View
8
Download
0
Category
Preview:
Citation preview
'N POSITIEWE INGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR PERSOONLIKE LEIERSKAP
deur
AMELIA HEPBURN
NAVORSINGSESSAY
voorgele ter gedeeltelike vervulling van die vereistes vir die graad
MAGISTER PHILOSOPHIAE
in
PERSOONLIKE EN PROFESSIONELE LEIERSKAP
in die
FAKULTEIT OPVOEDKUNDE EN VERPLEEGKUNDE
aan die
RANDSE AFRIKAANSE UNIVERSITEIT
Studieleier: Prof. D.P.J. Smith
Oktober 1999
'N POSITIEWE INGESTELDHEID
AS VOORWAARDE VIR
PERSOONLIKE LEIERSKAP
AMELIA HEPBURN
DANKBETUIGINGS
Hiermee wil ek graag my opregte dank uitspreek aan -
Ons Hemelse Vader, wat my die geleentheid, deursettingsvermoe en krag
gegee het om my studies to voltooi.
Professor Dawie Smith, my studieleier, vir sy bekwame leiding.
Mej Elna Coetser vir haar toewyding met die taalversorging.
Mej Magda Boraine en mev Trudie Oosthuizen vir hulle professionele tikwerk
en afronding.
Marcus Venter vir sy begrip en ondersteuning.
INHOUDSOPGAWE
Bladsy
SAMEVATTI NG iv
SYNOPSIS vii
HOOFSTUK 1: NAVORSINGSONTWERP
1.1 KONTEKSSTELLING VAN DIE ONDERSOEK 1
1.2 PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEFORMULERING EN DOEL
MET DIE ONDERSOEK 3
1.3 MOTIVERING VIR DIE ONDERSOEK 5
1.4 NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR DIE ONDERSOEK 7
1.5 SENTRALE KONSEPTE IN DIE ONDERSOEK 8
1.6 PERSOONLIKE LEIERSKAPSPARADIGMA EN AANNAMES 10
1.7 VERDERE VERLOOP VAN DIE STUDIE 12
HOOFSTUK 2: DIE AARD VAN LEWENSHOUDING
2.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK
13
2.2 WAT IS LEWENSHOUDING?
14
2.2.1 Inleiding
14
2.2.2 Kenmerke of eienskappe van lewenshouding
15
2.3 DIE BELANGRIKHEID VAN LEWENSHOUDING
21
2.3.1 Inleiding
21
2.3.2 Waarom is lewenshouding belangrik?
22
2.4 DIE ONTWIKKELING VAN LEWENSHOUDING 26
2.4.1 Inleiding 26
2.4.2 Beginsels en faktore of aspekte wat 'n invloed op die
ontwikkeling van lewenshouding het 26
2.5 AFSLUITING
33
HOOFSTUK 3: VERANDERING VAN LEWENSHOUDING DEUR
PERSOONLIKE LEIERSKAP
3.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK 34
3.2 DIE VERANDERING VAN LEWENSHOUDING 35
3.2.1 Inleiding 35
3.2.2 Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander
nie 36
3.2.3 Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding
verander nie 40
3.2.4 Tegnieke om lewenshouding te verander 42
3.3 DIE BYDRAE VAN PERSOONLIKE LEIERSKAP OM
LEWENSHOUDING TE VERANDER 48
3.3.1 Inleiding 48
3.3.2 Die kenmerke van persoonlike Ieierskap 49
3.3.3 Die bydrae van persoonlike Ieierskap om 'n positiewe
lewenshouding te handhaaf 51
3.4 AFSLUITING 52
HOOFSTUK 4: INTEGRASIE VAN DIE NAVORSING
4.1 INLEIDING 53
4.2 OPSOMMING 53
4.3 SAMEVATTI NG 54
4.3.1 Wat is lewenshouding? 55
4.3.2 Waarom lewenshouding so belangrik is 56
4.3.3 Hoe lewenshouding ontwikkel 56
4.3.4 Hoe lewenshouding verander 57
4.3.5 Hoe persoonlike Ieierskap 'n bydrae !ewer om lewenshouding to
verander 58
4.4 GEVOLGTREKKINGS 59
4.5 AANBEVELINGS 60
4.6 SLOT 60
BRONNELYS 61
SAMEVATTING
'N POSITIEWE LEWENSINGESTELDHEID AS VOORWAARDE VIR
PERSOONLIKE LEIERSKAP
deur
AMELIA HEPBURN
STUDIELEIER : Prof. D.P.J. Smith
FAKULTEIT : Opvoedkunde en verpleegkunde
GRAAD M.PhiI - Persoonlike en Professionele Leierskap
1. PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE ONDERSOEK
Lewensingesteldheid oftewel lewenshouding, is die klein iets wat 'n groot
verskil kan maak (Haverlock, 1999:1). Bewerings word gemaak dat 'n
positiewe lewenshouding tot positiewe resultate Iei en positiewe resultate
Iei weer tot geluk en sukses. 'n Negatiewe lewenshouding het volgens
Jampolsky en Cirincione (1994:57,75) 'n direkte invloed op 'n persoon se
gesondheid en interpersoonlike verhoudinge. Siektes soos migraine,
diabetes, hartprobleme en selfs kanker hou dikwels verband met 'n mens
se lewenshouding (Jampolsky & Cirincione, 1994:59-60).
Die probleem wat in die navorsing ondersoek was, is waarom mense 'n
positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en hoe die mens uit 'n
persoonlike Ieierskapsperspektief beheer oor sy of haar lewensingesteld-
heid kan uitoefen.
Die doel van die ondersoek was om 'n beskrywende studie van die
verband tussen lewenshouding oftewel lewensingesteldheid en
persoonlike Ieierskap to doen.
iv.
NAVORSINGSMETODOLOGIE
`n Hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie is in die studie
aangewend.
Babbie (1995:334,336) verwys na die hermeneutiese navorsingstrategie
as die interpretering van sosiale gebeure deur die standpunte,
omstandighede en emosies van ander inlewend te verstaan en te vertolk.
`n Beskrywende navorsingstrategie is 'n sistematiese, akkurate en feitlike
beskrywing van 'n saak, in die geval lewenshouding, ter wille van beter
begrip, insig en ingeligtheid (Smith, 1993:35). Literatuurstudie, wat
bestaande geskrifte oor die studieveld bestudeer, en konsepanalise, waar
die betekenis van 'n konsep omskryf word, kom as navorsingsmetodes
aan die orde.
BEVINDINGE
Uit die ondersoek blyk dit dat:
* Lewenshouding gewoontes van denke is. Dit omvat alle gedagtes,
oortuigings en opinies (Smith, 1998a:1; Spithill, 1998:1). 'n Positiewe
lewenshouding is 'n belangrike faktor wat bepaal of enige
onderneming suksesvol is of nie (Smith, 1998a:1).
`n Positiewe lewenshouding het tot gevolg dat gunstige interpersoon-
like verhoudings gestig word (Matt Yana, 1996:21) en dat 'n individu
teenoor hom- of haarself positief voel (Jamposky & Cirincione,
1994:139). Dit kan selfs 'n bydraende faktor tot genesing wees
(Weinberg, 1998:5-6). Negatiewe denke manifesteer potensieel in 'n
individu se Iiggaam en kan selfs tot siektes soos kanker, nek- en
rugprobleme lei (Jampoisky & Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-
32; Weinberg, 1998:5).
v.
* Lewenshouding is aangeleer en kan verander (Fishbein & Ajzen,
1975:11; Lippa, 1994:214). Alhoewel verskeie persone 'n invloed op
die vorming van lewenshouding uitoefen, kan die individu self kies om
te verander. Frankl (in Bright, 1997:1) meld: "Everything can be taken
from man but one thing: the last of human freedoms - to choose one's
attitude in any given set of circumstances - to choose one's own way."
Indien die individu nie kies om te verander nie, sal by of sy beperkinge
op eie vermoens plaas (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell,
1993b:80; Robbins, 1992:81). Verskeie tegnieke om te verander is in
hoofstuk drie, paragraaf 3.2.4, geIdentifiseer. Die tegnieke is egter
slegs waardevol indien die individu self verantwoordelikheid neem om
te wil verander (Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92)
meld dat die kuns in die lewe is om die lewe te beheer en nie toe te
laat dat die lewe die individu beheer nie.
* Deur middel van persoonlike leierskap wat "inside out", karakter- en
beginselgesentreerd is, kan die individu leierskap oor die self uitoefen
en kies om 'n positiewe lewenshouding te openbaar (Baldoni, 1998:1-
3; Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:43). Die individu is persoonlik
verantwoordelik om voortdurend proaktief en binne sy of haar sirkel
van invloed op te tree (Covey, 1994:83; Robbins, 1992:11; Smith,
1998b:4). Volgens Covey (1994:83) kan 'n individu kies om direkte
beheer oor sy of haar lewenshouding uit te oefen. Die keuse om 'n
positiewe lewenshouding te kies kan tot gevoig he dat die individu 'n
positiewe liggaamlike, geestelike en emosionele omgewing skep
(Turner, 1994:13). Volgens Miles (1997:9) is blywende verandering
slegs moontlik indien die individu persoonlike leierskap, wat 'n
nimmereindigende reis van selfontdekking en persoonlike groei is,
uitleef.
vi.
SYNOPSIS
A POSITIVE DISPOSITION AS PREREQUISITE FOR
PERSONAL LEADERSHIP
by
AMELIA HEPBURN
TUTOR : Prof. D.P.J. Smith
FACULTY : Education and Nursing Science
DEGREE : M.Phil. — Personal and Professional Leadership
1. STATEMENT OF PROBLEM AND PURPOSE OF THE INVESTIGATION
Disposition or attitude, is the small something that can make a big
difference (Haverlock, 1999:1). It is alleged that a positive attitude to life
has positive results and positive results in turn lead to happiness and
success. According to Jampolsky and Cirincione (1994:57,75) a negative
attitude has a direct influence on a person's health and interpersonal
relationships. Diseases such as migraine, diabetes, coronary disease and
even cancer often relate to a person's attitude to life (Jampolsky &
Cirincione, 1994:59-60).
The problem investigated by this research was why people exhibit a
positive or negative attitude and how a person can exercise control over
his or her own life from a personal leadership perspective.
The objective of the investigation was to conduct a descriptive study of the
relationship between attitude or disposition and personal leadership.
vii.
RESEARCH METHODOLOGY
A hermeneutic and descriptive research strategy was followed in this
study.
Babbie (1995:334, 336) refers to the hermeneutic research strategy as the
interpretation of social events by understanding and interpreting the points
of view, circumstances and emotions of others sympathetically.
A descriptive research study is a systematic, accurate and factual
description of something, in this case attitude to life, for the sake of better
understanding, insight and informativeness (Smith, 1993:35). The
prevalent research methods used are studies of existing literature
available in this field and concept analysis, where the meaning of a
concept is defined.
FINDINGS
The investigation's findings are as follows:
* Attitude to life is habit of thought. It encompasses all thoughts, beliefs
and opinions (Smith, 1998a:1; Spithill, 1998:1). A positive attitude is
an important factor that determines if any undertaking is successful or
not (Smith, 1998a:1).
A positive attitude results in the establishment of favourable
interpersonal relationships (Matt Yana, 1996:21) and causes an
individual to feel positive about himself or herself (Jampolsky &
Cirincione 1994:139). It can even be a contributing factor in the
healing process (Weinberg, 1998:5-6). Negative thoughts have the
potential to manifest in an individual's body and may even cause
diseases such as cancer, neck and back problems (Jampolsky &
Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-32; Weinberg, 1998:5).
* Attitude is acquired and can change (Fishbein & Ajzen, 1975:11;
Lippa, 1994:214). Although many people may influence a person's
attitude, the individual can choose to change. Frankl (in Bright,
1997:1) says: "Everything can be taken from man but one thing: the
last of human freedoms — to choose one's attitude in any given set of
circumstances — to choose one's own way."
If the individual chooses not to change, he or she will inhibit his or her
own abilities (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80;
Robbins, 1992:81). Several techniques on how to change are
identified in chapter three, paragraph 3.2.4. However, the techniques
are only valuable if the individual takes responsibility for the desire to
change (Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92) states
that the trick in life is to control life and not to allow life to control the
individual.
* The individual can exercise control over the self and choose to exhibit
a positive attitude by means of personal leadership, which is "inside
out", based on character and centred on principles (Baldoni, 1998:1-3;
Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:3). The individual is personally
responsible for continually behaving proactively and within the circle of
his or her influence (Covey, 1994:83; Robbins, 1992:11; Smith,
1998b:4). According to Covey (1994:83) an individual can choose to
exercise direct control over his or her attitude. The choice to have a
positive attitude may result in the individual creating a positive
physical, spiritual and emotional environment (Turner, 1994:13).
According to Miles (1997:9) lasting change is only possible if the
individual expresses personal leadership, which is a never-ending
journey of self-discovery and personal growth.
ix.
HOOFSTUK 1
NAVORSINGSONTWERP
1.1 KONTEKSSTELLING VAN DIE ONDERSOEK
Daar is heelwat dinge in die lewe waaroor die mens min of geen beheer
het. Die weer, ekonomie, geweld en seisoenale veranderinge is voor-
beelde van dinge waaroor die mens min of geen beheer kan uitoefen. Tog
is daar een aspek waaroor die mens wel direkte beheer kan uitoefen: sy
lewenshouding (Matt Yana, 1996:9). Houding is volgens Plug, Meyer,
Louw en Gouws (1986:146) 'n relatief stabiele, hoofsaaklik aangeleerde
ingesteldheid of gereedheid van die individu om op 'n bepaalde wyse ten
opsigte van sekere objekte te handel. Hierdie ingesteldheid om te handel
word deur Covey (1994:71) saamgevat wanneer hy meld dat die mens
"responsable" is en keuses kan uitoefen oor hoe daar op stimuli of objekte
gehandel gaan word. Die mens kan kies of hy of sy 'n ingesteldheid
openbaar om te handel of nie te handel nie. Elke oomblik van elke dag
kan die mens dus 'n keuse uitoefen oor sy of haar lewenshouding oor die
self, werk, kliente, familie, vriende, verandering en verantwoordelikheid.
Lincoln (in Bright, 1997:1) so: "A person is as happy as he makes up his
mind to be". Elkeen kan direkte beheer oor sy of haar ingesteldheid
uitoefen en kies of hy of sy gelukkig wil wees.
Daar is sekerlik faktore soos ervarings vanuit die verlede en die ervarings
van ander, wat die mens se lewenshouding kan beInvloed. Frank! (in
Bright, 1997:1) meld dat "Everything can be taken from man but one thing:
the last of human freedoms — to choose one's attitude in any given set of
circumstances — to choose one's own way". Elke mens staan in direkte
beheer van sy of haar eie lewe en kan kies wafter resultate in die lewe
bereik wil word.
Om resultate te bereik is dit noodsaaklik om beheer oor lewenshouding uit
te oefen. 'n Positiewe lewenshouding of lewensingesteldheid lei tot
positiewe resultate en positiewe resultate lei weer tot geluk en sukses.
1.
Maxwell (1993a:99) meld dat die Carnegie lnstituut 'n ondersoek na
10 000 mense se rekords geloods het. Tydens die ondersoek is daar
bevind dat 15% van die mense se sukses aan tegniese opleiding
toegeskryf kan word en die ander 85% aan persoonlikheidseienskappe
waarvan lewenshouding die belangrikste is. Die gemelde outeur (Maxwell,
1993a:105) meld verder dat persone in leierskapsposisies se
lewenshouding ander direk beInvloed. Leiers moet verantwoordelikheid
neem vir hulle eie lewenshouding en sukses sodat dit tot voordeel van
ander kan strek. James (in Ringer, 1990:410) meld dat die grootste
revolusie van sy generasie die ontdekking is dat die mens deur veran-
dering van innerlike aspekte van sy lewe ook die uiterlike aspekte
verander. Heider en Rosenberg (in Elms, 1976:19) is van mening dat
mense 'n positiewe lewenshouding teenoor dinge openbaar wat hulle
ondersteun om doelwitte te bereik en 'n negatiewe lewenshouding
openbaar teenoor dinge wat in die weg staan van die bereiking van
doelwitte.
Die gevolg van 'n negatiewe lewenshouding of lewensingesteldheid het tot
gevolg dat bale mense aan psigosklerose, dit is die verharding van
lewensingesteldheid, lei (Maxwell, 1993a:107). Jampolsky en Cirincione
(1994:57,75) meld dat 'n negatiewe lewenshouding 'n direkte invloed het
op 'n persoon se gesondheid en verhoudinge. Vanaf die vyftigerjare word
daar wetenskaplike ondersoeke geloods om die invloed van lewenshou-
ding op die liggaam te bepaal. Die studie van lewenshouding se invloed
op die liggaam se immuniteitsisteem staan bekend as psigoneuro-
immunologie (Weinberg, 1998:8). Studies het bevind dat ongeveer 50%
van alle pasiente wat algemene praktisyns besoek aan nie-organiese
siektes lei en nie met tradisionele medikasie behandel kan word nie. Enige
vorm van mediese ingreping sal nie 'n verskil maak nie aangesien die
siektes deur 'n negatiewe lewenshouding veroorsaak word (Jampolsky &
Cirincione, 1994:59). Die gemelde outeurs (Jampolsky & Cirincione,
1994:60) meld dan ook dat indien persone aan migraine, diabetes,
hartprobleme, dermatologiese kondisies of spysverteringsprobleme — om
maar 'n paar te noem — lei, is dit opmerklik dat hulle gesindhede dikwels
bepaal of simptome ervaar word en of hul gesond voel.
2.
Persoonlike verhoudings lei dikwels skipbreuk weens negatiewe lewens-
ingesteldhede. Negatiewe lewensingesteldhede is dikwels die hoofoor-
saak waarom mense afgedank word. Robert Half International, 'n
konsultantfirma in San Francisco, het 'n ondersoek na afdankings geloods
(Maxwell, 1993a:98). In hulle studie is bevind dat 30% van afdankings aan
onbevoegdheid toegeskryf kan word en 53% aan 'n negatiewe
lewenshouding. Maxwell (1993a:103) wys ook daarop dat dit nie saak
maak wat 'n persoon oor sy of haar lewenshouding dink nie, dit reflekteer
op sy of haar gesig. Mense met 'n negatiewe lewenshouding kan selfs
goed begin en sukses ervaar, 'n paar goeie dae ervaar en selfs 'n
sportwedstryd wen, maar vroeer of later sal hulle lewenshouding hul in die
steek laat (Maxwell, 1993a:102).
