8
ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 2 * nOVEMBER 2014 Bl. 3 Bl. 5 Bl. 15 aktueel sport Bl. 4 sosiaal nuus Binne: Die skool se jaarlikse Mej. Addie-kroning is op 25 Oktober gehou. Dit was ’n spog geleentheid. Die skoolsaal was mooi versier en die finaliste het pragtig gelyk! Mej. Addie is nie soos ander skoonheidskompetisies nie. Mej. Addie gaan oor jou binneste skoonheid en nie oor jou uiterlike skoonheid nie. Mej. Addie gee meisies die geleentheid om ’n verskil te maak in die gemeenskap. Dit help ook die meisies om ander te help. Elke finalis moet ’n gemeenskapsprojek van hul keuse aanpak. Daar is ook ’n tafeldekkompetisie by die damesoggend wat gehou word. Die tweede prinses is Rencha du Plessis en sy het die volgende gesê: “Dit gaan nie oor die kroon nie, maar oor die harte van goud!”. Die eerste prinses is Natasha Shepherd en die Mej. Addie is ... Melissa du Plessis! Sprankelende geleentheid Deur: Elri Botes Melissa du Plessis Mej. Addie Natasha Shepherd Eerste Prinses Rencha du Plessis Tweede Prinses Dien voorgeskrewe boeke nog `n doel? Nuus uit Onnieland Seniors kry nuwe badkamers Met hart en siel op die sportveld

Adelaar 2014 november

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Adelaar 2014 november

Citation preview

ADELAAR Hoërskool Adamantia * Uitgawe 2 * nOVEMBER 2014

Bl. 3

Bl. 5

Bl. 15

aktueel

sport

Bl. 4

sosiaal

nuus

Binne:

Die skool se jaarlikse Mej. Addie-kroning is

op 25 Oktober gehou. Dit was ’n spog

geleentheid. Die skoolsaal was mooi versier

en die finaliste het pragtig gelyk!

Mej. Addie is nie soos ander

skoonheidskompetisies nie. Mej. Addie

gaan oor jou binneste skoonheid en nie oor

jou uiterlike skoonheid nie. Mej. Addie gee

meisies die geleentheid om ’n verskil te

maak in die gemeenskap. Dit help ook die

meisies om ander te help.

Elke finalis moet ’n gemeenskapsprojek van

hul keuse aanpak. Daar is ook ’n

tafeldekkompetisie by die damesoggend

wat gehou word.

Die tweede prinses is Rencha du Plessis en

sy het die volgende gesê: “Dit gaan nie oor

die kroon nie, maar oor die harte van

goud!”. Die eerste prinses is Natasha

Shepherd en die Mej. Addie is ... Melissa du

Plessis!

Sprankelende geleentheid Deur: Elri Botes

Melissa du Plessis

Mej. Addie

Natasha Shepherd

Eerste Prinses

Rencha du Plessis

Tweede Prinses

Dien voorgeskrewe

boeke nog `n doel?

Nuus uit Onnieland

Seniors kry nuwe

badkamers

Met hart en siel op

die sportveld

2

NUUS Hier volg die jongste nuus uit Onnieland

Deur: Chanté Mans

Die liefde blom behoorlik die jaar in Addieland, maar

daar is ook hartseer …

Juffrou Maritz is nou mev. Botha! Juffrou is op 4 Oktober met

mnr. Danie Botha getroud. Baie geluk. Beide juffroue Botha

en Du Plessis tree volgende jaar in die huwelik. Ook mnr.

Fenwick en mev. Benade verlaat ons aan die einde van die

jaar.

Juffrou Botha is al vier jaar by Adamantia. Sy is nog nie seker

of sy weer onderwys gaan gee nie, maar vir dié juffrou lyk

die uitdaging om `n boervrou te wees, al te aanloklik!

Juffrou Botha gaan darem nie te ver van ons nie. Haar

nuwe tuiste is op `n plaas buite Luckhoff. En natuurlik, die

troudatum … 7 Febuarie 2015. Juffrou Botha het `n

persoonlike boodskappie aan al ons leerders: “Leer en werk

hard. Glo in jouself en wees elke dag dankbaar vir die

talente en seëninge wat God vir jou gegee het. Die lewe

gee jou keuses, nie kanse nie.”

