7
Bladsy | 1 Matteus 5:1-12 Swaarkry word beloon – 26 Januarie 2014 Verwelkoming Toetrede Flam 48 – Hemelvader, ons aanbid U (instrumentale groepie) – sit Votum en Seëngroet Danksegging Vonkk 130 (al 6 verse) – Dankie vir hierdie nuwe môre (instrumentale groepie) – staan Gebed vir ouderlinge en kleingroepleiers Lofsang Lied 207:1 en 3 – Eer aan die Vader, wat alles gemaak het – staan Lied 251 – Salig dié wat arm voor God is – staan Skriflesing Matteus 5:1-12 1 Toe Jesus die skare sien, het Hy teen die berg opgegaan. Hy het gaan sit en sy dissipels het na Hom gekom. 2 Hy het begin praat en hulle geleer en gesê: 3 Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 4 Geseënd is die mense wat treur, want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die aarde erf. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word. 7 Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang. 8 Geseënd is die mense wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien. 9 Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 11 Geseënd is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van alles wat sleg is. 12 Wees bly en juig omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die profete vóór julle net so vervolg.

Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

Embed Size (px)

DESCRIPTION

“Life is difficult.” Scott Peck begin sy boek The Road Less Travelled met dié diepsinnige opmerking. Dit bly een van die grootste waarhede wat ek al gelees het. Daar is min van ons, indien enige, wat nie op een of ander manier hiermee sal kan saamstem nie. Maar min van ons het die volgende sin in Scott Peck se boek gelees. Hy skryf nie net dat die lewe swaar is nie. Hy sê ook die volgende daaroor: “This is a great truth, one of the greatest truths. It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult. Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.” Dié perspektief gee my 'n nuwe invalshoek vir die saligsprekinge in die Bergrede. Ten diepste handel die Bergrede oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT. Maar, God wil hê dat dié geregtigheid geskep word nie deur mag en geweld nie, maar deur mense wat deur Sy Gees gelei word. Dit is waar die saligsprekinge inpas. Dit verduidelik hoe mense ís wat deur die Gees gelei word. God vestig sy geregtigheid:

Citation preview

Page 1: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 1

Matteus 5:1-12

Swaarkry word beloon – 26 Januarie 2014

Verwelkoming

Toetrede

Flam 48 – Hemelvader, ons aanbid U (instrumentale groepie) – sit

Votum en Seëngroet

Danksegging

Vonkk 130 (al 6 verse) – Dankie vir hierdie nuwe môre (instrumentale groepie) – staan

Gebed vir ouderlinge en kleingroepleiers

Lofsang

Lied 207:1 en 3 – Eer aan die Vader, wat alles gemaak het – staan

Lied 251 – Salig dié wat arm voor God is – staan

Skriflesing

Matteus 5:1-12

1 Toe Jesus die skare sien, het Hy teen die berg opgegaan. Hy het gaan sit en sy dissipels het na Hom

gekom. 2 Hy het begin praat en hulle geleer en gesê: 3 Geseënd is dié wat geestelik arm is,

want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 4 Geseënd is die mense wat treur,

want hulle sal vertroos word. 5 Geseënd is die sagmoediges,

want hulle sal die aarde erf. 6 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid,

want hulle sal versadig word. 7 Geseënd is die barmhartiges,

want hulle sal barmhartigheid ontvang. 8 Geseënd is die mense wat suiwer van hart is,

want hulle sal God sien. 9 Geseënd is die vredemakers,

want hulle sal kinders van God genoem word. 10 Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid,

want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. 11 Geseënd is julle wanneer die mense julle om My ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig van

alles wat sleg is. 12 Wees bly en juig omdat julle beloning groot is in die hemele. Hulle het immers die

profete vóór julle net so vervolg.

Page 2: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 2

Kindertyd

Daar is baie dinge waarvoor ons dankbaar kan wees. Waarvoor is julle dankbaar?

Ons noem sulke dinge seëninge. Ons het selfs ’n ou liedjie wat daaroor gaan wat ons netnou gaan

sing: “Tel jou seëninge, tel hulle een vir een”.

Maar, dit gaan natuurlik nie altyd goed nie.

Wie van julle het die fliek The Croods gesien? Julle kan dit saam met julle ouers kyk.

Dit is die verhaal van grotbewoners.

Eep Crood is ’n jongmeisie wat vreeslik lief is vir die son en daarom baie in die moeilikheid

kom, omdat sy so laat uitbly. Sy wil die laaste strale van die son met haar hand vasvang.

Haar pa, Grug Crood, is baie sterk en beskerm sy gesin teen alle gevaar.

En dan is daar nog Ugga, haar ma, Gran, die ouma, Sandy en Thunk en nog ’n klomp diere

ook, veral Chunky, die sabeltand tier, wat jag maak op hulle.

