18
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 1 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA) Graad 9 2009 LEERDERBOEK: Afdeling A Tyd: 4 uur Punte: 120 Bladsye: 18

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL€¦ · Vir Pietie lyk die olifant 1.9 (baie + groot – intensiewe vorm). Die olifant se twee 1.10 (oog – meervoud) blink. [10] 2. Sinstrukture

  • Upload
    others

  • View
    38

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 1

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Gemeenskaplike Take vir Assessering (GTA)

Graad 9

2009

LEERDERBOEK: Afdeling A

���� Tyd: 4 uur

���� Punte: 120

���� Bladsye: 18

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 2

INHOUDSOPGAWE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

Item Beskrywing LU’s Tyd

(min)

Punte Bl.

Inleiding 3

TAAK 1 Kontekstualisering

Aktiwiteit 1.1: Klasgesprek en groepbesprekings

1, 2 20 --- 4

Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip 1, 2 30 15 5 TAAK 2

Respons op teks Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip 3, 6 40 25 6

TAAK 3 Taal in aksie

Aktiwiteit 3.1 Taalstrukture en –gebruik

6 40 25 9

Aktiwiteit 4.1 Navorsing 1, 2, 4 Tuis 12

Aktiwiteit 4.2 Beplanning 4, 6 15 10 12

TAAK 4

Skryf: Navorsing

Aktiwiteit 4.3 Brosjure 4, 6 45 20 13

TAAK 5 Mondelinge Aanbieding

Aktiwiteit 5.1 Mondelinge aanbieding

2 50 25 14

Addendum Assesseringskaal: Beplanning

15

Rubriek: Brosjure 16

Mondelinge aanbieding 17

Vrae: Luisterbegrip 18

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 3

Inleiding

Nota aan leerder:

Die GTA vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal bestaan uit ’n Afdeling A en

Afdeling B. Hierdie is Afdeling A. Afdeling B sal later geskryf word.

Afdeling A:

• Afdeling A bestaan uit mondelinge, lees-, luister- en skryftake waarin jy jou

taalvaardighede gaan demonstreer.

• Hierdie afdeling moet binne 4 ure afgehandel word. Dit kan oor ’n aantal

dae gedoen word óf as een eenheid afgehandel word.

• Hierdie Gemeenskaplike Take vir Assessering vir Graad 9 bestaan uit

VYF aktiwiteite. Hierdie aktiwiteite is opgestel met die doel om jou te help

om die leeruitkomste en assesseringstandaarde in die leerarea ‘Afrikaans

Eerste Addisionele Taal’ te bereik.

• Beantwoord Afdeling A in jou oefeningboek of soos jou onderwyser(es)

van jou verwag.

• Sommige aktiwiteite sal jy op jou eie doen, terwyl ander in groepe of saam

met ’n maat gedoen sal word. Jy mag vir hulp vra, maar jy moet jou

antwoorde kan staaf. Vir sommige aktiwiteite mag jy woordeboeke

gebruik.

• Afdeling A berei jou voor vir Afdeling B. Maak dus seker dat jy die kennis

en vaardighede wat jy in Afdeling A bekom, bemeester sodat jy Afdeling B

suksesvol kan aanpak en voltooi.

Afdeling B:

• Jy gaan 2 ure hê om hierdie afdeling te voltooi.

• Jy gaan Afdeling B onder gekontroleerde omstandighede (sonder enige

hulp) voltooi.

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 4

Woordelys • Maak twee kolomme op ’n foliopapier. Kyk na die voorbeeld hieronder.

• Skryf nuwe woorde wat jy leer op die foliopapier neer. Maak seker dat jy die betekenis van die woorde neerskryf.

Woord /Frase Verklaring/Betekenis

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit gaan julle

• gesels oor waarom dit belangrik is om sekere goed vir die nageslag te

bewaar.

• na julle maats luister en reageer op wat hulle sê deur vrae te vra en te

beantwoord.

