8
PAASFEES 2012 Paasfees: Die goeie en mooi God Ds Gys van Schoor dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld Hoe ons oor God dink, het 'n enorme invloed op hoe ons oor onsself dink, hoe ons oor die lewe dink en hoe ons die Christelike lewe beleef. As ons byvoorbeeld oor God dink as die groot polisieman wat net kyk na wat ons verkeerd doen, sal ons bang wees vir God en soveel as moontlik uit sy pad wil bly. Ons beelde van God word veral in ons kinderjare gevorm en die gesagsfigure (dikwels ons pa) in ons lewe speel 'n baie belangrike rol daarin. ‘n Vrou vertel dat sy met 'n afwesige pa grootgeword het. Wanneer hy uiteindelik by die huis gekom het, het hy haar geïgnoreer en hoofsaaklik aan die jongste kind aandag gegee. Haar pa se verhouding met haar het bestaan uit opdragte en eise. Sy het, sonder dat sy dit besef, haar belewenis van haar pa op God oorgedra. Dit het geweldige negatiewe gevolge vir haar verhouding met God gehad. Sy het Hom beleef as die afwesige Vader wat met opdragte en eise haar lewe reël. Wanneer Paulus in Filippense 3 sê: "… ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde," dan beklemtoon hy die egte, ware kennis van God in Jesus. Dit is slegs in Jesus dat ons die goeie en mooi God leer ken. Daarom bid Paulus vir die gemeente in Efese: "Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken" (Efesiërs 1:16,17). Die goeie en mooi God word in Jesus aan ons gewys. Nêrens leer ons God so ken as in Jesus nie. So is God! En in Paasfees Paasfeesprogram Donderdag 5 April Vrydag 6 April – GOEIE VRYDAG Sondag 8 April – PAASSONDAG Maandag 9 April – FAMILIEDAG 19:00 Die Laaste Avondmaal – Brood en wynete in Klein Roosboom se kelder 09:00 Sentrum: Familiediens (Nagmaal) 09:15 Kerk: Klassieke diens (Nagmaal) 09:15 Kerk: Paasfeesdiens Optrede: Elle Amor (Doop en Belydenisaflegging) 10:00 Sentrum: Opstandingsfees Kaaskoek, Sjokoladekoek, Vonkelwyn vier ons die fees van die goeie en mooi God, want dit is veral in Pase, in die kruisiging en opstanding van Jesus, dat ons God leer ken. Dit is met die kruis en opstanding wat ons eintlik eers agterkom wie Jesus is. Met die opstanding word dit duidelik dat Jesus meer as net 'n profeet was. Met die opstanding word dit duidelik dat Jesus die Here is, die Koning van hemel en aarde, wat tans regeer. Met die kruisiging word dit duidelik watter vreemde Koning Hy is. Maar dit is presies juis in hierdie vreemdheid dat die mooiheid en goedheid van God sigbaar word. Die mooiheid en goedheid van God word veral sigbaar in Jesus se selfprysgawe aan die kruis. Paasfees laat ons sien hoe die God van die Bybel is. Hy is die God wat Homself so diep na ons toe neerbuig dat Hy die gestalte van die Gekruisigde aanneem. In ons diepste nood, verwarring, hooploosheid, moedeloosheid en eensaamheid stap Hy in, kom woon Hy, kom ly Hy. So, deur Jesus, leer ons God ken. So is God. Dat God so 'n Gestalte sou aanneem, sou ons nooit kon dink nie ... Dit is juis in Jesus dat ons die goeie en mooi God leer ken as: Die selfopofferende, ontfermende, dienende, gemeenskap- stigtende, lewegewende, omgee-vir-die-ander God (Dirkie Smit). Ons moet anders oor God leer dink. Ons moet oor God leer dink soos wat Hy Homself in Jesus gewys het! God is goed en mooi! Dat God so is, het natuurlik geweldige implikasies vir ons. In ons lewe saam met hierdie God word ons gaandeweg omvorm tot goeie en mooi mense: Self-opofferend, ontfermend, dienend, gemeenskapstigtend, lewegewend, wat omgee vir ander. – 1 –

Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

P A A S F E E S 2 0 1 2

Paasfees: Die goeie en mooi GodDs Gys van Schoor

dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe wêreld

Hoe ons oor God dink, het 'n enorme invloed op hoe ons oor onsself dink, hoe ons oor die lewe dink en hoe ons die Christelike lewe beleef. As ons byvoorbeeld oor God dink as die groot polisieman wat net kyk na wat ons verkeerd doen, sal ons bang wees vir God en soveel as moontlik uit sy pad wil bly. Ons beelde van God word veral in ons kinderjare gevorm en die gesagsfigure (dikwels ons pa) in ons lewe speel 'n baie belangrike rol daarin.

‘n Vrou vertel dat sy met 'n afwesige pa grootgeword het. Wanneer hy uiteindelik by die huis gekom het, het hy haar geïgnoreer en hoofsaaklik aan die jongste kind aandag gegee. Haar pa se verhouding met haar het bestaan uit opdragte en eise. Sy het, sonder dat sy dit besef, haar belewenis van haar pa op God oorgedra. Dit het geweldige negatiewe gevolge vir haar verhouding met God gehad. Sy het Hom beleef as die afwesige Vader wat met opdragte en eise haar lewe reël.

Wanneer Paulus in Filippense 3 sê: "… ek beskou alles as waardeloos, want om Christus Jesus, my Here, te ken, oortref alles in waarde," dan beklemtoon hy die egte, ware kennis van God in Jesus. Dit is slegs in Jesus dat ons die goeie en mooi God leer ken.

Daarom bid Paulus vir die gemeente in Efese: "Wanneer ek in my gebede aan julle dink, bid ek dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader aan wie die heerlikheid behoort, deur sy Gees aan julle wysheid gee en Hom so aan julle openbaar dat julle Hom werklik kan ken" (Efesiërs 1:16,17).

Die goeie en mooi God word in Jesus aan ons gewys. Nêrens leer ons God so ken as in Jesus nie. So is God! En in Paasfees

PaasfeesprogramDonderdag 5 April

Vrydag 6 April – GOEIE VRYDAG

Sondag 8 April – PAASSONDAG

Maandag 9 April – FAMILIEDAG

19:00 Die Laaste Avondmaal –

Brood en wynete in Klein Roosboom se kelder

09:00 Sentrum: Familiediens (Nagmaal)

09:15 Kerk: Klassieke diens (Nagmaal)

09:15 Kerk: Paasfeesdiens

Optrede: Elle Amor (Doop en Belydenisaflegging)

10:00 Sentrum: Opstandingsfees

Kaaskoek, Sjokoladekoek, Vonkelwyn

vier ons die fees van die goeie en mooi God, want dit is veral in Pase, in die kruisiging en opstanding van Jesus, dat ons God leer ken. Dit is met die kruis en opstanding wat ons eintlik eers agterkom wie Jesus is.

Met die opstanding word dit duidelik dat Jesus meer as net 'n profeet was. Met die opstanding word dit duidelik dat Jesus die Here is, die Koning van hemel en aarde, wat tans regeer. Met die kruisiging word dit duidelik watter vreemde Koning Hy is. Maar dit is presies juis in hierdie vreemdheid dat die mooiheid en goedheid van God sigbaar word.

Die mooiheid en goedheid van God word veral sigbaar in Jesus se selfprysgawe aan die kruis. Paasfees laat ons sien hoe die God van die Bybel is. Hy is die God wat Homself so diep na ons toe neerbuig dat Hy die gestalte van die Gekruisigde aanneem. In ons diepste nood, verwarring, hooploosheid, moedeloosheid en eensaamheid stap Hy in, kom woon Hy, kom ly Hy. So, deur Jesus, leer ons God ken. So is God. Dat God so 'n Gestalte sou aanneem, sou ons nooit kon dink nie ...

