7
1 NG Tygerpoort Aanddiens 22 Julie 2012 Klippe, Kissing touchers en Kleipotte Inleiding eie storie Ek is.... Zander... getroud.... seuntjie.... Klink awesome he.... miskien dink jy hierdie ou het alles wat ek wil he. Ek was 30 jaar lank single.... En dit was die greatste tyd en die mees uitdagendse tyd van my lewe. Ek het basically net in matriek ‘n meisie gedate... toe opgehou. Op Universiteit... het ek so hier en daar ‘n fling gehad. Ek het in my vierde jaar mal verlief geraak op ‘n dame 4 jaar ouer as ek... ek het gedink sy is die ultimate... Ek het sulke prentjies in my kop gehad... van die ideale vrou vir my. Sy is oorsee... sy het iemand ontmoet... ek het haar 1 jaar later in die Pick en pay in Hatfield raakgeloop... en nadat ek niks van haar gehoor het nie... het sy so vinnig hallo gese en toe gese: “O ek is verloof!!” My pel langs my... het tereg gese: (vloek) daar sit sy hom nou hard neer Toe raak ‘n girl op my verlief wat ‘n visioen van die Here ontvang het..... Ek was op ‘n uitreik in Mosambiek toe ek uiteindelik die moed gehad het om vir haar te se: Die Here het dit nie vir my gese nie!! En toe is ek die vark in die verhaal.... Jare later toe loop ek haar raak by die serrie op TUKS.... toe is sy verloof en eks bly... Ek hoor toe daarna sy het die verlowing verbreek nadat sy my gesien het.... Toe begin ek my heel beste vriendin date.... Laaaannnnggg storie.... jy kan maar raai.... Ons het toe dit ‘n dag geroep uiteindelik Toe ek begin werk het... het ek verlief geraak op ‘n dame in die BAND by die kerk Maar dit was complicated... sy wou vir niemand se daarvan nie... so ons het so skelm gekuier.... Dit was intens en obsessief amper. Dit het vir 4 jaar aangehou.... Toe gaan sy oorsee!

Aanddiens 22 Julie 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Dr Zander vd Westhuizen gesels oor romantiese verhoudings.

Citation preview

Page 1: Aanddiens 22 Julie 2012

1

NG Tygerpoort Aanddiens 22 Julie 2012

Klippe, Kissing touchers en Kleipotte

Inleiding – eie storie

Ek is.... Zander... getroud.... seuntjie....

Klink awesome he.... miskien dink jy – hierdie ou het alles wat ek wil he.

Ek was 30 jaar lank single....

En dit was die greatste tyd en die mees uitdagendse tyd van my lewe.

Ek het basically net in matriek ‘n meisie gedate... toe opgehou.

Op Universiteit... het ek so hier en daar ‘n fling gehad.

Ek het in my vierde jaar mal verlief geraak op ‘n dame 4 jaar ouer as ek... ek het gedink sy is die ultimate...

Ek het sulke prentjies in my kop gehad... van die ideale vrou vir my.

Sy is oorsee... sy het iemand ontmoet... ek het haar 1 jaar later in die Pick en pay in Hatfield raakgeloop... en nadat ek niks van haar gehoor het nie... het sy so vinnig hallo gese en toe gese: “O ek is verloof!!”

My pel langs my... het tereg gese: (vloek) – daar sit sy hom nou hard neer

Toe raak ‘n girl op my verlief wat ‘n visioen van die Here ontvang het.....

Ek was op ‘n uitreik in Mosambiek toe ek uiteindelik die moed gehad het om vir haar te se: Die Here het dit nie vir my gese nie!!

En toe is ek die vark in die verhaal....

Jare later toe loop ek haar raak by die serrie op TUKS.... toe is sy verloof en eks bly...

Ek hoor toe daarna sy het die verlowing verbreek nadat sy my gesien het....

Toe begin ek my heel beste vriendin date....

Laaaannnnggg storie.... jy kan maar raai....

Ons het toe dit ‘n dag geroep uiteindelik

Toe ek begin werk het... het ek verlief geraak op ‘n dame in die BAND by die kerk

Maar dit was complicated... sy wou vir niemand se daarvan nie... so ons het so skelm gekuier....

Dit was intens en obsessief amper.