Aktiwiteit 1.1 Klasgesprek en groepbesprekings

INSTRUKSIES

• Jou onderwyser(es) sal hierdie aktiwiteit lei.

• Kyk na die volgende prente.

KONTEKSTUALISERING TAAK 1

Tyd: 20 min � Punte: 0 ����

Groepwerk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 5

• Gesels nou in groepies oor die volgende:

o Watter diere verskyn in die prentjies?

o Wat is die verskil tussen die diere in die eerste drie prentjies en dié in die laaste twee prentjies?

o Kyk hoeveel diere wat uitgesterf het of wat bedreigde spesies is, julle kan opnoem.

o Wat moet ons alles vir ons nageslag bewaar?

o Waarom is dit belangrik om ons erfenis te bewaar?

o Is daar goed wat nié bewaar/beskerm moet word nie?

o Wat sou jý graag wou uitroei? Gesels oor die voor- en nadele daarvan.

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal julle

• vrae beantwoord oor ‘n teks wat vir julle voorgelees word;

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy hoor;

• skriftelik bewys dat jy verstaan wat jy lees;

• bewys dat jy taal gepas kan gebruik.

Aktiwiteit 2.1: Luisterbegrip

INSTRUKSIES

• Volg die onderwyser(es) se instruksies.

• Die vrae van hierdie aktiwiteit verskyn op bladsy 18 van jou leerderboek.

Assessering

Die luisterbegrip sal met behulp van ‘n nasienmemorandum geassesseer

word.

RESPONS OP TEKS TAAK 2

Tyd: 30 min � Punte: 15 ����

Indiwiduele werk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 6

Aktiwiteit 2.2: Leesbegrip

INSTRUKSIES

• Lees Teks 1 (die koerantberig uit Beeld, 2 Mei 2008), Teks 2 (advertensies)

en beantwoord dan die vrae.

• Jy mag jou woordeboek gebruik.

TEKS 1

Huey hink Laeveld-harte binne ------------------------------------------------------

Buks Viljoen

------------------------------------------------------

1 Nelspruit - Sy naam is Huey. Hy’s nege

maande oud, weeg bykans 400kg en gedra

hom nes ’n kind!

2 Maar die afbeen-renostertjie het sedert

Vrydag so met sy hinkepink en al diep in

Laevelders se harte gekruip.

3 Veldwagters van die Songimvela-

reservaat by Kromdraai naby Badplaas het

verlede week gesien hoe ’n witrenosterkalf

mank in die veld loop.

4 Volgens mnr. Jimmy Masombuka,

woordvoerder van die Mpumalanga-

toerisme-en-parke-agentskap (MTPA), het

hulle vermoed die dier se been is gebreek.

5 Die hulp van mnr. Mark Jackson van Bird

Dog Aviation en sy Huey-helikopter (die

renostertjie is gister na die helikopter

vernoem) is ingeroep.

6 Nadat die dier verdoof is, is hy Donderdag

in die reservaat opgepik. Hulle het met hom

na Nelspruit gevlieg. Hy is na drs. Albertus

Coetzee en Johan Viljoen van die West

Acres-dierekliniek geneem waar ’n

draagbare x-straalmasjien gebruik is om

sommer so agter op sy bakkie-bed x-

straalfoto’s van sy linkervoorbeen te neem.

7 “Een van die twee bene in sy poot was

morsaf. Gelukkig was dit ’n skoon breuk en

ons hoef nie te opereer nie,” vertel Coetzee.

8 Terwyl die MTPA se amptenare en

vrywilligers die dier versorg het, is drs.

Marius Goddefroy en Niel Taljaard laat

kom. Hulle het besluit om ’n spalk vir Huey

se been te maak. ’n Gipsafdruk is van die

voorpoot gemaak sodat die spesiale

plastiekspalk gemaak kon word.

9. Die spalk is Vrydag aangesit. Volgens

Masombuka het die dier sommer gou met sy

spalk oor die weg gekom.