Dan ontmoet Eep vir Guy en hulle raak verlief op mekaar.

Haar pa, Grug, hou nie baie daarvan nie, maar Guy het ’n visie op die toekoms. Hy weet van ’n

paradys, Tomorrow, waarheen hy op pad is. En hy oortuig hulle dat hulle daarheen moet reis.

Hulle het baie wedervaringe op pad, maar uiteindelik kom hulle by ‘n kloof waaroor hulle nie kan

kom nie. Dit lyk asof hulle nie by die paradys, Tomorrow, gaan uitkom nie. Hulle het só gehoop dat

hulle daar in vrede sal kan lewe, maar nou kan dit nie.

Kom ons kyk wat toe gebeur – DVD 1:11:55 – 1:16:00.

Almal is gered, maar Grug bly agter ... maar ons weet mos alles werk uiteindelik reg uit ... julle kan

self gaan kyk hoe dit uitwerk.

Só werk die Here met ons ook – Hy gee vir ons baie dinge waaroor ons dankbaar kan wees,

seëninge:

vir die Croods was daar die sterk pa, Grug, wat hulle in die grot kon beskerm en wat hulle oor

die kloof kon gooi.

En daar was Guy wat geweet het hoe om by Tomorrow uit te kom.

En Grug kry ’n idee, die eerste keer in sy lewe, mind you, wat hom help om oor die kloof te

kom, nogal saam met Chunky, die sabeltand tier en die ander diere ook.

Só laat die Here ook alles ten goed meewerk vir dié wat Hy liefhet.

Toewyding

Halleluja 245:1 (groepie speel eers 1X deur) – As die lewenstorme woedend om jou slaan

(instrumentale groepie) – sit

Woordverkondiging

“Life is difficult.”

“Life is difficult.”

Page 3: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 3

Scott Peck begin sy boek The Road Less Travelled met dié diepsinnige opmerking. Dit bly een van die

grootste waarhede wat ek al gelees het. Daar is min van ons, indien enige, wat nie op een of ander

manier hiermee sal kan saamstem nie.

Dink maar net aan die afgelope jaar in jou lewe – daar sal moeilike dinge uitspring in jou gedagtes.

Dink net so bietjie vêrder na die dinge wat met jou mense gebeur het, en nog wyer, met mense in

ons land en wêreld en jy sal moet saamstem, “Life is difficult”.

’n Hele paar families moes geliefdes die afgelope twee maande begrawe in ons gemeente. Sommige

daarvan was weens ouderdom, sommige weens siekte, maar dan was daar ook ander wat weens

moord was – gebeure wat ingeëts sal bly in ons geheue vir lank hierna.

“Life is difficult.”

In ons land is daar voortslepende sages rondom korrupsie en onbevoegdheid – Nkandla, die e-tol

sage (’n vriend van my het die week 12 rekeninge gekry vir dieselfde motor, vir dieselfde dag en tyd,

op dieselfde pad, elkeen in ’n aparte koevert), die visvang lisensies spring in die geheue , wat net die

puntjie van die ysberg is wat bokant die water uitsteek.

In die wyer wêreld, word daar baie geskrywe oor die toenemende godsdienstige en politieke

konflikte. Die nuutste PEW navorsing sê dat in 110 lande word Christene vervolg, baie keer deur

Moslems. In 109 ander lande word Moslems vervolg, baie keer deur ander Moslems. Die hele

Midde-Ooste is ’n kruitvat van politieke onrus: Egipte (net gister was daar 29 mense dood), Sirië,

Iran, Irak en so kan ons aangaan.

“Life is difficult.”

Ek dink daar is baie maniere waarop ons dit vir ons self probeer wegsteek (dis moeilik, want dan

moet jy nie koerant lees nie) of die positiewe probeer beklemtoon, of vir onsself veilige ruimtes skep,

sodat ons kan vergeet van die swaar. Maar, dit werk net vir ’n tyd. In ’n onbewaakte oomblik storm

die gedagtes jou binne en kan die swaar van die lewe jou asem wegslaan, jou tot stilstand ruk.

“Life is difficult.”

“Once we truly see this truth, we transcend it.”

Maar min van ons het die volgende sin in Scott Peck se boek gelees. Hy skryf nie net dat die lewe

swaar is nie. Hy sê ook die volgende daaroor: “This is a great truth, one of the greatest truths. It is a

great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is

difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult. Because once it is

accepted, the fact that life is difficult no longer matters.”1

“Once we truly see this truth, we transcend it.”

