17
ELDO-INFO 2017 Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK GOD Sê: “VRA VAN MY.” Psalm 2:8 “Vra van My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.” Die Boodskap: “Jy moet net vra, en Ek sal jou die heerser oor baie mense, ja, oor die hele aarde maak.” Hierdie Psalm het ‘n baie wyer betekenis, maar vandag vra ek dat jy ons teks persoonlik vir jouself sal neem. In een vertaling word die woorde “Eis van My...” gebruik. Om te “eis” is’n baie sterk woord. Natuurlik wil ons nie van God dinge “eis” nie – maar ek dink die boodskap wat ons moet kry, is dat wanneer hierdie tipe gesindheid in jou hart is, word jy iemand wat aandring totdat jy ontvang het. (Jes. 62:6) M.a.w. as jy die Here vir iets vertrou, word jy nie moeg om Hom te vra nie. Dit klink amper te veel om waar te wees. Maar as ons daaraan dink dat toe God ons as mens gemaak het, het Hy ons as heersers gemaak. In Gen. 1:26 staan: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers...” Besluit om niks minder te wees as dit wat die Here jou gemaak het nie. Vra van die Here die oorwinning en krag wat jy nodig het vir hierdie dag. Vra ook die genesing wat nodig is en behou die gesindheid in jou hart dat God graag wil genees. Moenie te veel vrae toelaat oor genesing nie. Baie onnodige vrae sal jou beroof van geloof in God. Vra, met nuwe verwagting, die verlossing van iemand wat jy liefhet. Dit is God se wil dat alle mense gered kom en tot kennis van die waarheid sal kom. (1 Tim. 2:3,4) Ek hou van Deut. 10:14, wat só lees: “Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.” Skep moed en vra van die Here wat jy dringend nodig het. Sy hand is nie te kort nie en Sy oor sal jou hoor. (Jes. 59:1) Elke belofte in Sy woord sal Hy waar maak. (2 Kor. 1:20)

Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

GOD Sê: “VRA VAN MY.”

Psalm 2:8 “Vra van My, en Ek gee volke vir jou as eiendom, die hele aarde as jou besitting.”

Die Boodskap: “Jy moet net vra, en Ek sal jou die heerser oor baie mense, ja, oor die hele aarde maak.”

Hierdie Psalm het ‘n baie wyer betekenis, maar vandag vra ek dat jy ons teks persoonlik vir jouself sal neem. In een

vertaling word die woorde “Eis van My...” gebruik. Om te “eis” is’n baie sterk woord.

Natuurlik wil ons nie van God dinge “eis” nie – maar ek dink die boodskap wat ons moet kry, is dat wanneer hierdie

tipe gesindheid in jou hart is, word jy iemand wat aandring totdat jy ontvang het. (Jes. 62:6) M.a.w. as jy die Here vir

iets vertrou, word jy nie moeg om Hom te vra nie.

Dit klink amper te veel om waar te wees. Maar as ons daaraan dink dat toe God ons as mens gemaak het, het Hy ons

as heersers gemaak. In Gen. 1:26 staan: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en

laat hulle heers...” Besluit om niks minder te wees as dit wat die Here jou gemaak het nie.

Vra van die Here die oorwinning en krag wat jy nodig het vir hierdie dag. Vra ook die genesing wat nodig is en behou

die gesindheid in jou hart dat God graag wil genees. Moenie te veel vrae toelaat oor genesing nie. Baie onnodige

vrae sal jou beroof van geloof in God. Vra, met nuwe verwagting, die verlossing van iemand wat jy liefhet. Dit is God

se wil dat alle mense gered kom en tot kennis van die waarheid sal kom. (1 Tim. 2:3,4) Ek hou van Deut. 10:14, wat

só lees: “Kyk, aan die Here jou God behoort die hemel, ook die hoogste hemel, die aarde en alles wat daarin is.”

Skep moed en vra van die Here wat jy dringend nodig het.