Ongelukkig is juffrou Botha nie al een wat weggaan nie,

maar juffrou Du Plessis ook! Sy trek weg na `n dorp

genaamd, Klerksdorp. Die juffrou is al drie jaar saam met

ons. Juffrou Du Plessis gaan aanhou met onderwys en sy

het `n pos by Hoërskool Wesvalia in Kleksdorp gekry. Haar

troudatum is op 13 Junie 2015.

Ook mev. Benade verlaat ons. Sy sou aanvanklik net ses

maande by Adamantia uithelp, maar die ses maande het

toe twee jaar geword. Sy is vir eers klaar met die onderwys

en gaan rustig by die huis saam met haar man verkeer.

Ons weet egter ook dat Fisiese Wetenskappe-onderwysers

skaars is en dit nie lank gaan wees voordat ’n skool juffrou

Benade gaan opraap nie.

Mnr. Fenwick het ’n onderwyspos by ’n Landbouskool in

Morgenzon in Mpumalanga aanvaar. Hy was nege

maande by Adamantia.

Ons gaan die vier onnies mis en hoop dat hulle die tyd by

Addies geniet het! Ons beste wense vergesel hulle op hul

lewenspad vorentoe.

Alhoewel daar onderwysers ons verlaat, is daar ook ’n nuwe

gesig. Mev. Ivonne de Villiers is van 1 Oktober af aangestel

as die nuwe adjunkhoof van Adamantia. Sy gee hoofsaaklik

Fisiese Wetenskappe, maar kan ook Wiskunde gee. Mev.

De Villiers kom van Hoërskool Diamantveld waar sy die

departementshoof was en sy het ook voorheen by

Hoërskool Noord-Kaap skoolgehou.

Baie welkom ook aan haar en ons

hoop dat sy lank en gelukkig hier in

Addieland sal wees.

3

aKTUEEL

November 2014 *

ReG... oF wEg MeT ChRiStEnSkAp iN sKoLe?

Deur: Simonè Stoltz

Alhoewel onderwysers sal sê en glo dat voorgeskrewe

boeke nog ’n doel het, voel die leerders nie dieselfde nie.

Hoe moet ons konsentreer en aandag gee as die boek

vervelig is? Kan die boeke wat voorgeskryf word (veral vir

graad 10 en 11) nie ’n bietjie dunner en meer oor die

ervaringswêreld van die tiener wees nie?

Voorgeskrewe boeke maak dit moeilik vir almal omdat

kinders se smaak in boeke verskil. Een hou van `n riller met

spanning wat jou opvreet en ander weer van `n romantiese

drama … En dan kry jy sommiges wat nie eers ’n boek oop

maak nie!

Ongelukkig kan daar nie altyd aan almal se smake en

behoeftes voldoen word nie. Nou sit die helfte van die

kinders en dagdroom wanneer die boeke behandel word.

’n Voordeel is egter dat boeke jou woordeskat verbeter en

jou help in jou mondeling en opstelle. As jy ook nie op skool

leer waarna om op te let in boeke, soos bv. die ruimte of

konflik of karakterontwikkeling nie, gaan jy nie as jy eendag

volwasse is, weet waarna om te kyk of soek om ’n goeie

boek of selfs fliek van ’n swak boek of fliek te onderskei nie.

’n Ander voordeel is natuurlik dat boeke jou kennis verbreed

en jou na ’n (fantasie) wêreld kan neem wat jy nooit eens

geweet het bestaan

nie.

Besluit dus self: dien

(voorgeskrewe) boeke

nog ’n doel?

Dien voorgeskrewe boeke nog `n doel? Deur: Chanté Mans

Hierdie bladsy word geborg deur:

KGOSI LODGE

In Amerika is Christenskap reeds in die

vorige eeu uit die skoolstelsel verwyder.

Onlangs het daar `n berig verskyn

waarin genoem word dat die tronke in

Amerika al hoe meer Christelike

programme aanbied om misdadigers

te help om hulle lewens reg te kry. In

reaksie hierop skryf iemand: “As hulle

nie opgehou het om Christenskap in

skole te leer nie, sou dit nie nodig wees

om dit in die tronk aan te bied nie”.