10. Huey word tans in ’n kamp by ’n

rehabilitasiesentrum van die MTPA naby

Hilltop buite Nelspruit versorg.

11. “As alles goed gaan, behoort die been

binne agt weke aan te groei. Solank die

pasiënt hom net rustig gedra,” sê Coetzee.

12. MTPA-personeel het Huey gister weer

ondersoek om seker te maak die spalk werk

reg.

13. “Hy lyk goed en alles gaan voor die wind

met die outjie,” het mnr. Chris Hobkirk van

die MTPA gesê.

14. Die spalk sal egter vir minstens ses

maande aanbly voordat hy weer in die

wildreservaat vrygelaat sal word.

Tyd: 40 min � Punte: 25 ����

Indiwiduele werk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 7

Vrae:

1. Watter woord uit die titel sê vir ons dat Huey snaaks geloop het? (1)

2. Waarom het die renostertjie snaaks geloop? Gee jou antwoord in ‘n volsin. (1)

3. Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord deur EEN woord uit paragraaf 4 aan te haal.

Die veldwagters het dadelik presies geweet wat met die renostertjie verkeerd was. (2)

4. Noem TWEE goed wat hulle gedoen het om Huey by die veearts te kry.(2)

5. Waarom moes hulle ‘n draagbare X-straalmasjien gebruik? (2)

6. Watter woord uit par. 8 sê vir ons dat die mense wat Huey versorg het, dit uit liefde en nie vir geld nie, gedoen het. (1)

7. Hoe weet ons dat die spalk nie vir Huey sou seermaak nie? (1)

8. Waar gaan hy bly totdat hy heeltemal gesond is? Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.

• Songimvela-reservaat

• West Acres-dierekliniek

• Hilltop • Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (1)

9. Gee een sin uit die leesstuk wat vir ons sê dat Huey nie gesukkel het om met die spalk te loop nie. (1)

10. Wat kon dalk gebeur het as die renostertjie hom nie stil gedra het nie? (2)

11. Sê in jou eie woorde wat dit beteken as iets ‘voor die wind(gaan)’. (1)

12. Haal ‘n gedeelte uit die leesstuk aan wat vir ons sê dat die inwoners van Nelspruit vir Huey lief geraak het. (1)

13. Watter emosie ervaar mens NIE as jy hierdie leesstuk lees nie. Kies die korrekte antwoord en skryf dit neer.

• teerheid

• woede

• blydskap

• geluk (1)

14. Watter woord uit die leesstuk sê vir ons dat die spalk dalk selfs langer as ses maande sal moet aanbly? (1)

15. Wat sal eers moet gebeur voordat hulle die spalk sal afhaal? (1)

[19]

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 8

TEKS 2 16. In watter advertensie lees ons van diere wat jare gelede bestaan het? (1)

17. Gee EEN woord uit die Jungle Book-advertensie wat vir ons sê dat dit ‘n baie gewilde fliek is. (1)

18. Wat beteken dit as ons sê dat die fliek ‘gerestoureer’ is? Watter antwoord pas NIE? Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter van jou antwoord neer.

• Die fliek word net in restourante gewys.

• Die fliek is so goed soos nuut gemaak.

• Die fliek se kwaliteit is verbeter.

• Die fliek se klank en beelde is beter. (1)

19. Noem TWEE goed wat van die fliek genoem word om mense te oortuig om die DVD te koop. (2)

20. Hoe weet ons dat jongmense bly sal wees om die boek oor dinosourusse te ontvang? (1)

[6]

TOTAAL: 25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 9

����

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• wys dat jy taal gepas kan gebruik.

• jou kennis van woordeskat toon en uitbrei.

Aktiwiteit 3.1: Taalstrukture en -gebruik

Indiwiduele werk

INSTRUKSIES

• Hierdie aktiwiteit moet jy op jou eie doen.

• Kyk na die onderstaande prent.

• Beantwoord die vrae skriftelik. Doen elke keer wat gevra word.