Sy hand is nie te kort nie en Sy oor sal jou hoor. (Jes. 59:1)

Elke belofte in Sy woord sal Hy waar maak. (2 Kor. 1:20)

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

2

ELDO-INSPIRASIE

Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s wat elke week op ons sosiale media gedeel

word. Dit is spesiaal vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap! Kyk hierdie week se video deur die onderstaande

skakel te volg:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/225205105180179/

COVID-19

ELDO-INLIGTING VIDEO

Gaan kyk gerus na ons eerste Eldo-Inligting video op ons YouTube-kanaal. Ons gesels oor Covid-19, wat wetgewing

onder vlak 3 van ons verwag en hoe dit by ons skool gaan.

https://www.youtube.com/watch?v=EiPNqZCXTj8&feature=youtu.be&fbclid=IwAR1w-

7_Ibs5ze37HZ2Oecsl7Yz700UxhYzY4LkvVsDX8a-P7sFWgaEgfG1k

MAATREëLS

Neem asseblief kennis van die onderstaande. Ons vra elkeen se samewerking om die gesondheid van ons leerders en

personeel te verseker.

Dankie vir almal se opofferinge om die Eldo’s se gesondheid te prioritiseer!

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

3

AKADEMIE

MINI-EKSAMEN SE AFBAKENING

Die afbakening vir die mini-eksamen is op die D6 Communicator geplaas vir u insae.

WISKUNDE OLIMPIADE

Ons leerders het Donderdagmiddag na skool die Wiskunde Olimpiade geskryf. Ons weet julle gaan weer eens baie goed

presteer.

MINI-EKSAMEN INLIGTING

U sal ‘n amptelike skrywe van die skool ontvang in verband met die detail inligting rakende die tye en logistiek tydens

die mini-eksamen. Ons herinner u weer eens dat daar vanaf 25 Julie tot 7 Augustus 2020, geen kontakonderrig sal

plaasvind nie. Daar sal ook geen MS Teams klasse aangebied word nie.

SPORT

RUGBY

Die rugby-manne is steeds hard besig om te oefen aan hul krag en kondisionering om seker te maak dat hulle weer op

die veld domineer, sodra ons sport mag beoefen! Ons mis dit om Saterdae die Eldo’s in aksie te sien en die tasbare gees

op die pawijoen te beleef. Kyk gerus na die volgende video om te sien hoe hard ons rugbyspelers steeds oefen:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/2929177180543382/

RUGBY: OLD-BOYS

Alle Eldo-Rugby Old-Boys word hartlik uitgenooi om deel van ons WhatsApp-groep te word deur die volgende skakel te

volg:

https://chat.whatsapp.com/Cr7AGg6gigq7Ra7OsGQ7JS

Vir meer inligting kan mnr. Jacques le Roux gekontak word by: [email protected]

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

4

VIRTUELE RUGBY

Die Hoërskool Eldoraigne sê vir Midstream College die stryd aan in die eerste ronde van die BDCE Campus Cup die stryd.

Die skool met die meeste stemme teen Saterdag, 18 Julie 2020, sal tot die tweede ronde van die BDCE Campus Cup

deurdring. Gaan loer gerus op www.schoolofrugby.co.za waaroor die kompetisie gaan, of laai sommer School of Rugby

se app vanaf die Google Playstore af.

Ondersteun vir Hoërskool Eldoraigne deur op ons wapen te kliek op die Facebook-post.

https://www.facebook.com/hseldoraigne/

*Foto ter illustrasie van die Facebook-post

KRIEKET

Hoërskool Eldoraigne se krieketakademie, Cricket101, is steeds hard aan die werk om seker te maak dat alle spelers se

vaardighede op standaard bly nou dat daar geen sport mag plaasvind nie. Volg gerus die onderstaande skakel om na

hierdie video’s te kyk:

https://www.hseldo.co.za/cricket101

KULTUUR

REDENAARS

Die volgende leerders het aan die eerste rondte van die eertse virtuele Oppie Tong Af Redenaarsfees deelgeneem en

Hoërskool Eldoraigne se naam baie hoog gehou met uitstekende uitslae. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het!

