6
VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS) Iemand het die kerk van Christus (NG Kerk?) vergelyk met ‘n boom wat vir baie jare koel skaduwees en beskutting vir mense gebied het. Maar nou het dit herfs geword en die boom verloor sy blare. Ons geestelike leiers hardloop ons moeg om die blare op te tel en weer aan die takke te plak. Ons probeer hard om die winter te keer. Tevergeefs!? Hoe moet ons oor hierdie beeld dink? Ja, die boom verloor sy blare. Of sal ons sê die boom word gesnoei? Indien dit waar is, het ons hoop, want ‘n boom wat gesnoei word, loop weer uit in die lente. Dus; God se somer kom ...! Clifford gaan vir ons voor uit Johannes 20 v 24-31. Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles SONDAGMIDDAE SAAMKUIER OM 15:30 DIENSSENTRUM Vir alle 50 plussers. Nie seker wat om met jou Sondagmiddag te doen nie? Lus vir gesels en lag en kuier? Kom geniet die geselskap en ‘n heerlike koppie tee/ koffie. Mans en vroue, enkel of getroud u is almal baie welkom. Vir enige navrae: Hannie Koch 028 316 1595 / 081 271 2290 DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll: VGK Hawston Wees Lig! HARTLIK WELKOM Verlede (Goeie-) Vrydag het die volgelinge gesien hoe Jesus in ‘n graf weggebêre word. Saterdag het kajuitraad gehou: Wat het verkeerd gegaan? Hoekom kon Jesus nie die Joodse Raad oortuig nie? Hoekom het die legioen engele Hom nie kom red nie? Maar met (Paas-) Sondag het alles verander. Hulle het opgewek mekaar gegroet oor die Here se opwekking: “Die Heer het opgestaan. Die Heer het waarlik opgestaan!” Hoe raak dit vir jou ...? Ds Okke Jager begryp die omvang van die afgelope Paasgebeure. Hy skryf: As jy Maandag die verbode vrugte eet soos Adam en Eva as jy Dinsdag jou broer doodslaan soos Kain as jy Woensdag jou vader bedrieg soos Jakob as jy Donderdag ‘n ander man se vrou neem soos David as jy Vrydag die Here Jesus verloën soos Petrus as jy Saterdag die gemeente van die Here vervolge soos Paulus en as jy Sondag jou knie buig voor die Here en vra vir vergifnis, sal jy sien hoe Jesus na jou kyk en hoor as Hy tot die Vader bid: “Vader, vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie!” Gaan lees weer Joh. 3v16 Welkom! Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 12 APRIL 2015 TEKS VIR DIE WEEK VIR SONDAG 19 APRIL (DS NEIL OLWAGEN) JOHANNES 19v30; ROMEINE 6v13 en dan EFESIERS 1v3. 1. Wat het Jesus vir ons aan die kruis gedoen? 2. Wat beteken dit wat Jesus uitgeroep het aan die kruis voor Hy sy Gees oorgegee het: Dit is volbring? 3. Is daar nog iets wat Jesus moes doen vir ons om in Hom volkome te leef? 4. Hoe se Paulus moet ons leef in die lig van Romeine 6v13,maw hoe moet ons leef met hierdie boodskap? 5. Wat hoor jy in Efesiers 1v3?Is dit nie ‘n bewys van die Paasgebeure en die bekende woorde:"Dit is volbring" nie? 6. Hoe sou jy nou nadink en leef oor die kruisdood en opstanding van Jesus, en daai wonderlike woorde:"Dit is vol- bring!" DOOP Ons verwelkom spesiaal die doopouers vanoggend Michael en Jeanne-Marie Swift, met baba Robyn Michelle Mag Vader God julle seën.

12 APRIL 2015 Hartklop - NGK ONRUSRIVIER...HEERLIKE SKAAPVLEIS van die Overberg distrik beskikbaar om te bestel (aflewering ’n week voor die Basaar). Bestel by Hans Herbst by 082

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • VANOGGEND SE DIENS (DR CLIFFORD HEYS)

    Iemand het die kerk van Christus (NG Kerk?) vergelyk met ‘n boom wat vir baie jare

    koel skaduwees en beskutting vir mense gebied het. Maar nou het dit herfs geword

    en die boom verloor sy blare. Ons geestelike leiers hardloop ons moeg om die blare

    op te tel en weer aan die takke te

    plak. Ons probeer hard om die winter

    te keer. Tevergeefs!?

