65
PVL 202U Erfreg DEFINISIES Adempsie Vind plaas indien ‘n testatuer die objek van ‘n legaat in sy leeftyd vrywillig vervreem, dws die legaat verval Adiasie Aanvaarding om te erf. Weiering om te erf staan bekend as repudiasie Afstmmelinge (desendente) Liniêre afstammelinge van die oorleden (maw enigeen in die direkte linie onder die oorledene) Animus revocandi Die bedoeling om ‘n testament te herroep assendente Voorouers van die oorledene, dws, moeder, vader, grootouers – enigeen in die stygende linie van verwantskap Attestasieklousul e ‘n klousule wat aan die einde van ‘n testment voorkom waarin verklaar word dat alle partye teenwoordig was en in mekaar se teenwoordigheid die testament geteken het Ontbreking hiervan maak die testament nie ongeldig nie, maar die klousule het bewyswaarde. Begunstigdes Die persone op wie die bates in n erflater se boedel oorgaan. Begunstigdes kan erfgename of legatarisse wees. ‘n legataris erf ‘n legaat, wat ‘n spesifieke bate is of ‘n spesifieke bedrag geld. ‘n erfgenaam erf die hele boedel, ‘n bepaalde deel daarvan of die “restant” Bemakingsbevoegdh eid (power of appointment) Die bevoegdheid wat die testateur aan iemand anders verleen om begunstigdes aan te wys Bemakingsprys Die prys wat betaal moet word as ‘n voordeel bemaak word onderhewig daaraan dat die begunstigde aan die boedel of ‘n derde persoon daardie prys moet betaal Bepalings Die algemene term vir klousules in ‘n testament waar die testateur voorsiening gemaak het vir bemakings, voorwaardes, fideicommissa ens. Dit moet onderskei word van voorwaardes Bevoegde getuie Ten einde ‘n bevoegde getuie by ‘n testament te wees, moet ‘n getuie gevolglik aan die volgende drie vereistes voldoen: (1) ‘n getuie moet 14 jaar of ouer wees (2) Moet bevoeg wees om in ‘n geregshof getuienis af te lê (dus geestesgesond, handelingsbevoegdheid word nie vereis

gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

  • Upload
    lythuy

  • View
    232

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

DEFINISIES

Adempsie Vind plaas indien ‘n testatuer die objek van ‘n legaat in sy leeftyd vrywillig vervreem, dws die legaat verval

Adiasie Aanvaarding om te erf. Weiering om te erf staan bekend as repudiasie

Afstmmelinge

(desendente)

Liniêre afstammelinge van die oorleden (maw enigeen in die direkte linie onder die oorledene)

Animus revocandi Die bedoeling om ‘n testament te herroep

assendente Voorouers van die oorledene, dws, moeder, vader, grootouers – enigeen in die stygende linie van verwantskap

Attestasieklousule ‘n klousule wat aan die einde van ‘n testment voorkom waarin verklaar word dat alle partye teenwoordig was en in mekaar se teenwoordigheid die testament geteken het

Ontbreking hiervan maak die testament nie ongeldig nie, maar die klousule het bewyswaarde.

Begunstigdes Die persone op wie die bates in n erflater se boedel oorgaan. Begunstigdes kan erfgename of legatarisse wees. ‘n legataris erf ‘n legaat, wat ‘n spesifieke bate is of ‘n spesifieke bedrag geld. ‘n erfgenaam erf die hele boedel, ‘n bepaalde deel daarvan of die “restant”

Bemakingsbevoegdheid

(power of appointment)

Die bevoegdheid wat die testateur aan iemand anders verleen om begunstigdes aan te wys

Bemakingsprys Die prys wat betaal moet word as ‘n voordeel bemaak word onderhewig daaraan dat die begunstigde aan die boedel of ‘n derde persoon daardie prys moet betaal

Bepalings Die algemene term vir klousules in ‘n testament waar die testateur voorsiening gemaak het vir bemakings, voorwaardes, fideicommissa ens. Dit moet onderskei word van voorwaardes

Bevoegde getuie Ten einde ‘n bevoegde getuie by ‘n testament te wees, moet ‘n getuie gevolglik aan die volgende drie vereistes voldoen:

(1) ‘n getuie moet 14 jaar of ouer wees(2) Moet bevoeg wees om in ‘n geregshof getuienis af te lê (dus geestesgesond,

handelingsbevoegdheid word nie vereis nie)(3) Moet kan skryf

Bewind-trust Die reëling waardeur een persoon se goed uit hoofde van ‘n trustdokument aan die bevoordeeldes in die trustdokument aangewys in eiendom oorgemaak of nagelaat word, welke goed ing die trustdokument onder die beheer gestel word van iemand anders, die trustee, om ooreenkomstig die voorskrifte van die trustdokument geadministreer te word of oor beskik te word tot voordeel van die persoon of klas van persone in die trustdokument aangewys of ter bereiking van die doel in die trustdokument omskryf, maar nie ook die geval waar iemand die goed van ‘n ander moet adminstreer as eksekuteur, voog of kurator ing die bepalings van die Boedel wet nie.

Boedel Bestaan uit sowel die bates as die laste wat die oorledene ten tyde van sy dood gehad het. die boedel bestaan dus nie net uit bates nie maar ook uit alle skulde wat die oorledene voor sy dood aangegaan het. die restant van die boedel is daardie gedeelte van die oorledene se boedel wat oorbly na betaling van begrafniskoste, administrasiekoste, belasting, die oorledene se skuld en legate

Page 2: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Boedelsamesmelting Vind plaas as die hele boedel of dele van die boedels van verskillende testateurs gekonsolideer word in een ekonomiese eenheid vir die doeleindes van ‘n testamentêre beskikking deur die testateurs gesamentlik

Delegasie van

testeerbevoegdheid

Die oordra van die testateur se bevoegdheid om begunstigdes in sy testament aan te wys aan iemand anders, m.a.w die delegasie van die testateur se bemakingsbevoegdheid

Dies cedit Die tydstip waarop die bevoordeelde ‘n gevestigde reg verkry om onvoorwaardelik lewering van die nagelate voordeel te eis (ongeag of die uitoefening van hierdie reg uitgestel word tot ‘n toekomstige tydstip wat sekerlik sal aanbreek, aldan nie) dies cedit is die tegniese term wat gebruik word om die tydstip te beskryf wanneer die begunstigde ‘n gevestigde reg verkry.

Dies venit Die tydstip waarop ‘n bevoordeelde se reg om lewring van die nagelate voordeel te eis, afdwingbaar word. Kortom: is dit die tydstip wanneer ‘n bevoordeelde die voordeel wat hy geërf het, mag geniet, of die dag waarop lewering van die voordeel moet plaasvind.

Direkte substitusie Vind plaas as ‘n testateur ‘n plaasvervanger of selfs ‘n reeks plaasvervangers benoem wat moet erf indien die ingestelde erfgenaam of legataris nie erf nie, bv as die ingestelde erfgenaam of legataris ‘n voordeel soos bepaal in die testament repudieer of onbevoeg is om te erf, of as hy voor die testateur sterf. Direkte substitusie is substitusie in die alternatief.

Eensydige

regshandeling

‘n regshandeling wat verrig word deur die aktiwiteite van slegs een persoon. Net een persoon se handeling bring ‘n testament tot stand en net sy bedoeling word in hierdie testament vervat

Eksekuteur Die persoon wat ‘n oorledene se boedel beredder

Ekstrinsieke getuienis Getuienis buite die dokument self, m.a.w. getuienis oor feite wat nie in die dokument self voorkom nie

Erfgenaam ‘n persoon wat al die bates, of ‘n gedeelte van die bates, of die restant van die boedel erf. Die voordeel wat hy erf staan bekend as ‘n erflating

Erfreg Erfreg is ‘n vertakking van die Privaatreg.Dit bestaan uit die geheel van die regsreëls wat die oorgang van ‘n oorledene se vermoë na een of meer persone reël.Gevolglik hou die erfreg hom besig met wat met ‘n oorledene se boedel na sy dood gebeur.

Fideikommissêre

substitusie

Vind plaas wanneer ‘n testateur in sy testament bepaal dat ‘n reeks opvolgers (erfgename of legatarisse) sy hele boedel of ‘n gedeelte daarvan of spesifieke bates moet erf, sodat die erflating oorgaan van een opvolger na ‘n ander een. Die verskillende opvolgers erf dus dieselfde voordeel een na die ander. Die eerste opvolger staan bekend as die fiduciarius, en elke begunstigde aan wie hy die bemaakte voordeel moet oordra na ‘n skere tydperk of na voldoening aan die bepaalde voorwaarde, staan bekend as die fideicommissarius.

Fideicommissum Wanneer ‘n testateur eiendom (feitlik altyd materiële sake) aan ‘n fiduciarius bemaak, onderworpe aan die las om dit ‘n volle eiendomsreg aan ‘n fideicommissarius uit te keer by die aanbreek van ‘n bepaalde tydstip of by die vervulling van ‘n bepaalde voorwaarde.

Fideicommissum residui Wanneer eiendom aan ‘n begunstigde bemaak word onderhewig daaraan dat dit wat daarvan oorbly by die begunstigde se dood, op ‘n ander persoon moet oorgaan

Page 3: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Formaliteite Die formele regsvereistes waaraan ‘n dokument moet voldoen om geldig te wees

Gesametlike testament Waar twee of meer testateurs hulle onderskeie testamente in diesselfde dokument uiteensit

Handelingsbevoegdhei

d

Die bevoegdheid wat ‘n persoon het om regshandelinge aan te gaan. Die vereiste ouderom is 21 in die SA reg. (18?)

Inbring (kollasie) Die beginsel waarvolgens die eksekuteur van ‘n boedel in bepaalde omstandighede bevoordelings wat die erflater tydens sy lewe aan bepaalde erfgename gemaak het, in berekening moet bring by verdeling van die boedel onder sekere bevoordeeldes

Intestate erfopvolging Erfopvolging kragtens die intestate erfreg, ing waarvan erfopvolging gereël word in gevalle waar die oorledene nagelaat het om dit self te doen

Intestate erfreg Identifiseer die erfgename van ‘n bestorwe boedel wanneer die oorledene nagelaat het om die verwerwing van sy boedel dmv ‘n testament of huweliksvoorwaarde kontrak te reël, of waar dit onmoontlik is om die oorledene se wense uit te voer omdat die begunstigdes nie in staat is om te erf nie, of nie wil erf nie of reeds oorlede is.

Kindsdeel Word bereken deur die waarde van die intestate boedel te verdeel deur die aantal kinders van die erflater wat hom of oorleef het of voor hom oorlede is, maar oorleef word deur hulle afstammelinge, plus een

Klowing Waar die boedel styg na die erflater se ouers en in twee gelyke dele verdeel of “gekloof” word

Langslewende/

langslewende gade

Verwys na die gade wat nog leef na die eersterwende gade se dood

Legataris Die persoon wat ‘n spesifieke bate of ‘n spesifieke som geld erf. ‘n bemaking van ‘n spesifieke bate of som geld staan bekend as ‘n legaat.

Leunstoelgetuienis Die getuienis wat die hof gebruik om homself in die posisie te plaas waarin die testateur was ten tyde van die opstel van die testament, deur te let op alle relevante feite en omstandighede wat aan die testateur bekend was

Mag van assumpsie Die bevoegdheid aan ‘n bestaande trustee verleen om addisionele trustees te benoem (assumeer). ‘n Trustee kan slegs ‘n ander trustee aanwys as die mag van assumpsie in die trustakte aan hom verleen is.

Meersydige

regshandeling

‘n regshandeling wat uitgevoer word deur die samewerking van twee of meer personeSoos die sluiting van ‘n kontrak

modus ‘n kwalifikasie wat gevoeg word by ‘n geskenk of ‘n testementêre bemaking, waarvolgens vereis word dat die persoon wat voordeel trek uit die eiendom wat hy ontvang, daardie eiendom of die waarde daarvan in die geheel of gedeeltelik moet aanwend vir ’n spesifieke doel- In begunstigde se belang: ek bemaak R500K aan my seun vir sy LLB studies aan te

wend- In belang van derde: ek bemaak die plaas aan my seun, maar hy moet binne drie

jaar na my oorlye die bedrag van R200K aan my dogter betaal.- Persoonlike oogmerk: R200K aan seun, aanwendbaar vir die publikasie van die boek

wat ek geskryf het.

Page 4: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Nudum praeceptum Nie gebiedende bepaling: bepaling sonder sanksie

- Ek bemaak my plaas aan my seun, tydens sy leeftyd mag hy die plaas nie permanent verlaat nie. (aangesien daar nie substituut aangewys is nie, vorm die voorbeel ‘n nudum praeceptum)

- ‘n geldige verbod: ek laat my plaas aan my seun. Indien hy tydens sy leeftyd die plaas permanent verlaat, sal my dogter die plaas erf.

Onbevoeg

(incompetent)

Wanneer die reg ‘n persoon as nie bevoeg beskou om van ‘n testateur te erf weens sekere omstandighede, bv as hy die testateur vermoor het

Ontbindende

tydsbepaling

‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n ontbindende tydsbepaling is een waar die begunstigdes se regte op ‘n bepaalde tydstip tot ‘n einde kom

Ontbindende

voorwaarde

‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n ontbindende voorwaarde is een wat tot ‘n einde sal kom as ‘n bepaalde onsekere toekomstige gebeurtenis plaasvind

Ek bemaak my plaas aan my vrou, by haar hertroue moet die plaas na my seun gaan.Onvoorwaardelike

(absolute) bemaking

‘n voordeel aan ‘n begunstigde bemaak sonder dat enige voorwaardes daaraan geheg is

Opgeskortende

tydsbepaling

‘n bemaking wat onderhewig is aan ‘n opskortende tydsbepaling is een waar die begunstigde se regte op ‘n bepaalde tydstip beëndig word of waar die begunstigde die bemaking eers op ‘n sekere toekomstige tydstip sal geniet

(1) “ek bemaak my plaas aan my seun. Wanneer hy die ouderdom van 60 bereik of sterf, moet dit aan die SA regering gaan om as landbouproefstasie te gebruik.”

(2) “ek bemaak my plaas aan my seun, maar hy mag dit nie verkry voordat hy 21 jaar oud is nie”

Opskortende

voorwaarde

Indien ‘n bemaking gemaak word onderworpe aan ‘n opskortende voorwaarde, verkry die begunstigde nie ‘n gevestigde reg ten aansien van die voordeel nie, tensy en totdat ‘n onsekere toekomstige gebeurtenis plaasvind

Ek laat my plaas aan my seun, indien hy die July wen.

Parenteel Elke groep ouers en hulle afstmmelinge (desendente) vorm ‘n parenteel

Per capita (hoofdelik) Vererwing in gelyke dele. Erfgename erf hoofdelik wanneer hulle gelyke dele erf ooreenkomstig intestate erfopvolging op grond van die graad van bloedverwantskap waarin hulle tot die eflater staan. Indien daar meer as een persoon in dieselfde graad van bloedverwantskap aan die erflater verwant is, erf elkeen ‘n gelyke deel hoofdelik

Prelegaat ‘n spesiale bemaking wat, volgens testamentêre instruksie, voorkeur kry bo alle pro non script ongeskrewe ander bemakings. Die legaat sal betaal word voordat enige ander legatarisse hul legaat ontvang.

Pro non scripto Ongeskrewe

Regshandeling ‘n handeling wat ten doel het om regte en / of verpligtinge te skep of te wysig; ‘n handeling waaraan die reg ten minste sommige van die gevolge heg wat deur die handelende party of partye beoog word

Reg van aanwas Is die reg van ‘n erfgenaam of legataris om daardie nagelate voordeel te erf wat ‘n medeerfgenaam of mede-legataris weier om te erf of onbevoeg is om te erf.

Rektifikasie Vind plaas aas ‘n hof iets in ‘n testament byvoeg of skrap of verander omdat die testateur ‘n fout gemaak het by die opstel van die testament en die testement nie sy bedoeling korrek weergee nie

Page 5: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Representasie Vind plaas as ‘n erfgenaam in die direkte linie van afstammelinge sy voorouer as erfgenaam vervang

Repudieer Om te weier om ‘n voordeel te aanvaar

Si sine liberis

decesserit-klousule

‘n klousule wat bepaal dat indien die erfgenaam na die testateur sonder kinders sterf (si sine liberis decesserit), die eiendom of boedel op ‘n derde party moet oorgaan.

Skrapping Word in die Wet omskryf as: ‘n skrapping, derhaling of uitwissing op welke wyse ook al bewerkstellig, uitgesonderd ‘n skrapping ens wat die herroeping van die hele testament beoog

Staak (stirps) Elke afstammeling van die erflater wat hom oorleef of in voor-oorlede afstammeling wat lewende afstammelinge nalaat, vorm ‘n staak

Substitusie Vind plaas as ‘n testateur ‘n begunstigde benoem om ‘n voordeel te erf, en terselfdertyd ‘n ander begunstigde benoem om die plek van eersgenoemde begunstigde in te neem; substitusie kan of in die alternatief (direkte substitusie) of een begunstigde na die ander (fideikommissêre substitusie) plaasvind(as ‘n erfgenaam erf in die plek van ‘n erfgenaam wat veronderstel was om te erf, maar nie inistaat is om te erf nie, of sy voordeel repudieer)

Sui generis Eiesoortig

Syverwante Persone wat deur ten minste een gemeenskaplike voorouer aan die erlater verwant is, bv broer, suster, neef of niggie

Testeerbevoegdheid Bevoegdheid om ‘n testament te maak. Elkeen wat 16 jaar of ouer is kan ‘n testament maak, tensy hy wanneer hy die testament maak verstandelik onbekwaam is om die aard en uitwerking van sy handeling te begryp en die bewyslas dat hy op daardie tydstip verstandelik onbekwaam was rus op die persoon wat dit beweer.

