31
“Draai Terug na My!” Bou n Heilige Volk IFSA GEBEDSINISIATIEF 2019 6 Weke Gebed Gefokus op die Kerk van Suid-Afrika 25 Februarie tot 7 April 2019 “Draai Terug na My!” Bou n Heilige Volk Hos 6:1-3 1 Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. 2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig kan lewe. 3 En laat ons ken – laat ons dit najaag om die Here te ken… 1Pet 2:6-9 6 …”Kyk, Ek lê in Sion n uitverkore en kosbare hoeksteen en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.” 7 Vir julle wat dan glo, is Hy kosbaar, maar vir die ongelowiges geld die woord: “Die steen wat die bouers verwerp het, dit het n hoeksteen geword,” en “n Steen van aanstoot en n rots van struikeling.”…9 Maar julle is n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom, n heilige volk, n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig,.. Gebedsriglyne vir Bidders n Projek van IFSA (Intersessors vir Suid-Afrika) A. Aangaande IFSA

2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

“Draai Terug na My!”

Bou n Heilige Volk

IFSA GEBEDSINISIATIEF 2019

6 Weke Gebed Gefokus op die Kerk van Suid-Afrika

25 Februarie tot 7 April 2019

“Draai Terug na My!”

Bou n Heilige Volk

Hos 6:1-3

1 Kom en laat ons terugkeer tot die Here; want Hy het verskeur en sal ons genees, Hy het geslaan en sal ons verbind. 2 Hy sal ons ná twee dae lewend maak, op die derde dag laat opstaan, sodat ons voor Sy aangesig kan lewe. 3 En laat ons ken – laat ons dit najaag om die Here te ken…

1Pet 2:6-9

6 …”Kyk, Ek lê in Sion n uitverkore en kosbare hoeksteen en die wat in Hom glo, sal nooit beskaam word nie.” 7 Vir julle wat dan glo, is Hy kosbaar, maar vir die ongelowiges geld die woord: “Die steen wat die bouers verwerp het, dit het n hoeksteen geword,” en “n Steen van aanstoot en n rots van struikeling.”…9 Maar julle is n uitverkore geslag, n koninklike priesterdom, n heilige volk, n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot Sy wonderbare lig,..

Gebedsriglyne vir Biddersn Projek van IFSA (Intersessors vir Suid-Afrika)

A. Aangaande IFSA Intersessors vir (for) Suid-Afrika (IFSA) het by die Verenig Intersessors vir SA Konferensie wat in Bloemfontein gedurende November 2016 plaasgevind het, ontstaan. Dit was n geskiedkundige geleentheid waar intersessors en leiers van verskillende gebedsnetwerke van regoor die land saamgesnoer is as n eenheid om te hoor wat die Here vir Suid-Afrika vir die toekoms beplan.

Page 2: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land wie se hartsbegeerte is dat die Koninkryk van God in SA sal kom met inagneming van die 7 Bergrede beginsels.

B. Aangaande die “Draai Terug na My!” 2019 ProjekGebedsnetwerke Konsultasie

n Paar gebedsnetwerk leiers het 3- 5 September 2018 in Oos Londen byeen gekom om die Here se aangesig te soek en Sy strategie en leiding vir intersessors in die komende jaar te bespreek. Aangesien 2019 n verkiesingsjaar in SA is, is ons bewus daarvan dat goddelike verandering en intervensie in owerheidsfere n belangrike aangeleentheid vir intersessors in die komende seisoen sal wees.

Gedurende die konsultasieproses was ons verbaas om uit te vind dat God nie fokus op die sonde en ongeregtigheid waarin ons so maklik verstrik raak nie. Die woorde wat ons ontvang het dui op God se groot besorgdheid oor die Kerk wat nie heeltemal in die regte verhouding (aligned) met Hom en nie volkome in voeling met Sy hart en teenwoordigheid is nie. Ons Hemelse Vader fokus op die Heilige volk (1Pet.2:9) binne die volk wat nie met rein hande en suiwer harte (Ps.24:4) voor Hom staan nie en daarom kan ons gebede nie die seën en transformerende krag (Jak.5:16) wat ons dringend nodig het, vrystel nie.

Die Rots Jesus ChristusTen einde die Here se perspektief omtrent die wyse waarop die probleem opgelos kan word, vas te stel, kan die volgende standpunte gemeld word. In Matteus 16 vanaf vers 17 praat Jesus met Petrus en verklaar Hy dat Jesus die Christus, die Seun van die lewende God, is, en die Rots is waarop God die Kerk bou (Matt.16:18). Die geskrifte van die apostels dui daarop dat Christus die uitverkore en kosbare hoeksteen is (Luk.20:17, Ef.2:20, 1Pet.2:6,7), die enigste fondament waarop die Koninkryk gebou is. Wanneer ons as die Kerk nie heeltemal in die regte verhouding(aligned) met en gebou is op die fondament nl Christus nie, word die steen n steen van aanstoot en struikeling vir die groep van gelowiges wat deur God aangestel is en tog ongehoorsaam geword het aan die Woord waaroor hul aangestel is (1Pet.2:8).

Golwe van gebed wat vals rotse uitwis

Ooreenkomstig inligting wat ontvang is, word beleef dat ons, die kerk en die Suid-Afrikaanse volk, op ander rotse as Jesus Christus gebou en vertrou het. In plaas daarvan om ten volle op die Here te vertrou en staat te maak (Ps.18:3) het ons van Hom weg beweeg en eerder op alternatiewe ‘rotse’ wat die wêreld goedkeur, vertrou. In die visioen wat ontvang is, spoel vyf golwe van gebed oor die land waar elke golf een van die vyf valse rotse waarop ons as individue, die Kerk en die land as geheel vertrou, vernietig. Ons voel dat ons fokus die vestiging van Koninkrykswaarhede moet wees wat ons laat terugkeer na die regte verhouding (alignment) met Jesus Christus, die onbeweegbare en

Page 3: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

ewige rots. Terselfdertyd moet ons bely dat ons harte wat vertrou op vals en gebrekkige afgode, sondig en heidens is.

Matteus 16:18 toon dat wanneer die kerk op die rots Jesus Christus gebou is, die poorte van die hel nie daaroor sal seëvier nie. Ons is oortuig dat een rede waarom die duiwelse poorte in die samelewing oop is en ons gemeenskappe oorstroom word met verleiding en die dood, beslis verband hou met die Kerk wat God nie toelaat om dit te vestig en in die regte verhouding met die heerskappy en orde van Jesus Christus te bring nie.

Vyf vals rotse

Die vyf rotse wat uit die Bybel geïdentifiseer word dui op vals beelde waarop ons leun en vertrou in ons strewe na welsyn/welvaart. Die woord ‘vertroue’ in die Bybel verwys na dinge waarin ons vertroue het, waaruit ons sekuriteit put of aspekte waarop ons hoop, leun of op staatmaak. Die vyf vals vertrouensrotse waaroor ons gaan bid is:

1. Vertroue in jouself/vlees dws ons eie vermoëns, begeertes, wellus/plesiere, krag, wysheid, identiteit, opinie ens. (Spr.3:5, Jer.17:5, 2Kor.1:9)

2. Vertroue in prinse dws leiers, politici, invloedryke mense (Ps.118:9, Ps.146:3, Jes.36:5, Jer.46:25)

3. Vertroue in aardse rykdom /welvaart dws alle vorme van hebsug, begeerte na geld (Ps.49:7, Mark.10:25, 1Tim.6:17)

4. Vertroue in valse gode/leuens. Hierby word ingesluit valse Christenskap, verandering van die waarheid om onsself te pas, valse sisteme van aanbidding/geloof, afgodsdiens, filosofieë ens.

5. Vertroue in perde en strydwaens dws wêreldse sisteme politieke partye, regering, regeringstrukture, regstelsels, kulturele stelsels, die Verenigde Nasies ens. (Ps.20:8, Jes.31:1)

Elkeen van bg onderwerpe sal volledig bespreek word in die gemeenskaplike gebedsinisiatief “Keer Terug tot My!”

C. GEBEDSTRATEGIE

Ons FokusElkeen van die vyf gebedsgolwe fokus op die afbreek van n saak waarin vals vertroue gestel word. n Gebedsgolf vind sewe dae plaas. Die weeklikse gebedstema word as volg hanteer: Elke gebedstema begin deur op die waarheid te fokus en dit te beklemtoon asook

vertroue in God wat ons moet ontwikkel deur in die regte verhouding (aligning to) tot Jesus Christus wat die enigste fondament is waarop ons moet bou, te beweeg.

