16
1 Naam: _____________________________________________________ Gr. 8 ____ AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL SEDERT 1920 GRAAD 8-INSKAKELINGSPROGRAM 2017

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

1

Naam: _____________________________________________________ Gr. 8 ____

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL SEDERT 1920

GRAAD 8-INSKAKELINGSPROGRAM 2017

Page 2: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

2

BOODSKAP VAN DIE HOOFSEUN

Beste Amper-Affie

Baie geluk met die keuse wat jy gemaak het om deel te word van vyf jaar se onbeskryflike trots,

tradisie en broederskap. Ek kan jou verseker dat jy die regte keuse gemaak het. Wees bewus van

die feit dat die grootste avontuur van jou lewe op jou wag.

Ons sien daarna uit om jou te ontvang en te help ontwikkel om die Affie te word wat jou

Affiebroers van jou verwag om te wees. Jou onafhanklikheidsreis begin en jy en jou 350 nuwe

broers sal mekaar dra. Die soete herinneringe wat jy gaan versamel, sal verewig by jou bly.

By Affies dien ons die Hemelse Vader en ons stel die skool se naam altyd eerste. Ons gaan jou

leer om respek vir ander te toon en so ook vir jouself. Ons gaan jou help bou en vorm aan die

eienskappe en waardes wat van jou ‘n man van karakter gaan maak.

In die volgende vyf jaar gaan jy lief word vir die rooi mure van ons skool en die wapen op jou bors

met trots dra.

Sterkte met die akademiese verpligtinge wat in die volgende paar weke op jou wag.

Onthou, dis nie wat Affies vir jou kan doen nie, maar wat jy vir Affies kan doen.

Daag elke dag op met die regte gesindheid en kom hê die beste vyf jare van jou lewe.

LAAT DAAR LIG WEES.

Affiegroete.

JOHAN VAN ZYL

HOOFSEUN 2017

Page 3: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

3

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL

GRAAD 8-INSKAKELINGSPROGRAM

Sondag 8 Januarie (slegs koshuis)

10:30 Aankoms: Pannevis

- Registrasie

- Administrasie

- Affie-oortrekpapier tussen 10:00 en 12:00 by die skakelkantoor te koop.

R50 per rol (10 velle, genoeg vir 20 boeke)

11:30 Inskakelingsprogram: Saal (ouers en gr. 8’s)

- Koshuisreëls

- Voorstel van personeel en koshuisprefekte

12:00 Middagete in die koshuiseetsaal vir die graad 8’s, ouers, personeel en koshuisprefekte. Na

ete mag die seuns tyd saam met hulle ouers spandeer.

08:00 – 12:00 Klerebank oop

17:00 Gr. 8’s terug by Pannevis

17:30 Aandete

18:00 Gr. 8’s: Koshuislewe - Oriëntering

Maandag 9 Januarie

07:30 Gr. 8’s: Opening in saal (Wit Affie-sporthemp en groen Affie-sportbroek, beskikbaar by

klerebank)

07:45 Verwelkoming

- Dr. Edwards

08:00 Moets en moenies vir die Graad 8’s

- Voorstelling van die personeel en Affieraad

- Huisindeling

- Dagprogram

- Klerebank oop vanaf 08:00 tot 14:00

09:00 Akademiese inskakelingsprogram (Bring skryfbehoeftes saam)

11:30 Pouse

12:00 Atletiekuitdunne

14:00 – 14:30 Middagete: Koshuiseetsaal (Alle seuns eet middagete in die koshuis. Seuns wat nie by

krieketproewe betrokke is nie, mag daarna verdaag.)

14:30 – 15:30 Waterpoloproewe

15:30 – 17:30 Krieketproewe

17:30 Verdaging

Dinsdag 10 Januarie

07:30 Voogperiode: Indeling van voogklasse indien moontlik

08:00 Akademiese inskakelingsprogram (Bring skryfbehoeftes saam)

Klerebank oop vanaf 08:00 tot 14:00

10:30 Pouse

11:00 Atletiekuitdunne

13:30 – 14:00 Middagete: Koshuiseetsaal (Alle seuns eet middagete in die koshuis. Seuns wat nie by

krieketproewe betrokke is nie, mag daarna verdaag.)

