22

PROSPEKTUS · 2017-03-14 · ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te ontwikkel in kritiese

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

PROSPEKTUS

Inhoud

Verwelkoming 2

Administrasie 3

Inskrywings 4

Finansies 5

Vakkeuses 6

Vakkeuses 7

Musiek 8

Dansstudies 8

Taalbeleid 9

School and Leisure 10

Skooldrag 11

Sportdrag 12

De Jagers 14

Voorkoms en netheid 15

Sport 16

Kultuur 17

Ondersteuningsdienste 18

Afhanklikheidsbeleid 19

Detensiestelsel 20

Opsomming: Gedragskode 21

ONS VISIE

Die Hoërskool Brackenfell strewe na uitnemendheid

op alle gebiede sodat elke leerder sy/haar volle potensiaal kan ontwikkel

om ‘n gebalanseerde volwassene en ‘n nuttige

landsburger te wees.

MISSIE

Die volle potensiaal van leerders moet op ‘n

gebalanseerde manier

ontwikkel word deur:

Kindgerigte /mensgerigte belangstelling te toon

Wedersydse respek te openbaar

Onderlinge samewerking tussen die skool en die

gemeenskap te bewerkstellig

Gelukkige kinders met ‘n positiewe houding en

skooltrots te skep

Christelike morele waardes by leerders te

kweek

‘n Akademiese ingesteld-heid te vestig

Aktief op buitemuurse vlak deel te neem

1

Mnr Jannie Muller Skoolhoof

VERWELKOMING

3

Ons harte swel van grootse trots By die aanhoor van jou naam Die bron van kennis wat ons dryf En ons vir ons taak bekwaam Ons streef na hoër dinge Ja, dit is tog ons leus’ Getrou aan Hoërskool Brackenfell Dit wil ons altyd wees

Our thoughts and speech and actions Our body and our soul We dedicate to you our school May we attain your goal With industry and fervour We’ll utilize our time Altiora Spero Spero The steep ascent we’ll climb.

Altiora Spero

Die Hoërskool Brackenfell se leuse

Mik altyd hoër

Die uitsonderlike prestasies van leerders is ‘n bewys dat dié motto nagevolg word.

SkoolliedSkoollied VERWELKOMINGVERWELKOMING

Geagte Ouers / Voogde en Leerders

Ons vetrou dat hierdie prospektus voldoende inligting bevat om u te help om ‘n ingeligte besluit te neem aangaande u kind se toekomstige skoolloopbaan. Die volgende feite behoort Hoërskool Brackenfell u voorkeurskool te maak. Ons is ‘n tweetalige skool wat daarna streef om Afrikaans en Engels te bevorder. Hierdie blootstelling aan beide tale en diverse kulture is tot groot voordeel van al ons leerders. Leerders: ‘n Toegewyde personeel is beskikbaar om julle te ondersteun om julle volle potensiaal op akademiese, sport en kulturele vlak te verwesenlik. Ons doel is om alle leerders te help om te ontwikkel in kritiese denkers en aktiewe probleemoplossers wat die wêreld met selfvertroue kan ingaan. Ouers: U kinders se toekoms is in die bekwame hande van ‘n toegewyde span professionele leiers, onderwysers en ‘n ondersteuningspan. Ons fokus op ‘n holistiese benadering waar die leerders die middelpunt is. Ons strewe om die leerders toe te rus met ‘n verskeidenheid van vaardighede sodat hulle kan funksioneer in ‘n multi-kulturele land. Om hierdie doelwitte te bereik is samewerking tussen ouers en onderwysers baie belangrik. Ek is vol vertroue dat alle rolspelers in u kind se lewe die vermoë het om aan Hoërskool Brackenfell se verwagtinge te voldoen. Ons sien onsself as ‘n veelsydige skool wat streef na uitnemendheid in alles wat ons doen. Ons sien uit daarna om u aansoek te ontvang. Ons bedank Xerox Cape Office vir die borg van die prospektus. Ons opregte dank en waardering aan u.

2

ADMINISTRASIE

Opedag

Die Hoërskool

Brackenfell hou elke

jaar in Februarie ‘n

opedag vir

voornemende

Brakkies en hul

ouers.

Die VRL begelei

voornemende

leerders deur die

skoolgebou.

Die ouers besoek die

verskillende lokale,

uitstallings en

aanbiedings.

Die skoolhoof, mnr

Muller, spreek die

ouers toe. ‘n Kort

video, wat die

bedrywighede van

die skool toon, word

aan die ouers

gewys.

Verversings en ‘n

warm “brakkie”

sluit die aand af .

Skoolhoof: Mnr J Muller

Adjunkhoofde: Mnr J Benadie Mev S Potgieter

Visehoofde: Mnr P Stofberg (Sport en bemarking) Mev S Kotzé (Ondersteuningsdienste) Mej D Bester (Kultuur)

Sekretaresses: Mev R Ferreira (Ontvangs) Mev C Marais (Skakelbord en Bemarking) Mev A Bester (Administratief)

Finansies: Mev R Smit Mev A Opperman Mev D Cupido Mev J Pringle

Posadres: Privaatsak X03 Brackenfell 7561

Telefoon: 021 981 5522

Faksnommer: 021 981 6023

E-posadres: [email protected]

Webtuiste: www.brakkies.co.za

Facebook: www.facebook.com/brakkieland

Skoolure: Ma. – Do.: 07:40 – 14:15 Vr.: - 07:40 – 13:45

Graadhoofstelsel

Elke graad het Graadhoofde verantwoordelik vir die algemene welsyn van die leerders vir dié spesifieke graad. Die Graadhoofde vergesel die groep deur hul hoërskoolloopbaan. Die Graadhoofde is verantwoordelik vir:

Dissipline Voorligting Vakkeuse Akademiese vordering Kampe, uitstappies Sosiale geleenthede Skakeling met ouers

Verwag die beste!