Dan sal ons berou ervaar waar ons ons eiesinnigheid sal bely en erken ons vertrou op ander mense en dinge ipv op God. Berou geskied op drie vlakke:- Berou oor my eie sonde deur te vertrou op dinge/mense en nie op God nie

Page 4: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

- Berou namens die Kerk, die heilige volk, wat afgedwaal het deur vertroue in ander dinge/mense te stel ipv God

- Berou vir ons volk wat ander redders vind ipv om Jesus as die enigste ware Verlosser te erken

Joël 2:12-13 12 Maar selfs nou nog, spreek die Here, bekeer julle tot My met julle hele hart, en met vas en geween en rouklag. 13 En skeur julle hart en nie julle klere nie, en bekeer julle tot die Here julle God; want Hy is genadig en barmhartig, lankmoedig en groot van goedertierenheid, en Een wat berou het oor die onheil.

Lev.26:40-42 40 Dan sal hulle hul ongeregtigheid bely en die ongeregtigheid van hulle vaders deurdat hulle ontrou teen My gehandel het, en ook dat hulle hul teen My versit het, 41 sodat Ek My ook teen hulle versit het en hulle in die land van hul vyand moes bring; of, as hulle onbesnede hart hom dan verneder en hulle dan boet vir hulle ongeregtigheid, 42 sal Ek dink aan My verbond met Jakob; en ook aan My verbond met Isa ken ook aan My verbond met Abraham sal Ek dink, en aan die land sal Ek dink.

‘Draai Terug na My’ Datums: 24 Februarie – 7 April 2019

24 Feb – 3 Maart 2019 Week van voorbereidingDie gebedsinisiatief begin met n week van voorbereiding waartydens die Heilige Gees uitgenooi word om ons by te staan om die probleme in ons lewens, die kerk en die volk/samelewing aan te spreek.

4 – 10 Maart 2019 Gebedsgolf 1 – Gebed oor vertroue in jouself/vlees 11 – 17 Maart 2019 Gebedsgolf 2 – Gebed oor vertroue in prinse 18 – 24 Maart 2019 Gebedsgolf 3 – Gebed oor vertroue in aardse rykdom/welvaart 25 – 31 Maart 2019 Gebedsgolf 4 – Gebed oor vertroue in vals gode/leuens 1 – 7 April 2019 Gebedsgolf 5 – Gebed oor perde en strydwaens

Hoe om deel te neem

Alle gelowiges kan deelneem, as individu, groep of gemeente.

Gemeenskaplike gebed

Die vyf gebedsgolwe wat die vals rotse of hindernisse verpletter, geskied van Suid na Noord in Suid-Afrika. Gedurende die vyf weke vanaf 4 Maart tot 7 April geskied gebed vir die provinsies as volg:

Dag 1 Maandae: Wes Kaap Dag 2 Dinsdae: Oos Kaap Dag 3 Woensdae: Noord Kaap Dag 4 Donderdae: Vrystaat en Noord Wes Dag 5 Vrydae: Kwazulu Natal Dag 6 Saterdae: Gauteng en Mpumalanga Dag 7 Sondae: Limpopo

Page 5: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

UITNODIGING AAN DIE HEILIGE GEES: 25 FEBRUARIE – 3 MAART 2019

1.1 GEES VAN DIE HEREVader van ons Here Jesus Christus, ek bid dat die Gees van die Here op my sal rus, die Gees van wysheid en verstandig wees/insig, die Gees van raad en sterkte, die Gees van kennis en van vrees vir die Here. (Jes.11:2)

Mag die Gees van die Here op my rus om my te rig/lei volgens Sy wil en plan in elke situasie elke dag, sodat ek guns sal hê om oor my vyande te seëvier (Rig.3:10). Beklee my met die Gees van die Here sodat wanneer ek U Naam aanroep, dié wat U roep sal doen soos U begeer sodat U koninkryk op aarde sal kom (Rig.6:34). Wees vaardig oor my sodat ek my vyande kan teenstaan en oorkom al het ek nie n wapen vir verdediging (soos Simson) nie (Rig.14:6,19). Gees van die Here, versterk my arms sodat ek die vyand se toue en weerstand kan breek en in die wedloop voor my kan volhard (Rig.15:14).

1.2 GEES VAN WYSHEIDSoos Salomo, bid ek vir groot wysheid en verstand en insig in soveel sake as wat daar sand aan die see is (1Kon.4:29).

Ek bid vir guns dat U bekend word in U kerk, sodat die ryke verskeidenheid van U wysheid deur die kerk aan elke mag en gesag in die hemelruim bekend gemaak sal word (Ef.3:10).

/Mag die Naam van God altyd geprys word, Hy aan wie die wysheid en die mag behoort (Dan.2:20). Ek loof en prys U, God van my voorvaders, omdat U aan my wysheid en mag gegee het, U het verborge dinge openbaar (Dan.2:23).

1.3 GEES VAN VERSTAND/INSIGEk sal op die Here vertrou met my hele hart en nie steun op my eie insig nie (Spr.3:5).

Hemelse Vader, U het my verstand gegee om die ware God te ken. Ek is in die ware God, in Sy Seun Jesus Christus. U is die ware God en die ewige lewe (1Joh.5:20). Mag ek nooit verstandigheid kortkom in n gesagsposisie wat U aan my toevertrou; nooit n wrede vedrukker word, maar iemand wees wat onregverdige wins haat (Spr.28:16).

Ek bid vir ons land, dat hulle wat afgedwaal het, insig/verstand sal verkry en die murmureerders hulle sal laat leer (Jes.29:24). In ons kerke, gee aan ons herders na U hart wat ons met kennis en verstandigheid sal oppas (Jer.3:15). Ek bid vir ons jeug dat U hulle verstandigheid en insig in alle literatuur en wysheid gee, asook die vermoë om gesigte en drome soos Daniël, te verstaan (Dan.1:17).

Ek verklaar dat die Here die ewige God, die Skepper van die hele aarde is. Hy word nie moeg en afgemat nie; Sy insig/verstand is ondeurgrondelik (Jes.40:28). Groot en magtig is ons Here, Sy insig/kennis is oneindig (Ps.147:5).

1.4 GEES VAN RAAD

Die Here vernietig die raad van die nasies (Ps.33:10). By Hom is wysheid en mag; Hy het raad en insig (Job 12:13).

Page 6: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Onderrig en leer my aangaande die weg wat ek moet gaan; gee my raad en hou U oog oor my (Ps.32:8).

Here, U is groot van raad en magtig van daad. U oë is oop oor al die weë van die mensekinders om aan elkeen te gee volgens sy weë en die vrug van sy handelinge (Jer.32:19).

1.5 GEES VAN STERKTE

Here, rykdom en eer kom van U, en U heers oor alles. In U hand is krag/sterkte en mag, en in U hand is dit om iemand groot en sterk te maak (1Kron.29:12).

Vader, seën my en gee my guns om uit te gaan met die gees en krag van Elia, om die harte van vaders terug te bring tot die kinders en die ongehoorsames tot die gesindheid van regverdiges; om vir die Here n toegeruste volk te berei (Luk.1:17). Gee my die genade en krag om soos Stefanus, groot wonders en tekens te doen, tot U heerlikheid alleen (Hand.6:8).

Ek verklaar deur die Gees van die Here dat wanneer die einde kom, Christus die koninkryk aan God die Vader sal oorgee, as Hy alle heerskappy en gesag en mag vernietig het (1Kor.15:24). Christus is bo alle owerhede en mag en krag en heerskappy en elke naam wat genoem word, in hierdie wêreld en die toekomstige (Ef.1:21). Die Lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid en sterkte en eer en heerlikheid en lof! (Open.5:12). Saam met die menigte in die hemel roep ek uit, “Halleluja, die heil, die heerlikheid, die eer en die krag behoort aan God.” (Open.19:1).

1.6 GEES VAN KENNIS

Maar aan God die dank wat ons altyd laat triomfeer in Christus en wat die reuk van Sy kennis deur ons oral versprei (2Kor.2:14). God Wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal (2Kor.4:6).