Dit is juis in Jesus dat ons die goeie en mooi God leer ken as: Die selfopofferende, ontfermende, dienende, gemeenskap-stigtende, lewegewende, omgee-vir-die-ander God (Dirkie Smit). Ons moet anders oor God leer dink. Ons moet oor God leer dink soos wat Hy Homself in Jesus gewys het! God is goed en mooi!

Dat God so is, het natuurlik geweldige implikasies vir ons. In ons lewe saam met hierdie God word ons gaandeweg omvorm tot goeie en mooi mense: Self-opofferend, ontfermend, dienend, gemeenskapstigtend, lewegewend, wat omgee vir ander.

– 1 –

Page 2: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

Ek sien uit na Paasfees, maar hierdie uitsien is 'n roep, 'n

kreet uit die werklikheid van ons lyding en die lyding in ons

wêreld.

Normaalweg neem ek Lydenstyd nie te ernstig op nie, want

Jesus het tog uit die dood opgestaan! Ons gemeente se

14-weke proses het my egter kom leer om nie te haastig by

Jesus se lyding en ons lyding verby te beur nie, om in ons

lyding te sit en toe te laat dat Jesus ons daarin ontmoet! Om

die versoeking teen te staan om so vinnig as moontlik planne

en prosesse in plek te probeer kry, sodat die lewe net weer sy

normale gang kan gaan.

Paasfees bring nuwe perspektief. Jesus het die dood oorwin

en daarmee saam die magte van die dood en vernietiging. In

ons lyding is Hy by ons en help Hy ons!

Uit die Woord – Petrus sê: “Word rustig”Ds Rian Verster

Petrus skryf sy briewe aan geloofsgemeenskappies wat

swaarkry en ly. En tog sê hy vir hulle in 1 Petrus 1:3-9: “Loof

die Here!” Waarom? God het vir hulle nuwe lewe gegee deur

Jesus Christus se opstanding uit die dood! Vir die kerk, vir

ons, beteken hierdie nuwe lewe 'n lewende hoop op God se

beloftes, dat Hy besig is om 'n nuwe hemel en 'n nuwe aarde

hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons

bewaar.

Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus, sy liefde, sy

egtheid. Ook vrae oor onsself, ons gehoorsaamheid, ons

egtheid, ons vermoë en ons verbintenis aan die Here in wie

ons glo. Petrus sê: “Word rustig. God bewaar julle veilig in sy

krag!” Dit kan ons glo. En omdat ons glo in Jesus se liefde vir

ons en sy betrokkenheid by ons, mag ons ook met nuwe

sensitiwiteit lewe!

“Here, ek verstaan nie, maar ek glo dat U weet wat U doen!”

Uit die fliekwêreld – The tree of lifeDs Tinus van Zyl

– 2 –

“God, waar was U toe my kind gesterf het?” Dit is die diep lewensvraag (of een van die lewensvrae) wat aangespreek word in Leon van Nierop se nommer een film van 2011: The tree of life.

Wat so merkwaardig is van die “antwoord” wat die fliek op hierdie lewensvraag gee, is dat dit geen tipiese Hollywood kits-oplossing is nie. Die fliek gaan haal sy “antwoord” ver, so ver soos die skepping van die hele wêreld. Vir sowat 'n halfuur moet die gehoor sit en kyk na die ontstaan van die ganse kosmos – reg van die begin af – met geen teks, geen

karakters, geen kommentaar nie, net ontploffings, ruimtelike gasse, lawa, see en land, plante en diere. Geen Bruce Willis met sy opwindende aksie en humoristiese sinnetjies nie.