Ons het nodig om hierdie waarheid te aanvaar, om daarmee vrede te maak, om nie terug te deins vir

die waarheid oor die lewe nie. Die lewe is swaar, dit is moeilik en ons moet dit as ’n feit in die oë

staar en dit as sodanig begin hanteer. Hoekom? Want, die oomblik as ons eerlik raak daaroor, as ons

hierdie ontstellende waarheid aanvaar, dan begin ons vermoëns ontdek wat ons kan help om die

1 M. Scott Peck – The Road Less Travelled – a New Psychology of Love, Traditional Values and Spiritual Growth.

Page 4: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 4

swaar van die lewe te transendeer, om nie daardeur ontkrag te word nie, om nie toe te laat dat die

swaar van die lewe ons ontkrag nie.

Dié perspektief gee my 'n nuwe invalshoek vir die saligsprekinge in die Bergrede.

God vestig sy geregtigheid

Ten diepste handel die Bergrede oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe

– godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit

by die boodskap van die OT.

Nie deur mag en geweld nie

Maar, God wil hê dat dié geregtigheid geskep word nie deur mag en geweld nie, maar deur mense

wat deur Sy Gees gelei word.

Dit is waar die saligsprekinge inpas. Dit verduidelik hoe mense ís wat deur die Gees gelei word. God

vestig sy geregtigheid:

deur mense wat weet hoe afhanklik hulle van Hom is, sodat Hy vir hulle kan seën;

deur mense wat bereid is om sagmoedig te lewe, sodat Hy vir hulle die aarde kan gee;

deur mense wat honger en dors na geregtigheid en uiteraard nie self onreg sal pleeg nie,

sodat Hy hulle honger en dors kan stil;

deur mense wat bereid is om barmhartig te wees, sodat Hy aan hulle barmhartigheid kan

bewys;

deur mense wat suiwer van hart is, sodat hulle God kan sien en met Hom in ’n intieme

verhouding kan leef;

deur mense wat bereid is om vredemakers te wees, sodat God Hom só deur sy kinders aan

die wêreld bekend kan stel;

deur mense wat bereid is om vervolg te word ter wille van geregtigheid, want dít is hoe God

sy koninkryk vestig en ons deel kry daaraan;

deur mense wat bereid is dat mense hulle om Sy ontwil beledig en vervolg en vals beskuldig

van alles wat sleg is, wat hulle swaarkry sal beloon word.

Dít is hoe God sy koninkryk vestig, nie deur die misbruik van mag nie, nie deur vernietiging en geweld

nie, maar deur die sagte oog, die omhelsende arm, die vredemakende hand van Sy mense.

Deur die regte dinge te doen

Jesus draai dus nie doekies om oor hoe moeilik dit is om die regte dinge te doen, om sagmoedig te

wees, om vrede te maak en vervolging te verduur, vir vyande te bid ensomeer nie. Maar, sê Hy, as jy

dit aanvaar ten spyte van wat dit jou kan kos, as jy begin deur self die regte dinge te doen, dán ervaar

jy dat jy geseënd is, dat jy begenadig word, dat jy God begin raaksien, dat jy getroos word, dat jy

versadig word, dat aan jou barmhartigheid bewys word, dat die koninkryk van God ook aan jou

behoort. Dán is jy bly en verheug, want jou loon is groot in die hemel!

Want sien, as jy nog nie aanvaar dat die lewe moeilik is nie, dan kla jy meesal oor hoe groot jou

probleme is en die laste wat jy moet dra, asof die lewe maklik móét wees! Dan dink jy dat jou

probleme eintlik uniek is, dat jy dit eintlik nie verdien nie, dat iemand anders die probleme eintlik

moes gekry het. En dan word jy ontkrag om iets daaraan te doen. Dan het jy altyd probleme om die

regte dinge te doen, om te kies vir dié dinge wat God se geregtigheid kan vestig hier op aarde.

Page 5: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 5

Jesus se versoeking is ons voorbeeld

Ons sien dit só duidelik in die lewe van die Here Jesus. Pas het hy die wonder van die doop met

water by Johannes die Doper en die neerdaal van die Gees van God in die vorm van ’n duif beleef,

soos ons in hoofstuk 3 gelees het, of die Gees lei Hom die woestyn in om die diepte van die duiwel se

versoeking te moet ervaar, soos ons in hoofstuk 4 gelees het.

Daar het Hy nie net ernstige honger en dors nie; Hy is nie net alleen en eensaam nie; Hy moet die

uitdagende moeilike versoekings van die duiwel deurstaan. ’n Mens hou jou hart was:

Gaan Hy sy mag ter wille van Homself misbruik en van die klippe brode maak?

Gaan Hy God se beloftes ter wille van Homself misbruik en op die engele vertrou as Hy sy eie

lewe in gevaar stel deur van die tempel af te spring?

Gaan Hy die maklike uitweg kies om Sy koninkryk te vestig deur die duiwel te aanbid?