14:00 – 15:00 Waterpolo- en swemuitdunne

15:00 Krieketproewe

17:30 Verdaging

Page 4: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

4

Woensdag 11 Januarie

07:30 Vierkantopening (Gr 8’s trek aan: Affie-skoolklere: GEEN das, baadjie of pet. Geen

uitheemse haarstyle soos “comb-overs”, “steps” ens. nie.)

07:45 Indeling van graad 9 tot 12-voogklasse. Graad 8’s bly in die saal agter.

08:00 Terreinverkenning saam met personeel

10:30 Pouse (saal) (Klerebank oop voor skool en tydens pouse)

11:00 Aktiwiteitsorganiseerders

13:30 Middagete (Koshuisseuns in eetsaal. Dagskoliere self verantwoordelik)

14:30 Krieketproewe, ook waterpoloproewe, indien nodig

17:30 Verdaging

Donderdag 12 Januarie

07:30 Vierkantopening

08:00 Aktiwiteitsorganiseerders

10:00 Graad 8’s ontvang akademiese roosters

11:00 Pouse

11:30 Aktiwiteitsorganiseerders

12:30 Musiekindeling

13:30 Middagete

Klerebank oop na skool tot 14:30

14:30 Krieket-, waterpolo- en swemproewe

17:00 Verdaging

Vrydag 13 Januarie

07:30 Saalopening

Klerebank oop tydens pouse

09:00 Vertrek na Gr. 8-avontuurkamp te Zwartkloof. (Wit Affie-sporthemp en groen Affie-

sportbroek)

Sondag 15 Januarie

12:30 Arriveer terug by AHS. (Gr.8’s help met opstel van atletiekbaan)

14:30 Seuns verdaag. (Koshuisseuns mag saam met hul ouers verdaag)

17:00 (Slegs koshuis) Seuns terug in koshuis vir aandete en kerk saam met AHMP

Maandag 16 Januarie

Atletiekinterhuis (los tas tuis)

Gr. 8`s vertrek na opruiming (ongeveer 17:00)

Dinsdag 17 Januarie

Redenaars onttrek vir inskrywings

Pouse: Skoonmaak van die meesters se skoene in die vierkant (Bring borsel, lap en skoenpolitoer)

Woensdag 18 Januarie

Swem interhuis (Hillcrest)

14:30 – 16:00: Aktiwiteite saam met graad 8’s van AHMP by AHMP (Tema en kleredrag –

boeresport)

Page 5: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

5

Donderdag 19 Januarie (pouse)

Graad 8-inskakelingstoets

Vrydag 20 Januarie (pouse)

Terugvoer oor Graad 8-toets

Maandag 23 Januarie (pouse)

Pouse: Oefening vir inhuldigingsaand

Dinsdag 24 Januarie

Pouse: Oefening vir inhuldigingsaand

Oefen skoollied, Power en kreet

Woensdag 25 Januarie

Pouse: Oefening vir inhuldigingsaand

Oefen skoollied, Power en kreet

Donderdag 26 Januarie (Inhuldigingsaand)

Pouse: Reëlings in verband met inhuldigingsaand

o Drag: Volle skooldrag. Die Affie-pet word in die hand gedra.

o 17:30 - Graad 8’s meld aan vir kleedrepetisie

o 18:30 Ouers meld aan vir Inligtingsessie en inhuldigingseremonie

o Na afloop van die funksie word ligte verversings in die vierkant bedien.

o Ouers kry geleentheid om die meesters te ontmoet.

‘n Professionele fotograaf neem foto’s aan die oostekant van die saal. Kontant by bestelling. R30 per foto.

Vrydag 27 Januarie

Skool se verjaarsdag

Graad 8’s dra Affie-das, -baadjie en –pet vir die skool se verjaarsdagviering saam met AHMP.

Graad 8’s sing skoollied en kreet vir die eerste keer vir skool.