Mag die aarde vol word met die kennis van U heerlikheid soos die waters die seebodem oordek (Hab.2:14). Gee ons die mag om planne en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, te verbreek, en elke gedagte gevange te neem tot die gehoorsaamheid aan Christus (2Kor.10:5). O, dat die God van ons Here Jesus Christus, die Vader van heerlikheid, aan ons die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee (Ef.1:17).

Mag ek toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus. Aan Hom behoort die heerlikheid, nou en tot in ewigheid! (2Pet.3:18).

1.7 VREES VAN DIE HERE

Vrees die Here, o Sy heiliges, want dié wat Hom vrees, het geen gebrek nie (Ps.34:9). Julle wat die Here vrees, vertrou op die Here. Hy is julle Hulp en julle Skild (Ps115:11). Hy sal julle seën wat die Here vrees, klein en groot (Ps.115:13). Onderrig ons nasie om U te vrees, want U gee reën, vroeë reëns en laat reëns op hulle tyd, en sorg vir ons met oeste op die regte tyd (Jer.5:24). Openbaar Uself aan al die volke op aarde sodat hul kan besef dat die mag van die Here groot is (Jos.4:24). Die hele aarde moet die Here vrees, al die bewoners van die wêreld moet vir Hom ontsag hê (Ps.33:8).

Page 7: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE VERTROUE IN JOUSELF / VLEES

4-10 Maart 2019

Ons bid op 3 vlakke: 1) persoonlik, 2) die kerk van Jesus Christus in SA en 3) ons nasie in geheel. Ons moet begin om onsself op God in te stel voordat ons verandering as nasie kan beleef.

Ons beginpunt is om onsself op Jesus, wat die “ ware rots” is, in te stel. Ons gaan bid volgens die instruksies van die Bybel oor hoe om jou lewe in ooreenstemming met God se prioriteite te lewe. Vandaar gaan ons vra vir vergifnis vir sondige gewoontes waar ons op eie vlees vertrou het eerder as om God te vertrou. Maak gebruik van die tekste wat voorsien word.

2.1. Bid dat die vrug van die Gees, as die standaard, in ons samelewing uitgeleef sal word. Verklaar jou gewilligheid om die vlees, eie passies en begeertes te kruisig sodat die Heilige Gees sy vrug deur jou, die kerk en die gemeenskap kan dra. Gal 5:22-24 “Maar die vrug van die gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, goedheid, vriendelikheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen sulke dinge is die wet nie. Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte gekruisig.”

2.2. Bid dat ons die Heilige Gees sal toelaat om in beheer van ons lewens te kom. Dat ons sal ophou om te leef volgens ons eie verstaan en opinies. Bid en verbind jouself om ʼn gelowige te wees wat in die Gees sal wandel, om deur die Gees gelei te word en nie langer te handel op grond van die ou vleeslike natuur nie. Bely alle aksies van die vlees, die najaag van plesier en gemak wat in jou of jou gemeenskap se lewens teenwoordig is. Bid dat God gedien en verheerlik sal word en dat mense liefde sal ontvang tot voordeel van baie. Rom 8:1-2 “Daar is dus nou geen veroordeling vir die wat ʼn Christus Jesus is nie. Die wet van die Gees wat aan jou in Christus Jesus die lewe gee, het jou vrygemaak van die wet van sonde en dood.”

Rom 12:1-2 “En nou doen ek ʼn beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewendige en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die Godsdiens wat julle moet beoefen. Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

Gal 5:16 “Laat julle lewe steeds deur die Gees van God beheers word, dan sal julle nooit swig voor die begeertes van julle sondige natuur nie.”

2.3. Vra God vir vergifnis omdat ons nie ons geloof in God plaas om in ons behoeftes te voorsien en om ons te beskerm nie. Wanneer ons ons vertroue in menslike vermoëns, intellek, wysheid, krag en hulp plaas, verwerp ons God as ons redder in

Page 8: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

tye van nood. Bid dat die vertroue en hoop in die Here die norm in Suid Afrika sal word.

2 Sam 22:3 “...my God, my rots, by wie ek skuil, my skild en sterk verlosser, my veilige vesting, my toevlug en bevryder. Van geweld het U my verlos.”

1 Kor 2:4-5 “Die boodskap wat ek verkondig het julle oortuig, nie deur geleerdheid en welsprekendheid nie, maar deur die kragtige werking van die Gees. Dus is julle geloof nie op die wysheid van mense gegrond nie, maar op die krag van God.”

2.4. Immorele leefstyle en gedrag het die norm in ons samelewing en selfs in die kerk geword, Verootmoedig jouself en vra vergifnis waar jy, die kerk en die gemeenskap gesondig het. Bid vir heiligmaking en vir manne en vroue wat onbevrees sal standpunt inneem en die krag van ʼn heilige lewe sal vertoon. Rom 6:23 “Die loon wat die sonde gee, is die dood; die genadegawe wat God gee, is die ewige lewe in Christus Jesus ons Here.”

1 Kor 6:19-20 “Of besef julle nie dat julle liggaam ʼn tempel van die Heilige Gees is nie? Julle het die Heilige Gees wat in julle woon, van God ontvang, en julle behoort nie aan julleself nie: julle is gekoop en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam verheerlik.”

2.5. Vra vergifnis omdat daar op humanisme en menslike sekulêre filosofieë vertrou word in plaas van die waarheid van God. Die mens verhoog homself tot ʼn posisie om homself te red deur sy eie pogings. Rom 12:2 “En moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.”

2 Kor 5:7 “…want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.”

2 Kor 13:4-5 “ Want al is Hy gekruisig in die swakheid van die mens, Hy leef uit die krag van God. En in Hom is ons ook swak, maar saam met Hom sal ons uit die krag van God lewe. Stel julleself op die proef en ondersoek julleself of julle in die geloof lewe.

2.6. Toon berou waar daar ongehoorsaamheid teenoor God was, waar daar nie in geloof opgetree is nie, maar op eie insigte en verstaan gehandel is. Vra vergifnis waar daar opgetree is om mense te plesier en uit vrees vir mense in plaas van om in elke situasie te getuig van die waarheid. Bid dat ʼn gelowige verhouding met God die Christelike standaard sal wees.

Page 9: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Mat 17:20-21 “Omdat julle geloof te klein is”, sê hy vir hulle. “Dit verseker Ek julle: As julle maar die geloof het so groot soos ʼn mosterdsaadjie, sal julle vir hierdie berg sê: “Gaan staan daar anderkant!” en hy sal gaan. Niks sal vir julle onmoontlik wees nie.”

Rom 1:17 ‘ In die evangelie kom juis tot openbaring dat God mense van hulle sonde vryspreek enkel en alleen omdat hulle glo. Dit is soos daar geskrywe staan: Elkeen wat deur God vrygespreek is omdat hy glo, sal lewe”. 2 Kor 1:9 “ Trouens, dit het vir ons gevoel of die doodsvonnis reeds oor ons uitgespreek is. Maar dit het gebeur sodat ons nie op onsself sou vertrou nie, maar op God wat die dooies opwek tot die lewe.”

2.7. Doen belydenis t.o.v. rassisme, trots en haat... erken onregverdige gedrag wat kultuur, ras en agtergrond insluit. In Christus moet die verskille wat ons verdeel oorkom word. Ons word opgeroep om in liefde en eenheid te leef. Bid dat daar met waardigheid opgetree sal word teenoor diegene wat anders as jyself is, omdat God almal geskape het. Bid dat die haat in die samelewing sal verdwyn. Bid dat eenheid in Christus die norm sal word, waar verskillende gemeenskappe in harmonie sal saamleef.

2 Kor 5:14 -16 “Die liefde van Christus dwing ons, omdat ons tot die insig gekom het dat een vir almal gesterwe het, en dit beteken dat almal gesterwe het. En Hy het vir almal gesterwe sodat die wat lewe, nie meer vir hulleself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en uit die dood opgewek is.”

Gal 6:8 “Wie op die akker van sy sondige natuur saai, sal van die sondige natuur dood en verderf oes. Maar wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes.”

Ps 31:20-21“O hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir die wat U dien, U bewys dit voor die oë van mense aan die wat by U skuil. Deur U teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir die wat vir hulle beskuldig.”

