8
Bladsy 1 van 8 1 SAMUEL 3:1-21 18 Januarie 2009 Die eerste openbaring aan Samuel 3 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2 Eli se oë het al swak begin word, hy kon nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3 en die lamp van God het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God was, 4 en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: “Ek kom!” 5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” En Samuel het gaan lê. 6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” 7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen aan hom geopenbaar nie. 8 Die Here het Samuel toe ’n derde keer geroep, en hy het opgestaan en na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun geroep het, 9 en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u dienaar luister!” Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê. 10Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!” En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!” 11Die Here sê toe vir Samuel: “Ek gaan ’n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se twee ore sal laat tuit. 12Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig het, van begin tot end. 13Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy hulle nie bestraf nie. 14Daarom bevestig Ek met ’n eed aangaande die familie van Eli: die ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.” 15Daarna het Samuel gaan lê tot die oggend, en toe die deure van die huis oopgemaak. Hy was bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel. 16Maar Eli het vir Samuel geroep en gesê: “Samuel, my seun!” Hy het gesê: “Ek kom!” 17Eli sê toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.” 18Toe vertel

1 Sam 3.docx

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1 Sam 3.docx

Bladsy 1 van 8

1 SAMUEL 3:1-21 18 Januarie 2009

Die eerste openbaring aan Samuel

3 Die seun Samuel het die Here gedien onder toesig van Eli. Die woord van die Here is in daardie

tyd min gehoor, daar was nie dikwels openbarings nie. 2 Eli se oë het al swak begin word, hy kon

nie meer goed sien nie. Vroeg een môre het Eli nog op sy slaapplek gelê, 3 en die lamp van God

het nog helder gebrand. Samuel het ook nog gelê in die tempel van die Here waar die ark van God

was, 4 en toe roep die Here na Samuel. Samuel het geantwoord: “Ek kom!”

5 Hy het na Eli toe gehardloop en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Maar Eli sê: “Ek het

nie geroep nie! Gaan lê maar weer.” En Samuel het gaan lê.

6 Die Here het weer na Samuel geroep, en hy het opgestaan, na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek,

want u het my geroep.” Toe sê Eli: “My seun, ek het nie geroep nie! Gaan lê maar weer.”

7 Maar Samuel het nog nie die Here geken nie, want die woord van die Here was nog nie voorheen

aan hom geopenbaar nie. 8 Die Here het Samuel toe ’n derde keer geroep, en hy het opgestaan en

na Eli toe gegaan en gesê: “Hier is ek, want u het my geroep.” Toe besef Eli dat die Here die seun

geroep het, 9 en Eli sê vir Samuel: “Gaan lê en as iemand jou weer roep, sê jy: Praat, Here, u

dienaar luister!” Samuel het toe gegaan en op sy slaapplek gaan lê.

10Die Here het gekom en gaan staan en soos die vorige kere geroep: “Samuel, Samuel!”

En Samuel sê: “Praat, Here, u dienaar luister!”

11Die Here sê toe vir Samuel: “Ek gaan ’n ding in Israel doen wat elkeen wat daarvan hoor, se

twee ore sal laat tuit. 12Op daardie dag sal Ek vir Eli alles voltrek wat Ek oor sy familie aangekondig

het, van begin tot end. 13Ek het aan hom bekend gemaak dat Ek sy familie vir altyd gaan straf oor

die ongeregtigheid waarvan hy geweet het. Ja, toe sy seuns die vloek oor hulle gebring het, het hy

hulle nie bestraf nie. 14Daarom bevestig Ek met ’n eed aangaande die familie van Eli: die

ongeregtigheid van Eli se familie sal sekerlik nooit deur diereoffer of graanoffer versoen word nie.”

15Daarna het Samuel gaan lê tot die oggend, en toe die deure van die huis oopgemaak. Hy was

bang om die openbaring aan Eli te gaan vertel. 16Maar Eli het vir Samuel geroep en gesê: “Samuel,

my seun!” Hy het gesê: “Ek kom!”

