14
2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram 1 ABSA KKNK 2011 Feesprogram 2 9 April FEESGIDS Die amptelike Absa KKNK 2011- feesgids sal teen einde Maart by die feeskantoor in Oudtshoorn asook tydens die fees beskikbaar wees. Die volkleur-feesgids met uitgebreide inligting oor al die produksies en verskeie gratis aanbiedings, die dagprogram en ‟n roetekaart – sal teen R20 (BTW ingesluit) elk verkoop word. KONTAK ONS ABSA KKNK Derde vloer, Seppie Greeff-gebou, Voortrekkerweg, Oudtshoorn, Wes-Kaap Tel 044 203 8600 Faks 044 272 7773 E-pos [email protected] www.absakknk.co.za Facebook facebook.com/AbsaKKNK Twitter twitter.com/AbsaKKNK VOORWOORD Die bekoorlike Klein Karoo: weer ’n uitsonderlike bymekaarkomplek vir die kunste Die Klein Klaroo word binnekort letterlik en figuurlik weer ‟n skilderdoek en verhoog vir een van Suid-Afrika se leidende kunstebyeenkomste. Die Absa KKNK bied in sy 17de jaar ‟n oorvloed voortreflike ervaringe in die kunste, vermaak en ontspanning in en rondom Oudtshoorn. Daar is byna 80 produksies of uitvoerings waarvan ‟n groot gedeelte vir die eerste keer hier op die planke gebring word, straatteater, uitstekende visuele kunsuitstallings, kinderteater én woordkuns. Ons uitsonderlike program van buitelugervarings, Oudtshoorn Oraloor, is in 2009 met groot welslae op toneelgebied ontvang en in 2010 na dansteater uitgebrei. Vanjaar vind dié komponent van die feesprogram in elke genre (teater, dans, musiek, visuele kuns en woordkuns) gestalte. Lees ook tesame met die opwindende produksiebeskrywings meer oor ons nuwe Kunskwartier (bl. 13) asook die eerste Karoo Krioel-uitstappies (bl. 11). Ons nuwe tuiste vir visuele en crossover-teater, Iets Anders (bl. 1), belowe feesgangers een na die ander artistieke gewaarwording. Daarbenewens is daar natuurlik die fees se kenmerkende gesellige atmosfeer met volop kuiertente waar ‟n mens deur honderde musikante vermaak word. ‟n Geïntegreerde dagkaartjie bied weer toegang tot feitlik al die musiekverhoë (Huisgenoot Musiekplaas se Dagverhoog, Die Burger-verhoog, die Kuiertuin en die MK-rock-sessies). Vanjaar sluit ons Rivierbuurt ‟n sprankelende nuwe verhoog in met ‟n aandprogram wat Motown, soul, R&B asook Kaapsgebroude klanke aanbied. Dit beloof om een gesellige kuierplek te word. Of jou feeservaring in die teaters en galerye sy vesting vind, of in die kuierplekke, of in die sprankelende geesdrif op straat, die fees sal vir jou soveel meer bied. Lees gerus meer by www.absakknk.co.za. Ons kan nie wag om jou te verwelkom nie. BRETT PYPER, Uitvoerende Hoof KLASSIFIKASIE Taal (T) | Geweld (G) | Seks (S) Naaktheid (N) Vooroordeel (V) Diviniteit (D) Ouerbegeleiding (OB) MORE THAN AFRIKAANS If I don‟t understand Afrikaans (or just a little), what does the festival offer me? Though the Absa KKNK remains the première South African festival for theatre and music in Afrikaans, our programme offers much theatre, music, dance and visual art that is accessible to a wider audience. Please visit our website at www.absakknk.co.za and click on “More than Afrikaans” for details. IETS ANDERS By vanjaar se fees kan jy uitsien na snykant-toneelspel wat deur middel van beelde, maskers, poppe, innoverende ontwerp en sakke vol verbeelding verby taalgrense heen boeiende en aangrypende teater waarborg. Verwag dit en meer maar beslis iets superskeppends by Iets Anders, ons nuwe crossover- teatervenue in die Suid-Kaap Kollege-saal met ‟n puik program wat die volgende produksies insluit (sien volledige programinligting onder toneel): * Hoedens (bl. 3) * London Road (bl. 4) * ...miskien (bl. 4) * Drome van jou (bl. 2) * Rumpsteak (bl. 4) Hierdie program is onderhewig aan veranderings. Hou die webblad van die Absa KKNK dop vir veranderings. KAARTJIE- VERKOPE Kaartjieverkope open op 31 Januarie 2011. Kaartjies is beskikbaar by Computicket-takke, aanlyn by www.computicket.com, by Shoprite/Checkers of deur die Computicket Call Centre te skakel by 083 915 8000 of 011 340 8000. Die Absa KKNK-kaartjieskantoor open op 1 April 2011 in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum. Besoek www.absakknk.co.za vir meer inligting oor kaartjieverkope en afslag vir groepe. TONEEL Agterplaas DEBUUT WOORDFEES-KOPRODUKSIE DRAMA Afr. Geen o/14 Teks en regie: Charles J. Fourie Met Deon Lotz, Deidre Wolhuter, Lanel van der Kolf, Charles van den Heever, Jan Hendrik Oppperman en Esther von Waltzleben Moontlik gemaak deur die NLDTF Agterplaas is nie iets van die verlede nie; dis hier en nou. Dis Die Antwoord en Jack Parow met Angus Buchan opgeklits. Dis sad en dis funny; dis deluxe teater. Dié stuk gee nuwe definisie aan buitelugteater. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 80 min. R95 Tamatiestoor 2 April 20:30 3 April 18:30 4 April 20:30 5 April 18:30 6 April 20:30 7 April 20:30 8 April 20:30 Amper DEBUUT AKSIEKOMEDIE Afr. Geen o/16 (T) Teks en regie: Chris Vorster Met Ben Kruger, Hennie Jacobs en Christel van den Bergh

Absa KKNK 2011 Feesprogram

Embed Size (px)

DESCRIPTION

http://book.co.za

Citation preview

Page 1: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

1

ABSA KKNK 2011

Feesprogram 2 – 9 April

FEESGIDS Die amptelike Absa KKNK 2011-feesgids sal teen einde Maart by die feeskantoor in Oudtshoorn asook tydens die fees beskikbaar wees. Die volkleur-feesgids – met uitgebreide inligting oor al die produksies en verskeie gratis aanbiedings, die dagprogram en ‟n roetekaart – sal teen R20 (BTW ingesluit) elk verkoop word.

KONTAK ONS ABSA KKNK

Derde vloer, Seppie Greeff-gebou, Voortrekkerweg, Oudtshoorn, Wes-Kaap Tel 044 203 8600 Faks 044 272 7773 E-pos [email protected] www.absakknk.co.za Facebook facebook.com/AbsaKKNK Twitter twitter.com/AbsaKKNK

VOORWOORD Die bekoorlike Klein Karoo: weer ’n uitsonderlike bymekaarkomplek vir die kunste

Die Klein Klaroo word binnekort letterlik en figuurlik weer ‟n skilderdoek en verhoog vir een van Suid-Afrika se leidende kunstebyeenkomste. Die Absa KKNK bied in sy 17de jaar ‟n oorvloed voortreflike ervaringe in die kunste, vermaak en ontspanning in en rondom Oudtshoorn. Daar is byna 80 produksies of uitvoerings waarvan ‟n groot gedeelte vir die eerste keer hier op die planke gebring word, straatteater, uitstekende visuele kunsuitstallings, kinderteater én woordkuns. Ons uitsonderlike program van buitelugervarings, Oudtshoorn Oraloor, is in 2009 met groot welslae op toneelgebied ontvang en in 2010 na dansteater uitgebrei. Vanjaar vind dié komponent van die feesprogram in elke genre (teater, dans, musiek, visuele kuns en woordkuns) gestalte. Lees ook tesame met die opwindende produksiebeskrywings meer oor ons nuwe Kunskwartier (bl. 13) asook die eerste Karoo Krioel-uitstappies (bl. 11). Ons nuwe tuiste vir visuele en

crossover-teater, Iets Anders (bl. 1), belowe feesgangers een na die ander artistieke gewaarwording.

Daarbenewens is daar natuurlik die fees se kenmerkende gesellige atmosfeer met volop kuiertente waar ‟n mens deur honderde musikante vermaak word. ‟n Geïntegreerde dagkaartjie bied weer toegang tot feitlik al die musiekverhoë (Huisgenoot Musiekplaas se Dagverhoog, Die Burger-verhoog, die Kuiertuin en die MK-rock-sessies). Vanjaar sluit ons Rivierbuurt ‟n sprankelende nuwe verhoog in met ‟n aandprogram wat Motown, soul, R&B asook Kaapsgebroude klanke aanbied. Dit beloof om een gesellige kuierplek te word.

Of jou feeservaring in die teaters en galerye sy vesting vind, of in die kuierplekke, of in die sprankelende geesdrif op straat, die fees sal vir jou soveel meer bied. Lees gerus meer by www.absakknk.co.za. Ons kan nie wag om jou te verwelkom nie. BRETT PYPER, Uitvoerende Hoof

KLASSIFIKASIE

Taal (T) | Geweld (G) | Seks (S) Naaktheid (N) Vooroordeel (V) Diviniteit (D) Ouerbegeleiding (OB)

MORE THAN AFRIKAANS

If I don‟t understand Afrikaans (or just a little), what does the festival offer me? Though the Absa KKNK remains the première South African festival for theatre and music in Afrikaans, our programme offers much theatre, music, dance and visual art that is accessible to a wider audience. Please visit our website at www.absakknk.co.za and click on “More than Afrikaans” for details.

IETS ANDERS

By vanjaar se fees kan jy uitsien na snykant-toneelspel wat deur middel van beelde, maskers, poppe, innoverende ontwerp en sakke vol verbeelding verby taalgrense heen boeiende en aangrypende teater waarborg. Verwag dit en meer – maar beslis iets superskeppends – by Iets Anders, ons nuwe crossover-teatervenue in die Suid-Kaap Kollege-saal met ‟n puik program wat die volgende produksies insluit (sien volledige programinligting onder toneel):

* Hoedens (bl. 3) * London Road (bl. 4) * ...miskien (bl. 4) * Drome van jou (bl. 2) * Rumpsteak (bl. 4)

Hierdie program is onderhewig aan veranderings. Hou die webblad van

die Absa KKNK dop vir veranderings.