3

INSKRYWINGS

Prosedure by inskrywing vir 2018 Opedag / Inligtingsaand vind plaas op 23 Februarie 2017 om 18:00. Alle leerders, sowel as minstens een ouer, MOET hierdie geleentheid bywoon, aangesien baie belangrike inligting aan u deurgegee sal word.

1 Vul die aansoekvorm in en voorsien ons van die volgende dokumente:

Graad 6-rapport (Desember 2016) Afskrif van leerder se ID / geboortesertifikaat Bewys van Brackenfell-adres (bv. diensterekening) Kliniekkaart (indien beskikbaar) Afskrifte van beide ouers se ID’s sowel as

die ID van die huiseienaar by wie die leerder inwoon.

2 Inskrywings vir 2018 vind DV plaas op Dinsdag, 28 Februarie, Woensdag, 1 Maart en Donderdag 2 Maart vanaf 16:00 – 19:00. Skakel asseblief die sekretaresse om u naam binne ‘n sekere tydgleuf te plaas. Ouers sal slegs in die bespreekte tydgleuf gehelp word. Ons sal dit waardeer indien beide ouers die inskrywing saam met hul kind kan bywoon. Skooltoelating sluit op 24 Maart 2017. Ouers word in kennis gestel teen 3 Junie 2017. Ouers bevestig aanvaarding voor of op 30 Junie 2017.

3 Indien ons nie die voltooide vorm en dokumentasie met inskrywing op 28 Februarie, 1 en 2 Maart 2016 ontvang het nie, moet u daarmee vir lief neem dat die skool bestaande plekke aan ander aansoekers kan gee. Ons kan slegs 330 graad 8’s hanteer.

Kommunikasie vind plaas deur middel van die volgende kanale:

Gereelde omsendbriewe

Oueraande ná toetse en eksamens

Kwartaallikse rapporte

Re Vera (skoolkoerant) Graadhoofde

Afsprake op u versoek

D6 commu-nicator

E-posstelsel Webwerf Facebook

Ouer-Onderwysersvereniging

Die vereniging bestaan uit: Twee ouers per graad wat elke graad verteenwoordig

‘n Lid van die Beheerliggaam

Twee onderwysers

Hierdie vereniging se taak is om ouers by die skool te betrek deur funksies en oueraande aan te bied. Hierdie komitee is ook verantwoordelik vir fondsinsamelings en die koördinering daarvan. U sal dus van tyd tot tyd genader word vir hulp in die verband.

KOMMUNIKASIE MET OUERS OUERBETROKKENHEID

4

FINANSIES

HAND- EN SKRYFBOEKE SKOOLFONDS (2016)

Alle skryfbehoeftes moet deur die leerders self gekoop word en sal deur Boeke 24/7 by die skool te koop aangebied word. Handboekgeld is reeds by die skoolfonds ingesluit. Die eerste paaiement (tans R1 300) moet reeds November 2016 betaal word. LW: Dit is nie handboek-fooie nie.

LET WEL: Leerders is te alle tye verantwoordelik vir hul persoon-like besittings en kan geen eise teen die skool instel indien hul boeke, klere, selfone, ens. wegraak of beskadig word nie. (Tasse moet tydens pouses in klasse toegesluit wees.) Selfoongebruik in klasse is streng verbode en strafbaar. Vergelyk die gedragskode.

5

Die skoolfonds is tans R18 500 per kind per jaar. Betaalbaar voor of op 28 Februarie . Wyse van betaling: Kantoorure: Maandag – Donderdag: 07:30 – 14:15

Vrydag: 07:30 – 12:00 Verpligte eerste paaiement: R 1300 in November. Die heffing kan ook, met die goedkeuring van die Beheerliggaam, soos volg betaal word: in 10 gelyke paaiemente vanaf 1 Februarie tot 1

November in 12 gelyke paaiemente van 1 Desember van die

vorige jaar tot 1 November. Hierdie opsie is slegs beskikbaar vir debietorder-betalers. Enige ander vorm van betaling moet deur die finansiële komitee goedgekeur word.

Voordeel vir ouers:

Indien u die volle bedrag voor / op 28 Februarie betaal, is ‘n afslag van R1000 per kind van toepassing.

Indien ‘n verpligting vir meer as 30 dae uitstaande is, sal die Beheerliggaam geregtelike stappe doen om hierdie skuld in te vorder. Regskoste sal van die skuldenaar ver-haal word. Die totale jaarlikse heffing word in so ‘n geval onmiddellik betaalbaar. Skoolfondsverligting: U kom slegs hiervoor in aan-merking as u volgens die WKOD-tabelle daarvoor kwalifiseer en dan slegs as u die toepaslike aansoek-vorms en dokumente voltooi en ingehandig het vóór of op 31 Januarie 2018.

Let asseblief daarop dat alle bedrae jaarliks tydens die begrotingsvergadering in Oktober hersien word.

