwerp

Die voorwerp is ook gewoonlik ‘n selfstandige naamwoord of ‘n

voornaamwoord. Die man vang vis. Ek gee die brief aan die meisie.

Om die voorwerp te kry, kan ‘n mens een van die volgende twee vrae vra:

• Onderwerp + gesegde + wie/wat (dit gee die direkte voorwerp) Die

vriendelike vrou gee ‘n glas water aan die seun. Vraag: Die vriendelike vrou

gee wie / wat? Antwoord: ‘n glas water (= die direkte voorwerp).

• Onderwerp + gesegde + direkte voorwerp + aan/vir wie/wat? Vraag: Die

vriendelike vrou gee ‘n glas water aan of vier wie of wat? Antwoord: aan die

seun (= die indirekte voorwerp).

Page 74: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 74/167

Afrikaans Verwysingsgids

74

(d) Bepalings

‘n Bepaling is ‘n groep woorde wat vir ‘n mens meer vertel van die onderwerp

of voorwerp (byvoeglike bepalings) of die gesegde (bywoordelike bepalings).

Byvoeglike bepaling: Die man in die straat roep die meisie met die langhare.

• Bywoordelike bepaling: Hulle het kort voor sononder opgedaag.

2woordorde in stelsinne

2.1 Wat is “normale” woordorde?

Daar is nie iets soos “normale” woordorde nie. Die manier waarop sinne se

woordorde verander is, vertel vir ‘n mens watter dele vir die spreker of

skrywer die belangrikste is. Die beklemtoonde dele in die volgende sinne is

vetgedruk:

• Die kwaai vrou roep haar dogter saans met angs in haar stem.

• Roep die kwaai vrou saans haar dogter met angs in haar stem?

• Saans roep die kwaai vrou haar dogter met angs in haar stem.

• Met angs in haar stem roep die kwaai vrou saans haar dogter.

Daar is egter iets soos die verkeerde woordorde in ‘n sin! As jy

Afrikaanssprekend is, sal jy weet dat die woordorde van die volgende sin

verkeerd is. As jy nie Afrikaanssprekend is nie, maar wel gereeld Afrikaanslees en daarna luister, sal jy ook “hoor” dat iets hier fout is! Die ou tannie het

gery na aandete om klere te koop per motor stad toe. Die “normale”

woordorde moet wees: Die ou tannie het na aandete per motor stad toe gery

om klere te koop.

As jy nie Afrikaanssprekend is nie, is dit baie belangrik dat jy baie Afrikaans

moet hoor en lees. Totdat jou “oor ingestel” is, sal die volgende wenke oor

“normale” woordorde in ‘n stelsin jou dalk help.

• Die sin begin gewoonlik met die onderwerp: dit sê wie iets moet doen.

Dan volg die werkwoord: dit sê wat ‘n mens moet doen. (As daar meer as eenwerkwoord in die sin is, is die hulpwerkwoord gewoonlik eerste.)

• Die volgende is die tyd: dit sê wanneer ‘n mens iets moet doen. (As daar meer

as een tyd is, plaas dit van die kleinste na die grootste, bv. kwart voor vyf op

Saterdag 15 November.)

• Die volgende is wyse: dit sê hoe ‘n mens iets moet doen.

• Die volgende is plek: dit sê waar ‘n mens iets moet doen. (As daar meer as

een plek is, plaas dit van die naaste na die verste, bv. in die spens in my huis in

Langstraat in Pretoria.)

• As daar nog ‘n werkwoord is, kom dit gewoonlik laaste.

Page 75: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 75/167

Afrikaans Verwysingsgids

75

B Sinstipes

1stelsinne

Die stelsin is reeds in die vorige afdeling deeglik behandel. ‘n Voorbeeld van ‘n

stelsin is die volgende: Die seun dra sy boektas.

2vraagsinne

2.1 Wat is ‘n vraagsin?

‘n Vraagsin word gebruik wanneer ‘n mens iets wil uitvind en dus ‘n vraag

stel. ‘n Vraagsin eindig altyd op ‘n vraagteken. Daar is twee soorte vraagsinne:

(a) algemene vraagsinne en (b) spesifieke vraagsinne.

(a) Algemene vraagsin

Dit is maklik om ‘n algemene vraagsin te vorm. Al wat jy hoef te doen, is om

die eerste werkwoord (dikwels die hulpwerkwoord) na die begin van die sin te

skuif en ‘n vraagteken aan die einde van die sin te sit: Ek bring vir jou ‘n

boek. → Bring ek vir jou ‘n boek? As jy gevra word om ‘n stelsin in ‘n

vraagsin te verander, is dit die maklikste manier om dit te doen.

(b) Spesifieke vraagsin

‘n Spesifieke vraagsin is ‘n sin wat begin met ‘n W-woord of ‘n Hoe-woord of

‘n voorsetsel gevolg deur ‘n W-woord. Kyk na die volgende voorbeelde:

Ek lees ‘n boek.→ Wat lees ek? Wie lees ‘n boek?

Die meisie gooi die water met ‘n beker in die koppie in. → Hoe gooi die

meisie die water in die koppie in?

My ma ry stad toe om kruideniersware te gaan koop.→

Hoekom / Waarom rymy ma stad toe?

Die vriendelike vrou gee ‘n present aan die soet meisie. → Aan wie gee die

vriendelike vrou ‘n present?

Die stoel waarop ek sit, is stukkend.→ Watter stoel is stukkend?

Die boek lê op die tafel.→ Waarop lê die boek?

Sy kom om vieruur huis toe. → Wanneer kom sy huis toe?

Jy het reeds by die vraende voornaamwoord geleer hoe om die vraagwoorde

(wie, wie se, watter, waarop, hoekom, hoe ) te hanteer. Baie keer kan ‘n mens

meer as een vraag uit dieselfde stelsin vorm. Onthou om altyd die vraag wat jy

“opgemaak” het, te beantwoord en kyk of dit nog steeds jou stelsin se betekenis oordra.

Page 76: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 76/167

Afrikaans Verwysingsgids

76

3bevelsinne

3.1 Wat is ‘n bevelsin?

‘n Bevelsin word gebruik wanneer ‘n mens ‘n opdrag of bevel aan iemand gee,

of iemand versoek om iets te doen. ‘n Uitroepteken word soms by ‘n streng

bevel gegee, maar nie by ‘n hoflike versoek nie.

Albei hierdie sinne is bevelsinne. Kyk na die verskil:

Kom dadelik uit die straat!

Maak asseblief die deur agter jou toe.

‘n Bevelsin begin altyd met ‘n werkwoord. Wanneer jy gevra word om ‘nstelsin in ‘n bevelsin te verander, skuif die werkwoord na die begin van die sin

en verwyder die onderwerp van die sin. Jy sal dikwels ook die

voornaamwoord verander. Daar is gewoonlik meer as een moontlike manier

om ‘n stelsin na ‘n bevelsin te verander. Kyk na hierdie voorbeelde:

Die seun eet die brood.→ Eet die brood!

Daardie meisie maak haar bed op.→ Maak asseblief jou bed op.

4

wenssinne

4.1 Wat is ‘n wenssin?

‘n Wenssin druk ‘n wens uit of verduidelik iets wat ‘n mens graag sou wou

sien gebeur. ‘n Uitroepteken word soms, maar nie altyd nie, aan die einde van

‘n wenssin gebruik. Kyk na die volgende voorbeelde.

Was ek maar ryk!

Kon hy tog maar die Lotto wen!

As die son tog net wou skyn.

C Samegestelde sinne

Wat is ‘n samegestelde sin?

‘n Samegestelde sin is die soort sin wat ‘n mens kry as jy twee of meer sinne

met behulp van “agtertoe-voegwoorde” (onderskikkende voegwoorde)

verbind. Daar is altyd ‘n hoofsin en een of meer bysinne wat ‘n mens meer

vertel van iets in die hoofsin. Kyk na die volgende voorbeeld: Die seun wat

die piesangs gesteel het, kry raas.

Page 77: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 77/167

Afrikaans Verwysingsgids

77

‘n Samegestelde sin het dus meer as een gesegde, maar die een “stukkie sin”

(bysin) is van die hoofsin afhanklik. Die gesegdes in die volgende

samegestelde sin is vetgedruk: Die seun wat die piesangs gesteel het, kry

raas.

Alle sinne wat met betreklike voornaamwoorde verbind is, is samegesteldesinne, want die bysin vertel jou meer van die hoofsin. In die volgende

voorbeelde is die bysinne elke keer vetgedruk:

Die tafel waarop die boek lê , is vuil.

Die meisie van wie ek praat , loop in die gang af.

D Veelvoudige sinne

Wat is ‘n veelvoudige sin?

‘n Veelvoudige sin is ‘n sin wat bestaan uit twee of meer hoofsinne wat met“vorentoe-voegwoorde” en “stilstaan-voegwoorde” verbind is.

Die volgende is voorbeelde van veelvoudige sinne. Albei sinne is hoofsinne.

Die voegwoorde is vetgedruk:

Daardie vriendelike meisie sal jou help en haar maatjie sal jou tas dra.

Ek was eers heeltemal seker dat ek die regte ding gedoen het; daarna het ek

begin twyfel.

E Sinsuitbreiding

Wat is sinsuitbreiding?

Sinsuitbreiding beteken om ‘n sin langer te maak deur woorde of bepalings by

te voeg. Dit is veral nodig by kreatiewe skryfwerk, want alle sinne kan nie kort

sinnetjies sonder beskrywings wees nie.

Dit is duidelik dat die volgende sin baie vervelig is: Die meisie hardloop deur

die gange. Om die sin interessanter te maak, kan ‘n mens dit uitbrei en die

volgende sin kry: Die pragtige meisie met die lang hare en helderrooi naels

hardloop soos blits deur die gange van die verlate skool.

Hoe werk sinsuitbreiding?

Wanneer jy gevra word om ‘n sin uit te brei, kan jy dit op een van drie

maniere doen:

(a) deur adjektiewe en/of bywoorde by te voeg

(b) deur byvoeglike of bywoordelike bepalings by te voeg

(c) deur dit te verbind met ‘n ander sin

Page 78: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 78/167

Afrikaans Verwysingsgids

78

1byvoeging van adjektiewe en bywoorde

‘n Mens kan ‘n sin uitbrei deur adjektiewe en/of bywoorde by te voeg. Kyk na die

volgende voorbeeld:

• Die mense sing. (enkelvoudige sin - het slegs een werkwoord of gesegde)

• Die mense sing lekker . (bywoord bygevoeg)

• Die vrolike (adjektief bygevoeg) mense sing lekker (bywoord bygevoeg).

2byvoeging van bepalings en sinsnedes

‘n Mens hoef egter nie net enkele woorde by te voeg nie. Jy kan ook byvoeglike of

bywoordelike bepalings byvoeg. Kyk na die volgende voorbeeld:

• Die mense sing. (enkelvoudige sin met een gesegde)

• Die mense met die pragtige stemme (byvoeglike bepaling bygevoeg) sing uit

volle bors (bywoordelike bepaling bygevoeg)

3byvoeging van bysinne

‘n Derde manier hoe ‘n sin uitgebrei kan word, is om ‘n ander bysin of hoofsin aan

die sin te verbind. Kyk na die volgende voorbeeld:

• Die mense sing. (enkelvoudige sin met een gesegde)

• Die mense wat ons langs die pad ontmoet het (bysin bygevoeg) sing terwyl

hulle straatlangs loop (bysin bygevoeg)

F Ontkennende vorm

1ontkenning in ‘n stelsin

1.1 Wat is die ontkennende vorm?

Wanneer ‘n mens iets ontken, dan sê jy dat jy nie iets sal doen of gedoen het

nie. Die ontkennende vorm is dus die manier waarop jy ‘n sin verander sodat

dit negatief is.

1.2 Wanneer gebruik ‘n mens twee nie’s in ‘n sin?

Page 79: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 79/167

Afrikaans Verwysingsgids

79

Daar is ‘n paar moeiliker vorme van die ontkennende vorm, maar gewoonlik is

die ontkennende vorm in ‘n enkelvoudige sin redelik maklik. Onthou net dat

ons meestal twee nie’s in Afrikaans gebruik: Sy lag vir die grappie. → Sy lag

nie vir die grappie nie.

‘n Eenvoudige wenk om te onthou is dat die eerste nie gewoonlik direk na dieeerste werkwoord in die sin geplaas word, en die tweede nie word gewoonlik

aan die einde van ‘n sin geplaas.

Dit is daarom duidelik dat ‘n kort sinnetjie soos Sy lag net een plek het waar ‘n

mens ‘n nie kan sit: direk na die lag. Dit is dus net by kort, enkelvoudige

sinne soos hierdie een waar ‘n mens net een nie gebruik.

1.3 Wenke by die ontkennende vorm

Onthou dat die eerste nie gewoonlik direk na die eerste werkwoord (ofmedewerkwoord) geplaas word en die tweede nie heel aan die einde van die

sin. Die volgende is egter belangrik:

• As die eerste werkwoord gevolg word deur ‘n voornaamwoord, word die

eerste nie direk na hierdie voornaamwoord geplaas: Annelise help hom om die

werk te doen.→ Annelise help hom nie om die werk te doen nie.

• As die eerste werkwoord gevolg word deur woorde soos miskien/dalk , word

die eerste nie direk na hierdie woorde geplaas: Die seun sal miskien stad toe

kom.→

Die seun sal miskien nie stad toe kom nie. Daardie meisie sal joudalk kan help.→ Daardie meisie sal jou dalk nie kan help nie.

2ontkenning by ‘n vraagsin en bevelsin

2.1 Die vraagsin

(a) Ontkenning by ‘n vraagsin

Die eerste nie word direk na die onderwerp (selfstandige naamwoord ofvoornaamwoord) geplaas en die tweede nie word aan die einde van die sin

geplaas: Kan die meisie die werk doen? → Kan die meisie nie die werk doen

nie?

As daar ‘n voornaamwoord of ‘n woord soos miskien of dalk gebruik word,

word die eerste nie direk na hierdie woorde geplaas: Kan sy die werk doen?

→ Kan sy nie die werk doen nie? Kan sy dalk die werk doen? → Kan sy

dalk nie die werk doen nie?

Page 80: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 80/167

Afrikaans Verwysingsgids

80

(b) Hoe om ‘n vraag in die negatief te beantwoord

Jy sal soms ‘n vraag gevra word en dan moet jy die antwoord in die negatief

gee. Onthou dan die volgende:

• begin die sin met Nee, ...

verander die voornaamwoorde sodat hulle sal pas• die gewone reëls oor die ontkenning in ‘n stelsin is dan van toepassing op die

res van die sin

Kyk na hierdie voorbeeld. Die vraag is: Kry jy vandag koud? Jou antwoord sal

wees: Nee, ek kry nie vandag koud nie.

2.2 Die bevelsin

(a) Ontkenning by ‘n bevelsin

Om ‘n bevelsin ontkennend te maak, moet jy moet ... nie ... nie of moenie ...

nie in die sin gebruik.

(b) Watter vorm van die ontkennende vorm moet ‘n mens gebruik?

Gebruik moet ... nie ... nie as daar ‘n woord soos tog of asseblief in die sin is.

Kyk na die volgende voorbeelde:

• Praat asseblief met hom.→ Moet asseblief nie met hom praat nie.

• Luister tog vir jou ma!→ Moet tog nie vir jou ma luister nie!

Gebruik moenie ... nie by ander voorbeelde van die bevelsvorm. Kyk nahierdie voorbeelde:

• Skryf die brief dadelik.→ Moenie die brief dadelik skryf nie.

• Roep hom!→ Moenie hom roep nie!

3ander vorme

3.1 Belangrike maniere van ontkenning

Daar is ‘n paar woorde wat effens of heeltemal verander in die ontkennende

vorm. Jy moet hierdie vorme ken en kan gebruik.

Woord Ontkenning 1 Ontkenning 2al nog nie ... nie --

nog nie meer ... nie --

al ooit nog nooit ... nie --

reeds nog nie ... nie --

êrens nêrens ... nie --

iewers nêrens ... nie --

iets niks ... nie nie iets ... niealtyd nooit ... nie nie altyd ... nie

Page 81: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 81/167

Afrikaans Verwysingsgids

81

iemand niemand ... nie nie iemand ... nie

almal geeneen ... nie nie almal ... nie

óf ... óf nóg ... nóg --

alles niks ... nie nie alles ... nie

een geen ... nie --

enigsins geensins ... nie --sowel ... as nóg ... nóg --

nog iets niks meer ... nie --

4betekenis in die ontkennende vorm

Kyk weer na die lys by 3.1. Soms het een woord meer as een moontlike ontkenning,

maar die betekenis van die twee ontkennende vorms sal verskil: Ek hoor iemand

praat.→

Ek hoor niemand praat nie. / Ek hoor nie iemand praat nie.

G Tydsvorme (verlede, teenwoordige, toekomende)

Watter tydsvorme is daar in Afrikaans?

Daar is drie tydsvorme wat jy in Afrikaans moet bemeester: (a) die verlede

tyd; (b) die teenwoordige tyd en (c) die toekomende tyd.

Spesiale tydsvorme

Die volgende woorde word almal op verskillende maniere in die drie

tydsvorme gevorm. Hulle is belangrik, want hulle is in een of meer van dietydsvorme ‘n uitsondering op die reël.

Ww. Teenwoordige tyd Verlede tyd Toekomende tyd

wil Ek wil jou help. Ek wou jou help. Ek sal jou wil help.

sal -- Ek sou jou help. Ek sal jou help.

moet Ek moet jou help. Ek moes jou help. Ek sal jou moet help.

mag Ek mag jou help. Ek mag jou gehelp

het.

Ek sal jou mag help.

kan Ek kan jou help. Ek kon jou help. Ek sal jou kan help.

het Ek het ‘n appel. Ek het ‘n appel

gehad.

Ek sal ‘n appel hê.

liefhê Ek het hom lief. Ek het hom

liefgehad.

Ek sal hom liefhê.

behoort Ek behoort te luister. Ek behoort te

geluister het.

-

hoef nie Ek hoef nie te luister

nie.

Ek hoef nie te

geluister het nie.

Ek sal nie hoef te

luister nie.

wees Ek is siek. Ek was siek. Ek sal siek wees.

word Ek word siek. Ek het siek geword. Ek sal siek word.

word Die boek word deur

my gelees.

Die boek is deur my

gelees.

Die boek sal deur my

gelees word.

Page 82: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 82/167

Afrikaans Verwysingsgids

82

Onthou dat daar sekere woorde is wat moet verander in die verskillende tye.

Dan, wanneer en as word in die teenwoordige en toekomende tyd gebruik,

maar verander in die verlede tyd na toe: Ek doen my werk, dan gaan slaap ek.

→ Ek het my werk gedoen, toe het ek gaan slaap. / Ek skryf my werk

wanneer ek leer. → Ek het my werk geskryf toe ek geleer het. / Ek trek

slaapklere aan as ek gaan slaap. → Ek het slaapklere aangetrek toe ek gaan slaap het.

1verlede

1.1 Wat is die verlede tyd?

Die verlede tyd vertel vir ‘n mens wat jy gister, ‘n paar minute gelede of

watter tyd ook al in die verlede gedoen het: Gister het ek stad toe gegaan.

1.2 Hoe word die verlede tyd gevorm?

• Die verlede tyd word meestal gevorm deur het + ge. Die seun het die koek

geëet.

• As die werkwoord begin met be-, ge,- er-, her-, ver-, mis- en ont- word die

verlede tyd gevorm deur het , maar die ge- word nie gebruik nie. Kyk na die

volgende voorbeelde: S y het met die werk begin.

Die seuns het die selfone gebruik .

Hy het erken dat hy die koek gesteel het. Die leerders het die werk hersien.

Die vrou het te veel van haar verwag .

Ek het my misgis.

Ek het sy woorde onthou.

• Daar is twee uitsonderings op hierdie reël wat jy moet leer:

Hulle het die gesin geherberg .

Die koeie het die gras geherkou.

• Skeibare werkwoorde (deeltjiewerkwoorde) word een woord in die verlede

tyd: het + -ge-

Hy trek sy persente oor .→ Hy het sy presente oorgetrek .

• Onskeibare werkwoorde kry nie ‘n ge- in die verlede tyd nie, maar kry wel ‘n

het: Die polisieman agtervolg die dief. → Die polisieman het die dief agtervolg .

• Daar is sekere skeibare werkwoorde wat wel ‘n ge- saam met die het in dieverlede tyd kry: rangskik, weerlig, glimlag, blinddoek, baljaar, antwoord,

hardloop, herberg, herkou, wanhoop, waarborg

Dit het in die verte geweerlig . Hy het geantwoord toe ek hom iets vra.

Page 83: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 83/167

Afrikaans Verwysingsgids

83

• Twee werkwoorde wat iets wys wat op dieselfde tyd gebeur en wat met ‘n en

verbind word, kan met of sonder ‘n ge- geskryf word, maar as dit met ‘n ge-

geskryf word, moet die ge- net by die eerste woord gevoeg word:

Hy het by die deur gestaan en praat . of Hy het by die deur staan en

praat .

• Twee werkwoorde wat iets wys wat nie op dieselfde tyd gebeur nie en wat

met ‘n en verbind word, kry ‘n ge- by albei die werkwoorde:

My ma het die langbroeke gewas en gestryk .

• Twee werkwoorde sonder ‘n en kry ‘n het maar nie ‘n ge in die verlede tyd

nie:

Sy het die seun in die swembad sien swem. My ma het haar hare laat sny.

2teenwoordige

2.1 Wat is die teenwoordige tyd?

Die teenwoordige tyd word gebruik om te vertel wat op die oomblik, in die

hede, gebeur of gedoen word.

2.2 Hoe word die teenwoordige tyd gevorm?

Die teenwoordige tyd word gewoonlik gevorm deur die werkwoord neer teskryf in sy oorspronklike vorm. (Julle is reeds bewus van die uitsonderings op

hierdie reël.)

Die skeibare werkwoord (deeltjiewoord) word in die teenwoordige tyd in twee

dele geskei. Die een deel word direk na die voorwerp gebruik en die ander

deel aan die einde van die sin: Hy trek sy boek oor.

3toekomende

3.1 Wat is die toekomende tyd?

Die toekomende tyd vertel ‘n mens wat in die toekoms (oor ‘n minuut, week,

maand, eeu) gaan gebeur of wat gedoen gaan word.

2.2 Hoe word die toekomende tyd gevorm?

• Die toekomende tyd word meestal gevorm deur sal + die werkwoord . Die seun

sal die koek eet .

Page 84: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 84/167

Afrikaans Verwysingsgids

84

• Skeibare werkwoorde (deeltjiewerkwoorde) word een woord in die

toekomende tyd: sal + werkwoord

Hy trek sy persente oor.→ Hy sal sy presente oortrek.

• Twee werkwoorde wat iets wys wat op dieselfde tyd of op verskillende tye

gebeur en wat met ‘n en verbind word, word in die toekomende tyd met ‘n sal+ werkwoord geskryf:

Hy sal by die deur staan en praat .

• Twee werkwoorde sonder ‘n en kry sal + werkwoorde in die toekomende tyd:

Sy sal die seun in die swembad sien swem.

H Aktiewe (bedrywende) en passiewe (lydende) vorm

Wat is die aktief en die passief?

In Afrikaans word die aktiewe vorm (bedrywende vorm) baie meer as die

passiewe vorm (lydende vorm) gebruik. Soms maak dit egter meer sin om die

passiewe vorm te gebruik (Honde word nie toegelaat nie.). Die aktief vertel

vir ‘n mens wie iets doen, maar in die passief is dit nie so belangrik nie, en

word dikwels weggelaat. ( Hier mag nie geswem word nie.)

Hoe word die passief gevorm?

Julle hoef nog nie baie met die aktief en passief te werk nie, maar hier is ‘n

paar stappe wat gevolg kan word om ‘n sin van die aktief na die passief te

verander.

Hier is die sin in die aktiewe (bedrywende) vorm: Hy skop die bal in die tuin.

• Verdeel die sin in drie dele: die onderwerp (hy), gesegde ( skop) en dievoorwerp (die bal ).

• Skryf die sin nou oor: begin met die voorwerp ( Die bal ...).

• Na die voorwerp skryf jy word + ge- (in die teenwoordige tyd), is + ge- (in

die verlede tyd) en sal ge- + word (in die toekomende tyd). ( Die bal word ...)

• Nou skryf jy deur + die onderwerp neer. As dit ‘n persoonlike

voornaamwoord is, sal jy die vorm van die voornaamwoord moet verander.( Die bal word deur hom ...)

• Enige bywoorde of frases in die sin bly in dieselfde volgorde: ( Die bal word

deur hom in die tuin ...)

• Nou kom die laaste deel van die werkwoordgroep: ( Die bal word deur hom in

die tuin geskop.)

Kyk hoe word dieselfde sin in die verlede tyd nou verander vanaf die aktief na

die passief: Hy het die bal in die tuin geskop. Dieselfde stappe as hierbo word

gevolg.

