View
5
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx D ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Foto: Loutjie Meyer (FOTO Graphics)
Ds. Nico Smit
Vir my is Kersfees ’n herinnering
en ’n soort blydskap, ’n onthou en
’n vergeet, engelekore waarvan
die Bybel vertel en besige strate;
vrede op aarde en oorlog oral in
dié deurmekaar wêreld. Tog, het
Kersfees só ‘n nostalgiese ele-
ment.
Dis ’n fees van ’n Kind: ’n Kind én
’n kind. Die Kind wat gebore is,
sou die wêreld se koers vir altyd
verander en nuwe bakens stel van
menswees en geloof en die kind
is vir my en vir jou ook sodat ons
kinders van die Verlosser kan
wees!
My goeie vriendin vertel vir my dat
God vir haar dié grootste werk-
likheid is. Jesus se nabyheid
koester en dra haar in swaar tye
van die lewe. En dit is vir my kos-
baar, om sulke dinge te hoor.
Dié besonderse man, Jesus, hét
die grootste invloed op die wêreld
gehad. Hy het geen dienaars
gehad nie en tog het die mense
Hom Meester genoem. Hy het
geen graad gehad nie en tog het
hulle Hom as dié grootste
Leermeester beskou. Hy het nie
moderne medisyne gehad nie en
tog was en is Hy die grootste
Geneesheer. Ja, die groot
Geneesheer van die wêreld!
Ons drome, wense en gebede
word waar in Jesus Christus. Of
dit nou vir ’n sielsgenoot is óf vir
voorspoed in ons lewens – die
Here hoor elke gebed, elke roep
en gee vir ons wat ons nodig het.
So... die wêreld is ’n mooi plek
(daar is besonderse mense en
gebeurtenisse wat van God se
grootheid getuig) – dis ons werk
Kersfees in die Suidelike Halfrond
om met die regte ingesteldheid
daarna te kyk. Soos Paulus aan
sy protégé, Timoteus, vertel van
geestelike en fisiese ingesteld-
heid.
So, mag elkeen dié Kersfees ’n
ware ontmoeting met die Christus
van die wêreld hê! Die Woord het
mens geword! Mag dit wees dat
Sy teenwoordigheid, grootheid en
liefde jou die Kersfees vervul, dra
en koester en dat elkeen ‘n mooi,
warm Kersfees mag vier!
Ons Leraars, Dr. Jorrie Potgieter,
Prof. Johan vd Merwe en Ds. Nico Smit
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx E ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Welkom Prof. Johan van der Merwe Nico Smit
Prof. Johan van der Merwe is op 22 Oktober 2017 in
Lynnwoodrif Gemeente as deeltydse derde leraar
met opdrag: Bedieninge, Omgee en Warmte
bevestig.
Prof. Johan doseer Kerkgeskiedenis en Kerkreg by
die Universiteit van Pretoria. Sy fokusarea is
Suid-Afrikaanse Kergeskiedenis, veral vanaf 1960.
Hy het ’n passie vir die Kerk en was vir baie jare lank
betrokke by Pretoria-Garsfontein Gemeente. Sedert
2009 is hy voltyds aan die universiteit verbonde en
deeltyds binne gemeentelike bedieninge.
Prof. Johan leer studente die praktiese vaardighede
van Kerkwees en ook die fynere aspekte van die
Kerkreg.
Hy gaan binne ons gemeente tyd bestee aan die
warmte en die omgee binne die gemeente en het
reeds ’n groot taak aangepak met die reël van ons
Wildtuinkamp in 2018.
Prof. Johan is getroud met Hannie, ‘n IT
onderwyseres by Afrikaanse Hoër Seunskool. Hulle
het twee kinders, Jan-Hendrik, vyfdejaarstudent in
veeartsenykunde en Johanni, derdejaarstudent in
Multi Media by Tukkies.
Ons wens vir hom en sy gesin net vrede en geluk
toe binne ons gemeente. Ons glo en vertrou dat
hulle in Lynnwoodrif gemeente ’n ware geestelike
familie sal vind.