• Jy mag ’n woordeboek en/of klasaantekeninge gebruik.

TAAL IN AKSIE TAAK 3

Tyd: 40 min � Punte: 25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 10

1. Woordstrukture

Lees die onderstaande paragrawe noukeurig deur en voer dan die opdragte

tussen hakies by elke nommer uit. Skryf slegs die nommer en jou antwoord

neer.

Dis ’n 1.1 (son – gee die korrekte vorm) dag in Julie. Die Louw-

gesin bring die dag 1.2 (te / by / na – kies die korrekte woord) die

dieretuin deur. 1.3 (Mnr. – skryf voluit) Louw is baie opgewonde. Dit

is die eerste keer in 1.4 (14 – skryf in woorde) jaar wat hy by die

dieretuin is.

Klein Pietie is die 1.5 (moeg – trappe van vergelyking) van die vier.

Hy het die vorige aand 1.6 (laat – trappe van vergelyking) as sy

sussie gaan slaap.

Mnr. Louw het na een van sy 1.7 (hemp – meervoud) gesoek. Mev.

Louw moes eers al die kinders se 1.8 (kat, hond, marmot, vissies –

gee een woord) kos gee.

Vir Pietie lyk die olifant 1.9 (baie + groot – intensiewe vorm). Die

olifant se twee 1.10 (oog – meervoud) blink.

[10]

2. Sinstrukture

Skryf die sinne oor en begin met die woorde wat gegee is ÓF voer die

opdragte tussen hakies uit.

2.1 “Wie het my pet gevat?”

Mnr. Louw vra (1)

2.2 “Ek het nie die apie gesien nie.”

Die dogtertjie antwoord dat (1)

2.3 Die apie probeer om hoër in die boom te klim.

’n Rukkie gelede (1)

2.4 Die apie het die pet gegryp.

Die kinders lag lekker. (Verbind die twee sinne met daarom) (1)

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 11

2.5 Die apie sal die pet op die grond gooi. Die apie sal die pet in die water

gooi.

(Verbind die twee sinne met óf ... óf.) (1)

2.6 Die kinders skater van die lag.

Oor ’n uur (1)

2.7 Die olifant kyk na die gesin. Hy sal die pet gryp.

(Kies wie of wat en verbind dan die twee sinne.

Die olifant , sal die pet gryp. (1)

2.8 Die apie hou die pet in sy hand.

Die pet (1)

2.9 Die apie het die pet op die grond gegooi.

Die pet (1)

2.10 Het die olifant al kos gehad?

Nee, (1)

2.11 In die sin hieronder is daar twee verskillende woorde wat op die verkeerde

plek geskryf is. Skryf die sin oor en skryf die twee woorde op die regte

plek.

Skielik die apie gryp die pet terwyl kyk die gesin na die diere. (1)

[11]

3. Kommunikasie

Lees telkens die situasie wat geskep is, noukeurig deur. Skryf dan die

woorde wat die persoon sal sê, neer. Elke antwoord moet uit minstens 10

woorde bestaan.

3.1 Die apie het mnr. Louw se pet gegryp toe hy onder die boom deurgeloop

het. Toe hy opkyk, sien hy die apie met sy pet. Hy is sommer baie kwaad.

Wat sal mnr. Louw vir die apie sê?

Mnr Louw: (2)

3.2 Klein Pietie geniet dit dat die apie sy pa se pet het. Wat sal Pietie sê?

Pietie: (2)

[4]

TOTAAL: 25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 12

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• inligting insamel wat jy vir jou brosjure kan gebruik. Jy kan in die biblioteek, in

koerante of op die internet gaan soek na geskikte prente en inligting.

• jou beplanning vir die brosjure doen.

• ’n brosjure maak van ’n ‘reservaat’. Jou onderwyser sal aan julle verduidelik

wat julle gaan doen.

Aktiwiteit 4.1: Navorsing

Indiwiduele Werk

INSTRUKSIES

• Lees die instruksies vir die volgende twee aktiwiteite goed deur sodat jy weet

wat later van jou verwag gaan word.