• onderwerp (hy), gesegde (het geskop), voorwerp (die bal )

Die bal ...

Page 85: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 85/167

Afrikaans Verwysingsgids

85

• Die bal is ...

• Die bal is deur hom ...

• Die bal is deur hom in die tuin ...

• Die bal is deur hom in die tuin geskop.

I Direkte en indirekte rede

Wat is die direkte rede?

Die direkte rede word gebruik wanneer ‘n persoon se woorde direk weergegee

word net soos dit gesê is.

Hoe word die direkte rede gevorm?

Die direkte rede word op twee maniere gevorm:

(a) Jan sê: “Kom hiernatoe!”Let op na die volgende:

• Die sin begin met die spreker se naam en ‘n werkwoord, bv. sê, roep, gevolg

deur ‘n dubbelpunt

• Daarna volg ‘n aanhalingsteken, die woorde wat gesê word en nog ‘naanhalingsteken

(b) “Kom hiernatoe!” sê Jan.

Let op na die volgende:

• Nou word die aanhalingsteken eerste geskryf, gevolg deur die spreker se

woorde en nog ‘n aanhalingsteken.• Die werkwoord volg nou, plus die spreker se naam.

Onthou om die leestekens soos punte, uitroeptekens en vraagtekens wat in die

spreker se sinne gebruik word, binne die aanhalingstekens te sit, en nie buite

nie.

Wat is die indirekte rede?

Die indirekte rede word gebruik wanneer ‘n persoon se woorde deur iemand

aan iemand anders meegedeel word.

Hoe word die indirekte rede gevorm?

Wanneer ‘n mens iemand se woorde van die direkte na die indirekte rede

verander, moet jy die volgende in ag neem:

(a) soort sin

(b) dat/of

(c) werkwoordtyd

(d) woordorde

(e) voornaamwoorde

(f) bywoorde

(g) leestekens

Page 86: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 86/167

Afrikaans Verwysingsgids

86

(a) Soort sin

Wanneer jy begin met die indirekte rede, moet jy ‘n inleidende werkwoord

gebruik. Dit is die eerste werkwoord en gaan gewoonlik saam met die persoon

wat die woorde gesê het. Die inleidende werkwoord word bepaal deur die

soort sin (vraagsin, bevelsin, stelsin) wat in die aanhalingstekens gebruikword. Kyk na die volgende voorbeelde:

• Stelsin: Koos sê: “Ek wil met haar praat.” → Koos sê dat hy met haar wil

praat.

• Vraagsin: Anna sê: “Kan jy my dalk help?” → Anna vra of ek haar dalk kan

help.

• Bevelsin: Thandi sê: “Kom kamer toe!” → Thandi beveel my om kamer toete kom.

(b) Dat/of

Die woord wat jy moet invoeg, gaan afhang daarvan of die sin in

aanhalingstekens ‘n bevel-, stel- of ‘n vraagsin is. As dit ‘n bevelsin of ‘n

stelsin is, moet jy dat gebruik. As dit ‘n vraagsin is, moet jy of gebruik.

• Stelsin: Koos sê: “Ek wil met haar praat.” → Koos sê dat hy met haar wil

praat.

• Vraagsin: Anna sê: “Kan jy my dalk help?” → Anna vra of ek haar dalk kan

help.

• Bevelsin: Thandi sê: “Kom kamer toe!” → Thandi beveel my om kamer toe

te kom. of Thandi beveel my dat ek kamer toe moet kom.

Soos jy sal oplet by die bevelsin, kan jy óf ‘n dat invoeg óf die om te vorm

gebruik. As jy dat in ‘n bevelsin gebruik, moet jy ‘n moet aan die einde vandie sin insit; anders lyk dit nes die stelsin.

(c) Werkwoordtyd

Die tyd waarin jy die sin gaan skryf, word bepaal deur die werkwoord wat nie

in hakies is nie, met ander woorde die werkwoord wat aan die persoon wie se

direkte woorde dit is, gekoppel is.

As die werkwoord buite hakies in die teenwoordige tyd is, bly die tye van die

sin in die indirekte rede nes die tye wat dit in die direkte rede was. Kyk na die

volgende voorbeeld:• Hy sê: “Ek ontmoet haar by die skool.” → Hy sê dat hy haar by die skool

ontmoet .

• Hy sê: “Ek het haar by die skool ontmoet.” → Hy sê dat hy haar by die skool ontmoet het.

As die werkwoord buite hakies in die verlede tyd is, verander die tye van die

sin na die verlede tyd. Kyk na hierdie voorbeeld:

• Hy het gesê: “Ek ontmoet haar by die skool.” → Hy het gesê dat hy haar bydie skool ontmoet het .

Hy het gesê: “Ek het haar by die skool ontmoet.”→

Hy het gesê dat hy haarby die skool ontmoet het.

Page 87: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 87/167

Afrikaans Verwysingsgids

87

• Hy het gesê: “Ek wil skool toe gaan.” → Hy het gesê dat hy skool toe wou

gaan.”

• Hy het gesê: “Ek is by die skool en eet my toebroodjie.” → Hy het gesê dathy by die skool was en sy toebroodjie geëet het.”

(d) Woordorde

Jy het seker uit die voorafgaande voorbeelde opgelet dat die woordorde in die

tweede sin feitlik altyd verander. Omdat ‘n of of ‘n dat ingevoeg word, skuif

die eerste werkwoord van die sin tussen hakies na die einde van die sin.

Natuurlik verander die woordorde van sinne ook altyd as dit van ‘n vraagsin of

bevelsin in ‘n stelsin verander word.

• Stelsin: Koos sê: “Ek wil met haar praat.” → Koos sê dat hy met haar wil

praat.

• Vraagsin: Anna sê: “ Kan jy my dalk help?” → Anna vra of ek haar dalk kan

help.

Bevelsin: Thandi sê: “ Kom kamer toe!” → Thandi beveel my om kamer toe

te kom. of Thandi beveel my dat ek kamer toe moet kom.

(e) Voornaamwoorde

Voornaamwoorde verander dikwels wanneer sinne verander word van die

direkte na die indirekte rede. Jy moet jou laat lei deur (a) die persoon wie se

woorde in die direkte rede gegee word, met ander woorde die persoon buite

hakies en (b) die betekenis van die sin. (As jy nie seker is van die persoon se

geslag nie, is dit baie belangrik dat jy eers moet vra of die persoon manlik of

vroulik is.) Kyk na die volgende voorbeeld: Anet sê: “ Ek wil hom roep.” → Anet sê dat sy hom wil roep. /Koos het gesê: “Sanet, sal jy my kan help?” →

Koos het Sanet gevra of sy hom kon help.

Soms is dit nie duidelik aan wie die woorde in die direkte rede gesê word nie,

en dan is meer as een voornaamwoord moontlik. Kyk na hierdie voorbeeld (al

die sinne is korrek): Hy sê: “Kan jy my help?” → Hy vra of ek hom kan help.

of Hy vra of hy hom kan help. of Hy vra of sy hom kan help.

Gewoonlik verander die voornaamwoorde as volg: ek word hy sy, jy word

ek/hy/sy, ons word hulle, julle word ons/hulle, ons s’n word hulle s’n,

myne/joune word syne/hare, ens. Onthou egter altyd om jou deur die betekenis van die sin te laat lei.

(f) Bywoorde

As die sin in die indirekte rede na die verlede tyd verander moet word, moet

die bywoorde ook verander. Jy moet die volgende veranderinge goed ken:

Bw. in die

teenwoordige

tyd

Bw. in die

verlede tyd

Bw. in die

teenwoordige

tyd

Bw. in die verlede tyd

hier daar hierdie daardiehierheen daarheen verlede maand die vorige maand

Page 88: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 88/167

Afrikaans Verwysingsgids

88

hiernatoe daarnatoe môre-oggend die volgende oggend

môre die volgende dag môremiddag die volgende middagoormôre oor twee dae môre-aand die volgende aand

gister die vorige dag nou toeeergister twee dae gelede dan toe

vandag daardie dag vanmiddag daardie middagvanoggend daardie oggend vanaand daardie aandvanjaar daardie jaar afgelope maand die vorige maand

Let ook op dat die werkwoord kom gewoonlik verander na gaan.

(g) Leestekens

Maak seker dat jy weet hoe die leestekens in die indirekte rede verander. Die

aanhalingstekens en die dubbelpunt of komma buite die hakies verdwyn. Geen

komma word voor dat of of gebruik nie. As dit in die direkte rede ‘n vraagsin

was, verdwyn die vraagteken. As daar ‘n uitroepteken in die direkte rede was,word dit vervang met ‘n punt.

Spesiale voorbeelde en uitsonderings

Kyk hoe verander die sin as die vraagsin met ‘n vraende voornaamwoord

begin. Let op dat ‘n of nie in die sin ingevoeg word nie. Dawie vra: “Wie is

die kaptein van die span?” → Dawie vra wie die kaptein van die span is.

Jy gaan later meer leer oor omskrywings, maar kyk solank na hierdie

voorbeeld: Hy het gesê: “Foeitog, die arme man sukkel baie.” → Hy het

medelydend gesê dat die arme man baie gesukkel het.

Deel 5

Taalgebruik

A Algemene wenke vir goeie taal en styl

Dit is belangrik dat ‘n mens jou werk deeglik moet deurlees en seker moet maak dat

daar nie spel- of taalfoute is nie. Ongelukkig gaan dit alleen jou nie ‘n goeie punt gee

nie. Die inhoud is natuurlik belangrik, en daaraan kan jy beslis werk. Die verskil

tussen ‘n goeie, maar vervelige skryfstuk en ‘n skitterende skryfstuk, is die styl

waarin dit geskryf is. Kyk na die verskil tussen die volgende twee paragrawe en kyk

of jy kan sien wat die verskil tussen die eerste en tweede paragrawe is.

Paragraaf 1:

Ek het hierdie vakansie see toe gegaan. Ek het saam met my broers en susters in die

motor geklim. Ek het by die venster gesit. Ek het heeltyd uitgekyk vir die see. En toe sien ek die see. Ek was baie bly. Ek het saam met my broers na ons rondawel gestap.

Page 89: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 89/167

Afrikaans Verwysingsgids

89

Toe het ons ons bagasie gaan neersit. Toe het ek see toe gehardloop. En toe het ek

geswem. Ek het die vakansie baie geniet.

Paragraaf 2:

Hierdie vakansie het ek by die see deurgebring. Ek, my twee stout broers en twee soet sussies kon nie wag om in die motor te klim en die lang pad see toe aan te pak nie.

Ons het op pad see toe motorspeletjies gespeel, maar ek moet erken dat ek die hele

tyd uitgekyk het vir die eerste raaksien van die koel, blou water wat ek gedurende my

vakansie nog goed sou leer ken. Dit was soos Nuwejaar in Kaapstad toe ons

uiteindelik die see kon sien en ons het op hete kole gesit tot ons die kampeerterrein

bereik het. Die lawaai toe ons uit die motor geklim het, het geklink soos seemeeue wat

in ‘n broodfabriek toegesluit is! Ek en my broers het ons bagasie in die rondawel

neergesmyt en is pylreguit see toe. Het ons nie geswem nie! Dit was ‘n heerlike,

uitputtende, ontspannende vakansie wat ek terdeë geniet het.

1maniere waarop 'n sin begin

Sinne moenie altyd op dieselfde manier begin nie. ‘n Fout wat dikwels begaan word,

is dat leerders sinne elke keer begin met “Ek het ...” of “En toe”. Die gevolg is dat die

paragraaf amper soos ‘n lysie begin klink en uiters vervelig is om te lees.

Wissel die manier hoe sinne begin deur een of meer van die volgende metodes:

verander die woordorde• maak party sinne vraag- of bevelsinne

• skryf ‘n sin of twee in die passiewe tyd (gebruik dit versigtig!)

• gebruik verskillende vorme van die direkte en indirekte rede

2lengte van sinne

Lees die volgende twee paragrawe:

Paragraaf 1:

Ek sien die meisie. Ek groet haar. Sy is my suster se beste vriendin. Ek is bly. Ek het

haar weer ontmoet. Sy is vriendelik. Ek geniet haar geselskap.

Paragraaf 2:

Ek sien die meisie en groet haar vriendelik, want sy is my suster se beste vriendin en

ek is bly dat ek haar weer ontmoet het, want sy is vriendelik en ek geniet haar

geselskap.

Page 90: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 90/167

Afrikaans Verwysingsgids

90

Dit is duidelik dat nie een van hierdie twee paragrawe gemaklik lees nie. Die eerste

paragraaf se sinne is te kort en begin te veel op dieselfde manier. Die tweede

paragraaf is net een sin en is heeltemal te lank. Die voegwoord en word ook te veel

gebruik.

Wanneer ‘n mens ‘n skryfstuk aanpak, moet jy besluit watter sinne gemaklik verbindkan word. Die sinne wat vir jou die belangrikste is, kan korter wees. Probeer om die

sinslengtes te wissel, en verskillende voegwoorde te gebruik vir sinne wat jy verbind.

Kyk hoe die paragraaf verander is deur die sinslengtes te wissel en die woordorde

effens aan te pas:

Ek groet die meisie wat my suster se beste vriendin is. Omdat sy so vriendelik is, is ek

bly dat ek haar weer ontmoet het. Ek geniet haar geselskap.

3

soorte sinne

Soos reeds voorheen bespreek, kry ‘n mens verskillende soorte sinne: (a) stelsinne;

(b) vraagsinne, (c) bevelsinne en (d) wenssinne. Wanneer jy die hele tyd net stelsinne

gebruik, raak veral kreatiewe skryfwerk eentonig. Eksperimenteer gerus met die

gebruik van verskillende soorte sinne. Kyk na hierdie voorbeeld waarin verskillende

soorte sinne gebruik is:

Wie sou ooit kon raai wie ek vandag sou raakloop? Dit was, glo my of nie, my sussie

se vriendin. Was ek nou verbaas! Ek wou nog wegglip, toe hoor ek die stem van my

gewete: Praat met haar, man!

4woordorde en sinsaksent

Jy het vroeër in hierdie gids reeds geleer hoe belangrik die posisie van ‘n woord,

beskrywing of frase in ‘n sin is. Die manier waarop sinne se woordorde verander is,

vertel vir ‘n mens watter dele vir die spreker of skrywer die belangrikste is. Die

beklemtoonde dele in die volgende sinne is vetgedruk:

• Die kwaai vrou roep haar dogter saans met angs in haar stem.

• Roep die kwaai vrou saans haar dogter met angs in haar stem?

Saans roep die kwaai vrou haar dogter met angs in haar stem.

• Met angs in haar stem roep die kwaai vrou saans haar dogter.

5gebruik van idiomatiese uitdrukkings

Sien Deel 6 A.

Page 91: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 91/167

Afrikaans Verwysingsgids

91

Deel 6

Idiomatiese taal, beeldspraak en stylfigure

A Idiome en idiomatiese uitdrukkings

Wat is idiome en idiomatiese uitdrukkings?

Idiome is vaste uitdrukkings wat eie aan 'n bepaalde taal is. Die gebruik van 'n

idioom moet aan die betekenis gekoppel word.

Baie idiome bevat voorsetsels, bv.

oor die muur - gedaan/stukkend/oud

die vet was in die vuur - die regte oomblik, geen omdraai nie

op die naat van jou rug lê - plat op jou rug lêin die hande kry - vind

Baie uitdrukkings het spesifieke werkwoorde, bv.

Fout begaan , lewe waag , plan beraam , belofte nakom , 'n guns bewys

Ander rym of bevat alliterasie, bv.

Wie nie waag nie, wen nie; dapper en stapper; wyd en syd; probeer is die

beste geweer; pimpel en pers

Lys van idiome en idiomatiese uitdrukkings

Daar is woordeboeke wat net handel oor idiome en idiomatiese uitdrukkings,

maar hier is ‘n paar wat jy gerus in mondelinge en skriftelike werk kan

gebruik. As jy nie seker van die betekenis hiervan is nie, raadpleeg ‘n

woordeboek deur die sleutelwoorde (gewoonlik die selfstandige naamwoorde,

adjektiewe of werkwoorde) op te soek.

Een vrot appel steek al die ander

aan.

Baie hande maak ligte

werk.

Hare op sy tande hê

Jan Rap en sy maat. Die oortjies van die

seekoei.

As die perde horings kry.

Sy doppie het geklap. Liewer dood as uit die

mode.

Daar is ‘n slang in die

gras.

Hulle ja hulle skapies bymekaar. Agteros kom ook in die

kraal.

Belofte maak skuld.

Baie hande maak ligte werk. Die poppe dans. Van die hand tot die mond

val die pap op die grond.

Met ‘n mond vol tande staan. Die môrestond het goud

in die mond.

Die ware Jakob.

In rep en roer wees. Kant en klaar wees. Iets fyn en flenters breek.

Wie nie waag nie, wen nie. Hot en haar soek. Iemand wys waar Dawiddie wortels begrawe het.

Page 92: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 92/167

Afrikaans Verwysingsgids

92

Met iemand die draak steek. Hy kan geen hond

haaraf maak nie.

Hy is nog nat agter die

ore.

Skrik nie vir koue pampoen nie. Sy hande in onskuld

was.

‘n Sak sout saam met

iemand opeet.

Die koeël is deur die kerk. Die bruid is in die skuit,

nou is die mooipraatjiesuit.

Sy oë is groter as sy

maag.

Honger is die beste sous. Hoe meer siele, hoe

meer vreugde.

Wat jy saai, sal jy maai.

Eet met lang tande. Witvoetjie soek. Van Pontius na Pilatus

stuur.

Elke haan is koning op sy eie

mishoop.

‘n Vyfde wiel aan die wa

wees.

Voor op die wa wees.

Iemand in die pad steek. Liewer bang Jan as dooi

Jan wees.

Oor die tou trap.

Bak en brou in die kombuis. Amper maar nog nie

stamper nie.

Lieg sonder om te blik of

te bloos.

Donkerwerk is konkelwerk. Hoog in die takke. Jakkals prys sy eie stert.

Van bakboord na stuurboord

stuur.

Tou opgooi. Die een se dood is die

ander se brood.

Stille waters, diepe grond, onder

draai die duiwel rond.

In sy noppies wees. Jakkals trou met Wolf se

vrou.

Hoe later, hoe kwater. ‘n Haastige hond

verbrand sy mond.

Van heinde en ver kom.

‘n Gat in die kop praat. Met rukke en stote. Geen rus of duurte hê nie.

Maljan onder die hoenders. Moord en brand skree. Sy bak kluitjies.

Besin eer jy begin. ‘n Man van twaalfambagte en dertien

ongelukke.

Dit stuit my teen die bors.

Die doel heilig die middele. Probeer is die beste

geweer.

Om die bos lei.

Aanhouer wen. Hy het van Koerland se

vleis geëet.

Die kool is die sous nie

werd nie.

Op jou louere rus. Geen onderdak hê nie. Na vrolikheid kom

olikheid.

Pa staan vir iets. Die hond in die pot vind. Die rondte van vader

Cloete doen.

Iemand vrye teuels gee. Sy stuiwer in die

armbeurs gooi.

Voet by stuk hou.

Die bobbejaan agter die bult gaan

haal.

Te gronde gaan. ‘n Klap van die windmeul

weg hê.

‘n Man kan nie ‘n vuis maak

sonder ‘n hand nie.

Kom ek nie daar vandag

nie, dan kom ek daar

môre.

Oor koeitjies en kalfies

praat.

Page 93: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 93/167

Afrikaans Verwysingsgids

93

B Beeldspraak

1

vergelyking

1.1 Wat is ‘n vergelyking?

‘n Vergelyking is wanneer ‘n skrywer of spreker twee sake met mekaar

vergelyk, m.a.w. naas mekaar sit om na ooreenkomste en verskille te kyk.

Hierdie twee sake sal moontlik in baie opsigte van mekaar verskil, maar die

skrywer beklemtoon die dinge wat dieselfde is. Kyk na die volgende

voorbeeld: Jan is so lank soos ‘n paal. Jan en ‘n paal word met mekaar

vergelyk. Jan is ‘n seun wat hou van sokker en wat krom tone het. ‘n Paal is ‘n

ding waaraan ‘n mens ‘n vlag of wasgoed kan hang en is gemaak van metaal.Dis duidelik dat Jan en die paal heeltemal van mekaar verskil. Daar is egter

een ding wat presies dieselfde is: albei is lank. Dis op grond van hierdie ding

wat dieselfde is, wat die skrywer die twee dinge met mekaar vergelyk.

1.2 Hoe weet ‘n mens dis ‘n vergelyking?

‘n Vergelyking gebruik spesifieke woorde wat vir ‘n mens vertel dat dit ‘n

vergelyking is. Die volgende woorde verskyn gewoonlik in vergelykings: so,

soos, nes

1.3 Voorbeelde van vergelykings

Die volgende is algemene vergelykings. Dit is natuurlik moontlik om jou eie

vergelykings uit jou eie leefwêreld op te maak, maar hierdie vergelykings

word dikwels gebruik en jy moet daarvan kennis neem.

So bang soos die duiwel

vir ‘n slypsteen.

So bleek soos ‘n laken. So doof soos ‘n kwartel.

Iets haat soos pes. Hulle lewe soos kat en

hond.

So skelm soos die houtjie

van die galg.

Hy swyg soos die graf. Verdwyn soos ‘n groot

speld.

So vinnig soos die wind.

2metafoor

2.1 Wat is ‘n metafoor?

‘n Metafoor is wanneer ‘n mens een ding direk in die plek van ‘n ander dingstel: Jan is ‘n paal. / Daardie ou is ‘n regte jakkals. ‘n Metafoor word ook ‘n

Page 94: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 94/167

Afrikaans Verwysingsgids

94

beknopte vergelyking genoem. ‘n Mens sê iemand of iets is soos iets anders

sonder om die woord soos of so te gebruik.

2.2 Hoe weet ‘n mens dis ‘n metafoor?

‘n Metafoor lyk baie soos ‘n vergelyking, maar soos in 2.1 genoem, word diewoorde nes, so, soos nooit gebruik nie. Dis steeds twee dinge wat eintlik

vergelyk word, maar in plaas daarvan om te sê: Daardie meisie is so wild soos

‘n reksprong, sou jy kon sê: Daardie meisie is ‘n regte reksprong!

2.3 Voorbeelde van metafore

Die volgende uitdrukkings het begin as metafore, maar dit is nou al so in die

volksmond aanvaar dat ‘n mens nie eers meer besef dis ‘n metafoor nie. ‘n

Paar ander metafore word ook gegee wat reeds in idiomatiese taal opgeneem

is.

‘n hart van goud ‘n wil van staal die skip van die woestyn

die voet van die berg die oog van die naald die oor van die koppie

die poot van die tafel ‘n Delila barmhartige Samaritaan

3personifikasie

3.1 Wat is personifikasie?

Personifikasie is iets wat baie maklik vir kinders verstaanbaar is. Dit is

wanneer ‘n mens menslike eienskappe aan diere en dinge gee. ‘n Goeie

voorbeeld hiervan is ‘n storie wat jy vir jou jonger sussie sou vertel en dan sê:

die blommetjies slaap en die sterretjies knipoog. ‘n Mens sien dit ook

byvoorbeeld by ‘n kleintjie wat sy voet teen die stoel stamp en dan sê: Stoute

stoel!

3.2 Hoe weet ‘n mens dis personifikasie?

Personifikasie is wanneer ‘n dier of ‘n ding soos ‘n mens hanteer of beskryfword. Dit is dus maklik om te herken as jy “net jou logiese verstand” gebruik

en jouself afvra: Kan die son regtig lag? Kan die wind regtig huil? Natuurlik

kan die son nie lag en die wind nie huil nie. Dis net mense wat dit kan doen.

Dit is hoe ‘n mens personifikasie herken: jy sê dat ‘n dier of ‘n ding iets doen

wat net ‘n mens kan doen.

3.3 Voorbeelde van personifikasie

Personifikasie word dikwels in gedigte gebruik. Eugène Marais het ‘n gedig

geskryf waar hy die reën met “ons suster” vergelyk het. Kyk na hierdie goeie

voorbeelde van personifikasie in die gedig (die “sy” is die reën):

O, die dans van ons Suster!

Page 95: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 95/167

Afrikaans Verwysingsgids

95

Eers oor die bergtop loer sy skelm,

en haar oge is skaam;

en sy lag saggies.

En van ver af wink sy met die een hand;

haar armbande blink en haar krale skitter;

saggies roep sy.Sy vertel die winde van die dans

en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot.

Afdeling B

Luister (LU1) en Praat (LU2)

Deel 1

Luistervaardighede

‘n Mens luister of praat nie sommer in die lug in nie. Jy doen dit omdat jy iets wil sê

(of wil wegsteek!) en die persoon wat na jou luister (of nie regtig luister nie) ontvang

tog ‘n boodskap: of dit nou is uit jou woorde, uit jou stiltes, uit die uitdrukking op jou

gesig of die manier hoe jou liggaam geheime verklap.