Maar dit is juis die punt. As jy groot, ingewikkelde vrae wil vra, moet jy jou reghou vir stadige, lang antwoorde. As jy die diepste misterie van die lewe wil penetreer, moet jy jou voorberei vir 'n geheimenisvolle antwoord.

En die fliek gaan haal nie net sy antwoord ver, ver terug by die oorsprong van die heelal nie, maar loop dit ook enduit, tot by die finale uiteinde van die ganse wêreldgeskiedenis. Dit bied geen Hollywood gelukkige einde nie, maar skets beelde van 'n hoop wat gekoester kan word, 'n voleinding waarna daar met versugting en verwagting uitgesien kan word.

Hierdie lewensvraag van 'n ma wat haar kind aan die dood afgestaan het, word sodoende nie op 'n simplistiese wyse beantwoord nie, maar haar vraag, haar hele lewe, word in 'n ewige perspektief geplaas, van die begin van die skepping af tot die uiteinde van die wêreldgeskiedenis.

As Job herhaaldelik vir God vra waarom hy soveel lyding in sy lewe moet verduur, kry Job uiteindelik 'n “antwoord”, maar dit is ook geen vinnige antwoord of kitsoplossing nie. In vier hoofstukke aan die einde van Job, word God se skeppingswerke aan Job geopenbaar en sien Job sy eie lewe en lyding binne 'n veel, veel groter werklikheid – wat vir Job op 'n manier sin gee te midde van sy lyding.

In die 14 weke rondom Paasfees, waarin ons nadink oor die goeie en mooi God, ontdek ons dat God se goedheid en skoonheid, nie in vinnige antwoorde of kitsoplossings lê nie. Die goeie en mooi God is die God van ewigheid, die Skepper en Herskepper van die heelal.

En hierdie ewige God se goedheid en mooiheid word nie ontdek as ons wegkyk van die lyding en ellende in hierdie wêreld nie, maar as ons dit in 'n ewigheidsperspektief kan sien, en as ons kan sien dat daar in die middel, in die hart van die wêreldgeskiedenis,'n kruis en 'n leë graf is.

Page 3: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

Uit die kerk – Jy is goed genoegSteyn Heckroodt (Kerkraadsvoorsitter)

Vir my is ons gemeente se visie nie net 'n denkbeeldige

prentjie in my kop van 'n wêreld waarna ons streef nie, maar

eerder, en veel meer, 'n daad of dade. Dade van diens in God

se nuwe wêreld. 'n Nuwe wêreld van God wat verskillende

dinge vir verskillende mense beteken.

Vir party is dit 'n hospitaalbesoek, vir ander is dit

barmhartig-heid teenoor minderbevoorregtes en vir

sommiges 'n middagete saam met 'n bejaarde moeder of

vader. Die uittrek van my skoonpa se onkruid op sy grasperk,

sonder dat hy vra, die gee van 'n broodjie aan die boemelaar

op die straathoek, die jammer-sê na 'n bakleiery met 'n

kollega by die werk of 'n geliefde by die huis, die vertroosting

van 'n kind ten tye van hartseer, die liefhê en bid vir 'n

buurman of buurvrou met wie jy nie oor die weg kom nie.

As dissipels van Jesus, saam in diens van God se nuwe

wêreld, ag God ons goed genoeg om 'n verskil te maak, om sy

nuwe wêreld hier op aarde, in en om ons gemeente te bring

aan behoeftiges, ouer mense, kinders, armes, eensames.

As dissipels is ons die antwoord op die vraag wat so baie

mense vra: “Waar is God? Waar is die lewende God?”

Hy is hier, in my en jou, daar waar jy wandel en werk, daar

waar jy anders dink, is en leef. Wanneer jy vergewe ten tye van

haat, wanneer jy bid ten tye van vervloeking, wanneer jy troos

ten tye van spot, wanneer jy gee ten tye van selfsug. Dan is jy

in diens van God se nuwe wêreld. Dan is jy God nuwe wêreld,

dan is jy die lewende Jesus se hande en voete. Hier, vandag,

nou.