Dagbestuurslede (ook Gemeenteraadslede)
Johan Potgieter Voorsitter en Strategiese Werkgroep
Albert Grobbelaar Ondervoorsitter en Finansiële Werkgroep
Bossie Bosman Eiendomme Werkgroep
Riaan Venter Diensverhouding Werkgroep
Estel Cronje Kommunikasie– en Bemarking Werkgroep
Johann Neveling Ouderling: Eredienste Werkgroep
Zanne van Niekerk Ouderling: Addisionele lid
Leraars Jorrie Potgieter, Nico Smit & Johan van der Merwe
Ander Gemeenteraadslede
Martin Smith Ouderling: Seniors (Diakonie vir seniors)
Martiens v Staden Ouderling sonder portefeulje
Pierre Kruger Ouderling sonder portefeulje
Werner Schoeman Ouderling sonder portefeulje
Fanus van Zyl Ouderling sonder portefeulje
Danie Joubert Diaken Familiediens
Ons leierskap - GEMEENTERAAD VIR 2018
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx F ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Baie dankie vir jou jarelange
betrokkenheid en omgee in die
gemeente Carina. Ons gun julle
‘n geseënde nuwe seisoen in die
mooie Kaap.
Lynnwoodrifgroete aan julle.
Ons sal julle mis!
Johann Putz
My pad met die jeug is ‘n bewys
daarvan dat die Here 'n reguit hou
kan slaan met 'n krom stok.
Die jongmense wat op Dinsdag-
aande die omgeegroep bywoon is
vol opgewondenheid en afwagting
as hulle daar instap. Die Here
het so mooi in ons almal se le-
wens kom inspreek met die le-
wensvaardighede van SY Gees.
Jongelinge is bemagtig en
toegerus vir die uitdagings
waarmee hulle te doen kry.
Dis kosbaar om te sien hoe hulle
te midde van hul eie krisisse en
eksamens wat voorlê
steeds tyd maak vir
sielskos by die omgee-
groep.
Die jeug het steeds
baie om na uit te sien
vir die res van die jaar
met ons oog alreeds
gemik op 2018.
Die 25ste November
sluit ons af met ’n lek-
ker kuierdag by Nkwe.
Die dag daarna reik
ons almal as die “Wyse
Welkom Dottie Ras
Ons verwelkom graag vir Dottie
Ras as die nuwe Fasiliteerder van
die Gasvryheidsbediening.
Ons waardeer
jou bereidheid
om aan te
meld en op
puntdiens te
wees Dottie.
Ons glo dat jy
jou gawe om
te dien met
vreugde hier
sal kan uitleef.
Hartlik welkom
aan jou!
Dankie Carina Smit
Ons almal het Carina leer ken as
die gasvrye en vriendelike vrou
agter die kombuistoonbank in die
kiosk op ‘n Sondagoggend, besig
om ‘n heerlike koppie tee te skink.
Carina was egter op soveel meer
plekke ook betrokke in ons ge-
meente - oa by die M4HIV groep,
damesgeleenthede en ook selfs
op ’n stadium in die tuine.
Carina was ‘n knap Fasiliteerder
van die Gasvryheidsbediening
maar het nou die leisels oorgegee
omdat sy en Hein einde Novem-
ber na Mosselbaai verhuis om
daar te gaan aftree.
Jeug met ‘n passie vir God
manne en Wyse vroue” na uMephi
Kinderhuis uit.
Ons wil geskenkies gaan uitdeel
en naasteliefde uitleef met die
fokus om nie net te praat nie maar
te doen!
Die jongmense se visie is mooi
ingestel op waar hulle wil wees in
hulle verhouding met ons Vader.
Ek is baie trots om deel van die
familie te kan wees, want dit is
een van waarheid en trots, maar
ook vreugde. Kom sluit by ons
aan!
Onder: Lyle en Tristan
Carina en Hein Smit
Do)e Ras
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx G ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Averil Potgieter en Elvereen Swart
Gedurende 2017 het ons as dames van Lynnwoodrif
se geloofsfamilie ‘n wonderlike en geseënde jaar
vol vreugde beleef. Baie dankie aan elke dame wat
aan ons ‘n geldelike bydrae gemaak het, voorbidding
gedoen het en deel was van ons projekte deur die
jaar. Elke sent word met liefde en deernis gebruik
om die Koninkryk van die Drie-enige God uit te brei.
Yxxáàx? äxÜ}ttÜáwtx xÇ ~â|xÜá Januarie 2017 het begin met ’n fees toe ds. Nico
Smit as nuwe leraar bevestig is. Ons dames het
gesorg vir ’n heerlike saamkuier vir die gemeente,
asook familie en vriende van ds. Nico.
Kort daarna is die gemeente se verjaarsdag gevier.
Ons leraars is ook bederf met ‘n gesellige
gemeentekuier op hul verjaarsdae.