Daar is sekere dinge waaraan ‘n mens nie altyd dink nie. Party van hierdie aspekte

doen ‘n mens outomaties (jy besluit nie elke keer hoe jy jou arms gaan vou as jy praat

met iemand van wie jy nie hou nie), maar as jy eers weet hoe hierdie dinge werk, kan

dit baie interessant wees!

A Hoe om aktief te luister

Wat beteken dit om aktief te luister?

Om aktief te luister beteken dat jy nie net hoor wat vir jou gesê word nie,

maar werklik luister na die boodskap. Die persoon wat met jou praat, moet

kan sien dat jy by die gesprek betrokke is. Die persoon wat praat en die

persoon wat luister het dus ewe veel verantwoordelikhede wanneer hulle met

mekaar kommunikeer.

Veronderstel jy luister na iemand wat vir jou die pad beduie. Wat moet jydoen?

• Maak prentjies in jou kop van die roete wat aan jou verduidelik word.

• Teken ‘n eenvoudige kaart terwyl die aanwysings vir jou gegee word.

• Vra vrae as jy nie seker is nie.

• Moenie net na individuele woorde luister nie; maak seker jy verstaankonsepte.

• Dink pro-aktief aan probleme wat kan voorkom, m.a.w. wees aktief vóór die

probleme kan opduik.

• Stel ‘n plan B voor (bv. Kan ek jou bel as ek verdwaal?).

Page 96: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 96/167

Afrikaans Verwysingsgids

96

• Terwyl die persoon die roete verduidelik, gee verbale reaksies (bv. Mmm...

ja... ek ken daardie pad ) en nie-verbale reaksies (m.a.w. gebruik jou liggaam,

bv. knik jou kop, glimlag, lyk verward as jy nie verstaan nie).

B Luister vir inligting

Wat beteken dit om vir inligting te luister?

Wanneer ‘n mens luister, doen jy dit gewoonlik vir ‘n instruksie of vir genot

(soos na jou gunstelingprogram). Wanneer jy vir inligting luister, beteken dit

egter dat jy met nog meer konsentrasie moet luister, want die inligting sal

dikwels vir jou onbekend wees. Jy moet aktief luister.

As daar vrae vir jou gegee word en jy moet die vrae beantwoord nadat jy na ‘n

teks geluister het, is dit belangrik om die vrae eers deur te lees voordat jy

luister. As jy dit doen, luister jy nie net “in die lug op” nie, maar weetwaarvoor om te luister.

Dit is moeilik om baie dinge gelyk te onthou, veral as alles nie vir jou bekend

is nie. Moenie op jou geheue staatmaak as jy vir inligting luister nie. Jy sal self

weet of jy gewoonlik beter leer deur prente te teken of woorde neer te skryf.

Hoe jy dit ook al verkies: skryf iets op papier neer soos jy luister.

As die inligting syfers bevat, is dit belangrik dat jy die syfers en iets langsaan

sal neerskryf: byvoorbeeld die getal 26 en ‘n prentjie van ‘n sokkerbal (vir 26

sokkerwedstryde of 26 sokkerspelers) of die woord “sokker”.

Maak ‘n opsomming van dit wat jy hoor. Partykeer sal die kleiner detail

belangriker wees; die hoofgedagtes sal egter altyd belangrik wees.

Watter inligting moet ‘n opsomming bevat?

Indien jy nie vrae het wat saam met die luisterbegripteks vir jou gegee word

nie, moet jy self besluit watter feite belangrik is.

Wanneer jy na die teks luister, moet jy besluit wat die hoofgedagtes is en dit

neerskryf. Gewoonlik is daar een hoofgedagte in ‘n paragraaf. Jy sal kan hoor

dat dit ‘n paragraaf is as die persoon wat die teks voorlees ‘n goeie spreker is,

want die spreker se stemtoon en leesspoed behoort te verander. Die spreker sal

ook gewoonlik ‘n langerige pouse tussen paragrawe gebruik.

As jy ‘n aantekeninge moet maak terwyl jy na ‘n teks luister, moet jy vir

jouself genoeg spasie op ‘n A4-bladsy gee om aantekeninge te maak. As die

teks ‘n tweede keer voorgelees word, moet jy verdere detail kan invul sonder

om deurmekaar te raak tussen die verskillende dele van die leesstuk.

Soos jy die hoofgedagtes neerskryf, moet jy spesifieke besonderhede langs die

hoofgedagtes neerskryf. As jy weet hoe om ‘n kopkaart of vloeidiagram tegebruik, kan jy dit baie effektief gebruik wanneer jy vir inligting moet luister.

Page 97: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 97/167

Afrikaans Verwysingsgids

97

C Sosiale, morele en kulturele waardes,houdings en veronderstellings

Wanneer ‘n boodskap oorgedra word, of dit nou mondeling, skriftelik of visueel is, is

dit nooit ‘n “skoon” boodskap nie - dit bevat altyd die volgende:

• die waardes, houdings en veronderstellinge van die persoon wat die boodskap

gee (m.a.w. die spreker of skrywer)

• die waardes, houdings en veronderstellinge van die persoon wat die boodskapontvang (m.a.w. die leser of luisteraar)

• dit wat die spreker of skrywer dink die leser of luisteraar glo of weet

• dit wat die spreker of skryf dink die leser of luisteraar behoort te glo of weet

Kyk na hierdie eenvoudige voorbeeld:

Mev. Pienaar gaan doen inkopies by die supermark naby aan haar huis. Sy koop brood, melk, botter, twee blikkies koeldrank en ‘n pak babadoeke. Mev. Botha doen

ook inkopies. Sy koop koue vleis, twee blikkies mielies, ‘n sjokoladestafie, Stywe

Lyne (‘n visvangtydskrif) en ‘n bottel rooiwyn. Toe die kassiere mev. Pienaar help, sê

die kassiere: “Ai, kinders gaan darem vinnig deur doeke, nè? Ek hoop jou man help

jou darem met die kleintjie!”

Toe mev. Botha aan die beurt kom, sê die kassiere: “Weet jy, my man is mos net so

mal oor visvang, maar hy sê hulle byt glad nie meer by Tierpoortdam nie. Wel, ek

hoop jou man hou van hierdie wyn. Myne drink glad nie rooiwyn nie.”

Agter mev. Botha staan ‘n netjiese, middeljarige swart man. Toe hy omdraai om sy

mandjie op die vloer neer te sit, stamp hy per ongeluk teen die tydskrifrak en ‘n paar

tydskrifte val op die grond. Die kassiere sê saggies vir mev. Botha: “Jy weet, hulle

kyk ook nooit wat hulle doen nie. Hou tog ‘n ogie daar agter jou om te sien of hy nie

een van die tydskrifte in sy sak druk nie! Nee wat, die goeie ou dae ...”

Wat kan ‘n mens leer uit die woorde van die enigste spreker in hierdie stuk, nl. die

kassiere?

• Sy sien dat mev. Pienaar twee blikkies koeldrank en ‘n pak babadoeke koop.

Sy neem dus aan dat mev. Pienaar getroud is, en dat mev. Pienaar ‘n babatjiehet.

• Sy sien dat mev. Botha ‘n visvangtydskrif en ‘n bottel rooiwyn koop. Sy neem

aan dat mev. Botha getroud is.

• Sy sien dat die swart man die tydskrifte omstamp en neem aan dat hy dalk eensal steel.

• Sy gebruik die woord “hulle” as sy met mev. Botha oor die swart man praat en

Sy neem dus aan dat mev. Botha ook ‘n rassis is wat mense van verskillende

rasse nie as individue leer ken nie, maar almal oor dieselfde kam skeer.

Wat is werklik die situasie in ons voorbeeld?

Page 98: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 98/167

Afrikaans Verwysingsgids

98

• Mev. Pienaar is geskei. Sy bly op die oomblik by haar ma en het eintlik die

twee blikkies koeldrank vir haar en haar ma gekoop. Die babadoeke het sy

gekoop met geld wat haar suster, wat wel ‘n babatjie het, vir haar gegee het.

• Mev. Botha se man is ‘n jaar tevore in ‘n motorongeluk dood. Sy het intussen

saam met haar broer leer visvang om te ontspan en het die visvangtydskrif vir

haarself gekoop. Die bottel rooiwyn gaan sy saamneem na ‘n vriendin wathaar vir aandete genooi het.

• Mev. Botha het op die oomblik ‘n verhouding met die swart man wat agter

haar staan. Hulle beplan om voor die einde van daardie jaar verloof te raak.

Dit is dus uit hierdie voorbeeld duidelik dat die spreker (die kassiere) sekere waardes,

houdings en veronderstellinge gehad het. Sy het nie seker gemaak dat die luisteraars

(mevv. Pienaar en Botha) ook in dieselfde dinge glo as sy, of dat hulle lewens werklik

is soos sy dink dit is nie. Wat sê hierdie voorbeeld vir ons oor die sosiale, morele en

kulturele waardes, houding en veronderstellinge van die kassiere?

Die kassiere glo dat enige normale vrou van mevv. Pienaar en Botha se

ouderdom getroud behoort te wees en kinders behoort te hê.

• Die kassiere glo nie dat vrouens van visvang kan hou nie en glo dat dit ‘n

sportsoort is wat net deur mans beoefen word.

• Die kassiere is ‘n rassis en glo dat enige ander wit vrou ook ‘n rassis sal wees.

Wanneer jy dus na iemand luister of ‘n teks lees, probeer op die uitkyk wees vir dinge

wat die spreker of skrywer jou wil laat glo, of dinge wat die spreker of skrywer dink

jy klaar glo. Besluit self of jy met die spreker of skrywer saamstem en moet jou nie

laat beïnvloed as jy nie saamstem nie. Moenie alles wat jy lees of hoor vir soetkoek

opeet nie!

Page 99: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 99/167

Afrikaans Verwysingsgids

99

Deel 2

Die mag van taal

A Taalregister en taalgroepe

Gebruik ons verskillende soorte taal?

Jy besef dit dalk nie, maar elke keer as jy iets sê of neerskryf, besluit jy hoe jy

dit gaan doen. Jy praat nie met jou ouers soos jy met jou beste maat praat nie

en jy praat beslis nie met jou beste maat soos jy met jou skoolhoof sal praat

nie. Ons kies hoe formeel of informeel ons wil praat. Ons kies ook watter

woorde en uitdrukkings ons gebruik as ons met mense van ‘n ander kultuur

praat.

Wat is register?

Register is die vlak van formaliteit. Jy gebruik verskillende taalregisters

sonder dat jy dit besef. As ons die regte register gebruik as ons praat, sal ons

informeel gesels met ‘n maat, maar meer formeel en met respek praat as ons

die skoolhoof groet. Ons moet altyd die regte register, of vlak van formaliteit

gebruik wanneer ons mense aanspreek of ons ‘n brief skryf of praat.

Jy moet dieselfde goeie oordeel gebruik as jy mense van verskillende kulture

aan mekaar voorstel. Moenie die fout maak om te dink dat jou kultuur beter is

as ‘n ander persoon s’n nie. Klein gebaartjies soos om iemand van 'n ander

kutuur in hul eie taal te groet, kan beslis help om kulturele gapings te oorbrug.

Hoe verskil taalgroepe se taal van mekaar?

Al die sprekers van Afrikaans praat die taal nie eenders nie. Mense wat

akademies gekwalifiseerd is en blootgestel is aan hoogstaande Afrikaanse

literatuur, radio- en televisieprogramme se taalgebruik sal verskil van dié van

die minder geletterde groepe.

Huistaalsprekers se taal sal verskil van die addisionele taal-sprekers. Die taal

wat ‘n kind in sy huis en omgewing hoor, beïnvloed sy taalgebruik. Die

taalgebruik wissel ook van gebied tot gebied. Mense praat nie in alle streke

dieselfde nie.

Page 100: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 100/167

Afrikaans Verwysingsgids

100

B Taal en houdings

1

hoe taal die spreker se houding en verhouding met die luisteraar beïnvloed

1.1 Kan taal verhoudings en houdings verander?

Dit het seker al met elkeen van ons gebeur dat iemand iets gesê wat “ons hele

lewe verander het”. Dis dalk iets goeds, wat jou skielik vertroue in jouself

gegee het en jou onsekerheid weggevat het, of dit kan iets slegs wees, wat jou

laat dink het dat niemand van jou hou of dat die hele wêreld teen jou gedraai

het. Dink hoe het dit jou verhouding met daardie persoon verander.

Mense wat ‘n bestaan maak uit die geskrewe (bv. adverteerders, skrywers) ofgesproke woord (bv. predikante, politici, platejoggies, akteurs) weet dat taal

geweldig baie mag het. Hulle gebruik taal om mense aan hulle kant te kry en

van hulle te laat hou. Dalk het dit al met jou gebeur dat jy glad nie van ‘n

sekere akteur hou nie, en dan luister na ‘n onderhoud wat met hom gevoer

word. Na die tyd het jou houding heeltemal verander, want “hy’s eintlik ‘n

wonderlike ou!”

Wees bewus van die mag van taal wanneer jy iets moet sê of neerskryf.

Gebruik dit bewustelik en verander dit om by die teikengroep en die doel van

die woorde te pas. As jy ‘n debat moet voer, weet jy dat jou teikengroep maats

van jou eie ouderdom is. Gebruik voorbeelde wat hulle sal verstaan en woordewat nie die onderwysers nie, maar die leerders gaan bereik. (Aan die ander

kant: as jy graag die prys vir die beste spreker wil wen, moet jy dalk juis

daaraan dink om die onderwyser ook ‘n bietjie te beïndruk en kan jy gerus jou

woordgebruik aanpas sodat jy die onderwyser positief teenoor jou ingestel

kry...)

C Emotiewe taal: stereotipering en vooroordeel

Wat is ‘n stereotipe?

Dit is duidelik dat taal baie magtig is. Ongelukkig kan hierdie mag ook soms

op ‘n negatiewe manier gebruik word. Wanneer ons stereotipeer, gebruik ons

taal negatief. ‘n Stereotipe is iets soos die dom blondine, die lui tuinwerker,

die besigheidsman met sy bril en aktetas. Om te stereotipeer beteken dat ‘n

mens nie die moeite doen om ‘n persoon self te leer ken nie, maar dat jy alle

mense wat volgens jou aan ‘n sekere groep behoort, oor een kam skeer. Dit is

wanneer ons sê: “Almal is so!” net omdat óns een of twee mense van daardie

groep teëgekom het wat só opgetree het en nou dink dat almal van daardie

groep so is...

Page 101: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 101/167

Afrikaans Verwysingsgids

101

Dink ʼn bietjie hieraan: Is alle blondines dom? Is alle rugbyspelers gespierd

met blomkool-ore? Is alle tuinwerkers lui? Is alle basketbalspelers ryk?

Drink alle Engelse tee en alle Afrikaners koffie?

Dit is alles voorbeelde van stereotipering. Dit is meeste van die tyd

onregverdig en baie keer is dit diskriminerend.

Wat is vooroordeel?

Wanneer ons iemand beoordeel (of veroordeel) nog voordat ons vir die

persoon kans gegee het, sê ons dat ons vooropgestelde idees oor die persoon

het. Vooroordeel is iets wat iemand glo, wat hy voor die tyd al geglo het en

wat hy nie op feite of bewyse baseer nie. Dit is wat die woord “vooroordeel”

beteken: letterlik dat jy ‘n persoon voor die tyd oordeel en ‘n besluit oor

daardie persoon of ding neem sonder om die feite daaroor uit te vind. Dit is

dikwels die gevolg van onkunde of veralgemening. ‘n Goeie voorbeeld

hiervan is: Vrouens is swak motorbestuurders.

D Onsensitiewe en diskriminerende taalgebruik

Wat is onsensitiewe taalgebruik?

Taal kan verhoudings tussen mense genees, maar as dit verkeerd gebruik

word, kan dit mense ook baie seermaak. Ons moet sensitief wees wanneer ons

praat of skryf. Dit beteken dat ons moet dink oor die woorde en moet besluit

of die woorde wat ons kies nie dalk ander mense kan seermaak nie. Daar is

altyd ‘n ander manier om iets te sê sodat dit nie mense seermaak nie. ‘nVoorbeeld van onsensitiewe taalgebruik is om te sê dat iemand kruppel of

vertraag is as ‘n mens kan sê dat die persoon gestrem is. Om ‘n ou met groot

ore donkie of bakoor te noem, is ook onsensitief.

Wat is diskriminerende taalgebruik?

Elke mens het sekere regte wat deur die land se wette in stand gehou word. As

ons iemand se regte aantas, diskrimineer ons teen so ‘n persoon. Mense wat

diskriminerende taal gebruik, kan voor die hof gedaag word. Diskriminerende

taalgebruik sluit woorde in wat ons deesdae soos die pes vermy, maar wat ons

baie keer nog in ouer boeke of gedigte kry. Voorbeelde van diskriminerende

taal is: bantoe, skrefiesoog (om na ‘n persoon van Oosterse afkoms te

verwys) , vetgat.

Page 102: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 102/167

Afrikaans Verwysingsgids

102

Deel 3

Groepwerk

A Die belangrikheid van groepwerk

Waarom is groepwerk belangrik?

Groepwerk word baie gebruik as ‘n manier om van ander te leer en in skole

word dit ook gebruik as ‘n manier van assessering. Dit is dus belangrik dat jy

moet leer hoe om goed in ‘n groep te kan funksioneer.

Die probleem met groepwerk is dat ‘n mens dikwels saam met mense moet

werk van wie jy nie hou nie, of mense wat lui is en nie hul kant bring nie. Dit

voel dikwels onregverdig dat een of twee mense in ‘n groep hard werk. Dieres van die groeplede sit dan terug en doen niks nie, en dan kry almal dieselfde

punt. Wat jy egter in gedagte moet hou, is dat jy feitlik altyd saam met ‘n

groep mense sal moet werk as jy klaar met jou skoolloopbaan is. Jy gaan nie

van al hierdie mense hou nie en almal gaan ook nie ewe hard werk nie. Hoe

gouer jy dus leer om effektief as deel van ‘n groep te werk, hoe beter vir jou

toekoms.

Wanneer jy deel van ‘n effektiewe groep is, is jy sterker, want dit wat jy nie

weet nie, weet jou maats dalk. Jy kan nie alles op jou eie gedoen kry nie. As ‘n

groep kan julle idees met mekaar deel en mekaar vertrou om elkeen sy deel te

doen.

Groepwerk leer ‘n mens ook hoe om jou tyd reg te gebruik, jou werk te

organiseer en hoe om te delegeer. Delegeer beteken dat elkeen in die groep

iets kry om te doen en dat jy later al die deeltjies werk weer saamvoeg tot een

voltooide taak.

Jy sal beslis leer hoe om verantwoordelik te wees as jou groep goed

saamwerk, want as een persoon nie sy of haar kant bring nie, is dit sleg vir die

hele groep en dikwels vir almal se punte.

Groepwerk leer ‘n mens ook hoe om konflik te hanteer en jou woordeversigtig te kies sodat ander mense nie daardeur seergemaak word nie. As jou

groep uit mense van verskillende taalgroepe of kulture bestaan (dis die heel

beste soort groep), leer jy ook hoe om met verskillende soorte mense te

kommunikeer en dit is ‘n vaardigheid wat jy nog baie in jou lewe gaan gebruik

en nodig hê.

Page 103: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 103/167

Afrikaans Verwysingsgids

103

B Organisasie van 'n groep: rolle en take

Waarom is organisasie van ‘n groep belangrik?

Daar is niks slegter as om in ‘n groep te werk wat nie weet wat hulle wil doenof nie ‘n besluit kan maak nie. Moet egter nie aanneem dat ‘n groep

outomaties gaan weet hoe om saam te werk nie. Dit is ‘n vaardigheid wat ‘n

mens moet aanleer en elke keer moet uitoefen.

Hoe moet ‘n groep georganiseer word?

As groep moet julle sekere besluite maak. Daar is baie verskillende dinge wat

julle sal moet doen, maar julle sal nie effektief as groep kan saamwerk sonder

dat julle besluite oor die volgende aspekte gemaak het nie:

• Groepsrolle moet elke keer toegeken word.

Groepsreëls moet opgestel word en julle moet daarby hou.

• Besluit vooraf hoe julle konflik gaan hanteer en wat goeie groepinteraksie

(samewerking in die groep) moet behels.

• Die groep moet die opdrag verstaan en weet wat alles gedoen moet word om

die opdrag te kan voltooi.

• Beplan hoe die opdrag binne die tyd wat daarvoor gegee is, voltooi gaan word.

1groepsrolle

1.1 Wat is ‘n groepsrol?

Het jy al opgelet dat party mense altyd praat in ‘n groep en party mense altyd

skryf en party mense altyd stilbly? Dit is ‘n teken van ‘n groep wat nie goed

werk nie. Die doel van ‘n groep is om vir elkeen in die groep kans te gee om te

leer hoe om verskillende dinge te doen en om as mens, en as leier, te

ontwikkel binne ‘n klein groepie maats wat vertrou kan word.

‘n Groepsrol is die “werk” wat elkeen in die groep kry. As almal probeer praat

of almal die groep probeer lei, lei dit net tot chaos. Groepsrolle moet aan die

begin van elke groepsaktiwiteit toegeken word, en die groepslede moet daarby

hou.

1.2 Watter groepsrolle kan gebruik word?

Groeplede kan self besluit watter rolle nodig sal wees in die groep, maar die

volgende rolle werk baie goed en behoort in elke groep gebruik te word:

• Leier

• Werker

• Skrywer

Verslaggewer• Vegter

Page 104: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 104/167

Afrikaans Verwysingsgids

104

• Ondersteuner

• Tydhouer

• Waarnemer

1.3 Wat is die doel van elke groepsrol?

Die Leier is die groepslid wat die groep lei en is verantwoordelik vir die

groep. As die groep nie oor iets kan besluit nie, moet die Leier die finale

besluit neem. Die Leier moet ook die hele tyd dink aan die doel van die

opdrag en die groepslede waarsku as hulle van die punt afdwaal of te lank oor

onbelangrike dinge redeneer. Hy/sy moet ferm optree en sal byvoorbeeld die

volgende sê: “Dit is baie interessant, maar ons het nou genoeg tyd aan hierdie

deel gegee. Kom ons gaan aan na die volgende punt.” of “Dit kan waar wees,

maar dit het nie regtig iets met die opdrag te make nie. Die opdrag gaan eintlik

oor ...” Dit is ook die Leier se plig om te sorg dat mense nie vir iemand se

idees lag of iets leliks vir mekaar sê nie. As groepslede nie saamstem nie, is dit

die Leier se werk om die konflik reg te hanteer. As die konflik die groep

benadeel, is dit die Leier se werk om te sê: “Reg, dit is duidelik dat julle nie

saamstem nie. Julle kan elkeen sy eie opinie oor die saak hê. Kom ons gaan

aan na die volgende punt.”

Die Werker is die groepslid wat enige “fisiese werk” in die groep moet doen.

Hy/sy moet byvoorbeeld sorg dat die bandopnemer wat hulle wil gebruik, daar

is en werk; dat die ou tydskrifte wat hulle nodig het, daar is; dat die

kleurpotlode wat hulle moet gebruik om die plakkaat mee te maak, daar is. As

daar prente nodig is, is die Werker daarvoor verantwoordelik.

Die Skrywer is die groepslid wat kort aantekeninge maak (dikwels net ‘n

woord of frase) van dit wat in die groep bespreek word. Hy/sy moet ook enige

finale besluite neerskryf. As daar werk is wat skriftelik aan die onderwyser

gegee moet word, is die Skrywer daarvoor verantwoordelik.

Die Verslaggewer is die groepslid wat aan die onderwyser of ander groepe

terugvoer gee oor wat deur die groep besluit is of gedoen is. Dit is belangrik

dat die Verslaggewer die Skrywer se aantekeninge moet kan lees. Dikwels

word hierdie twee rolle deur een persoon vertolk, want dit is tog makliker om

jou eie aantekeninge te lees.

Die Vegter is nie die groepslid wat met almal baklei nie! Die Vegter moet elke

keer aan die ander kant van ‘n saak dink. In Engels word hy/sy ‘n “devil’s

advocate” genoem. As almal dink dit is goed om byvoorbeeld met gewone

klere skool toe te kom, is die Vegter se werk om te dink aan redes hoekom dit

nie goed sal wees nie en vir die groep te sê: “Het julle hieraan gedink?”, “Wat

van ...”, “Sê nou ...”, “Wat as ... gebeur?”, “Ek dink nie dit sal werk nie,

want ...” Die Vegter hoef nie regtig te glo in wat hy/sy sê nie, maar hy/sy moet

dink aan die ander kant van die saak of ‘n plan B voorstel. Hy/sy hoef ook nie

sy argumente te ondersteun nie - hy/sy moet dit net vir die groep gee.