Spreuke 28:25-26 “ ʼn Gierige Mens veroorsaak rusie; een wat op die Here vertrou, is voorspoedig. Wie op homself vertrou, is ʼn dwaas; wie hom deur wysheid laat lei, is veilig.” Ps 31:20-21 “ Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir die wat u dien, U bewys dit voor die oë van die mense aan die wat by U skuil. Deur U teenwoordigheid beskerm U hulle teen die sameswering van mense. U steek hulle weg vir die wat hulle beskuldig”

Ps 40:5 “ Dit gaan goed met die mens wat sy vertroue in die Here stel en hom nie wend tot duister magte en tot mense wat hulle met skyngode ophou nie.”

Page 10: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

3. GOLF TWEE: BID TEEN VERTROUE OP PRINSE. 11 -17 MAART 2019

Ons beginpunt is om onsself op Jesus, wat die “ware rots” is, in te stel. Ons gaan bid volgens die instruksies van die Bybel oor hoe om jou lewe in ooreenstemming met God se prioriteite te lewe. Vandaar gaan ons vra vir vergifnis vir sondige gewoontes waar ons op prinse vertrou het eerder as om God te vertrou. Maak gebruik van die tekste wat voorsien word.

3.1 Verklaar en erken Jesus as die Prins van vrede. Bely dat God die enigste en finale autoriteit in jou lewe is. Tree in dat mense sal terugdraai om op God te vertrou eerder as prominente en mense met mag.

Ps 31:20 “Hoe groot is U goedheid: dit is altyd daar vir die wat U dien, U bewys dit voor die oë van die mense, aan die wat by u skuil.”

Ps 118:8-9 “Om by dieHere te skuil, is beter as om op mense te vertrou. Om by die Here te skuil, is beter as om op hoë mense te vertrou.”

3.2 Toon berou waar politieke helde aanbid en vereer word asof ons hulle as Gode beskou. Doen voorbidding dat mense nie hulle verwagting in mense moet plaas vir voorspoed en waarheid nie. Sondige mense wat op geweld staatmaak en bloed vergiet kan ons nooit red nie. Bid dat God alleen verheerlik sal word tot n ereposisie.

Ps 146:3-5 “Moenie op magitges vertrou nie, nie op n mens nie: hy kan jou nie red nie…….Dit gaan goed met die mens, ……..wie se hoop gevestig is op die Here, sy God.”

3.3 Toon ware berou dat baie gelowiges sg. “manne van God” volg. Bely dat ons aan valse pastore, apostels, en geestelike leiers hulde en eer betoon het, wat inderwaarheid aan Jesus Christus, ons Redder, toekom. Ons vra God om ons te reining van elke misleiding en godsdienstige koninkryk wat Sy ware Koninkryk dwarsboom, om nie deur kerke en bedieninge in ons land tot stand te kom nie.

2 Pet 2: 1-3 “Maar daar was ook vals profete onder die volk, en so sal daar ook onder julle valse leraars kom. Hulle sal verderflike dwaalleer insmokkel en die Here wat hulle vrygekoop het, verloën. So sal hulle hulleself baie gou in die verderf stort. Baie mense sal hulle losbandigheid navolg, en deur hulle toedoen sal mense kwaadpraat van die Weg van die Waarheid. In hulle hebsug sal hulle julle met allerhande stories uitbuit. Maar hulle vonnins is lankal gevel, en hulle ondergang is onafwendbaar. “

1 Pet 5: 2-4 “Pas die kudde van God wat aan julle toevertrou is, goed op. Hou toesig oor hulle, nie uit dwang nie, maar gewillig soos God dit verwag; Nie om eie gewin nie, maar uit toegewydheid; ook nie deur baas te speel oor die wat God aan julle sorg toevertrou het nie, maar deur n voorbeeld vir die kudde te wees. En dan, wanneer die Opperherder kom, sal julle die heerlikheid as onverganklike kroon ontvang.”

Page 11: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

3.4 Kom ons erken ons sonde dat ons goddelose politisie toegelaat het om ons te beiinvloed om ons stem en ons ondersteuning te gee aan hulle wat God dwarsboom. Ons het gehoop dat mense ons moet red en lei na voorspoed, maar slegs God is in staat om dit te doen.

Ps 2:1-5, 10-12 “Waarom is daar onrus onder die volke, waarom smee die nasies planne – en dit te vergeefs? Die konings van die aarde is in opstand, die leiers span saam teen die Here en teen Sy gesalfde en sê: “ Kom ons maak ons vry en gooi hulle juk af! “ Hy wat in die hemel woon lag hulle uit, die Here spot met hulle. Hy spreek hulle aan in sy toorn ……. Wees dan nou verstandig konings, wees gewaarsku, regeerders van die aarde! Julle moet die Here met ontsag dien, Hom met vrees en bewing toejuig en Hom onderdanig wees…..”

Jer 1:18-19 “ Ek maak jou vandag n vestingstad, n ysterpilaar, n bronsmuur sodat jy staande kan bly teen die hele land, teen die koningshuis van Juda…. Hulle sal teen jou veg, maar hulle sal jou nie oorweldig nie, want Ek is by jou, sê die Here, Ek sal jou red.”

3.5. Ons betreur die onvanpaste troonposisie wat aan invloedryke mense en glanspersone toegeken word – hoe ons leun op hulle invloed en opinies in plaas daaarvan om op die waarhede van God te staan. Hoe dikwels gee ons aan feilbare en goddelose mense die spasie om ons samelewing te beïnvloed net op grond van hulle roem! Bid dat mense slags op grond van suiwer karakter, nederigheid en integriteit toegelaat sal word om ons te beïnvloed.

1 Sam 2:30: “Daarom lewer die Here, die God van Israel uitspraak. Die een wat My eer, sal Ek eer, en die een wat My minag, sal Ek minag.”

Jes 53:3: “Hy was verag en deur die mense verstoot, ‘n man van lyding en wat pyn geken het, Iemand vir wie die mense die gesig wegdraai. Hy was verag, ons het hom nie gereken nie.”

Luk 16:15: “En Hy sê vir hulle: Julle is die wat julle voor die mense as goeie mense voordoen, maar God ken julle harte. Wat deur die mense as belangrik beskou word, is ‘n gruwel voor God.”

LEES: Dan 8:24-25; Jes 29:15-16; 1 Kor 1:26-30; Gal 1:10-11; Fil 2:3-9; 1 Tess 5:12Jak 2:8-9

3.6. Hoe maklik is ons nie gedienstig aan mense met geld en kontakte nie. Mense sal omtrent enigiets doen vir ryk mense, maar ignoreer maklik minder bevoorregtes. Hulle sal maklik ryk mense se guns probeer wen in die hoop dat hulle iets daarvoor sal terugkry. Ons kan God vertrou om ons te seën wanneer ons alle mense ewe goed behandel.

1 Sam 2:7-9: “ Die Here maak arm en Hy maak ryk. Hy verneder en gee aansien. Hy laat die geringes uit die stof opstaan, Hy hef die armes op van die ashoop af om hulle by vername mense te laat sit. Hy skenk hulle ‘n ereplek.”

Spr 22:16: “Wie arm mense uitbuit, verryk homself; wie aan ryk mense geskenke gee, word self arm. v19: Ek onderrig juis vir jou vandag sodat jy op die Here kan vertrou.”

Page 12: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Spr. 28:11: “ ‘n Ryk man kan dink hy het die wysheid in pag, maar ‘n arm mens met insig sien deur hom. “ LEES: 1 Sam 25:2-3, 25; Ps 49:16-20; Jak 2:5-6.

3.7. Vra vergifnis omdat ons verwag dat staatsamptenare perfek moet wees, en aan al ons wense moet voldoen. Vra vergifnis vir al die kritiek en gekla oor ons leiers omdat ons hoop op hull eons beskaam. Ons hoop op verandering is op hulle, in plaas van op God. Tree in vir ons nasionale leiers as ‘n gebaar van vertroue in God, en nie op politieke leiers nie. Slegs God kan Godvresende leiers oprig vir ons land.

Jes 40:23-25: Hy maak die vername mense tot niks, die heersers van die wêreld asof hulle nie bestaan nie. Skaars is hulle geplant, skaars is hulle gesaai, skaars het hulle wortelgeskiet, of Hy blaas sy asem oor hulle, en hulle verdor, die stormwind vat hulle weg soos stoppels. “Met wie kan julle My dan vergelyk, wie is soos Ek”? Vra die Heilige.