17Eli sê toe: “Wat het die Here met jou gepraat? Moenie iets vir my wegsteek nie. God sal jou met

die dood straf as jy iets van wat Hy aan jou bekend gemaak het, vir my wegsteek.” 18Toe vertel

Page 2: 1 Sam 3.docx

Bladsy 2 van 8

Samuel hom alles; hy het niks weggesteek nie. En Eli het gesê: “Hy is die Here, laat Hom doen soos

Hy wil.” Samuel, ’n betroubare profeet

19Samuel het grootgeword. Die Here was by hom en het nie een van Samuel se woorde onvervul

gelaat nie. 20Die hele Israel van noord tot suid het gemerk dat Samuel betroubaar was as profeet

van die Here. 21Die Here het toe weer in Silo verskyn, want Hy het Hom in Silo aan Samuel

geopenbaar deur die woord van die Here.

Die gevaar om in die kerk te slaap

Iemand het voorgestel dat ’n goeie titel vir ‘n preek oor hierdie episode in Eli se lewe, sou wees –

“Die gevaar om in die kerk te slaap”.

Dit laat dink my aan die ou storie van ’n man wat baie lief was vir slaap in die kerk. Die

predikant was later so gefrustreerd met die man se geslapery tydens sy preek dat hy

besluit het om die man ’n lessie te leer. Die predikant se eentonige manier van preek het

die man gou-gou gesus tot in ’n diepe slaap. Die predikant het hierna vir die gemeente

gesê: “Almal wat hemel toe wil gaan, staan op!” Almal het opgestaan behalwe die

slapende man.

Die predikant het almal laat sit en toe gevra: “Almal wat hel toe wil gaan...” hy het sy vuis

op die kansel hard geslaan en hard geskreeu: “... Staan op!”

Die slapende man het met ’n gesnork wakker geskrik en penorent gespring – en die res van

die gemeente het omtrent gegiggel. Die man het rondgekyk na al die mense wat bly sit het

en toe na die predikant gekyk en gesê: “Dominee, ek weet nie waarvoor ons stem nie,

maar dit lyk of ek en jy die enigstes is wat ten gunste daarvan is!”

Maar ... Samuel het net soos Eli in die kerk, dit is nou letterlik in die tempel geslaap ... en anders as

Eli, het hy daar God se stem gehoor.

Agtergrond:

U ken die verhaal goed.

Net om die breër prentjie eers te skets:

Die eerste boek van Samuel vertel die verhaal van die eerste koning van Israel, Saul.

Die tweede boek vertel die verhaal van Dawid, die tweede koning. En die boeke word na

Samuel vernoem omdat hy hierdie twee konings gesalf het.

1ste Konings vat die verhaal dan verder met Salomo en so aan met die res van die konings

van Israel en later die Suid-ryk en die Noordelike ryk.

Page 3: 1 Sam 3.docx

Bladsy 3 van 8

Hoofstuk 1-7 van 1 Samuel vertel die begin van die verhaal, die verhaal van Samuel en later die

verhaal van die ark. Samuel is ‘n unieke karakter, gelyktydig priester, profeet en rigter (leier-

koning), gebore uit ’n vrou wat nie kinders kon hê nie, wat uit dankbaarheid teenoor die Here,

hom in die sorg van die priester Eli gelaat het om voltyds in diens van die Here te staan.

Waar Eli se seuns ’n goddelose spul was, het Samuel die guns van die Here geniet.

Hoofstuk 3 vertel nou hoedat die Here hom geroep het om as ’n betroubare profeet op te tree.

Uitleg:

In die eerste vers word dit duidelik gemaak dat die Here nie meer gereeld met Sy volk deur profete

of priesters gekommunikeer het nie. Waarskynlik is die rede hiervoor die sonde van Eli en sy

familie, soos bekendgemaak in hoofstuk 2. In die sewe, agt jaar wat Samuel onder toesig van Eli in

Silo was, het die woord van die Here net een keer tot iemand gekom.

Soos talle kere in die heilsgeskiedenis, sou God dan ook hier nie deur Eli, die ervare priester, met

Sy volk praat nie, maar deur die geringste – die jong seun Samuel.

Die verhaal van God se roeping van Samuel begin toe hy in die tempel by die ark geslaap het, en

die bejaarde Eli (sy oë was al swak - in 4:15 is hy basies blind en 98 jaar oud) op sy beurt in ’n

kamer langs die tempel geslaap het. Die priesters se slaapplek was in vertrekke langs die tempel

sodat hulle ook snags kon toesig hou (vgl. Eks. 33:11).