VAKKEUSES

Vakkeuse vir die Algemene Onderwys-en-Opleidingsertifikaat (A.O.O.S.)

1. Tale: Afrikaans Huistaal / Eerste Addisionele Taal Engels Huistaal / Eerste AddisioneleTaal

2. Wiskunde

3. Natuurwetenskappe (NW)

4. Ekonomiese en Bestuurswetenskappe (EBW)

5. Sosiale wetenskappe (SW)

6. Tegnologie

7. Skeppende Kunste (kies twee van

Drama, Dans, Musiek)

8. Lewensoriëntering

GRAAD 8 EN 9GRAAD 8 EN 9

Vakkeuse vir die Verdere Onderwys-en-Opleidingsertifikaat (V.O.O.)

Die vakke (genommer 1 tot 3) is VERPLIGTEND

1. Tale (Huistaal EN ‘n Addisionele Taal is verpligtend)

Afrikaans Huistaal / Eerste AddisioneleTaal Engels Huistaal / Eerste Addisionele Taal

2. Wiskunde / Wiskundige Geletterdheid

3. Lewensoriëntering

GRAAD 10 TOT 12GRAAD 10 TOT 12

‘n KEUSE van 3 vakke uit die volgende:

Besigheidstudies Dansstudie * Dramakuns * Ekonomie Fisiese Wetenskappe * Geografie

Ingenieursgrafika en Ontwerp** Kuns (onderhewig aan keuring) Musiek * Inligtingstegnologie * Lewenswetenskappe Rekenaartoepassingstegnologie ** Rekeningkunde Toerisme Verbruikerstudies **

Die groepe waarin leerders die keusevakke neem, word jaarliks deur die rooster bepaal en hersien. Die skool bied ‘n oop vakkeuse aan as die getalle dit regverdig.

LET WEL: Spesialisvakke met ‘n enkel asterisk (*) gemerk, is onderhewig aan keuring. Vakke met twee asteriske (**) ge-merk, het ‘n beperking ten opsigte van getalle as gevolg van fisiese geriewe.

Wees die beste!

6

7

Verbruikerstudies, Ingenieursgrafika en Ontwerp waar beperkte fisiese geriewe is.

Toelating tot die volgende vakke is onderhewig aan keuring:

Musiek Inligtingstegnologie Ingenieursgrafika en Ontwerp Fisiese Wetenskappe Wiskunde Rekeningkunde Dramakuns Dansstudie Kuns (Tygerberg Kunssentrum)

Slegs gekeurde leerders word toegelaat om meer as 7 eksamen-vakke te neem. 'n Addisionele heffing tot die skoolgeld (per ekstra vak) sal verhaal word.

VAKKEUSES

OPMERKINGS BETREFFENDE VAKKEUSES GR. 10 tot 12

Vakkeuses is onderhewig aan wysiging, afhangende van die getal leerders wat 'n spesifieke vak wil neem.

Wiskunde is 'n voorvereiste vir die vol-gende vakke:

Fisiese Wetenskappe Inligtingstegnologie Rekeningkunde

Vir verandering van vakke deur die loop van die jaar sal 'n administrasiefooi gehef word en dit is onderhewig aan bepalings soos gestel deur die WKOD.

Waar daar meer aansoeke tot ‘n vak is as waarvoor daar plek is, sal keuring op grond van akademiese prestasie plaasvind. Dit geld veral vir vakke soos Rekenaartoepassingstegnologie,

GEBORG DEUR

XEROX CAPE

OFFICE

VAKKEUSES

Die Hoërskool Brackenfell bied musiek as ‘n vak aan van graad 8 tot graad 12. Gratis praktiese onderrig word in die vol-gende instrumente aangebied: klavier, kerkorrel, blokfluit, viool, tjello en sang (onderhewig aan ‘n geslaagde oudisie).

Die skool bied verder ook privaat-onderrig aan in die volgende instrumente: kitaar en dwarsfluit. Onderrig in ander in-strumente word op ‘n ad hoc-basis gereël.

Leerders mag musiek as vak neem terwyl hulle praktiese onderrig by gekwalifiseerde onderwysers buite die skool ontvang.

Instrumente wat aangebied kan word vir musiek as vak: klawerbordinstrumente, stem, blokfluit, kitaar, orkesinstrumente, perkussie (3 instrumente), instrumente wat in ligte musiekgroepe en jazz-ensembles gebruik word (‘band instruments’), tromstel (drum kit). Musiekleerders en die koor van die Hoërskool Brackenfell tree gereeld op by eisteddfods en eksterne eksamens.

Die musiekdepartement speel ‘n tweeledige rol: dié van ‘n akademiese departement en ook om die skool met musiek te dien. Musiekleerders tree by skoolfunksies op. Ons plaas die klem op gehalte en verskeidenheid.

Die Hoërskool Brackenfell is baie bevoorreg om een van die min skole in die Wes-Kaap en een van die enigste in die noordelike voorstede te wees wat Dansstudies as vak aanbied. Ons spesialiseer in Kontemporêre dans en volg ʼn sillabus wat deur die WKOD in samewerking met Jazzart Dansteater ontwikkel is. Dit bestaan uit ʼn praktiese sowel as ‘n teore-tiese komponent wat uit Dans-geskiedenis en Anatomie bestaan. Die leerders word gedurende die jaar aan talle professionele danswerke blootgestel. Hulle hou ook dansuitvoerings by die skool. Hierdie is ʼn opwindende vak wat leerders nie net fisies uitdaag nie, maar ook bydra tot die ontwikkeling van kunstenaars met ʼn diep waardering vir dié kunssoort.