Februariemaand het ons met ‘n traan in die oog, van
ds. Janet afskeid geneem, nadat sy na ‘n Valleisig
Gemeente beroep is. aÉz yxxáä|xÜ|Çzx AAA ‘n Hoogtepunt van die jaar was die bevestiging van
Prof. Johan en sy vrou vrou Hannie van der Merwe
in Oktobermaand. ‘n Spesiale welkom by ons
Vrouebediening Hannie!
AAAxÇ áttÅ~â|xÜá tá wxxÄ ätÇ yÉÇwá|ÇátÅx@Ä|Çz xÇ àÉà ÉÑuÉâ ätÇ ÉÇá zxÅxxÇàxA Die Poeding-Sondag, Sjokoladebederf-Sondag en
teebediening met ons Gemeentekuier was alles deel
van die vroue se bydrae tot fondsinsameling. Dit
was beslis die moeite werd! Nie net kon daar geld
ingesamel word om die gemeente te help nie, maar
dit was heerlik om deel te wees van 'n span wat deel
vorm van ons groter geloofsfamilie.
Ons het ook sop tydens Pinkster voorsien met die
ywerige hulp van ons dames.
WxâÜ w|x ɧ ätÇ ÉÇá zxÅxxÇàxäÜÉâx
Bo: Dames se afskeidskuier saam met ds. Janet
Beves-gingsdiens van Prof. Johan van der Merwe. Averil heet
Hannie namens die Vrouebediening welkom.
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx H ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
ctáá|x ä|Ü äÜÉâx Ons Spaanse damestee saam
met Nicolette Steel was werklik 'n
uitsonderlike oggend. Dit het ook
ons fondse versterk, sodat ander
projekte moontlik gemaak is. Die
reëlings vir 12 Mei 2018 se
damestee is reeds aan die gang.
Ons bring ‘n Indiese geur na die
tee.... hou gerus ons kommu-
nikasie dop vir inligting hieroor!
Damesbybelstudies is aangebied
in #KoMaIn! deur ons eie leraars,
Dr. Jorrie en Ds. Nico asook
Averil. Dit was telkens 'n be-
sondere belewenis.
Ons damesbybelstudies het reeds
vir die jaar geëindig. Ons sien uit
na 'n baie besondere 2018 saam
met Prof. Johan.
iÜÉâx Ått~ ÁÇ äxÜá~|Ä
ctáá|x ä|Ü zxuxw Wat ‘n voorreg om Wêreldbiddag vir vroue hier in ons eie gemeente aan te bied en saam met vroue oor die hele wêreld saam te bid.
ctáá|x ä|Ü }xâz Belydenis van Geloof 2017 - wat
‘n wonderlike geleentheid om
voorbidding te mag doen vir ons
kinders en hulle as nuwe lidmate
te verwelkom.
ctáá|x ä|Ü ÉÇá áxÇ|ÉÜá Een maal per jaar bederf ons ook
ons seniorlidmate met ’n gesellige
oggend. Hierdie jaar was dit ’n
Griekse oggend in die geselskap
van Helene de Kock. Dank aan
Graffiti Boekwinkel en Mythos
Restaurant te Menlyn Maine.
bÅzxx Çt tÇwxÜ Hierdie jaar het ons by PEN se
jeug betrokke geraak. Ons het
maandeliks verjaarsdagkoeke
gegee, hulle ondersteun met hul
tienerproduksie “Lolilwe Grace
Train”, bygedra tot die seekamp in
Desember en ook die personeel
bederf met ‘n naweek in
Marlothpark. Deur te gee word
ons self geseën.
Vir 2018 beplan ons weer om baie
lekker saam te kuier, saam te bid
en die Here met oorgawe te dien.
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx I ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
‘n Groot dank aan die
Vrouebediening vir hul bederf in
Oktober met die uitstappie na
Menlyn Maine. Die amper 40
seniors het hierdie uitstappie ter-
deë geniet.
Seniorbediening - ‘n Terugblik op 2017
Ina Greyling
‘n Groep 60plussers van ons ge-
meente het elke laaste Donderdag
van die maand bymekaar gekom
vir ‘n aangename en gesellige so-
siale oggend. Ouderling Martin
Smith het getrou elke byeenkoms
met skriflesing en gebed geopen.
Self 60plusser, Hennie Swa-
nepoel, het gesorg vir heerlike ver-
snaperings en is bygestaan deur
ander 60plusser dames wat
gesorg het dat almal heerlike tee
kon geniet, terwyl daar gekuier is -
en dit alles vir slegs R20pp!
