12
Jou Voordeel gids 20 12 N Opsie Plus N Opsie Basies

Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Jou Voordeel

gids2012

N Opsie Plus • N Opsie Basies

Page 2: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordeleDie terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie dokument verduidelik.

Vereistes vir gewone of beplande opname in die hospitaal Voorafgoedkeuring word vir enige opname in die hospitaal vereis. Skakel ons by0860 627 633 ten minste 48 uur voor die tyd.Indien jy in die hospitaal opgeneem word en die Fonds het jou opname goedgekeur, is alle goedkeurings onderhewig aan die algehele limiet of gespesifiseerde sublimiet.Indien jy nie goedkeuring verkry het nie, sal jy moontlik uit jou eie sak die rekeninge moet betaal.

Hospitalisasie as gevolg van ’n mediese noodgeval (d.i. die skielike, onverwagse ontstaan van ’n siektestoestand wat onmiddellik mediese of chirurgiese behandeling nodig het)

Skakel Discovery 911 by 0860 999 911 – hierdie nommer verskyn op jou lidmaatskapkaart en motorplakker om maklik in die hande te kry.Gaan reguit hospitaal toe in ’n mediese noodgeval, maar skakel ons of laat iemand ons skakel binne 12 uur. Indien jy nie goedkeuring verkry nie, sal jy moontlik uit jou eie sak die rekeninge moet betaal. Die toepaslike Voorgeskrewe Minimum Voordeel (VMV) sal geld indien die Fonds se gewone (versekerde) voordele nie genoeg is nie of ongeldig is.

Hospitaalverwante of chirurgiese prosedures Hospitaalverwante of chirurgiese proseduresSluit dienste deur of ten opsigte van een van die volgende in:

• Chirurg of spesialis(te)• Narkotiseur• Chirurgiese instrumente of prosedures

Hierdie prosedures of items moet ook vooraf goedgekeur word.

Dienste of items wat nie tydens hospitalisasie gedek word nie • Tariewe bo die Fonds se voordele• Bedrae wat vir ongemagtigde prosedures of items gehef word• Tariewe vir ’n private saal as jy dit versoek het (die Fonds betaal tot die tarief

vir ’n algemene saal en jy is verantwoordelik vir die verskil tussen hierdie tarief en dié van die private saal)

• Telefoonkoste, oorfone en enige ander items wat nie medies noodsaaklik is nie en by die hospitaal verkry word

Ongevalle As jy in ’n ongevalle-eenheid of noodeenheid behandel word en nie in die hospitaal opgeneem word nie, sal die koste uit jou dag-tot-dag voordeel betaal word. Sommige ongevalle-afdelings vra ’n fasiliteitstarief wat nie deur die Fonds gedek word nie. As jy in die hospitaal opgeneem word ná behandeling in ’n ongevalle-eenheid, sal ons die koste van behandeling in die ongevalle-eenheid uit jou beskikbare hospitaalvoordeel dek.

HospitaalvoordeleN Opsie Plus N Opsie Basies

Algehele jaarlikse limiet (hospitaal- en buite-hospitaalvoordele gekombineer)

R2 000 000 per gesin per jaar R1 000 000 per gesin per jaar

Verblyf

Algemene saal Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Hoë sorg Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Intensiewe sorg Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

2 :: Voordeelgids

Page 3: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Hospitaalvoordele (vervolg)N Opsie Plus N Opsie Basies

Prosedures in die hospitaal

Bevalling of kindergeboorte Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Algemene chirurgiese prosedures

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Orgaanoorplanting Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Kaak-gesig- en mondchirurgie of tandheelkundige chirurgie

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Refraktiewe oogchirurgie Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Goedkeuringskriteria:Minder as -5 diopters, R6 900 per kwalifiserende oog, beperk tot R13 800 per gesin elke twee jaar.Meer as -6 diopters, beperk tot R1 800 per begunstigde elke twee jaar.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Goedkeuringskriteria:Minder as -5 diopters, R6 650 per kwalifiserende oog, beperk tot R13 300 per gesin elke twee jaar.Meer as -6 diopters, beperk tot R1 750 per begunstigde elke twee jaar.

Laporoskopiese chirurgie Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Indien nie goedgekeur nie, geen voordeel nie.