8

DANSSTUDIES MUSIEK

TAALBELEID

Die taalbeleid is ontwikkel teen die agter-grond van alle wetgewing (provinsiaal en nasionaal) wat beskikbaar is tot en met 2007.

1 Taal van leer en onderrig

Afrikaans en Engels is die tale van onderrig en leer. In graad 8 en 9 word parallelmediumonderrig gevolg en in graad 10-12 word klasse in dubbelme-dium onderrig.

Dit impliseer dat ‘n leerder in die VOO-fase (gr. 10 – 12) in beide Afrikaans en Engels onderrig in dieselfde klas kan ontvang. ‘n Leerder moet dus bedrewe wees in beide die tale omdat dit beteken dat nie alles in die leerder se huistaal herhaal gaan word nie.

In die AOO-fase (gr. 8 – 9) sal leerders in Afrikaans of Engels onderrig ontvang. Leerders wat dus aan die einde van die fase nie in staat is om in beide tale klas-onderrig te ontvang nie, moet toegang tot ‘n skool soek waar in die leerder se taalvoorkeur onderrig gegee word. Die skool en die bestuur kan nie in sulke ge-valle aan leerders toegang tot sodanige skole verseker nie. Ouers van sodanige leerders sal sterk aangemoedig word om hulle kinders uit die staanspoor in te skryf in skole waar aan hul taalvoorkeur vol-doen word.

2 Tale wat as vak onderrig word

Afrikaans en Engels word as vakke aange-bied volgens die tydstoewysing wat deur die leerplanne bepaal word.

3 Beskerming van die regte van leerders in

geval van ‘n beleidsverandering Indien die taalbeleid van die skool verander,

sal die skool die nuwe taalbeleid infaseer so-dat leerders nie in die middel van hul skoolloopbaan ontwrig word nie.

4 Taal van assessering

AOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse)

VOO-fase: Afrikaans of Engels (Leerder se keuse)

Onderrigmateriaal word in beide tale van onderrig en leer voorsien.

5 Taal van kommunikasie met ouers

Hoofsaaklik in parallelmedium, maar soms ook in dubbelmedium. Oueraande word in dubbelmedium aangebied. Onderhoude met ouers word in die taalvoorkeur van die ouer gevoer (Afrikaans of Engels).

6 Vergaderings sal in dubbelmedium geskied. Sprekers van buite word versoek om die beleid te volg, maar die skool kan nie ‘n bepaalde uitkoms waarborg nie.

9

SCHOOL AND LEISURE

10

SKOOLDRAG

Die Hoërskool Brackenfell se leerders moet altyd netjies geklee wees. Hulle is te alle tye beelddraers en ambassadeurs van die skool. Daarom word ver-wag dat voorgeskrewe skooldrag in die regulasies wat hieronder uiteengesit word, gedra sal word. Mengsels van skool-/sportdrag en gewone drag is onaanvaarbaar. Skool-klere moet altyd heel, skoon en gestryk wees. Skooltasse mag nie bekrap of beplak word nie. Skoolbaadjies moet na alle amptelike skoolgeleenthede

gedra word. LAPELWAPENS EN BALKIES Wapens wat leierskap aandui, word op die linkerkantse lapel gedra. Ander wapens word op die regterkantse lapel gedra. Balkies (halfkleure) moet direk onder die bo-sak, 1 cm uit mekaar, vasgewerk word. Slegs lapelwapens wat met skool-bedrywighede verband hou mag

DOGTERS - somer

Swart skoolskoene met kort wit sokkies wat omgeslaan is Skoolrok met wapen op Wit oopnek kortmou skoolhemp Moulose skooltrui en skoolbaadjie (opsioneel) Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word

DOGTERS - winter Swart skoolskoene Skoolrok (met wapen op) met donkerblou of swart broekiekouse OF: Grys langbroek met grys sokkies Wit langmou-skoolhemp met ‘n das Skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag slegs onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie van enige aard mag by die skooldrag, gedra word nie. Dit sluit mussies en handskoene in

SEUNS - somer Swart skoolskoene met lang grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, kortmou oopnek skoolhemp met skoolwapen op sak Skool se moulose oortrektrui en skoolbaadjie (opsioneel)Skool se reënbaadjie (mag alleenlik op reëndae bo-oor skoolbaadjie gedra word). Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word

SEUNS - winter Swart skoolskoene met lang grys sokkies Grys kortbroek of langbroek (bo die heupe en knieë) met belt Wit, langmou skoolhemp met ‘n das en skoolbaadjie Skool se reënbaadjie (mag alleenlik bo-oor skoolbaadjie gedra word) Langmoutrui mag alleenlik onder die skoolbaadjie gedra word Slegs skoolserpe mag gedra word. Geen ander klerasie mag by die skooldrag gedra word nie. Dit sluit pette, mussies en handskoene in.