    Hoe moet ons oor hierdie beeld dink?

    Ja, die boom verloor sy blare.

    Of sal ons sê die boom word gesnoei?

    Indien dit waar is, het ons hoop, want

    ‘n boom wat gesnoei word, loop weer

    uit in die lente. Dus; God se somer kom ...!

    Clifford gaan vir ons voor uit

    Johannes 20 v 24-31.

    Ons almal saam in diens van

    JESUS CHRISTUS

    oral, altyd en in alles

    SONDAGMIDDAE SAAMKUIER

    OM 15:30 DIENSSENTRUM

    Vir alle 50 plussers. Nie seker

    wat om met jou Sondagmiddag te

    doen nie? Lus vir gesels en lag en

    kuier? Kom geniet die geselskap

    en ‘n heerlike koppie tee/

    koffie. Mans en vroue, enkel of

    getroud – u is almal baie welkom.

    Vir enige navrae: Hannie Koch

    028 316 1595 / 081 271 2290

    DEURKOLLEKTE VANDAG Spes Koll: VGK Hawston

    Wees Lig!

    HARTLIK WELKOM

    Verlede (Goeie-) Vrydag het die volgelinge gesien hoe

    Jesus in ‘n graf weggebêre word. Saterdag het

    kajuitraad gehou: Wat het verkeerd gegaan? Hoekom kon

    Jesus nie die Joodse Raad oortuig nie? Hoekom het die

    legioen engele Hom nie kom red nie? Maar met (Paas-)

    Sondag het alles verander. Hulle het opgewek mekaar gegroet oor die Here se opwekking: “Die Heer het opgestaan. Die Heer het waarlik opgestaan!”

    Hoe raak dit vir jou ...?

    Ds Okke Jager begryp die omvang van die afgelope Paasgebeure. Hy skryf:

    As jy Maandag die verbode vrugte eet soos Adam en Eva

    as jy Dinsdag jou broer doodslaan soos Kain

    as jy Woensdag jou vader bedrieg soos Jakob

    as jy Donderdag ‘n ander man se vrou neem soos David

    as jy Vrydag die Here Jesus verloën soos Petrus

    as jy Saterdag die gemeente van die Here vervolge soos Paulus

    en

    as jy Sondag jou knie buig voor die Here en vra vir vergifnis,

    sal jy sien hoe Jesus na jou kyk en hoor as Hy tot die Vader bid:

    “Vader, vergewe, want hulle weet nie wat hulle doen nie!”

    Gaan lees weer Joh. 3v16

    Welkom!

    Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

    12 APRIL 2015

    TEKS VIR DIE WEEK

    VIR SONDAG 19 APRIL

    (DS NEIL OLWAGEN)

    JOHANNES 19v30; ROMEINE 6v13 en dan EFESIERS 1v3.

    1. Wat het Jesus vir ons aan die kruis gedoen? 2. Wat beteken dit wat Jesus uitgeroep het aan die kruis voor Hy sy Gees oorgegee het: Dit is volbring? 3. Is daar nog iets wat Jesus moes doen vir ons om in Hom volkome te leef? 4. Hoe se Paulus moet ons leef in die lig van Romeine 6v13,maw hoe moet ons leef met hierdie boodskap? 5. Wat hoor jy in Efesiers 1v3?Is dit nie ‘n bewys van die Paasgebeure en die bekende woorde:"Dit is volbring" nie? 6. Hoe sou jy nou nadink en leef oor die kruisdood en opstanding van Jesus, en daai wonderlike woorde:"Dit is vol-bring!"

    DOOP

    Ons verwelkom spesiaal die

    doopouers vanoggend

    Michael en Jeanne-Marie

    Swift, met baba

    Robyn Michelle

    Mag Vader God julle seën.