Page 6: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

6

SKOOLTRADISIES

Tradisies wat op gr. 8-leerders van toepassing is:

‘n Graad 8-leerder …

groet alle onderwysers.

groet ‘n matrikulant en spreek hom as “Meester” aan. Indien ‘n gesprek gevoer word, staan

die graad 8-leerling op aandag.

leer die name en vanne van die matrieks.

hardloop oor vierkante en grasperke.

staan stil as hy aangespreek word.

gebruik slegs die toilette vir juniors.

mag nie deur die voorportaal loop nie.

mag nie voor die skool verby loop nie.

mag nie deur die sportkantoortonnel loop nie.

is verplig om elke Vrydag sy Affie-pet te dra.

Wanneer ‘n onderwyser of matrikulant ‘n klas binnekom, staan al die leerders op.

Tradisies wat op alle leerders van toepassing is:

Wanneer ‘n onderwyser ‘n klas binnekom, staan al die leerders op.

Daar word van alle leerders verwag om ten alle tye met die grootste hoflikheid teenoor

dames op te tree, tydens skoolure en daarna.

Daar word van alle leerders verwag om op te staan en alle besoekers te groet.

Leerders staan op aandag wanneer “Boereplaas”, “Power of Affies”, die volkslied en

skoollied gesing word.

Tydens vlaghysings word vlagetiket streng gehandhaaf.

Geen leerder mag die klok langs die saal lui of deur die boog van die kloktoring stap nie.

Hiérdie voorreg is slegs beskore vir ‘n matrikulant op sy laaste skooldag.

Page 7: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

7

WENKE VIR AANPASSING

Begin die hoërskool op ‘n nuwe blaadjie met akademie, sport en kultuur.

Leer om met selfdissipline en goeie vooruitbeplanning jou skoolwerk en sport te doen.

Moet nooit jou groen huiswerkgids verloor of vergeet nie. Dit is die sleutel tot alles wat in

Affies gebeur.

Skakel dadelik in by die Affie-lewe – dis ‘n wonderlike opwindende seunswêreld!

Neem deel aan ten minste twee (of meer) aktiwiteite (sport en kultuur). So leer jy nuwe

maats ken. Dis baie belangrik – onthou, bekend maak bemind!

Onthou almal is vreemd. Doen moeite om maats te maak.

Om deel te neem is goed. Om te wen is beter, maar om dit alles te geniet is die beste.

Doen jou beste en geniet wat jy doen ongeag in watter span jy speel.

Goeie hoflike maniere teenoor jou meerderes (personeel en seniors, veral dames) is ‘n

waardevolle sleutel tot gladde aanpassing.

Praat altyd suiwer Afrikaans! Die skool se naam is: Afrikaanse Hoër Seunskool!!

Neem alle omsendbriewe vir jou ouers sodat hulle ook weet wat in die skool gebeur. Bring

afskeurstrokies terug.

Onderwysers in die hoërskool is anders as in die laerskool.

Moenie jou tas/sportsak/sportskoene ens. enige plek neersit nie. Dit gaan wegraak! Merk

jou tas, sak en klere.

Eet ‘n stewige, gebalanseerde ontbyt. Die skooldag is lank.

Goeie vitamienaanvulling is noodsaaklik vir vinnig groeiende seuns!

Koshuisleerders: skep moed! Julle is baie besonders. “Doen net” en geniet alles met julle

hele hart.

Affie-gees en tradisie is werklik uniek.

Onthou: Eenmaal ‘n Affie, altyd ‘n Affie!

Page 8: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

8

Stigterslede

Mnr. Jan Joubert, mede-stigter

Ds. Chris Neethling, mede-stigter

Hoofde

Mnr. F. J. le Roux

1920 - 1946

Dr. G. J. Potgieter

1947 - 1963

Mnr. J. A. Fourie

1964 - 1968

Mnr. J. D. V. Terblanche

1970 - 1973

Mnr. N. C. Roesch

1974 - 1984

Mnr. T. L. P. Kruger

1985 - 1991

Dr. P. Edwards

1992 -

Page 9: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

9

Eerste sportklubs

Die klubs vir rugby en tennis word op 4 Mei 1921 gestig.

