10
1 11 Augustus 2017 1. NUUS UIT ONS SINODE: UITREIK NA LEREKO HOËRSKOOL - 3 AUGUSTUS 2017: Die Sinodale Kantoorpersoneel besoek jaarliks die Lereko Hoërskool in Bloemfontein. Tydens so ʼn geleentheid word daar heerlik oor ‘n koppie tee gekuier en met die onderwysers gesels om te hoor wat hulle behoeftes is. Ons sing saam, ons bid saam… Ons verbintenis met die skool het begin vanweë hulle matrikulante wat jaarliks tydens die jaareindeksamen, op Mooigenoeg Kampterrein gaan woon. Tydens dié tydperk het die leerders dan ʼn rustige omgewing om in te leer, hulle kry ook maaltye wat weer belangrik is vir goeie prestasie. Tydens hulle verblyf hier, kan hulle bloot net op hulle skoolwerk konsentreer. Sommige van die leerders is verantwoordelik vir ʼn huishouding na skool wat baie druk op hulle skoolwerk plaas. Die gevolg van die verblyf op Mooigenoeg is dat die skool nou ʼn bykans 90% matriekslaagsyfer behaal. Die Sinode is ongelooflik trots op hulle! BEDIENING: ONDERSTEUNING: Die Bediening: Ondersteuning het op 8 Augustus 2017 vir die eerste keer na die Vrystaat Sinode, vergader. Dr Leon Foot is tydens hierdie vergadering as voorsitter verkies, met ds Jan Els as ondervoorsitter. Op die Agenda, was onder andere die opdrag van die Sinode om ʼn moontlike 30% besparing te bewerkstellig - hierdie saak geniet dringende aandag. Ds Els Dr Foot BEDIENING: VENNOTE IN GETUIENIS: Die geleentheid sal bestaan uit interessante praatjies, musiek, samesang, besprekings, ‘n middagete, ensovoorts. Verteenwoordigers van verskeie kerke sal deelneem. Ons stuur so gou moontlik ‘n volledige program uit, maar hou solank die datum oop – ons vertrou dat dit ‘n baie inspirerende viering sal wees. RSVP vóór 25 Augustus 2017 na [email protected] of skakel 051 406 6729 (k) Jaar 15 - Uitgawe 23 Kontak ons: [email protected] www.ngkerkvrystaat.co.za

1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

1

11 Augustus 2017

1. NUUS UIT ONS SINODE:

UITREIK NA LEREKO HOËRSKOOL - 3 AUGUSTUS 2017: Die Sinodale

Kantoorpersoneel besoek jaarliks die Lereko Hoërskool in Bloemfontein. Tydens so ʼn geleentheid word daar heerlik oor ‘n koppie tee gekuier en met die onderwysers gesels om te hoor wat hulle behoeftes is. Ons sing saam, ons bid saam… Ons verbintenis met die skool het begin vanweë hulle matrikulante wat

jaarliks tydens die jaareindeksamen, op Mooigenoeg Kampterrein gaan woon. Tydens dié tydperk het die leerders dan ʼn rustige omgewing om in te leer, hulle kry ook maaltye wat weer belangrik is vir goeie prestasie. Tydens hulle verblyf hier, kan hulle bloot net op hulle

skoolwerk konsentreer. Sommige van die leerders is verantwoordelik vir ʼn huishouding na skool wat baie druk op hulle skoolwerk plaas. Die gevolg van die verblyf op Mooigenoeg is dat die skool nou ʼn bykans 90% matriekslaagsyfer behaal. Die Sinode is ongelooflik trots op hulle!

BEDIENING: ONDERSTEUNING: Die Bediening: Ondersteuning het op 8 Augustus 2017 vir die eerste keer na die Vrystaat Sinode, vergader. Dr Leon Foot is tydens hierdie vergadering as voorsitter verkies, met ds Jan Els as ondervoorsitter. Op die Agenda, was onder andere die opdrag van die Sinode om ʼn moontlike 30% besparing te bewerkstellig - hierdie saak geniet dringende aandag. Ds Els

