2
ecsponuus Belê met die tye Nuusbrief ▪ Januarie 2018 ‘n Nuwe era wink 2018 hou groot belofte in te midde van politieke veranderinge wat hopelik positiewe gevolge vir ons ekonomie sal hê. Dit kan ook net nuwe hervormings en ekonomiese tendense tot gevolg hê wat Suid-Afrika aantrekliker vir beleggers maak; ʼn nuwe era van stabiliteit. Die plaaslike ekonomie sal ook gerugsteun word deur sterk groei wêreldwyd en lae rentekoerse in Amerika, Europa, Japan en China. Suid-Afrika sal te gelykertyd bevoordeel word deur die herstel in kommoditeitspryse en die sterk groei in die landbousektor vanweë goeie uitset in die somergrane, ander gewasse, vrugte en ʼn herstel in die veebedryf. Die verbruiker staar egter ʼn moeilike jaar in die gesig wat deur hoër petrol- en elektrisiteitspryse gekenmerk sal word, asook hoër belasting en rentekoerse wat in 2018 met 0.75% kan styg. Voorts word ʼn moeilike arbeidsmark, verdere kredietafgraderings en ʼn lae groeikoers van net 0,7% vir Suid-Afrika volgens voorspellings van die Internasionale Monetêre Fonds, verwag. Die vervanging van die ANC leierskap sal na verwagting ook gevolg word deur ʼn dryfkrag om korrupsie uit te roei. As dit gebeur, sal beleggings na verwagting weer plaaslik begin terugvloei. Suid-Afrika het dringend en lankal reeds etiese leiers nodig om die ekonomie weer op koers te plaas en ʼn ekonomies welvarende Suid-Afrika te skep wat uiteindelik al sy burgers sal dien. Die verwikkelinge met Steinhoff is ʼn gebeurtenis wat die belang van etiek in sake opnuut tuisbring en is ʼn klankbord vir die standaardlesse van sake-etiek. Pravin Gordhan se woorde, “ons siel is nie te koop nie” in sy mediaverklaring by die nasionale tesourie se hoofkantoor na sy afdanking as minister van finansies, is in alle waarskynlikheid die mees inspirerende aanhaling verlede jaar. Dit is waarmee eties gedrewe maatskappye en mense hulle graag wil identifiseer. Sake-etiek is onmisbaar In die sakewêreld gaan etiek oor ‘n organisasie se beleid en standaarde, en dit word gevestig om te verseker dat al die lede aan spesifieke gedragskodes voldoen. Dit is ʼn morele anker en in die sakewêreld is die grootste risiko die nakoming van beleid of opdragte, sonder om dit ooit te bevraagteken. Maatskappye wat deur etiek aangevoer word, verdien en behou hul kliënte se vertroue deur die feit dat hulle hul kernwaardes uitleef, elke keer wanneer hulle met ‘n kliënt kontak maak. Dit bou wedersydse vertroue en maak sakesin. Daarom is dit in die belang van maatskappye om prosesse te implementeer wat voldoening aan etiese standaarde verseker. Dit sluit in die: vestiging van ‘n onafhanklike etiek-bestuurstruktuur wat toesig hou oor die implementering van etiese praktyke op alle vlakke; die bevordering van deursigtigheid en aanspreeklikheid deur rekeningkundige en ouditpraktyke te verbeter; senior bestuurslede wat hulself verbind tot die uitleef van die maatskappy se etiese standaarde; straf vir onetiese gedrag en die skep van ‘n stelsel wat erkenning gee aan etiese praktyke, en; sigbare etiese optrede in die wyse waarop die onderneming met al sy belangegroepe werk. Ons goue sakereël Die handhawing van hoë professionele standaarde en integriteit is ʼn goue sakereël wat Ecsponent Financial Services sterk nastreef en bevorder. Dit is waarom korporatiewe lidmaatskap van die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) van Suider-Afrika onlangs aan Ecsponent Financial Services toegeken is. Die FPI is die leidende professionele bedryfsliggaam van finansiële beplanners in Suider-Afrika wat ʼn etiese kode met vaste riglyne neerlê waaraan lede te alle tye moet voldoen. Hiermee verseker die FPI dat sy lede met professionele bekwaamheid en vaardigheid deurgaans die heel beste diens lewer. Die FPI sertifiseer ook finansiële raadgewers op verskillende vlakke waarvan die Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (CFP) kwalifikasie die hoogste is. Dit vereis dat die beplanner sekere kursusse voltooi, eksamens suksesvol aflê, die gedragskode onderskryf en toepaslike jare se ondervinding moet hê. Dit verskaf gemoedsrus aan Ecsponent se kliënte dat die standaarde van die FPI as maatstaf vir Ecsponent dien en dat die beste finansiële beplanning vir sy kliënte gedoen sal word. Die professionele finansiële raad is onontbeerlik vir langtermyn welvaartskepping, want dit verseker: beter vooruitsigte vir aftrede; doeltreffende oplossings vir belasting; langtermyn beleggingstrategie; kostedoeltreffende produkte, en verskansing vir beleggers teen swak finansiële produkte. Beleggers se finansiële behoeftes verander soos hulle verdere fases in hulle lewe betree en dit is net gepas dat ʼn geskikte finansiële plan opgestel word. Die lidmaatskap bevestig Ecsponent se langtermyn verbintenis tot professionele standaarde en strook met die groep se groeiende markaandeel as bewese rolspeler in die beleggingsbedryf. Meer oor FPI - www.fpi.co.za