Eseg 45:8-9: Die regeerders wat Ek aanwys, sal my volk nie weer te kort doen nie…v9: So sê die Here my God: “Julle het nou ver genoeg gegaan, regeerders van Israel. Laat staan die geweld en verdrukking, laat reg geskied en doen reg, hou op om my volk se eiendom vir julle te vat.” Sê die Here. 1 Kor 10:9-12: Laat ons Christus nie uittart nie, soos sommige van hulle Hom uitgetart het, en hulle het deur slange omgekom. En moenie teen God in verset komk nie, soos sommige van hulle in verset gekom het, en hulle het deur die engel van die dood omgekom… Daarom, wie meen dat hy staan, moet oppas dat hy nie val nie.

4. GOLF DRIE: BID OOR DIE VERTROUE IN WELVAART EN RYKDOM18-24 Maart 2019

Bid die volgende gebedspunte op drie vlakke. Eerstens vir jou persoonlik, tweedens vir die Kerk van Jesus Christus in SA, en derdens vir die volk van SA.Ons kan nie verandering in SA verwag as ons, wat beweer dat ons Christene is, nie in ‘n opregte verhouding met God is nie.

Bid die onderstaande Skrif ivm ‘n lewe wat in lyn is met God se begeerte vir ons lewens. Vra vergifnis omdat ons dikwels vertrou op welvaartsgode eerder as op God, ons Voorsiener.

4.1 Verklaar dat Jesus Christus en God as Elshadai jou enigste bron van voorsiening en seën is. Tree in vir geregtigheid om sigbaar te word in ons finansies en die land se ekonomie.

Deut 8:17-18 Jy kan dalk dink: my krag en my sterk hande het vir my hierdie rykdom verwerf. Maar jy moet die Here jou God nie vergeet nie, wanat dit is Hy wat jou die krag gee om rykdom te verwerf. So hou Hy Sy verbond in stand wat Hy met ‘n eed aan jou voorvaders beloof het.

Page 13: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Ps 37:16: Die bietjie van die regverdige is beter as die rykdom van talle goddeloses.

Ps 62:11: Moenie op geweld vertrou nie; roof sal jou niks in die sak bring nie. As jou rykdom toeneem, moenie dat dit jou ten a aan die hart lê nie.

Ps 49:6-7; Ps 112: 1; Mark 10:23-25 (Luk 18:24-27)

4.2. Ondersoek jouself. Erken waar jy toelaat dat materialisme jou lewe beïnvloed. Vra vergifnis waar jy vinnig ryk wil word en bereid is om onreg te verdra vir finansiële gewin. Verklaar dat jy slegs Jesus Christus sal vertrou en dien, en mammon nie sal toelaat om jou finansiële besluite te beïnvloed nie. Jer 17:11: “ ‘n Fisant wat broei op eiers wat hy nie gelê het nie dit is die mens wat op oneerlike wyse ryk word. Hy sal sy rykdom moet agterlaat in die fleur van sy lewe, sy uiteinde is die van ‘n dwaas.”

Luk 12:15-20: “Toe sê Hy: Pasop vir elke vorm van gierigheid, want ‘n mens se lewe is nie afhanklik van die oorvloed van sy besittings nie.” Luk 16:11-13: “Geen bediende kan vir twee base tegelyk werk nie, want hy sal of die een minder ag en die ander een hoër, of vir die een meer oorhê en die ander een afskeep. Julle kan nie God en Mammon dien nie.”

1 Tim 6:8-11: “Die wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Gierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal. Daardeur het hulle hulself baie ellende op die hals gehaal.”

4.3. Bely die afgode van gierigheid en hebsug in jou lewe, in die Kerk en die nasie as geheel. Bid dat ons verlos sal word van hierdie strik en gewillig sal word om tot voordeel van ander en die Koninkryk te bestaan. Eks 18:21 “Kies bekwame manne, dienaars van die Here, mense wat die waarheid liefhet en onregverdige wins haat, en stel hulle aan.” Afr 53.

Ps 52:9 “Kyk die man wat God nie tot sy toevlug gemaak het nie, maar vertrou het op die grootheid van sy rykdom – God sal hom ontwortel uit die land van die lewendes.” Afr 53.

Heb 13:5 “Hou julle lewe vry van geldgierigheid, wees tevrede met wat julle het. God self het gesê: Ek sal jou nooit verlaat nie, jou nooit in die steek laat nie.”

Kol 3:5 “ Daarom moet julle die aardse dinge doodmaak wat nog deel van julle lewe is: onsedelikheid, onreinheid, wellus, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodery is.

Page 14: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Ps 119:36-38; Spr 28:22; Jes 44:9-10; Jes 57:16-17; Jer 8:10 (Jer 6:13); Jer 22:17

4.4. Ons vra vergifnis omdat ons soveel tyd en energie spandeer aan die opgaar van en vertroue op besittings, in plaas daarvan om op God te vertrou vir wat ons regtig nodig het. Vra vergifnis vir die vermorsing van jou lewe op goed wat nie tot voordeel is van die Koninkryk nie, en die deur oopmaak vir die vyand om die ware rykdom van Christus van jou te steel.

Pred 4:8: “Daar was ‘n man wat alleen was, sonder seun of broer. Tog was daar geen einde aan sy inspanning nie, en was hy steeds op soek na meer rykdom. Hy moes later vra: “Vir wie sloof ek my af? Ook hier kom dit tot niks.” Pred 5:11, 17 “ Die slaap van die arbeider is soet, of hy min eet of baie. Maar die oorvloed van die ryke laat hom onrustig slaap. …God laat die mens sy deel ontvang en sy werk met vreugde doen. Dit is ‘n gawe van God. Hy is vol van die blydskap wat God gee. “

Matt 13:22 (Mark 4:19, Luk 8:14): “Die man by wie daar tussen die onkruid gesaai is, dis hy wat die woord hoor, maar die bekommernis van die lewe en die verleidelikheid van rykdom verstik die woord en dit bly sonder vrug.”

4.5. Erken ons selfsugtig en die soeke na jou eie voordeel terwyl jy nie omgee vir ander se behoeftes nie. Vra God om jou, die kerk en gemeenskap te help om ander op te bou deur Sy liefde. Erken met berou dat ons nie genoeg omsien na die armes, weduwees en weeskinders nie. Spr 11:28 “ Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot ‘n val; wie reg doen, floreer soos groen blare aan ‘n boom.

Jes 55:1-3 “Kom, almal wat dors is, kom na die water toe, selfs ook die wat nie geld het nie, kom, koop en eet; ja, kom koop sonder geld en sonder om te betaal, wyn en melk. Waarom betaal julle vir iets wat nie brood is nie, waarom werk julle vir iets wat nie kan versadig nie?”

1 Tim 6:17-19 “Die wat in hierdie wêreld ryk is, moet jy waarsku om nie hooghartig te wees nie. Hulle moet nie hulle hoop daarop vestig nie, maar op God wat alles ryklik aan ons gee om te geniet. Spoor hulle aan om ryk te wees in goeie dade.”

4.6. Erken met berou dat ons nie genoeg materieel investeer in Koninkrykswerk nie. Ons offer nie op om die Evangelie te bring aan ongereddes nie, omdat ons liewer “ons” geld spandeer op ons eie plesier. Bid dat dit algemene praktyk sal word om by te dra vir die voordeel van ander. Ef.4:28 “ As iemand ‘n dief is, moet hy ophou steel; hy moet deur harde werk op ‘n eerbare manier self in sy lewensonderhoud voorsien, dan sal hy iets hê om vir die armes te gee.”

Page 15: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Luk 6:38 “Gee en vir julle sal gegee word : ‘n goeie maat, ingestamp, geskud, propvol sal hulle in julle hande gee. Met die maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word.”

Luk 12:31-34 “Julle het ‘n Vader wat weet wat julle nodig het. Beywer julle vir Sy koninkryk, dan sal Hy julle ook hierdie dinge gee. Verkoop julle besittings en gee bydraes vir die armes. Skaf ‘n beurs aan wat nie leeg raak nie, ‘n onuitputlike rykdom in die hemel, waar geen dief dit kan bykom en geen mot dit kan verniel nie. Waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees.”

