14
Direktoraat: Kurrikulum VOO PUNTE: 70 TYD: 2 UUR Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye. VOORBEELDVRAESTEL GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL 1 JUNIE 2013

VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Direktoraat: Kurrikulum VOO

PUNTE: 70 TYD: 2 UUR

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

VOORBEELDVRAESTEL

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL 1

JUNIE 2013

Page 2: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie toets bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Leesbegrip (30)

AFDELING B: Opsomming (10)

AFDELING C: Taal in konteks (30)

2. Voorgestelde tydsindeling:

AFDELING A: ongeveer 50 minute

AFDELING B: ongeveer 25 minute

AFDELING C: ongeveer 45 minute

3. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

4. Beantwoord AL die vrae.

5. Begin ELKE afdeling op ʼn nuwe bladsy.

6. Trek ʼn streep na elke afdeling wat voltooi is.

7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

8. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

9. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 3

AFDELING A: LEESBEGRIP VRAAG 1: HOOFARTIKEL, RUBRIEK, GRAFIEK Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg. TEKS 1

Luister, Asië: Kou eerder jul eie naels

Een van die plakkate waarmee Viëtnamese aangemoedig word om nie renosterhoring te gebruik nie.

1. Die Wêreldnatuurfonds (WWF) en die Wildlife Trade Monitoring Network (Traffic) het

gister ‟n gesamentlike veldtog begin om Viëtnamese in te lig dat renosterhoring nie

medisinale eienskappe het nie.

2. Dit bestaan bloot uit keratien, nes ‟n mens se vinger- en toonnaels.

3. In ‟n video op YouTube vertel die sangeres My Linh aan Viëtnamese burgers as hulle

werklik glo dat renosterhoring medisinale eienskappe het, hulle eerder hul vinger- of

toonnaels kan eet en só voorkom dat renosters uitsterf.

4. Linh sê renosters se stryd om oorlewing word gedryf deur ‟n mark in Asië en veral in

Viëtnam, waar leuens oor die medisinale eienskappe van renosterhoring versprei

word. Sy veroordeel Viëtnamese wat die besit van renosterhoring as ‟n statussimbool

beskou.

5. Benewens die video het die WWF en Traffic ook reuse-plakkate met ‟n renoster op

laat druk. Die bewoording lui onder meer: “Bewaar ‟n renoster, sê nee vir

renosterhoring.”

[Aangepas uit: Beeld, 17 Mei 2013]

Page 4: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 4

1.1 Wat is die doel van die veldtog wat die WWF en Traffic begin het? (1) Hulle wil Viëtnamese inlig dat renosterhoring nie medisinale eienskappe het nie.

1.3 Na watter deel van die veldtog verwys die woord Luister in die opskrif? (1) 1.4

Hoe sluit die foto bo-aan by die inhoud van die teks aan? (1)

1.6 Watter woord in paragraaf 4 impliseer dat die mark vir renosterhoring in

Viëtnam groter is as in ander lande in Asië? (1)

Dit bestaan ook uit keratien, nes renosterhorings.

1.2 Uit watter twee dele bestaan die veldtog van die WWF en Traffic? (2)

1.5 Wat word bedoel met renosters se stryd om oorlewing word gedryf deur ‟n mark in Asië (paragraaf 4)?

(1)

1.7 Watter twee redes word in die leesstuk gegee waarom die mark vir renosterhoring in Viëtnam so groot is?

(2)

1.8 Waarom behoort Viëtnamese volgens die YouTube-video liewer hul vinger- of toonnaels te eet?

(1)

1.9 Dink jy hierdie veldtog van die WWF en Traffic kan suksesvol wees? Motiveer jou antwoord.

(2)

Page 5: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5

TEKS 2

Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In ‟n

enkele jaar, 2008, het voorvalle in Suid-Afrika met 638% toegeneem, ofskoon van ‟n lae basis af, en verlede jaar se slagting van 668 renosters het ‟n verdubbeling sedert 2010 (333) verteenwoordig.