  • ONS BID VIR ... Sarie van Staden Louis van Brakel

    Martha Swart

    Francois Snyders

    Paul Bezuidenhout

    Hettie van Wyk

    Willie Smit

    Rina vd Westhuizen

    Jeanette Kotze

    André van Vuuren

    Fritz de Jager

    Gideon Botha

    Okkie van Tonder

    Sunsunet Gombert

    Wilkie du Toit

    Jaap Sadie

    Willie Auret

    SPESIALE GEBED:

    Ons bid vir al die skoolkinders en

    onderwysers wat begin met die

    tweede kwartaal. Ons bid vir

    energie, getrouheid, helder den-

    ke en U beskerming Vader.

    Amen

    VERSOEKE Annette 072 903 9189

    NOODKETTING Sheila 084 800 0947

    MA. 13 APRIL DI. 14 APRIL WO. 15 APRIL

    SKOLE HEROPEN

    DIENSSENTRUM: Indien u belangstel om u

    hare te laat sny (mans en vrouens), droogblaas,

    krullers indraai (set) ensovoorts kontak vir

    Ester du Toit by 028 316 2229 of

    083 407 7973 en maak ‘n afspraak.

    Ester sal fooie verskaf.

    SOPKOMBUIS

    09:45 Golden Harvest: Diens in die sitkamer.

    DIENSSENTRUM:

    10:00 Kom wees saam kreatief met alle soorte

    kunswerke. Kontak Joan (028 316 2127/082 710

    2787) indien jy nie oor vervoer beskik nie. Ons

    sal jou kom oplaai.

    Naaldwerk (klere herstel / versteldiens

    beskikbaar). Bring gerus.

    Rug- nek- en skouermasserings vanaf 09h00 –

    12h00 deur Rhone Roos. Koste R30 (lede) en

    R60 (nie lede). Maak afspraak by dienssentrum

    (Joan/Hannie) by 028 316 1745.

    DIENSSENTRUM:

    08:00 Voete– & hande versorging. Maak asb

    afspraak by Marilyn (082 532 6931).

    10h00 – 13h00 DIENSSENTRUM: Kunsklasse

    aangebied deur Willma Burger. Koste is R100

    per maand. Willma begin met waterverf en nooi

    veral ook mans uit om van hierdie geleentheid

    gebruik te maak.

    10:00 TRIMGIM in die sysaal.

    18:00 BYBELSKOOL IS WEER OOP: Dr Johan

    van Schalkwyk gaan voor met ‘n reeks oor die

    Vyfde Gebod.

    DO. 16 APRIL VR. 17 APRIL SA. 18 APRIL

    09:00 BYBELSKOOL IS WEER OOP: Dr Johan

    van Schalkwyk gaan voor met ‘n reeks oor die

    Vyfde Gebod.

    10:30 SPOELKLIPPE uitstappie: Sjampanje

    ontbyt by Fernkloof.

    16:00 GESAMENTLIKE GEBED by die VGK

    Mount Pleasant. U is almal baie welkom!

    Navrae: Annette 072 903 9189

    09:30 - 11:30 KOLWYNTJIE-TEETUIN

    Lemonmeringue-tert en

    Hoenderquiche is maar net

    2 van die 6 geregte op die tafel!

    Vir net R30 kan jy jou vriende

    nooi vir 'n heerlike oggend van

    ontspanning!

    10:00 GEBED in die Gebedskamer.

    Daniël Manne Konferensie Stanford

    Ons bid vir ‘n baie geseënde naweek.

    WAT GEBEUR ALLES SONDAG 19 APRIL?

    09:00 EREDIENS: Ds Neil Olwagen

    besoek ons gemeente en bring die

    boodskap. U is welkom

    WYKE DIENSBEURTE Gebed (Gebedskamer) (Wyk 24)

    Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 15)

    Oorwinning: Maar dié wat op die Here vertrou, kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle loop en raak nie afgemat nie. Jesaja 40:31.

    KLEUTERKERK 3 - 6 jr tydens Erediens (Ark)

    BYBELGROEPE Gr 1 - 5 tydens die Erediens

    TEENTRIX Gr 6 - 11 direk na die Erediens

    Vriendskap: Twee vaar beter as een. Hulle inspanning kom tot iets. As die een val wat alleen is, is daar niemand om hom op te help nie. Prediker 4:9-10.