Die hoof, mnr. Frank le Roux (regs), en mnr. Wilsenach (links) was ook lede van die span.

Page 10: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

10

Affie-landmerke

In Visagiestraat, net oos van die stadsaal, staan die Generaal Piet

Joubertgebou. Op hierdie perseel het die skool op 28 Januarie 1920 met 44

leerlinge in generaal Joubert se huis begin. Die skool het tóé as die Afrikaanse

Hoërskool bekend gestaan. In die huidige saal se voorportaal is ‘n balk wat uit

die woonhuis kom.

Die gebou van Afrikaanse Hoër Meisieskool was ons eerste skool wat aan die

begin van 1927 betrek is.

Page 11: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

11

Die oudste gedeelte van ons huidige gebou is aan die begin van 1928 betrek

omdat die skool te groot geword het vir die vorige gebou. Ons huidige gebou

was eers die Nederlandse skool en het as Hogere Oosteindeschool bekend

gestaan. In 1930 is die seuns en meisies geskei. Die seuns het in ons gebou

gebly en die meisies is terug na die gebou wat vandag nog die setel van

AHMP (Afrikaanse Hoër Meisieskool, Pretoria) is.

In die skool se voorportaal is ‘n borsbeeld van ons eerste hoof, mnr. F. J.

(Frank) le Roux. Sy bynaam was Pa le Roux. Die voorportaal is in die tyd van

die tweede hoof van die skool, dr. G. J. (Gert) Potgieter, beslaan met die

inheemse houtsoorte van Suid-Afrika.

Huis Pannevis is ons oudste koshuis op die terrein. Dit is in 1930 ingewy. Dié

gebou is na Arnoldus Pannevis, kampvegter vir Afrikaans, benoem. Huis

Frank le Roux is in 1970 betrek. Dit is na die skool se eerste hoof vernoem.

Die verskillende gange is ook na kampvegters vir Afrikaans vernoem:

Hoogenhout, Malherbe, Reitz en Du Toit. In 1993 is nog ‘n blok gebou en die

gange is na die stigterslede van die skool vernoem: Huis Neethling en Huis

Jan Joubert. Chris Neethling was ‘n predikant en Jan Joubert, die seun van

generaal Piet Joubert, was ‘n parlementslid.

Huis Jackie Kruger, Lisdoganstraat 165, Arcadia: Jackie Kruger was in 1975

die eerste voorsitter van die Oud-Affiebond. Vanaf 1983 dien hy op die

beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in

1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak – almal

later Affies.

Die ingang tot die skoolterrein staan as Redelinghuyspoort bekend. Dit is na

mnr. S.A. Redelinghuys vernoem. Hy was van 1923 tot 1962, dit wil sê 39

jaar, aan die skool verbonde. Hy is in 1964 oorlede.

Die huidige mediasentrum was die eerste skoolsaal wat tot in 1961 as saal

gebruik is.

Die booghek is in 1945 opgerig om die skool se 25ste bestaansjaar te

herdenk. Met die skool se 75ste verjaarsdag in 1995 is die hek by die muur

ingebou wat die terrein tans omgrens.

Die Potgietersaal, vernoem na die tweede hoof, dr. Gert Potgieter, is in 1961

gebou en is in 2002 verander soos dit vandag lyk.

Die Appelkas is na mnr. J.D.V. Terblanche (vierde hoof van Affies), vernoem.

Sy bynaam was Appel.

Die suid-oostelike vleuel, grootste aanbouing nóg deur ‘n staatskool uit eie

fondse, is in 2006 deur mnr. J. D. V. Terblanche ingewy.