11

SPORTDRAG

DIE AMPTELIKE VOORSIENERS VAN DIE SKOOLDRAG IS

School & Leisure

De Jagers Mans- & Skooluitrusters

Die skool (vir sportklere)

DOGTERS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie .OF: “Crop top” met ‘n Lycra-

broekie

Tennis Wit skoolsporthemp Donkerblou romp/broekie Wit sokkies en tennisskoene

Hokkie Rooi skool gholfhemp Donkerblou hokkieromp Skoolrugbykouse

Netbal Rooi skool-netbaltop

Donkerblou netbalromp Wit Brakkie-enkelsokkies Wit opwarmingshemp

LO-drag: seuns en dogters:

Donkerblou sportbroek met rooi insetsel

Sporthemp verskillende kleure met skool

se embleem

Tafeltennis Tafeltennishempie Blou skoolsportbroekie

Skyfskiet Tydens oefeninge:

gemaklike klere waarmee in verskillende houdings geskiet kan word

Vir wedstryde: Denim langbroek Spesiale skiethemp Tekkies met sokkies of

hoogste SANSSU-kleure verwerf

‘n Reënbaadjie vir die winter (opsioneel) word gemaak vir skuts wat daarin sou belangstel.

SEUNS Atletiek en Landloop Skoolatletiekfrokkie Donkerblou broekie

Hokkie Rooi skool gholfhemp Skoolrugbykouse

Tennis Wit skooltennishemp Donkerblou broekie Wit sokkies en

tennisskoene

Krieket Wit skoolsporthemp met

skoolwapen Wit langbroek met wit

sokkies en wit skoene Pet met skoolwapen

Rugby Rugbytrui in skoolkleure Donkerblou broekie Rugbykouse

Gholf Skool gholfhempie met

kraag Roomkleurige broek (lank

of kort) Kort enkelsokkies Gholf- of sportskoene

LET WEL: Géén sport mag op Sondae op die skoolterrein beoefen word nie.

12

DE JAGERS

13

VOORKOMS EN NETHEID

DOGTERS

Hare Hare langer as die onderkant van die kraag moet gevleg of vasgebind wees Hare mag nie in die oë of gesig hang nie Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke bygevoeg is, mag dit nie te veel hare wees sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is nie. Waar ekstra hare ingeweef / ingevleg of verlengstukke ingevoeg is, mag dit nie te lank wees, sodat dit buite proporsie tot die kopgrootte is wanneer vasgemaak nie. Haarkleur: Hare moet ‘n natuurlike kleur wees / hare mag nie definitiewe verskillende kleure wees nie Vlegsels, ingeweefde hare en verlengstukke moet so ná moontlik aan die leerder se natuurlike haarkleur wees Haarbykomstighede: Haarbykomstighede – net donkerblou, rooi, geel en wit (om by skoolkleure te pas), of swart en bruin (om by die haarkleur te pas)

Juweliersware en oorringe Slegs een stel klein oorringetjies of knopies(“studs”) van silwer of goud of met ‘n klein, deurskynende steentjie /pêreltjie is toelaatbaar in onderkant van die oor. Geen deursigtige / swart pennetjies om nuwe gaatjies op enige sigbare plek oop te hou nie. “Stretchers” wat gaatjies groter rek word nie toegelaat nie. Geen ringe, knopies of stawe wat ingeskiet is, word op enige sigbare plek toegelaat nie. Geen ringe, armbande of kettinkies nie, behalwe ’n armhorlosie of Medic Alert-armband

Naels Naels moet kort wees. Slegs kleurlose naellak word toegelaat.

Tatoeëermerke: Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet baadjie dra of tatoeëermerk met vleeskleurige pleister bedek. Lyk altyd netjies!

SEUNS Hare

Die algemene snit moet ‘n netjiese indruk wek Hare mag nie oor die kraag of ore hang nie Kuiwe mag nie aan die wenkbroue raak nie Daar mag geen riwwe in die hare wees nie Die hare mag nie in die sogenaamde “mushroom-, mullet- of Mohawk-styl” gesny word nie. Die hare moet dus die natuurlike vorm van die seun se skedel volg. Daar mag geen patrone geskeer word nie Die hare langs en agter die kop moet dieselfde lengte gesny wees Geen ekstra hare mag ingeweef of verlengstukke ingevoeg word nie Geen eksotiese of onnatuurlike haarstyle word toegelaat nie Hare mag nie gekleur of getint(“highlights”) word nie.

Baard Seuns moet skoongeskeer wees Snorre of wangbaard word nie toegelaat nie Wangbaard mag nie by die middel van die oor verbysteek nie

Tatoeëermerke:Geen tatoeëermerke mag sigbaar wees nie. Die leerder moet ‘n baadjie dra of die tatoeëermerk met ‘n vleeskleurige pleister bedek.

Juwele Seuns mag geen juwele dra nie, behalwe ‘n armhorlosie of Medic Alert-armband. Slegs lapelwapens wat met skoolbedrywighede verband hou, mag gedra word.

Algemeen Geen grimering word toegelaat nie. Naels moet skoon en kort wees.

.

14

SPORT

Sport vorm ‘n integrale deel van opvoeding by die Hoërskool Brackenfell.

Sportsoorte aangebied Rugby Krieket (seuns) Atletiek Netbal Hokkie (seuns en meisies

op astrobaan) Tennis (seuns en meisies) Landloop Tafeltennis Gholf Skaak Trompoppies Skyfskiet Fietsry

Sportorganisasie

Die skool beskik oor ‘n voltydse sportbestuurder wat omsien na sportontwikkeling, afrigting en sportfasiliteite. Elke sport-soort beskik oor ‘n organiseerder en ‘n toegewyde afrigterskorps. Daar word van verskeie professionele buite-afrigters gebruik gemaak om te verseker dat ‘n hoë af-rigtingstandaard gehandhaaf word. Sportklinieke word ook jaarliks aangebied en bygewoon om vaar-dighede te slyp. .