Dit het vir 4 jaar aangehou....

Toe gaan sy oorsee!

Page 2: Aanddiens 22 Julie 2012

2

Toe hoor ek niks van haar nie.

Toe vlieg ek soontoe en se dit is nou so.

Sy se - sy dink nie ek is nie.

Ek stuur CD’s, persente.... briewe.... gedigte (eks heavy romanties)

Ek hoor vir maande nie van haar nie... verloor kontak... hoop so half!

Ek kry eendag ‘n epos van ‘n ou vriend oorsee.... het jy dalk Pieter se nommer (my goeie pel van dieselfde tyd as die meisie met wie ek ook kontak verloor het) – ek wil net laat weet ek gaan nie die troue maak nie. Watter troue? Janet en Pieter s’n

Toe gaan sit ek lank op ‘n klip in die Rictersveld... intense, depressed innerlike krisis... waar dit meer sin maak om nie aan te gaan met jou lewe nie as om te glo in die liefde.

Ek worstel toe met die Here... Eks amper 29... eks single... eks alleen... eks onseker... ek glo nie meer in die liefde nie... en ek glo nie meer of Hy glo liefde is vir my bedoel nie...

Ek dink nie meer die prentjies in my kop oor die ideale persoon vir my is reg nie...

Alles is sleg....

Ek het die Richtersveld verlaat... maar vir lank was ek op daardie klip!

Ek moes vrede maak met myself... ek is vol, heel en perfek.... sonder iemand anders. En ek sou kon aanhou leef... op my eie... alleen... want dit is ok.

En toe ‘n jaar of wat later ontmoet ek my vrou... onverwags, helemaal anders as wat ek gedink het... sonder dat ek dit gesoek het...sonder die obsessie.... nadat ek opgegee het.

Hoekom die laaaannng stories:

1. Want vir baie lank in my lewe het my eie verhouding status alles van my verhouding met die Here opgeneem. Die grootste gebede, worstelinge en alles wat met my geestelike groei te doen gehad het... was altyd op een of ander manier ingebed in my belewenis van God.

2. En ek het geleer wat ek vandag nog glo: Ware liefde vind jou. Iemand tweet: What you seek is seeking you.

Dit is waaroor ek vandag met jou wil gesels. Die Here en die Liefde.

Ek weet dit is moeilike topic want almal hier vanaand is op honderde verskillende plekke.... geskei, getroud, single, in ‘n verhouding.... 100!!! opsies.

Niemand is op dieselfde plek nie... ek weet daar is verskillende vrae oor verhoudings..... hoe ver is te ver? Hoe weet ek sy is die regte een? Hoe se ek nou vir haar die eerste keer ek is lief vir haar? Wat nou as sy ‘n ander ou het?

Page 3: Aanddiens 22 Julie 2012

3

Ek kan nie vanaand julle almal se vrae antwoord in die preek nie. Ons kan na die tyd daaroor praat as jy wil.... maar ek wil met jou oor een of twee beginsels praat...

1. Liefde vind jou

Jesus reis op ‘n dag na Samaria.... ontmoet ‘n vrou....

Hierdie vrou het 4/5 mans gehad.... nou is sy alleen....

Sy is in die middel van die dag by ‘n put... alleen

Kan jy imagine wat gaan aan binne haar: o regret o hartseer o verwerping o sy het baie negatiewe ervarings met mans gehad o niemand praat met haar nie o skaamte o geskei

Wie kom na haar toe ‘n man.... Jood

Alleen... sonder ander

Offer vir haar water.....

Wat gebeur daardie dag.... Liefde vind haar

Ware liefde.... die regte liefde.... aanhoudende liefde

Op ‘n ander keer is Jesus besig om te leer....

Hulle bring ‘n vrou na Hom toe... al die mans van die dorp is daar...

Sy is op owerspel betrap

Die wet..... klippe.... die man is nie daar nie

Kom agter tussen die lyne dit is ‘n setup oor Jesus... strikvraag... sy is die bait.... sy is die slagoffer van iets vreemd.... iets geskep selfs....

Haar lewe is oor.... sy gaan dit nie maak nie.... die mans is om haar...

Verneder....

Wat gebeur.... Jesus troef die vraag.....

Die liefde vind haar... daar in die stof van die stadspoorte....

