16
A ITSA Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15 Wild, wilder, WILDEKLAWER Hierdie jaarlikse groot gebeurtenis waarvoor daar maande voor die tyd al voorberei word, was weereens ‘n reuse sukses. 138 spanne het tydens die toernooi by Diamantveld aan rugby en netbal deelgeneem. Met gees van die top skole in die land, heerlike eetgoed en spanningsvolle wedstryde wat regstreeks uitgesaai was op die sportkanale, asook die spoggerige nuwe Michau Heyns- ingang, het Diamantveld werklik opgeleef tot die naam en uitgeblink as die gasheerskool. Diamantveld se 0/19A netbalspan eindig na afloop van die toernooi met ‘n 4de plek, wat welverdiend was na die strawwe kompetisie wat hulle in die oë moes staar. Die 0/19A rugbyspan het ook uitstekend gevaar en naelskraaps 19-22 teen Hoërskool Stellenberg verloor. Een ding is seker : Diamantveld kan beslis gereken word as een van die top skole in die land wat werklik goed kan meeding met die beste van die bestes!

AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

AitsASkoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15

Wild, wilder, WILDEKLAWERHierdie jaarlikse groot gebeurtenis waarvoor daar maande voor die tyd al voorberei word, was weereens ‘n reuse sukses.

138 spanne het tydens die toernooi by Diamantveld aan rugby en netbal deelgeneem. Met gees van die top skole in die land, heerlike eetgoed en spanningsvolle wedstryde wat regstreeks uitgesaai was op die sportkanale, asook die spoggerige nuwe Michau Heyns- ingang, het Diamantveld werklik opgeleef tot die naam en uitgeblink as die gasheerskool.

Diamantveld se 0/19A netbalspan eindig na afloop van die toernooi met ‘n 4de plek, wat welverdiend was na die strawwe kompetisie wat hulle in die oë moes staar.

Die 0/19A rugbyspan het ook uitstekend gevaar en naelskraaps

19-22 teen Hoërskool Stellenberg verloor.

Een ding is seker : Diamantveld kan beslis gereken word as een van die top skole in die land wat werklik goed kan meeding met die beste van die bestes!

PROOF

Page 2: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Michau Heyns Sportterrein Deel 1Jandré du Plessis

In Januarie 2017, het die Hoërskool Diamantveld Leierspan, in samewerking met die Hoërskool Diamantveld Bond Bestuur, besluit om die sportterrein te vernoem na Prof. Michau Heyns.

Prof. Michiel George Heyns was skoolhoof van Diamantveld vanaf 1975-1979. Tydens sy ampstermyn is die bouwerk aan die koshuis voltooi en die sportgeriewe is aangevul. Prof. Heyns het ná sy termyn by Hoërskool Diamantveld, gedien as skoolhoof van Grey Kollege vanaf 1980-1992. Hy is ook gekwalifiseer as ‘n Doktor in Opvoedkunde. (D. Ed, UOVS).

Teen einde 1992 begin hy doseer as Professor in Onderwysbestuur aan die Universiteit van die Vrystaat. Dit doen hy met groot oortuiging tot en met sy aftrede

in 2003.

Ná sy aftrede spits hy hom toe op sy ander passie: beesboerdery. Hy bedryf sedertdien ‘n Bonsmara stoetboere ry sowat 45 km suid van Bloemfontein.

Die sportterrein is vernoem

na Prof. Michau Heyns om sy bydrae tot Diamantveld en sy sportgeriewe, op ‘n gepaste wyse te vereer.

Die amptelike inhuldiging sal op 19de Julie 2019 plaasvind en die Aitsa sal verslag doen daaroor in die volgende uitgawe.

STOPUNDERCONSTRUCTION

AREA

Julie 2019Nuus - 2

PROOF

Page 3: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

‘n Aand reg uit ‘n sprokiesverhaalCarli van Niekerk en Dané Vermeulen

Twaalf jaar se opgewondenheid het daardie aand ‘n klimaks bereik. Jare se drome het daardie aand ‘n werklikheid geword en daardie merkwaardige aand wat vasgepen bly in elke matriekleerder se gedagtes, is die matriekafskeid!

Hierdie jolige affêre was ‘n spoggeleentheid en al die leerders het uitgehaal en gewys. Die aand het vir elke paartjie of brawe enkellopende begin toe hulle die lang ry van motors moes aandurf om die skool te kon binnekom. In sommige motors het die senuwees al by die dak uitgeklim. Die motors het een na die ander gevarieer vanaf ‘n klassieke en stylvolle Rolls Royce tot ‘n moderne en spoggerige Porsche.