Mag die Here jou seën met krag en geloof elke dag, elke

oomblik, dat jy sal weet jy is goed genoeg om in diens te wees

van sy nuwe wêreld. Ek is lief julle.

Uit die Netwerke –

Wat is sosiale netwerke?

Is dit nie maar net foefies wat gaan verdwyn nie?

Enige raad wat ek my kind kan gee?

Foefies of nie?Ons tentmakerpredikant, ds Tinus le Roux, spandeer heeltemal te veel tyd op Twitter en Facebook, en ons het gedink dis tyd om uit te vind of hy darem al iets oor dié goed geleer het. Ons het hom 'n paar vrae gevra.

Sosiale netwerke is natuurlik 'n eeue-oue menslike verskynsel. Dit verwys in die algemeen na die manier waarop mense met mekaar in verhoudings staan.

Wat in die afgelope paar jaar gebeur het, is dat tegnologie gevorder het tot op die punt waar ons dit kan inspan om te help om ons sosiale interaksies te fasiliteer.

Tegnologie is nog altyd hiervoor gebruik, maar die groot swaai het gekom toe hierdie aksies onmiddellik, verniet en deur alle grense, kon begin plaasvind. Sosiale netwerke lewer dienste wat hierdie tipe interaksies maklik maak.

Daar sal definitief ander netwerke en dienste opspring, maar mense se behoefte om te kommunikeer en te sosialiseer sal nie verdwyn nie en tegnologie gaan nie stilstaan nie. Omdat sosiale netwerke bloot 'n weerspieëling van ons werklikheid is, is hulle hier om te bly.

Maak seker jy verstaan die “privacy settings” van jou Facebook profiel, dit verander gereeld. Moenie alles met die hele wêreld deel nie; jou toekomstige baas gaan definitief na jou profiel kyk!

Watter impak kan sosiale netwerke maak?

Wat is jou Twitter naam?

Sosiale netwerke het die potensiaal om politieke sisteme in die komende dekade dramaties te verander. Inligting is skielik vrylik beskikbaar en miljoene “stemme” kan in sekondes gemaak en getel word. Omdat regerings dit nie op dieselfde manier kan beheer as wat tradisionele media beheer is nie, kan die “stem van die mense” baie makliker gehoor word. Baie kenners meen byvoorbeeld dat die 2011-revolusie in Egipte nie moontlik sou gewees het sonder Twitter nie.

@tinusleroux

– 3 –

Page 4: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

– 4 –

Kunste-MosaïekfeesDs. Tinus van Zyl

Durbanville Gemeente het sy eie

kunstefees die naweek van 2-4 Maart

gehou! Elkeen wat daar was, sal sekerlik

kan getuig dat dit 'n inspirerende en

opbouende belewenis was. Vir diegene wat

nie daar kon wees nie, wys ons 'n paar foto's

om iets van die fees te probeer vasvang,

want dit is so moeilik om in woorde te

verduidelik wat kuns en saamwees aan jou

siel doen.

Miskien is die beste manier om die wonder

van die Kunste-Mosaïekfees oor te dra, om

die woorde van dr Robert Vosloo, wat die

fees geopen het, te herfraseer. Hy het

verduidelik dat daar drie ooreenkomste

tussen kuns en geloof is. Daar is wel slegte

kuns en opper-vlakkige geloof wat nie

hierdie eienskappe het nie, maar goeie

kuns en 'n diepe geloof in die goeie en mooi

God, het altyd die volgende:

1. Dit beskou die lewe nie as 'n probleem

wat opgelos moet word nie, maar as 'n

misterie om te geniet. Goeie kuns en

diepe geloof probeer nie alles in die

lewe verklaar nie, maar omhels die hele

lewe in sy veelkleurige, misterieuse

kompleksi-teit.

2. Vanuit hierdie respek en waardering vir

die misterie van die lewe, hou goeie

kuns en diepe geloof altyd vas aan die

vreugde én die pyn van die lewe, die

hartseer én die blydskap, die lig én die

donker, Lydenstyd én Opstandingstyd.

3. Die verskil tussen swak kuns en goeie

kuns, tussen oppervlakkige geloof en

diepe geloof, is soos die verskil tussen 'n

idool en 'n ikoon.

'n Idool (afgod) is soos 'n spieël; dit

weerkaats eintlik net jou eie aangesig

sodat jy vasgevang bly in 'n beheptheid

met jouself. Dít is wat swak kuns en

oppervlakkige geloof aan jou doen.

'n Ikoon is egter soos 'n venster. Jy kan

déúr dit kyk, sodat dit nuwe horisonne

vir jou oopmaak. Dit verbreed jou visie.

Dit bied vir jou 'n nuwe perspektief op

die lewe.

Baie, baie dankie aan elke lidmaat wat

op een of ander wyse 'n bydrae gemaak

het om van hierdie Kunste-Mosaïekfees

'n venster te maak: 'n Venster waardeur

ons iets van die goeie en mooi God kon

raaksien, te midde van Lydenstyd, te

midde van 'n gebroke wêreld.

Page 5: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

021-9100433 [email protected]

Lunch and Breakfasts served all day!

Training Sessions G ospel & Prayer Meetings

B aby & Kitchen Tea’s

B oardroom Available

D inner Parties

Baobab Breakfast R29.95

Cnr Mountain View & Bill Bezuidenhoudt Road, Bellville

– 5 –

Redakteur:

Redaksielede: Jackie Pretorius & Erika Venter

As jy op enige wyse betrokke wil raak by SIG of die

gemeente se kommunikasie in die algemeen, skakel

asb vir ds Tinus van Zyl by 083 289 4985.

Ds Tinus van Zyl

Redaksie

Die kostes vir advertensies is as volg:Vol blad R2000 Halwe blad R1000Kwart blad R 500 1/8 blad R250

Kontak die kerkkantoor by 021 975 6370. (Die redaksie behou die reg voor om advertensies te weier wat nie by die aard van SIG pas nie.)

Adverteer in

Page 6: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

Graad 4-6 AvontuurkampLezjé van Zyl

Op 24 Februarie het die Graad 4 tot 6'e van Durbanville

Gemeente en Durbanville-Bergsig vertrek na Bridgetown-

kamp-terrein in Moorreesburg vir 'n avontuurkamp. Groot

was die opgewondenheid en selfs dié wat 'n bietjie onseker

was oor wat op hulle wag, het gou ontspan en gees gevang.

Die Vrydagaand het tannie Ansu, wat die kampterrein besit,

vir ons meer vertel van die sterre. Vir sekere van ons

stadsjapie-kinders was dit die meeste sterre wat hulle al ooit

gesien het. Ons is geseën met 'n pragtige verskietende ster

tydens die sterrekyk, tot groot vermaak van al die kinders.

Saterdag het al die avontuur begin. Die kinders is in vier

spanne opgedeel, die Cool Kids, die Smurfs, die Ultimate 8 en

One Way Jesus. Hierdie groepe het beurte gemaak om

verskillende aktiwiteite te doen waar spanwerk en

samewerking van groot belang was. Die kinders, sowel as die

leiers wat saamgegaan het, het hulle gate uit geniet. Na 'n

paar aktiwiteite in die rivier, kon die kinders net heerlik swem

en met die hoë temperature was dit 'n groot lafenis.

Saterdag laatmiddag het die kinders 'n bietjie vrye tyd gehad

en die tieners wat ons vergesel het, het vir die kinders lekker

musiek aangesit sodat hulle ‘n bietjie kon dans. Dié wat nie

wou dans nie, het mekaar aangevat in 'n “volleyball”-

wedstryd, natuurlik seuns teen meisies. Die meisies het

Saterdag geseëvier, maar Sondag, terwyl ons vir die bus

gewag het, was daar 'n heruitdaging waarin die seuns gewen

het.

Nadat ons Saterdagaand weereens heerlik gesmul het aan

tannie Karola se kos, het ons lekker saamgesing. Later die

aand het tannie Ansu ons op 'n nagmars gevat. Met net 'n

“glow-in-the-dark” armbandjie aan elke arm en geen flitsligte

nie, was daar 'n paar bang kinders, maar gou-gou was dit

groot pret. Tannie Ansu het ons die uile se nesmaakplek, die

ou myne en 'n 300-jarige boom gewys. Weereens het 'n

enorme ster verskiet en afgekom net toe ons op die koppie

kom. Die perfekte afsluiting van 'n wonderlike dag!

Sondag is daar konsert gehou en die waarde van spanwerk is

'n onderwerp wat die meeste kinders sal bybly. Met 'n paar

moeë lywe is ons terug op die bus na Durbanville. Dit was

voorwaar 'n kamp propvol avontuur, pret en plesier.

– 6 –

Page 7: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

Summer CampChristi Thirion

Wanneer ek vir jou sou vra of jy lus is vir 'n somervakansie

na jou somervakansie, sal jy seker maklik instem. Wel, dit

is presies hoe die ongeveer 30 tieners gereageer het op

die uitnodiging vir die Summer Camp by Noordhoek.

Wat sou jy dan verwag om op so ‘n kamp te doen? Ek sou

sê hoegenaamd niks en dit is ook omtrent wat ons

gedoen het. Nee wag, darem nie heeltemal niks nie.

Ons het die tyd gebruik om weer te fokus op ons

geestelike dissiplines en veral die dissipline van

gasvryheid. Almal in die groep het een of ander tyd 'n

kansie gekry om 'n handjie in die kombuis by te sit sodat

almal lekker kon eet en saam gesels.

Die dissipline van gemeenskap het ook 'n groot hap uit

die program gevat, deurdat ons saam baie tyd gehad het

vir kuier. Hierdie kuier het rondom 'n sokkerbal of in die

skaduwee van die reuse akkerbome gebeur. Moet ook nie

die tydjie op die suikerwit strand en in die bottelblou see

vergeet nie (dit natuurlik nadat die haaie eers vir ons

moes plek maak …).

Stefan Human het ons in die dissipline van aanbidding

gelei, sodat ons met Jesus kon praat. Hierdie dissipline

het vir ons die pad gelyk gemaak om genoeg aandag aan

een van die belangrikste dissiplines te gee: Die dissipline

van luister na die Woord. Ds Tinus van Zyl het ons gehelp

om te luister na God se stem op verskillende maniere, op

verskillende tye en ons laat oefen om dit by die huis ook

reg te kry. Die handige boekmerk het die “oefenprogram”

letterlik vir ons huis toe gebring, sodat ons dít waarmee

ons op die kamp begin het, kon verder neem in ons

alledaagse lewens. Wanneer 'n mens so na alles kyk wat op die Summer Camp

gebeur het, was ons eintlik nogal besig. Dan het ons nog

nie eers die pret en speletjies soos bv. die sierspronge in

die swembad en die waatlemoenfees genoem nie! So 'n somervakansie ná die somervakansie is 'n wonder-

like manier om die harwar van die nuwe jaar sommer van

die begin af vas te vat. Dit help ons om ons prioriteite vir

die res van die jaar mooi reg te pak en seker te maak dat

ons aan die regte dinge die regte aandag gee.

Hiermee wil ons ook graag elkeen opreg bedank wat dit

vir die kinderhuiskinders moontlik gemaak het om saam

te gaan.