Voorkoming is beter as nasorg.

FEDSAS (Federasie vir Skoolbeheerlig-

game) beveel aan dat skole nie

“reëlgeoriënteerd” moet wees nie,

maar “waardegeoriënteerd”. Watter

beter waardesisteem is daar dan nie

as die Christelike nie. Dit is die skrywer

se oortuiging dat ‘n skool wat sy leer-

plan asook sy daaglikse funksionering

op Christelike norme en waardes

baseer, die vrugte daarvan sal pluk.

Hier staan liefde, vergifnis,

verdraagsaamheid, regverdigheid,

eerlikheid en dissipline bo-aan die lys.

Dit is baie gevaarlik en verwarrend om

verskillende godsdienste aan leerders

voor te hou asof dit alles gelyk en

dieselfde is. Dit is beter om dan eerder

geen godsdiens in `n skool te beoefen

nie, as al die verkeerdes saam. `n

Beheerliggaam moet steeds die reg

hê om na die samestelling van `n

skool te kyk en op grond daarvan te

besluit watter godsdiens die basis van

die skool sal wees.

Niemand word gedwing om by `n

spesifieke skool in te skryf of skool te

gaan nie. As iemand wat nie `n

Christen is nie, die begeerte het om na

`n skool wat op die Christelike

godsdiens gebaseer is, te gaan, is dit

tog hulle eie keuse. Daar moes egter

tog iets wees wat hulle na daardie

skool getrek het. As hulle nie van die

Christelike beginsels hou nie, het hulle

die reg om na enige ander skool te

gaan. Waarom wil hulle die dinge in `n

skool wat daardie skool gehelp vorm

en bou het tot die instansie wat dit is,

afbreek?

Bybelonderrig is reeds deur die

onderwysowerheid uit die leerplan

verwyder. Skole en beheerliggame

mag nie toelaat dat ons Christelike

getuienis, norme en waardes ook van

ons beroof word nie. Gelukkig aanvaar

Adamantia, wat op Christelike

beginsels gebaseer is, leerders met ‘n

ander geloof, omdat ons respek het vir

mense se godsdiens.

4

Redaktueel

Die graad 10-12’s gaan nuwe

badkamers kry! Die badkamers

in “Ondekkersweg” is

oorgedoen deur juffrou Botha

en die Mej. Addie-finaliste. Die

graad 10 en 11’s sal `n

badkamer deel, terwyl die ma-

trieks hul eie badkamer kry.

Beide badkamers is oorgeverf

en het sluitkassies gekry. Die

deure van die badkamers is

met prente versier wat die

badkamers vroliker laat lyk.

Die badkamers sal binnekort in

gebruik geneem word.

Die Seniors kry hul eie badkamers! Deur: Monique Sinden

“Few will have the greatness to bend his-

tory itself; but each of us can work to

change a small portion of events, and in

the total; of all those acts will be written

the history of this generation.” – Robert

Kennedy

Robert Kennedy se aanhaling herinner ons

dat een mens nie die skool kan verander

nie. Tog, as elkeen van ons ons kant bring

en doen wat van ons verwag word, kan

ons saam verandering mee bring. Dit is

maklik om te sê dat dit iemand anders se

werk is, maar ons vergeet dat almal se

hulp, ondersteunig en idees nodig is.

Hier staan ons aan die einde van nog ‘n

jaar. 2014 is amper deel van die

geskiedenis, maar tog kan ons uitsien na

2015, want dit is nog deel van die

toekoms. Ek dink dat ons as leerders, per-

soneel en belanghebbendes van Addies

waarlik van 2015 ‘n jaar kan maak wat ons

nooit sal vergeet nie. Mag ons nooit ver-

geet waar om ons krag te kry vir elke

uitdaging, elke dag en elke jaar nie.

Efesiërs 6:10 “Soek julle krag in die Here en

in Sy groot mag.”

Geseënde Christusfees aan elkeen en

mag almal volgende jaar terugkeer met

nuwe krag vir die nuwe jaar.