Die Ondersteuner se werk is om een kant van ‘n argument te gee en redes tegee vir sy/haar voorstel of idee. As die groep byvoorbeeld moet praat oor die

Page 105: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 105/167

Afrikaans Verwysingsgids

105

voordele en die nadele van ‘n saak, sal daar altyd twee Ondersteuners wees:

een wat die voordele ondersteun en een wat die nadele ondersteun. Weereens

hoef die Ondersteuner nie te glo in die saak wat hy/sy ondersteun nie - hy/sy

moet net aan redes dink. Dit sal baie keer gebeur dat die Vegter ‘n idee vir die

groep gee (bv. Hoe gaan ons ‘n sokkerwedstryd hou as dit reën?). ‘n

Ondersteuner moet dan die idee verder vat en dink aan maniere om dit tehanteer.

Die Tydhouer se werk is om saam met die groep te beplan hoe om die opdrag

binne die tyd wat daarvoor gegee is, te voltooi. Die groep moet die opdrag in

kleiner deeltjies verdeel (bv. ‘n sekere hoeveelheid tyd vir elke vraag of

afdeling van ‘n taak gee) en moet voor die tyd besluit hoe lank elke deel

behoort te vat. Die Tydhouer moet dan letterlik met ‘n horlosie voor hom/haar

sit en die groeplede waarsku dat hulle nog net byvoorbeeld ‘n minuut oor het

om hierdie deel van die werk klaar te maak. Dit gebeur dikwels dat groepe ure

lank oor een deel redekawel en dan die laaste deel van die werk afjaag of glad

nie klaarkry nie. Die Tydhouer moet baie streng by die tyd hou. As die groepmeer tyd nodig het vir een afdeling van die werk, moet hulle aan die Tydhouer

verduidelik by watter dele wat nog bespreek moet word, hy/sy ‘n minuut of

twee kan “steel” sodat hulle nog steeds die hele opdrag betyds sal klaarkry.

Die Waarnemer word veral gebruik wanneer die onderwyser vra dat die groep

hulself moet assesseer. Die Waarnemer maak kort notas oor hoe goed of hoe

swak die groep saamgewerk het; of hulle konflik reg hanteer het; of hulle by

die tyd gehou het en hoe verskillende lede van die groep hulle groepsrolle

vervul het. Die Waarnemer bespreek dit aan die einde van die groepsaktiwiteit

met die lede van die groep op ‘n positiewe manier sodat die groep of

groepslede volgende keer beter sal kan saamwerk.

1.4 Hoe werk groepsrolle?

Wanneer daar byvoorbeeld ‘n baie sterk leier in ‘n groep is, gebeur dit dikwels

dat die ander groepslede wat ook leiers is, nooit kans kry om hul

leierseienskappe te ontwikkel nie. Die doel van groepsrolle is om aan elkeen

in die groep die kans te gee om ‘n ander vaardigheid te ontwikkel. Dit leer die

persoon wat gewoonlik die groep sou lei en wat die hele tyd praat, om

byvoorbeeld meer te luister as hy/sy die Skrywer moet wees. Die skaam

groepslid sal kans kry om te oefen om beter in die openbaar te praat wanneerhy/sy die Verslaggewer is. Die groepslid wat altyd alles vergeet en

deurmekaar is, sal leer hoe om beter te organiseer as hy/sy die rol van die

Tydhouer vervul.

Hierdie groepsrolle moenie elke keer aan dieselfde persone in die groep gegee

word nie. Probeer dit wissel sodat almal ‘n kans kry om die verskillende rolle

te vertolk - jy ontdek dalk dat jy ‘n talent het waarvan jy niks geweet het nie!

Selfs al hou jy nie van sekere rolle nie, is dit steeds belangrik dat jy dit moet

vervul, want jy sal dit eendag in die toekoms moet doen - hoe gouer jy leer om

dit te doen (al hou jy nie daarvan nie, en al is jy nie baie goed daarin nie) hoe

beter vir jou ontwikkeling as mens.

Page 106: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 106/167

Afrikaans Verwysingsgids

106

Wanneer jy ‘n sekere groepsrol kry, beteken dit dat iets jou

verantwoordelikheid is - dit beteken nie dat jy alles self hoef te doen nie. As jy

die Werker is, beteken dit nie dat jy self die boeke wat die groep nodig het,

moet gaan koop of self die prente moet teken nie. Jy moet sorg dat dit daar is.

Jy moet die groepslede vra of hulle byvoorbeeld ‘n sekere boek of ‘n ou

tydskrif by die huis het en as hulle het, moet jy hulle herinner om dit te bring.As prente geteken moet word, moet jy uitvind wie in die groep ‘n goeie

kunstenaar is, en dan vir daardie persoon presies vertel wat gedoen moet word.

Jou werk is om te sorg dat dit wel gedoen word.

2groepsreëls

2.1 Wat is groepsreëls?

Wanneer groepe saamwerk, is daar altyd mense met verskillende

persoonlikhede en dit veroorsaak dikwels dat die groep net nie “lekker aan die

gang kom” nie. Dit is belangrik dat die groep sekere basiese reëls moet volg

en nie moet wag vir ‘n probleem voordat hulle aan ‘n oplossing dink nie.

As julle gereeld groepwerk doen, behoort julle as klas saam met julle

onderwyser sekere basiese groepsreëls op te stel. Dit moenie net van die

onderwyser se kant af op jou afgedwing word nie - besluit self wat vir julle

belangrik is - dit is mos julle wat in die groep sal moet werk en julle wat die

gevolge (soos swak punte) van oneffektiewe groepwerk gaan dra.

Die reëls wat hier gegee word, is net ‘n voorbeeld. Julle moet julle eie reëls

ontwikkel en daarby hou.

• Ons werk is om te leer en ander te help leer; ons kan dus nie tyd mors nie.

• Hou altyd pen en papier gereed.

• Vra die groep as iets onduidelik is.

• As jy sien dat iemand sukkel, help hom of haar.

• As jy ‘n fout gemaak het, erken dit sonder om sleg te voel.

• Laat almal toe om hul spreekbeurt te voltooi, al bars jy om iets te sê.

• Luister na wat almal sê; jy behoort meer te luister as te praat.

• As iets belangriks gesê is, herhaal dit sodat die Skrywer dit kan neerskryf.

• Moenie skree of baklei as jy nie met iemand saamstem nie.

• Moenie spog nie; sê iets, neem deel, selfs al voel jy te skaam.

Page 107: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 107/167

Afrikaans Verwysingsgids

107

3groepsinteraksie en konflikhantering

3.1 Wat is groepsinteraksie?

Groepsinteraksie gaan oor hoe goed of swak die groep as ‘n groep saamwerk.

Dit lyk dikwels asof ‘n groep waar een persoon die hele tyd praat, en die res

stil en op hulle plek is, goed saamwerk, terwyl ‘n ander groep waar almal in

die span besig is en verskillende mense praat, nie goed saamwerk nie. Dit is

egter nie noodwendig waar nie. Vir ‘n groep om goed saam te werk, beteken

dit dat almal in die groep ‘n kans moet kry om te praat en almal in die groep

‘n kans moet kry om te luister. Dit moet ordelik en volgens die groepsreëls

plaasvind.

3.2 Wat is belangrik vir groepsinteraksie?

Die groepslede moet weet watter rolle elkeen moet vervul. Hulle moet na

mekaar luister en mekaar ondersteun. Skaam groepslede moet aangemoedig en

ondersteun word om ook ‘n bydrae te lewer. Groepslede wat wil oorneem,

moet deur die groep vriendelik, maar ferm hanteer word. Elkeen moet kans

kry om sy/haar opinie of gevoel oor ‘n saak met die ander groepslede te deel

sonder dat hulle hom/haar daaroor sal spot, uitlag of dit teen hom/haar hou.

Almal in die groep moet veilig voel en weet dat daar net vir ‘n grappie gelag

sal word en nooit vir ‘n mens nie. ‘n Effektiewe groep mors nie tyd nie en laatnie swak gedrag toe nie. Groepslede in ‘n effektiewe groep maak oogkontak as

hulle met mekaar praat en is vriendelik en hoflik. ‘n Effektiewe groep maak

seker dat almal kommentaar kan lewer, maar dit word nie negatief gedoen nie.

Alle groepslede is bewus daarvan dat die hele groep daaronder ly as een

groepslid nie sy/haar werk doen nie. Die groep probeer ook nuwe idees wat

die groep vinniger en beter kan laat saamwerk.

3.3 Hoe werk ‘n mens saam met mense van verskillende kulture?

Mense van verskillende kulture vind dit soms moeilik om te kommunikeer met

mense van ander kulture, want reëls in een kultuur (soos om oogkontak temaak) geld nie altyd vir ander kulture nie. Vra vir vriende van ander kulture

wat word as beleefd in hulle kultuur beskou. Natuurlik mag diskriminasie in

geen vorm toegelaat word nie.

3.4 Wat moet ‘n mens doen as daar konflik in die groep is?

Dit is verkeerd om te glo dat geen konflik ‘n goeie ding is nie. Konflik is ‘n

gesonde en belangrike deel van groepwerk. Die vraag is egter hoe ‘n mens die

konflik moet hanteer. Konflik is skadelik wanneer dit veroorsaak dat die groep

nie meer kan saamwerk nie en dat die doel van die opdrag nie bereik word nie.

Konflik is altyd skadelik as dit persoonlik op iemand gerig is.

Page 108: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 108/167

Afrikaans Verwysingsgids

108

Wanneer konflik in ‘n groep dit moeilik maak vir die groepslede om saam te

werk, moet dit aangespreek word. Groepslede moet leer hoe om met mekaar te

praat as hulle sterk oor ‘n saak voel. Leer om diplomatiese taal te gebruik.

Diplomatiese taal beteken dat ‘n mens woorde kies wat mense wat reeds

kwaad is, laat afkoel en die groep weer op die oorspronklike doel te laat fokus.

Hier is ‘n paar wenke oor hoe om weer die groepslede rustig te kry:

• ‘n Handige frase is: “Ek hoor wat jy sê.” Dit beteken nie Ja, ek stem saam met

jou nie. Dit beteken: Jy is geregtig om te glo wat jy glo en ek is geregtig om te

glo wat ek glo.

• Moenie die persoon aanvat nie - as jy verskil, verskil van wat die persoon sê.Moenie sê: “Jy’s verkeerd!” nie. Sê eerder: “Ek verstaan dat jy dit glo, maar

ongelukkig glo ek iets anders.”

• Maak voor die tyd reëls oor hoe om konfliksituasies te hanteer. As jy eerskwaad is, is dit moeilik om skielik reëls uit te dink.

• Moet nooit fisies raak nie - moet selfs nie eens jou vinger voor iemand se

gesig rondswaai nie.

• Onthou dat mense ook jou liggaamstaal en gesigsuitdrukkings lees. Ontspan.

4duidelikheid oor die opdrag

4.1 Wat moet ‘n mens weet oor die opdrag?

Dit maak geen verskil as julle groep goed saamwerk en julle nie seker is of

julle die opdrag verstaan nie. Maak doodseker dat julle die opdrag verstaan enweet wat van julle verwag word voor julle begin. As dit nodig is, vra die

onderwyser vir hulp.

4.2 Vraagstelling

‘n Goeie manier om seker te maak dat julle die opdrag reg verstaan het, is om

vrae oor die opdrag op te stel. Soos julle hierdie vrae beantwoord, kry julle

ook al die inligting wat nodig is om die opdrag uit te voer. Maak seker dat die

vrae wat jy stel wie/wat/waar/wanneer/hoe/hoeveel- vrae is en nie ja/nee-

antwoorde sal kry nie.

4.3 Gevoelens en nadenke

Wanneer jy ‘n opdrag moet uitvoer, word daar dikwels in die opdrag gevra dat

jy moet sê óf hoe jy oor iets voel óf hoe jy daaroor dink. Daar is ‘n groot

verskil en julle groep moet hou by die opdrag. As die opdrag vra hoe jy oor

iets voel , sal jou antwoord iets met gevoelens of emosies te make hê. As die

opdrag vra wat jy van iets dink , sal jou antwoord met jou gedagtes en feite te

make hê.

Page 109: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 109/167

Afrikaans Verwysingsgids

109

5tydsbestuur

5.1 Waarom is tydsbestuur belangrik?

Tydsbestuur is geweldig belangrik wanneer ‘n mens in ‘n groep werk. As jy te

vinnig werk, is jy voor die tyd klaar en sit dan en tyd mors. Daar is ‘n goeie

kans dat jy ‘n belangrike aspek uitgelaat het, of nie genoeg oor ‘n onderwerp

navorsing gedoen het nie. Dit is verkeerd om te kyk hoe vinnig jy kan

klaarkom.

As jy weer te stadig werk, of te veel tyd aan een aspek afstaan, is die kanse

goed dat die tyd verby sal wees voor die opdrag voltooi is. Dit is veral

belangrik waar alle vrae nie ewe veel punte tel nie - jy bestee dalk al jou tydaan ‘n aspek wat vir jou interessant is, maar wat nie baie punte tel nie en skeep

‘n aspek af wat vir jou onbekend of oninteressant is, maar wat baie punte tel.

5.2 Hoe kan ‘n mens tyd reg bestuur?

Wanneer jy in ‘n groep ‘n opdrag moet voltooi, moet jou eerste paar minute

opsygesit wees vir beplanning van die opdrag. Die groep moet besluit hoe lank

elke deel sal neem om af te handel en hoe belangrik dit is (laat jou deur die

punte-toekenning lei). Die groep moet ook tyd aan die einde afstaan sodat julle

die werk kan afrond en terugvoer kan beplan.

Daar is reeds by groepsrolle genoem hoe belangrik die rol van die Tydhouer

is. As julle nie klaarkom met die werk nie, is dit aan die Tydhouer te wyte.

5.3 Watter algemene beplanning kan ‘n mens doen?

Stel ‘n plan op van wat julle binne die tyd wat vir julle gegee is, moet bereik.

Besluit dan hoeveel tyd julle aan elke item op die plan (agenda) gaan wy.

Maak seker dat almal in die groep weet wat julle moet bereik en hoeveel tyd

julle het. Gebruik die agenda as ‘n roetekaart en moenie lede laat afdwaal van

die onderwerp nie. As julle tyd min raak, moet die Leier die groepsbespreking

staak tien minute voor die tyd verstreke is en die Skrywer moet ‘n lys maakvan items wat nog afgehandel moet word. (Dit is natuurlik nie moontlik as jy

net ‘n paar minute vir die groepsbespreking het nie - dan moet die groep se tyd

so beplan word dat alles afgehandel sal word.) Bedank die groepslede, en som

op wat gedurende hierdie sessie bereik is en wat in die volgende sessie gedoen

moet word Laat die onderwyser weet hoe sake verloop het en vra watter take

vir die volgende sessie beplan moet word.

Page 110: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 110/167

Afrikaans Verwysingsgids

110

Deel 4

Mondelinge kommunikasie

Wat is kommunikasie?

Om te kommunikeer beteken om ‘n boodskap te stuur. Kommunikasie is

wanneer een persoon (die sender) kommunikeer met ‘n ander persoon (die

ontvanger van die boodskap). As die ontvanger reageer deur middel van

woorde of liggaamstaal (terugvoering), het kommunikasie plaasgevind. Dit

beteken met ander woorde dat ‘n mens nie hoef te praat om te kan

kommunikeer nie.

Watter soorte kommunikasie kry ‘n mens?

Daar is drie soorte kommunikasie:

Mense kan met hulself kommunikeer (bv. wanneer hulle dink).• ‘n Persoon kan met ‘n ander persoon kommunikeer (bv. tydens ‘n onderhoud

of ‘n gesprek met ‘n ander persoon).

• Mense kan kommunikeer met ‘n groep mense (bv. tydens ‘n vergadering of ‘ngroepsbespreking).

Om goed te kan kommunikeer, moet ‘n mens verstaan hoe elkeen van hierdie

tipes kommunikasie werk en wat jy kan leer om jou kommunikasie tydens

elkeen te verbeter.

A Struikelblokke

Wat kan keer dat ‘n mens goed kommunikeer?

Daar is verskeie moontlike struikelblokke (dinge wat in jou pad kom) wat kan

keer dat ‘n mens goed kommunikeer:

• Kulturele verskille (etnosentrisiteit en stereotipering): mense van verskeiekulturele of taalgroepe wat mekaar nie verstaan nie.

Eksterne “geraas”: verkeer en ander geraas wat dit moeilik maak vir die boodskap om gehoor te word.

• Interne “geraas”: mense se gedagtes dwaal en hulle konsentreer nie op die

boodskap nie.

• Tekort aan voorbereiding: mense berei nie hulle boodskappe voor om

effektief en interessant vir die teikengehoor te wees nie.

• Onvoldoende luistervaardighede: mense luister nie mooi na ‘n boodskap nie.

Taalverskille: mense sukkel om mekaar te verstaan as hulle nie dieselfde taalewe goed praat nie.

Page 111: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 111/167

Afrikaans Verwysingsgids

111

• Persoonlikheidsverskille: mense met verskillende persoonlikhede wat niesaamstem nie.

• Emosionele faktore: emosionele probleme wat die sender of die ontvanger

van die boodskap kan ondervind (bv. hulle is kwaad vir mekaar, ontsteld ooriets anders, of baie verlief).

B Effektiewe kommunikasie

1asembeheer en ontspanning

1.1 Waarom is asembeheer en ontspanning belangrik?

Wanneer ‘n mens in die openbaar praat, is die heel belangrikste ding tog dat jy

moet onthou om asem te haal! Dit klink dalk belaglik, maar as ‘n mens

benoud is, haal jy vlakker asem en dan kry jy nie genoeg suurstof nie. Dit laat

jou kop draai en jou bene bewe. Wanneer jy voor ander mense moet praat,

begin deur ‘n paar keer lekker asem te haal. Haal diep uit jou maag

(diafragma) asem en maak seker jy blaas al die lug uit. Dit is nie net goed vir

jou longe nie, maar ontspan ook die spiere in jou maag, nek en keel. Ontspan

jou skouers as jy dit doen.

Wanneer jy praat, moet jy sorg dat jy genoeg asem het om tot aan die eindevan ‘n sin te kom. As jy dit nie kan doen nie, besluit waar in die sin jy gaan

asemhaal. Jy moet genoeg asem hê om nie deur die toespraak te jaag nie en

jou woorde hard en duidelik te kan sê.

Staan ontspanne, maar regop. Dit moet voel of iemand ‘n toutjie op die

kroontjie van jou kop vasgemaak het en jou liggies na boontoe trek (soos ‘n

marionet). Moenie soos ‘n hoender met jou ken vorentoe gedruk staan nie,

want dan sal jou stem ook soos ‘n hoender s’n klink! Laat sak jou ken effens

sodat dit gelyk is met die grond, maar nie laer nie. Praat rustig en ontspanne,

maar maak seker dat almal jou kan hoor. Daar is niks slegter as om na ‘n

spreker te probeer luister as ‘n mens net elke derde woord kan hoor nie. Weesook versigtig om nie die woorde aan die einde van sinne sagter en vinniger as

die res van die sin te sê nie.

Page 112: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 112/167

Page 113: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 113/167

Afrikaans Verwysingsgids

113

Kan jy sien hoe effektief ‘n stilte is? Probeer om dit baie min te gebruik, maar

gebruik dit dan op plekke in die toespraak wat vir jou baie belangrik is.

2.4 Volume

Die volume van jou stem beteken hoe hard of sag jy praat. Wanneer ‘n mens

op jou senuwees is, is jy geneig om sagter te praat. Dit is daarom belangrik om

juis daarop te konsentreer om hard genoeg te praat as jy voor ander mense

moet praat. Wees egter versigtig om nie te skree nie.

Jy kan gerus die volgende oefening in die skoolsaal probeer (met toestemming

van jou onderwyser): Vra ‘n maat om voor jou te staan en sy hand voor sy

gesig te hou. Jy moet probeer om jou stem teen sy hand te laat “vasslaan”.

Moenie skree nie en moenie jou keel styftrek nie. Vra jou maat om nou ‘n tree

terug te gee en praat weer “teen sy hand vas”. Hy moet so voortgaan tot hy

heel agter in die saal staan. As jy voel dat jy nie harder kan praat nie, vra homom te bly staan waar hy staan. As jy dit ‘n volgende keer weer oefen sal jy

dalk nog ‘n bietjie harder kan praat (sonder om te begin skree).

2.5 Tempo

Die tempo waarteen ‘n mens praat, beteken die spoed waarteen die persoon

praat. As jy senuweeagtig is, kan jy dalk vinniger praat en dan kan mense wat

na jou luister nie meer die woorde uitmaak nie. Dit gebeur ook as ‘n mens

moet hardop voorlees. Konsentreer daarop om rustig te wees en te praat of lees

teen ‘n spoed wat iemand wat jou nie ken nie, sal kan volg.

2.6 Vlotheid

Vlotheid beteken dat jy die taal kan praat sonder om te soek na woorde of vas

te haak by die uitspraak van woorde nie. Jy struikel ook nie oor jou woorde

nie. Dit is makliker om vlot te wees in jou huistaal as in ‘n ander taal, want jy

ken dalk nie al die woorde vir die dinge wat jy in jou gedagtes dink en in ‘n

ander taal moet uitdruk nie.

As jy die kans kry om voor te berei, is dit beter om deeglik voor te berei as jy

‘n addisionele taal in die openbaar voor mense moet gebruik. As jyonvoorbereid moet praat, is die belangrikste ding dat jy moet ontspan - sorg

dat jy die boodskap oorgedra kry, al beteken dit ook dat jy ‘n woord wat jy nie

ken nie, op ‘n ander manier moet sê of jou liggaam moet gebruik om te wys

dat jy “hartseer” is as jy nie die woord kan onthou nie.

Page 114: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 114/167

Afrikaans Verwysingsgids

114

2.7 Stemkwaliteit

Partykeer het iemand ‘n mooi stem en praat nie te vinnig of te eentonig nie,

maar dan is daar tog iets wat ‘n mens verskriklik irriteer. Dit kan wees dat jy

vreeslik deur jou neus praat of praat van “my mô en my pô” in plaas van “myma en my pa”. Dit kan iets kleins wees - vra gerus vir ‘n maat wat nie vir jou

sal lag of spot daaroor nie, wat jy kan verander en wat ‘n mens se aandag

aftrek van die boodskap as jy praat.

2.8 Nie-verbale klanke

Nie-verbaal beteken “sonder woorde” en nie-verbale klanke sluit dinge in soos

as iemand senuweeagtig is en dan giggel of “um” ná elke derde woord sê, of

hoes of snuif (nie omdat hy/sy siek is nie, maar van pure senuwees). As jy

bewus raak van so ‘n gewoonte, probeer om daarvan ontslae te raak. Dit wat jy

wil sê, is tog die belangrikste, nie die gewoonte wat mense se aandag so aftreknie.

3liggaamstaal

3.1 Wat is liggaamstaal?

Het jy al ooit jou vererg vir iemand wat nie ‘n enkele woord vir jou gesê het

nie? Dalk het die persoon vir jou “’n vuil kyk” gegee of jy het na die tyd gesê:“Ek het nie van sy houding gehou nie.” Dit beteken dat jy gereageer het op die

persoon se liggaamstaal. Ons liggaamstaal spreek boekdele!

‘n Mens moet altyd probeer om jou verbale taal (wat ons sê) te laat

ooreenstem met jou nie-verbale taal (ons liggaamstaal). ‘n Mens se

liggaamstaal stuur vriendelike of onvriendelike boodskappe aan die mense met

wie ons kommunikeer.

Die volgende liggaamstaal “stuur” vriendelike of onvriendelike boodskappe

aan die mense met wie jy praat:

jou oë (kyk jy in die persoon se oë?)• jou arms (is hulle gekruis en wys dat jy kwaad of geïrriteerd is?)

• jou hele liggaam (is jou liggaam op ‘n vriendelike manier in die persoon met

wie jy praat se rigting gedraai?)

As ‘n mens oneerlik is, kan jou liggaamstaal jou geheim verklap. Mense wat

lieg, raak dikwels aan hul neuse, die agterkant van hul nek of sukkel om die

persoon met wie hulle praat, in die oë te kyk. Ander dinge wat vir mense meer

omtrent jou ware gevoelens sê, is jou gebare (veral jou hande), oogkontak, hoe

jy staan en selfs die klere wat jy dra.

Page 115: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 115/167

Afrikaans Verwysingsgids

115

4eienskappe van 'n goeie spreker

4.1 Wanneer is iemand ‘n effektiewe spreker?

‘n Effektiewe spreker doen die volgende dinge:

• Hy/sy laat die luisteraars voel asof hulle ook belangrik is en waardeer word.

• Hy/sy het die mag om die luisteraars se aandag te kry en te behou.

• Hy/sy kan die luisteraar laat dink oor ‘n saak en selfs van opinie te laat

verander.

• Hy/sy glo in homself/haarself en gee ander mense die vertroue om ook in

hom/haar te glo.

• Hy/sy praat nie net tot die luisteraar se “kop” nie, maar dink aan al die aspekte

van die luisteraar: gedagtes, gevoelens en liggaamlike gemak.• Hy/sy geniet dit om in die openbaar te praat en het ‘n positiewe houding

daarteenoor.

