13
Teetyd- 9 heerlike resepte

Teetyd-dkb94za9rwo4y.cloudfront.net/1/files/2012/01/Teetyd.pdf9 heerlike resepte Altyd lekker Balanseer die soet van jou teetafel uit met ’n verskeidenheid soutige toebroodjies

  • Upload
    others

  • View
    34

  • Download
    14

Embed Size (px)

Citation preview

  • Teetyd-

    9 heerlike resepte

  • Altyd lekkerBalanseer die soet van jou teetafel uit met ’n verskeidenheid soutige toebroodjies. Five Roses English Breakfast-tee is ’n vermenging van sagte en geurige tees wat enige tyd van die dag geniet kan word en dis heerlik saam met vars brood.

  • TEETYD-TOEBROODJIES EN MANGO-BLOMKOEKIES

    Teetyd-toebroodjiesKoop ’n vars witbrood by jou bakkery. Sny dit in dun snye en smeer sagte botter of mayonnaise oor. Maak toebrood-jies met vulsels soos hamskaafsels en dun snye komkom-mer, beesvleisskaafsels met ’n bietjie mosterd en roket-blare, of gerookte salm en roomkaas met fyngekapte blaarslaai. Sny die korsies af en druk een kant in fyngekapte grasuie of alfalfa-spruite sodat dit mooi lyk op die bord.

    Mango-blomkoekiesDreineer ’n blikkie mango-skywe en hou die sap. Kap die vrugte op. Klop 250 ml botter en 300 ml suiker saam tot lig. Klop vyf groot eiers een-een by. Sif 625 ml koekmeel, 5 ml bakpoeier en ’n knippie sout saam. Vou om die beurt 75 ml melk en 50 ml van die mango-sap daarby in. Vou die vrugte in. Gooi die beslag in blomvormige silikoonkoek-pannetjies. Bak vir 20 minute teen 180 ºC of tot deurgaar. Laat afkoel, keer uit en sif versiersuiker oor.

  • KAASKOEK MET AARBEIE EN ROOSBLARE

    1 Meng die fyngedrukte koekies en gesmelte botter saam. Druk onder-in ’n losboompan van 20 cm. Sit in die yskas.

    2 VULSEL Sit die gelatien in ’n klein bakkie en bedek dit met 45 ml koue water. Laat staan vir twee minute en smelt in die mikrogolf-oond. Roer om op te los.

    3 Verhit die suurroom en suiker saam in ’n kastrol oor ’n lae hitte tot die suiker smelt. Haal van die plaat af en roer ’n bietjie

    by die gelatien. Roer dan die gelatien by die res van die roommengsel. Laat eenkant afkoel.

    4 Sit die ricotta in ’n menger en meng tot glad. Voeg die suurroom-mengsel by en meng weer tot glad. Voeg die vanieljegeursel by en gooi oor die krummel-laag in die pan. Roer die gekapte aarbeie by. Sit in die yskas tot ferm. Versier met vars roosblare en aarbeie en sit voor.

    Kaaskoek met aarbeie en roosblare• 140 g semelkoekies, fyngedruk • 60 g botter, gesmelt

    VULSEL • 15 g gelatien • 500 ml suurroom • 150 g bruinsuiker • 400 g ricotta • 5 ml vanieljegeursel • 100 g vars aarbeie,

    gekap • vars roosblare en ekstra aarbeie vir versiering

  • Reg vir ’n prinsesSkons en tee is twee van die lewe se groot lekkertes. Geniet dié laventel-skons saam met Five Roses Prince of Wales, wat heerlik is saam met melk. Die tee se warm lemoengeur streel die sintuie en die ryk ondertone komplementeer die laventel.

    LAVENTEL-SKONS

  • 1 Voorverhit die oond tot 220 ºC. Vryf die botter by die meel in. Voeg die strooisuiker en laventel by. Voeg die eier en karringmelk by en meng dit vinnig saam, maar moenie te veel meng nie. As die deeg te droog lyk, kan jy nog ’n klein bietjie karring-melk byvoeg.