Prestasies Erkenning word verleen aan leerders wat presteer by wyse van erekleure, half-erekleure, trofeë en diplomas. Erekleure word net toegeken aan sportkodes wat onder beskerming van die skool aangebied word.

Toere Gereelde toere word onderneem en sportspanne neem ook deel aan ’n verskeidenheid toernooie en sportdae.

Koste Spesiale fondsinsamelings word vir sporttoere gehou om die koste vir leerders so laag moontlik te hou. In uitsonderlike gevalle, moet leerders vir busvervoer betaal.

SPORTONDERSTEUNERSKLUB

Die Sportondersteunersklub van die skool stel hom ten doel om skoolsportsoorte in die algemeen te bevorder en ook verdienstelike individuele gevalle finansieel te steun. Indien u kind aan sport deelneem, het u ‘n morele verpligting om by dié klub aan te sluit.

Sportklere is by die skool beskikbaar

15

KULTUUR

Die Hoërskool Brackenfell streef daarna om sy leerders aan ‘n wye spektrum kulturele aktiwiteite bloot te stel.

Dramavereniging

Ons moedig ons leerders aan om deel te neem aan die aktiwiteite van hierdie vereniging. Verskeie geleenthede word jaarliks aangebied om aan leerders die geleentheid te bied om hulle talente ten toon te stel.

Hierdie vereniging bied die volgende geleenthede aan die leerders:

Eenbedryfproduksies Nasionale Toneelkompetisie Poësie- en prosa-aande Koor Musiekkonserte

Redenaars- en Debatsverenigings

Hierdie twee verenigings bied geleenthede aan ons jong, opkomende sprekers. Ons skool neem aan die volgende kompetisies deel:

ATKV-redenaarskompetisie Rotary Debating Competition

Interact Vereniging Interact fokus op gemeenskapsdiens, uitreik-aksies, fonds- en produkte-insamelings en leierskapontwikkeling. ‘n Aktiewe vereniging wat weekliks besig is met interessante projekte.

Teaterklub

Leerders word aangemoedig om deur die loop van die jaar ‘n verskei-

denheid teaterproduksies (geskik vir hoërskool-leerders) by te woon: Shakespeare-produksies te Maynardville Opvoerings by die Kunstekaap Opvoerings van Afrikaanse en Engelse

voorgeskrewe werke.

16

Eisteddfod

Ons leerders kry elke jaar die geleentheid om aan ‘n verskeidenheid eisteddfods deel te neem: Cape Town Eisteddfod Kaapstad Afrikaanse Eisteddfod Stellenbosch Eisteddfod Tygerberg Internasionale Eisteddfod

Verryk jouself

17

ONS WAARDES is:

Omgee Empatie, goedhartigheid,

liefdevol, vriendelikheid, bedagsaamheid, dankbaar-heid, vergewensgesindheid

Betroubaarheid Integriteit, eerlikheid,

lojaliteit, steel of jok nie, bou ‘n goeie naam, kan vertrou word, doen die regte ding

Respek respekteer individuele ver-

skille, luister, agting, los kon-flik sonder geweld op, goeie maniere, respekteer regte

Regverdigheid maak beurte en deel, trek

nie voor nie, bevoordeel nie hulself nie, onpartydig, onbevooroordeeld

Verantwoordelikheid pligsbesef, is selfbeheersd,

uitnemendheid, is voorbeel-dig, beplan en stel doelwitte

Burgerskap werk saam, bly ingelig, stem,

goeie buurman, wetsgehoor-saam, respekteer die omgewing, spaar water en elektrisiteit

DIE FOKUS IS:

om die leerder te begelei om op alle terreine van menswees te ontwikkel om probleme wat leerders negatief beïnvloed uit te skakel om ‘n uitgebreide verwysingsnetwerk aan leerders en

ouers te verskaf

DIT BEHELS: Berading voltydse maatskaplike werker voltydse pastorale berader voltydse geestelike begeleier

Ma’s wat omgee-gebedsaksie moeders wat vrywillig weekliks vir die skool en leerders bid

Skakeling / Verwysing krisis- en/of trauma- assesserings verwysing vir akademiese, emosionele en geestelike assesserings vir lees- of leerstoornisse leeshulp tydens eksamens (Jun. / Nov.) samewerking met leessentrums / buitesielkundiges /

welsynorganisasies / rehabilitasiesentrums / spesiale onderwys ens.

teens@comm: tieners vir die gemeenskap vereniging wat fokus op uitreikaksies in ons skool kwartaallikse insamelings vir minderbevoorregtes fondsinsamelingsprojekte kosprojekte

Beleide Ons verseker die korrekte uitvoer van die skoolbeleide ten

opsigte van swangerskap, selfskending, boeliegedrag, afhanklikheidsmiddels en MIV/Vigs.

ONDERSTEUNINGSDIENSTE

Interact Rotary projekte saam met Rotary talle uitstappies en kampe leierskapontwikkeling hulpaksies by sportbyeenkomste

Ons gee om

AFHANKLIKHEIDSBELEID

Gebaseer op die Nuwe Regulasie insake dwelms gedateer 2008/09/19, omsendskrywe 1140 van 2008, onderteken deur Grace N M Pandor, Minister van Onderwys. Die beleid vorm deel van die gedragskode van die skool en word deur leerder en ouers / voogde onderteken.

