4
Pretoria- Oos Voetslaanklub e-pos: [email protected] sel: 082 457 5824 2017.04.05 Stapklub Nuusbrief: April 2017 (Saamgestel deur Lorraine le Roux) Goeidag aan al ons klublede, Baie welkom ook aan ons nuwe lede en al die ander belangstellendes. Ons vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê. Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die skole en universiteite, in groot dele van die land is die droogtes gebreek maar die Weskaap beleef nog erge droogte! Dan nog minder goeie dinge soos die skommeling in die parlement, rommelstatus en dan nog die aardbewings en –skuddings in ons land! Laat my wonder: die feit dat al die politieke partye nou saamstaan om die president uit sy stoel te lig – is dit nie dalk die begin van versoening en eenheid in ons ou volkie nie? Ek glo dis ook nie toevallig dat alles so saamval met Paasfees en Angus Buchan se dag van gebed op 22 April nie. Dit is nou tyd dat ons as Christene die stryd aktief moet aanvat, wees deel van die geveg en bid soos nooit tevore dat die onregverdiges verwyder sal word, dat ware leiers aangestel sal word, dat daar vrede en eensgesindheid in ons land sal kom tot eer en veheerliking van Sy naam. Dit is nou nie ‘n tyd van bang wees en eenkant staan of vlug nie – trek die wapenrusting van God aan en neem deel aan die stryd! Efe 6:10-11- ‘…Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly…Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, en teen elke bose gees in die lug’ …en moet nie dat al hierdie woelinge ons aandag aflei van die kruis van Jesus Christus nie. Dat deur Sy kruisdood vir ons verlossing gekom het, deur Sy opstanding die hoop dat ons Hom eendag van aangesig tot aangesig sal sien! Prys die Here! Geseënde Paasfees

file · Web viewOns vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê. Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die

  • Upload
    buikien

  • View
    236

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: file · Web viewOns vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê. Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die

Pretoria-Oos Voetslaanklub

e-pos: [email protected]: 082 457 5824

2017.04.05

Stapklub Nuusbrief: April 2017(Saamgestel deur Lorraine le Roux)

Goeidag aan al ons klublede,

Baie welkom ook aan ons nuwe lede en al die ander belangstellendes. Ons vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê.

Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die skole en universiteite, in groot dele van die land is die droogtes gebreek maar die Weskaap beleef nog erge droogte! Dan nog minder goeie dinge soos die skommeling in die parlement, rommelstatus en dan nog die aardbewings en –skuddings in ons land!

Laat my wonder: die feit dat al die politieke partye nou saamstaan om die president uit sy stoel te lig – is dit nie dalk die begin van versoening en eenheid in ons ou volkie nie? Ek glo dis ook nie toevallig dat alles so saamval met Paasfees en Angus Buchan se dag van gebed op 22 April nie.

Dit is nou tyd dat ons as Christene die stryd aktief moet aanvat, wees deel van die geveg en bid soos nooit tevore dat die onregverdiges verwyder sal word, dat ware leiers aangestel sal word, dat daar vrede en eensgesindheid in ons land sal kom tot eer en veheerliking van Sy naam. Dit is nou nie ‘n tyd van bang wees en eenkant staan of vlug nie – trek die wapenrusting van God aan en neem deel aan die stryd!

Efe 6:10-11- ‘…Soek julle krag in die Here en in Sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly…Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, en teen elke bose gees in die lug’

…en moet nie dat al hierdie woelinge ons aandag aflei van die kruis van Jesus Christus nie. Dat deur Sy kruisdood vir ons verlossing gekom het, deur Sy opstanding die hoop dat ons Hom eendag van aangesig tot aangesig sal sien! Prys die Here!

Geseënde Paasfees

Stapprogram:

1. Terugvoer

1.1 11 Mrt Sosiale Funksie: Inligtingsessie + Ontbyt

Lizelle van Rademeyers, by die Moreletakloof Natuurreservaat, het ons regtig bederf! Stoele funksioneel reggepak vir die Inligtingsessie en ‘n lang tafel gedek vir ‘n heerlike ontbyt - alles in die ‘Opstal’.

