8
Johannes 5:1-17 Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda Johannes 5:1-17 English on PowerPoint Die genesing op die sabbatdag by Betesda 5 Hierna was daar weer ’n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2 By die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3 waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. 4 d 5 Onder hulle was daar ’n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6 Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?” 7 Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.” 8 Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.” 9 Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop. Dit was ’n sabbatdag. 10 Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is ’n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.” d d Sommige manuskripte voeg hierby: … wat gewag het dat die water in beweging kom. 5:4 Van tyd tot tyd het ’n engel van die Here in die bad neergedaal en die water in beweging gebring. Die een wat dan eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het. Bladsy | 1

Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

Johannes 5:1-17Die derde wonderteken van Jesus – die genesing van die man by Betesda

Johannes 5:1-17English on PowerPoint

Die genesing op die sabbatdag by Betesda

5 Hierna was daar weer ’n fees van die Jode, en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan. 2By die Skaappoort in Jerusalem was daar ’n bad met die Hebreeuse naam Betesda. Dit het vyf pilaargange gehad, 3waar daar baie gestremdes gelê het: blindes, kreupeles en lammes. 4 d 5Onder hulle was daar ’n sekere man wat al ag en dertig jaar lank siek was. 6Jesus het hom sien lê en het geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy vir hom: “Wil jy gesond word?”

7Die sieke het Hom geantwoord: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand anders voor my in.”

8Jesus sê toe vir hom: “Staan op, tel jou goed op en loop.”

9Oombliklik het die man gesond geword, sy goed opgetel en geloop.

Dit was ’n sabbatdag. 10Die Jode sê toe vir die man wat genees is: “Dit is ’n sabbatdag; jy mag nie jou goed dra nie.”

11Maar hy antwoord hulle: “Die man wat my gesond gemaak het, het vir my gesê: Tel jou goed op en loop.”

12Hulle vra hom toe: “Wie is die man wat vir jou gesê het: Tel jou goed op en loop?”

13Die man wat gesond geword het, het egter nie geweet wie dit was nie, want Jesus het ongemerk weggegaan omdat daar ’n klomp mense op die plek was.

14Later kry Jesus hom in die tempel en sê vir hom: “Kyk, jy is nou gesond. Moet nou nie meer sonde doen nie, sodat daar nie iets ergers met jou gebeur nie.”

15Die man het vir die Jode gaan vertel dat dit Jesus is wat hom gesond gemaak het. 16Die Jode het toe teen Jesus te velde getrek omdat Hy dit op ’n sabbatdag gedoen het. 17Maar Jesus het Hom teen hulle verweer: “My vader werk tot nou toe, en Ek werk ook.”

Woordverkondiging1. Wat is jou favorite drankie? Rooibos, Red Bull of ’n Rowwe rossie – vodka en Oros. Sommige van dié goed kan nogal roer aan jou. Dit kan jou verkeerd roer, in ’n ander staat inroer.

dd Sommige manuskripte voeg hierby: … wat gewag het dat die water in beweging kom. 5:4 Van tyd tot tyd het ’n engel van die Here in die bad neergedaal en die water in beweging gebring. Die een wat dan eerste ingaan ná die roering van die water, het gesond geword, aan watter siekte hy ook al gely het.

B l a d s y | 1

Page 2: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

2. Soos die Nek nominations wat aanvanklik ingesluit het dat jy ’n bier moet “down” met ’n selfie op video, en dan iemand moet nomineer om dit ook op video vas te lê binne 24 uur daarna. Dit het nou al heeltemal ontaard op plekke, vier ouens is dood in Brittanje alleen, een ou het ’n bottel van een of ander drank gesluk en in die rivier gespring en verdrink.

3. Maar dit het by sommige ander in ’n “goeie daad doen” ontwikkel, soos onse eie Ruhan nou die aand geïllustreer het met ’n burger vir die personeel by die Steers kompleks. Hy het die Nek nominations sommer nek omgedraai! Hy het die burgers self gebak ook, mooi man! Hier is nog ’n foto van hom, dat julle darem kan sien hoe hy lyk.