    2 Rol die deeg tot 2,5 cm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Druk sirkels uit met ’n skondrukker en pak dit op ’n gesmeerde meelbestrooide bakplaat. Verf karringmelk bo-oor en sif meel oor. Bak vir 10 tot 12 minute. Laat afkoel en sit voor met konfyt en room.

    Laventel-skons• 80 ml (75 g) koue botter, in blokkies gesny • 410 ml (225 g)

    bruismeel • 45 ml (40 g) strooisuiker • 10 ml gekapte vars laventelblomme • 1 groot eier • 30 ml karringmelk • bessie-

    of kersiekonfyt en room om voor te sit

    Sjampanje van tees’n Turkse-lekker-koek is pure dekadensie. Sit dit voor saam met Five Roses Darjeeling, ’n delikate, goudkleurige tee van die hoogste pieke van die Himalajas. Dié tee se blomgeure is perfek saam met die rooswatergeur van die Turkse lekkers.

  • 1 Smeer ’n ringkoekpan van 22 cm. Verhit die oond tot 180 ºC. Klop die botter tot sag en romerig. Klop die suiker en eiers in ’n aparte bak tot dik en lig.

    2 Vou die gesifte meel en bakpoeier versigtig by die eiermengsel in. Vou die botter daarby in.

    3 Vou 5 ml rooswater liggies by die mengsel in en skep die helfte van die mengsel in die gesmeerde pan. Sprinkel die fyngekapte Turkse lekkers oor. Skep die res

    van die mengsel bo-oor en bak vir ’n uur of tot ’n toetspen skoon uitkom.

    4 Haal uit die oond uit, laat afkoel en keer uit op ’n draadrakkie. Laat heeltemal afkoel.

    5 Sif die versiersuiker en voeg ’n bietjie warm water en die orige 2 ml rooswater by. Roer tot dit smeerbaar is. Voeg ’n paar druppels koskleursel by, as jy wil. Skep oor die koek en versier met ekstra Turkse lekkers en versuikerde rose.

    TURKSE-LEKKER-KOEK

    Turkse-lekker-koek• 250 ml (230 g) botter • 330 ml (280 g) suiker • 5 ekstragroot

    eiers • 500 ml (270 g) koekmeel, gesif • 10 ml bakpoeier, gesif • 7 ml rooswater • 75 g Turkse lekkers, fyngekap

    • 250 ml (130 g) versiersuiker

  • 1 Verhit die oond tot 180 ºC. Verhit ’n kastrol en smelt die botter. Verf ’n vel fillo-deeg met die botter. Sit nog ’n vel bo-op. Herhaal sodat jy ses lae het.

    2 Sny die deeg sodat dit in ’n reghoekige of ronde quichepan sal pas en die deeg oor die rand hang.

    3 Braai die preie in die botter wat in die kastrol oorbly. Sodra dit sag is, kan jy dit in die deeg-dop skep.

    4 Klop die res van die bestanddele saam en gooi dit in die deegdop. Bak vir 30 tot 40 minute tot gestol en goudbruin.

    Kaas-en-kruie-quiche• 60 ml botter • 6 velle fillo-deeg • 3 preie, dun opgesny

    • 250 ml gerasperde beleë cheddar • 3 groot eiers, liggies geklits • 150 ml room • 30 ml elk gekapte pietersielie

    en grasuie

    KAAS-EN- KRUIE-QUICHE

  • Ryk en sterkFive Roses Assam is ’n ryk, sterk tee uit die noorde van Indië en is op sy lekkerste swart. Geniet die unieke smaak en donker kleur saam met dié ligte happies – mini-muffins met soetmielies en kaas.