5aanbiedingsvaardighede

5.1 Wat is aanbiedingsvaardighede?

Wanneer ‘n mens ‘n praatjie moet aanbied, is daar ‘n hele paar dinge wat jy ingedagte moet hou. In die vorige deel is die belangrikheid van hou stem en

liggaamstaal reeds bespreek, en hierdie is algemene wenke wat jy kan gebruik:

• Onthou om oogkontak te maak as jy met ʼn individu praat, maar oogkontak te

verskuif oor die hele gehoor as jy met ʼn groep praat. Sluit so ʼn groot

moontlike deel van die gehoor in.

• Gebruik gepaste intonasie en toon. Dit beteken dat jou stem nie heeltyd opdieselfde toonhoogte moet praat nie. Laat jou stem op of af gaan soos jy

sekere dinge beklemtoon.

• Gebruik gepaste gesigsuitdrukkings. Moet byvoorbeeld nie kwaai lyk as jy

iets vrolik sê nie. Jou gesig moet lewendig wees – moenie soos ʼn lyk lyk nie!

• Pas die tempo vir klem aan. Praat vinniger (maar nie té vinnig nie!) as dit wat jy sê nie die belangrikste is nie. Praat effens stadiger as jy iets belangriks sê en

dit wil beklemtoon.

• Pas volume by klem aan. Praat harder as jy iets belangriks wil sê. Probeer

egter om nooit te fluister of te skreeu nie.

Gebruik pouses gepas volgens die doel van jou toespraak. As ‘n mens voor

ander mense praat, is jy baie keer senuweeagtig en dan wil jy net deur die

Page 116: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 116/167

Page 117: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 117/167

Afrikaans Verwysingsgids

117

Daar is heelwat visuele hulpmiddels wat ‘n mens tydens ‘n toespraak kan

gebruik. Hulle sluit in:

• Die oorhoofse projektor (truprojektor)

• Die blaaibord

• Die swartbord of witbord

Plakkate

Page 118: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 118/167

Afrikaans Verwysingsgids

118

Afdeling C

Lees en Kyk (LU3) en Skryf (LU4) en

Dink en Redeneer (LU6)

Deel 1

Algemeen

Om te lees, hou baie voordele in. Hier is 'n paar:

• Dit verskaf genot en vermaak.

• Dit verskaf inligting en verbreed jou algemene kennis.

• Dit stimuleer jou verbeelding en versterk jou vermoë om te visualiseer.

• Dit stimuleer jou brein en hou dit aktief.

Dit verbreed jou verwysingsraamwerk en wêreld deur jou na die boek se

wêreld te neem.

• Dit ontwikkel jou begripsvermoë – jou vermoë om iets te verstaan.

• Dit verbreed jou woordeskat en verbeter jou spelling deur jou visueel aan

woorde bloot te stel.

A Leestegnieke

1vluglees

1.1 Vluglees

• Die woord vlug beteken vinnig. As ‘n mens vluglees, lees jy dus vinnig.

• Vluglees word gebruik as jy die leesstuk die eerste keer wil deurlees.

• Jy probeer dus met vluglees net om uit te vind waaroor die leesstuk gaan en

die hoofpunte raak te sien.

1.2 Wenke vir vluglees

• Lees net die eerste paragraaf of gedeelte van ‘n leesstuk.

Lees daarna elke eerste sin van elke paragraaf of stukkies laer af in dieleesstuk.

• Lees nou die hele laaste paragraaf of gedeelte van die leesstuk.

• Dit help baie keer om jou vinger te gebruik om net vinnig reël vir reël of

gedeelte vir gedeelte deur te gaan om te sien of jy kan agterkom waaroor dit

hier gaan.

Page 119: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 119/167

Afrikaans Verwysingsgids

119

2soeklees

2.1 Soeklees• Soeklees word gebruik as jy spesifieke inligting soek.

• Dit is veral handig by vrae waar feite oor die leesstuk moet kry.

• Die beste plan is om die vrae eers te lees, dan die leesstuk en dan weer dievrae.

3begrip

Hier is 'n paar idees wat jou sal help as jy 'n stuk lees vir 'n begripstoets.

3.1 Lees vinnig deur die stuk.

• Kry 'n oorsig of algemene idee van die stuk.

• Probeer visualiseer wat jy lees. Dit sal jou help fokus en lees vir betekenis.

3.2 Let op die volgende:

• Die titel kan dalk 'n leidraad wees tot die inhoud en bedoeling van die stuk.

• Wie die skrywer is kan jou dalk help om die tyd, styl en dikwels die

onderwerp van die stuk te identifiseer.

• Die inleiding skep dikwels 'n atmosfeer en berei 'n mens so voor op wat gaan

volg.

• Die slot verduidelik gewoonlik die bedoeling van die skrywer.

3.3 Vra jouself die volgende vrae:

• Wie is die skrywer?

• Wie is die karakters?

• Wat is die hoofidee van die stuk?

• Waar vind die stuk plaas (die milieu)?

• Wanneer vind dit plaas (milieu – tyd, era, datum)?

• Waarom is die stuk geskryf? Wat is die skrywer se bedoeling?

Hoe druk die skrywer homself uit? Watter taalverskynsels word gebruik?

3.4 Lees deur die begripsvrae

• Hou die stuk in gedagte wanneer jy die vrae lees.

• Dit sal jou idees gee wat tot die antwoorde uit die stuk mag lei.

• Baie mense verkies om die vrae te lees voordat die stuk gelees word.

3.5 Lees weer die stuk

• Dink hierdie keer aan wat gevra is terwyl jy lees.

• Let op na die hoofidee van elke paragraaf – elke paragraaf bied 'n nuwe idee.

Die eerste sin is dikwels die belangrikste in die paragraaf.

Page 120: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 120/167

Afrikaans Verwysingsgids

120

• Woorde en idees wat dalk verwarrend of moeilik was, sal dalk nou duideliker

word nadat jy die vrae gelees het.

• Hoe beter jy vertroud raak met die stuk, hoe makliker sal dit word om teverstaan en te interpreteer wat jy lees.

3.6 Onthou:• Elke vraag bevat gewoonlik 'n vraagwoord. Onderstreep dit.

• Elke vraag bevat gewoonlik 'n sleutelwoord of sleutelidee. Onderstreep dit.

• Probeer onthou of jy die feit naby aan die begin, middel of einde van die stuk

gelees het.

• Soeklees die paragraaf. Kyk slegs na die middel van die paragraaf en laat jou

oë van links na regs skiet soos jy soek na die sin wat die sleutelwoord of

sleutelidee bevat. Lees dan die hele sin om 'n duidelike prentjie te verkry.

• Probeer om nie jou antwoord direk uit die stuk oor te skryf nie. Verwys eerder

slegs daarna om agtelosige feitelike of spelfoute te vermy, veral met datums

en name.• Wanneer jy gevra word om 'n sinoniem of antoniem te gee, onthou om

dieselfde woordsoort te gebruik: Vervang 'n soortnaam met 'n soortnaam, 'n

bywoord met 'n bywoord. Plaas die woord wat jy gekies het, terug in die stuk

in die plek van die oorspronklike woord. Kyk só of jou sinoniem of antoniem

gepas is.

3.7 Onthou om die instruksies presies te volg soos dit gegee is. Kyk na dievolgende:

• Verlang die vraag 'n volsin, 'n woord of 'n frase?

• Vermy dit om sinne met voegwoorde soos want, omdat en maar te begin.

Die puntetoekenning is gewoonlik 'n aanduiding van hoeveel feite genoemmoet word.

• Die nommers van jou antwoorde moet ooreenstem met die nommers van die

vrae. As hulle dit (a) nommer, moet jy dit ook (a) nommer, nie (1) nie.

• As jy gevra word om iets in drie sinne te beskryf, moenie twee of vier sinne

gee nie. Gee drie sinne.

• Moenie net een woord gee as daar gevra word vir 'n sin nie. Moenie 'n sin gee

as daar gevra word vir een woord nie.

• Elke nuwe antwoord moet op 'n nuwe lyntjie geskryf word.

• Wanneer jy uit die stuk aanhaal, onthou om aanhalingstekens (".....") te

gebruik.• Gaan weer deur jou antwoorde om seker te maak jy het alles reg geantwoord.

Spel- en taalfoute kan veroorsaak dat jy onnodig punte verloor!

• Skryf netjies en duidelik om seker te maak jou onderwyser kan presies sienwat jy geskryf het.

Page 121: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 121/167

Afrikaans Verwysingsgids

121

Deel 2

Soorte boeke

A Fiksie en nie-fiksie

Fiksie is wanneer die skrywer iets uit sy/haar verbeelding neem en daaroor skryf, dit

wil sê dat die storie en die karakters nie bestaan nie. Die karakters is wel mense met

name en persoonlikhede, maar hulle bestaan nie – hulle is denkbeeldig.

In die meeste gevalle is fiksie in die vorm van 'n verhaal, 'n kortverhaal of 'n drama.

Voorbeelde is die Harry Potter -reeks deur J.K. Rowling, Kringe in 'n bos deur Dalene

Matthee, ou volksverhale soos Jan en die Boontjierank , Die Drie Varkies,

Rooikappie, en nog vele meer.

Nie-fiksie is wanneer daar oor iets geskryf word wat werklik gebeur het. Die karakters

is dus nie denkbeeldig nie, en die gebeure kom nie uit die skrywer se verbeelding nie.

Nie-fiksie kan in die vorm van 'n verhaal, kortverhaal of drama wees, soos fiksie. Nie-

fiksie kan egter ook aangebied word as 'n biografie, 'n outobiografie, 'n ensiklopedie,

'n koerantberig of 'n akademiese handboek. Voorbeelde hiervan is Long Walk to

Freedom deur Nelson Mandela, die Wêreldspektrum-ensiklopediereeks, Skryf

Afrikaans van A tot Z , deur Dalene Müller en nog vele meer.

Deel 3

Fiksietekste

A Ontleding van tipiese fiksietekste

Enige fiksie is ‘n produk van die outeur (of skrywer) se verbeelding. Die verhaal wat

so geskep word, is nie die waarheid nie, maar bloot verbeelding. Prosaverhale is egter

op die werklikheid gebaseer en daarom klink dit asof dit werklikheid is. Hierdie

begrip word illusie van die werklikheid (beeld van die werklikheid) genoem. Die

verhale skep dus ‘n beeld van die werklikheid, maar is nie werklikheid nie.

1titel

1.1 Titel

• Die titel is dikwels 'n samevatting van die verhaal

• Dit is die inleiding vir 'n spesifieke verhaal

• Dit is identifikasie vir die verhaal

• Dit word later sinoniem met die verhaal

Page 122: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 122/167

Afrikaans Verwysingsgids

122

2karakters en handeling

2.1 In fiksie kan karakters na aanleiding van hul optredes geklassifiseer word

• Die belangrikste karakter in die verhaal of die karakter waarom alles in die

verhaal draai, word die hoofkarakter genoem.

• Die ander karakters in die verhaal deur wie ons die hoofkarakter leer ken, ofwat die hoofkarakter ondersteun, word newekarakters genoem.

• ‘n Karakter wat deur die loop van die verhaal baie karakterontwikkeling

ondergaan, word ‘n vol of ronde karakter genoem.

• ‘n Karakter wat min of geen ontwikkeling ondergaan nie, staan bekend as ‘n

vlak of plat karakter.

2.2 Identifikasie met die karakters

• Wanneer karakters lewensgetrou uitgebeeld word, kan die leser met die

karakters identifiseer. Die leser voel dus saam met die karakters en kies kant

vir of teen sekere karakters in die verhaal.

• Die leser kan emosioneel by die karakters en gebeure betrokke raak.

• Deur hul betrokkenheid by die verhaal, kan lesers deur verhale beïnvloed

word.

2.3 Karakterbeelding

• Hoe die karakter aan die leser bekendgestel word, staan as karakterbeelding

bekend.

• Karakterbeelding vind op verskillende maniere in ‘n prosateks plaas. Die leser

leer karakters ken deur:

dit wat die karakters self sê en doen

dit wat ander karakters oor ‘n karakter sê

gesprekke tussen karakters

→ hoe die karakter tydens botsing/konflik optree

2.4 Karakters

Karakters word bestudeer en geanaliseer vir hulle fisiese voorkoms,

persoonlikhede en aksies.

• Voorkoms: ouderdom, fisiese voorkoms, kleredrag, sosiale klas, gewoontes,

spraakpatrone (aksent, dialek, keuse van woorde).

• Persoonlikheid: intelligensie, sensitiwiteit, introvert of ekstrovert, positiewe en

negatiewe eienskappe, sterk en swak punte, eerlikheid of oneerlikheid.

• Aksie: Die aksies van die karakters is verweef met die intriges en temas van

die verhaal.

• Hierdie aspekte laat jou toe om die karakters te visualiseer en om hulle

werklik en geloofwaardig te maak.

Page 123: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 123/167

Afrikaans Verwysingsgids

123

2.5 Handeling

• Handeling staan in noue verband met konflik en intrige van ‘n verhaal en dit

veroorsaak gebeure in ‘n verhaal.

• Uiterlike handeling is sigbare aksies, gesigsuitdrukking, bewegings en gebare

van karakters.• Innerlike handeling vind in die karakters se gedagtes plaas – dit is karakters

se emosies en denke.

3milieu

Milieu is die tyd en ruimte waarin ‘n verhaal afspeel.

3.1 Tyd verwys na die tydperk waarin die verhaal afspeel – die historiese plasingvan die verhaal. Speel die verhaal met ander woorde in die hede, die toekoms

of gedurende ‘n spesifieke tydperk in die verlede af?

3.2 Ruimte verwys na die plek waar die verhaal afspeel.

3.3 Die leser kom meer oor die milieu te wete uit:

• Die historiese plasing van die verhaal.

• Die kleredrag van die karakters.

• Karakters se taalgebruik en gewoontes.

• Verwysings na werklike plekke, persone en gebeure.

3.4 Agtergrond

• Dit is die agtergrond waarteen die verhaal, kortverhaal of toneel afspeel.

• Die agtergrond verskaf die raamwerk van tyd en plek. Dit stel die konteks vas.

Hierdie konteks weerspieël die houdings en waardes waarin die werk geset,

geskryf en ontvang is.

• Die leser moet die agtergrond kan identifiseer. Dit is moontlik deur direkte

inligting wat gegee word, sowel as deur taalgebruik. Dit is dikwels belangrik

wanneer die tema, subtemas en karakters geïdentifiseer word.

Page 124: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 124/167

Afrikaans Verwysingsgids

124

4styl

Dit is die manier waarvolgens die werk geskryf is om die skrywer se doel te bereik.

• Skrywers ontwikkel individuele style.

• Styl word geskep en ontwikkel deur woordkeuse en taalgebruik.

• Die styl kan letterlik of figuurlik, formeel of informeel (omgangstaal), saaklik

of gedetailleerd, eenvoudig of omslagtig wees.

• Style wissel na aanleiding van die vertellersperspektief – word die

eerstepersoons- of die derdepersoonsverteller gebruik?

• Die styl is afhanklik van:

Die doel van die werk – die styl van 'n handboek sal verskil van diestyl van 'n roman.

→ Die agtergrond – die tyd en plek waarin die werk plaasvind.

→ Die teikengroep op wie die werk gemik is. Die styl van 'n kinderboekverskil van die styl van 'n boek vir volwassenes.

Verskillende stylmiddele word ook in prosawerke aangewend om meer effek te

verkry. Verwys na die gedeelte oor gedigte (poësie).

5

intrige

• Die intrige is die opeenvolgende storielyn wat die skrywer of dramaturg

ontwikkel.

• Die vertelling kan chronologies wees, dit kan terugflitse wees of dit kan

profeties wees.

• Die intrige bestaan uit verskeie gebeurtenisse wat almal verweef is om

uiteindelik ontknoop te word na die klimaks van die stuk.

• Die ontknoping van die stuk word genoem die dénouement.

• Die skrywer se vermoë om emosies soos opgewondenheid, nuuskierigheid,

spanning of romanse te skep, sal 'n geloofwaardige intrige verseker.• Intrige is die patroon waarvolgens die gebeure in die verhaal aaneengeskakel

word. Die intrige word volgens oorsaak en gevolg verbind.

• Omdat die gebeure in ‘n verhaal onvoorspelbaar is, skep dit spanning.

Page 125: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 125/167

Afrikaans Verwysingsgids

125

6tema en subtemas

Temas is die hoofidees van literêre werke.• Temas dra 'n boodskap of boodskappe van die skrywer oor en kan selfs

sy/haar gelowe en opinies bevat.

• Die hooftemas word dikwels in die begin van die werk bekendgestel, en staan bekend as die uiteensetting of eksposisie.

• Temas word dikwels figuurlik uitgebeeld en word slegs verstaan wanneer die

stuk in diepte bestudeer word.

• As die hooftema "die bonatuurlike" was, kan die subtemas dalk "water","bloed" of "vuur" wees. Die subtemas sal dan simbolies wees.

• Simboliek is dus die vervanging van 'n konkrete beeld met 'n abstrakte idee.

Die tema van die verhaal is die sentrale idee of gedagte (boodskap) waaromdie verhaal gebou is.

7atmosfeer/stemming

7.1 Stemming

• Stemming dra die emosies, onderliggende gevoelens en houding van dieskrywer oor. Dit word gedoen deur die keuse van woordeskat (veral wanneer

karakters praat), die lengte van sinne en die gebruik van leestekens.

• Stemming help om die verlangde atmosfeer te skep.

7.2 Atmosfeer

• Atmosfeer is die gevoel wat die leser ervaar wanneer hy die stuk lees.

• Dit word geskep as die skrywer verskillende taalverskynsels gebruik, asook

deur die stemming.

8dialoog en register

8.1 Dialoog is:

• Die gesprekke wat tussen karakters in ‘n verhaal plaasvind.

• Gedagtespraak – dit wat ‘n karakter dink.

• Deel van die handeling omdat dit gebeure kan laat plaasvind.

• 'n Manier om te openbaar wat in ‘n karakter se kop aangaan (m.a.w. die

innerlike van die karakter).

8.2 Register

Page 126: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 126/167

Afrikaans Verwysingsgids

126

• Register is die gepastheid van styl, stemming en woordkeuse.

• Woordkeuse en taalgebruik sal verskil tussen bv. kinders, tieners envolwassenes.

• Register hang af van die tipe teks, die bedoeling daarvan, die agtergrond en

die teikengroep.

9tydsverloop

9.1 Verteltyd: Dit is die tyd wat dit neem om die verhaal te vertel – bv. 100

bladsye van die boek.

9.2 Vertelde tyd: Dit is die tyd wat vertel word – m.a.w. die tydperk waaroor die

verhaal handel, bv. vanaf Junie tot Desember 2000.

9.3 Hoe verloop tyd in die verhaal?

• Indien ‘n verhaal chronologies vertel word, verloop die tyd in die verhaal

volgens normale kalendertyd.

• Achronologiese tydsverloop is die teenoorgestelde. Die tydsverloop is

agterstevoor om.

• Fragmentariese tydsverloop is wanneer tydsgrepe mekaar afwissel. Die tyd

kan nou in die hede, dan in die verlede of toekoms en later weer in die hede

afspeel.

10verteller en perspektief

Enige verhaal word vanuit ‘n spesifieke perspektief vertel. Die perspektief word deur

die verteller se houding en gevoelens oor sekere sake bepaal. Twee verskillende

persone kan verskillende menings oor dieselfde onderwerp hê. Elkeen se perspektief

op die saak is dus anders. Net so kan ‘n verhaal uit verskillende perspektiewe vertel

word.

Die verteller van die verhaal is die persoon wat die verhaal vertel.• Die eerstepersoonsverteller (ek-verteller ) is een van die karakters in die

verhaal. Hy/sy is persoonlik betrokke in die verhaal. Omdat die verteller self

betrokke is, is hy/sy nie baie objektief nie, is gebonde aan tyd en plek en weet

nie altyd wat ander karakters dink en voel nie.

• Die alomteenwoordige verteller (derdepersoonsverteller) is nie in die verhaal

betrokke nie. Hy/sy staan buite die verhaal en beskou die verhaal vanuit ‘n

objektiewe posisie. Hy/sy is nie aan tyd en plek gebonde nie, en kan beskryf

wat op dieselfde oomblik op meer as een plek in die verhaal plaasvind. Dié

verteller kan ook weet wat al die karakters in die verhaal dink en voel.

Page 127: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 127/167

Afrikaans Verwysingsgids

127

11konflik

11.1 Innerlike konflik vind in karakters se gedagte plaas. Dit is byvoorbeeld

wanneer ‘n karakter worstel om een of ander probleem/krisis in homself uit

te sorteer.

11.2 Uiterlike konflik vind tussen karakters plaas wanneer een of meer karakters

oor ‘n saak verskil of met mekaar daaroor in botsing kom.

11.3 Oorsake van konflik

• Verskille tussen en met ander karakters.

Botsende sienings of emosies.• Die verskil tussen innerlike dryfvere en uiterlike omstandighede.

• Aangebore drange en aangeleerde optredes.

11.4 Gevolge van konflik

• Veroorsaak handeling in die verhaal.

• Vertraag of versnel die tempo waarteen die verhaal afspeel.

• Veroorsaak spanning in die verhaal.

11.5 Bedoeling

• Die doel van die stuk kan wees om te vermaak, in te lig of op te voed. Dié drie

kan ook gelyktydig die doel van die stuk wees.

• Die sukses van 'n literêre stuk hang grotendeels daarvan af of hierdie

bedoeling geslaagd is of nie.

C Analise van 'n gedig

Wat is...?

Rym dit is wanneer klanke aan die begin of aan die einde van

versreëls herhaal word.

Titel dit is die naam van die gedig en dit staan bo-aan.

Karakter dit is die persoon waaroor die gedig gaan.

Versreël dit is een lyntjie van ʼn gedig.

Hier volg 'n kort bespreking van aspekte wat in poësie aangetref kan word:

Page 128: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 128/167

Afrikaans Verwysingsgids

128

1spanning

Spanning word verkry deur die volgende toe te pas:

• Uitsteltegniek

• Herhaling van kernwoorde

• Woordkeuse

• Leestekens

• Kort klanke (staccato-effek)

2

strofe

Daar kom verskillende strofetipes in gedigte voor:

• Koeplet – 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan.

• Tersine – 'n strofe wat uit drie versreëls bestaan.

• Kwatryn – 'n strofe wat uit vier versreëls bestaan.

• Kwintet – 'n strofe wat uit vyf versreëls bestaan.

• Sekstet – 'n strofe wat uit ses versreëls bestaan.

Oktaaf – 'n strofe wat uit agt versreëls bestaan.

3tempo

Dit dui op die spoed waarteen die gedig gelees word. Die tempo word deur

leestekens, enjambement, metrum (versmaat) en verslengtes beïnvloed.

4uitsteltegniek

Die uitsteltegniek word gebruik wanneer 'n digter spanning en afwagting probeer skep

deur die belangrike saak nie dadelik te noem nie, maar dit tot later in die gedig uit te

stel. Hierdie tegniek word ook distansiëring genoem.

Page 129: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 129/167

Afrikaans Verwysingsgids

129

5tema

Tema of hoofidee

• Elke gedig het 'n tema of hoofidee.

• Elke gedig dra die boodskappe of bedoelings van die digter oor. Dié kan

duidelik (eksplisiet) of verskuil (geïmpliseer) wees.

• Die gedig kan 'n vertelling wees wat 'n storie vertel, of dit kan liries wees, wat

die persoonlike gevoel van die digter oordra.

6

vorm

6.1 'n Gedig word in 'n sekere vorm geskryf

• Gedigte word gewoonlik in lyntjies geskryf.

• Hierdie lyntjies kan in strofes of verse gegroepeer word.

• Gedigte hoef nie noodwendig in strofes verdeel te word nie en kan as

alleenstaande entiteite geskryf word.

• In vrye vers, veral in moderne vrye vers, stel die digter sy eie vorm vas. Daaris geen reëls i.t.v. ritme, rym of patrone nie.

Digters kan ook van digterlike vryheid gebruik maak. Dit stel hulle in staat om

van gewone konstruksies ontslae te raak om hulself beter te kan uitdruk, bv.

"Hy het met sy motor gery" kan geskryf word as "Met sy motor gery het hy".

• Enjambement word slegs in poësie gevind. Dit gebeur aan die einde van 'n lyn

waar daar geen leestekens is nie. Die sin gaan gewoonlik in die volgende lyn

aan sonder dat die digter se gedagtes verbreek word.

6.2 Tipografie

• Dit is hoe die gedig gedruk is – die verslengtes, hoof- en kleinletters,

leestekens, die manier waarop die reëls gerangskik is, ens.