Geen voordeel nie, tensy klinies goedgekeur

Bloedoortappings Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Nierdialise, hemodialise en peritoneale dialise

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Konsultasies in die hospitaal

Konsultasies deur algemene praktisyns of spesialiste

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Let wel: Indien lede ’n voorkeurverskaffer in die algemene praktisyns- of Premier-spesialisnetwerke gebruik, is geen bybetalings deur die lid betaalbaar nie (mits voordele beskikbaar is), aangesien die tarief vooraf onderhandel is.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Let wel: Indien lede ’n voorkeurverskaffer in die algemene praktisyns- of aangepaste spesialisnetwerke gebruik, is geen bybetalings deur die lid betaalbaar nie (mits voordele beskikbaar is), aangesien die tarief vooraf onderhandel is.

Fisioterapie en biokinetika Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R5 850 per gesin per jaar en onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R4 900 per gesin per jaar en onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Psigiatrie Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Beperk tot R33 300 per gesin per jaar.Gekombineerde hospitaal- en buite-hospitaalvoordeel.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Beperk tot R32 000 per gesin per jaar.Gekombineerde hospitaal- en buite-hospitaalvoordeel.

Kliniese sielkunde Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Geen voordeel nie

Voordeelgids :: 3

Page 4: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

4 :: Naspers Mediese Fonds

Hospitaalvoordele (vervolg)N Option Plus N Option Basic

Ander

Inwendige chirurgiese toestelle of prosteses

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet, met die volgende sublimiete per begunstigde per jaar:R40 070 per heupR40 070 per knieR40 070 per skouerR22 100 vir spinale instrumenteR38 900 vir alle ander inwendige prosteses

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet, met die volgende sublimiete per begunstigde per jaar:R40 070 per heupR40 070 per knieR40 070 per skouerR22 100 vir spinale instrumenteR38 900 vir alle ander inwendige prosteses

Medisyne om huis toe te neem Tot 100% van die Fondstarief vir medisyne, beperk tot 7 dae se voorraad.Onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die Fondstarief vir medisyne, beperk tot 7 dae se voorraad.Onderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Materiaal en medisyne Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Patologie en histologie Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Radiologie en X-strale (MR- en RT-skanderings uitgesluit)

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

MR- en RT-skanderings (hospitaal en buite-hospital)

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Beperk tot altesaam twee skanderings per begunstigde per jaar (hospitaal en buite-hospitaal).

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Beperk tot altesaam twee skanderings per begunstigde per jaar (hospitaal en buite-hospitaal).

Chemoterapie en kankerbehandeling

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en beperk tot R195 700 per gesin per jaar.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en beperk tot R188 400 per gesin per jaar.

Verswakte sorg Geen voordeel nie, tensy dit deel is van die geval bestuur saak, dan is onderhewig aan die algehele limiet en die diskresie van die Trustees

Geen voordeel nie

Hospies Geen voordeel nie, tensy dit is deel van die geval bestuur saak, dan is onderhewig aan die algehele limiet en die diskresie van die Trustees.

Geen voordeel nie

Alkohol- en middelafhanklikheid Tot 100% van die FondstariefHospitaal en buite-hospital onderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehele jaarlikse limiet, met ’n sublimiet van R26 540 per begunstigde per jaar.Onderhewig aan Voorgeskrewe Minimum Voordele.

Geen voordeel nie

Noodvervoer Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Internasionale noodbystand Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.

Page 5: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Voordeelgids :: 5

Opsomming van dag-tot-dag of buite-hospitaalvoordeleN Opsie Plus N Opsie Basies

Omvattende reeks dag-tot-dag voordele met verskillende sublimiete Beperkte dag-tot-dag voordele, slegs vir spesifieke dienste soos hieronder uiteengesit

Die Fonds dek altyd die volgende dienste teen 100% van die Fondstarief, tot die gespesifiseerde sublimiete op die lys hieronder.

Die Fonds dek altyd die volgende dienste teen 100% van die Fondstarief, tot die gespesifiseerde sublimiete op die lys hieronder.