• Besluit op ’n naam vir jou reservaat en watter bedreigde spesies in jou

reservaat gaan wees.

• Gaan samel tuis soveel moontlik inligting in vir jou brosjure. Kry ook al die

prente wat jy wil gebruik, bymekaar.

Aktiwiteit 4.2: Beplanning

Indiwiduele Werk INSTRUKSIES

• Nadat jy die inligting versamel het, moet jy besluit watter inligting jy gaan

gebruik.

Tyd: Tuiswerk � Punte: 0 ����

Tyd: 15 min � Punte: 10 ����

NAVORSING TAAK 4

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 13

• Doen jou beplanning op ’n A4-bladsy. Jou beplanning kan die vorm van ’n

spinnekopdiagram of breinkaart wees. Maak seker dat dit wel beplanning is

en nie die eerste weergawe van jou finale opdrag nie.

• Jou beplanning moet hoof- en ondersteunende gedagtes bevat.

Assessering

Jou onderwyser sal die nasienskaal op bladsy 15 van die leerderboek gebruik

om jou beplanning te assesseer.

Aktiwiteit 4.3: Brosjure

Indiwiduele Werk

INSTRUKSIES

• Stel ’n brosjure saam van jou reservaat.

• Die doel van hierdie brosjure is om jou reservaat te adverteer. Dié reservaat

beskerm bedreigde spesies.

• Die brosjure word in die volgende aktiwiteit (mondelinge aanbieding) gebruik.

• Die brosjure moet op ’n A4-bladsy gedoen word. Vou jou A4-bladsy op een

van die volgende maniere sodat dit lyk soos ’n brosjure:

• Op jou brosjure moet jy die volgende inligting hê:

o Die naam van jou reservaat.

o Waar is die reservaat geleë?

o ’n Skets(e)/illustrasie(s)/foto(’s) van die diere in die reservaat.

o Wat bied die reservaat? (Maak gebruik van volsinne.)

o Waarom moet mense juis dié reservaat besoek?

• Organiseer die inligting op die brosjure sinvol.

Tyd: 45 min � Punte: 20 ����

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 14

Nuttige wenke vir die saamstel van ’n brosjure

� Kyk na voorbeelde van brosjures. � Beplan jou brosjure. Oorweeg samehang: Inleiding, liggaam en slot/afsluiting. � Gee jou brosjure ’n titel/onderwerp. � Dink aan aanbieding, uitleg en die gebruik van kleur en lettergroottes. � Kyk na verskillende formate, bv. vraag en antwoord. � Maak seker van woordeskat, sinstrukture, idiomatiese taalgebruik, spelling en leestekengebruik. � Redigeer jou brosjure voordat jy dit inhandig om bepunt te word. � Wees oorspronklik en kreatief.

Assessering

Die rubriek op bladsy 16 van jou leerderboek gaan gebruik word om jou brosjure te assesseer.

DOEL VAN DIE AKTIWITEIT

Gedurende hierdie aktiwiteit sal jy

• die reservaat waarvoor jy die brosjure in die vorige aktiwiteit gemaak het, aan

jou klasmaats bekendstel.

Aktiwitweit 5.1: Mondeling

INSTRUKSIES

• Stel die reservaat aan jou klasmaats bekend. In jou bekendstelling moet jy

hulle daarvan probeer oortuig om die reservaat te besoek. Jy moet dus

oorredend wees.

• Maak gebruik van jou brosjure tydens die bekendstelling van die reservaat.

• Luister aandagtig na jou maats se aanbiedings en vra die spreker vrae as jy

iets meer wil weet.

Assessering

Jou onderwyser sal die metingskaal op bladsy 17 van die leerderboek gebruik

om jou mondelinge aanbieding te assesseer.