Hand 20:35 ; 2Kor 9:6; Fil 4:14-20; Jak 2:14-17; Mal 3:7-12;

4.7. Ons erken met berou dat ons nie op God vertrou in tye van risiko en krisis nie. Baie mense bou slegs op beleggings en versekering. Ander hoop op die Lotto om vinnig ryk te word en gee so erkenning aan die geluksafgode. So kry die bose toegang tot ons lewe om van ons te steel. Ons moet onsself en alles wat ons besit toevertrou aan God en nie vir een oomblik die wêreld se valse beloftes om gou ryk te word, glo of betrokke raak in bedenklike geldskemas nie. Jes 65:11-12: “Julle wat van die Here afvallig geword het, julle wat my heilige berg vergeet het, julle wat vir die afgod Gad (geluksgod) offermaaltye gehou het, wyn geskink het vir die afgod Meni (afgod van noodlot en geluk/ luck). Ek gaan julle straf met die dood, want toe ek julle geroep het, het julle nie geantwoord nie.”

Jak 5:1: “En nou, julle rykaards, kerm en kla oor al die swaar wat oor julle gaan kom. Julle rykdom sal tot niet gaan en julle klere sal deur motte opgevreet word, julle goud en silwer sal verroes. Die roes sal teen julle getuig en aan julle vreet soos ‘n vuur. Julle maak skatte bymekaar, en dit terwyl dit die laaste dae is.”

Matt 6:19-22: “ Moenie vir julle skatte bymekaarmaak waar mot en roes dit verniel en waar diewe inbreek en steel nie. Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar mot en roes dit nie verniel nie, en diewe nie inbreek en steel nie. Waar jou skat is, sal jou hart ook wees.”

Luk 12:16-20: “ Hy het vir homself gesê: Mens, jy het baie goed wat weggesit is vir baie jare. Hou op met werk: eet drink en leef lekker. Maar God het vir hom gesê: Jou dwaasVannag nog sal jou lewe van jou opgeeis word. So gaan dit met hom wat vir homself skate vergaar en nie ryk is by God nie.”

5. GOLF VIER: BID OM NIE TE VERTROU OP VALS GODE EN LEUENS NIE

25-31 Maart 2019

Ons wil julle herinner om die volgende gebedspunte soos wat dit verband hou, op drie vlakke te bid. Eerstens met betrekking tot jouself persoonlik, tweedens vir die Kerk van Jesus Christus in Suid Afrika en laastens vir ons nasie in die algemeen. Ons moet begin by onsself en die

Page 16: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

kerk. Ons kan nie verwag dat daar verandering sal kom in die groter Suid Afrikaanse samelewing as almal wat beweer dat hulle kinders van God is nie werklik tot Hom verbind is nie.

Begin deur te kyk na die regte verhouding met Jesus die ware Rots. Bid oor die voorskrifte in die Bybel… oor hoe om te lewe volgens Gods se voorskrifte. Bely die verskillende sondige maniere waarop ons op valse gode vertrou het in plaas van op God. Maak gebruik van die Skrifgedeeltes wat verskaf word vir hierdie kwessies.

5.1 Erken God weereens as die enigste ware God. Hy is die Skepper van die hemel en aarde, die Een wat ons aanbidding, volkome diensbaarheid en gehoorsaamheid waardig is. Verklaar dat daar nie nog ‘n naam in die hemel of op die aarde is, wat in ons lewens, die kerk sowel as die hele Suid Afrika, erken moet word nie.

Eks 20:3-6 3”Jy mag naas My geen ander gode hê nie. 4Jy mag nie vir jou n beeld of enige afbeelding maak van wat in die hemel daarbo of op die aarde hieronder of in die water onder die aarde is nie. 5Jy mag hulle nie vereer of dien nie, want Ek, die Here jou God, eis onverdeelde trou aan My. Ek reken kinders die sondes van hulle vaders toe, selfs tot in die derde en vierde geslag van dié wat My haat, 6maar Ek betoon My liefde tot aan die duisendste geslag van dié wat My liefhet en My gebooie gehoorsaam.”

Hand 4:10-12 10”Julle almal en die hele volk Israel moet weet dat dit in die Naam van Jesus Christus van Nasaret is dat hy hier gesond voor julle staan – dié Jesus vir wie julle gekruisig het, maar wat God uit die dood opgewek het. 11Hy is die klip wat deur julle, die bouers, afgekeur is. Juis Hy het die belangrikste klip in die gebou geword. 12Hý bring die verlossing en niemand anders nie. Daar is geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”

Lees: Deut 8:19, Ps 31:6, Jes 45:21-22, Jer 2:11-13 en 1 Kor 8:4-6.

5.2 Bekeer julle van die aanbidding van voorvadergeeste, die verering van die dooies en vertroue in ander geeste stel om ons verhouding met God te fasiliteer/vergemaklik. Bid vir gemeenskappe om hulle rug te draai op hierdie tradisies en om Christus as die enigste middelaar en betroubare hulp te kies.

Jes.65:2-4 “2Ek het gedurig My hande uitgesteek na n opstandige volk wat n pad geloop het wat nie goed is nie, wat hulle eie kop gevolg het. 3Hierdie volk beledig My gedurig in My gesig, hulle bring soos heidene offers in tuine en brand wierook op hulle altare. 4Hulle sit tussen die grafte en bly snags in geheime plekke. Hulle eet varkvleis, en daar is onrein vleis in hulle borde.”

1Tim.2:5-6 “5Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus 6wat Homself as n losprys vir almal gegee het.”

Lees: Lev 19:31, Deut 18:10-14, Jes 57:3-8.

5.3 Toon ware berou oor die sogenaamde godsdienstige gees teenwoordig in soveel kerke asook die invloed van bedrieglike geeste wat veroorsaak dat kerke kompromieë aangaan m.b.t. die waarheid van God. Eien ons valse vertroue in oppervlakkige teologie en dogma, niksseggende rituele en tradisies wat mense verheerlik. Bid dat die nasie na God sal terugdraai en Hom in gebed sal aanroep, met volle vertroue dat net Hy ons kan red.

Page 17: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

Mark.7:8-9, 13 8“Julle laat die gebod van God los en hou aan die oorgelewerde gebruik van mense vas.” 9Hy het verder vir hulle gesê: “Julle verstaan die kuns goed om die gebod van God opsy te skuiwe en julle oorgelewerde gebruike in stand te hou. 13So ontneem julle die woord van God sy gesag deur julle oorgelewerde gebruike wat julle op julle beurt weer oorgelewer het. Daar is ook nog baie sulke dinge wat julle doen.”

1Pet.1:18-21 18”Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is uit julle oorgeërfde sinlose bestaan nie. 19Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. 20Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem, maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom. 21Deur Hom glo julle in God wat Hom uit die dood opgewek en aan Hom heerlikheid gegee het. Daarom is julle geloof en hoop op God gerig.”

Lees Jer 7:8-11, Matt 15:6-9, 13, Kol 2:8, 1 Tim 4:1-3, 2 Tim 3:13-17

5.4 Bekeer julle van ateïsme, en sekulêre ongeloof. Vra God om ons te vergewe omdat ons die leuen van verdraagsaamheid toelaat, en sodoende die ewige en absolute waarheid verwerp sodat ons gemaklik en vry kan leef soos dit ons behaag. Bely dat ons meer vertroue het in die wetenskap en menslike redenasie as in die waarheid en geloof in God.

Kol.2:6-10 “6Aangesien julle dan Christus Jesus as Here aangeneem het, moet julle in verbondenheid met Hom lewe, 7in Hom gewortel en op Hom gebou, vas in die geloof soos julle geleer is, en met dankbaarheid vervul. 8Pas op dat niemand julle van Hom af wegvoer deur teorieë en argumente wat misleidend is nie. Dit is die dinge wat berus op die oorlewering van mense, op wettiese godsdienstige reëls en nie op Christus nie. 9In Hom is die volle wese van God beliggaam, 10en in verbondenheid met Hom deel julle in Sy volheid. Hy is die hoof oor elke mag en gesag.”

Lees 1 Kor 1:20-31, 1 Kor 3:18-21, Jak 3:13-17.

5.5 Bekeer julle van alle vorme van heksery en afgodery, die Nuwe Era (New Age) en alternatiewe geloofstelsels waarop mense hul lewens bou en najaag in SA. Vra vergifinis omdat ons ons lewens aangepas het by die ghoeroes, sangomas en valse profete terwyl ons die voorskrifte van God se Woord ignoreer. Bid dat God se Woord verhoog sal word tot die hoogste vlak waarvolgens alles in ons gemeenskappe vasgestel moet word.