    Krag: God is my redder; Ek vertrou op Hom, ek is nie meer bang nie. Die Here my God is my krag en my beskerming; Hy is my redder. Jesaja 4:2

    Die Lewe: God het elke ding gemaak dat dit pas in die bepaalde tyd, maar Hy het ook aan die mens ‘n besef gegee van die onbepaalde tyd. Ek het tot insig

    gekom dat daar vir ‘n mens niks beter is nie as om vrolik te wees en die goeie van die lewe te geniet. Prediker 3: 11-12.

    Sorg: En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus. Filippense 4:19

    JESUS, AAN U DIE EER Jesus, ons eer U, opgestane

    Heer, Lewensvors en Koning,

    U het triomfeer! Hoe was U

    verneder, hoe het U gely, hoe

    is U verheerlik, U voer heerskappy!

    Jesus, ons eer U, opgestane Heer,

    Lewensvors en Koning, U het triomfeer!

  • BASAAR 2015

    Die Basaar is om die draai en ons sien reeds met groot opgewondenheid uit na ‘n heerlike

    familiefees! Baie dankie aan elkeen van u wat reeds produk skenkings gegee het asook

    kontak bydraes. U kan verseker weet dat u elkeen ‘n aanddeel het aan die uitbreiding van

    God se koninkryk!

    Ons benodig tans asb die volgende:

    WIT OLIFANTE - pak gerus u kaste bietjie reg en sorteer bietjie uit.

    Ons sal graag enige “oorbodige” items van jou hande afneem.

    BOEKE, CD’s en DVD’s asb. Ons waardeer elke item!

    PLANTE - enige steggies of klein plantjies is ook welkom, ons het

    houers. Groot plante natuurlike ook welkom.

    Kontak Icky by 072 245 3191. Sy kan dit ook by u kom haal.

    DIE TEETUIN soek asb soutterte en groot koeke om te bedien daar.

    Kontak asb vir Muriel by 083 335 5195 vooraf om enige skenkings te bevestig. Baie dankie!

    TUISTESKEPPINGS - ons nooi alle kunstenaars om van hul kunswerke te skenk vir die tuisteskepping tafel. Ons

    vra ook asb décor goed, mooigoed, handgemaakte goed. Kontak asb vir Brenda by 071 895 1070.

    HEERLIKE SKAAPVLEIS van die Overberg distrik beskikbaar om te bestel (aflewering ’n week voor die Basaar).

    Bestel by Hans Herbst by 082 568 9845.

    BASAAR LYSTE: Indien daar nog nie ‘n lys by u ‘n draai gemaak het nie, is u welkom om ‘n bydrae te skenk by die

    kerkkantoor. Baie dankie!

    HANDEHULP: Heelwat stalletjies het nog hulp nodig. Kontak die kerkkantoor of Hans om u naam te gee.

    VIR ENIGE NAVRAE OF HULP WAT U KAN AANBIED, KONTAK ASB VIR

    HANS HERBST BY 082 568 9845.

    BASAAR AFSKOP

    VRYDAGAAND 24 APRIL @ 19:00

    (BASAARTENT)

    TEMA:

    SO SAL JULLE MY NOOIT WEER SIEN NIE

    Ons nooi u na ‘n heerlike saamkuier en afskop van die

    Basaar. Ons word hierdie jaar bederf met ‘n skaap

    spitbraai!

    Ons nooi u ook om enigiets aan te trek wat jy gewoonlik

    nie sal. RAAK KREATIEF! Ons daag julle uit.

    Koste: R80pp (Sluit in die skaap spitbraai, vars

    gebakte brood en konfyt, heerlike slaaie,

    smullekker poeding en koffie/tee)

    Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor en

    daar is slegs 120 beskikbaar - so kom kry een so

    gou moontlik!

    PANNEKOEK OP GROOTMAAT

    Die Pannekoek tafel nooi u nou reeds om eni-ge grootmaat pannekoek bestellings vooraf in te gee. U kan u houer, duidelik gemerk met u naam en kontak besonderhede, asook die be-taling (R5 per pannekoek) na die kerkkantoor bring voor of teen Don 23 April. Dankie!

  • ONS NOOI ALLE MANNE

    Ons hou weer Daniël Konferensie

    op Stanford 17 - 19 April.

    Die koste is R50 vir die hele naweek - die

    aksie is van Vrydag 18h00 tot Saterdag

    16h00, met erediens Sondag om die na-

    week af te sluit. Vir navrae en bespre-

    kings, kontak asb vir Nico Roos by

    083 230 1325 of [email protected]

    PAASFEESREEKS

    BESKIKBAAR

    OP DVD

    Was u aangeraak deur die

    boodskap van Sondag 29 Maart?