MONDELINGE AANBIEDING AKTIWITEIT 5

Tyd: 50 minute � Punte: 25 ����

Indiwiduele Werk

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 15

Aktiwiteit 5.2 Assessering van beplanning

10 BEPLANNING

8-10 10 9 8

UITMUNTEND Uitmuntende vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning uiters samehangend en logies uiteengesit. Puik hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Uitmuntend in staat tot skematiese voorstelling van inligting.

7 VERDIENSTELIK Besonder goeie vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning baie samehangend en logies uiteengesit. Baie goeie hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Baie goed in staat tot skematiese voorstelling van inligting.

6 BUITENGEWOON Goeie vermoë om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning samehangend en logies uiteengesit. Goeie hulpmiddel vir die skryf van eindproduk. Goed in staat tot skematiese voorstelling van inligting.

5 VOLDOENDE Redelik in staat om hoofgedagtes van ondersteunende gedagtes te onderskei. Beplanning redelik samehangend en meestal logies uiteengesit. Nie altyd voldoende vir skryf van goeie eindproduk nie. Redelik in staat tot skematiese voorstelling van inligting.

4 MATIG Begin tekens toon dat hoofgedagtes moeilik van ondersteunende gedagtes onderskei kan word. Beplanning soms onsamehangend. Inligting om doeltreffende eindproduk te skryf, begin ontbreek. Sukkel om inligting skematies voor te stel.

3 BASIES Toon min tekens dat tussen hoof- en ondersteunende gedagtes onderskei kan word. Toon ernstige leemtes in samehang en logika. Min relevante inligting. Selde in staat tot skematiese voorstelling van inligting.

1-2 2 1

ONTOEREIKEND Glad nie in staat om hoofgedagtes uit te lig nie. Bitter min samehang en/of logika. Inligting totaal onvoldoende of glad nie van toepassing nie. Glad nie in staat om inligting skematies voor te stel nie.

[10]

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 16

Aktiwiteit 4.3

Rubriek: Brosjure

10

INHOUD

10 STRUKTUUR, BEPLANNING,

TAAL EN STYL % PER VLAK

8-10

10 9 8

UITMUNTEND

Weldeurdag en oortuigend. Bewyse van buitengewone vermoëns. Oorspronklik, samehangend, akkuraat en met kohesie geskryf. Besliste onderskeiding.

8-10

10 9 8

UITMUNTEND

Buitengewone taalgebruik. Uitstekende taalbeheer. Gevorderde en uitgebreide woordkeuse. Uiters deeglik beplan. Uitmuntende persoonlike styl.

80-100%

7

7 VERDIENSTELIK

Kort absolute oortuiging van vlak 7, dog steeds baie oortuigend. Oorspronklik en samehangend geskryf. Bewyse van baie goeie vermoëns.

7 VERDIENSTELIK

Baie goeie taalgebruik en –beheer. Woordkeuse gevarieerd en kreatief. Baie goeie beplanning. Baie goeie persoonlike styl.

70-79%

6

6 BUITENGEWOON

Oortuigend. Interessant. Redelik samehangend, akkuraat en kreatief. Voldoen aan vereistes van opdrag.

6 BUITENGEWOON

Goeie taalgebruik. Minder ernstige foutjies kom voor. Goeie woordkeuse. Goeie uitdrukkingsvermoë. Tekens van eie styl.

60-69%

5

5 VOLDOENDE

Gemiddelde gedagtes wat goed uitgedruk is, of goeie gedagtes wat gemiddeld uitgedruk is. Alledaags en nie baie oortuigend nie.

5 VOLDOENDE

Redelike taalgebruik. Woordorde- en sinsboufoute sluip in. Alledaagse woordeskat. Alledaagse uitdrukkingsvermoë.

50-59%

4

4 MATIG

Baie alledaags en onoortuigend. Soms samehangend. Voldoen in ‘n mate aan die vereistes van die opdrag.

4 MATIG

Leesbaar maar met nalatige foute. Sinsbou- en woordordefoute redelik algemeen. Onoorspronklike dog redelik voldoende woordeskat.