Page 2: file · Web viewOns vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê. Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die

Leon Smit, ‘n ervare stapper (‘n paar keer al die ‘Kili’ aangedurf) het ons alles kom vertel van die toebehore wat mens nodig het vir dag-, naweek- en langstappe. Die 23 van ons, ervare en nie so ervare stappers, het behoorlik aan sy lippe gehang! Maar hoe nou gemaak? Die keuse van klere, skoene, slaapsakke en al die ander goed is net te wyd! Hope winkels wat die produkte aanhou en natuurlik die prys! Wees rustig – gaan stap soveel moontlike dagstappe en naweekstappe. Belê vir eers in ‘n paar lekker stewige stapskoene en kyk en vind uit by die ervare stappers in die groep wat hulle nuttig vind. Belangrikste is, dra gemaklike klere, kry ‘n lekker dagsak en begin rondkyk vir die dinge wat mens nodig mag kry vir langstappe.

NS. Ons is ook besig om ‘n nuttige kontrolelys/’cheklist’ saam te stel wat jy byderhand kan hou as jy jou dag/rugsak pak vir toekomstige stappe.

Natuurlik was daar die 9 ywerige stappers wat voor die verrigtinge saam met ons eie Lizelle eers die 3km staproete by die Moreletakloof Natuurreservaat kafgedraf het. Vertel ons toe van die wild wat hulle gesien het en die skuiling langs die pad waar hulle ook ‘n draai gemaak het!

1.2 1 Apr Dagstap: Rustig (Magalies) Lizelle skryf:

Ons het 1 April by Rustig die 5km Witstinkhout roete gestap.  Ons was weer ‘n groot groep (+26) met ‘n hele paar nuwe gesigte en het onder by die swembad bymekaar gekom vir opening en begin met ‘n leertjie oor die draad. Net die begin was plat verder het die roete ons op geneem na Nuwejaarsgrot.  Van daar was daar heelwat klippe op die roete en ons moes mooi loop.  Wat op moet natuurlik af. Die af was darem redelik geleidelik. 

Dit was ‘n heerlike dag en almal het dit geniet, paar van die stappers het by die swembad gesit en piekniek hou na die tyd Fotos van binne die Nuwejaarsgrot:

Page 3: file · Web viewOns vertrou dat julle ‘n lang en gelukkige verbintenis met die klub sal hê. Hierdie maand is daar darem baie woelinge aan die gang! Paasfees, vakansietyd vir die

2. Volgende op die program

2.1 21-23 Apr Rugsakstap: Suikerboschfontein (20 km van Carolina) (gemiddeld tot moeilik)

Ongelukkig is hierdie stap afgestel as gevolg van ‘n tekort aan belangstelling. (miskien was dit te gou na die Inligtingsessie?) Dit sal egter weer by ‘n volgende jaarprogram ingesluit word.

2.2 19-21 Mei Basiskamp: Eagle Cove (Buffelspoort)

Daar is 3 staproetes: 5, 6 en 10 km. Bespeking het op 1 April geopen.Koste: R270 vir lede; R300 vir nie-lede betaalbaar in die klub se bankrekening.Kyk ook in die 2017 Jaarprogram vir meer besonderhede

Skakel vir Neels by sel: 082 457 584 of e-pos: [email protected] indien jy belangstel

3. Verandering op die Program

3.1 10 Jun Dagstap: Rietvlei

Rietvlei is ongelukkig vol bespreek tot 8 Jul. Lizelle reël vir ‘n ander dagstap vir 10 Junie en sal ons later daaroor inlig.

3.2 Omruiling

Die aktiwiteite op 1 Julie en 15 Julie ruil om.Die dagstap by Hennops Pride gaan op 1 Julie plaasvindDie Sosiale funksie na die honde/troeteldiereskou verskuif na 15 JulieTeken dit asb op julle Jaarprogram aan

Nuus

Soos julle seker alreeds gesien het, het ons logo ‘n nuwe baadjie aangetrek. Kyk bo-aan die brief in die regterkantste hoek.

Binnekort gaan Lizelle vir ons ‘n lys van artikels, waarop die logo aangebring kan word, deurstuur. Bestudeer dit en dan kan jy self besluit watter hemp, hoed, baadjie, beker of enige ander artikel jy wil bestelMeer besonderhede volg later

Verjaarsdae

Die volgende klublede verjaar in April:

Sam Higgins 5 Apr Jannie Truter 15 Apr

Riekie Uys 10 Apr Denise Carelse 21 Apr

Baie geluk! Mag dit ‘n heerlike dag wees en mag die Here julle in hierdie jaar wat voorlê seën met Sy vrede, vreugde en geluk

Seënwense en baie liefde

nms Bestuurskomitee