In gehoorsaamheid aan God sê Jesus egter telkens nee vir die duiwel en sy versoekings, deur:

Eerder honger te ly as om sy mag te misbruik;

Nie God te versoek nie;

Nie die maklike uitweg te kies nie, maar te bly op God se pad vir Hom, al sluit dit uiteindelik

’n kruis in.

Jesus moedig ons aan om vas te staan

Jesus skram dus nie weg van die moeilike vrae van die lewe nie. Trouens Hy stel Homself bloot

daaraan. En Hy weerstaan die duiwel se persoonlike aandag in die proses. In die Bergrede moedig

Hy daarom sy mense aan om midde in die swaarkry, vas te staan en bly te wees. Hoekom? Omdat

daar ’n beloning is wat vir hulle wag. Trouens, sê Hy, dit is dié mense, dié wat stry vir geregtigheid,

dié wat ja sê vir swaarkry op die pad, wat geseëndes is.

Swaarkry word beloon

In nege saligsprekinge, elkeen aangedui met die woord makarioi (geseënd), spel Jesus dan die

kenmerke van sy geseëndes uit: afhanklikes (geestelik arm), treurendes (oor alles wat nie reg is nie),

sagmoediges, hongeriges en dorstiges vir geregtigheid, barmhartiges, suiweres van hart,

vredemakers, vervolgdes ter wille van geregtigheid, beledigdes en beskuldigdes om Jesus se ontwil.

En Hy belowe, dié mense wat bereid is om swaar te kry ter wille van geregtigheid asook om Jesus se

ontwil, dié mense kan ook weet dat hulle swaarkry nie verniet is nie, dat hulle beloning groot is in die

hemele. Swaarkry word beloon.

Hulle word daarom ook beskryf as mense aan wie die koninkryk van die hemele behoort (twee maal),

wat vertroosting sal ervaar, wat die (nuwe) aarde sal erf (vgl. Ps. 37:11), wat versadig sal word, wat

barmhartigheid sal ontvang, wat God sal sien, wat kinders van God genoem sal word, wat nie net ’n

groot beloning sal ontvang nie, maar in dieselfde asem as die profete van ouds genoem sal word.

Dít is ons erfenis. Daarop kan ons staatmaak.

Lied 251 vat die boodskap van dié gedeelte só goed saam. Luister net hierna:

1. Salig dié wat arm voor God is –

húlle erf Gods koninkryk;

Page 6: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 6

en wie treur, dié is gelukkig;

só kan God sy troos laat blyk.

Wie verdraagsaam is, laat Hy

op sy nuwe aarde bly.

2. Dié wat honger na wat reg is,

hulle sal versadig word.

Wie barmhartig langs die weg is,

vind hulself het geen tekort.

Dié wat, rein van hart, Hom dien,

hulle sal die Here sien.

3. Vredemakers is gelukkig –

hul is kinders van die Heer.

Hul wat ly vir reg en waarheid

weet: God bly nog in beheer.

Wie Hom volg, deur laster heen,

wees verheug – God sal jul seën.

Ek wil afsluit met die parafrase van Eugene Peterson in The Message. Ek gaan dit stadig lees dat jy die

boodskap daarvan ordentlik kan hoor en dit vir jouself kan toeëien, sodat jy die moed sal hê om dié

week die regte dinge te doen:

3 “You’re blessed when you’re at the end of your rope. With less of you there is more of God and his rule.

4 “You’re blessed when you feel you’ve lost what is most dear to you. Only then can you be embraced by the One most dear to you.

5 “You’re blessed when you’re content with just who you are—no more, no less. That’s the moment you find yourselves proud owners of everything that can’t be bought.

6 “You’re blessed when you’ve worked up a good appetite for God. He’s food and drink in the best meal you’ll ever eat.

7 “You’re blessed when you care. At the moment of being ‘care-full,’ you find yourselves cared for. 8 “You’re blessed when you get your inside world—your mind and heart—put right. Then you can

see God in the outside world. 9 “You’re blessed when you can show people how to cooperate instead of compete or fight. That’s

when you discover who you really are, and your place in God’s family. 10 “You’re blessed when your commitment to God provokes persecution. The persecution drives

you even deeper into God’s kingdom. 11–12 “Not only that—count yourselves blessed every time people put you down or throw you out

or speak lies about you to discredit me. What it means is that the truth is too close for comfort and they are uncomfortable. You can be glad when that happens—give a cheer, even!—for though they don’t like it, I do! And all heaven applauds. And know that you are in good company. My prophets and witnesses have always gotten into this kind of trouble.

Page 7: Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx

B l a d s y | 7

Gebed

Aankondigings

Dankoffers

Slotlied

Lied 334 – “God is liefde!” juig ons harte – staan

Seën

Respons

Lied 189 – Halleluja – staan