Ons wals die jaar in ... en skop
ons nuwe seisoen af in Januarie
met die nuutste walsmusiek van
André Rieu. Daarna kuier ons ge-
sellig en geniet roomys met vrug-
teslaai.
Lief vir my lyf ... is die tema vir
Februarie. ‘n Dieetkundige, Ajita
Ratanjee, van Easy Health & Well-
ness, lewer ‘n inspirerende praat-
jie oor gesond eet en leef.
Ons leer ook meer van Grannies
who care, ‘n organisasie wat aller-
hande benodigdhede insamel vir
hulpbehoewende mammas met
vroeggebore babas in verskeie
hospitale. Die seniorbediening het
daarna ‘n aantal nuwe, sowel as
tweedehandse, kombersies aan
die organisasie geskenk.
Maart word ons bederf met die
musikale talent van ‘n gemeentelid
Anina du Toit en haar mandolien.
Kom ons verheerlik die Here met
musiek as tema het groot byval
by almal teenwoordig gevind.
Met ‘n huppel in die stap... is ons
tema vir Junie. Handrie
Labuschagné, ‘n apteker ver-
bonde aan die Van Heerden
Apteek, verskaf interessante in-
ligting ten opsigte van die regte
gebruik van medikasie deur sen-
iors. Verskeie inkontinensie-
produkte word ook bespreek en
verduidelik. Voorwaar ’n in-
siggewende oggend!
In Augustus word ons bederf met
’n Musikale Teater-oggend,
aangebied deur Oakfields
College se Musical Theatre &
Dance-studente asook drie van
Alethia School of Dance-
leerlinge. Die uitstekende sang-
en danstalente van die jong-
mense is waardeer en deur almal
geniet.
Lenteoggend in September is
saam met Juan Ferreira, ’n teolo-
gie student aan UP, gevier. Sy
pragtige sang en keuse van
liedjies tesame met sy aange-
name persoonlikheid het groot
applous ontlok.
Anina en haar mandolien
Juan Ferreira bekoor met sy stem
Kersfees ‘n Hartsfees... Ons sluit
vanjaar op 23 November af met
ons gebruiklike driegang Kersete.
Almal word hartlik uitgenooi om te
kom deel in die vreugdeboodskap.
Sopraan Rénea v Tonder bedien
ons deur woord en lied!
Met ‘n terugblik op 2017 is ek baie
dankbaar teenoor spanlede
Estelle Grobbelaar en Jeanette
Smith vir hulle hulp en insette deur
die jaar, asook teenoor Annelize
Meyer vir al haar hulp en bystand.
Die grootste dank is egter aan ons
Hemelse Vader vir Sy groot
genade wat ons instaat gestel het
om in hierdie bediening te kon
dien.
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx J ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Waarom ‘n Dissipelskapbediening?
Henry Green
Waarom hierdie bediening sou jy
vra? Dalk gee die volgende punte
bietjie klarigheid...
Jesus se liefde vir verwarde
mense...
Jesus kry die verwarde en ver-
strooide skare mense innig jam-
mer. Hulle is die nie–dissipels.
(Matt. 9:36). Dit is sy liefde en
meegevoel wat maak dat ons uit
ons gemaksone beweeg en Hom
volg. Ons sien die afwesigheid
van God se koninkryk in mense en
wil deel wees van God se
beweging na hulle, om hulle deel
te maak van God se Koninkryk.
Jesus se Groot Opdrag...
Matt. 28:18-20; Mark. 16:14-18;
Luk. 24:36-49; Johannes 20:19-23
& Hand. 1:6-8. Ons moet die
boodskap vertel, maar dit gaan
oor meer as die verkondiging van
die Evangelie met woorde.
Dit gaan oor mense wat deur die
verkondiging van die Evangelie
tot geloof kom en dan groei in
volwassenheid in Christus.
Paulus sê: “ Daarvoor span ek
my ook in en beywer ek my met
die krag wat God gee en wat
kragtig in my werk.” (Kol. 1:29)
Ons word al meer verander om
aan die beeld van Christus gelyk
te word. Die heerlikheid wat van
ons uitstraal neem steeds toe.
Dit doen die Here wat die Gees
is (2 Kor. 3:18). Christus wil nie
hierdie wêreld slegs vul met
mense wat sekere dinge glo of
aanvaar nie, maar met mense
wat die ongelooflike heerlikheid
van Jesus weerkaats.
Die koste...