Tstate of testamentêre

erfopvolging

Vind plaas wanneer erfopvolging gereguleer word deur ‘n geldige testament waarin die testateur bepaal hoe vererwing van sy boedel moet plaasvind

Testamentêre geskrif ‘n dokument wat enige een van die volgende drie wesenlike elemente van ‘n bemaking omskryf:

(1) die eiendom wat bemaak word(2) die omvang van die belang wat bemaak word(3) die begunstigde

Testeervryheid Die vryheid van ‘n indiwidu om ‘n geldige testament te verly ten einde die oorgang en gebruik van bates te reël, en om die aktiwiteite en lewens van ander na sy dood te reël(vryheid om na goeddunke enige bepaling in ‘n geldige testament te maak, asook die reg dat sy boedel op enige wyse waarop hy besluit, verdeel word)

Treuhand Om reghebbend te wees nie vir mens self nie, maar ten behoewe van ‘n ander of vir ‘n bepaalde onpersoonlike doel

Page 6: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

trust Vir doeleindes van die Wet op die Beheer van Trustgoedere is dit die reëling waardeur een persoon se goed uit hoofde van ‘n trusdokument

(1) aan iemand anders, die trustee, in die geheel of gedeeltelik in eiendom oorgemaak of nagelaat word om ooreenkomstig die voorskrifte van die trustdokument geadministreer te word of oor beskik te word tot voordeel van ‘n persoon of klas van persone in die trustdokument aangewys of ter bereiking van die doel in die trustdokument omskryf; of

(2) aan die bevoordeeldes in die trustdokument aangewys in eiendom oorgemaak of nagelaat word, welke goed ing die trustdok onder die beheer gestel word van iemand anders, die trustee, om ooreenkomstig die voorskrifte van die trustdokument geadministreer te word of oor beskik te word tot voordeel van die persoon of klas van persone in die trustdokument aangewys of ter bereiking van die doel in die trustdok omskryf,

maar nie ook die geval waar iemand die goed van’n ander moet administreer as eksekuteur, voog of kurator ing die Boedelwet nie.

Trust vir ‘n

onpersoonlike doel

‘n trust wat bedoel is om vir liefdadigheidsdoeleindes gebruik te word

Trustdokument ‘n skriftelike ooreenkoms, ‘n testamentêre geskrif of ‘n hofbevel waarvolgens ‘n trust tot stand gebring is. ing art 2 word ‘n dokument wat die opskrifstelling van ‘n mondelinge ooreenkoms uitmaak waardeur ‘n trust tot stand gebring of gewysig is, ook geag ‘n trustdokument te wees.

Tydsbepaling As ‘n bemaking onderhewig is aan ‘n tydsbepaling is dit onderhewig aan ‘n gebeurtenis wat beslis in die toekoms sal plaasvind, alhoewel dit seker of onseker kan wees wanneer dit sal gebeur

Verydeling (eksekusie) Die proses waartydens die testateur en ander partye voldoen aan al die nodige formaliteite om ‘n geldige testament tot stand te bring

Voorwaardelike

bamaking

‘n bemaking wat afhang van’n toekomstige gebeurtenis, welke gebeurtenis onseker is in die sin dat dit kan gebeur of dalk nie kan gebeur nie. mag nie onregmatig of contra bones mores wees nie.

Vruggebruik ‘n persoonlike serwituut (dus ‘n beperkte saaklike reg) wat voorkom in gevalle waar ‘n testateur die eiendomsreg oor ‘n saak aan een persoon (die dominus of remainder man) bemaak, en die reg om die saak te gebruik, te geniet en die vrugte daarvan te neem, aan iemand anders (die vruggebruiker) bemaak

Wederkerige testament Waar twee of meer testateurs mekaar oor en weer bevoordeel in dieselfde testament

wysiging Skrapping, byvoeging, verandering of tussenskrif (daar moet onderskei word tussen wysiging en rektifikasie – lg vind plaas as ‘n hof iets in die testament byvoeg, skrap en omdat die testateur ‘n fout gemaak het by die opstel van die testament

leerstuk van eleksie

Dit is waar ‘n testateur ‘n voordeel aan ‘n begunstigde nalaat en hom terselfdertyd die een of ander las of verpligting oplê.Die bevoordeelde word dan voor ‘n eleksie / keuse geplaas naamlik:

hy kan die voordeel adieer, maar dan moet hy die nadelige bepalings uitvoer hy kan die voordeel repudieer

Pactum Succesorium: (Kontraktuele erfopvolging)o ‘n kontrak waarin die partye poog om die vererwing van die geheel of ‘n gedeelte van die bates van een

of albei van die partye te reël

Page 7: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Algemeen – kort

Wat is die tradisionele beskouing oor die aard van die fideicommissarius se reg voor vervulling van die fideikommissere voorwaarde of afloop van die fideikommissere termyn? (2)Die fideicommissarius het nog geen reg nie maar net ‘n hoop of spes

Het die gemeenregtelike vermoedens rakende die herroeping van testamente nog enige gelding in ons reg? Bespreek.

o Meester moet nie gemeenregtelike vermoedens in ag neem wanneer besluit oor aanvaarding van ‘n testament. Hy het wel diskresie om ‘n duplikaat van oorspronklike testament te aanvaar indien oorspronklike nie gevind kan word.

o Meester kan nie getuienis aanhoor wat vermoedens moontlik kan weerlê nie, slegs howe se taak. Belanghebbende partye kan saak na hof neem indien hul nie saam stem met Meester se beslissing.

Omskrywing van ‘n Testament o ‘n uiterste wilsbeskikking, wat normaalweg ‘n testament genoem word, is ‘n dokument verly op

die wyse deur die reg voorgeskryf, deur ‘n persoon, die testateur, wat voorsiening maak vir die beskikking oor die eiendom en ander aangeleenthede waaroor hy beheer het, om na sy dood in werking te tree.

Basiese vereistes vir ‘n geldige testament o Animus testandi: bedoeling om ‘n testament te maak

Moet nie alleen bedoel om vir die vererwing van sy boedel voorsieninig te maak nie, maar ook bedoel om dit dmv ‘n testament te doen

Geweld, dwang, dwaling, bedrog of vreesaanjaging kan ‘n testament ongeldig maak omdat animus testandi ontbreek

Onbehoorlike beïvloeding slegs oorweeg nadat vasgestel is dat die testateur wel animus testandi gehad het, waar die vraag dan een van wilsvryheid word.

o Wilsvryheid Testateur moet absolute wilsvryheid hê oor hoe sy boedel verdeel. Verskeie faktore soos dwang, bedrog of onbehoorlike beïvloeding sal die testateur se

wilsvryheid kan beïnvloed Onbehoorlike beïnvloeding sou ‘n invloed op wilsvryheid kon uitoefen, sodat die testateur

nie meer ‘n vrye wilsluiting kan maak nie.

Geestesgekrankes of persone onder die invloed van verdowigsmiddels of drank is gekenmerk as persone sonder die vereiste testeerbevoegdheid. Hul bevoegdheid moet beoordeel word aan die hand van die tersaaklike omstandighede van elke afsonderlike geval

Testament moet in geskrewe vorm wees. Geen mondelinge testament nie, nie video of DVD of elektroniese formaat met ‘n elektroniese handtekening nie.

Page 8: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Vereistes vir die herroeping van ‘n testament o Animus revocandi: herroepingsbedoelingo ‘n regtens erkende handeling waardeur hierdie bedoeling kenbaar gemaak word

Herlewing van testamente o Herlewing sal plaasvind van ‘n testament wat herroep is of verval het as:

Die testament wat verval het of herroep is, moes behoorlik verly gewees het toe dit oorspronklik gemaak is

Dit moet deur verwysing ingelyf word by ‘n nuwe, behoorlike verlyde testament Die erflater moet die bedoeling hê om die testament te laat herleef.

Gekrenkte geestesvermoë en bevoegdheid om te erf o Ing die erfreg is so ‘n persoon bevoeg om te erfo Daar sal ‘n curator bonis deur die hof benoem word om die erfenis namens die begunstigde te

administreer.

‘n verkwister word nie as iemand met gekrenkte geestesvermoëns beskou nie.

‘n Intestate erfgenaam erf dmv representasie as hy as erfgenaam in die direkte linie van afstmmelinge sy vooroorlede voorouer as erfgenaam vervang. Representasie vind ook plaas wanneer ‘n afstammeling ‘n erfgenaam vervang wat gerepudieer het, of wat nie in staat is om te erf nie. Maw erfopvolging by representasie beteken dat ‘n persoon wat in ‘n verdere graad van bloedverwantskap aan die erflater verwant is vir doeleindes van intstate erfopvolging behandel word asof hy nader aan die erflater verwant is, omdat hy in die plek van ‘n ander erfgenaam tree

‘n “kodisil” word egter gewoonlik gebruik om te verwys na ‘n addendum of bylaag by ‘n bestaande testament. Sowel testamente as kodisille is dus testamentêre geskrifte.

Die vereistes vir die herstel van’n herroepe testament kan dus soos volg saamgevat word: o Die testament wat herstel word, moes behoorlik verly gewees het ooreenkomstig die formaliteite

wat gegeld het toe die testament gemaak iso Die testament moet steeds bestaan (dws dit moes nie vernietig gewees het nie)o Die testament moet deur ‘n nuwe testament herstel word (dit kan nie mondeling herstel word nie)o Die herstellende testament moet ooreenkomstig voorgeskrewe formaliteite verly word.

Die belangrike aspek ivm ‘n modus is dat die voldoening daaraan nie die vestiging van ‘n begunstigde se reg affekteer nie.

Aanwas beteken dat voordele wat aan een begunstigde bemaak is, deur ‘n ander mede-begunstigde geneem word, dws dit val die ander betgunstide toe omdat die mede-begunstigde om die een of ander rede nie kan erf nie

Page 9: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

By die gewone voorwaardelike fideicommissum word die eiendom aan een begunstigde bemaak onderworpe aan die voorwaarde dat indien ‘n bepaalde onsekere toekomstige gebeurtenis plaasvind, die eiendom op ‘n ander bevoordeelde moet oorgaan. Indien daardie onsekere toekomstige gebeurtenis nie plaasvind nie, dan bly die eerste bevoordeelde (die fiduciarius) eienaar, en wanneer hy uiteindelik sterf vorm die eindom deel van sy boedel.

Die grondgedagte agter die begrip “trust” is die Germaanse konsep van Treuhand. Die beginsel hiervan kan soos volg omskryf word: om reghebbende te wees, nie vir mens self nie maar ten behoewe van ‘n ander of vir ‘n bepaalde onpersoonlike doel.

Samevoeging re (of samevoeging deur die saak) vind plaas wanneer die testateur dieselfde saak ( of voordeel) aan twee of meer persone in verskillende bemakings gegee het.

Samevoeging re et verbis vind plaas as die testateur, in een bemaking – in een asem as’t ware – dieselfde voordeel aan meer as een begunstigde bemaak. (een voordeel, een bemaking)

Samevoeging verbis tantum vind in beginsel plaas waar afsonderlike voordele aan verskillende bevoordeeldes in een bemaking – in een asem – bemaak word. (twee voordele, een bemaking)

Besondere delegasie van testeerbevoegdheid is waar die bevoordeeldes uit sekere persone of ‘n sekere klas persone aangewys word. (ek bemaak my plaas aan my dogter, by haar dood moet sy die plaas aan een van haar dogters bemaak)

Algemene delegasie van testeerbevoegdheid beteken dat die ontvanger van die bevoegdheid ‘n vrye keuse het om die begunstigdes te kies. (restant van boedel aan trustees, inkomste daarvan aan my vrou vir duur van haar lewe, na haar dood moet kapitaal gehandel word soos deur haar testament bepaal.)

‘n Wederkerige testament sal altyd ‘n gesamentlike testament wees, maar ‘n gesamentlike testament hoef nie noodwendig ‘n wederkerige testament te wees nie.

‘n bepaling word as contra bones mores beskou as dit die bedoeling van die erflater is om die bestaande huwelik te ontbind. Sodanige bepaling sal slegs as pro non scripto beskou word, indien die erflater se bedoeling was om die huwelik op die rotse te laat vaar en nie as die ontbinding van die huwelik eenvoudig maar een van die gevolge van die uitwerking van die bepaling is nie. Sou ‘n bemaking derhalwe tot die verbrokkeling van ‘n huwelik aanleiding gee, sonder dat dit die erflater se bedoeling was, sal sodanige bemaking nie ongeldig wees nie. (Ex parte Swanevelder)

Erfreg maak deel uit van die privaatreg. Dit bevat regsvoorskrifte oor wat met iemand se boedel na sy dood gebeur, wie die bevoordeeldes is en wat hulle sal erf. Ook die uiteenlopende regte en verpligtinge van persone soos bevoordeeldes tov die boedel van ‘n oorledene

Page 10: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Indignus : onwaardige persoon. Iemand wat op onregmatige wyse die dood van die oorledene of van die oorledene se coniunctissimi veroorsaak, word outomaties as ‘n indignus beskou. (Taylor v. Pim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen tav iemand wat die oorledene se dood veroorsaak het gebruik nie, ook vir alle tipes handelinge wat teenoor die oorledene gepleeg is, wat ooreenkomstig die heersende gemeenskapsopvattings as skandelik beskou kon word.

Erfopvolging kan op 3 wyses geskied o Ing ‘n geldige testamento Deur die werking van ‘n intestate erfreg by ontstentenis van ‘n geldige testamento Ing ‘n kontrak of ooreenkoms (hvk)

Kollateraal verwys na ‘n persoon wat verwant is aan die oorledene omdat hy of sy dieselfde voorouer as die oorledene het

Per Capita erfopvolging vind plaas wanneer ‘n intestate erfgenaam geroep word om te erf op grondslag van die bloedverwantskap waarin hy met die oorledene staan. Meer as een bloedverwante van dieselfde graad van verwantskap met die oorledene sal gelyk erf.

Intestate erfopvolging is van toepassing indien n oorledene sterf: o Sonder om enige testament na te laato Waar hy wel ‘n geldige testament verly het wat met verloop van tyd in sy geheel of gedeeltelik

nietig geword het.o Met ‘n geldige testament waarin hy versuim het om oor al die bates in sy boedel te beskiko ‘n dokument nalaat wat oënsynlik ‘n testament is, maar wat nie voldoen aan die formaliteite wat in

testamente gestel word nie en nie ing art 2(3) van die Wet op Testamente gekondoneer word nie.

afstanddoening (Repudieer) o moet skriftelik afstand doeno begunstigde ontvang geen voordeel nieo voordeel vererf aan die erfgenaam van die restant of volgens die reëls van substitusie, aanwas of

intestate erfopvolging.o Indien daar afstand gedoen word van die restant, sal dit intestaat vererf.

Inbring o Mede-erfgename moet aandring op inbringo Slegs kinders van die oorledene is onderworpe aan inbringo Die kinders kan verplig word tot inbring, indien hulle in die hoedanigheid van erfgenaam erf.

Selfde met Kleinkinders (as hul ouers nie meer leef en hulle dus as erfgename erf)o Legaat is nie tot inbring verplig nieo Skuldeisers van die oorledene word die bevoegdheid ontsê om aan te dring op inbring, hulle sal

moet gebruik maak van die reël van Insolvensiereg om voordele te vorder vir ‘n boedel wat nie ten volle sy sulde kan delg nie.

o As die bedrag wat ingebring moet word so groot is dat die begunstigde niks ontvang nie, word die boedel verdeel asof daardie begunstigde nie bestaan nie.

o Langslewende gade wat binne gemeenskap getroud was, is ook daarop geregtig om te eis dat desendente inbring voor verdeling van die gemeenskaplike boedel

Page 11: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

o Skuld wat verjaar het is geen verweer teen die verpligting om in te bring nie.

Wie is geregtig om op inbring aan te dring? Enigste persone wat op inbring kan aandring, is desendente wat self verplig is tot inbring Geen verpligting op enige begunstigte om in te bring ten gunste van assendente, syverwante,

vreemdelinge wat nie intestaat van erflater kan erf nie Erflater se skuldeisers en legatarisse kan ook nie op inbring aandring nie Langslewende gade wat binne gemeenskap van goed met erflater getroud was, is daarop geregtig om te

eis dat oorledene se desendente dit wat hulle voor die oorledene se dood van hom gekry het inbring voor verdeling van gemeenskaplike boedel

Inbring verval o As die betrokke erfgenaam weier om te erf,o Die ander mede-erfgename nie op inbring aandring nieo Die erflater in sy testament bepaal dat geen inbring moet plaasvind nieo Indien uit die besondere omstandighede afgelei kan word dat die erflater inbring nie wou laat

plaasvind nie.