2014 … amper deel van die geskiedenis …

Deur: Simonè Stoltz

5

Sosiaal

November 2014 *

Hierdie bladsy word geborg deur:

DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING

Kan vyf jaar so vinnig verbygaan? Aan die

begin van 2014 het die graad 8-leerders in

Addieland weggespring. 1, 2, 3 is die jaar

as Kuikens van 2014 verby en so ook die

eerste jaar van die 5 jaar wat voorlê om `n

Arend te wees. Aan die ander kant het

ons die matrieks, die Arende van 2014. In

graad 8 het hulle ook begin as Kuikens,

maar na `n vormingsproses van 5 jaar (vir

die meeste van hulle), is hulle nou gereed

om die Addienes te verlaat. Ek het by `n

paar volgroeide Kuikens gaan uitvind hoe

hulle eerste jaar in Addieland was. Die

Arende is geraadpleeg om te hoor wat

hulle mening oor matriekvakansie is en hoe

hulle laaste jaar in Addies was.

“My matriekjaar was onvergeetlik! Addies

was die beste keuse. Ek kon nie vir `n beter

matriekjaar, of enige ander jaar, vra nie!

Dit was harde werk, maar hoe sê hulle:

‘Hard work pays off’. `n Matriekvakansie is

definitief nodig — net om die laaste bietjie

van matriek te geniet. Ons moet egter

onthou dat daar `n tyd en plek vir alles is

en ons dit nie moet oordoen nie. Doen dit

om die laaste tydjie met `n ‘BANG’ af te

sluit en maak dit een vir die boeke.”

-Zhoané Wessels (Arend2014)

“Ek het dit regtig baie geniet. Van die

eerste dag af het ek deel gevoel van die

skool, want selfs die matrieks was ‘pelle’

met ons. Ek kan nie glo die jaar is al klaar

verby nie...”

-Charlene Sinden (Kuiken2014)

“My matriekjaar was heerlik in Addies. Ek

sou nie `n ander skool bo Addies kies nie.

Ek dink matriekvakansies is baie gevaarlik

en ek verkies dit eerder nie”

-Jaendré Barnard (Arend2014)

“My matriekjaar was heerlik. Ek gaan dit

mis! Alhoewel die werk en stres baie is, is dit

die moeite werd. Matriekvakansies is iets

om na uit te sien, maar dit moet

verantwoordelik gedoen word.”

-Franciska Louw (Arend2014)

“Dit was `n jaar wat ek nooit sal vergeet

nie!”

-Wihan Botes (Kuiken2014)

“My matriekjaar was ‘great’!

Matriekvakansies is nie regtig `n

hoogtepunt vir my nie, want dit kan

verkeerd uitdraai. Tog kan dit saam met

die regte mense geniet word.”

-Brandon Seeley (Arend2014)

“My matriekjaar by Addies was vrek lekker.

Ek glo `n matriekvakansie is nodig. Ons kan

lekker saam kuier voor ons mekaar groet,

maar dit moet verantwoordelik gedoen

word.”

-Michelle Galvin (Arend2014)

“My graad 8-jaar was `n fees. Die mense

in Addies is baie ‘nice’ en die onderwysers

help ook graag. Addies het my gehelp om

dinge te bereik wat ek nie op `n ander

plek sou kon regkry nie.”

-Chanté Carstens (Kuiken2014)

Ek dink die Arende, Kuikens en die res van

die Addienes van 2014 kan saam met

Tom Sinden sê: “Dis `n fees om `n Addie

te wees!”

Kuiken... tot Arend... in net 5 jaar!!

Deur: Simonè Stoltz

Nog ’n jaar snel ten einde! Oom kan nie

meer by bly met die dae (en jare) wat so

vinnig verbygaan nie. Dit voel soos gister

wat die laaste Adelaar verskyn het. Die

matrieks is al weer besig met eksamen en

teen die tyd wat jy hier lees, het die res

van die skool ook reeds met eksamen

begin.

Oom wil vandag so ’n bietjie gesels oor

die gees van die skool. Na ’n gesprek met

een van die juffrouens het ek weer eens

tot die besef gekom dat elke leerder

verantwoordelik is vir die gees van die

skool. Jy kan nie net jou skouers optrek, sê

hier is nie gees nie, verwag iemand

anders moet die gees skep en dan self

niks daaraan doen nie. As jý niks doen

nie, gáán niks gebeur nie.