Daardie aand het verseker dat elke leerder sy/haar plekkie onder die son kry toe hulle die kans kry om verby die skare mense te stap terwyl die gejuig en handeklap in hulle ore weergalm.

Sagte liggies, beblaarde takke, gerimpelde hout stompe, die geklets en lag van prinse en prinsesse. Die bogenoemde het ‘n mistieke atmosfeer geskep en almal laat voel asof hulle ‘n sprokiesland betree die oomblik toe hulle die saal binnedring. Die meisies het almal pragtig gelyk in die rok van hul drome en ook die seuns het almal al te sjarmant gelyk in hulle pakke.

Die dansbaan was geopen deur die hoofseun en -dogter saam met hul metgeselle. Daarna het die dansvloer sommer vinnig vol geraak en lekker musiek het gesorg dat almal met seer voete en blase huis toe gaan daardie aand. Te veel langarm was nog nooit sleg nie.

En wat is een van die belangrikste komponente van ‘n suksesvolle aand? Kos! Heerlike vingerhappies om van te kies en te keur, gevolg deur liplekker nagereg wat enige soettand se droom sou wees.

Goeie vriende en ‘n positiewe houding het elkeen se persoonlike ervaring van hulle matriekafskeid

net daardie hupstootjie in die regte rigting gegee, want om so ‘n mylpaal in jou lewe met mense te deel wat werklik deel is van jou lewe en saam met wie jy uit jou maag uit kan lag, is iets wat nie eers in ‘n fliek uitgedruk kan word nie.

Die matriekafskeid was nou wel aan die begin van die jaar gewees en het meer soos ‘n matriekverwelkoming gevoel, maar dit het steeds elkeen laat besef dat die tyd nou uiteindelik aangebreek het, Die begin van die einde staan en klop aan elke matriekleerder se deur en so ‘n fees was net die regte manier om dit mee af te skop.

Die onderwysers, ouers en leerders betrokke by hierdie prag-aand het waarlik hulself goed van die taak gekwyt.

Hopelik, as jy sagte liggies sien of jou rok in jou kas sien hang, sal jy ’n oomblik van nostalgie ervaar en terug na daardie wonderlike aand verlang.

Matriekafskeid - 3Julie 2019

PROOF

Page 4: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Julie 2019Matriekafskeid - 4

PROOF

Page 5: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Matriekafskeid - 5Julie 2019

PROOF

Page 6: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Diamante wat skitterEuné Venter

Netbal:Ons Netbal-sterre toer vanaf die 15de Junie tot die 21ste Junie na Boksburg. 17 Meisies is gekies om GW te verteenwoordig tydens die toer. Die Noord-Kaap sal deur Chané Williams,Charlene

Brugbou:Stiaan Le Roux, Ruan Le Roux en Marco Olivier het die jaarlikse SAICE- brugbou kompetisie gewen. Hulle brug kon 90kg weerstaan voordat dit gebreek het. Die span gaan later vanjaar aan die Nasionale kompetisie in Pretoria deelneem. Sterkte manne!

Grevelink, Tasha Muller, Liané Burger, Talita du Toit, Franli Kriek, Jomari Lubbe, Tannika Welgemoed, Chané van Staden, Jodene Crew, Janke Coetzer, Cassandra Oosthuizen, Marli Kriek, Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word.

Julie 2019Nuus - 6

PROOF

Page 7: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Diamantveld het ook ‘n eretoekenning as een van die top 20- skole in Suid-Afrika in Fisiese Wetenskappe ontvang na aanleiding van die uitstekende uitslae deur die matriekleerders van 2018. Baie geluk aan Juffrou Anneli Fourie met die spogtoekenning.

Pluimbal:Ons o/19 Pluimbal-sterre toer vanaf die 26ste Junie tot die 9de Julie na Kaapstad. Baie geluk aan Robert Summers, Will Botha, Diané Olivier, Hanita Esterhuizen en Jaden-Leigh Summers. Die o/15 Sterre het in Maart na Durban getoer en die spelers wat die Noord-Kaapprovinsie verteenwoordig het was Barco Scheffer, Isabel Badenhorst en Morné Plaatje.