• Chroniese medisyne• Siftingstoetse• MR- en RT-skanderings• Psigiatrie• Alkohol- of middelafhanklikheid• Noodvervoer (ambulans)• Internasionale noodbystand

• Gespesifiseerde doktersbesoeke• Oogtoetse• Akute medisyne• Medisyne oor die toonbank• Basiese tandheelkunde• Gespesialiseerde tandheelkunde• Brilrame• Kontak- of brillense

• Chroniese medisyne• Siftingstoetse• Immuniserings• Patologie (bloedtoetse)• Radiologie (X-strale)• MR- en RT-skanderings• Noodvervoer• Internasionale noodbystand

Jou Mediese Spaarrekening is ’n bedrag wat jy aan die begin van die jaar kry of wanneer jy by die Naspers Mediese Fonds aansluit, en word bepaal volgens die grootte van jou gesin wat by jou lidmaatskap ingesluit is. Jy het toegang tot hierdie bedrag vanaf die dag waarop jou voordele beskikbaar word. Indien daar fondse in jou Mediese Spaarrekening oor is aan die einde van die jaar, sal ons hierdie fondse na die volgende jaar oordra. Jy sal moontlik jou dag-tot-dag mediese uitgawes uit jou eie sak moet betaal as die bedrag in jou Mediese Spaarrekening opgebruik is voordat jou eise saam die Jaarlikse Drempel bereik het. Dit is bekend as die selfbetalingsgaping. Die Jaarlikse Drempel is ’n vasgestelde bedrag waartoe jou eise optel voordat ons eise uit jou Bo-Drempelvoordeel betaal. Wanneer jou eise saam die Jaarlikse Drempel bereik, betaal ons die res van jou eise uit die Bo-Drempelvoordeel teen die Fondstarief.

Geen Mediese Spaarrekening of Bo-Drempelvoordeel nie.Tensy anders vermeld, is die gewone voordele in hierdie voordeellys ingesluit by die algehele jaarlikse limiet.

Page 6: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

6 :: Naspers Mediese Fonds

Maandelikse MSR

Januarie – Junie 2012

N Opsie Plus MSR-toewysing

Kategorie (Pensioengewende Inkomste) H H + 1 H + 2 H + 3 H + 4

R0 – R3 550 176 274 328 382 406

R3 551 – R5 500 236 364 428 492 536

R5 501 – R7 450 270 412 493 573 607

R7 451 – R11 000 342 519 617 715 764

R11 001 – R15 550 390 599 698 797 880

R15 501 – R18 250 395 634 736 838 931

R18 251 – R20 750 408 654 764 874 968

R20 751 + 422 688 809 930 1 014

Julie – Desember 2012

N Opsie Plus MSR-toewysing

Kategorie (Pensioengewende Inkomste) H H + 1 H + 2 H + 3 H + 4

R0 – R3 750 192 304 362 418 446

R3 751 – R5 850 258 404 472 540 588

R5 851 – R7 900 294 458 544 628 668

R7 901 – R11 650 374 578 682 786 840

R11 651 – R16 450 424 666 772 876 968

R16 451 – R19 350 430 702 810 918 1 018

R19 351 – R22 000 444 724 842 958 1 056

R22 001 + 460 760 888 1 014 1 106

Neem kennis: Die bedrae hierbo gegee is onderhewig aan veranderinge indien en wanneer die maandelikse bydraes verander word aangesien the MSR gelyk is aan 20% van die jaarlikese bydraes.

Om jou jaarlikse mediese spaarrekening bedrag te bepaal moet jy die volgende doen:

Neem die maandelikse MSR bedrag in tabel 1, maal dit met die hoeveelheid maande wat jy op die Fonds was tussen January en Junie 2012. Neem die maandeliske MSR bedrag in tabel 2, maal dit met die hoeveelheid maande wat jy op die Fonds was tussen Julie en Desember 2012. Voeg nou die twee bedrae bymekaar.

Die Drempel en die limiet vir die Bo-Drempelvoordeel (slegs N Opsie Plus)Die Drempel en die limiet vir die Bo-Drempelvoordeel is slegs vir die N Opsie Plus beskikbaar.

Wanneer jou Mediese Spaarrekening-eise en besteding uit jou eie sak die Jaarlikse Drempel bereik, sal sekere dag-tot-dag eise uit die Bo-Drempelvoordeel befonds word teen 100% van die Fondstarief.