4. En Rethie het nie agtergebly nie en self gepresteer met ’n eie goeie daad vir Thand'usana. Dit is die manier waarop wonderwerke ook vandag gebeur – iemand se lewe wat verander word deur iemand anders wat omgee. Dit is die tipe goed wat die evangelie so aantreklik maak. Iemand wat nie nodig het om om te gee nie, maar dit in elk geval doen.

5. Ons teks fokus op ’n man wat by die water lê, maar hy wil die water nie drink nie, hy wil heeltemal in die water inklim. Elke keer as die water geroer word, skuifel hy nader, want hy glo dit sal hom genees. Maar ai, dit is altyd net te laat.

6. En so gaan die tyd verby, ’n maand, twee maande, ses maande – en hy skuifel en hy faal en gaan lê maar weer. Een jaar gaan verby en nog een, 38 jaar lank! So lê hy saam met al die ander gestremdes daar rondom hom by die Bad van Betesda by die Skaappoort in Jerusalem.

7. Maar Iemand staan uiteindelik nader, Jesus. “Jesus het hom sien lê en geweet dat hy al baie lank siek was. Toe vra Hy hom: ‘Wil jy gesond word?’” Wat ’n vraag!

8. Maar, dan antwoord die man Jesus: “Meneer, ek het niemand om my in die bad te sit as die water in beweging kom nie; en terwyl ek aansukkel, gaan iemand ander voor my in.” Let op, hy vra nie vir Jesus om hom gesond te maak nie. Hy wil net in die water kom. Miskien kan Jesus hom daarmee help ...

9. Jesus help hom egter nie in die water in nie. Jesus doen iets baie meer. Hy genees Hom, want dít is wat Jesus kom doen het: “Staan op, tel jou goed op en loop”. So maak Jesus die heerlikheid van God die Vader bekend. Dit is waaroor hierdie derde wonderteken gaan. Dit is om God se mag oor gestremdheid te demonstreer, sodat mense tot geloof in Hom kan kom.

10. En wat gebeur? Die man raak gesond, tel sy goed op ... en loop. Weg van Jesus af! ’n Mens sou dink dat hy sou dankie sê. Dat hy bly sou wees. Dat hy meer sou wou weet van hierdie man wat hom genees het. Maar, nee. Hy tel sy goed op en loop, weg van Jesus af.

11. Met sy interaksie met die Jode wat hom uitvra oor hoekom hy sy goed op ’n Sabbat dra, kom ’n mens agter dat hy regtig nie weet wie Jesus is nie. En ’n mens sou dit kon verstaan. Miskien was hy só verbaas, dat hy net nie gedink het nie.

12. Maar, toe Jesus Hom uiteindelik in die tempel raakloop – let op dat dit Jésus is wat hóm opspoor – en hom die opdrag gee om nie meer sonde te doen nie, sodat iets ergers nie met hom gebeur nie, dan kom jy agter, daar is regtig iets vreemds aan die man se reaksie. Terloops, Jesus bedoel waarskynlik met sy opdrag dat hy ’n nuwe kans op lewe gekry het, en dat hy dit nie moet vermors

B l a d s y | 2

Page 3: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

nie. Jesus wys immers in hoofstuk 9 met die genesing van die blinde man juis die oorsaaklike band tussen sonde en siekte af. Maar, terug by ons storie, in plaas daarvan om dieper in te vra, Wie is U, Here, wat kan ek vir U doen, Here, gaan klik hy eenvoudig op Jesus, al is dit Jesus wat die man gesond gemaak het! Die Jode het dié nuus gebruik om vêrder teen Jesus te velde te trek en Hom aan te kla dat Hy die sabbatdag nie eer nie.