Persone wat persoonlike leierskap uitleef, oefen bewustelik beheer oor
hulle doelwitte, suksesse en lewenshouding uit. Meyer (1993:19) omskryf
persoonlike leierskap as die vertroue in vermoens wat deur denke
gekristalliseer word sodat duidelike rigting oor die lewe verkry word en
daar 'n verbintenis is om doelgerigte aksies te loods om doelwitte te
bereik. Die mens is egter nie vry van die onafwendbare van die lewe nie —
siektes, ongelukke, natuurrampe: tog is die mens vry om te kies watter
lewenshouding of lewensingesteldheid geopenbaar gaan word (Ringer,
1990:58). Elke persoon kan kies om persoonlike leierskap oor die self uit
te oefen en sodoende kies of sy of haar lewenshouding positief of negatief
gaan wees.
1.2 PROBLEEMSTELLING, HIPOTESEFORMULERING EN DOEL MET DIE
ONDERSOEK
Almal het dit al gesien of daarvan gehoor — die lewenshouding wat 'n
atleet in 'n kampioen verander, wat 'n gewone soldaat in 'n held verander,
'n aktrise wat 'n ster word, 'n sogenaamde mislukking wat in 'n legende
verander en mense wat lyding in oorlewing verander (Dravecky, 1997:1).
Houding! Die klein lets wat 'n groot verskil kan maak (Haverlock, 1999:1).
Daar is baie dinge in die lewe wat mense swartgallig, negatief en
moedeloos maak.
3.
Mediese en polisiedienste, pos- en skoolwese, die regsisteem en Iandbou,
noem maar op: oral is daar vrae en probleme (Van Wyk, 1997:1). Tog
handel mense op sekere voorwerpe of klasse voorwerpe positief of
negatief (Louw, 1986:591). Dit het tot gevoig dat sommige mense of
positief of negatief ingestel is op die vrae en probleme van die lewe. Dyer
(1993:311) meld dat die mens dit word waaroor by of sy heeldag dink:
indien dit negatiewe dinge is, sal die mens negatief word en 'n negatiewe
ingesteidheid openbaar. Clark (1998:1) verwys hierna as die spreekwoor-
delike glas half gevul met water. Beskou die mens die glas half vol of half
leeg? Volgens Clark (1998:1) is die beskouing van die glas 'n aanduiding
van 'n persoon se lewenshouding teenoor die lewe. Se mens dikwels "ek
kan nie meer nie" of "ek kan hierdeur kom", of "ek kan dit nooit doen nie"
of "ek kan probeer". Navorsing het volgens Clark (1998:1) dan ook bevind
dat mense wat pessimisties en negatief is, geneig is om makliker in die
volgende 10 jaar to sterf as die wat optimisties en positief is.
Die probleem wat in die studie ondersoek gaan word, is waarom mense 'n
positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en hoe die mens uit 'n
persoonlike leierskapsperspektief beheer oor sy of haar ingesteidheid kan
uitoefen. Vrae wat uit die probleemstelling afgelei en ondersoek gaan
word is:
Wat is lewenshouding?
Waarom is lewenshouding so belangrik dat Frankl (in Covey, 1994:74)
die mening uitspreek dat instellingswaardes die belangrikste van alle
waardes is?
Wat bepaal 'n persoon se lewenshouding, oftewel sy lewensinge-
steldheid, dit wil se hoe ontwikkel 'n lewenshouding?
In welke mate kan persoonlike Ieierskap bydra tot die manifestasie van
positiewe lewenshouding?
Uit die voorafgaande probleemstelling kan die volgende navorsingshipo-
tese geformuleer word wat as 'n voorlopige verwagting van die onderha-
wige studie dien (Babbie, 1995:49).
4.
Persoonlike leierskap en 'n positiewe lewenshouding is interafhanklik:
persoonlike leierskap kan bydra tot 'n positiewe lewenshouding,
oftewel 'n positiewe lewenshouding kan bydra tot persoonlike leier-
skap.
Die doelstelling spruit direk voort uit die genoemde probleemstelling. 'n
Algemene doelstelling is om 'n beskrywende studie van die verband
tussen lewenshouding, oftewel lewensingesteldheid, en persoonlike
leierskap te doen.
Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die
onderhawige studie manifesteer, is om te bepaal:
Wat lewenshouding is.
Waarom lewenshouding so belangrik is.
Hoe lewenshouding ontwikkel.
Hoe lewenshouding verander kan word.
Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae !ewer om lewenshouding te
verander.
1.3 MOTIVERING VIR DIE ONDERSOEK
Elke mens vorm sy of haar lewe deur sy of haar lewenshouding. Bright
(1997:1) meld: "One's attitude makes one's destiny ... and vice versa".
Maxwell (1993a:99) is van mening dat lewenshouding bepaal wat die
mens waarneem en in hoe 'n mate emosies beheer word, en dit bepaal
sukses. Die mens se lewenshouding bepaal wat hy of sy sien en hoe hy of
sy sy of haar emosies hanteer. Die mens se sukses word grootliks deur
hierdie twee faktore bepaal.
Ons leef in 'n wereld van ongelooflike verandering en eindelose geleent-
hede. Wat suksesvolle mense onderskei van die wat ander blameer vir
hulle probleme, is hul lewenshouding (Maxwell, 1993a:99). Almal ervaar
terugslae en teleurstellings in die lewe, maar die manier waarop daar op
die terugslae gereageer word, bepaal dikwels die toekoms.
5.
Maxwell (1993a:101) meld dat die mens wie se gedagtes negatief
beInvloed is, se kanse op langtermynsukses soos mis voor die son
verdwyn. Indien 'n positiewe lewenshouding geopenbaar word, sal
positiewe resultate bereik word en indien 'n negatiewe lewenshouding
geopenbaar word, sal negatiewe resultate behaal word (Matt Yana,
1996:9). Mense wat 'n lewenshouding openbaar dat hulle nie sukses kan
behaal nie, sal dit gewoonlik ook nie bereik nie (Spithill, 1998:3-4). Mense
wat uitstekende werk verrig of selfs die hoogste sport van sukses in 'n
sportsoort bereik, het gewoonlik 'n positiewe lewenshouding.
James (in Maxwell, 1993a:97-98) sluit by Frankl aan wanneer by se: "The
greatest discovery of my generation is that human beings can alter their
lives by changing their attitude of mind". Frankl (in Covey, 1994:74)
identifiseer drie sentrale waardes. Die drie sentrale waardes wat
geklentifiseer word, is ondervindingswaardes - dit wat met 'n mens
gebeur, kreatiewe waardes - dit wat tot stand kom of geskep word en
lewensinstellingwaardes - dit is die vryheid van keuse om te kies hoe daar
op dinge en objekte gereageer gaan word. Frankl (in Covey, 1994:74)
meld dat lewensinstellingwaardes die belangrikste is. Roger en
McWilliams (1990:279) vra in hulle boek: "You can't afford the luxury of a
negative thought" wat die verskil is tussen om te lag oor iets of om daaroor
te huil. Genoemde outeurs (Roger & McWilliams, 1990:279) se antwoord
is kort en bondig: lewenshouding!
Swindoll (in Maxwell, 1993a:97-98) som lewenshouding soos volg op:
"The longer I live, the more I realize the impact of attitude on life.
Attitude to me, is more important than education, than money, than
circumstances, than failures, than what other people think or say or
do. It is more important than appearance, giftedness or skill. It will
make or break a company ... a church ... a home. The remarkable
thing is we have a choice every day regarding the attitude we will
embrace for that day. We cannot change our past ... we cannot
change the fact that people will react in a certain way. We cannot
change the inevitable. The only thing we can do is to play on the one
string we have, and that is attitude ... I am convinced that life is 10%
what happens and 90% how I react to it".
6.
Die motivering vir die onderhawige studie is om te bepaal waarom sommige mense kan lag oor gebeure terwyl ander daaroor huil, waarom is
sekere mense positief terwyl ander negatief is.
Uit 'n persoonlike leierskapsperspektief is dit noodsaaklik om die kragtige
uitwerking van lewenshouding oftewel lewensingesteldheid op die mens se lewe te ondersoek en te beskryf sodat die waarde daarvan in elke mens se lewe gedemonstreer en beklemtoon kan word; om daardeur die lewens van mense aan te raak en vir elkeen lewenskwaliteit en 'n beter
toekoms te help skep.
1.4 NAVORSINGSMETODOLOGIE VIR DIE ONDERSOEK
Om die doel met die onderhawige studie te verwesenlik word 'n hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie aangewend.
Die hermeneutiese navorsingstrategie verwys na die interpretering van
sosiale gebeure deur die standpunte, omstandighede en emosies van ander inlewend te verstaan en te vertolk (Babbie, 1995:334,336). In die onderhawige studie sal daar gepoog word om lewenshouding of lewensingesteldheid te omskryf deur toeligting van praktiese en sosiale
gebeure.
`n Beskrywende navorsingstrategie sal gevolg word waarin die
volgende navorsingsmetodes aan die orde sal kom:
Literatuurstudie.
Konseptuele analise.
Met 'n beskrywende navorsingstrategie word die volgende bedoel:
Om 'n sistematiese, akkurate en feitlike beskrywing van lewenshouding vanuit 'n persoonlike leierskapsperspektief te gee ter wille van beter
begrip, insig en ingeligtheid (Smith, 1993:35).
`n Literatuurstudie het die implikasie dat bestaande geskrifte oor die studieveld, naamlik lewenshouding en persoonlike Ieierskap bestudeer word. 'n Goeie literatuurstudie is 'n skerp, noukeurige en sistematiese bestudering van en korrekte geordende aantekeninge oor bestaande
literatuur aangaande die probleemterrein (Smith, 1993:47).
7.
`n Literatuurstudie sal uitgevoer word deur die bestudering van primere en
sekondere bronne asook relevante boeke en tydskrifte.
Konseptuele analise kan omskryf word as die verklaring van 'n konsep,
waar 'n konsep dui op 'n idee, 'n gedagtelike voorstelling of beskouing van
`n saak (Smith, 1993:43). Deur middel van konnotatiewe (subjektiewe
beskouings) en denotatiewe (objektiewe beskouings) omskrywings, wat
konseptuele analise ondersteun, word in die onderhawige studie gepoog
om betekenisse van konsepte uit te klaar en te verhelder.
1.5 SENTRALE KONSEPTE IN DIE ONDERSOEK
In die onderhawige studie word die volgende denotatiewe en konnotatiewe
betekenisse aan sentrale konsepte geheg. Denotatiewe omskrywings is
van waarde om konsepte se amptelike aanvaarde beskrywings of die
spesifieke saak waarop die konsep dui, se betekenis uit te lig (Plug et al.,
1986:59). Konnotatiewe beskrywings kan volgens Plug et al. (1986:185)
beskryf word as al die gevoelens en assosiasies wat 'n woord of 'n ander
simbool by 'n individu of by lede van 'n groep kan wek. Konnotatiewe
beskrywings kan ook aangewend word om konsepte te omskryf.
Lewenshouding of lewensingesteldheid beteken in die onderhawige
studie:
* Die sielkundige ingesteidheid van 'n individu wat hoofsaaklik aangeleer
is. 'n Individu kan 'n bepaalde lewenshouding of lewensingesteldheid
teenoor sekere objekte, byvoorbeeld persone, groepe, fisiese
voorwerpe en abstrakte sake soos godsdienstige beskouings huldig
(Plug et al., 1986:146; Hypertext Webster Gateway). Lewenshouding
beteken dus denotatief 'n aangeleerde sielkundige lewensingesteld-
heid teenoor sekere objekte en abstrakte sake.
* Die wyse waarop mense dinge benader (Roger en McWilliams,
1990:487). Roger en McWilliams (1990:487) meld dat daar 'n verband
is tussen "attitude" en "altitude". Indien 'n persoon 'n goeie "attitude"
het sal 'n persoon ook 'n goeie "altitude" he. Indien 'n persoon dus 'n
positiewe lewenshouding openbaar is dit goed, want dit dui op 'n
8.
gesonde uitkyk op die lewe (Ringer, 1990:43). Bright (1997:1) sluit
hierby aan deur te se: "Your attitude determines your altitude". Smith
(1998a:Klasaanbieding) wys daarop dat lewenshouding die somtotaal
is van al die klein, daaglikse keuses wat die mens maak of nie maak
nie oor hoe by of sy voel. Die gemelde outeur meld verder dat dit die
mens se lewenshouding is, of soos Frank! (in Covey, 1994:74) dit
noem, lewensinstellingswaardes. Lewenshouding kan konnotatief
saamgevat word deur daarna te verwys as die wyse of manier waarop
dinge benader word en keuses wat die individue daagliks uitoefen.
Persoonlike leierskap word in die onderhawige studie soos volg beskou:
* Denotatiewe omskrywings van persoonlike leierskap word verdeel in
persoonlik en leierskap. Persoonlik word deur Odendal, Schonees,
Swanepoel, Du Toit en Booysen (1994:795) omskryf as van, met,
betreffende die persoon self asook as iets wat 'n karakter het. 'n
Sinoniem is "self-" as eerste lid van samestellings: "die eie wese, eie
persoon, ego, 'n persoon se eie individualitiet of essensie (Odendal et
al., 1994:905). Allen ed. (1990:1096,1098) benut "self" as 'n prefiks
met 'n refleksiewe betekenis waar dit in 'n objekverhouding tot die
tweede element staan. Een van die voorbeelde hiervan wat verskaf
word, is "self-mastery: self-control".
Die selfstandige naamwoord "leier" beteken volgens Odendal et al.
(1994:611) 'n "persoon wat lei, voorganger of aanvoerder". Die
werkwoord "lei" het volgens Odendal et al. (1994:611) verskeie
betekenisse waarvan die volgende hier van toepassing is:
"Laat gaan in 'n bepaalde rigting; die weg aanwys; saamvoer, -
neem ...
Die voorste wees; die leiding neem ...
Bestuur ...
In 'n bepaalde toestand bring; tot gevolg he."
* Konnotatief definieer Albrecht (1996:16) leierskap as die vermoe om
menslike energie te fokus sodat gestelde doelwitte bereik kan word.
Die gemelde outeur (Albrecht, 1996:17) meld verder dat leierskap 'n
9.
nuwe dimensie het, naamlik diensgeorienteerde leierskap, waar daar
in 'n gees van vasgestelde waardes gewerk word wat beklemtoon dat
betekenisvolle bydraes gelewer moet word. Volgens Covey
(1994:101) is persoonlike leierskap om die regte dinge te doen en om
te bepaal of die leer teen die regte muur leun. Om te bepaal of die leer
teen die regte muur leun is 'n nuwe, dieper vlak van denke
noodsaaklik en: "It's a principle-centered, character-based, "inside-out"
approach to personal and interpersonal effectiveness. "Inside-out"
means to start first with the self; even more fundamentally, to start with
the most inside part of the self — with your paradigms, your character,
and your motives. ... Inside-out is a process — a continuing process of
renewal based on the natural laws that govern human growth and
progress. It's an upward spiral of growth that leads to progressively
higher forms of responsible independence and effective
interdependence" (Covey, 1994:42-43). Baldoni (1998:1) sluit by
Covey (1994:42-43) aan deur te meld dat persoonlike leierskap,
oftewel "personal mastery", is om te weet waar die individu nou is,
waarheen daar gegaan wil word en om op te offer om die
eindbestemming te bereik. Die outeur (Baldoni, 1998:1) meld dat
persoonlike leierskap as voorwaarde vir leierskap vanuit 'n individu se
kernwaardes en oortuigings ontspring.
1.6 PERSOONLIKE LEIERSKAPSPARADIGMA EN AANNAMES
Odendal et al. (1994:783) verwys na paradigmas as basiese denkwyses of
teorievorming wat deur beoefenaars van 'n spesifieke wetenskaps-
beskouing of vlak in 'n bepaalde tyd aanvaar word. Paradigma het ook die
betekenis van 'n navorsingsontwerp oor 'n spesifieke onderwerp wat op
sekere aannames berus (Louw, et al., 1986:264).
Paradigmas en aannames oor persoonlike leierskap wat in die onder-
hawige studie voorkom, is die volgende:
* Persoonlike leierskap rig individue om die regte dinge te doen sodat
hulle dit word wat hulle graag wil wees. Socrates het gesa: "Know
thyself" (Smith, 1999:1). Persoonlike leierskap begin wanneer die
10.
individu weet waar hy nou staan en die gaping stelselmatig oorsteek
na daar waar hy graag wil wees. Dit is egter nie 'n eindbestemming
nie, maar eerder 'n proses van voortdurende groei (Covey, 1994:43).
Robbins (1992:96) verwys hierna in die akroniem "CANI — Constant
And Never-ending Improvement". Die gemelde outeur (Robbins,
1992:97) meld verder dat dit 'n konstante verbintenis is wat deur
aksies opgevolg moet word, aangesien sekuriteit in die lewe verkry
word deur te weet dat elke dag tot selfverbetering lei.
Sukses beteken vir persoonlike leiers om 'n lewe te leef wat die meeste
plesier en die minste pyn verskaf (Robbins, 1992:173). Die individu word
dus meer en meer dit wat hy of sy graag wil wees en bereik sodoende sy
of haar doelwitte. Persoonlike Ieierskap sal die individu help om die regte
vrae te vra, die antwoorde moet egter van die self kom (Smith, 1999:3).
Persoonlike leiers of individue wat "personal mastery" beoefen openbaar
die volgende kenmerke:
'n Spesifieke doel, missie en visie word nagestreef en dit verleen 'n
gevoel van sin in die lewe (Covey, 1994:98; Horner, 1995:4; Senge,
1997:4).
Huidige paradigmas en aannames word voortdurend ondersoek
(Homer, 1995:4). Senge (1997:4) meld dat die individu 'n oorsig van
die sisteem het waarin hy of sy funksioneer en sodoende kan die
sisteem verbeter word. Die idee sluit aan by Covey (1994:186-187) se
idee dat die individu eers onafhanklik moet kan funksioneer voordat hy
of sy interafhanklik kan optree.