100% van die Fondstarief van alle gespesifiseerde eise sal tot die Jaarlikse Drempel oploop. Die Jaarlikse Drempel word soos volg bepaal:

Januarie – Junie 2012 Julie – Desember 2012

• R7 400 per hooflid per jaar • R8 120 per hooflid per jaar

• R7 400 per volwasse afhanklike per jaar • R8 120 per volwasse afhanklike per jaar

• R2 450 per afhanklike kind per jaar (tot ’n maksimum van vier afhanklikes)

• R2 690 per afhanklike kind per jaar (tot a maksimum van vier afhanklikes)

Wanneer jou Mediese Spaarrekening-eise en besteding uit jou eie sak die Jaarlikse Drempel bereik, sal jy toegang hê tot die Bo-Drempelvoordeel. Die limiet vir die Bo-Drempelvoordeel word soos volg bepaal:

Januarie – Junie 2012 Julie – Desember 2012

• R5 670 per hooflid per jaar • R5 670 per hooflid per jaar

• R5 670 per volwasse afhanklike per jaar • R5 670 per volwasse afhankike per jaar

• R2 250 per afhanklike kind per jaar (tot ’n maksimum van vier afhanklikes)

• R2 250 per afhanklik kind per jaar ( tot ‘n maksimum van vier afhanklikes)

Page 7: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Voordeelgids :: 7

Dag-tot-dag of buite-hospitaalvoordeleN Opsie Plus N Opsie Basies

Doktersbesoeke of konsultasies

Doktersbesoeke of konsultasies (d.i. algemene praktisyns, spesialiste, homeopate, chiropraktisyns)

Doktersbesoeke of konsultasies (d.i. algemene praktisyns, spesialiste, homeopate, chiropraktisyns)Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Let wel: Indien jy ’n voorkeurverskaffer in die algemene praktisyns- of Premier-spesialisnetwerke gebruik, sal jy geen bybetalings hê nie (mits voordele beskikbaar is), aangesien die tarief vooraf onderhandel is.

Tot 100% van die FondstariefMaak deel uit van die algehele limiet, met die volgende sublimiete:L – R1 650L1 – R2 160L2 – R2 470L3 – R2 830L4+ – R3 090Spesialiskonsultasies beperk tot die aangepaste-spesialisnetwerk van aangewese diensverskaffers.Oogtoetse/konsultasies is ingesluit by hierdie sublimiet.Let wel: Indien jy ’n voorkeurverskaffer in die algemene praktisyns- of aangepaste spesialisnetwerke gebruik, sal jy geen bybetalings hê nie (mits voordele beskikbaar is), aangesien die tarief vooraf onderhandel is.

Alternatiewe terapeute(d.i. kruieterapie, aromaterapie, naturoterapie, refleksologie, meditasie, terapeutiese massering) moet ’n geregistreerdepraktyknommer hê

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Geen voordeel nie

Kliniese sielkunde Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Geen voordeel nie

Psigiatrie Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan voorafgoedkeuring en die algehelejaarlikse limiet.Beperk tot R33 300 per gesin per jaar.Gekombineerde hospitaal- en buite-hospitaalvoordele.

Geen voordeel nie

Fisioterapie en biokinetika Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Geen voordeel nie

Verpleging: Private verpleging (24-uurverpleging)Algemene verpleging (inspuitings of wondversorging)

Tot 100% van die Fondstarief24-uurverpleging: onderhewig aan voorafgoedkeuring en beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.Onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Geen voordeel nie

Tandheelkunde

Basiese tandheelkunde Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R1 180 per gesin per jaar en dit loop nie op tot die algehele jaarlikse limiet nie.

Gespesialiseerde (gevorderde) tandheelkunde

Nie-chirurgiese prosedures word gedek tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Nie-chirurgiese prosedures word gedek tot 100% van die FondstariefBeperk tot R2 320 per gesin per jaar en dit loop nie op tot die algehele jaarlikse limiet nie.

Page 8: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

8 :: Naspers Mediese Fonds

Dag-tot-dag of buite-hospitaalvoordele (vervolg)N Opsie Plus N Opsie Basies

Optometrie

Oogtoetse Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet en gewone sublimiet vir doktersbesoeke en konsultasies.

Rame Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.Beperk tot R830 per begunstigde wanneer die Voordeel Bo die Drempel in werking is, per jaar. Let wel: Maksimum R830 per begunstigde sal tot die Jaarlikse Drempel oploop, per jaar.

Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R640 per begunstigde elke twee jaar en dit loop nie op tot die algehele jaarlikse limiet nie.