KAARTJIE- VERKOPE

Kaartjieverkope open op 31 Januarie 2011. Kaartjies is beskikbaar by Computicket-takke, aanlyn by www.computicket.com, by Shoprite/Checkers of deur die Computicket Call Centre te skakel by 083 915 8000 of 011 340 8000. Die Absa KKNK-kaartjieskantoor open op 1 April 2011 in die Rembrandtsaal van die CP Nel Museum. Besoek www.absakknk.co.za vir meer inligting oor kaartjieverkope en afslag vir groepe.

TONEEL

Agterplaas DEBUUT WOORDFEES-KOPRODUKSIE DRAMA

Afr. Geen o/14 Teks en regie: Charles J. Fourie Met Deon Lotz, Deidre Wolhuter, Lanel van der Kolf, Charles van den Heever, Jan Hendrik Oppperman en Esther von Waltzleben Moontlik gemaak deur die NLDTF Agterplaas is nie iets van die verlede nie; dis hier en nou. Dis Die Antwoord en Jack Parow met Angus Buchan opgeklits. Dis sad en dis funny; dis deluxe teater. Dié stuk gee nuwe definisie aan buitelugteater. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 80 min. R95 Tamatiestoor 2 April 20:30 3 April 18:30 4 April 20:30 5 April 18:30 6 April 20:30 7 April 20:30 8 April 20:30

Amper DEBUUT AKSIEKOMEDIE

Afr. Geen o/16 (T) Teks en regie: Chris Vorster

Met Ben Kruger, Hennie Jacobs en Christel van den Bergh

Page 2: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

2

Paul is ‟n skrywer wat deesdae beter drink as wat hy skryf. Sy uitgewer soek ‟n snaakse boek, maar Paul is nie meer lus vir snaakswees nie. Gelukkig kry Paul ‟n idee ... ‟n aksie-hygroman! 80 min. R95 Gimsaal 2 April 11:00 3 April 14:00 3 April 17:00 4 April 15:00 5 April 14:00

As ek maar geweet het KOMEDIE-DRAMA

Afr. OB Regie: Casper de Vries Teks: Hennie Aucamp en Shaleen

Surtie-Richards Met Shaleen Surtie-Richards

Shaleen Surtie-Richards is terug met ‟n solovertoning waarvan die eenvoud ‟n mens aan die hart gryp. 60 min. R95 kykNET Hoërskoolsaal 4 April 20:30 5 April 09:30 6 April 15:00 7 April 18:00 8 April 16:00 9 April 12:30

Bloemers & Roemers 2 DEBUUT IMPROVISASIE-KOMEDIE

Afr. Volwasse Regie: Marion Holm Met Karen Zoid, Shaleen Surtie-Richards, Marion Holm, Diaan Lawrenson en ander

Ná die groot sukses van Bloemers & Roemers 1 is hierdie lekker improvisasie-komedie terug op die verhoog, dié keer met ‟n paar gaste soos Neels van Jaarsveld en ander beroemdes en berugtes by die fees. 65 min. R105 Gimsaal 2 April 15:00 3 April 20:30 4 April 11:00 7 April 14:00 8 April 12:30 9 April 19:00

Bullets over Bishop Lavis DEBUUT DRAMA

Afr. en Eng. Geen o/12 (T) (G) Teks: Christo Davids Regie: Jody Abrahams Met Abduragmaan Adams, Erica Wessels, Bronwyn van Graan en Grant Powel Bishop Lavis, Cape Flats − ‟n gemeenskap bekend vir misdaad,

dwelms en gangsters. Ronnie droom van graadvang, maar een aand vind daar ‟n skietery plaas wat alles verander. 60 min. R85 Griesselsaal 5 April 10:00 6 April 16:00 7 April 15:00 8 April 10:00 9 April 15:00

Bye Ma, Jaypee DEBUUT KOMEDIE

Afr. OB Gesin Regie: Margit Meyer-Rödenbeck

Met Gavin van den Bergh Mediavennoot: SARIE Moontlik gemaak deur First for Men Insurance “As ek alles in die lewe verkeerd gedoen het, het ek ten minste een ding reg gedoen en dit was om Ma te kies.” So lees een van die briewe wat Jaypee ná sy ma se dood in Die Burger se doodsberigte plaas. 70 min. R80 Gimsaal 2 April 20:30 3 April 10:00 4 April 19:00 5 April 17:00

Die see DEBUUT DRAMA

Afr. Volwasse Teks: Reza de Wet Regie: Lindsay Reardon

Met Reza de Wet, Annelisa Weiland en Chiminae Ball Reza de Wet is vir die eerste keer in twintig jaar weer op die planke te sien. En dié keer in haar eie splinternuwe stuk waarmee die Absa KKNK haar enorme bydrae tot die Suid-Afrikaanse toneelbedryf vier. In die klam kelderkamers van die Kasteel word drie slawe as houvrouens gevange gehou. 75 min. R95 Laerskool Van Reedesaal 2 April 15:00 3 April 09:00 3 April 15:00 4 April 14:00 5 April 13:00

Die sendeling DRAMA

Afr. ’n Feestrust-koproduksie Teks: Elsa Joubert, vir die verhoog verwerk deur Saartjie Botha Met Lida Botha, Zane Meas, Denise

Newman en Stian Bam

‟n Sendeling sterf en die leefwêreld van die sewentigerjare maak sy begrafnis ‟n twispunt. Wie is welkom in wie se kerk en wie word belet? 70 min. R90 SANW-ouditorium 6 April 14:00 7 April 09:00 7 April 20:30 8 April 20:30 9 April 12:30

Die vreemdeling DRAMA

Afr. OB Gesin Regie: Mark Fleishman, geassisteer deur Frances Marek Met Ephram Gordon en Dann-Jaques Mouton ‟n Verlate dorp in die middel van nêrens. ‟n Gemeenskap wat hulself met ‟n heining beskerm. ‟n Vreemdeling verskyn en ‟n jong meisietjie besluit om die hek oop te maak… 75 min. R80 Griesselsaal 6 April 12:30 7 April 11:00 8 April 19:00 9 April 10:00

Dis koue kos, skat DEBUUT

Afr. Geen o/14 (T) Teks: Marita van der Vyver en Alexa Strachan Regie: Lara Bye

Musiek: Dawid Boverhoff Met Elzabé Zietsman Elzabé Zietsman is Clara Brand wie se man haar en hul drie kinders vir haar vriendin gelos het. Kom lag en huil saam oor die vreeslose ontboeseming! 100 min. R100 Laerskool Wesbanksaal 6 April 20:30 7 April 10:00 7 April 18:00 8 April 15:00 9 April 11:00

Drome van jou VISUELE TEATER

Nieverbaal. Geen o/12 Regie: Rob Murray

Met Liezl de Kock en Dorian Burstein

Met die eerste oogopslag maak Frank en Janet se huwelik die perfekte prentjie, maar onder dié volmaaktheid lê daar ‟n dieper waarheid − een van geraamtes in die kas en onderdrukte begeertes. Dinge loop skeef wanneer Frank begin droom.

Page 3: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

3

65 min. R85, R75 (studente, kinders, pensioenarisse) Suid-Kaap Kollegesaal 2 tot 9 April 18:00

Gif DEBUUT TRAGIESE KOMEDIE

Afr. en Eng. Geen o/14 (S) (T) Teks: Celeste Slabber-Loriston

Regie: Juanita Swanepoel Met Celeste Slabber-Loriston

Die oggend toe Mathilda Bouwer háár Romeo se hemp met die vreemde goue hare daarop in haar hand vashou, het Juliet by haar kombuisdeur uitgestap. Daardie oggend het sy aan gif begin dink. 60 min. R75 Griesselsaal 2 April 12:30 3 April 19:00 4 April 10:00 5 April 19:00

Groet die grotoupa KOMEDIE

Afr. Gesin Teks: Lizz Meiring Met Ben Kruger Gedink jy‟t die laaste gesien van die skreeusnaakse Grot-familie? Dink weer. Die patriarg van die spulletjie het nog nie sy sê gesê nie. Dié uit-die-maag-uit-lag-komedie bied ‟n aweregse blik op ouer mense. Moenie dink jou oupa is so sedig soos hy voorkom nie. 80 min. R120 Jamstreet Plaasteater 4 April 17:30 5 April 17:30 6 April 10:00 6 April 17:30 7 April 10:00 7 April 14:00

Hel op Hemel-en-Aarde DEBUUT RUIMTELIKE TEATER

Afr. Gesin Regie: Vicky Davis Teks: Francois Bloemhof

Musiek: Schalk Joubert Met Elma Postma, Ivan Botha, Dean Smith, Chanelle Davids, Marli van der Merwe, Gershwin Mias, Alandri Morison, Leslie van Wyk, Alisah Schenck, Jacques Crafford en Jan Fouché Kom sny ‟n reeksmisdadiger se spoor... ‟n Uitvloeisel van Stad Kaapstad se nasionale

toneelspelkompetisie vir hoërskoolleerders. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 55 min. R85 Jamstreet Alpakka-kamp 4 tot 8 April 19:30 en 21:00

Hoedens FISIEKE TEATER

Afr. en Eng. Regie: Pieter Bosch Botha Met Richard Antrobus en Tristan Jacobs Buddy, ‟n mimiekkunstenaar, en Pal, ‟n skilder, deel ‟n boeiende storie wat so aangrypend is dat woorde oorbodig raak. Die vertoning word aangebied sonder dialoog en maak gebruik van beweging, mimiek, musiek, spesiale effekte en toertjies. 55 min. R85, R75 (studente, kinders, pensioenarisse) Suid-Kaap Kollegesaal 2 tot 9 April 12:00

[email protected] DEBUUT KOMEDIE

Afr. OB Gesin Teks: Marion Holm en Chris Vorster Regie: Chris Vorster Met Marion Holm Met die Holm gebore was verlede jaar ‟n reuse sukses. Vanjaar takel Marion Holm en Chris Vorster haar agste eenvrouvertoning! Dit sal jou laat lag, laat dink en weer laat lag. 70 min. R90 kykNET Hoërskoolsaal 2 April 20:00 3 April 09:30 4 April 19:00 5 April 15:00 6 April 09:30 7 April 09:30