PROSEDURE AANMELDING deur ...

deur leerder(s) self / vriende / ouers / voogde / mede-leerders / personeel OF vermoede van middelgebruik / besit van / handel dryf in / eksperimentering met.

leerder word direk na die adjunkhoof (dissiplinêr) verwys en opdrag word gegee vir dwelmtoetsing by Ondersteuningsdienste of Ondersteuningsdienste tref self reëlings.

Indien die leerder na die program weer POSITIEF toets of ‘n skriftelike verklar-ing aflê waarin hy / sy erkenning gee van die gebruik / eksperimentering / be-sit / verspreiding van / handel dryf in afhankliheidsmiddels, moet EEN van die vol-gende opsies uitgevoer word:

leerder verlaat vrywillig die skool of

OF

leerder verskyn voor die Beheerlig-gaam van die skool waarop ‘n uitsetting kan volg.

Die ouer(s) / voog(de) moet hierdie reëlings in samewerking met die adjunk-hoof (dissiplinêr) en die Ondersteun-ingsdienste tref.

DWELMHANDEL Die besit van / verspreiding van / handel dryf in afhanklikheidsmiddels op die skoolterrein word as ‘n kriminele oortreding beskou en deur die SAPD ondersoek.

Die span van Ondersteu-ningsdienste:

Mev Sonja van Breda, Mnr Deon Beukes en Mev Sandra Kotzé

18

LET WEL: Die OUER(S) / VOOG(DE) is self verantwoordelik vir ALLE kostes rakende die ver-dere verloop van die proses. die toetsuitslag moet binne 24 uur aan die

berader / graadhoof / skoolhoof verskaf word. die toetsuitslag word so spoedig moontlik binne

24 uur met die leerder bespreek; die leerder moet ‘n skriftelike verklaring aflê oor

die gebruik / eksperimentering / besit / ver-spreiding van / handel dryf in afhanlikheidsmid-dels;

die ouer(s)/voog(de) word binne 24 uur tele-fonies in kennis gestel van die uitslag.

Indien die leerder positief toets: moet die ouer(s) / voog(de) die ooreenkoms

(Bylaag A) vir die voorgeskrewe prosedure binne sewe dae onderteken

mag die leerder nie die skool bywoon nie alvorens

- die ooreenkoms onderteken is - die skool ‘n skriftelike bewys ontvang het - van die program wat die leeder by ‘n erkende diensverskaffer gaan bywoon ouer(s) /voog(de) reël self afsprake en vervoer opvolgtoetsing sal daarna deurlopend plaasvind

DETENSIESTELSEL

Leerders word volgens ‘n puntestelsel gestraf vir oortredings. Dissiplinêre oortredings: Leerders sit detensie op Saterdag oggende van 8:00 tot 10:00. Ouers sal ‘n SMS ontvang asook ‘n brief wat geteken moet word indien ‘n leerder detensie sit. Akademiese versuim: Vakonderwyser sal self met leerder reël vir akadmiese intervensie en die ouers in kennis stel. ‘n Leerder Ondersteunings Vergadering kan ook belê word om ernstige gevalle saam met die ouers en leerder aan te spreek. Leerders wat nie vir detensie opdaag nie, sal vir drie dae in-skool geskors word waartydens hulle in die graadhoof se klas sal wees.

STRAFKLAS Leerders wat steurende of ontwrigtende gedrag in die klas openbaar, sal ná een waarskuwing uit die klas verwyder word en na die skoolhoof se kantoor gestuur word. Die ver-wydering van die leerder uit die klas is nie ‘n straf nie, maar ‘n maatreël om te verseker dat onderrig in die klas kan voortgaan. Indien ‘n leerder nie gehoor wil gee nie, sal die ouers ingeroep word en/of die leerder sal deur die Tribunaal verhoor en gestraf word.

AFWESIGHEID Dit is elke ouer se plig om die skool in kennis te stel as ‘n leerder afwesig sal wees. Leerders wat afwesig is se ouers sal per SMS in kennis ge-stel word (al het u die skool laat weet). Wanneer die leerder terugkeer, moet die ouer ‘n brief met die datum(s) van afwesigheid of ‘n mediese sertifikaat indien. NB: ‘n Mediese sertifikaat is verpligtend wanneer ‘n leerder afwesig is vir ‘n toets of eksamen.

UITTEKEN Leerders wat dringend gedurende die skooldag moet huis toe gaan, kan slegs uitteken indien die ouer self die kind by die skool kom afhaal. Toestemmingsbriewe van ouers moet aan die begin van die dag ingehandig word. Leerders wat siek voel, moet liefs tuis bly, aangesien dit ‘n geweldige las plaas op die sekretaresse wat dit moet hanteer.

19

Jou gesindheid

bepaal jou

optrede. Jou

optrede bepaal

jou kundigheid.

‘n Betrokke

Brakkie is ‘n

gelukkige Brak-

kie!

GESKIEDENIS

20

Die opening van die Hoërskool Brackenfell op 21 Januarie 1976 was ‘n ideaal wat so ver as 1906 terugstrek. In Januarie 1906 het mev Janet Brink, weduwee van Andries Brink, eienaar van die plaas Kruispad, een morg grond geskenk vir die oprigting van ‘n skool in Brackenfell. Vanaf 22 Januarie 1906, terwyl die skool gebou is, het die leerlinge tydelik skoolge-gaan aan huis van mnr CM Nagel.