Graad Naam en Van Simbool

8 Anroux du Plessis A++

Leam Nieuwoudt A+

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

5

Marcus Zeelie A++

Nicola Dyason A++;A++

9 Jayden Berry A++;A++;A++;A+

Mieke van Heerden A++;A++

Miya Wood A++

Nandie Wolmerans A++;A++

Petronell Muller A++

10 Alnirie Hefer A+;A+;A+

Megan Röhrbeck A+

Jodie Roelofsz A++;A++

Toni Abrahams A++;A++

11 Christaiaan Roux A++; A++

Claudene Swemmer A+; A++

Leandré van Dijk A++; A++

Yanta Wolmerans A++; A++

Marné Zeelie A+;A+

Marlé Meyer A++

Baie geluk aan elke leerder, julle maak die Eldo’s trots. Ons sien met groot afwagting uit na wie deurdring na die finale

rondte.

Hierdie eerste “live” video optrede was vir almal ‘n vuurdoop, maar ‘n wonderlike leerervaring. Wat ‘n voorreg is dit nie

om vir ons leerders geleenthede te skep waar hulle karakter kan bou en groei nie. Die redenaarsleerders is ‘n spesiale

klomp leerders wat diep onder jou vel inkruip en ALTYD net hulle beste gee. Ek salueer elkeen van die besonderse

leerders!

Redenaars-groete

Juf. Estelle Greyling

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

6

ENSEMBLE

Die Eldo Ensemble was Saterdag, 11 Julie, vir opnames by die ateljee. Elkeen het hul gedeeltes individueel gaan speel en

opgeneem aangesien ons nie kan bymekaarkom om te oefen nie. Dit is die naasbeste oplossing om steeds te kan

deelneem aan die kunswedstryd. ʼn Video-opname van die ensemble gaan ingehandig word vir Artsiticulta en die Eldo-

Kunstefees!

Dit verg senuwees van staal om alleen in die klankdigte kamer te sit en jou stukkie wat jy geoefen het te speel. Dit was ʼn

wonderlike opvoedkundige geleentheid waar die kinders eerstehands kon beleef hoe opnames werk. Die bestaande

instrumente wat reeds opgeneem is, se klankbane word dan vir jou gespeel tesame met die metronoom se kliek

waarvan jy nie kan afwyk nie. Tempo en ritme is van uiterste belang. Dit is onmoontlik om met foute weg te kom.

Intonasie is ook van kardinale belang. Dit is aanhou probeer totdat jy dit reg speel. Vir sommige Eldo-leerders was dit

hul eerste ervaring en belewenis van ateljee-opnames.

Ons is baie opgewonde om die eindresultaat te hoor. Die ensemble bied geleentheid vir leerders wat ʼn instrument speel

om te kan deelneem en hul talent te beoefen en sodoende hul passie uit te leef.

Indien jy belangstel om deel te word van die ensemble, kontak gerus me. Polyda van Niekerk, die dirigent en afrigter van

die ensemble e-pos by: [email protected]

Simoné Macklam Charlize Hanekom Alisha Cillié

Leon Bekker Carina Pretorius Willem Hart

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

7

ELDO-KUNSTEFEES

Maak jou merk in Eldo-geskiedenis deur deel te neem aan die eerste virtuele Eldo-Kunstefees. Moenie op hierdie unieke

geleentheid uitmis nie, hopelik is dit ‘n eerste en laaste!