Kontak- en brillens(insluitend konsultasie na passing vir kontaklense)

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.Beperk tot R1 770 per begunstigde tot ’n maksimum van R4 280 per gesin per jaar wanneer die Bo-Drempelvoordeel in werking is.Let wel: Maksimum R1 770 per begunstigde en R4 280 per gesin per jaar sal tot die Jaarlikse Drempel oploop.

Tot 100% van die Fondstarief Beperk tot R1 180 per begunstigde tot ’n maksimum van R2 880 per gesin per jaar en dit loop nie op tot die algehele jaarlikse limiet nie.

Dag-tot-dag medisyne

Akute (voorskrif)medisyne: alle geregistreerde, geskeduleerde medisyneMedisyne oor die toonbank: Skedule 0-, 1- en 2-medisyne

Tot 100% van die Fondstarief vir medisyneOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.Medisyne oor die toonbank word verder beperk totR145 per eis (diensdatum).

Tot 100% van die Fondstarief vir medisyneOnderhewig aan die algehele limiet.

Chroniese medisyne Tot 100% van die Fondstarief vir medisyneOnderhewig aan die volgende sublimiete:Lid – R11 770Gesin – R21 030Onderhewig aan registrasie en voorafgoedkeuringVoorgeskrewe Minimum Voordeel-toestande word steeds gedek indien hierdie limiet uitgeput is.Raadpleeg die Lys van Chroniese Siektes en Lys vanAddisionele Siektes op bladsy 18

Tot 100% van die Fondstarief vir medisyne, beperk tot Voorgeskrewe Minimum Voordele.Onderhewig aan registrasie en voorafgoedkeuring.

Raadpleeg die Lys van Chroniese Siektes op bladsy 18.

ImmuniseringsBy enige geregistreerde praktisyn(bv. algemene praktisyn ofverpleegster – solank hulle ’n geregistreerde praktyknommer het)

100% van die Fondstarief vir medisyneOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

100% van die Fondstarief vir medisyneOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Ander buite-hospitaalvoordele

Eksterne toestelle Betaal teen 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.Sodra die Jaarlikse Drempel bereik word, is eise onderhewig aan die gekombineerde sublimiet van R14 020 per gesin per jaar.

Geen voordeel nie

Page 9: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Voordeelgids :: 9

Lys van Chroniese Siektes (N Opsie Plus en N Opsie Basies)1. Asma2. Addison-siekte3. Brongiëktase4. Bipolêre gemoedsversteuring5. Chroniese obstruktiewe longsiekte

(emfiseem)6. Chroniese niersiekte7. Crohn-siekte8. Hartversaking9. Kardiomiopatie10. Kroonslagaarsiekte

11. Diabetes insipidus12. Diabetes mellitus Tipe I13. Diabetes mellitus Tipe II14. Disritmie (onreëlmatige hartklop)15. Epilepsie16. Gloukoom17. Hemofilie18. Hipertensie (hoë bloeddruk)19. Hiperlipidemie (hoë cholesterol –

lipogramuitslae word vereis)20. MIV en VIGS

21. Hipotiroïdisme22. Veelvuldige sklerose23. Parkinson-siekte24. Rumatoïede artritis25. Skisofrenie (psigiater se voorskrif

word vereis)26. Sistemiese lupus eritematose27. Ulseratiewe kolitis

Onderhewig aan registrasie en voorafgoedkeuring

• Alzheimer-siekte• Aandagafleibaarheidsindroom

(voorgeskryf deur neuroloog, pediater of psigiater)

• Allergiese rinitis waar dit deel van ’n pasiënt se asmabehandeling uitmaak

• Chroniese rugprobleme• Kliniese depressie (indien deur ’n

psigiater behandel)• Sistiese fibrose• Endometriose (beperk tot

behandeling vir ses maande)

• Gastro-esofagiese reflukssiekte (gastroskopieverslag word vereis)• Jig• Wanabsorpsie• Orgaanoorplanting• Osteoporose (beendigtheidstoets

word vereis)• Perifere vaskulêre siekte• Psoriase

Onderhewig aan registrasie en voorafgoedkeuring

Lys van Addisionele

Siektes (slegs

N Opsie Plus)

Dag-tot-dag of buite-hospitaalvoordele (vervolg)N Opsie Plus N Opsie Basies

Ander buite-hospitaalvoordele

SiftingstoetseUitgevoer by ’n apteek of geregistreerde gesondheidsorgverskaffer:• Bloedglukosetoets• Bloeddruktoets• Cholesteroltoets• Liggaamsmassa-indeks (LMI)Uitgevoer deur ’n geregistreerde gesondheidsorgverskaffer:• Mammogram• Papsmeer• Prostaat-spesifieke antigeen (PSA)• MIV (Rapid, Elisa, Western Blot)

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Let wel: Konsultasies by mediese praktisyns is onderhewig aan die voordeel vir “doktersbesoeke en konsultasies”

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.

