4
Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Skatte en lekkers vir die skattejag Genoeg geskenk boksies vooraf uitgeknip (patroon aan einde van die les) vir elke kind een en goed om dit mee te versier Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel. Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote) Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou. 8 November 2015 My alles vir Jesus! Mark.12:38-44

8 November 2015 My alles vir Jesus! - ngsuidkus.co.zangsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kleuterkerk-Kwart-4-Le… · Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 8 November 2015 My alles vir Jesus! - ngsuidkus.co.zangsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kleuterkerk-Kwart-4-Le… · Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44

Deel van die sukses van 'n Kleuterkerk is die veiligheid van roetine vir die kleintjies. Veral as die leidsters elke week wissel. Die veiligheid lê vir hul dan in die bekendheid van die roetine. Daarom hou ons elke Sondag dieselfde aankoms aktiwiteite naamlik: vryspel stasies. Daar is drie kiste met speelgoed in naamlik 'n klei kis, 'n Lego’s kis en 'n legkaart kis. Die Lego kan op die mat uitgegooi word en die Klei en drukkertjies en die Legkaarte word by die tafeltjies gespeel. Vir kleuters is hulle name ook baie belangrik. Sorg dat die skoenboks met die naamkaartjies voor by die deur is. Daar is vir elke kind ’n naamkaartjie met hulle ouers se selfoonnommers op. Speld of knip dit vir elke kind vas soos hy of sy kom en merk ook hulle name op die register af. Voorbereiding: Skatte en lekkers vir die skattejag Genoeg geskenk boksies vooraf uitgeknip (patroon aan einde van die les) vir elke kind een en goed om dit mee te versier

Uitpak & Vryspel Sorg dat jy 20 minute voor die tyd daar is en pak die drie stasies vir vryspel uit. Sorg ook dat die skoenboks met die name en die bywoning register en ’n pen gereed is. Laat die ouers die kind se naam op die register skryf. Ontvang die kinders by die deur, speld hulle naamkaartjies aan en lei hulle na die stasies toe vir vryspel.

Regmaak & Draailoop Laat die kinders die stasies waar hulle tans speel oppak, en neem die kinders wat wil, om 'n draaitjie te gaan maak in die badkamer. Laat die kleuters op die mat gaan sit. Jy as leidster kan op 'n stoeltjie voor hulle gaan sit. Om seker te maak almal bly stil, laat hulle kruisbene sit met hulle handjies in hulle mandjies(in hul skote)

Die volgende roetine word voor gestel: - Bywoningsregister Om vir die kleuters erkenning te gee dat hulle gekom het, kan hulle 'n plakkertjie plak op die betrokke plek op die bywoning trein.(voorsien) LW dis nie 'n trein met datums op wat vir jou sal uitwys watter Sondae jy nie daar was nie. Dis doodeenvoudig net 'n trein met trokke waarop die kinders se name staan en hulle geleentheid kan kry om 'n plakker (voorsien) te plak in sy/haar trokkie waarop hul name aangebring is. - Verjaarsdag gelukwensing (sing en ontvang 'n kroon met 'n ballon) Indien iemand verjaar het gedurende die week of vakansie, sing almal vir hom/haar “Geluk liewe maatjie” en hy/sy ontvang 'n verjaarsdag kroon (voorsien) en 'n ballon(voorsien) - Kollekte - Een van die maatjies neem die geld op in ‘n mandjie - Hersienings moment Vra die kinders uit oor wat hulle van die vorige sondag se kleuterkerkles kan onthou.

8 November 2015 My alles vir Jesus!

Mark.12:38-44

Page 2: 8 November 2015 My alles vir Jesus! - ngsuidkus.co.zangsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kleuterkerk-Kwart-4-Le… · Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44

Bidtyd: Openingsgebed Vra een van die kinders om te open met gebed.

Lestyd: Vandag gaan ons kyk watter skatte ons het. Weet julle wat ‘n skat is? ‘n Skat is iets wat jy het wat vir jou baie werd is, meer as al die geld van die wêreld. Vir die seerowers in die stories is ‘n skat ‘n groot kis vol geld en juwele. Voor ons by ons les van vandag kom, gaan ons eers skattejag hou. Skattejag: Steek vooraf paar skatte weg, dit kan lekkers of plakkers of speelgoed of enige iets anders wees.Probeer om indien dit lekkers is,vir elke kind ‘n lekker te kan gee aan die einde. Gee aan die kinders leidrade waarvoor om te soek en waar om te soek. Jy kan ook vir hulle sê as hulle warm is (naby die skat) of koud is (ver van die skat). Steek genoeg skatte weg dat almal gretig kan deelneem. Gee aan die einde van die skattejag vir almal ‘n vorm van beloning (byvoorbeeld klein lekkertjie) Mens is op gewonde wanneer jy weet dat jy ‘n skat gaan kry, want ons almal weet ‘n skat is baie kosbaar. Maar wat anders is vir julle kosbaar of belangrik? (gee kans vir antwoorde, of lei kinders in antwoorde). Dalk is jou gunsteling pop vir jou belangrik, of daardie skopfiets wat pappa vir jou vir jou verjaardag gegee het. Wanneer iets vir ons kosbaar of belangrik is, pas ons dit ekstra mooi op en sorg dat dit nie wegraak nie. Jy sal dit nie sommer vir iemand gee of leen nie, behalwe as jy baie lief is vir daardie persoon en jy weet dat hy of sy ook net so mooi na jou kosbare item sal kyk. Maar wanneer mens iets vir iemand wil gee vir wie jy baie baie lief is, maar jy het niks om weg te gee nie, dan sal mens ook bereid wees om die wat vir jou die kosbaarste en belangrikste is, weg te gee, net om vir daardie persoon te wys dat hy of sy vir jou nog belangriker is as jou skat.