'n Gevoel van beheer word ervaar (Horner, 1995:4). Covey (1994:81-
88) meld dat 'n persoonlike leier uit sy of haar sirkel van invloed optree
en beheer uitoefen oor die aspekte waaroor daar direkte en/of
indirekte beheer uitgeofen kan word.
Daar word voortdurend gesoek na die waarheid (Senge, 1997:4).
Covey (1994:220) verwys hierna as die stig van wen-wen
verhoudings. Dit vereis egter dat daar vanuit 'n oorvloedsmentaliteit
opgetree word.
11.
Voortdurende verbetering word nagestreef (Senge, 1997:5; Covey,
1994:287-307). Senge verwys na kreatiewe spanning wat tussen die
ideale en huidige ervaar word. Sayers (1996:1) verwys hierna as 'n
reis wat voortdurend en persoonlik is. Covey (1995:44-47) meld dat
persoonlike leiers daarna streef om "To live, to love, to learn, to leave
a legacy."
Die aanname word gemaak dat indien individue die beginsels, gewoontes
of kenmerke vir persoonlike leierskap uitgeleef word, sal 'n individu 'n
positiewe lewenshouding openbaar.
1.7 VERDERE VERLOOP VAN DIE STUDIE
Na die voorafgaande inleidende konteksstelling, probleemstelling,
hipotese-formulering, beskrywing van die doelstelling, motivering en
metodologie, verduideliking van sentrale konsepte asook paradigmas en
aannames is die verdere plan van die studie sons volg:
In hoofstuk twee word 'n ondersoek geloods na wat lewenshouding is,
waarom lewenshouding so belangrik is en die ontwikkeling daarvan.
In hoofstuk drie word bepaal of lewenshouding kan verander en indien
wel, hoe dit kan verander en die bydrae wat persoonlike leierskap tot
die verandering kan maak.
In hoofstuk vier word 'n samevatting gegee van die bevindings uit die
literatuurondersoek en konsepanalise. Daar sal ook aanbevelings wat
uit die studie mag voortvloei, gemaak word.
12.
HOOFSTUK 2
DIE HARD VAN LEWENSHOUDING
2.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK
Chitwood (1998:2) vertel die volgende twee verhale om die krag van
lewenshouding te demonstreer. Die eerste verhaal handel oor 'n Russiese
spoorwegwerker wat homself per abuis in 'n koeltrok toesluit. Hy slaag nie
daarin om sy kollegas se aandag te trek nie en hy gee homself oor om
dood te gaan. Hy skryf sy gedagtes teen van die trok se wande neer: "Dit
is ysig koud, ek sukkel om asem te haal. Ek weet ek gaan dood ... dit sal
seker my laaste woorde wees". Dit was sy laaste woorde. Net soos hy
voorspel het, is hy dood. Daar is egter geen mediese rede waarom hy
gesterf het nie. Die koeltrok se termostaat was stukkend en die
temperatuur het nie onder 56° Fahrenheit, oftewel ongeveer 15° Celcius,
gedaal nie. Die koeltrok was boonop goed geventileer, dus het hy nie
gesterf weens asemnood nie. Die werker is die volgende oggend gevind,
gevolglik het hy ook nie gesterf weens honger of dors nie (Chitwood,
1998:2).
Die tweede verhaal is van 'n 19-jarige seun in Romenie wat mediese
geskiedenis gemaak het deurdat hy vir 11 dae sonder water of kos oorleef
het. Hy was na 'n aardbewing onder 'n 10-verdieping woonstelblok
begrawe (Chitwood, 1998:2). Nadat hy gered is het mense gevra hoe hy
dit reggekry het om te oorleef. "Ek het die meeste van die tyd geslaap,"
het hy geantwoord. "Maar wanneer ek wakker was, het ek nooit vir 'n
oomblik getwyfel dat ek gered sou word nie. Elke minuut van die 11 lang
dae was ek positief dat ek lewendig hieruit sou kom" (Chitwood, 1998:2).
Die verskil tussen die twee persone in die twee verhale is hulle
lewenshouding! Die spoorwegwerker se negatiewe lewenshouding het
negatiewe gedagtes tot gevolg gehad en hy is dood. Die seun van
Romenie het 'n positiewe lewenshouding gehad, dit het tot positiewe
gedagtes gelei wat tot sy oorlewing bygedra het. Die probleem wat uit die
verhale voortspruit is die vraag wat is lewenshouding wat kan veroorsaak
dat 'n persoon selfs kan sterf of bly leef.
13.
Die doel met die hoofstuk spruit direk voort uit die genoemde
probleemstelling. 'n Algemene doelstelling wat in die onderhawige
hoofstuk ondersoek gaan word, is:
Om 'n beskrywende studie oor die aard van lewenshouding te doen.
Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die
onderhawige hoofstuk manifesteer, is om te bepaal:
Wat lewenshouding is.
Waarom lewenshouding so belangrik is.
Hoe lewenshouding ontwikkel.
2.2 WAT IS LEWENSHOUDING?
2.2.1 Inleiding
Roger en McWilliams (1990:487) meld dat lewenshouding die manier is
waarop mense dinge benader. Gemelde outeurs (Roger en McWilliams,
1990:487) noem dat daar 'n verband tussen lewenshouding en hoogte is.
Indien 'n persoon 'n positiewe lewenshouding het, sal die persoon hoer
hoogtes bereik en selfs bly leef. Maxwell (1993b:3-7) sluit hierby aan
wanneer by vertel van 'n vliegrit saam met 'n vriend, Paul. Volgens Paul is
dit uiters noodsaaklik dat 'n vlieenier die hoogtemeter vootdurend moet
monitor. Die instrument dui die vliegtuig se posisie in verhouding tot die
horison aan. Indien die vliegtuig opstyg, moet die instrument 'n opwaartse
neiging van die vliegtuig se neus aandui en indien die vliegtuig daal, dui
die instrument 'n afwaartse neiging van die vliegtuig se neus aan.
Vlieeniers benut dus die instrument om die vliegtuig se hellingshoek te
bepaal en om die lugspoed by die verwagte helling aan te pas.
Noukeurige monitering is noodsaaklik om hoe werksverrigting of
prestasievlakke te verseker (Allstarnetwork, 1998:1; Maxwell, 1993b:3-4).
Die analogie van die hoogtemeter kan op die mens toegepas word.
Maxwell (1993b:4) meld dat 'n individu se werksverrigting of prestasie
direk deur sy of haar lewenshouding beInvloed word. Roger en
14.
McWilliams (1990:489) meld dat indien 'n persoon oor 'n goeie of
positiewe lewenshouding beskik, sal sy of haar "hoogte" oftewel prestasie-
vlakke ook hoog wees. Matt Yana (1996:21) meld dat 'n positiewe
lewenshouding kan lei tot gunstige interpersoonlike verhoudings en 'n
negatiewe lewenshouding kan lei tot die verlies van vriendskappe. Dit kan
selfs die verskil beteken tussen wen of verloor, 'n bevordering of nie en
dood en die lewe (Maxwell, 1993b:9). 'n Persoon se "hoogte", oftewel
suksesse en prestasies, word dus primer deur sy of haar lewenshouding
bepaal. Smith (1998a:1) sluit hierby aan wanneer gemeld word dat
lewenshouding 'n primere faktor is wat sal bepaal of enige onderneming
suksesvol sal wees of sal misluk.
2.2.2 Kenmerke of eienskappe van lewenshouding
Maxwell (1993b:9) noem dat dit moeilik is om lewenshouding to omskryf
aangesien dit soms waarneembaar is en soms bloot as 'n gewaarwording
ervaar word. Die volgende eienskappe of kenmerke van lewenshouding
word geIdentifiseer:
Lewenshouding is 'n innerlike emosie wat in gedrag manifesteer.
Lewenshouding kan aansteeklik wees.
Soms kan lewenshouding uiterlike oeverblindery wees, maar dit sal
nie vir lank voortduur nie.
Lewenshouding is evaluerend van aard.
Lewenshouding is aangeleer.
Vervolgens word elke geIdentifiseerde eienskap of kenmerk van lewens-
houding bespreek.
Lewenshouding is 'n innerlike emosie wat in gedrag manifesteer
(Maxwell, 1993b:9):
Die Merriam-Webster Woordeboek beskryf houding as "a mental
position or feeling with regard to a fact or state" (Webster, 1999:1). Die
"mental position" of ingesteldheid en emosies waarna verwys word, is
15.
gedagtes, oortuigings en opinies. Die objek is die lewe. Met ander
woorde, lewenshouding of lewensingesteldheid omvat alle gedagtes,
oortuigings en opinies wat mens oor die lewe het (Spithill, 1989:1).
Spithill (1989:1) wys daarop dat Buddha meer as 2 500 jaar gelede
gese het: "All that we are is the result of what we thought, it is founded
on our thoughts. If a man speaks or acts with pure thought, happiness
follows him, like a shadow that never leaves him". Clark (1998:2) som
die innerlike emosie van lewenshouding kragtig op deur to se: "The
world you see is a picture of your own state of mind, an outward picture
of an inward condition".
Lewenshouding is dus gewoontes van denke (Smith, 1998a:1). Lippa
(1994:214) meld dat navorsing getoon het dat 'n negatiewe
ingesteldheid teenoor sekere ontbytgraankosse se handelsmerke
veroorsaak dat verbruikers nie die produk koop nie, terwyl 'n positiewe
lewenshouding teenoor politieke kandidate daartoe lei dat mense vir 'n
kandidaat stem. Adolf Hitler het sy lewensingesteldheid teenoor Jode
en ander minderheidsgroepe openlik verkondig. Hitler se politieke
lewenshouding het sekerlik gelei tot die bloedigste oorlog in
wereldgeskiedenis en die gruweldade van die Nazi slagting (Lippa,
1994:211). Hitler se innerlike lewenshouding is uiterlik deur sy optrede
of gedrag gemanifesteer.
Jampolsky en Cirincione (1994:139) meld dat die lewenshouding wat 'n
persoon teenoor horn- of haarself koester in die wyse waarop by of sy
die self behandel, manifesteer. Die gemelde outeurs (Jampolsky en
Cirincione, 1994:103) vestig die leser se aandag daarop dat denke die
liggaam beheer en daardeur ook alle bewuste en onbewuste prosesse.
Murphy (1993:30-31) meld dat indien 'n persoon negatief dink, sal
negatiwiteit in die liggaam manifesteer en as 'n persoon positief dink,
kan genesing die gevolg wees. Weinberg (1998:5) sluit hierby aan en
meld dat denke 'n groot invloed op die liggaam se struktuur en
prosesse uitoefen. Twee tipes lewenshoudings wat 'n invloed op die
immuniteitsisteem uitoefen, word deur Weinberg (1998:5-6) geklentifi-
seer. Eerstens kan 'n individu wat 'n positiewe lewenshouding
handhaaf en duidelike doelwitte uitleef, potensieel 'n energiegewende
16.
invloed op die liggaam uitoefen. Tweedens kan 'n negatiewe lewens-
houding potensieel 'n nadelige invloed op die liggaam he. Rugproble-
me en nekpyne is volgens Jampolsky en Cirincione (1994:142)
manifestasies van negatiwiteit. In 'n dagblad lui die opskrif: "Positiewe
denke help seun (16) in stryd teen kanker" (Van der Westhuizen,
1995:11). Die merkwaardige verhaal van Michael Rossouw se
genesing van bloedkanker word vertel. Volgens sy ouers het Michael
se positiewe denke direk bygedra tot sy genesing. Hieruit wil dit blyk
dat 'n individu se lewenshouding 'n innerlike emosie is wat uiterlik
manifesteer (Maxwell, 1993b:9).
* Lewenshouding kan aansteeklik wees (Maxwell, 1993b:11):
Chapman (1990:3) beskou lewenshouding as die manier waarop die
mens sy of haar stemming of bui aan ander kommunikeer, dit is die
manier waarop daar geestelik of verstandelik waargeneem word.
Wanneer dinge positief beskou word en suksesvolle ervaringe
geantisipeer word, word 'n positiewe lewenshouding oorgedra en
ander mense reageer dikwels dan ook positief. Wanneer die mens
pessimisties is en die ergste verwag, is sy of haar lewenshouding
dikwels negatief en ander mense neig om sulke mense te vermy.
Maxwell (1993b:11) meld dat lewenshouding deur liggaamstaal
weerspieel word. Die gemelde outeur wys daarop dat positiewe
liggaamstaal van 'n persoon 'n positiewe uitwerking op ander kan
uitoefen, byvoorbeeld 'n vriendelike glimlag kan 'n ander opbeur. In die
geval was die positiewe lewenshouding wat deur 'n glimlag
versinnebeeld is, aansteeklik. Smith (1998a:1) meld dat lewenshouding
`n innerlike gevoel is wat deur 'n persoon se optrede gereflekteer word.
Dit is die rede waarom lewenshouding waargeneem kan word al word
niks gese nie. Morley (1998:1) meld dat 'n positiewe lewenshouding
aansteeklik is wanneer dit opreg is. Individue wat in aanraking kom met
positiewe mense sal geInspireerd voel en poog om positiwiteit uit te
dra en sodoende dra dit by tot 'n suksesvolle en positiewe milieu.
Lippa (1994:211) meld dat alhoewel Hitler alreeds in 1945 gesterf het,
is sy lewenshouding deur ander aangeneem en verander, maar dit leef
17.
vandag nog voort. Mark (1997:1) meld dan ook tereg op: "Attitude ... is
contagious".
* Soms kan dit 'n uiterlike oeverblindery wees, maar dit sal nie vir
lank duur nie (Maxwell, 1993b:11):
Lippa (1994:214) wys daarop dat lewenshouding relatief blywend is.
Emosies kan in enkele sekondes verander, maar lewenshouding is
relatief stabiel, dit kan volgens Lippa (1994:214) vergelyk word met
persoonlikheidseienskappe. Die voorbeeld word genoem dat indien 'n
persoon vandag sterk gekant is teen die doodstraf, is die kanse goed
dat hy of sy oor 'n week nog so sal voel. Lewenshouding is volgens
Chapman (1990:4) nooit staties nie.
Op die oog of blyk dit of Lippa (1994:214) en Chapman (1990:4)
verskillende opinies oor die veranderbaarheid van lewenshouding
handhaaf. Volgens Odendal et al. (1994:96,852) beteken die konsep
"relatief blywend", betreklik standhoudend. Louw et al. (1986:274)
omskryf die ontwikkeling van persoonlikheid as 'n geleidelike proses
wat gedurende 'n individu se lewensloop ontwikkel en dus nooit staties
kan wees nie. Lippa (1994:214) impliseer dus soos Chapman (1990:4)
dat lewenshouding ook kan verander.
Andreas en Faulkner (1997:269), Fishbein en Ajzen (1975:6-8) en
Covey (1994:71) meld dat lewenshouding 'n keuse is tussen stimulus
en respons en nie in botteltjies of as gekleurde pilletjies by die
plaaslike apteek beskikbaar is nie. Elke individu moet dus 'n keuse
uitoefen of hy of sy 'n lewenshouding wil handhaaf wat 'n verskil in
lewenskwaliteit kan maak. Frankl (in Covey, 1994:69) sluit hierby aan
wanneer hy se: 'The last of human freedoms is to choose one's
attitude in any given set of circumstances".
Maxwell (1993b:11) en Chapman (1990:4) meld dat daar 'n
voortdurende stryd is tussen lewenshouding wat innerlik ervaar word
en dit wat uiterlik sigbaar is. So het David Duke, 'n Amerikaanse Nazi,
byvoorbeeld op 18 November 1991 aan 'n koerantverslaggewer
gemeld dat hy eers in die middel van die tagtigerjare begin het om
Jode to respekteer. Tog het Duke tydens die verkiesingsveldtog as
18.
kandidaat vir goewerneur in 1991 gefokus op blanke Amerikaners se
rassevrese en vooroordeel (Lippa, 1994:211). Duke het as 'n Klu Klux
Klan-lid en as verkiesingskandidaat tydens die verkiesing verskillende
opinies teenoor minderheidsgroepe gehandhaaf (Lippa, 1994:212-
214). Maxwell (1993a:103) som dit op deur te se: "No matter what you
think about your attitude, it shows on your face!".
* Lewenshouding is evaluerend van aard (Lippa, 1994:214):
Volgens Fishbein en Ajzen (1975:11) is die enkele grootste kenmerk
wat lewenshouding van ander konsepte onderskei, die evaluerende
aard daarvan. Die evaluerende aard van lewenshouding word
gekenmerk aan die uitoefening van 'n keuse wat op voor- en afkeure,
wat dikwels subjektief is, berus.
Individue wat 'n positiewe lewenshouding wil handhaaf moet
evaluerend wees om tussen verskeie doelwitte en handelswyse te kies
(Andreas & Faulkner, 1997:259-260). Om te kies beteken volgens
Odendal et al. (1994:520) om 'n keuse tussen twee of meer opsies te
maak. Positiewe mense kies dus positiwiteit bo negatiwiteit. Volgens
Andreas en Faulkner (1997:259-260) word die keuse om positief te
wees gekenmerk aan hoe standaarde. Individue met 'n positiewe
lewenshouding se ingesteldheid is dat alles wat minder is as die
gestelde doelwit en standaarde onaanvaarbaar is. Keuses word
gemaak op grond van 'n individu se evaluerende aard ten opsigte van
voor- en afkeure (Lippa, 1994:214). So het Adolf Hitler en David Duke
`n sterk afkeur teenoor Jode, vakbonde en Frankryk geopenbaar en 'n
voorkeur in 'n suiwer Ariese ras verleen.
Covey (1994:24) wys egter daarop dat elkeen neig om te kies of om te
evalueer soos wat hy of sy dinge "sien". Die mens is egter nie altyd
objektief nie. Die wereld word nie beskou soos dit is nie, maar soos die
mens is, of gekondisioneer is om waar te neem. Wanneer 'n individu
dus kies, beskryf hy of sy die self se persepsies of paradigmas. Covey
(1994:28) meld dat paradigmas die bron van lewenshouding en gedrag
is. Paradigmas moet dus ondersoek word om te bepaal hoe 'n individu
aspekte of objekte waarneem. Indien 'n individu 'n paradigmaskuif
bewerkstellig kan hy of sy in die woorde van Covey (1994:31) se:
19.
"Suddenly I saw things differently, I felt differently, I behaved
differently".