Jer.1:16 16”Ek sal die mense van Juda straf vir hulle sondes: hulle het My verlaat, vir ander gode offers gebring en voor hulle eie handewerk in verering gebuig.”

Jes.31:6-7 6Israeliete, bekeer julle tot Hom van Wie julle so ver verwyder geraak het. 7Daardie dag, wanneer julle elkeen sy afgode weggooi, die afgode van silwer en van goud wat julle self gemaak het en waarmee julle gesondig het (8sal die Assiriërs deur die swaard, nie van n mens nie, afgemaai word.)

Lees Deut 18:10-14, 2 Kon 17:16-18, Jes 42:17-18, Hab 2:18-19, 1Kor 10:14, 19-22.

Page 18: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

5.6 Bid dat jy nie teen die Here sal rebelleer en onwillig sal wees om Sy opdragte te gehoorsaam nie. Om nie eerder jou eie opinie te volg nie, maar dat jy liewer sal poog om dinge reg te stel wat in stryd is met God se standaarde. Bid dat die leuen van relativisme gesloop sal word en dat die onvernietigbare beginsels van die waarheid weer die norm sal word waarop mense in ons gemeenskappe kan vetrou.

Dan.9:8-10 “8“Here, hierdie ellende het oor ons, oor ons konings, oor ons leiers en oor ons familiehoofde gekom omdat ons teen U gesondig het. 9Maar U, Here ons God, bewys barmhartigheid en U vergewe, al was ons opstandig teen U. 10Ons was nie aan U, Here ons God, gehoorsaam nie, ons het nie volgens U wil gelewe nie, U wil wat U deur U dienaars, die profete aan ons gegee het.”

Lees Num 15:39, Deut 1:43, Deut 12:8, Neh 9:16-17, Neh 9:26, 1 Sam 5:22, Ps 5:10-12, Ps 107:11-13 Spr 12:15, Spr 21:2-3, Spr 30:12, Jes 1:2-3, Jes 5:20-21.

5.7 Kom ons bekeer ons van ons onwilligheid om ter wille van Christus te ly. Om ons eie belang te dien is ook ‘n afgodsdiens. Ons vertrou op ‘n weergawe van die Christendom wat gerig is op gemak, gerief en voorspoed. Tog noem die Skrif duidelik dat ons ‘n opofferende lewe van geregtigheid moet lewe waar ons bereid moet wees om ‘n hoë prys te betaal om God te dien en om ander vir Christus te bereik. Weerhou jou van louwarmheid en kompromieë! Bid dat ‘n diep vertroue in God en Sy soewereine betrokkenheid in ons lewens en die nasie s’n, ons so sal lei om in geloof te leef. Sodat hulle oë sal oopgaan om die Koninkryk deurbrake wat in ons land moontlik gemaak is te kan sien.

1Pet.2:19-24 19”Dit is genade as iemand die prys van onverdiende lyding verduur omdat hy aan God getrou wil wees. 20As julle gestraf word wanneer julle oortree het, watter verdienste is daarin as julle dit verdra? Maar om lyding te verdra wanneer julle goed doen, dit is genade van God. 21Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus Self vir julle gely het en so vir julle n voorbeeld gestel het, sodat julle in Sy voetspore kan volg.”22Hy het geen sonde gedoen nie en uit Sy mond het daar nooit n leuen gekom nie. 23Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel. 24Hy het Self ons sondes in Sy liggaam aan die kruis gedra. Daardeur is ons vir die sondes dood en kan ons lewe in gehoorsaamheid aan die wil van God. Deur Sy wonde is julle genees.

Lees Joh 15:18-21, Spr 5:42-42, Rom 12:1-2, Fil 1:27-29, 1 Tess 3:3-7, Heb 11:24-26, 1 Pet 3:13-17, 1 Pet 4:12-16, 19, Open 3:16-20.

6. GOLF VYF: GEBED OOR VERTROUE OP PERDE EN STRYDWAENS

1 – 7 April 2019

Ons wil julle herinner daaraan dat hierdie gebedspunte op 3 vlakke betrekking het:

Eerstens op persoonlike vlak; tweedens ten opsigte van die Kerk van Jesus Christus in Suid Afrika en laastens ten opsigte van die volk van Suid Afrika in die algemeen. Ons moet by onsself

Page 19: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

en die kerk begin. Ons kan nie verandering in die groter SA gemeenskap verwag as ons, wat daarop aanspraak maak dat ons Jesus Christus dien, self nie in die regte verhouding met God is nie.

Ons begin deur te kyk na die regte ingesteldheid teenoor Jesus, die ware Rots. Ons sal bid oor die opdragte in die Skrif oor hoe om in lyn met God se prioriteite te lewe. Dan sal ons bely hoe ons op die verskillende maniere op perde en strydwaens (stelsels) eerder as op God vertrou het. Gebruik die volgende Skrifgedeeltes om voorbidding te doen vir hierdie sake.

6.1 Maak vandag ‘n sterk (duidelike) verklaring dat jy net op God en Sy Koninkryk sal vertrou as fondament vir beskerming en voorsiening in jou lewe. Bely jou afhanklikheid van menslike instellings om jou toe te rus en beveilig. Bid dat hierdie nasie hom na God sal haas en opsien vir ‘n veilige en voorspoedige toekoms waarin boosheid oorwin en vyande verslaan sal word wat die welsyn van ons gemeenskappe bedreig.

Ps 20: 6-9: “Ons sal juig oor u oorwinning en in die Naam van ons God die vaandels ontplooi. Mag die Here alles gee wat u vra. Dit weet ek: die Here sal aan sy gesalfde die oorwinning gee! Uit die heilige hemel verhoor die Here sy gebed; die Here gee deur sy groot mag aan hom die oorwinning. Sommige vertrou op strydwaens en ander op perde, maar ons, ons vertrou op die Naam van die Here ons God. Hulle sal struikel en val, maar ons sal regop en vas bly staan.

6.2. Die Here het owerhede en instellings daargestel om krag en heelheid in elke gemeenskap te voorsien. Die Here het vir elke instelling baie spesifieke grense en doelstellings bepaal. Hulle moes Hom verteenwoordig, Sy welwillendheid en goeie bedoelings. Bid dat God se doelstellings t.o.v. die huwelik, gesinne, regering, kerk en gemeenskap as standaard sal dien waarvolgens ons gemeenskap ingerig sal word en as riglyne dien. Bely jou vertroue op menslike verdraaiings van God se instellings wat skade, verdeeldheid en misleiding veroorsaak.

Matt.16: 18-19: “En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Ek sal aan jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee, en wat jy op die aarde toesluit, sal in die hemel toegesluit bly; en wat jy op die aarde oopsluit, sal in die hemel oopgesluit bly.”

Rom. 13: 1-4: “Elke mens moet hom onderwerp aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God. Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die verordening van God; en wie in opstand kom, sal sy verdiende straf kry. ‘n Mens hoef nie vir die owerhede bang te wees as jy goed doen nie, maar wel as jy kwaad doen. Wil jy sonder vrees vir die owerheid lewe? Doen wat goed is, en die owerheid sal jou prys, want die owerheid is die dienaar van God tot jou beswil. Maar as jy kwaad doen, het jy rede om bang te wees, want die owerheid het nie verniet die reg om te straf nie. Hy is immers ook hierin die dienaar van God dat hy die kwaaddoener moet straf.”

1 Kor. 12:27-31: “Julle is die liggaam van Christus, en afsonderlik is elkeen ‘n lid daarvan. En in die kerk is daar mense aan wie God ‘n bepaalde taak gegee het. Ten eerste is daar apostels, ten tweede profete, ten derde leraars; verder is daar die wat wonderdade kan doen, dan die wat genadegawes ontvang het om mense gesond te maak, om hulp te verleen, om leiding te gee of om ongewone tale en klanke te gebruik. Is almal miskien apostels? Is almal profete? Is almal

Page 20: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

leraars? Kan almal miskien wonders doen? Het almal die genadegawes om mense gesond te maak? Of gebruik almal miskien ongewone tale of klanke en kan almal dit uitle? Lê julle toe op die beste genadegawes.”

6.3. Bely dat ons ons vertroue in regerings en ook in internasionale organisasies stel as die bron van redding en opheffing. Moderne regerings het funksies oorgeneem wat God nie vir hulle bepaal het nie. Ons as indiwidue, kerke en gemeenskappe vertrou op stelsels van die regering en wêreld. Bid dat ons volk na God sal terugdraai en erken dat geen regering of internasionale organisasie sonder God se bemoeienis ‘n volk na voorspoed kan lei nie.