    Wil u graag weer die Lydensweek

    meditasie oordink of kon u dit nie bywoon nie?

    Was Goeie Vrydag se diens dalk ‘n boodskap

    wat u weer wil hoor of selfs vir u vriende of

    familie wil stuur?

    Die hele reeks is nou beskikbaar op DVD’s -

    bestel gerus by die kerkkantoor.

    (29 Mrt & 3 Apr apart, Ma - Do op 1 DVD)

    DIE GOD’S VERHALE VAN LIDMATE VIR DIE BOEK OOR ONRUSGEMEENTE

    Ons nooi steeds lidmate om jul stories oor Onrusgemeente aan te stuur na Hanna by die kerkkantoor. Ons is besig om dit byme-kaar te sit in boekvorm. Ons het daarom al jul insette nodig. Stuur asb na [email protected]

    GEMEENTEKAMP 1-3 MEI 2015

    te Montagu karavaanpark. Bespreek asb direk by die kampterrein. Nog enkele huisies ook beskikbaar. Gou spring! Die plekke raak

    vinnig vol. Hul kontak besonderhede: Tel: 023 614 3034 / [email protected]

    www.montagucaravanpark.co.za Hierdie is heerlike “luxury self-catering accommodation” en daar is kampplekke ook beskikbaar. Daar is drie swembaddens waar-van een onderdak en warm is. Dan is daar ‘n trampolien en wat

    die kinders noem ‘n “water wurm”. Daar is ook ‘n dam waar mense kan visvang en met bootjies kan ry.

    Honde word toegelaat by die kampplekke maar nie in die huise nie (dis nou vierbeen honde)!

    ‘N DANKWOORD

    Die afgelope Paasnaweek was vir ons almal baie geseënd.

    Sulke seëning kom teen ‘n prys: Gebed, die liturgie, die

    uitwerk van die boodskappe, Die vou van die almkruisies,

    die voorbereidings soos die ure voor ‘n rekenaar, die

    musiekbegeleiding, die solis, die ure se oefen aan

    lofdanse, laat ure en vroeg oggendure (5:00vm) en dan

    die oop en toesluit van die geboue. Ons noem nie name

    nie. Ons weet. En ons is dankbaar!

    Die gemeente dank die Here vir almal wat dit moontlik

    gemaak het dat hierdie seëning na ons kant toe kon

    kom.

    En ons eer die Vader wat Sy Seun vir ons gegee het,

    die Seun wat Sy lewe vir ons gegee het

    en

    die Gees van God wat die nuwe lewe aan ons gegee het.

    AAN DIE HERE AL DIE EER!

    PIOUTER KLASSE BY DIE DIENSSENTRUM

    Nuwe Piouter klasse gaan aangebied word by die Dienssen-

    trum vanaf Dinsdag 21 April @ 10:00 - 12:30.

    Klasse is gratis, u betaal slegs vir die piouter velle self.

    Vir enige navrae en om ’n plek te bespreek, kontak asb vir

    Hannie by 028 316 1595 / 081 271 2290 of by die

    Dienssentrum self by 028 316 1745.

  • Die stilte van monde oop van verbasing Deur Dirkie Smit Saterdag 04 April 2015 04:40