“Howzit my bra!” DEBUUT KOMEDIE

Afr. en Eng. Geen o/12 Regie: Shimmy Isaacs Met Shimmy Isaacs Met die skreeusnaakse “Howzit my Bra!” laat Shimmy Isaacs gehore se emosies wipplank ry deur haar sielvolle vertolking van dapper vroue se stryd teen borskanker. 40 min. R75 Griesselsaal 2 April 19:00 3 April 10:00 4 April 15:00 5 April 14:00

Janneman DRAMA

Afr. Volwasse Regie: Hennie van Greunen Met Sandra Prinsloo, Franci Swanepoel en Hannah Borthwick Drie generasies van dieselfde gesin: Karien voel ná haar man se beroerte so half jeukerig, Lorraine weet dat die 40‟s veronderstel is om ‟n nuwe begin te wees en Ané is naar na haar laaste partytjie-sessie, maar dis mos waarvoor mens se 20‟s daar is, of hoe? 95 min. R100 SANW-ouditorium 2 April 20:30 3 April 09:00 4 April 20:30 5 April 12:00 6 April 19:00

Klaasvakie DEBUUT DRAMA

Afr. OB Gesin Teks: Laurens de Vos

Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater Regie en ontwerp: Marthinus Basson Met Wilna Snyman, Antoinette Kellermann en Nicole Holm Aangebied deur TEATER/teater Die gevierde aktrises, Wilna Snyman en Antoinette Kellermann, is saam te sien as bejaarde vroue in 'n ouetehuis, wat hulle tyd verwyl in bitter en bitsige kompetisie. Maar bowenal probeer hulle die spoke van hul verlede verdryf. Julienne is as jong dogter verkrag en moes as kind ‟n kind baar. Die welgestelde Albertine se verbysterende opgang is weer te danke aan haar vader se betrokkenheid by 'n politieke skandaal. Die jong Vlaamse dramaturg, Laurens de Vos ontgin hoe hierdie twee lewens mekaar kruis onder die dreigende aanslag van die verlies aan geheue. 90 min. R95 Laerskool Van Reedesaal 6 April 13:00 7 April 15:30 8 April 18:00 9 April 17:00

Korte mette met die versamelde werke van William Shakespeare KOMEDIE

Afr. en Eng. OB

Page 4: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

4

Regie: Hugo Theart Teks: Adam Long, Daniel Singer en Jess Winfield Vertaling en verwerking: Zandra

Bezuidenhout en die geselskap Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater Met Waldemar Schultz, Eben Genis

en Wessel Pretorius Aangebied deur TEATERteater Drie akteurs! 37 toneelstukke! 154 sonnette!! Twee lang gedigte in nét 99 minute! Na nege suksesjare op Broadway, kan Suid-Afrikaners hulle verlustig aan die oeuvre van William Shakespeare… in Afrikaans (wel gedeeltelik)! Geniepsig en genotvol! Dis Wikkelspies soos jy hom nog nooit gesien het nie! 99 min. R90 Laerskool Van Reedesaal 6 April 20:00 7 April 20:00 8 April 14:00 9 April 09:30

London Road DRAMA

Eng. No u/14 (L) Director: Lara Bye With Robyn Scott and Ntombi Makhutshi Two formidable actresses ignite the stage to tell the story of a remarkable friendship that takes place in London Road in Cape Town. A production that has wowed audiences and critics in Cape Town and Grahamstown. 65 min. R85, R75 (studente, kinders, pensioenarisse) Suid-Kaap Kollegesaal 2 tot 9 April 16:00

Lot DEBUUT DRAMA

Veeltalig Geen o/12 (T) Teks, regie en choreografie: Nicola Hanekom Met Stian Bam, Neels van Jaarsveld, Tinerie van Wyk Loots, Bronwyn van Graan, Jacques Theron en Lerato Motshwarakgole Popsterre, kanaries en tennisliefhebbers slaan remme aan voor ‟n hek wat bokveld toe lei. Die span wat die Kanna-bekroonde beste aanbieding van 2010 gewen het, keer terug na Oudtshoorn en bring hierdie aflewering, wat stilisties en tematies as die tweede deel in ‟n trilogie beskou kan word. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 60 min. R95 Tamatiestoor 2 April 18:30 3 April 20:30 4 April 18:30 5 April 20:30

6 April 18:30 8 April 18:30 9 April 18:30

Messe in henne DEBUUT DRAMA

Afr. (N) Regie: David Geysen Met Nadia Amin, Hugo Maerten en Albert Pretorius Die Nederlandse toneelgroep, De Appel, sorg vir ‟n verruimende buitelug-teaterervaring soos min. ‟n Jong boer en sy boerin ken geen ander taal as dié van die natuur nie. Op ‟n dag moet sy die meulenaar besoek – iets waarvoor sy bitterlik bang is, want die mense sê hy het magiese kragte. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 90 min. R95 Vredestraat-sportterrein 2 tot 9 April 19:30

...miskien KOMEDIE-DRAMA

Afr. en Eng. Geen o/16 (S) (T) Regie: Tara Louise Notcutt Met Albert Pretorius en Gideon Lombard Twee beste vriende: rugby, bier, frustrasie, twyfel oor loopbaankeuses – normale ouens, vasgevang op hul eie manier. ‟n Dag wat nie veel verskil van gister nie en môre nie veel anders sal lyk nie ... miskien. 60 min. R85, R75 (studente, kinders, pensioenarisse) Suid-Kaap Kollegesaal 2 tot 9 April 14:00

My naam/name is Ellen Pakkies DEBUUT DRAMA

Afr. en Eng. Geen o/16 (T) (G) (S) Teks en regie: Lizz Meiring

Met Vinette Ebrahim en Christo Davids Die aangrypende, ontroerende en soms skokkende verhaal van ‟n Kaapse vrou wie se lewe internasionaal opslae gemaak het en nou nog wêreldwyd resoneer. Dis die storie van ‟n ma wie se magtelose liefde vir haar tikverslaafde kind haar tot moord gedryf het. Die storie van ‟n ouer, stomgeslaan deur ongenaakbare trauma, maar bowenal ‟n viering van oorlewing, vergifnis en hoop.

75 min. R95 Laerskool van Reedesaal 4 April 09:00 4 April 20:00 5 April 09:00 6 April 09:00 7 April 09:00 8 April 09:00

PALOEKAS - Dagboek van ’n Single Girl DEBUUT KOMEDIE

Afr. Geen o/10 (T) Teks en regie: Leon Kruger

Met Lulu Botha Tilla is 32 jaar oud. Suksesvol, vriendelik, aantreklik, onafhanklik en steeds ongetroud. Die klok tik, maar al wat aan haar voordeur klop, is die een paloeka na die ander. 65 min. R85 kykNET Hoërskoolsaal 2 April 10:00 3 April 20:30 4 April 12:00 5 April 18:30 6 April 18:00 7 April 20:30

Proesstraat IMPROVISASIE-KOMEDIE

Afr. OB Geen o/10 (T) Regie: Harald Richter Met Waldemar Schultz, Wikus du

Toit, Pierre Breytenbach, Melt Sieberhagen, Martelize Kolver, Esther von Waltsleben en ander bekende gaste Moontlik gemaak deur kykNET Kom kyk hoe die talentvolle akteurs van Proesstraat op hul voete dink (of oor hulle val), sweet en die kluts heeltemal kwytraak. Elke vertoning is ‟n unieke ervaring. 45 min. R95 kykNET Hoërskoolsaal 2 April 15:00 3 April 16:30 4 April 16:00 5 April 12:30 6 April 12:30 7 April 15:00

Rooi kaart KOMEDIE

Afr. Geen o/10 Teks: Dana Snyman Regie: Gys de Villiers Met: Frank Opperman

Wally Koekemoer, die president van ‟n plaaslike rugbyklub, het ‟n paar geraamtes in die kas. Die skreeusnaakse teks laat jou met ‟n glimlag uit die teater stap! 60 min. R95 kykNET Hoërskoolsaal 5 April 20:30 6 April 20:30 7 April 12:30 8 April 12:30 8 April 20:30 9 April 16:00

Page 5: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

5

Rumpsteak KOMEDIE

Veeltalig Regie: Rob van Vuuren Met Gaëtan Schmid Hierdie produksie bied ‟n kykie op die dolle gejaag in die kombuis van ‟n Franse restaurant. Gaëtan Schmid lewer ‟n ongewone en meesterlike vertoning. Hy beweeg nie ‟n sentimeter weg van sy 1 m²-verhoog nie, terwyl hy ook die 13 karakters speel teen die agtergrond van minstens 800 klankeffekte! 55 min. R85, R75 (studente, kinders, pensioenarisse) Suid-Kaap Kollegesaal 2 tot 9 April 10:00

Spyt Bekroon met die AngloGold Fyngoud-prys vir beste produksie by Aardklop 2010 DRAMA

Afr. Volwasse Geen o/16 (T) (S) Teks: Ingrid Winterbach

Regie: Brink Scholtz Met Stian Bam, Waldemar Schultz, Nicole Holm, Leanna Dreyer, Sjaka Septembir, Vicky Davis, Phumeza Rashe, Lulu Botha en Shaun Acker ‟n Verhoudingsdrama met ‟n verskil: tragi-komiese opset, donker humor, eiesoortige dialoog. Nie vir fyngevoeliges of preutses nie. 90 min. R95 SANW-ouditorium 3 April 14:00 4 April 09:00 5 April 16:00 7 April 12:30 8 April 09:00

WEES DEBUUT AARDKLOP-KOPRODUKSIE DRAMA

Afr. en Eng. Geen o/16 (T) (G) (V) Teks: Dennis Kelly Vertaling en regie: Hennie van Greunen Met Nicola Hanekom, André Weideman en Gustav Gerdener Danie en Heleen sit aan vir ete. Wanneer hulle opkyk, sien hulle vir Liam. Sy hemp is deurtrek van bloed. En so begin hierdie Afrikaanse Hitchcock-riller. Onder die ervare hand van Hennie van Greunen word ‟n opspraakwekkende internasionale teks ver-Afrikaans. ‟n Hoogtepunt in die plaaslike teaterbedryf wat nog lank onthou sal word.