Ons Hokkie-sterre toer ook oor ‘n tydperk vanaf die 15de Junie tot die 6de Julie na Pietermaritzburg. Danielle Posthumus, Nadine Venter, Wiana Botha, Tané Barnard, Euné Venter en Anya Bruwer gaan die Noord-Kaap meisieshokkie verteenwoordig en Daniel Bothma, Barco Scheffer, Tristan van Rooyen, Janco Sciocatti, Deniel Economan, Erlank Barnard, Michael Wakeford en Henlo Burger gaan die Noord-Kaap seuns hokkie verteenwoordig.

Hokkie

Nuus - 7Julie 2019

PROOF

Page 8: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Vuurvliegie bederf weerWas die matriekafskeid nou nie ure

van pure plesier nie. Van rooitappyt met pragtige rokke en ou karre wat brul tot ‘n skoolbus

vol boesemvriende. En dan veral die manne wat nou nóg ook onderbaadjies aangehad het… Lyk kompleet of julle lunchtime salsa klasse aanbied.

En as jy dit het, moet jy dit wys! Wenél, jy het gesprankel in jou liggie-rok.

Van die girls het gestap met die selfvertroue van ‘n paradysvink. Ek wonder maar net of die material by

sommiges opgeraak het…

Gee my net krag of ek suip my eie badwater… Ek gaan eerder net stilbly oor die AFTERPARTY…

En het iemand ‘n sambreel? Want dit het amper klappe gereën. Dit is net goed dié kaptein het nié haar hokkiestok

by haar gehad nie.

Dirk, jy sou daai Coke blikkie plat gedruk het.

Regtig, jy is nou die sterkste man in DHS wat

ék ken.

Tjarra kan nié contain nie!

Hou hom net dop.

Nie net met nuwe

rugbytokse nie, maar ook

met ‘n pragtige blond aan sy sy.

(Ek praat van Rudolf Lubbe, as

julle sou wonder.)

Ek sien die graad 8’ies hou nie

terug nie. Megane en Marco, lyk

my die grootskool is tog vir

julle bedoel.Ek is sommer ‘n

bondeltjie vreugde as ek aan dié dink. Frances en Kyle, julle

twee nederige mense gaan saam ver kom in die lewe.

Sy sê sy kry net Goosebumps. Dit is maar wat gebeur as jy

verlief is! Julle is dié heel oulikste saam.

Ag en w

eet julle, Vuurvliegie gaan maak mos toe gou ‘n draai by die liefde.

Een kan mos nie alleen verlief wees nie, né Van Zyl Van Zyl.

Ramkat, vat vas.

Hou vas my koeldrank en check dié party trick. Toe ek weer sien, het Geralise

vir haar ‘n knap jong man gekry.

Mathewson, op wie is jy nou eintlik verlief?

Hoofmeisie hou mos weer naam hoog daar by die

Hancormelkery.

Julie 2019Vermaak - 8

PROOF

Page 9: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Tot volgende keer. Gee my net meer en meer.

Xoxo Vuurvliegie

Hier is maar net ‘n paar name;

maak met dit wat jy wil:

• Michaele

nCari

• Julianen

Elmi

• Carloen

Marli

• Divanen

Fennel

• Charlesen

Hencha

• Hennieen

Dinique

• DanieCo

etzerenTes

sa

• Tweetyen

Monique

• Rohanen

Marilie

DJ en Zelmé Carbutt van Jacobsdal.

Ag en ons almal weet mos

maar dat die eintelike

manne lê in Douglas, né

Shannon en Sage?

So gepraat van mense wat uit vry…

Jamei en Jan Hendrik Snyman van Potch lyk so verlief.

Ané en Olaf Kruger van Kimberley (Die boeties is baie oulik hoor!)

Gehan en Chanel Louw, van geen mens weet van waar af nie, want haar Instagram profile is privaat.

Maar ja, sy is pragtig.

En laastens, maar nie die minste nie, Alecia vry na een van die oudskoliere, Duppie Broers.

Dané en haar man, Dewald Basson van Kimberley. Dié is al langer saam

as wat ek lewe.

Vermaak - 9Julie 2019

PROOF

Page 10: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Woeker met Water!

Lerissa Brits

Die afgelope kwartaal het drie van Diamantveld se spanne aan die jaarlikse Aqualibrium Waterkompetisie deelgeneem. Die eerste span was Stiaan le Roux, Marco Le Roux en Hanro Hauptfleisch, die tweede span was Lerissa Brits, Henlo Burger en Julian Viljoen en die derde span was Gian van Zijl, Nikita Jansen van Vuuren en Jodi Botha. Stiaan le Roux, Marco Le Roux en Hanro Hauptfleisch het ook deur gedring na die nasionale kompetisie, waar hulle die Noord-Kaap sal verteenwoordig.