* Lewenshouding is aangeleer (Fishbein en Ajzen, 1975:9-11):
Volgens Lippa (1994:214) is daar sommige psigoloe wat van mening is
dat sommige lewenshoudings aangebore is of weens genetiese faktore
aanwesig is. Fishbein en Ajzen (1975:10) meld dat die mens se
neiging om konstant op 'n bepaalde manier op te tree, eerder die
gevolg is van vorige ervaring. Louw (1986:591) meld dat lewens-
houding deur assosiasie, versterking en nabootsing aangeleer word.
Ouers en portuurgroepe speel van die belangrikste rolle tydens die
ontwikkeling van lewenshouding by kinders (Louw, 1986:591;
Matt Yana, 1996:13, Maxwell, 1993b:59-60). Aanvanklik sal die ouers
bepaal waaraan kinders blootgestel word, dit het tot gevolg dat
politieke en geloofsvoorkeure van 'n kind dikwels met die van die ouers
ooreenstem. Later word die invloed van die portuurgroepe belangriker
en sodoende is dit byvoorbeeld moontlik dat daar sekere teenstrydige
lewenshoudinge tussen die van portuurgroepe en ouers kan ontwikkel
(Louw, 1986:591).
Die meeste navorsers aanvaar egter dat lewenshoudings aangeleer is
(Lippa, 1994:214). Spithill (1989:7) ondersteun die gedagte deur te
meld dat lewenshoudings met die verloop van tyd aangeleer en
ontwikkel kan word. 'n Gebeurtenis waartydens die individu se lewe
dramaties verander, kan byvoorbeeld 'n invloed op lewenshouding
uitoefen. Badaracco (1997:41) noem die dramatiese veranderinge of
ingrepe, "wake-up calls". Die outeur (Badaracco, 1997:41) se: "Wake-
up calls, it seems, can shake people out of a naive slumber and signal
that something fundamental is at stake in a situation". Andreas en
Faulkner (1997:257-258) skets die "wake-up call" verhaal van Gary
Faris wat tydens 'n oefensessie deur 'n vragmotor raak gery en ernstig
beseer is. Dokters het aan Gary gese dat hy nooit weer normaal sou
kon loop nie, wat nog te se deelneem aan 'n sportsoort. Gary se
doelbewuste keuse en aangeleerde positiewe lewenshouding het egter
tot sy volkome herstel bygedra en vandag neem hy weer kompeterend
aan sport deel.
20.
Die unieke kenmerke of eienskappe wat van lewenshouding gels:len-
tifiseer is, dra by tot die belangrikheid daarvan.
2.3 DIE BELANGRIKHEID VAN LEWENSHOUDING
2.3.1 Inleiding
Clark (1998:1) benut 'n preek van Marshall om die belangrikheid van
lewenshouding te beklemtoon. Die titel van Marshall se preek is: 'The
problem of the falling rocks". Marshall (in Clark, 1998:1) meld dat 'n
motorbestuurder twee opsies kan uitoefen wanneer die betrokke padteken
waargeneem word. Eerstens kan die motorbestuurder versigtig teen 'n
slakkepas voortstu en die natuurskoon ongesiens laat verbygaan. Dit is
egter 'n pynlike proses aangesien daar heeltyd op moontlike vallende
klippe of rotse gekonsentreer word. Of tweedens kan die padteken
waargeneem en versigtig voortgestu word, maar die bestuurder besluit om
nie bekommerd te wees oor die moontlike vallende klippe en rotse nie en
om eerder die uitsig te geniet.
Die motorbestuurder se bekommernis het geen effek op moontlike
vallende klippe en rotse nie. In 'n studie wat volgens Clark (1998:1)
uitgevoer is, is bevind dat mense wat 'n negatiewe lewenshouding
openbaar en pessimisties is, met ander woorde die wat op die
spreekwoordelike vallende klippe en rotse in die lewe konsentreer, meer
geneig is om binne die volgende 10 jaar te sterf as die wat 'n positiewe
lewenshouding openbaar.
Downs (in Maxwell, 1993a:104) meld dat 'n gelukkige persoon nie slegs
gelukkig is weens bepaalde omstandighede nie, maar eerder gelukkig is
weens 'n bepaalde lewenshouding. Dikwels glo mense foutiewelik dat
hulle eie geluk en sukses afhanklik is van ander mense se goedkeuring of
gedrag of bepaalde lewensomstandighede. Frankl (in Covey, 1994:69,
Maxwell, 1993a:104) se woorde aan die Nazi aanklaers dien vandag nog
21.
as inspirasie. Frankl het gesO: 'The one thing you cannot take away from
me is the way I choose to respond to what you do to me. The last of one's
freedoms is to choose one's attitude in any given circumstance".
Jampolsky en Cirincione (1994:7-8) meld dat lewensgeluk 'n keuse is,
maar dikwels word disharmonie en ongelukkigheid ervaar weens die
lewenshouding wat gekies word.
Maxwell (1993a:101) meld dat indien 'n individu se denke weens
herhaaldelike negatiewe keuses getatoeeer is, verminder sy of haar kanse
op langtermyn sukses. Individue saboteer dus hulself deur negatiewe
denke.
Elke individu kan kies of daar voortdurend op vallende rotse
gekonsentreer gaan word en of die natuurskoon bewonder gaan word.
Maxwell (1993a:103-104) meld verder dat die individu kan kies en beheer
kan uitoefen oor sy of haar lewenshouding. Elkeen kan kies, elkeen het
die vryheid om te kan kies! Vervolgens word daar gelet op die
belangrikheid om 'n positiewe lewenshouding te kies.
2.3.2 Waarom is lewenshouding belangrik?
Lewenshouding is belangrik omdat:
Die kwaliteit van interpersoonlike verhoudings deur lewenshouding
beInvloed word.
Dit die verskil tussen sukses en mislukking kan bepaal.
Die lewenshouding waarmee 'n taak aangepak word dikwels die
uitkoms bepaal.
Probleme of teespoed te bowe gekom kan word deur 'n positiewe
lewenshouding.
22.
Vervolgens word elke aspek oor die belangrikheid van 'n positiewe
lewenshouding toegelig.
* Lewenshouding bepaal die kwaliteit van interpersoonlike verhou-
dings (Maxwell, 1993b:19):
Die stig en handhaaf van interpersoonlike verhoudings is deel van die
mens se antropologiese grondmotiewe. 'n Grondmotief is volgens
Smith (1990:1) sinoniem met die basiese dryfvere of beweegredes vir
die menslike bestaan. Hermans (1986:77) identifiseer twee grondmo-
tiewe, naamlik die bevestiging van die self en die mens se soeke na
eenheid of verbondenheid met iets of iemand anders. Die twee
grondmotiewe moet in balans beskou en bestudeer word, want die een
kan nie sonder die ander bestaan nie. Indien die balans nie
gehandhaaf word nie, sal disharmonie voorkom. Eenheid met die mens
self, die omgewing en ander deur interpersoonlike verhoudings kan
dan nie bereik word nie.
Fromm (1970:17) meld dat liefde wat ander se integriteit en
individualiteit in ag neem, die brug van soliter na solider kan oorsteek.
Maxwell (1993b:19-20) en die boek Markus (12:28-34) van die Bybel
(Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983) verwys na die goue reel in
die lewe of na die tweede gebod naamlik om aan ander te doen wat 'n
persoon aan horn- of haarself gedoen wil he. Die grens van soliteriteit
na solidariteit word sodoende oorbrug. Die Stanford Navorsings-
instituut het bevind dat sukses uit 12,5% kennis en 87,5% vermoe om
met ander in interaksie te tree, bestaan (Maxwell, 1993b:20). Indien 'n
individu nie 'n positiewe lewenshouding teenoor ander openbaar nie,
sal die brug tussen soliteriteit na solidariteit nie oorgesteek kan word
nie. Keller (1996:1) verwys na negatiewe mense as "toxic". Die mense
word vermy en die individu bly dus soliter. Positiewe mense word as
"nourishing" beskryf, hulle is inspirerend en 'n genot om mee saam te
wees (Keller, 1996:1). Die grens tussen soliter en solider word dus
oorgesteek.
C
23.
* Dikwels is lewenshouding die enigste verskil tussen sukses en
mislukking (Maxwell, 1993b:23):
Volgens Inamori, 'n suksesvolle entrepreneur in Japan, kan gewone
mense uitstaande resultate lewer indien 'n kombinasie van vermod,
insette en lewenshouding toegepas word (Bedi, 1996:1). lnamori is van
mening dat 'n positiewe lewenshouding die belangrikste kwaliteit van
suksesvolle mense is. Volgens lnamori is 'n individu met 'n negatiewe
lewenshouding in alle aspekte van die lewe negatief en dus onsuk-
sesvol. Individue se lewe en gepaardgaande suksesse le opgesluit in
sy of haar eie hande. lnamori se: "We can make hell or heaven, it
depends on our attitude". (Bedi, 1996:2).
Keller (1997:1-2) meld dat die sleutel tot sukses 'n positiewe
lewenshouding is. Die outeur meld egter dat 'n klein bietjie positiewe
denke nie sukses verseker nie. Dit word met 'n dieet vergelyk: dit help
nie om 'n gebalanseerde ontbyt, laag in vette te eet nie, maar die res
van die dag word daar weggele aan koek en room. Individue moet
beheer oor hul denke uitoefen en positief dink, die heeldag, sodat dit 'n
gewoonte word. 'n Positiewe lewenshouding moet die dominante
gedagte wees, eers dan sal sukses verseker word. Henry Ford se
bekende woorde is hier van toepassing: "Whether you think you can or
think you can't, you're right" (Keller, 1997:2). 'n Positiewe lewenshou-
ding en nie akademiese vermoens of fisiese voorkoms nie, is die
essensiele bestanddeel vir sukses. "It's not what you think you are, but
what you think, you are" (Nicoll in Drake Beam Morin Inc, 1998:1).
* Die lewenshouding waarmee 'n taak aangepak word, bepaal dikwels
die uitkoms daarvan (Maxwell, 1993b:26):
Morley (1998:1) identifiseer vyf kenmerke van suksesvolle mense,
onder andere 'n positiewe lewenshouding. President Abraham Lincoln
het onwrikbaar bly vasklou — ongeag vele teespoed — aan 'n positiewe
lewenshouding om uiteindelik een van die suksesvolste presidente in
die Amerikaanse geskiedenis te word. Lincoln het twee maal in sy
besigheid misluk, 'n regsgeding verloor, 'n geliefde aan die dood
afgestaan, 'n senu ineenstorting gehad, vier keer in 'n Kongres-
24.
verkiesing verloor, is as kandidaat vir senator veslaan, hy is nie as
vise-president verkies nie en het selfs 'n verkiesing as president
verloor (Morley, 1998:2-3).
Ten spyte van al die mislukkings en teespoed wat Lincoln ervaar het,
het hy 'n positiewe lewenshouding bly handhaaf en uiteindelik sukses
ervaar. Maxwell (1993b:27) meld dat 'n positiewe lewenshouding in die
begin van 'n taak, sukses verseker. Die spreekwoord: "'n Goeie begin
sit voordeel in" is hier van toepassing (Kritzinger & Sabbagha,
1973:33). Maxwell (1993b:15) ondersteun die genoemde spreekwoord
deur te meld: "For some, attitude presents a difficulty in every
opportunity; for others it presents an opportunity in every difficulty"
(Maxwell, 1993b:15).
* 'n Bepaalde lewenshouding kan problems in seeninge veran-
der (Maxwell, 1993b:28):
Tempelhoff (1999:11) tref 'n vergelyking tussen 'n lemoen en
negatiewe gedagtes, gevoelens en lewenshouding. Volgens die outeur
(Tempelhoff, 1999:11) kan die energie van 'n individu met 'n lemoen
van 10 skywe vergelyk word. Volgens die Templehoff (1999:11)
vermors die gemiddelde Suid-Afrikaner sewe van die skywe op
negatiwiteit. Twee van die skywe word gebruik in die uitvoering van sy
of haar dagtaak en die ander een skyf word aangewend vir die
lewering van uitmuntende werk. Resultate kan egter verrykend wees
as al 10 skrywe aan 'n positiewe lewenshouding gewy kan word!
Baxter (in Maxwell, 1993b:28-29) vra die vraag wat die onderskeid is
tussen geleenthede en struikelblokke. Die outeur meld dat dit
lewenshouding is en se: "Every opportunity has a difficulty and every
difficulty has an opportunity" (Maxwell, 1993b:29). Individue wat 'n
positiewe lewenshouding handhaaf, geniet die natuurskoon en beskou
die vallende klippe en rotse as uitdagings.
Om voordeel van 'n positiewe lewenshouding te kan smaak, is dit
noodsaaklik dat lewenshouding van kindsbeen of al positief ontwikkel.
25.
2.4 DIE ONTWIKKELING VAN LEWENSHOUDING
2.4.1 Inleiding
Lewenshouding word met die verloop van tyd ontwikkel (Maxwell,
1993b:59). Ontwikkelingspsigologie, wat 'n studie is van die ontwikkeling
van individue vanaf konsepsie tot die dood, kan 'n aanduiding gee van hoe
lewenshouding ontwikkel (Louw, 1986:191). Volgens Matt Yana (1996:13)
en Mark (1998:1) is almal se lewenshouding aanvanklik positief, maar met
verloop van tyd kan 'n negatiewe lewenshouding aangeleer word. Matt
Yana (1996:13), Maxwell (1993b:59-60) en Louw (1986:195-237) meld dat
lewenshouding veral tydens 'n kind se vormingsjare ontwikkel, van
geboorte tot ongeveer sewe jarige ouderdom. Studies het bevind dat tot
op die ouderdom van ongeveer twee jaar word ongeveer 8 000 uur van
die lewe waargeneem — die goeie, die slegte en alles wat op televisie to
siene is — en dit beInvloed die ontwikkeling van lewenshouding (Matt
Yana, 1996:13). Soos die individu opgroei en ontwikkel word by of sy
dikwels vertel wat mag en wat mag nie gedoen word nie. Voortdurende
blootstelling aan positiewe en/of negatiewe aspekte of faktore versterk 'n
individu se lewenshouding (Maxwell, 1993b:55). Die vraag is wie of wat
beInvloed dan 'n individu se lewenshouding sodat dit dominant positief of
negatief is. Die probleem word vervolgens ondersoek.
2.4.2 Beginsels en faktore of aspekte wat 'n invloed op die ontwikkeling
van lewenshouding het
Verskeie beginsels en faktore of aspekte oefen 'n invloed op die
ontwikkeling en vorming van lewenshouding uit. Die volgende beginsels
oor die vorming van lewenshouding word deur verskeie outeurs geIdenti-
fiseer:
* 'n Kind se vormingsjare speel 'n belangrike rol in die grondlegging
van lewenshoudings. (Louw, 1986:591; Matt Yana,1996: 13; Maxwell,
1993b:53-54).
26.
Lewenshouding verander gedurig weens die individu se ervaringe en
wyse waarop gekies word om te reageer. Lewenshoudings kan
aangeleer, afgeleer en ander kan heraangeleer word (Mark, 1998:1;
Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:54).
Hoe meer 'n bepaalde lewenshouding versterk word, hoe meer
standvastig word dit (Burleson, 1996:2; Maxwell, 1993b:55).
Verskeie mense soos byvoorbeeld ouers, pleegouers, familielede,
onderwysers, kollegas en vriende, speel 'n direkte invloed op die
vorming van lewenshouding (Matt Yana, 1996:13; Maxwell,
1993b:56).
Lewenshouding moet voortdurend aangepas en daarom is daar nie
lets soos 'n perfekte lewenshouding nie (Chapman, 1990:4;
Maxwell, 1993b:56).
Vroeere gedragsgenetiese studies kon egter nie daarin slaag om
tussen genetiese en omgewingsfaktore te onderskei nie, en die
oorerwing-omgewing-strydvraag het lank geduur (Louw, 1986:78). So
het sommige psigoloe geglo dat gedragseienskappe deur oorerwing
bepaal word, terwyl ander daarvan oortuig was dat die eienskappe die
resultaat van omgewingsfaktore is. Moderne psigoloe en genetici besef
dat beide oorerwing en omgewing 'n rol in die vorming van
gedragseienskappe soos lewenshouding speel (Louw, 1986:78).
Maxwell (1993b:50) is egter van mening dat die omgewing 'n sterk
invloed uitoefen op die vorming van lewenshouding. Aanvanklik word
`n kind aan ander se lewenshoudings blootgestel en dit kondisioneer
die kind om dikwels dieselfde lewenshouding te openbaar.
Kondisionering beteken om aan te pas, te wysig, deur voorbeeld te
vorm, hetsy deur onderwys of opleiding sodat die basiese gedrags-
patroon van die omgewing nagevolg word (Odendal, et al., 1994:562).
Rickwood (1997:2) meld ook dat lewenshouding deur die omgewing
oftewel sosiale ervaringe, soos klassieke en operante kondisionering,
modellering, waarneming en tweedehandse leer plaasvind. Soos wat
27.
die kind ouer word, vergroot sy of haar opsies om to kan kies (Maxwell,
1993b:51). In 'n kind se vroeere leeftyd word keuses vir horn of haar
uitgeoefen, maar hoe ouer die persoon word, hoe meer begin by of sy
self kies.
Verskeie aspekte of faktore oefen 'n belangrike invloed uit op die
vorming van lewenshoudings. Maxwell (1993b:59-60) en Louw (1986:195-
237) identifiseer die omgewing, taalvaardigheid, ouer aanvaarding en
bevestiging, selfbeeld, blootstelling aan nuwe ervaringe, aanvaarding deur
die portuurgroep, fisiese voorkoms, huwelik, familie en werk, sukses,
aanpasbaarheid en die evaluering van die lewe as aspekte of faktore wat
`n invloed op die vorming van lewenshoudings het.
Maxwell (1993b:60) meld dat al die aspekte of faktore 'n invloed op die
vorming van lewenshouding uitoefen, maar nie volgens ouderdom
gekompakteer kan word nie. Tog is daar sekere aspekte of faktore wat 'n
besondere invloed uitoefen. Die aspekte of faktore word vervolgens
kortliks genoem en toegelig.