Waar begin ’n mens? Woon

skoolgeleenthede by. As daar ’n

sportwedstryd of enige ander geleentheid

plaasvind, WOON DIT BY! Hou op om

verskonings uit te dink van

vervoerprobleme of te veel huiswerk. Kry

jou prioriteite reg en maak tyd vir

skoolbyeenkomste. Klim vir ’n slag van jou

selfoon of rekenaarspeletjies af, kyk

minder TV, en raak betrokke. As jy die dag

by ’n skool inskryf, verbind jy jou tog om by

daardie skool se bedrywighede in te

skakel. Wat gaan jy eendag

vir jou kinders vertel wat jy

van jou skooldae onthou as

jy nêrens betrokke was nie?

Wat dink jy was een van die belangrikste

redes waarom die Springbokrugbyspelers

vanjaar die All Blacks kon wen? Antwoord:

die ondersteuning van die tuistoeskouers.

Kom Addies, kom ons maak van 2015 ’n

jaar vol gees!

Aan elke Adelaarleser: ’n besondere

Christusfees. Mag julle God se vrede en

liefde in julle lewens ten volle ervaar.

Geniet die vakansie en kom volgende

jaar vars en uitgerus terug.

Speurder Sherlock

6

Kultuur

Om God te aanbid gaan nie net om daar te sit nie, maar

om God se woord te geniet en dit in ons harte te ervaar.

Vir baie leerlinge in Adamantia is die VCSV `n balangrike

aspek van hul skoolloopbaan, omdat dit somtyds daardie

inspirasie bied wat leerders nodig het om weer aan te

gaan. Volgens lede wat getrou die VCSV bywoon, is die uur

van VCSV die hoogtepunt van hulle week, want hulle kan

weer die Here se genade aangryp.

Leerders sê hulle het die VCSV die jaar anders beleef as die

vorige jare. Daar is ook speletjies gespeel soos “chubby

bunny”. Leerders het dit ook geniet as die VCSV in die bui-

telug gehou word waar hulle almal kan saamkom om die

Here te dien.

Onthou, niks wat in jou lewe

gebeur, gebeur ooit toevallig

nie. Jy word dus uitgenooi: kom

dien die Here en aanvaar sy

genade by die VCSV.

Aangeraak deur die Woord van God

Deur: Ravin-Lee Jacobs en Monique Kammies

Hierdie bladsy word geborg deur:

DU PLOOY FINANSIëLE BEPLANNING

Dag of Nag... talent het ons... Deur: Charlene Sinden

Vanjaar het Adamantia besluit om vir die eerste keer die

jaarlikse kultuuraand te verander na `n kultuurdag toe.

Die hele skool was in die saal en almal het in spanning

gesit en wag om te sien wie is braaf genoeg om hierdie

jaar hulle talente vir ons te wys.

Die dramagroep van juffrou Swart het gesorg dat ons lekker

lag toe hulle `n toneel met die naam Speel-speel-spel op-

gevoer het. Jaco Enslin het die hoofrol in die toneel vertolk.

Almal het geskater van die lag. Ander lede van die groep

wat onder andere XP Matthewson en Ané van Niekerk in-

gesluit het, het hulle ook goed van hulle taak gekwyt.

Na die briljante toneelstuk het Melanie Momberg die

pragtige Haleluja met haar engelstem gesing.

`n Graad 10-leerder het gesê dat dit vir hom baie goed

was en dat hy dit baie geniet het. Tamera Venter het ook

gesê dat sy nie kan wag om te sien wat volgende jaar se

Kultuurdag alles gaan oplewer nie.

Hoërskool Adamantia beskik van die beste leiers wat `n mens kán kry. Die leiers is nie net betrokke by die UK of die Alge-

mene Raad nie, maar dit strek veel verder—ook die spankapteine by sport, bestuurslede by Landsdiens en hotelprefekte is

hierby ingesluit. `n Skool sonder leiers, kan nie normaal funksioneer nie en baie keer word goeie werk agter die skerms ver-

rig waarvan ander leerders nie eens bewus is nie.