Elke span word voorsien met ‘n tafel en gereedskap om ‘n waternetwerk mee te bou. Die waternetwerk is ‘n verkleinde weergawe van ‘n stad se waternetwerk. Elke span is

verantwoordelik om die water gelyktydig en ewerig in drie emmers, elk op verskillende posisies en verkillende afstande van die reservoir af te versprei. Die span met die minste strafpunte, of wie se emmers die naaste aan mekaar vol geloop het, wen.

Die waterkopetisie bied aan leerders die geleentheid om innoverend en buite die boks te dink. Leerders kry ook die geleentheid om as ‘n span vaardighede te ontwikkel om moeilike en vinnige besluite te maak wat hulle beslis eendag in die werksomgewing kan gebruik. Die kompetisie word aangebied deur ‘n ingenieursagentskap. As ingenieurswese jou voorland is, is hierdie kompetisie beslis ‘n opsie, want wie weet, dalk sien jou toekomstige baas jou talent raak!

Kom wees deel van die Aqualibrium-Waterkompetisie

Julie 2019Nuus - 10

PROOF

Page 11: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Annika van Staden

Op Vrydag, 12 April 2019, het Diamantveld se VCSV-leerders en -bestuur met hul omgee-harte uitgereik na die Christina Kiddie Tehuis hier in Kimberley.

Daar het hulle speletjies met die kinders gespeel en ook ‘n lekker paaseier-skattejag gehou. Daar was ook ‘n groot getal bydraes van die leerders wat produkte gebring het waarvan daar ‘n tekort was by die tehuis.

Volgens Erika Labuschagne, voorsitter van die VCSV, het die kinders hul gate uit geniet en die besoek baie waardeer. Die kinders was baie dankbaar vir die nuwe gesigte wat vir hulle gaan kuier het en die VCSV hoop om nog baie sulke uitstappies te reël wat die gemeenskap dien.

Elke dag wat jy ‘n klein verskil in iemand anders se lewe kan maak, is ‘n goeie dag.

VCSV-uitreik na Christina Kiddie Tehuis

Van toeka tot nou...

Diamantveld gee om!

Lisa van Staden

Meneer Nieuwoudt is een van die min onderwysers wat al ‘n lang pad saam met Diamantveld stap. Gedurende ‘n onderhoud het hy meer oor sy ervaring by DHS verklap:

Sedert watter jaar is Meneer deel van Diamantveld?1992

As Meneer’n ander beroep sou oorweeg het, wat sou dit wees?Dit was van die begin af onderwys. Ek het nooit eers ‘n ander beroep oorweeg nie.

Wat sal Meneer as Meneer se sterkpunt beskou in onderwys?Ek verduidelik die werk baie deeglik sodat die leerders dit verstaan.

Wat is die slegte punt van onderwys wat Meneer ervaar?Beslis merkwerk!

Wat maak Diamantveld uniek tussen ander skole?Diamantveld se waardes staan uit bo ander skole.

Wat is drie woorde wat Meneer sou gebruik om Meneer (in onderwys) te beskryf?Pligsgetroud, streng en regverdig.

Nuus - 11Julie 2019

PROOF

Page 12: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Klein voëltjies, grootbekkiesDHS se redenaars presteerJandré du Plessis

Om suksesvol te kan redeneer is sekerlik een van die magtigste vaardighede om baas te kan raak. In die afgelope Atkv-redenaars semi-finaal het die Diamantvelders skoonskip gemaak in die Noord-Kaapprovinsie.

Die ATKV-redenaarskompetisie word in twee kategorieë verdeel: Voorbereide- en onvoorbereide redenaars. Voorbereide redenaars behels om ‘n toespraak met 3 argumente van 5-7 minute voor te berei en dan jou gehoor van jou stand punt te oortuig. Hierdie kategorie vereis veeleisende oefening om jou toespraak te bemeester. In die onvoorbereide redenaarskategorie ontvang jy ‘n stel bronne waarna jy dan in ‘n uur en ‘n halfuur, ‘n toespraak met drie argumente moet skryf en voorberei. Die toespraak moet oortuigend wees en die argument moet jou standpunt (bv. Skoolklere moet afgeskaf word) ondersteun. Die standpunt is onbekend totdat die uur en ‘n halfuur begin. Dit vereis dus ontledingsvermoë, sowel as baie algemene kennis.