Die aspekte of faktore wat 'n invloed uitoefen op die vorming van
lewenshouding is:
Persoonlikheid — "Wie is ek"
Die omgewing — 'Wat om my is"
Die woordwereld — "Wat ek hoor"
Aanvaarding deur volwassenes — "Wat ek voel"
Selfbeeld — "Hoe ek myself sien"
Blootstelling aan nuwe gebeure — "Geleenthede vir groei en
ontwikkeling"
Assosiasie met portuurgroepe — "Wie my beInvloed"
Fisieke voorkoms — "Hoe ek vir ander lyk"
Huwelik, familie en werk — "My sekuriteit en status"
28.
Vervolgens word elkeen van die faktore wat 'n invloed op die vorming van
lewenshouding het, toegelig:
Persoonlikheid — "Wie is ek":
Elke persoonlikheid het 'n unieke stel lewenshoudings. Jung identifi-
seer agt verskillende groepe: twee persoonlikhede wat op lewenshou-
ding geskoei is — introvert en ekstrovert — en vier orienteringsfunksies —
denke, sensasie, intuIsie en emosie — wat elk in Of 'n introverte of
ekstroverte manier kan realiseer (Sharp, 1987:12). Maxwell (1993b:62)
meld dat bepaalde temperamente aan spesifieke lewenshoudings
gekoppel kan word. Volgens die vroeere Griekse medici is individue
weens die liggaam se bloed-, gal- en flegmasamestelling as Of
flegmaties, Of sanguinies, Of choleries of melancholies geklassifiseer
(Maxwell, 1993b:62; Sharp, 1987:11). Ander teoriee oor die samestel-
ling van lewenshouding en persoonlikheid is gebaseer op die
samestelling van die vier elemente naamlik: water, lug, grond en vuur
en selfs ook astrologiese of sterretekens waaronder die individu
gebore is (Sharp, 1987:11). Maxwell (1993b:62) meld dat 'n individu se
persoonlikheid opgebou word uit die verskillende temperamente en
lewenshouding kan weer uit 'n individu se temperament afgelei word.
Die omgewing — Mat om my is":
`n Individu se lewenshouding word grootliks deur die omgewing
beInvloed. Ouers, pleegouers, familielede, onderwysers, kollegas en
vriende het 'n direkte invloed op die ontwikkeling van lewenshouding
(Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:55-56). Maxwell (1993b:54-55)
meld dat die ontwikkeling en groei van lewenshouding nooit
afgehandel is nie. Voortdurende blootstelling aan positiewe en/of
negatiewe aspekte of faktore versterk 'n individu se lewenshouding
(Maxwell, 1993b:55).
Die woordwereld — Mat ek hoor":
Woorde is kragtig, die uitdrukking: "Woorde uit die mond kan die hart
verwond" is so waar (Kritzinger & Sabbagha, 1973:462). Negatiewe
29.
opmerkings en aanmerkings kan 'n negatiewe invloed op die vorming
van 'n individu se lewenshouding he. Dikwels kan 'n bynaam of
foutiewe uitspraak van 'n woord 'n individu tot soveel as 40 jaar later
nog krenk (Maxwell, 1993b:65). Woorde kan ook 'n helende uitwerking
op 'n individu he. 'Words can encourage either the stretching or
shrinking of our lives" (Maxwell, 1993b:66).
* Aanvaarding deur volwassenes — "Wat ek voel":
Fromm (1970:6-7) meld dat die mens geseen is met verstand en
bewus is van die self en ander. Hy of sy is bewus van sy of haar aparte
entiteit en moet uit sy of haar eie alleenheid ontsnap om met ander te
skakel. Vanaf kindsbeen wil babas en kinders deur hul ouers of ander
volwassenes aanvaar word. Maslow se behoeftehierargie maak onder
andere voorsiening vir sosiale behoeftes (Gerber, Nel & Van Dyk,
1995:334). Die behoefte tree na yore nadat fisiologiese en
veiligheidsbehoeftes aangespreek is. Sosiale behoeftes sluit die
behoefte na liefde, aanvaarding en kameraadskap in. Vaughn (in
Maxwell, 1993b:69) is van mening dat psigologiese probleme wat by
kinders voorkom, hoofsaaklik te wyte is aan 'n gebrek aan
aanvaarding. Maxwell (1993b:69) som die aanvaarding deur ander
sons volg op: "People don't care how much you know until they know
how much you care".
* Selfbeeld — "Hoe ek myself sien":
Volgens sielkundiges is selfbeeld die belangrikste aspek van 'n individu
se persoonlikheid (Erasmus, Bowler & Goliath, 1996:26). Selfbeeld
word deur Plug et al. (1986:318) omskryf as 'n persoon se siening of
begrip van horn- of haarself. Individue vergelyk hulself gedurig met
ander mense, wonder ook oor hoe ander horn of haar evalueer en
daarvolgens vorm die persoon 'n goeie of swak selfbeeld (Erasmus, et
al. 1996:26). "The essence of self-esteem is compassion for yourself"
(McKay & Fanning in Solo, 1999:2). Maxwell (1993b:70) meld dat 'n
individu in ooreenstemming met sy of haar selfbeeld optree. Individue
met 'n positiewe selfbeeld sal 'n positiewe lewenshouding handhaaf en
die met 'n negatiewe selfbeeld sal 'n negatiewe lewenshouding
openbaar (Mark, 1998:2).
30.
* Blootstelling aan nuwe gebeure — "Geleenthede vir groei en
ontwikkeling":
Ringer (1990:40) meld dat 'n mens oor die vermoe beskik om te kan
beplan, dinge te laat gebeur en te dink. Die mens beskik dus oor die
vermoe om dinge of gebeure te verander. Maxwell (1993b:72) wys
daarop dat daar altyd verskeie opsies is waaruit gekies kan word. Dit is
egter onmoontlik vir 'n ouer om 'n kind van alle ervaringe wat moontlik
negatief kan wees, weg te hou. Positiewe en negatiewe ervaringe moet
eerder benut word om die kind voor te berei vir die lewe. Robbins
(1992:419) meld dat 'n individu horn- of haarself beperk deur die
interpretasie van ervaringe. Die gemelde outeur meld dat 'n individu se
identiteit bestaan uit die somtotaal van keuses wat uitgeoefen is. Ouers
moet hulle kinders ondersteun sodat nuwe ervarings bydra tot groei en
ontwikkeling. Maxwell (1993b:74) se formule vir groei is:
Nuwe ervaringe + leer toepassing x liefde = groei.
* Assosiasie met portuurgroepe — "Wie my beInvloed":
Op ongeveer twee tot twee-en-'n-half jarige ouderdom begin 'n kind om
buite sy of haar gesin te sosialiseer (Louw, 1986:217). Deur middel van
rollespel of dramatisering word 'n verskeidenheid van sosiale vaardig-
hede en lewenshoudings in die portuurgroep aangeleer (Louw,
1986:218). Jones (in Maxwell, 1993b:76) se: "What you will become in
five years will be determined by what you read and who your associate
with".
* Fisieke voorkoms — "Hoe ek vir ander lyk":
Jampolsky en Cirincione (1994:139) meld dat die lewenshouding wat 'n
individu openbaar, verband hou met die wyse waarop die liggaam
behandel word. Anoreksia nervosa en bulimie is dikwels die gevolg van
druk wat op meisies en seuns uitgeoefen word om slank te wees en
die belonings wat gepaard gaan met die volg van 'n verslankingsdieet
(Louw, 1986:482). Maxwell (1993b:77) meld dat in 'n onlangse studie
bevind is dat fisieke voorkoms selfs inkomste bepaal. Dit is egter ook
noodsaaklik om die liggaam in stand te hou deur middel van oefening,
dieet en stresbestuur (Covey, 1994:288; Robbins, 1992:439-450).
31.
Wittgenstein (in Robbins, 1992:449) se: 'The human body is the best
picture of the human soul". 'n Afleiding wat hieruit gemaak kan word is
dat indien 'n persoon 'n positiewe lewenshouding openbaar, sal by of
sy ook sy of haar liggaam versorg en onderhou. Ongesonde leefstyle
dra by tot moderne siektes soos kanker, diabetes en kardiovaskulere
siektes, maar gesonde leefstyle is noodsaaklik vir optimale gesondheid
en welsyn (Corbin & Lindsey, 1997:9).
* Huwelik, familie en werk — "My sekuriteit en status":
Maxwell (1993b:77) meld dat gedurende die twintigerjare van 'n
individu begin nuwe lewenshoudinge vorm aanneem. Dit is gewoonlik
tydens die ouderdom dat individue studeer vir 'n bepaalde beroep, die
beroep begin beoefen en dikwels dan ook in die huwelik tree.
Chapman (1990:17-23) meld dat lewenshouding 'n invloed uitoefen in
die werksomgewing en persoonlike lewe. Die handhawing van
gesonde interpersoonlike verhoudings bevorder 'n aangename werks-
omgewing asook 'n aangename atmosfeer tuis. Lewenshouding word
deur 'n individu se praat, staan, loop en gesigsuitdrukking weerspieel
(Chapman, 1990:21). lndien 'n positiewe lewenshouding geopenbaar
word, sal dit ander aantrek en goeie interpersoonlike verhoudings stig.
Die gemelde outeur wys daarop dat 90% van goeie interpersoonlike
verhoudings te wyte is aan 'n positiewe lewenshouding (Chapman,
1990:21). 'n Positiewe lewenshouding dra by tot loopbaansukses wat
dikwels tot sekuriteit en status bydra.
Lewenshouding is dinamies van aard en verander dus gedurig (Maxwell,
1993b:78). Dit is noodsaaklik dat lewenshouding voortdurend verander en
hernu word (Chapman, 1990:25). Hernuwing beteken om 'n opinie te
hersien, die wyse waarop dinge aangepak word te ondersoek en om op 'n
positiewe lewenshouding te konsentreer.
Die verandering van lewenshouding en die bydrae wat persoonlike
leierskap kan leaver om lewenshouding te verander word in die volgende
hoofstuk aangespreek.
32.
2.5 AFSLUITING
In die onderhawige hoofstuk is daar ondersoek ingestel na wat lewens-
houding is, waarom lewenshouding so belangrik is en hoe lewenshouding
ontwikkel. Die volgende aspekte of faktore is aangespreek:
Kenmerke of eienskappe van lewenshouding.
Die belangrikheid van 'n positiewe lewenshouding.
Beginsels oor die vorming van lewenshouding.
Aspekte of faktore wat 'n invloed op die vorming van lewenshouding
uitoefen.
Alhoewel lewenshouding met verloop van tyd ontwikkel en aangeleer
word, moet dit voortdurend verander. Lewenshoudings kan afgeleer en
ander kan heraangeleer word (Matt Yana, 1996:13; Maxwell, 1993b:54).
Die mens leef in 'n wereld wat voortdurend verander en waar voortdu-
rende aanpassing noodsaaklik is. Lewenshoudings moet by die verande-
ring aanpas en ook verander (Matt Yana, 1996:13). Maxwell (1993b:56)
meld dat geen lewenshouding perfek is nie omdat voortdurende
verandering noodsaaklik is.
In die volgende hoofstuk word daar ondersoek ingestel na die keuses wat
`n individu kan uitoefen om 'n positiewe lewenshouding to kan handhaaf.
33.
HOOFSTUK 3
VERANDERING VAN LEWENSHOUDING
DEUR PERSOONLIKE LEIERSKAP
3.1 PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE HOOFSTUK
Sommige mense glo dat dinge sommer net met hulle gebeur ... en ander
glo dat hulle 'n invloed kan uitoefen oor wat met hulle gebeur (Matt Yana,
1996:36). Indien 'n persoon glo dat dinge sommer net met hom of haar
gebeur, beveel Matt Yana (1996:36) aan dat so 'n persoon baie geluk
toegewens moet word en versekering moet uitneem. S6 'n persoon voel
soos 'n slagoffer van die lewe waaroor hy of sy min of geen beheer het.
Die persoon wat glo dat hy of sy 'n invloed kan uitoefen oor wat met horn
of haar gebeur, ag homseif as 'n speler in die Iewensspel. S6 'n persoon
neem verantwoordelikheid vir sy of haar eie lewenshouding en neem
sodoende beheer oor sy of haar gedagtes, emosies en aksies. Turner
(1994:43) sluit hierby aan deur die stelling te maak dat alles wat 'n
persoon in die lewe doen, deur sy of haar lewenshouding bepaal word.
Die enkele faktor wat goeie resultate en sukses waarborg, is volgens
Turner (1994:43) dan 'n positiewe lewenshouding. Die individu wat 'n
invloed oor sy of haar lewenshouding uitoefen, neem dus beheer oor sy of
haar lewe en suksesse! (Matt Yana, 1996:36).
Die probleem wat in die hoofstuk ondersoek word, is: waarom neem
individue nie beheer oor hulle lewenshouding en verseker sodoende
sukses nie? Die doel met die hoofstuk spruit direk voort uit die genoemde
probleemstelling. 'n Algemene doelstelling wat in die onderhawige
hoofstuk ondersoek gaan word, is:
* Om 'n beskrywende studie oor die verandering van lewenshouding
vanuit 'n persoonlike Ieierskapsperspektief te doen.
Spesifieke doelwitte wat na aanleiding van die navorsingsvrae in die
onderhawige hoofstuk manifesteer, is om te bepaal:
34.
* Hoe lewenshouding kan verander.
* Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae kan lewer om lewenshouding te
verander.
Om die algemene doelstelling en die spesifieke doelwitte te kan
beantwoord word elkeen van bogenoemde doelwitte soos wat dit in die
literatuurstudie gevind word, bespreek. In die afsluiting van die
onderhawige hoofstuk sal daar 'n kort opsomming verskaf word.
3.2 DIE VERANDERING VAN LEWENSHOUDING
3.2.1 Inleiding
Die kenmerke van lewenshouding wat in hoofstuk twee geformuleer is
verwys onder meer na die siening dat lewenshouding gewoontes van
denke is (Smith, 1998a:1); dat dit deur liggaamstaal weerspieel word
(Maxwell, 1993b:11); relatief blywend, maar nie staties is nie (Chapman,
1990:4; Lippa, 1992:214); evaluerend van aard is (Fishbein &
Ajzen,1975:11) en aangeleer is (Louw, 1986:591; Matt Yana, 1996:13;
Maxwell, 1993b:59-60). Kenmerke van lewenshouding wat geIdentifiseer
is, dui daarop dat dit wel kan verander. Gerlich (1998:2) meld dat
lewenshouding kan verander, maar dat dit stadig en oor 'n lang tydperk
plaasvind. Die gemelde outeur wys daarop dat 'n lewenshouding waaroor
die individu sterk voel, moeilik is om te verander.
Knutson (1996:2) meld dat die meeste mense een of ander tyd negatiewe
gedagtes of emosies sal ervaar, maar indien oorheersend negatiewe
gedagtes en emosies ervaar word, is dit nodig om lewenshouding te
verander. Die gemelde outeur (Knutson, 1996:2) wys daarop dat dit wel
moontlik is om lewenshouding te verander.
Vervolgens word daar gelet op redes waarom sommige mense nie hulle
lewenshouding wil verander nie, die gevolge daarvan en hoe
lewenshouding wel verander kan word. Elke aspek word bespreek,
beginnende by die redes waarom mense nie wil verander nie.
35.
3.2.2 Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander nie
Verandering word deur Odendal, et al. (1994:1161) onder andere omskryf
as om iets te wysig, anders te maak of om anders te word. Verandering is
egter nie 'n nuwe fenomeen nie en bestaan al van die begin van die
skepping of (Fossum, 1998:1). Daar is byvoorbeeld nie meer
dinosourusse of Vikings nie, behalwe in museums. Verandering vind plaas
deurdat die individu se keuse of deur ander Of deur die individu self
gemaak word. Fossum (1998:5) wys egter daarop dat 'n individu se
lewenshouding ten opsigte van verandering bepaal word deur die mate
van beheer wat die individu oor die verandering kan uitoefen en dit lei
dikwels tot weerstand teen verandering. Maxwell (1993b:123) meld dat die
mens 'n weerstand teen verandering het aihoewel verandering noodsaak-
lik vir groei is. Die gemelde outeur (Maxwell, 1993b:125) haal uitvinder
aan wat gese het: "The world hates change, yet it is the only thing that has
brought progress." Waarom wil individue dan nie verander en groei nie?
Die volgende faktore of oorsake vir weerstand teen verandering is onder
andere in die literatuur geIdentifiseer:
Versteuring van die gemaklikheidsone.
Vrees en kommer.
Foute en mislukkings van die verlede.
Negatiewe denke.
Kritiek van ander.
Vervolgens word elke oorsaak kortliks bespreek, beginnende by die
versteuring van die gemaklikheidsone.
Versteuring van die gemaklikheidsone:
Volgens Covey (1995:20) weet sommige mense dat hulle lewens nie in
balans is nie, maar die prys om te betaal om te verander is soms te
hoog, Of hulle is selfs te bang om te verander, Of dit is soms geriefliker
om met die wanbalans saam te leef. Maxwell (1993b:123) wys daarop
dat die mens 'n gewoontevormende wese is. Dit is dan juis die
36.
bekende gewoontes en lewenshouding waarmee die individu gemaklik
en vertroud is, wat soms moet verander.
Matt Yana (1996:44) meld dat die grootste oorsaak vir nie-verandering
die bekendheid van die gemaklikheidsone is. Die individu se
gemaklikheidsone kan met twee oorvleulende sirkels vergelyk word.
Die binneste sirkel staan as die gemaklikheidsone bekend. Die sirkel
verteenwoordig aktiwiteite, verhoudinge en lewenshoudings waarmee
die individu gemaklik en bekend voel. Kennis en ervaringe van die
verlede gee vorm aan die gevoel van gemak wat ervaar word. Matt
Yana (1996:45) meld dat die grootte van die binneste sirkel 'n
weerspieeling is van die individu se blootstelling aan die lewe. Indien
die individu oor 'n klein sirkeltjie beskik, dui dit daarop dat hy of sy
horn- of haarself beperk het. Die buitenste sirkel om die gemaklik-
heidsone bestaan uit aktiwiteite, verhoudinge en lewenshoudings
waaroor daar kennis is, maar wat nog nie verken is nie. Die heel
buitenste area dui op al die ander aktiwiteite, verhoudinge en
lewenshoudings waarmee die individu die minste op sy of haar gemak
voel (Matt Yana, 1996:45). Onbekendheid weens 'n gebrek aan kennis
en ervaring dra daartoe by dat die individu nie wil verander nie.