Die Boedelwet 66 van 1965 gee nie ‘n duidelike antwoord oor wie die eienaar is van die goed wat aan die oorledene behoort het , direk na sy dood.

Vermoedens (bedoeling van tstateur op ‘n oorwig van waarskynlikhede o Waar ‘n erflater ‘n testament gemaak het dat hy oor al sy bates wou beskik en derhalwe testaat

wou sterfo Shaeffer –saak : Dat ‘n testateur nie sy kinders of desendente wou onterf nie maar bedoel het om

hulle almal gelyk te bevoordeelo Wynne-saak: Testament na dood nie gevind kan word nie, dat dit vernietig iso Receiver of revenue v. Hancke: Testateur slegs oor sy aandeel in eiendom wou beskik in sy

testament waar hy die mede-eienaar van mede-eiendom iso Rohm-saak: Dat ‘n gesamentlike testament die afsonderlike testamente van die mede testateurs

bevat en dat elke testateur oor sy eie nalatenskap alleen wou beskik. (vermoede teen boedelsamesmelting)

o Dat begunstigdes gevestigde regte ing die testament by die dood van die testateur verkryo Van Zyl – saak : Ten gunste van direkte substitusie en teen fideikommissêre substitusie in geval

van redelike twyfelo Brits – saak: Waar bates aan ‘n begunstigde bemaak word dat die volle eiendomsreg aan hom

bemaak iso Waar ‘n testateur sy desendente of syverwante as ‘n groep sonder name of getalle as sy

erfgename benoem het dat ‘n vooroorlede erfgenaam per stirpes gerepresenteer moet word ooreenkomstig die bepalings van die intestate erfreg.

Page 12: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Tipes rektifikasie van testament wat in ons reg erken word o Klerikale foute, soos tikfouteo Woorde of klousules wat verkeerdelik ingevoeg iso Woorde of klousules wat verkeerdelik uitgelaat is

Bronne van interpretasieo Die testament selfo Leunstoelgetuienis is altyd toelaatbaaro Ekstrinsieke getuienis is toelaatbaar slegs waar die testament onduidelik of dubbelsinnig is, om

die testament te vertolk om die bedoeling van die testateuur vas te stelo GEEN verklaring van die testateur self oor wat hy bedoel het is egter toelaatbaar nie

Geldige oprigting van ‘n trusto Die oprigter moet die bedoeling hê om ‘n trust op te rig en moet handelingsbevoegheid hêo Die oprigting van die trust moet geskied by wyse van ‘n skriftelike ooreenkoms of ‘n testamentêre

geskrif of hofbevelo Die trusteiendom moet redelik duidelik omskryf weeso Die trust moet met ‘n oogmerk of doel ingestel word

Sertifikaat ing art 2(1)(a)(v) moet aangebring word o Wanneer die testateur die testament onderteken deur ‘n merk te maako Wanneer iemand anders die testament namens die testateur onderteken

Vereistes Radley v. Stopforth: beslis dat die sertifiserende beampte sy amp as die van

kommissaris van ede op die testament moet aanbring, anders is die testament ongeldig.

Op enige bladsy van die testament Kommissaris moet elke bladsy, op enige plek onderteken

Inhoud (Kommissaris van ede sertifiseer dat) Oortuig wees van die identiteit van die erflater Oortuig wees dat die ondertekende testament die testateur se testament is. Versuim hieraan maak die testament ongeldig (die sertifikaat moet op die testament self aangebring word waarin hy sertifiseer

dat hy oortuig is van die bogenoemde. Die sertifikaat moet stipuleer dat hy in sy hoedanigheid as ‘n kommissaris van ede opgetree het.)

Die Bloedige hand stelreël: strek nie verder as Ouer, kind of gade nie. dus sal ‘n grootouer, broer of kleinkind nie daardeur uitgesluit word nie. (Ex parte Steenkamp en Steenkamp)

Page 13: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

uitsonderings op die reël dat ‘n persoon oorlede moet wees voordat erfopvolging kan plaasvind o Waar die hof ‘n bevel van vermoede van dood uitreik en bepaal dat die boedel verdeel kan word.

Die persone wat beweer dat ‘n persoon dood is, moet dit bewys.o Tydens Boedelsamesmelting. Die gevolg is dat die langslewende testateur se boedel verdeel ing

die bepalings van die testament van die eerssterwende terwyl hy of sy nog leef.o Wanneer ‘n aantal mense in dieselfde ramp omkom en dit moeilik is om te bepaal wie eerste

gesterf het. dit sou kon gebeur dat die boedels van die slagoffers vererf asof hulle gelyktydig gesterf het, terwyl een of meer van hulle in werklikheid op ‘n latere tydstip oorlede is.

Samevoeging re tantum: o Wanneer ‘n persoon in die een klousule as die begunstigde van eiendom benoem word, terwyl ‘n

ander in ‘n ander klousule as begunstigde ten aansien van dieselfde eiendom aangewys word, sonder vermelding van elkeen se aandeel

Klousule 3: ek bemaak my woonhuis aan A, Klousule 5: ek bemaak my woonhuis aan B.

A & B word deur die woonhuis saamgevoeg, omdat dit aan elkeen nagelaat word. Dit geen aanleiding tot die afleiding dat die bedoeling was dat aanwas moet plaasvind

(tensy daar ‘n ander bedoeling uit die testament blyk, indien A of B voor die erflater sou sterf.

Re et verbum saamgevoeg: ( re et verbis ) o Wanneer dieselfde eiendom in dieselfde klousule aan verskillende begunstigdes bemaak is, maar

versuim om te vermeld wat elkeen se aandeel in die eiendom is. Ek bemaak die restant van my boedel aan my broers en susters. Gee aanleiding tot die vermoede dat daar ‘n bedoeling was tot aanwas indien een van

die begunstigdes voor die erflater sou sterf, en daar geen ander bedoeling uit die testament afgelei kan word nie.

Verbis tantum samevoeging: o Wanneer dieselfde saak in dieselfde klousule van ‘n testament aan verskillende begunstigdes

bemaak is, met verskillende aandele daarin aan bepaalde begunstigdes toegewys Ek bemaak die restant van my boedel in gelyke dele aan my drie broers Bevind dat die wyse van samevoeging aandui dat aanwas nie bedoel is nie, tensy ‘n

teenstrydige bedoeling uit die testament sou blyk. Lello v. Dales bevind dat dit nie outomaties tot die vermoede teen aanwas aanleiding gee

nie.

Formaliteit vir wysiging van ‘n testament. (skrapping of tipex van gedeelte of woorde) o Waar testateur wysig, moet hy dit deur sy handtekening bevestig, in die teenwoordigheid van 2

bevoegde getuies wat gelyktydig teenwoordig iso Getuies moet daarna in die teenwoordigheid van mekaar en die testateur die wysigings bevestig

deur daarby te tekeno Getuies mag nie ‘n merk maak nieo Ingevolge Artikel 2A het ‘n Hof die bevoegdheid om ‘n testament of gedeelte daarvan as herroep

te verklaar as die erflater se bedoeling om te herroep uit die testament of aparte dokument blyko Ingevolge Artikel 2(3) kan ‘n Hof die wysiging geldig verklaar al voldoen dit nie aan die

formaliteite nie

Page 14: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Watter effek het die verandering in status van ‘n testateur (egskeiding) tot gevolg op sy testament o Verandering in testateur se regstatus bv. ‘n huwelik of kinders, het nie die outomatiese

herroeping van testament tot gevolg nieo Artikel 2B (die wet tot Wysiging van Erfreg 43 van 1992): ‘n Egskeiding het wel ‘n uitwerking

op sy testament maar net vir ‘n beperkte tyd en net tov sekere begunstigdes.o As ‘n persoon sterf binne 3 maande na egskeiding of nietigverklaring van huwelik, erf sy

voormalige gade nie, tensy dit blyk vanuit die testament dat die voormalige gade wel begunstig moet word, ten spyte van die huwelik se ontbinding.

o Sou ‘n persoon nie binne 3 maande sy testament verander, erf die voormalige gade welo Dié artikel het slegs te doen met uitwerking van ‘n egskeiding / nietigverklaring op die testament.

DIT HERROEP NIE DIE TESTAMENT NIE en ander bepalings van die testament word dus nie geraak nie

Verduidelik wanneer dies cedit en dies venit plaasvind o “ek bemaak die helfte van my bates aan X. Wat ookal oorbly by X se dood moet na Y gaan.”

Albei vind onmiddelik plaas tov X en is uitgestel tov Y tot X se dood. As X voor die erflater sterf sal albei plaasvind tov Y

o “ek bemaak my plaas, Leeukop, aan my seun. My vrou mag in die huis op die plaas aanbly tot by haar dood”

Dies cedit vind onmiddelik plaas tov die seun, maar dies venit is uitgestel tot die dood van sy vrou aangesien die gebruik van die plaas aan haar bemaak is tot haar dood.

o “ek bemaak my plaas, the Willows, aan my dogter, Mary, met dien verstande dat sy in Suid-Afrika sal aanbly na my dood. Indien sy nadat sy geerf het sou immigreer, moet die plaas na my broer Sam gaan.”

Albei vind plaas tov Mary, albei is uitgestel tot Mary SA verlaat tov Sam. Sodra Mary SA verlaat sal albei plaasvind tov Sam. Sou sam sterf voordat Mary SA verlaat sal albei gevestig bly in Mary aangesien die regte nie oorgedra het op Sam nie, dus sal Mary se afstammeling / begunstigdes die voordeel erf en nie Sam sin nie, die voordeel sal dus nie in Sam se boedel rus nie maar in Mary se boedel. Omgekeerd as Mary SA sou verlaat voordat Sam sterf.

Dies cedit is die tegniese term wat gebruik word om die oomblik te beskryf wanneer bevoordeelde ‘n gevestigde reg verkry

Dies venit is die tydstip wanneer ‘n bevoordeelde die eiendom mag geniet wat hy geërf het of die dag wanneer lewering van die voordeel moet plaasvind

Basiese verskil tussen wysiging en herroeping van ‘n testament wat die formaliteite aanbetref o Wanneer ‘n testament gewysig word, moet die formaliteite ing die Wet op Testamente nagekom

word. ‘n Testament kan egter sonder enige formaliteite herroep word, bv deur dit te vernietig.

Page 15: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Soorte voordele wat ingebring moet word o Voordele wat ‘n kind as deel van sy erfenis ontvang heto Voordele ontvang ter bevordering van ‘n kind se beroep of besigheido Voordele wat met die oog op ‘n huwelik gegee is

Voordele wat nie hof ingebring te word nie o Geskenke wat uit vrygewigheid gegee wordo Voordele wat ‘n kind ontvang het vir dienste wat hy gelewer het – die diens wat gelewer is, moet

egter meer substansieel wees as die blote huishoudelike verpligtingeo Onkoste wat die ouers aangegaan het vir die onderhoud en opvoeding van hul kinders.

Onderskei tussen ‘n boedel en die restant van die boedel o Die Erflater se boedel bestaan uit sy bates en lasteo Die gedeelte van die erflater se nalatenskap wat oorbly na betaling van die begrafniskoste,

beredderingskoste, belasting, skulde en legate sal die restant van die boedel uitmaak.

Barcleys Bank v. Andersono ‘n voorwaarde in ‘n testament wat die uitwerking het dat ‘dit ‘n bestaande huwelik opbreek, is

geldig waar sodanige effek bloot insidenteel is en nie deel van die testateur se bedoeling vorm nie.

Bekker v. Naudeo Art 2(3) van die Wet op Testamente kan slegs toepassing vind waar die oorledene die betrokke

dokument persoonlik opgestel het

Wanneer verval ‘n legaat: o Adempsie: indien die erflater vrywillig , gedurende sy lewe die voorwerp van ‘n legaat vervreem, verval

die legaato Legataris sterf voordat die legaat in hom of haar vestig. Die begunstigde moet leef om te kan erf. Indien

artikel 2C van die Wet op Testamente van toepassing is, sal substitusie van die legataris ex lege geskied en die legaat sal nie verval nie.

o Legataris wys die legaat van die hand. As die testament nie voorsiening maak vir substitusie nie en art 2C nie toepassing vind nie, sal die legaat in die restant van die boedel val om onder die oorblywende erfgename te verdeel

o Legataris is onbevoeg om te erf. As daar geen moontlikheid vir substitusie of aanwas bestaan nie, sal die legaat deel uitmaak van die restant van die boedel

o Die bemaakte voorwerp is vernietig. As daar niks oorply wat kan vererf nie, word daar aanvaar dat die erflater die bemaking herroep het.

o Erflater se boedel is insolvent. Daar kan geen oordrag van legate aan legatarisse plaasvind nie, omdat al die bates in die boedel aangewend moet word om die skuldeisers van die boedel te betaal.

Page 16: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Die Gevolge Van Boedelsamesmelting (Art 37 Van Boedelwet)

1. Langslewende testateur verloor die bevoegdheid om die wederkerige testament te wysig. Langslewende kan dus nie na aanvaarding vd voordeel self ‘n testament maak wat bots met die bepalings vd wederkerige testament.

2. Aanvaarding van ‘n voordeel maak so ‘n testament onherroepbaar en onveranderbaar.3. Ingevolge gemenereg het die uiteindelike bevoordeeldes (die bevoordeeldes uitgesluit die langslewende) nie ‘n

saaklike reg op daardie deel vd saamgesmelte goed vd langslewende gehad. Sou die langslewende dus gesekwestreer word, sou hul slegs ‘n konkurrente eis teen die insolvente boedel hê.

4. Artikel 37 gee nou aan hul dieselfe reg as die langslewende testateur. Hul is gevolglik daarop geregtig om oordrag van albei helftes vd onroerende eiendom te eis.

5. Sou die langslewende testateur kies om geen voordeel te neem nie, is die effek daarvan die volgende:- die langslewende testateur mag geen voordeel hoegenaam uit die boedel vd eerssterwende testeur neem

nie; die langslewende testateur behou sy eie boedel en mag na willekeur daaroor beskik; die wederkerige testament het as testament vd eerssterwende testateur slegs op die boedel vd

eerssterwende testateur betrokke onderworpe aan die bepalings dat die langslewende testateur geen voordeel uit die boedel vd eerssterwende testateur mag kry nie.

6. Daar bestaan ‘n vermoed TEEN boedelsamesmelting. Ingeval van twyfel, dus ‘n vermoede dat testateur slegs oor sy eie boedel beskik het.

Aanwas vind plaas waar die mede-erfgenaam of medelegataris o Die eerssterwende is (voor die erflater oorlede is)o Onbevoeg is om te erfo Die voordeel repudieero ‘n begunstigde was wat onderworpe aan ‘n opskortende voorwaarde, wat nie vervul is nie, sou

erf. Aanwas kan slegs plaasvind indien daar nie deur die testateur self vir substitusie

voorsiening gemaak is nie, of waar substitusie nie ex lege weens die werking van art 2C(2) van die Wet op testamente plaasvind nie.

Die testamentêre trust (Mortis causa=met die oog op die dood) :o Eiendomstrust : Trustees is eienaars van bates

Diskresionêr Nie-diskresionêr

o Bewindtrust: Bevoordeeldes is eienaars van bates (onder trustee se beheer)

Eiendomstrust: ek bemaak my boedel in trust aan my trustee, X. My kinders ens…….Bewindtrust: ek bemaak my bates aan my kind, Y. die bates moet egter in trust gehou word tot Y se voordeel….

Die grondgedagte van die trust is die Germaanse Treuhand-begrip. Hoe kan mens die begrip omskryf? o Om reghebbende te wees, nie vir mens self nie, maar ten behoewe van ‘n ander of vir ‘n bepaalde

onpersoonlike doel

Page 17: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Page 18: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Algemeen - Lank Artikel 1 van die Wet op Intestate Erfopvolging

o Reël 1 1.1 Waar die oorledene deur een gade oorleef word, maar geen afstammeling nie, erf die gade die ganse intestate

boedel, selfs waar die oorledene deur sy of haar oueres, broers en suster oorleef word, daardie persone uitgesluit word.

1.2 Waar die oorledene deur meer as een gade en geen afstammelinge oorleef word nie moet die intestate boedel in gelyke dele tussen die gades verdeel word

o Reël 2: Waar die oorledene deur ‘n afstammeling oorleef word, maar geen gade, erf die afstammelinge die hele

boedel in gelyke dele en representasie is moontlik. Dus waar daar 3 kinders is waarvan een oorlede is net 2 kleinkinders, sal twee van die kinders elk

een derde erf en die derde van die oorlede kind sal gelykop verdeel word tussen sy twee kinders (kleinkinders van die erflater)

Indien ‘n kind van die oorledene voor die oorlede gesterf het, of onbevoeg word om te erf, of afstand doen van sy erfenis, dan vererf die deel (wat daardie kind sou ontvang het) in gelyke dele aan die afstammeling van daardie kind. Hierdie proses is representasie ex lege en hou ad infinitum aan.

o Reël 3: Twee moontlikhede , afhangende van die aantal gades wat oorleef. Die boedel kan ook verder verdeel word ing die huweliksgoederebedeling wat toepassing vind:

3.1 Waar die oorledene oorleef word deur een eggenoot en afstammeling(e), erf die langslewende eggenoot ‘n kindsdeel, of ‘n bedrag soos deur die Minister van Justisie bepaal (tans R125K) watter ook al die grootste is. Die afstammelinge van die oorledene sal die restant (as enige) van die intestate boedel erf.) ‘n Kindsdeel is die waarde van die boedel verdeel deur die getal kinders wat die oorledene of oorleef

het, of voor hom oorlede is maar deur hul afstammelinge oorleef word, plus die aantal gades wat die oorlenene oorleef.