6.3 Uitheffing van woorde

Woorde word uitgehef deur die volgende te gebruik:

• Plasing – aan die begin of einde van die reël

• Woordorde

• Herhaling

• Leestekens

• Alliterasie en assonansie

• Alleenplasing van 'n sin of sinsdeel

Rymposisie

Page 130: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 130/167

Afrikaans Verwysingsgids

130

• Skuinsdruk

• Hoofletters

7woordkeuse (diksie) en beeldspraak

7.1 Diksie (woordkeuse)

• Die digter se keuse van woorde skep die atmosfeer en plaas die gedig in die

regte tyd en plek (konteks).

• Woordkeuse beïnvloed ook die ritme van die gedig.

• In 'n gedig wat rym is woordkeuse uiters belangrik.

• Jargon en groepstaal kan gebruik word vir effek.

• Die gebruik van herhaling kan ook effektief aangewend word.

7.2 Klanknabootsing

• Hier word klanke deur woorde voorgestel, bv.:

Die getrieng van die telefone maak haar mal.

Die kat miaau vir sy kos.

• Klankwoorde soos 'plop', 'pieng', ens., word baie in strokiesprente gebruik.

7.3 Vergelykings

• 'n Vergelyking is wanneer een ding teenoor 'n ander gestel word.

• 'n Vergelyking bevat gewoonlik "so...soos" bv.:

So vinnig soos die wind.

• 'n Mens kry ook beknopte vergelykings, wat 'n metafoor genoem word.

Haar hare is 'n wilde nes.

• Personifikasie is wanneer daar menslike eienskappe aan nie-menslike dinge

gegee word, bv.:

Die maan knip haar oë .

Die wind huil om die hoeke van die huis.

Die perskes bloos ryp aan die bome.

7.4 Alliterasie

• Hier word konsonantklanke in 'n versreël herhaal, bv.:

Die reëndruppels drup en druis op die dak.

Page 131: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 131/167

Afrikaans Verwysingsgids

131

7.5 Assonansie

• Hier word klinkerklanke in 'n versreël herhaal, bv.:

Amanda maak almal mal.

7.6 Herhaling (repetisie)

• Wanneer 'n woord of frase herhaal word vir effek, bv.:

“KENT: Slaan slaaf! Slaan, skelm, slaan!

Laventelhaantjie van 'n slaaf, slaan!”

• Funksies van herhaling:

→ Dit skep eenheid en 'n sekere mate van musikaliteit in die gedig, en dit

hef sekere woorde uit/beklemtoon die woorde.

8ritme

• Poësie het dikwels 'n ritme. In hierdie opsig is poësie dieselfde as musiek.

• Die ritme gee die pas aan vir die gedig en behoort te pas by die bedoeling en

betekenis van die gedig.

• 'n Stadige ritme sal 'n swaarmoedige betekenis van 'n gedig versterk, terwyl 'n

vinniger ritme 'n gelukkige betekenis kan versterk.

Wanneer 'n gedig hardop gelees word, moet die verandering van ritmeaangevoel word, asook hoe dit die stemming van die gedig beïnvloed.

• Digterlike klanktoestelle soos klanknabootsing, alliterasie en assonansie

beïnvloed die ritme en tempo van 'n gedig wanneer dit hardop gelees of

voorgedra word.

• Ritme is die natuurlike beklemtoning van lettergrepe by die uitspraak van

woorde. In gedigte word dit beïnvloed deur woord- en sinsaksent, tempo,

intonasie, natuurlike ruspunte in die gedig, enjambement, ens.

Page 132: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 132/167

Afrikaans Verwysingsgids

132

9rym

9.1 Rym

• Rym hang af van die klank van die woord, en nie hoe die woord lyk nie.

• Die oordeelkundige gebruik van rym is 'n effektiewe vorm van poësie skryf.

• Rym is wanneer woorde wat dieselfde klink op ooreenstemmende plekke in

versreëls voorkom.

• Rym verhoog die musikaliteit van die gedig.

• Rym beklemtoon woorde wat in die rymposisies staan.

• Rym sluit versreëls af.

• Rym bind die gedig en strofes tot 'n eenheid.

Rym help om spanning op te bou of te verlig.

9.2 Tipes rym

• Eindrym: Wanneer woorde aan die einde van versreëls met mekaar rym:

"…met dof sware plof

soos koeëls in die stof"

• Manlike eindrym: (Staande rym) kom voor wanneer die rymwoorde op

beklemtoonde lettergrepe eindig:

"…met dof sware pl \ f

soos koeëls in die st \ f"

• Vroulike eindrym: (Glyende rym) kom voor wanneer die rymwoorde op

onbeklemtoonde lettergrepe eindig:

"in daardie laaste nag van wonder

. . . gestrek lê sonder"

Binnerym: Wanneer woorde in een versreël met mekaar rym:

". . . met dof sware plof "

• Beginrym: Wanneer woorde aan die begin van versreëls rym:

" Sy is so jonk – sy was nog nooit

so amper-dier so . . ."

• Halfrym: Alliterasie: Dit is wanneer konsonante in versreëls

herhaal word:

S y oë sag en glansloos. . ."

Page 133: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 133/167

Afrikaans Verwysingsgids

133

Assonansie: Wanneer vokale in versreëls herhaal word:

"… in d aardie l aa ste nag van . . . "

9.3 Rympatrone

• Kruisrym:

a

b

a

b

• Omarmde rym:a

b

b

a

• Paarrym:a

a

b

b

• Gebroke rym. Daar bestaan wel eindrym in die strofe, maar dit is nie volgens'n vaste patroon nie:

aa

b

c

d

f

a

• Vrye/blanke vers: Daar kom geen eindrym voor nie.

Page 134: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 134/167

Afrikaans Verwysingsgids

134

Deel 4

Wenke en voorbeelde

A Skryf vir persoonlike, ondersoekende,speelse, verbeeldings- en skeppende doeleindes

1briewe

Die informele brief is ʼn geselsbrief wat jy vir vriende, familie en bekendes skryf. Net

soos in enige ander soort brief is dit nodig om goeie en korrekte taal te gebruik.

Moenie van lawwe of verspotte taal gebruik maak nie! Die briefie moet spontaan,

hartlik en vriendelik klink.

1.1 Kom ons kyk hoe lyk ‘n informele brief:

• Die hele brief is gewoonlik tussen 15 en 20 reëls.

• Daar is slegs een adres in ’n vriendskaplike brief – joune – en dit word

geskryf in blokvorm in die boonste regterhoek van die bladsy (straatnaam,

nommer, voorstad, dorp/stad en poskode).

• Skryf die datum net onderaan die adres (moenie ‘n lyntjie ooplaat nie).

• Skryf die datum volledig uit.

Los ‘n lyntjie na die datum oop.• Begin jou brief deur die persoon te groet aan wie jy skryf. Ons noem dit die

aanhef , bv: Liewe _________ (persoon aan wie jy skryf se naam).

• Los ‘n lyntjie oop na die groet.

• Die inhoud is gewoonlik drie tot vier paragrawe. Begin elke paragraaf teendie kantlyn. Los ‘n lyntjie tussen elke paragraaf oop. Kom ons kyk hoe lyk

die inhoud:

→ Na die aanhef volg ʼn inleidende paragraaf . Hierdie paragraaf handelnog nie oor die werklike rede vir die brief nie. Die idee van hierdie

paragraaf is dieselfde as wanneer jy by iemand gaan kuier. Wanneer

jy by die persoon opdaag, gesels jy eers ʼn bietjie oor alles en nog wat.

Skryf nou die liggaam (hoofparagraaf ) van die brief: In hierdiegedeelte (paragraaf) kom jy by die rede vir die brief uit. Jy sê

hoekom jy die brief skryf.

→ Die slotparagraaf is gewoonlik die stuur van groete. Los na dieslotparagraaf ‘n lyntjie oop.

• ‘n Goeie manier om ‘n brief te eindig (slot) is met Jou vriend/vriendin en

skryf dan jou naam in die volgende lyntjie. Dit is nie nodig om jou van by te

skryf nie.

Jou vriend

Tsego

Let wel: Daar word geen leestekens gebruik in die adres, groet of met die slotvan die brief nie.

Page 135: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 135/167

Afrikaans Verwysingsgids

135

1.2 Kom ons kyk na die liggaam van ‘n brief:

1.2.1 Styl

• Dit beteken die woorde en die sinne wat jy gebruik; hóé jy skryf eerder ás wat

jy sê.• Kies jou woorde baie versigtig; wees bewus van hulle emotiewe waarde.

• Moenie van jargon of groepstaal gebruik maak nie – jy kan informeel skryf

sonder dit.

• Moenie die persoon aan wie jy skryf se naam in die liggaam van die brief

herhaal nie.

• Gebruik eenvoudige woorde en sinne en druk jouself uit op ‘n manier wat

maklik is om te verstaan.

• Gebruik vraagtekens en uitroeptekens nou en dan om ‘n gesprek voor te stel.Dit help om die styl meer ontspanne en informeel te maak.

Moenie dinge sê soos: Ek is jammer ek het so lank geneem om te skryf ...

Hoe gaan dit met jou?

Ek srkyf hierdie brief om jou te vra vir ...

Weereens dankie vir ...

Ek wil jou net vertel dat ...

• Moet nie gebruik maak van die volgende uitdrukkings en verskonings nie:

Skryf asseblief gou terug.

Ek moet nou gaan en die skottelgoed gaan was.

Ek moet nou gaan en die hond gaan kos gee.

• Paragrawe help jou om jou brief in logiese dele te verdeel.

Wanneer jy ‘n nuwe onderwerp begin, los ‘n lyntjie oop en begin met ‘n nuwe paragraaf.

→ Vermy paragrawe wat te lank is. Hulle raak lomp en moeilik om teverstaan.

→ Hulle moet ook nie te kort wees nie – dit maak die brief

onsamehangend.

→ ‘n Brief het ‘n inleiding, ‘n liggaam en ‘n afsluiting nodig. Daar moetdus ten minste drie paragrawe in jou brief wees.

1.2.2 Toon

• Toon is ‘n belangrike aspek van die brief. Dit het te doen met die skrywer

se gevoel teenoor die leser en hoe hy of sy daardie gevoelens uitdruk bv.

vriendelikheid, dankbaarheid, respek, gegriefdheid, toegeneentheid, woede of

blydskap.

• Wanneer jy vir twee verskillende mense oor dieselfde onderwerp skryf, bv. vir

jou broer en jou skoolhoof, moet jy in die twee verskillende briewe die toon

waarmee jy die verskillende persone adresseer duidelik verskillend maak. Dit

sal vir die leser wys wat jou verhouding met elk is.

Page 136: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 136/167

Afrikaans Verwysingsgids

136

2dagboekinskrywings

2.1 'n Dagboek is 'n persoonlike opname van jou ervarings, gedagtes en emosies.

• 'n Dagboek kan 'n naam gegee word. Dink aan Anne Frank wat haar dagboek

"Kitty" genoem het.

• Skryf die dag en die datum bo-aan die inskrywing.

• Skryf in die eerste persoon – die ervarings is tog jou eie! Gebruik ek, my,

myne.

• Skryf in die verlede tyd as jy oor iets skryf wat reeds gebeur het, bv. as jy in

die aand jou inskrywing maak en dit waaroor jy skryf het daardie oggend

gebeur.

• Skryf in die teenwoordige tyd as iets op die oomblik gebeur, bv. My boetie

kom in die kamer in en trek my hare terwyl ek hier skryf. Dit is nogal seer! • Kort paragrawe met eenvoudige sinne is dikwels baie effektief.

• Gebruik emotiewe taal om emosies en gevoelens uit te druk.

• Jy kan selfs informele taal, groepstaal en jargon gebruik, as dit 'n informele

dagboek is.

• Jy kan ook sketse, prentjies en foto's gebruik om jou dagboek interessant te

maak. Dan is dit ook lekker om later deur te blaai!

B Skryf informatiewe tekste

1instruksies

• Om instruksies suksesvol te kan volg, is dit noodsaaklik om jou luister- en

analisevermoë te ontwikkel.

• Wanneer jy instruksies gee, moet jy jouself op 'n eenvoudige en duidelikemanier uitdruk.

• Dubbelsinnigheid moet vermy word. Daar moet geen twyfel wees oor wat

verlang word nie.

• Instruksies kan verbaal of nie-verbaal wees. Nie-verbale tekens oorbrug

taalgrense, bv. tekens op publieke toilette en verkeerstekens.• Praktiese instruksies kan dikwels in prentjievorm gegee word.

2verslae

2.1 ‘n Verslag het die volgende eienskappe:

Dit word geskryf in ‘n formele, amper kode-styl.

Page 137: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 137/167

Afrikaans Verwysingsgids

137

• Geen persoon word regtig genoem nie. Alle mense word hanteer soos

statistiek.

• Dit is kort en kragtig.

• Dit behandel al die opskrifte.

2.2 Formele verslag

‘n Formele verslag het sewe dele:

• Titelbladsy.

• Titel.

• Inleiding.

• Prosedure.

• Bevindings.

• Gevolgtrekking.

• Voorstelle.

2.3 Titel bladsy:

Gebruik die volgende as voorbeeld:

Verslag om uit te vind of leerders van Hoërskool Marimba winkelsentrums

geniet.

Bladsy

Inleiding……………………………. 1

Prosedure………………………………

1

Bevindings…………………………...... 1,2

Gevolgtrekking……………………....... 2, 3

Voorstelle……………………... 3

2.4 Titel

Page 138: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 138/167

Afrikaans Verwysingsgids

138

• Gee die titel van die verslag.

2.5 Inleiding

• Sê wat die onderwerp van die verslag is.

Wie het dit gelei?• Wie het gevra dat ‘n verslag opgestel moet word?

• Wat was die rede vir die verslag?

• Wat is die vrae wat beantwoord moet word?

2.6 Prosedure

• Wat het jy gedoen om inligting te verkry oor die opdrag?

• Het jy ‘n vraelys opgestel?

• Het jy onderhoude gevoer?

Het julle ‘n debat gehou?

2.7 Bevindings

• Wat was die resultate van jou verslag?

• Wat het jy uitgevind?

• Gee ‘n opsomming van jou bevindings na jy jou navorsing voltooi het (jou

vraelys ens.).

2.8 Gevolgtrekking

Een sin om op te som wat jou navorsing bevind het.

• Dit moet die vrae wat in die inleiding gevra is, beantwoord.

2.9 Voorstelle

As die persoon wat die navorsing gedoen het, wat sal jy voorstel om die

huidige situasie te verbeter en om standaarde te behou?

Page 139: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 139/167

Afrikaans Verwysingsgids

139

C Skryf mediatekste

1

plakkate

‘n Plakkaat word gewoonlik teen ‘n muur of ‘n paal opgeplak sodat almal dit kan sien.

Soms word iets daarop geadverteer, of mense word oor iets wat gaan gebeur ingelig.

Dit kan dinge wees soos 'n konsert, ‘n vergadering of ‘n kermis wat êrens gehou gaan

word.

Soms skryf mense dinge waaroor hulle sterk voel op plakkate en stap daarmee in die

straat sodat ander dit kan lees.

1.1 Onthou die volgende:

• Bepaal die doel van die plakkaat.

• Besluit hoe groot jy sekere woorde gaan skryf om ‘n saak uit te lig.

• Besluit watter tipe illustrasie en woorde die boodskap die beste gaan oordra.

• Gebruik keurige, treffende woordeskat.

• Bied alles baie kleurryk , modern en interessant aan.

• ‘n Plakkaat moet treffend wees!

1.2 ‘n Plakkaat moet spesifieke inligting bevat:

Die plek se naam waar die gebeurtenis plaasvind.

• Die datum van die gebeurtenis.

• Die tyd wat dit aangebied word.

• Die toegangsfooi (indien daar is) tot die gebeurtenis.

• Die aktiwiteite wat gaan plaasvind.

• Wie is almal welkom, byvoorbeeld net kinders/ouers en kinders.

2advertensies

Die media gooi ons heeltyd toe met advertensieboodskappe. Ons moet dus kritiese

vermoëns ontwikkel wat ons kan help om ingeligte besluite te maak oor watter

produkte ons moet aankoop.

Die drukpers en TV-advertensies gebruik taal en advertensietegnieke op ‘n spesifieke

manier om produkte te adverteer en mense aan te moedig om te koop.

Dit is belangrik om te weet dat taal gebruik kan word as ‘n instrument om jou te

beïnvloed, want dan alleen kan jy jouself beskerm teen manipulerende taalgebruik.

Aan die ander kant is dit ook belangrik om te weet hoe om taal te gebruik sodat jy self

Page 140: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 140/167

Afrikaans Verwysingsgids

140

ander mense kan oortuig. Dit is belangrik om hier te onthou dat mense taal dikwels

verkeerdelik gebruik. Moenie in daardie slaggat trap nie!

• Feit: Dit is kennis wat geverifieer of bewys kan word.

• Opinie: Dit is wat elke individu van 'n saak dink. Dit verskil dikwels van mens

tot mens.• Vooroordeel: Die vermoë om te beïnvloed, soms sonder die teikengroep se

medewete, bv. in die advertensiewese.

Die volgende advertensietegnieke, wanneer dit toegepas word, sal jou help om

advertensies te analiseer en te skep:

2.1 Woordspeling

• Wanneer ‘n skrywer doelbewus woorde gebruik wat anders geïnterpreteer kan

word.

Dit is ‘n spel met woorde wat gewoonlik gebruik word om ‘n bedoelde

humoristiese effek te skep.

2.2 Vergelyking

• Dit is ‘n bedoelde vergelyking tussen twee dinge wat veronderstel is om ‘n beeld in jou gedagtes te plaas.

2.3 Klanknabootsing

Dit kan ‘n klankwoord genoem word – iets wat veronderstel is om tot jousintuie te spreek.

2.4 Metafoor

• Dis ‘n beknopte vergelyking wat nie die woorde “soos” of “nes” gebruik nie.

• Die doel is om op ‘n slim manier ‘n beeld in jou gedagtes te skep – om die

verbruiker te laat dink.

2.5 Assonansie

Dis die herhaling van vokaalklanke in ‘n groep woorde.

• In advertensies word dit slim gebruik om ‘n blywende indruk van die

advertensie se kenwysie ("jingle") in die verbruiker se gedagtes te skep.

Page 141: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 141/167

Afrikaans Verwysingsgids

141

2.6 Alliterasie

• Dis ‘n herhaling van konsonantklanke in woorde van 'n sin of frase.

• In die advertensiewese word dit weereens gebruik om ‘n kenwysie met ‘n

sekere ritme in die gedagtes van ‘n verbruiker vas te lê.

2.7 Verwronge taal en spelling

• Adverteerders gebruik dikwels hierdie tegniek.

• Woorde word dikwels doelbewus verkeerd gespel om die leser se aandag te

trek.

• Dit is dikwels meer opvallend in Engelse advertensies en produkname.

2.8 Emosiebelaaide (emotiewe) woorde

Emosiebelaaide woorde of beelde is algemene tegnieke wat adverteerdersgebruik om die verbruiker te oorreed om ‘n produk of ‘n diens te gebruik.

2.9 Slagspreuke

• ‘n Slagspreuk is ‘n kort frase (“catch phrase”) wat met 'n produk geassossieer

word.

2.10 Grafika, lettertipes en kleur

2.10.1 Lettertipes

• Vetgedrukte of kursiewe letters wat in ‘n verskeidenheid kleure gedruk word,

word algemeen gebruik om die leser se aandag te trek.

2.10.2 Kleur

• ‘n Advertensie moet die leser se aandag trek. Een van die tegnieke van die

adverteerder is die gebruik van kleur of die gebrek daaraan.

2.10.3 Prente en grafika

Prente word gewoonlik ingesluit om te wys hoe die produk lyk of om dieverbruiker te laat besef hoe die geadverteerde produk die hom/haar kan laat

voel.

2.11 Klank, stemgebruik en kenwysies (“jingles”)

• ‘n Stem word gewoonlik gebruik wat pas by die produk en die beeld daarvan.

• Kenwysies is kort melodieë met woorde wat die oor “trek”.

• Onthou: Die adverteerder beplan om die verbruiker se aandag te trek en

verbeelding te prikkel omdat hulle hoop dat dit die verbruiker sal oortuig om

die geadverteerde produk te koop.

Page 142: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 142/167

Afrikaans Verwysingsgids

142

2.12 Teikengehoor

• Enige advertensie word op ‘n spesifieke verbruiker gemik en hierdie doelwit

word dan ook gewoonlik in ‘n advertensie oorgedra.

• Soms word die teikengehoor veralgemeen en soms veronderstel die

advertensie sekere stereotipes as dit op die teikengehoor toegepas word.• ‘n Stereotipe kan gedefinieer word as ‘n tipe persoon of ‘n kategorie waaraan

mense kan behoort. Sien die gedeelte oor stereotipes onder Emotiewe taal:

stereotipering en vooroordeel.

• Die volgende is voorbeelde van stereotipe teikengehore:

Die Huisvrou

Die Gasvrou

Die Sportman

Die Besigheidsman

• ‘n Teikengehoor word gedefinieer deur hul ouderdom, geslag, ras en

waardesisteem.

Deel 5

Funksionele skryfwerk

1agenda

1.1 Taalgebruik in vergaderings

• Die taalgebruik van die voorsitter is belangrik.

• Al die lede gebruik in dieselfde jargon, om te verseker dat die vergadering

formeel en presies is.

• Leer die volgende idiomatiese uitdrukkings:

→ ‘n Vergadering word saamgeroep en gekonstitueer

→ Om ‘n vergadering tot orde te roep

→ Om ‘n vergadering oop te verklaar

→ Deur die voorsitter praat

→ Op ‘n punt van orde

Ek verklaar jou buite orde!

→ Ek stel die mosie voor dat...

→ Ek sekondeer die mosie...

→ Ek stel ‘n amendement van die mosie wat voorgestel is voor...

Ek pas my beslissende stem toe...

Stem deur...

- stem

- wys van hande

- divisie

- stembrief- volmag

Page 143: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 143/167

Afrikaans Verwysingsgids

143

1.2 Die voorsitter van 'n vergadering

• Die voorsitter lei die vergadering.

• Die voorsitter gebruik die volgende idiomatiese uitdrukkings:

Aandag, dames en here!

Ek verklaar hierdie vergadering, van die Junior Entrepreneurs Maatskappy, oop

→ Welkom …

→ Is daar ‘n kworum teenwoordig?

→ Is daar enige verskonings?

→ Sekretaris, sal jy asseblief die register sirkuleer?

→ Sekretaris, sal jy asseblief die notule van die vorige vergadering lees?

→ Is daar enige sake uit die vorige notule wat bespreek moet word?

→ Sekretaris, is daar enige korrespondensie?

→ Is daar nog enige onafgehandelde sake van die vorige vergadering?

Nou, die hoofsake van die vergadering→

__________, sal jy asseblief die eerste verslag voorlê?

Dankie, _____________

Wil enige lid dalk die onderwerp bespreek of kommentaar lewer?

→ Ons beweeg nou na die volgende verslag…

→ Ons beweeg nou na item 8 op die agenda en ek sal 5 minute toelaat vir

bespreking

→ Kan ons ‘n definitiewe voorstel kry rakende item 9 op die agenda?

→ Is daar enige iemand wat die voorstel sekondeer?

→ Kom ons stem deur hande te wys

Daar is _____ vir die mosie en _____ teen die mosie→ Die meerderheid is vir/ teen die mosie

• Die voorsitter bewerkstellig orde deur formele taalgebruik:

→ Hou asseblief by die onderwerp ter sprake!

Ek verklaar jou buite orde!

Mnr. ______,u mag u opinie eerste lug, en daarna mag Me.

_________ haar mening lug. Lede word herinner om deur die voorsitter te

praat!

→ Aangesien daar ewe veel mense vir en teen die mosie is, sal ek my

beslissende stem toepas.

Page 144: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 144/167

Afrikaans Verwysingsgids

144

1.3 Die ander lede reageer formeel

• Voorsitter, ek wil graag namens mnr. Jacobs verskoning maak vir sy

afwesigheid.

• Voorsitter, ek wil graag voorstel dat ons die notule as gelees aanvaar.

• Voorsitter, ek wil die voorstel sekondeer.

Apropos van die onafgehandelde sake-item, wil ek graag voorstel dat een persoon die algemene bespreking van verlede week opsom.

• Voorsitter, lede. Dankie vir die geleentheid om die volgende voor te lê...

1.4 Die sekretarisDie sekretaris berei gewoonlik die notisie, die agenda en die notule voor.

Hy/sy moet ook seker maak dat daar ‘n vergaderplek, verversings,

skryfbehoeftes, ens., beskikbaar is om die vergadering vlot te laat verloop.

1.5 Die tesourierDie tesourier is verantwoordelik vir die hantering van al die finansies en

begrotings van die komitee, sowel as die voorbereiding van al die finansiële

verslae en ander dokumente. Hy/sy is ook verantwoordelik vir die betaling van

die rekenings.

1.6 Notisie van die vergaderingDie sekretaris is verantwoordelik vir die voorbereiding van die volgende drie

dokumente, voor en gedurende ‘n formele vergadering:

• Die notisie van die vergadering (‘n kort aankondiging van, en ‘n uitnodiging

na die vergadering).