125 min. R95 SANW-ouditorium 6 April 09:00 7 April 16:00 8 April 15:00 9 April 09:00 9 April 18:00

MUSIEK KONTEMPORÊR

Afri-Spaans DEBUUT WÊRELD

Afr. Gesin Musiekregie: Matthys Maree Regie: Sandra Prinsloo Met Marta Gomez, Steve Hofmeyr, Anna Davel, CH2, Juan Oosthuizen en David Klassen Moontlik gemaak deur SARIE Marta Gomez bring haar Spaanse heuningstem na Suid-Afrika. Smeulende Latino-ritmes vervleg met bekende Afrikaanse liedjies bring die bloedrooi hart van Spanje na die Klein Karoo. Soos met Afri-Frans sal dié produksie jou meevoer. Kom beleef dit eerstehands. 75 min. R150 Absa Burgersentrum 5 April 20:30 6 April 09:30 7 April 12:30 8 April 16:00 9 April 10:00

Blondes on a G-string Afr. Gesin Vervaardiger: Blondes Music Met Zorada Temmingh, Elna van der

Merwe en David Klassen Die Blondes se nuwe tweeklavier-produksie bring weer bekende treffers in vier keurspele byeen. Van Grieg se bekende Klavierconcerto, dele uit die Peer Guint-suite en die Holberg-suite tot Simon en Garfunkel en treffers uit die musiekblyspel, Grease. Kom luisters hoe sing en spring die klaviere! 60 min. R90 Gimsaal 7 April 20:30 8 April 10:00 9 April 12:30

Boegoe vannie liefde WOORD-EN-MUSIEKPRODUKSIE

Afr. Gesin Regisseur: Adri Breed Met Natie Klopper, Jako Meyer,

Netanja Brink, Cindy Moolman,

Bosman Puren, Rineke Viljoen, André Klopper, Pierre-Louis le Grange en Franco Prinsloo Hans du Plessis en Lize Beekman het saam gewerk om nuwe lewe aan die bekende bundel Griekwa-gedigte Boegoe vannie liefde te gee, en vertel die verhaal van die twee geliefdes in Hooglied. 60 min. R75 Oudtshoorn Courant Noordsaal 2 April 15:00 3 April 20:30 4 April 12:30 5 April 15:00

Boeretroos DEBUUT JAZZ

Afr. Gesin Met o.a. Melissa van der Spuy, Kevin Gibson, Juan Oosthuizen, Shaun Johannes, Leanna Dreyer en Lise Swart Kom luister na jou gunsteling- Afrikaanse treffers, met net een verskil, dis fabulasties opgejazz! Van Kaptein tot Baby Tjoklits sal jy skree Hokaai, stop die lorrie! want jy het Afrikaanse musiek nog nooit so gehoor nie! 65 min. R90 Club Al Capone 2 April 20:30 3 April 20:30 4 April 20:30

Brooklyn Babalaas FOLKROCK

Afr. Volwasse Geen o/14 (T) Musiek en regie: Koos Kombuis en Jak de Priester Met Koos Kombuis, Jak de Priester, Danny Smoke en Lucas Heinen Met ‟n vennootskap tussen Koos en Jak is dit nie net ervaring en jeug wat ontmoet nie, maar iets méér: Dis ‟n vriendskap wat die toets van tyd kan deurstaan. 70 min. R90 Laerskool Wesbanksaal 2 April 14:00 3 April 15:00 4 April 20:30 5 April 17:00 5 April 20:30

Chris Chameleon - Noot vir Brood Afr. en Eng. Gesin Musiekregie en regie:

Chris Chameleon Met Chris Chameleon, Johrné van Huyssteen en Riaan van Rensburg

Page 6: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

6

Chameleon verduidelik op skerpsinnige wyse die pad na sukses in die Afrikaanse musiekbedryf. Hy steek die draak met konvensies, maar skep ook stof tot nadenke oor Afrikaanse musiek. 80 min. R95 Absa Burgersentrum 6 April 12:30 6 April 20:00 7 April 09:30 8 April 12:30 9 April 18:00

Fop jou hier, dos jou daar! DEBUUT KABARET

Afr. en Eng. Volwasse Geen o/18 (T) (V) Regie: Clive Allardyce

Vervaardigers: Mince Met Keiron Legacy en Lilly Slaptsilly

Die gewilde fopdossers van Kaapstad keer terug met ‟n Afrikaanse aanslag in hul program. Die twee kunstenaars tree al meer as 15 jaar saam op. 45 min. R100 Jamstreet Plaasteater 6 April 22:00 7 April 22:00 8 April 22:00

Kaapse Tango Afr. en Eng. Gesin Met Stanislav Angelov, Albert Combrink en Charles Lazar Die tango kom uit Buenos Aires; jazz uit New Orleans. Dié wêrelde bring die Kaapse Tango na die Karoo. Sit terug en verlustig jou in die kaleidoskoop van klanke: tango, Kaapse jazz tot vele ander Latino-invloede. 90 min. R85 Oudtshoorn Courant Noordsaal 4 April 20:30 5 April 10:00 6 April 09:30 7 April 12:30

Kramer se Karoo DEBUUT FOLK

Afr. Gesin Vervaardiger en regie: David Kramer Met David Kramer, die Sonskyn Susters, Hannes Coetzee en plaaslike rieldansers Met die Swartberge in die verte sing David Kramer en sy orkes van sy mooiste Karooliedjies terwyl die maan opkom. ‟n Onvergeetlike aand onder die sterre. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding.

75 min. R110 Jamstreet Amfi 7 April 18:00 8 April 18:00 9 April 18:00

Laatnag Jam! KONTEMPORÊR

Afr. Volwasse Musiekregie: Melissa van der Spuy Vervaardiger en regie: Carien Loubser Kom luister hoe Suid-Afrika se top-musikante saam jam. Kom skuur skouers met legendes, beroemdes en berugtes by die fees se laatnag-kuierplek. R50 Club Al Capone 2 tot 8 April 22:30

Lize Beekman - Ek was al daar FOLK

Afr. Gesin Met Lize Beekman

Met haar eerste DVD-vrystelling Ek was al daar bring Lize Beekman van haar liedjies – oud en nuut – saamgestel uit haar loopbaan van 14 jaar. 70 min. R100 Oudtshoorn Courant Noordsaal 2 April 20:30 3 April 15:00 4 April 15:00

Malaika/ My Engel DEBUUT CROSSOVER

Afr. en Eng. Gesin Vervaardigers: Carien Loubser en Karen Zoid Met Louis Mhlanga, Nick Turner en Karen Zoid

‟n Musieklegende, ‟n rock chick en die voorsanger van ‟n groep wat hul stempel in New York afgedruk het, sorg vir ‟n ongeëwenaarde samekoms van drie generasies, drie musiekstyle, drie kulture en drie tale. 120 min. R110 Laerskool Wesbanksaal 2 April 19:00 3 April 11:00 4 April 16:00 5 April 14:00

[Projek: Nuwe maan] DEBUUT

Afr. Gesin Met Laurinda Hofmeyer, Les Javan, Riku Lätti, David Klassen en ander

Drie van Suid-Afrika se mees vernuwende kunstenaars kom byeen vir ‟n multi-dimensionele musiekgebeurtenis. Die gehoor word genooi om deel van die vertoning te word deur regstreeks kommentaar te lewer via sosiale netwerke soos Twitter en Facebook. 80 min. R100 Club Al Capone 5 April 20:30 6 April 20:30 7 April 20:30 8 April 20:30

Smokie ROCK

Eng. Gesin Met Martin Bullard, Mick McConnell,

Steve Pinnell, Terry Uttley en Mike Craft Smokie wys ná verskeie suksesvolle albums opnuut hul slag as liedjieskrywers op hul nuwe album Take a Minute wat in Februarie 2011 internasionaal uitgereik word. Kom ervaar treffers soos Needles and Pins, Mexican Girl, For a Few Dollars More en Living Next Door to Alice. 90 min. R450/R350/R250/R100 Jamstreet Amfi 3 April 20:00

Ster in die Donker Afr. Gesin Geen o/10 Regie: Stef Bos Met Ster (Sigrun) Paschke

Ster is sonder oë gebore. Die konsep van donkerkonserte het ontstaan uit die idee om die gehoor te laat ervaar in dieselfde wêreld waarin dit geskep is. Haar oorspronklike komposisies word aangevul deur poësie van Stef Bos. 60 min. R85 Die Neelsie Teater 6 April 20:00 7 April 10:00 8 April 18:00 9 April 14:00

Page 7: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

7

Thomas Channell - Berlyn, New York, Stellenbosch Veeltalig Volwasse Geen o/12 (T) Met Thomas Channell en Schalk Joubert Songs en stories uit Kreuzberg, Harlem en Queens, vir ses jaar geslyp en gepolish in die musiekklubs van New York en Berlyn. Channell se musiek herinner aan Elton John uit die 70‟s, maar met meer kampvuur op die klawers. 70 min. R80 Die Neelsie Teater 2 April 18:00 3 April 15:00 4 April 10:00 5 April 15:00 6 April 12:30

Two Voices WORLD MUSIC

Afr. en Eng. Met Wouter Kellerman en Phresh Makhene ‟n Buitengewone geleentheid vir gehore om die opwindende klanke en invloede in Wouter Kellerman se fluitspel te ondervind, ondersteun deur ‟n groep wonderlike kunstenaars op kitaar, bas, perkussie en die kleurvolle stem van Phresh Makhene. 60 min. R80 Die Neelsie Teater 2 April 12:30 3 April 18:00 4 April 15:00 5 April 20:00

HUISGENOOT MUSIEKPLAAS: AANDPROGRAM

Afskop! Treffer na treffer

‟n Lekkerder begin vir die Absa KKNK kan jy nie kry nie. Met onder andere Kurt Darren, Nicholis Louw, Snotkop, Ray Dylan, Sarah Theron, Wicus van der Merwe, Elizma Theron, Heinz Winckler en Romanz. Saterdag, 2 April 19:30 R100 R60 (kinders o/12)