Dr Foot

BEDIENING: VENNOTE IN GETUIENIS: Die geleentheid sal bestaan uit interessante praatjies, musiek, samesang, besprekings, ‘n middagete, ensovoorts. Verteenwoordigers van verskeie kerke sal deelneem. Ons stuur so gou moontlik ‘n volledige program uit, maar hou solank die datum oop – ons vertrou dat dit ‘n baie inspirerende viering sal wees. RSVP vóór 25 Augustus 2017 na [email protected] of skakel 051 406 6729 (k)

Jaar 15 - Uitgawe 23 Kontak ons:

[email protected]

www.ngkerkvrystaat.co.za

Page 2: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

2

Is jy lus om jou volgende vergadering of kamp, in ‘n rustige omgewing deur te bring, kyk dan na Floradale Haven wat onder beheer van die Bediening: Vennote in Getuienis, staan:

BEDIENING: BARMHARTIGHEIDSDIENSTE (ENGO):

VROUE-OGGEND: Die afgelope Saterdag kon vroue ‘n spesiale oggend deurbring met ‘n tema vir die lewe, Jou nuwe seisoen. Hierdie geleentheid is deur ENGO by die venue, Warm Karoo, aangebied. Rulani Rossouw het geopen met 2 Kor 5:17, Daarom, iemand wat aan Christus verbind is, is ‘n nuwe skepping. Die ou dinge is verby,

kyk, die nuwe is hier! Die dames is vergelyk met skoenlappers wat hul vlerke vir die eerste keer sprei… Die gasspreker dr Lizelle Nel, het almal dieper laat dink oor wat ons in ons lewe wil bereik met die tyd wat ons het en wat ons wil nalaat. Elke vrou verdien ‘n seisoen van liefde, lag en geluk, maak seker jou nuwe seisoen is propvol wonderlike ervaringe…

Nicolene du Toit (Bemarkingsbestuurder, ENGO) en dr Lizelle Nel

Die dames het ook ‘n heerlike drumming-sessie deur die aanbieders van Teambo gehad, waar

daar hope tyd was vir lag en speel.

Warm Karoo het gesorg vir ‘n wonderlike oggend met liplekker kos en ‘n warm en ontspanne atmosfeer. Die oggend sou nie moontlik wees sonder ons borge nie, groot dank aan: Warm Karoo, Qwanticum, VoXomnia, House of Coffee, Derma Puur, Mimosa Mall, CUM Books, Intiem Tydskrif, Finesse Tydskrif en Makro.

ENGO DRA DIE GEESTELIKE VERSORGING VAN HUL KINDERS IN JEUGSORGSENTRUMS, OP DIE HART:

Besoek ook gerus ENGO se webblad by www.engo.co.za

Page 3: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

3

2. ALGEMEEN

KERKNUUS IN e-KERKBODE:

HET JY AL GEWONDER WAT “EKUMENE” BETEKEN: Dit is ‘n uiters belangrike

woord in die kerkverband, want dit leer ons om ons geloofsfamilie regoor die wêreld, beter te leer ken. Lees gerus die redaksionele kommentaar in die e-Kerkbode, waarin ons herinner word aan die woorde uit die Apostoliese Geloofsbelydenis wat deel is van die NG Kerk se identiteit, Ek glo aan ‘n heilige, algemene Christelike kerk… - klik hier.

‘N TERUGBLIK OOR DIE ONLANGSE WÊRELDGEMEENSKAP VAN GEREFORMEERDE KERKE (WGGK), SE ALGEMENE VERGADERING IN DUITSLAND:

Prof Nelus Niemandt se kommentaar, NGK deel van dieper eenheid, kan hier gelees word. Ds Nelis Janse van Rensburg het oor, Nog ‘n hoogtepunt in Wittenberg, geskryf, lees hier. Prof Johan van der Merwe het ook die belangrikheid van die ondertekening van die ekumeniese verklaring by bogenoemde vergadering, beklemtoon – klik hier.

(Met erkenning aan e-Kerkbode)

IS DAAR HOOP VIR KLEINER GEMEENTES? Ons leef in ‘n era waar plattelandse dorpe ontvolk en die hele demografie

van ‘n gemeente moet verander. Kan iets daaraan gedoen word om ‘n klein gemeente funksioneel te laat werk? In die dorp Wyoming in die VSA is daar ‘n klein gemeente wat iets aan hierdie probleem begin doen het, lees gerus hul suksesverhaal hier. Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word:

How is your church’s place and context reflected in its ministry? How has your church’s history shaped its approach to ministry? How can your church better collaborate with other congregations, so as to leverage the overall impact in the community? What stake, if any, do non-churchgoers in your community have in your church?