‘n Nuwe era wink - Ecsponent Limited · in alle waarskynlikheid die mees inspirerende aanhaling verlede jaar. Dit is waarmee eties gedrewe maatskappye en mense hulle graag wil identifiseer

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ‘n Nuwe era wink - Ecsponent Limited · in alle waarskynlikheid die mees inspirerende aanhaling verlede jaar. Dit is waarmee eties gedrewe maatskappye en mense hulle graag wil identifiseer

ecsponuusBelê met die tye

Nuusbrief ▪ Januarie 2018

‘n Nuwe era wink 2018 hou groot belofte in te midde van politieke veranderinge wat hopelik positiewe gevolge vir ons ekonomie sal hê.

Dit kan ook net nuwe hervormings en ekonomiese tendense tot gevolg hê wat Suid-Afrika aantrekliker vir beleggers maak; ʼn nuwe era van stabiliteit.

Die plaaslike ekonomie sal ook gerugsteun word deur sterk groei wêreldwyd en lae rentekoerse in Amerika, Europa, Japan en China. Suid-Afrika sal te gelykertyd bevoordeel word deur die herstel in kommoditeitspryse en die sterk groei in die landbousektor vanweë goeie uitset in die somergrane, ander gewasse, vrugte en ʼn herstel in die veebedryf.

Die verbruiker staar egter ʼn moeilike jaar in die gesig wat deur hoër petrol- en elektrisiteitspryse gekenmerk sal word, asook hoër belasting en rentekoerse wat in 2018 met 0.75% kan styg. Voorts word ʼn moeilike arbeidsmark, verdere kredietafgraderings en ʼn lae groeikoers van net 0,7% vir Suid-Afrika volgens voorspellings van die Internasionale Monetêre Fonds, verwag.

Die vervanging van die ANC leierskap sal na verwagting ook gevolg word deur ʼn dryfkrag om korrupsie uit te roei. As dit gebeur, sal beleggings na verwagting weer plaaslik begin terugvloei.

Suid-Afrika het dringend en lankal reeds etiese leiers nodig om die ekonomie weer op koers te plaas en ʼn ekonomies welvarende Suid-Afrika te skep wat uiteindelik al sy burgers sal dien.

Die verwikkelinge met Steinhoff is ʼn gebeurtenis wat die belang van etiek in sake opnuut tuisbring en is ʼn klankbord vir die standaardlesse van sake-etiek.

Pravin Gordhan se woorde, “ons siel is nie te koop nie” in sy mediaverklaring by die nasionale tesourie se hoofkantoor na sy afdanking as minister van finansies, is in alle waarskynlikheid die mees inspirerende aanhaling verlede jaar. Dit is waarmee eties gedrewe maatskappye en mense hulle graag wil identifiseer.

Sake-etiek is onmisbaar In die sakewêreld gaan etiek oor ‘n organisasie se beleid en standaarde, en dit word gevestig om te verseker dat al die lede aan spesifieke gedragskodes voldoen.

Dit is ʼn morele anker en in die sakewêreld is die grootste risiko die nakoming van beleid of opdragte, sonder om dit ooit te bevraagteken.

Maatskappye wat deur etiek aangevoer word, verdien en behou hul kliënte se vertroue deur die feit dat hulle hul kernwaardes uitleef, elke keer wanneer hulle met ‘n kliënt kontak maak.