2. Party mense sien rooi: Motoriste haak rooi plastiekhorings aan hul motors om die veldtog teen stropers te steun.

3. Die Nasionale Persklub het selfs onlangs gereken die beleërde renoster was dié “nuusmaker” in 2012.

4. Daar is allermins konsensus oor hoe om stropers te stuit, maar dringende oplossings is nodig.

5. Die departement van omgewingsake wil selfs vanjaar besin oor of die land vir die wettiging van horinghandel moet vra.

6. Ons moet dié opsie saam met al die feite oorweeg.

7. Dit sluit in dat Suid-Afrika se witrenosterbevolking danksy uitnemende bewaringswerk sedert 1895 van sowat 50 tot 2 500 in 1976 en meer as 18 000 in 2010 gestyg het, en dié syfer styg steeds.

8. Ons het bepaald ‟n stropingkrisis: Kenners voorspel ons renosterbevolking sal nog net vir ‟n paar jaar aanhou toeneem en teen die huidige stropingkoers tussen 2016 en 2018 begin daal.

9. Maar anders as in 1895 het ons geen renosterkrisis nie.

10. Dit is duur om die stropers te stuit.

11. Oor die volgende drie jaar sal die staat R81 miljoen bestee om renosters in net die Krugerwildtuin te beskerm.

12. Kom ons bestee dié geld.

13. Maar kom ons besin ook oor hoeveel renosters Suid-Afrika oor nog 100 jaar behóórt te hê.

14. Dalk is dit 10 000. As óns nie ‟n realistiese mikpunt stel en najaag nie, sal die misdadigers ons renostergetalle “bestuur”.

[Uit: Rapport, 27 Januarie 2013]

Page 6: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 6

1 2 3 4 5 6 7 8 9 10 11 12 13

Series1 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010 2011 2012

Series2 7 6 25 22 10 13 24 13 83 122 333 448 668

0

100

200

300

400

500

600

700

Get

al

Getal renosters gestroop tot Desember 2012

1.10

Waarom plaas die skrywer „n vraagteken ná die opskrif?

(1)

1.11 1.11.1 1.11.2

Lees paragraaf 7 en paragraaf 9 weer. Verduidelik dan wat die skrywer met renosterkrisis (paragraaf 9) bedoel waarom die skrywer in paragraaf 9 sê dat daar geen renosterkrisis is nie.

(1) (2)

1.12 Watter twee voorstelle doen die skrywer in paragraaf 10 – 13 aan die hand? (2) 1.13 Haal „n frase uit die leesstuk aan wat beteken mense stem nie saam nie. (1) 1.14 Watter syfer is volgens paragraaf 7 steeds besig om te styg? (1) 1.15 Watter twee sake word in paragraaf 8 en paragraaf 9 teenoor mekaar

gestel? (2)

1.16 Waarom word die woord “nuusmaker” in paragraaf 3 tussen

aanhalingstekens geplaas? (1)

1.17 Skryf „n frase uit paragraaf 11 neer wat beteken dat die staat meer as R81

miljoen sal bestee om renosters in die land te beskerm. (1)

1.18 Lees paragraaf 8 weer. Is dit „n FEIT of „n MENING dat Suid-Afrika se

renosterbevolking tussen 2016 en 2018 sal begin daal? Motiveer jou antwoord deur na die inhoud van paragraaf 8 te verwys.

(2)

1.19 Na watter mikpunt word daar in paragraaf 14 verwys? (1) EN TEKS 3

[Uit: http://www.stoprhinopoaching.com]

Page 7: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 7

1.20 Die skuins lyn in Teks 3 (die grafiek) word „n tendenslyn genoem. Skryf twee

agtereenvolgende woorde uit Teks 2 neer wat verklaar watter tendens in die grafiek aangedui word.