(Met dank oorgeneem uit VrydagNuus - die artikel het onlangs in die Hervormde Kerk se nuusbrief, Blitspos verskyn)

BEROEPENUUS: Die NG Gemeente Welkom-Wes het dr Dawie Botes, tans leraar van die NG Gemeente Vrede-Wes, as

voltydse leraar beroep.

GELUKWENSING: Nog ‘n pienkvoet het by ‘n Vrystaatse pastorie arriveer! Ds Sanri Malan, leraar van die

NG Gemeente Verkeerdevlei en haar man Dawie, het op 4 Augustus 2017, hul dogtertjie Karlie, verwelkom. Veels geluk Sanri en Dawie, mag julle klein prinsessie net vreugde bring vir almal wat deel van haar lewe gaan wees, geniet elke oomblik van haar ontwikkeling, voor julle weet, wil sy trou!

DIE #CONNECT-KAMP VIR HOëRSKOOL TIENERS: Dit is 'n kamp vir tieners van graad 7-12 en bied aan hulle die

geleentheid om weer met God, ander gelowige tieners en hulself te kom "connect". Dit is 'n plek waar ons kinders hulleself kan uitleef en baie pret kan verwag saam met 'n goeie dosis geestelike groei. Die kamp het plek vir 120 kinders en inskrywings sluit 20 September 2017 - klik hier vir die inskrywingsvorm. Gemeentes moet spring om hul kinders in te skryf en die betalings te doen.

Aanbieders by die kamp is di Wollie Grobler, Tano Bongers, Morné Bruwer, Braam Smit en prop Cecilna Grobler. Sy is ook die nasionale koordineerder en as daar enige navrae is, is julle meer as welkom om haar te

kontak op 084 583 2925, 051 401 3478 (k/u 08:00-16:00), of ‘n faks te stuur na 086 608 5372, of per e-pos na [email protected]

Page 4: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

4

3. GEMEENTENUUS:

NG BEDELIA, WELKOM:

NG HARRISMITH:

'n Musiekbedieningsgroep van die gemeente sal die sang en lofprysing tydens hierdie geleentheid lei. Daar sal ruim geleentheid wees vir gebed en aanbidding. Die tema, Manne by 'n kruispad, behoort vir elke man en seun 'n aansporing te wees om hierdie naweek by te woon. Koste is R100pp en sluit onder andere twee etes en verversings in.

NG BLOEMFONTEIN-WES: Die bekende sangpaar, Francois en Elizabeth, bied op Vrydag

1 September 2017 om 11:00, ‘n Lentekonsert aan, spesiaal vir die senior burgers. Die konsert word by die NG Bloemfontein-Wes, Walter Sisuluweg (voorheen Haldonweg), aangebied. As gevolg van die padwerke aan Walter Sisuluweg, gebruik die ingang by die kerksaal in Victoriaweg. Dit dien ook as ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir die gemeente om fondse in te samel, sodat hul lidmate in die gemeente kan help wat finansieël swaar kry. Die sangers het ‘n besondere sagte plekkie vir ouer mense en wil hulle graag spesiaal kom bederf met musiek wat so reg in hul smaak sal val, dus sal daar na ‘n wye verskeidenheid liedjies, sowel as gewilde Golden-oldies, geluister kan word. Alhoewel die konsert gerig is op ouer persone, is enige iemand welkom om dit saam te kom geniet. Na afloop van die konsert sal iets ligs te ete en te drinke in die Kerksaal aangebied word.

Kaartjies is R25pp en is vanaf 10:00 by die deur beskikbaar. Vir vooraf besprekings, kontak die Kerkkantoor by 051 444 2403 (k/u tussen 9:00 en 12:00), of vir Conrad by 076 418 8506 (tussen 17:00 en 21:00). Die sangpaar se albums sal ook na die konsert te koop wees, met pryse tussen R60 en R100.

Bederf gerus daardie spesiale bejaarde in jou lewe met hierdie konsert!