Die bedrag waarop die langslewende eggenoot ing die huweliksgoederebedeling geregtis is, word eers afgetrek en die restant van die intestate boedel, nadat alle skulde betaal is, word dan verdeel onder die langslewende eggenoot en die afstammelinge.(p33 vir som)

3.2 waar die oorledene deur meer as een gade oorleef word, erf elke oorblywende gade ‘n kindsdeel, of ‘n bedrag deur die Minister van Justisie bepaal (R125K) watter ook al die grootste is.

die afstammelig sal die restant van die intestate boedel erf. Waar die oorledene se bates nie genoegsaam is om elke gade die bedrag te laat toekom nie, word die boedel gelykop tussen die langslewende gades verdeel en niks val die afstammelinge toe nie.

o Reël 4: Waar die oorledene geen eggenoot of afstammelinge nalaat nie, maar deur albei ouers oorleef word, erf hulle die intestate boedel in gelyke dele.

Ouers sluit in biologies, aannemende en opdraggewende ouers (surrogaatskap) van die oorledene in, maar nie stiefouers nie.

Indien albei ouers leef, word alle ander verwante in die sylinie van die erfenis uitgesluit

o Reël 5: waar slegs deur een ouer oorleef, maar nie deur ‘n eggenoot of afstammeling, erf die langslewende ouer ‘n helfte van die intestate boedel en die afstammelinge van die ander ouer erf die oorblywende helfte.

as die oorlede ouer geen ander afstammelinge het nie val die hele boedel aan die langslewende ouer toe. Verdeling onder die afstammelinge van ‘n vooroorlede ouer vind deur representasie plaas (per stripes)

Page 19: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

o Reël 6: Geen gade, afstammelinge of ‘n ouer oorleef word, maar oorleef word deur afstammelinge van sy ouers, word die boedel in twee verdeel.

Twee gelyke dele wat elk van die ouers se kant toeval. Daarvan vererf een helfte by wyse van representasie aan die afstammelige van die oorlede vader en die

ander helfte staaksgewys aan die afstammelinge van die oorlede moeder. Die volle broers en susters van die oorledene sal ‘n deel van albei helftes erf. Halfbroers en susters slegs uit die helfte van die boedel wat gegaan het na die ouer waardeur hulle van die

oorledene verwant is.

o Reël 7: nie oorleef deur ‘n gade, afstammelinge of ouers nie en slegs een van sy vooroorlede ouers afstammelinge het, sal daardie afstammelinge die enigste erfgenaam wees.

o Reël 8: Waar nie oorleef word deur ‘n gade, afstammelinge, ouer of ‘n afstammeling van ‘n ouer nie, sal die naaste bloedverwant erf.

Binne gemeenskap: Gesamentlike boedel Elk het ‘n halwe aandeel Boedel word verdeel by die dood van die eersterwende gade Langslewende gade ontvang dan sy helfte en erf van die oorledene se helfte ‘n kindsdeel of R125 000, welke

die grootste isBuite gemeenskap

Moet bepaal of die aanwasbedeling van toepassing is en waar nie As wel, word die intestate boedel eers aan die aanwasbedeling onderwerp voordat dit verdeel Aanwas word dan of afgetrek of bygevoeg Langslewende gade erf dan ‘n kindsdeel of R125K, welke grootste, en behelse die aanwas bedeling waarop

hy geregtig is

Onbevoegdheid om te erf van ‘n intestate boedel o Art 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging bepaal dat as ‘n persoon onbevoeg is om ‘n intestate

erfgenaam te wees, die voordeel wat hy sou ontvang, vererf asof die erfgenaam onmiddellik voor die dood van die oorledene gesterf het en asof die erfgenaam nie onbevoeg was om te erf nie

o As die onbevoegde self erfgename sou wees, sal daardie erfgename by wyse van representasie die erfenis, wat wat die onbevoegde sou toeval, erf.

o As onbevoegde geen afstammelinge het nie, sal die deel wat die onbevoegde sou toeval ing normale intestate erfopvolgingsbeginsels op die ander erfgename van die oorledene oorgaan.

‘n insolvente verklaarde persoon behou sy bevoegdheid om te erf, maar enige eiendom wat aan hom behoort val in die insolvente boedel en moet deur ‘n trustee ten behoewe van die skuldeisers bestuur word.

Page 20: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Fundamentele reëls van erfopvolging

o Persoon moes gesterf het Behalwe waar die hof ‘n bevel van vermoede van dood uitreik en bepaal dat die boedel verdeel kan

word. Diegene wat beweer dat ‘n persoon dood is, moet dit bewys. Aangesien die moontlikheid bestaan dat die oorledene steed lewe vorm hierdie geval ‘n uitsondering op die reël dat hy oorlede moet wees voordat erfopvolging kan plaasvind. Die bevel is onderworpe daaraan dat sekerheid verskaf word dat die boedel aan daardie persoon herstel sal word indien hy te voorskyn sou tree.

Boedelsamesmelting is ook ‘n uitsondering. Die geheel van die boedels of gedeeltes van die boedels van verskeie testateurs word gekonsolideer in ‘n enkele ekonomiese eenheid vir doeleindes van ‘n testamentêre beskikking. Die langslewende testateur se boedel verdeel ing die bepaligs van die testament van die eerssterwende terwyl hy nog leef.

Wanneer ‘n aantal mense in dieselfde ramp omkom en dit moeilik is om te bepaal wie eerste gesterf het. dit sou kon gebeur dat die boedels van die slagoffers vererf asof hulle gelyktydig gesterf het, terwyl een of meer van hulle in werklikheid op ‘n latere tydstip oorlede is.

o Oorgang van regte en/of verpligting mbt die bates en/of status van die oorledene Iemand moet die plek van die oorlede testateur inneem mbt eienaarskap van sy bates

o Bevoordeelde moet ten tyde van die dies cedit leef of verwek wees Die oorgang van regte, is ‘n voorvereiste vir erfopvolging, dus moet daar iemand wees aan wie die

regte kan toeval Waar ‘n bevoordeelde reeds gesterf het wanneer die bemaakte voordeel vestig, kan daar geen

sprake van erfopvolging wees nie, behalwe waar die oorledene in sy testament of hvk voorsiening maak vir die geval waar die bevoordeelde eerste sterf, of waar ex lege substitusie plaasvind.

Vestiging van die bemaakte voordeel geskied nie wanneer die bevoordeelde reeds verwek, maar nog nie gebore is nie. bemaking word uitgestel tot die kind lewendig gebore is. Konsepsie moes voor die testateur se dood plaasvind.

Sommige gemeenskappe in die gewoontereg het gewoontes wat bestem is om erfgename vir ‘n eggenoot na sy dood te verskaf. Ukugena en Ukuvus is voorbeelde hiervan.

o Bevoordeelde moet bevoeg wees om te erf. In gewoontereg word die bevoordeelde se bevoegdheid dikwels gekoppel aan die reël van manlike

nalatenskap., die reël is in die Bhe-saak ongrondwetlik bevind.

Afstanddoening o Art 1(7) van die Wet op Intestate Erfopvolging handel ook oor afstanddoening.o Indien die intestate erfgenaam van die oorledene afstand doen van sy reg om so ‘n erfgenaam te wees en die

oorledene deur ‘n langslewende eggenoot oorleef word, sal die langslewende eggenoot die deel waarvan die erfgenaam afstand gedoen het, erf.

o As die oorledene egter nie deur ‘n langslewende eggenoot oorleef word nie, dan sal die afstanddoenende erfgenaam geag word voor die oorledene te gesterf het en sy afstammelinge sal dan by wyse van representasie (staaksgewys) erf.

o As die erfgenaam wat afstand doen, geen afstammelinge het nie, sal die erfenis ing die normale intestate erfopvolgingsreëls toeval aan die intestate erfgename van die oorledene.

Page 21: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Bevoegdheid om intestaat te erf:

o Slegs natuurlike persone kan erf Slegs natuurlike persone, afgesien van hul ouderdom, is in staat om intestaat te erf. Geen

regspersoon of kommersiële entiteit is in staat om intestaat te erf nie.

o Buite-egtelike, owerspelige en bloedskendige kinders Ing gemene reg is ‘n buite-egtelike kind slegs in staat om intestaat van die moeder en haar verwante

te erf, maar nie van die vader en sy verwante nie. Die posisie is gewysig deur art 1(2) van die Wet op Intestate Erfopvlging, dus het enige kind die

bevoegdheid om op intestate wyse van albei ouers en hul bloedverwante te eis, afgesien van die omstandighede waaronder die kind verwek is.

o Kinders gebore agv kunsmatige bevrugting Indien daar bevind sou word dat ‘n kind buite-egtelik is nadat die bepalings van art 40 van die

Kinderwet toegepas is, kan hy slegs van die moeder waaruit hy gebore is en haar bloedverwante erf. Indien die kind egter wettig is, kan die kind van sy of haar moeder waaruit hy gebore is, sowel as van haar gade ten tye van die kinsmatige bevrugting, en hul eie bloedverwante erf.

o Kinders gebore agv surrogaatmoederskapooreenkomste As die betrokke partye ‘n geldige surrogaatmoederskapooreenkoms gesluit het, sal die kind geag

word die wettige kind van die opdraggewende ouers te wees en derhalwe intestaat van hulle en hul bloedverwante erf.

Sou die ooreenkoms egter gebrekkig wees of deur die hof nietig verklaar word, sal die kind wat gebore word, geag word slegs die kind van die surrogaatmoeder te wees en hy sal dus intestaat van haar en haar bloedverwante erf.

o Aangenome kinders ‘n aangenome kind word ing die Wet op Intestate Erfopvolging geag die afstammeling van sy

aannemede ouers te wees en nie ‘n afstammeling van sy natuurlike ouers nie. Behalwe waar die aannemende ouer ook die natuurlike ouer van daardie kind is of tydens die

aanneming van die aannemende ouer van die kind getroud was. Waar toepaslik, sal die kind ook van die bloedverwante van sy of haar aannemende ouers erf asof hy

of sy hul biologiese familielid is.

o Ongebore kinders Ongebore , maar reeds verwekte kinders is bevoeg om intestaat te erf.

Gevolg van die Bhe v Magistrate op die intestate erfrego Art 23 van die Swart Administrasie Wet is met terugwerkende krag vanaf 27 April 1994 ongeldig verklaaro Landdroste beskik nie meer oor die bevoegdheid om oor die bereddering van die intestate bestorwe boedels

van Swart persone toesig te hou nieo Die bereddering van alle boedels moet ing die bepalings van die Boedelwet onder die toesig van die Meester

van die Hoë Hof valo In gewoontereg word die bevoordeelde se bevoegdheid dikwels gekoppel aan die reël van manlike

nalatenskap., die reël is in die Bhe-saak ongrondwetlik bevind.

Page 22: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Gesamentlike gevolge van Daniels v. Campbell en Hassam v. Jacobs op die erfreg. Daniels v Campbell

Hof het die aanwending van die Wet op Intestate Erfopvolging uitgebrei na gades in Moselm en Hindoehuwelike.

Betekenis van die term “eggenoot” in die Wet op Intestate Erfopvolging en “langslewende” in die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades na partye tot ‘n monogame Moslemhuwelik uitgebrei

Hassam v Jacobs Hof beslis dat ‘n vrou wat ‘n party is by ‘n poligene Moslem huwelik wat ing Moslem reg gesluit is, wel as

‘n eggenoot beskou word vir doeleiendes daarvan om te erf of om ‘n eis in te stel teen die boedel van haar vooroorlede gade wat sonder ‘n testament gesterf het.

Indien die bates van die boedel nie voldoende is om aan elke gade die bedrag wat deur die Minister vasgestel is te gee nie, moet die boedel gelykop tussen die oorlewende gades verdeel word.

Noem vereistes vir ‘n trust om geldig tot stand te kom o Die oprigter moet die bedoeling hê om 'n trust op te rig. o Die oprigting van die trust moet geskied by wyse van 'n skriftelike ooreenkoms (bv 'n

huweliksvoorwaardeskontrak), 'n testamentêre geskrif of 'n hofbevel.o Die trusteiendom moet redelik duidelik omskryf wees. o Die trust moet met 'n oogmerk of doel ingestel wees,

dit wil sê die trusteiendom moet bedoel wees om aangewend te word ten behoewe van bepaalde of bepaalbare persone of met die oog op 'n bepaalde of bepaalbare doel.

o Trustoogmerk of doel mag nie teen ‘n besondere regsreëls, die boni mores (goeie sedes) of die openbare beleid indruis nieo ‘n Trustee beskik oor die bevoegdheid om begunstigdes aan te wys uit 'n groep persone wat die testateur

aangedui het (Braun V Blann & Botha) nie.

Noem 5 verpligtinge van die eksekuteur van ‘n bestorwe boedel o Hy is in ‘n vertrouensposisie mbt die boedelo Hy is verplig om enige persoonlike belang wat hy moontlik kan hê in enige transaksie wat uitgevoer word as

deel van sy fidusiêre pligte, te openbaaro Hy mag geen geheime wins maak nieo Art 49 van die Boedelwet bepaal dat enige aankope van boedelbates deur die eksekuteur of sekere lede van

sy familie nietig is, tensy die Meester of die hof tot die aankoop toegestem het of dit bekragtig.

Page 23: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Spesifieke verpligtinge en funksies wat die Wet voorskryf vir die eksekuteur o Moet boedelbates en dokumente rakende die boedel in sy persoonlike besit neemo Moet ‘n inventaris van al die boedelbates opstel en waarde aangeeo Moet vasstel wie die skuldeisers van die boedel is en hulle eise indieno Moet vasstel of die boedel solvent is al dan nieo Moet ‘n bankrekening in die naam van die boedel open sodra hy boedelgelde van R100 of meer in sy besit

heto Moet daarna die boedel likwideer, dus genoeg boedelbates verkoop om die skuld ten volle te vereffeno Mag boedelbates verkoop om boedelskulde te vereffen voordat hy sy likwidasie en distribusierekening opstel.

Maar dit is gevaarlik, foute sal moontlik uit sy eie sak reggestel moet wordo Die likwidasie en distribusierekenig moet die eksekuteur al die boedelbates met waardasies aangee,

insluitende fidusiêre goed.

Ing art 13 van die Wet op Beheer oor Trustgoed 57 van 1988 kan ‘n hof trustbepalings wysig. Bespreek o Indien 'n trustdokument 'n bepaling bevat wat gevolge teweegbring wat die oprigter van 'n trust na die mening

van die hof nie beoog of voorsien het nie en wat

o (1) die bereiking van die oprigter se oogmerke belemmer, ofo (2) die belange van die bevoordeeldes benadeel, ofo (3) in stryd met die openbare belang is

o kan die hof enige sodanige bepaling skrap of wysig of enige bevel ten opsigte daarvan gee wat die hof billik ag, insluitende 'n bevel waardeur bepaalde trustgoed deur bepaalde ander goed vervang word, of 'n bevel wat die trust beëindig

5 maniere waarop ‘n legaat kan misluk o Adempsie/vrywillige vervreemding deur testateur

o Indien legataris sterf voordat legaat op hom oorgaan

o Indien legataris repudieer

o Indien legataris onbevoeg is om te erf

o Indien bemaakte saak vernietig is

o Indien testateur insolvent raak

Adempsie is ‘n vorm van stilswyende herroeping van die voordeel. Dit vind nie plaas in gevalle waar die testateur noodwendig moet vervreem nie. Bv waar eiendom in eksekusie verkoop word in pand gegee word. As eiendom bloot uit gerieflikheidsoorwegings verkoop is vind adempsie wel plaas

Page 24: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Geldigheidsvereistes vir ‘n testament o Animus Testandi, of die bedoeling om ‘n testament te maak, is ‘n kernvereiste vir ‘n geldige testamento Die testateur moet nie alleen bedoel om vir die vererwing van sy boedel voorsiening te maak nie, maar moet

ook die bedoeling hê om dit dmv ‘n testament te doeno Sonder die animus testandi is ‘n testament deur die oorledene ab initio nietigo Die moontlikheid bestaan dat ‘n gebrek aan animus testandi deur dwang of dwaling bewerkstellig kan wordo Getuienis mag in die hof gelei word om vas te stel of die oorledene die vereiste animus testandi gehad het,

indien daar ‘n dispuut daaroor sou ontstaan.