Hoe lyk die eerste eeuse wereld..... hoe lyk die wereld vandag

Jy moet presteer.... jy moet werk vir als... jy moet verdien.

Daar is nie genade nie....

Jy moet mooi lyk.... jy moet verbeter... jy moet die beste wees in wat die wereld van jou vra....

Jy moet selfs iemand anders wees indien iemand van jou moet hou.

Jy moet iemand anders in jou lewe he om liefde te beleef en te verstaan

En as dit beginne nie werk nie.... dan verwyt jy jouself...

Page 4: Aanddiens 22 Julie 2012

4

Jy twyfel.... jy bid

Jy verander... jy pas aan....

Jy dink sleg oor jouself....

Jy gaan sit op ‘n klip

Alleen

Ongeliefd, onbemin en innerlik leeg.

Ek se vir jou.... die grootste, hotste, oulikste, good-lookingste persoon hier in die kerk vanaand.... sal in sy diepste hart een ding vrees soos almal.... verwerping, geen liefde.... want ons is geskep vir liefde.

Toe ek 14 was toe word ek genooi na ‘n baie cool ou in die klas se verjaarsdag.... Man... ek was opgewonde Hulle het gebly buite die dorp.... fancy aangetrek.... Toe dit skemer raak toe val die voorstel: kissing touchers (my eerste) Jy weet hoe werk dit... iemand is aan en is as hulle jou vang moet jy hul ‘n soen gee.... Ek het so tussen die lemoen boord ingehol... een van die lelike meisies het my gejaag.... Iewers het die mooiste meisie die een geword wat jaag. Op een of ander manier land sy naby my.... en toe sy my sien en my definitief kon kies om te soen... toe hardloop sy verby na iemand anders toe.... Weet jy hoe voel dit? Soos op daai klip. Soos wanneer hul spanne kies en almal staan in die ry... en jy word laaste gekies.

God sê: Nee.....

Ware liefde werk anders.....

Jy hoef niks te doen nie

Jy hoef nie so hard te werk nie

Jy hoef nie beter te lyk nie

Jy hoef nie te verander nie

Jy hoef nie soos die wereld te wees.... voordat Hy jou lief het nie

Hy het jou lief.... sommer net so.... verniet....

Want jy is genoeg soos jy is.

Soos die vrou in Samaria.... die vrou wat op owerspel betrap is... selfs Petrus het dit gevoel.

Jesus het als weggee.... alles opgeoffer....

Dit is liefde.

Die liefde van God werk anders as die wereld se liefde.

Page 5: Aanddiens 22 Julie 2012

5

En ek begin hier... want ek dink jy moet dit verstaan ten diepste.... as jy oor liefde as ‘n Christen wil dink.

Ek begin hier – want ek dink dit is jou eerste stap in geestelike groei.

En dit begin by God... jou verhouding met Hom....

Dalk sit jy op ‘n klip....

Dalk speel jy ook nie meer kissing touchers nie

Dalk het jy die game van die wereld begin speel om liefde te verdien in jou lewe.

Ek wil he –jy moet weet : God het jou lief..... Ongeag... ten spyte van.... maak nie saak nie...

Dit is die grootste beginsel van Goddelike ware liefde.... Dit vind jou.... eerste.

Hy kom eerste na jou toe.... sonder dat jy dit dadelik besef

Dit soek jou...

En voordat jy aangaan vandag moet jy besef God se liefde is vir jou genoeg.

Jy is vir God genoeg!

Niemand anders sal jou heel maak nie.

Net HY is vir jou genoeg.

En ek dink dit is die ultimate vorm van liefde....

Die liefde waar jy niks van jouself hoef te verander, verkoop, verdraai, vir-goedkoop, of verpand het nie.

As dit kom by iemand in jou lewe vind (as dit eers jou reis is), dan glo ek (en jy mag verskil) dat ware liefde jou vind.... (op daardie oomblik wat dit jou vind, voel dit dalk of jy dit gekry het, maar trust my... as dit die liefde van jou lewe is.... sal jy iewers besef... dit het jou gevind)

Want jy het nie nodig gehad om iets van jouself te verkoop daarvoor nie. Dit vind jou....