Page 5: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

5

NG WILGEHOF:

4. AKTUEEL:

EKOLOGIE: HOEVEEL WATER GEBRUIK JY DAAGLIKS?: In die Kaap word verbruikers tans beperk tot 87 liter

water per dag as gevolg van uiters streng waterbeperkings. Wanneer mens begin somme maak, is dit

eintlik skrikwekkend hoe vinnig 87 liter water opgebruik word! In die binneland is die waterbeperkings

steeds ook van krag en al het dit aan die begin van die jaar heelwat in dié gebied gereën, is die damvlakke

nog uiters laag. Ons as bewoners van hierdie aarde het ‘n plig om daagliks soveel water as moontlik te

spaar, want as dit opraak, gaan mens, dier en plant tot niet! Klik hier om vas te stel hoeveel water jy of

jou huisgesin daagliks gebruik, jy sal verbaas wees…

KAN DIE AARDE SUID-AFRIKA SE BRAAIKULTUUR BEKOSTIG?: In 1996 het die wêreld-ekonomie elke dag dieselfde

hoeveelheid energie verbrand as wat die natuur 10 000 jaar geneem het om te stoor - dit was 21 jaar gelede.

Die Academy of Sciences beweer dat die wêreld in die volgende 20 jaar 40% meer energie gaan verbruik as

tans! Dit beteken dat ons mooi moet dink voor ons 'n vuur(tjie) aansteek. Elke stompie wat ons verbrand,

dra by tot aardverwarming - iets wat dringend ingeperk moet word ter wille van ons eie en die aarde se

voortbestaan... Lees gerus wat Dawid Botha van die Ekologie Taakspan van die Wes-Kaap Sinode, hieroor te

sê het.

(Oorgeneem uit VrydagNuus, baie dankie vir die inligting)

5. NUUSBRIEWE & PUBLIKASIES:

CHRISTELIKE LEKTUURFONDS:

Help iemand in nood met CLF se publikasies, God hou jou in sy hand en die 40-dae reisgids, Jy is goed genoeg. Dit is Nasionale Testamente-week vanaf 11 tot 15 September, lees wat CLF hieroor te sê het en dan het hulle besluit om die hawelose mense van Wellington te seën met spesiale slaapsakke… Lees hier meer.

BYBEL-MEDIA: Hierdie week is die fokus op die nuutste Kerkbode, met ‘n mooi storie oor ons eie NG

Gemeente Hugenoot in Bloemfontein, op die voorblad - klik hier om te lees.

Page 6: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

6

6. VAKATURES:

VOLTYDSE LERAAR - NG KERKENBERG: Hierdie gemeente, geleë in Harrismith in die Oos-Vrystaat, beskik binnekort

oor ‘n vakature vir ‘n voltydse leraar. Klik hier vir meer besonderhede, sluitingsdatum vir aansoeke is Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00 en diensaanvaarding is onderhandelbaar vanaf 1 November 2017.

VOLTYDSE LERAAR - NG HERTZOGVILLE: Die gemeente beskik tans oor die vakature, klik hier vir al die inligting –

sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 31 Augustus 2017, met diensaanvaarding vanaf 1 Januarie 2018.

LERAAR VASTETERMYN, KONTRAK (3JR) - NG GEMEENTES ARLINGTON EN LINDLEY: Hierdie pos raak

vanaf 1 Januarie 2018 vakant. Die NG Gemeentes Arlington en Lindley is reeds vir ses jaar in ‘n samewerkingsooreenkoms betrokke. Hierdie ooreenkoms behels dat die dienste van ‘n leraar gedeel word, hoewel elke gemeente onafhanklik op hul eie funksioneer. Klik hier vir meer inligting – sluitingsdatum vir aansoeke is Donderdag 31 Augustus 2017.

PRINSIPAAL MAATSKAPLIKE WERKER - ENGO BLOEMFONTEIN: Hierdie voldagpos se sluitingsdatum vir

aansoeke is reeds Vrydag 11 Augustus 2017, klik hier vir meer inligting.

VAKATURES - e-KERKBODE: ‘n Lys van vakatures vir predikante, ander kerklike amptenare en verwante kerklike

instansies, is gerieflik beskikbaar in die NG Kerk se amptelike kerkkoerant, Kerkbode. Klik hier vir die jongste vakatures in die NG Kerk-familie.