13. Hoekom maak die gestremde man só? Een teorie daaroor is dat hy eintlik ’n Asclepius aanhanger was ... die Griekse god vir medisyne. Daar is onlangs ’n hele aantal slang figure uitgegrawe by hierdie poel wat aan Asclepius, die god van genesing, verbind word, wat steun aan dié idee gee (Charlesworth). Die mense by die bad het dus moontlik vir Asclepius se ingrype by die Bad van Betesda gewag.

14. Dit wil dus lyk asof daar ’n spanning in die storie is, dat die verlamdes by die poel nie net vir die Here se ingrype in hulle lewens gewag het nie, vir ’n engel wat die water sou roer nie (soos sommige manuskripte dit het), maar ook moontlik juis vir Asclepius.

15. Interessant genoeg, een van Asclepius se dogters was Higiëne. Regtig! Sy staf, met die slang wat daarom gedraai is, is vandag nog die teken van medisyne. Die eerste Hippokratiese eed was: “I swear by Apollo the Physician and by Asclepius and by Hygieia and Panacea and by all the gods ...” Die slang het vir twee dinge gesimboliseer: 1) lewe en dood asook 2) nuwe lewe, gekoppel aan die feit dat slange vervel.

16. Die Asclepius staf met die slang daarop herinner ’n mens ook aan die koperslang op die paal wat genesing vir die volk in die woestyn gebring het (Num. 21) en Jesus se kruisdood voorafgeskadu het. Mettertyd het mense egter dié koperslang op die paal aanbid, as afgodsbeeld, genoem die Negustan, wat Hiskia in sy koningstyd in die 8ste eeu vC daarom met reg verwoes (2 Kon. 18).

17. Wat Jesus dus hier doen, indien dié teorie waar is, is om die geloof in Asclepius as waardeloos uit te wys. Asclepius genees nie. Jy kan nóg 38 jaar hier by die Bad van Betesda lê en jy sal steeds siek wees. Jy sal stééds aan jou gestremdheid ly. Dit is net deur Jesus dat ’n mens met die ware God in aanraking kom. Jesus wys dus met sy genesing van die gestremde man dat dit God is wat genees en nie Asclepius nie.

18. En dít mis die gestremde man. Hy raak gesond. Hy kan weer loop. Maar, in sy geval beteken dit dat hy weg van Jesus af loop. Hy mis die geleentheid van dié genesing. Sy genesing bring nie vir hom geloof nie. Dit wys dié verhaal vir ons. En dít is só jammer!

19. Wat sê die verhaal dan vir ons? Dat geloof die gevolg is van ’n verhouding met God. God steek die vlam van geloof in ons harte aan. Dit is waarom gestremdheid of gesondheid nie die finale woord oor ’n mens se lewe spreek nie. Dit is waarom hoe beweeglik of onbeweeglik jy is nie die waarheid oor jou lewe is nie. Dit is met Wie jy in verhouding is, wat die waarheid oor jou lewe is.

20. Daarom moet ek herhaal wat nou al drie Sondae gesê is. Die evangelie van Johannes gaan oor Jesus. Die doel van die evangelie is om ons te oortuig dat Hy die Christus is, die Messias, die Seun van God en sodat ons deur in Hom te glo die lewe kan hê en dít in oorvloed (Joh. 20:30-31).

21. Dit is ook spesifiek waar van die wondertekens van Jesus. Johannes skryf aan die einde van die evangelie: “Jesus het nog baie ander wondertekens, wat nie in hierdie boek beskrywe is nie, voor sy

B l a d s y | 3

Page 4: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

dissipels gedoen. Maar hierdie wondertekens is beskrywe sodat julle kan glo ...” Wonderwerke is dus tekens van God se werk sodat ons in God kan glo.

22. Dit is daarom ook waar van dié diens. Die getuienis oor Jesus se wondertekens is gemik daarop om geloof in jou wakker te maak, om jou die oorvloed van ’n lewe met Jesus te gee. Jy kan immers van jou gestremdheid genees word, op watter vlak dit ook al lê, maar die diepste bedoeling van God met jou, dat jy in Hom sal glo, doodgewoon misloop.