* Vrees en kommer:
Volgens Turner (1994:36) is vrees op sigself goed: dit is 'n natuurlike
en konstruktiewe oorlewingsmeganisme. Louw (1986:491) meld ook
dat vrees noodsaaklik is vir die mens se voortbestaan. Indien die
individu nie vir gevaarlike voorwerpe en situasies bang sou wees nie,
sou hy of sy in baie situasies beland waarin hy of sy beseer of gedood
sou kon word. In baie gevalle word vrees aangeleer deurdat dit met
pyn geassosieer word, maar baie van die dinge wat die mens vrees het
horn of haar nog nooit seergemaak of benadeel nie.
Die tipiese reaksie op vrees is om dit te vermy of te verminder omdat
sommige mense gekondisioneer is om vrees met Iafhartigheid te
assosieer (Louw, 1986:492; Turner, 1994:36). Gekondisioneerde vrese
sal, indien die individu dit toelaat, al sy of haar tyd in beslag neem
sodat hy of sy blind is vir beter maniere van leef en presteer (Turner,
1994:37). Hierdie vooroordele of selfs oordele sonder grondige rede,
37.
maak vrees wakker en verhinder die individu om die onbekende te
verken, om te verander, te vorder en self uiteindelik te groei. Die
gemaklikheidsone bly weens vrees en kommer dus beperk en klein,
met die gevolg dat mense nie van hul bekende lewenshouding afstand
wil doen nie en hulle stagneer dus.
* Foute en mislukkings van die verlede:
Maxwell (1993b:98) meld dat mislukking noodsaaklik is vir sukses.
Turner (1994:40) wys daarop dat niemand volmaak is of gebore word
met kennis van die \Nereid nie. Dit is dus natuurlik dat die individu in die
leerproses foute sal maak en mislukkings sal ervaar. Volgens die
natuur se manier van doen moet die individu probeer, aanpassings
maak en indien daar misluk word, weer probeer. Maxwell (1993b:98)
se: "Failures, repeated failures, are fingerprints on the road to
achievement."
Turner (1994:42) en Maxwell (1993b:103) wys daarop dat mislukkings
nie eintlik 'n kwessie is nie, maar eerder die individu se lewenshouding
daarteenoor. Om 'n gesonde lewenshouding jeens foute en misluk-
kings aan te kweek, moet dit eerder as geleenthede beskou word.
Maxwell (1993b:102-103) meld dat volharding die teken van 'n
positiewe lewenshouding is, want die individu wat nie waag nie, doen
niks, het niks en is niks. 'n Individu kan foute en mislukkings probeer
vermy, maar by of sy kan nie leer, groei, voel, verander, liefhe of leef
nie (Maxwell, 1993b:102). Volg die bekende liedjie na: "Don't worry, be
happy" (Timm, 1990:42).
* Negatiewe denke:
Enigeen kan onbewustelik in die gewoonte verval om negatief te dink
(Turner, 1994:35). Maxwell (1993b:127) meld dat negatiwiteit meer
skade aan lewenshouding aanrig as enigiets anders. Matt Yana
(1996:53) sluit by Maxwell aan deur te noem dat negatiwiteit 'n
verlammende effek het. `n Innerlike stemmetjie wat se: "ek moes ..." of
"ek moes nie ..." lei tot skuldgevoelens. Kravitz (1995:20) vestig die
leser se aandag daarop dat negatiewe denke bydra tot `n persoon se
38.
negatiewe selfbeeld. Die gemelde outeur wys verder daarop dat
negatiewe denke en emosies dikwels lei tot negatiewe aksies.
Maxwell (1993b:128-12134) meld dat die gevolge van negatiewe
denke dikwels die volgende is:
Besluitnemingsprosesse word belemmer aangesien daar op die
negatiewe gekonsentreer word en ander opsies nie raakgesien
word nie.
Dit is aansteeklik of "rubs off", met die gevolg dat ander ook later
negatief word.
Die denke is dikwels buite proporsie aangesien daar slegs op die
negatiewe gekonsentreer word.
Die lewe word nie ten voile geniet nie, want die slegste word altyd
verwag.
'n Individu se negatiewe denke verhinder ander om positief te
reageer.
Deur middel van denke kommunikeer elkeen met horn- of haarself.
Outosuggestie of "self-talk" is die klein stemmetjie wat gedagtes, opinies,
emosies, idees en lewenshouding met die self kommunikeer (Matt Yana,
1996:37). Daar word gereken dat ongeveer 50 sekondes van elke minuut
spandeer word om na die self te luister. Matt Yana (1996:37) wys daarop
dat die rekenaaruitdrukking "garbage in, garbage out" van toepassing is op
die vorming van lewenshouding. Indien negatiewe gedagtes gedink word,
sal 'n persoon 'n negatiewe lewenshouding openbaar. Indien positiewe
gedagtes gehuldig word, sal 'n positiewe lewenshouding gestalte vind.
* Kritiek van ander:
Maxwell (1993b:118) se om kritiek van ander te ontvang is soos
wanneer mense "step on our blue suede shoes." Andreas en Faulkner
(1997:248) meld dat om deur ander gekritiseer te word, dikwels as
bedreigend of selfs gevaarlik beskou word. Kritiek word dan dikwels
eerder as 'n persoonlike aanval beskou en nie as 'n klagte waarop
gereageer moet word nie (Goleman, 1996:151). Die individu wat dit
39.
ontvang, voel seergemaak, hulpeloos en woedend. Andreas en
Faulkner (1997:248) wys daarop dat die mens graag wil inpas, horn- of
haarself wil beskerm en met ander mense oor die weg wil kom — dit het
tot gevolg dat bale individue daarin verval om ook kritiek uit to deel.
Turner (1994:44-45) meld dat 'n individu se lewenshouding 'n
weerspieeling is van die mens se innerlike. Die outeur (Turner,
1994:44-45) meld dat indien die wereld verander wil word, moet die
self eers verander. Die wereld word nie deur 'n individu se
lewenshouding beInvloed nie, maar 'n individu se lewenshouding
beInvloed die wereld. Indien 'n negatiewe lewenshouding geopenbaar
word, sal negatiewe resultate die gevolg wees en as 'n positiewe
lewenshouding gehandhaaf word, sal wonderlike resultate verkry word!
Indien die individu verlam word deur vrees vir verandering, sal by of sy
nooit sy of haar voile potensiaal kan bereik nie. Vervolgens word die
gevolge bespreek indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding
verander nie.
3.2.3 Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander
nie
Turner (1994:28) en Maxwell (1993b:79) meld dat die mens se grense van
vermoens amper van die oomblik van geboorte of deur invloede van buite
gekondisioneer word. Ouers, die gesin, familie, skool, gemeenskap en
omgewing het alma! op 'n goedbedoelde manier 'n invloed op die individu.
Vergelykings word getref, ettikettering asook kondisionering vind plaas.
Volgens Maxwell (1993b:80) word individue onbewustelik aan bande gel&
Smith (1998a:2) verwys na die beperkinge wanneer genoem word dat
elkeen onbewustelik 'n platform ontwikkel wat as die grens van vermoons
beskou word. Uitdrukkings soos: "die kind het beslis sy pa se humeur",
"moenie praat voordat daar met jou gepraat word nie", "ma weet die
beste", "moenie jou probeer slim hou nie", "wie dink jy is jy?" en "moenie
iets probeer wees wat jy nie is nie", plaas beperkinge op die individu
(Turner, 1994:28-30). Die tragiese is dat negatiewe lewenshouding wat
40.
deur ouers of ander persone gekommunikeer word, dikwels deur die kind
as voiwassene weer aan sy of haar kinders oorgedra gaan word.
Robbins (1992:81) meld dat mense dikwels beperkinge op hulleself plaas.
Maxwell (1993b:81) sluit hierby aan en se: "They never move further than
the boundries of self-imposed limitations." Aangesien daar nie in die
verlede sukses bereik is nie, word daar geglo dat hulle ook nie in die
toekoms sukses kan behaal nie. Sulke mense sal dikwels se: "kom ons
wees nou realisties" (Robbins, 1992:81). Die vrees vir pyn om te verander
is so intensief dat daar gestagneer word. Die verhaal van Roger Bannister
wat deur die platvorm van vermoens gebreek het, is vandag alombekend.
In 1954 het Bannister die haas onmoontlike reggekry deur 'n droommyl te
hardloop (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80; Robbins,
1992:81). Bannister het die afstand van een myl, of te wel 1 609,43 meter,
in 3 minute 59.4 sekondes voltooi (McWhirter, 1984:323). Vir bale jare het
mense geglo dat dit onmoontlik is om 'n myl in minder as vier minute te
hardloop. Die jaar nadat Bannister die "onmoontlike" reggekry het, het 37
ander hardlopers dit ook reggekry en die jaar na dit het 300 ander atlete
ook daarin geslaag (Robbins, 1992:81). Gedurende 1993 het Noureddine
Morceli van Algerie 'n wereldrekord van 3 minute, 44.39 sekondes
opgestel (Niininen, 1999:1). Daniel Kameny van Kenia het in 'n twee myl
wedloop albei myle in minder as 4 minute afgele - die eerste myl in 3
minute, 59.2 sekondes en die tweede myl in 3 minute, 59.4 sekondes
(Niininen, 1999:1). Sodoende is die platvorm hoer gestel.
Indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander nie, plaas by of
sy beperkinge op hom- of haarself — fisies, sosiaal, geestelik, emosioneel
en intellektueel. Elke individu kan self kies hoe hoog of hoe laag sy of haar
platvorm van potensiaal is. Turner (1994:32) meld dat indien daar nie deur
selfopgelegde beperkinge en die beperkinge wat ander stel gebreek word
nie, kan die persoon net sowel met die volgende grafskrif begrawe word:
"dood op twintig, begrawe op sewentig". Die vraag is dus hoe 'n individu
sy of haar lewenshouding moet verander om nie op 20-jarige leeftyd al te
"sterf" nie.
41.
3.2.4 Tegnieke om lewenshouding te verander
Turner (1994:43) meld dat individu se lewenshouding teenoor die lewe
ook die lewe se houding teenoor die individu bepaal. Wat ook al in die
lewe gese en gedoen word, sal `n ooreenstemmende reaksie uitlok.
Omdat die individu volgens Turner (1998:43) terugkry wat hy of sy uitgee,
bepaal die individu sodoende self die gehalte van sy of haar lewe. Dis
betekenisvol om te dink dat die individu dus die somtotaal is van
lewenshoudings wat in die lewe aangekweek is. Verskeie outeurs meld
verskeie maniere of wenke wat gevolg kan word om lewenshouding te
verander sodat dit dominant positief is. Vervolgens word `n samevatting
van verskeie outeurs se menings wat in die literatuur gevind word, verskaf:
Ondersoek die self en verkry duidelikheid oor die lewe (Turner,
1994:24).
Hou op om die self te blameer en vervang negatiewe gedagtes met
positiewes (Dyer, 1993:311).
Heg waarde aan vriendskappe en kies model om na te volg (Matt
Yana, 1996:48; Maxwell, 1993b:165; O'Callaghan, 1998:1).
Hanteer ander se negatiewe lewenshoudings (Chapman, 1990:51;
Matt Yana, 1996:75).
Kies voortdurend om positiewe lewenshouding te openbaar
(Chapman, 1990:73; Maxell, 1993b:163; Tomlin, 1998:3).
Elke manier of wenk word vervolgens kortliks bespreek, beginnende by
selfondersoek.
Ondersoek die self en verkry duidelikheid oor die lewe:
Dit is noodsaaklik dat die individu verstaan wie hy of sy regtig is.
Turner (1994:24) vra die volgende vraag aan die lesers: "gestel jou
naam gaan in `n verklarende woordeboek verskyn, hoe sal jy jouself
definieer?" Verskeie vrae is deur Turner (1994:24) geIdentifiseer wat
aan die self gevra kan word om die vraag te beantwoord:
- `Weet jy waarvoor jy staan ?"
42.
Meet jy wat jy uit die lewe wil he?"
'Weet jy watter koers om in te slaan?"
"Wat weerspieel jou dade van wie jy is?"
Dit is volgens Turner (1994:24) belangrik dat die individu die vrae
beantwoord aangesien ander nie verstaan kan word as die self nie
verstaan word nie. Ander kan nie gerespekteer word indien die individu
horn- of haarself nie respekteer nie. Kravitz (1995:62) se "diamant reel"
moet uitgeleef word, naamlik: "Do unto yourself before you do unto
others." Matt Yana (1996:51) verwys na die "goue reel" van die lewe:
"Treat others as you'd like to be treated."
Maxwell (1993b:151) meld dat om lewenshouding te verander moet 'n
duidelike doelwit gestel word. Die doelwitte moet so spesifiek moontlik
binne 'n tydraamwerk geskryf en onderteken word. Timm (1990:69)
wys daarop dat die doelwitte kongruent met 'n persoon se waardes
moet wees. Doelwitte moet dan op 'n opsigtelike plek aangebring word
sodat dit as versterking kan Bien. Volgens Chapman (1990:61) se
observasie is 'n individu met 'n doel in die lewe meer geneig om 'n
positiewe lewenshouding te he as 'n individu wat nie rigting het nie. 'n
Positiewe lewenshouding sal dan ook in die individu se lewe
manifesteer, want dade het nog altyd harder as woorde gespreek of
soos Emerson dit stel: "wat jy doen, skree so hard vir my dat ek jou nie
kan hoor praat nie" (Turner, 1994:24).
* Hou op om die self te blameer en vervang negatiewe gedagtes met
positiewes:
Blamering word deur Odendal et al. (1994:90) omskryf as om die
blaam of skuld op die self of ander te werp. Indien 'n individu sinne en
woorde uiter wat horn of haar in 'n negatiewe lig stel of blaam op hom-
of haarself plaas, sal by of sy dan ook so optree. Dyer (1993:246-247)
meld dat indien die individu horn- of haarself as beperkend, dom,
angstig, swak en lomp beskou, sal verandering teegewerk word. Die
gemelde outeur (Dyer, 1993:311) noem die volgende kenmerke van
denke:
43.
Die krag van denke is groots.
Uit gedagtes word rigting aan die lewe gegee.
Die mens reageer op denke.
Die mens word dit wat by of sy dink.
Die mens se lewe is dit wat deur gedagtes geskep word.
Timm (1990:44-45) meld dat die individu in beheer is van hoe dinge
waargeneem of oordink word. Sommige mense sien altyd die spreek-
woordelike silwer randjie om die donker wolk terwyl ander net die
donker onweerswolk sien. Die outeur (Timm, 1990:44-45) beveel aan
dat herfrassering toegepas moet word. Herfrassering is die proses om
voortdurend 'n positiewe persepsie te skets. Matt Yana (1996:57) sluit
hierby aan deur te noem dat daar elke oggend en deur die loop van die
dag positief met die self gesels moet word. Verskeie outers verwys
hierna as self-bevestigings (Andreas & Faulkner, 1997:214-216;
Covey, 1994:132-135; Dyer, 1993:223; Staniforth, 1998:1-3). Covey
(1994:133) is van mening dat self-bevestigings oor die volgende vyf
eienskappe moet beskik: dis persoonlik, dis in die teenwoordige tyd
geskryf, dis sigbaar, dis positief en dis emosioneel. Voorbeelde van
positiewe self-bevestigings is:
"Ek is positief."
"Ek is gelukkig."
"Ek is gesond."
"Ek is suksesvol."
Tomlin (1998:2) se daar moet met die wenner binne die individu
gepraat word. Die outeur beveel aan dat negatiewe woorde vermy
moet word. Positiewe self-bevestigings het tot gevolg dat probleme as
uitdagings beskou word en positiewe lewenshoudings teenoor die self
en ander ontwikkel word! (Matt Yana,1996:57).
44.
* Heg waarde aan vriendskappe en kies 'n model om na te volg:
Mense het mense nodig! (Maxwell, 1993b:165). Een van die grootste
belonings in die lewe, en een van die grootste uitdagings, kom van
verhoudings wat in die lewe gevestig word. Die individu se lewens-
houding teenoor die ander persoon in die verhouding beInvloed die
individu se gedrag en dit beInvloed weer die kwaliteit van die
verhouding (Matt Yana, 1996:48). Waarde kan aan vriendskappe
geheg word indien die "goue reel" — om ander te behandel soos die
self behandel wil word — uitgeleef word. Matt Yana (1996:49-51) stel
die volgende riglyne saam om die reel uit te leef:
Respekteer ander.
Vergewe en vergeet, dit is een van die grootste geskenke aan
ander maar ook aan die self.
Kommunikeer verwagtings, wees openlik, eerlik en luister na die
ander persoon.
Lewenshouding kan met behulp van ander se ondersteuning verander.
Maxwell (1993b:166) stel egter die volgende kriteria saam as model vir
'n vriend of mentor om na te volg:
Dit moet iemand wees waarmee elke dag gepraat kan word.
Dis iemand wat die individu se belange op die hart dra en wat as
motiveerder sal dien.
Die vriend moet openlik en eerlik wees.
Dit moet iemand wees wat self probleme kan oorbrug en 'n
positiewe lewenshouding openbaar.
Die model wat nagevolg gaan word moet egter met groot omsigtigheid
gekies word, want handelinge, gedagtes en lewenshoudings word
daardeur oorgedra. O'Callaghan (1998:1) meld dat dit modelle moet
wees waarna opgesien en nagestreef word. Die outeur (O'Callaghan,
1998:1) meld dat modelle se lewenshoudings, gewoontes, gebruike en
selfs boeke wat hulle lees nagevolg moet word. Robbins (1992:25)
45.
meld dat die navolg van ander tydbesparend is omdat die spreekwoor-
delike wiel nie van vooraf ontwerp word nie. Die uitdrukking: "birds of a
feather flock together" is hier van toepassing (Maxwell, 1993b:167).
* Hanteer ander se negatiewe lewenshoudings:
Orals in die lewe is daar negatiewe mense. Matt Yana (1996:75) wys
daarop dat die individu 'n keuse kan uitoefen oor hoe om negatiewe
mense te hanteer. Vier keuses word deur die outeur (Matt Yana,
1996:75-76) onderskei:
Ignoreer die persoon en verwyder die self van horn of haar.
Aanvaar die persoon en verwyder die self van die persoon.
Aanvaar die persoon en poog om sy of haar lewenshouding te
verstaan.