Redenaars as kultuurvorm help jou om makliker voor mense te praat en dit kan ook handig te pas kom wanneer jy standpunt moet inneem, byvoorbeeld in literatuurlangvrae.

Die Diamantvelders behaal die volgende posisies in die Top 10 by die semifinale rondte te Upington:

Voorbereide redenaars:Gr8-9•5de:AnneSeaman

Gr10-12•4de:ElckeKatzke•5de:FrancesvdMerwe•7de:RitavanNiekerk

Onvoorbereide redenaars:Gr8-9•2de:AnneriduPlessis•3de:JakolienHarmse•5de:LeonéMeyer•9de:CJRademeyer

Gr10-12•1ste:JandréduPlessis•10de:ChantelleMeintjies

Hierdie skoliere is dus onder die beste in die Noord-Kaapprovinsie wat ‘n uitsonderlike prestasie is.

Jandré du Plessis dring deur na die Nasionale finaal te Goudini-spa omdat hy as wenner in sy kategorie gekroon is. In die geskiedenis van die skool kon nog net 2 kinders Diamantveld by die finaal verteenwoordig. In die finaal sal 23 van Suid-Afrika se beste redenaars in elke kategorie mekaar die stryd aansê. Ons wens vir Jandré baie sterkte toe met hierdie gedugte taak.

Julie 2019Aktueel - 12

PROOF

Page 13: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Tyd vir skriftelike toetse is verby!

Frances Van der Merwe

Vra iemand vir woorde wat jy op die lyne kan skryf sonder om die sinne vir hom of haar te lees. Lees dit hardop agterna en skaterlag!

Ek en my _________________________ (groep mense) het gister by ons ___________________________ (byvoeglike

naamwoord, meervoud) bure gaan kuier. Ons dink hulle is _______________________ (mitiese wese, meervoud).

Hulle het vlymskerp _______________________ (liggaamsdeel, meervoud) en_________________ (kleur) vel. Hulle

eet ook net _______________________(grillerige kos) en hulle drink net ____________________(vreemde vrugte sap).

Toe ons gister by hulle geëet het, het hulle die hele tyd ___________________________ (werkwoord, verlede

tyd) en later het een van hulle vir my __________________________ (werkwoord, verlede tyd). Ons het dadelik

__________________________ (werkwoord, verlede tyd) van hierdie ________________ (byvoeglike naamwoord). Van

daar af het ons maar weggebly van die bure. Ons is nou seker dat hulle ________________________ (dieselfde

mitiese wese) is.

Woes Woorde

Sit julle penne neer...

Elcke Katzke

Die antwoord op elke skoolleeder se ouers se vraag “Hoekom lyk die punte so?” is: “Ek kan die werk mondelings verduidelik, Ma, maar net nie skriftelik skryf nie,” of dalk by Rekeningkunde: “Ek kan dit in die joernale doen, maar die Juffrou het dit in teorie vrae verander”.

Wat ons hier beet kry is die vraag: “Moet kinders verskillend getoets word eeder as net skriftelik?” En enige leeder sal antwoord: JA! Ons blink elkeen uit op ons eie velde. Die sportiewes sal dalk iets meer prakties met aksie en beweging verkies, as om vir 2 of 3 ure stil te sit en partykeer die tyd om te slaap. Ander kan weer kies om mondelings te antwoord omdat hulle mondelings leer en nie graag opsom nie.

Op die einde van die dag is die

twee effektiefste maniere om getoets te word mondelings en skriftelik en daarom lê ons klem daarop. Dit hang alles af van hoe jy leer - Som jy op of gebruik jy rympies? Sê jy dit vir jouself hardop of lees jy dit net oor en oor deur?

Die punt is, om vir ure stil te sit is lank en na die 9000ste sekonde (2 ure en 30 min) funksioneer baie leerders se breine nie meer optimaal nie en onthou hulle nie meer die werk so effektief nie.

Dalk is die tyd vir net skriftelike toetse verby? Elke leeder moet op

sy eie effektiewe manier getoets word, want soos Albert Einstein eens gesê het: “If you judge a fish on its ability to climb a tree, it will go its whole life believing that it is stupid.”