23. Daarom wil ek jou na ’n vers neem, vers 1, wat in dié verband ongelooflik betekenisvol is. Dit lees: “Hierna was daar weer ’n fees van die Jode en Jesus het daarvoor Jerusalem toe gegaan.”

24. Dit is betekenisvol, aan die eenkant, omdat die hierna verwys na die verhaal van die Samaritaanse vrou (Joh. 4). Jesus het haar van die lewende water vertel wat Hy haar sal gee: “As jy geweet het wat God gee ... sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Interessant genoeg, het die Jode ook van ‘n fontein (put) as lewende water gepraat (Gen. 26:19). Só die term was algemene taal vir dié tyd. Jesus het dus reeds die tema van die lewende water in sy gesprek met haar aangeroer en aangesluit by taal wat sy reeds geken het.

25. Maar, dit is nie al nie. Vers 1 is betekenisvol, aan die ander kant, omdat Jesus na die fees op pad is waar Hy op die laaste dag, die groot dag van die huttefees (Joh. 7), sal uitroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.” (Joh. 7:37-38). Die huttefees het die omswerwinge in die woestyntyd uitgebeeld (Lev 23:40-43 – September-Oktober) – daarom het hulle vir 7 dae lank in hutte van takke en blare gewoon. En water is altyd ’n uitdaging in die woestyn. Só die beeld van die lewende water sou hulle verseker aangespreek het, laat dors kry het, vir wat God kan gee.

26. Jesus is dus besig – ook in die verhaal van die gestremde by die Bad van Betesda – om iets van Homself en van wat God gee, vir die Jode te leer. Hy is die Een wat lewende water gee.

27. Trouens: gedurende die huttefees was daar ’n spesiale ritueel waarin water uit die Siloam poel by die altaar uitgegooi is as teken van die water wat God uit die rots in die woestyn gegee het (Eks. 17). Jesus se lering op die laaste dag van die fees (die 8ste dag – Lev. 23:36) oor die Gees wat strome lewende water uit gelowiges sal laat vloei (Jes. 58:11 – vgl. Joh. 4:10), staan dus in direkte verband daarmee. Soos God toentertyd gewone water gegee het, só gee Jesus geestelike water vir dié wat in Hom glo (Jes. 55:1; Openb. 22:17). En soos Johannes dit verklaar, dit verwys na die Heilige Gees wat God aan elkeen gee wat in Jesus glo.

28. As jy dít weet, dan raak hierdie genesing op die sabbatdag by Betesda ewe skielik van nog meer belang, as maar net dat die siek gestremde man, wat vir 38 jaar lank aangesukkel het water toe, uiteindelik deur Jesus self genees is. Dít wat hy gemis het, dít wat nóg belangriker is as die genesing, dít is steeds beskikbaar vir jou en vir my.

29. Die punt van die verhaal is om agter te kom dat die lewende water wat Jesus gee, jou eintlike nood is. Dat die lewende water nie net jou dors sal les nie – die verhaal van die Samaritaanse vrou – maar ook ’n fontein van lewende water in jou binneste sal word – die water op die Huttefees net hierna. “Met dié een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: ‘Strome lewende water sal uit sy binneste vloei.’”

B l a d s y | 4

Page 5: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

30. En Johannes verklaar dit vir ons só in hfst. 7: “Hiermee het Jesus na die Gees verwys, want die mense wat tot geloof in Hom kom, sou die Gees ontvang,” – ‘n bedeling wat met Pinkster ‘n aanvang geneem het.

31. Kom ons raak prakties. Hóé werk dit? Hoe weet ek dát dit werk?

32. Die eerste ding wat belangrik is, is om te weet dit is iets wat God doen. Dit is nie iets wat jy kan bewerk nie. Ek onthou ’n studentemaat van my wat vorentoe gegaan het dat mense vir hom bid en omdat hy gedink het dat ’n mens in ’n taal moet bid, toe sommer begin bid in ’n taal. En almal was bly, net, hy het geweet dit is sommer woorde wat hy opmaak.