Huisgenoot-pops

Die Electronic Pops Orchestra met kunstenaars soos Jannie Moolman,

Nianell, Anna Davel, James Bengi, Romanz en Rudi & Corlea. Sondag, 3 April 19:30 R100 R60 (kinders o/12)

Jukebox – Kurt & vriende

Met Kurt Darren as seremoniemeester, Jay, Snotkop, Kevin Leo, Willem Botha, moniQue, Charlize Berg en Arno Jordaan. Maandag, 4 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

Balke toe

Met Leo & Maroela Musiek-kunstenaars soos Gerrie Pretorius, DJ Ossewa, Zak van Niekerk, Cheree, Wynand Strydom, Tanya van Graan, Vaatjie, Danie Niehaus, Bobby Angel en Rian Ungerer. Dinsdag, 5 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

Huisgenoot-Country-duette Met Wicus van der Merwe as seremoniemeester en die country-sangers Lance James, Fredi Nest, Dennis East, Ray Dylan, Clive Bruce, Nicholis Louw, Allan Garrity, Manie Jackson, Barbara Ray, Elizma Theron, Min Shaw en David Fourie. Woensdag, 6 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

Liedjies uit Afrikaanse flieks Kuier saam met Wicus van der Merwe, Bobby van Jaarsveld, Sonja Herholdt, Willem Botha, Kevin Leo, Anna Davel, Kurt Darren, Nicholis Louw, Karen Zoid, Ray Dylan, Jakkie Louw, Romanz, Snotkop en Elizma Theron. Donderdag, 7 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

Platinum-treffers Met Sorina – die Flooze as seremoniemeester. Kom luister na al jou gunsteling-treffers met Bobby van Jaarsveld, Nicholis Louw, Ray Dylan, Kurt Darren, Robbie Wessels en

Heinz Winckler. Vrydag, 8 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

Beste Partytjiemusiek Kuier vir oulaas saam! Met Sorina – die Flooze, Dewald Louw, Karen Ferreira, Kobus Muller, Mean Mr Mustard, Christo & Cobus, Ray Dylan, Emo Adams en Die Campbells. Saterdag, 9 April 19:30 R80 R50 (kinders o/12)

MUSIEK: KLASSIEK

Beethoven Op. 18 Strykkwartet-reeks DEBUUT INSTRUMENTAAL – ENSEMBLE

Geen o/12 Met Zanta Hofmeyr (viool), Daline

Wilson (viool), Morkel Combrink (viola) en Wessel Beukes (tjello) ‟n Uitsonderlike geleentheid om die genialiteit van Beethoven te ervaar. Die reeks van ses Opus 18-kwartette word met trots deur die Goldberg Kwartet aangebied. 60 min. R80 St Salvator Katedraal 5 April 15:00 7 April 19:00 9 April 10:00

Ben Schoeman speel/plays Franz Liszt DEBUUT INSTRUMENTAAL – KLAVIER

Met sy uitvoerings by die Absa KKNK sluit Schoeman aan by die tweehonderdjarige verjaarsdagvieringe van die komponis Franz Liszt. Met ‟n gevarieerde program bring die pianis hulde aan verskeie fasette van die Hongaarse meester se virtuositeit en poëtiek. ‟n Besliste hoogtepunt vir die klassieke fynproewer. 90 min. R80 NGK Parkgebou 5 April 17:00 6 April 10:00

Page 8: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

8

Die Buitestaanders DEBUUT SANG – ENSEMBLE Regie: Magdalene Minnaar en Mareli

Stolp Musiek: Braam du Toit, Mattijs van Dijk en Neo Muyanga Met Mareli Stolp en Magdelene Minnaar

Mareli Stolp en Magdalene Minnaar wil as ‟t ware buitestaanders van “klassieke musiek” ‟n nuwe rigting inslaan waar vrye teuels gegee word aan die kunstenaars. 50 min R80 Die Neelsie Teater 5 April 18:00 6 April 10:00 7 April 19:00 8 April 12:30

Duelling Guitars DEBUUT INSTRUMENTAAL

Met James Grace and Jonathan Crossley ‟n Diverse program van klassieke kitaarmusiek soos Tarrega se Recuerdos de la Alhambra en Barrios se La Catedral, rolprentmusiek van onder andere The Deer Hunter asook Crossley se eie verwerkings van Suid-Afrikaanse juwele soos Abdullah Ibrahim se Mannenberg, word aangebied. 60 min. R80 St Salvator Katedraal 5 April 19:00 6 April 10:00 7 April 16:00 8 April 19:00 9 April 14:00

Karoo Katedraal DEBUUT CROSSOVER

Afr. Gesin Met Ockie Vermeulen (orrel), Christa

Steyn (klavier), Christi-Louise Swanepoel (bas), Deo du Plessis (perkussie) en Braam de Villiers (saksofoon)

Mozart beskryf die orrel as die “koning van die instrumente”. Die bekende orrelis, Ockie Vermeulen, ondersoek die veelsydigheid van hierdie manjifieke instrument in ‟n verskeidenheid musiekstyle wat o.a. klassiek, jazz, kontemporêr en selfs rock insluit. 60 min. R80 NGK Parkgebou 5 April 10:00 6 April 14:00 7 April 10:00 8 April 11:00

Mozart Divertimento in E-mol K.563 INSTRUMENTAAL – ENSEMBLE

Met Zanta Hofmeyr (viool), Morkel Combrink (viola) en Wessel Beukes (tjello) Mozart se Divertimento in E-mol K. 563 is enig in sy soort. Alfred Einstein skryf: “Every note is significant ... a contribution to spiritual and sensuous fulfilment in sound ... one of Mozart‟s noblest works.” 45 min. R80 St Salvator Katedraal 6 April 19:00 7 April 10:00 8 April 10:00

Prente by ’n uitstalling Afr. en Eng. Teks: Philip de Vos Met Philip de Vos (gedigte) en Tertia Visser-Downie (klavier) Philip de Vos het verse geskryf vir Moessorgski se beroemde Prente by ’n uitstalling en pittige Afrikaanse weergawes vir Schumann se Kinderszenen (kindertonele). Hy lees dit voor en Tertia Visser-Downie (aktrise in Pieter-Dirk Uys se Appassionata) is die pianis. 85 min. R80 Die Neelsie Teater 4 April 12:30 5 April 10:00 6 April 18:00 7 April 16:00

Scotch on the Rocks - UP Simfonie-orkes DEBUUT INSTRUMENTAAL – ENSEMBLE Met Eric Rycroft, Babie Heiberg en Emmanuel Bach Moontlik gemaak deur die Rupert-Musiekstigting Romantiese musiek vanuit die Skotse Hooglande. Die program sluit in Mendelssohn se Scottish Symphony, Bruch se Scottish Fantasy en die immergewilde temamusiek uit die rolprent Braveheart. 70 min. R85 Absa Burgersentrum 3 April 20:00 4 April 09:30

Tygerberg Kinderkoor - Wêreldkampioene in konsert KOORMUSIEK

Afr. en Eng. en ander Regie: Hennie en Theresa Loock

Die koor se kenmerkende legatosang, klankvolwassenheid, musikale krag en dinamiese interpretasievaardigheid ken geen gelyke onder internasionale kompetisiekore nie. Die koor is in 2010 as dubbele wêreldkampioene bekroon by die Wêreldkoorspele in Shaoxing, China. 75 min. R80 St Salvator Katedraal 3 April 13:00 4 April 10:00 5 April 10:00

Vuurvoël DEBUUT SANG – ENSEMBLE

Afr. en Eng. Met Magdalene Minnaar (sopraan), Liesl Stolz (fluit) en Jose Diaz (klavier) Deur die jare is komponiste geïnspireer deur die betowerende kombinasie van stem en fluit. Hierdie melodieë neem die luisteraar na ‟n wêreld waar eksotiese voëlklanke en asemrowende vakmanskap veelkleurige vlerke kry. 50 min. R80 St Salvator Katedraal 2 April 18:00 3 April 16:00 4 April 16:00

Zorada in orreltaal INSTRUMENTAAL – SOLIS Met Zorada Temmingh Dié bekende orrelimprovisator speel uittreksels uit haar opwindende nuutste CD, Lingua Sancta. Virtuose vinger- en voetwerk word afgewissel met vrolike figurasies en lieflike liriese lyne. Sy vertel die storie agter elke improvisasie. 60 min. R90 NGK Parkgebou 6 April 18:00 7 April 17:00 8 April 18:00

Page 9: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

9

Klein Karoo Klassique 4 tot 7 Augustus 2011

Oudtshoorn se eie fees van klassieke musiek sal vanaf 4 tot 7 Augustus 2011 vir die derde keer plaasvind. Klein Karoo Klassique 2010 is gekenmerk deur top internasionale klassieke musici, kuns, heerlike keurkos en wyn. Besoek die webblad www.klassique.co.za vir meer inligting oor Klein Karoo Klassique 2011, of skakel die feeskantoor by 044 203 8600, of stuur ‟n e-pos na [email protected].

MUSIEKTEATER

Agent Snoet en die hondelewe ‟N GATSKOP SPY-STORIE! Afr. Gesin Regie: Lizz Meiring Musiek: Herman van den Berg

Met Jolette Odendaal, Jill Middlekop, Danie Putter, André Lotter, Nadia Beukes, Adrian Alper, Lindi Delport, Chris van Rensburg en Lizelle de Klerk Moontlik gemaak deur die ATKV ‟n Unieke aksiemusiekspel losweg gebaseer op Francois Bloemhof en Alistair Ackermann se Afrikaanse strokiesreeks. 85 min. R75 Absa Burgersentrum 2 April 11:00 2 April 20:00 3 April 09:30 4 April 14:00 5 April 16:00

Amanda Strydom - Binnekamer DEBUUT

Afr. Teks en regie: Deon Opperman Lirieke: Deon Opperman en Amanda Strydom Musiek: Janine Neethling

Met Amanda Strydom Dit was lankal tyd vir ‟n nuwe vertoning van musiekteaterdiva Amanda Strydom. Hertzogpryswenner Deon Opperman en musieklegende Janine Neethling het albei sonder om twee keer te dink „ja‟ gesê. Drie besonderse teatermense; een besonderse show.