Daar is ‘n koste verbonde aan
die maak van dissipels, maar nie-
dissipelskap kom ook teen ‘n
prys. . .
Ons het afgeskop in 2016 met die
bediening toe ’n Coaching-
kursus deur oa Dr. Francois Carr
van Heart Cry SA aangebied is.
Coaching (Spiritual Coaching) is ‘n
vennootskap wat jou help om te
beweeg van waar jy nou is tot
waar God jou wil hê. Dit is ‘n
proses wat vir jou as dissipel help
om vinniger te groei en te beweeg,
verby uitdagings wat jou verhinder
om jou volle potensiaal te bereik.
Hierdie kursus is opgevolg met die
ReConnect Retreat tydens die
Gemeentekamp in 2016.
(Connecting with God, Rediscover
the joy of fellowship with the things
we already know).
Vir die res van 2016 het ‘n groep
van ongeveer 17 lidmate eenmaal
per maand bymekaar gekom vir
dissipelskapopleiding. (Met te-
mas soos - Intimiteit met God, hoe
om stil te word en God se stem te
herken, hoe om die Geesvervulde
lewe te leef, hoe om te beweeg
vanaf stiltetyd na ‘n intieme
liefdeslees van die Bybel en dit as
‘n persoonlike Woord van God te
ervaar).
Gedurende 2017 het Dr. Carr een-
maal per maand ‘n Leier-in-
kontak-opleidingsessie aange-
bied. Dit is deur dertien lidmate
bygewoon. Elkeen is uitgedaag
om met minstens een ander per-
soon ‘n dissipelpad te loop en so
‘n beweging te begin van dissipels
van Jesus wat dissipels maak.
Vir 2018 word ‘n herhaling van die
ReConnect Retreat beplan. Almal
in die gemeente word hartlik hier-
heen uitgenooi.
So leef ons ons Gemeentevisie
uit, terwyl ons oorgegee is aan
God, passievol is oor mense en
opgerig is in ons gemeenskap.
Juis hiervoor is julle geroep......
sodat julle in Sy voetspore kan volg
1 Pet 2:21
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx K ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Barmhartigheidsbediening Kersbederfprojek—ons bou ‘n kersboom met blikkieskos!
Die jaar spoed ten einde, maar die Barmhartigheidsbediening se werksaamhede is
nog nie afgehandel nie. Die Kersbederfprojek geniet tans ons grootste aandag.
Al die kosbydraes wat ons tot 30 November ontvang, moet verpak word en aan die
instansies en persone wat ons versorg, gestuur word. Die gemeente speel ‘n kardi-
nale rol hierin en ons bedank u van harte vir u oop harte en hande en deelname
aan ons kersboom van blikkieskos!
E-poslede
Nuwe lede is noodsaaklik vir ons
bediening, aangesien die meeste
van ons bejaard is en van tyd tot
tyd uittree.
Werkende lidmate vind dit moeilik
om by ons program in te skakel en
vergaderings by te woon. ’n
Besluit is geneem om dié lidmate
wat betrokke wil wees per e-pos te
benader. Op dié manier het ons
reeds vier nuwe lede bygekry en
alreeds nuwe hulp met sekere
projekte.
Kontak Annemarie vd Watt gerus
as u deel van hierdie groep wil
wees.
Ysskaats by die Grove
Die gebruiklike jaarlikse afsluit-
ingsfunksie vir die Jakaranda
Kinderhuis is nou vervang met
‘n besoek aan die Grove se ys-
skaatsbaan wat groter byval by
die kinders vind. Vanjaar se
uitstappie was op 26 Oktober en
is deur tien dogters van Huis 18
van dié Kinderhuis bygewoon.
Tesame met die skaatssessie is
hulle bederf met “cupcakes”, lek-
kers en koeldrank en het daarna
‘n hamburger en roomys by die
Spur Restaurant geniet.
Klereverkoping
Ons het die gemeente ingelig dat
ons besluit het om van die
oorvloed klere, wat deur gemeen-
telede geskenk word, goedkoop te
verkoop en so geld in te samel vir
die aankoop van kruideniersware.
Sodoende kan ons meer kos
verskaf aan meer behoeftiges.
Ansie le Clus het twee vroue van
die Arbeidsentrum in diens ge-
neem wat help met die verkope en
hulle het reeds R800 ingesamel.
Hierdie geleentheid het tegelyker-
tyd ook werk geskep vir die twee
werklose vroue.