– 7 –

Page 8: Wie is ons - Paasfees: Die goeie en mooi God · 2012-03-19 · hier op te rig en dat Hy sy arms veilig om ons gesit het en ons bewaar. Lyding laat ons baie vrae vra oor God, Jesus,

MannekampDs André van Wyk

Ons gemeente se Mannekamp het die laaste naweek in

Februarie by Wortelgat naby Stanford plaasgevind. Die

tema vir die naweek, Manwees vandag – in verhouding met

Jesus Christus, het uitgeloop in waardevolle gesprekke oor

onder andere: My verhouding met my vrou, my kinders en

my werk. Elkeen kon uit sy eie spesifieke omstandighede

saampraat, vrae vra en ander met raad bedien.

Vrydagaand is saamgekyk na die baie aktuele fliek,

Courageous, wat juis van die gesprektemas toelig en

gedurende die naweek is telkens daarna terugverwys. Daar

was ruim tyd vir stilword by die Here, Lectio Divina, en dan

ook saamgesels oor die verskillende Bybeltekste. Een feit

het elke keer baie duidelik na vore gekom: Ek kan net regtig

'n ware man wees en my verantwoordelikhede in vandag se

samelewing nakom, as ek in 'n verhouding met Jesus

Christus staan. En ook nie alleen nie, maar binne 'n

geloofs-gemeenskap waar ons mekaar ondersteun, vir

mekaar omgee en mekaar verantwoordbaar hou.

Daar was darem ook tyd vir stap, draf, fietsry, roei op die

strandmeer, vuur aansteek en selfs 'n koue bier by die

plaaslike brouery!

Die naweek is afgesluit met nagmaal nadat die oggend se

Bybelteks ons herinner het aan God se liefde en bystand vir

elkeen van ons . Volgende jaar maak ons weer so!

Nic en Joey Steenkamp is die afgelope 36 jaar geliefde

Durbanville-inwoners en ook getroue lidmate van ons

gemeente. Die laaste vyf jaar was Nic elke Sondagoggend,

weeksdae na-ure en Saterdae op sy pos – altyd met Joey

aan sy sy.

Met die vraag oor hoe Nic sy werk ervaar het, antwoord

Joey: “Om naweke by die kerk te werk, het opnuut 'n huppel

in sy stap gesit. Hy het dit veral geniet om met die

gemeentelede stories uit te ruil en het terdeë belang gestel

in elkeen se lewe. En waar daar iemand in nood was, kon

hulle verseker wees dat daar deur Nic, 'n ekstra gebed

opgestuur word.”

“Nog 'n hoogtepunt van sy werk was veral die troues … en

die bruide. Kyk, Nic was die eerste een om reg te staan as

die bruid se rok reggetrek moes word! Aan die ernstige

kant het die gewydheid en uniekheid van elke trou-

seremonie hom diep geraak.” En wanneer Nic klaar gewerk het, moes Joey maar net weer

na elke detail sit en luister! Maar, sê Joey: “Dit was

wonderlik om sy passie vir sy werk te kon deel. As hy nie

siek geword het nie, sou hy steeds sy werk met 'n glimlag, 'n

geselsie en met oorgawe gedoen het.”

Nic mag wel nie meer so op en wakker wees nie, maar die

warm glinstering in sy oë, is steeds daar – veral as ds André

hom gaan besoek en wys dit is 18:00 – tyd om die kerkklok

te lui!

Nic, ons groet jou en bedank jou vir die ywer, die

stiptelikheid en persoonlike trots waarmee jy jou taak as

naweek-koster verrig het in ons gemeente. Joey, hiermee

ook 'n dankie vir jou wat, soos Nic altyd gesê het, sy

sekeretaresse moes wees.

Wees verseker van die kantoorpersoneel, leraars en

gemeentelede se liefde, waardering en gebede!

Nic (en Joey) – Ons sê totsiens!Jackie Pretorius

DES

IGN

A P

RIN

T 0

21 9

75 9

648

– 8 –