Die nuut verkose hoofleiers van die UK vir 2015 is: Simonè Stoltz (Hoofdogter), Martin Visagie (Hoofseun), Wilsca Smith

(Onderhoofdogter) en Glenton Wessels (Onderhoofseun). Die Algemene Raad vir 2015 sal volgende jaar gekies word. Dit is

hulle taak om die UK by te staan.

Die spankapteine doen `n uitstekende werk aangesien vyf spanne van onderskeie sportsoorte hulle ligas gewen het.

Dit is dus duidelik dat sonder goeie leiers, op watter gebied ook al, is `n span soos `n skip sonder `n kaptein, en het hulle

soms net daardie laaste bietjie motivering nodig om te kan wen.

Leiers van Adamantia Deur: Monique Sinden

7

Sport

November 2014 *

Te ”cool” vir wedstryde? Dink weer, dink mooi !

Deur: Wilsca Smith

Hierdie bladsy word geborg deur:

CHARLENE’S STUDIO

Links: Ons

ysmanne

koel ’n

bietjie af

na die

wedstryd.

Is jy te “cool” vir jou skool se wedstryde? ’n Skool se sport is net so

goed soos die ondersteuners.

Die leerders wat aan sport deelneem is baie ongelukkig oor die

ondersteuning by hulle onderskeie sportgroepe. Dis elke keer

dieselfde gesigte wat by wedstryde opdaag. Adamantia se sport

is glad nie so swak soos wat baie van die leerders dink nie. Die

rugby het die kleinskole rugbybeker gewen, die netbal het hulle

liga gewen en die seunstennisspan wen ook hulle liga. Die hokkie

speel ook A-liga. Ons sportspanne verdien dus ’n bietjie

ondersteuning. Kyk net hoe goed speel die Springbokrugbyspan

voor ’n volgepakte Nuweland of Loftus!

Verskeie leerders se mening oor hoekom hy/sy nie die sport

bywoon nie, is omdat hulle te lui is om voor die TV. weg te

beweeg en hulle is ook nie trots op hulle skool nie. Roché Benade,

`n graad 11-leerder voel dat ons al klaar so baie huiswerk en take

kry en as ons nog die sport ook moet bywoon, gaan ons by niks

uitkom nie en dan is daar nog al die leerwerk ook.

Sommige leerders meen hulle wil nie met hulle brose vel die

heeltyd in die warm son sit nie (daar is egter baie goeie

sonbeskermers op die mark!) en daar word ook nie altyd

afgekondig wanneer, waar en hoe laat die wedstryd plaasvind nie

(Hallo, dit word elke dag afgekondig − luister net vir `n slag!). As

die bepaalde wedstryd nou ook nie in hulle belangstellingswêreld

val nie, gaan hulle dit nie bywoon nie.

Charlene Sinden in graad 8 sê dat die leerders voorheen

wedstryde bygewoon het omdat hulle positiewe punte gekry het,

maar die sportkomitee ondersteun self nie die wedstryde nie, so,

waarom moet die res dit dan doen? (Wil ’n mens dan net iets

bywoon om raakgesien te word?)

Van die leerders het die probleem van vervoer as `n verskoning

gebruik. Hulle het nie altyd die geld om `n taxi te gebruik nie of

die ouers werk net tot so laat dan moet hulle huis toe.

Daar word gereeld gekla dat ons skool nie gees het nie, maar wie

se skuld is dit? As elke leerder nie bereid is om iets van sy kant af te

doen nie, gaan daar nooit ’n goeie gees wees nie. Leerders kan

nie verwag dat ’n handjievol ander leerders die gees moet skep

en jy doen niks van jou kant af nie. Komaan, Addies, raak betrokke

en maak van 2015 ’n “geesvolle” jaar!

Sport

Met hart en siel op die sportveld

Met baie harde werk en ure se oefen, behaal Christiaan Voight en Hermus Venter die groot prestasie om in die Noord-

Kaap se gholfspan ingesluit te word. Hulle het in die HEP Tangular IPT in George gaan speel. Dit was ‘n wonderlike

ervaring wat hulle verseker nie gou sal vergeet nie − gholf is immers hulle passie.

Links: Ons krieketseuns glimlag baie tevrede na

nog ’n oorwinning wat hulle behaal het.