Vroeg in die môre het die Here na Samuel geroep. Die lamp waarna hier verwys word (vers 3)

moes deur die nag in die tempel brand en is eers in die môre, wanneer dit lig word, geblus (sien

Eksodus 27:21).

Nadat God drie keer na Samuel geroep het – en hy Eli gaan pla het – besef Eli dat dit God is wat na

die jong seun roep.

Gevolglik gee hy aan hom leiding, eintlik ‘n soort liturgiese stukkie raad, oor hoe hy moes

antwoord (Praat, Here, u dienaar luister) indien die Here hom weer sou roep.

Interessant is dat in die oorspronklike Hebreeuse manuskrip, Samuel die vierde keer antwoord

sonder om die woordjie “Here” te gebruik, hy sê net: “Praat, u dienaar luister” - dalk omdat hy nog

onseker was of dit werklik die Here was wat met Hom gepraat het. Die woord is in die Afrikaanse

vertaling bygevoeg.

Dit is dus duidelik dat Samuel op die stadium nog nie die Here waarlik geken het nie. God kies

iemand wat as’t ware van onder af kan begin om ‘n pad met Hom te loop. En dit is ook interessant

dat dit wil lyk asof daar nie net ‘n stem was nie, maar een of ander verskyning van die Here. Die

skrywer vertel dat die Here gekom het (vgl. Deut. 33:2; Ps. 50:3), gaan staan het (vgl. Eks. 34:5;

Page 4: 1 Sam 3.docx

Bladsy 4 van 8

Num. 22:22) en dan vir Samuel twee keer op sy naam (amper soos met Moses in Eks. 3:4) geroep

het.

Die eerste boodskap wat Samuel as profeet moes bring, was ’n harde boodskap. Eli se seuns wat

die offerdiens by die huis van die Here oneer aangedoen het, sou sterf. Die Here maak dit duidelik

dat geen versoeningsoffer hulle sondes kon uitwis nie, want hulle het die offers ontheilig.

Eli word ook nie gespaar nie. Omdat hy hulle laat begaan het, word hy saam met hulle veroordeel.

Tot Eli se krediet aanvaar hy God se oordeel oor sy versuim om sy seuns te straf in geloof (vers 18).

Die gedeelte sluit af met ’n oorsig van Samuel se grootword jare. Die belangrikste is dat die Here

by hom was en dat Hy nie een van Samuel se woorde onvervul gelaat het nie. En waar die Here se

woord in die begin afwesig was in die land, het dit nou “van Dan tot Berséba” (so in die Hebreeus)

onderskeidelik die noordelike en suidelike grens van Israel – weerklink.

Hoe klink God se stem?

Dit laat dink my aan die storie …

’n Jong kind het ’n spontane vraag tydens ’n erediens gevra. Dit het gebeur toe die kinders

almal kansel toe gekom het vir die kindertyd. Voor die predikant haar eerste woorde kon

sê, het die seun gevra: “Hoe klink God se stem?”

Almal in die gemeente het gewag op die predikant se antwoord op die vraag “Hoe klink

God se stem?”

Sy het stadig begin praat: “God se stem klink soos …” terwyl sy ’n skietgebed bid: “Here,

help asb!”

Sy het weer begin: “Die stem van God klink soos jou beste vriend, soos iemand wat vir jou

lief is, soos iemand wat jy vertrou, iemand met wie jy dinge kan deurpraat. Die stem van

God klink soos jou ma of pa of gunsteling “baby sitter” wat jou troos as jy in die nag ’n

slegte droom gehad het. Jy hoor hoe hulle langs jou bed praat: “Alles is okei. Alles is reg.

Ek is hier langs jou.”

En ons kan ‘n paar ander maniere byvoeg, God praat deur Die Bybel, deur ’n boek, deur ‘n fliek,

deur musiek en die natuur.

Herkenning

Soms is dit maar moeilik om God se stem te herken; soos in Samuel se geval. Samuel was besig

om te leer hoe om na ‘his Master’s voice’ te luister[1]. Dit is ons probleem ook. Dan het ek en jy

vriende of ander mense nodig om ons daarmee te help - soos Eli vir Samuel gehelp het.