Die belangrikste beginsel as jy single is vanaand wat jy van die liefde moet verstaan – jy het nodig om ‘n gesonde individu te wees.... jy moet ok wees met wie jy is.... sonder iemand anders! En jy moet God se liefde vir jou ontdek het.... dan sal jou verhoudinge gesond wees.... dan sal jou huwelik gesond wee.

2. As jy in ‘n verhoudings is – Liefde kos jou iets

Dalk onthou jy nog jou eerste liefdesbriefie in graad 2...

(of dalk was dit vroeer of later.... afhangende van hoe jou ontwikkeling en populariteit geloop het!)

Myne was graad 2

Die briefie het opgevou by my tafeltjie aangekom... met my naam op... binne was die liefdesversoek eenvoudig – “Sal jy met my kys!”

Page 6: Aanddiens 22 Julie 2012

6

Die meisie was nie baie mooi nie...

Ek het na my maatjie toe gedraai – en gevra “Wat beteken dit?”

Sy antwoord was kort en kragtig om die begin van liefde se eise te verduidelik: “Jy deel een maal ‘n week met haar jou kosblik en verder praat jy met haar net per brief!”

Ek het gedink: Dit was ‘n goeie deal: “Kos my ‘n halwe toebroodjie, en verder hoef ek net per brief met haar te praat en niks verder nie” – Dit in ruil vir my nuwe sosiale status tussen die manne: “ Ek is ‘n gekysde!”

Liefde is soms so – Dit vra nie te veel nie....

Dit is vir alle praktiese doeleindes: “goedkoop”

Hier is mense vanaand wat in verhoudings is... en dit kos hul nie te veel nie... en dit is ok....

Ander is in huwelike... en dit kos jou baie....

Ander is deur huwelike... en dit het jou baie meer gekos as wat jy gedink het....

Dieselfde liefde van die Here wat jou vind is dieselfde liefde wat maak dat ‘n verhouding jou kos....

As jy regtig lief is....is die vraag nie wat ek kry uit die verhouding nie... dit is: wat kan ek gee.....en daai gee kos jou...

As jy op skool is... beteken dit dalk om getrou te wees aan jou meisie as daar ‘n ander girl is op Desember vakansie wat met jou ‘n fling wil he...

Dalk beteken dit om nie jou ou te bespreek met die ander meisies in die badkamer nie.

Dalk op universiteit is dit om jou meisie te kies bo jou vriende, jou drome of jou ideale.

Dalk om jou ou kans te gun om iets te doen of te wees wat jy nie altyd saam met hom kan deel nie...

En as jy getroud is... kos dit jou om jou lewe te gee vir jou vrou.... of om ten koste van jouself jou man bo alles te stel.... Die punt is... ware liefde kos jou iets.... As jy wil weet of sy of hy die EEN is.... vra jouself wat jy bereid is om op te gee vir haar / hom.... en dan sal jy weet of die liefde jou gevind het.

Page 7: Aanddiens 22 Julie 2012

7

KLEIPOTTE

Ek praat op ‘n stadium by ‘n Konferensie in Zambie in Kabwe, op uitnodiging van ‘n baie goeie en ou vriend van my Adamson Nkoma.

Beide van ons ongetroud op daardie stadium

Kabwe is redelik klein.. gaan nie veel aan nie.

Sit daar by so een kafee.... daar is decent sausage rolls en coke.

Al opsie.

Anyways ons gesels oor die liefde, oor trou en oor hoe weet ons wat is reg.

Adam se vir my sy pa het altyd gese die liefde is soos ‘n Afrika kleipot... dit is gekompliseerd, breekbaar en dit vat lank om dit mooi te vorm.

Maar dit is altyd vol risiko en broos. 2 Kor 4 God wat gesê het: “Laat daar lig skyn uit die duisternis,” het ook in ons harte 'n lig laat skyn om ons te verlig met die kennis van die heerlikheid van God, wat van Jesus Christus uitstraal. Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie.

‘n Kleipot met krake in laat die lig deur wat binne in jou is.

Dit maak dit ‘n lantern wat skyn vir almal om die lig binne in te sien.

Daardie lig.... Is God se liefde wat jou eerste gevind het.

Dit is broos, vol risiko en gekompliseerd miskien.

Maar die krag daarvan oortref alles. AMEN