Verlore Testamente o Die feit dat ‘n testament verlore is, raak nie die feit dat die testateur ‘n geldige testament verly het nieo Die inhoud van die testament kan bewys word deur die dokumentêre of mondelinge getuieniso Indien dit egter bekend is dat ‘n testament in die besit van die erflater was voor sy dood, en dit na sy dood nie

gevind kan word nie, wek ‘n weerlegbare vermoede dat hy dit herroep heto Enige persoon wat ‘n dokument wat voorgee om ‘n testament te wees steel, vernietig, verberg, vervals of

beskadig, pleeg ‘n misdaad en kan met ‘n boete of gevangenisstraf van sewe jaar of albei gestraf wordo Ongemagtigde wysigings of veranderings in ‘n testament is ongeldig.

Belang van Rhode v. Strubbs met betrekking tot boedelsamesmeltingo Volgens gemenereg moet die wederkerige of gesamentlike testamente van gades wat binne gemeenskap

van goedere getroud is, as aparte testamente gelees word, tensy die teendeel duidelik blyko ‘n Testateur kan hom deur boedelsamesmelting die reg ontneem om ‘n eie testament te maak, maar as daar

enige twyfel oor sy bedoeling bestaan, moet die testament uitgelê word om die grootste moontlike testeervryheid toe te laat

o Dit gee aanleiding tot die ondergeskikte uitlegreel, nl die vermoede teen boedelsamesmelting, wat geld wanneer die goue reel van testament uitleg nie van hulp is nie weens vaagheid en dubbelsinnigheid. (Goue reel: om binne die raamwerk van die testament betekenis aan ‘n erflater se woorde te gee)

o Om boedelsamesmelting te bewerkstellig is dit nodig dat die een testateur oor sy eie boedel of ‘n deel daarvan, sowel as oor die boedel, of ‘n deel daarvan, van ‘n ander testateur beskik.

o Vir boedelsamesmelting om effektief te word, moet die langslewende erfgenaam ‘n voordeel ing die gesamentlike testament ontvang.

o Indien boedelsamesmelting nie beoog was nie sal die blote aanvaarding van ‘n voordeel uit die gesamentlike boedel nie boedelsamesmelting tot gevolg hê nie.

Page 25: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Bespreek die gebruik van die testament self as van interpretasie wanneer gepoog word om die testateur se bedoeling vas te stel

o Eerstens moet vasgestel word of die testateur se bedoeling was soos dit blyk uit sy testament as geheel o Hof moet aan die woorde die gewone alledaagse betekenis heg wat hulle gehad het toe die testament

gemaak is, tensy dit uit die verband blyk dat die testateur anders bedoelo Aan tegniese woorde moet die tegniese betekenis geheg word tensy dit uit die konteks blyk dat die testateur

hulle in ‘n ander konteks besig het.o Waar woorde ‘n tegniese sowel as ‘n gewone betekenis het, moet die gewone betekenis geheg word, tensy

ander blyko Waar ‘n woord meer as een keer in die testament voorkom, is daar ‘n weerlegbare vermoede dat die testateur

dit elke keer in dieselfde betekenis besig het, tensy die teendeel blyko As ‘n woord of uitdrukking vatbaar is vir meer as een betekenis, moet die hof daardie betekenis aan dit heg

waarolgens dit eerder geldig as ongeldig sal wees, of sin maak eerder as onsinnig of waar die begunstigde eerder bevoordeel as beswaar of benadeel word.

o Met botsende woorde moet daar gepoog word om hulle te versoeno Soms is dit noodsaaklik om gevolg te gee aan die testateur se bedoeling sonder om aandag aan sekere

woorde in die testament te skenk, as die woorde nie die duidelike bedoeling van die testateur weergee nieo Invoeg van woorde is soms noodsaaklik ten einde ‘n sin te voltooi of uitvoering aan die testament se

bedoeling te gee waar die woorde uitgelaat is.o Die hof moet ook in aanmerking neem of die testament deur ‘n leek, ‘n onervare testamentopsteller of deur ‘n

ervare testamentopsteller opgestel is.

Hof se bevoegdheid om ‘n fideicommissum oor onroerende eiendom te verwydero Waar ‘n begunstigde wat belang het by die onroerende goed wat onderworpe is aan ‘n beperking wat by

testament of ander dokument opgelê is, by die hof aansoek doen om die opheffing of wysiging tot voordeel sal wees van huidige of toekomstige, gebore of ongebore, sekere of onsekere begunstigdes

o Indien die hof daarvan oortuig is dat die aandele in die onroerende goed te klein is om met voordeel geokkupeer of geniet te word

o Of dat daar geen nuttige gebruik daarvan gemaak kan word nie weens ‘n verbod op onderverdelingo Of dat omstandighede ontstaan het wat nie deur die testateur beoog of voorsien is nieo Of as dit in “in die openber belang of in die belang van huidige of toekomstige gebore of ongebore, sekere of

onsekere begunstigdes sal wees om dit te doen.”

Beëindiging van die trustee se diens o By die dood van die trusteeo As die trustee bedank deur skriftelike kennis aan meester, voogde of kuratorso Deur amp ontheffing deur aansoek van die Meester ing art 20 van die Wet op Beheer oor

Trustgoed Indien die trustee skuldig bevind word aan ‘n misdryf waarvoor hy tot gevangenisstraf

gevonnis is sonder keuse van boete. Indien hy versuim om binne twee maande na versoek, tot die tevredenheid van die

Meester sekerheid stel As sy boedel gesekwestreer of gelikwideer of onder geregtelike bestuur geplaas word

Page 26: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

As hy versuim om ‘n plig na te kom wat hom ing die Wet op Beheer oor Trustgoed opgelê is of om aan ‘n wettige versoek van die Meester te voldoen.

Skryf ‘n aantekening oor die vergoeding van ‘n trustee . Trustee is geregtig op die vergoeding waarvoor in die trustdokument voorsiening gemaak is of indien sodanige voorsiening nie gemaak is nie, op ‘n billike vergoeding wat in die geval van ‘n dispuut deur die Meester vasgestel wordWaar ‘n professionele persoon in daardie hoedangheid as trustee optree, is vergoeding wat redelikerwys betaalbaar is in daardie hoedanigheid aan hom as trustee betaalbaar

verskille tussen gewone trusts en trusts vir liefdadigheidsdoeleindes . 1. Dergelike bemakings word toeskietlik uitgelê deur die howe en word nie toegelaat om te misluk nie2. ‘n Testateur kan dit aan die diskresie van ‘n ander oorlaat om die begunstigdes aan te wys in die geval van ‘n

liefdadigheidstrust3. Waar dit moontlik is om die erflater se wense letterlik uit te voer, sal die hof toelaat dat dit so na as moontlik

uitgevoer word

Verduidelik wat met (i) ‘n erfporsie en (ii) ‘n legaat gebeur indien die erfgenaam of legetaris nie die voordeel kan neem nie en aanwas nie plaasvind nie.

Waar ‘n ergenaam nie kan erf nie of die erfenis repudieer en aanwas nie plaasvind nie,sal die erfenis terugval in die boedel ten behoewe vd intestate erfgename

Die testate erfgenaam wat nie ingevolge die testament kon erf nie, mag een vd sodanige intestate erfgename wees.

Indien ‘n legataris nie ‘n legaat vekry nie of dit repudieer, en aanwas nie plaasvind nie, VERVAL die legaat en val terug in die boedel ten behoewe vd testate erfgename. Indien geen testate erfgename nie, sal dit op intestate erfgename vererf.

Bv. “ek bemaak my plaas aan my broer B en die restant van my boedel aan my 2 susters M en N”.

Plaas: legaatB: legatarisRestant: erfenisM&N: testate erfgename

As B nie die plaas kan erf nie, vind aanwas nie plaas nie en sal M en N die plaas erf omdat hul testate ergename is. Intestate erfgename, indien enige sal nie erf nie.As M en N nie kan erf nie en aanwas nie plaasvind nie, sal die testateur se intestate erfgename die restant erf.

Page 27: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

WetteKortweg

Formaliteite ing art 2(1)(a) van die Wet op Testament

Moet aan die end deur testateur self of amanuensis onderteken word (waar die laaste paragraaf ophou) Moet elke ander bladsy op enige plek teken Moet in teenwoordigheid van twee of meer bevoegde getuies geteken word (enige persoon 14 jaar of

ouer wat nie onbevoeg is om in ‘n geregshof getuienis af te lê nie) Getuies moet in teenwoordigheid van testateur attesteer en onderteken (sal voldoen as hulle net die

laaste bladsy teken) (hoef nie kennis te dra van die inhoud van die testament) Waar testateur deur ‘n merk of as amanuensis namens die testateur onderteken, moet dit in die

teenwoordigheid van ‘n kommissaris van ede geskied en die formaliteite tav sertifisering geld dan

Art 2(3) van die Wet op Testamente (Bekker v. Naude)

Verleen aan die Hoë Hof die bevoegdheid om die Meester te gelas om ‘n testament wat nie aan die verlydings- of wysigingsvereistes voldoen nie, te aanvaar indien die Hof van oordeel is dat dit die erflater se bedoeling was dat die gebrekkig verlyde dokument sy of haar testament of ‘n wysiging daarvan moet wees.

Ook na verwys as die hof se kondonasiebevoegdheid Die bepaling is gebiedend, dus indien daar by wyse van bewys op ‘n oorwig van waarskynlikheid aan die

vereistes van die artikel voldoen word, die hof dan verplig is om ‘n bevel te maak waarin die Meester gelas word om die dokument as ‘n geldige testament te aanvaar.

Applikant hoef slegs testeerbedoeling aan te toon en nie testeerbevoegdheid nie. die persoon wat dan onbevoegdheid beweer moet dit bewys

Art 2 A van die Wet op testamente

Indien slegs die herroepingsbedoeling aanwesig is en dit nie deur ‘n regtens erkende handeling kenbaar gemaak word nie, dan is dit vir die hof moontlik om ‘n bevel uit te reik dat die testament ing hierdie artikel herroep word.

Art 2 C (1) van die wet op Testamente

Bepaal dat indien ‘n afstammeling van ‘n erflater, uitgesonder ‘n minderjarige of geestesongestelde afstammeling, wat saam met die oorlewende gade van die erflater op ‘n voordeel ing ‘n testament geregtig is, afstand doen van sy reg om sodanige voordeel te ontvang, die voordeel in die oorlewende gade vestig

Art 2 C (2) van die wet op Testamente

Bepaal dat indien ‘n afstammeling van die erflater ing die bepalings van ‘n testament, hetsy as lid van ‘n klas of andersins op ‘n voordeel geregtig sou gewees het as hy nie voor die erflater oorlede is nie, of nie onbevoeg was om te erf nie, of nie na die erflater se dood afstand gedoen het van sy reg om so ‘n voordeel te ontvang nie, dan is die afstammelinge van daardie afstammeling, behoudens die bepalings van art 2C(1), staaksgewys (per stirpes) op die voordeel geregtig, tensy uit die samehang van die testament anders blyk.

Page 28: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Art 2 D (1) (c) van die Wet op Testament

Nasciturus-fiksie is hierin gekodifiseer . die art bepaal dat enige voordeel wat toegeken is aan die kinders van ‘n oorledene sal vestig in sodanige kinders wat op die tydstip van die oorgang van die voordeel leef, of wat op die tydstip van die oorgang reeds verwek is en later lewend gebore word.

Wet op Testamente stel sekere vereistes waaraan ‘n testament moet voldoen:o Die testateur testeerbevoegdheid moet hêo Die testament moet voldoen aan die formaliteite in artikel 2 van die wet op Testamente voorgeskryf

Art 4 van die Wet op Testamente

Roep ‘n weerlegbare vermoede in die lewe dat ‘n ieder en elk wat gesond van gees is, en die bewyslas om die teendeel te bewys rus op die persoon wat beweer dat daar ‘n gebrek aan sodanige geestesvermoë bestaan. (so ‘n persoon sal intestaat sterf)

Dit is vir ‘n persoon wat geesteskrank is , of wat kranksinnig verklaar is, moontlik om tydens ‘n helder oomblik (lucidum intervallum) ‘n testament te maak, maar dan moet daar bewys word dat hy of sy inderdaad ‘n helder oomblik beleef het.

Art 4A(1) van die Wet op Testamente

Hiervolgens mag ‘n begunstigde nie in die testament bevoordeel word indien hy by die verlyding daarvan betrokke was nie

Iemand wat ‘n testament as ‘n getuie attesteer en onderteken, of wat die testament as ‘n amanuensis onderteken, of wat die testament of enige gedeelte daarvan in “sy eie handskrif” skryf (testateur mag dikteer en begunstigde tik), en die persoon wat tydens die verlyding van die testament die gade van die persoon is, onbevoeg is om enige voordeel te ontvang.

Art 4A(2): as volgens 4A(1) onbevoeg mag hy steeds oor die bevoegdheid beskik om te erf, aso Intestaate erfgenaam sou wees en waarde van die voordeel gelyk of minder is as wat hy sou

ontvang as die erflater intestaat sou sterfo ‘n getuie mag erf as daar ten minste twee ander bevoegde getuie geteken en attesteer het wat

nie ‘n voordeel uit die testament trek nie,o Onbevoegde persoon kan aansoek doen by hof en probeer om hof te oortuig dat daar aan die

vereistes voldoen is.

Art 1(2) van die wet op Intestate Erfopvolging en 2D (1)(b) van die Wet op Testament

Verleen nou aan buite-egtelike kinders dieselfde status as kinders binne die eg gebore, ten aansien van testate en intestate erfopvolging.

Art 1(7) van die Wet op intestate erfopvolging en art 2C

Maak voorsiening vir substitusie ex lege. dus sal die onbevoegdheid van ‘n persoon nie ad infinitum op die afstammelinge oordra nie.

Page 29: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Artikel 37 van die Boedelwet (Boedelsamesmelting)

Daar moet ‘n wederkerige testament wees Daar moet 2 of meer persone wees wat partye by die wederkerig testament is

‘n Deel vd eiendom van elke erflater of al hul eiendom moet in ‘n eenheid saamgevoeg wees

Die wederkerige testament moet aan die langslewende “’n beperkte reg tov enige goed in die saamgevoegde boedel” toeken

Die langslewende moet die voordeel aanvaar wat aan hom bemaak word

Hierdie beskikking moet die een of ander tyd na die dood vd eerssterwende plaasvind.

Bekker v. Naude: Art 2(3) van die Wet op Testamente 7 van 1953 kan slegs toepassing vind waar die oorledene die betrokke dokument persoonlik opgestel of verly het

Botha v. The Master: ‘n Testament kan deur invoeging van woorde gerektifiseer word.

Barclays Bank v. Anderson: ‘n Voorwaarde in ‘n testament wat die uitwerking het dat dit ‘n bestaande huwelik opbreek, is geldig waar sodanige effek bloot insidenteel is en nie deel van die testater se bedoeling vorm nie

Casey v. The Master: ‘n persoon wat die testateur se dood nalatiglik veroorsaak het, mag nie van die testateur erf nie.

Page 30: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

HofsakeKortweg

Ex parte Davies: o Hof het beslis dat ‘n testamentêre geskrif ‘n dokument is wat enige een van die volgende die

wesenlike elemente van ‘n bemaking omskryf: Die eiendom wat bemaak word Die omvang van die belang wat bemaak word, dws eiendomsreg, vruggebruik

fideicommissum ens Die begunstigde

Arkell v Carter Die saak handel oor die ongeldige delegasie van testeerbevoegdheid

Die gevolg van enige ongeldige benoemingsbevoegdheid berus op die bedoeling van die erflater.

Delegasie van testeerbevoegdheid Algemene beginsel dat ‘n testateur sy testeerbevoegdheid self moet uitoefen Uitsonderings op die reël:

o Tov bemakings vir liefdadigheidsdoeleindes. Hier kan die testateur die administrateur van sy boedel die bevoegdheid verleen om bevoordeeldes aan te wys

o Kan aan die houer van ‘n tussentydse reg (bv fiduciarius) die bevoegdheid verleen om die uiteindelike begunstigdes aan te wys of om te bepaal wat elke bevoordeelde moet kry om die wyse vas te stel waarop hulle moet erf. (bemaakingsbevoegdheid)

die testateur se testeervryheid word beperk deur die volgende beginsels vroeër is die opvatting gehuldig dat die delegasie van testeerbevoegdheid net in samehang met ‘n

fideikommis moontlik is. (persoon aan wie die bevoegdheid verleen is was die fiduciarius en diegene wat hy bevoordeel was fidekommissarisse.)

tans kan die bevoegdheid ook aan ‘n vurggebruike oorgedra word die aangewese persoon moet ‘n voordelige belang by die betrokke eiendom hê en hy moet die

testateur oorleef agv die voordelige belang, kon testeerbevoegdheid vroeër nie aan ‘n trustee gedelegeer word nie

omdat die voordelige belang ontbreek

Ex parte Steenkamp and Steenkamp Nalatige doods veroorsaking as grond vir onbevoegdheid In die saak het die vraag opgeduik of die kategorië van coniunctissimi uitgebrei kon word wanneer die

bloedige hand-stelreël toepassing vind.ing die gemene reg sou die begunstigde onbevoeg wees indien hy die oorledene se gade, ouers of kinders gedood het.

Daar is betoog dat aangesien Steenkamp die grootouers van die begunstigde (kind) vermoor het, hy onbevoeg was om te erf

Hof het die versoek nie gunstig oorweeg nie, het met teësinnigheid opgemerk dat dit dalk moontlik is dat die groutouers en kleinkinders as coniuctissimi van die oorledene beskou waar die kleinkinders deur die grootouers grootgemaak is.

In hierdie saak het die vader van die kleinkinders albei die erflaters (die grootouers) vermoor Hof het bevind dat daar geen kousale verband tussend ie moorde en die verryking bestaan het nie,

omdat die feitlike oorsaak van die verryking die geboorte en die afsterwe van die kind was, en nie die moord op die erflaters nie.

Steenkamp was nie onbevoeg om intestaat van sy dogter te erf nie.

Page 31: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Ex parte Williams : in re Williams Estate Die kondoneringsbevoegdheid van die hof word begrens deur die volgende vereistes:

Die hof moet oortuig wees daarvan dat die dokument opgestel en verly is deur ‘n persoon Wat sedertdien oorlede is en wat Bedoel het dat die dokument sy testament moes wees

Die hof het in die saak beslis dat ‘n testament wat deur iemand anders namens die testateur opgstel is, ook kragtens art 2(3) beoordeel kan word

Moses v. Abinader Meningsverskil het geheers oor die vraag of dit moontlik was dat ‘n testement kan herleef deur ‘n latere

dokument wat as testement verly is, daarna te verwys. Daar is in latere sake beslis dat dit toelaatbaar is om ‘n testament wat herroep is of verval het, te laat herleef

deur daarna te verwys in latere, behoorlike verlyde testement, aangesien daar gevolg gegee moet word aan die wense van die testateur wat in ‘n behoorlik verlyde dokument beliggaam is. Ook dat herlewing op hierdie wyse nie op dieselfde neerkom as inlywing deur wysiging nie.

Herlewing sal plaasvind van ‘n testament wat herroep is of verval het, indien daar aan die volgende vereistes voldoen word

Die testament wat verval het of herroep is, moes behoorlik verly gewees het toe dit oorspronklik gemaak is

Dit moet deur verwysing ingelyf word by ‘n nuwe, behoorlike verlyde testament Die erflater moet die bedoeling hê om die testament te laat herleef.

Campbell v Daly

Die howe tref ‘n onderskeid tussen gevalle waar iemand wat ‘n deskundige in die regsgeleerdheid is ‘n testament opstel, en waar ‘n leek die opstelwerk doen.

Waar ‘n leek die opsteller van ‘n testament was, is die howe meer daartoe geneig om van die gewone en letterlike betekenis van die woorde af te lei wyk, maar waar ‘n regsgeleerde die opsteller was, word daar aanvaar dat hy deur ‘n bepaalde woordkeuse ‘n bepaalde oogmerk in gedagte gehad het.

Indien leunstoelgetuienis aangebied sou word om aan te toon dat die regsgeleerde opsteller van die testament van die erflater se instruksies afgewyk het, mag die hof daartoe geneig wees om of die testament uit te lê volgens die erlater se ware bedoeling, of om te beveel dat die testament gerektifiseer word, afhangend van die graad van afwyking.

Ekstrinsieke getuienis mag slegs gelei word wanneer die testament of sekere bepalings van die testament duidelik dubbelsinnig of onseker is en die erflater se bedoeling vasgestel moet word op ‘n ander wyse as uit die bewoording van die testament.

Page 32: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Ex Parte Maurice

In die saak het ‘n egpaar ‘n konseptestament opgestel en vir ‘n vriend gestuur om dit na te sien. Toe die erflater dood is voordat die testament gefinaliseer kon word, is daar bevind dat ‘n bevel in art 2(3) nie ten aansien van die konsep wat die erflater voorberei het, gemaak kon word nie, omdat die erflater voorsien het dat die testament wel gewysig sou kon word op advies van sy vriend en dat sy derhalwe nie bedoel het dat die dokument ‘n uitdrukking van sy finale wense moet daarstel nie.

‘n Gesamentlike of wederkerige testament hoef slegs eenmaal verly te word. Maw slegs die veelvoud van testateurs en twee getuies hoef die testament te onderteken.

So ‘n dokument word egter as die afsonderlike testament van elk van die testateurs beskou, en elke testateur mag die testament eensydig herroep of wysig met betrekking tot sy of haar bemakings en dit kan selfs bewerkstellig word sonder die medewete van die ander testateur of testateurs.

Die testament kan daarbenewens ook ongeldig wees wat die een testateur betref, dog geldig wat die ander betref.

Ex Parte Swanevelder

In die saak is sekere plase aan die applikant nagelaat onderworpe aan ‘n fideicommissum ten gunste van haar kinders.

Die testament het bepaal dat die opbrengs van die plase onder die applikant se broers en susters verdeel moet word, indien sy kinderloos sou sterf.

Indien die applikant se eggenoot egter voor haar sou doodgaan , sou hierdie bepalings verval. Die applikant het die hof genader om ‘n bevel wat hierdie bepalings nietig verklaar, op grond daarvan dat hulle die verhouding tussen haar en haar eggenoot vertroebel het.

Hof het bevind dat dit nie die erflater se bedoeling was om die huwelik te laat verbrokkel nie en dat, gesien die feit dat die testament slegs na die eggenoot se afsterwe verwys het, dit moeilik te begryp was waarom die bepalings onmin tussen die gades veroorsaak het.

Daar is bevind dat die bepalings geldig was.

Greenberg v. Estate Greenberg In meeste gevalle word adiasie afgelei van die begunstigde se optrede en by adiasie verkry die begunstigde ‘n

gevestigde reg om lewering of oordrag van die bemaakte voordeel van die testateur se eksekuteur te eis wanneer die boedel beredder word.

Dit staan die erflater vry of of dies cedit, of dies venit, of albei uit die stel tot enige tydstip na die datum van sy afsterwe

In die saak verduidelik die hof dat ‘n begunstigde nie onmiddellik by die dood van die erflater die eiendomsreg van eiendom verkry nie, maar in werklikheid ‘n gevestigde reg verkry wat inhou dat hy of sy in die toekoms oordrag van die bemaakte eiendom van die erflater se eksekuteur sal kan vorder, te wete na bekragtiging van die likwidasie- en distribusierekening. Om doelmatigheidsredes word daar egter normaalweg aangevoer dat vestiging op die oomblik van afsterwe van die erflater plaasvind.

Die beskikking moet die een of ander tyd by of na die dood van die eerssterwende plaasvind. Ofskoon art 37 van die Boedelwet uitdruklik melding maak van “na” die dood van die eersterwende, sluit dit waarskynlik ‘n bemaking in wat by die dood van die eerssterwende paasvind. (a37 reguleer boedelsamesmeltig en die gevolge daarvan)

Page 33: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Radley v. Stopforth In die saak het ‘n administratiewe beampte van die Transvaalse Provinsiale Administrasie by die vereenigingse

Hospitaal wat inderdaad ‘n kommissaris van ede was, ‘n sertifikaat onderteken waarin hy van ‘n rubberstempel gebruik gemaak het waarop daar gestaan het dat hy ‘n administratiewe beampte in die hospitaal was. Daar is bevind dat die testament ongeldig is omdat die kommissaris van ede nagelaat het om te vermeld dat hy in sy hoedanigheid as ‘n kommissaris van ede opgetree het.

Daar word nie vereis dat die sertifikaat van die kommissaris die presiese bewoording van die Wet moet volg nie, of dat die voorbeeldsertifikaat net so aangewend moet word nie, maar dit is raadsaam om van die voorbeeld gebruik te maak.

Uitspraak van regte: “ek het geen twyfel nie dat die Wetgewer bedoel het dat die sertifiseerder se besondere amp, waarvolgens hy optree, op die testament vermeld moet word.” Of dit ‘n bindende presedent is kan bevraagteken word.

Die wet maak egter nou daarvoor voorsiening dat die sertifikaat aangebring of voltooi kan word na die erflater se dood, met dien verstande dat die kommissaris so gou doenlik handel.

Taylor v Pim Ing die gemenereg is ‘n persoon onbevoeg om ‘n voordeel uit sy eie onregmatige gedrag te trek. Daar bestaan

kategorieë van persone wat weens hul optrede daarvan weerhou word om te erf. Hof het indirek van nalatige doodsveroorsaking as grond vir onbevoegdheid melding gemaak. Die indignus – beginsel word paslik in die saak toegelig:

o Die oorledene en haar man het ‘n voorspoedige besigheid opgebou. Man bemaak sy boedel wat insluit die besigheid aan sy vrou. Kort na sy dood het die vrou ingetrek saam met Mnr Pim ‘n getroude man. Sy het haarself aan drank begin oorgee.

o Sy verly ‘n testament waarin Pim as enigste erfgenaam en eksekuteur van haar boedel benoem is.o Tydens die verlyding van die testament was sy weer onder die invloed van drank, en tydens ‘n vakansie,

het Pim eers ‘n dokter laat ontbied nadat sy ‘n beroerte gehad het, nadat die hotel bestuurder daarop aangedring het.

o Die oorledene se suster het ‘n aksie ingestel om die testament nietig te verklaar om die volgende redes: Die oorledene nie by haar volle verstand was tydens die verlyding van haar testament nie Sy onder Pim se invloed gedwing is om die testament te onderteken Dat sy drankverslaaf geraak het met Pim se aanmoediging, wat tot haar dood aanleiding gegee

het. Sy op bedrieglike wyse, deur huweliksvooruitsigte, deur Pim oorreed is om die testament te verly.

o Hof het bevind dat daar geen afdoende bewys was vir die bogemelde nie, maar dat Pim wel as ‘n indignus beskou kon word, omdat hy die oorsaak was van die verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe tot een van vernedering en onsedelikheid.

Page 34: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Spies v. Smith Hof verduidelik die rol wat onbehoorlike beïnvloeding speel en konstateer dat dit nie so is dat elke denkbare

inmenging met ‘n testateur se wilsvryheid ‘n grond vir ongeldigverklaring daarstel nie Die hof merk op dat dit nie verbode is om ‘n testateur deur die aanwending van vleiery, liefdesverklarings of selfs

verneïnvloed om ‘n testament op n sekere manier te maak nie. Waar hierdie metodes egter bedrieglik aangewend word, of wanneer die wilsluiting ter sprake in wese nie die van die testateur is nie, maar van die persoon wat hierdie metodes aanwend, bestaan daar onbehoorlike beïnvloeding wat tot die ongeldigheid van die testament aanleiding sal gee

Die blote feit dat partye in ‘n besondere verhouding tot mekaar staan ,is ook nie ‘n genoegsame aanduiding daarvan dat daar onbehoorlike beïnvloeding bestaan nie. Dit is egter ‘n faktor wat saam met ander faktore, soos die testateur se emosionele toestand, sy of haar vermoë om druk te weerstaan en die tydsverloop tussen die beïnvloeding en die verlyding van die testament, in ag geneem moet word.

In Spies v Smith kon die geestesongesteldheid van die testateur nie bewys word nie. die testament was nie ongeldig agv onbehoorlike beïnvloeding nie. Testament was dus geldig

Page 35: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

HofsakeBesprekings

HOFSAKE IN HANDBOEK BESKRYF:

Bekker v Naude Geskilpunt:

handel oor die geldigheid van ‘n testament wat voorgee om die van die eiseres en haar oorlede gade te wees. Oorledene was voorheen getroud . vorige testament het boedel aan die langslewende gade bemaak, wat in die geval die eerste vrou was. Tweede testament is opgestel na die hertroue van die oorledene maar nooit onderteken nie. Die tweede testament is deur ‘n bankbeampte opgestel op versoek deur die oorledene.

hof beslis dat die sleutelvraag was of daar gesê kan word dat die oorledene die testament opgestel het, in die lig van die statutêre vereiste dat die dokument opgestel moes gewees het deur ‘n persoon wat sedertdien oorlede is.

in hof a quo het eiseres se aksie nie geslaag nie, aangesien die hof van mening was dat die wetgewer duidelik onderskei tussen ‘n dokument wat die oorledene laat opstel het, en ‘n dokument wat hy persoonlik opgestel het

appèl na die Hoogste Hof van Appèl. Vraag of die konsep testament deur die oorledene en die appellant “opgestel” is en of dit deur die oorlenene persoonlik opgestel moes wees. Daar is egter beslis dat die wetgewer bewus was van die verskil tussen opgestel” en “laat opstel” en en die woorde “laat opstel” is nie in art 2(3) gebruik nie.

die teenoorgestelde siening in Ex parte Williams is nie deur die hof as oortuigend beskou nie. hof het egter ook na die bedoeling van die wetgewer gekyk. In die Back –saak is geredeneer dat dit nie die

bedoeling van die wetgwer kon gewees het nie en dat dit ‘n absurditeit van art 2(3) sou maak. Hof het ook nie die siening aanvaar nie.

in Bekker het hof bevind dat daar nie gronde bestaan om ‘n afwyking van die gewone, letterlike betekenis van art 2(3) te regverdig nie. Beslis dat die hof net ‘n “kondoneringsbevoegdheid” het as die beoogde testament deur die testateur persoonlik tot stand gebring is. appèl is geweier.

Dus die erflater moes die outeur van die dokument wees en dit wil voorkom as of aanvaar word dat ‘n testament wat deur die erflater saamgestel is en dan aan ‘n ander persoon voorgelees word wat dit neerskryf of tik, wel deeglik kwalifiseer as ‘n dokument wat deur die erflater persoonlik opgestel is.

Bhe v magistrate In die saak is die oorledene se twee dogters uitgesluit om van die intestate boedel van hul vader te erf

weens toepassing van die reël van manlike eersgeboortereg Wet op Intestate Erfopvolging vanaf Oktober 2004 is op alle intestate boedels van toepassing, ongeag

van kulturele affiliasie van die oorledene. Die gewoonteregtelike erfreg kan tans slegs toegepas word dmv ‘n bepaling in ‘n testament. Hof beveel dat alle nuwe boedels onder toesig van die Meester ing die Boedelwet beredder moet word. Die gewoonteregtelike reël van manlike nalatenskap is ongrondwetlik verklaar Wet op Intestate Erfopvolging is na die gewoonteregtelike intestate erfreg uitgebrei.

o Indien ‘n Swart persoon voor April 1994 intestaat gesterf het, sal sy boedel ing die Swart Administrasie Wet vererf

Die erflater het testeervryheid tov gewoonteregtelike eiendom, onderworpe aan die normale beperkings ing gemenereg en statute

Die Fideicommissum kan aangewend word om ‘n soortgelyke gevolg te bewerkstellig as “eersgeboortereg”

Daniels v Campbell

Page 36: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Hof het die aanwending van die Wet op Intestate Erfopvolging uitgebrei na gades in Moselm en Hindoehuwelike.

Betekenis van die term “eggenoot” in die Wet op Intestate Erfopvolging en “langslewende” in die Wet op Onderhoud van Langslewende Gades na partye tot ‘n monogame Moslemhuwelik uitgebrei

Hassam v Jacobs Hof beslis dat ‘n vrou wat ‘n party is by ‘n poligene Moslem huwelik wat ing Moslem reg gesluit is, wel as ‘n

eggenoot beskou word vir doeleiendes daarvan om te erf of om ‘n eis in te stel teen die boedel van haar vooroorlede gade wat sonder ‘n testament gesterf het.

Indien die bates van die boedel nie voldoende is om aan elke gade die bedrag wat deur die Minister vasgestel is te gee nie, moet die boedel gelykop tussen die oorlewende gades verdeel word.

Feite: o man en vrou in 1977 volgens Moslemrites getrou.o Monogame huwelik tot man se oorlye, geen kinderso Intestaat gesterfo Familie maak aanspraak op die huis wat oorspronklik uit ‘n vorige huwelik na die vrou gegaan het en

na die tweede huwelik op die man se naam geregistreer was.

Minister of Education v Syfrets Trust

Die saak voorsien ‘n nuttige feitestel wat aandui hoe die Grondwet ‘n regstreekse invloed op ‘n erflater se testeervryheid kan uitoefen.

Testateur het in 1920 ‘n testament gemaak en ‘n latere kodisil bygevoeg, waarin hy bepaal het dat ‘n trustfonds wat na sy dood tot stand sou kom, aangwend moes word om beurse te verskaf aan blanke, nie –joodse manlike studente wat berig was om oorsee te gaan studeer.

In 2002 het die Minister van Opvoeding ‘n aansoek tot die hof gerig waarin versoek is dat die diskriminerende bepalings in die testament geskarp word

Aansoek berus op 3 gronde:o Art 13 van wet op beheer oor trustgoed, wat die hof magtig om ‘n trustbepaling te wysig indien die

bepaling gevolg meebring wat nie deur die stigter van die trust voorsien is nie en wat in stryd met die openbare beleid is.

o Die gemene reg, wat ‘n verbod plaas op bemakings wat onregmatig, immoreel of teen die openbare beleid is

o Die Grondwet, in die besonder die gelykheids-en anti-diskriminasiebepalings daarvan.