Aktueel - 13Julie 2019

PROOF

Page 14: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

WOORDE - Hoe kommunikeer jy?

RESENSIE: Avengers End-Game

Danelle Jacobs & Chanie Burger

Die grootste kommunikasie-probleem is dat ons luister, nie om te verstaan nie, maar om te antwoord.

Een van die grootste probleme in vandag se vriendskappe, verhoudings en alledaagse probleme is die tekort aan kommunikasie.

Sonder deeglike en effektiewe kommunikasie sal die ander party in die donker gelaat word en misverstande sal ontstaan. Swak kommunikasie ontstaan gewoonlik weens ‘n aantal redes. Dit is baie belangrik om hierdie redes te identifiseer en oplossings daarvoor te vind.

Moontlike redes: • Persoonlikeprobleme.• Verandering.• Mense maak nie meer tyd vir

praat nie.• Onsekerheidinselfenander.• Die belangrikheid van kom-

munikasie word onderskat.

Dit is noodsaaklik om op ’n gesonde en effektiewe manier te kommunikeer. Ons moet leer om mekaar te verstaan en hoe om te luister. Soms luister mense vir mekaar met die doel om te verdedig.

Effektiewe kommunikasie is nie maklik nie en kom ook nie natuurlik vir die meeste van ons nie, maar dit kan geoefen word en ‘n groot verskil in ons lewe maak.

Wenke: Let op na jou lyftaal, oogkontak,

handbewegings en stemtoon. Dra jou boodskap so bondig as

moontlik oor. Deur vriendelik te wees, ‘n

persoonlike vraag te vra of net te glimlag moedig jy ander aan om oop en eerlik met jou te wees.

Gaan enige gesprek met ‘n oop en tegemoedkomende gemoed in.

Effektiewe kommunikasie is definitief een van die sleutels tot suksesvolle verhoudings!

Frances Van der Merwe

As jy nie geweet het van hierdie film nie, het jy definitief die laaste paar maande onder ‘n klip gewoon.

Hierdie grootgeld-verdiener het

feitlik elke Marvel held en heldin ten toon gestel. Die fokus val egter veral op Iron Man, Thor, Black Widow en Captain America se plan om saam met Ant Man, Hawkeye en Hulk die wêreld te red deur vir Thanos te verslaan. In

die vorige Avengers Infinity game (2018) het ‘n klomp Avengers mos die emmer geskop. Al wat ek kan sê is, kyk maar wat gebeur!

Dit is bietjie lank, so moenie te veel vloeistof voor die tyd drink nie en vat maar genoeg springmielies saam.

Dit is ‘n móét vir Avengers-aanhangers! Selfs al is jy nie ‘n Avengers- verslaafde nie en selfs al ken jy nie die verskil tussen Black Panther en Dr. Strange nie, moet jy dit gaan kyk sodat jy ten minste kan saam praat.

Tragedie en komedie saam-gesmelt maak hierdie film ‘n moet-kyk. Jy sal definitief nie jou geld of tyd mors nie.

Julie 2019Sosiaal - 14

PROOF

Page 15: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Oud-Diamant skitter in die Vrystaat

Opsoek na ‘n ekstra paar rand?

Euné Venter

Oudskolier Lehandré (Lena) Visser ruil haar ‘blou en geel’ vir ‘groen en wit’.

Lehandré is gekies om Vrystaat te teenwoordig by die SA o/21 vroue IPT.

Sy het in Gr.7 begin hokkie speel en was middel Gr.9 opgetrek na die skool se 1ste span waar sy gespeel het tot matriek. Sy was ook in matriek kaptein van die 1ste Hokkie span. Sy sê dat sy altyd gesukkel het om Griekwas te kry, maar het na drie jaar van haar hoërskoolloopbaan die Griekwaspan behaal, waar sy in matriek ook die onderkaptein was.

Sy vertel dat sy glad nie wou gaan proewe speel het nie omdat sy bang was en niemand geken het nie. (Sien julle, tot die sterre daar bo raak bang.) Na die derde keer wat haar proewe oorgedoen moes word omdat nie al die spelers daar was nie, het sy gevoel dat die kanse nou behoorlik skraal raak om in te kom. Sy moes kompeteer teen vrouens wat in die Kovsies 1ste span was en selfs SA hokkiespelers is. Soos elke speler was sy verras en opgewonde toe sy uitvind dat sy Vrystaat o/21 span gemaak het.