Let wel: Konsultasies by mediese praktisyns is onderhewig aan die voordeel vir “doktersbesoeke en konsultasies”

Patologie en histologie Onderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R1 960 per gesin per jaar.

Radiologie en X-strale(MR- en RT-skanderings uitgesluit)

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die beskikbaarheid van fondse in jou Mediese Spaarrekening en/of Bo-Drempelvoordeel.

Tot 100% van die FondstariefBeperk tot R1 960 per gesin per jaar.

MR- en RT-skanderings Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Beperk tot altesaam twee skanderings per begunstigdeper jaar (hospitaal en buite-hospitaal).

Tot 100% van die FondstariefOnderhewig aan die algehele jaarlikse limiet.Beperk tot altesaam twee skanderings per begunstigdeper jaar (hospitaal en buite-hospitaal).

MIV en VIGS Indien geregistreer: tot 100% van die koste volgens Voorgeskrewe Minimum Voordeel-riglyne.Indien nie geregistreer nie: 100% van die Fondstarief.

Indien geregistreer: tot 100% van die koste volgens Voorgeskrewe Minimum Voordeel-riglyne.Indien nie geregistreer nie: 100% van die Fondstarief.

Page 10: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

10 :: Naspers Mediese Fonds

Bydrae-tabel Hierdie bedrae geld tot 30 Junie 2013.

N OPSIe PLuS RISIKO PeR LID PeR maaND

Kategorie (Pensioengewende Inkomste) H H+1 H+2 H+3 H+

R0 – R3 750 R770 R1 216 R1 444 R1 670 R1 780

R3 751 – R5 850 R1 030 R1 618 R1 888 R2 160 R2 352

R5 851 – R7 900 R1 176 R1 832 R2 174 R2 512 R2 668

R7 901 – R11 650 R1 492 R2 312 R2 728 R3 140 R3 362

R11 651 – R16 450 R1 698 R2 664 R3 088 R3 506 R3 868

R16 451 – R19 350 R1 722 R2 806 R3 238 R3 670 R4 068

R19 351 – R22 000 R1 778 R2 894 R3 364 R3 828 R4 226

R22 001 + R1 842 R3 036 R3 550 R4 058 R4 424

N OPSIe PLuS VOLLe maaNDeLIKSe ByDRae VIR eLKe LID

Kategorie (Pensioengewende Inkomste) H H+1 H+2 H+3 H+

R0 – R3 750 R962 R1 520 R1 806 R2 088 R2 226

R3 751 – R5 850 R1 288 R2 022 R2 360 R2 700 R2 940

R5 851 – R7 900 R1 470 R2 290 R2 718 R3 140 R3 336

R7 901 – R11 650 R1 866 R2 890 R3 410 R3 926 R4 202

R11 651 – R16 450 R2 122 R3 330 R3 860 R4 382 R4 836

R16 451 – R19 350 R2 152 R3 508 R4 048 R4 588 R5 086

R19 351 – R22 000 R2 222 R3 618 R4 206 R4 786 R5 282

R22 001 + R2 302 R3 796 R4 438 R5 072 R5 530

N OPSIe PLuS VOLLe maaNDeLIKSe ByDRae VIR eLKe LID

Kategorie (Pensioengewende Inkomste) H H+1 H+2 H+3 H+

R0 – R2 950 R344 R498 R556 R616 R674

R2 951 – R3 750 R404 R586 R658 R732 R806

R3 751 – R4 700 R514 R744 R836 R928 R1 020

R4 701 – R5 850 R636 R924 R1 044 R1 160 R1 276

R5 851 – R7 050 R762 R1 108 R1 248 R1 388 R1 528

R7 051 – R9 400 R918 R1 330 R1 500 R1 666 R1 832

R9 401 – R11 650 R1 200 R1 738 R1 958 R2 178 R2 396

R11 651 – R16 450 R1 360 R2 050 R2 322 R2 580 R2 726

R16 451 – R22 000 R1 564 R2 362 R2 676 R2 972 R3 272

R22 001 + R1 918 R2 974 R3 582 R4 140 R4 420

* Let wel: In die geval van afgetrede lede, word bydraes gebaseer op jou laaste maandelikse pensioengewende-inkomste wat jy verdien het terwyl jy by Naspers gewerk het.