Op 9 April 1906 het ongeveer 18 leerlinge onder leiding van me Miller die eenvertrekgebou wat deur die Skoolkomitee opgerig is, betrek. Vanaf Januarie 1907 is die skool onder beheer van die Skoolraad van Stellenbosch geplaas. Aangesien die skool so vinnig gegroei het, moes daar later twee klaskamers aangebou word en ‘n derde van die NG Kerk gehuur word.

‘n Kort oorsig oor die ontstaan van die Hoërskool Brackenfell

Mev Janet Brink

In 1949 was die fasiliteite totaal ontoereikend en vroeg in 1960 is ‘n nuwe skoolgebou betrek. Vanaf Januarie 1964 het die skool “middelbare” status verkry en van Januarie 1973 was dit ná verskeie uitbreidings ‘n volwaardige hoër-skool wat ook die laerskool gehuisves het. Die groei in die area en in leerdergetalle, het egter gou die noodsaak van ‘n aparte hoërskool bevestig. Die huidige

skoolgebou is in 1975 voltooi en in Januarie 1976 in ge-bruik geneem.

Presies 70 jaar na die eerste skool in Brackenfell begin is, het die Hoërskool Brackenfell op 22 Januarie 1976 sy deure geopen. Onder die hoofskap van mnr PB Bruwer, het 234 leerders, 14 onderwysers en een sekretaresse die jaar begin. Op 14 Augustus 1976 het die destydse Direkteur van Onderwys, dr PS Meyer, die skool

Die eerste skoolgebou in 1906

‘n Nuwe skoolwapen is deur dr C Pama van die SA Raad vir Heraldiek ontwerp. Die skool-lied is deur mev Rika du Plessis geskryf en is deur dr Dirkie de Villiers getoon-set. Die wapen en skoollied is op 11 September 1978 saam met die nuwe skooldrag (roesbruin baadjies en ligbruin broeke en rokke) in gebruik geneem.

In Julie 1983 is mnr O Theron as nuwe skoolhoof aangestel. Verskeie prestasies is op akademiese en kulturele gebiede behaal. Na oorlegpleging met die Laerskole Brackenfell, Bastion en die Paarl-Skool, is in 1994 ‘n gestandaard-iseerde skooluniform (donkerblou baadjie, grys broek en turkoois rok) vir al vier skole in gebruik geneem.

Onder leiding van mnr Ossie Theron is die aktiwiteit-sentrum in 1992 in gebruik geneem. Die gebou is dan ook na hom vernoem omdat hy die inisieerder en dryfveer agter die projek was.

Sedert April 2003 was mnr André Pretorius die skoolhoof. Die skool se getalle het uitgebrei en weer eens is die gebou ver-groot en ander fasiliteite is opgegradeer. Die inwyding van ‘n pawiljoen met sowat duisend sitplekke op 20 Maart 2010, het ‘n lank gekoesterde droom bewaar-heid.

Die Hoërskool Brackenfell spog daarmee dat ons ook op akademiese gebied vooruitgegaan het. Die skool is tans een van die weinige skole wat aan leerders ‘n onbeperkte vakkeuse bied.

In 2017 neem mnr Jannie Muller die leisels oor by mnr Pretorius.

Wat oor die afgelope 40 jaar bereik is, strek alle betrokkenes tot groot eer. Ons gaan vorentoe met

V.l.n.r.: Mnr LC Bruwer, M Smit (Hoofmeisie), Mnr PB Bruwer

(Hoof), E du Plessis (Hoofseun), dr C Pama

Dr. PS Meyer

GEDRAGSKODE

21

HHOËOËRSKOOL BRACKENFELLRSKOOL BRACKENFELL

SAMEVATTING VAN DIE GEDRAGSKODESAMEVATTING VAN DIE GEDRAGSKODE (soos goedgekeur deur die beheerliggaam)

AANHEFAANHEF Die voorkoms, gedrag en optrede van leerders van die Hoërskool Brackenfell moet te alle tye in ooreenstemming wees met die voorskrifte en etos van die skool. Leerders se optrede moet die skool tot eer strek en mag op geen wyse ander leerders se reg op onderwys benadeel of die personeel verhinder om hul onderrigtaak uit te voer nie.

LEERDERS ONDERNEEM OM . . . LEERDERS ONDERNEEM OM . . . te alle tye die gedragskode en alle skriftelike en mondelinge reëlings van die skool na te

kom; slegs die voorgeskrewe skool– of sportdrag te dra (sien prospektus); toe te sien dat hul voorkoms te alle tye volgens die voorskrifte sal wees (sien prospektus); respek te betoon teenoor onderwysers, ander volwassenes en medeleerders en altyd or-

dentlik en beskaafd teenoor hulle op te tree; die skool en ander se eiendom te respekteer en hulle te weerhou van enige vorm van van-

dalisme; hulle te weerhou van rook, alkohol of enige vorm van dwelmgebruik; geen vorm van enige kriminele oortreding te begaan nie; hulle te onderwerp aan die gesag van die skoolhoof of sy verteenwoordiger en die SBL in-

dien hulle ná ‘n verhoor skuldig bevind mag word aan ‘n oortreding van die gedrags-kode. Hiermee aanvaar ek die gedragskode en reëls soos in die skool se prospektus uiteengesit en onderneem ek om dit te alle tye te gehoorsaam.