Kyk gerus na die onderstaande video vir meer inligting:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/282458229529119/

Alle navrae kan aan juf. Vinkie Schaap gerig word by: [email protected]

SKEPPENDE KUNS

Ons graad 8-leerders het die beste van hul grendeltyd gemaak deur stories vir Skeppende Kunste te skryf oor tema’s wat

raak aan ons huidige nuwe normaal. Dit moes die struktuur van ‘n goedgeskrewe drama asook ander dramatiese

elemente bevat. Die stories moes ook in een van die drama-tipes val waarvan hulle geleer het, dit sluit komedies,

tragedies en fabels in.

Die volgende storie is geskryf deur Martiné Nel:

DIE GEHEIMSINNIGE DEUR...

“Gaan weg Stella!” probeer ek my, soms irriterende hond, van my af kry. “Jy moet kom sien wat ek gekry het ,” hou sy

aan om my te pla. Die gepla kom tot ‘n einde. “As jy nie opstaan nie, gaan ek vir almal sê ek kan praat en dan gaan jy my

nooit weer sien nie,” sê Stella. Ek spring vinnig op. Hoe kan sy daardie kaartjie met my speel? O en ja my hond kan praat

en tegnies mag ek nie vir julle dit sê nie, maar kom ons hou dit tussen ons. “Okay, jy wen! Wat wil jy so graag vir my

wys?” vra ek verskriklik entoesiasties, ek hoop jy het die sarkasme gehoor. “Ek het iets buitengewoon gevind,” sê sy en

haar stert wikkel baie vinnig. Die laaste keer toe sy dit vir my gesê het, was dit ‘n stok, ‘n normale stok. Blykbaar het die

stok soos ‘n dinosourus gelyk, so het Stella gesê. Toe ek uiteindelik uit die bed uit struikel, is ek af by die gang, maar half

deur die blare. Stella lei my na die spens in ons kombuis. Sy gaan sit voor die klein yskassie. “Wat nou? Moet ek na die

yskas kyk?” vra ek nou nie regtig baie lus nie. Sy kyk my aan asof ek dom is. “Nee, man hier is iets agter die yskas. Ek kan

dit nie skuif nie, want ek kort jou hulp,” vra Stella vir my. Met ‘n groot gesukkel, kry ons uiteindelik die yskassie geskuif.

Ek kan my oë skaars glo! Dit is definitief, soos Stella dit gestel het, buitengewoon. ‘n Deur! Ek het dit nooit agtergekom

nie. “Ek het jou gesê hier is iets,” druk Stella dit in my gesig. “Ja, ja, jy was reg!” lag ek net vir haar. “Oor vyf minute kry

ek jou hier,” sê ek en so vinnig as wat ek kan maak ek myself gereed om uit te vind wat agter die deur is. “Is jy reg?” vra

ek vir Stella wat voor die klein deur sit. “Let a do is,” sê sy. Ek kyk haar vreemd aan. “Jy spreek dit uit as: Let’s do this.

Ons moet aan jou Engels werk.” Agter die deur is dit pikswart donker. Ek haal my flits uit en skyn dit in die deur in. Voor

ons is ‘n stel trappe. Ek en sy loop stadig af. En dit is hoe dit gegaan het vir seker al ‘n uur. “Hoe lank nog?” kla ek, want

Stella lyk nog heel reg. Ek en sy stop ewe skielik. Iets beweeg agter ons. “’n Rot!” skree Stella en spring op my. Die ding

hardloop verby en ek gooi Stella van my af. “Regtig? Dit was ‘n muis,” ek skud my kop en loop verder. Die res van die

avontuur, wel ek het gedink dit sou een wees, is baie vervelig. Tot daar ‘n spinnekop voor my was. Nou die hele vorige

gebeurtenis met Stella en die muis, het herhaal met my en die spinnekop. Stella gryp die aaklige ding en eet dit! Eeu!