Dit bou wedersydse vertroue en maak sakesin. Daarom is dit in die belang van maatskappye om prosesse te implementeer wat voldoening aan etiese standaarde verseker. Dit sluit in die:

▪ vestiging van ‘n onafhanklike etiek-bestuurstruktuur wat toesig hou oor die implementering van etiese praktyke op alle vlakke;

▪ die bevordering van deursigtigheid en aanspreeklikheid deur rekeningkundige en ouditpraktyke te verbeter;

▪ senior bestuurslede wat hulself verbind tot die uitleef van die maatskappy se etiese standaarde;

▪ straf vir onetiese gedrag en die skep van ‘n stelsel wat erkenning gee aan etiese praktyke, en;

▪ sigbare etiese optrede in die wyse waarop die onderneming met al sy belangegroepe werk.

Ons goue sakereëlDie handhawing van hoë professionele standaarde en integriteit is ʼn goue sakereël wat Ecsponent Financial Services sterk nastreef en bevorder. Dit is waarom korporatiewe lidmaatskap van die Finansiële Beplanningsinstituut (FPI) van Suider-Afrika onlangs aan Ecsponent Financial Services toegeken is. Die FPI is die leidende professionele bedryfsliggaam van finansiële beplanners in Suider-Afrika wat ʼn etiese kode met vaste riglyne neerlê waaraan lede te alle tye moet voldoen.

Hiermee verseker die FPI dat sy lede met professionele bekwaamheid en vaardigheid deurgaans die heel beste diens lewer.

Die FPI sertifiseer ook finansiële raadgewers op verskillende vlakke waarvan die Gesertifiseerde Finansiële Beplanner (CFP) kwalifikasie die hoogste is. Dit vereis dat die beplanner sekere kursusse voltooi, eksamens suksesvol aflê, die gedragskode onderskryf en toepaslike jare se ondervinding moet hê.

Dit verskaf gemoedsrus aan Ecsponent se kliënte dat die standaarde van die FPI as maatstaf vir Ecsponent dien en dat die beste finansiële beplanning vir sy kliënte gedoen sal word.

Die professionele finansiële raad is onontbeerlik vir langtermyn welvaartskepping, want dit verseker:

▪ beter vooruitsigte vir aftrede; ▪ doeltreffende oplossings vir belasting; ▪ langtermyn beleggingstrategie; ▪ kostedoeltreffende produkte, en ▪ verskansing vir beleggers teen swak finansiële

produkte.

Beleggers se finansiële behoeftes verander soos hulle verdere fases in hulle lewe betree en dit is net gepas dat ʼn geskikte finansiële plan opgestel word.

Die lidmaatskap bevestig Ecsponent se langtermyn verbintenis tot professionele standaarde en strook met die groep se groeiende markaandeel as bewese rolspeler in die beleggingsbedryf. Meer oor FPI - www.fpi.co.za

Page 2: ‘n Nuwe era wink - Ecsponent Limited · in alle waarskynlikheid die mees inspirerende aanhaling verlede jaar. Dit is waarmee eties gedrewe maatskappye en mense hulle graag wil identifiseer

Suid Afrika: [email protected] • 087 8080 100 Fintech Campus, Hv Botterklapper- en Ilangastrate, Die Wilgers, Pretoria, GautengSwaziland: [email protected] • +268 2417 1616 • 7 The Gables, Ezulwini, SwazilandBotswana: [email protected] • + 267 391 8756 • Sesde Vloer, Exponential Building, Plot 54351, New CBD,GaboroneHierdie inhoud is uitsluitlik voorsien ter inligting en moet nie as beleggingsadvies geag word nie. ecsponent.com

Jy kan doen met ‘n miljoen Hoe word jy ʼn meester van jou geld en binne enkele jare ʼn miljoenêr?

Dit klink nogal goed om te sê jy het ʼn miljoenêr geword deur te spaar en te belê. Ons kan seker almal “doen met ʼn miljoen” maar is dit werklik so onrealisties soos wat baie mense dink?

Beslis nie! Dit is makliker as wat jy dink om jou met die “ses nulle te versoen”.

Die geheim lê in saamgestelde groei wat beteken jy span jou geld in om meer geld te maak en verdien dan groei op jou groei.

Die sleutel tot sukses is die keuse van die regte beleggingsinstrument en ʼn vasgestelde opbrengs. Aandele kan jou tyd om ʼn miljoenêr te word halveer, veral as daar in voorkeuraandele belê word, wat ʼn vasgestelde groei verdien.