75 min. R120 Gimsaal 5 April 10:00 5 April 20:30 6 April 14:00 7 April 17:00 8 April 20:30 9 April 15:00

Amanda Strydom – Ek sal staan Sang- en kunskombinasie

Afr. Met: Amanda Strydom, Janine

Neethling en ’n beeldhouwerk- uitstalling deur Lidi van Schalkwyk Geïnspireer deur titels van Amanda se liedjies het Lidi van Schalkwyk beelde geskep wat die essensie van Amanda se musiek vasvang. ‟n Interessante kombinasie van sang en kuns vir die fynproewer. 60 min. R100 Jamstreet Plaasteater 4 April 22:00

Beatrix DEBUUT

Afr. en Eng. Geen o/12 Regie: Marion Holm Teks: Liesl Marx

Klavier, tjello en musiek-verwerking: Johan Kelber Met Liesl Marx Beatrix raak verstrengel in die oorlewingswêreld van prostitusie. Die inhoud is gebaseer op Suid-Afrikaanse prostitusiestatistiek en elemente uit Beatrijs, die 14de-eeuse Middel-Nederlandse gedig. 65 min. R90 Oudtshoorn Courant Noordsaal 6 April 12:30 7 April 18:00 8 April 20:30 9 April 12:30

Brel en Piaf - Paryse tweesang KABARET

Afr. Gesin Verwerkings: Naòmi Morgan en Bernard Odendaal Regie: Chris van Niekerk Met Herman van den Berg, Jolette Odendaal en Naòmi Morgan as verteller Ses chansons van Édith Piaf is vertaal vir dié kabaretproduksie oor Parys as stad van die liefde. Dit word gekombineer met vertalings van ses Jacques Brel-werke. 75 min. R110 Oudtshoorn Courant Noordsaal 6 April 15:00 7 April 09:30 8 April 18:00 9 April 15:00

Coenie & Evita KABARET

Afr. Geen o/12 (T) Met Evita Bezuidenhout en Coenie de Villiers Evita Bezuidenhout is ‟n regte “darling” en bekend vir haar pittige sosio-politiese kommentaar. Coenie de Villiers is een van Suid-Afrika se beste liedjieskrywers en musikante, en self nie skaam om sy sê te sê nie. 70 min. R130 Absa Burgersentrum 7 April 16:00 8 April 20:00

Die kortstondige raklewe van Anastasia W Aardvark-toekenning en AshantiGold/Aardklop Smeltkroesprys by Aardklop 2010 AARDKLOP-KOPRODUKSIE

Afr. Geen o/18 (D) (G) (S) (T) Teks: Marlene van Niekerk

Musiek: Mr Cat and the Jackal / Braam du Toit Vervaardiger: Hugo Theart/TEATERteater Regie en ontwerp: Marthinus Basson Met Nicole Holm, Eben Genis, Marlo Minnaar, Dean Balie, Gertjie Besselsen, Jacques du Plessis, Mareli Stolp, Xavier Cloete en Charl Clayton Aangebied deur TEATERteater Ondersteun deur die L.W. Hiemstra Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds en die Universiteit van Stellenbosch Hierdie Kabaret-opera gedoente sal jou laat rol van die lag. Jy sal snak na jou asem van skok. Jy sal ween oor die weerloosheid van die mens. Maak jou sitplekgordel vas vir 'n kermis op skerp wiele met 'n lanferlap aan die vlagpaal. Die gevierde skrywer Marlene van Niekerk (Triomf, Agaat) pak saam met regisseur Marthinus Basson hierdie vlymskerp satire aan. Musiekteater met 'n tikkie van die absurde, 'n dwarsklap swart humor en 'n gesonde porsie sosiale kommentaar. 110 min. R95 SANW-ouditorium 2 April 09:00 2 April 13:00 3 April 20:30 4 April 15:00

Page 10: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

10

gly DEBUUT

Afr. en Eng. Jeug Choreografie: Michaela Wilson Musiekregie: Pedro Kruger Teks en regie: Hennie van Greunen

Met Akhona Goniwe, Danel Maree, Marnoux Terblanche, Zoe Zana, Marnus Rollin, Anja Barnard, Esme de Vos en Ashley de Lange Ongelooflik talentvolle jong spelers is te sien in dié energieke produksie, geskoei op die glee-konsep. Verwag dus harde musiek, dans wat wissel van pop tot hip-hop tot langarm en eindelose energie. 70 min. R75 Absa Burgersentrum 5 April 09:00 6 April 16:00 7 April 20:00 8 April 09:30 9 April 15:00

Janneman in die diereryk DEBUUT

Afr. Gesin Teks: Riku Lätti

Regie: Dorette Potgieter en Morné Visser Met Dorette Potgieter, Riku Lätti, Laurinda Hofmeyr, Albert Frost, Morné Visser en Vaneshran Arumugam Gesoute kunstenaars bied ‟n ensemble uit die boonste rakke binne ‟n musiekteater-raamwerk wat die hele gesin se lagspiere sal prikkel. 60 min. R80, R40 (kinders o/12) Gimsaal 6 April 10:00 7 April 11:00 8 April 17:00 9 April 10:00

Journeys van die hart DEBUUT

Afr. en Eng. Gesin Geselskap: Kambro Diggers

Regie: Elton Landrew Met William Phillipus, Christopher Fouché, Mirinda Ntantiso, Ryan Hendriks, Chantell Phillips, Enge Williams, Frans Lucas en Andy Fortuin Die Kambro Diggers sprei met dié produksie hulle vlerke by vanjaar se fees. In die tradisie van die musikale reise waarvoor hulle bekend geword het, is dié produksie ‟n meer ondersoekende musikale reis na die dieper betekenis van bestaan.

55 min. R60 African Sky-konferensiesaal 2 April 09:00, 12:00 en 18:00 3 April 09:00, 12:00 en 18:00 4 April 09:00 en 18:00 5 April 09:00, 12:00 en 18:00 6 April 09:00 en 12:00 7 April 09:00, 12:00 en 18:00 8 April 09:00, 12:00 en 18:00 9 April 09:00 en 12:00

Karingkels – hiers ons lied DEBUUT MUSIEKBLYSPEL

Afr. Teks: Jody Abrahams en Diaan Lawrenson Regie: Jody Abrahams

Musiek: Faizel Davids Met o.a. Faizel Davids, Giempie Vaardien, Moenier Adams en Junaid Booysen Dis Saterdagaand by die Good Hope Centre en die Kaaps-Maleise kore staan reg virrie belangrikste kompetisie vannie jaar. 75 min. R85 Laerskool Wesbanksaal 6 April 16:00 7 April 14:00 8 April 11:00 8 April 20:30 9 April 15:00

Rock & Roll & Rolbal DEBUUT KLEINKUNS/KABARET − TRAGI-KOMEDIE

Afr. Teks en musiek: John-Henry Opperman Regie: Johann Slabbert Met John-Henry Opperman, Bongi

Mthombeni (klavier) en Marie-Louise Pretorius (tjello) Kitare, wit klere, die Vrystaat, ‟n 1985 Honda Ballade, Facebook en ‟n dooie troupand. Stories en liedjies oor jou en my en die mense wat ons ken. 60 min. R90 Oudtshoorn Courant Noordsaal 6 April 20:30 7 April 15:00 8 April 12:30 9 April 18:00

DANSTEATER ONDERSTEUN DEUR DIE NLDTF.

Vier seisoene DEBUUT Vervaardigers: Vuyani Dance Theatre

Choreografie: Gregory Maqoma Met Thabo Kobeli, Shawn Mothupi, Teresia Mojela, Nosiphiwo Samente, Charlston van Rooyen, Gladwell Rakoma, Pumlani Nyanga, Keaoleboga Seodigeng ‟n Dansproduksie wat handel oor die simboliek van die natuursiklus in ons eie lewenservaringe. 60 min. R75 SANW-videolokaal 2 April 18:00 3 April 12:30 4 April 18:00 5 April 16:00

Mense van mense DEBUUT

Geselskap: Namjive Choreografie: Dawn Langdown Met Ilsa Carroll, Christopher Samuels, Malissa Rhoda, Shirley Fortuin, Esmé Marthinus, Bertram Izak, Vincent Chavula, Byron Klassen, Viola Wilson, Roshin Knop, Tazmeen Gertze

‟n Reis vanaf die hede na die verlede en terug. Dans en storievertelling met ‟n Namakwalandse geur. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 75 min. R75 Vredestraat-sportterrein 2 April 18:00 3 April 18:00 4 April 18:00 5 April 18:00

Padonbekend DEBUUT Geselskap: Namjive

Choreografie: Alfred Hinkel en Johan Linden Met Xolani Baartman, Lionel Swanson, Gregory Winn, May Wagner en dansers van Namjive ‟n Smeltkroes van kunstenaars en kunsvorme, ‟n skoon doek om die onbekende pad te kleur. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 45 min. R75 Vredestraat-sportterrein 2 April 21:00 3 April 21:00 4 April 21:00 5 April 21:00

Romanses Konsep, choreografie en interpretasie: Laurence Yadi en

Nicolas Cantillon Met Graziella Jouan en Karelle Ménine Moontlik gemaak deur Pro Helvetia Die inspirasie vir dié eiesoortige dansproduksie word geput uit die

Page 11: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

11

oorweldigende emosie van verliefdheid. Die gehoor word deel gemaak van die soeke na die raakpunte wat kenmerkend is van alle liefdesverhoudinge. 40 min. R75 SANW-videolokaal 6 April 16:00 7 April 10:30

Sentimientos Vervaardigers:

La Rosa Dance Company Regie: Carolyn Holden Choreografie: Carolyn Holden, Joaquin Ruiz, Domingo Ortega en La Truco Met La Rosa Dance Company-dansers Swaaiende rokke, kastanjette, passievolle Flamenco-ritmes - ‟n dinamiese dansproduksie wat die breë spektrum van menslike emosies ondersoek. 80 min. R75 SANW-videolokaal 7 April 19:00 8 April 12:30 8 April 18:00 9 April 11:00

KINDERTEATER

Boer Manie en die basaar Afr. Regie: Die Ensemble Met Ilne Fourie, DeBeer Cloete, Mart Kotzé en Walter Strydom

Boer Manie se vrou, Ant Maggie, wen elke jaar die Gouestroop-kook-en-stook-prys. Maar wat gebeur as Bessie Bitterbolla ook deelneem? 50 min. R50 Onderwysgebou 2 April 09:30 3 April 12:30 4 April 15:00 5 April 09:30 6 April 12:30 8 April 12:30

Die walvisverhaal DEBUUT

Afr. en Eng. Regie: Stuart Palmer Met Stuart Palmer en Mncedisi

Ncedani Welkom by die wonderlike onderwaterwêreld van die walvis. Die walvis se bewonderaars in dié hoë-energiekomedie vang kos, borrel onderwatermusiek en ontvang e-whales van ‟n walvis genaamd Wanda op hulle inligtingsryke en plesierige avonture.