40-49%

3

3 BASIES

Inhoud swak. Deurmekaar en neig na onverstaanbaar.

3 BASIES

Swak taalbeheer. Wemel van foute. Beperkte woordeskat. Moedertaalinvloed lei tot verwronge betekenis.

30-39%

2

1-2

2 1

ONTOEREIKEND

Inhoud niksseggend. Onvanpas en onsamehangend. Feitlik onleesbaar.

1-2

2 1

ONTOEREIKEND

Uiters swak taalbeheer. Ongrammatikaal. Onverstaanbaar.

0-29%

1

[20]

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 17

Aktiwiteit 5 Mondelinge aanbieding

Metingskaal vir assessering van mondelinge aanbieding.

Sleutel:

5 Uitmuntend: Feitlik onverbeterlik met min tekens van foute.

4 Beduidend: Baie goed, maar foute begin insluip. Tekortkominge by taal en/of inhoud is

egter nie steurend nie.

3 Voldoende: Gemiddelde aanbieding. Meer tekortkominge, maar betekenis nog duidelik.

2 Basies: Baie foute begin nou voorkom. Duidelike tekens van moedertaalinvloed, maar

nog plek-plek duidelik en verstaanbaar.

1 Ontoereikend: Deurspek met tekortkominge. Meestal onverstaanbaar. Moedertaalinvloed

oorweldigend. Inhoud niksseggend.

Kriteria

Uitstekend

Beduidend

Voldoende

Basies

Ontoereikend

In watter mate het die leerder … 5 4 3 2 1

1 bewys dat hy/sy goed oor die onderwerp nagedink het?

2 'n treffende en effektiewe inleiding en slot gebruik?

3 inligting georganiseer sodat dit interessant en verstaanbaar was?

4 oortuigende idees en argumente gebruik?

5 inhoud voorberei ten einde met selfvertroue te kon praat?

6 brosjure effektief gebruik?

7 oogkontak met sy/haar klasmaats gemaak en gehou en vloeiend en teen 'n gemaklike tempo gepraat?

8 stemtoon gewissel en waar nodig geskikte gebare gebruik ten einde nie vervelig te klink nie?

9 woorde duidelik, verstaanbaar en korrek uitgespreek?

10 goeie taal en gepaste woordeskat gebruik?

TOTAAL /50÷2= /25

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: LEERDERBOEK 18

Aktiwiteit 2.1Aktiwiteit 2.1Aktiwiteit 2.1Aktiwiteit 2.1 LuisterbegripLuisterbegripLuisterbegripLuisterbegrip

Vrae vir luisterbegrip

1. Hoe oud is kakkerlakke?

(1)

2. Hoe weet ons dat kakkerlakke baie gehard is? Kies die korrekte antwoord.

• Hulle leef in die kern van bomontploffings.

• Hulle het al die kern van atoombomontploffings oorleef.

• Hulle het in Hirosjima en Nagasaki geleef.

• Hulle het al bomontploffings oorleef. (1)

3. Hoeveel spesies van kakkerlakke is daar?

• 7

• Meer as 7

• Minder as 7 (1)

4. Hoeveel kleintjies kan die wyfie van die Duitse kakkerlak jaarliks voortbring?

(1)

5. Waarom voel wetenskaplikes magteloos?

(1)

6. Waarom het kakkerlakke ’n voorliefde vir kombuise? Gee TWEE redes.

(2)

7. Kakkerlakke eet byna enigiets. Noem TWEE goed wat in die teks genoem word, wat hulle eet.

(2)

8. Sê JA of NEE.

Ons weet alles van kakkerlakke af. (1)

9. Wanneer is die draadagtige sintuig op die kakkerlak se agterlyf ontdek?

(1)

10. Wat doen dié draadagtige sintuig?

(2)

11. Wat is ’n entomoloog?

(1)

12. Wat word bedoel met mees onverwoesbare insek?

(1) [15]

JA NEE