• Die agenda (‘n lys van al die items en onderwerpe wat in die vergadering

bespreek gaan word).

• Die notule (‘n opsomming van al die items wat op die vergadering bespreek

is).

Byvoorbeeld: Die tweede maandelikse vergadering van al die lede van die

Entrepreneurs Maatskappy, sal gehou word in die Oudiovisuele Kamer van St.

Andrew’s Hoërskool, op Dinsdag, 4 Maart, om 17:00.

Page 145: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 145/167

Afrikaans Verwysingsgids

145

1.7 Agenda

Agenda

(a) Verwelkoming

(b) Verskonings

(c) Notule van vorige vergadering

(d) Punte uit die notule

(e) Korrespondensie

(f) Onafgehandelde sake:Vraelys resultate

(g) Verslae oor plaaslike vlooimarkte – John Davis

(h) Nuwe sake

(i) Algemeen (enige ander sake)

(j) Datum van volgende vergadering

(k) Afsluiting

R. Bosman

Sekretaris

Krugerstraat 23

WESTDENE

9301

447 2367 (W)

26 Februarie 2004

Page 146: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 146/167

Afrikaans Verwysingsgids

146

Deel 6

Gebruik taal om te dink en te redeneer

Dit is belangrik om te besef dat taal nie net gebruik word vir kreatiewe skryfwerk oftaalwerk nie. Die taal wat ons gebruik, is iets wat regtig lewe en moet kan aanpas by

al die situasies in ons lewens. Julle sal Afrikaans baie gebruik om mee te redeneer,

veral as julle onderwyser sê: “Dink nou ‘n bietjie krities!” of julle vra om ‘n klasdebat

oor ‘n onderwerp te voer. Daar is baie verskillende maniere om dit te doen, maar die

volgende sal julle ‘n help om te weet wat julle alles in gedagte kan hou.

Vir al die onderafdelings van Deel 11 (Gebruik taal om te dink en te redeneer), gaan

‘n voorbeeld gebruik word sodat julle kan sien hoe om taal te gebruik om te dink en

te redeneer. Die voorbeeld is: Julle moet ‘n klasdebat hou oor die volgende

onderwerp: Kinders moet op 14 jarige ouderdom al ‘n leerlingrybewys kry.

A Oorsaak en gevolg

As jy oor ‘n saak redeneer, gaan jy altyd dink aan wat die saak veroorsaak (die

oorsaak ) of jy gaan kyk na wat gaan gebeur as ‘n mens die saak op sekere maniere

hanteer (die gevolg ). Om die oorsaak of gevolg van ‘n saak vas te stel, moet ‘n mens

jou gedagtes laat gaan. Moenie sê of jy saamstem of nie; of praat oor of dit reg of

verkeerd is nie, dink aan soveel moontlike idees. Jy kan later besluit watter

oorsake/gevolge vir jou aanvaarbaar is of heeltemal onaanvaarbaar is.

Byvoorbeeld: Oorsaak: Wat sou veroorsaak dat ‘n mens dink dat ‘n kind van veertien jaar oud al kan bestuur? Dalk is dit die belangrikheid van die regte van die kind; dalk

is dit omdat kinders van daardie ouderdom in elk geval skelm bestuur en dat dit beter

is dat hulle reeds op daardie ouderdom lesse kan kry; of dalk is dit omdat kinders

vroeër volwasse is en verantwoordelikheid beter kan hanteer as dertig jaar gelede.

Gevolg : Wat sou die gevolg wees as kinders op 14 jaar al kan bestuur? Dalk is dit baie

ongelukke; dalk minder ongelukke; dalk sal hulle later ook op ‘n jonger ouderdom wil

gaan werk.

Oorweeg alle oorsake en gevolge voordat jy besluit op ‘n oorsaak en ‘n gevolg

waarmee jy saamstem.

B Skatting oor bekende inligting

As deel van die proses wanneer jy taal gebruik om te redeneer, moet jy skattings doen

oor dinge waarvan jy reeds iets weet. ‘n Skatting beteken dat jy nie feite en bewyse

oor iets het nie (jy sal dit later versamel), maar dat jy net eers alles neerskryf wat jy

self weet oor ‘n saak en miskien mense om jou vra wat hulle daarvan dink. Skat eers -

jy gaan later kyk of dit reg is.

Byvoorbeeld: As jy moet skat : hoeveel kinders jonger as 14 jaar ken jy wat

onwettiglik bestuur; hoe moeilik is die leerlingrybewystoets; werk ‘n 14-jarige sehande en voete goed genoeg saam om ‘n motor te bestuur.

Page 147: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 147/167

Afrikaans Verwysingsgids

147

C Voor- en nadele

Voordele is goed of positief; hulle maak vir mense die lewe makliker en het goeie

gevolge. Nadele is sleg of negatief is; hulle maak vir mense die lewe moeiliker en het

slegte gevolge.

Byvoorbeeld: Voordele: Ouers hoef nie die kinders meer sport toe en terug rond te ry

nie; kinders sal meer vryheid hê om te doen wat hulle wil; hulle hoef nie al hul boeke

in hul skooltas te sit as hulle dit sommer in die motor kan hou nie. Nadele: Daar sal

baie meer motorongelukke wees want kinders gaan met hul maats praat en na harde

musiek luister en nie kyk wat in die pad gebeur nie; ouers sal geld moet bymekaarkry

om te betaal vir die motors wat hul kinders wil hê; kinders wat nie ‘n motor het nie,

sal gespot word.

D Bevraagteken en kontrasteer verskillende perspektiewe

Wanneer ‘n mens inligting bymekaar maak en oor iets redeneer, moet jy dink aan die

perspektief van die spreker of skrywer. ‘n Perspektief is die skrywer of spreker se

houding oor ‘n saak; hoe hy/sy dink oor iets waarin hy/sy glo, sy/haar agtergrond, ens.

Jy moet probeer om soveel as moontlik perspektiewe oor ‘n saak te kry en krities te

wees teenoor alle perspektiewe.

Byvoorbeeld: Jy is besig om inligting te versamel vir jou klasdebat. Jy vra

verskillende mense wat hulle dink. Jou ma sê: “Wat ‘n goeie idee!” Jou pa sê: “Dis

sommer nonsens!” Jou onderwyser sê: “Ek dink kinders is te onvolwasse om te

bestuur.” Jou ouer broer sê: “As ek moes wag, moet jy ook!” Voordat jy saam met

enigeen van hierdie mense stem, of van hulle verskil, moet jy eers kyk na die

verskillende perspektiewe (wat is die “storie” agter hulle kommentaar?). Jou ma dink

dis ‘n goeie idee, want sy sal dan weer middae af hê en kan dinge doen wat vir haar

lekker is in plaas van kinders rondry. Jou pa weet dat ‘n nuwe motor ver meer as sy

salaris gaan kos, en hy is bang jy hou van die idee. Hy is lief vir jou, maar weet hy sal

nie die motor kan bekostig nie en skiet die idee so gou as moontlik af. Jou onderwyser

dink dat kinders te jonk is, want hy/sy sien elke dag die onvolwasse gedrag van

leerders in die klaskamer en besef nie dat kinders dalk op ander gebiede baie

verantwoordelik kan optree nie. Jou ouer broer is jaloers op die idee dat jy dalk al

vroeg kan bestuur en wil in elk geval nie hê dat jy ‘n motor kry nie, want julle pa se

ou motor is oor ‘n jaar jou broer s’n. Kan julle sien hoe ‘n persoon se perspektief ‘nsaak kan beïnvloed?

Dit sal dikwels ook vir julle belangrik wees om ‘n sekere perspektief te kry. As jy

byvoorbeeld ondersoek moet doen oor die onderwerp: Kinders moenie meer

skoolklere dra nie, sal dit goed wees om die perspektief van ‘n baie arm kind en ‘n

baie ryk kind te kry.

Page 148: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 148/167

Afrikaans Verwysingsgids

148

E Geldigheid van konteks enskrywer se houding op inligting

Die geldigheid van ‘n konteks en die skrywer se houding op inligting gaan baie nou

saam met die perspektief van ‘n persoon op ‘n saak. Geldigheid van konteks beteken:kan ek dit wat die persoon sê, vertrou as ek kyk na die agtergrond van die persoon en

die situasie? Byvoorbeeld: As julle moet besluit of kinders op veertienjarige

ouderdom al behoort te bestuur, sal die woorde van iemand wie se kind in ‘n

motorongeluk dood is, beslis anders benader moet word as iemand wie se kind op ‘n

plaas grootgeword het en vanaf vyfjarige ouderdom al reeds die trekker op die plaas

bestuur.

Die skrywer se houding is baie belangrik - die skrywer wat sê: “Alle kinders is

onverantwoordelik”, veralgemeen en sy mening behoort nie vertrou te word nie. Hy is

duidelik nie baie lief vir kinders nie of vertrou nie dat hulle volwasse genoeg is nie.

Baie van die probleme in ons land, is veroorsaak deur die houdings van openbare

sprekers teenoor sekere groepe. Hulle het toegelaat dat hierdie houdings hulle so

beheer het dat hulle sekere feite heeltemal verdraai het om te pas by dit waarin hulle

geglo het. Moenie sommer enigiets (en veral nie inligting wat jy op die Internet kry!)

goedsmoeds glo nie. Dink mooi na, en vorm jou eie opinie.

F Lug mening en staaf dit met bewyse

Om jou mening te lug beteken om te sê wat jy dink oor ‘n sekere saak. Onthou egter

dat dit nie sal help om te sê: “Natuurlik kan kinders op 14 jaar oud al bestuur nie!” Jy

moet bewyse gee vir jou mening. Dit beteken dat jy navorsing moet doen en syfers,

prente, ander bronne, ens., moet gee om te bewys dat dit wat jy sê, die waarheid is.

Deel 7

Gebruik taal om te ondersoek

Jy het reeds gesien hoe taal gebruik kan word as ‘n mens redeneer. Partykeer gaan jy

gevra word om ‘n ondersoek te doen en dan ‘n projek of ‘n aanbieding oor ‘n

onderwerp te doen. Soms is dit maklik, soms moeiliker, maar dit is belangrik om die

regte tegnieke te gebruik, want dan sal jy nie iets belangriks uitlaat nie.

Vir die volgende vrae word die voorbeeld gebruik van ‘n projek wat aan leerders

gegee is: Skoolklere moet afgeskaf word .

Page 149: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 149/167

Afrikaans Verwysingsgids

149

A Formuleer en stel vrae om rigtingaan inligtingsoektog te gee

Wanneer jy met jou ondersoek begin, is dit maklik om net te sê: Ja! en dan voort tegaan met jou ondersoek. As jy dit doen, sal jy vinnig klaarkry, maar jy gaan beslis nie

al die moontlike kante van die saak weergee nie.

Die maklikste manier om ‘n inligtingsoektog (ondersoek) te begin, is om vir jouself

vrae op te stel en neer te skryf.

Jy gaan verskillende soorte vrae gebruik vir verskillende doeleindes. Party vrae gaan

jy vir jouself hou, en dit gebruik om mee navorsing te doen (met ander woorde, jy

gaan jou eie vrae probeer beantwoord). Hierdie soort vrae kan feite insamel, maar dit

kan ook “Sê nou” vrae wees waar jy aan vreemde of unieke aspekte van ‘n saak dink.

Ander vrae gaan jy gebruik vir onderhoude met mense. As jy die opinie van ‘n klomp

mense wil kry en dit byvoorbeeld wil gebruik vir ‘n grafiek, sal jy ja/nee-vrae ( geslote

vrae) kan vra. (Jy tel dan al die ja’s en al die nees op en maak jou grafiek daarmee).

As jy egter regtig wil weet wat mense dink, moet jy oop vrae vra. Dit is vrae waar

mense vir jou kan sê wat hulle dink van ‘n saak. Die maklikste manier om hierdie

vrae te stel, is om die W- en H- woorde te gebruik (bv. wanneer, waar, hoeveel, hoe,

waarom, wie, watter).

Jy kan ook ‘n vraelys opstel met verskillende keuses.Dit word dikwels deur

onderwysers in die skool gebruik. Kyk na die volgende voorbeeld:

Ja, beslis! Dis seker

reg so.

Nie eintlik

nie.

Nee, beslis

nie!

Meisies mag langbroeke skool

toe dra

Seuns se hare mag maar op hul

skouers hang.

B Kritiese vrae wat alternatieweverduidelikings soek

Wanneer jy besig is met ‘n ondersoek, sal dit soms gebeur dat jy ‘n “maklike

antwoord” op ‘n vraag kry. As jy bereid is om ‘n gemiddelde punt te aanvaar, kan jy

ook ‘n gemiddelde antwoord gee op ‘n ondersoekvraag. Dit is egter soveel beter om

‘n bietjie dieper te gaan krap en ‘n goeie punt te kry vir ‘n goeie ondoersoek. Een van

die maniere om dit te doen, is om kritiese vrae te vra wat alternatiewe verduidelikings

soek. Alternatiewe verduidelikings beteken dat ‘n mens soek na ander maniere om ‘n

standpunt te verduidelik. Die manier hoe jy dit kan doen, is deur kritiese vrae te vra –

met ander woorde, vrae wat nie net heeltyd na dieselfde antwoord gaan lei nie. Die

Engelse uitdrukking “playing devil’s advocate” verduidelik dit goed – ‘n klip in die bos gooi.

Page 150: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 150/167

Afrikaans Verwysingsgids

150

Byvoorbeeld: As die ondersoek gaan oor: Skoolklere moet afgeskaf word , dan is die

antwoorde gewoonlik: “Ja, dit moet afgeskaf word” of “Nee, dit moenie afgeskaf

word nie”. Enigeen van die twee kan reg wees indien die bewyse en die argumente

goed is. Is dit nie egter ‘n bietjie vervelig nie? Gooi ‘n bietjie ‘n klip in die bos! Vra

kritiese vrae om by alternatiewe verduidelikings uit te kom. Wat van die volgendevrae? “Waarom dra onderwysers nie uniforms nie?” “Kan skoolklere nie net verander

word sodat almal dieselfde jeans en tekkies moet dra, maar self kan kies oor ‘n hemp

of bloes nie?” “Kan skool nie afgeskaf word nie?” “Waarom dra ons baadjies in die

somer?” “Kan elke kultuurgroep nie ‘n eie uniform dra nie?”

Al hierdie vrae (selfs al lyk sommige vrae aan die begin belaglik) sal lei na

interessante idees en alternatiewe verduidelikings en ondersoeke wat verskil! Besluit

nou op ‘n rigting vir jou ondersoek deur een of twee vrae te gebruik om rigting te gee

aan jou ondersoek. Jy kan nie alle vrae beantwoord nie – fokus nou op die

belangrikstes.

C Opvolgvrae vir dieper antwoorde

Wanneer jy fokusvrae gekies het, moet jy opvolgvrae vra wat na dieper antwoorde sal

lei. ‘n Opvolgvraag is ‘n vraag wat volg op ‘n vorige vraag, maar ‘n stappie verder

gaan; ‘n bietjie dieper navraag doen en by ‘n goeie ondersoek uitkom.

Byvoorbeeld: Jy het gekies dat skoolklere afgeskaf moet word. Jou fokusvrae is nou:

“Waarom moet skoolklere afgeskaf word” en “Wat gaan ons dra as skoolklere

afgeskaf word?” ‘n Voorbeeld van opvolgvrae sou wees: “Hoe gaan arm leerders dit

bekostig om elke dag gewone klere te dra?” “Wat van leerders wat mekaar spot omdat

hulle skielik besef dat almal nie nuwe klere het nie?” “Hoe gaan ‘n mens

skoolkinders herken en bymekaarhou op skooluitstappies as almal lyk soos enige

ander kind en nie soos ‘n kind van jou skool nie?”

Beantwoord altyd die opvolgvrae. Die kanse is goed dat ‘n opvolgvraag na ‘n

volgende vraag sal lei. Besluit self watter vrae jy wil gebruik in jou finale projek – jy

hoef nie almal aan te spreek nie. Dink daaraan as ‘n toer in ‘n vreemde land: jy ry op

‘n bus en stop, klim af, gaan ondersoek enige interessante hoekies, maar jy klim elke

keer weer terug op die bus en gaan voort. As jy sou stop by een van die stalletjies en

al hoe verder afdwaal, gaan jy later nie meer weet waar die bus is nie, en jy gaan beslis ook nie jou bestemming bereik nie.

Page 151: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 151/167

Afrikaans Verwysingsgids

151

D Bespreek geldigheid van inligting:vergelyk met ander bronne

Veronderstel ‘n Marsmannetjie land met sy ruimtetuig op ‘n skoolterrein. Die skool isaan die gang en hy sien niemand nie. Hy stap na die eerste oop deur wat hy sien. Hy

besef nie hy is in ‘n meisietoilet nie. Toe sien hy iemand: dis ‘n jong meisie wat haar

gesig in die wasbak afspoel. Hy vra vir haar: “Ek het gehoor daar is mense op hierdie

aarde wat onderwysers genoem word. Het jy ‘n onderwyser?” Die meisie sê: “Ja, ek

het.“ Hy vra vir haar: “Vertel my ‘n bietjie meer oor hierdie ding wat julle ‘n

onderwyser noem.” Sy sê: “My onderwyser is ‘n baie, baie lang man. Hy het lang

hare wat by sy neusgate uitgroei. Hy haat alle kinders. As jy hom kwaadmaak, sluit hy

jou in ‘n kamer toe. Jy kan nie uitgaan nie. Jy mag nie iets eet of drink nie. Dit is baie

sleg.” Die Marsmannetjie bedank die meisie en hardloop terug na sy ruimtetuig. Hy

vertel vir al die ander Marsmannetjies: “Ons moet vlug! Dit is ‘n planeet waar die

reuse heers! Hulle het snorre wat by hul neuse uitgroei en hulle haat die kleinmensies, soos ons. Hulle is lelik met hulle, sluit hulle in tronke toe en laat hulle

doodgaan van honger en dors! Weg is ons!”

Dink jy dat hierdie Marsmannetjie regtig die hele prentjie gesien het? Was die

inligting wat hy ontvang het, geldig? Geldige inligting is inligting wat korrek is, wat

deur verskillende mense bevestig kan word en wat ‘n mens kan vertrou. Dis duidelik

dat ‘n mens nooit inligting kan vertrou as dit van net een bron af kom nie. Tog is dit

wat leerders gereeld doen: hulle lees iets op die Internet en skryf dit vir die waarheid

neer. Hulle vergelyk dit nie eers met ander bronne nie. Hulle vind nie uit wat die

persoon wat dit geskryf het, se kwalifikasies is nie. Hulle doen geen verdere

navorsing nie, maar skryf iets neer net omdat iemand, iewers in die wêreld, dit gesê

het.

Vergelyk altyd enige inligting wat jy van een bron gekry het, met inligting uit ander

bronne. ‘n Bron kan ‘n boek, die Internet, ‘n tydskrif, maar ook ‘n persoon wees wat

vir jou iets vertel. Moet nooit net een bron aanvaar nie – probeer altyd meer as een

bron gebruik. Sê in jou ondersoek watter bronne jy gebruik het.

E Onderhoude as manier om inligting te versamel

Soos genoem, is die mens waardevolle bronne van inligting. ‘n Goeie manier om

inligting te versamel, is om onderhoude met mense te voer. ‘n Onderhoud is ‘n

gesprek tussen twee mense wat volgens ‘n sekere struktuur plaasvind. Dit is nie

informeel soos ‘n gesprek wat jy met jou maat sou voer nie. Voordat jy ‘n onderhoud

voer, stel jy eers die vrae op wat jy vir die persoon wil vra. Onthou om oop vrae te vra

sodat die persoon nie die hele tyd net sê “Ja” of “Nee” nie.

Wanneer die onderhoud begin, sal die vraagsteller dikwels eers ‘n bietjie agtergrond

gee (byvoorbeeld waaroor die ondersoek gaan; wat reeds uitgevind is en hoekom die

vraagsteller dié persoon gekies het vir die ondersoek.) Dan kan hy/sy begin om vrae

te stel.

Page 152: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 152/167

Afrikaans Verwysingsgids

152

Een van die belangrikste dinge as ‘n mens ‘n onderhoud voer, is om te luister wat die

persoon vir jou sê. ‘n Mens is so geneig om net te fokus op die volgende vraag wat jy

wil stel, dat jy nooit luister nie. As ‘n mens luister, gaan jy baie keer ‘n opvolgvraag

stel wat sal lei na ‘n dieper antwoord. As jy genoeg oor een ding uitgevind het, kan jy

aangaan na die volgende vraag wat jy voor die tyd neergeskryf het. Onthou om vir die

persoon met wie jy die onderhoud voer, vrae te stel wat die volgende soort bewoording bevat: “Wat dink jy van ...?” “Hoe voel jy oor ...?” “Het jy enige bewyse

vir ...?” Moenie bang wees om te vra as jy iets wat die persoon gesê het, nie

heeltemal verstaan nie.

As jy klaar is met die onderhoud, bedank die persoon en gaan so gou as moontlik na

die tyd deur jou antwoorde om kort notas neer te skryf sodat jy sal onthou wat die

persoon gesê het. (Dit is ‘n slim plan om die hele gesprek op band op te neem.)

Deel 8Verwerk inligting

Jy het al die inligting versamel, al die bronne geraadpleeg het wat jy wou raadpleeg en

al die vrae beantwoord gekry het, jy het tonne inligting, en skielik weet jy nie watter

kant toe om te draai nie. Dit is veral die geval as jy inligting van die Internet af gekry

het.

Die volgende stap is baie belangrik: jy moet die inligting verwerk . Verwerk beteken

dat jy die inligting wat jy bymekaargemaak het, so moet organiseer dat jy iets

daarmee kan doen. Dieselfde voorbeeld, Skoolklere moet afgeskaf word , word steeds

gebruik.

A Kategoriseer en klassifiseer inligting

Die vrae wat jy aan die begin gestel het om rigting aan jou ondersoek te gee, sal jou

help met die kategorisering en klassifikasie van inligting. Dink aan ‘n biblioteek: al

die boeke is nie net deurmekaar op die rakke neergesit nie. Dit is in groepies

bymekaar gesit: die fiksie, die motorboeke, musiekboeke, naaldwerkboeke,

sportboeke, grapboeke ens.

Op dieselfde manier moet jy die inligting nou “in hopies sit”. Jy kan dit doen deur dit

werklik op ‘n tafel uit te pak en dinge wat bymekaar hoort, bymekaar te begin sit. As jy veertien onderhoude het, besluit watter hoort saam in watter groepies. Dalk is daar

‘n groepie vir alle mense wat glo in skoolklere, dalk ‘n hopie vir mense wat glo dit

moet afgeskaf word. Dalk is daar ‘n groepie vir mense wat onseker is, maar wat glo ‘n

mens moet skoolklere aanpas by die klimaat in Afrika.

Page 153: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 153/167

Afrikaans Verwysingsgids

153

B Onderskei algemene en spesifieke inligting

Jou volgende stap kan wees om te onderskei tussen algemene en spesifieke inligting.

Algemene inligting is inligting wat oor die algemeen korrek is en deur die meestemense so aanvaar word of wat op ‘n groot groep mense van toepassing is. Algemene

inligting sal byvoorbeeld wees: “Baie kinders dra skoolklere.” “Skoolklere kos baie

geld, maar ‘n verskeidenheid gewone klere is ook duur.”

Spesifieke inligting is inligting wat op ‘n spesifieke voorbeeld, situasie of persoon

van toepassing is. ‘n Sekere skool dra byvoorbeeld sweetpakke as skoolklere

gedurende die winter. Dit is spesifieke inligting, want nie alle skole dra sweetpakke as

wintersdrag nie.

C Organiseer inligting onder verskillende hofies

Gebruik die groepies inligting wat jy reeds bymekaargesit het en organiseer dit onder

verskillende hofies. Dit beteken dat jy ‘n paar woorde gebruik om te verduidelik

waaroor ‘n groepie inligting gaan.

As daar inligting oorbly, moet jy besluit of dit werklik belangrik genoeg is vir jou om

‘n hofie op sy eie te kry, en of dit nie maar inligting is wat interessant is, maar wat nie

werklik iets met jou ondersoek te make het nie.

D Orden reeks stappe of gebeurtenisseop logiese manier

Indien jou ondersoek gaan oor die verduideliking van ‘n proses, sal jy dikwels die

inligting op ‘n ander manier moet organiseer. Jy sal die inligting moet oorskryf sodat

dit ‘n reeks stappe is of die verloop van gebeurtenisse op ‘n logiese manier kan

aandui.

‘n Reeks stappe word dikwels gebruik by die verduideliking van hoe ‘n mens iets

moet doen (soos: hoe om ‘n kaartjie te maak) of hoe om ‘n proses te volg (soos: die

stappe wat ‘n mens volg vir mond-tot-mond-asemhaling).