Page 5: 1 Sam 3.docx

Bladsy 5 van 8

[1] ‘His Master’s voice’ is ’n skildery van ’n skilder se hond, Nipper, wat die handelsmerk van

RCA Victor geword het. Dit is vandag een van die mees herkenbare handelsmerke ter

wêreld. Lees meer daaroor by http://en.wikipedia.org/wiki/HMV

Versigtig vir die komitee in jou kop!

Jan Johnson waarsku dat ‘n mens in jou luister na God versigtig moet wees vir die stemme van die

“komitee” in jou kop! Sy noem hulle “your worst interrupters” (Savoring God’s Word p 76). Hulle

maak God se stem na, maar is eintlik deel van een of ander gebrokenheid in jouself.

Die een komitee-lid wat my tref in haar lysie is “The rescuer” - die een wat voorstel dat jy betrokke

raak by alles en almal … sodat hulle jou kan waardeer! “As a result, busyness is next to godliness.”

Daarom sê sy: “If you think you hear God saying in every passage, ‘Help people until it exhausts

you. Make people happy.’ that is not God but your rescuer sabotaging your meditation.”

Sy stel ook voor dat ‘n mens nie die stemme moet probeer uitdoof nie, maar moet herken vir wat

hulle is. En dan: “gently escort (them) to the door of your heart”, terwyl jy bv. vir die “rescuer” sê:

“God shows up in every catastrophe. Sometimes God asks you to come along; other times, you

stay behind.”

Mense maak dit ook nie altyd maklik met hulle skeptisme nie.

Lili Tomlin, die Amerikaanse komediant, het ’n pittige opmerking gemaak: “Why is it when we talk

to God, we call it prayer, but when God talks to us, we say you're schizophrenic.”

God praat vandag nog met mense. God praat nie net met ons op een manier nie, wees oop vir Sy

metodes! Ons kan dus elke môre vra, “Here, laat my vandag U stem hoor.”

Hulp dié kwartaal

Didage gaan aan – en elkeen van die aanbiedinge het in ‘n mindere of meerdere mate iets oor die

herkenning van die stem van die Here.

Gehoorsaamheid

Maar nou vir iets baie kosbaar.

C.S. Lewis het gesê: “There are two kinds of people in the world: those who respond to God

saying, ‘Thy will be done, God, have it Your way’ and those to whom God says, ‘All right, then,

have it your way.’”

As ‘n mens die Here se stem hoor, en jy doen nie wat Hy sê nie, dws jy is nie gehoorsaam nie,

dwarsboom jy jou herkenning van die Here se stem. Dit is wat met Eli gebeur het – Hy het die

Page 6: 1 Sam 3.docx

Bladsy 6 van 8

stem van die Here geken … maar met tyd ongehoorsaam geraak daaraan … en toe die herkenning

van die stem van die Here verloor (have it your way).

Gehoorsaamheid herstel nie net jou verhouding met die Here nie. Dit is die enigste wyse waarop

jy sal voortgaan om die stem van die Here te hoor.

Hoe kan ons gehoorsaam?

Nou wat vra die Here van ons? Wat is die dinge waaraan ons gehoorsaam moet wees? Wat is die

dinge wat ons moet doen, sodat ons die woord van die Here kan hoor en herken?

Wel ons hoef net te doen wat Samuel gedoen het. Hy illustreer wat elke kind van God moet doen.

Hy was ’n koning (reg laat geskied – in die uitvoering van sy pligte), Hy was ’n priester (liefde en

trou bewys – in sy omgee vir mense) en Hy was ‘n profeet (bedagsaam gelewe voor God – wat

ingesluit het dat hy die woorde van God met sy mense gedeel het).

En dit is wat Miga in hfst. 6:8 verduidelik:

8Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is:

Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied,

dat jy liefde en trou sal bewys,

dat jy bedagsaam sal lewe voor jou God.

Dis God se BTW vir die lewe:

Beoefen regverdigheid en billikheid.

Toon liefde en trou.

Wandel met God.

Micah 6:8 The Message:

But he’s already made it plain how to live, what to do,

what God is looking for in men and women.

