2
LYDENSTYD …. is die seisoen van 46 dae waarin Christene die lydingspad van Christus in herinnering roep en daarop reageer. Hierdie tyd bevestig weer dat God die God van die verontregte en stukkende mens is en dat Hy gekom het om ons te bevry. Lydenstyd moet ʼn tyd wees van bepeinsing en stilte – ʼn tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as God se groot liefdesdaad aan ons. Dit is ook ʼn tyd van erkenning en belydenis van ons eie sonde en die ontvangs van nuwe lewe in Christus. Mag ek en jy hierdie lydenstyd saam met Hom van ons eie-ek sterf en daarmee saam die bereidwilligheid ontvang om toegerus te word as Sy dissipels. God verander nie net ons lewens radikaal nie, maar as ʼn nuwe mens in Christus kan ons nie anders as om sy liefde te gaan uitleef nie. Christelike Lektuurfonds se pamflette kan jou help om hierdie opdrag uit te voer…. “Word stil” : Leer om stil te word en God se stem te hoor in ʼn lewe vol beweging en geraas. “Reik uit na ander met ‘n Christelike pamflet”: Daar is soveel kosbare stories oor hoe iemand se lewe deur die lees van ʼn evangeliese pamflet handomkeer verander het. Jy kan daardie persoon wees wat dit versprei.

sinoos.co.zasinoos.co.za/wordpress/wp-content/oplaai/20170227-CLF... · Web viewLYDENSTYD …. is die seisoen van 46 dae waarin Christene die lydingspad van Christus in herinnering

  • Upload
    vuduong

  • View
    215

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

LYDENSTYD…. is die seisoen van 46 dae waarin Christene die lydingspad van Christus in herinnering roep en daarop reageer. Hierdie tyd bevestig weer dat God die God van die verontregte en stukkende mens is en dat Hy gekom het om ons te bevry.

Lydenstyd moet ʼn tyd wees van bepeinsing en stilte – ʼn tyd om ons te verwonder oor die kruisiging as God se groot liefdesdaad aan ons. Dit is ook ʼn tyd van erkenning en belydenis van ons eie sonde en die ontvangs van nuwe lewe in Christus. Mag ek en jy hierdie lydenstyd saam met Hom van ons eie-ek sterf en daarmee saam die bereidwilligheid ontvang om toegerus te word as Sy dissipels.

God verander nie net ons lewens radikaal nie, maar as ʼn nuwe mens in Christus kan ons nie anders as om sy liefde te gaan uitleef nie. Christelike Lektuurfonds se pamflette kan jou help om hierdie opdrag uit te voer….

“Word stil”: Leer om stil te word en God se stem te hoor in ʼn lewe vol beweging en geraas.“Reik uit na ander met ‘n Christelike pamflet”: Daar is soveel kosbare stories oor hoe iemand se lewe deur die lees van ʼn evangeliese pamflet handomkeer verander het. Jy kan daardie persoon wees wat dit versprei.“Hoe vertel ek iemand van Jesus?”: Deel jou eie storie van God se genade in jou lewe, leer om te luister, God staan jou by – jy is nie alleen nie.

Daar is ook vele ander pamfletonderwerpe waarmee jy hoop en ondersteuning aan ander kan bring. En onthou ook as jy tegnologie verkies kan jy die CLF toepassing (app) gratis op AppStore of Google Play aflaai en die inhoud van die pamflette elektronies lees en aanstuur. Vir navrae en bestellings skakel 021 8736964 of stuur ʼn e-pos na [email protected]