Page 12: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

12

Catfoot’s Corner: Die jaar 1972 sal seker as die jaar van die begin van die

uitdrukking "Affie-guts" bekend staan. Moontlik hang dit saam daarmee dat die

skool se wapen van daardie jaar af op die linkerbors van die eerste span se

rugbytruie verskyn het. Meerwaarskynlik is dit deel van 'n nuwe golf van

vasberadenheid, selfvertroue en toewyding wat deur die hele skool merkbaar

was. Die Affie eerste span, afgerig deur mnre. F. de Vos en H.G. Kruger en

met R. Earle as kaptein, het menige wedstryd eers in die doodsnikke gered

deur eenvoudig te weier om bes te gee. Vroeg in die reeks om die

Administrateursbeker het die Affies hulle vasgeloop teen Hoër Tegnies van

Middelburg. Met sekondes oor was die Middelburgers voor op die telbord en

van hul ondersteuners het alreeds die oorwinning begin vier. Maar toe skop

"Affie-guts" in en toe die Tegniese Skool hulle kom kry, wen Affies die

wedstryd in die doodsnikke met 'n verbete laaste aanslag. Daarmee is die

grondslag gelê vir 'n "kannie-dood" benadering wat met die jare net sterker

sou groei en aan die uitdrukking "Affies, die gevreesde" volume sou verleen.

Affies wen die Noord-Transvaal afdeling van die reeks en kom in die semi-

finaal teen die Hoër Tegniese Skool Tom Naude (Pietersburg) op hul tuisveld

in Pretoria te staan. Weer eens is dit 'n taai en genadelose wedstryd en met

sekondes oor loop die Pietersburgers voor. Mnr. Terblanche vertel dat hy al

mnr. Boet Hough, hoof van die Tegniese Skool, gelukgewens het toe die bal in

die laaste beweging in die hande van die Affie-agterlyn beland. Met byna

verbete vasberadenheid op hul gesigte afgeëts is die bal wyd gespeel na

Marcel (Catfoot) Raath en hy rond die beweging af met die wendrie in die

Page 13: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

13

westelike hoek van die veld. Daardie hoek van die rugbyveld staan tot vandag

toe bekend as "Catfoot's corner". Weer het "Affie guts" sy ding gedoen. Die

finale botsing om die Administrateursbeker was teen die Hoërskool Nelspruit.

Toe die fluitjie die einde van 'n oop en aanskoulike wedstryd aankondig, dui

die telbord 'n gelykop uitslag aan. Die twee skole deel dus die

Administrateursbeker vir 1972.

Page 14: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

14

AKTIWITEITEGIDS

Sport- en kultuurorganiseerders

Atletiek:

Mnr. Jan Grabie

A14 / K48

Tennis:

Mnr. David Jaquire

A26 / K49

Gholf:

Mnr. Cobus

Coetzee

A6 / K19

Fietsry:

Mnr Tobias Lubbe

Sportkantoor

Hokkie:

Mnr. Neels

Geertsema

K50

Swem:

Me. Mariaan

Haasbroek

A20 / K52

Krieket:

Mnr. Leon Jonker

Sportkantoor

Waterpolo:

Mnr. Ferdinand

Postma

Swembad

Page 15: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

15

Scuba:

Mnr Wian van

Staden

K54

Skaak

Me. Ella Schoeman

T4

Koor en orkes:

Me. Estelle Matthee

Kultuurkantoor

Affie-Artes

Me. Erika

Swanepoel

K47

Redenaars:

Me. Nelia van Zyl

K12

Public speaking en

tafeltennis:

Me. Yvonne Bredell

A13 / K5

Debat

Mnr. Dirk Taljard

1920-kantoor

Stroom-op

Me. Annatjie

Ferreira

1920-kantoor

Page 16: AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL · beheerliggaam en word in 1986 tot voorsitter verkies. Hy het hierdie amp tot in 1992 beklee. Die Krugers het ses kinders in hierdie huis grootgemaak

16

Toneel

Me. Ronel de Beer

K18

Avontuurklub

Mnr. Tekkies

Barkhuizen

K53 / A21

Jukskei

Mnr. Gerrit Jacobs

K45

Hoof van Rugby en

Gimnasium

Mnr. Jaco Koch

Gimnasium

Voogde

Junior Fasehoof

Mnr. Schalk

Wessels

A5

Graad 8 Voog

Mnr. Corstiaan

Vermaak

A31

Graad 8 Hulpvoog

Mej. Hybre

Schoeman

A29