(1)

1.21 Watter afleiding kan die leser maak uit die getal stropings wat vanaf 2000 tot

2007 plaasgevind het? (1)

1.22 Kyk weer na die getal stropings vanaf 2009 tot 2012. Tussen watter twee jare

kom die grootste styging in getal stropings voor? Skryf twee jaartalle as antwoord neer.

(1)

TOTAAL AFDELING A: 30

Page 8: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 8

AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak „n opsomming van die SEWE wenke om ‘n goeie komediant te wees.

Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) puntsgewys of in paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

Dit is nie nodig om vir die opsomming „n titel te gee nie.

Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

Grappe maak is harde werk

KAAPSTAD. – Soli Philander draai nie doekies om nie; oor ernstige sake grap hy nog minder: “As jy ernstig wil wees oor komedie, moet jy hard werk.”

Dít is die somtotaal van Philander se raad vir deelnemers aan SBA Kaapse Son Jokes, wat as deel van die Suidoosterfees aangebied word.

Dié kompetisie vir aspirant-komediante begin met uitdunne op Vrydag 1 Februarie en in die daaropvolgende twee dae sal Philander die taak hê om die bestes te kies.

“Dis harde werk om mense te laat lag, want jy moet die grap met jou hele wese vertel: met jou stemtoon, jou liggaamstaal . . .

“Dis ‟n skill. En dis horrible as hulle nie lag nie en jy van jouself ‟n krater maak.”

Philander is deesdae meer bekend as aanbieder van veral Liriekeraai. Maar hy is nie sommer enige aanbieder nie, want sy sonderlinge aanbiedingstyl neig soms na skerpskertsery.

“Ja, as jy ‟n program aanbied, moet jy maklik kan skuif tussen ernstig wees en grappe maak.

“Gebruik humor om die spanning te verlig. Dinge kan maklik lelik raak, maar met goeie humor ontlont jy gou-gou die situasie,” vertel hy.

Philander meen as jy ‟n grap goed kan vertel, sal mense telkens daarvoor lag, al het hulle dit al hoeveel keer gehoor.

“Ek sê altyd ‟n goeie grap is soos ‟n goeie liedjie. ‟n Mens kan oor en oor na ‟n goeie liedjie luister en dieselfde geld vir ‟n goeie grap,” deel hy ‟n paar wyse woorde.

Hy glo ‟n komediant moet krities wees en kommentaar lewer op dié dinge wat ons almal in gemeen het, “maar nooit afbrekend nie”.

Boonop moet die komediant altyd onthou dat in hy diens van die grap en sy gehoor staan.

En soos hy sê, as jy ‟n goeie komediant wil wees, “moet jy onbeskaamd jou ego laat gaan”.

[Aangepas uit: Die Burger, 18 Januarie 2008 ]

TOTAAL AFDELING B: 10

Page 9: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 9

AFDELING C: TAAL VRAAG 3 Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. TEKS 1: KOERANTBERIG

Leeus pas vier gewonde renosters op

1. Dit was die tweede keer dat ‟n stroper se koëel Escape se lyf deurboor het.

2. Twee jaar gelede het die vyfjarige renostervers die dood gefnuik. Verlede week is

sy in die skouer getref.

3. Nou word sy, haar ma, Precious, en twee bulle, Swagman en Premier, deur die

leeus van die Elandela-private natuurreservaat en lodge naby Hoedspruit

opgepas.

4. Die vier renosters is verlede week Donderdag deur stropers geskiet. Die stropers

het vermoedelik gevlug nadat iets hulle gesteur het.

5. Daardie middag het die lodge-bestuurder, Carina Blofield, al opgemerk een van

die diere is gewond. En twee van die renosters, wat gewoonlik ‟n intieme en

sosiale groepie is, was weg.

6. “Ons monitor ons renosters twee maal per dag. Ons het dr. Peter Rogers, ‟n

wildveearts, en Benjamin Osmers, ‟n helikoptervlieënier, gebel om met ‟n

reddingsoperasie te kom help.