Die Jakaranda Kinderhuis is ook
bederf met ‘n nuwe sitkamerstel
deur bemiddeling van Sandra van
Eeden, ons afgevaardigde vir Huis
18. Sandra het ook gehelp met
die opknapping van die leefarea
deur die aankoop van ‘n nuwe mat
en om die TV-kas te verf. Dankie
vir die bydraes vir matrassies wat
aangekoop kon word!
Dit is met groot dankbaarheid dat
ons hierdie jaar weer daartoe in
staat was om in die behoeftes en
nood van die mense by wie ons
betrokke is te voorsien. Wanneer
ons by ons eie Kersfeestafels
aansit, kan ons die gemoedsrus
hê dat daar vanuit ons geledere
vir hulle wat minder het, ook voor-
sien is.
Ons wens u ‘n baie geseënde
Kersfeestyd toe.
‘n Liggaam wat nie asemhaal nie, is
dood. So is die geloof wat nie tot
dade kom nie ook dood. Jak. 2:26
Bo: ‘n Geskenkie en dankbriefie
aan die gemeente vanaf Paul
Jungnickel Tehuis
Met ‘n passie
vir mense in nood
Geskryf deur Annemarie van
der Watt en Marie Boonzaaier
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx L ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Voetspore van die Arbeidsentrum Blackie & Yvonne Swart
Die voetspore van die Arbeidsentrum loop al ‘n lang pad deur
Lynnwoodrif Gemeente. Dit het klein begin - voor rekenaars en tegno-
logie! Die Arbeidsentrum het egter al hoe meer met die jare gegroei en
net soos enige kind groter en slimmer geraak! Tegnologie is later in-
gespan en vandag sit ons met ‘n vaartbelynde program waarmee ons
op ‘n professionele wyse hierdie Bediening kan bestuur. Met dankbare
harte wil ons al die eer aan die Here gee dat die regte mense op die
regte tyd beskikbaar was om hierdie Bediening só te laat ontwikkel.
Vroegoggende word daar steeds deur werksoekers heerlik gesmul aan
die lekker broodjies, koffie en tee wat voorgesit word! Gewoonlik is dit
hul gesellige kuiertyd onder die bome, voordat hulle die erediens, wat
Pastoor Arthur in hul eie taal aanbied, gaan bywoon. Dankie ook aan
Emma wat hierdie faset hanteer.
Hierdie jaar het ons met ‘n nuwe been begin – Basiese Lewensvaar-
digheidsontwikkeling. Die doel met die opleiding is om ‘n beter
toegeruste werker aan die werkgewer te bied. Baie verskillkende
aspekte van menswees word in hierdie maandlange kursus hanteer.
Eerstens word hul verhouding met God, hul verhouding met mense en
dan hul verhouding en verantwoordelikheid teenoor die werkgewer
aangespreek. Omdat hul groot behoefte is om kos op die tafel te sit by
die huis, word dit ook tydens die kursus aangespreek. Elke dag word
daar ‘n warm ete aan die kursusgangers aangebied en dan was elkeen
ook geseën met ‘n vars brood om huis toe te neem!
Praktiese opleiding vorm ook deel van die kursus en die kerkterrein is
‘n gerieflike oefenplek hiervoor.
Dit is met trots dat ons aan die eerste negentien studente aan die einde
van Oktober hul sertifikate kon oorhandig!
‘n Groot dankie aan Salome
Madiba wat die opleidings-
program hanteer. Sy het POPUP
se kursus deurloop en bied dit nou
hier aan. Ook dankie aan die
donateurs vir voorraad vir die
etes, asook die brode. Ons is baie
opgewonde hieroor en kyk met
groot verwagting na die toekoms.
Sonder ons ander vrywilligers, wat
elke week hul tyd opoffer om te
kom help, sou ons nie alles alleen
kon behartig nie. Ons harte is vol
dankbaarheid teenoor julle!
Laaste vra ons ons gemeentelede
om te help om die woord na die
publiek te versprei dat hulle hier ‘n
huishulp, ‘nanny’, ‘care giver’,
‘handyman’ en tuinwerker in diens
kan neem.
Kontak: Blackie Swart 081 315 9171 jobs@jobseekers.org.za
Opleiding vir seniorversorging
‘n Volgende splinternuwe been
wat ontwikkel word, is die toerus-
ting van huiswerkers om persone
te kan versorg met die spesifieke
behoeftes van senior persone in
ag genome.
Elzaan de Villiers van Building
Hope Foundation het hierdie
opleiding, in samewerking met ‘n
geregistreerde arbeidsterapeut,
gefasiliteer.