Die verloop van gebeurtenisse word baie keer gebruik wanneer ‘n mens ‘n verslag

skryf (soos wat gebeur het voor, tydens en ná ‘n ongeluk) of wanneer jy ‘n persoon se

lewe beskryf (soos hoe ‘n seun begin rugby speel het; gekies is tydens die proewe; vir

sy span gespeel het; gekies is as kaptein en later die provinsiale span gehaal het.)

Jy sal die verloop van gebeurtenisse ook dikwels gebruik by die skryf van ‘n storie of

‘n brief.

Page 154: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 154/167

Afrikaans Verwysingsgids

154

E Organiseer inligting in tabel, pagagraaf, tydlyn,diagram en grafiese voorstellings

I. Die paragraaf

Jy het kan inligting op verskillende maniere vir mense verduidelik.

Een manier (en die een wat dikwels gebruik word) is om ‘n paragraaf daaroor

te skryf. ‘n Paragraaf is ‘n groep sinne wat oor een onderwerp gaan. Jy moet

net by die een onderwerp bly; as jy wil aangaan na ‘n volgende onderwerp, sal

jy dit in ‘n volgende paragraaf doen. Een sin in ‘n paragraaf is dikwels die

belangrikste sin en vertel vir ‘n mens waaroor ‘n paragraaf gaan, terwyl die

ander sinne meer besonderhede gee.

Wanneer jou projek uit ‘n hele paar paragrawe bestaan, sal die eerste paragraaf‘n inleiding wees waarin jy vertel waaroor jou projek gaan. Die paragrawe wat

daarop volg sal dan elkeen oor ‘n ander deel van jou paragraaf gaan en die

laaste paragraaf sal ‘n opsomming gee of jy sal jou gevoelens of jou eie opinie

oor ‘n saak gee. Die laaste paragraaf moet sterk wees en die leser moet seker

wees dat dit die einde van die bespreking is. Woorde soos: dus, daarom, op

die ou end, uiteindelik, oor die algemeen, om mee af te sluit sal help om te

wys dat dit die einde van jou projek is.

II. Die tydlyn

As jy besig is met ‘n projek waarin jy wil verduidelik dat verskillende dinge in

‘n sekere volgorde of op sekere datums gebeur het, is ‘n tydlyn ‘n baie

effektiewe manier om dit maklik te maak vir die leser om te verstaan. Jy kan

dit saam met ‘n paragraaf of op sy eie gebruik. Kyk na die volgende

voorbeeld:

Mnr. Pretorius is in 1965 gebore en is in 1971 reeds skool toe. Hy het goed

gevaar op skool en in graad 4 die prys ontvang vir die beste krieketspeler. In

1981 is hy aangewys as die beste ATKV-akteur. In 1982 het hy graad 12

voltooi en vier jaar later het hy sy onderwysgraad (B.A. Ed.) voltooi.

III. Diagramme en grafiese voorstellings

Jy kan inligting ook op ‘n diagram of as ‘n grafiese voorstelling (bv. ‘n tabel

of grafiek) weergee. As jy byvoorbeeld die volgende drie syfers: 15, 13 en 18

grafies wil wys, is hier ‘n paar voorbeelde (daar is soveel meer

moontlikhede.):

1965

Gebore

1974

Beste

krieketspeler

1971

Graad 1

1982

Graad 12

1981

ATKV-akteur

1986

B.A.Ed

Page 155: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 155/167

Afrikaans Verwysingsgids

155

0

2

4

6

8

10

12

14

16

18

20

1 2 3

0

2

4

6

8

10

12

14

16

18

20

1 2 3

F Evalueer en maak gevolgtrekkings

Dit maak nie saak hoeveel inligting jy versamel en hoe goed jy dit verwerk nie. ‘n

Ondersoek, projek of verslag is nie volledig as jy nie afsluit met ‘n gevolgtrekking

nie. Dit is jou kans om te sê: “Ek het al hierdie inligting ingesamel en gesê wat ander

mense oor die onderwerp te sê het, maar hier is nou wat ek dink en hoe ek dink dinge

behoort te verander.” ‘n Gevolgtrekking is baie belangrik. Dit gee jou opinie, jou

gevoel en jou voorstelle oor ‘n saak.

Byvoorbeeld: As jy ‘n gevolgtrekking sou skryf vir jou ondersoek na skoolklere kan

dit só klink: “Uit al die bewyse wat reeds gegee is, is dit duidelik dat iets sal móét

verander. Leerders is ongemaklik in die warm skoolklere en ouers betaal elke jaar

meer en meer vir skoolbaadjies. Ek wil dus voorstel dat baadjies afgeskaf word, en dat

die skoolklere meer by ons klimaat in Afrika moet pas. Verskillende skole moet ook

die vryheid hê om self te besluit of hulle leerders skoolklere moet dra of nie. Groter

vryheid en gesonde verstand is noodsaaklike aspekte van ‘n besluit wat op die ou end

gelukkige skoolkinders en tevrede ouers tot gevolg sal hê.”

Deel 9

Die skryfproses

A Keuse van onderwerp

Soms sal daar vir jou gesê word om oor ‘n spesifieke onderwerp te skryf. Soms is dit

makliker om oor ‘n onderwerp wat jy ken of wat jou interesseer, te skryf.

Wanneer jy ‘n onderwerp moet kies, kyk na onderwerpe waaroor jy reeds iets weet en

wat jou belangstelling prikkel. Onthou egter dat jy meer as net ‘n sin oor ‘n

onderwerp sal moet skryf. Dit is dus soms ‘n beter idee om ‘n onderwerp te kies waar

Page 156: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 156/167

Afrikaans Verwysingsgids

156

jy baie bronne vir navorsing kan gebruik, of wat baie verskillende aspekte het waaroor

jy kan skryf.

Die maklikste manier om te kies, is om vir elke onderwerp ‘n paar gedagtes neer te

skryf. Die een waaroor jy al hoe meer idees kry, is die een wat ‘n goeie keuse sal

wees.

B Dinkskrum: kopkaarte, vloeidiagramme,lyste, roosters

‘n Dinkskrum is formeel van aard en moedig ‘n groep mense aan om lateraal te dink

en opwindende, nuwe idees te vorm.

I. Kruisstimulasie

Ander mense se idees kan jou eie nuwe idees stimuleer. Selfs misverstandekan ‘n kreatiewe bron wees. ‘n Idee wat as voor die hand liggend beskou word

deur een persoon, kan gekombineer word met ‘n ander persoon se idee om

iets baie kreatief op te lewer. Die idees moet deur iemand neergeskryf word.

‘n Bandspeler kan ook gebruik word.

II. Opgeskorte oordeel

Geen idee is te belaglik om in ‘n dinkskrum te gebruik nie. Probeer die idees

evalueer. Vermy frases soos: “Dit gaan nie werk nie”, “Dit is al probeer”,

“Niemand sal daarvan hou nie”, ens.

Selfs ou idees word toegelaat. Moenie sê dat die idee nie nuut of oorspronklik

genoeg is nie. ‘n Voorsitter moet die orde handhaaf en seker maak dat

niemand mekaar se idees gedurende die sessie kritiseer nie.

III. ‘n Formele setting

‘n Dinkskrum moet beskou word as ‘n spesiale geleentheid waar enige idee

van toepassing kan wees. Hoe meer formeel die dinkskrum, hoe meer mense

sal gewillig wees om op die verlangde manier te reageer.

Idees kan ná die dinkskrumsessie geëvalueer word. Die nuttigste idees kan

uitgelig word; die bruikbare dele of “belaglike” idees kan op ‘n nuttige manier

gebruik word; ‘n lys van nuwe benaderings van die probleem, funksionele

idees en addisionele faktore wat oorweeg moet word, kan neergeskryf

word; idees wat maklik uitgevoer kan word, word geselekteer; idees wat nog

oorweeg moet word, kan gemerk word.

Daar behoort ‘n lys te wees van bruikbare idees wat onmiddellik gebruik kan

word, areas wat verdere ondersoek vereis en nuwe benaderings van die

probleem, na evaluasie.

Page 157: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 157/167

Afrikaans Verwysingsgids

157

Deel 10

Kreatiewe skryfkuns

Wenke om jou kreatiewe skryfkuns te verbeter.

I. Skryf waarvan jy weet. Lees versigtig deur die onderwerpkeuses, en:

• Verwerp enige onderwerpe waarvan jy nie hou nie, nie verstaan nie of

waarmee jy nie kan identifiseer nie.

• Wees versigtig dat jy nie van die onderwerp afdwaal nie. Jy sal baie punte

verloor as jy dit doen.

• Vermy 'n onderwerp as jy onseker is oor die formaat daarvan, bv. 'n dialoog,

dagboekinskrywing of verslag.

• Kies 'n onderwerp wat by jou persoonlikheid en vermoë pas.

• Wees oorspronklik – vermy egter onrealistiese situasies. Onthou egter dat jy

wel gevra kan word om 'n denkbeeldige storie vir 'n spesifieke teikengroep teskryf.

II. Skryf in volsinne.

• Elke sin moet 'n onderwerp en 'n gesegde bevat.

• Onthou om leestekens te gebruik!

III. Gebruik verskillende paragraaf- en sinslengtes.

• Moenie bang wees vir kort sinne nie.

• 'n Onderwerp en 'n gesegde kan 'n sin vorm: “Sy huil.”

IV. Gebruik verskillende sinskonstruksies.

• Probeer om enkelvoudige en saamgestelde sinne te gebruik.

V. Sluit sintuiglike beskrywings in.

• Beskryf dinge wat jy sien, hoor, voel, proe en ruik met gepaste byvoelike

naamwoorde (adjektiewe).

• Begin deur te besluit watter van die sintuie pas by jou onderwerp.

Vermy die volgende:

VI. Die herhaling van woorde aan die begin van sinne.• Ek het stad toe gegaan. Ek het my vriende daar ontmoet. Ons het saam roomys

geëet. Dit was baie lekker. ()

• Ek het stad toe gegaan en my vriende daar ontmoet. Daar het ons saam roomys

geëet en ons het dit baie geniet. ()

VII. Die herhaling van sinskonstruksies.

• Wissel die lengte en konstruksie van jou sinne.

• Die gesin het saam met vakansie gegaan. Hulle het deur Europa getoer. Hulle

het dit geniet. ()

Page 158: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 158/167

Afrikaans Verwysingsgids

158

• Die gesin het saam met vakansie gegaan. Hulle het dit geniet om deur Europa

te toer. ()

VIII. Die oormatige gebruik van byvoeglike naamwoorde en bywoorde.

• Sy was verskriklik, ongelooflik, vreeslik mooi. ()

Sy was ongelooflik mooi. ()

IX. Woorde wat te veel gebruik word.

• Probeer ander woorde gebruik in plaas van: baie, dinge, lekker, sleg, groot.

X. Die gebruik van groepstaal.

• Vermy dit om groepstaal te gebruik, tensy jy dit in die direkte rede gebruik om

'n punt te bewys.

• Die ouens was op na die toets. Hulle moes eers bietjie chill voor hulle kon huistoe mission. ()

Die seuns was moeg na die toets. Hulle moes eers ontspan voor hulle kon padvat huis toe. ()

XI. Clichés

• Vermy afgesaagde, holrug geryde woorde of uitdrukkings.

• Haar gesig was so rooi soos 'n tamatie. ()

• Haar gesig was so rooi soos 'n matador se doek. ()

XII. Woord-oortolligheid en toutologie

• Vermy oppervlakkige en onnodige woorde of stellings, bv. "Gee jou

persoonlike opinie." (As dit jou opinie is, dan is dit mos persoonlik!)

Vermy herhaling, bv. "Sy was moeg en uitgeput na die wedloop." (Beidehierdie beteken dieselfde.) "Sy het dit keer op keer, oor en oor gesê."

(Onnodige herhaling.)

XIII. Breedsprakigheid.

• Vermy die gebruik van te veel woorde wanneer dieselfde idee kort en duidelik

gestel kan word.

• Jy moet jouself pligsgetrou en doelgerig aanwend tot die studies vir diekomende eksamens. ()

• Jy moet pligsgetrou werk vir hierdie eksamens. ()

XIV. Onnodige gebruik van groot woorde.

• Vermy woorde wat jy nie verstaan nie, aangesien dit kan lei tot taalflaters.

• Ek het niks om te doen nie. Ek is vervelig. ()

• Ek het niks om te doen nie. Ek is verveeld. ()

.

XV. Dubbelsinnigheid

• James het vir Alfred gesê dat sy broer by die huis is. (Wie se broer is by die

huis, James s'n of Alfred s'n?)

XVI. Nommers en getalle

Gewoonlik word nommers en getalle in woorde geskryf, tensy jy die datum of'n geldelike waarde skryf.

Page 159: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 159/167

Afrikaans Verwysingsgids

159

XVII. Wenke vir die eksamen:

• Vermy voorbereide onderwerpe. Hulle is maklik herkenbaar en jy kan baie

punte so verloor.

• Volg die instruksies en spesifikasies, o.a. lengte van die opstel (bv. 200

woorde of een bladsy), tyd toegelaat (bv. een uur) en enige ander instruksies(bv. begin op 'n nuwe bladsy), ens.

Deel 15

Visuele geletterdheid

A Hoekom visuele geletterdheid belangrik is

Visuele geletterdheid is 'n belangrike instrument wat in die kurrikulum ingevoeg kan

word en elke leerarea kan verryk (UGO).

Visuele geletterdheid bied 'n wegspringplek om interpreterende vaardighede aan te

leer, soos:

• Die analise van karaktereienskappe.

• Partydigheid.

• Feit en opinie.

• Die voorspelling van uitkomstes.

• Konstruktiewe evaluering.

• Laterale denke.

Bespreking van belangrike onderwerpe, soos dwelmverslawing.

• Verbreed jou siening deur verskillende standpunte te bestry en/of aan te neem.

Visuele materiaal sluit in films, programme, prente, foto's, televisie, spotprente,

tekenprente, advertensies en advertensieborde.

Page 160: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 160/167

Afrikaans Verwysingsgids

160

B Foto’s

Analise van visuele materiaal

onderwerp Gesigsuitdrukkings, liggaamstaal en verhoudingsmilieu Gyd en plek

samestelling enuitleg

Middel, voorgrond of agtergrond: hoe skep dit betekenis?

kleur enskakering

Wat is die effek hiervan?

handeling Gebeur iets in die foto? Wat kan gesien word?

beelde en simbole Wat stel hulle voor?

fokuspunt Hoe is die kyker se oog veronderstel om te beweeg oor die

materiaal? Wat is die bedoeling hiervan?

hoek Teen watter hoek is die foto geneem en wat beteken dit?

kamera-skoot Is die foto van naby of ver geneem?

perspektief Waar is jy in verhouding met die foto? Kyk jy direk na die

beeld, af na dit of op na dit? Wat is die effek?

tema of boodskap Wat word oorgedra deur die materiaal?

Links: Die oog word gelei van die vere na die beeld in die spieël.

Regs: 'n Nabyskoot.

• Die elemente in 'n raam is versigtig geplaas deur die fotograaf.

• Daar is altyd 'n fokuspunt.

C Tekenprente

I. Tekenprente

• 'n Tekenprent is gewoonlik 'n humoristiese, getekende prent van 'n situasie.

• Tekenprente word gebruik om idees uit te druk of om aandag te trek na 'n

situasie of persoonlikheid.

Tekenprente bied vermaak, maar kan ook ernste sake aanspreek.

Page 161: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 161/167

Afrikaans Verwysingsgids

161

• Tekenprente kan slegs prente wees, kan spraakborrels hê of kan 'n onderskrif

hê.

• Elke skets word in 'n raam geplaas en kan aangebied word as 'n enkele prent ofas 'n reeks prente.

• Humor trek aandag na 'n spesifieke saak.

II. Wanneer jy tekenprente bestudeer, kyk na:(a) Die karakters.

• Is hulle eiesoortige figure, of stel hulle stereotipes voor?

• Is hulle gewoonweg voorgestel of is hulle karikature van hulself (belaglike

oordrywings)?

• Let op die gesigsuitdrukkings, liggaamstaal en verhoudings tussen diekarakters.

(b) Agtergrond en milieu

Waar en wanneer vind die toneel plaas?• Is die tekenprent gebaseer op feit of fiksie?

(c) Taal en leestekens

• Diksie – word groepstaal, jargon en/of omgangstaal gebruik?

• Strukture – word enkele woorde, frases of sinne gebruik?

• Hoe affekteer die leestekens die stemming?

(d) Handeling

• Hierdie is in die prent deur lyne, gesigsuitdrukkings en simbole aangebied.

(e) Doel• Is die doel van die tekenprent om op te voed, in te lig of te vermaak?

• Het die kunstenaar dit wat hy/sy ten doel gehad het, reggekry?

• Hoe het hy/sy die doel bereik?

Page 162: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 162/167

Afrikaans Verwysingsgids

162

Afdeling D

Woordlyste

Graad 4 Afrikaans Huistaal

Eenheid 1wekker nagmerrie vriendelik slordig pligsgetrou

liefdevol selfsugtig positiewe negatiewe kultuur

verjaarsdag spyskaart sjokoladesous partytjie vakansie

limeriek brosjure uitdrukking aanbieding interessant

Eenheid 2

troeteldier plakkaat gesprek voëls olifant

dassie erdvark dieretuin roomys besoedeling

morsjors rommel uitnodiging noodhulp verdrink belangrik reën natuur papier silwerskoon

Eenheid 3

radio program bulletin omroeper boodskap

advertensie gunsteling radiostorie karton nuus

hoogtepunt leeu muis moeilikheid soldate

ritme rym alliterasie byklank mikrofoon

Eenheid 4

tandarts noodnommer bloeddruk spieël melktandeetiket dialoog leidraad telefoongids polisie

samelewing arresteer vermis proeflees pamflet

irriterend volwassene maer vergelyking byvoorbeeld

Eenheid 5

snaaks strokiesprent gewoonte stereotipe groet

diskrimineer veiligheid beoordeel gevaar veroordeel

kommunikasie karakter vreemd Suid-Afrika feeste

Nuwejaarsdag vreemdeling uitroep bevel voorstel

Eenheid 6

vakansietyd verslag voorbereiding aantreklik speletjies

petrol Kersfees sleutels beplan hierdie

uitstappie goeie uiteindelik helfte hardloop

branderplank toebroodjie eier skinder instruksie

Page 163: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 163/167

Afrikaans Verwysingsgids

163

Graad 4 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 1

liggaam tande kleur liedjie skouer

wakker borsel rym verjaardag voorbeeldelmboog ontbyt kleure knie glas

dankie smaak klere karakter geskenke

Eenheid 2

dieretuin honde kaart diere tweeklank

besoek volwassene klein leeu ingang

alliterasie troeteldiere sokker olifant wêreld

wildtuin gister vandag môre datum

Eenheid 3

radio’s diewe program navorsing boodskap

nuus eendag jeug wanneer musiek

byklanke swembad sinoniem antoniem middernag

omroeper hoe humor uitroep Saterdag

Eenheid 4

tandarts nommer polisie vermis maer

goeie versorg gelukkig meeste broek beskrywing woedend vlermuis spieël sekuriteit

bedreig maniere geniet gaatjies fabriek

Eenheid 5

snaaks strokiesprent feeste groet vreemd

veiligheid asemhaal gevaar gewoonte luister

interessant stereotipe diskrimineer grappie pret

Suid-Afrika modder kuns Nuwejaar kommunikeer

Eenheid 6

vakansie speletjie voorberei sport kaartjie

Kersfees beplan inkopies petrol gedagtes

stilte byvoorbeeld hardloop helfte uitstappie

skinder Engels verskil legkaart verf

Page 164: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 164/167

Afrikaans Verwysingsgids

164

Graad 5 Afrikaans Huistaal

Eenheid 1

positief negatief rolmodelle bejaarde biografie

outobiografie verteller selfversekerd slordig onbeskofselfsugtig beplanning talente ontwerp mimiek

onafhanklik emosie gevoel meubels huiskoper

Eenheid 2

provinsie platteland senuweeagtig miernes inkopies

winkel produkte alliterasie slagspreuk Internet

maandeliks teikengroep skaatsplank Brittanje voetslaan

biblioteke landverlater informeel telefoon gesprek

Eenheid 3

koerant opskrif kompetisie veertig reënboë

uitblinker e-pos restaurant blatjang bestanddele

nuuskierig vergelyking personifikasie ensiklopedie gunsteling

rumoer woelig sportster namiddag voorblad

Eenheid 4

motorongeluk padteken roete spoedvraat ideale

oortreding padgebruiker wette fietsryers bestuurderverkeersligte verbeelding weerkaatser padsterftes versigtig

moeilikheid dronkbestuur modderskerm truspieëltjie fortuin

Eenheid 5

heuwel horlosie snaaksste beserings koeël

kragstasie motordiefstal ongelukstoneel giggel grapmaker

belediging onderhoud groepsdruk stokkiesdraai verkeerd

bewonder skuldig elektrisiteit vlieër ontruiming

Eenheid 6

snoepwinkel herinner onmiddellike misdaad huiseienaar

sjokolade versiering ingewande kalkoen vuurwerke

verstand Amerikaner stukkend worsbroodjie rondomtalie

marmotjie eergister alfabet godsdienstig ornamente

Page 165: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 165/167

Afrikaans Verwysingsgids

165

Graad 5 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 1

gevoel spesiaal kwadrupleeg gevaarlik hondjie

gesin familie hinder plesier glimlagoomblik roomkleurig babatjie eensaam tandjies

speelmaat stukkend belangstel veearts ontspanning

Eenheid 2

toekoms môre grillerig resensie ouderdom

illustrasie seisoen skuins Australië sonnig

middelste teenoorgestelde definitief vertrek ontspan

Johannesburg skoolterrein netjies Kaapstad familie

Eenheid 3

foto’s produkte verandering vermaak medalje

nuusberig skindernuus informeel formeel opskrif

onderhoud inhoud skuiling polisie sportberig

sokker fliekskaal strokiesprent kiekie album

Eenheid 4

motorfiets fiets stamp vervoer sleutel

padveiligheid voordele nadele straatplan beseringoorsaak gevolg moeilikheid gearresteer ideaal

wens wetenskaplike beroep miljoen sanger

Eenheid 5

humor grappe vullissak beledig regering

groepsdruk invloed stokkiesdraai verkeerd fout

teleurgestelde interessant vreemd elektrisiteit vlieër

brosjure vorentoe hartjie liefie agtertoe

Eenheid 6

vakansiedae nasionaal bespreek gastehuis sakgeld

versorg sjokolade versierings kalkoen gedurende

vuurwerke oorsee Tafelberg verlang windmeul

moed plastiek bygelowe alfabet godsdiens

Page 166: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 166/167

Afrikaans Verwysingsgids

166

Graad 6 Afrikaans Huistaal

Eenheid 1

biografie outobiografie verteller netjies besonderhede

eienskappe vrygewig afgunstig gewild etiketgesin antwoordmasjien situasie vergadering agenda

notule kommunikasie jeug modieus rolmodel

Eenheid 2

sprokieswêreld toeriste antiek piramide tempel

China lewens wildspesies skoonheid rassisme

slagting verminder insekte osoonlaag rookmis

personifikasie rommel noodlot heilig verduidelik

Eenheid 3

waarskuwing inligting Internet stereotipe blondine

aankondiging akteurs erfgename stilbly kledingstuk

verhouding aanbieder kommentator oogkontak e-pos

selfoon winkelsentrum mimiek konflik simbool

Eenheid 4

stokperdjie belangstelling positief dialoog vlieënier

vervoer vliegtuig passasiers lugwaardin vlugkelnerarena kolossale restaurant argitekte deurmekaar

dankbaar waardering paragraaf aanhef slot

Eenheid 5

voorwerp kleredrag gaatjies feit bewering

volstruis dokumente aanhoudend lengte uitverkoping

griep inspuiting babbelkous verkoue geliefdes

haelgeweer reëndruppel Suid-

Afrikaners

bêre finansieel

Eenheid 6

verslaafde onaktief akademies motivering relatief

prestasie teleurstelling bemoedig geesdrif uitstekend

gholf verslaggewer kategorie treurig lyding

idioom veralgemeen oujongkêrel ondersteuning dubbelsinnig

Page 167: Afrikaans Verwysingsgids

7/25/2019 Afrikaans Verwysingsgids

http://slidepdf.com/reader/full/afrikaans-verwysingsgids 167/167

Graad 6 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Eenheid 1

boelie televisie gesinne regte kinders

voëltjie verlede toekomende doelwitte verbeter bereik verskille ooreenkomste ouers beskrywing

liggame oefening idees opgewonde energie

Eenheid 2

kameelperd moeilik ruil kleintjies moeite

vlammetjie tussen speletjies koeldrank deurmekaar

grappies môre luister gesels mekaar

middag aandete ontbyt geëet rooster

Eenheid 3

ideale bekende aanbied geweld nuusmedia

vermaak televisie gunsteling geleentheid aanbieder

plaasvind rooster gewild eienskappe produk

alledaagse kunstenaar manipulasie advertensie gehoor

E h id 4