7. HERHALINGS VAN BERIGTE/GEBEURE IN ‘N VORIGE UITGAWE:

Klik hier om jou gedagtes te verfris:

Bybelgenootskap se “Bible Run” - 13/8

Nasionale Vrouekonferensie in Bloemfontein - 8 & 9 Sept

NG Brandfort se Tri-Hunt Gospeldiens en kuierdag met Kevin Leo – 20/8

Manne-aand, NG Gardeniapark - 25/8

Pretstap/draf, NG Hospitaalpark - 26/8

NG Verkeerdevlei bied aan: Steve Hofmeyer - 11/10

Pastorale Beradingskursus in Potchefstroom (Trauma bonding) - 9/9 Shepherd VBO-Program vir die res van 2017

8. VERJAARSDAE:

Seënwense vir almal wat die komende week verjaar, mag dit ‘n besondere jaar vir elkeen wees:

11 Aug: Dr Johan Kruger - RIEBEECKSTAD-ERFDEEL - 084 256 8031, [email protected]

12 Aug: Dr Nico Dicks - WELKOM-SUID - 083 780 8300, [email protected]

14 Aug: Ds Hannes du Plessis - REITZ - 072 601 4511, [email protected]

Page 7: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

7

9. TEN SLOTTE: Wyse raad…

Groetnis tot volgende keer...

THEA BOSMAN Samesteller/Redaksioneel: [email protected] Kommunikasie - NG Kerk Vrystaat Tel: 051 406 6719 (k) Faks: 086 609 2547

INDIEN JY OP WIL , KLIK hier (meld asseblief ook jou gemeente/dorp) VRYPOS INTEKEN

AS JY WIL , KLIK hier VRYPOS KANSELLEERStuur enige nuusgebeure, inligting na [email protected] (spertyd vir indiening, Dinsdae @ 14:00)

NG KERK VRYSTAAT WEBBLAD: http://www.ngkerkvrystaat.co.za/

NG KERK VRYSTAAT FACEBOOK:

VRYWARING / DISCLAIMER – Klik hier

VOLTYDSE LERAAR - NG KERKENBERG (HARRISMITH):

In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad die bogenoemde vakature bekend.

GEMEENTEPROFIEL: ‘n Goed gevestigde gemeente geleë in Harrismith in die Oos-Vrystaat, met sowat 570 belydende- en 135 dooplidmate. Die gemeente bestaan uit ‘n boerderygemeenskap en ‘n normale plattelandse omgewing.

VERGOEDING: Volgens sinodale riglyne tot en met kerf 5 en ʼn ruim pastorie word voorsien.

DIENSAANVAARDING: Onderhandelbaar vanaf 1 November 2017.

AMPSPLIGTE: Volgens Artikel 9 van die Kerkorde.

LERAARSPROFIEL: Die volgende is vir die kerkraad belangrik in die vul van die vakature:

Gelegitimeerde proponente en predikante van die NG Kerk tot en met die ouderdom van 45 jaar, kan aansoek doen.

Opregte liefde vir Jesus Christus, sy mense en sy koninkryk.

Passievolle, Skrifgetroue en dinamiese prediking waar kinders en volwassenes betrek word in die erediensgebeure.

Liefdevolle pastorale sorg en gestruktureerde besoekwerk.

Sterk leierskap en samewerking in spanverband.

Page 8: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

8

Aktivering en begeleiding van gesinne en die gemeentejeug deur ‘n gevestigde koffiekroeg en ander gesins- en jeugaktiwiteite.

Samewerking met buurgemeentes en kerke in wyer verband.

Opbouende verhoudings tot voordeel van die koninkryk.

‘n Vernuwende jeugdige bedieningstyl in pas met moderne tegnologie.

Belangstellendes word versoek om op die volgende te let:

Aansoekers moet beskikbaar wees vir ‘n onderhoud, asook die waarneem van ‘n oggend-erediens.

Die kerkraad behou die reg voor om nie die vakature te vul indien ‘n geskikte kandidaat nie gevind word nie.

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Vrydag 25 Augustus 2017 om 12:00

AANSOEKE: ‘n Volledige CV en die kontakbesonderhede van drie referente kan per e-pos gestuur word aan die skriba van die NG Kerk Kerkenberg, by [email protected] (verkieslik in MS Word-formaat).