45 min. R50 Onderwysgebou 2 April 15:00 3 April 09:30 4 April 12:30 5 April 15:00 6 April 15:00 7 April 09:30

Liewe Heksie en die wals Afr. Teks: Verna Vels Verwerkings en regie: Margit Meyer-Rödenbeck Met Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl Haai, oe, julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie Strictly Come Dancing? Boonop kry sy die belangrike taak om die Silwerroos op te pas. 55 min. R60 Onderwysgebou 2 April 12:30 3 April 15:00 4 April 09:30 5 April 12:30 6 April 09:30

Lollos! Afr. Regie: Alta Joubert en Minki Burger

Met Alta Joubert en Minki Burger

Lollos van Lalaland kom kuier weer op aarde om te sing en dans! Dié keer kom kuier Lettie saam – en terwyl hulle dans, leer hulle die maatjies om te herwin en ons aarde mooi op te pas. 40 min. R50 Onderwysgebou 7 April 15:00 8 April 09:30 8 April 15:00 9 April 09:30 9 April 12:30

Supercool partytjie-show Afr. en Eng. Teikengehoor: 6 tot 14 jaar

Teks: Nedine Blom Regie en choreografie: Niël Rademan Met Nedine Blom

Dis tyd vir ‟n reuse partytjie! Hierdie interaktiewe sang- en dansvertoning ontplof behoorlik van energie met liedjies soos Simple Simon, Kaptein, Baby Tjoklits, Macarena, YMCA en vele meer. 60 min. R60 Oudtshoorn Courant Noordsaal 2 April 9:30 3 April 12:30 4 April 9:30

Absa KooWee Kinderhoekie – Kindersorgfasiliteit Kom speel saam met Absa en KooWee by die Absa KooWee Kinderhoekie by die 2011 Absa KKNK terwyl Ma en Pa by die teater is, inkopies doen of die besienswaardighede geniet. Leer en speel terwyl professionele versorgers toesig hou in ‟n veilige, beskermde en kindervriendelike omgewing. Ontvang ‟n snoepsakkie, ontmoet van jou gunsteling KooWee-karakters, en sing en dans terwyl jy na KooWee kyk. Daar is ook ‟n sandput, klimraam, springkastele en baie ander pretdinge om te doen. R30 per dag/R200 per pakket OxiGym. Die fasiliteit is 2 tot 9 April beskikbaar van 08:00 tot 17:00 Bespreek by Computicket

WOORDKUNS EN LESINGS

Die beiteltjie Afr. Aangebied deur RSG Die vakmanskap van die dramaturg en die letterkundige, en die gebeitel van die hoorbeeldmaker klink vanjaar weer op in die C.P. Nel Museum. Kom klink ‟n glasie en luister na bekroonde hoorbeelde en radiodramas uit die SAUK se klankargief. Toegang: Gratis. N.A. Smit-kamer in die C.P. Nel Museum Sien www.absakknk.co.za vir die program.

Die fees van die ongenooides DEBUUT

Afr. Voorlesing Teks: P.G. du Plessis Regie: Margot Luyt Voorleser: Chris van Niekerk Ná die sukses van die voorlesing op RSG word ‟n geredigeerde weergawe vir die verhoog geskep. Die verhale van sekere karakters word verweef in die voorlesing, en met die oorlog as agtergrond deur stem en byklanke onmiddellik gemaak. 120 min. R80 Die Neelsie Teater

Page 12: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

12

7 April 12:30 8 April 15:00 9 April 10:00

Karoo krioel DEBUUT WOORDKUNS EN MUSIEK

Met Antoinette Pienaar, Derek Gripper, Zamanani Brothers, Susanne Beyers, Les Javan, Joanie Combrink en ander Kom ry op die feesbus na die mooiste plekke rondom Oudtshoorn en oraloor. Van Antoinette Pienaar se kruiekennis, Susanne Beyers en Joanie Combrink se vertolking van expats se ervarings tot ‟n ontbyt met skrywers en storievertellers. ‟n Oudtshoorn Oraloor-aanbieding. 180 min. R200 Vertrek vanaf Pendeldiensbasis 4 tot 7 April 08:00

Leopards, Love Potions and Other Marico Tales KOMEDIE

Eng. Geen o/10 Teks: Herman Charles Bosman Regie: Louis van Niekerk Met Eric Nobbs as Oom Schalk Lourens

Bosman se liegstories neem ons na ‟n plek waar ons kan glimlag en ontroer word deur iets binne-in ons wakker te maak wat al te lank slapende is. 70 min. R80 Die Neelsie Teater 2 April 15:00 3 April 09:30 4 April 18:00 5 April 12:30 6 April 15:00

André P. Brink - Stille waters en derduiwels DEBUUT

Die 7de Langenhoven-gedenklesing. By Langenhoven is daar altyd ‟n duiwel onderkant die stille waters. ‟n Onverwagte element in ‟n andersins voorspelbare konteks. Hier gaan dit om sy taalgebruik: byvoorbeeld iets komies of ongerymds in ‟n ernstige diskoers, erns of skok te midde van die alledaagse. 55 min. R40 Die Neelsie Teater 3 April 11:15

LEEFSTYL

Absa Kos- en Wynkonsert “Proe die Beste” Die suksesvolle Kos- en Wynkonsert word vanjaar weer by die Absa KKNK aangebied deur van die bekendste wynmakers en verhoogpersoonlikhede. Hulle gaan heerlik kuier, die gehoor meer vertel oor wynproe en tussendeur word ‟n ligte middagete geniet met baie staaljies en wyn. Die klem val vanjaar op Pinotage en alles wat daarmee saamgaan. 90 min. R100 per persoon (Kaartjies by Computicket.) Absa Restaurantsaal 2 tot 5 April 12:30 Ouderdomsperk vir wynproe: 18 jaar

Absa Op die Rooi Bank… Kom kuier saam op die Rooi Bank, die Absa-bank. Die gaste is van die land se bekendste akteurs en sangers. Die gehoor kan saam gesels (en skinder) oor die eet- en wyngewoontes van beroemdes en bekendes, mense wat elke dag op TV in ons sitkamers kuier. 90 min. R110 (Kaartjies by Computicket.) Onderwysgebou 5 April 19:00 7 April 19:00 8 April 19:00 9 April 19:00

Absa Pas- en Proe-konsert – Vonkelwyn, port, skoene en kaas Die onbeskaamde, oorvloedige, oorweldigende, sprankelende, plesierige en mees dekadente konsert by die Absa KKNK 2011. Aangebied deur Lizz Meiring en die kitaarduo CH2 bygestaan deur die wyn- en skoenmakers en met trots aangebied deur Absa in samewerking met Boplaas, Crocs, Klein Karoo Internasionaal en Ladismith Kaas. Luukshede vir vroue gekombineer in een fantasie! 90 min. R120 per persoon (Kaartjies by Computicket.) Absa Restaurantsaal

6 April 17:30 7 tot 9 April 09:30 Ouderdomsperk vir wynproe: 18 jaar

Absa Wynsaal Kom kuier by die lugversorgde Absa Wynsaal. Jy kan heeldag wyn proe van die land se beste wynkelders. Wyn kan per glas, bottel of kis aangekoop word en daar kan heerlik geproe en gekoop word van die land se beste olywe en kase. Van die land se bekendste kunstenaars soos Bianca le Grange, Sarah Theron, Jakkie Louw, Witbank Flooze, Izak Davel, Thabo Pitse en George Longane gaan vanjaar weer elke halfuur saam met vele ander kunstenaars in die Absa Wynsaal optree. (Sien plakkate vir die daaglikse program.) Heerlike kos kan by ‟n kosstalletjie in die saal gekoop word. R40 (proeglas ingesluit) De Jager Sportkompleks 2 tot 9 April 11:00 tot 19:00 Kinders onder 18 jaar gratis. Beperkte aantal kaartjies by die deur te koop. Ouderdomsperk vir wynproe: 18 jaar (Besoekers kan versoek word om hul Identiteitsdokumente te wys.)

André die skreeu-snaakse hipnotiseur Regie: André Grove

André, bekend vir sy manier om mense te kry om eienaardige dinge aan te vang wat jou sal laat lê van die lag, is na vyf jaar terug by die fees. 75 min. R75 Laerskool Wesbanksaal 2 April 10:00 3 April 19:00 4 April 10:00 en 13:00 5 April 10:00 6 April 11:00

Belgiese sjokolade in pas met wyn - Decadence par excellence! Afr. en Eng. Geen kinders o/18 Met Marita Lamprecht en Junel Vermeulen ‟n Dekadente reis met unieke Belgiese sjokolade, fyn geselekteerde

Page 13: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

13

kampioenwyne en –port, en wêreldklasbrandewyn. 60 min. R80 Konferensielokaal, Protea Hotel Riempie Estate 2 April 11:00 en 15:00 3 April 10:00 en 15:00 4 April 11:00 en 15:00 5 April 10:00 en 15:00 6 April 11.00 en 15:00 7 April 10:00 en 15:00 8 April 11:00 en 15:00 Ouderdomsperk vir wynproe: 18 jaar

Historiese Wandeltoer Afr. en Eng. Met Hazel Jonker en Peter Graey Aangebied deur: Vriende van die C.P. Nel Museum Sien ‟n keur van Oudtshoorn se historiese geboue op ‟n ontspanne wandeltog en kry ‟n interessante oorsig van die dorp se argitektoniese erfenis. Maklike staproete. Kopbedekking noodsaaklik! 120 min. R60 vanaf St Judes Anglikaanse-kerk 4 tot 8 April 09:00