Die eerste suksesvolle opleiding
is op 11 November by ons ge-
meente aangebied.
Ons eerste groep wat hul Life Skills opleiding voltooi het met me Salome Madiba heel
links en Past Arthur Mahwayi heel regs.
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx DC ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Kersgroete uit die sendingveld Laat jou lig skyn
Liewe Gemeente,
Binnekort vier ons saam die geboorte van ons Here. Hy wat vlees geword het, Emmanuel, God met ons. Ons noem dit ‘n fees… maar uit Oekraïne wil ons jul nie net ‘n vreugdevolle, kortstondige feestyd toewens nie....Nee, laat elkeen van ons – afgesien van ons omstandighede, moeilikhede en uitdagings ‘n diepe ervaring van Emmanuel beleef, want Hy is werklik met ons! Elke dag, elke oomblik! Laat dus u hele lewe liewe ge-meente, ‘n vreugdefees wees! En geniet die sonskyn van ‘n somer kersfees.
Uit ‘n ysige Oekraïne met baie liefde en verlange
Die Van der Merwes in Odessa.
“Uit die s-lte vloei musiek,
uit die donkerte skyn lig,
uit onsekerheid groei belo3e,
uit ‘n gebroke wêreld lewe liefde.
Ons hoop is gebore daardie nag!
Mag elkeen ‘n vreugdevolle
Christusfees vol vrede en liefde
ervaar.
Ons opregte dank vir jul sending
bydrae hierdie jaar!
(Geskryf deur oudste dogter, Suzaan)
Baie liefde – die De Villiers gesin.
We would like to thank the
Lynnwoodrif Church and the Trust
for being the most amazing spon-
sors and friends. We can never for-
get your support, guidance and en-
couragement which has helped us
achieve our goals. We wish you a
great health and everlasting hap-
piness.
Dearest, we extend our warm wish-
es to you all. Merry Christmas and
Happy New Year 2018
Jacques and Juliet Mbiya,
Promised Land Ministry,
Garankuwa.
As 2017 comes to a close we are reminded of how good God has been
all along.
365 days provide ample opportunity for many and different experien-
ces: glad and sad ones, gentle and harsh ones, constructive and
threatening others, gain and loss. A whole year is filled with all these
and much more. But, despite this common mingling we all experienced
God’s words resound aloud:
The LORD says, "I will guide you along the best pathway for your life. I will
advise you and watch over you." (Psalm 32:8). If the Old Testament so
clearly exposes God’s grace and concern for His people, we are com-
pletely at awe when it comes to the New Testament: "And be sure of
this: I am [Jesus] with you always, even to the end of the
age." (Matthew 28:20).
This holiday season, as we take time to rest and ponder about the
goodness of the Lord in the midst of all that has happened to us in 2017,
let us rejoice and give thanks to Him that in all He has been with us, re-
gardless of what we felt at the time. He has promised it, He is true to His
word. Merry Christmas, Jesus is with us! Halleluyah!
Sergio and Annette Rosell, Spanje.
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx DD ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Kersgroete uit die sendingveld
We wish the Congregation and all the Sunday School
children in the family service, the Pastors and the
Church board and the Mission Team many blessings.
We really thank you for all your support.
We wish you a happy Christmas and we wish you
happy new year.
This year was not an easy year in the whole world,
with a lot of challenges, but we pray that in the year
coming the Lord will really bless you all and see you
through in Jesus name. Thank you.
Beinde Gabriel and his family in Chad.
Christmas greetings
John 3:16 “For God loved the world so
much that He gave his only son, so
that everyone who believes in Him
may not die but have eternal life.”
As another year draws to a close it’s
)me to reflect on the love of God as
we celebrate Christmas.
We want to wish you and your family
a blessed Christmas. May you experi-
ence the salva)on, joy, peace and
hope that Christ brings to a hurt and
broken world. May God grant you his
choicest blessings of health and
strength for the coming year 2018
Have a safe and refreshing holiday.
From: The Vine Life Family
Rev Benne: and Jessica Shunmugam,
Durban.
opportunity to share the Gospel
and that God will grant boldness to
our team to go out and make
disciples of all na-ons.
Pray that as we sow we will reap a
harvest of souls into the kingdom.
Please pray that we remain faithful
to our calling in-spite of discourage-
ments and the challenges that go
with the ministry.
We also place on record our sincere
thanks to the congrega-on of
Lynnwood Ridge and the Missions
Team for all their love, prayers, en-
couragement and support. You
make it possible for us to con-nue
serving Christ.
