2
TEKS 1 TEKS 2 Vlekkie ry fiets op eienaar se nek ’n Brildraende fietspaar, of unieke onpaar, van Brackenfell in Kaapstad ry elke dag 18 km saam fiets. Die man trap en die hond leun op sy skouer. Johan Fourie (51) en sy 8-jarige malteser, Vlekkie, het drie jaar gelede vir die eerste keer saam begin fietsry. Hy en Vlekkie het by sy broer in Franskraal vir Kersfees gebly toe hy vir sy vriend in Kleinbaai wou gaan kuier.Vlekkie was in die huis en Johan op die fiets, maar toe hy weer sien is Vlekkie langs hom op die pad. “Ek sit haar toe op my skouer en kyk of sy stilsit. Daar sit sy toe die hele 5 km en kyk na die wêreld en val nie een keer af nie. Maar eers van Oktober 2014 ry ons aktief saam fiets. As dit nie vir haar was nie sou ek nie so baie fiets gery het nie, sy hou my fiks,” sê Fourie, ’n operasionele sekuriteitsbestuurder by Sanlam en Santam se hoofkantoor. Vlekkie anker haar op sy nek en skouers met haar linkerpoot voor sy bors en agterbene agter sy skouer en met haar lyfie agterom sy nek. Die fietspaar ry elke dag op die Durbanville-pad amper op pad na Wellington en naweke ry hulle ’n ander roete. “Vlekkie is my prinsessie. Sy is ’n tomboy, want sy dra geen pienk strikkies en sy hou van fietsry en droëwors.” As die hond op die man se rug nie reeds ’n motoris se nek laat draai nie, sal Vlekkie se sonbril wel. Die bril wat sy dra is ‘Doggles’. ’n Vriendin het dit vir Vlekkie gekoop en dit help dat insekte en gras nie in haar oë beland nie. Maar wat is die lekkerste om met Vlekkie die liefde van fietsry te deel? “As die mense van die werk kom en hulle lyk moeg en negatief en dan as hulle ons sien, glimlag hulle dadelik. Dit maak my dag elke keer. Mense stop ons gereeld vir ’n foto of video en gesels lekker en dan kikker ons sommer hul dag op.” (341 woorde) ’n Brildraende fietspaar, of unieke onpaar, van Brackenfell in Kaapstad ry elke dag 18 km saam fiets. Die man trap en die hond leun op sy skouer. Johan Fourie (51) en sy 8-jarige malteser, Vlekkie, het drie jaar gelede vir die eerste keer saam begin fietsry. Hy en Vlekkie het op Franskraal vir Kersfees gebly toe hy vir sy vriend in Kleinbaai wou gaan kuier.Vlekkie was in die huis en Johan op die fiets, maar toe hy weer sien, hardloop Vlekkie langs hom op die pad. “Ek sit haar toe op my skouer en kyk of sy stilsit. Daar sit sy toe die hele 5 km en kyk na die wêreld en val nie een keer af nie. Maar eers van Oktober 2014 ry ons aktief saam fiets. As dit nie vir haar was nie sou ek nie so baie fiets gery het nie, sy hou my fiks,” sê Fourie. Vlekkie anker haar op sy nek en skouers met haar linkerpoot voor sy bors en agterbene agter sy skouer en met haar lyfie agterom sy nek. Die fietspaar ry elke dag op die Durbanville-pad amper op pad na Wellington en naweke ry hulle ’n ander roete. “Vlekkie is my prinsessie. Sy is ’n tomboy, want sy dra geen pienk strikkies nie en sy hou van fietsry en droëwors.” As die hond op die man se rug nie reeds ’n motoris se nek laat draai nie, sal Vlekkie se sonbril wel. Die bril word ‘Doggles’ genoem. ’n Vriendin het dit vir Vlekkie present gegee. Dit help dat insekte en gras nie in haar oë beland nie. (266 woorde) 2.2 Vluglees om onbekende woorde te identifiseer 2.2.1 Merk onbekende woorde in die teks. 2.2.2 Verdeel hierdie woorde in lettergrepe of bespreek met maats om die uitspraak en betekenis daarvan te bepaal. 2.2.3 Skryf die onbekende woorde waarmee almal in die groep sukkel op woordkaarte en plaas dit op die “woordmuur” in die klas. 2.2.4 Maak beurte, as groepe, om nou hierdie woorde een of twee keer te lees. 3. Tydens lees 3.1 Lees die teks. Maak seker dat jy die regte tempo gebruik. 3.2 Bespreek die besonderhede van die teks: (Teks 1-3) 3.2.1 Watter soort teks is dit? Inligtingsteks, verhalende teks of instruksionele teks? Motiveer jou antwoord. 3.2.2 Is die teks gebaseer op waarheid of fiksie? Die Burger Maandag 04 Mei 2015 14:58 Deur Ineke Coetzee (Aangepas vir leerders) Uitgawe 3 • July 2015 KOM ONS LEES 4. Post-leesaktiwiteite Aktiwiteit 4.1 Soeklees (a) Hoeveel km ry hulle elke dag? (b) Hoe oud is Johan Fourie? (c) Hoe oud is sy hond? (d) Wanneer het hulle gereeld saam begin fietsry? (e) Watter soort hond is Vlekkie? Aktiwiteit 4.2 Aandagtig lees (a) Watter roete ry hulle elke dag? (b) Ry hulle Sondae dieselfde pad? Motiveer jou antwoord. (c) Waar het hulle een Kersfees gekuier? Aktiwiteit 4.3 Slegs vir Teks 1 en 2 (a) Wat beteken “brildraende fietspaar”? (b) Hoe weet jy dat Vlekkie nie ‘n reuntjie is nie? (c) Noem 2 redes waarom hierdie twee veroorsaak dat motoriste hulle nekke draai om na hulle te kyk? (d) Hoekom dink jy is die woord ‘Doggles’ in aanhalingstekens? Aktwiteit 4.4 ONS WOORDEWERF (a) Koppeltekens: Bespreek die verskillende redes vir die gebruik van koppeltekens in jou groep. (b) Vind en skryf woorde neer wat met koppeltekens in die teks geskryf is. Besluit saam met jou maats by watter rede hierdie woorde met koppeltekens sal inpas. (c) Bespreek die gebruik van aanhalingstekens wanneer woorde in die Direkte Rede geskryf word. (d) Vind soveel as moontlik voorbeelde in die teks waar koppeltekens gebruik word om die Direkte Rede aan te dui. Die gelag betaal. Agterdogtig raak. Geen haan sal daarna kraai nie. Alleen die straf dra nadat ander saam met jou oortree het. My hande is afgekap. Niemand sal ooit iets daaroor rep nie. Sy hart sak in sy skoene. Ek is magteloos. Agter elke hond aan blaf. Sy moed begeef hom heeltemal. Hond se gedagtes kry. Ander napraat sonder om ‘n eie mening te hê. ’n Hond uit ‘n bos gesels. Ek is baie moeg, uitgeput. Ek kon nie hond haar-af maak nie. Gou om te eet, maar stadig om te werk. Kommandeer jou honde en blaf self. Vreeslik lekker gesels. Die aapstuipe kry. Ek kon niks uitgerig kry met die taak wat ek wou of moes doen nie. ’n Hondelewe lei. Die kind is soos die pa of die ma. Die alfa en die omega. ’n Ellendige bestaan voer. Die appel val nie ver van die boom nie. Elke huis het sy sorge en probleme. Elke huis het sy kruis. Doen self wat jy voorstel en moenie van ander verwag om dit vir jou te doen nie. Gou by die bak, lui by die vak. Onbeheerbaar kwaad wees. My blus is uit. Iemand ‘n kwaai brief stuur. Dit gaan so tussen die boom en die bas. ’n Mens knoei wanneer jy in die donker werk. Iemand ’n brander stuur. Dit gaan so-so. Die skelm op heterdaad betrap. Op die skelm afkom terwyl die misdaad gepleeg word. Donkerwerk is konkelwerk. Die begin en die einde. Geen bloue duit besit nie. Dis klaarpraat; daar is niks meer aan te doen nie. Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Absoluut niks besit nie. Dis klaar met kees. Niksdoeners bedink allerhande onheilighede. Die kind met die badwater uitgooi. Sommer oor alledaagse dingetjies praat. Oor koeitjies en kalfies gesels. Baie boeke. Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel. Die goeie van ‘n saak saam met die slegte verwerp. Boeke te kus en te keur. Sê so wanneer iemand in jou lig staan. Dis op almal se lippe. ’n Leuen word altyd ontdek. Jou mond verby praat. Baie duur daarvoor betaal. Groot lantern, weinig lig. Almal praat daarvan. Deur jou nek vir iets betaal. Iets sê wat jy eintlik nie moes gesê het nie. ’n Bitter pil om te sluk. Ek kan baie laste dra. Praatjies vul geen gaatjies. Moenie iets oordryf nie. My rug is breed. ’n Moeilike ding om te verwerk. Sak Sarel! Met ’n blote gepraat rig ’n mens nie veel uit nie. Slaags raak. Baklei. ’n Stok in die wiel steek. Eensaam, beteuterd lyk. Hy is ouer as twaalf. Met almal saampraat. Met die honde blaf en die wolwe huil. Jy kan hom nie sommer fop nie. Lyk soos ’n uil op ’n kluit. Iets verhinder. KOM SPEEL SAAM: Plak die twee tabelle op stywe karton. Knip horisontaal op die swart lyn, sodat elke strook uit ‘n linkerkant en regterkant bestaan met ‘n idioom op die linkerkant en die betekenis van ‘n ander idioom op die regterkant. Speel nou Idioom Dominoes, deur die betekenis en die idioom langs mekaar te laat pak. Soek dan die volgende pasmaat. 30 Julie 2015

30 Julie 2015 3. Tydens lees Vlekkie ry fiets op eienaar

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Funda 3.inddVlekkie ry fiets op eienaar se nek
’n Brildraende fietspaar, of unieke onpaar, van Brackenfell in Kaapstad ry elke dag 18 km saam fiets. Die man trap en die hond leun op sy skouer.
Johan Fourie (51) en sy 8-jarige malteser, Vlekkie, het drie jaar gelede vir die eerste keer saam begin fietsry.
Hy en Vlekkie het by sy broer in Franskraal vir Kersfees gebly toe hy vir sy vriend in Kleinbaai wou gaan kuier. Vlekkie was in die huis en Johan op die fiets, maar toe hy weer sien is Vlekkie langs hom op die pad.
“Ek sit haar toe op my skouer en kyk of sy stilsit. Daar sit sy toe die hele 5 km en kyk na die wêreld en val nie een keer af nie. Maar eers van Oktober 2014 ry ons aktief saam fiets. As dit nie vir haar was nie sou ek nie so baie fiets gery het nie, sy hou my fiks,” sê Fourie, ’n operasionele sekuriteitsbestuurder by Sanlam en Santam se hoofkantoor.
Vlekkie anker haar op sy nek en skouers met haar linkerpoot voor sy bors en agterbene agter sy skouer en met haar lyfie agterom sy nek.
Die fietspaar ry elke dag op die Durbanville-pad amper op pad na Wellington en naweke ry hulle ’n ander roete.
“Vlekkie is my prinsessie. Sy is ’n tomboy, want sy dra geen pienk strikkies en sy hou van fietsry en droëwors.”
As die hond op die man se rug nie reeds ’n motoris se nek laat draai nie, sal Vlekkie se sonbril wel. Die bril wat sy dra is ‘Doggles’. ’n Vriendin het dit vir Vlekkie gekoop en dit help dat insekte en gras nie in haar oë beland nie.
Maar wat is die lekkerste om met Vlekkie die liefde van fietsry te deel?
“As die mense van die werk kom en hulle lyk moeg en negatief en dan as hulle ons sien, glimlag hulle dadelik. Dit maak my dag elke keer. Mense stop ons gereeld vir ’n foto of video en gesels lekker en dan kikker ons sommer hul dag op.” (341 woorde)
’n Brildraende fietspaar, of unieke onpaar, van Brackenfell in Kaapstad ry elke dag 18 km saam fiets. Die man trap en die hond leun op sy skouer.
Johan Fourie (51) en sy 8-jarige malteser, Vlekkie, het drie jaar gelede vir die eerste keer saam begin fietsry.
Hy en Vlekkie het op Franskraal vir Kersfees gebly toe hy vir sy vriend in Kleinbaai wou gaan kuier. Vlekkie was in die huis en Johan op die fiets, maar toe hy weer sien, hardloop Vlekkie langs hom op die pad.
“Ek sit haar toe op my skouer en kyk of sy stilsit. Daar sit sy toe die hele 5 km en kyk na die wêreld en val nie een keer af nie. Maar eers van Oktober 2014 ry ons aktief saam fiets. As dit nie vir haar was nie sou ek nie so baie fiets gery het nie, sy hou my fiks,” sê Fourie.
Vlekkie anker haar op sy nek en skouers met haar linkerpoot voor sy bors en agterbene agter sy skouer en met haar lyfie agterom sy nek.
Die fietspaar ry elke dag op die Durbanville-pad amper op pad na Wellington en naweke ry hulle ’n ander roete.
“Vlekkie is my prinsessie. Sy is ’n tomboy, want sy dra geen pienk strikkies nie en sy hou van fietsry en droëwors.”
As die hond op die man se rug nie reeds ’n motoris se nek laat draai nie, sal Vlekkie se sonbril wel. Die bril word ‘Doggles’ genoem. ’n Vriendin het dit vir Vlekkie present gegee. Dit help dat insekte en gras nie in haar oë beland nie. (266 woorde)
2.2 Vluglees om onbekende woorde te identifiseer
2.2.1 Merk onbekende woorde in die teks. 2.2.2 Verdeel hierdie woorde in lettergrepe of bespreek met maats om die uitspraak en betekenis daarvan te bepaal. 2.2.3 Skryf die onbekende woorde waarmee almal in die groep sukkel op woordkaarte en plaas dit op die “woordmuur” in die klas. 2.2.4 Maak beurte, as groepe, om nou hierdie woorde een of twee keer te lees.
3. Tydens lees
3.1 Lees die teks. Maak seker dat jy die regte tempo gebruik. 3.2 Bespreek die besonderhede van die teks: (Teks 1-3) 3.2.1 Watter soort teks is dit? Inligtingsteks, verhalende teks of instruksionele teks?
Motiveer jou antwoord. 3.2.2 Is die teks gebaseer op waarheid of fiksie?
Die Burger Maandag 04 Mei 2015 14:58
Deur Ineke Coetzee
(Aangepas vir leerders)
4. Post-leesaktiwiteite Aktiwiteit 4.1 Soeklees
(a) Hoeveel km ry hulle elke dag? (b) Hoe oud is Johan Fourie? (c) Hoe oud is sy hond? (d) Wanneer het hulle gereeld saam begin fietsry? (e) Watter soort hond is Vlekkie?
Aktiwiteit 4.2 Aandagtig lees
(a) Watter roete ry hulle elke dag? (b) Ry hulle Sondae dieselfde pad? Motiveer jou antwoord. (c) Waar het hulle een Kersfees gekuier?
Aktiwiteit 4.3 Slegs vir Teks 1 en 2
(a) Wat beteken “brildraende fietspaar”? (b) Hoe weet jy dat Vlekkie nie ‘n reuntjie is nie? (c) Noem 2 redes waarom hierdie twee veroorsaak dat motoriste hulle nekke draai om na hulle te kyk? (d) Hoekom dink jy is die woord ‘Doggles’ in aanhalingstekens?
Aktwiteit 4.4 ONS WOORDEWERF
(a) Koppeltekens: Bespreek die verskillende redes vir die gebruik van koppeltekens in jou groep. (b) Vind en skryf woorde neer wat met koppeltekens in die teks geskryf is. Besluit saam met jou maats by watter rede hierdie woorde met koppeltekens sal inpas. (c) Bespreek die gebruik van aanhalingstekens wanneer woorde in die Direkte Rede geskryf word. (d) Vind soveel as moontlik voorbeelde in die teks waar koppeltekens gebruik word om die Direkte Rede aan te dui.
Die gelag betaal. Agterdogtig raak.
Geen haan sal daarna kraai nie. Alleen die straf dra nadat ander saam met jou oortree het.
My hande is afgekap. Niemand sal ooit iets daaroor rep nie.
Sy hart sak in sy skoene. Ek is magteloos.
Agter elke hond aan blaf. Sy moed begeef hom heeltemal.
Hond se gedagtes kry. Ander napraat sonder om ‘n eie mening te hê.
’n Hond uit ‘n bos gesels. Ek is baie moeg, uitgeput.
Ek kon nie hond haar-af maak nie. Gou om te eet, maar stadig om te werk.
Kommandeer jou honde en blaf self. Vreeslik lekker gesels.
Die aapstuipe kry. Ek kon niks uitgerig kry met die taak wat ek wou of moes doen nie.
’n Hondelewe lei. Die kind is soos die pa of die ma.
Die alfa en die omega. ’n Ellendige bestaan voer.
Die appel val nie ver van die boom nie. Elke huis het sy sorge en probleme.
Elke huis het sy kruis. Doen self wat jy voorstel en moenie van ander verwag om dit vir jou te doen nie.
Gou by die bak, lui by die vak. Onbeheerbaar kwaad wees.
My blus is uit. Iemand ‘n kwaai brief stuur.
Dit gaan so tussen die boom en die bas. ’n Mens knoei wanneer jy in die donker werk.
Iemand ’n brander stuur. Dit gaan so-so.
Die skelm op heterdaad betrap. Op die skelm afkom terwyl die misdaad gepleeg word.
Donkerwerk is konkelwerk. Die begin en die einde.
Geen bloue duit besit nie. Dis klaarpraat; daar is niks meer aan te doen nie.
Ledigheid is die duiwel se oorkussing. Absoluut niks besit nie.
Dis klaar met kees. Niksdoeners bedink allerhande onheilighede.
Die kind met die badwater uitgooi. Sommer oor alledaagse dingetjies praat.
Oor koeitjies en kalfies gesels. Baie boeke.
Al loop die leuen nog so snel, die waarheid agterhaal hom wel.
Die goeie van ‘n saak saam met die slegte verwerp.
Boeke te kus en te keur. Sê so wanneer iemand in jou lig staan.
Dis op almal se lippe. ’n Leuen word altyd ontdek.
Jou mond verby praat. Baie duur daarvoor betaal.
Groot lantern, weinig lig. Almal praat daarvan.
Deur jou nek vir iets betaal. Iets sê wat jy eintlik nie moes gesê het nie.
’n Bitter pil om te sluk. Ek kan baie laste dra.
Praatjies vul geen gaatjies. Moenie iets oordryf nie.
My rug is breed. ’n Moeilike ding om te verwerk.
Sak Sarel! Met ’n blote gepraat rig ’n mens nie veel uit nie.
Slaags raak. Baklei.
Hy is ouer as twaalf. Met almal saampraat.
Met die honde blaf en die wolwe huil. Jy kan hom nie sommer fop nie.
Lyk soos ’n uil op ’n kluit. Iets verhinder.
KOM SPEEL SAAM: Plak die twee tabelle op stywe karton. Knip horisontaal op die swart lyn, sodat elke strook uit ‘n linkerkant en regterkant bestaan met ‘n idioom op die linkerkant en die betekenis van ‘n ander idioom op die regterkant. Speel nou Idioom Dominoes, deur die betekenis en die idioom langs mekaar te laat pak. Soek dan die volgende pasmaat.
30 Julie 2015
TEKS 3 ’n Brildraende fietspaar van Kaapstad ry elke dag 18 km saam fiets. Die man trap en die hond leun op sy skouer.
Johan Fourie (51) en sy 8-jarige malteser, Vlekkie, het drie jaar gelede saam begin fietsry.
Hy en Vlekkie het op Franskraal vir Kersfees gebly toe hy vir sy vriend in Kleinbaai wou gaan kuier. Johan het gedink Vlekkie was in die huis, maar toe hy weer sien, hardloop Vlekkie langs hom op die pad.
“Ek sit haar toe op my skouer en kyk of sy stilsit. Daar sit sy toe die hele 5 km. Sy het nie een keer afgeval nie. Van Oktober 2014 ry ons gereeld saam fiets. Fourie sê dat hy lekker fiks is omdat hy so gereeld fiets ry.
Vlekkie anker haar op sy nek en skouers met haar linkerpoot voor sy bors en agterbene agter sy skouer en met haar lyfie agterom sy nek. Hulle ry elke dag op die Durbanville-pad tot amper by Wellington. Naweke ry hulle ’n ander roete.
“Vlekkie is my prinsessie. Sy is ’n tomboy, want sy dra geen pienk strikkies nie en sy hou van fietsry en droëwors.” (189 woorde)
ONS PRAAT SAAM
INSTRUKSIES VIR OPVOEDERS Agtergrond: Voortaan sal Funda!-uitgawes al die afdelings van Huistaal dek soos vervat in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring van Afrikaans Huistaal. Daar sal steeds gepoog word om waar moontlik by die voorgeskrewe aktiwiteite van die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring aan te pas.
Aktiwiteite vir Funda! 3 van 2015 is losweg gegrond op sommige aktiwiteite in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidverklaring vir Afrikaans Huistaal vir die derde kwartaal, weke 3 en 4, en weke 5 en 6 in die betrokke Grade, maar ook soms uit weke 1 en 2.
STAP 1: LUISTER EN PRAAT Werk met die hele klasgroep. Plaas die plakkaat van Die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans waar alle leerders dit kan sien. Bespreek die plakkaat en laat leerders die ontwerpskenmerke daarvan opspoor deur byvoorbeeld die volgende leidende vrae te vra:
Watter vorm neem die plakkaat aan? Kan julle slagspreuke sien? Is daar enige kentekens sigbaar? Het die ontwerpers van die plakkaat goeie gebruik gemaak van kleur? Leerders moet hul antwoorde motiveer. Lei die jonger leerders met enkele vrae om die antwoorde te verwoord en gepaste afleidings te maak. Bespreek die visuele kenmerke, byvoorbeeld die gebruik van vorms, kleur, lettertipe en watter ander aspekte die leerders kan raaksien. Vertel daarna vir die leerders dat die plakkaat die Stap vir Afrikaans in die Bo-Kaap adverteer en lei hulle om die regte inligting oor hierdie aktiwiteit te verkry uit die plakkaat.
STAP 2: SKRYF EN AANBIED Alle leerders moet aangemoedig word om woordeboeke te gebruik indien hulle onseker is van die korrekte spelling van woorde.
Graad 4: Leerders kies die korrekte formaat, beplan ‘n eerste weergawe en voltooi dan ‘n plakkaat om hul eie skool se viering van die ontstaan van Afrikaans bekend te stel. Plakkate word daarna uitgestal en bekendgestel aan ander leerders.
Graad 5: Voltooi dieselfde aktiwiteit as Graad 4. Leerders kan in groepies beplan om te verseker dat hulle kreatiewe taal en ‘n uitgebreide woordeskat gebruik op hul plakkate. Beskrywende byvoeglike naamwoorde moet gebruik word en spelling en punktuasie moet korrek toegepas word.
Graad 6: Verskaf aan die leerders die korrekte formaat vir die skryf van ‘n vriendskaplike brief waarin hulle vertel van die viering van die ontstaan van Afrikaans wat hulle by hul skool bygewoon het. Leerders beplan, skryf ‘n eerste weergawe en fokus daarop om sinonieme en verbindingswoorde in die brief te gebruik. Na die eerste weergawe word die skryfwerk verfyn deur veral op te let na die spelling, punktuasie en die verbinding tussen die sinne. Die leerders moet aandag gee aan die styl en toepaslike toon wat nodig is vir die skryf van ‘n vriendskaplike brief.
Graad 7: Leerders beplan en skryf ‘n koerantberig oor die viering van die ontstaan van Afrikaans wat by die skool plaasgevind het. Leerders kan eers in groepies die formaat en styl van ‘n koerantberig bespreek, asook wie die teikengehoor van hul koerantberig sal wees en watter invloed die teikengehoor op die keuse van woordeskat en taalstrukture sal hê. Na aanvanklike beplanning moet hulle die konsepberig skryf, dit hersien en redigeer voordat hulle die finale produk proeflees en aanbied.
STAP 3: LEES EN KYK Hou steeds die drie leesvlakke in gedagte by die keuse van die mees geskikte leesstuk. Lees al 3 tekste aandagtig deur en kies ‘n teks in Funda! wat by die leesvlak van die meeste leerders se instruksievlak pas om in die klas te gebruik. Wanneer daar gelees moet word, maak seker dat die goeie en gemiddelde lesers die teks op hul instruksievlak lees en die swak lesers die makliker teks ontvang om te lees. Op hierdie wyse word steun verskaf om differensiasie in die klas toe te pas tydens die aanbieding en inoefening van lees. Die hele klas doen presies dieselfde pre-lees aktiwiteite, maar tydens lees, word die leesstukke volgens die leerder se eie instruksievlak gekies. Die post-lees aktiwiteite word deur al die leerders gedoen, behalwe wanneer daar aangedui word dat dit net geskik vir ’n spesifieke graad of groep se leesvlak is. Streef altyd daarna om die leerder so te ondersteun dat vordering of groei in vaardighede en kennis, hoe gering ook al, moontlik gemaak word.
A Pre-Lees Leerders werk nou met Teks 1, 2 of 3 en voltooi aktiwiteit 2: Pre-Lees. Vluglees die teks saam met die leerders deur die opskrif van die teks te lees en na die foto te kyk. Voltooi die pre-leesaktiwiteite op die aktiwiteitsblad (1.1 tot 1.3). Laat die leerders antisipeer en voorspel waaroor die teks handel: Waarom is daar ’n hond op die man se rug? Watter ooreenkoms is daar tussen hierdie en die vorige Funda!? Aktiveer hul voorkennis van die onderwerp en die woordeskat en vra: Waaroor dink julle handel dit? Waarvan gaan ons lees?
B Tydens lees: Strategieë vir die aanleer van woordeskat: • Dit word aanbeveel dat nuwe woordeskat geïntegreer moet word in vorige kennis van die leerder. • Dit moet gereeld herhaal word – daar moet dus goed beplan word. • Die leerder moet die nuwe woord gereeld in ander leeswerk vind en/of gebruik in mondelinge werk, eie leeswerk of skryfwerk. • Verskaf aan die leerders sinonieme vir die onbekende woorde. • Die gebruik van antonieme vereis dat leerders woorde evalueer en krities daaroor dink. • Vra leerders om die betekenis van woorde te herfraseer met hul eie woordeskat. • Sorteer die woorde in woordsoorte. Verskaf aan leerders ’n lys van nuwe woordeskat wat aangeleer is. Leerders moet dit groepeer in kategorieë, byvoorbeeld: woordsoorte, manlik/vroulik, verklein- woorde.
Andersins kan leerders self besluit in watter groepe hulle die woorde wil plaas en die ander leerders in die klas moet raai watter kategorie die persoon gekies het.
[Strategies for Vocabulary Development www.phschool.com/teach/language_
arts/2002_03/essay.html]
Laat die leerders die gekose teks lees en daarna aktiwiteit 3 voltooi.
C Post-lees Leerders voltooi aktiwiteit 4.
AKTIWITEITE VIR LEERDERS 1. KOM ONS LEES 1.1 Lees ’n teks van geskikte moeilikheidsgraad hieronder aan die leerders voor. 1.2 Leerders kry dan die geleentheid om enkele vrae te vra om meer duidelikheid te kry oor wat voorgelees is. • Moedig die leerders aan om goed te luister na ander se vrae en die antwoorde en toepaslik daarop te reageer. • Graad 7-leerders moet aangemoedig word om gesprekskonvensies te gebruik, soos om gapings te oorbrug deur vrae te stel, keuses te noem, ander se reaksies dop te hou en belangstelling te toon in die vrae-sessie. 1.3 Leerders beantwoord enkele mondelinge vrae, wat daarop toegespits is om die hoofgedagte en verdere besonderhede te identifiseer, byvoorbeeld:
Teks 1 en 2: 1. Wie is Vlekkie? 2. Hoe voel die mense wat van die werk af kom? 3. Noem 3 redes hoekom mense hulle gereeld stop. 4. Wat beteken die uitdrukking ‘kikker sommer hulle dag op’?
Teks 3: 1. Hoekom dra Vlekkie ‘n sonbril? 2. Wanneer glimlag die mense? 3. Wat beteken die uitdrukking ‘Dit maak elke keer my dag’?
Teks 1 en Teks 2 Vlekkie dra ‘n sonbril wat ‘Doggles’ genoem word. Dit help dat insekte en gras nie in haar oë beland nie.
Maar wat is die lekkerste om met Vlekkie die liefde van fietsry te deel?
“Mense wat moeg en negatief van die werk af kom, glimlag sommer dadelik as hulle ons op die fiets sien. Dit maak my dag elke keer. Mense stop ons gereeld vir ’n foto of video en gesels lekker en dan kikker ons sommer hul dag op.” (75 woorde)
Teks 3 Maar wat is die lekkerste daaraan om met Vlekkie fiets te ry? “Mense wat moeg van die werk af kom, glimlag sommer as hulle ons op die fiets sien. Dit maak elke keer my dag. Mense stop ons gereeld vir ’n foto of video en gesels lekker en dan kikker ons sommer hul dag op.” (60 woorde)
2. PRE-LEES 2.1 Voorspel
Lees die opskrif.
Kyk na die foto.
Lees met ’n stadige s-bewe- ging oor die teks en kyk of jy woorde kan raaksien wat meer inligting gee.
Lees die laaste paragraaf.
Motiveer jou antwoord: Waarom sê jy so?