NAVRAE: Dr J Ries (huidige leraar) by 072 551 6677 / 058 623 0066 Dr D Blake (leierouderling) by 083 306 4060

TERUG NA INHOUD

VOLTYDSE LERAAR - NG HERTZOGVILLE:

GEMEENTEPROFIEL: Hierdie gemeente is geleë binne in ‘n boerderygemeenskap in die Noord-Wes Vrystaat en ongeveer 140km vanaf Bloemfontein en is ‘n behoudende gemeenskap. Daar is 298 belydende- en 78 dooplidmate en bestaan uit ses plaaswyke en vyf dorpswyke. Hertzogville het ‘n baie goeie laerskool en beskik ook oor ‘n Bejaarde Dienssentrum vir selfversorgende bejaardes.

LERAARSPROFIEL:

‘n Gereformeerde en evangeliese prediker wat die gesag van die Skrif aanvaar.

‘n Leraar wat sal aanpas in ‘n plattelandse gemeenskap.

Leraar se vrou moet betrokke wees.

‘n Herder wat in spanverband kan saamwerk en met ‘n visie vir geestelike vernuwing – nie net suiwer verandering nie.

‘n Kreatiewe dinamiese persoon wat nie net oor tegnologiese vaardighede beskik nie, maar wat ook bestuursvernuftig is.

‘n Energieke persoon met ‘n passie vir mense.

Kontak deur middel van huisbesoek is baie belangrik.

Iemand wat met entoesiasme leiding, motivering en samewerking kan bewerkstellig en die Lewende Woord in alle omstandighede suiwer bedien.

WERKSPROFIEL:

Ampspligte: Ingevolge Artikel 9 van die Kerkorde.

Vergoeding: Totale vergoedingspakket - onderhandelbaar “binne Sinodale riglyne”. Die gemeente bied ‘n gerieflike, ruim en netjiese pastorie vir inwoning.

AANSOEKE: Gee ‘n duidelike uiteensetting van hoe u, u rol as leraar sien, ‘n CV, met drie referente, moet u aansoek vergesel. Rig u aansoek en CV per e-pos aan, [email protected]

SLUITINGSDATUM: Aansoeke sluit Donderdag 31 Augustus 2017 DIENSAANVAARDING: 1 Januarie 2018

NAVRAE: Kontak vir Martie de Koker (skriba) by 053 421 9112 (k), of vir ds Francois du Plooy (konsulent), by 082 737 1792, of vir Johan van Rensburg (Voorsitter van die Kerkraad), by 082 374 7898.

Die kerkraad behou hom die reg voor om niemand uit die belangstellendes te beroep nie.

TERUG NA INHOUD

LERAAR VASTETERMYN, KONTRAK (3JR) - NG GEMEENTES ARLINGTON EN LINDLEY:

GEMEENTEPROFIEL: Die NG Gemeentes van Arlington en Lindley is reeds vir ses jaar in ‘n samewerkingsooreenkoms betrokke. Hierdie ooreenkoms behels dat die dienste van ‘n leraar gedeel word, hoewel elke gemeente onafhanklik op hul eie funksioneer. Die leraar hou Sondae ‘n erediens by elke gemeente en vir die week se aktiwiteite word sy tyd in verhouding (40/60) tussen die gemeentes verdeel. Elke gemeente het dus sy eie diensooreenkoms met die leraar.

Page 9: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

9

Arlington Gemeente is ‘n klein gemeente van ongeveer 75 lidmate en bestaan hoofsaaklik uit ‘n boerderygemeenskap. Die gemeente is verdeel in vier plaaswyke en twee dorpswyke. Lidmate se ouderdomme is redelik gebalanseerd tussen oud en jonk.

Lindley Gemeente bestaan uit ongeveer 196 lidmate, waarvan die groter aantal ouer lidmate is en wat in die dorp woon. Die gemeente is verdeel in vyf plaaswyke en agt dorpswyke.

Die dorpe Arlington en Lindley is 20km uitmekaar geleë en is ongeveer 60km vanaf Bethlehem, 80km vanaf Kroonstad en 45km vanaf Senekal geleë.