7. Yvonne Gioia, mede-eienaar van die reservaat, en haar man, Rocco, het die

renosters vir hul eie veiligheid na die leeus se area verskuif.

8. “Die kans was 100% dat die stropers sou terugkom. Die leeus sou die renosters

moes oppas,” het Yvonne verduidelik.

9. Gister is die tweede deel van die renoster-reddingsoperasie uitgevoer.

10. Rogers het drie van die diere vanuit die helikopter met verdowingspyle geskiet en

Janelle Genis, veearts-assistent, het telkens ‟n kombers oor die verdoofde dier se

oë gegooi.

11. Rogers en Genis het vinnig bloed getrek, die temperatuur geneem en die wond

tot diep binne-in ontsmet en antibiotikum toegedien.

12. Volgens Rogers was Escape se wonde die ergste.

[Aangepas uit: Beeld, 17 Mei 2013]

Page 10: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 10

3.1 Identifiseer die woord wat in paragraaf 1 verkeerd gespel is en skryf dié

woord korrek oor. (1)

3.2 Gee „n sinoniem vir gefnuik (paragraaf 2). (1)

3.3 Skryf die onderstaande sin in die bedrywende vorm (aktief):

Die vier renosters is verlede week Donderdag deur stropers geskiet.

(1)

3.4 Skryf in die ontkennende vorm:

Daardie middag het die lodge-bestuurder, Carina Blofield, al opgemerk een van die diere is gewond.

(1)

3.5 Skryf in die indirekte rede:

“Ons monitor ons renosters twee maal per dag,” het Blofield gesê.

(1)

3.6 Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A, B, C of D) langs die

vraagnommer neer: Die woord reddingsoperasie (paragraaf 6) is gevorm deur middel van ...

A. samestellende afleiding B. samestelling C. afleiding D. metamorfeem

(1)

3.7 Skryf „n bywoordelike bepaling uit paragraaf 7 neer. (1)

3.8 Gee die intensiewe vorm van vinnig (paragraaf 11). (1)

3.9 Gee die betekenis van die premorfeem ont- in ontsmet (paragraaf 11). (1)

3.10 Verbind die onderstaande twee sinne deur voegwoord gevolglik te gebruik.

Sinne: Die kans was 100% dat die stropers sou terugkom. Die leeus sou die renosters moes oppas.

(1)

EN

Page 11: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 11

TEKS 2: ADVERTENSIE

[Uit: idees, Mei 2013]

Page 12: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 12

3.11 Verklaar waarom die eerste reël “„n Nuwe lid” groter as die tweede reël

geskryf is. (1) 3.12 Skryf „n voorbeeld van „n teenwoordige (onvoltooide) deelwoord uit die

advertensie neer. (1) 3.13 Is die plasing van die blik in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord. (2) 3.13 3.13.1 Skryf „n woord uit die advertensie neer wat as oorredende taalgebruik beskou

kan word. (1) 3.13.2 Motiveer jou antwoord by 3.13.1. (1) 3.14 Gee „n antoniem vir moderne. (1) 3.15 Vorm „n persoonsnaam van produk. (1) 3.16 In die woordeboek word die volgende inligting oor tradisie gegee:

tra•di′sie s.nw. (-s) 1 Die oordra van geslag aan (op) geslag,

mondelings of in geskrif, van geestelike besittings, kultuurgoedere; ook, wat so oorgedra is; oorlewering: Maatskaplike, kerklike tradisies. Die tradisies van jou volk in ere hou. 2 Die navolging van vaste, oorgelewerde gebruike, menings, gevoelens, beginsels, ens.: Getrou bly aan jou volk se tradisies. „n Man van tradisie. 3 Gebruik wat binne „n groep oorgelewer is: Dis „n tradisie in ons familie om die kinders na Stellenbosch vir studie te stuur. Daar is allerlei interessante tradisies in die toneelwêreld.[L. tradere

oorhandig] tradi′sievas [Uit: HAT, 2011, bl. 1195]

3.16.1 Skryf neer die lettergreep waarop die klem behoort te val wanneer tradisie

uitgespreek word. (1) 3.16.2 Aan watter taal is tradisie ontleen? (1) EN

Page 13: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 13

TEKS 3: STROKIESPRENT

[Aangepas uit: Ben, Babsie en Familie, Human en Rousseau, 1982]

Wat‟s fout, seun, was dit „n vrot dag by die rugby?