    1 Verhit die oond tot 200 ºC. Sif die meel, rooipeper en 5 ml sout saam. Voeg die sprietuie, kaas en kruie by.

    2 Klop die eiers, olie en melk saam in ’n aparte

    bak. Roer die soetmielies by en voeg dit by die droë bestanddele. Skep in gesmeerde of gevoerde mini-muffinpannetjies. Bak vir 10 minute of tot goudbruin en deurgaar.

    Mini-muffins met soetmielies en kaas • 270 g (500 ml) bruismeel • 1 ml rooipeper

    • 3 groot sprietuie, fyngekap • 250 ml beleë cheddar, gerasper • 10 ml droë gemengde Italiaanse kruie

    • 2 groot eiers • 80 ml sonneblomolie • 120 ml melk • 410 g-blik geroomde soetmielies

  • 1 Voorverhit die oond tot 200 ºC. Sif die meel, bakpoeier en ’n knippie sout saam in ’n groot bak. Vryf die botter in en voeg dan die twee kase, salami en grasuie by.

    2 Meng die eier, karring-melk en 60 ml water in ’n aparte bak. Roer dit by die droë bestanddele. Verdeel die deeg in twee stukke. Rol elke stuk in ’n

    sirkel van omtrent 26 cm uit op ’n oppervlak wat met meel bestrooi is. Sny die sirkels elk in agt skywe (soos pizza-skywe). Rol elke skyf op – begin by die geronde kant en eindig by die punt. Vou die hoeke in om ’n halfmaan te vorm.

    3 Pak op ’n gesmeerde bak-plaat. Bak vir 20 minute of tot goudbruin.

    Vinnige soutige croissants• 750 ml (410 g) koekmeel • 25 ml bakpoeier

    • 50 ml (45 g) botter, in blokkies gesny • 400 ml gerasperde cheddar • 125 ml gekrummelde feta • 6 snye salami, gekap

    • 15 ml fyngesnipperde grasuie • 1 groot eier, geklits • 180 ml karringmelk

    MINI-MUFFINS MET SOETMIELIES EN KAAS EN VINNIGE SOUTIGE CROISSANTS

  • Sag en aromatiesDelikate sitrus- en pikante appelgeure maak dié koek hemels. Geniet dit saam met ’n koppie Five Roses Earl Grey, ’n ligte tee met die eksotiese geure van bergamot-lemoen.

    APPELKOEK MET EARL GRAY-APPELS

  • 1 Voorverhit die oond tot 170 ºC. Klop die botter en strooisuiker saam tot lig. Voeg die suurlemoenskil by en dan die eiers een-een. Roer die jogurt en groen appel by.

    2 Sif die meel, kaneel, koeksoda en bakpoeier saam en vou dit by die bottermengsel in. Skep in ’n gesmeerde en gevoerde koekpan van 20 cm. Bak vir 40 tot 50 minute of tot ’n toets-pen skoon uitkom.

    3 Laat afkoel en versier dan met glansversiersel en Earl Grey-appels.

    EARL GREY-APPELS Verhit 350 ml water in ’n kastrol. Voeg drie sakkies Five Roses Earl Grey by. Laat prut vir drie minute. Haal uit en gooi weg. Voeg 250 ml strooisuiker by en laat prut vir 10 minute om ’n stroop te vorm. Sny twee Pink Lady- of rooi appels in dun skyfies. Sit in die stroop. Laat staan vir ’n halfuur en haal uit net voor jy voorsit.

    Appelkoek met Earl Grey-appels• 125 ml (115 g) sagte botter • 250 ml strooisuiker • 5 ml gerasperde suurlemoenskil • 3 ekstragroot eiers • 230 ml

    Bulgaarse jogurt • 1 groen appel, geskil en in blokkies gesny • 400 ml (260 g) koekmeel • 5 ml fyn kaneel • 2,5 ml koeksoda

    • 5 ml bakpoeier • Earl Grey-appels (sien onder)