“Regtig! Dis net ‘n klein spinnekop,” herhaal Stella my spottende woorde. Voor ons verskyn daar ‘n deur. Die deur is

bietjie oop en daar is ‘n lig skynsel. Toe kom daar ‘n vreemde geluid daaruit. “Is jy seker ons moet ingaan?” vra Stella

my, maar ek huiwer ook. “Op drie. Een, twee, drie!” ons bars met toe oë in die kamer in sonder om te weet wie of wat

ons gaan kry. Stadig maak ek my oë oop. “Pa!” skree ek met verbasing. “Lana? Wat maak jy hier?” hy klink ewe verbaas.

Page 8: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

8

So, my en Stella se sogenoemde avontuur, was net om uit te vind dat my pa vir hom ‘n geheimsinnige kamer in die huis

gebou het om nou en dan weg te kom van ma. Ja, ek was ewe verbaas en toe maak ek met my pa ‘n ooreenkoms. Ek en

Stella sal niks sê van die kamer nie, as ek en sy dit ook mag gebruik. “Dit was nou nie regtig so opwindend as wat ons

gedink het nie,” sê Stella teleurgesteld. Ek glimlag tevrede vir haar en sê: “Jy weet Stella, dit was. Ons het al twee iets

nuut oor mekaar geleer en ons het dit geniet. En die beste van als was dat ek en jy dit kon saam doen.”

So, as jy iewers in jou huis ‘n geheimsinnige deur vind, doen jouself ‘n guns en gryp die avontuur met albei hande vas.

Martiné Nel

SOSIAAL

ONS MIS ONS ONNIES!

Met die “nuwe normaal” waarin ons nou moet skoolgaan, is dit besonder vreemd om van ons onderwysers nooit in

lewende lywe te sien nie. ‘n Skerm is net nie dieselfde nie! Die graad 12-Rekeningkunde leerders verlang so baie na mnr.

Joggie dat hulle besluit het om hom Woensdagoggend te gaan bederf met ‘n koffietjie voor die dag se klasse weer moes

voortgaan.

Ons verlang al die onnies wat op Microsoft Teams klasse aanbied! Ons wens ons kan almal weer saam in ‘n klas sit,

sonder ‘n masker of skerm, en die werk met lekkerkry klaarkry!

Mnr. Joggie en sy lekker koffie-bederf!

Page 9: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

9

PERSONEEL

LIEF EN LEED

Baie geluk aan juf. Anya Henzen en mnr. Fano Blignaut wat Donderdag verloof geraak het! Ons wens julle ‘n geseënde

lewenspad vorentoe wat gevul sal wees met jare se geluk en vreugde!

Beide Anya en Fano is oud-Eldo’s wat vanaf 2020 deel is van die Eldo-personeelkorps.

Juf. Anya Henzen en mnr. Fano Blignaut

PERSONEEL VERJAARDAE

Baie geluk aan juf. Elaine Pretorius wat op 23 Julie haar verjaarsdag vier! Ons wens vir Juffrou ‘n besonderse lewensjaar

toe vol vreugde en voorspoed!

Elaine Pretoriu

Page 10: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

10

ELDO-OMNIA

Page 11: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

11

WELWILLENDHEID

ELDO’S IN DIE MEDIA

AWSUM NEWS

Die Eldo’s is alweer volop in die media! Awsum News het bietjie by Celesté Mulder, Simoné Landman en Luan Swart

gaan inloer. Lees gerus die artikels deur die onderstaande skakels te volg:

Celesté Mulder:

https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-2020-in-die-kollig-

celeste-mulder-van-hoerskool-

eldoraigne/?fbclid=IwAR07KBUxs6scp6bdqRi8i5lMoaVt10DroRy4MLzYrDcloI6vVfG2QxMd-kQ

Page 12: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

12

Simoné Landman:

https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-2020-in-die-kollig-

simone-landman-van-hoerskool-

eldoraigne/?fbclid=IwAR0kkgAD9ECc46whqki4NYGrieGVWlTUskpuEZJUtSjE0Rfe8havwOdpzk8

Luan Swart:

https://www.awsumnews.co.za/regions/gauteng-pretoria/centurion/hoerskool-eldoraigne/klas-van-2020-in-die-kollig-