Ag Pa, hulle het my uit die tweede span uitgelos!

WAT!!! Hoekom laat hulle jou

uit? Jy‟s dan so „n goeie speler. Ek glo dit nie!

Ja, Pa, maar Pa weet ...

G.n maars nie! Ek weet presies wat daar aangaan! Een of ander seuntjie se pa het weer by jou afrigter gaan kruip en toe sit hy sý seuntjie in! seuntjie se pa het weer by jou

afrigter gaan kruip en toe sit hy sý

Huh! Ek sal daai afrigter aan sy strot gaan gryp! Dis hoe dit gaan. Dieselfde gebeur altyd met my. Ek kry nooit bevordering nie, want ek kruip mos nie voor die baas nie.

HMMMFF!! Niemand sal dit aan my nefie doen nie! Ek gaan die hoof bel.

Dis alles jou skuld! As jy meer in Kosie se sport belang stel, sal so iets nie gebeur nie!

Huh! Kyk wie praat! Al wat jy in jou kop het, is Betsie se ou hokkie!

Jislaaik! G‟n coach gaan my gabba slegmaak nie. Ek het hom dan self getrain! Kom, ons gaan dons daai coach op!

Asseblief mense, wag nou eers! Julle gaan net „n gek van my maak!

Jong, die vonke gaan spat op die volgende ouervergadering!

HMMFF!! Ek sal die hoof sê, hy sal nie „n sent uit my kry vir sy nuwe gimnasium nie!

Huh! Laat hom uit die team uit! Wag, dan kyk jy hoe slaat ek hom uit!

Ek wou maar net sê ...Ek is uit die

tweede span uit, want ek speel nou

eerste span. Wat ek wou sê, is dat ek my pelle gaan mis!

Maar Pa ...

Page 14: VOORBEELDVRAESTEL...Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 5 TEKS 2 Renosterkrisis? 1. Woede oor die skerp toename in die stroping van renosters is geregverdig: In

Afrikaans Huistaal/V1 WKOD Voorbeeldvraestel Junie 2013 14

3.17 Skryf die onderstaande sin in die direkte rede. Begin jou antwoord met

Ben vra: ... Sin: Was dit „n vrot dag by die rugby, seun? (1) 3.18 Wat bedoel die pa in raam 3 as hy sê Een of ander seuntjie se pa het

weer by jou afrigter gaan kruip? (1) 3.19 Waarom is die uitroeptekengebruik in die strokiesprent geslaagd? (1) 3.20 Hoe ondersteun tant Mienie se lyftaal haar woorde in raam 5? (1) 3.21 Gee „n neutrale woord vir “dons … op” in raam 7. (1) 3.22 Herskryf die onderstaande sin in die verlede tyd: Al wat jy in jou kop het, is Betsie se ou hokkie! (1) 3.23 Brei die onderstaande sin uit deur „n bywoordelike bepaling by te voeg: Ek gaan die hoof bel. (1) 3.24 Voltooi die idiomatiese uitdrukking: Kosie is bang dat die kinders die gek met hom sal ... (1) 3.25 Gebruik die korrekte aksentteken(s) om die woord wou (raam 9) te

beklemtoon. (1) 3.26 Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A, B, C of D) langs die

vraagnommer neer. pelle (raam 9) beteken ... A. familielede B. afrigters C. neefs D. maats (1)

TOTAAL AFDELING C: 30

GROOTTOTAAL: 70