33. Die tweede belangrike ding is om dit van God te vra. Jesus sê, doodgewoon, vra van My en Ek sal gee. Jy bid dus daarvoor. Óf jy vra dat iemand vir jou bid. En jy vertrou dat God sal gee wat Hy belowe. “As julle wat sleg is, dan weet om vir julle kinders goeie dinge te gee – die Vader in die hemel nog baie meer! Hy sal die Heilige Gees gee aan dié wat vra.” (Luk. 11:13).

34. Die derde belangrike ding is om in die vertroue dat God sy belofte nagekom het, te begin lewe. Dit is baie keer waar ons die gawe van God mis. Ons vertrou Hom nie dat Hy sal doen wat ons van Hom vra nie. Miskien omdat ons buitengewone ervarings soek en vergeet dat God op baie normale maniere met ons werk. My ervaring is dat God die gewone geestelike dinge wat ek doen – stiltetyd hou, kerk toe kom, Bybellees, saam met ander bid, diens lewer, getuig van die lewe wat daar in Christus Jesus is – dat dit die kanaal word waardeur lewende water begin vloei. Jou dors word daardeur geles en jy word ’n fontein van lewende water vir ander.

35. Wat vir my werk is om drie goed te doen:

36. DAAGLIKSE ONDERSOEK: Ek maak elke dag tyd om terug te dink aan die vorige dag, soms die vorige week, soms oor die verloop van my lewe met ’n geestelike tydslyn, en dan myself af te vra: “Waar het ek God raakgesien in my lewe?” So ’n daaglikse ondersoek leer my om die lewende water wat God gegee hét, raak te sien. En ek skryf dit neer in ’n Joernaal, sodat ek dit kan onthou.

37. GEESTELIKE LEES VAN DIE Bybel: Ek maak ook elke dag tyd om die Bybel te lees en nie net te probeer om dit te verstaan nie, maar te probeer agterkom wat dit vir mý wil sê. God praat deur sy Woord. Dit is ’n lewende stem. Veral as ek goed nagedink het oor my lewe met die daaglikse ondersoek, dan gebeur dit dat ’n teks uitspring uit die Bybelgedeelte wat ek lees en dat dit my aanspreek. Dit word dan ook die teks vir my dag, die lewende water wat ek of iemand anders daardie dag nodig het.

38. BEOEFEN DIE TEENWOORDIGHEID VAN GOD: As ek die eerste twee goed deeglik gedoen het, gaan ek die dag tegemoet in die vertrou dat God my sal gee wat ek nodig het om te kan leef. Alles wat ek doen, doen ek vir die Here. En of dit nou is die genot van ’n ete, tot ’n stap langs die see, of ’n lekker gesprek met iemand, of die ure lange sit agter ’n rekenaar om my werk te doen, sowel as die baie gesprekke en interaksies wat nodig is om my gemeentewerk te doen. Maar, wat jy doen, gaan vir ons almal verskil. Wat belangrik is, is dat jy dít wat jy ook al doen, vir die Here doen.

39. Dít is die lewende water. Dit is hoe jy drink. Dit is hoe die lewende water ’n fontein raak in jou binneste wat opborrel en almal rondom jou aanraak.

B l a d s y | 5

Page 6: Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx

40. Ons gaan nou luister na die pragtige lied oor God se lewende water – “Let your living water flow over my soul.” Ek wil jou uitnooi dat jy vorentoe kom dat ek vir jou bid. Nie asof jy dit nie self daar in jou bank kan doen nie. En jy is welkom om dit daar te doen. Maar soms is dit net baie geloofsversterkend dat iemand dit vir jou doen, of saam met jou doen. Sal graag vir jou bid hier voor. Daarna sal ek in die konsistorie wees as iemand verder met my wil gesels.

B l a d s y | 6