luan-swart-van-hoerskool-eldoraigne/

OUD-ELDO’S

CIARA BUYTENDORP

Ciara Buytendorp was deel van die 2018 Matriekgroep en ‘n werklike uitblinker op verskeie gebiede. Na skool het sy

reeds hard geveg & baie struikelblokke oorkom wat gesondheid betref. Ongeveer 50 dae na haar beenmurgoorplanting

het hulle gehoor dat die water op haar brein leukemia bevat. Op hierdie stadium kan die dokters nie meer vir haar help

nie, maar probeer nietemin om ‘n kuur te vind wat haar kan red.

Ons vra dat elkeen asseblief saam met Ciara sal staan in gebed en bly glo vir ‘n wonderwerk. Ons dink aan jou in die tyd

wat voorlê, Ciara. Die Eldo-gemeenskap staan bankvas agter jou!

Ciara Buytendorp

Page 13: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

13

VAN TOEKA TOT NOU

EERSTE SPANNE VAN 2003

Was jy n 2003 deel van ‘n eerste span van Hoërskool Eldoraigne? Of kan jy enige iemand op hierdie foto’s herken? Die

tyd stap dalk aan, maar hierdie herinneringe sal ons altyd bybly!

Page 14: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

14

Geskiedenis speel ‘n baie belangrike rol in die lewe, geskiedenis is die boustene waarop ons voortbou om hoër hoogtes

as tevore te bereik. Daarom nooi ons alle oud-Eldo’s hartlik uit om hulle deel van die Eldo-geskiedenis met ons te deel!

Ons kan nie wag om te hoor en te sien hoe die tye verander het uit die mond van oud-Eldo’s nie! Stuur jou foto’s of

staaltjies aan: [email protected]

Page 15: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

15

GHOLF PAKETTE

Page 16: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

16

SCHOOLDAYS

Schooldays is ‘n platform waar elke individu Hoërskool Eldoraigne kan ondersteun deur inkopies by Dischem of deur

brandstof ingooi by Shell Fuel.

Volg gerus die skakel na hul webblad vir ‘n volledige verduideliking van die program: www.schooldays.co.za

Klik op die JOIN TODAY-knoppie

'n Registrasievorm verskyn wat ouers / opvoeders / administratiewe personeel invul om te verseker dat

Hoërskool Eldoraigne as begunstigde gekies is!

OF laai die School-Days-app af vanaf Google Play of die App Store af en kyk hoe maklik dit is. Registreer direk op

die app. Kies Hoërskool Eldoraigne as jou begunstigde.

Jou Dischem-lojaliteitskaart word outomaties aan Schooldays gekoppel wanneer jy registreer met jou details. Vir elke

aankope by Dischem verdien ons ETP’s vir die skool.

Schooldays is ook in vennootskap met Shell Fuel – jy het 'n digitale Shell-brandstofkaart wat in die app ingebou is. Ouers

verdien 15c per liter petrol en 20c per liter diesel vir die skool. Al wat jy moet doen, is om jou digitale Shell T-kaart aan

die petroljoggie te wys, of die 16-syfer-nommer vir hom / haar uit te lees en sodoende ekstra geld in te samel.

So ondersteun jy Hoërskool Eldoraigne met jou aankope. Julle konstante ondersteuning word opreg waardeer!

MYSCHOOL

Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer

Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!

Volg gerus die volgende skakel vir ‘n volledig verduidelik oor hoe om die app te gebruik: https://youtu.be/LN9jJxkGI1o

Page 17: Eldo-Info Nuusbrief 17 Julie 2020 · 2020. 7. 18. · ELDO-INFO 2017 iets vertrou Eldo-Info Nuusbrief – 17 Julie 2020 • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE

17

ONS WENS ELKEEN ‘N NAWEEK VAN RUS EN VREDE TOE.

ONS SIEN MEKAAR WEER MAANDAG!