As teenargument is aangevoer dat:o Die bestrede bepalings van die testament geldig was weens die hoë premie wat daar in ons reg op

die testeervryheid van ‘n erflater geplaas word.

Die hof het daarop gewys dat die beginsel van testeervryheid nooit volkome en onbeperk was nie. Met die verloop van jare is daar verskeie gemeenregtelike en statutêre beperkings hierop geplaas:

o Openbare beleido Gelykheido Onbillike diskriminasie

Beslis: bepaling onregveerdige diskriminasie daarstel en die hof het ing sy gemeenregtelike bevoegdheid om bepalings in ‘n testament te skrap wat strydig is moet die openbare beleid, ‘n bevel verleen ing waarvan die testamentêre bepalings wat aanstoot gegee het, geskrap word.

Page 37: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Rhode v Stubs

Indien die langslewende van plan verander en nie meer van plan is dat die boedelsamesmelting moet plaasvind nie, staan dit hom vry om van die erfenis afstand te doen en geen voordeel onder die testament te aanvaar nie. Hy behou dan sy eiendom en mag na eie goeddunke daarmee handel

die erflaters in gemeenskap van goed getroud moet wees of getroud moet wees vir boedelsamesmelting om plaas te vind nie

In die saak is dit duidelik gestel dat boedelsamesmelting slegs intree wanneer die langslewende die voordeel aanvaar het.

Die hof stel ook duidelik dat die feit dat gades wat in gemeenskap getroud was, ‘n wederkerige testament opgestel het, nie noodwendig boedelsamesmelting bedoel het nie.

Gemeenregtelike uitlegreëls bepaal dat jy met twee mense se afsonderlike testamente te doen het, totdat die teendeel aan die lig kom

Blyk duidelik dat die beginsels van boedelsamesmelting moeilik is om aan te wend en dat ‘n hof dit sal verkies om boedelsamesmelting te vermy, indien daar enige twyfel sou bestaan oor die erflater se bedoeling.

Volks v Robinson

Hof is egter tot dusver minder geneig om die regte van persone in heteroseksuele saamblyverhoudings te erken

Die hof was nie bereid om die betekenis van die woord “langslewende” ing die Wet op onderhoud van Langslewende Gade uit te brei nie. Beslis dat dit heteroseksuele persone vrygestaan het om te trou, hulle die gevolge van hul besluit om nie in die huwelik te tree nie moet dra

Persone wat in saamwoonverhoudings versuim het om hul verhouding na die inwerkingtreding van die civil Union Act te formaliseer, verhinder kan word om intestaat van mekaar te erf.

Beslis dat dit nie neerkom op onbillike diskriminasie nie en ook nie die reg op menswaardighied aantas nie, aangesien die huwelik as instelling erken word en dus mag daar tussen getroude en ongetroude persone onderskei word.

Langslewende heteroseksuele lewensvenoot is dus nie in staat om onderhoud van die afgestorwe lewensvennoot se boedel te vorder nie.

Page 38: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

HofsakeBesprekings

VONNISBUNDELAronson v Estate Hart

Volgens die gemenereg kan ‘n erflater nie ‘n voordeel nalaat aan ‘n begunstigde wat nog nooit getroud was nie op voorwaarde dat die begunstigde nooit in die huwelik mag tree nie. Dit is contra bones mores aangesien dit die begunstigde sal aanmoedig om ongetroud te bly. Die voorwaarde is ongeldig en nietig en moet as pro non scripto beskou en die bemaking sal dus onvoorwaardelik word.

‘n Voorwaardelike bemaking is een wat onderworpe gestel word aan ‘n toekomstige gebeurtenis wat onseker is, in die sin dat die wel kan plaasvind, of nie kan nie. Vir dit om geldig te wees, moet ‘n voorwaarde duidelik en uitvoerbaar wees en mag nie onregmatig wees nie.

Feite:Testament bevat ‘n voorwaarde dat die begunstigde alle voordele sou verbeur as sy sou trou met persoon wat nie aan Joodse geloof behoort nie. Een begunstigde doen aansoek dat bepaling nietig verklaar word. Appèlleer nadat aansoek in hof a quo van die hand gewys is.

Vraag:

Is die bepaling nietig as gevolg van onsekerheid of vaagdheid?

Is die bepaling teen die openbare beleid?

Ratio & Bevinding:

Hof sê toets om te bepaal of persoon aan Joodse geloof behoort is of hy/sy die Joodse geloof erken of uitleef. Hof vind dat die testateur se woorde redelik duidelik is om haar bedoeling weer te gee.

Hof voel nie die bepaling is teen die openbare beleid nie. Nie onredelik dat persoon wil verhoed dat sy afstammelinge betrokke raak in verhouding blootgestel aan struweling agv verskillende gelowe nie.

Die 2de regter het egter gesê die die bepalings is onduidelik en daarom nietig.

Die 3de regter sê die bepaling is nie onduidelik nie. Hof sê: as die bepaling immoreel is, is dit pro non scripto. Hof sê daar is niks immoreel is aan ‘n testateur wat verwag dat sy afstammeling trou moet bly aan die geloof van sy voorvaders. MAW die wens dat familie erfenis/tradisie... moet voort leef is nie teen openbare beleid nie.

Barclays Bank DC & O v Anderson

Feite:

Testament bemaak sekere dele van plaas aan kinders op voorwaarde dat die dele permanent deur die begunstigde geokkupeer sal word. Een dogter kon weens mediesse redes en ander dogter se man het besigheid in dorp gehad. Eksekuteur doen aansoek dat 2 dogters hulle voordele verbeur. Dogters sê bepalings is nietig omdat dit ‘n ontwrigtende uitwerking op hulle huwelike het.

Ratio & Bevinding:Hof sê ‘n bepaling wat daarop gerig is om bestaande huwelik op te breek is nietig agv contra bonos mores.Die hele testament moet ondersoek word, om die bedoeling van die testateur te bepaal – Levy.Doel van testateur was om ‘n ‘Mostert-Kingdom’ op sy plaas te begin. Waar sy hele familie saamwoon.Hof sien nie rede hoekom/bewys dat die bepaling enige onmin in die huwelik veroorsaak nie. Bevind die bepalings is geldig.Aansoek word toegetsaan – dogters uitgesluit.

Page 39: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Back v Master of the Supreme Court

Feite: X het geldige testament van 1993 gehad, en kodisil van 1995.

Lei aan terminale siekte en gee eerste applikant instruksie om met prokureur te reël vir veranderings aan testament. Het toe met prokureur gekonsulteer en konseptestament goedgekeur met woorde “This is how I want it”, en prokureur versoek om opinie te kry oor belastingimplikasies. Het toe opinie gekry dag voor hy sterf, maar nie kans gehad om testament te teken nie. Eksekuteurs doen aansoek om konseptestament as testament laat verklaar – aansoek goedgekeur.

Vraag: of in lig van feite en omstandighede van saak, die hof bevoeg is om ‘n bevel uit te reik wat die konseptestament itv art2(3) as testament verklaar.

Ratio: Bewoording van bepaling is dat die hof ‘n bevel sal toestaan wat die Meester aansê om die dokument as die geldige testament te aanvaar, as die dokument nie aan al die formaliteite vereis in art2(1) voldoen nie, op voorwaarde dat die hof tevrede is dat die dokument bedoel was deur die oorledene om sy laaste testament te wees.

1. As die dokument nie aan die formaliteite voldoen nie, moet daar op oorwig van waarskynlikhede bewys word dat dit wel as testament bedoel is deur die oorledene.Die hof het nie ‘n diskresie as genoegsame bewyse gelewer is. Die oorweging van die bewyse is nie die uitoefening van ‘n diskresie nie.

2. Die doel van die wetgewer in art2(3) is om tegnies ongeldige testamente te wettig, sodoende gevolg te gee aan die wense van die testateur.Art2(3) dokument moet opgestel wees deur testateur self, wat sedertdien oorlede is, en wat bedoel is om sy testament(of wysiging daarvan) te wees.

3. Geen aanduiding in art2(3) dat dit slegs geld as sommige of al die formaliteit nagekom is nie.4. Moes die dokument deur testatteur self opgestel wees? Maw met sy eie hande? Uit bewoording wil dit voorkom

ja, selfs blyk dit duidelik wat die testateur se bedoeling was uit die omliggende feite. Hof sê die bepaling vereis nie strenge uitleg nie. Ook sou daardie vereiste van self opstelling onlogies wees in die lig van die doel van die bepaling. Maak juis voorsiening vir nienakoming van formaliteite deur ander formaliteite te skep?

5. Hoofoorweging – is dokument bedoel om testament te wees? Nie funksie van hof om vas te stel wie dit opgetrek het nie, of aan watter formaliteite nie voldoen is nie.

6. Onreg wat bepaling probeer verhoed is die gevolge en ongelykhede wat sal onstaan agv nienakoming van formaliteite – deurdat testateur se wense nie voldoen word nie.

Daarom – ten spyte daarvan dat die dokumente in die saak nie aan die vereistes voldoen nie, en ook nie direk deur testateur self opgestel is nie, is dit uit die feite van die saak duidelik dat dit bedoel is om die testateur se testament te wees – en hof gee ingevolge art2(3) bevel dat dit die geldige testament is.

Page 40: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Braun v Blann & Botha

Feite:Maak bepaling in boedel wat trust skep en gee aan trustees die bevoegdheid om inkomste en kapitaal volgens hulle diskresie aan te wend vir ‘n groep mense wat sy aangedui het. Erflater se dogter doen aansoek dat die restant van die boedel intestaat moet vererf. Betwis geldigheid van testament op grond daarvan dat testeerbevoegdhede nie gedelegeer kan word nie. Ansoek op appèl misluk.

Ratio & Bevinding:RReg het vereis dat testateur self sy boedel moet bemaak. Hiedie beginsel in RHReg ingevoer – VoetDaar is uitsondering op reël – Kan egter aanstelling van fideikommissari aan legaat of fiduciaris oorlaat.Verdere uitsondering – bemaking aan armes ingevolge die kanonieke reg.Die trust is ‘n regsfiguur siu generis. Trust in Sa is deur die howe ontwikkel.Die trustee is die eienaar van die trustbates, maar het geen voordelige belang daarin nie. Val ook nie in sy boedel nie, hetsy in ‘n private trust of onpersoonlike trust. Hof sê ‘n trust kan nie ook as ‘n fideicommissa beskou word nie (fideisommissum – agtereenvolgende belange/trust het belange op die selfde tyd).Klousule 4 van die betrokke testament wat die trustees magtig om ‘n verdere trust op te rig vir die kleinkinders.. Die testateur delegeer dus testateer bevoegdhede wat ongeldig is.

Aantekening1. Voorheen testeerbevoegdhede slegs gedelegeer aan trustees van lifdadigheidstrust. Na Braun- saak ook

bevoegdheid delegeer om uit groep aangewese persone begunstigde te kies – dus spesifieke delegasie van testeerbevoegdheid.

2. Mortis causa trust nie meer fideicommissum. Selfstandige regsfiguur. Howe kan nou eie reëls ontwikkel.

Beslis dat testeerbevoegdheid wel aan ‘n trustee gedelegeer kan word om begunstigdes aan te wys uit ‘n spesifieke groep persone wat die testateur aangedui het

Page 41: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Du Plessis v Strauss

Feite:Bemaak aan seun en 2 dogters elk ‘n plaas, op voorwaarde dat as een sterf sonder afstammelinge die plaas na ander 2 of hulle afstammelinge sal gaan. Seun het sy plaas aan sy Maatskappy oorgedra, met behoud dat plaas na susters gaan – as hy sonder afstammelinge sou sterf. Mpy is gelikwideer. Likwidateur doen aansoek vir bevel waarvolgens belanghebbendes moet toon hoekom daar nie verklaar moet word dat die testament geen fideicommissum daar stel nie.Maw – insolvent het volle eienaar word toe sy kinders gebore is, al word hy deur kinders oorleef. Seun van insolvent staan bevel teen.Hof a quo sê – as insolvent met afstammelinge te sterf kom – sou hulle die plaas erf, indien nie – sal susters die plaas erf. Dus bevel is opghef. Appèl het nie geslaag nie.

Ratio & Bevinding:Vermoede - Indien die liberi wel afstammelinge van die testateur is, ‘n si sine liberis-klousule meebring dat (behoudens die aanduidings van ‘n teenoorgestelde bedoeling) ‘n fideicommissum tactum in hulle guns geskep word.

In ‘n si sine liberis bepaling word onderskei tussen direkte linie en sylinie.

Testateur het stilswyend die afstammelinge van sy kinders as fideikommissêre legatarisse aangewys. Die vermoede wyk as die testament as geheel die teendeel aandui.

Aantekening ▫ As A sonder kinders sterf moet B die plaas erf – si sine liberis decesserit▫ As A dan wel kinders het, bestaan daar ‘n stilswyende fideikommis ten gunste van sy kinders? MAW

moet die eiendom by A se dood aan die kinders gaan, of kan hy dit aan iemand anders bemaak?▫ Lank onsekerheid in die reg – nou deur du Plessis v Strauss uitgewis.▫ Si sine liberis is aan voorwaardelike fideicommissum gekoppel – en blote melding van kinders skep

fideisommissum tacitum ten gunste van hulle.▫ Afleiding kan weerlê word deur teenstrydige bedoeling in die res van testament.▫ Geld net vir afstammeling en nie vir sylinie nie, tensy daar aanduidings in testament is dat dit wel ook vir

sylinie geld.▫ Bedoeling van testateur deurslaggewend.

Page 42: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Ex party Graham

Feite:Vrou en seun (wie erfgenaam in haar testament is) sterf saam in vliegongeluk. Eksekuteur doen aansoek om verklarende bevel dat hulle gelyktydig gesterf het.

Ratio & Bevinding:Hof sê daar is geen vermoede in ons reg oor wie eerste gesterf het nie.Alhoewel Voet verwys na sekere vermoedes is dit algemeengesproke die geval dat tensy die teendeel bewys word – daar aanvaar word die die persone gelyktydig sterf.Ou vermoede – waar pa en seun saam sterf – vermoed dat seun eerste sterf.Ou vermoede (Rreg) – as ouer en kind saam sterf sal vermoed dat die jong kind eerste sterf omdat hy nie sterk genoeg is om weerstand te bied nie. Waar kind ouer is sterf hy na die ouer, ingevolge die gewone loop van mortaliteitHierdie vermoedes egter nie in SA sake gevolg nie, en al vorm hulle deel van die RH reg is dit nie nodig om dit nog te volg in die moderne tye nie.In die besondere saak van ‘n vliegramp waar die uitkenning van liggame onmoontlik was – is dit onmoontlik om te bepaal wie eerste gesterf het, en die waarskynlikheid is dat almal tegelyk gesterf het, word alle vermoedens word dus uitgesluit.

Aantekening'n Begunstigde kan net van 'n ander erf as die begunstigde leef ten tyde van die ander se dood. Waar verskeie

persone in dieselfde ramp sterf (commorientes) kan dit van belang wees om te bepaal wie van hulle eerste gesterf het ten einde vas te stel of die een van die ander geerf het. Die kunsmatige vermoedens wat in die verband in die gemenereq gegeld het as lede van dieselfde gesin in sodanige

omstandighede gesterf het is nie meer in ons req van toepassing; nie. So ook nie die algemene vermoede van die Engelse reg dat die oudste persoon eerste gesterf het afgesien daarvan of die betrokke persone lede van een gesin was of nie.Die algemene reel vandag is dat as die volgorde waarin die persone dood is nie op oorwig van waarskynhkheid bewys

kan word niedaar geen vermoede van of oorlewing of gelyktydige dood is nie. Die tydstip van die oorledenes se dood is met ander woorde vandag 'n feitlike vraag wat sonder die hulp van

vermoedens vasgestel word. Tensy daar getuienis tot die teendeel is sal die howe egter beslis die dat persone gelyktydig gesterf het.

Daar is wel geen vermoede oor die volgorde waarin die persone dood is nie maar die implikasie van die reel dat die persone geag word gelyktydig te gesterf het is om 'n vermoede van gelyktydige afsterwe te skep tensy die teendeel bewys word.

Representasie sal kan plaasvind as die commorientes oor en weer as vooroorlede beskou word I maar nie as hulle geelimineer of weggedink moet word vir doeleindes van die Erfreg nie. Indien 'n afstammeling van die erflater geregtig sou gewees net op n voordeel uit n testament as hy of sy nie vooroorlede was nie, of nie onbevoeg was om te erf nie, dan is die afstammelinge van daardie afstammeling staaksgewys op die voordeel geregtig, tensy uit die samehang van die testament 'n teenstrydige bedoeling blyk. Die afstammeling word dan deur haar desedente gerepresenteer.

In die Graham-saak het die testateur se moeder die boedel geerf. Die moeder is in die testament aangewys as direkte substituut ingeval die seun vooroorlede was.

'n Mens sou dus die Granam-saak as gesag kan beskou vir die stelling dat waar twee persone te gelyktydig omkom, hulle oor en weer as vooroorlede beskou moet word...die testateurs met die woord "qelyktydig" bedoel het , gesien in die lig van die testament as geheel, "om hulle dood by een geleentheid as gevolg van 'n enkele ramp aan te dui, ongeag of daar 'n tydsverskil mag gewees het tussen die wetenskaplike oomblikke van dood.