Hulle toer was na Randburg in Pretoria die 8ste April tot die 13de

April. Haar stresvlakke was baie hoog, maar die opgewondenheid het die stres laat wegsmelt. Hier het sy die geleentheid gehad om teen en saam met haar rolmodelle te speel en lewenslange vriendskappe te bou. In een van hulle wedstryde het hulle teen 13 SA-spelers gespeel-dit was ‘n rowwe wedstryd. Met Lena op die posisies tussen vleuel en agterspeler was dit moeilik vir Noord-Wes om verby te kom.

Ongelukkig het die Vrystaat die stryd verloor.

Soos alle goeie spelers het sy ook ‘n ‘moment of glory’ en ‘n ‘moment of laughter’ ervaar. Vir haar was haar ‘moment of glory’ toe sy deel van die Diamantveld 1ste span was wat die Noord-Kaap liga vir die eerste keer in 25 jaar gewen het. Wat ‘n belewenis! Sy vertel dan ook dat haar ‘moment of laughter’ was toe sy perongeluk ‘n ander speler raak geslaan het en sy begin huil het .

Haar plan verder vir hokkie is om SA Vroue IPT te behaal, al weet sy dit gaan moeilik wees. Sy werk hard om vir Kovsies se eerste span te speel.

Lena, jy is beslis een van ons rolmodelle!

Mart-Marie de Wet

Is jy ‘n tiener wat ‘n ekstra geldjie wil verdien maar nie weet hoe om dit te doen nie? Hier is ‘n paar idees van besighede wat JY as tiener kan begin of selfs net ‘n paar maniere om ‘n rand of twee te maak:

• Besighede dmv. die kuberruim,soos die skep van YouTube-videos

• Tuisnywerheid• Besighede geskep op die

skoolgronde, soos die verkoop van skool – benodighede

• Pas andermense se kinders ofdiere op

• Werkas‘nkelnerby‘nrestaurant• Helpkindersinjouklaswatmet

‘n bepaalde vak sukkel

Om ‘n entrepreneur te wees is harde werk maar met

kreatiewe denke en die nodige ondersteuning is enigiets moontlik.

“Hard work spotlights the character of people: some turn up their sleeves, some turn up their noses, and some don’t turn up at all.” – Sam Ewing

Nuus - 15Julie 2019

PROOF

Page 16: AitsA€¦ · Skoolkoerant van Hoërskool Diamantveld, kimberley • Jaargang 43 - No 2 • Julie 2019 - Prys R15AitsA ... Melanie Visage en Adriné Jonck verteenwoordig word. Nuus

Hou ons by die blou of gaan groen oorvat? Die blou golf kraai koning tydens Classic Clashes

Leoné Meyer en Zineldi van Heerden

Gedurende die tweede kwartaal, op 11 Mei, was dit die jaarlikse Classic Clashes by Hoërskool Noordkaap. Alle hokkie-, netbal- en rugbyspanne van beide Hoërskool Diamantveld en Hoërskool Noordkaap het teen mekaar gekompeteer vir die titel van oorwinnaars.

Hierdie jaar se Clashes was beslis iets om te beleef en niks minder kan van die week wat opgebou het daartoe gesê word nie. Diamonds het geskitter en die gees op die

speelgrond was aansteeklik. Elke graad het hul tema ter harte geneem en soos die Engelsman sou sê, “all out” gegaan. Die feit dat jou skoolklere deel moes wees van die uitrusting het tot kreatiewe skeppings gelei...

Die hokkie het al Vrydag, 10 Mei, gespeel en die uitslae was ‘n klein teleurstelling vir Diamantveld, terwyl Noord-Kaap weggeloop het met breë glimlagte op hul gesigte. Die stryd was egter nog nie verby nie! Saterdag, 11 Mei, was dit die netbal en rugby se beurt om te wys wie koning gaan kraai. Ongelukkig vir Noord-Kaap

is al wat hulle aan hul kant gehad het, hokkie, want Diamantveld se netbalspanne het almal met ‘n wen huis toe gegaan en by die rugby het slegs een van Diamantveld se rugbyspanne verloor.

Behalwe vir die kompetisie, was die gees uitstekend. Die geleentheid was ‘n sukses en Diamantveld oorwin hierdie keer vir Noord-Kaap, maar moet nie julself bekommer nie: Noord-Kaap, julle kan darem “kreatief raak”.

Ons hou maar liewer by die blou!

Julie 2019Sedert 1975

PROOF