It’s quite simple: Do what is fair and just to your neighbour,

be compassionate and loyal in your love,

and don’t take yourself too seriously – take God seriously

Miga 6 : 8 se kinder parafrase

Page 7: 1 Sam 3.docx

Bladsy 7 van 8

Play fair (reg sal laat geskied) - Koning

Be nice (liefde en trou sal bewys) - Priester – Wounded & Gentle Healer

Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) - Profeet

1. Om Koning te wees - het te maak met jou daaglikse lewe – jou werk, skool, universiteit , wat

ook al. Hoe pak jy dit aan? Is ‘play fair’ deel van jou aanslag? Die aksent is op play & fair – speel én

regverdig. Dit beteken dat ons die wêreld aan die kant sal maak sodat mense daarin kan speel!

Luther was lief om te sê: “God melk die koeie deur jou.” M.a.w. alles wat jy doen, is potensieel ’n

roeping van God. God wat deur jou wil werk. Somtyds kan dit moeilik wees om in ons daaglikse

doen en late te sien dat dit ’n roeping van God af is.

2. Be nice (liefde en trou sal bewys) - Priester

Beoefen liefde in alles wat jy doen! Gee liefde vir mense, maar as jy dit nie kan regkry nie, sal jy

dan ten minste probeer om niemand seer te maak of kwaad aan te doen nie?

Dit was Winston Churchill wat die wyse woorde kwyt geraak het: “We make a living by what we

get, but we make a life by what we give.”

3. Hold God’s hand (bedagsaam voor God sal leef) – Profeet

Lees die Woord daagliks (Deut. 29:29) - leer meer hoe God is, en wat vir Hom belangrik is. Hoe

beter ons God se denke, motiewe en maniere leer, hoe meer sensitief sal ons wees om Sy wil te

gehoorsaam.

Lees My woord, Hê My Woord lief, Leef my Woord.

Die gevolg van sulke optrede?

As ‘n mens dié dinge doen, as jy só gehoorsaam raak, dán kom daar meer spesifieke opdragte van

die Here, wat maar net meer spesifiek uitvoering gee aan play fair, be nice en hold God’s hand.

Om jou roeping na te kom, jou spesifieke roeping as gelowige (en dit is ook waar van ons as

gemeente), begin by die algemene goed, en dan word dit meer spesifiek.

Ek sluit af – wat kan ‘n mens verwag as jy begin om te luister en regtig te doen?

Die volgende storie verduidelik iets daarvan:

’n Klomp teologie studente is in die studie lokaal deur hulle dosent betrap waar hulle sit en

Dambord speel – in plaas van om die Bybel te bestudeer soos hulle veronderstel was om te doen.

Baie verleë is hulle toe gou agter die boeke in. Maar die dosent glimlag en sê hulle hoef nie

Page 8: 1 Sam 3.docx

Bladsy 8 van 8

skaam te wees nie, want as hulle mooi kyk, sal hulle God se wette kry waar hulle hulleself ook al

mag bevind.

Hy vra hulle toe of hulle die drie reëls van Dambord ken. Natuurlik, het hulle gedink, hulle ken die

reëls van die spel wat hulle speel! Maar nie een was so voorbarig om te lyk of hy die dosent wil

leer nie. Daarom gee die dosent, ’n student van die Bybel en teologie, vir hulle die reëls van

Dambord deur:

Eerstens, sê hy, ’n mens mag nie twee skuiwe tegelyk maak nie.

Tweedens, ’n mens mag net vorentoe skuif.

En Derdens, as ’n mens die laaste ry bereik het, kan jy skuif net waar jy wil.

Dit, sê hy, is wat die Bybel ook leer. Toe stap hy weer uit.

Eers baie later het die studente besef wat hulle daardie dag deur Dambord geleer is:

1. Hulle moet nie hulle lewens versmoor deur meer as een skuif op ‘n slag te probeer maak

nie,

2. Hulle moet hulle doel, dit waaraan hulle werk (in Miga se woorde: play fair, be nice, hold

God’s hand), duidelik voor oë hou,

3. en dat hulle eers waarlik vry gaan wees as hulle by die laaste ry uitkom. As hulle God en

hulle naaste liefhet soos hulleself.