Page 43: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Harris v Assumed Administrator Estate Macgregor

Feite:Boedel in trust geplaas vir vrou se gebruik. Na haar dood moes inkomste aan kinders verdeel word, of as hulle nie lewe aan broer of sy kinders. Het self nie kinders gehad, broer voor vrou dood, en het ook nie kinders gehad. Die restant moes dus intestaat vererf. Administrateur van trust sê erfename moet bepaal word op datum wat testateur oorlede is. En verhoor hof bevind ook so. Op Appèl vra weduwee dat intestate erfgename op datum van broer se dood bepaal moes word – want dis sy dood wat veroorsaak dat restant nou intestaat vererf.

Ratio & Bevinding:Volgens Gaius: datum om erfgename te bepaal is nie datum van dood, maar datum waarop intestate status seker is.Dit is die geval waar:

▫ terugtrede uit ‘n erflating deur ‘n erfgenaam in ‘n testament▫ die dood van ‘n erfgenaam wat sterf voordat hy ‘n opskortende voorwaarde kon vervul.▫ die diskwalifikasie van ‘n erfgenaam agv onwaardigheid/onbevoegdheid om te erf.

In ons reg is die posisie as volg:1. As persoon sterf sonder om ‘n testament te maak, dan word die intestate erfgename bepaal op datum

van sy dood.2. As die testateur se testament geldig is by sy dood, maar daarna is daar sommige bepalings wat nie

uitgevoer kan word nie, wat aanlieidng gee tot geheel of gedeeltelike intestate vererwing, word die erfgename bepaal op die stadium toe dit seker was dat intestate vererwing sou plaasvind.

Appèl slaag.

Kidwell v The Master

Feite:2 Bladsye testament waarvan 1ste al die beskikkings bevat het en die 2de slegs die onbelangrike bepalings. Testateur het heel onderaand albei blasye geteken – groot spasie tussen die bepalings en sy handtekening. Getuies het slegs op 2de baldsy onderaan atestasie klousule geteken.Meester weier om testament te aanvaar – omdat testateur nie aan end geteken het nie. Sy handtekening was te ver van die end af.

Vraag: Wat is die betekenins van die woorde “aan die einde”?

Ratio & Bevinding:Die attestasieklousule is “aan die einde” van die testament. Dit lyk nie moontlik te wees dat daar enige bedrog kon wees – omdat die invoeging van ‘n verdere bedrieglike bepaling na die atestasie klousule verdag sou wees in daardie posisie. Maar bedrog van hierdie aard is moeilik om te bewys na die dood van die testateurs en die die getuies.Hof waarsku dat daar nie te veel klem op die aspek van bedrog geplaas word,Die handtekening moet egter so na moontlik aan die laaste woorde van die testament wees.Hof sê dat dit (ten spyte van die gaping) tevrede is dat dit wel die bedoelde testament van die oorledene is.Waar daar 2 bladsye (waarvan die laaste slegs onbelangrike bepalings bevat) en die 1ste is voldoende geteken deur testateur en getuies, sal die hof verklaar dat die 1ste deel wat korrek verlei is en dit die geldige testament te wees.Die hof het gesê dat die testateur enige plek op daardie bladsy kon teken. Dit is egter verkeerd. Waar ‘n testament dan net uit 1 bladsy bestaan moet die testateur aan die einde van die laaste woorde teken en die getuies moet ook op daardie bladsy teken. Dus waar bladsy 1 van ‘n 2 bladsy testament beskou word as die testament moet daardie bladsy voldoen aan al die vereistes vir ‘n een bladsy testament.

Page 44: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Kirsten v Bailey -

Feite:Erflater het kort voor haar dood 3 testamente gemaak. Meester aanvaar 3de testament as geldige. Intestate erfgename het geldigheid van 3de testament aangevat – onbehoorlike beïnvloeding.

Vraag:Het die testateur or testeerbevoegdheid beskik ten tye van die verleiding.

Ratio & Bevinding:Hof wys daarop – hy wat beweer moet bewys.Slegs mediese getuienis deur huisdokter wat lank en ook in laaste jare na testateur omgesien het.Hof sê toets om te bepaal of testateur testeerbevoegdheid het is: het sy ten tye van die verleiding genoegsame intelegensie gehad; gesonde verstand en geheue; die aard van die testamentêre handeling besef.Hof bevind: Nee, agv langdurige en erge fisiese onmgesteldheid wat haar verstand en geheue aangetas het.Hof bevind verder dat testateur ook onbehoorlik beïnvloed deur die verweerder – wat belowe het om met haar te trou, en dat sy geglo het dat hy haar sou verlaat as sy nie haar boedel aan hom bemaak nie, dat hy die enigste persoon is wat vir haar sal sorg, en dat sy sonder hom verlore sou wees. Dus ook agv hierdie onbehoorlike beïnvloeding is die 2ste testament tersyde gestel.

Lello v Dales

Feite:Bemaak sy boedel aan trust wat vir duur van seun Harry se lewe aan hom betaal moes word. By sy dood moet restant aan seun se desedente gaan, ander aan testateur se broer (helfte) en neefs& niggies(in gelyke dele).Edward het Seun Harry vooroorlye. Edward en Harry geen kinders. Ander broers het ook gesterf. Harry se vrou doen aansoek dat restant in Harry se boedel moet val. Broerskinders staan teê en sy Edward se deel moet by hulle dele aanwas. Hof a quo sê Edward se deel na Harry se boedel – maar verwerp op appèl.

Vraag – vind aanwas plaas?

Ratio & Bevinding:Hierdie samevoeging was verbis tantum.Moet aflei of dit die bedoeling van die testateur was dat aanwas moet plaasvind.As mens na die testament as geheel kyk, en in ag neem die familie wat die testateur bedoel het om te bevoordeel, moet mens aflei dat dit haar bedoeling was dat seun Harry niks meer as ‘n lewensbelang in haar boedel sal hê nie, en dat sy bedoel het dat by sy dood die boedel na haar familie toe moet gaan.Hof oorweeg dat Edward soveel ouer as Harry was – en testarisie moes voorsien dat Harry vir Edward sal oorleef. Daar is die aanduiding soveel sterker dat testratiese aanwas beoog het.Dit bleik die bedoeling te wees om vir die kinders van haar broers te voorsien indien haar eie seun sou sterf, maar ook vir haar broer Edward – in die geval dat hy dalk vir Harry sou oorleef.Hof besluit Edward se deel sal by neefs se deel aanwas.

Aantekening Hof sê aanwas kan wel plaasvind by verbis tantum . Moet steeds gepoog word om testateur se bedoeling te bepaal. Wyse van samevoeging is slegs een manier om te probeer om bedoeling te bepaal.

Page 45: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Levy v Schwartz

Feite:Bemaak voordele aan dogter indien haar huwelik sou opbreek. Ander dogters se voordele het nie dieselfde voorwaarde gehad nie.Dogter doen aansoek om verklarende bevel dat sy op voordele geregtig is omdat voorwaardes ongeldig is contra bonos mores. Hof staan aansoek toe.

Ratio & Bevinding:Uit die geheel van die testament kan mens die bedoeling van die testateur aflei om die dogter se huwelik te ontbind.Die bepaling is contra bonos mores en teen die openbare beleid. Dit is die siening van alle gemeenskappe dat bepalings daarop gerrig om ‘n huwelik op te breek teen die openbare beleid is. Dit is dus ongeldig.Hof moet net bepaal of daardie bepalings eenvoudig weggelaat kan word.Uit Justinianus – onmoontlike vereistes word as pro non scripto beskou. Onmoontlik dui ook op ongeldig. Slegs daardie ongeldige bepalings word dus weggelaat, omdat die res van die bemaking steeds sin maak al word die ongeldig voorwaarde tersyde gestel.

AantekeningToets om te onderskei tussen ‘n ongeldige verbod wat op huweliksluiting geplaas word, en geldige voorwaarde, is subjektief, gebaseer op die testateur se bedoeling.

Liebenberg v The Master

Feite:

Testateur se testament bestaan uit 1 bladsy, aan einde onderteken, maar getuies het bo-aan geteken. Meester sê dit voldoen nie aan vereistes nie. Getuies moet aan einde teken.

Ratio & Bevinding:

Hof sê die redes vir die voorgeskrewe formaliteite in die wet en art2(1) tov geldige verleiding van testamente is om bedrog en wanpraktyk te voorkom.

Geen vereiste in die wet dat die getuies aan die einde moet teken nie. Wetgewer meen dat dit genoegsame vrywaring teen bedrog is as die testateur aan die einde teken. Die doel van die getuies se handtekening is om te sertifiseer dat dit inderdaad die testateur is wat die testament onderteken het, en nie om die inhoud van die testament te bevestig nie.

Daar is dus geen doel daarin om te vereis dat die getuies aan die einde te teken nie.

Page 46: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Tregea v Godart

Feite:Testateur het terwyl hy voor sy dood in hospitaal behandel is ‘n testament opgestel waarin hy ‘n groot deel van sy boedel aan sy verpleegster bemaak.Die dag van sy dood terwyl hy op ‘n stadium by sy bewussyn was, is die nuwe testament aan hom voorgelees. Hy het geaam dat dit korrek is en sy ‘merk’ daarop aangebring. Die testament is deur die aangewysde eksekuteur en ‘n ander as getuies onderteken. Die eksekuteur was ook die persoon wat die testament opgestel het.Testament betwis op grond daarvan dat hy nie oor nodige testeurbevoegdheid beskik het nie.

Vraag:Op appèl moes hof besluit waar die bewyslas lê.

Ratio & Bevinding:Hof sê testament is prima facie geldig. Persoon wat beweer dit is ongeldig dra die bewyslas vir sy bewering.Hulle moet oorwig van waarskynlikheid bewys.Hof sê daar is vrae oor die geestestoestand van die testateur ten tye van die maak van die testament en toe dit aan hom gelees is, en toe hy sy merk daarop aangebring het.Die fout wat die testateur gemaak het in verwysing (wat in normale omstandighede aanvaarbaar was) dra hier by tot die vermoedens oor sy geestes kapasiteit.

Rens v Esselen

Feite:Bemaak sekere eiendom om kinders en bewerkstellig fideikommis tgv hulle nageslagte. Verkoop intussen eiendom wat vir 2 kinders bestem was. Verander toe op siekbed testament, sodat 2 kinders geld erf. Volgens getuienis van verpleegters en prokureur het testateur gevra dat bepaling oor fideikommisum weggelaat moet word. Per abuis is dit nie gedoen nie. Testateur het testament geteken sonder om te lees – want sy gesig was al baie swak. Seun wat plaas erf doen aansoek om rektifikasie – klousule oor fideikommisum pro non scripto gelees.

Ratio & Bevinding:Die bewoording van testament dui daarop dat ‘n fout gemaak is. Daardie fout beaam deur getuies. Die betrokke klousule verwys steeds na klousules uit die vorige testament en pas nie in by die res van die testament nie. Verwysing na ander klousules is onlogies. VErwys nog na die vaste eiendom wat ander kinders sou geerf het.Hof verwys na onus om die fout te bewys lê op die eiser, op ‘n oorwig van waarskynlikhede.Vraag is of hof bevoegdheid om verligting te verskaf deur rektifikasie of deur die bepaling nietig te verklaar.Die hof kan nie invoeg wat per abuis uitgelaat is nie. Kan hy wel uitlaat – omdat dit wat oorbly tog behoorlik verlei en geattesteer is.Na oorweging van alle gesag (ook Die kodex en Voet) besluit die hof dat daar geen rede is hoekom hy nie die rektifikasie kan maak deur iets weg te laat wat verkeerdelik ingevoeg is nie, en waarvan die testateur onbewus was.

Aantekening Wanneer ‘n testament uitgelê word, moet die testateur se bedoeling bepaal word. Die bedoeling bestaan uit 2 aspekte:

1. Sy begeerte – volition2. die betekenis – sense waarin die woorde gebruik is.

Interpretasie het te doen met die betekenis van die woorde in die sin waarin hulle gebruik is, maar rektifikasie het te doen met die begeerte van die testateur. Moet rektifikasie dus interpretasie voorafgaan, moet eers vasstel watter woorde testateur in die testament wou hê en dan vasstel wat hulle betekenis is.Rektifiskasie kan wees skrapping of invoeging. Onsekerheid oor hof se bevoegdheid om testatmente te rektifiseer. Nou gevestigde reg dat rektifikasie deur skrapping toegelaat word. Rektifikasie net toegelaat as daar op oorwig van waarskynlikhede bewys is;

▫ dat die testament vanwee ‘n fout nie die testateur se bedoeling weergee nie.▫ Wat die testateur se bedoeling was, maw hoe die fout reggestel moet word.

Page 47: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Van Zyl v van Zyl

Feite:1. Oorledene en sy vrou maak in wederkerige testament gedeelte van plaas aan kind – en by sy vooroorlye aan ‘n afstammeling. Alle bemakings onderworpe aan vruggebruik van langslewende.2. As kind sonder afstammelinge sou sterf dan sou voordeel terugval aan lewende legatarisse of hulle afstammelinge in gelyke dele.

Een kind sterf sonder kinders. Oorlewende kinders doen aansoek dat gedeelte nie in sy boedel val nie, maar na hulle toe moet aanwas. Aansoek onsuksesvol in hof a quo, maar op appèl wel.

Vraag:Het bemaking ‘n direkte of fideikommissêre substitusie daargestel?

Ratio & Bevinding:Goue reël is om die bedoeling van die testateur te bepaal, soos uitgedruk in die testament en in die taal wat daarin gebruik is.Korrekte benadering is om eers vas te stel uit die taal wat die bedoeling van die testateur was, en as dit nie moontlik is om die bedoeling met sekerheid vas te stel nie, dan kan daar gesê word dat daar twyfel is.Daar onduidelikheid of die testateur verwys na die dood van die kind voor die dood van die testateur (in die 2de bepaling), of na die dood van die kind na die testateur, maw nadat die regte reeds gevestig het.Tweede bepaling is gekoppel aan eerste en daarom redelik om af te lei dat dit ook in werking kom wanneer kinders se regte gevestig is. Verwys dus na die dood van die legataris (sonder om kinders na te laat) nadat die testateur dood is. Die siening word versterk deur die taal van die klousule. Die legataris wat reeds dood is tot die testateur gesterf het – kry tog nie einge regte nie. Hy het tog nie ‘n gedeelte wat kan terugval as hy nie gelewe het om die gedeelte te ontvang in die eerste plek nie.Hof bevind dus dat die klousule wel ‘n fideicommissum vestig. (Ook omdat daar ook ander bepalings is wat direk met die verbod teen beswaring van die kommissêre bate handel...)Hier het die hof dus teen die vermoede teen die skepping van ‘n fideikommis beslis, agv die ander aanduidings oor die testateur se bedoeling uit die res van die testament.

Aantekening Moeilik om te onderskei tussen direkte substitusie en fideikommis. Vemoede ten gunste van direkte substitusie omdat dit minder beswarend is. Korrekte benadering

Page 48: gimmenotes.co.za  · Web viewPim: verval van ‘n eens voorbeeldige en eerbare lewe) ‘n indignus sal nie in staat wees om intestaat of testaat te erf nie. die term word nie alleen

PVL 202U Erfreg

Estate Whiting

Feite:1ste testament behoorlik verlei. 2de testament slegs 3 dae later, is identities aan 1ste, behalwe dat ‘n adres verander is. 2de Testament herroep uitdruklik alle vorige testamente. 2de testament deur eiser (wat ook erfgenaam en eksekuteur si ) geskryf terwyl testateur dit dikteer het. Bevat nie klousule waarin testateur bemaking aan eiser (as opsteller) goedkeur nie. Dus eiser en sy vrou kon nie erf ingevolge 2de testament nie. Doen aansoek by hof om aanstelling as ekseuteur.

Ratio & Bevinding:Hof bevind dat 2de testament die finale en geldige testament, al beteken dit dat somige bepalings/bemakings nie uitgevoer sal word nie.Reël van siviele reg dat latere testamente voriges herroep. Hierdie reël deur RH reg oorgeneem, met uitsonderings.In ons reg – as latere testamente nie vroeëre testamente herroep nie, moet alle testamente saam gelees word, - van Leeuwen sê albei is geldige testamente.Selfs al kan laaste testament nie uitgevoer word nie (omdat die erfgename uitgesluit word) besit dit steeds die herroepingsklousule, wat die vroeëre testament herroep. Die laaste testament is dus geldig en die bemakings wat nie uitgevoer kan word nie is non scripto.Daar is geargumenteer dat dit nie die bedoeling van die testateur was om slegs sy vorige testament te herroep nie. Hof sê omdat die testament ‘n geldige testament is, moet daar uitvoering gegee word aan daardie deel wat uitvoerbaar is – dus die herroepingsklousule. Daar kan nie gesê word dat die testateur nie bedoel het om die testament te herroep waar die taal dit duidelik so stel nie.Die hof bevind dus dat laaste testament staan, eiser en sy vrou kan nie erf en eiser kan nie as eksekuteur aangestel word nie.