Beide die dorpies is klein, met min infrastruktuur.

LERAARSPROFIEL:

‘n Leraar wat sal aanpas in twee verskillende plattelandse gemeenskappe.

Oor ‘n sterk persoonlikheid beskik, maar nie dominerend is nie en ook nie beïnvloedbaar is onder groepsdruk nie.

Wat met verskillende kerkrade en gemeentelede sal kan saamwerk.

Goeie menseverhoudings kan handhaaf.

‘n Skrifgetroue, dinamiese en aktuele prediker, wat geestelike groei in beide gemeentes kan bevorder.

‘n Passie vir mense - oud en jonk.

Fisiese gesondheid moet van so ‘n aard wees dat hy sy pligte sal kan uitvoer ten spyte van lang afstande, slegte grondpaaie en laataand ure.

POSBESKRYWING:

Van die leraar word verwag om pligte te verrig ooreenkomstig die betrokke artikels en bepalings van die Kerkorde.

Die kerkrade verwag van die leraar om die normale ampspligte te verrig en ook spesifiek te fokus op die totale gesinsbediening en pastorale besoeke.

Die diensverhouding van die leraar tot die gemeentes word deur die bepalings van die samewerkingsooreenkoms beskryf.

Elke gemeente sal hulle eie diensooreenkoms met die suksesvolle kandidaat aangaan.

VERGOEDINGSPAKKET:

As gevolg van die finansiële posisie van die gemeentes, is hierdie ‘n vastetermynpos met ‘n dienskontrak vir drie jaar. Indien dit tot voordeel van die gemeentes en leraar strek, kan die termyn deur die kerkrade as verteenwoordigers van die gemeentes, in oorleg met die leraar verleng word, ooreenkomstig die besluite van die NG Kerk oor Vastetermyn-dienskontrakte.

Die gemeentes bied ‘n vergoedingspakket en voordele ooreenkomstig sinodale riglyne.

‘n Pastorie in Arlington, is vir bewoning beskikbaar.

AANSOEKE: Stuur asseblief u aansoek en CV, met twee referente aan:

Die Skriba, NG Kerk Arlington Posbus 88 Arlington 9602

óf stuur per e-pos na: [email protected] óf per faks na: 086 685 8894

KONTAKPERSONE: Fred Bertram 082 920 1953 Leierouderling, Arlington Gemeente Johan van Tonder 082 496 2557 Voorsitter pre-advies kommissie Kobus van den Berg 082 415 6924 O/voorsitter pre-advies kommissie Dawie Olivier 072 374 4308 Leierouderling, Lindley Gemeente

SLUITINGSDATUM: 31 Augustus 2017 (LW Die pos word eers vanaf 1 Januarie 2018 vakant)

Uit die aansoeke wat op 31 Augustus 2017 ontvang word, behou die Kerkraad die reg voor om nie ‘n aanstelling te maak, óf om ‘n beroep uit te bring nie.

TERUG NA INHOUD

PRINSIPAAL MAATSKAPLIKE WERKER - ENGO BLOEMFONTEIN:

Posvereistes:

Moet geregistreer wees by die SA Raad vir Maatskaplike Werk

Moet oor ‘n geldige rybewys beskik

Afrikaans en Engels magtig wees

Page 10: 1. NUUS UIT ONS SINODE - NG Kerk Vrystaat UITGAWE 23-2017.pdf · Die volgende vrae kan moontlik deur alle kleiner gemeentes in Suid-Afrika ondersoek word: How is your church ... eintlik

10

Moet oor 7 jaar toepaslike ondervinding beskik

Diensvoordele:

Salaris onderhandelbaar

Diensbonus

Pensioenfonds

Verlof

Navrae: 082 449 0107

Sluitingsdatum: 11 Augustus 2017

Aansoekvorms/CV: E-pos: [email protected]

Die werkgewer behou die reg om nie die vakature te vul nie. Suksesvolle kandidate sal binne vier weke in kennis gestel word of die aansoek suksesvol was al dan nie. Indien geen terugvoer ontvang is in die vier weke tydperk nie, moet aanvaar word dat die aansoek onsuksesvol was.

TERUG NA INHOUD

Lig in die duisternis, hier vir God, mekaar en die wêreld