On the frontlines we take a lot of
fire from the enemy. Only through
the prayers of our partners and
grace of the Lord we are s-ll pre-
served to fight another day.
Good news from Durban
We started a church plant in April
2017 - first from our home and then
we moved into the NG Church
Malvern premises on the 2nd
July. Our
vision is to reach the English speaking
community in the Queensburgh area
of Durban with the Gospel of Jesus
Christ.
Our ministry model is based on John
15: 1-16. It emphasizes that every
person [partner] who joins this minis-
try must see themselves as a branch
that must be connected to Jesus [The
Vine]. They must understand that
they have been called by Jesus and
appointed by Him to go and bear
fruit. Fruit that will honour God and
bring glory to His name. In this way
we show ourselves to be a disciple of
Christ.
We are breaking away from the tradi-
-onal religious idea of going to
church to one of having a personal
daily rela-onship with Jesus. We
must see ourselves as missionaries
wherever we work, study or live. It is
not easy to break from tradi-on so it
is a challenge to change the mindsets
of people.
We have about 35 people who are
partners in this mission. We thank
God for a good team that is develop-
ing. This small seed, planted in faith,
will grow to become a huge tree.
Please pray with us for open doors of
Happy Christmas Holidays. May the God of peace richly bless and pro-tect you wherever you may go. I am blessed to have you in my life.
Steven & Jerminah Kgaswane, Mamelodi
iÉxàáÑÉÜx fÉÅxÜâ|àztãx DE ECDJ
bÉÜzxzxx ctáá|xäÉÄ bÑzxÜ|z
Saam is ons besig met ‘n saak wat
geen geld kan koop nie en ewigheids
-waarde het!
Die priesters en die ander was on-
thuts omdat die apostels die mense
geleer het en verkondig het dat die
opstan-ding uit die dood deur Jesus
se opstanding ‘n werklikheid geword
het. Hand.4:2
Mag jou hart saam met ons juig in
hierdie tyd waar ons Jesus se ge-
boorte vier.
Liefde, Albie, Lizzy, Lyla en Emily.
Liewe vriende, Hierdie jaar het gevlieg en ons is weer na aan die Kerstyd. Dit bly steeds die wonderlikste nuus wat die engele ooit gebring het en dit is dat God mens ge-word het en in ons sy woning kom maak het. So wonderlik om te midde van al die gode die een ware God te mag dien wat hom aan ons openbaar het en elke
dag met ons is. Van ons huis na elk van julle huise en
harte ons warm Kerswense.
Emmanuel, God is met ons!
Geseënde Kersfees,
Die Bosmans uit Indië.
Promise Kids
‘n Klein begin van ‘n groot droom
in Garankuwa. Regs is ‘n foto van
die kleuterskool wat vanaf Augus-
tus funksioneer. Desember word
nuwe inskrywings geneem en ons
vertrou dat ons volgende jaar
reeds baie sal groei.
Die groentetuin het ook al mooi
ontwikkel en die verwagting is dat
daar vanaf 2018 groente verkoop
sal kan word. Kom kyk self!
Vir meer inligting kontak Johann
Putz by 084 511 2277
Gemeenskap van Hoop in Kildare
Ons het die groot taak aangepak om die stuk grond
rondom Galvary kerk te omhein. Nou kan ons in
2018 begin om water aan te lê en groentetuine te
ontwikkel.
Die kleuterskool sal ook verder ontwikkel word en
Jonny droom van ‘n rekenaarsentrum, as deel van
hierdie gemeenskap van hoop.
Onder: vlnr Kleuterskoolhoof Juliet Mbiya en assistent Nomalanga Ndlovu, E-enne
Olckers van ons gemeente, Rethabile Moraswi & Titshiona wat die groentetuin bestuur
We want to thank you for your part-
nership. Words cannot explain how
grateful we are. May the Lord bless
Lynnwood Ridge.
Jonny Ndlovu,
Calvary Church, Bushbuckridge.
Eer aan God in die hoogste hemel en
vrede op aarde in wie Hy ‘n welbehae
het. Luk 2:14
In ‘n tyd van onrus en geweld lig ons ons
stemme en sluit ons aan by die menigte
van engele met die wens vir vrede op
aarde. Ons bedank almal wat in gebed,
met finansies en geestelike diens vir ons
intree en versorg.
André en Anna-Marie Thiart,
Quionga Mosambiek.
Recommended