BeInvloed die persoon se lewenshouding en gedrag.
Matt Yana (1996:76) meld dat om die ander persoon se lewenshouding
te kan verander, moet die individu se eie optrede, kommunikasie en
lewenshouding positief wees. Chapman (1990:49-50) meld dat die
individu soms gefrustreer kan word deur ander se negatiewe
lewenshoudings en lus voel om sulke persone dan "a piece of your
mind" te gee, maar daar moet eerder gepoog word om "a piece of your
positive attitude" oor te dra. Die individu hoef egter nie te vrees dat by
of sy van sy of haar eie positiwiteit sal weggee nie, die teendeel is
eerder waar: 'n positiewe lewenshouding word behou juis deur dit weg
te gee. Chapman (1990:51) meld die volgende voorbeelde om ander
se lewenshouding te beInvloed:
Besoek vriende wat moontlik 'n negatiewe lewenshouding het.
Wees self meer positief teenoor die persone waarmee daagliks in
aanraking gekom word.
Deel jou positiewe lewenshouding deur kaartjies, blomme en
gedagtes aan ander te stuur.
46.
Wees 'n empatiese luisteraar sodat ander hulle positiwiteit kan
behou.
Kommunikeer 'n positiewe lewenshouding deur motiverende
gesprekke en komplemente te gee.
Stel 'n voorbeeld as 'n positiewe persoon aan ander.
"Everyone winds up a winner by sharing positive attitudes with others!"
(Chapman, 1990:50).
* Kies voortdurend om 'n positiewe lewenshouding te openbaar:
'n Positiewe lewenshouding verbeter 'n individu se loopbaan (ook
inkomstegewys), interpersoonlike verhoudinge en die individu bereik
ook sy of haar doelwitte. Dit is 'n wenkombinasie in alle opsigte
(Chapman, 1990:73). Lewenshoudings het egter ook die nadeel dat dit
stagneer en selfs in regressie kan gaan indien dit nie onderhou word
nie (Maxwell,1993b:163). Dit is dus 'n voortdurende keuse wat
uitgeoefen moet word.
Die volgende tegnieke word in die literatuur gevind wat hier van
waarde kan wees:
Konsenteer op positiewe gedagtes en kies om positief te dink
(Chapman, 1990:45; O'Callaghan,1998:2).
Doen lets vir ander en spandeer kwaliteit tyd met vriende en familie
(Chapman, 1990:45; Tomlin, 1998:3).
Doen moeite met jou voorkoms (Chapman, 1990:53-55).
Leef jou missie en doel uit, bepaal sodoende wat werklik vir jou
belangrik is (Chapman, 1990:61-62; O'Callaghan, 1998:1).
Lag uit jou maag en ontwikkel 'n sin vir humor (Chapman, 1990:45;
Matt Yana, 1996:68; Tomlin, 1998:3).
Huil om van emosionele wonde te genees (Matt Yana, 1996:69).
Stel die self bloot aan positiewe klanke, reuke, emosies, proe
sensasies en visuele artefakte (Matt Yana, 1996:70-71).
Luister na motiverende mense en lees motiverende boeke (Tomlin,
1998:2).
47.
Matt Yana (1996:66) meld dat die individu voortdurend op soek moet
wees na die "golden nugget" in die lewe. Kies om die positiewe in die
lewe te identifiseer, al mag dit tyd neem. Deur die mag van keuse te
beoefen, bepaal die individu self sy of haar toekoms (Turner, 1994:10).
Bernard Shaw (in Turner, 1994:10) stel dit soos volg:
"Mense gee altyd hulle omstandighede die skuld vir wat hul is. Ek glo
nie in omstandighede nie. Die mense wat in hierdie woreld voor
uitkom, is die wat opstaan en uitkyk vir die omstandighede wat hulle
wil he, en as hulle dit nie vind nie, skep hulle die omstandighede."
John Robbinson van die Harper Groep in San Francisco leef die
oortuiging uit dat die individu geen beperkinge in sy of haar gedagtes
het nie, dat denke realiteit skep en dat elkeen verantwoordelik is vir
wat ervaar word (Jampoisky & Cirincione, 1994:228). Die individu moet
egter self die verantwoordelikheid dra en kies of by of sy wil verander
en sodoende'n positiewe lewenshouding openbaar. Timm (1990:89)
meld dat teenspoed in die lewe oorbrug kan word wanneer die individu
100% verantwoordelikheid vir die beheer en rigting van sy of haar lewe
neem. Die individu kies ook sy of haar lewenshouding teenoor die lewe
en dit word 'n persoonlike lewensreis. Die kuns is egter om die lewe te
beheer en nie toe te laat dat die lewe die individu beheer nie (Timm,
1990:92). Persoonlike leierskap is van waarde om die lewe en
lewenshoudings te beheer. Vervolgens word die rol van persoonlike
leierskap ten opsigte van lewenshouding bespreek.
3.3 DIE BYDRAE VAN PERSOONLIKE LEIERSKAP OM LEWENSHOU-
DING TE VERANDER
3.3.1 Inleiding
Robbins (1992:25) se: "You see, in life, lots of people know what to do, but
few people actually do wat they know." Kennis is nie genoeg nie, die
individu moet tot aksie oorgaan! Die uitdrukking van Robbins is ook van
toepassing op die verandering van 'n negatiewe lewenshouding na 'n
positiewe lewenshouding. Die gemelde outeur (Robbins, 1992:31) se vrae
48.
wat aan die leser gestel word en die van Turner (1994:24) wat in
paragraaf 3.2.4 gestel is, kan aangepas word sodat dit op 'n persoonlike
leier se lewenshouding van toepassing is:
Hoe gaan jy jou lewenshouding vir die volgende 10 jaar uitleef?
Wat is jou lewenshouding vandag om sodoende die more te skep
waartoe jy verbind is?
Wat is jou standpunt oor lewenshouding van vandag af?
Persoonlike leierskap is die middel waardeur die drie genoemde vrae
beantwoord kan word! Vervolgens word daar gelet op die kenmerke van
persoonlike leierskap en hoe die kenmerke 'n bydrae kan lewer om 'n
positiewe lewenshouding te handhaaf.
3.3.2 Die kenmerke van persoonlike leierskap
Baldoni (1998:1) wys daarop dat die term persoonlike bemeestering
("personal mastery") as sinoniem vir persoonlike leierskap benut kan word.
Persoonlike leierskap word deur Clemmer (1999:6) omskryf as leierskap
oor die self wat uitkring na ander om hul te beInvloed, te rig, te ondersteun
en om hul te lei. Sayers (1996:1) sluit hierby aan en meld dat persoonlike
leierskap 'n persoonlike en voortdurende reis is om te verbeter, daar word
dus voortdurend gestreef om te groei of te ontwikkel. 'n Persoonlike leier
sal dan voortdurend poog en voihard om 'n positiewe lewenshouding te
openbaar. Baldoni (1998:1-3), Clemmer (1999:6-13) en Covey (1994:43)
identifiseer die volgende drie kenmerke van persoonlike leierskap:
"Inside out": Dit dui op selfkennis wat die individu oor sy of haar eie
paradigmas, karakter en motiewe het. Dit impliseer dat die individu self
oor 'n positiewe lewenshouding moet beskik voordat dit van ander
verwag kan word.
Karaktergebaseer: Dit dui onder andere op die individu se integriteit,
nederigheid, temperament, waagmoed, regverdigheid, geduld en
menslikheid.
49.
Beginselgesentreerd: Dui op fundamentele, ononderhandelbare riglyne
vir optrede wat bewys het dat dit die toets van die tyd weerstaan het en
van permanente waarde is.
Frank) (in Covey, 1994:69-75; Miles, 1997:3) identifiseer dat die mens oor
die vryheid van keuse beskik om tussen stimulus en respons sy of haar
reaksie te kies, ongeag omstandighede, vorige ervaringe of inherente
eienskappe. 'n Persoonlike leier kies om die kenmerke van persoonlike
leierskap uit te leef. Die keuses kan uitgeoefen word omdat die
persoonlike leier volgens Covey (1994:69-74) beskik oor 'n:
Verbeelding: Die vermoe om in die gedagtes lets te skep.
Gewete: 'n Innerlike bewustheid van wat reg en verkeerd is.
Onafhanklike wil: Die vermod om op te tree.
"Mede" bewussyn: Kennis oor die self.
Turner (1994:13) meld dat die mag van keuse 'n unieke eienskap van die
mens is en dat dit 'n voorreg is. Die outeur wys verder daarop dat die
keuses wat die individu oor sy of haar lewenshouding uitoefen, die individu
in staat stel om sy of haar eie liggaamlike, geestelike en emosionele
omgewing te skep. Aangesien die individu 'n keuse kan uitoefen, kan by of
sy dus kies om proaktief op te tree. 'n Proaktiewe individu is iemand wat
"respons-able" is, hulle blameer nie eksterne omstandighede, gebeure of
kondisioneringsinvloede vir hul lewenshouding nie. Reaktiewe mense
word beInvloed deur die "sosiale klimaat", fisiese omgewing en ander se
lewenshouding (Covey, 1994:72; Miles,1997:3). Indien die individu nie
proaktief optree nie en toelaat dat die eksterne invloede horn of haar
beInvloed, sal sy of haar lewenshouding en suksesse ook daardeur
geraak word!
50.
3.3.3 Die bydrae van persoonlike leierskap om 'n positiewe lewenshouding
te handhaaf
Dikwels word individue se lewenshouding wel deur eksterne gebeure
beInvloed (Smith, 1998b:4). Smith (1998b:4) wys daarop dat negatiewe
lewenshoudings soms kan ontwikkel oor die landsituasie, oor misdaad,
oor die swaar stadsverkeer, of oor ongevraagde onderbrekings by die
werk. Persoonlike leiers wat proaktiewe individue is, tree egter binne hul
sirkel van invloed op. Hulle konsentreer dus op probleme wat wel verander
kan word (Covey, 1994:83). Probleme word volgens Covey (1994:85) in
drie areas ingedeel, naamlik:
Direkte beheer: dit is probleme wat op die individu se eie gedrag en
lewenshouding fokus.
Indirekte beheer: dis probleme wat op ander se gedrag fokus.
Geen beheer: dit is probleme waaraan die individu niks aan kan doen,
behalwe om dit te aanvaar, nie.
`n Individu kan dus direkte beheer oor sy of haar lewenshouding uitoefen.
S6 'n individu beoefen persoonlike leierskap!
Lewenshouding kan van negatief na positief verander indien die individu
die tegnieke sons in paragraaf 3.2.4. geYdentifiseer, toepas. Om 'n
blywende verandering teweeg te bring, moet persoonlike leierskap
uitgeoefen word. Indien persoonlike leierskap nie uitgeoefen word nie, sal
daar nie 'n blywende verandering in lewenshouding voorkom nie, dit sal
egter dan net van korte duur wees.
Covey (1994:317) meld dat verandering — ware verandering — van die
diepste innerlike wese, "inside out" kom. Lewenshouding word nie deur
"quick fix" persoonlikheidsetiek tegnieke verander nie. Die diepste
innerlike, denke, paradigmas, karakter en motiewe, moet ondersoek word.
Positiewe gedagtes lei tot positiewe lewenshouding wat weer lei tot die
individu se karakter en lens of paradigma waardeur die lewe beskou word.
Miles (1997:9) herinner die leser dat persoonlike leierskap 'n
nimmereindigende reis van selfontdekking en voortdurende persoonlike
51.
groei is. Emerson (in Covey, 1994:318) som dit soos volg op: "That which
we persist in doing becomes easier — not that the nature of the task has
changed, but our ability to do has increased."
3.4 AFSLUITING
In die onderhawige hoofstuk is daar ondersoek ingestel na die verandering
van lewenshouding. Die volgende aspekte is aangespreek:
Die verandering van lewenshouding.
Waarom sommige mense nie hulle lewenshouding wil verander nie.
Die gevolge indien 'n persoon nie sy of haar lewenshouding verander
nie.
Tegnieke hoe om lewenshouding te verander.
Die kenmerke van persoonlike leierskap.
Die waarde van persoonlike leierskap om 'n positiewe lewenshouding
te handhaaf.
Robbins (1991:11) meld dat dit elke individu se persoonlike verantwoor-
delikheid is om veranderinge aan te bring. Covey (1994:71) verwys na die
woord "respons-ability" wat dui op die keuse wat 'n individu het om 'n
respons of lewenshouding te kies. Onthou Frankl, as oorlewende van 'n
Duitse konsentrasiekamp, se woorde: "The last of human freedoms is to
choose one's atitude in any given set of circumstances to — choose one's
own way (Bright, 1997:2). 'n Individu wat proaktiewe keuses uitoefen, 'n
"inside out" benadering volg, karaktergebaseerd en beginselgesentreerd
is, beoefen persoonlike leierskap en sodoende direkte beheer oor sy of
haar lewenshouding! Timm (1990:159) som die voortdurende reis van 'n
persoonlike leier om te verbeter soos volg op:
"Persistance is the greatest of all the power sources.
By determinely applying what we know to be useful,
we can and will achieve realistic goals."
52.
HOOFSTUK 4
INTEGRASIE VAN DIE NAVORSING
4.1 INLEIDING
Die doel met hierdie hoofstuk is om 'n terugblik oor die navorsing te gee.
Uit die volledige navorsingstudie vloei die opsomming, samevatting,
gevolgtrekkings en aanbevelings van die navorsingstudie logies voort.
4.2 OPSOMMING
Die navorsingsprobleem wat in hierdie studie aangespreek is, was
waarom mense 'n positiewe of negatiewe lewenshouding openbaar en
hoe die mens uit 'n persoonlike Ieierskapsperspektief beheer oor sy of
haar lewensingesteldheid kan uitoefen.
Die doel was om na aanleiding van hierdie probleem 'n beskrywende
studie van die verband tussen lewenshouding, oftewel lewensinge-
steldheid en persoonlike Ieierskap te doen. Die navorsingshipotese wat uit
die probleemstelling afgelei is, was dat persoonlike Ieierskap en positiewe
lewenshouding interafhanklik is, oftewel dat persoonlike Ieierskap bydra
tot 'n positiewe lewenshouding.
Die motivering vir die studie was om te bepaal waarom sommige mense
oor gebeure kan lag terwyl ander daaroor huil, waarom is sekere mense
positief terwyl ander negatief is. Uit 'n persoonlike leierskapsperspektief
was dit noodsaaklik om die kragtige uitwerking van lewenshouding op die
mens se lewe te ondersoek en te beskryf sodat die waarde daarvan in
elke mens se lewe gedemonstreer en beklemtoon kan word aangesien die
mens se lewenskwaliteit en toekoms deur lewenshouding geskep word.
53.
Om die doel, hipotese en motivering van die studie te kon verwesenlik is 'n
hermeneutiese en beskrywende navorsingstrategie gevoig. Navorsings-
metodes wat aan die orde gekom het, was in besonder 'n literatuurstudie
en konseptuele analise.
Na aanleiding van die navorsingsprobleem, doel, navorsingshipotese,
motivering, navorsingstrategie en navorsingsmetodes is daar:
In hoofstuk twee 'n ondersoek geloods na wat lewenshouding is,
waarom lewenshouding so belangrik is en hoe lewenshouding
ontwikkel.
In hoofstuk drie bepaal of lewenshouding kan verander en die bydrae
_ wat persoonlike Ieierskap tot verandering in lewenshouding kan maak.
4.3 SAMEVATTING
`n Samevatting word uit die navorsingsprobleem en algemene doelstelling
deur middel van 'n literatuurstudie en konseptuele analise getref. 'n
Samevatting van die navorsingsondersoek word vervolgens aan die hand
van die spesifieke doelwitte sons in hoofstuk een, paragraaf 1.2
geIdentifiseer, voorgehou. Spesifieke navorsingsdoelwitte wat in die
navorsingsondersoek gemanifesteer het, was:
Wat is lewenshouding?
Waarom lewenshouding so belangrik is.
Hoe lewenshouding ontwikkel.
Hoe lewenshouding verander.
Hoe persoonlike Ieierskap 'n bydrae lewer om lewenshouding te
verander.
54.
Vervolgens word die samevatting van die spesifieke navorsingsdoelwitte
weergegee.
4.3.1 Wat is lewenshouding?
Lewenshouding is volgens Roger en McWilliams (1990:487) die manier
waarop dinge benader word. Lewenshouding omvat alle gedagtes,
oortuigings en opinies, dit is 'n innerlike emosie (Spithill, 1989:1). Smith
(1998a:1) wys daarop dat lewenshouding gewoontes van denke is en dat
dit die primere faktor is wat bepaal of enige onderneming suksesvol is of
nie.
`n Positiewe lewenshouding het tot gevoig dat gunstige interpersoonlike
verhoudings gevestig word (Matt Yana, 1996:21) en dat 'n individu teenoor
horn- of haarself positief voel (Jampolsky & Cirincione, 1994:139). Dit kan
selfs 'n bydraende faktor tot genesing wees (Weinberg, 1998:5-6).
Negatiewe denke manifesteer potensieel in 'n individu se liggaam en kan
selfs tot siektes soos kanker, nek- en rugprobleme lei (Jampolsky &
Cirincione, 1994:142; Murphy, 1993:31-32; Weinberg, 1998:5).
Kenmerke van lewenshouding wat geIdentifiseer is, impliseer dat:
Lewenshouding in gedrag uiting vind (Lippa, 1994:211; Maxwell,
1993b:9; Weinberg, 1998:5).
Ander mense deur `n persoon se lewenshouding beInvloed word,
oftewel dat lewenshouding aansteeklik is (Maxwell, 1993b:11; Morley,
1998:1; Smith, 1998a:1);
Lewenshouding in voortdurende stryd is tussen dit wat innerlik ervaar
word en dit wat uiterlik sigbaar is (Chapman, 1990:4; Maxwell,
1993b:11).
55.
* Lewenshouding op grond van voor- en afkeure evaluerend van aard is
(Covey, 1997:24; Lippa, 1994:214).
* Lewenshouding aangeleer en daarom nooit staties is nie, lewens-
houding kan dus verander (Chapman, 1990:4; Fishbein & Ajzen,
1975:11; Lippa, 1994:214; Spithill, 1989:7).