Voetspore Aanbieders: Johan Badenhorst en die Voetsporespan

Kuier saam met die Voetspore-manne. By die tent langs die spruit is daar kos, klere, eetgoed en drinkgoed. Twee kilometer buite Oudtshoorn wys hulle jou hoe om 4x4 te ry, gee demonstrasies van hoe om te maak in die bos, en Johan praat oor verskillende bestemmings in Afrika. 240 min. R250 (demonstrasies en ete ingesluit) Oewergebied langs De Jager Sportkompleks 2 tot 9 April 09:00

Whisky en kos - lipleklekker Afr. Geen kinders o/18 Met Chris Koch

Vir die eerste keer word ‟n whisky-en-kos-proesessie by die Absa KKNK aangebied. Deelnemers word op ‟n reis deur die Skotse whisky-landskap geneem, en die unieke karaktertrekke van vyf verskillende Skotse

enkelmoutwhiskies word oor die tong gerol en bespreek. 90 min. R110 CJV-saal 2 tot 9 April 11:30 en 15:30 Ouderdomsperk vir wynproe: 18 jaar

Xhosa Food & Traditional Storytelling Kom geniet ‟n tradisionele Xhosa-maaltyd met stories, musiek en danse in ‟n tradisionele kraal. Besprekings en vertrektye by Oudtshoorn Toerismeburo/Absa KKNK-kantoor of telefonies by 083 597 5289 / 078 388 9594. Aangebied in Engels. Vanaf Oudtshoorn Toerisme Buro 40 min. R65 2 tot 9 April 11:00 (middagetes) 240 min. R95 2 tot 9 April 18:00 – 22:00 (stories, dans en etes)

STRAATTEATER ONDERSTEUN DEUR DIE NLDTF.

Feesparade ‟n Kleurvolle optog met kunstenaars wat hulle ding doen in ‟n uitbundige karnaval-atmosfeer. Die Absa KKNK nooi almal uit om dié gratis feesparade by te woon op Sondag 3 April 17:00 in Vrede- en Baron van Reedestraat en Maandag 4 April 10:00 vanaf die Bongolethu Polisiekantoor. Trek jou kleurvolste

partytjiepakkie aan en kom stap saam. Kontak vir Linda Wilson by 044 203 8600 of [email protected] om deel te neem. Almal is welkom.

Storiesambreel Met Wiebke Holm-Mikula

Kyk uit vir die vertellervrou met haar Storiesambreel en gun jouself die plesier om gou-gou na een van haar stories te luister. Elke feesdag is sy iewers tussen die voetgangers met haar sendstasie vir betowering en fantasie: nuwe verbasende, kostelike, betowerende, sjarmante, oulike en stout stories. 3 tot 5 min. Gratis Daagliks in die feeskern

VISUELE KUNS ONDERSTEUN DEUR DIE NLDTF.

Solo- en groep-uitstallings BOEKRAK − ‟n versameling

kunstenaarsboeke uit Absa se kunsversameling. FREQUENCY, LUMENS, PLACE − ‟n interaktiewe

klank-en-lig-installasie deur Dean Henning en Vaughn Sadie. BEAUTIFUL WORLD − ‟n solo-

uitstalling deur Chris Diedericks. SKILDER MET WOORDE II − ‟n

groeptentoonstelling van sewe kunstenaars rondom die tema Dis Afrikaans, saamgestel vir die ATKV. VAN VERSKRIKKERS EN VERSTOMMERS − ‟n solo-uitstalling

van olieverfskilderye deur Sandra Hanekom. PHAN-TAS-MA-GO-RI-A

− ‟n solo-uitstalling deur Paul Painting. (ON)DUIDELIK − ‟n solo-

uitstalling deur Johann Badenhorst. RENDEZVOUS – ‟n uitstalling van litografiese werke. SKEIDINGSANGS

− ‟n solo-uitstalling deur Hannalie Taute. Solo-uitstallings deur COLLEN MASWANGANYE en DIANE VICTOR.

Feeskunstenaar HELENA HUGO

In ‟n poging om Suid-Afrika se gelykenis te skets, bied Helena Hugo ‟n versameling portrette wat ‟n mens veral bewus maak van gesigte wat ons gewoonlik nie raaksien nie. Tog vorm hierdie individue deel van ons landskap, ekonomie, gemeenskap en lewe. Hugo fokus op die verhouding tussen werk en werker. Haar portrette van werkers in hul werkmilieu en van werklose werksoekers maak ‟n mens bewus daarvan hoe belangrik dit is om te kan werk.

Kunskwartier

Die Kunskwartier, ‟n splinternuwe projek by die Absa KKNK in 2011, bied aan feesgangers die geleentheid om die spektrum van visuele kuns in Suid-Afrika direk vanaf kunstenaars óf by gevestigde galerye aan te koop. Uitstallings word in die hartjie van die feesaktiwiteite en die boomryke middedorp met sy historiese geboue en restaurante aangebied, asook by kunsgalerye in die omgewing, onder meer buite Oudtshoorn, in De Rust, Calitzdorp en die pragtige Kruisrivier. Kyk uit vir ‟n spesiale pamflet tydens die fees, of op www.absakknk.co.za

Page 14: Absa KKNK 2011 Feesprogram

2 – 9 April 2011 Absa KKNK Feesprogram

14

vir die volledige lys van uitstallers asook ‟n kaart.

VERBLYF

Bespreek verblyf deur die Absa KKNK Verblyfkantoor by 044 203 8600 te bel of per e-pos by [email protected]. Jy kan ook verblyf aanlyn bespreek deur op die verblyf-skakel te klik by www.absakknk.co.za.

WAT IS KL!EK? Kl!ek is ‟n lojaliteitsklub vir gereelde besoekers aan die Absa KKNK. In ruil vir ‟n jaarlikse fooi geniet Kl!ekers voordele wat hul besoek aan die Absa KKNK geriefliker en meer bekostigbaar maak. Ledegeld beloop R300 vir 2011. Vir meer inligting kontak J.C. Aucamp by 044 203 8600 of [email protected].

MARKTE Besoek die Absa Kunsmark daagliks vanaf 09:00 tot 18:00 vir handgemaakte geskenke en aandenkings. Vanjaar fokus dié mark op Suid-Afrikaanse produkte. ‟n Verskeidenheid kosstalletjies en die mallemeule is oop van 09:00 tot laataand.

PENDELDIENS & GEORGE FEESBUS

Vermy verkeersknope en ‟n tekort aan parkering. Gebruik een van dié Feesbussies om jou te vervoer tussen jou verblyfplek, venues en die feeskern. Kaartjies kos R10 per rit (roetes op die feeskaart) en R20 na Jamstreet (eenrigting). Die minibusterminus is op die hoek van Langenhoven- en Voortrekkerweg. Vir meer inligting kontak Cecil Wessou by 082 705 1163. Stiptelike, veilige retoervervoer vir feesgeeste tussen George en die feesterrein in Oudtshoorn kan vanjaar saam met alle feeskaartjies by Computicket vooraf bespreek word (minimum 24 uur voor vertrek)! Daagliks om 09:00 of 18:00, en terug om 16:30 of 23:00. Slegs R100 retoer! Bespreek onder George Feesbus.

RIVIERBUURT Die groot

bymekaarkom-plek!

Die Rivierbuurt is vanjaar weer die tuiste van verskeie musiekverhoë asook die Absa Kunsmark. Feesgangers kan ‟n toegangs-pakket vir die volle duur van die fees koop teen die ongelooflike afslagprys van R100 en sodoende toegang tot agt dae se musiekvermaak asook die Absa Kunsmark verkry. Toegang vir kinders onder 12 met ouerbegeleiding is gratis. Dagkaartjies kos R40 en op die laaste feesdag, 9 April, slegs R20. Dié verhoë verskaf topvermaak die hele feesweek lank:

Huisgenoot Musiekplaas Dagprogram (09:00 – 16:30, binne-

in Rivierbuurt)

Kom luister na van ons voorste sangers soos Gerhard Steyn, Willem Botha, Sarah Theron, Karen Ferreira, Snotkop en nog vele meer.

Huisgenoot Musiekplaas Aandprogram (19:30 – 22:30,

binne-in Rivierbuurt) afsonderlike kaartjie benodig

Van Afskop, Jukebox, Afrikaanse country, liedjies uit flieks tot platinumtreffers – dié propvol program sal jou vasgenael hou. Die Burger-verhoog (11:00 - 23:30)

Van gewilde en opkomende Afrikaanse musiek en skreeusnaakse stoepstories tot voettokkelende boeremusiek.

RSG-verhoog (10:00 – 22:30)

RSG bring jou die nuutste talent tot immergewilde kunstenaars. Kom luister na die musiek, die stories en fassinerende gesprekke. Kuiertuin (14:00 – 24:00)

‟n Bymekaarkomplek vir die hele gesin met kunstenaars soos DJ Ossewa, Koos Kombuis, Jak de Priester, Laurinda Hofmeyr en ‟n propvol program met opkomende kunstenaars. MK Kaktus-sessies

Kry saans die vibe saam met die musiekkanaal MK se beste bands. Die volledige program by www.absakknk.co.za.

Nuwe verhoog! (elke aand tot laat, binne-in

Rivierbuurt)

Vermaak deur onder meer Vicky Sampson, Alistair Izobell, Karin Kortjie, Luqmaan Adams, Felicity

Buffell en Grant Perez met die uiteenlopende klanke van Motown, R&B, soul, funk, disko, klassieke en kontemporêre duette tot eietydse DJ‟s.

HipHopKop

HipHopKop gee mc’s, b-boys en graffiti-kunstenaars die geleentheid om kragte te meet. Elke konsert sluit twee bekende Afrikaanse hip-hop-kunstenaars in. Die volledige program by www.absakknk.co.za.

klap! klap! is ‟n uithalerfeespakket oor drie dae vir graad 10- en 11-leerders met Afrikaans as eerste, tweede of derde taal. Leerders woon toonaangewende produksies by, ontmoet akteurs, regisseurs, kurators en kunstenaars en kan kies uit inspirerende werksessies, aangebied deur kundiges, word ook bygewoon. Vir meer inligting kontak Ida Schmitt by 082 374 4434.