Jes. 31: 1-3: Ellende wag vir die wat by Egipte hulp gaan vra; hulle verlaat hulle op perde, hulle is vol vertroue as daar baie strydwaens is, as hulle oor ‘n menigte ruiters kan beskik; maar op die Heilige van Israel vertrou hulle nie, na die wil van die Here vra hulle nie. Hy is die Een wat wysheid het; daarom het Hy ‘n ramp laat losbreek en het Hy nie afgesien van wat Hy gesê het nie: Hy tree op teen die volk wat altyd verkeerd doen en teen die volk wat hulp verleen aan die wat onreg doen. Die Egiptenaars is mense, hulle is nie gode nie, en hulle perde is maar net perde, nie bonatuurlike wesens nie. As die Here sy hand uitsteek, val die helper en die een wat gehelp word en gaan hulle saam onder.

Hos. 14:1-3: Keer terug na die Here jou God, Israel, want jy het geval deur jou sonde. Bely jou sonde en kom terug na die Here toe. Sê vir Hom: “Vergewe tog al ons sonde en neem ons belydenis aan. Ons bely teenoor U: Assirië hou vir ons niks goeds in nie. Ons sal ons nie meer op wapens verlaat nie. Ons sal ook nie meer vir ons eie handewerk se: ‘Ons god’ nie. By U alleen is daar liefde vir ‘n weeskind.”

6.4. Bely ons vertroue op politieke partye en meganismes as instrumente tot vryheid en toekomstige voorspoed. Bely die vernietigende praktyk van politieke korrektheid en die onwilligheid om op te staan vir die waarheid al is dit nie gewild nie. Ons durf nie die menslike politieke stelsels van ons nasie vertrou nie. Ons moet net op God vertrou. Bid dat ons nasie hom tot God sal keer en dat ons ons nie langer deur menslike wêreldse stelsels sal laat manipuleer en beheer nie.

Ps 75: 5-10: “Vir die hooghartiges sê Ek: Moenie hooghartig wees nie, en vir die goddelose: Moet jouself nie verhef nie! Moet jou nie teen die hemel verhef en aanmatigende dinge sê nie.” Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste of uit die woestyn nie! Nee, dit is God wat verneder of verhef, Hy is die regter! Daar is ‘n beker in die hand van die Here. Dit is vol skuimende wyn met gif gemeng. Hy laat die goddeloses van die aarde daaruit drink; hulle moet selfs die afsaksel opdrink, die beker leeg drink. Maar ek sal altyd getuig, altyd sing tot eer van die God van Jakob. “Ek sal die mag van die goddeloses verpletter,“ sê God, maar die regverdige sal Ek hoog verhef.”

Jes. 9: 5-6: “ Vir ons is ‘n Seun gebore, aan ons is ‘n Seun gegee; Hy sal heers, en Hy sal genoem word: Wonderbare Raadsman, Magtige God, Ewige Vader, Vredevors. Sy heerskappy sal uitbrei, en Hy sal vir altyd vrede en voorspoed bring. Hy sal op die troon van Dawid sit en oor sy koninkryk regeer. Hy sal die koninkryk vestig en in stand hou deur reg en geregtigheid, van nou af en vir altyd. Daarvoor sal die onverdeelde trou van die Here die Almagtige sorg.”

Page 21: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

6.5. Hoe dikwels hardloop ons na die howe en die regstelsels om ons te red? Ons steun op gebrekkige wêreldstelsels wat God se waardes oneer aandoen en die geregtigheid waartoe God ons geroep het, verdraai. Bid dat ons nasie na God sal draai en Sy ingryping soek eerder as na die oppervlakkige tussenkoms van ‘n vyandige stelsel wat mense en groepe van mekaar vervreem.

Ps. 9: 8-11: “Die Here is altyd op sy troon; op sy regterstoel is Hy steeds gereed vir die regspraak. Hy lewer ‘n regverdige uitspraak oor alle mense, Hy vel ‘n billike vonnis oor die nasies. Vir die mense wat in gevaar verkeer, is die Here ‘n toevlug, ‘n skuilplek in tye van nood. Daarom vertrou almal wat u Naam bely, op U, want U, Here, laat die wat vra na u wil, nie in die steek nie.”

Joh.5: 30-31: “Uit my eie kan Ek niks doen nie: Ek oordeel soos Ek dit van die Vader hoor, en my oordeel is regverdig, omdat dit nie my wil is wat Ek nastrewe nie, maar die wil van Hom wat My gestuur het. As net Ek oor Myself getuig, is my getuienis nie geldig nie. Daar is ook Iemand anders wat oor My getuig, en Ek weet dat die getuienis wat Hy oor My aflê, waar is.”

6.6. Hoe dikwels in ons geskiedenis het ons op ons nasionaliteit, kultuur-agtergrond en ons volksgroep gereken as die basis van ons identiteit en stabiliteit? Kultuur-stelsels en gemeenskaplike norme is dikwels hoër as opdragte uit die Skrif geag. Bely dat jy buite verhouding op die gemeenskaplike mag van jou volksgroep staatmaak. Bid dat die Koninkryk van God alle kultuur riglyne sal oorheers en dat ons identiteit en selfbeeld in Jesus Christus gegrond sal wees eerder as in gemeenskaplikhede.

Joh.4: 9-14: “Die Samaritaanse vrou se toe vir Hom: “Hoe vra jy, wat ‘n Jood is, vir my, ‘n Samaritaanse vrou, water om te drink?” Die Jode en die Samaritane gaan immers nie met mekaar om nie. Jesus het haar geantwoord: “As jy geweet het wat God gee, en wie dit is wat vir jou sê: “Gee My ‘n bietjie water om te drink,” sou jy Hom gevra het, en Hy sou vir jou lewende water gegee het.” Die vrou sê toe vir Hom: “Meneer, jy het nie eers ‘n skepding nie, en die put is diep. Waar gaan jy die lewende water kry? Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob wat hierdie put vir ons gegee het en self saam met sy seuns en sy diere daaruit gedrink het nie? Maar Jesus antwoord haar: “Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry; maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die water wat Ek hom sal gee, sal in hom ‘n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

Gal. 3: 26-29: “Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God, want julle almal wat deur die doop met Christus verenig is, het nou deel van Christus geword. Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal een. En as julle aan Christus behoort, is julle ook nakomelinge van Abraham en erfgename kragtens die belofte van God.”

6.7. Ons woon in ‘n land vol misdaad. Baie mense is bang en reken op sekuriteitsmaatskappye, die polisie en veiligheidsmaatreëls vir beskerming. Bely jou

Page 22: 2. GOLF EEN: GEBED TEN OPSIGTE VAN FOUTIEWE …ifsaprayer.co.za/wp-content/uploads/2019/02/2019...  · Web view2019-02-24 · IFSA word gelei deur n groep bekende leiers in die land

vertroue op hulle eerder as op die Here. Bid dat Hy tot ons redding sal kom in antwoord op ons gebede en dat ons gemeenskappe so vrede en veiligheid sal ervaar.

Jes. 41: 10-12: “Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand hou Ek jou vas, met my eie hand red Ek jou. Almal wat teen jou te kere gaan, sal teleurgesteld staan en die aftog blaas. Jou teeparty sal soos niks word, hulle sal omkom. Jy sal die soek wat teen jou veg, maar hulle sal nêrens te vinde wees nie; die wat teen jou oorlog maak, sal word soos niks, soos iets wat nie bestaan nie.”

Jes. 54:17: “ Geen wapen wat gesmee word om jou aan te val, sal iets uitrig nie; elkeen wat vals teen jou getuig, sal gestraf word. Dit is hoe Ek, die Here, vir my dienaars sorg. Ek laat geregtigheid aan hulle geskied, se die Here.”

Open.1:17: “ Toe ek Hom sien, het ek by sy voete neergeval en bly lê soos een wat dood is. Hy het toe met sy regterhand aan my gevat en vir my gesê: Moenie bang wees nie, dit is Ek, die Eerste en die Laaste, die Lewende. Ek was dood en, kyk, Ek lewe tot in alle ewigheid; en Ek het die sleutels van die dood en die doderyk.”

XXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXXX