9
4 DE KWARTAAL 2013 AbrahamKriel O NS VERSORG 160 GETRAUMATISEERDE KINDERS . W E CARE FOR 160 TRAUMATISED CHILDREN . Kinderhuis Tel: 014 717 5264 IN HIERDIE UITGAWE Die Hoof 1 Skoolverlaters 2 Behoeſtes 3 AKK Skooltjie 4 Wenslyste 5 Kinderhuis- basaar 6 Oud Kinder- huiskind groet 7 Geestelike versorging 8 Personeel 9 SAKE VAN BELANG Ons RESEPTE-BOEK is steeds beskikbaar in Afr en Eng en kos R150 per eksemplaar. Ons pos dit ook met graagte! Totale koste met posgeld R200 vir normale pos met versekering. Kontak asb vir Gezina 082 897 3877 Uit die Hoof se pen Die jaar is besig om ten einde te spoed! En soos aan die einde van elke jaar is mense oral besig om te dink aan Kersfees. Die dae word afgetel sodat ons grootoog na die baie geskenke kan kyk, want mense wil mos vir mekaar op die wyse wys dat daar omgeeliefde is. En dit is ook seker reg so dat daar uitgereik word na mekaar toe, want dit bring mos ‘n groot opgewondenheid by almal van ons. Vir sommige van die kinders by die Kinderhuis is daar ook ‘n opgewondenheid, want hulle skop nou die stof van die inrigng van hulle voete af, want hulle verlaat die inrigng vir goed om die grootmenswêreld te betree. Die vraag wat mense altyd vra is wat word dan nou van die jongmense. Die leser kan gerus slaap, want ons probeer om vir elkeen ‘n plek te kry waar hy/sy kan begin. Niemand word sommer net die wêreld ingestuur sonder ‘n heenkome nie. Verder is daar ook donateurs wat ons help om vir die jong mense ‘n skeidingpakket te gee wat die basiese goedere bevat soos byvoorbeeld poe, panne, ‘n ketel, ‘n strykyster, messe en vurke: sommige jare meer en sommige jare minder. Waaroor ons natuurlik baie dankbaar is. Dit is ook vir ons ‘n riem onder die hart dat soveel van die oud- Kinderhuiskinders terugkom huis toe om te sê dat die inrigng vir hulle goed was en dat hulle lewenswaardes hier aangeleer het wat hulle in die lewe buite die Kinderhuis goed te pas gekom het. Ons grootste taak was om die beste aan die kinders te gee wat aan ons sorg toevertrou is. Dit is nie net ‘n kwessie van skool toe gaan en huis toe kom nie, want daar is ‘n verskeidenheid akwiteite waaraan die kinders kan deelneem buite die Kinderhuis. Deur die loop van die jaar is daar oor die akwiteite gerapporteer. Dit beteken dus dat as ‘n kind wil, kan hy hom uitleef op die gebied waarin hy/sy ookal ‘n belangstelling toon. Dit sal ook gepas wees om aan ons donateurs baie dankie te sê vir dit wat hulle vir die Kinderhuis beteken het, want sonder hulle sou ons nie kon doen wat ons gedoen het nie. Ons wil dan ook vra om ons nie in die toekoms te vergeet nie. ONS HET U BAIE NODIG! Omdat hierdie die laaste NUUSBRIEF van die jaar is,wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om die personeel hartlik te bedank vir die werk wat hulle die afgelope jaar gedoen het. Hier wil ek niemand uitsluit nie. Want elkeen het op sy/haar gebied ‘n bydrae gemaak: van die persoon wat die tuine versorg tot die Bestuur wat rigng en koers aan die akwiteite van die inrigng moet gee. Elkeen se werk word opreg waardeer , want elkeen is nodig om die groot skip op die water te hou. Mag u almal ‘n baie geseënde Kersgety beleef – vol vreugde en omgeeliefde en mag die nuwe jaar vir u almal net voorspoed inhou met die oog altyd gevesg op die Groot Meester wat beskik oor ons lewens. Aan God al die eer. Fanie Lombard

4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

  • Upload
    vuongtu

  • View
    229

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

AbrahamKriel O N S V ERS OR G 160 GE T R AU MA TI S EER DE K IND ERS .

W E C A RE F OR 160 T R AU M AT IS ED CH I LDR EN . Kinderhuis

Tel: 014 717 5264

I N H I E R D I E

U I T G A W E

Die Hoof 1

Skoolverlaters 2

Behoeftes 3

AKK Skooltjie 4

Wenslyste 5

Kinderhuis-

basaar

6

Oud Kinder-

huiskind groet

7

Geestelike

versorging

8

Personeel 9

S AK E V A N B E LA NG

Ons RESEPTE-BOEK

is steeds beskikbaar in

Afr en Eng en kos

R150 per eksemplaar.

Ons pos dit ook met

graagte! Totale koste

met posgeld R200 vir

normale pos met

versekering. Kontak

asb vir Gezina

082 897 3877

Uit die Hoof se pen Die jaar is besig om ten einde te spoed! En soos aan die einde van elke jaar is mense oral besig om te dink aan Kersfees. Die dae word afgetel sodat ons grootoog na die baie geskenke kan kyk, want mense wil mos vir mekaar op die wyse wys dat daar omgeeliefde is. En dit is ook seker reg so dat daar uitgereik word na mekaar toe, want dit bring mos ‘n groot opgewondenheid by almal van ons. Vir sommige van die kinders by die Kinderhuis is daar ook ‘n opgewondenheid, want hulle skop nou die stof van die inrigting van hulle voete af, want hulle verlaat die inrigting vir goed om die grootmenswêreld te betree. Die vraag wat mense altyd vra is wat word dan nou van die jongmense. Die leser kan gerus slaap, want ons probeer om vir elkeen ‘n plek te kry waar hy/sy kan begin. Niemand word sommer net die wêreld ingestuur sonder ‘n heenkome nie. Verder is daar ook donateurs wat ons help om vir die jong mense ‘n skeidingpakket te gee wat die basiese goedere bevat soos byvoorbeeld potte, panne, ‘n ketel, ‘n

strykyster, messe en vurke: sommige jare meer en sommige jare minder. Waaroor ons natuurlik baie dankbaar is. Dit is ook vir ons ‘n riem onder die hart dat soveel van die oud-Kinderhuiskinders terugkom huis toe om te sê dat die inrigting vir hulle goed was en dat hulle lewenswaardes hier aangeleer het wat hulle in die lewe buite die Kinderhuis goed te pas gekom het. Ons grootste taak was om die beste aan die kinders te gee wat aan ons sorg toevertrou is. Dit is nie net ‘n kwessie van skool toe gaan en huis toe kom nie, want daar is ‘n verskeidenheid aktiwiteite waaraan die kinders kan deelneem buite die Kinderhuis. Deur die loop van die jaar is daar oor die aktiwiteite gerapporteer. Dit beteken dus dat as ‘n kind wil, kan hy hom uitleef op die gebied waarin hy/sy ookal ‘n belangstelling toon. Dit sal ook gepas wees om aan ons donateurs baie dankie te sê vir dit wat hulle vir die Kinderhuis beteken het, want sonder hulle sou ons nie kon doen wat ons gedoen het nie. Ons wil dan ook vra om ons nie in die toekoms te vergeet nie. ONS

HET U BAIE NODIG! Omdat hierdie die laaste NUUSBRIEF van die jaar is,wil ek ook van die geleentheid gebruik maak om die personeel hartlik te bedank vir die werk wat hulle die afgelope jaar gedoen het. Hier wil ek niemand uitsluit nie. Want elkeen het op sy/haar gebied ‘n bydrae gemaak: van die persoon wat die tuine versorg tot die Bestuur wat rigting en koers aan die aktiwiteite van die inrigting moet gee. Elkeen se werk word opreg waardeer , want elkeen is nodig om die groot skip op die water te hou. Mag u almal ‘n baie geseënde Kersgety beleef – vol vreugde en omgeeliefde en mag die nuwe jaar vir u almal net voorspoed inhou met die oog altyd gevestig op die Groot Meester wat beskik oor ons lewens. Aan God al die eer.

Fanie Lombard

Page 2: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

Skoolverlaters

Voornemende

Finansies

B L A D S Y 2 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Ons Bankbesonderhede:

Absa Modimolle Rek. No.: 1100 140 000 (Tjekrekening) Takkode: 632005

Alle donateurs word bedank en ontvang ‘n Artikel 18A-kwitansie, dus versoek ons dat u asseblief u kontakbe-

sonderhede vir ons sal deurgee indien u ‘n donasie maak

BAIE DANKIE DAT U BEMOEIENIS MAAK MET DIE KINDERHUIS IN NYLSTROOM

U BETROKKENHEID IS VAN ONSKATBARE WAARDE VIR DIE AFVLERKKINDERS IN ONS SORG!

Epos: [email protected] Faks: 0865707639 Tel.: 014 717 5264 X215

Nog ‘n jaar is amper verby en ons kan met groot dankbaarheid terugkyk na ‘n wonderlike 2013. Ons moes weereens baie hard werk om ons uitgawes en inkomste te laat klop en daar is maar altyd die bekommernis of ons genoeg fondse gaan in om in 2014 al ons verpligtinge na te kom. Op die oomblik het ons twee groot projekte, naamlik die Wenslyste en die Kerspamflette. Ons is so dankbaar vir die donateurs wat betrokke is by hierdie projekte, dit gee ons sommer moed vir 2014 en dit maak so ‘n groot verskil aan die

kinders se lewens. Kontak ons gerus indien u ook betrokke wil raak. Daar moet ook onthou word dat skenkings in die vorm van vleis, groente, klerasie (gebruikte), kruideniersware ens. ‘n groot verskil maak aan ons uitgawes, want fondse hoef dan nie gebruik te word vir die aankope nie. Ons wil dit beklemtoon dat ALLE DONASIES, in watter vorm ook al, ‘n groot verskil maak. Ons benodig ook geldelike donasies om ons verpligtinge, soos salarisse, munisipale rekeninge, onderwys en opleiding, mediese uitgawes ens. na te kom.

Baie dankie aan elkeen wat die afgelope jaar by ons betrokke was op veral finansiële gebied. U het beslis ‘n verskil gemaak aan ons situasie! Ons gebed is dat u ons in die toekoms ook sal ondersteun.

MAG U ‘N WONDERLIKE KERSTYD BELEEF EN ELKE DAG DIE HEER SE VREDE EN VREUGDE IN U LEWE ERVAAR! Irene Breedt : Administratiewe

Bestuurder

Ons skoolverlaters presteer.

Elleroy Swarts en Duncan Grobler

het gedurende September ‘n

basiese praktiese loodgieter-kursus

met vlieënde vaandels geslaag by

PCD Loodgieter Kollege Pretoria. Danksy hul kinderversorger,

Eugene Lansdell, het hul die geleentheid gekry om hierdie kursus

te loop. PCD Kollege het goedgunstiglik ‘n beurs toegeken vir

beide seuns se gevorderde loodgieterskursus in 2014. Albei die

seuns het ‘n vooruitsig om in 2014 ‘n voltydse betrekking te

bekom. Maatskaplike Afdeling

Susan Strijdom Spesiale Skool Se Prysuitdeling

Die Abraham Kriel Kinderhuis se leerders het besondere prestasies behaal tydens die skool se prysuitdeling. Verskeie goue diplomas in Akademie en Sport is ontvang. Ons kan werklik op ons leerders trots wees. Baie Geluk! Maatskaplike Afdeling

Skoolverlaters Program Die laaste bydrae tot ons

skoolverlaters se toekomsbeplanning

is deur Mev Irene Breedt (AKK se

finansiële bestuurder) hanteer. Sy

het ‘n finansiële inset gelewer

waarmee ons studente opgelei is om

hul finansies verstandig te bestuur.

Hulle het onder andere geleer hoe

om ‘n begroting op te stel en

daarvolgens hulle finansies te

bestee.

Maatskaplike

Afdeling

Page 3: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

Daar was ‘n groot behoefte aan ‘n siekekamer en ons wil net baie dankie sê aan die borge wat dit moontlik gemaak het om ons kliniek te kon uitbrei. Ons is ook bevoorreg dat twee plaaslike

dokters ons hier kan uithelp om kinders pro deo te sien. Dankie aan DR's Botha, man en vrou, jul hulp word hoog waardeer. Verder het ons maar steeds 'n be-hoefte aan vitamienes soos Bio-strath wat die kinders help met hul studies. Ons tieners het ook 'n

behoefte aan gesigwas vir die vel kondisies. Ons was bevoorreg om 'n tandarts vir 'n hele week hier by die Kinderhuis te kon gehad het. Dit is 'n initiatief van Bar-loworld dat die mobiele tandarts mondhigiëne bevorder deur Suid-Afrika. Ons is baie dankbaar dat hul ons oorweeg het. Liesel Potgieter

BL

AD

SY

3

A

KK

N

YL

ST

RO

OM

N

UU

SB

RI

EF

4

D

E

KW

AR

TA

AL

2

01

3

Dankie aan ons engele. Nog ‘n jaar is verby en die Kombuis wil dankie sê aan

almal wat dit vir ons moontlik gemaak het deur die jaar, om vir ons kinders elke dag ‘n gesonde bord kos te kon voorsit.

Dankie dat ons altyd op u kan staatmaak om in ons behoeftes te voorsien. Dis nou weer Kersseisoen en vakansie en nie al ons kinders gaan huis toe nie. Ons wens ons kon vir hulle bederf soos wat die wat uit kon gaan vir die vakansie

bederf gaan word. Daar gaan ‘n paar kampe wees waarop hulle gaan. Ons be-hoefte is droë pap, koeldrank, beskuit, pakkies braaivleis, suiker, olie, kaas, koue-vleis, vrugte of enige bederf waaraan u kan dink om ‘n kinderhart bly te maak wat die vakansie nie by ‘n geliefde gaan wees nie. Dankie dat ons weet u gaan dit vir ons kinders ‘n wonderlike feestyd maak met u skenkings. Ronel Schwartz en Judith Dreyer

Behoeftes vir ons huise en kinders Die volgende items moet maandeliks deur ons aangekoop word en neem ‘n

groot deel uit ons begroting. Dalk wil u van hierdie items verskaf om

sodoende te help om ons begroting te laat klop:

Klerekruik Die jaar staan einde se kant toe en aan elke donateur wil die Klerekruik baie dankie sê vir hul bydraes deur die jaar het sy of dit nuut of gebruikte klerasie was. Sonder skenkings en mense se oop harte en hande sal dit nie moontlik wees om ons kinders toe te rus met klere, skoene, sporttoerusting en selfs linne nie. Dit is wonderlik om te sien hoe 'n kind se selfver-troue 'n hupstoot kry sodra hy/sy sien hul gaan nie meer afsteek teenoor ander kinders "daar buite" nie. Die Klerekruik kan wel nie voorsien volgens die modes nie, maar kan uit skenkings toesien dat die kinders netjies en versorg voorkom. Skenkings word gesorteer en die bestes word vir ons kinders terug gehou en die res wat nie gebruik kan word nie, word verkoop om sodoende weer vir die Kinderhuis 'n inkomste te genereer. Die Klerekruik het 'n jaarlikse begroting vir aankoop van klerasie, maar dit word streng beheer en net die nodigste word daarmee aangekoop. Dus is ons baie dankbaar vir enige vorm van skenkings van gebruik-te klerasie en skoene hoe gering ookal. Die personeel in die Klerekruik wens elke donateur en diegene wat betrokke is by ons kinders 'n Geseënde en Voorspoedige 2014 toe en met ons oë gerig op Jesus ons Hoop.

Edna Prigge

Lip ice Toiletpapier Relaxer Moisturiser Kamme en borsels

Doom Blue Death Seeppoeier Afdroogvadoeke Skottelgoedseep

Skropborsels Sagte besems Harde besems Verestoffers Swart skoenpolitoer

Dweils Tissues Pinegel Bleikmiddel Staalwol, sponsies

Kombuis

Kliniek

Page 4: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

B L A D S Y 4 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Die 2013 skooljaar het met ‘n spoed

tot ‘n einde gedrafstap.

Ons wil baie graag van hierdie geleentheid ge-

bruik maak om erkenning te gee aan al die per-

soneel wat hierdie jaar by ons kinders betrokke

was en steeds is, vir hul mooi gesindheid en gewillige

samewerking.

Die volgehoue hulp en ondersteuning met hul

huiswerk van die Kinderversorgers en vrywil-

ligers word opreg waardeer. Ook die ander

personeel wat op die terreine help en ondersteun en die

moeite gedoen het om ons lentekonsert en na die

kinders se skoolwerk te kom kyk, word met groot

dankbaarheid raakgesien. Dit beteken vir elkeen van

ons kinders ontsettend baie.

Die twee onderwysers van die AKK skooltjie was hard

besig met die finale assessering vir die jaar. Almal het

duime vasgehou dat al die gepraat, gedreig, gesoebat

en herhaal, herhaal, herhaal deur die jaar vrugte afgew-

erp het en dat iemand, êrens iets bygeleer het.

Ons het wonderlike skenkings van verskeie

buite persone en instansies deur die jaar

gekry en is baie dankbaar vir die wonderlike

gesindheid en volgehoue belangstelling in

ons skooltjie.

Daar word ook al weer hard beplan aan aktiwiteite vir

volgende jaar en daar is sekere items wat benodig word

wat die onderrigtaak baie sal vergemakllik.

Die volgende behoeftes is raakgesien:

Afrikaanse leesboeke Gr1 tot

Gr5 vlak.

Engelse leesboeke Gr1 tot Gr5 vlak.

Kunsmateriaal en idees vir eenvoudige handvaar-

digheidsprojekte. (verf, gom, gekleurde karton,

ens.).

"Gluegun" met gom stokkies.

Enige ander handwerkapparaat wat sny, kap,

plak, gate maak ens, kan vergemaklik.

Dat die afdak verleng word tot in die hoek

van die junior klas as beskerming teen die

son en reën.

‘n Klim en klouter apparaat aan die voorkant van

die skool.

Plastiese 'slip on' oortreksels, plastiek lêers, ens.

Een of meer staan potloodskerpmakers.

‘n Groot guillotine.

Enige bruikbare skoolmateriaal is altyd welkom.

Izanne Maritz en Betha McClintock

AKK Skool

Computers

Irene Breedt and Annie le Roux with Peter Hagedoorn and his family

We were so excited when we received 26 com-

puters all the way from Belgium during Septem-

ber this year. Every house ( 15 altogether ), our

own AKK school, as well as the computer room

on the premises, were well provided for and

blessed. Unfortunately we had to spend a R1000

on each computer to load the necessary programs

and we are short on funds for 10 more comput-

ers to make them useful as well. We are hanging

in there.

They also brought us 5 laptops for our matricu-

lants, but we also have to load the necessary pro-

grams on them as well and are lacking funds at

the moment. Peter Hagedoorn, who orga-nised

everything, his wife and family visited the Chil-

dren's Home on the 6th of November 2013 and

they were very impressed with the standard of

work we achieve at the Home.

We are really grateful for the passion they

demonstrated to help our children.

Irene Breedt

Die behande-

lingsdienste

het 'n afskeid

vir ons skool-

verlaters

gehou. Die

geleentheid is

gehou by

Casamento, 'n

pragtige

onthaalarea

wat die

Kinderhuis

altyd so goedgesind is. Almal het behoorlik

uitgehang vir die geleentheid. Die tema van die

aand was "eet rondom die wereld".

Die skoolverlaters het gesmul aan die kos en

lekker rinkink op die dansbaan.

Liesel Potgieter

Skoolverlatersafskeidsfunksie

Page 5: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

B L A D S Y 5 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Strome van seën ontvang die Skoolverlaters ‘n Mens staan klein voor ‘n

Grootheid wat ongekend is! Hierdie

jaar was regtig die uiterste in die

sestien en ‘n half jaar wat ons by die

Kinderhuis is.

Elke jaar beywer ek myself om

seker te maak die Skoolverlaters kry

‘n hupstoot in die lewe deur aan

elkeen ‘n skeidingspakket te voor-

sien.

So sorg Vida Nell van Randpark en

al haar aardse engele dat die kinders

met die basiese kombuis-

toerusting toegerus word en sy doen

dit al vir ‘n paar jaar. Toe kom

Lyzette Gomes van

“ADVENTURES FOR LOVE” van

Johannesburg oor my pad en hulle

besluit toe om dit as deel van hul

jaarlikse projekte te maak en koop

toe in in die saak. Hulle kies ‘n in-

stansie elke jaar en wissel dit af.

Vida en ek maak toe planne en ons

besluit toe dat sy/hulle

gaan ‘n eerste doen

deur aan elke kind ‘n

pakket te oorhandig

met kruideni-

ersware,

skoonmaakmiddels

en toiletware. Sy loop

toe die ekstra myl en

gee aan elke kind nog

ekstras ook. By ‘n mooi

ontbytgeleentheid met die heer-

likste kos en pragtig gedekte tafels,

het sy dit aan die kinders oorhandig.

Strome, liewe lesers, strome van

seën.

Lyzette hulle het die oorhandiging

net daarna hanteer en afgewyk van

die basiese lys en nog ekstras gaan

koop sodat die kinders net kan in

trek

en leef.

Net soos ‘n

regte mamma dit sou doen sodat

haar kind tog net nie moet tekort hê

nie. Elke kind het ook 'n ges-

kenkbewys ontvang om leemtes aan

te vul of om hul voedselvoorraad in

die maande wat kom aan te vul.

HOE Sê MENS/DIE JONG MENSE

DANKIE? Ons kan dit doen deur

die woorde in Matteus 7 : 7 tot 12.

Gezina Lombard

Vriende van ons se dogter, me Annalet Mulder, hou

skool by Hoërskool Menlopark . Sy staan ook elke jaar

in beheer van hul skool se

liefdadigheidsweek. Hulle ge-

bruik slegs een week om fondse

te in om onder verskeie

welsynsinstansies te verdeel en

uit te deel. So noem sy een keer

aan haar ouers dat die projek so

groot word dat sy nog instansies

kan help. Ons vriende noem toe

aan haar van ons Kinderhuis. So

het ons vanjaar vir die 4e keer ‘n

tjek van hul af ontvang. Hulle

help kinders, gesinne en diere en

moet die kinders dan ook

namens die instansie die be-

dankings hanteer. So het Reolar-

dus Coetzer en Angelique Ferguson ons vanjaar vergesel en hul

goed van hul taak gekwyt. Weereens loop ‘n mens se gemoed oor

om met dankbaarheid die gawe van gee tasbaar te ervaar. Dankie

Menlopark Hoërskool vir die voorbeeld en tradisie wat jul vol-

hou! Doen so voort!

Gezina Lombard

Wenslyste Elke jaar wanneer die wenslyste die ku-

berruimte ingestuur word, het ‘n mens ‘n

beklemming in jou hart, want jy weet

nooit wat die reaksie daarop gaan wees

nie. Die Here seën dit nog elke jaar en wil

ons net dankie sê aan almal wat gehoor-

saam is aan die gedagte wat die Here hulle

gee om onvermoeid hierdie, asook vorige

Kerstye, ‘n tyd te maak van liefde, omgee

en uitreiking. Ons waardeer alles en weet

net u laat ons kinders baie spesiaal voel.

Mag u almal ‘n wonderlike feesseisoen

met u geliefdes ervaar!

Gezina Lombard

Hoërskool Menlopark

doen dit weer

Page 6: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

B L A D S Y 6 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Kinderhuisbasaar 1 Maart 2014 Ons poog altyd om ons beplanning vooruit te doen en

so het ek dit goed gedink om ‘n Kinderhuisbasaar te

reël en wel op Saterdag 1 Maart 2014 op die terrein

van die Kinderhuis. U moet onthou dat ons nie soos

gemeentes kan staatmaak op die gemeentelede nie of

soos by skole op die ouers nie. Ons het u nodig om

die poging ‘n sukses te maak. Aan elke huis is ‘n tafel

toegeken en vertrou ons dat gemeentes, omgeegroepe

en/of individue hul hulp sal aanbied.

As u kan koek bak, beskuit bak of ‘n bobaas bakster

is met klein koekies moet u asb. nie die lus om ons te

help onderdruk nie. Onthou ons het ‘n vleistafel ook

en alle bydraes is welkom.

Daar is elke tafel denkbaar en volop speletjies en ook

‘n spookhuis…………..

DIE BELANGRIKSTE NOG IS DAT U DIE DAG

KOM ONDERSTEUN! Merk dit noual op u nuwe

kalender of dagboek. SIEN U DAAR!!!

Gezina Lombard

Jan en Charmaine Kruger doen

dit weer!

Die naweek van die 18e Oktober

het ons saam met 8 dogters die

middag vertrek na De Villa

Lodge toe naby Loskopdam en

het die Krugers ons daar inge-

wag. Ons het so heerlik gebly en

geëet en die dogters het baie

hard gewerk op die gholfdag

self. Hulle is op die hande gedra.

My moederhart wou oorloop

van trots omdat daar van die

kinders se skilderye opgeveil is

en hulle ‘n mooi bedrag vir die

Kinderhuis so geïn het. Ons

eerste “quilt” het ook ‘n mooi

bedrag ingesamel.

Die gholfdag self was ‘n groot

sukses en kan die Krugers regtig

trots voel op hulself. Dis harde

werk, maar hierdie keer was die

eerste prys ‘n wonderlike

jagnaweek geborg deur die Pot-

gieters van Motsomi en dit was

‘n groot aantrekkingskrag. Knap

gedaan liewe vriende van die

Kinderhuis!

Gezina Lombard

Kranspoort Gholfdag

Ons eie Naaldwerkprojek

Omdat ons gereeld gevra word om

veilingsitems te lewer wat mense bv by 'n

fees of gholfdag ten bate van ons opveil,

het die gedagte ontstaan om handge-

maakte produkte te maak. Omdat ons dit

bywoon het ons gesien die persone teen-

woordig stel baie daarin belang.

Pat en Ria van Kempton Park het naai-

masjiene geskenk vir die projek en so het

ek begin met 'n groepie senior dogters en

twee kollegas wat toe ook vermenigvul-

dig het, en ons het begin met ons eerste

"Quilt". Die entoesiasme het hoogty

gevier. My kollegas het die voortou

geneem met tonne entoesiasme. Christelle

Snyman het die finale werk gedoen en

ons eerste "Quilt" is tydens 'n

gholfdagveiling verkoop vir die mooi be-

drag van R3600. Van die dogters was die

dag teenwoordig en dink ek dit was vir

hulle ook 'n lewensles. Ons werk tans aan

'n lente "Quilt" vir 'n veiling in Maart.

Knap gedaan almal. Weet net dat vele

hande maak ligte werk.

Gezina Lombard

Page 7: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

B L A D S Y 7 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Hierdie tyd van die jaar is altyd vir

my persoonlik ‘n slegte tyd by die

Kinderhuis in die sin dat nie al ons

kinders die voorreg het om

uitgeplaas te word by

vakansievriende nie. Dis hierdie

tyd van die jaar wat families

reëlings tref om bymekaar te wees,

opgewonde raak oor spesiale etes,

geskenke self maak of beplan,

uitstappies reël en net ‘n tyd binne

gaan van omgee en liefde.

Daarom reël ek graag kampe vir

die inblykinders en dit het kostes

soos die brandstof, tolgelde en

voedsel, maar ek poog altyd om

borge te kry en die Here doen die

res!

So gaan die eerste groep al van die

2e tot die 6e Desember BOUL-

DERS toe naby Crecy op die Mar-

ble Hall pad. Die 2e groep gaan

vanaf die 10e tot die 15e Desem-

ber Motsomi Safaries toe naby

Derdepoort op die Botswana

grens. Die derde kamp is vanaf die

24e Desember tot die 2e Januarie

2014 by DIE DRIFT naby Polo-

kwane. Met hierdie kamp poog

ons veral om met borge se onder-

steuning, vleis te koop om te braai,

gaskoeldrank, yoghurt en vars

vrugte, ens. te voorsien en dan

natuurlik Kersdag self baie spesi-

aal te maak. Ons is so dankbaar vir

die goedgesindheid van die ei-

enaars van die betrokke kampe.

Kinders en personeel kom altyd

vol glimlaggies terug.

As daar van die lesers by hierdie

projek wil betrokke raak, kan hulle

gerus die Kinderhuis /Gezina ska-

kel.

Gezina Lombard

Louise Laird Ek was 10 jaar oud toe ek Kinderhuis toe gekom het. Na

'n jaar het my boetie, Bennie, gekom en hy was 2 jaar

oud. Ek het in Mopanie en Sering gewoon waar die

kleuters was en ek was hoofdogter by hulle en het ge-

help met hul versorging.

Ek was vir 7 jaar in die Kinderhuis en het in 1987 klaar

gemaak by Susan Strijdomskool.

Ek het by Saambou gaan werk, maar na 3 jaar het hulle

toegemaak. Daarna gaan werk ek by AVBOB. Ek het in

1991 getrou en twee seuns is uit die huwelik gebore nl

Wimpie en Wynand. Ons het geskei en in 2010 trou ek

met James en het ons 'n saamgestelde familie. Ons ver-

huis na Nieu Zeeland in No-

vember vanjaar, want Consul

het toegemaak in Suid-Afrika

en het James sy werk verloor.

Ons hoop om 'n beter heen-

kome en toekoms daar te vind.

Ek het my ma in 2009 in Wit-

bank opgespoor en het haar uit

haar omstandighede verwyder

en vir twee jaar versorg voor sy oorlede is op die oud-

erdom van 65 jaar in 2011. Ons herontmoeting was vir

my 'n skok en groot aanpassing, maar ek moes "closure"

kry. My pa weet ek nie veel van nie - net dat hy ook

oorlede is.

Ek en Bennie kom goed klaar en ek sal hom mis, maar

nou werk ek aan myself - dis tyd!

Dit was goed om terug te kom Kinderhuis toe en om iets

te doen uit dankbaarheid vir wat die plek vir my beteken

het. My raad aan al die huidige inwoners is om daarna

te strewe om die beste JY te wees. Maak van elke

geleentheid gebruik en dien die Here, want net Hy dra

jou deur moeilike omstandighede.

Soos ds Wollie gedroom het, het Patricia

Koekemoer ook gedroom om eendag die hele

Kinderhuis Voortrekkermonument toe te neem

op 'n uitstappie. Dit het die 16e November 2013

'n realiteit geword. Borge het ingekoop en het

Pat en Ria Botha 4 busse gereël om almal te

vervoer. Wat 'n voorreg was dit nie om die

boodskap van Rodney Seale aan te hoor asook

om op te tree in die ruimte van die Sentofaag

nie!

Die kanonskoot was 'n fees en 'n besonderse

ervaring vir almal, maar as jy die kinders vra,

was die ete en bederf die heel lekkerste. Dit was

moeë lywe wat teruggekeer het en baie moeite is

gedoen om alles glad te laat verloop, maar Patri-

cia .....oor en oor die moeite werd!! Ons dank

die Here vir jou en jou familie se

lewens. Gezina Lombard

Desember se vakansiekampe

F

E

E

S

P

A

R

T

Y

T

J

I

E

Page 8: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

B L A D S Y 8 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

September Seevakansie

Twee denominasies (AGS en APK) het reeds in

Januarie 2013 al begin saamwerk om ’n see

vakansie in Richardsbaai vir die huise Taaibos,

Essenhout en Tambotie moontlik te maak. Daar

was vreeslik baie moeite gedoen om die

vakansie vir die kinders ‘n belewenis te maak.

Vir meeste van

die kinders

was dit die

eerste keer wat

hulle die see

gesien het en

hulle kon ook

nie wag om

hulle voete in

die water te

kry nie. Hie-

ruit het wonderlike vriendskappe asook

vakansievriende gespruit. Die Desem-

bervakansie is daar reeds van ons kinders wat

weer vir die nuwe vriende gaan kuier. Dit was

inderdaad vir die kinders ‘n onvergeetlike

vakansie/ervaring gewees. Baie dankie aan

elkeen wat saam gewerk het om dit vir die

kinders moontlik te maak.

Marieta Koekemoer

‘n Week het gevorder tot ‘n

maand, ‘n maand tot ‘n kwartaal

en ‘n kwartaal tot ‘n semester en

uiteindelik tot hier waar ek

myself nou bevind na amper

twee jaar se betrokkenheid by

AKKH. Baie dinge het in

hierdie twee jaar verander:

verhoudings het verdiep, nuwe

mense is ontmoet en baie insig

en ervaring is opgedoen. Ten

spyte hiervan is daar iets wat

altyd dieselfde sal bly: die taak

wat ons almal het. Om die

kinders die beste heenkome te

gee, geestelik, fisies en

materieel, maak nie saak wat

hulle agtergrond nie. Dat elkeen

van hulle streef na liefde en

omgee, al is dit soms op baie

denkbare wyses, is ‘n feit.

Dit is vir my lekker om te kan

sê dat elkeen wat namens die

kinderhuis betrokke is in hierdie

kinders se lewens daarna streef

om juis dit vir hulle te gee.

Wat die pastorale/geestelike sy

van hierdie betrokkenheid

betref, kon ek nie vir ‘n beter

span gevra het nie. Die

kategese wissel van vet pret na

ernstig oor die dinge van die

lewe en natuurlik oor God. Dit

voel vir my of die kinders my al

meer begin vertrou en die 2 jaar

pad wat ek tot dusver saam met

hulle gestap het werklik begin

vrugte afwerp. Tydens baie van

my berading sessies leer die

kinders my dikwels meer as wat

ek voel ek kan vir hulle bied.

Ten spyte van moeilike tye en

die feit dat ‘antwoorde’ dikwels

nie bestaan nie, kan ek steeds sê

dit is ‘n plesier om by die

kinders se lewens te mag

betrokke wees en hulle in myne!

Theo van Zyl

Stofpad 4 X 4 doen dit weer Die 4x4 groep o.l.v Uys van Rooyen het die

Kinderhuis weer die naweek van 22 - 24 No-

vember 2013 besoek. 'n Besonderse groep

manne en vroue. Daar is herstelwerk gedoen

aan die bestaande klimrame, ook deur hulle

opgerig, en 4 nuwe swaaie is opgerig. Die

vroue het o.l.v. George en Marlene, besluit

om 'n enorme partytjie vir die kinders te hou

en daarna huis toe te stuur met armsvol

bederf. Die kinders was mal oor die lootjies

trek en die wen van pryse. Die kinders moes

egter by die boeke kom, want die eksamen is

in volle swang en sê die kinders die wors is

die lekkerste wat hulle nog ooit geëet het.

Dankie ooms en tannies!! Ons geniet ons

swaaie en bederf.

Gezina Lombard

Geestelike versorging

Page 9: 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 AbrahamKriel · PDF file4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3 I E F B L A D S Y 2A K K N Y L S T R O O M N U U S B R Ons Bankbesonderhede: Absa Modimolle Rek

Kontakbesonderhede /Contact details

Landlyn/ Landline : 014 717 5264

Faks/ Fax : 086 5707 646 / 014 717 3659

Epos/ email : [email protected]

Bankbesonderhede/ Banking details:

ABSA Modimolle 1100 140 000

Takkode/ Branch code: 632 005

Abraham Kriel Kinderhuis,

Nylstroom

De Beer Straat 12

Modimolle

B L A D S Y 9 A K K N Y L S T R O O M N U U S B R I E F 4 D E K W A R T A A L 2 0 1 3

Voor ons afsluit 'n kinder sê ding of twee:

Nadat Brittany 'n ruk gespook het om die bot-

teltjie met pille oop te maak, verduidelik ma dat

die prop "Kinderproof" is en dat sy sal moet

help. Met groot oë vra Brittany : "Maar hoe het

die botteltjie geweet dis ek wat hom wil oop-

maak?"

Susan was besig om vrugtesap te

drink toe sy begin hik.

"Moet asseblief nie weer

vir my van hierdie sap

gee nie," sê sy "...dit laat

my tande hoes!"

Webwerf/Website :

[email protected]

[email protected]

Ons Sê Totsiens vir:

Mona Barnard

(Sekretaresse Maatskaplike

werkers)

en Chris en Carin Pienaar

(Kinderversorger en drywer). Ons wens hulle sterkte en

seën toe op hul pad verder.

Fiona Pretorius (Sekretaresse

Maatskaplike werkers)

Ons Sê Welkom aan:

Jaareindfunksie van die Personeel Op 14 November is ‘n

Jaareindfunksie vir ons personeel

gehou. Dit was ‘n wonderlike

aand van saamkuier en die

Country tema het groot byval

gevind. ‘n Paar het soos regte

cowboys gelyk!

Die twee dames in die kombuis het

deur beskuit en koeke te bak en te

verkoop, genoeg fondse ingesamel

sodat almal dit gratis kon bywoon.

Aangesien dit mnr Fanie Lombard

en Gezina se laaste jaareindfunksie

by ons was, is daar spesiale moeite

gedoen om dit vir hulle ‘n

besondere aand te maak.