    “ WIE OOR GOD WIL NADINK MOET NA DIE KRUIS KYK, SÊ LUTHER. DAAR SIEN MENSE GOD – IN DIÉ EEN, DIÉ MENS, DIÉ EEN VERGUIS EN GEGESEL, DIÉ LAM GESLAG. ” Nadenke oor Christus begin in stilte. Só begin Dietrich Bonhoeffer, die Duitse martelaar, destyds sy lesings oor die Christologie, vroeg in die dertigerjare, met donker wolke wat oor sy wêreld saampak. Dis die heel eerste sinnetjie, die eerste woorde van sy eerste lesing in dié kursus, soos sy studente dit neerskryf in notas wat hulle eers drie dekades láter publiseer, lank ná sy eie dood. Hy bedoel nié die stilte van mistiek nie, gaan hy voort. Hy dink nie aan die stilte van meditasie en kontemplasie nie. Hy praat nie van stil word en in onsself inkeer, leeg-word en bepeinsing nie. Al is dié prosesse van stille self-ondersoek ook hóé goed en nodig praat hy van iets an-ders, al dié prosesse bly immers steeds self-gesprekke, solipsistiese, in-ons-self-gekeerde stiltes, sê hy. Dis nié die stilte van nadink oor Christus nie. Die stilte waarvan hy praat is ’n stil-wees voor die Woord. Dis nie die stilte van nie weet wat om te dink, van stil word voor die donker, duister, die geheimenis, waar alle gedagtes tot ’n einde kom en die groot leegheid van ons bewussyn besit neem tot ons niks meer weet en kan dink nie. Nee, hy praat van die stilte van mense stomgeslaan deur wat hulle sien en hoor, deur wat voor hulle oë afspeel. Verslae en verbyster deur dit wat hulle sien – maar skaars kan gló. Wat oopmond en oorweldig deur verbasing net kan stáár – omdat hulle nie hulle eie ore en oë kan glo nie. Dis die stilte van mense wat sien en hoor – maar nie kans sien om selfs stamelend te herhaal wat hulle sien en hoor nie, omdat dit so óngehoord is, te vreemd vir woorde, te onvoorstelbaar, te onmoontlik om selfs na te praat. Té radikaal en ingrypend indien dit wel waar sou wees. Hy staan met dié woorde in die tradisie van Martin Luther met sy teologie van die kruis. In sy destydse lesings in die Augustiner-klooster in Heidelberg sou die jong Luther die studente ook verbyster. Ook húlle kon hulle eie ore nie glo nie, vertel die Hervormer Bucer later, óók in die gehoor. Diégene wat vol bravade voorgee dat hulle God ken, so séker van hul kennis dat hulle maklik en vol selfvertroue oor God praat, al diégene wat Luther as “teoloë van die heerlikheid” beskryf, hulle is eintlik net vol van hullesélf en ken net hullesélf, sê hy. Hulle dink oor hulleself en praat van hulleself en noem dit alles “God”. Wie oor God wil nadink moet na die kruis kyk, sê Luther. Daar sien mense God – in dié Een, dié mens, dié Een verguis en gegesel, dié Lam geslag. Wie oor God wil nadink moet voor dié Woord staan – en sal onvermydelik tot swye geslaan word. Nie omdat hulle niks het om te sê nie, maar omdat dié gedagtes so onuitspreekbaar is – dat God dalk werklik só kan wees? G’n wonder die kerk praat van “Stil Saterdag” nie. Nie vanweë nié weet wat om te sê nie, maar omdat dit soveel moed kos om dit te sê – en oor die implikasies vir ons lewe ná te dink. Soos Bonhoeffer en sy studente in 1933, in dié dae van gruwelike magsmisbruik en mense-ontering. Want sê net dis wáár?

    ‘n Groot dankie aan al die liefdevolle hande wat elke Dinsdag getrou sop kom

    kook in die kombuis by die kerk (of wat ook by die huis kook en dit bring na

    die kerk). Hierdie sop word elke week uitgery na verskeie punte soos bv. by

    kleuterskole en bejaarde sentrums. Hulle wil graag aan elkeen ‘n GROOT

    dankie sê! Vir navrae oor die sopkombuis, kontak vir Siska by 028 316 2109.

  • SPOELKLIPPE 16 en 17 SEPTEMBER Montagu-trekkerrit Weens gebrek aan BELANGSTELLING is dit GEKANSELLEER. Baie jammer aan diegene wat so daarna uitgesien het. SPOELKLIPPE 16 APRIL 10:30 Sjampanje-ontbyt in FERNKLOOF Gee name op by Kerkkantoor asb. Bring eie ontbyt, drinkglas, stoel en dalk 'n tafeltjie. Ons voorsien sjampanje met lemoensap. Praatjie deur Elna Roux" 'n Gesonde liggaam huisves 'n gesonde gees." Kom geniet 'n heerlike oggend in ons VADER se pragtige tuin! ALMAL WELKOM! BASAAR AFSKOP SPITBRAAI Vrydagaand 24 April @ 19:00. Kom kry jou kaartjie so gou moontlik - slegs 120 beskikbaar. R80pp (sluit in skaap spitbraai, brood, slaai, nag-ereg, koffie/tee). Kerkkantoor.