Page 11: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Voordeelgids :: 11

Verklarings van terme wat in hierdie bylae gebruik word:FondstariefDie fooi of tarief soos bepaal volgens ’n ooreenkoms tussen die Naspers Mediese Fonds en ’n diensverskaffer of groep diensverskaffers, vir die betaling van toepaslike gesondheidsdienste. Die fooi of tarief vir die betaling van toepaslike gesondheidsdienste is soos voorgeskryf in die Gids vir Discovery Health se tarief. In sekere gevalle sal die Fonds oor ’n spesifieke tarief vir dienste by ’n spesifieke diensverskaffer (bv. hospitale, patoloë en radioloë) onderhandel, in welke geval die onderhandelde tarief die kosprys en dus die Fondstarief sal wees.

Eise van gesondheidsorgverskaffers wat die Fondstarief of minder vra, word direk aan die verskaffer betaal. Indien die verskaffer meer as die Fondstarief vra, sal die eis aan jou betaal word en jy sal die rekening by die verskaffer moet vereffen.Waar die bedrag wat geëis word minder as die Fondstarief is, sal ons die bedrag wat geëis word, betaal en laat oploop. Alle diensverskaffers moet by die Mediese en Tandheelkundige Raad geregistreer wees en ’n geldige praktyknommer hê. Voordele word teen die Fondstarief betaal, wat ooreenstem met bedryfstariewe of tariewe wat beding is, onderhewig aan sublimiete waar van toepassing.

Fondstarief vir medisyneDie Fondstarief vir medisyne verteenwoordig die laagste gemiddelde koste wat in die mark beskikbaar is vir ’n spesifieke klas medisyne. In die meeste gevalle is dit ook die laer gemiddelde generiese prys. Generiese medisyne word vervaardig sodra die patent vir die oorspronklike produk verval het, en bevat dieselfde aktiewe bestanddeel as die oorspronklike produk. Dit kan egter in ’n ander vorm as die oorspronklike middel wees, en die verpakking kan ook verskil. Jy is egter nog steeds verseker van ’n kwaliteitproduk, aangesien alle generiese medisyne wat in Suid-Afrika verkoop word, deur die Medisynebeheerraad goedgekeur moet word.

Bo-DrempelvoordeelDie Bo-Drempelvoordeel voorsien jou van addisionele dag-tot-dag gesondheidsorgdekking indien die fondse in jou Mediese Spaarrekening opgebruik is. Sodra jy die Jaarlikse Drempel bereik, sal die Fonds jou eise uit die Bo-Drempelvoordeel begin betaal totdat die limiet bereik word. Jy sal moontlik eise uit jou eie sak moet betaal voordat die Bo-Drempelvoordeel jou eise begin betaal (d.i. in jou Selfbetalingsgaping). Onthou dat dag-tot-dag limiete en sublimiete soos in die voordeelbylaes gemeld, sal geld vir alle eise wat uit die Bo-Drempelvoordeel betaal word.

Let wel: Indien jy gedurende die jaar by die Naspers Mediese Fonds aansluit, sal jou voordele vir die jaar proporsioneel bereken word (d.i. vanaf die datum waarop jy by die Fonds aangesluit het).

Page 12: Jou 20 Voordeel 12 24 Documentation...Oorsig van hospitaal- en hospitaalverwante voordele Die terme wat in hierdie bylae gebruik word (bv. Fondstarief), word op bladsy 20 van hierdie

Discovery Health | 155 Weststraat Sandton | 0860 627 633 (0860 NASMED)

Naspers Mediese Fonds Registrasienommer 1241. Geadministreer deur Discovery Health (Pty) Ltd, registrasienommer 1997/013480/07. ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste.

GM_17308DIH_03/09/2012

’n Gemagtigde finansiële dienste verskaffer.