Vasgestelde groei verskans ʼn belegger teen wissel-valligheid wat tipies in gewone aandele soos effektetrusts voorkom. ʼn Swak presterende effektetrustportefeulje en baie koste kan beteken dat jy net ʼn “duisendêr” bly en nooit ʼn miljoenêr word nie.

ʼn Tipiese voorbeeld is ʼn enkele aandeel soos Steinhoff waar die aandeelprys onlangs binne een dag met 61% geval het en R134 miljard se markkapitalisasie verloor het. Oormatige blootstelling aan Steinhoff het derduisende beleggers se beoogde miljoenêrstatus op die lange baan geskuif.

Onthou Charlie Munger, ondervoorsitter van Berkshire Hathaway, se woorde aan sy voorsitter: “Warren, as mense nie so dikwels verkeerd was nie, was ons nie so ryk nie.”

Vaste en billike koerse maak dus net sin. ʼn Belegging van R10 000 in klas B se vasgestelde koers van 11.2% per jaar of 14% per jaar ná vyf jaar sal vir jou ná 44 jaar ʼn miljoenêr maak. As jy egter R50 000 belê, sal jy ná 29 jaar ʼn miljoenêr wees, terwyl R100 000 slegs 22 jaar sal neem.

Hoe word jy ʼn multimiljoenêr? As jy voortgaan en byvoorbeeld die R100 000 bly belê, sal dit ná ʼn verdere sewe jaar (ʼn totaal van 29 jaar) die volgende miljoen bereik. Indien die belegging egter oor 50 jaar belê word, sal die waarde R20 159 929 wees. Interessant is die groot sprong tussen 45 en 50 jaar. Na 45 jaar sal jou belegging nagenoeg R11 858 782 werd wees en vyf jaar later ‘n magtige R20 159 929. Dit is waar die ware effek van saamgestelde groei gesien word en die sinvolheid van langtermynbeleggings duidelik blyk.

Dit is moontlik vir ʼn jong persoon met ʼn gemiddelde salaris om voor ouderdom 30 ʼn miljoenêr te wees deur te spaar en te belê. Betaal net vir jou ʼn “salaris” elke maand om die noodsaaklike uitgawes te dek en belê die res slim. Op ouderdom 50 sal jy nie meer hoef te werk nie, solank finansiële vryheid belangriker as ʼn blink motor en duur lewensstyl is.

Belê so gou moontlik nadat jy die eerste R10 000 gespaar het. Hou aan spaar tot jy weer ʼn bedrag het om te belê. Hoe gouer die geld begin groei, hoe beter. Onthou ʼn klomp klein bedraggies maak saam ʼn groot belegging.

‘n Plan vir jou beleggingsVerstaan die krag van belegging en onthou dat jou beleggings jou beste vriend is. Suksesvolle beleggers is mense met geduld en wat ʼn lang tydshorison het.

Professionele adviesWelvaartskepping begin by idees om geld te skep en ʼn duidelike strategie om dit uit te voer. Maak gebruik van ʼn goeie finansiële beplanner vir leiding en ondersteuning.

Deur ʼn vaste plan te volg, is daardie neseier van ʼn miljoen rand - en selfs meer - in sig. Dit plaas jou op ʼn stewige finansiële grondslag waar geld nie jou baas is nie, omdat jy in beheer is om met deeglike beplanning ʼn sorgvrye lewenstyl vir jou en jou gesin te skep.

Hoe kry jy die eerste R10 000 of R100 000 gespaar?Begin vroegBegin dadelik spaar – al is dit net R50 of R500 per maand. Maak spaar ʼn gewoonte. Tyd is geld en elke dag of maand van uitstel beteken jy verloor duisende rande.

Stel doelwitteDit moet op skrif en meet- en haalbaar wees. Spaar en belê tussen 10 – 15% van jou inkomste, bly weg van krediet en leef binne jou vermoë.

Glo in jou eie suksesWeet jy gaan ryk en finansieel onafhanklik word. Neem die besluit en hou daarby, ongeag wat gebeur. Skrap die drome en realiseer dit in die praktyk.

Leer hoe geld werkBemeester jou verhouding met geld. Respekteer jou geld en verstaan die kosbaarheid en kwesbaarheid daarvan. Die pad tot welvaart maak slegs oop as jy bereid is om jou ingesteldheid te verander.

1

2

3

5

6

4