    ONSTEATER 30 APRIL DO. 10:15 HEAVEN IS FOR REAL. Slegs donasie vir Dienssentrum.

    WYKSBYEENKOMS: Wyk 9 - byeenkoms 14 April 2015 7 nm spreker: Ds Wilhelm Burger by Jan Eksteen se huis.

    “GETTING ON WITH LIFE AFTER TRAGEDY” COME FOR A COFFEE & LISTEN TO JOHN DE GRUCHY, HARBOUR ROCK RESTAURANT, HERMANUS ON FRIDAY 10 APRIL 2015 AT 8.30am ENQUIRIES – THEO 082 654 4924 ‘GET ON WITH IT, HERMANUS’

    NUWE KUNSKLASSE BY DIE DIENSSEN-TRUM AANGEBIED DEUR WILLMA BURGER Ons het nog ‘n bediening wat by die Dienssentrum gaan begin. Bekende kun-stenaar Willma Burger is bereid om kunsklasse elke Woensdagoggend vanaf 10h00 – 13h00 by die Dienssentrum aan te bied teen R100pp per maand. Die geld gaan vir die Dienssentrum. Willma daag veral mans uit om met hierdie klasse te begin. Sy gaan begin met teken en waterverf. Indien daar persone is wat belangstel moet hulle hulle name asseblief gee by Joan of Hannie by 028 316 1745.

    DIENSSENTRUM: Alle navrae oor die dienssentrum, alle inbetalings en gelde van die dienssentrum word nou by die dienssen-trum self hanteer LET WEL vanaf Maandae tot Vrydae van 09h30 – 12h30. DIENSSENTRUM LEDEGELD: Dit is die begin van ‘n nuwe finansiële jaar. Ons nooi u uit om ledegeld vir 2015 te betaal by die dienssentrum. U sal ook sien dat ons vir die eerste keer in twee jaar van die fooie op-gestoot het. Ons moet ongelukkig ons uitgawes dek en dit raak ook stelselmatig meer.

    HANDE NODIG ASB: Erika benodig ten min-ste twee mans wat ‘n vrou kan help met haar trek op Maandagoggend, 13 April, vanaf Sandbaai na Onrusrivier. Indien iemand beskikbaar is om te help kontak asseblief vir Erika vroeg Maandagoggend. KOSPAKKIES 20 APRIL DV NUWE INTREKKERS: Om vas te stel wat jy as gemeentelid VRYWILLIG kan bydrae, kyk asseblief agter in die KERKKALENDER langs jou WYKSNOMMER. BAIE DANKIE! DIE PRINSES PROJEK open ‘n nuwe perseel en benodig asb ‘n mat (5m x 3m). Dit sal baie waardeer word. Kontak asb vir Helen by 083 650 7131.

    DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

    083 468 8194 [email protected]

    DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

    083 448 1651 [email protected]

    DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

    [email protected]

    VOORSITTER KERKRAAD

    Piet van Zyl 082 339 9871

    [email protected]

    EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

    [email protected]

    MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

    028 316 3115 (K) 079 322 0998

    [email protected]

    KOMMUNIKASIE BEAMPTE

    Karin de Bruin 084 305 2086

    [email protected]

    ONTVANGS

    Mervian van der Merwe 084 875 7875

    [email protected]

    REK BEAMPTE

    Rika Eveleigh 082 679 1312

    [email protected]

    ADMIN BEAMPTE

    Hanna de Jager 082 441 9759

    [email protected]

    KOSTER

    Hennie Davies 061 300 4577

    Vir navrae en kommentaar

    op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

    KERKKANTOOR ma - vry 09h00 - 13h00

    Tel (028) 316-2116 [email protected]

    www.ngkonrusrivier.co.za

    DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

    Bank: ABSA

    Rek. 406 215 2718

    SENDING Geloof Belofte Offer

    Bank: ABSA

    Rek. 916 9799 886

    boek

    wees

    Baie dankie aan ons borg wat die druk van hierdie Hartklop moontlik gemaak het. Ons bid Vader God se seën op jul besigheid en gesinne.

    Hermanus Dental Lab Tel: 028 312 1820