Singtyd: (Hierdie liedjies is net voorstelle, sing gerus iets wat meer bekend is) Liedjie: Lees jou Bybel, bid elke dag & My B-Y-B-E-L Lees jou Bybel, bid elke dag, bid elke dag, bid elke dag Lees jou Bybel, bid elke dag Want dit gee jou krag Want dit gee jou krag Want dit gee jou krag Lees jou Bybel, bid elke dag want dit gee jou krag My B-Y-B-E-L , het my van God vertel Jy kan dit glo, want die Woord sê so My B-Y-B-E-L!! Liedboek: Lied As Hy weer kom As Hy weer kom, as Hy weer kom Kom haal Hy Sy kinders Al Sy kinders wat in Hom glo Om by Hom te wees Ja ons wag op die Here En ons sing tot Sy ere Ja Hy kom weer verseker Om ons te kom haal

Page 3: 8 November 2015 My alles vir Jesus! - ngsuidkus.co.zangsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kleuterkerk-Kwart-4-Le… · Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44

Bybeltyd vervolg: Terwyl Jesus daar gesit het, het daar ‘n arm weduwee gekom en twee muntstukke in die bordjie gesit. Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44. Hierdie arm weduwee het haar kosbare skat, alles wat sy gehad het, in die bordjie gesit, want sy was lief vir God en wou graag dit wat sy het, vir Hom gee. Ons het dalk nie geld nie, maar ons kan ons hartjies aan Jesus gee. Ons kan vir Hom lief wees met alles in ons, en so lewe dat ander mense ook vir Jesus sal lief word. Kom ons bid saam: Jesus, ek gee nou my hart vir U. Ek is lief vir U. Help my om so te lewe dat ander mense ook vir U sal lief word. Amen

Doentyd & Leertyd: Knip vooraf vir elke kind ‘n patoon vir die geskenk boksie uit. Laat kinders dit versier en help hulle om dit aan mekaar te sit. Laat elkeen dit huistoe neem om vir iemand spesiaal ‘n geskenkie daarin te sit. Moedig kinders aan om vir mamma en pappa te vertel wat hulle vandag geleer het. Groettyd: Dankie Jesus dat ek vir U kosbaar en spesiaal is. Ek het u lief. Amen

Bybeltyd: Terwyl Jesus op aarde was, het hy graag vir die mense wat by hom was geleer oor hoe God wil hê Sy kinders moet lewe. Jesus het sy dissipels gewaarsku dat mens nie altyd moet kyk hoe iemand aantrek nie, want party mense trek net mooi klere aan en maak of hulle baie beter as ander is, net om raak gesien te word en sodat mense hulle moet groet. Daar is niks verkeerd om mooi aan te trek nie, maar wanneer ons dit doen net sodat ander ons moet raaksien, dan is dit verkeerd. Ons moet ook nie groot woorde gebruik om belangrik te klink of om mense te beïndruk nie, ons moet elke dag net onsself wees. Ons moet altyd bereid wees, om vir ander mense om ons te help, en wanneer ons sien iemand anders kry swaar, moet ons dit wat ons het ook met hulle deel. Wanneer ons so lewe, dan lewe ons soos wat Jesus van ons vra. Eendag het Jesus reg oor die offergawekis gaan sit, dit was soos die kollektebord waarin mense hulle geld gesit het wat hulle na die tempel of die kerk toe gebring het. Party mense het ook daar baie geld ingesit sodat mense hulle moet raaksien en dink hulle is baie goed en baie oulik. Dit is nie wat Jesus van ons vra nie. Hy wil nie hê ons moet net geld gee sodat ander mense kan dink ons is oulik nie, hy wil hê ons moet geld gee omdat ons in ons hart weet dit is wat ons moet doen.

Page 4: 8 November 2015 My alles vir Jesus! - ngsuidkus.co.zangsuidkus.co.za/wp-content/uploads/2015/09/Kleuterkerk-Kwart-4-Le… · Jesus het sy dissipels geroep en gesê: Lees Markus 12:43-44

Geskenk boksie partoon