4.3.2 Waarom lewenshouding so belangrik is
In hierdie studie is bevind dat lewenshouding die kwaliteit van
interpersoonlike verhoudinge bepaal (Maxwell, 1993b:19). Aangesien die
mens poog om twee antropologiese grondmotiewe na te kom, is 'n
positiewe lewenshouding van belang om die brug tussen soliter na solider
oor te steek (Fromm, 1970:17; Hermans, 1983:77;). 'n Positiewe lewens-
houding is dikwels ook die verskil tussen sukses en mislukking (Maxwell,
1993b:23). Volgens Inamori (in Bedi, 1996:1) is 'n positiewe lewens-
houding die belangrikste kwaliteit van suksesvolle mense en bepaal dit
dikwels die uitkoms van 'n taak (Maxwell, 1993b:26; Morley, 1998:1;
Tempelhoff, 1999:11).
Downs (in Maxwell, 1993b:104) meld dat die mens nie gelukkig is weens
omstandighede nie, maar gelukkig is weens 'n positiewe lewenshouding.
Die mens kies dus self sy of haar eie lewensgeluk (Jampolsky &
Cirincione, 1994:7 - 8).
4.3.3 Hoe lewenshouding ontwikkel
Lewenshouding ontwikkel volgens die ontwikkelingspsigologie met verloop
van tyd (Louw, 1986:191; Maxwell, 1993b:59). Verskeie persone oefen 'n
invloed op die vorming van lewenshouding uit (Matt Yana, 1996:13;
Maxwell, 1993b:55-56). Aanvanklik oefen die ouers die meeste invloed uit
en in later jare soos wat die individu sosiaal met ander omgaan, oefen
56.
portuurgroepe 'n sterk invloed uit (Louw, 1986:591; Matt Yana, 1996:13).
Volgens Rickwood (1997:2) en Maxwell (1993b:50) oefen die omgewing
en kondisionering ook 'n invloed uit op die vorming van lewenshouding.
Lewenshouding verander dus gedurig en kan afgeleer en later weer
heraangeleer word (Chapman, 1990:4; Matt Yana, 1996:13; Mark,
1998:1).
Aspekte of faktore wat tydens die studie geIdentifiseer is wat 'n invloed op
lewenshouding uitoefen, is:
Die individu se persoonlikheid (Jung in Sharp, 1987:12; Maxwell,
1993b:62).
Die omgewing waarin die individu leef (Matt Yana, 1996:13; Maxwell,
1993b:55).
Dit wat die individu hoor en lees (Maxwell, 1993b:56).
Die mate van aanvaarding wat die individu van ouers en ander in die
portuurgroep ervaar (Fromm, 1970:6 - 7; Louw, 1986:218).
Die beeld wat die individu oor horn- of haarself huldig (Erasmus et al.,
1996:26; Mark, 1998:1 - 2; Plug, et al., 1986:318). lndien 'n individu 'n
positiewe selfbeeld het, sal hy of sy ook sy of haar liggaam versorg en
in stand hou (Covey, 1994:288; Robbins, 1992:439 - 450).
Die mate waartoe die individu blootstelling aan nuwe gebeure kry en
gepaardgaande keuses wat hy of sy uitoefen (Maxwell, 1993b:72;
Ringer, 1990:40;). Robbins (1992:439 - 450) merk op dat 'n individu se
selfbeeld bestaan uit die somtotaal van keuses wat gemaak word.
4.3.4 Hoe lewenshouding verander
Individue wil dikwels nie verander nie weens 'n weerstand teen
verandering (Maxwell, 1993b:125). Die weerstand kom voor as gevolg van
die bekendheid met die huidige (Matt Yana, 1995:20; Maxwell,
57.
1993b:123;), vrees vir mislukking met gepaardgaande kritiek (Andreas &
Faulkner, 1997:248; Maxwell, 1993b:98; Turner, 1994:40) en negatiewe
denke (Kravitz, 1995:20; Matt Yana, 1996:53). Indien die individu nie
verander nie sal by of sy stagneer en beperkinge op die eie vermoens
plaas (Andreas & Faulkner, 1997:323; Maxwell, 1993b:80; Robbins,
1992:81).
Verskeie tegnieke om lewenshouding te verander is in hoofstuk drie,
paragraaf 3.2.4, geklentifiseer. Die tegnieke is egter slegs waardevol
indien die individu self verantwoordelikheid neem om te wil verander
(Jampolsky & Cirincione, 1994:228). Timm (1990:92) meld dat die kuns in
die lewe is om die lewe te beheer en nie toe te laat dat die lewe die
individu beheer nie.
4.3.5 Hoe persoonlike leierskap 'n bydrae lewer om lewenshouding te
verander
Deur middel van persoonlike leierskap wat "inside-out", karakter- en
beginselgesentreerd is, kan die individu leierskap oor die self uitoefen en
dit kring weer uit na ander sodat hulle ook beInvloed word (Baldoni,
1998:1-3; Clemmer, 1999:6; Covey, 1994:43). Die individu is persoonlik
verantwoordelik om voortdurend proaktief en binne sy of haar sirkel van
invloed op te tree (Covey, 1994:83; Robbins, 1991:11; Smith, 1998b:4). In
die studie is daar bevind dat die individu direkte beheer oor sy of haar eie
lewenshouding kan uitoefen (Covey, 1994:83). Die vryheid van keuse wat
die individu oor sy of haar lewenshouding uitoefen is 'n unieke kenmerk
van 'n mens, maar ook 'n voorreg (Turner, 1994:13). 'n Positiewe
lewenshouding het tot gevolg dat die individu 'n positiewe liggaamlike,
geestelike en emosionele omgewing skep (Turner, 1994:13). Blywende
verandering is slegs moontlik indien 'n individu persoonlike leierskap, wat
`n nimmereindigende reis van selfontdekking en persoonlike groei is,
uitleef (Miles, 1997:9).
58.
4.4 GEVOLGTREKKINGS
Gevolgtrekkings wat uit die studie voortvloei is dat:
'n Positiewe lewenshouding krities noodsaaklik is vir sukses en geluk
in die lewe. 'n Positiewe lewenshouding Iei tot positiewe resultate en
positiewe resultate Iei weer tot sukses en geluk in die lewe.
Die handhawing van bevredigende interpersoonlike verhoudings
afhanklik is van 'n positiewe lewenshouding.
Die kanse om aan siektes soos kanker, hartprobleme, diabetes en
migraine te ly kan deur 'n positiewe lewenshouding verminder en selfs
genees word.
Lewenshouding in gedrag uiting vind en daarom moet daar
voortdurend gelet word op dit wat gedink word, want die mens is die
somtotaal van dit wat gedink word.
Lewenshouding aangeleer is en kan verander, daarom is dit moontlik
dat elke individu wel oor 'n positiewe lewenshouding kan beskik.
Elke individu verantwoordelik is vir sy of haar eie lewenshouding.
Elkeen kan kies of by of sy 'n positiewe of negatiewe lewenshouding
wil handhaaf.
'n Persoon wat persoonlike Ieierskap beoefen, proaktief binne sy of
haar sirkel van invloed optree en die mate van beheer wat oor
omstandighede en gebeure uitgeoefen word, kies.
Persoonlike leiers kies om direkte beheer oor hul lewenshouding uit te
oefen, hulle kies om 'n positiewe lewenshouding te handhaaf.
Die uitoefening van persoonlike Ieierskap van kardinale belang is om
blywende verandering te weeg te bring. Persoonlike Ieierskap wat van
die diepste innerlike wese, "inside-out" kom, bring ware verandering
mee.
59.
4.5 AANBEVELINGS
Teen die agtergrond van die feite wat uit die navorsingstudie aan die lig
gekom het, word die volgende aanbevelings gemaak:
* Dat 'n vraelys wat kultuurvry en geldig is, ontwikkel word. Vraelyste is
dikwels 'n koste-effektiewe metode om groot hoeveelhede inligting in 'n
kort tydperk in te samel. Die vraelys kan van waarde wees om
individue se lewenshouding op 'n bepaalde tydstip te bepaal. Uit die
resultate van die vraelys kan moontlike ontwikkelingsplanne of
instandhoudingsplanne vir die individu opgestel word.
* Dat 'n empiriese ondersoek geloods word om te bepaal of 'n positiewe
lewenshouding en persoonlike Ieierskap in korrelasie tot positiewe
resultate staan.
4.6 SLOT
Hierdie hoofstuk is saamgestel deur 'n oorsig te gee oor die voorafgaande
hoofstukke. Uit die agtergrond en die samevatting vloei die bevindinge,
gevolgtrekkings, aanbevelings en beperkinge van die navorsing. Die
studie kan deur die aanhaling van Frankl (in Bright, 1997:1) saamgevat
word:
"Everything can be taken from man but one thing: the last of human
freedoms — to choose one's attitude in any given set of circumstances — to
choose one's own way."
60.
BRONNELYS
ALBRECHT, K 1996: Creating leaders for tomorrow. Oregon: Productivity.
ALLEN, RE ed. 1990: The concise Oxford dictionary of current English. Oxford:
Clarendon.
ALLSTARNETWORK 1998: Basic instrument flying: Attitude instruments flying.
[http://www.allstar.fiu.edu/aero/aif.htm] . October 1998.
ANDREAS, S & FAULKNER, C 1997: NLP: the new technology of achievement.
London: Nicholas Brealey.
BABBIE, E 1995: The practice of social research. Belmont: Wadsworth.
BADARACCO, LJ 1997: Defining moments. Massachussetts: Harvard business
school.
BALDONI, J 1998: Leadership: take it personally.
[http://www.1c21.com/thoughts1.htm] . Desember 1998.
BEDI, H 1996: Right attitude is the key to success.
[http://web3.asia1.com.sg/timesnet/data/ab/docs/ab0854.html] . March 1996.
BRIGHT, GM 1997: Quotes, illustrations, analogies and profundities.
[http://pw1.netcom.com/-spritx/frames.html] . November 1997.
61.
BURLESON, CO 1996: Your "be" attitude.
[http://home earthlink.net/-lifestream/LS_Univ/workbook/attitude.htm] .
January 1996.
BYBELGENOOTSKAP VAN SUID-AFRIKA 1983: Die Bybel: Nuwe vertaling.
Goodwood: Nasionale Boekdrukkery.
CHAPMAN, EN 1990: Attitude. Canada: Reid.
CHITWOOD, R 1998: A confident attitude is positively essential.
Ihttp://www.maxsacks.com/articles/psbj16.html] . August 1998.
CLARK, FS 1998: It's a matter of attitude. [http://www.menieres.org/attitude.htm] .
July 1998.
CLEMMER, J 1999: Growing the distance.
[http://www.1c21.com/thougts1.htm] . February 1999.
CORBIN, CB & LINDSEY, R 1997: Fitness and wellness. Madison: Brown and
Benchmark.
COVEY, SR 1992: Principle-centered Leadership. New York: Simon & Schuster.
COVEY, SR 1994: The seven habits of highly effective people. London: Simon &
Schuster.
62.
COVEY, SR 1995: First things first. New York: Simon & Schuster.
DRAKE BEAM MORIN INC. 1998: Pursuit of personal excellence.
[http://www.dbm.com/career/advancement/strategies/news.html] . 1998.
DRAVECKY, D 1997: Surviving cancer: Attitude makes a difference. The
encourager, 3(3).
[http://www.dravecky.org/summer97/pape1.htm] . 1997.
DYER, WW 1993: Real magic. New York: Harper.
ELMS, AC 1976: Attitudes. The Open University: Milton Keynes.
ERASMUS, LE; BOWLER, A & GOLIATH, D 1996: Doeltreffende kommunikasie.
Kaapstad: Nasou.
FISHBEIN, M & AJZEN, I 1975: Belief, attitude, intention and behavior.
Massachusetts: Addison-Wesley.
FOSSUM, L 1998: Understanding organizational change. Los Altos: Crisp.
FROMM, E 1970: The art of loving. New York: Bantam Books.
GERBER, PD; NEL, PS & VAN DYK, PS 1995: Menslike hulpbronbestuur.
Halfweghuis: Southern.
63.
GERLICH, Dr 1998: Lecture # 16: Attitudes.
Ihttp://www.drgerlich.com/m3421ect16.html] . April 1998.
GOLEMAN, D 1996: Emotional intelligence. London: Bloomsbury.
HAVERLOCK, J 1999: Attitude.
[http://www.methow.com/-jimhaver/pg000005.htm] . January 1999.
HERMANS, HSM 1986: Het verdeelde gemoed. Den Haag: Nelissen/Baarn.
HORNER, M 1995: Creating our personal best: the power of mastering our future.
[http://www.workteams.unt.edu/reports/mhorner.htm] . October 1995.
HYPERTEXT WEBSTER GATEWAY s.j.
[http://work.ucsd.edu.5141/cgi-bin/http-webster].
JAMPOLSKY, GG & CIRINCIONE, DV 1994: Change your mind, change your life.
New York: Bantam.
KELLER, J 1996: Attitude is everything: Associate with positive people.
[http://www.salesdoctors.com/keller/ke1017.htm] . July 1996.
KELLER, J 1997: Attitude is everything: The magnetic power of your thoughts.
[http://www.salesdoctors.com/keller/keI21.htm] . August 1997.
KNUTSON, L 1996: Talk on attitude.
[http://www.nas.com/-markt/attitude.htm] . October 1996.
64.
KRAVITZ, SM 1995: Managing negative people: strategies for success. Menlo
Park: Crisp.
KRITZINGER, MSB & SABBAGHA, NG 1973: Afrikaanse spreekwoorde en
uitdrukkings. Elsiesrivier: Van Schaik.
LIPPA, RA 1994: Introduction to Social psychology. California: Brooks/Cole.
LOUW, DA 1986: Inleiding tot die psigologie. Johannesburg: McGraw-Hill.
MARK, R 1997: Positive mental attitude.
[http://www.proparenting.com/attitude.html] . December 1997.
MARK, R 1998: Positive mental attitude.
[http://www.proparenting.com/positive.html] . February 1998.
MATT YANA, M 1996: Attitude: the choice is yours. West Des Moines: American
media.
MAXWELL, JC 1993(a): Developing the leader within you. Nashville: Thomas
Nelson.
MAXWELL, JC 1993(b): The winning attitude. Nashville: Thomas Nelson.
McWHIRTER, ND ed. 1984: The Guiness books of records 1985. Middlesex:
Guiness Superlatives Ltd.
65.
MEYER, PJ 1993: Effective personal leadership. Waco, Texas: Distributed by
Leadership Management International, Inc.
MILES, GE 1997: The seven habits of highly effective people.
[http://danpatch.ecn.purdue.edu/-gem/class/abe485/covey.html] . February
1997.
MORLEY, C 1998: How to develop a winning attitude.
[http://clix.net/sthworld/sthnew/women/win.html] . December 1998.
MURPHY, J 1993: The power of your subconscious mind. London: Simon &
Schuster
NIINNINEN, P 1999: Men's world records.
[http://www.hkkk.fi/-niininen/wrmen.html] . February 1999.
O'CALLAGHAN, JJ 1998: Success is an attitude.
[URL:www.groupweb.com/your/ejournal/success.htm]. April 1998.
ODENDAL, FF; SCHONEES, PC; SWANEPOEL, CJ; DU TOIT, SJ & BOOYSEN
CM 1994: Verklarende handwoordeboek van die Afrikaanse taal. Midrand:
Perskor.
PLUG, C; MEYER, WF; LOUW, DA & GOUWS, LA 1986: Psigologiewoordeboek.
Johannesburg: McGraw-Hill.
66.
RICKWOOD, D 1997: Lecture 13: Attitude.
[http://www.canberra.edu.au/cwis/faculty/appleid science/lectures/971/
unit4313/13notes-5may-txt]. May 1997.
RINGER, RJ 1990: Million dollar habits. New York: Fawecett Crest.
ROBBINS, A 1992: Awaken the giant within. New York: Simon & Schuster.
ROGER, J & MCWILLIAMS, SP 1990: You can't afford the luxury of a negative
thought. London: HarperCollins.
SAYERS, F 1996: Personal mastery. [http:/www.opi-inc.com/personal.htm] . April
1996.
SENGE, PM 1997: The fifth discipline: The art and practice of the learning
organization. [http://www.qpl.com/senge.html] . October 1997.
SHARP, D 1987: Personality types: Jung's model of typology. Toronto: Inner city
books.
SMITH, DPJ 1990: Grondmotiewe, selfhandhawing en selfbeeld. Johannesburg:
RAU.
SMITH, DPJ 1993: Navorsingsontwerp en metodes van navorsing. Johannesburg:
RAU.
67.
SMITH, DPJ 1998(a): Klasaanbieding oor houding en persoonlike leierskap
gelewer op 19 Februarie 1998 te RAU.
SMITH, DPJ 1998(b): Klasaanbieding oor om beheer te kry oor my eie levee
gelewer op 19 Maart 1998 te RAU.
SMITH, DPJ 1999: Klasaanbieding oor die filosofie van persoonlike en
professionele leierskapsfasilitering gelewer op 15 Februarie 1999 te RAU.
SOLO, 1999: You can change your self-esteem.
[http://www.solosingles.com/esteem.htm] . February 1999.
SPITHILL, P 1989: It all begins with attitude.
[http://www.essaydepot.com/english/attitude.html] . 1989.
STANIFORTH, J 1998: Guide to affirmations.
[http://www.newage.com.au/library/affirm.html] . March 1998.
TEMPELHOFF, E 1999: Sukses bepaal hoe jy teleurstellings oorkom. Beeld:
Kalender. 27 Januarie 1999.
TIMM, PR 1990: Recharge your career and your life. Los Altos: Crisp.
TOMLIN, B 1998: Attitude influences success.
[URL:www.westward.com/library/attitude.htm]. February 1998.
TURNER, C 1994: Sukses is maklik. Kaapstad: Tafelberg.
68.
VAN DER WESTUIZEN, A 1995: Positiewe denke help seun (16) in stryd teen
kanker. Beeld. 15 Februarie 1995: 11.
VAN WYK, A 1997: Ons roeping en houding in 'n tyd sons hierdie. Die Kerkblad.
9 April 1997. [http://www.gksa.org.za/kerkblad/1997/9April/tyd.html] . 9 April
1997.
WEBSTER, M 1999: Meriam Webster dictionary.
Ihttp://www-m-w.com/cgi-bin/dictionary] . 1999.
WEINBERG, 11998: Quantam leap. Johannesburg: Sygma Books.
69.
Recommended